4
VANOGGEND SE DIENS TEMA: JESUS SE LAASTE OPDRAG AAN SY KERK HAND 1 V 1 - 11 (DS CHRISTO WOODING) Die laaste woorde, wense, opdragte van ‘n geliefde op aarde is baie belangrik en kosbaar vir ons. Ons koester dit, onthou dit die res van ons lewe en rig dikwels ons lewe daarvolgens in. Die vraag vanmore is of ons altyd Jesus se laaste woorde op aarde onthou (Hand. 1:8). Onthou ons wat Jesus se laaste opdrag aan sy apostels en aan sy kerk op aarde was, net voordat Hy in die hemel opgeneem is. Is dit vandag nog kosbaar vir ons as kerk.? Rig ons ons lewens en ons kerkwees daarvolgens in? Groete en seën, Christo HARTLIK WELKOM Augustus is die maand warin ons aandag gee aan ons sendelinge. En ons het ook al geleer om nooit ons sendelinge te onderskat nie - (hulle het destyds Afrika ingevaar met ‘n gewone Peugeot 404!). Dink ook aan die bekende verhaal van William Carey. Op 14 jarige ouder- dom ontvang hy sy roeping na die sendingveld, maar die Kerk in Engeland reken dit is nie ‘n ekonomiese haalbare proposisie nie. Op 2 Oktober 1792 preek hierdie nederige skoenmaker uit Jesaja 54. Sy preek se tema is: “Expect great things from God. Attempt great things for God”. En kort daar- na vertrek hy op eie stroom, na Indië. Hierdie skoenmaker word die stigter van die Protestantse Kerk in Indië. Hy skryf sy eerste gram- matika en woordeboek vir die Bengaalse taal en hy vertaal (eiehandig) die NT in Bengaals. En daarna doen hy dit weer, dié keer met die oeroue Sanskrit taal. Sy geheim? “Expect great things from God. Attempt great things for God”. Dit is die uitdaging! Welkom in die kring van die waagmoed-gelowiges! TEKS VIR DIE WEEK (Son. 17 Augustus) Dr Clifford Heys ‘Ps 83 en die huidige krisis in die Midde-Ooste’ 1. Lees Ps 83 eenmaal deur. Wat hoor jy? Wie bid en waarom word daar gebid? 2. Lees Ps 83 ‘n tweede maal deur, maar hierdie keer is jy ‘n Jood in Israel. Die datum is Augustus 2014. En soos jy lees word honderde missiele op jou en jou land afgevuur. Wat is jou emosie as jy Ps 83 lees? 3. Wat reken jy is (a) die rede en (b) die moontlike oplossing vir die konflik in die Midde-Ooste? Dr Clifford gaan vir ons voor en gee vir ons meer agtergrond tot die stryd om Israel. 15:30 Groep vir enkellopendes Kuier in die Dienssentrum sitkamer. (Kontak Hannie Koch by 028 316 1595). Kom sluit by hierdie groep aan. Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmid- dag alleen voel en ‘n behoefte het aan geselskap. Julle is almal baie welkom!! Wees Lig! Hartklop 10 Augustus 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANOGGEND: SPES KOLL. TRANSKEI

Hartklop - ngkonrusrivier.co.za

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

VANOGGEND SE DIENS TEMA: JESUS SE LAASTE OPDRAG AAN SY KERK

HAND 1 V 1 - 11 (DS CHRISTO WOODING)

Die laaste woorde, wense, opdragte van ‘n geliefde op

aarde is baie belangrik en kosbaar vir ons. Ons koester

dit, onthou dit die res van ons lewe en rig dikwels ons

lewe daarvolgens in.

Die vraag vanmore is of ons altyd Jesus se laaste

woorde op aarde onthou (Hand. 1:8). Onthou ons wat

Jesus se laaste opdrag aan sy apostels en aan sy kerk

op aarde was, net voordat Hy in die hemel opgeneem is.

Is dit vandag nog kosbaar vir ons as kerk.? Rig ons ons

lewens en ons kerkwees daarvolgens in?

Groete

en

seën,

Christo

HARTLIK WELKOM

Augustus is die maand warin ons aandag gee aan ons

sendelinge. En ons het ook al geleer om nooit ons

sendelinge te onderskat nie - (hulle het destyds Afrika

ingevaar met ‘n gewone Peugeot 404!). Dink ook aan die

bekende verhaal van William Carey. Op 14 jarige ouder-

dom ontvang hy sy roeping na die sendingveld, maar die

Kerk in Engeland reken dit is nie ‘n ekonomiese haalbare

proposisie nie.

Op 2 Oktober 1792 preek hierdie nederige skoenmaker

uit Jesaja 54. Sy preek se tema is: “Expect great things from God. Attempt great things for God”. En kort daar-

na vertrek hy op eie stroom, na Indië.

Hierdie skoenmaker word die stigter van die

Protestantse Kerk in Indië. Hy skryf sy eerste gram-

matika en woordeboek vir die Bengaalse taal en hy

vertaal (eiehandig) die NT in Bengaals. En daarna doen

hy dit weer, dié keer met die oeroue Sanskrit taal.

Sy geheim?

“Expect great things from God. Attempt great things for God”.

Dit is die uitdaging!

Welkom in die kring van die waagmoed-gelowiges!

TEKS VIR DIE WEEK (Son. 17 Augustus)

Dr Clifford Heys

‘Ps 83 en die huidige krisis in die Midde-Ooste’ 1. Lees Ps 83 eenmaal deur. Wat hoor jy? Wie bid en waarom

word daar gebid?

2. Lees Ps 83 ‘n tweede maal deur, maar hierdie keer is jy ‘n

Jood in Israel. Die datum is Augustus 2014. En soos jy lees

word honderde missiele op jou en jou land afgevuur. Wat is

jou emosie as jy Ps 83 lees?

3. Wat reken jy is (a) die rede en (b) die moontlike oplossing

vir die konflik in die Midde-Ooste?

Dr Clifford gaan vir ons voor en gee vir ons meer

agtergrond tot die stryd om Israel.

15:30 Groep vir enkellopendes Kuier in die Dienssentrum sitkamer. (Kontak Hannie Koch by 028 316 1595).

Kom sluit by hierdie groep aan. Dit is

spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmid-

dag alleen voel en ‘n behoefte het aan

geselskap. Julle is almal baie welkom!!

Wees Lig!

Hartklop 10 Augustus 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANOGGEND: SPES KOLL. TRANSKEI

MA. 11 AUGUSTUS DI. 12 AUGUSTUS WO. 13 AUGUSTUS

10:00 - 12:00 Saamkuier in die sitkamer

van die Dienssentrum. Welkom! Vir

vervoer of navrae, kontak Joan Ollewagen

028 316 2127 / 082 710 2787 of Hannie

Koch 028 316 1592 / 082 721 2290.

18:00 KERKRAADSVERG. in die Sysaal.

Dankie dat ons kan staatmaak op u voor-

bidding.

Sopkombuis

10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak ‘n

afspraak by sr. Calitz (073 152 5623) vir

bloeddruk, suikertoetse ens.

10:00 - 12:00 Saamkuier in die sitkamer van

die Dienssentrum. Kom wees kreatief saam

met ons. Welkom!

08:00 Voete– & hande versorging. Maak

asb ‘n afspraak by Marilyn 082 532 6931.

11:00-13:00 Die Klerekas is oop.

10:00 - 11:30 Trimgim in die Anneks. Kom

lag, speel, geniet en oefen saam met al

die pragtige dames. Welkom!

18:00 Die BYBELSKOOL: Dr Kellerman

gaan voor (NG Kerk Hermanus).

16:00 LOFDANSE oefen in die Sentrum.

Enige persoon (oud en jonk) is welkom!

DO. 14 AUGUSTUS VR. 15 AUGUSTUS SA. 16 AUGUSTUS

09:00 BYBELSKOOL: Dr Kellerman gaan

voor. (NG Onrusrivier)

9:30-11:30 Die Kolwyntjie Teetuin

@ Dienssentrum is oop.

10:00 Ons BID saam. (Gebedskamer).

19:00 JEUGBYEENKOMS by die NG Kerk

Hermanus. Praise & Worship! (13jr+)

Navrae: Pieter Lotz 082 603 8164.

HERE, HELP ONS VANDAG OM U LIEFDE

UIT TE DRA NA ANDER RONDOM ONS.

WAT GEBEUR SONDAG 17 AUGUSTUS ?

09:00 Erediens:Dr Clifford Heys

gaan voor. Welkom!

Spes Koll: Mosambiek

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 30A)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 19)

PO

LS

SA

LG

VI

R

D

IE

WE

EK

SIEKTE & NOOD

Here, ons bid hierdie week intens vir

die kerkraad. Hul is besig om fyn te

luister na U stem om te hoor wat die

pad vorentoe vir Onrusgemeente is.

Vader, ons bid dat U hul so bewus

sal maak van U teenwoordigheid.

Ons bid vir wysheid, insig en

onderskeidingsvermoeë. Ons bid U

seën op elke kerkraadslid. Dankie

dat ons net weer kan besef hoe

afhanklik ons van U is.

Vader, ek erken die realiteit van wie ek is. Ek erken my swakheid, my sonde, my bitterheid en wrokke, en ek vra genade

vir my, omdat Jesus daarvoor betaal het. Met U hulp plaas ek al hierdie dinge op Jesus se kruis en ek laat dit gaan, want U dink nie weer daaraan nie. Vader, vul my met U Gees sodat U my kan vorm na u wil. Ek vra dit in Jesus se Naam. (Heb 4:16).

Vader, ek wil U vandag my liewe Vader noem, uit die diepte van my hart. Dankie vir al die verhoorde gebede.

Dankie vir al die mense wat gesond geword het. Dankie vir samaritane wat hongeriges kos gee , na liggaam en siel. Dankie vir men-se wat verslaafdes en hulle gesinne help. Vader, ons het U so nodig en dankie dat ons dit weet. (Joh 14 : 13 – 14 )

“O diepte van die rykdom en wysheid

en kennis van God! Hoe ondeurgron-delik is sy oordele, hoe onnaspeurlik sy

weë! Wie ken die bedoeling van die Here? Wie gee Hom raad? Wie bewys Hom 'n guns, sodat Hy verplig is om iets terug te doen? Uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Aan Hom behoort die heerlikheid tot in ewigheid. Amen” (Rom 11 : 33 - 36)

Hybré Lombard

Neil Human

Deon Smith

Ras & Cissy Coetzee

Joey Swart

Annette Beukes

Sarel Roux

Pollie Botha

Wilkie du Toit

Rupert Mizon

Marie Mostert

Johan Andersen

Peet van der Berg

Kobie Swart

Ons bid hierdie week

spesiaal vir mense wat

deur misdaad geraak

word. Ons bid vir

genesing, vergewing en

troos. Dankie dat ons

weet U is ook daar in hul

pyn.

SPESIALE GEBED

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

ZAbba Vader . . .

KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 4 tydens die Erediens

Gr 5 - 7 direk na die Erediens

TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens

Vader, gee asb vandag vir my iemand vir wie ek iets spesiaal kan doen om U liefde te wys. Here help my om oop en warm te

wees soos Jesus was, met 'n hart vir verlorenes, armes, siekes en eensames. Help my om nie anderpad te kyk of iemand te minag nie. Help my om ander met U liefde te seën. ( Jes 40 : 31 )

Vader, ek bid vir ons gemeente. Ek bid die Kerkraad dat hulle baie noukeurig na U sal luister. Ek bid vir

elke bediening en aktiwiteit in die ge-meente. Ek bid vir elke leraar en hul preekvoorbereiding. Ek bid vir elke kleingroep byeenkoms. Ek bid vir die jeugbyeenkomste op Vrydagaande. (Efes 3 : 16 – 19 )

Vader, help ons om vrug

te dra in U koninkryk.

WERKVERSKAFFINGS BLAADJIE As deel van die versorging van ons gemeente wil ons graag 'n diens begin verskaf waar gemeentelede kan kennis

neem van

(a) werksgeleenthede in die Hermanus omgewing,

(b) hul eie dienste kan aanbied vir mense wat op soek is na spesifieke vaardighede

(c) werksoekers hul dienste beskikbaar kan stel.

Hierdie diens neem die vorm aan van 'n maandelikse blaadjie in die Hartklop en is gratis vir beide

mense en besighede wat werk aanbied, asook gemeentelede wat vaardighede adverteer en diegene wat werk soek.

Soos u sal begryp is ons hulpbronne en advertensiespasie vir hierdie gratis diens baie beperk, so ons vra u begrip vir

die feit dat ons werksoekers en diegene wat hul persoonlike dienste aanbied moet beperk tot lede van ons ge-

meente. Dit geld natuurlik nie mense of besighede wat werk aanbied nie, aangesien werksgeleenthede ons gemeen-

telede op 'n besondere manier kan bemagtig en ons wil geen beperking daarop plaas nie.

U kan vir Karin kontak by die kerkkantoor indien u enige navrae het oor hierdie diens of om u inligting te verskaf.

SENDELING VIR DIE WEEK: CHRISTO EN DELESTE WOODING (TRANSKEI) Dit is `n koue Saterdag in Julie in Kokstad en ons is besig met `n jeugkonferensie by ons kerk. Ten spyte van die koue het baie jong-mense van al ons buiteposte en ook buurgemeentes gekom. Daar is arm jongmense van die meer afgeleë plekke, maar daar is ook `n groot groep van die nuwe generasie jongmense. Jongmense met goeie opleiding en werke wat selfs met hul eie motors daar opdaag. Dit is verblywend om te sien dat baie van hierdie jongmense steeds die Here met oorgawe dien. Daar is vrug op die werk van die kerk deur die jare, en hoop vir die toekoms.

Een van hierdie jongmense, Msa wat vir die polisie werk, lei die diens uit Esegiël 47. Ons land gaan gebuk onder swak en korrupte lei-erskap, sê hy. Daar is `n geweldige behoefte aan goeie leierskap vandag in ons land. Ons Christen jongmense in die kerk moet uitgaan in ons land en daardie leiers wees. Ons moet die stroom van lewende water wees wat uitvloei uit die tempel en nuwe lewe bring orals waar dit vloei.

Die afgelope wintervakansie was daar verskillende uitreike by Lusikisiki en Bambisana. Jongmense uit die Kaap, Oos-Kaap en Natal het hul vakansie gebruik om vir die Here te gaan werk by Bambisana. Hierdie jongmense se liefde vir Jesus en hul entoesiasme is aansteeklik en het `n groot impak op die duisende jongmense rondom Bambisana. Baie lewens is dan ook aangeraak en onherroeplik verander. Ek staan steeds verwonderd oor dit wat die Here besig is om te doen by Bambisana - `n plek wat `n paar jaar gelede nog totaal vervalle en verlate was.

Baie dankie weereens vir u steun en liefde. Alleen sou

ons nie kon werk het op Kokstad nie.

Vriendelike groete. Christo en Deleste Wooding

[email protected]

GBO (GELOOFBELOFTE OFFER) SONDAG 24 AUGUSTUS 2014

Wat is GBO? Dit is ‘n bydrae bo en behalwe die gewone kollekte, maandelikse dankoffer en die Tiendemaand dankoffer. Die gedagte is dat ons in gebed voor die Here gaan en Hom vra om aan ons elkeen persoonlik fondse te voorsien wat spesifiek vir Koninkrykswerk buite ons gemeente aangewend sal word. Ons belowe dan die bedrag wat die Heilige Gees op ons harte lê en vertrou die Here om dit aan ons te voorsien. So gehoorsaam ons die Here en deel ons aan Sy opdrag “tot by die uithoeke van die aarde”. Terselfdertyd bring dit geestelike groei en verdieping in ons eie verhouding met God.

Wat gebeur as ons nie gee nie? Weens moeilike ekonomiese omstandighede word die bydraes aan sendelinge van party gemeentes minder, ander gee glad nie meer aan sekere sendelinge nie. Die gevolge is egter veel meer as finansiële probleme vir die sendelinge. Benewens die kwessie rondom die belofte wat gemaak is om die bydrae te lewer, kan instansies al hoe minder doen om die Woord uit te dra, en moet al hoe meer besnoei. Siele gaan verlore as direkte gevolg hiervan. As ons nie ruim bydra nie, sal van die sendelinge nie baie langer met die enorme werk wat hulle doen kan voortgaan nie. Daar kom ook soms nuwe geleenthede waar ons kan dien en ‘n verskil kan maak in die koninkryk (plaaslik sowel as oor ons grense). Die GBO fondse word dan ook daarvoor aangewend.

Vir enige navrae oor die GBO, kontak gerus vir Uys Swart by 076 522 5669.

GBO BANKREKENING Bank: ABSA

Rek.Nr. 916 979 9886

SPOELKLIPPE: SO. 5 OKT. DV TREINRIT NA SIMONSTAD: Busgelde van R120 pp is nou betaalbaar voor 8 September 2014. WYKSBYEENKOMS: WYK 27 Op 15 Aug om 18:00 by Kobus & Tilla, Huis Nr 4, Meerenbosch 028 315 1722. SPOELKLIPPE 22 AUGUSTUS DV FLIEK: AUGUST RUSH 17:30 Worsbroodjies 18:00 Fliek Gee name op by Mervian vir getalle.asb! Slegs donasie. DIENSSENTRUM 28 AUG DV DO 10:00 FLIEK: SHALL WE DANCE? Laat Richard Geere ons harte weer vinniger laat klop! Slegs donasie en ALMAL is wel-kom! HERMANUS HACKING GROUP Hierdie groep het voltydse werkers wat be-sig is om indringer plante uit te roei in die Hermanus omgewing, veral teen die berghange agter Mountain Drive in North Cliff. Hulle maak gebruik van donasies om die voltydse werkers te betaal maar vrywil-ligers is net so belangrik om as groepsleiers op te tree. Vry. oggende van 07:15 - 09:30. Belangstellendes kan vir Charlyn kontak by 082 558 8731 of [email protected]

DAMES: Ronet van Niekerk, nuwe intrekker in Onrus, kom deel haar ervaring en kennis as Voorkomskonsultant met ons. Sy gaan fokus op hoe om 'n basiese uitrusting met bykomstighede op te kikker. U sal ook huis toe gaan met geestelike pitkos. Hou Wo. 10 September 14:00-17:00 oop vir hierdie 'ervaring'. Plekke beperk. NG Kerk, Onrus-rivier. Donasie R50 - Koffie & tee ingesluit. Betaal asb u R50 so spoedig moontlik in by Mervian by die Kerkkantoor om u plek te verseker. Navrae Corina 082 864 5299.

KERKBODE 17 eksemplare van ‘n spesiale uitgawe van die Kerkbode (1 Aug 2014) beskikbaar by die kerkkantoor @ R10 elk.

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

LIGBOEKLIGBOEK

DIE SOPKOMBUIS het ’n tekort aan sopbene of wildsbene. Skenkings van sopbene sal baie waardeer word. Baie dankie.

Ons BENODIG ‘N MAT wat groot genoeg is om ‘n dubbe motorhuis te dek! Dit sal baie waardeer word.

KOSPAKKIES 18 AUG. Hawermout– en konfytbydraes is nog aan die min kant! Baie dankie vir ander items. Dit word opreg waardeer! Die MEDIATEEK is dringend opsoek na die volgende DVD’s wat uitgeneem is. A tale of two brains, As it is in heaven en Clancey.

Ten einde voorraad te neem word ver-soek dat alle DVD’s wat uitgeneem is asb. teen SONDAG 17 AUG terugbesorg word. U kan dan weer vanaf Sondag 24 Aug uitneem.

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

13h00

Tel (028) 316-2116

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Philip Opperman

082 900 0697

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS

NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

KOLWYNTJIE TEETUIN

@ DIENSSENTRUM VRYDAG 15 AUG

09:30-11:30 Verras jou SPOOKVRIEND met ‘n uitnodi-

ging na die Teetuin! Koop ‘n kaartjie van

R20 by Mervian. Sy skakel jou

spookvvriend met die goeie nuus en jou

spookvriend kry weer ‘n huppel in sy/haar

stap oppad Teetuin toe!

HUIS LETTIE THERON Liewe vriende, vandag wil ek uit my hart uit baie, baie dankie sê vir julle

betrokkenheid en ondersteuning by die afgelope

Huis Lettie Theron Basaar asook die Doeke-projek. Mag elkeen van julle nét so baie seën ontvang soos wat julle uitdeel!

Weereens baie dankie, Ananda.

TEL: (028) 312-1156