1
Saterdag 27.11.2010 By|11 om seweuur vir Richard en klein Lester hul pille gee. Soggens voordat hy stasie toe loop, sit hy Katy en die kinders se pille elk op sy eie hopie. “Maar ek weet nie of dit die siekte is wat vir Katy so vergete- rig maak nie. Soms sit ek by die werk, dan dink ek daai vrou is vandag hospitaal toe saam met daai twee kinders. Nou is ek bekommerd: Hou sy hulle hande oor die pad? Die kleinste enetjie is mos wild. En as ek by die huis kom, sien ek sy het nie die pille gaan haal nie. Die nexte dag moet ek miskien self in die taxi klim, want hulle móét dit het, Mevrou.” Hy rol sy oë. “Dis selde dat jy daai kinders hoor sê: ‘Mammie dit, mammie dat’. As hulle by die deur instap, dan sê hulle: ‘Daddy, ek is honger.’ ” ‘HY WAS NIE KWAAD NIE’ Dis ’n Saterdag aan die einde van Oktober toe ek die eerste keer alleen met Katy praat. Sy’s uitgeteer, haar stem net ’n wasempie. Sy’t lanklaas gewas en om haar mond is ’n rou, droë kors. Ons sit in my motor ’n ent weg van hul hokkie in Manenberg. “Môre lê my storie weer op die pad”, fluister sy en draai die venster toe. Ek maak keel skoon. “Jou hospitaalrekords wys jy’t wéér nie elke maand jou pille kom haal nie.” Daar’s iets doods aan haar oë. “Verlede maand het ek nie my pille gedrink nie, want dit het my naar gemaak. Ek het die kinders se pille in die oggende gegee en Peter gee dit in die aande as hy uit die werk uit kom.” Eers sedert haar hospitaal- besoek vier dae tevore het sy weer ’n poging aangewend. “Die counsellor het gesê ek moet dit drink, anders gaan ek nie meer my kinders vir lank sien nie.” Hoe lank weet sy al sy’t die virus? Sy bly lank stil. “Toe Richard (12) nog ’n baba was, toe lê hy al in Red Cross met HIV,” beken sy eindelik. “They explained to me what HIV was and they took my blood. They saw I also have it.” Sy kyk af. “Ek was skaam om vir Lester te sê. Die hospitaalsus- ters het voor hom gepraat oor die HIV toe Richard en Lester junior in die hospitaal was vir TB, maar hy was te stupid om op te let. Ek het probeer om ons HIV weg te steek. Ek het gedink hy sal my los met die twee kinders.” Sy glimlag halfhartig. “Maar ek dink hy het dit al aanvaar vóór ek gesê het. Gelukkig was hy nie kwaad nie, hy was vriendelik.” ‘ ’N LEWENSLANGE IETS’ Kort hierna kry ek vir Lester en Richard by ’n sonnige kafee langs ’n speelparkie in die stad. Peter het maer geword, sy gesig hoekiger as tevore. Al is dit lente, hoes hy knaend. “Is jy siek?” vra ek. Sy stem is ligweg geïrriteerd. “My hande is baie vol, Mevrou. Ek is moeg, en my vrou gee nie nog baie samewerking nie. Ek probeer verstaan, maar ek is al deurgetrek van die dinge. Dié tyd van die jaar is ek veral bewus van haar siekte. Ek kan sien as haar oë so wild is . . . ” Wanneer laas was hy vir ’n vigstoets? trappe volstaan.” Hy sug. “Kyk, Mevrou, jy’t mos vel op jou gesig. Jy voel nie lus om elke dag te leen en te wag tot betaaldag Vrydag nie. Vanaand kom ek by die huis, dan is daar niks vir my om in die pot te sit nie. Sy maak nie eens moeite nie, want sy kán nie.” Trots vertel hy hoe hy saans wou die kinders onder my gat uit vat. Sy wou na die social workers gaan, toe trek ek brakes daar. Daai troue was veral sodat niemand die kinders kan wegvat nie. Toe maak ek dit wettig, written on paper.” Hy bal sy groot hande in vuiste. “Maar ek kán nie depend op Katy nie, Mevrou. Ek moet nou haar <<10 vrou in die huis gewerk. Sy pa was die bestuurder van die “nagwa”, deur ses perde getrek, wat die balies in mense se buitetoilette vervang het. Op 13, in standerd vier, het Lester se pa hom uit die skool gehaal sodat hy in ’n meubelfabriek in Lands- downe, kon begin werk. “Soos ek sukkel vandag, het my pa ook gesukkel. My ma was mos ’n sieklike vrou. Sy’t so ’n asyn- lap gehet met aartappels wat sy opgesny het en dan sit sy dit op haar kop teen die pyn. My pa het gesê: Van nou af werk hy met die geld, hy maak kos.” Hy skud van die lag toe hy onthou hoe sy pa op sy fiets gery het met die sak groente en vleis wat hy by die smouse en die slaghuise gekoop het. “My ma het ge-worry met niks. Hy’t als ge-run in die huis in. As hy kos gemaak het in die aande, krap hy daai pot só hard uit dat jy moet hóór daar’s nie ’n tweede helping nie. Hy’t sy storie gekén, hy was agtermekaar, Mevrou.” Hy glimlag. “Deesdae sê ek baie vir my jongste suster ek is nou self soos my pa vandag. Maar ek val daarby in, dit kom my toe. Ek het mos my pa se naam.” Reeds as tiener moes Lester ná sy ma se beroerte haar “bene wees”. “My ma was vet, maar ek het haar gedra met hierdie twee hande sonder dat sy val. Uit die kar tot op die pot en na die mense toe. Dis eers ná haar dood dat ek kans gesien het vir vrou vat.” Op 23 het Lester met sy eerste vrou, Gadidja, getrou, by wie hy agt kinders gehad het. Haar familie was Moslems – “big time hawkers” – en hy het vir hulle vis gevlek en verkoop op straat. “Ons het sommer ’n lang, moeilike huwelik gehad. Gadidja was vermakerig en nie gewoond aan die sukkelry nie; haar familie was dik aan die geld.” Tien jaar gelede, kort nadat Gadidja en Lester “in ’n hof geskei het”, is Gadidja dood in haar vyfvertrekhuis in Manen- berg. Skamerig: “Ek was ’n bietjie gruwelik in daai tyd, toe het ek ’n verhouding met Katy gehad.” Hy glimlag skeef. “Ek het vir Katy in die Laan in ontmoet, toe skiet ek vir haar ’n kaart. Sy was ’n make believer. Ek het gedink die goeters hier in haar mond was rubies, maar toe ek weer agterkom, toe’s dit nail polish wat sy op haar tande gedruk het.” In daai tyd het sy reeds ’n dogter (nou 23) en ’n seun (nou 16) by ander mans gehad. Haar laaste kêrel, van die Hard Livings- bende, het tronkstraf uitgedien vir vyftien jaar. “Toe ek en Katy bymekaar is, toe kom Richard (12) sommer gou,” sê Lester. “Ek het straight vir Katy gesê: ‘As jy voel jy sien nie kans vir my nie, práát met my. Ek wil nie nog gaan van vrou tot vrou nie.’ ” Hy straal. “Sy’t kans gesien. Ons is bedóél vir mekaar, Mevrou.” Hul huwelikseremonie in sy suster se huis in Manenberg was pas nadat Katy vir die hoeveelste keer uit die hospitaal ontslaan is. Die kinders het tydens haar siekte by Katy se skoonsuster, Antie Dollie, oorgebly. Lester lyk boos. “Antie Dollie “Laasjaar het ek gegaan in die sesde maand, maar toe kom myne clear uit.” ’n Stilte. “Maar ek moet weer gaan. Ek het al gedink daaraan dat ek dit kan kry, maar daar staan darem ’n bak vol kondome daar. Ek en Richard slaap op een kooi en Katy en die ander twee (Lester junior en haar eie sestien- jarige) slaap op ’n ander kooi. Ons is nie eintlik meer in daai line in vir seks en sulke dinge nie.” Praat hy ooit met Katy en die kinders oor die dood? Hy bly selfs langer stil. “Ja, ek praat met hulle – veral as daai insurance ding op TV kom – daai death benefits. Dan sê ek vir Katy: ‘Ek hóú nie van die goed nie, want hulle sê net ons gaan almal dood. Ek wéét ons gaan almal dood’.” Hy sug. “Dis nie dat ek nie worry nie, Mevrou, maar ek kan mos nou nie vir Katy gaan uitwys ek is bekommerd nie. Ek moet kalm bly; ek hou maar die beste en die blinkste bo.” Richard trippel skamerig nader. Hy lyk veel kleiner as twaalf. Hy dring daarop aan om my “dokter” te noem. Ek vra versigtig: “Richard, drink jy jou pille elke dag?” Hy praat sag. “My pa het gesê ek moet my pille drink, nou drink ek dit elke dag, Dokter. Daar was al ’n paar tye wat ek dit nie gedrink het nie, ek weet nie vir hoe lank nie. Ja, Dokter, toe word ek siek. My ma lê in die kooi, dan vat sy haar pille nie elke dag nie. Dan raak sy kwáád, Dokter. Ek weet nie hoekom nie, Dokter.” Hy snuif, laat sak sy kop tussen sy knieë. “Ek is ook kwaad, Dokter. Ek is bang daar gebeur iets met haar.” “Kyk jou ma na julle wanneer jou pa by die werk is?” “My ma gee vir ons pap in die oggend en dan sit sy in die son. As sy klaar in die son gesit het, sit sy die music aan en dan sing sy saam met die music. Nee, Dokter, sy speel nie met ons nie.” Hy huil, skuif ’n entjie nader aan sy pa. “My daddy kyk agter my, Dokter. As my pa uit die werk uit kom, dan bly my ma lê.” “Weet jy watter siekte het jy?” “Ja, Dokter, my pa het gesê die dokter sê ek het HIV,” sê hy met ’n snotterige stem. “Maar ek weet nie wat is daai nie.” Lester gaan sit agter hom, praat in sy oor. “Dis mos jou siekte wat die dokter gesê het. Jy gaat groot raak met die pille, dis ’n lewens- lange iets. Eendag sal jy alleen loop met die paadjie. Jy moet note vat van wat daddy vir jou sê.” Hy draai sy kop na my asof hy die vraag verwag het. “Al gaan dit swaar, sal ek vir Katy nooit los nie – nooit. Die dood moet ons maar skei . . . ek is liéf vir die kinders. Ek kan nie nou opgee nie. Ek het my kooi gemaak.” J Alle name is skuilname. J Willemien Brümmer was vanjaar ’n ontvanger van die joernalistiek- genootskap van die projek MIV/vigs en die Media. Die program word bestuur deur die Anova-gesond- heidsinstituut en die Universiteit van die Witwatersrand se departe- ment joernalistiek en gefinansier deur USAID en John Hopkins Health and Education in Suid-Afrika. J Lees al drie die vorige aflewerings in dié reeks by www.beeld.com. ONGENOOIDE GAS Lester los soggens sy vrou en kinders se medisyne in afsonderlike hopies, in toiletpapier toegedraai, om seker te maak hulle drink dit. Katy Karolus het al talle kere haar en haar kinders se medikasie oorgeslaan. Katy klim deesdae selde uit die bed. Sy sit wel soms in die son en luister musiek.

Haal my uit die dode' (Deel 2)

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Hierdie is laaste bladsy van die laaste storie in 'n reeks van vier in-diepte artikels wat Willemien Brümmer in 2010 vir Die Burger se Saterdag-bylaag, By, geskryf het in aanloop tot Wêreld-vigsdag, wat op 1 Desember gevier word.

Citation preview

Page 1: Haal my uit die dode' (Deel 2)

Saterdag 27.11.2010 By|11

om seweuur vir Richard en kleinLester hul pille gee. Soggensvoordat hy stasie toe loop, sit hyKaty en die kinders se pille elk opsy eie hopie.

“Maar ek weet nie of dit diesiekte is wat vir Katy so vergete-rig maak nie. Soms sit ek by diewerk, dan dink ek daai vrou isvandag hospitaal toe saam metdaai twee kinders. Nou is ekbekommerd: Hou sy hulle handeoor die pad? Die kleinste enetjieis mos wild. En as ek by die huiskom, sien ek sy het nie die pillegaan haal nie. Die nexte dag moetek miskien self in die taxi klim,want hulle móét dit het, Mevrou.”

Hy rol sy oë. “Dis selde dat jydaai kinders hoor sê: ‘Mammiedit, mammie dat’. As hulle by diedeur instap, dan sê hulle: ‘Daddy,ek is honger.’ ”

‘HY WAS NIE KWAAD NIE’Dis ’n Saterdag aan die einde

van Oktober toe ek die eerstekeer alleen met Katy praat. Sy’suitgeteer, haar stem net ’nwasempie. Sy’t lanklaas gewas enom haar mond is ’n rou, droëkors.

Ons sit in my motor ’n ent wegvan hul hokkie in Manenberg.“Môre lê my storie weer op diepad”, fluister sy en draai dievenster toe. Ek maak keel skoon.“Jou hospitaalrekords wys jy’twéér nie elke maand jou pillekom haal nie.”

Daar’s iets doods aan haar oë.“Verlede maand het ek nie my

pille gedrink nie, want dit het mynaar gemaak. Ek het die kindersse pille in die oggende gegee enPeter gee dit in die aande as hyuit die werk uit kom.”

Eers sedert haar hospitaal-besoek vier dae tevore het syweer ’n poging aangewend. “Diecounsellor het gesê ek moet ditdrink, anders gaan ek nie meermy kinders vir lank sien nie.”

Hoe lank weet sy al sy’t dievirus?

Sy bly lank stil. “Toe Richard(12) nog ’n baba was, toe lê hy alin Red Cross met HIV,” beken syeindelik. “They explained to mewhat HIV was and they took myblood. They saw I also have it.”

Sy kyk af. “Ek was skaam omvir Lester te sê. Die hospitaalsus-ters het voor hom gepraat oor dieHIV toe Richard en Lester juniorin die hospitaal was vir TB, maarhy was te stupid om op te let. Ekhet probeer om ons HIV weg testeek. Ek het gedink hy sal my losmet die twee kinders.”

Sy glimlag halfhartig. “Maar ekdink hy het dit al aanvaar vóór ekgesê het. Gelukkig was hy niekwaad nie, hy was vriendelik.”

‘ ’N LEWENSLANGE IETS’Kort hierna kry ek vir Lester

en Richard by ’n sonnige kafeelangs ’n speelparkie in die stad.Peter het maer geword, sy gesighoekiger as tevore. Al is dit lente,hoes hy knaend.

“Is jy siek?” vra ek.Sy stem is ligweg geïrriteerd.“My hande is baie vol, Mevrou.

Ek is moeg, en my vrou gee nienog baie samewerking nie. Ekprobeer verstaan, maar ek is aldeurgetrek van die dinge. Dié tydvan die jaar is ek veral bewus vanhaar siekte. Ek kan sien as haaroë so wild is . . . ”

Wanneer laas was hy vir ’nvigstoets?

trappe volstaan.”Hy sug. “Kyk, Mevrou, jy’t mos

vel op jou gesig. Jy voel nie lusom elke dag te leen en te wag totbetaaldag Vrydag nie. Vanaandkom ek by die huis, dan is daarniks vir my om in die pot te sitnie. Sy maak nie eens moeite nie,want sy kán nie.”

Trots vertel hy hoe hy saans

wou die kinders onder my gat uitvat. Sy wou na die social workersgaan, toe trek ek brakes daar.Daai troue was veral sodatniemand die kinders kan wegvatnie. Toe maak ek dit wettig,written on paper.”

Hy bal sy groot hande in vuiste.“Maar ek kán nie depend op Katynie, Mevrou. Ek moet nou haar

<<10vrou in die huis gewerk. Sy pawas die bestuurder van die“nagwa”, deur ses perde getrek,wat die balies in mense sebuitetoilette vervang het. Op 13,in standerd vier, het Lester se pahom uit die skool gehaal sodat hyin ’n meubelfabriek in Lands-downe, kon begin werk.

“Soos ek sukkel vandag, het mypa ook gesukkel. My ma was mos’n sieklike vrou. Sy’t so ’n asyn-lap gehet met aartappels wat syopgesny het en dan sit sy dit ophaar kop teen die pyn. My pa hetgesê: Van nou af werk hy met diegeld, hy maak kos.”

Hy skud van die lag toe hyonthou hoe sy pa op sy fiets geryhet met die sak groente en vleiswat hy by die smouse en dieslaghuise gekoop het. “My ma hetge-worry met niks. Hy’t als ge-runin die huis in. As hy kos gemaakhet in die aande, krap hy daai potsó hard uit dat jy moet hóórdaar’s nie ’n tweede helping nie.Hy’t sy storie gekén, hy wasagtermekaar, Mevrou.”

Hy glimlag. “Deesdae sê ek baievir my jongste suster ek is nouself soos my pa vandag. Maar ekval daarby in, dit kom my toe. Ekhet mos my pa se naam.”

Reeds as tiener moes Lester násy ma se beroerte haar “benewees”.

“My ma was vet, maar ek hethaar gedra met hierdie tweehande sonder dat sy val. Uit diekar tot op die pot en na die mensetoe. Dis eers ná haar dood dat ekkans gesien het vir vrou vat.”

Op 23 het Lester met sy eerstevrou, Gadidja, getrou, by wie hyagt kinders gehad het. Haarfamilie was Moslems – “big timehawkers” – en hy het vir hulle visgevlek en verkoop op straat.

“Ons het sommer ’n lang,moeilike huwelik gehad. Gadidjawas vermakerig en nie gewoondaan die sukkelry nie; haar familiewas dik aan die geld.”

Tien jaar gelede, kort nadatGadidja en Lester “in ’n hofgeskei het”, is Gadidja dood inhaar vyfvertrekhuis in Manen-berg. Skamerig: “Ek was ’n bietjiegruwelik in daai tyd, toe het ek ’nverhouding met Katy gehad.”

Hy glimlag skeef. “Ek het virKaty in die Laan in ontmoet, toeskiet ek vir haar ’n kaart. Sy was’n make believer. Ek het gedinkdie goeters hier in haar mondwas rubies, maar toe ek weeragterkom, toe’s dit nail polish watsy op haar tande gedruk het.”

In daai tyd het sy reeds ’ndogter (nou 23) en ’n seun (nou 16)by ander mans gehad. Haar laastekêrel, van die Hard Livings-bende, het tronkstraf uitgedienvir vyftien jaar.

“Toe ek en Katy bymekaar is,toe kom Richard (12) sommergou,” sê Lester. “Ek het straightvir Katy gesê: ‘As jy voel jy siennie kans vir my nie, práát metmy. Ek wil nie nog gaan van vroutot vrou nie.’ ”

Hy straal. “Sy’t kans gesien.Ons is bedóél vir mekaar,Mevrou.”

Hul huwelikseremonie in sysuster se huis in Manenberg waspas nadat Katy vir die hoeveelstekeer uit die hospitaal ontslaan is.Die kinders het tydens haarsiekte by Katy se skoonsuster,Antie Dollie, oorgebly.

Lester lyk boos. “Antie Dollie

“Laasjaar het ek gegaan in diesesde maand, maar toe kom myneclear uit.”

’n Stilte. “Maar ek moet weergaan. Ek het al gedink daaraandat ek dit kan kry, maar daarstaan darem ’n bak vol kondomedaar. Ek en Richard slaap op eenkooi en Katy en die ander twee(Lester junior en haar eie sestien-jarige) slaap op ’n ander kooi.Ons is nie eintlik meer in daailine in vir seks en sulke dingenie.”

Praat hy ooit met Katy en diekinders oor die dood?

Hy bly selfs langer stil. “Ja, ekpraat met hulle – veral as daaiinsurance ding op TV kom – daaideath benefits. Dan sê ek vir Katy:‘Ek hóú nie van die goed nie,want hulle sê net ons gaan almaldood. Ek wéét ons gaan almaldood’.”

Hy sug. “Dis nie dat ek nieworry nie, Mevrou, maar ek kanmos nou nie vir Katy gaan uitwysek is bekommerd nie. Ek moetkalm bly; ek hou maar die besteen die blinkste bo.”

Richard trippel skamerignader. Hy lyk veel kleiner astwaalf. Hy dring daarop aan ommy “dokter” te noem.

Ek vra versigtig: “Richard,drink jy jou pille elke dag?”

Hy praat sag. “My pa het gesêek moet my pille drink, nou drinkek dit elke dag, Dokter. Daar wasal ’n paar tye wat ek dit niegedrink het nie, ek weet nie virhoe lank nie. Ja, Dokter, toe wordek siek. My ma lê in die kooi, danvat sy haar pille nie elke dag nie.Dan raak sy kwáád, Dokter. Ekweet nie hoekom nie, Dokter.”

Hy snuif, laat sak sy kop tussensy knieë. “Ek is ook kwaad,Dokter. Ek is bang daar gebeuriets met haar.”

“Kyk jou ma na julle wanneerjou pa by die werk is?”

“My ma gee vir ons pap in dieoggend en dan sit sy in die son.As sy klaar in die son gesit het,sit sy die music aan en dan singsy saam met die music. Nee,Dokter, sy speel nie met ons nie.”

Hy huil, skuif ’n entjie naderaan sy pa. “My daddy kyk agtermy, Dokter. As my pa uit diewerk uit kom, dan bly my ma lê.”

“Weet jy watter siekte het jy?”“Ja, Dokter, my pa het gesê die

dokter sê ek het HIV,” sê hy met’n snotterige stem. “Maar ek weetnie wat is daai nie.”

Lester gaan sit agter hom, praatin sy oor. “Dis mos jou siekte watdie dokter gesê het. Jy gaat grootraak met die pille, dis ’n lewens-lange iets. Eendag sal jy alleenloop met die paadjie. Jy moet notevat van wat daddy vir jou sê.”

Hy draai sy kop na my asof hydie vraag verwag het. “Al gaandit swaar, sal ek vir Katy nooitlos nie – nooit. Die dood moet onsmaar skei . . . ek is liéf vir diekinders. Ek kan nie nou opgeenie. Ek het my kooi gemaak.”J Alle name is skuilname.JWillemien Brümmer was vanjaar ’nontvanger van die joernalistiek­genootskap van die projek MIV/vigsen die Media. Die program wordbestuur deur die Anova­gesond­heidsinstituut en die Universiteitvan die Witwatersrand se departe­ment joernalistiek en gefinansierdeur USAID en John Hopkins Healthand Education in Suid­Afrika.J Lees al drie die vorige afleweringsin dié reeks by www.beeld.com.

ONGENOOIDE GAS

Lester los soggens sy vrou en kinders se medisyne in afsonderlike hopies, intoiletpapier toegedraai, om seker te maak hulle drink dit.

Katy Karolus het al talle kere haar en haar kinders se medikasie oorgeslaan.

Katy klim deesdae selde uit die bed. Sy sit wel soms in die son en luister musiek.

‘Ek is nou mammieén daddy hier indie hok,” sê Les-ter Karolus (55) enknipoog trots.

“My vrou wil net lê. Ek staan virhaar én vir die kinders ma.”

Lester is ’n ruwe man metletsels aan sy gesig en dóódklap-hande. Sy lyf is seningrig engespierd; sy mond seepglad. In syjonger dae was hy “deurmekaar”– “tronk in en tronk uit”.

Hy trek sy gesig, gebrei deurarmoede, op ’n vrome plooi.

“Hulle sê mos soos jy ouerraak, so leer jy. Toe ek besluit omte trou, het ek als gelos.”

Sy “hok” is ’n houthuisie vandrie by ses meter in sy suster seagterplaas in Manenberg op dieKaapse Vlakte. Binne ruik dit nasiekte en urine. Buite op straat sitdie vroue op die “skinnerban-kies”. Oral staan groepies seunsrond. Dis bendegebied – speelveldvan die Hard Livings, die Ameri-cans, die Clever Kids, die Jesters.

Lester haal sy skouers op. “Onsbly in ’n deurmekaar area, maardaai’s nie onse line nie. Meestalskiet die gangsters in die pad, onskoes net vir die bullets.”

Manenberg se berugte bendesis immers die minste van syprobleme. Langs hom op diedeurmekaar enkelbed sit sy seunsRichard (12) en Lester junior (7).Hulle is maer, met loopneuse. Syvrou Katy (50) lê in die enkelbedoorkant hom, ’n fluisterendehopie bene.

Dis Julie en buite lyk dit soos’n modderbad. Katy, wat “al 22jaar op ’n council-huis” wag,hoes. “Dis koud hierbinne enbuite ook. As dit so reën, dan loopdie water tot bý ons in die hok.”

Lester knik. “Dis dié tyd vandie maand dat ons honger ly.Maar daar is darem pap en brooden ’n teabag en suiker. Wat ekeintlik op uit is, is dat die kindersgesond eet. Hulle kan nie met leëmaagte die pille drink nie.”

‘MY VROU SE REGTERHAND’My eerste kennismaking met

Lester is in April vanjaar by die

pediatriese vigseenheid van dieGroote Schuur-hospitaal. Hy’s dieenigste pa in die rumoerigeeenheid. Om hom is ’n see vanvroue – ma’s met hul kinders,oumas, versorgers, dokters,verpleegsters.

’n Berader stel Lester met ’nglimlag aan my voor. “Hy’s eenvan die min mans wat gebly het

toe hy uitvind sy vrou is MIV-positief. Ons dink hy is negatief.”

Lester is vriendelik, ’n ywerigeprater, maar hy dring daarop aanom my mevrou te noem.

“Mevrou sien, dit gaat eintlikoor húlle dat ek hier is,” sê hy enwys na die kinders. “My vrou hetdie siek eerste gehet, en toe vatons toetse om te sê Richard en

Lester junior is ook positiefgebore en ek is clear. Ek kom noueintlik die medication haal.”

Hy aarsel. “Ek het niks van dieHIV geweet voor die tyd nie.Níks, Mevrou. Maar ek is myvrou se regterhand – nóú nog. Ekis die een wat gery en ge-travelhet soos ’n circus – van G.F.Jooste-hospitaal af na Lentegeur;

na Tygerberg-hospitaal. Ek hetnágte deurgebring daar.”

Hy skud sy kop. “Ek ken baiemans wat hulle vrouens enkinders netso gelos het oor diesiek, maar ek dink hulle soek net’n rede om weg te kom. Dan dinkek ek sal maar carry on met myburden. Ek het my kruis wat ekmoet dra, nou’s dit nog ’n castiron cross ook.”

Hy vertel hoe hy verlede jaar sywerk moes los om sy kinders ensy vrou te versorg. Tans werk hyteen minimale vergoeding as“permanent casual” by ’n olie-boor-maatskappy.

“Ek het nie geweet hoe belang-rik is dit nie, maar my vrou hetdie medication gestop vir agtmaande. Laasjaar Augustus-maand het sy die eerste keer weerhospitaal toe gekom. Sy kan niegeloop het nie, sy’t nie geëet nie,sy’t nét so maer geraak.”

Hy buig sy hoof eerbiedig.“Daar’s ’n vrou daar voor in die

pad – as sy vir Katy sien, sing sydie hymn: ‘Haal my uit die dodeen sit my in die lewe’. Daar’s baiemense wat kom bid het, maardeur die Here se genade het sydarem weer uit die dood opge-staan.”

‘JY’T MOS VEL OP JOU GESIG’Lester se storie begin in 1955 in

Claremont, Kaapstad, die vierdejongste van veertien kinders –vóór die gedwonge verskuiwings.

Aanvanklik het sy ma vir ’n wit>>11

‘Haal my uit die dode’

Nie alle mans hardloopweg wanneer MIV/vigs’n gas in die huis is nie.Lester Karolus het opdie vooraand van vigs­dag op 1 Desember aanWILLEMIEN BRÜMMERvertel hoe hy sy vrou“se trappe volstaan”.NARDUS ENGELBRECHThet die foto’s geneem.

ONGENOOIDE GAS

Lester Karolus moet die skoene van ’n pa, ma en sieketrooster vol staan sedert die MI­virus by die ander lede van sy gesin gediagnoseer is.

Richard Karolus (12) verlaat die hokkie in ’n agterplaas in Manenberg waar hy saam met sy gesin woon.