26
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2 PUNTE: 150 TYD: 1½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. *IECONA2*

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2014

EKONOMIE V2

PUNTE: 150 TYD: 1½ uur

Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

*IECONA2*

Page 2: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

2 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord VIER vrae soos volg:

AFDELING A: VERPLIGTEND AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae. AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2. Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal

NIE nagesien word NIE.

3. Beantwoord die vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van

jou antwoorde moet in ooreenstemming met die kognitiewe vereistes van die vrae wees.

4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in

hierdie vraestel gebruik is.

5. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer. 6. Lees AL die vrae aandagtig deur. 7. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 8. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop. 9. Gebruik slegs swart of blou ink. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE V2 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 30 PUNTE – 15 MINUTE 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae

gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 C.

1.1.1 Die afname in bevrediging as gevolg van die addisionele verbruik

van ’n produk/diens word na verwys as ... A dalende nut. B grensnut. C oormatige nut. 1.1.2 ’n Toename of afname in hoeveelheid gevra as gevolg van

veranderinge in inkome word na verwys as … van vraag. A prys-elastisiteit B aanbod-elastisiteit C inkome-elastisiteit 1.1.3 Een van die volgende frases dui op vraagverhoudings tussen

substitute: A Styging in prys van ’n produk en ’n toename in vraag na die

substituutproduk. B Daling in prys van ’n produk en toename in vraag na die

substituutproduk. C Daling in prys van ’n produk en ’n afname in vraag na die

substituutproduk. 1.1.4 Die ekstra koste vir produsering van ’n addisionele eenheid word

na verwys as ... A gemiddelde veranderlike koste. B veranderlike koste. C marginale koste. 1.1.5 Een van die volgende is nie ’n effek van armoede nie. A Hoë bevolkingsgroei B Verhoogde misdaad aanmeldings C Oormatige ekonomiese keuses 1.1.6 Toenemende samewerking tussen lande lei tot die vorming van … A handelsblokke B boublokke C bankblokke

Page 4: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

4 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1.7 Een van die volgende is ’n institusie van globalisering A Umsobomvu jeugfonds B Internasionale Monetêre Fonds C Suid-Afrikaanse Instituut van Geoktrooieerde

Rekenmeesters 1.1.8 … is een van die oorsake van omgewings agteruitgang. A Minder CO2 uitlatings B Beperkte gebruik van natuurlike hulpbronne C Oormatige verbruik (8 x 2) (16) 1.2 Kies ʼn omskrywing uit KOLOM B wat pas by ʼn begrip in KOLOM A.

Skryf slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.2.9 K.

KOLOM A KOLOM B 1.2.1 Absolute armoede A fasiliteer internasionale

handelsooreenkomste, tarief beleide en beproef intellektuele eiendom

1.2.2 Steekvorming B prys vermenigvuldig met

hoeveelheid 1.2.3 WHO C reaksie van hoeveelheid gevra van

een produk op ’n prysverandering van ’n ander produk

1.2.4 COP 17 D Europese Unie, BRICS, NAFTA. 1.2.5 Kruis-elastisiteit E voorkom ’n entrepreneur om sy

besigheid te sluit 1.2.6 Normale wins F mense wat nie in hulle basiese

behoeftes kan voorsien nie 1.2.7 Onverwante goedere G was in Suid-Afrika gehou 1.2.8 Totale inkome H zero elastisiteit van vraag I Brasilië J mense wat redelik in hulle basiese

behoeftes kan voorsien (8 x 1) (8)

Page 5: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE V2 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.3 Gee die korrekte begrip vir elk van die volgende frases. 1.3.1 ’n Proses waardeur ’n land baie droog raak en dit nie langer oeste

en weiding kan volhou nie 1.3.2 ’n Proses waar die ekonomieë van lande meer aan mekaar

verbind raak 1.3.3 Persentasie verandering in hoeveelheid aangevra is gelyk aan

persentasie verandering in prys 1.3.4 ’n Positiewe verskil tussen totale inkome en totale koste 1.3.5 ’n Situasie wat ontstaan as ’n besigheid sy kostes kan oor hoër

vlakke van uitsette verdeel 1.3.6 Ekstra wins wat die eienaar ontvang bo die minimum betaling wat

die eienaar vereis om die onderneming in besigheid te hou (6 x 1) (6)

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 6: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 20 MINUTE 2.1 Beantwoord die volgende vrae. 2.1.1 Lys enige TWEE faktore wat die pryselastisiteit van vraag

bepaal. (2 x 1) (2)

2.1.2 Verduidelik die wet van dalende opbrengs. (1 x 2) (2) 2.2 Bestudeer die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg. In Januarie het ’n klein pizza winkel 350 bokse Margherita pizzas en

200 bokse kaas van hul verskaffer ontvang. Hulle verkoop elke boks Margherita pizzas teen R30 en ’n boks kaas teen R35. Die volgende maand (Februarie) het pizza pryse na R42 vir Margherita en R49 vir kaas gestyg. In dieselfde maand (Februarie) verhoog die verskaffer die aantal bokse wat hy verskaf van 350 tot 441 bokse vir Margherita pizzas en van 200 tot 252 bokse kaas.

2.2.1 Definieer pryselastisiteit van aanbod. (2) 2.2.2 Bereken die elastisiteit van aanbod van kaas. (6) 2.2.3 Verduidelik enige uitdaging wat produsente mag ondervind

wanneer hulle aanbod oor die korttermyn moet laat toeneem. (1 x 2) (2)

Page 7: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE V2 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.3 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

2.3.1 Omskryf komplementêre goedere. (2) 2.3.2 Teken die grafiek vir Produk Y oor in jou antwoordeboek en

illustreer grafies die uitwerking van ’n toename in die prys (van P0 tot P1) van Produk X op die komplementêre Produk Y. (6)

2.3.3 Hoekom is dit belangrik vir die produsent om die verhouding tussen

komplimente te verstaan? (2) 2.4 Bespreek kortliks enige TWEE eienskappe van nut. (8) 2.5 Verduidelik die belangrikheid van pryselastisiteit van vraag vir produsente. (8) [40]

0 H1 H0 Hoeveelheid 0 HO Hoeveelheid

P1

P0

Prys A1 A0

V0

A0

P0

Prys Produk X Produk Y

Page 8: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

8 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES

40 PUNTE – 25 MINUTE 3.1 Beantwoord die volgende vrae: 3.1.1 Noem enige TWEE globale aksies om die omgewing te beskerm.

(2 x 1) (2) 3.1.2 Verduidelik absolute voordeel. (1 x 2) (2) 3.2 Bestudeer die onderstaande prentjie en beantwoord die vrae wat volg.

3.2.1 Wat stel die bostaande prentjie voor? (2) 3.2.2 Wat kan die oorsaak wees van die bogenoemde scenario? (2 x 2) (4) 3.2.3 Watter provinsies word die meeste geraak deur die scenario wat in

bostaande prentjie voorgestel word? (2 x 2) (4)

Page 9: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE V2 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.3 Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

3.3.1 Verduidelik die boodskap wat word in bostaande spotprent

weerspieël. (2) 3.3.2 Volgens die spotprent, noem die naam van die vasteland wat in die

hande van die kort man is. (2) 3.3.3 Verduidelik kortliks enige TWEE faktore wat tot die bogenoemde

scenario bydra. (2 x 3) (6) 3.4 Bespreek kortliks enige TWEE eienskappe van globalisering. (8) 3.5 Ontleed enige VIER maniere wat deur die Suid-Afrikaanse regering gebruik

kan word om armoede te verlig. (8) [40]

Page 10: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

10 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE

KWESSIES 40 PUNTE – 20 MINUTE 4.1 Beantwoord die volgende vrae. 4.1.1 Noem TWEE doelwitte van besighede. (2 x 1) (2) 4.1.2 Definieer eksplisiete koste. (1 x 2) (2) 4.2 Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

4.2.1 Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste. (2) 4.2.2 Verduidelik die vorms van die gemiddelde totale koste (GTK),

gemiddelde veranderlike koste (GVK) en marginale koste (MK) (6) 4.2.3 Hoekom is gemiddelde totale koste belangrik? (2)

Page 11: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE V2 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.3 Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg. BRICS (DURBAN 2013)

BRICS soos dit wêreldwyd bekend staan, is ’n groep van leidende, ontwakende ekonomieë wat ’n sleutelrol in die wêreldontwikkeling platform speel. Suid-Afrika se President Jacob Zuma het gasheer gespeel vir die vyfde BRICS Beraad op 27 Maart 2013 in Durban met die tema: “BRICS en Afrika: Vennootskap vir Ontwikkeling, Integrasie en Industrialisasie. “BRICS leiers het hul ondersteuning vir volhoubare infrastruktuurontwikkeling herhaal, sowel as industriële ontwikkeling, werkskepping, vaardigheidsontwikkeling, voedsel en voedingsekuriteit en uitroeiing van armoede en volhoubare ontwikkeling in Afrika. BRICS lande het besluit om die BRICS bank op te rig om infrastruktuur projekte te befonds vir hierdie lande. Alhoewel, lande kon nie daarin geslaag het om konsensus te bereik oor die aanvangskapitaal nie. Sjina wou hê dit moes $100 biljoen wees wat gelykop tussen lidlande verdeel moes word.

[Aangepas: : http://www.gr8ambitionz.com/2013/03/brics-summit-2013- highlights.] 4.3.1 Elke letter in BRICS verteenwoordig ’n land. Benoem hierdie lande. (5) 4.3.2 Wat, dink jy, is die hoofdoel van BRICS? (2) 4.3.3 Wat, volgens die uittreksel, is die ooreenkomste wat in Durban

aangegaan het? (3 x 1) (3) 4.4 Onderskei tussen produkte markte en faktor markte. (8) 4.5 Verduidelik die implikasies van ‘nie-prysmededinging’ in oligopolieë. (8) [40] TOTAAL AFDELING B: 80

Page 12: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

12 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

Jou antwoord sal as volg geassesseer word: STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Inhoud Inhoud Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/ Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/ Assesseer/Debatteer

Maks. 26

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken 'n grafiek en verduidelik/ Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/ Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/ Interpreteer/Debatteer kortliks Maks. 10 Slot Maks. 2 TOTAAL 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE – 35 MINUTE Bespreek in detail die kenmerke van ’n volmaakte mark. (26) Beklemtoon kortliks hoe die volmaakte mark van die monopolistiese mark verskil. (10) [40] VRAAG 6: INFLASIE 40 PUNTE – 35 MINUTE “Die omgewing is ’n waardevolle hulpbron en ons as lede van die gemeenskap het ’n plig om goed daarna om te sien.” Verduidelik ten volle die verskeie metodes om die omgewing te beskerm. (26) Beklemtoon die uitwerking van omgewingsdegradering in ons ekonomie en omgewing. (10) [40]

TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150

Page 13: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in
Page 14: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2014

EKONOMIE V2 MEMORANDUM

PUNTE: 150

Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.

Page 15: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

2 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A (VERPLIGTEND) VRAAG 1 1.1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 1.1.1 A (Dalende nut) √√ 1.1.2 C (Inkome Elastisiteit) √√ 1.1.3 A (Styging in prys van ʼn produk en toename in vraag na die

substituutproduk) √√

1.1.4 C (marginale koste) √√ 1.1.5 B (Verhoogde misdaad aanmeldings) √√ 1.1.6 A (handelsblokke) √√ 1.1.7 B (Internasionale Monetêre Fonds) √√ 1.1.8 C (Oormatige verbruik) √√ (8 x 2) (16) 1.2 PASITEMS 1.2.1 F (Mense wat nie in hulle basiese behoeftes kan voorsien nie.)√ 1.2.2 D (Europese Unie, BRICS, NAFTA) √ 1.2.3 A (Fasiliteer internasionale handelsooreenkomste, tariefbeleide

en beproef intellektuele eiendom.) √

1.2.4 G (Was in Suid-Afrika gehou) √ 1.2.5 C (Reaksie van hoeveelheid gevra van een produk op ’n

prysverandering van ’n ander produk.) √

1.2.6 E (Voorkom ʼn entrepreneur om sy besigheid te sluit) √ 1.2.7 H (Zero elastisiteit van vraag) √ 1.2.8 B (Prys vermenigvuldig met hoeveelheid) √ (8 x 1) (8) 1.3 1.3.1 Verwoestyning √ 1.3.2 Globalisering √ 1.3.3 Eenheid elastisiteit/elastisiteit van een √ 1.3.4 Wins √ 1.3.5 Skaalvoordele √ 1.3.6 Ekonomiese wins √ (6 x 1) (6) TOTAAL AFDELING A: 30

Page 16: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE V2 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B VRAAG 2 2.1 2.1.1 x Beskikbaarheid van naby substitute √√

x Aard van produkte √√ x Gewoontevormende produkte √√ x Gedeelte van inkome wat op hierdie produkte bestee word √√ x Duursaamheid van die produk √√ x Tyd √√ x Moontlike gebruike √√ x Graad van noodsaaklikheid of luuksheid √√ (2 x 1) (2)

2.1.2 Verduidelik die wet van dalende opbrengs.

Wet van dalende opbrengs stel dit dat as meer van ’n veranderlike inset by ’n vaste inset gevoeg word, sal die opbrengs van die veranderlike inset afneem. √√ (1 x 2) (2)

2.2 2.2.1 Pryselastisiteit van aanbod meet die reaksie van hoeveelheid

aangebied op die verandering in prys. √√ (2) 2.2.2 PeA = ( verandering in hoeveelheid aangebied

verandering in prys) √

ersentasie verandering in prys van kaas

= (R R R

) √ ersentasie verandering in hoeveelheid kaas aangebied = (

) √

PeA =( ) √

= 0,65 √√ (6) 2.2.3 x Vaste insette verander nie oor die korttermyn nie; daarom kan ’n

verskaffer uitset verhoog deur slegs die veranderlike insette te gebruik. √√

x ’n Vaste produksiefaktor soos grond en ander gespesialiseerde kapitaaltoerusting is duur. √√ (1 x 2) (2)

2.3 2.3.1 Komplementêre produkte is verskillende produkte wat gelyktydig

gebruik word om ’n behoefte te bevredig, √√ bv. tennisbal en ’n tennisraket. √

(Aanvaar enige toepaslike voorbeeld) (Definisie 2 punte, voorbeeld 1 punt) (2)

Page 17: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

4 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.3.2

(6) 2.3.3 x Stel produsente in staat om te voorspel watter invloed ’n

prysverandering in komplimente op die vraag na hul produk sal hê. √√

x Hulle sal dan maatreëls kan instel om die uitwerking van die prysverandering teen te staan in ’n poging om te probeer om hulle wins te maksimeer. √√

x Bv. koste-effektiewe maatreëls soos om meer uitsette te produseer met dieselfde aantal insette. (Enige 1 x 2) (2)

2.4 x Bevrediging is abstrak omdat nut nie gemeet kan word nie √√ – daar is

geen standaard manier om iemand se bevrediging of nut te meet nie, daarom ken ekonome soms eenvoudig net na ’n waarde toe en noem hierdie maateenheid “utils”. √√

x Nut is subjektief √√ – omdat dit van persoon tot persoon verskil, √√ – die bevrediging wat twee mense verkry uit die verbruik van dieselfde produk verskil, afhangende van persoonlike voorkeure √√ bv. sommige mense sal voel dat roomys groot nut het, terwyl ander weer koeldrank sal verkies. √√

x Nut verskil van een situasie tot ’n ander /(van tyd tot tyd) √√ – bv. warm klere verskaf bevrediging in die winter in teenstelling met somer √√

x Nut verskil van plek tot plek √√ – ʼn swembroek sal bevrediging bied op ’n strand, maar nie ’n klaskamer nie. √√ (2 x 4) (8)

2.5 x Deel ’n produsent mee daar ’n reaksie op elke aksie is. √√

x Deur pryselastisiteit van vraag te bestudeer, kan ons voorspel wat die prysverandering vir produsente sal wees. √√

x Pryselastisiteit van vraag is bruikbaar om besighede te help besluit hoe om hulle totale inkome te verhoog. √√

x Om sy totale inkome te laat styg, kan die produsent (1) die prys verhoog om hoër inkome per produk te ontvang; √√ en ( ) die prys verlaag om die hoeveelheid verkoop te verhoog. √√

x As die kopers sensitief is teenoor die prys (elastiese vraag), sal hulle meer koop as die prys daal, √√ so die produsente behoort die prys te verlaag. √√

Page 18: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE V2 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

x As die kopers nie sensitief is teenoor die prys nie (onelastiese vraag) sal

hulle nie minder koop nie, selfs al styg die prys, √√ so die produsente behoort pryse te verhoog. √√

x Om verkope te verhoog, verhoog die prys wanneer die vraag onelasties is, √√ of verlaag die prys wanneer die vraag elasties is. √√

x Produsente wil weet hoe sensitief die markaanbod is tot prysverandering in die prys van die produk. √√ (4 x 2) (8)

[40] VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 3.1 3.1.1 x Wêreldberaad vir Volhoubare Ontwikkeling √

x Die Kyoto-protokol √ x Die millennium ontwikkelingsdoelwitte √ (2 x 1) (2)

3.1.2 Absolute voordeel verwys na die vermoë van ’n individu, besigheid of

land om meer van ’n goed of diens te produseer as wat mededingers kan, deur dieselfde aantal hulpbronne te gebruik. √√ (Aanvaar enige toepaslike verduideliking.) (1 x 2) (2)

3.2 3.2.1 Stel armoede voor. √√ (2) 3.2.2 x Werkloosheid: Siektes verminder die hoeveelheid werk wat siek

mense kan behartig, wat hul inkome laat daal en hulle meer armoedig maak. √√

x Gebrek aan onderwys: dit weerhou mense van ordentlike werke wat hulle en hul gesinne van armoede sal verlos. √√

x Globale finansiële krisis: Arm lande het nie geld vir investering, wat belangrik is vir ontwikkeling en groei nie; dit verbreed die gaping tussen die rykes en die armes. √√

x Gebrek aan produktiewe hulpbronne: In arm lande is daar nie genoeg produktiewe hulpbronne om ’n volhoubare lewensbestaan te verseker nie. √√

x Wan-funksionele regerings: Baie regerings het hul eie ongeluk geskep en ’n gebrek aan fisiese en sosiale infrastruktuur kan verlammend wees vir die armes. √√

x Omgewing en klimaatsverandering: Toenemende droogte, oorstromings en klimaatsveranderende patrone vereis ’n verandering in oeste en boerderypraktyke, wat mense dalk nie maklik kan doen nie. Arm mense is yl toegerus om aan te pas by veranderende reënvalpatrone. √√

x Oorlog en konflik: ’n Groot gedeelte van vandag se globale armoede word aangetref in oorlog verskeurde en na-konflik lande. (Enige 2 x 2) (4)

3.2.3 Oos-Kaap √√

KwaZulu-Natal √√ (4)

Page 19: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.3 3.3.1 x Noord-/Suid-verdeling √√

x Lande van die Suid-verdeling het minder nywerhede as dié van die Noord-verdeling terwyl diegene in die Suide afhanklik is van lande in die Noorde. √√ (Aanvaar enige toepaslike antwoord.) (1 x 2) (2)

3.3.2 Afrika √√ (2) 3.3.3 x Kapitalisme: √ Is bekend dat dit lei tot ongelykheid omdat dit

gebaseer is op winsmotief en die versameling van welvaart. √√ x Globalisering: √ Leidende oorsaak van ongelykheid regoor die

wêreld. Sommige ontwikkelde lande buit arm lande uit tot die punt waar ontwikkelende lande begin afhanklik raak van die ontwikkelde lande vir oorlewing. √√

x Immigrasie: √ As immigrasie-patrone tussen lande ongelyk is, lei dit tot ongelykheid. √√

x Koers van ontwikkeling: √ Lande van die Noord-verdeling en Suid-verdeling het verskillende vlakke van ekonomiese groei. ’n Stadige koers van ontwikkeling verwys na ontwikkelende of onder-ontwikkelde lande in die Suid-verdeling, terwyl ’n hoë koers van ontwikkeling na die Noord-verdeling te verwys. √√

x Ontstaan van ekonomiese magte: √ Ontwikkelde lande met toegang tot kapitaal verkry ekonomiese mag. Hulle kan goedere meer doeltreffend produseer, nuwe tegnologieë ontwikkel en produseer en voer meeste goedere uit na die ander lande. √√ Die mededinging tussen opkomende mags-ekonomieë, maak dit moeilik vir ontwikkelende ekonomieë om te oorleef. √√

x Internasionale infrastruktuur: √ Lande van die Noord-verdeling het die meeste vervoerstelsels. √√ Internasionale kommunikasie netwerke is bykans heeltemal onder die beheer van die lande van die Noord-verdeling verdeel en die Suid-verdeling betaal baie vir hierdie dienste. √√

x Nuwe tegnologieë: √ Die navorsing, ontwikkeling en produksie van nuwe tegnologieë is in die hande van groot korporasies in die Noord-verdeling. √√

x Finansiële hulp en skuld: √ Baie lande in die Suid-verdeling verkry fondse of krediet van ryk lande in die Noord-verdeling, gewoonlik teen hoë rentekoerse. √√ Hierdie hoë rentekoerse veroorsaak skuld om op te hoop, leners betaal meer terug as wat hulle in die vorm van investering ontvang het. √√ (Enige 3 x 2) (6)

Page 20: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE V2 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 Bespreek kortliks enige TWEE eienskappe van globalisering. x Wêreldmarkte word gevestig √√ waar goedere en dienste vryelik tussen

lande verruil kan word. √√ x Handel het oop en vry geraak √√ wanneer handelsbeperkings soos

tariewe verwyder word. √√ x Globalisering moedig die vrye vloei van investering √√ tussen lande aan

en daar is vrye beweging van kapitaal en finansies regoor die wêreld. √√ x Ekonomiese integrasie √√ is nodig en geen land kan op sy eie oorleef

nie; verskillende lande en ekonomieë is interafhanklik. √√ x Die beweging van mense en goedere √√ regoor die nasionale grense

word ondersteun deur die ontwikkeling van vervoer en kommunikasie. √√ x Alle lande het toegang tot die goedkoopste en beste kwaliteit √√

produkte. x Reuse-internasionale samewerking speel ’n belangrike rol in wêreld-

handel. √√ (Enige 2 x 4) (8) 3.5 Ontleed enige VIER maniere wat deur die Suid-Afrikaanse regering gebruik

kan word om armoede te verlig. x Basiese inkome sekuriteit: √ Verskaf veiligheidsnette √

x Basiese dienste √ en ander nie-finansiële oordragte en ander nie- finansiële oordragte in die vorm van sosiale lone en toelaes bestaande uit gratis basiese munisipale dienste. √

x Sosiale insluitings inisiatiewe: √ Om ʼn inklusiewe gemeenskap te verseker. √

x Menslike hulpbronontwikkeling: √ Investering in gesondheid en onderwys. √

x Skepping van ekonomiese geleenthede: √ Om te verseker dat die ekonomie geleenthede vir arm huishoudings skep om ’n beter inkome te verdien. √

x Toegang tot bates: √ Spesifiek behuising, groen en kapitaal insluitend openbare infrastruktuur. √

x Verbeter gesondheidsorg: √ Verseker dat arm kinders gesond groot word. √

x Omgewingsvolhoubaarheid: √ Keer omgewingsdegradering om, bevorder eko-toerisme, reageer op klimaatsverandering en ontmoedig doeltreffende en volhoubare uitbuiting van die omgewing. √

x Goeie regering: √ Direkte inmenging in die voorsiening van inligting, fasiliteer deelnemende demokrasie, pro-armoede beleide en goeie makro-bestuur en vennootskappe/solidariteit. √ (4 x 2) (8)

[40]

Page 21: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

8 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE

KWESSIES 4.1 4.1.1 x Om wins te maak √

x Oorlewing van die besigheid √ x Maksimeer inkome √ x Maksimeer verkope √ x Stel doelwitte vir groei. √ (2 x 1) (2)

4.1.2 Eksplisiete koste is al die uitgawes wat ’n besigheid moet betaal vir die

gebruik van produksiefaktore. √√ (2) 4.2 4.2.1 Noem enige TWEE voorbeelde van veranderlike koste.

x Elektrisiteit √ x Water √ (Aanvaar enige toepaslike antwoord) (2)

4.2.2 Verduidelik die vorms van die gemiddelde totale koste (GTK) en

gemiddelde veranderlike koste (GVK) en marginale koste (MK). x Die MK, GVK en GTK is in ’n U-vorm. √√ x As die aantal eenhede toeneem van nul, begin dit by hoë

waardes √√ neem af teen ’n dalende koers en bereik minimum punte √√ en dan styg dit teen ’n toenemende koers. √√

x Marginale koste sny ook die gemiddelde totale koste en gemiddelde veranderlike koste by hulle minimum waardes. √√ (Enige 3 x 2) (6)

4.2.3 Hoekom is gemiddelde totale koste belangrik?

Gemiddelde totale koste is belangrik omdat: x Dit die koste per eenheid gee .√√ x Dit gebruik word om te bepaal (wanneer vergelyk word met

gemiddelde inkome). √√ (Enige 1 x 2) (2) 4.3 4.3.1 B – Brasilië √; R – Rusland √; I – Indië √; C – Sjina √; S – Suid-Afrika √ (5) 4.3.2 Die hoofdoel is om die handel tussen die lidlande (BRICS) te

bevorder. √√ (2) 4.3.3 Wat, volgens die uittreksel, is die ooreenkomste wat aangegaan is in

Durban? x Herverseker hulle ondersteuning vir volhoubare infrastruktuur

ontwikkeling, sowel as nywerheidsontwikkeling. √ x Werkskepping √ x Vaardigheidsontwikkeling √ x Voedsel- en voedingsekuriteit √ x Armoedeverligting √ x Volhoubare ontwikkeling in Afrika √ (Enige 3 x 1) (3)

Page 22: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE V2 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.4 Onderskei tussen produktemarkte en faktormarkte. Faktormarkte:

x Markte vir produksiefaktore. √√ x Elke produksiefaktor word in ’n verskillende mark verkoop. √√ x Die prys van elke produksiefaktor word bepaal deur die interaksie van

vraag en aanbod. √√ x As die aanbod of een produksiefaktor verander, beïnvloed dit die res van

die faktormark sowel as die produktemark. √√ Produktemark:

x Markte vir goedere en dienste. √ x Produktemark word verdeel in kapitaalgoedere mark, verbruiksgoedere

mark en die dienstemark. √√ x As vraag na ’n produk of diens toeneem, sal die vraag na die

produksiefaktore ook in die faktormark toeneem. √√ x ’n Verandering in die produktemark beïnvloed die vraag in ander

markte. √√ (8) 4.5 Verduidelik die implikasies van ‘nie-prysmededinging’ in oligopolieë. x Oligopolieë neig om nie kragtens die prys van produkte mee te ding nie.√√

x Besighede raak betrokke in nie-prys mededinging deur middel van advertensies, produk differensiasie, om markaandeel te verkry. √√

x Hulle probeer hul produkte onderskei van dié van ander besighede ten einde ’n mededingende voordeel te verkry. √√

x Besighede probeer prysmededinging verhoed omdat dit die winsgewendheid van verskillende besighede kan laat daal. √√

x Vorme van nie-prysmededinging sluit in: skep van handelsmerk- lojaliteit; √√ verlengde winkelure; √√ doen van sake oor die internet; √√ na-verkope diens; √√ lojaliteit-belonings aan klante; √√ ens. (4 x 2) (8)

[40] TOTAAL AFDELING B: 80

Page 23: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

10 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK. STRUKTUUR VAN OPSTEL PUNTETOEKENNING Inleiding Maks. 2 Inhoud Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/In-diepte bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Differensieer/ Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Assesseer/Debatteer

Maks. 26

Addisionele deel: Gee eie mening/Bespreek krities/ Evalueer/Evalueer krities/Teken ʼn grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/ Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/Vergelyk/ Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer kortliks Maks. 10 Slot Maks 2 TOTAAL Maks. 40 VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE Bespreek in detail die kenmerke van ’n volmaakte mark. Lig kortliks uit hoe die volmaakte mark van die monopolistiese mark verskil. INLEIDING Volmaakte markte is markte wat nóg die individuele produsent nóg die individuele verbruiker ’n invloed op pryse het. Daar is geen voorkeur waar iemand die produk koop of verkoop nie, want al die produkte is dieselfde. √√

(Aanvaar enige toepaslike inleiding) (2) INHOUD Eienskappe van volmaakte markte Groot aantal kopers en verkopers √ wat nie pryse kan beheer nie, bestaan: daar is baie kopers en verkopers in die mark in dié sin dat elkeen ’n prysnemer is. √√ Geen individuele koper of verkoper kan die prys beïnvloed nie. √√ Produkte is homogeen: √ Dit beteken produkte is van dieselfde soort, kwaliteit en voorkoms. √√ Die mark is onpartydig en onpersoonlik: √ Geen verkoper het ’n voordeel bo ’n ander nie; kopers gee nie om van wie hulle koop nie. √√ Vryheid van toe- en uittrede: √ Die mark is totaal toeganklik, geen regs-, finansiële of tegnologiese hindernisse kan die vryheid van toe- en uittrede beperk nie. √√ Kopers en verkopers het volmaak/volledige kennis: √ Kopers het volledige kennis oor die prys, kwaliteit en beskikbaarheid van goedere en dienste. √√ Verkopers het volledige kennis oor produksiekoste en markgeleenthede. √√ As verkopers pryse verhoog, sal kopers weet en by ’n ander verkoper koop wat nog laer prys vra √√ Daar is hoë uitset en wye keuses: √ A.g.v. baie verkopers, kan verbruikers rondkyk en koop by wie hulle wil. √√ Daar is geen tekorte nie omdat as een verkoper uittree sal baie ander verkopers nog voortbestaan. √√

Page 24: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE V2 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Ongereguleerde markte: √ ’n Ongereguleerde mark beteken dat die regering nie inmeng in die mark nie. Besluite word oorgelaat aan individuele produsente en verskaffers asook kopers. Geen samespanning: √ Gebeur wanneer verkopers en kopers ’n ooreenkoms/reëling aangaan om mededinging te beperk √√ (Enige 26) (26) ADDISIONELE GEDEELTE Beklemtoon kortliks hoe die volmaakte mark van die monopolistiese mark verskil. x Die baie verkopers in ’n monopolistiese mark het markkrag, anders as diegene

in ’n volmaakte mark. √√ x rodukte wat in ’n monopolistiese mark verkoop word, is gedifferensieerd. √√ x rodukte is dus heterogeen √√ anders as in die geval van volmaakte mark waar

die produkte homogeen is. √√ x Gedifferensieerde produkte verskil van mekaar deur verskille in bestanddele,

verpakking, handelsmerk, kleur, soms selfs vorm. √√ x Aangesien besighede heterogene produkte verkoop, het hul ietwat beheer oor

die prys van die produk √√ en is hulle prysmakers teenoor die volmaakte mark waar hulle prysnemers is. √√

x Die vraagkurwe van ’n monopolisties mededingende besigheid hel afwaarts terwyl dié van ’n volmaak mededingende besigheid horisontaal is. √√ (Enige 10) (10)

SLOT Volmaakte markte is werklik skaars en daar is ’n baie dun lyn tussen volmaakte markte en monopolistiese markte. √√ (Aanvaar enige ander toepaslike slot) (2) [40] VRAAG 6 Die omgewing is ’n waardevolle hulpbron en ons as lede van die gemeenskap het ’n plig om goed daarna om te sien. Verduidelik ten volle die verskeie metodes om die omgewing te beskerm. Lig die uitwerking van omgewingsdegradering in ons ekonomie en omgewing uit. INLEIDING Planeet aarde sal nie in staat wees om toekomstige generasies te onderhou indien die gemeenskap, regering, besighede, ryk en arm lande nie saam staan en kreatief raak oor manier hoe om na die omgewing om te sien nie. √√

(Aanvaar enige toepaslike inleiding) (2) INHOUD x Tegnologiese innovasies/Gebruik van nuwe tegnologie √√ fokus op

ekonomiese groei terwyl besoedeling in toom gehou word. √√ x Vervang fossielbrandstowwe met volhoubare energiebronne √√ soos wind,

getybeweging, branderbeweging, sonenergie en hidro-energie, ens. √√ x Verbeter doeltreffendheid in die gebruik van skaars hulpbronne √√ in

produksieprosesse en ontwikkel stelsels om afval in alle vorme deur herwinning te verminder. √√

x Ontwikkel prosesse om nywerheids-afval mee te behandel √√ en beheer die storting daarvan. √√

Page 25: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

12 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

x Voorsien spesifikasies aan produkontwikkelaars √√ om substituut-goedere te

produseer wat omgewingsvriendelik is, bv. degradeerbare houers. √√ x Prysbeleid: √√ Dit handel oor toenames in die prys van nie-hernieubare

hulpbronne om die ondoeltreffende gebruik daarvan te ontmoedig. √√ x Beperk aanbod en verhoog prys om die vraag na fossielbrandstowwe te

laat daal, √√ en mense sal dan na hernieubare hulpbronne oorskakel. √√ Prysbeleid kan ook gebruik word om nywerhede ʼn besoedelingsheffing te laat betaal of ʼn uitlatingsfooi vir enige besoedeling wat hulle mag veroorsaak. √√

x Openbare mening: √√ Openbare mening kom van die vorming van drukgroepe en omgewingsorganisasies, wat veg vir die beskerming van die omgewing. √√ Regerings en besighede word genoodsaak om kennis te neem van openbare menings wat deur hierdie drukgroepe uitgespreek word. √√

x Regeringsoptrede: √√ Die departement van omgewingsake neem die leiding in omgewingsake, en doen die volgende om te probeer om die omgewing te beskerm: √√ nasionale Mariene-week, Mense en Parke konferensie, Skoon Vure veldtog, wêreld- en omgewingsverandering webtuistes vir inligting, afval- beheer, ens. √√

x Toepassing van wette: √√ Konferensie en die Wet op Afvalbestuur √√ Die Suid-Afrikaanse regering het die volgende wette ingestel: Wet op Lugkwaliteit, Wet 39 van 2004, Wet op Biodiversiteit, Wet 10 2004, Afvalwet, Wet 59 van 2008 maak voorsiening vir die afname in die skepping van en omgewings- invloed van alle soorte afval. √√ Wet van Geïntegreerde Kusbestuur, Wet 24 van 2008. √√

x Vermindering van voertuig uitlaatgasse: √√ Kopenhagen se Klimaatsraad het ʼn waarskuwing aan die wêreld uitgereik dat daar ʼn daling in koolstofvrystellings moet wees, anders sal daar onomkeerbare veranderinge in die klimaat plaasvind. √√ (Enige 26) (26)

ADDISIONELE GEDEELTE Beklemtoon die invloed van omgewings degradering op die ekonomie en gemeenskap x Verhoogde lugbesoedeling: √ Toenemende lugbesoedeling en afnemende lug-

kwaliteit is skadelik vir mense se gesondheid. √√ x Toenemende gronderosie √ x Toenemende verbruik van natuurlike kapitaal: √ Suid-Afrika gebruik sy

natuurlik kapitaal op as gevolg van oorverbruik. √√ x Verhoogde verlies aan biodiversiteit. √ x Klimaatsverandering: √ Die hoofoorsaak van klimaatsverandering en

aardverwarming, is in besonder, bv. die toenemende verbranding van fossiel- brandstowwe soos gas en steenkool. √√

x Agteruitgang van varswaterbronne. √√ (Enige 10) (10)

Page 26: GRAAD 11 NOVEMBER 2014 EKONOMIE V2...6 EKONOMIE V2 (NOVEMBER 2014) Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief AFDELING B Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in

(NOVEMBER 2014) EKONOMIE V2 13

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

SLOT Dit is noodsaaklik dat alle sektore in die ekonomie na die omgewing moet omsien, vir alle toekomstige generasies om te geniet, soveel as wat hulpbronne benodig word vir produksie, moet ons versigtig wees en dit spaarsamig gebruik. √√

(Aanvaar enige toepaslike slot) (2) [40]

TOTAAL AFDELING C: 40 GROOTTOTAAL: 150