11
© Via Afrika Publishers GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 1 (A): LEESBEGRIP EN TAAL INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings: AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30) AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10) AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5) (40) 2. Lees ALLE instruksies baie goed. 3. Beantwoord AL die vrae. 4. Begin elke afdeling op ’n NUWE bladsy. 5. Trek ’n streep na elke afdeling. 6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 7. Laat ’n reël oop na ELKE antwoord. 8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie. 9. Skryf netjies en leesbaar. ___________________________________________________________________________ AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1 TEKS A: KOERANTARTIKEL SKOOLKOOR-STEM DALK STIL deur Esmé Erasmus 1. Die drome van die 88 koorlede van die Suid-Afrikaanse Jeugkoor, wat in Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil te raak. 2. “Ons het ’n krisispunt in die bestaan van die koor bereik. Ons moet einde April besluit of die koor gaan voortbestaan of nie. Daar is nie meer geld nie,” het André de la Harpe wat as voorsitter bedank het, maar nou as interim-voorsitter waarneem, gesê. 3. Die koor spartel om kop bo water te hou nadat sy borgskap deur PetroSA in Maart

GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

  • Upload
    vunga

  • View
    240

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

© Via Afrika Publishers

GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 1 (A): LEESBEGRIP EN TAAL

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30)

AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10)

AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5) (40)

2. Lees ALLE instruksies baie goed.

3. Beantwoord AL die vrae.

4. Begin elke afdeling op ’n NUWE bladsy.

5. Trek ’n streep na elke afdeling.

6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel

gebruik is.

7. Laat ’n reël oop na ELKE antwoord.

8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9. Skryf netjies en leesbaar.

___________________________________________________________________________

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: KOERANTARTIKEL

SKOOLKOOR-STEM DALK STIL – deur Esmé Erasmus

1. Die drome van die 88 koorlede van die Suid-Afrikaanse Jeugkoor, wat in

Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand

weens sy geldelike krisis gedwing word om stil te raak.

2. “Ons het ’n krisispunt in die bestaan van die koor bereik. Ons moet einde April

besluit of die koor gaan voortbestaan of nie. Daar is nie meer geld nie,” het André de

la Harpe wat as voorsitter bedank het, maar nou as interim-voorsitter waarneem,

gesê.

3. Die koor spartel om kop bo water te hou nadat sy borgskap deur PetroSA in Maart

Page 2: GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

© Via Afrika Publishers

verlede jaar nie hernu is nie.

4. PetroSA het die koor ruim geborg vir drie en ’n half jaar nadat die vorige borgskap

met die Fidentia-groep se bankrotskap beëindig is. Ten spyte van verskeie kleiner

borgskappe, onder meer van Media24 en die Kaapse stadsraad, het die gebrek aan

’n hoofborg nou sy tol geëis.

5. Die meeste van die kinders, 60 van die koorlede – woon in die Durbanville-

koshuis en die meeste is leerders van die Hoërskool Stellenberg. Baie van hulle is

uit haglike omstandighede gewerf en is die kans op ’n beter toekoms gebied.

6. Sedert die koor se ontstaan in Oktober 2004 het talle van sy koorlede, wat van

regoor die land gewerf is, groot hoogtes bereik wat hulle andersins nie beskore sou

gewees het nie. Van die koorlede het beurse vir universiteitsopleiding ontvang,

ander het al in die Carnegie in New York opgetree of oudisies in Londen bygewoon

om daar verder te studeer. Talle oud-koorlede studeer ook aan die Kaapstad-

operaskool.

7. “Van ons kinders is nou finale-jaar mediese studente of het klaar as onderwysers

gekwalifiseer en werk reeds. Dit is alles moontlik gemaak deur die koor,” het De la

Harpe gesê.

8. Maar nou sal die koorlede moet terugkeer na hulle omstandighede, sonder hoop

en ’n toekoms as daar nie voor die einde van die maand genoeg geld gevind word

nie.

9. “Ons het die nuus al stelselmatig aan die koorlede begin breek. Dis net trane die

heeltyd. Dis die moeilikste ding om vir ’n kind te moet sê hy moet koebaai sê vir sy

drome en teruggaan na sy ou omstandighede,” het hy verder gesê.

10. Die koor het verlede jaar ’n CD met bekende plaaslike kunstenaars soos Nianell,

Jannie Moolman, Emo Adams en Coenie de Villiers opgeneem.

11. Die verkope van dié CD word egter geknel. Daar is gehoop dat sowat 25 000

CD’s sou verkoop, maar daar het min van gekom.

12. Daar staan glo dose van die CD’s by musiekwinkels, maar dit word nie vir

verkope op die rakke uitgepak nie “weens die swak ekonomie”.

13. “Al verkoop ons in hierdie stadium net 10 CD’s sal dit al help. Ons het gehoop

om ten minste die kinders se verblyfkostes en skoolgeld hiermee te kan delg.”

14. “Ons is dankbaar vir elke bietjie. Dit het ons tot dusver aan die gang gehou. Maar

wat ons nou nodig het, is ’n hoofborg,” het De la Harpe gesê.

(Verwerk en aangepas uit Tygerburger, April 2012)

Page 3: GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

© Via Afrika Publishers

1.1 Die titel van die koerantartikel kan op TWEE maniere gelees word. Sê in twee volsinne

van ongeveer 10 woorde elk wat die onderskeie betekenisse is. (2)

1.2 Wat beteken die uitdrukking “kan in skerwe lê” in paragraaf 1 van die leesstuk? (1)

1.3 In watter krisis bevind die jeugkoor hulself volgens die artikel? (1)

1.4 Volgens paragraaf 4 het PetroSA min geld vir die jeugkoor gegee toe hulle die koor vir

drie en ’n half jaar geborg het.

1.4.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

1.4.2 Motiveer jou antwoord op vraag 1.4.1 hierbo deur TWEE OPEENVOLGENDE

woorde uit paragraaf 4 aan te haal. (1)

1.5 Om watter rede kan die Fidentiagroep nie die jeugkoor verder borg nie? (1)

1.6 Wat was die hoofdoel met die stigting van die SA Jeugkoor in 2004? (1)

1.7 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.

“haglike omstandighede” (par. 5) beteken sommige koorlede woon ...

A baie ver van die Kaap

B in spoggerige huise

C in agtergeblewe buurte

D naby die skool in koshuise (1)

1.8.1 Haal DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE uit die koerantartikel aan wat vir die

leser sê dat baie van die Jeugkoorlede ’n sukses van hulle lewe gemaak het. (1)

1.8.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.8.1 hierbo deur TWEE bewyse te gee. (2)

1.9 Op watter TWEE maniere sal dit die kinders se lewe beïnvloed as die koor teen die

einde van die maand nie genoeg geld inkry nie? (2)

1.10 Watter GEVOEL het die nuus dat die koor nie meer kan aangaan nie by die koorlede

gelaat? (1)

1.11 Volgens paragraaf 12 is die rede waarom die koor se CD’s nie goed verkoop nie omdat

dit nog in dose rondstaan en nie uitgepak is nie.

1.11.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR? (1)

1.11.2 Motiveer jou antwoord op 1.11.1 hierbo met EEN sin. (1)

1.12 Op watter manier kan die verkoop van CD’s die koorlede help? (1)

1.13 Wat leer jy uit hierdie artikel oor jou eie omstandighede? (1)

1.14 Hoe voel jy as buitestaander oor die lot van hierdie koor? Dink jy hulle moet gehelp

word of voel jy niks vir hulle nie? (1)

[20]

Page 4: GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

© Via Afrika Publishers

TEKS B: ADVERTENSIE

Lees die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae.

(Uit: Huisgenoot, 18 April 2012)

1.15 Noem TWEE tegnieke wat die adverteerder gebruik om die teikengroep se aandag te

trek. (2)

1.16 Wie is die teikengroep van hierdie advertensie? (1)

1.17 Wat beteken die uitdrukking “weer op die been is” in die opskrif van die advertensie?(1)

1.18 Watter doel dien die hand en die stukkie papier wat dit vashou? (1)

1.19.1 Wat word geadverteer? (1)

1.19.2 Motiveer jou antwoord by 1.19.1 hierbo deur na die foto te verwys. (1)

1.20 Watter TWEE APARTE woorde in die naam van die maatskappy en die sin onder die

naam sluit bymekaar aan? (1)

1.21 Haal EEN woord uit die advertensie aan wat vir die leser sê dat die produk nie te duur

is nie. (1)

1.22 Jy word gevra om hierdie advertensie te verander en nog meer doeltreffend te maak.

Watter verandering sou jy voorstel? (1)

[10]

TOTAAL: AFDELING A: 30

Page 5: GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

© Via Afrika Publishers

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: DIE LEWE NÁ TRAUMA

Som die praktiese wenke van die onderstaande teks in sewe sinne op.

Skryf elke hoofgedagte in ’n volsin neer.

Skryf die sinne puntsgewys onder mekaar neer.

Laat ’n reël tussen die sinne oop.

Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.

Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

DIE LEWE NA TRAUMA

Hulle het huis toe gestap nadat hulle die aand ’n kerkgeleentheid bygewoon het. ’n

Entjie van hul huis af het ’n man skielik ’n vuurwapen op hulle gerig. Hy het hul

selfone en juweliersware geëis. Toe sê hy hulle moet op die grond gaan lê en hy

skiet ’n waarskuwingskoot. Daarna is hy vort met al hulle besittings.

Dit kan baie help om slagoffers soveel tyd te gee as wat hulle nodig het om te

beskryf wat hulle graag sal wil doen as hulle die aanvallers weer sien. Praat oor

skuldgevoelens sodat dit verwerk kan word en nie terugkeer en sodoende

toekomstige verhoudings of beskouings van die wêreld skend nie.

Dis net so belangrik om die trauma op ’n sielkundige vlak te hanteer as wat dit is om

liggaamlike versorging te gee. Gee vir die slagoffers ’n geskenk wat vir hulle spesiale

betekenis het soos ’n nuwe CD van hul gunstelinggroep of moedig hulle aan om op

die geluide van voëls en sonbesies te fokus. Reël as ’n gesinsviering ’n ete waar

elkeen hul gunstelingkos bestel, of gaan eet saam as ’n gesin ’n roomys. Soms moet

slagoffers fantaseer oor wat hulle aan hul aanvallers sal wil doen.

Misdaadslagoffers mag ontsteld wees oor die ervaring en dis belangrik dat hulle deur

hul gevoelens van vrees en woede werk sodat die voorval nie hul beskouing van die

wêreld negatief beïnvloed nie. Ouers of versorgers moet so gou moontlik ná die

voorval tasbare tekens van liefde en ondersteuning gee. Dit lyk eenvoudig, maar om

tee te maak en bloot te luister is alreeds ’n bewys van ondersteuning en sorg.

Professionele berading kan die slagoffer ’n gevoel van veiligheid help herwin. As jy

of jou kind ’n misdaad gesien het en tekens toon dat hulle getraumatiseerd is, moet

professionele hulp ingeroep word.

(Verwerk uit Huisgenoot, 18 April 2012)

TOTAAL AFDELING B: 10

Page 6: GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

© Via Afrika Publishers

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer.

VOORNEMENDE WETENSKAPLIKES GENOOI NA US KAMPUS

Deur: Engela Duvenage, Donderdag 14 April 2011

Die gewilde Universiteit Stellenbosch Natuurwetenskappe Winterweek word van 26

tot 30 Junie 2012 gehou vir Graad 11 en 12 leerders met ’n belangstelling in

rekenaars, wiskunde, biologie, fisiese wetenskappe of geologie wat meer wil weet

oor studie-en loopbaanopsies.

Die R1 000 inskrywingsgeld sluit etes en verblyf in ’n universiteitskoshuis in. Die

sluitingsdatum vir inskrywings is 20 April 2012.

Vir meer inligting, kontak me Mariétta Van den Worm by (021) 808-3760 of

[email protected] of besoek www.sun.ac.za/science en kliek op “Winterweek”.

3.1 Verbeter die taalfout in die volgende sin. Skryf die korrekte sin oor.

Vir meer inligting, kontak me Mariétta Van den Worm. (1)

3.2 Voltooi die sin. Skryf net die korrekte antwoord neer.

Hierdie advertensie is nie seksisties nie, want dit ... (1)

3.3 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.

Kom maak seker wat jy wil (studie) en leer oor die wetenskappe. (1)

3.4 Skryf die sin oor in die infinitief.

Bespreek nou!

Begin so: Studente behoort ... (1)

3.5 Skryf die sin in die ontkennende vorm.

Vind meer uit by www.maties.com (1)

3.6 Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.

Maties werk ook saam met die koshuis (in + wat) julle kan bly. (1)

3.7 Gee die verkleiningsvorm van die vetgedrukte woord.

Vir die Graad 11’s en 12’s wat hou van wiskunde en rekenaars. (1)

3.8 Skryf die hele sin oor en rangskik die gedeelte tussen hakies in die korrekte volgorde.

Die student wat belangstel, moet (telefonies / by die Universiteit Stellenbosch / vandag)

navraag doen. (1)

3.9 Gee die afkorting van die vetgedrukte woord.

Die sluitingsdatum is 20 April 2012. (1)

3.10 Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies.

Ek stel baie belang in die (biologie) wetenskappe. (1)

[10]

Page 7: GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

© Via Afrika Publishers

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Die taalvrae wat volg, is op die strokie hieronder gebaseer.

DOODSKREET

VAN DIE

SEEMEEU

Om sy groot ideaal te

verwesenlik het die jong

kankernavorser vir geen

duiwel gestuit nie ... ook

nie vir die mooi meisie

wat hom teen haar sin

moes bedrieg nie.

In ’n woonstel in

Durban ...’n jong

man tref

koorsagtige

voorbereidings ...

Die pistool voel

koud en

dodelik in dr.

Eben Visser se

hande ...

Mag dit nie

nodig wees dat

ek hierdie

wapen gebruik

nie!

Dr. Eben Visser is

’n briljante

navorser

verbonde aan die

kanker-instituut.

As dit nie vir klein

Hansie Lourens

was nie, sou ek

nie met hierdie

plan voortgegaan

het nie.

Jan Visser, Eben se

broer, kom tot siens sê.

Klaar ingepak, Eben?

Wens ek was jy wat met

vakansie kan gaan.

Naand, Jan. Ja, ek sien

nogal uit daarna ...

En dié, Eben? Dis

mos ’n

gevaarlikke

speeldingetjie!

Gevaarlik, maar

nodig, ou broer...

Die kanker-

instituut staan

op die rand om

’n gevoelige

knou toegedien

te word ...

Om die

instituut van

ondergang te

red, gaan ek ’n

nuttelose vent

ontvoer, Jan.

Page 8: GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

© Via Afrika Publishers

4.1 Gee die meervoud van die vetgedrukte woorde.

4.1.1 Die pistool voel koud en dodelik in dr. Visser se hande. (1)

4.1.2 ’n Pistool is nie ’n speelding nie. (1)

4.2 Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord.

Gevaarlik, maar nodig, ou broer! (1)

4.3 Gee die persoonsnaam vir die vetgedrukte woord.

Die Durban woon in ’n woonstel in Durban. (1)

4.4 Kies die korrekte woord tussen hakies:

Die instituut staan op die (rand/rant) van ’n ramp. (1)

4.5 Skryf die volgende sin in die VERLEDE tyd:

Ja, ek sien nogal uit na die vakansie. (1)

4.6 Verander die volgende sin in ’n vraagsin. Die vetgedrukte woorde moet die antwoord

op die vraag wees.

Om die instituut te red, gaan hy ’n nuttelose vent ontvoer. (1)

4.7 Verbeter die spelfout in die volgende sin:

Dis mos ’n gevaarlikke speeldingetjie. (1)

4.8 Gee die teenoorgestelde geslag van die vetgedrukte woord.

Jan Visser, Eben se broer, kom tot siens sê. (1)

4.9 Skryf EEN woord neer vir die woorde tussen hakies.

Vuurwapens is gevaarlik. Mense wat (met + dit) eksperimenteer, speel met vuur. (1)

[10]

Page 9: GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

© Via Afrika Publishers

VRAAG 5: ARTIKEL EN FOTO

TEKS A: ARTIKEL

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande artikel gebaseer

HIER IS JOU VERSKONING

Tieners is beslis ’n afsonderlike spesie. Vir baie mense is tieners weird, maar hulle is

wonderful ook.

1. Zzzzzzzzzzzzzzzz – lekker slaap

Wanneer tieners nie hulle selfone in die hand het nie, raak hulle aan die slaap. Die

volgende keer dat ’n onderwyser jou foon in die klas wil vat, kan jy maar sê dit gaan

jou produktiwiteit benadeel. ’n Finalis in die intel-wetenskap-talentkompetisie, het dit

bewys. Sy het 150 tieners vir 45 minute in ’n leë klaskamer toegesluit. Die helfte het

’n selfoon gehad en die ander helfte nie.

2. Ek doen dit sommer met toe oë

Tieners kan met toe oë sms, glo dit of nie. Met meer as 1 miljard sms’e wat elke dag

gestuur word, is dit geen wonder dat 42% van die tieners geblinddoek ’n Sms kan

stuur nie. Van hulle het gesê dat hulle lewe verby sal wees as hulle nie meer kan

sms nie.

3. “Whoops-a-daisy”

Het jy al jou naam met ’n plank geslaan en oor jou voete geval? Dis waarskynlik jou

brein se skuld. Tieners groei met só ’n spoed dat hulle brein nie vinnig genoeg

“nuwe” reëls kan opstel vir balans nie. Jy kan dit dus letterlik nie keer nie.

4. Wie nie waag nie, wen nie

Nog iets waarvoor jou brein die skuld kan kry, is jou geneigdheid om meer

waaghalsige besluite te neem. ’n Breinskandering het gewys dat ’n tiener se

prefrontale korteks baie harder werk as ’n grootmens s’n. Dit is hoekom dit vir tieners

(5.9) moeilik is om ’n situasie op te som.

Bron: www.parents24.com

5.1 Verbind die twee sinne met die voegwoord tussen hakies.

Hulle kan nie meer sms nie. Tieners se lewe sal verby wees. (wanneer) (1)

5.2 Skryf die sin oor in die TOEKOMENDE tyd.

Dit is waarskynlik jou brein se skuld. (1)

Page 10: GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

© Via Afrika Publishers

5.3 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

Van die tieners (herken / erken) dat hulle verlore sal wees sonder hulle fone. (1)

5.4 Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

5.4.1 “Het jy al jou naam met ’n plank geslaan ...” (par. 3) is ’n voorbeeld van (denotasie /

konnotasie). (1)

5.4.2 Motiveer jou keuse by vraag 5.4.1 hierbo. (1)

5.5 Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM.

Tieners het met toe oë ’n sms gestuur. Begin so: ’n Sms ... (1)

5.6 Skryf die getal tussen hakies in woorde.

Sy het 150 leerders vir (45) minute toegesluit. (1)

5.7 Kies die korrekte voorsetsel tussen hakies.

Tieners is verslaaf (op / aan / van) hulle selfone. (1)

5.8 Gee die antoniem van die vetgedrukte woord.

Dit sal jou produktiwiteit benadeel as die juffrou jou foon wegvat. (1)

5.9 Gee die korrekte vorm van die vetgedrukte woord tussen hakies.

Dit is vir tieners (moeilik) as vir grootmense om ’n situasie op te som. (1)

5.10 Gebruik die vetgedrukte woord in ’n sin sodat dit ’n ander betekenis het as in

die sin hieronder.

’n Tiener se brein kan nie die skuld kry nie. (1)

5.11 Gee die oortreffende trap van die vetgedrukte woord tussen hakies.

Vandag se tieners is die (snaaks) van al die soorte mense wat jy kan kry. (1)

5.12 Kies die woorde wat die volgende spreekwoord korrek voltooi. Skryf net die

vraagnommer en die letter (A–D ) neer.

Tieners het soms baie te sê, maar waar die ... van vol is, loop die ... van oor.

A kop / hart

B mond / tong

C gedagtes / woorde

D hart / mond (1)

5.13 Gee die sinoniem vir die vetgedrukte woord.

’n Tiener se brein werk anders as ’n grootmens s’n. (1)

[14]

Page 11: GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL … · Durbanville gesetel is, kan aan skerwe lê as die koor se stem einde vandeesmaand weens sy geldelike krisis gedwing word om stil

© Via Afrika Publishers

TEKS B: FOTO

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande foto gebaseer.

(Uit: Tygerburger, Desember 2011)

5.14 Skryf die volgende sin in die DIREKTE REDE.

Gesie se ma sê dat haar dogter die vorige dag uit die hospitaal gekom het.

Begin so: Gesie se ma sê ... (4)

5.15 Vorm ’n samestelling van die woorde tussen hakies.

Ons kan almal ’n (lewe + les) by hierdie meisie leer. (1)

5.16 Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies.

Almal word gevra om (elke dag) vir Gesie te bid. (1)

[6]

TOTAAL AFDELING C: 40

GROOTTOTAAL: 80