8
Hoërskool Montagu Maandbrief : Junie 2019 OUERGESPREKKE Ouers het die geleentheid gehad om op 29 April gesprekke met opvoeders te voer. Die volgende ouergesprekke vind plaas op Dinsdag 16 Julie 2019 vanaf 16:30 - 18:30. Afsprake met die opvoeders van u keuse om die vordering van u kind/ers te bespreek, kan gemaak word deur die skool vooraf te skakel by 023-6141390. Maak asseblief gebruik van die geleentheid. Ons wil graag saam met u ʼn plan van aksie uitwerk vir u kind vir die res van die jaar. JAARLEUSE 2019: SOS: Selfdissipline Ontgin Sukses H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS: [email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za Geagte Ouers / Voogde, Leerders en Ondersteuners Die jaar het ongesiens sy halfpadmerk bereik. Die tweede kwartaal is nie net ʼn eksamenkwartaal nie, dit is ook die kwartaal waarin ons win- tersportprogram en verskeie kultuuraktiwiteite voluit funksioneer. Graag doen ek verslag oor ʼn paar belangrike sake. Akademie Junie-eksamen: Ons leerders het vanaf 20 Mei tot 7 Junie eksamen afgelê. Die eksamenperiode het baie ordelik verloop en leerders het deurentyd baie goeie samewerking gegee. Die slaagvereistes vanjaar is as volg: Graad 08 -09 Graad 10 – 12 50%+ in Afrikaans (ses vakke slaag) 40%+ in Engels 40%+ in Huistaal 40%+ in Wiskunde 40%+ in twee vakke 40%+ in enige drie ander vakke 30%+ in drie vakke 30%+ in twee ander vakke Die volgende leerders behaal hierdie kwartaal die top 10 van hul graad. Baie geluk met dié mooi prestasies. (in alfabetiese volgorde): Graad 12: Ferdi Coetzee, Cherwin de Koker, Leon Ellis, Brent Hen- dricks, Gurshwin Jass, Reshenda Johnson, Shalomé Neethling, Monray Saaiman, Isobel Telford en Henry Viljoen. Graad 11: Jamay Belelie, Wendall Conradie, Suné den Engelsman, Tia Esterhuyse, Alisha Gordon, Enrike Groenewald, Izonia Hartnick, Anke le Grange, Lenz Neethling en Tiaan Viviers. Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor- daan, Mechyla Schoeman, Liné Stemmet, Dirk-Louw van der Westhuizen, Zindi van Zyl, Wendy Visser en John Wright. Graad 09: Chris Carstens, Franco de Kock, Janie Marais, Anro Nel, Nienke Strauss, Philip Olivier, Shaylyn Pekeur, Hein Swa- nepoel, Amaris Strydom en JG van Deventer. Graad 08: Cameron Adonis, Brayden Baartman, Ewan Coetzee, Jean Pierre Matthee, Ann Lumey Pieterse, Carli Prins, Carlene Segelaar, Geriant Segelaar, Nina Stemmet en Shani Viviers. CJ Langenhoven “Jy kan mense huur vir jou kinders se geleerdheid - vir hul opvoeding moet jy self staan.”

Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2019 (1).pdf · 2019. 6. 13. · Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor-daan, Mechyla Schoeman,

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2019 (1).pdf · 2019. 6. 13. · Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor-daan, Mechyla Schoeman,

Hoërskool Montagu

Maandbrief : Junie 2019

OUERGESPREKKE

Ouers het die

geleentheid gehad om

op 29 April gesprekke

met opvoeders te voer.

Die volgende

ouergesprekke vind

plaas op Dinsdag

16 Julie 2019 vanaf

16:30 - 18:30.

Afsprake met die

opvoeders van u keuse

om die vordering van

u kind/ers te bespreek,

kan gemaak word deur

die skool vooraf te

skakel by 023-6141390.

Maak asseblief gebruik

van die geleentheid.

Ons wil graag saam

met u ʼn plan van aksie

uitwerk vir u kind vir

die res van die jaar.

JAARLEUSE 2019: SOS: Selfdissipline Ontgin Sukses

H/S MONTAGU POSBUS 85 MONTAGU 6720 TEL: 023-6141390 FAKS: 086 5447251 EPOS:

[email protected] WEB: www.hsmontagu.co.za

Geagte Ouers / Voogde, Leerders en Ondersteuners

Die jaar het ongesiens sy halfpadmerk bereik. Die tweede kwartaal is

nie net ʼn eksamenkwartaal nie, dit is ook die kwartaal waarin ons win-

tersportprogram en verskeie kultuuraktiwiteite voluit funksioneer. Graag

doen ek verslag oor ʼn paar belangrike sake.

Akademie

Junie-eksamen: Ons leerders het vanaf 20 Mei tot 7 Junie eksamen

afgelê. Die eksamenperiode het baie ordelik verloop en leerders het

deurentyd baie goeie samewerking gegee.

Die slaagvereistes vanjaar is as volg:

Graad 08 -09 Graad 10 – 12

50%+ in Afrikaans (ses vakke slaag)

40%+ in Engels 40%+ in Huistaal

40%+ in Wiskunde 40%+ in twee vakke

40%+ in enige drie ander vakke 30%+ in drie vakke

30%+ in twee ander vakke

Die volgende leerders behaal hierdie kwartaal die top 10 van hul graad.

Baie geluk met dié mooi prestasies. (in alfabetiese volgorde):

Graad 12: Ferdi Coetzee, Cherwin de Koker, Leon Ellis, Brent Hen-

dricks, Gurshwin Jass, Reshenda Johnson, Shalomé

Neethling, Monray Saaiman, Isobel Telford en Henry

Viljoen.

Graad 11: Jamay Belelie, Wendall Conradie, Suné den Engelsman,

Tia Esterhuyse, Alisha Gordon, Enrike Groenewald, Izonia

Hartnick, Anke le Grange, Lenz Neethling en Tiaan

Viviers.

Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor-

daan, Mechyla Schoeman, Liné Stemmet, Dirk-Louw van

der Westhuizen, Zindi van Zyl, Wendy Visser en John

Wright.

Graad 09: Chris Carstens, Franco de Kock, Janie Marais, Anro Nel,

Nienke Strauss, Philip Olivier, Shaylyn Pekeur, Hein Swa-

nepoel, Amaris Strydom en JG van Deventer.

Graad 08: Cameron Adonis, Brayden Baartman, Ewan Coetzee,

Jean Pierre Matthee, Ann Lumey Pieterse, Carli Prins,

Carlene Segelaar, Geriant Segelaar, Nina Stemmet en

Shani Viviers.

CJ Langenhoven

“Jy kan mense huur vir jou kinders se geleerdheid - vir hul opvoeding moet jy self staan.”

Page 2: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2019 (1).pdf · 2019. 6. 13. · Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor-daan, Mechyla Schoeman,

Sportdag teen Bonnievale 4 Mei 2019 (Weg): Op Sa-

terdag 4 Mei het 10 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag teen

Bonnievale. Ons spanne doen baie goed en wen 9 van die krag-

metings. Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg:

Rugby (26-11) en Netbal (23-11).

Sportdag teen Swellendam 11 Mei 2019 (Weg): Op Sa-

terdag 11 Mei het 14 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag

teen Swellendam. Ons wen 7 van die kragmetings en 1 eindig ge-

lykop. Die tellings van die eerste span wedstryde is as volg: Rug-

by (46-5), Netbal (24-26), Seunshokkie (2-2) en Dogtershokkie

(0-1).

Sportdag teen Montana 18 Mei 2019 (Weg): Op Saterdag

18 Mei het 19 sportspanne deelgeneem aan ‘n sportdag teen Mon-

tana. Ons wen 11 van die kragmetings en 3 eindig gelykop. Die

tellings van die eerste span wedstryde is as volg: Rugby (28-5),

Netbal (32-34), Seunshokkie (2-3) en Dogtershokkie (0-0).

SPORTUITSLAE

BAIE GELUK!

Skaak: Geriant Se-

gelaar en Stephanie

Scheepers is op-

geneem in die Bo-

land-skaakspan. Hulle

neem die vakansie

deel aan die SA-kam-

pioenskappe in Kim-

berley. Baie geluk en

sterkte!

Toneel en Musiek:

Henry Viljoen het aan

die Nasionale To-

neelkompetisie se fina-

le rondtes deelge-

neem. Hy het puik

kommentaar gekry!

Baie geluk ook aan

hom.

Netbal: Baie geluk

aan Claudine Soldaat,

Gwenlynne Plaaitjies,

Suné den Engelsman,

Zindi van Zyl en Carli

Prins wat opgeneem is

in die Wynland-Noord

span.

Rugby: Baie geluk aan

Jaco Kriel wat deelge-

neem het vir Noord-

Boland in die finale

proewe.

2

Gwenlynne Plaaitjies is ingesluit in

die 0/18 Wes-Kaap Netbal-

span. Sy neem die vakansie van 4

tot 6 Julie in Wellington deel. Baie

geluk en sterkte Gwenlynne! Ons is

baie trots op jou!

SA TENNIS: Anro Nel

Anro het gedurende die 2de kwartaal aan vier O/18 ITF toer-nooie deelgeneem. Dit het in Bot-swana en Namibia plaasgevind. Anro het baie goed gedoen, voor die toernooie was hy 2368 ste op die O/18 wêreldranglys en het opgeskuif tot 1152 ste.

Geriant en Stephanie

Anro gaan in die vakansie weer aan verskeie toernooie deelneem. Hy speel in die Paarl, Durban en Johannesburg waarna hy vroeg in die 3de kwartaal aan twee O/18 ITF-toernooie in Zimbabwe gaan deelneem en dan ook een in Jo-hannesburg en een in Pretoria.

Page 3: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2019 (1).pdf · 2019. 6. 13. · Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor-daan, Mechyla Schoeman,

SOSIALE MEDIA—WAT IS JOU VERANTWOORDELIKHEID?

Of jy iets via ‘n WhatsApp-groep, Facebook, Twitter of Instagram vir mense stuur, sal

die inhoud hanteer word, asof jy dit op die voorblad van 'n koerant gepubliseer het.

Anonimiteit is 'n mite op die internet. Jy kan inhoud onder 'n skuilnaam publiseer,

maar IT-kundiges het maniere om jou op te spoor of hulle kan jou net deur jou RICA-

registrasie of GPS-ligging vind. Sodra inligting in 'n digitale formaat is, is dit heeltemal

buite jou beheer.

Ongeag die storms wat jy kan veroorsaak deur die grense van vryheid van spraak oor

onderwerpe van ras, godsdiens en/of politiek te skuif of om jou ontevredenheid oor jou

werkgewer uit te spreek, kan dit jou ook werkloos laat. As jy jou werkgewer in oneer

bring en jou plig van goeie trou en lojaliteit versaak, of jou gedrag het 'n negatiewe uit-

werking op die diensverhouding, kan jy ontslaan word. Om inhoud te skep en dit self op

sosiale media te plaas, is nie die enigste manier waarop jy in 'n sosiale media-flater be-

trokke kan raak nie.

Sodra iemand die inhoud van ander op die internet begin versprei, word ‘n ketting van

publikasie geskep. Enigeen in die ketting van die publikasie van onwettige, immorele of

ongrondwetlike inhoud kan verantwoordelik gehou word. Jy word deel van die ketting

wanneer jy: 1. Deel / ‘’retweet’’ / inhoud aanstuur. 2. As jy net ‘n plasing ‘’like / favour-

ite’’. 3. 'n Opmerking oor die inhoud maak of op kommentaar reageer. 4. Of as jy in die

inhoud gemerk is, of as iemand dit op jou bladsy plaas.

Om in 'n plasing gemerk te wees, is dalk nie 'n direkte aksie wat jy geneem het om die

inhoud verder te versprei nie, maar sodra jy die vermoë het om onsmaaklike of on-

wettige inhoud (of enige inhoud) te kan verwyder en jy kies om dit nie te doen nie, word

jy gesien as deel van die ketting van publikasie.

Ons het `n verantwoordelikheid om kinders op te voed om goeie digitale

burgers te wees. As jy ontsteld word deur wat jy op sosiale media sien, poog

dan ook om die wesenlike effek op 'n kind, wie se lewe ook op sosiale media

afspeel, se emosionele- en ontwikkelingswelsyn te begryp en daarmee te

simpatiseer.

Gebruik die eenvoudige THINK-metode voordat jy iets op sosiale media

stuur of deel: T – is it True? H – is it Helpful? I – is it Inspiring? N – is it

Necessary? K – is it Kind? Kuberboeliery is een van die grootste oorsake

van depressie in ons moderne tyd en moet aangemeld word, aan nie net die

skool en ouers nie, maar ook aan owerhede.

Die slagoffers van kuberboeliery kan by die naaste landdroshof aansoek doen om 'n be-

skermingsbevel ingevolge die Wet op Beskerming teen Teistering, 2011 (Wet 17 van

2011). Dit is byna onmoontlik om die internet en sosiale media en die uitwerking daar-

van op die samelewing te ignoreer. En, moenie vergeet om die skerms so nou en dan af

te skakel nie en sê vir die kinders om te gaan speel ... in die natuur.

Verkorte artikel van Rose-Anne Lyon (SAOU)

3

Page 4: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2019 (1).pdf · 2019. 6. 13. · Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor-daan, Mechyla Schoeman,

Landsdiens: Die eerste naweek van die vakansie gaan ons lede ’n provinsiale kamp

bywoon. Die Landsdiens het fondsinsamelings gehou en het onder andere ‘n kontant-

bedrag aan die Droogtehulpfonds geskenk. In die 3de kwartaal gaan hulle fokus op die

beskerming van diere, uitreik na die medemens en omgewingsprojekte.

Skoolkoor: Ons sê dankie aan die ongeveer 30 koorlede wat gereeld oefen onder

leiding van mnr. Jaco Beeslaar en Mev. Retha Schreuder. Ons sien uit daarna om na

hulle te luister en is baie opgewonde oor die pragtige vordering wat hulle maak.

Op Donderdag, 9 Mei, het die deelnemers aan Mnr. en Mej. HSM 2019 weer gewys dat hul stylvol en vol inisiatief is. Met die tema “Wêreldbeker Japan” het die leerders die loopplank betower in die verskeie afdelings. Requelle Johnson (hoofmeisie) en Tandré Hanekom (hoofseun), was die bekwame seremoniemeesters vir die aand.

Die beoordelaars het hierdie jaar ‘n moeilike taak gehad, want al die deelnemers was sterre. Die wenners was as volg: Mej. HSM – Anke le Grange, Mnr. HSM – John Wright, Mej. Junior HSM — Carli Prins en Mnr. Junior HSM— Chris Carstens.

Mej. Persoonlikheid: Kayleigh Maritz, Mnr. Persoonlikheid: Nigel Pearson, Mej. Bene: Suné den Engelsman en Mnr. Lyf: Tshepo Mzondi.

Baie dankie aan die BK, onder leiding van Mev. Ruth van Niekerk en Mnr. Johandre Olivier, vir die reëlings van die aand en al ons borge wat ons so getrou ondersteun.

KULTUUR

4

MNR. EN MEJ. HOËRSKOOL MONTAGU 2019

Winterbal: ʼn Baie suksesvolle Winterbal is op Woensdag 12 Junie 2019 in die skoolsaal

aangebied, met die tema ‘Snow White and the Huntman’. Die Senior VRL is verant-

woordelik vir dié pragtige, stylvolle aand.

Juniorbal: As gevolg van die gewildheid van ons Winterbal, is daar besluit om ook `n

Juniorbal op Donderdag 13 Junie 2019 te hou. Dit het hoofsaaklik bestaan uit graad 7 tot

9 leerders. Die Junior VRL was verantwoordelik vir `n puik aand van dans, eet, lag en ge-

sels.

Page 5: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2019 (1).pdf · 2019. 6. 13. · Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor-daan, Mechyla Schoeman,

Graad 12 Winterskool, Hereksamen, Verpligte Studie en Lenteskool

Daar word die vakansie ’n Winterskool in Wiskunde, Rekeningkunde, Geografie,

Fisiese Wetenskap en English Home Language vir die graad 12 leerders aangebied.

Verder skryf al die graad 12 leerders wat in die eksamen vakke gedruip het, vanaf 1

– 5 Julie 2019 hereksamen in die betrokke vakke om hulle te help om op die ver-

wagte standaard te presteer. Die betrokke leerders moet dus deur die loop van die

vakansie voorberei vir die hereksamen wat op 1 Julie begin. Om dié leerders te help

voorberei, is daar verpligte studie by die skool vanaf 24 Junie tot 28 Junie. Die graad

12 leerlinge wat die eksamenvakke gedruip het, moet volgens die skool se Ma-

triekbeleid die hereksamen skryf en hulle akademiese verpligtinge nakom (verpligte

skoolstudie tydens die vakansie) om hulle matriekvoorregte te behou.

Ten slotte sal Matrieks ook vanaf 20 Augustus tot 22 Augustus bykomende hulp

ontvang, in die vorm van ’n Lenteskool, met die oog op die September-eksamen. U

sal in volgende kwartaal ‘n rooster ontvang vir laasgenoemde.

Winterskool vir Graad 12 leerders: 4, 5 en 8 Julie 2019

Om die graad 12 leerders te help om vanjaar so goed as moontlik te doen, het die per-

soneel ingewillig om op 4, 5 en 8 Julie 2019 (die drie laaste weeksdae van die

komende vakansie) ‘n Winterskool- program vir ons graad 12 leerders aan te bied in

sekere vakke. Daar is geen koste aan verbonde nie en leerders kan informeel aantrek

en slegs die werk vir die betrokke dag saambring. Diegene wat nie aan die program

deelneem nie, gaan die volgende kwartaal beslis met ‘n groot agterstand begin.

5

Tekkie Tax: Op 13 Junie

het ons leerders deelge-

neem aan die landwye

veldtog —”Tekkie Taks”. `n

Bedrag van R1520 is in-

gesamel ten bate van

liefdadigheid. Baie dankie

aan die Junior VRL en

elkeen wat deelgeneem het.

Montagu Museum-

dag se Redenaars-

kompetisie. Tanika

Craf-ford behaal ‘n

tweede plek en Kieran

Boyce 'n derde plek.

Redenaars: Die Junior- en Senior Redenaars-

kompetisie het plaasgevind op Donderdag 2

Mei 2019. Dit is verblydend om te sien dat die

gehalte van die aanbiedings en aantal deel-

nemers elke jaar verbeter. Die toesprake was

van hoogstaande gehalte. Bertha Bopeka en Ky-

ra Conradie word as die Junior en Senior wen-

ners onderskeidelik aangewys.

Page 6: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2019 (1).pdf · 2019. 6. 13. · Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor-daan, Mechyla Schoeman,

AGTERSTALLIGE SKOOLGELD

Prodebt /Esterhuyze Inc het die invordering van agterstallige skoolgelde oorgeneem. Graag versoek ons dat geen verdere betalings aan Van Zyl Hofmeyr prokureurs gemaak moet word nie, maar alle betalings aan Prodebt / Esterhuyze Inc gemaak moet word. U word versoek om u verwysings nommer op alle betalings aan te bring, ten einde te verseker dat u betalings korrek geallokeer word.

Indien u onseker is oor u verwysingsnommer kan u Prodebt skakel by 023-3423873 of ‘n epos stuur aan [email protected] ter bevestiging daarvan.

Bankbesonderhede: Rekeningnaam – Esterhuyze Ingelyf Bank – FNB Rekeningnommer- 6278 453 9549 Takkode - 200407 Verwysingsno. – DEB..... Ons wil graag vir Van Zyl en Hofmeyr bedank vir baie jare se goeie diens en samewerking.

6

Beroepstoetsing: Graad 11 en 12

HS Montagu doen baie om leerders te help op die pad vorentoe. Op 16 Julie besoek Mev. Sin-marie Pieterse, ‘n opvoedkundige sielkundige, die skool. Die skool stel net die dienste bekend, maar alle korrespondensie en betalings geskied direk met Mev. Pieterse.

Die assessering behels die afneem van psigometriese toetse t.o.v. aanleg, persoonlikheid en be-langstelling. Daarna word terugvoer gegee aan ouers en leerders, moontlike studierigtings word bespreek en kontakinligting van instansies word verskaf. Die koste van die diens beloop R2200 wat alles insluit.

Sy kan gekontak word per e-pos, [email protected] of by 083 455 2606, indien u van haar

dienste gebruik wil maak.

Page 7: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2019 (1).pdf · 2019. 6. 13. · Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor-daan, Mechyla Schoeman,

SKOOLGELDE

Skoolgelde word by Mev. Beets (sekretaresse) be-taal. Alle navrae moet egter gerig word aan Mev. Lewis. Mev. Lewis is Maandae tot Vrydae tussen 07:30 tot 13:30 by die skool beskikbaar en kan geskakel word by 023 614 3138. Teen die einde van Junie 2019 be-hoort 50% van alle skool-gelde betaal te wees.

CSV: Op Vrydag 31 Mei

het pastoor Ivor Swartz

ons besoek. Hy het sy

lewensverhaal met die

graad 10 en 11 leerlinge

gedeel. Hy moedig leer-

ders aan om na mekaar se

stories te luister. Sy bood-

skap is dat ons, ons ge-

leenthede moet gebruik

en verantwoordelikheid

moet aanvaar vir ons eie

lewens en keuses. Dit was

‘n baie spesiale geleent-

heid met ‘n besonderse

boodskap.

PERSONEEL EN ALGEMEEN

Mev. Carien Burger en haar man Mnr. Ryno Burger het ‘n nuwe

kleinding ryker geword. Klein Pieter Gerrit Burger is op 4 Junie

2019 gebore. Baie geluk! Ons weet hy sal net vreugde bring!

Dankie vir die samewerking, ondersteuning en lojaliteit van die

afgelope kwartaal. Mag dié van u wat met vakansie gaan, veilig

reis en goed uitrus.

7

BEHEERLIGGAAM en ONDERSTEUNERSKLUB

Die Beheerliggaam en sy onderskeie subkomitees

funksioneer voluit. Die ampsdraers is as volg: Voorsitter:

Mnr. Theuns Carstens, Ondervoorsitter: Mnr. Juan Swa-

nepoel, Tesourier: Mnr. Philippie Olivier en Sekretaresse:

Dr. Nadine van Zyl.

Die onderskeie sub-komitees funksioneer onder die leiding

van die volgende Beheerliggaamlede: Koshuis: Mnr. Vikus

Ellis, Dissipline en Beleid: Mnr. Theuns Carstens, Geboue en

Terrein: Mnr. Alewyn Hugo, Finansies: Mnr. Philippie Oli-

vier, Bemarking: Dr. Nadine van Zyl, Ondersteuning en So-

siaal: Mev. Leana van Deventer en Skoolaktiwiteite: Mev. In-

grid Kriel.

Die afgelope kwartaal is daar hard gewerk aan ons terrein.

Die volgende groot projekte wat aangepak gaan word, is die

vervanging van die saalgordyne, koop van ‘n nuwe skoolbus

en verf van die skoolgebou.

Die Ondersteunersklub onder leiding van mnr. Alewyn

Hugo het gereeld vergader. Mnr. Alewyn Hugo (voorsitter)

en Dr. Nadine van Zyl (sekretaresse) sy termyn is verby. Ons

wil hulle hartlik bedank vir hulle leiding, tyd en groot bydrae

wat hulle gelewer het. Baie geluk aan Mnr. Jacques Carstens

(voorsitter) en Mev. Henriëtte Coetzee (sekretaresse) wat

verkies is en baie sterkte vir u werksaamhede. Die Onder-

steunersklub is besig met baie projekte. Deel hiervan is die

voorbereidings vir die matriek motiveringsgeleentheid, 60

jaar vieringe en hulp vir sport en instandhouding. Daar word

ook kwartaalliks ʼn geselligheid gehou.

Ek wil alle ouers aanmoedig om betrokke te raak. Die

Ondersteunersklub is ʼn uitstekende geleentheid hiervoor.

Onthou: “ ʼn Betrokke ouer is ʼn gelukkige ouer– net soos die

leerders!”

MONTIE GROETE. MNR. TERTIUS PRINS

SKOOLHOOF

Biblioteek:

Die biblioteek, onder

leiding van mev. Ina van

Heerden, het sy sewende

verjaarsdag gevier. Ons

is baie trots op ons bib-

lioteek. Baie dankie vir

die 17 biblioteekprefekte

vir hulle harde werk. Die

biblioteek is elke dag

eerste pouse en akti-

witeitsperiodes oop.

Seidy Hartman is die

hoofbiblioteekprefek vir

2019.

Page 8: Hoërskool Montaguhsmontagu.co.za/docs/uit die kantoor Junie 2019 (1).pdf · 2019. 6. 13. · Graad 10: Mia du Plessis, Ankia Ellis, Christiaan Enslin, Anton Jor-daan, Mechyla Schoeman,

BELANGRIKE DATUMS : 3DE KWARTAAL

Junie 24-28 Graad 12: Verpligte skoolstudie vir druipelinge

Julie 01-05 Graad 12: Aanvullende eksamen

04-08 Graad 12: Winterskool (Wiskunde, Rek, FW, Eng HT en Geografie)

09 Skool heropen 08:00 (Skooldag 08:00-14:30)

12 Graad 12: Engelse Mondeling (NSS Eksamen)

13 Sportdag teen Overberg (Tuis)

16 Graad 08 – 12 Ouergesprekke 16:30 – 18:30

20 Sportdag teen Langenhoven Gimnasium (Weg)

22 Beheerliggaamvergadering 18:00

23 KANSA Siviedag

24 Fotodag

27 Sportdag teen Langenhoven Riversdal (Tuis)

31 Graad 12: Afrikaanse Mondeling (NSS Eksamen)

Augustus

03 Sportdag teen Charlie Hofmeyr (Tuis)

07 Kooroptrede Worcester Eisteddfod

09 Skoolvakansiedag: Vrouedag

10 Geen Sport

12-17 Interskole week

14-24 Jeugkunstefees

15 Groot Brag 18:00 (Skoolsaal)

17 Interskole (Weg)

20-22 Graad 12: Lenteskool

23 Graad 12: Praktiese vakke Eksamen

26 Graad 12: Eksamen begin

28 Graad 08 – 11 Mini-eksamen begin

September

06 Graad 08 – 11 Mini-eksamen eindig

09 Beheerliggaamvergadering 18:00

13 Graad 12: Eksamen eindig

16 Graad 12: Eksamenvergadering en

Motiveringsgeleentheid

18 Eksamen: Engels Vraestel 3 (Gr.08-12)

Graad 12 L/S Montagu saalbyeenkoms

Graad 12: “Oscar-Saal”

19 Eksamen Gr 08-11: Afrikaans Vraestel 3 /

Matriekafskeid / Matriek Modeparade

20 Algemene kennis / Skool sluit

CODE OF RESPECT

The essence of good discipline is respect.

Respect for authority and respect for others; Respect for self and

respect for rules.

It is an attitude that begins at home, is rein-forced in school and is

applied throughout life.

8