4
1 01 Maart 2009 Tweede Lydensweek Kyk die kontras van die koninkryk: om in te gaan, vra iets –só min, só veel... “... en Hy het vir hulle gesê: “Voorwaar, Ek sê vir julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie’.. Die dissipels was verbaas oor hierdie woorde van Hom. Jesus sê toe vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit om in die koninkryk van God in te gaan. Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryke om in die koninkryk van God in te gaan.” (Markus10:15, 24-25) Markus se kort en kragtige verhaal oor die lewe en werk van Jesus Christus, vestig ons aandag deurgaans op die koninkryk van God. Dit was Jesus se eerste boodskap: “Die koninkryk van God het naby gekom... Kom hier! Kom saam met My” (1:15 en 17). ‘n Boodskap en roeping wat ons tot bekering en geloof uitnooi; wat van dissipels (“volgelinge”), apostels (“gestuurdes”) maak (3:14). Dit was die betekenis van die wondergenesings – tekens van die koninkryk. En, sê Jesus: in God se koninkryk is daar lewe, vryheid en blydskap, want die Koning- die Bruidegom – is hier, by die mense (2:19). Dit gaan oor Hóm, nie oor godsdienstige reëls nie. En ‘n verdere rede vir vreugde was die verskeidenheid van mense wat in die koninkryk van God ingesluit word – met name, kinders; onbelangrik in die samelewing van destyds. Maar Jesus sien hulle raak en raak hulle aan: die dogtertjie van Jaïrus (5:23), ‘n onbekende seun (9:14), die kindjie wat hy tussen almal laat kom staan (9:36). Hy sou die andersheid van sy koningskap en vreemdheid van sy boodskap oor die koninkryk, nóg duideliker stel toe Hy drie keer vir sy dissipels sê: “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe... Die Seun van die mens word oorgelewer om te ly...” (8:31-32). In dieselfde asem spel Jesus dan die konsekwensie daarvan uit: dit kos iets om “in die koninkryk van God in te gaan” (10:15,24-25); dit vra iets van jou. Weliswaar, só min dat kinders dit kan “bekostig”; maar sóveel dat rykdom dit nie kan koop nie. Die “ingaan in die koninkryk” vra geloof. Oorgawes. Van jou hart. Van alles. JL. Hartlik welkom by ons eredienste. Agter in die kerk is Bybels en Liedboeke indien u een benodig. Ons orrelis is Johan Cromhout. Uit die binnehof is deure na die Moederskamer en toiletgeriewe. U word uitgenooi om ‘n koppie tee ná die diens te kom drink. Ons bid u en u geliefdes ‘n geseënde rusdag verder toe.

Fokus-1Maart2009

Embed Size (px)

DESCRIPTION

kerkgebeure

Citation preview

Page 1: Fokus-1Maart2009

1

01 Maart 2009

Tweede Lydensweek

Kyk die kontras van die koninkryk: om in te gaan, vra iets –só min, só veel... “... en Hy het vir hulle gesê: “Voorwaar, Ek sê vir julle: Wie die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie’.. Die dissipels was verbaas oor hierdie woorde van Hom. Jesus sê toe vir hulle: “Kinders, hoe moeilik is dit om in die

koninkryk van God in te gaan. Dit is makliker vir ‘n kameel om deur die oog van ‘n naald te gaan as vir ‘n ryke om in die koninkryk van God in te gaan.”

(Markus10:15, 24-25) Markus se kort en kragtige verhaal oor die lewe en werk van Jesus Christus, vestig ons aandag deurgaans op die koninkryk van God. Dit was Jesus se eerste boodskap: “Die koninkryk van God het naby gekom... Kom hier! Kom saam met My” (1:15 en 17). ‘n Boodskap en roeping wat ons tot bekering en geloof uitnooi; wat van dissipels (“volgelinge”), apostels (“gestuurdes”) maak (3:14). Dit was die betekenis van die wondergenesings – tekens van die koninkryk. En, sê Jesus: in God se koninkryk is daar lewe, vryheid en blydskap, want die Koning- die Bruidegom – is hier, by die mense (2:19). Dit gaan oor Hóm, nie oor godsdienstige reëls nie. En ‘n verdere rede vir vreugde was die verskeidenheid van mense wat in die koninkryk van God ingesluit word – met name, kinders; onbelangrik in die samelewing van destyds. Maar Jesus sien hulle raak en raak hulle aan: die dogtertjie van Jaïrus (5:23), ‘n onbekende seun (9:14), die kindjie wat hy tussen almal laat kom staan (9:36). Hy sou die andersheid van sy koningskap en vreemdheid van sy boodskap oor die koninkryk, nóg duideliker stel toe Hy drie keer vir sy dissipels sê: “Kyk, ons gaan nou Jerusalem toe... Die Seun van die mens word oorgelewer om te ly...” (8:31-32). In dieselfde asem spel Jesus dan die konsekwensie daarvan uit: dit kos iets om “in die koninkryk van God in te gaan” (10:15,24-25); dit vra iets van jou. Weliswaar, só min dat kinders dit kan “bekostig”; maar sóveel dat rykdom dit nie kan koop nie. Die “ingaan in die koninkryk” vra geloof. Oorgawes. Van jou hart. Van alles. JL.

Hartlik welkom by ons eredienste. Agter in die kerk is Bybels en Liedboeke indien u een benodig.

Ons orrelis is Johan Cromhout. Uit die binnehof is deure na die Moederskamer en toiletgeriewe. U word uitgenooi om ‘n koppie tee ná die diens te kom drink.

Ons bid u en u geliefdes ‘n geseënde rusdag verder toe.

Page 2: Fokus-1Maart2009

2

Ander eredienste Sothodiens: Vanmiddag om 15:00. Aanddiens: Om 18:00 – ds. Gert. Tema: “Vrees ons nog die oordeelsdag?” (1 Joh. 4: 17-18). Sondag, 8 Mrt.: Oggend om 09:30 – ds. Gert (kerk); ds. Jan(saal). Aand om

18:00 – ds. De la Harpe le Roux (Getuienisbediening)

DEURKOLLEKTES: 22 Feb. CLF Vigstrust R1 131,00 01 Mrt. Kerkjeugaksie (KJA). 08 Mrt. Vrystaat Versoring (Sopkombuis).

MEELEWING EN VOORBIDDING Siekes tuis of in hospitaal: Koos Kritzinger (Leydstr. 10), Marie van der Walt (Kapt. Goodmanstr. 11), Oom Johan Steytler (Siësta 11), Tannie Marie Theunissen (Noorderbloem), Beatrice Carshagen (Henry Fagenstr. 6) en Marlian Schutte (Mockerstr. 20). Ons dink ook aan Alida Smith, wie se neef ernstig siek is. Meegevoel: Ons innige meegevoel aan Cas Harris, Ida en familie (Albrecht 93 met die heengaan van sy moeder, asook Hannetjie Oosthuizen (Morganstr. 7A) met verlies van ‘n kleinkind. Ons bid julle die troos van God se Gees toe. Verjaarsdae: Baie geluk en seënwense aan die volgende lidmate wat in die week verjaar: 01 Mrt. Jeanine Brümmer, Jaco de Swardt, Marili du Buisson, Riaan Heyns, Riëtte Labuschagne, Xina Liebenberg, Andries Lups, Karla Scheepers en Christine van Niekerk. 02 Mrt. Dian Hattingh en Niel Pretorius.. 03 Mrt. Jan de Wet, Carlo Luus, en Ronell Schoonees. 04 Mrt. Dawie Crause, Marié Engelbrecht, Carli Lategan, Dalena vd Merwe. Annetjie Weber. 05 Mrt. Dolly Aucamp en André Schreuder. 06 Mrt. Leon de Beer en Marthina van Zyl 07 Mrt. Francis Grimbeek, Desere Kemp, Flippie Minnaar, Nelia Oosthuysen,

Ilde Roos, Johanna vd Walt en Rudene vd Bergh. As u naam nie hier verskyn nie, mag dit wees dat ons nie u volledige besonderhede het nie. Nuwe intrekkers voltooi ‘n geelkaartjie langs die bank en plaas dit in posbus agter in die kerk of kom besoek ons kerkkantoor nou ná die erediens of weeksoggende; kontak ook skriba, Rita van Zyl (051- 4362750. Vir gebedsversoeke: plaas agter in kerk in houtkis of kontak Elize Ferreira (051-436 6288) of Erna Gouws (051 -436 5632)

TEKKIESKLUB Vanmiddag om 15:30 by die kerk. Tema: “Sending in Zambië.” Jongspan welkom. CAMISARDS Alle tieners word uitgenooi om vanaand weer ‘n DVD saam te kom kyk en te gesels oor ... Kom kyk self! In die Jeugkamer, 19:00-20:00. Onthou 13 Maart: Bloemshelter.

Page 3: Fokus-1Maart2009

3

BYBELSTUDIES EN BIDUUR: Woensdag, 04 Maart om 19:00 Openbaring 19. Donderdag, 05 Maart om 09:00 Die “Onse Vader”-gebed (vyfde bede, HK). KERKRAADSAKE Diensbeurte: Ouderlinge 01 Mrt.: Erna Gouws, Jankie Botha, Jopie Botha, Dave Samuel, Johan Eysele. 08 Mrt.: Ockie Fourie, Brian Grimbeek, Winnie Barnard, Cassie Carshagen en

Vic Smith. Diakens 01 Mrt.: Cas Harris, Francois Ferreira, Jan Davel, Karin Jacobs, Wiehan van

Staden, Nico Hefer, Johan le Roux, Cobus Botha, Rikus van Pletzen, Ben Steyn en Hendrik Swart.

08 Mrt.: Johannes v Rooyen, Jaco Engelbrecht, Gerhard Nel, Linda Raath, DR Samuel, Leon Badenhorst, Weyers Strydom, Louis Lategan, Alida Smith en André Prinsloo.

Verkiesing van kerkraadslede By ons afgelope vergadering is die volgende lidmate tot kerkraadslede verkies - As ouderlinge: Br. Willem Bosman Voorsitter Barmhartigheidsbediening As Wyksdiakens: Sr. Claudine Engelbrecht Wyk 5 Sr. Irene Olivier Wyk 8 Br. Herman Kleynhans Wyk 10 Br. Koos Pretorius Wyk 16 Br. Pieter Klindt Wyk 20 Sr. Charlotte Horak Wyk 27 Br. Louis Kruger Wyk 30(c). Die bevestiging van kerkraadslede vind Sondagaand, 8 Maart 2009 plaas.

BEDIENINGE

GEMEENTEBEDIENING woord@bergendal: Sluitingsdatum vir alle bydraes: Vrydag, 6 Maart (by kerkkantoor of elektronies - [email protected] of [email protected]. Vrouediens: Ons nooi alle vrouelidmate en spesiaal die dogters van Huis Eie Haard uit na ons Wêreldbiddag vir Vroue, Donderdag, 5 Maart om 17:30. Vanjaar se tema is “In Christus – baie lede, maar een liggaam” en is deur vroue in Papaea Nieu Guinee voorberei. Dr. Ronel van der Watt is ons spreker. Vroue en dogters uit ons gemeente neem deel aan die stemmingsvolle musiek en voordra van gebede.

En kom drink vanoggend saam tee.. Daar is nuwe tafels en bankies by ons

teedrinkplekke – baie dankie vir diegene wat dit geskenk het, koekverkoping

gehou & bydraes gegee het. Dis deel van ‘n groter projek en ons hoor graag u

mening daaroor. Dankie ook aan Blok Naomi vir hul diens in Februarie;

Maartmaand is Blok Ragel aan diens. Volgende koekverkoping: 15 Maart 2009.

Page 4: Fokus-1Maart2009

4

Wêreldbiddag vir mans: Saterdag, 7 Maart om 07:30. Kuierklub: Belangstellendes wat graag saam wil gaan na Olivia Wildplaas, distrik, Brandfort op 11 Maart kan vir Jopie Botha kontak 051- 436 1906. Kostes: R150,00 pp. Kermis 2009: Goeie nuus: ons het alreeds twee osse en twee skape ingekry, wat lekker kan groei tot Oktobermaand – baie dankie aan Willie Meyer en Pieter Jacobs. Ons soek ook iemand wat leiding kan neem by Kerrie-en-rys en by die Ou-bruikbare-stukke-tafel. En indien jy nou al jou studeerkamer opruim: alle ou boeke is welkom by ons gewilde boeketafel (geen skoolhandboeke!) Kontak Johannes Wessels (051 436 2190) BARMHARTIGHEID Jong bemarker soek werk: Een van ons jonger lidmate (getroud & gesin) met agt jaar ervaring in die verkope- en bemarkingswêreld (Sanlam, Hi-Fi Corporation, Diesel Plantation), is dringend op soek na werk. Kontak ds. Jan (082-784-9362). GETUIENISBEDIENING Swartsakke vir Gryskoppe: Ons is in die laaste week van ons insameling vir bejaardes van die NGKA Bloemfontein-Noord (ds. Phahlane). As die swartsak in die wyk by u langs kom – ons het veral nie-bederfbare kos nodig. Bring die sakke na die kantoor vir kontak vir Erna Gouws. (051-436 5632). Voorbidding vir Christene in die Filippyne: Te midde van die godsdienstige burgeroorlog in die suide van die Flippyne, het ‘n groep Christene bekend as I.S.L.A.M. (I Ssincerely love all Muslims) begin om Moslems wie se huise en lewens in die oorlog verwoes is, by te staan. Dit het tot ‘n nuwe gesindheid van vrede en onderlinge begrip gelei – kom ons bid vir die versterking van hierdie vriendskappe en dat die Naam van Jesus nog duideliker hierdeur uitgedra sal word. Huishulpkamp: Die huishulpkamp vind plaas op 24 – 26 April te Mooigenoeg Kampterrein. Kostes beloop R120,00 per persoon vir die naweek. Moedig u huishulp aan om die kamp by te woon. Navrae kontak Martie Venter 082 822 4221 of 051 436 5041

MUSIEK OM TE GAAN GENIET Op 5 Maart bied Wim Viljoen ‘n orrelkonsert in die Odeion aan (om 17:30) en op 7 Maart sing die Bloemfontein Kinderkoor saam met Rina Hugo in Universitaskerk (om 19:00) – kaartjies by Computicket en Izami Bloemiste.

Besef jy dit is Lydenstyd?

Verlede Sondag het ons herdenking van die sewe Lydensweke voor Paasnaweek

begin. Ons pers kanselkleed met die doringkroon en kruis herinner ons daaraan,

asook die aansteek van een van die sewe kerse elke Sondag. Die Lydenstyd is ‘n

tyd van inkeer, selfondersoek en verootmoediging oor ons eie aandeel aan

Christus se lyding en sterwe. Kom ons bring dit ook so deur...