6
SIG UITGAWE 4 JANUARIE 2016 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld KERKBESONDERHEDE H/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville 7551 [email protected] www.durbanvillegemeente.co.za 021 975 6370 082 779 3356 021 976 7109 Ma, Di, Do en Vr: 08:00 - 14:00 Wo: 08:00 - 16:00 NG Gemeente Durbanville ABSA Durbanville Tjekrekening: 1410580019 Voeg asb verwysing by bv. Naam/MDO durbanville gemeente Tinus van Zyl Soos 'n mens 'n ou jaar afsluit en 'n nuwe jaar ingaan, raak jy bewus van eerstes en laastes – die laaste keer wat ons dit doen, die eerste keer wat ons dat doen. 'n Mens ervaar dit veral met jou kinders wat van een klas na 'n volgende klas, van een graad na 'n volgende graad, van een skool na 'n volgende skool en uiteindelik uit jou huis uit beweeg. Maar ouer mense beleef dit ook, wanneer jy by jouself wonder: “Was dit miskien die laaste keer dat ons almal so saam was?” Of wanneer jy moet verhuis, en daar weer baie eerstes in die nuwe omstandighede is. ‘n Mens raak veral bewus van eerstes en laastes wanneer jy van mense afskeid moet neem. Dikwels is dit 'n bittersoet ervaring. Aan die een kant is 'n afskeid gevul met die moontlik- hede van 'n nuwe lewensfase en avonture wat wag, maar aan die ander kant is daar hartseer en nostalgie oor dit wat was en dit wat nog kon gewees het. En so is dit dan ook met die afskeid van ds Gys van Schoor wat vir 19 jaar predikant in Durbanville Gemeente was. Alhoewel ons saam met hom opgewonde is oor die nuwe hoofstuk in sy lewe, met sy bediening van dissipelskap en geloofsvorming aan predikante en gemeentes landwyd, weet ons ook dat hy 'n onvervang- bare leemte gaan laat met sy weggaan. Aan almal wat die nuwe jaar betree, dalk met 'n mengsel van opgewondenheid en senuweeagtigheid in jou hart, en spesiaal vir Gys en Thea, ontvang hierdie seënbede: Die Here sal julle seën en julle bewaar; die Here sal sy aangesig oor julle laat skyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee! Eerstes en laastes ADVERTEER IN SIG EN SPAAR R200 SO! Ons SIG-advertensies kos R250 vir ‘n besigheidskaartjie-grootte. Bespreek en betaal jou spasie in SIG vir al 4 uitga- wes 2016 en spaar R200. Koste vir 4 advertensies dus R800. ADVENT Die kerkjaar begin met Advent – die vier Sondae voor Kersfees. In hierdie tyd verheug ons as ge- lowiges ons oor Christus se eerste koms en sien ons uit na sy tweede koms. Die vernaamste liturgiese simbool is die adventskrans. Advent loop uit op Kersfees. Die tyd tussen Kersfees en Epifanie (26 Desember tot 5 Januarie) word die “Twaalf dae van Kersfees” genoem. EPIFANIE Epifanie ("Godsverskyning") is die fees van die lig wat in die duister wêreld inbreek met die koms van Christus (Joh. 1:5). Ná Epifanie word daar tot en met die lydenstyd ge-konsentreer op Jesus se aardse bediening, vanaf sy doop tot en met sy verheerliking op die berg. Op die eerste Sondag ná Epifanie, vier ons die begin van Jesus se openbare bediening wat met sy doop 'n aanvang geneem het. Jesus het met sy doop die Heilige Gees ontvang, waarna die Gees Hom na die woestyn gelei het waar die Satan Hom versoek het. Hierdie woestyn-retreat van Jesus was 'n geleentheid om sy waardes en prioriteite uit te klaar en het dus gedien as voorbereiding op sy bediening op aarde. In die tyd tussen Epifanie en Aswoensdag fokus ons op Jesus se openbare bediening. Dit word afgesluit met Verheerlikingsondag, die Sondag voor Aswoensdag, die begin van lydenstyd. Jesus se verheerliking op die berg word dan gedenk. Dit dien ook terselfdertyd as her- innering dat die Lydende Kneg van lydenstyd ook die verheerlikte Koning van die wêreld is. LYDENSTYD Lydenstyd begin op Aswoensdag, 46 dae voor Opstandingsondag. Aswoensdag herinner ons aan ons sonde en is 'n geleentheid van rou en droefheid oor ons vele misdade teen God en ons naaste. Dit is ook 'n geleentheid tot nuwe toewyding en bekering – 'n vernuwing in ons geloofslewe. Lydenstyd loop uit op Palmsondag en die begin van die Heilige Week. Deur deelname aan die liturgie van hierdie tyd ontmoet ons opnuut weer die Christus, saam met Wie ons gekruisig word, sterf en weer opstaan tot 'n nuwe lewe (Rom 6). Maandag tot Woensdag van die Heilige Week herdenk ons Jesus se laaste week voor sy kruisiging. Donderdag herleef ons die paasmaaltyd van Jesus met sy dissipels en ook sy uiteindelike oorlewering om gekruisig te word. Vrydag fokus ons op die kruisiging van Jesus en ons word herinner aan ons eie aandeel daaraan. Saterdag word stil deurgebring ter herinnering aan Jesus se tyd in die graf. PAASFEES Saterdagaand begin die grootste en die belangrikste fees van die kerk, Paasfees. Dit is dan dat die paaswaak plaasvind (vanaf 22:30 Saterdagaand tot ongeveer 00:30 op Paassondag oggend). Gedurende die paaswaak herdenk ons die opstanding van Jesus. Dit is die hoogtepunt in die kerkjaar - ongelukkig, in ons kerk, die tyd waarin die meeste mense op vakansie is en kerkbywoning 'n laagtepunt bereik. Paasfees is die viering van die opstanding van Christus, die viering van die oorwinning wat oor die Bose behaal is, die viering van nuwe lewe en geloofskrag. Die liturgiese kleur van Paasfees is wit wat reinheid en 'n nuwe begin simboliseer. vervolg p2 Die kerkjaarsiklus In die kerklik jaar is daar drie groot siklusse: Die tradisie van die kerk- like jaar verkondig en vier die drie groot heilsdade van God, nl. sy mens- wording, die lyding, sterwe en opstanding van Christus en die uit- storting van die Heilige Gees. Hierdeur word ons as gelowiges herinner aan dit wat God uit liefde vir ons gedoen het en so word ons verryk en versterk in ons geloofs- lewe. LYDENSTYD PAASFEES PAASTYD HEMELVAART KERSFEES EPIFANIE KONINKRYKSTYD ADVENT PINKSTERFEES INHOUDSOPGAWE Kleingroepe, ons gemeente se voertuig vir 2016 ..... 02 Redakteur gesels ... ................................................... 02 40 Dae: SAAM Christus vir mekaar ......................... 03 Sê dit, skyf dit, deel dit ........................................... 03 Dankbaarheidsoffer – Geseënd om ander te seën ... 03 Oktober was Seniormaand ....................................... 04 Fisantekraal Créches ................................................. 04 Wêreldbiddag vir vroue 4 Maart 2016 ..................... 04 Volwasse geletterdheid in Klipheuwel ..................... 04 Ontmoet vir Jana Dickason ...................................... 05 Ons tieners gesels oor hul drome vir 2016 .............. 05 God mors met water ................................................. 05 Nuwejaarsvoornemens ............................................. 06 Resep: ................... 06 Boereworsrol met ... ................... Program vir 1ste kwartaal ......................................... 06 Gesprekreeks oor Selfdegeslagverhoudings ............ 06 Alles wat jy weet, weet jy net voorlopig ................... 06

SIG - Januarie 2016SIG UITGAWE 4 JANUARIE 2016 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld KERKBESONDERHEDE H/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SIG - Januarie 2016SIG UITGAWE 4 JANUARIE 2016 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld KERKBESONDERHEDE H/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville

SIGUITGAWE 4 JANUARIE 2016

Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

KERKBESONDERHEDEH/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550

Posbus 107, Durbanville 7551

[email protected]

www.durbanvillegemeente.co.za

021 975 6370 082 779 3356 021 976 7109

Ma, Di, Do en Vr: 08:00 - 14:00

Wo: 08:00 - 16:00

NG Gemeente Durbanville

ABSA Durbanville

Tjekrekening: 1410580019

Voeg asb verwysing by bv.

Naam/MDO

durbanville gemeente

Tinus van ZylSoos 'n mens 'n ou jaar afsluit en 'n nuwe jaar ingaan, raak jy bewus van eerstes en laastes – die laaste keer wat ons dit doen, die eerste keer wat ons dat doen. 'n Mens ervaar dit veral met jou kinders wat van een klas na 'n volgende klas, van een graad na 'n volgende graad, van een skool na 'n volgende skool en uiteindelik uit jou huis uit beweeg.

Maar ouer mense beleef dit ook, wanneer jy by jouself wonder: “Was dit miskien die laaste keer dat ons almal so saam was?” Of wanneer jy moet verhuis, en daar weer

baie eerstes in die nuwe omstandighede is. ‘n Mens raak veral bewus van eerstes en laastes wanneer jy van mense afskeid moet neem. Dikwels is dit 'n bittersoet ervaring. Aan die een kant is 'n afskeid gevul met die moontlik-hede van 'n nuwe lewensfase en avonture wat wag, maar aan die ander kant is daar hartseer en nostalgie oor dit wat was en dit wat nog kon gewees het.

En so is dit dan ook met die afskeid van ds Gys van Schoor wat vir 19 jaar predikant in Durbanville Gemeente was. Alhoewel ons saam met hom opgewonde is oor die nuwe hoofstuk in sy lewe, met sy bediening

van dissipelskap en geloofsvorming aan predikante en gemeentes landwyd, weet ons ook dat hy 'n onvervang-bare leemte gaan laat met sy weggaan.

Aan almal wat die nuwe jaar betree, dalk met 'n mengsel van opgewondenheid en senuweeagtigheid in jou hart, en spesiaal vir Gys en Thea, ontvang hierdie seënbede:

Die Here sal julle seën en julle bewaar; die Here sal sy aangesig oor julle laat skyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee!

Eerstes en laastes

ADVERTEER IN SIG EN SPAAR R200 SO!

Ons SIG-advertensies kos R250 vir ‘n besigheidskaartjie-grootte. Bespreek en

betaal jou spasie in SIG vir al 4 uitga-

wes 2016 en spaar R200. Koste vir

4 advertensies dus R800.

ADVENT

Die kerkjaar begin met Advent – die vier Sondae voor Kersfees. In hierdie tyd verheug ons as ge-lowiges ons oor Christus se eerste koms en sien ons uit na sy tweede koms. Die vernaamste liturgiese simbool is die adventskrans. Advent loop uit op Kersfees. Die tyd tussen Kersfees en Epifanie (26 Desember tot 5 Januarie) word die “Twaalf dae van Kersfees” genoem.

EPIFANIE

Epifanie ("Godsverskyning") is die fees van die lig wat in die duister wêreld inbreek met die koms van Christus (Joh. 1:5). Ná Epifanie word daar tot en met die lydenstyd ge-konsentreer op Jesus se aardse bediening, vanaf sy doop tot en met sy verheerliking op die berg.

Op die eerste Sondag ná Epifanie, vier ons die begin van Jesus se openbare bediening wat met sy doop 'n aanvang geneem het.

Jesus het met sy doop die Heilige Gees ontvang, waarna die Gees Hom na die woestyn gelei het waar die Satan Hom versoek het. Hierdie woestyn-retreat van Jesus was 'n geleentheid om sy waardes en prioriteite uit te klaar en het dus gedien as voorbereiding op sy bediening op aarde. In die tyd tussen Epifanie en Aswoensdag fokus ons op Jesus se openbare bediening. Dit word afgesluit met Verheerlikingsondag, die Sondag voor Aswoensdag, die begin van lydenstyd. Jesus se verheerliking op die berg word dan gedenk. Dit dien ook terselfdertyd as her-innering dat die Lydende Kneg van lydenstyd ook die verheerlikte Koning van die wêreld is.

LYDENSTYD

Lydenstyd begin op Aswoensdag, 46 dae voor Opstandingsondag. Aswoensdag herinner ons aan ons sonde en is 'n geleentheid van rou en droefheid oor ons vele misdade teen God en ons naaste. Dit is ook 'n geleentheid tot nuwe toewyding en bekering – 'n vernuwing in ons geloofslewe.

Lydenstyd loop uit op Palmsondag en die begin van die Heilige Week. Deur deelname aan die liturgie van hierdie tyd ontmoet ons opnuut weer die Christus, saam

met Wie ons gekruisig word, sterf en weer opstaan tot 'n nuwe lewe (Rom 6). Maandag tot Woensdag van die Heilige Week herdenk ons Jesus se laaste week voor sy kruisiging. Donderdag herleef ons die paasmaaltyd van Jesus met sy dissipels en ook sy uiteindelike oorlewering om gekruisig te word. Vrydag fokus ons op die kruisiging van Jesus en ons word herinner aan ons eie aandeel daaraan. Saterdag word stil deurgebring ter herinnering aan Jesus se tyd in die graf.

PAASFEES

Saterdagaand begin die grootste en die belangrikste fees van die kerk, Paasfees. Dit is dan dat die paaswaak plaasvind (vanaf 22:30 Saterdagaand tot ongeveer 00:30 op Paassondag oggend). Gedurende die paaswaak herdenk ons die opstanding van Jesus. Dit is die hoogtepunt in die kerkjaar - ongelukkig, in ons kerk, die tyd waarin die meeste mense op vakansie is en kerkbywoning 'n laagtepunt bereik. Paasfees is die viering van die opstanding van Christus, die viering van die oorwinning wat oor die Bose behaal is, die viering van nuwe lewe en geloofskrag. Die liturgiese kleur van Paasfees is wit wat reinheid en 'n nuwe begin simboliseer.

vervolg p2

Die kerkjaarsiklusIn die kerklik jaar is daar drie groot siklusse:

Die tradisie van die kerk-like jaar verkondig en vier die drie groot heilsdade van God, nl. sy mens-wording, die lyding, sterwe en opstanding van Christus en die uit-storting van die Heilige Gees. Hierdeur word ons as gelowiges herinner aan dit wat God uit liefde vir ons gedoen het en so word ons verryk en versterk in ons geloofs-lewe.

LYDENSTYD

PAASFEES

PAASTYD

HEMELVAART

KERSFEES

EPIFANIE

KONINKRYKSTYDADVENT

PINKSTERFEES

INHOUDSOPGAWE

Kleingroepe, ons gemeente se voertuig vir 2016 ..... 02

Redakteur gesels ... ................................................... 02

40 Dae: SAAM Christus vir mekaar ......................... 03

Sê dit, skyf dit, deel dit ........................................... 03

Dankbaarheidsoffer – Geseënd om ander te seën ... 03

Oktober was Seniormaand ....................................... 04

Fisantekraal Créches ................................................. 04

Wêreldbiddag vir vroue 4 Maart 2016 ..................... 04

Volwasse geletterdheid in Klipheuwel ..................... 04

Ontmoet vir Jana Dickason ...................................... 05

Ons tieners gesels oor hul drome vir 2016 .............. 05

God mors met water ................................................. 05

Nuwejaarsvoornemens ............................................. 06

Resep: ................... 06Boereworsrol met ... ...................

Program vir 1ste kwartaal ......................................... 06

Gesprekreeks oor Selfdegeslagverhoudings ............ 06

Alles wat jy weet, weet jy net voorlopig ................... 06

Page 2: SIG - Januarie 2016SIG UITGAWE 4 JANUARIE 2016 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld KERKBESONDERHEDE H/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville

DAAR IS ALTYD EEN OOMBLIK VIR JOU WANNEER DIE DEUR OOPGAAN EN DIE TOEKOMS INGELAAT WORD alias Graham Greene.

So voel ek nogal oor 2016. ‘n Jaar van ...

Ons kan vir onsself vra: ‘n Jaar van wat? ‘n Afskop met talle brande regdeur die Wes-Kaap, droogte oral in ons land, ekonomiese swak vooruitsigte en so kan ek aangaan en aangaan. Ja, so staan ons die nag van 31 Desemebr 2015 op die balkon van ons Onrushuis en sien hoe die “flare” deur die lug trek en nie doodgaan nie, al laer oor Onrus se pragtig Groenberg sak tot dit uiteindelik val en binne sekondes ‘n brand wat in ‘n verskriklike bergbrand ontwikkel, veroorsaak. Dis maar die begin van al die tragiese brande die afgelope maand. Hartseer!!

Kyk ‘n mens na hierdie prentjies waarmee ons jaar afgeskop het, kan jy seker mismoedig, negatief en depressief raak. Ja, want daar’s baie seer in hierdie wêreld en elkeen van ons se seer is anders as ‘n ander s’n.

God se genade is egter die teenoorgestelde van die seer wat die lewe die mensdom toegedien het. God se genade is liefde wat die sagte verbande op die plekke kom sit waar ons vel deurgeskaaf is. Dis nie ‘n idee nie, dis Iemand wat ons sonder ander agendas liefhet en vir ons sorg. Dis dié Iemand wat weer die aarde kom heelmaak, weer die veld laat blom, mense se harte

aanraak om water aan te ry vir mense in droogge-teisterde gebiede, mense leer om ander te omarm en bo alles in 2016 VIR ONS GAAN SORG.

Sterkte vir hierdie pragtige jaar wat voorlê en mag elkeen van julle ten spyte van hoe dit om jou lyk, genade ontvang om te bly HOOP.

Geniet ons SIG en mag ons vanjaar nog meer en meer omgee, uitdeel, dien en betrokke wees. Dankie vir al die pragtige getuienisse van wat die laaste ruk in ons gemeente gebeur het en sterkte vir elke nuwe uitdaging!

Redakteur gesels ...

KLEINGROEPEOns gemeente se voertuig vir 2016

André van Wyk“Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld.”

Kleingroepe is die plek in ons gemeente waar lidmate die geleentheid gebied word om in 'n meer persoonlike verhouding met 'n kleiner groep gelowiges saam te leef, saam te groei in ons dissipelskap en ook saam te dien.

Die Kerkraad het verlede jaar die besluit geneem om ons benadering tot kleingroepe te verander van “'n gemeente met kleingroepe” waar kleingroepe nie nood-wendig sentraal staan in ons bedieningstartegie nie, na “'n kleingroepgemeente”. Dit beteken dat ons oor die komende paar jare al ons lidmate wil aanmoedig om deel te word van'n kleingroep en dat ons die gemeente se bedieningstrategie en fokus ook so aanpas. Ons be-sef dat 'n kleiner groep gelowiges wat mekaar versorg en ondersteun, wat saam groei en ook saam hul diens-baarheid na buite uitleef, die beste manier is om ons gemeentevisie te realiseer.

Kleingroepe kan verskillende vorme (en name!) aan-neem: selgroepe, omgeegroepe, gebedsgroepe, bybel-studiegroepe, belangegroepe, ens. Elkeen se styl en inhoud verskil. Wat wel belangrik is, is dat daar spesi-fieke gebeure moet plaasvind: Aanbidding, Versorging, Dissipelskap, Evangelisasie en Diens.

Hierdie jaar skop ons die eerste kwartaal af met ons 40 dae tema: SAAM. Alle lidmate word uitgenooi om die weeklikse SAAM-kuiers op Woendae by te woon – of jy reeds deel is van 'n kleingroep of nie. In die tweede kwartaal wil ons graag 'n sogenaamde “Taxi-groep” begin waarby enige lidmaat of gesin wat deel wil word van 'n kleingroep eers kan inskakel – daar is altyd plek vir nog een! Vanuit die taxigroep sal nuwe kleingroepe gestig word en lidmate kan daarvan deel bly tot hul deel word van 'n permanente kleingroep.

Ons wil graag ook van die leraars en kleingroepbe-diening se kant meer interaksie met die groepleiers en kleingroepe in die algemeen hê. Daar sal veral gefokus word op die toerusting en ondersteuning aan en vir ons kleingroepleiers en hulp met die materiaal wat in kleingroepe behandel word. Van die Omgeedienskan-toor se kant sal Esther kleingroepe kan help met kort- en langtermyn diensgeleenthede, of dit bv is om as kleingroep 'n créche se mure te gaan verf of om 'n gesin in nood by te staan. Ook meer geleenthede waar klein-groepe bymekaar kan kom en bymekaar leer of selfs net sosiaal verkeer.

Vir meer inligting kan ds André van Wyk (0844 108 479) of Louren du Plooy (083 628 8556 – Bedieningsleier) gekontak word.

PINKSTERSIKLUS

Na Paasfees betree ons die groot vyftig dae van Pase, die tyd tussen Paasfees en Pinksterfees. Veertig dae ná Paasfees vier ons die Hemelvaart van Jesus. Die Sondae in hierdie tyd neem dieselfde plek in die kerklike jaar is as wat die Sondag in die dae van die week inneem. Dit is dus 'n besondere tyd van feesviering en vreugde. Die liturgiese kleur is wit, behalwe met Pinkster self, wat vuur-rooi is en wat dui

op uitstorting van die Heilige Gees.

KONINKRYKSTYD

Die Pinkstersiklus loop uit op die Koninkrykstyd. God se koninkryk breek in hierdie wêreld in deur die geboorte van Jesus die Seun van God, sy lewe, sy sterwe, sy opstanding, en die uitstorting van sy Gees. So kom die kerk, Jesus se liggaam op aarde tot stand. Dit is die kerk se taak om tekens van hierdie koninkryk in die wêreld op te rig. Koninkrykstyd is 'n tyd waarin daar klem gelê word op die taak en roeping van die kerk van Christus. Die kerk leef uit die krag van die Kersgebeure, die Paasgebeure en die Pinkstergebeure.

Die eerste Sondag na Pinksterfees staan bekend as Sondag Trinitaries of Triniteitsondag. Die misterie van die Drie-eenheid word op hierdie dag gevier. Die laaste Sondag voor Advent staan weer bekend as Christus, die Koning – Sondag. Voordat ons weer die koms van Christus gedenk as 'n baba in 'n krip, moet ons net weer herinner word aan die feit dat daardie baba die Koning

van die wêreld – die Pantokrator – is.

(Erkenning: NGK Meyerton-Oos en Google)

vervolg van p1

PATROONKLASSEGroep Klasse

Individuele Klasse

Noordelike Voorstede

Kontak: Richard Huisamen

082 870 2015 | [email protected]

REDAKSIE:

Jackie Pretorius Cindy vd MerweAndrew Kok Mariëtte Steyn

Lezjé v Zyl Atel Streicher Jana Dickason

Page 3: SIG - Januarie 2016SIG UITGAWE 4 JANUARIE 2016 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld KERKBESONDERHEDE H/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville

40 Dae:

Tinus van ZylChristus is alles vir ons! Christus aanvaar ons. Christus tree vir ons in by die Vader. Christus bedien ons. Christus vergewe ons. Christus onderrig ons. Christus bemoedig ons.

Maar dis nie al nie! Christus gee ook vir ons sy liggaam, sy kerk, sodat ons dit alles tasbaar kan ervaar.

In die kerk ervaar ons Christus se aanvaarding, voorbidding, diensbaarheid, vergifnis, lering en bemoediging aan ons lyf, deurdat ander gelowiges só teenoor ons optree.

Om deel te wees van Christus se liggaam, die kerk, beteken om ander te aanvaar soos Christus my aanvaar, om vir ander te bid soos Christus vir my intree, om ander te dien soos Christus my bedien, om ander te vergewe soos Christus my vergewe, om ander te leer soos Christus my leer en om ander te bemoedig soos Christus my bemoedig.

Wat 'n wonderlike voorreg is dit om deel van die kerk van Christus te wees! Wat 'n groot geskenk is dit om Christus se liefde en genade so konkreet te beleef!

En watter groot verantwoordelikheid is dit om 'n stukkie van Christus vir iemand anders te kan wees!

Ons gaan iets van hierdie saamwees as kerk beleef en inoefen tydens ons 40 dae wat op Woensdag 3 Februarie begin.

Vanjaar se 40 dae gaan effens anders werk as in die verlede. Daar gaan nie 'n boekie wees wat kleingroepe op hulle eie behandel nie.

Ons gaan almal bymekaarkom op 'n Woensdag in die saal, óf 10:00 die oggend vir tee, óf 18:30 die aand vir aandete.

Rondom tafels gaan ons dan die gemeenskap van gelowiges eertehands ervaar en die tema's van die 40 dae praktiese gestalte gee:· Aanvaar mekaar· Bid vir mekaar· Dien mekaar· Vergewe mekaar· Leer by mekaar· Bemoedig mekaar

Mag ons in die sáámwees as kerk meer en meer van Christus by mekaar ontvang en ook vir mekaar gee.

3

Goeie middag, ds Andre!

Ek sit nou vanmiddag hier en oordink gisteroggend

se preek. Dit was vir my 'n baie insiggewende en

gepaste begin vir die jaar se aktiwiteite. "Ons kerk" &

"hulle kerk", ja, dit is ons neiging. In plaas van DIE

KERK! Die Here se kerk.

Nou wonder ek net waarom dit nodig is om soveel

tyd en woorde te spandeer om mense te oortuig dat

die Sinode se besluit reg is en so aanvaar moet word!

Moet ons nie liewer 'n groot banier voor die deur van

"ons" kerk sit wat sê dat ALMAL welkom is nie?

En as die vraag gevra word, wie hierdie ALMAL sou

wees, dan is dit (ek haal aan): "almal wat enkel is,

getroud is, geskei is, weduwee's en wewenaars,

straight en gay, verward of minder verward.

Ons verwelkom ook huilende babas en woelwater

peuters en kleuters. Wit, swart, bruin, voormalige

SAPPE of toenmalige NATTE is welkom by ons. Jy is

wekom as jy soos Pavarotti sing of net stilweg brom.

Welkom aan almal wat net kerk soek of ernstig wil

inskakel of dalk net uit die tronk kom. Ons gee nie

om of jy meer Christelik is as die Aartsbiskop van

Kantelberg en of jy 10 jaar laas op Kersdag in die

kerk was nie.

Hartlik welkom aan almal wat oor 60 is, maar nog

nie groot geword het nie asook tieners wat te vinnig

groot word. Ons verwelkom verslaafdes en gere-

habiliteerdes. Welkom aan rugbygeesdriftiges,

sporthaters, vegetariërs, kunstenaars, verstrooides en

die hele lot.

Ons verwelkom ook almal wat probleme het en die

wat dink hulle is OK. Welkom almal wat nie van

georganiseerde godsdiens hou nie of wat mal is daar-

oor, wat glo die aarde is plat, wat te hard werk of wat

glad nie werk nie.

Welkom by ons diegene wat by ons besoek omdat

skoonma kom kuier het of daar dalk huismoles is.

Ons verwelkom jou as jy 'n gebed nodig het of dalk

glad nie bid nie, as godsdiens as kind in jou keel

afgedruk was of as jy op pad hierheen ver-dwaal het

en die verkeerde pad gevat het. Twyfelaars,

selfversekerdes, pelgrims en toeriste is welkom by

ons.”

Dit is sekerlik hoe dit behoort te wees, nie waar nie?

LiefdegroeteAnoniem

Dit is met dankbaarheid dat ons kan berig dat die dankbaarheidsoffer teen middel Januarie 2016 op nagenoeg R1 159 307 staan.

Ons lidmate se deurlopende betrokkenheid op vele vlakke van ons gemeente se werksaamhede, gee op 'n sigbare en tasbare wyse gestalte aan ons visie om as disippels van Jesus, saam in diens te wees van God se nuwe wêreld. Die Here onderneem en sorg ook vir ons as gemeente. Verder bly dit ook 'n groot voorreg om as teken van ons dankbaarheid finasieel by te dra tot hierdie visie. As geseëndes is ons dankbaar om deur middel van die bydraes 'n seën vir ander te kan wees.

Ons kort op die oomblik nog R240 693 vir die

dankbaarheidsoffer om ons doelwit van R1 400 000 te bereik. Hoewel ons inkomste deur die jaar gunstig met die begroting vergelyk het, is ons tans beduidend onder ons begrote inkomste. Die werkilkheid is dat die dankbaarheidsoffer 'n baie belangrike deel van ons gemeente se inkomste uitmaak – om die doelwit te bereik is dus absoluut noodsaaklik ten einde ons in staat te stel om al ons verpligtinge na te kom.

Ek wil dus met vrymoedigheid die lidmate wat nog nie kans gehad het om 'n dankbaarheidsoffer te gee nie, vra om dit tog gunstig te oorweeg om 'n bydrae te maak.

Namens die Kerkraad, bedank ek elkeen vir hulle voorgesette betrokkenheid en bydrae tot ons gemeente.

Dankbaarheidsoffer – Geseënd om ander te seën

Almal WELKOM

by ons kerk

Stephen Pretorius

SÊ dit, SKRYF dit, DEEL dit

Page 4: SIG - Januarie 2016SIG UITGAWE 4 JANUARIE 2016 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld KERKBESONDERHEDE H/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville

Oktober 2015 was Seniormaand

4

Rian VersterIn ons Jaarbeplanning vir 2015 het ons Oktobermaand gemerk om op die seniors in die gemeente te fokus.

Waarom?Omdat ons op 'n manier erkenning wou gee aan die plek wat seniors in ons gemeente het:-

• Julle jarelange getroue betrokkenheid.• Die voorbeeld wat julle stel met julle geloof in die

Here en gehoorsaamheid aan Hom in julle praktiese lewe, deurlopend.

• Vir die onmisbare betekenis wat dit vir die jonger geslagte het.

• Vir die bydrae wat julle maak op soveel verskillende terreine van ons gemeente en samelewing.

• Die mees opwindende hiervan is waarskynlik die lewe saam met ons kinders en kleinkinders!

Oktober is die maand waarin internasionaal op seniors gefokus word. Die tema verlede jaar was: “Bo 60 tel!”Kom ons breek dan deur die sielkundige grens van 60 en doen ons ding!

Op Sondag 4 Oktober het ons deelgeneem aan die internasionale biddag vir seniors.

Op Sondag 11 en 18 Oktober het ons kort getuienisse van Betty Collins en Dirk en Isabeau van Schalkwyk gehad oor wat dit vir hulle beteken om lidmate van die gemeente te wees. Betty is baie jare al lidmaat in die gemeente en aktief by die sopkombuis betrokke en lid van 'n kleingroep.

Dirk en Isabeau is terug in Suid-Afrika nadat hulle lank in Engeland gewerk het. Hulle is positief oor hulle lidmaatskap en hulle is aktief betrokke.

Op Sondag 25 Oktober het ons nagmaal gevier en is ons getroos uit Job 42 – God is getrou en bly lief vir ons, ook in die moeilikste, onverstaanbare en donkerste tye in ons lewe!

En op 27 Oktober het ons fees gevier met 'n lekker ontbyt, saamkuier en die voetejeuk-musiek van Hennie van der Merwe en sy orkes.

• Om te kan lewe is 'n voorreg.• Om oud te word is 'n groter voorreg.• Om God te ken is genade!

ONS EER HULLE!!!

Christine Groenewald het die groot behoefte aan Volwasse Geletterdheid vyf jaar gelede in Klipheuwel geïdentifiseer. Die projek is amptelik geregistreer en klasse is met groot entoesiasme saam met Laetitia de Kock, Isabeau van Schalkwyk, Adri Henning, Martie Wilson en Rhoda van Schalkwyk uit ons gemeente aangebied.

Rhoda het dmv gereelde vars beriggewing gemeentelede betrokke gekry by geleenthede rondom volwasse geletterdheid. So het dames van die gemeente om die beurt kolwyntjies gebak wat teetyd bedien is. Lulu Vorster het altyd tee gemaak en voorrade aangekoop.

Baie donasies van geld en uiters sinvolle materiaal was altyd onmiddellik uitgedeel.

Met addissionele koste van die gemeente is dikwels uitstappies soos besoek van verskeie leerders aan die akwarium, planetarium en die Distrik Ses-museum onderneem wat van onskatbare waarde vir die dames was.

Sluiting van projekChristine kan nie meer die administrasie behartig nie. Die akademiese projek staak dus. Die kombuisgerei en hulpmiddels soos witborde, wat geskenk is, sal aan 'n volhoubare projek geskenk word. Isabeau gaan probeer om 'n tipe handvlytklas hierdie jaar te stig.

Rhoda sit burgerlike geletterdheidsklasse voort met haar klas in Klipheuwel. Dames van die eetkamerklas gaan by Fisantekraal se aandklasse aansluit.

Geleenthede in DurbanvilleDie gemeente het bygedra tot die leesprojek o.l.v. Wonlife by die laerskool in Fisantekraal. Baie kinderboekies en selfs onderwysermateriaal is daarvoor geskenk. Liesl Engelbrecht help weekliks met klasse daar.

By FCD is verskeie gemeentelede betrokke met klasse aanbied, veral groot insette en ondersteuning vir die Bake for Profit- en Job Readiness-kursusse.

Ons sê opreg dankie vir elkeen wat uit die ruimheid van die gemeentehart hierdie projek van hoopplanting kon bedryf.

VOLWASSE GELETTERDHEID in Klipheuwel

Veertig jaar gelede het die Here 'n vrou aangeraak deur die praktiese behoefte wat ontstaan, as haar huishulp 5h00 soggens haar huis moet verlaat en haar klein kinders alleen moet laat om betyds by haar werk te wees.

Met hul trek vanaf Johannesburg is haar hunkering om crèches vir behoeftige mense te bou, 9jr gelede bewaarheid. Na “church hopping” het hul 'n tuiste in ons gemeente gevind. Dit is nie toevallig dat Edith

Fehrsen deur Betty Collins as “nuwe intrekker” verwelkom word.

Hierdie vrou het met haar maatskaplike werk kwalifikasie vrywillig die behoeftes in Fisantekraal verken. Na verskeie vergaderings in die gemeenskap het niks van die grond af gekom nie. Die Here het die regte mense op haar pad gestuur soos Pastoor Mpolo wat reeds daar bedien en jeugwerk doen. So het sy die die jeug en ouers bereik.

Saam met hom en Linda Oosthuizen van Learn to Earn het hul met die gemeenskapleiers en inwoners geskakel en behoeftebepalings gedoen. So is die nodige goedkeuring verkry vir oprigting van crèches.

Met haar passievolle entoesiasme, middele en 'n bakkie tot haar beskikking van haar man se konstruksiebedryf het sy strukture, dakplate, meubels ens aangery. So is Wendy huise wat ten volle aan al die vereistes voldoen opgerig. Die groot uitdaging was om die crèches te registreer om die nodige subsidie te verkry. Eindelik is 16 crèches opgerig. Ruim skenkings is uit die gemeente en gemeenskap ontvang met groot dank.

'n Forum is gestig waar al die prinsipales dien. Olv Edith se bekwame en selfopofferende diens, is ook hierdie bediening nou onafhanklik. Behoeftes soos nodig, word in die Gemeentebulletin geplaas.

In September en November 2015 het 'n groep die EE3 (Evangelism Explosion) opleiding gedoen met die doel om die kinders in die Laerskool te bedien. Dit is steeds Edith se fokus om die ouers en kinders met die Evangelie te bedien, saam met die saambid en Bybelstories lees 1x p/w.

Edith Fhersen, Esther Blackaller en Betty Collins

Wêreldbiddag vir Vroue 4 Maart 2016

"Laat die kindertjies na My toe kom”

Die Wêreldbiddag vir Vroue is 'n wêreldwye interkerklike beweging van Christenvroue, -mans en -kinders wat elke eerste Vrydag in Maart saambid.

Die Wêreldbiddag vorm 'n gebedsketting in meer as 175 lande wat almal dieselfde tema gebruik. Vanjaar se tema kom uit Kuba.

Kry meer inligting en die bestelvorm vir die program op www.wwdp.co.za of skakel Joan van Aarde by 011 975 4598 met navrae.

Vlnr: Rhoda, Jeremia Thomas (18j) en Mynie Thomas (55j) Ma en seun in dieselfde klas!

Fisantekraal crèchesEsther Blackaller

Page 5: SIG - Januarie 2016SIG UITGAWE 4 JANUARIE 2016 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld KERKBESONDERHEDE H/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville

5

JEUGOntmoet vir ...

Water is in hierdie dae op almal se lippe, of juis die gebrek daaraan! Die droogte het ons weer bewus gemaak van hoe afhanklik mens en dier van water is. 'n Mens kan nie van brood alleen lewe nie. Ons is weer daarvan bewus gemaak dat water kan opraak. Dit bring diep emosies na vore.

Gemeentes en instansies stuur tans talle kanne vol water na die dorpe wat nie meer water het nie. Daarmee sê ons ook dat ons omgee vir ander mense. Hulle nood is ook ons nood. Om water te deel, is 'n eenvoudige teken van Christenskap.

Jesus het vir baie mense water aangebied. Water was skaars in Palestina, daarom het water die simbool

geword van Lewe. Jesus praat dus dikwels van Lewende Water en bied dit aan dorstige sondaars aan – vandag steeds. Is mense vandag meer dors as ooit te vore?

Ons het ook weer besef hoe gevaarlik dit is om met water te mors. Dit is nog meer gevaarlik om met genadewater te mors. Elkeen van ons kan by sulke projekte betrokke raak, maar ons het ook ‘n taak om 'n fontein wees waar mense se geestelike dors geles kan word. Mag ons die helende water deel met almal wat honger en dors het. Mag strome van seën vloei uit Durbanville.

(Erkenning aan Wilhelm Burger)

ONS TIENERS GESELS OOR HUL DROME VIR 2016

2016 – nou is ons amptelik nader aan 2030 as aan 2000 ...

Matthys Carstens

Ek is nie noodwendig die tipe persoon wat my drome op 'n lysie skryf en aan die binnekant van my kas vasplak nie, maar nadat ek 'n bietjie gemediteer het, voel ek ook meer seker oor wat ek van 2016 verwag.

Natuurlik het ek hoë akademiese verwagtinge – aangesien graad 11 "die belangrikste jaar van hoërskool" is. Maar drome is dieper as hoë punte.

Skool is die beste geleentheid vir kinders om goeie verhoudings te bou. Studies het bewys dat vriend-skappe wat rondom 16-jarige ouderdom gemaak word 'n goeie kans het om vir die res van 'n mens se lewe te duur. Dit is dus belangrik om goeie vriende op my ouderdom te hê.

As SR-lid is dit my taak om te verseker dat ons graad 'n goeie beeld het by die res van die skool, veral om-dat ons volgende jaar die seniors van die skool is.

En in die groter prentjie sal dit baie gerusstellend wees om te sien dat sake in ons land begin beter verloop. Dit is vir die jeug ook spannend om groot te word in tye van min hoop.

Dalk is my droom vir 2016 eintlik baie een-voudig: om almal met wie ek in kontak kom beter oor hulself of hul dag te laat voel. Want, as almal van ons daarna streef, sal ons darem in 'n wonderlike wêreld lewe ...

Somer! Son! Warmte! Hitte!... SWEMBAD!!!

Angelique vd MerweEk is nou nie 'n somers-mens, maar rêrig? Hierdie warmte is nie vir my bedoel nie. Wanneer iemand dan vir my vra wat my droom vir hierdie jaar is, is dit verseker reën!

Wanneer mense vir 'n tiener vra wat jou droom is, sal meeste seker net sê dat my broers of susters my net spasie moet gee of dalk goeie punte vir die jaar? Vir my is dit om dié in nood te help, waternood! Ons almal weet water is skaars, maar nogsteeds kla almal dat hulle 'n swembad wil hê wat oorlopensvol is. Loop jy in die straat af spuit mense hulle tuine 15:00 in die middae nat of los sommer die kraan oop terwyl hulle tandeborsel. Dit alles terwyl daar mense en diere daar buite is wat sukkel en swaarkry sonder 'n druppel water.

Ongeveer 3% van die wêreld se water is vars en die res sout. Mense sal dit seker eers agterkom wanneer

daai 3% ook op is. Ek wil graag 'n verandering in 2016 maak deur water te bespaar en te help daar waar die nood die nodigste is.

So ... ek daag julle uit! Kom weg voor die X-bokse en tv's en help en spaar daar waar jy kan. Help met die groot baklei teen “Global Warming” en droogte! Dalk is dit 'n “lame” droom, maar ek gaan probeer en aanhou probeer om 'n verskil te maak

gebruik water

SPAARSAMIGJana DickasonAndrew KokVertel ons meer oor jou grootwordjare: Ek is as Jana van der Walt gebore en getoë in Kimberley en het in 2007 aan die Hoërskool Noord-Kaap gematri-kuleer.

Daarna word jy 'n Matie nê? Ja, ek is na skool Stellenbosch toe en het Jeugwerk gaan swot. Nadat ek betrokke geraak het by Atlete vir Christus het ek egter besluit om teologie te doen en het my B.Th. by Maties behaal en in 2012 'n M.Div in kerklike bediening.

Op Stellenbosch het jy ook jou droomman ontmoet. Vertel ons meer: In 2011 is ek met Vernon Dickason getroud. Hy het saam met my teologie geswot en het 'n M.Div. in Kerkreg. Hy is op die oomblik 'n onderwyser aan die Hoërskool Bellville. Ons het ook 'n pragtige klein dogtertjie, Keira, wat op 26 Augustus verlede jaar gebore is.

Maar toe gaan verken julle eers die wêreld: Ja, in 2013 het ons vir 'n jaar gaan skoolhou in Suid-Korea.

Die verlange Suid-Afrika toe bring julle egter gou terug nê? In 2014 was ons terug in Suid-Afrika en doen ek my praktiese jaar by die NG Gemeente Vooruitsig in Kimberley en in 2015 hou ek skool by my ou alma mater.

Wat is jou visie vir die jeugbediening by Durbanville Gemeente? Ons wil baie graag betrokke raak daar waar tieners hulleself uitleef, en nie net op 'n Sondag by die kerk nie. Ek wil baie graag betrokke wees daar waar julle elke dag is, hetsy op die sportveld, op sosiale gebied, of hier by die kerk. Ek wil graag sien dat die gemeente sigbaar is in jul lewens. Die bediening moet dus fokus op verhou-dings. Die ideaal is dat jy nie na belydenisaflegging gaan verdwyn nie, maar dat jy betrokke in die gemeente sal bly en terugkom as 'n mentor.

In 2011 berig NEWS VAN DIE UNIV STELL die volgende oor Jana

Husband and wife Vernon Dickason and Jana van der Walt both received their degrees in Theology.

(JOH 4:1-15 & JOH 7:37-39

God mors met water

Foto: Daan Williams

Page 6: SIG - Januarie 2016SIG UITGAWE 4 JANUARIE 2016 Dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld KERKBESONDERHEDE H/v Kerk en Weyersstrate, Durbanville 7550 Posbus 107, Durbanville

Gesprekreeks oor Selfdegeslagverhoudings

PROGRAM VIR DIE 1STE KWARTAAL

11-13 Maart 2016 Gemeentekamp

14-18 Maart 2015 14 Stasies van die Kruis

25 Maart 2016 Goeie Vrydag: Nagmaal

NUWEJAARSVOORNEMENS

Die invloedryke 20ste eeuse sielkundige, Carl Rogers, het onwrikbaar geglo dat alle gedrag uit een enkele motief spruit. Hy noem hierdie motief aktualisering, oftewel die inherente neiging om te groei en te ont-wikkel in die beste “jy” wat jou oorgeërfde genetiese/ fisiologiese potensiaal jou toelaat om te wees.

Aktualisering kan verduidelik word met 'n saadjie wat geplant word en, indien die toestande gunstig is, 'n boom word. Inherent in die saadjie of jong boompie, is 'n krag wat hom voortbeur om, ongeag moontlike terug-slae, te groei en te ontwikkel. So is daar in elke mens 'n krag wat hom voortstu om in 'n meer effektiewe, toerei-kende en bekwame mens te ontwikkel.

Hou byvoorbeeld 'n babatjie dop wat probeer loop. Om te kruip is nie goed genoeg nie. Met 'n indrukwekkende vertoning van volharding en deursettingsvermoë wieg hy/sy vorentoe en agtertoe, slaan neer, stamp die kop 'n blou kol teen die bank, sit 'n keel op uit frustrasie, maar loop uiteindelik; na vele mislukte pogings.

Die welbekende jaarlikse Nuwejaarsvoornemens by talle het dalk met aktualisering te make. Om in 'n bekwamer en meer effektiewe mens te ontwikkel. Die beste “jy” wat jy kan wees.

Hopelik het die meeste van ons die afgelope tyd geleent-heid gekry om te ontsnap aan die gewone roetines en die daaglikse eise wat gestel word om ook tyd te maak om na te dink oor ons lewens, veral oor die koers en die sinvolheid daarvan. Ons behoort nie soos diere te leef wat nie in staat is om terug te staan en hulle lewens te beoordeel nie.

Die oorgang van die Oujaar na die Nuwejaar, wanneer die pas gewoonlik stadiger is, gee aan ons die geleent-heid om ons lewens in oënskou te neem en dalk nuwe doelwitte te stel.

Laat ons eerlik wees. Getrou aan die inherente neiging om in die beste “jy” wat jy kan wees te ontwikkel, is daar maar min van ons wat ten volle tevrede is met ons-self. Daar skyn altyd 'n gaping te wees tussen waar ons is en waar ons wil wees. Tussen die tipe mens wat ons wil wees en wat ons ervaar ons tans is.

So het die meeste van ons byvoorbeeld prentjies van hoe ons huwelike beter kan wees, ons verhoudings met ons kinders meer konstruktief, ons beroepslewe meer bevre-

digend. Talle van ons sal gesonder wil leef, minder wil eet en fisies meer aktief wees om daardie hardnekkige paar oorgewig kilo's af te skud. Dalk wil u vanjaar op-hou rook. Of u verhouding met die Here verdiep. Of 'n kursus doen om 'n handvaardigheid te bemeester. Of dalk bloot net minder gespanne leef, stadiger en met meer geduld en genade teenoor diegene wat daagliks u pad kruis. Dalk is u voorneme om meer intensief te luister na mense en opreg belang te stel. Dalk 'n raps minder of meer selfgeldend wees. Dit mag wees dat u lankal voel dat u meer optimisties moet wees en minder swartgallig. Die lys vir selfverbetering is eindeloos.

Hou egter ingedagte dat 'n blote voorneme om iets te doen nie genoeg is nie. Alle standhoudende veran-derings begin met 'n besluit: “Ek wil hê my lewe moet in hierdie opsig anders wees as wat dit nou is” asook 'n persoonlike verbintenis en bereidheid om, soos die babatjie wat leer loop, alles in die stryd te werp om te slaag. 'n Weldeurdagte aksieplan sal verder die kanse op sukses verhoog.

Verandering is moontlik. Dit is nooit te laat nie. Nou is dalk 'n goeie tyd om die daad by die woord te voeg.

Voorspoedige

2016

AKTUEEL

6

DESIGN A PRINT 021 975 9648

Atel Streicher(Lewer 6 porsies)

Bestanddele:200 g ranktamatiesolyfoliesoutgesmeerde worsrolletjies250 g koljander- of basiliekruidpesto500 g gaar boerewors

Metode:1. Voorverhit oond tot 200¯C. 2. Plaas tamaties in oondroosterpan, giet

olyfolie oor en besprinkel met sout. Rooster tamaties sowat 15 min tot sag.

3. Smeer rolletjies met pesto. 4. Vul rolletjies met wors en tamaties.

Boereworsrol met pesto &

geroosterde tamatie

Rek die vakansiegevoel 'n bietjie … braai 'n boereworsrol!

3 Februarie 2016 40 Dae Begin: SAAM

Die Sonstraal en Durbanville gemeentes bied vanaf 31 Januarie 2016 op Sondagaande 'n gesprekreeks oor die Bybel en selfdegeslagverhoudings aan. Die gespreks-aande begin om 18:30 in Durbanville se kerkgebou. Enigeen is welkom; bring jou Bybel en kom lees, luister en gesels saam.

PROGRAM31 Januarie: Dr Marius Nel: Hoe is die Bybel gesagvol vandag?7 Februarie: Prof Dirkie Smit: Hoe gebeur dit dat gelowiges dieselfde Bybel lees en tot verskillende gevolgtrekkings kom? 14 Februarie: Ons lees saam: Gen: 1:27-28 & 2:18-25 21 Februarie: Ons lees saam: Gen: 19:1-29 28 Februarie: Ons lees saam: Lev: 18:22 & 20:13 6 Maart: Ons lees saam: Rom: 1:26-27, 1 Kor: 6:9 & 1 Tim:1:10 13 Maart: Dr Andries Cilliers: Wat beteken die slagspreuk van die Reformasie: "Die Skrif alleen"?

5 Februarie 2016 Kuier die gemeente saam

by die Straatbraai!

Die Wit Haas sit sy bril op en sê: “Asseblief, U Majesteit, waar sal ek begin? Die koning antwoord gewigtig: “Begin by die begin en gaan aan totdat jy by die einde kom. Stop dan.” Dié passasie uit Lewis Carroll se Alice’s Adventures in Wonderland verwys na die vraag hoe jy getuienis soek om tot ’n gevolg-trekking te kom. En natuurlik steek Carroll die draak met hoe mense dit doen – uiters selektief, verdraaid, moedswillig, on-akkuraat, ensovoorts.

’n Belangrike deel van mense se daaglikse leeswerk is om in-ligting te soek wat jy kan aanwend om ’n berig, artikel, refe-raat of boek te skryf; ’n toespraak te hou; ’n redenasie te voer; ’n wins te maak. Die moontlikhede is legio. Daar is ’n mag-dom inligting oor enige onderwerp, en die lees van die “hele boek” van begin tot einde, soos die koning vra, is ’n onhaal-bare ideaal. Op sy beste kan ’n mens deur gepaste soekmeto-des die gevoel kry dat jy voldoende ingelig is om regverdig en billik te oordeel.

Oordeelkundige lesers weet dat jy in die leesproses moet waak teen vooringenome standpunte; dat jy net raaklees wat jou pas en dat al die teenvoorbeelde of teenargumente by jou verbygaan.

Dié tekortkoming het soms skrikwekkende gevolge. Soos Timothy Ryback se studie Hitler’s Private Library – The Books that Shaped His Life aantoon. Hitler was ’n bibliofiel, ’n boeklief-hebber wat ongeveer 16 300 volumes in sy versameling had. Hy was ’n “byna besete” leser tot laat in die nag. Boonop het hy onthou wat hy gelees het en kon hy lang stukke opsê.

Namate Hitler se invloed in Nazi-Duitsland toegeneem het, het sy selektiewe leesstyl al hoe meer na vore gekom. Sy op-merking aan ’n Duitse vriendin dat ’n mens moet leer om te haat, het al hoe meer in sy leeswerk deurgeskemer onder die invloed van die antisemitiese skrywers soos die filosoof Johann Gottlieb Fichte en die Bybelkundige Paul de Lagarde.

Hitler se “teorie” van lees was dat jy ’n “mosaïek” van voor-opgesette idees oor ’n saak moes hê. Lees behels die vind van bruikbare steentjies wat die mosaïek voltooi. Hitler se kant-lynkommentare en onderstrepings vertel die verhaal van sy intense Jode-haat en die Jode-slagting wat daarop gevolg het.

Ag, dis mos geskiedenis dié, wil ’n mens sê. Te treurig om dit te onthou. Tog weet ’n mens hoe maklik mensonterende en vernietigende vooropgesette idees ontstaan.

Daarom is dit ’n lewensplig om te sorg dat ’n mens met be-langrike lewensgoed altyd verruimende inligting en verhelderende perspektiewe sal opsoek. Miskien aan die hand van ’n credo: “Geen mens kan oor enige saak alles dink, sien, weet, sê en skryf nie. Daarom is ek bereid om my indrukke altyd te beskou as voorlopig en onakkuraat en dit wysig in die lig van nuwe getuienis.” Dalk was dit wat Alice wou hê.

ALLES WAT JY WEETweet jy net voorlopig

In Die Burger onder “Van Alle Kante” verskyn op 11 November 2015 die volgende artikel van Wilhelm Jordaan. Ons deel dit graag met ons gemeentelede juis in hierdie tyd waar daar so-veel onderstrominge in ons kerk is oor wat staan in die Bybel, wat sê die Bybel, ens.

Petrus Theron