30
UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART INHOUDSOPGAWE TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand is! www.durbanvillehs.co.za TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected] Brief van die hoof 2 Aankondigings 3-4 Durbie-ondersteunersdrag 5 Erekleure: 6-8 Akademie: Rekenaar-olimpiade 9 Wiskunde-olimpiade 10 Kultuur: Leon van Nierop besoek skool 11 Orkes-optrede by Plaasfees 11 Sport: Atletiek 12-13 Driekamp 14 Fietsry 14 Hokkie 15-16 Jiu Jitsu 17 Sport: Skaak 17 Krieket 18 Netbal 19 Perdry 20 Rugby 20 Swem 21 Tennis 22 Tweekamp 23-24 Sosiaal: Pick n Pay Women’s Walk 25 Netbalkliniek 26 Skryfbehoeftes aan Badisa 26 Advertensies,skenkings, borgskappe 27-29 Kalender en kontakbesonderhede 30

UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART

INHOUDSOPGAWE

TWEEWEEKLIKSE NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE

Die skool waar elkeen iemand is!

www.durbanvillehs.co.za

TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected]

Brief van die hoof 2

Aankondigings 3-4

Durbie-ondersteunersdrag 5

Erekleure: 6-8

Akademie: Rekenaar-olimpiade 9

Wiskunde-olimpiade 10

Kultuur: Leon van Nierop besoek skool 11

Orkes-optrede by Plaasfees 11

Sport: Atletiek 12-13

Driekamp 14

Fietsry 14

Hokkie 15-16

Jiu Jitsu 17

Sport: Skaak 17

Krieket 18

Netbal 19

Perdry 20

Rugby 20

Swem 21

Tennis 22

Tweekamp 23-24

Sosiaal: Pick n Pay Women’s Walk 25

Netbalkliniek 26

Skryfbehoeftes aan Badisa 26

Advertensies,skenkings, borgskappe 27-29

Kalender en kontakbesonderhede 30

Page 2: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

BRIEF VAN DIE HOOF

Geagte ouers

So het die einde van die eerste kwartaal van 2014 ook nou deel

van die geskiedenis geword.

Ons eerste kwartaal was propvol aktiwiteite en puik prestasies.

Baie dankie aan elkeen wat meegehelp het om dit alles te help gebeur.

Baie geluk ook aan elkeen wat presteer het en ’n ewe groot dankie aan

elke deelnemer aan watter aktiwiteit ookal. Dit bly vir ons belangrik om

balans in ons skoollewe aan te moedig en ek hoop dat ons dit nog vir

baie lank gaan regkry.

Saam met u kind se rapport het u ook ’n uitnodiging na die verskillende

oueraande gekry. Maak van die geleentheid gebruik om met u kind se onderwyser

kontak te maak – veral waar u kind dalk lyk of hy/sy nie die mas heeltemaal opkom nie.

Baie geluk ook aan al die akademiese presteerders en aan almal wat hulle persoonlike doelwitte

bereik het.

Volgende kwartaal is vol vakansiedae – dit gaan natuurlik weer erge uitdagings aan die akademie

stel. Ons wil u dus ook ernstig versoek om seker te maak dat u kind die skool getrou bywoon en nie

om onbenullige redes by die huis bly nie.

Ons skryf eksamen tot aan die einde van die kwartaal en u moet dit asseblief in gedagte hou

wanneer u u vakansiereëlings tref.

Die April-vakansie is ook weer vol sporttoere:

Die 0.19 A-hokkiespanne (seuns en dogters) toer George toe. Hulle gaan aan die York-toernooi

deelneem. Later in die week toer die 0.18-netbalspan ook George toe vir deelname aan ’n toernooi

waar die who’s who van netbalskole gaan wees.

Die eerste rugbyspan toer Oakdale toe. Die 0.14- en 0.15-rugbyspanne toer George toe en die 0.16-

dogtershokkiespan neem plaaslik deel aan ’n toernooi.

Dankie aan al die onderwysers en afrigters wat saamtoer. Ons waardeer die moeite en opofferinge.

By ons onlangse tussenverkiesing is mnre Riaan de Lange en Johan van Zyl tot die SBL verkies. Baie

dankie aan die ouers wat teenwoordig was by die verkiesing en baie geluk aan die twee menere met

hulle verkiesing. Ons wens hulle ’n goeie termyn toe.

Tydens die vakansie word warmwaterstelsels in die kleedkamers by die gimnasium geïnstalleer. Met

die nuwe LO-leerplan word meer klem op fisiese aktiwiteite gelê en raak storte in die skooldag baie

nodig.

Die hokkie-ouerkomitee het ook begin om gras om die astro aan te plant. Baie dankie daarvoor.

Ten slotte wil ons ook ons simpatie betuig met die familie van adv Rossouw wat voorverlede naweek

oorlede is.

Groete tot 7 April.

George Germishuys

Page 3: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

AANKONDIGING: Verandering aan slaagvereistes

Graad 8- en 9-leerders en -ouers moet asseblief daarop let dat die slaagvereistes vir die betrokke

grade vanaf 2014 verander het. Volgens die aankondiging in die staatskoerant no. 36041 van

28 Desember 2012 sal die volgende geld:

Leerder neem 9 vakke. (Hy moet dus die volgende behaal om te slaag):

Amptelike Taal op Huistaalvlak 50 % Vlak 4

Tweede Amptelike Taal 40 % Vlak 3

Wiskunde 40 % Vlak 3

Enige 3 ander vakke 40% Vlak 3

Twee van die oorblywende vakke 30% Vlak 2

AANKONDIGING: Skooldrag – Tweede kwartaal

Ons is in ’n oorgangsperiode tussen die verskillende seisoene. Leerders kan dus of wintersdag of

somersdag dra – soos die weer toelaat.

Page 4: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

AANKONDIGING: Afsluit van watertoevoer

Page 5: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

DURBIE-ONDERSTEUNERSDRAG

Bestel so gou as

moontlik!

Wagtydperk: 5

werksweke

Page 6: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

EREKLEURE: Funksie 17 Maart

Die volgende leerders het op 17 Maart erekleure, halfkleure of prestasiesertifkate ontvang. Baie

geluk aan elkeen van hulle!

1. VOLKLEURE

1.1 AKADEMIE

Graad 11 (Graad 10 • 2013)

1 Jeanne Nortje

2 Erik Knoetze

3 Carla Van Eeden

4 Rumay Strauss

5 Marlize Ter Borg

6 Nina Faulhammer

7 Louis Smit

8 Nadia Brunner

9 Hendrik La Cock

10 Megan Van der Merwe

11 Leandri Du Toit

12 Joganan Geldenhuys

13 Elmien Viljoen

14 Cara Van der Vyver

15 Anri Van Niekerk

16 Christel Kruger

17 Wilma Wessels

18 Marli Branders

19 Dominique Rocher

20 Jo Havenga

21 Elsa Mijburgh

22 Gitte Ter Borg

Graad 12 (Graad 11 • 2013)

1 Adriaan De Lange

2 Mikal Aylward

3 Tahlia Van der Merwe

4 Janke Jacobs

5 Carla Loubser

6 Nicola Calitz

7 Nika Brand

8 Meghan Bredenkamp

9 Anja Boonzaier

Page 7: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

EREKLEURE: Funksie 17 Maart

Volkleure vir Akademie: Graad 12 (Graad 11 • 2013) VERVOLG

10 Judith Stopforth

11 Wilmarie Visser

12 Janke Le Roux

13 Samantha Van Straaten

14 Stephan Van der Vyver

15 Bianca Strauss

16 Rian Laubscher

17 Nicole Lamprecht

18 Madri Maree

19 Louwrens Roux

20 Janke Tolmay

21 Nel Ehlers

22 Marné Du Plessis

23 Estée Van Tonder

24 Celine J van Rensburg

25 Marna Louwrens

26 Pascal Rocher

1.2 SPORT

1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-

span in ‘n reeks kompetisies waartydens

internasionale deelnemers ook teenwoordig is.

2 Quentin Raats Eerstespan-krieketspeler wat in ten minste 90% van

alle amptelike wedstryde per jaar oor ‘n tydperk van

2 jaar gespeel het.

3 Lara Mostert Eerstespan-tennisspeelster wat in ten minste 90%

van alle amptelike wedstryde per jaar oor ‘n tydperk

van 2 jaar gespeel het. Sy verteenwoordig die WP

dogters 0/17A-tennisspan

4

Nicole Schreuder Eerstespan-tennisspeelster wat in ten minste 90%

van alle amptelike wedstryde per jaar oor ‘n tydperk

van 2 jaar gespeel het. Sy verteenwoordig die WP-

dogters 0/19B-tennisspan

1.3 KULTUUR

1 Gitte Ter Borg Musiek: Unisa Klavier graad 7 (81%) en Teorie graad 5 (93%)

2 Mia Germishuys Is ‘n lid van die skool se blaasorkes vir 3 jaar

3 Louis Griebenow Klank en Beligting

Page 8: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

EREKLEURE: Funksie 17 Maart

2. HALFKLEURE

2.1 AKADEMIE

Graad 11 (Graad 10 • 2013)

Graad 12 (Graad 11 • 2013)

2.2 SPORT

1 Jané Gerber Verteenwoordig die WP-dogters 0/17B-tennisspan

2 Leandri Du Toit

3 Hentie Van der Merwe Verteenwoordig die WP-seuns 0/15B-tennisspan

4 Ruan Naudé Binnenshuisehokkie. Verteenwoordig die West

Coast Stingrays seuns 0/14 op Nasionale Liga-

kampioenskap

5 Mattieu Bettings

6 Lizaan Van Aardt Binnenshuisehokkie. Verteenwoordig die West

Coast Stingrays dogters 0/18 op Nasionale Liga-

kampioenskap

2.3 KULTUUR

1 Wynand Bezuidenhout Is lid van die skool se blaasorkes vir 2 jaar.

2 MJe Boshoff Neem deel aan die ATKV-redenaars 2012 en 2013

Semifinaal 3 Elmien Viljoen

3. PRESTASIESERTIFIKATE

1 Louw Redelinghuys

1 Inge Odendaal

2 Megan Coetzee

3 Michelle Franken

1 Celeste De Villers Neem deel aan die Nasionale Danskampioenskap en behaal

‘n Bronsmedalje in die Latynse-afdeling

2 Yolandie Viljoen Neem deel aan die Nasionale Danskampioenskap en behaal

‘n Bronsmedalje in die Latynse- sowel as Ballroom-afdeling.

3 Jason Van der Walt Klank en Beligting

4 Wian Steenkamp

Page 9: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

AKADEMIE: Rekenaarolimpiade

2014 Rekenaarolimpiade – Talentjagafdeling

Papiergebaseerd

Jason van der Walt 1

Alexi du Preez 2

Tertius van Niekerk 3

Rekenaargebaseerd

Graad 12

Barend Erlank 1

Stephan van der Vyver 2

Celine Jansen van Rensburg 3

Graad 11

Niel Coetzee en Louis Smit 1

Hendrik la Cock 2

Algehele wenners (van die rekenaargebasseerde olimpiade)

Niel Coetzee en Louis Smit 1

Carlo de Villiers (Gr 10) 2

Barend Erlank 2

Page 10: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

AKADEMIE: Wiskunde-olimpiade

Op 14 Maart het 51 leerders deelgeneem aan die eerste ronde van die South African Maths

Foundation se Wiskunde-olimpiade. ‘n Rekordgetal van 28 leerders het deurgedring na die tweede

ronde wat op 13 Mei plaasvind. Baie geluk, met ‘n spesiale gelukwensing aan Phillip Swart en Juan

Barnard wat 90% behaal het, en Niel Theron wat 80% behaal het.

Sterkte met die voorbereiding vir die tweede ronde! Ons is trots op julle.

Naam Graad

Alexi du Preez 8

Juan Barnard 8

Louis Fourie 8

Michael Cilliers 8

Niel Theron 8

Jansie Slabbert 9

Kobus Maree 9

Lorin Blaauw 9

Marinel Wegman 9

Mathhys Carstens 9

Phillip Swart 9

Carlo de Villiers 10

Duo Lureman 10

Izelle Viljoen 10

Christel Kruger 11

Jacques Olivier 11

Johan Slabbert 11

Louis Smit 11

Niel Coetzee 11

Celine Jansen van Rensburg 12

Erika Breytenbach 12

Jéhan Koegelenberg 12

Marné du Plessis 12

Nel Ehlers 12

Pascal Rocher 12

Rian Laubscher 12

Stefan van der Vyver 12

Tineke Wolfaardt 12

Page 11: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

KULTUUR: Leon van Nierop besoek HSD

KULTUUR: Diemersdal Plaasfees

Die orkes het op 22 Maart by die Plaasfees op Diemersdal opgetree.

Page 12: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Atletiek – Noordsonebyeenkoms

Ná HSD se uitstekende prestasies by die interskole-atletiekbyeenkoms tussen ons, Hoërskool

Fairmont en Hoërskool Settlers, het die top-atlete op 28 Februarie en 1 Maart aan die

noordsonebyeenkoms deelgeneem. Ook hier het HSD se atlete geskitter! Die volgende leerders is in

die noordsone-span opgeneem:

Alexis Hickson: Verspring, 100m, 400m,en 200m, O/15-dogters

Annelie Young: Spiesgooi, O/14-dogters

Ben Jordaan: Spiesgooi, O/19-seuns

Bertmari Kraay: 200m en 400m, O/17-dogters

Chené Bosch: 100m, O/14-dogters

Derick Turner: Spiesgooi, O/17-seuns

Jana Duvenhage: 3000m, O/17-dogters

Jansie Slabbert: 1500m, O/15-dogters

Kayleb van der Merwe: Verspring, O/14-seuns

Leiere Falck: 90m hekkies, O/15-dogters

Lelande Esterhuyse: Verspring, O/15-dogter

Nicola Smith: Hoogspring, O/14-dogters

Phillip Jacobs: Gewigstoot, O/17-seuns

Pierre Jansen van Rensburg: Gewigstoot, O/19-seuns

Rowan Wolmerans: Gewigstoot, O/17-seuns

Ruben Coetzee: Diskus, O/15-seuns

Tania Coetzee: Hoogspring, O/14-dogters

Die leerders wat opgeneem is in die noordsone-span. Agter, vlnr: Derick Turner, Phillip Jacobs, Kayleb

van der Merwe, Ben Jordaan en Pierre Jansen van Rensburg. Middel, vlnr: Nicola Smith, Annelie

Young, Chené Bosch, Tania Coetzee en Jana Duvenhage. Voor, vlnr: Leiere Falck, Alexis Hickson,

Lalande Esterhuyse, Jansie Slabbert en Bertmari Kraay. (Nie op foto: Ruben Coetzee en Rowan

Wolmerans)

Page 13: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Atletiek – WP-byeenkoms

Die se atlete wat deel is van die noordsone-span het toe op Saterdag 8 Maart deelgeneem aan die

Westelike Provinsie-atletiekbyeenkoms.

Die volgende leerders het plekke behaal:

Phillip Jacobs Gewigstoot O/17-seuns 2de

Bertmari Kraay 400m O/17-dogters 1ste

Bertmari Kraay 200m O/17-dogters 2de

Alexis Hickson 100m O/15-dogters 3de

Alexis Hickson 200m O/15-dogters 3de

Alexis Hickson Verspring O/15-dogters 2de

Alexis Hickson 400m O/15-dogters 4de

Ben Jordaan Spiesgooi O/19-seuns 3de

Derick Turner Spiesgooi O/17-seuns 3de

Leiere Falck 90m Hekkies O/15-dogters 3de

Chené Bosch 200m O/14-dogters 4de

Die volgende leerders is na afloop van hierdie byeenkoms in die Westelike Provinsie Hoërskole

Atletiekspan opgeneem wat op 14 en 15 Maart aan die Wes-Kaap-kampioenskappe in Oudtshoorn

deelgeneem het: (VLNR) Bertmari Kraay, Alexis Hickson, Leiere Falck en Derick Turner

Derick Turner (spiesgooi) en Bertmari Kraay (400m + Medley-aflos) het tydens die WP-

kampioenskappe op 7 en 8 Maart die kwalifiserende afstand gegooi en kwalifiserende tyd

gehardloop om aan die ASA Suid-Afrikaanse Junior Nasionale Kompetisie deel te neem wat op 3 tot 5

April by Coetzenburg Stadium in Stellenbosch plaasvind.

Albei het ook podiumposisies verwerf tydens hierdie byeenkoms, en is in die Westelike Provinsie

Atletiekspan – Youth u18/ BOYS en Youth u18/GIRLS – opgeneem.

Page 14: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Driekamp

Arno Nothnagel het op Saterdag 22 Februarie aan die jaarlikse Xterra-driekampbyeenkoms by

Grabouw Country Club deelgeneem. Hy was in ‘n span saam met sy pa, Andre ('n oud-Durbie) en 'n

familievriend, Rob Boyd. Hulle het ingeskryf as 'n aflosspan, naamlik Die 2 boere en die Brit.

SPORT: Fietsry

Miré Herbst het as volg presteer tydens die Argus-fietswedren:

Tyd Posisie Posisie: geslag

Groep: Begin

Groep: Posisie

Ouderdoms-groep

Ouderdoms-posisie

Gemiddelde spoed

3:45:17 5475/ 31046

341/ 5881

Q 263/ 543

F Junior 2/114 29.03

Baie geluk, Miré!

Armin O’Connor het 4de geëindig in die Eliminator Series.

In geheel het ons 5de van 21 skole geëindig en in die proses skole soos SACS uitgestof.

Baie geluk aan almal betrokke!

Page 15: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Hokkie – Dogters

Baie geluk aan ons somerligadogtershokkiespan wat gedurende die 1ste kwartaal ál 6 hulle

somerligawedstryde gewen het.

Vrydag 28 Februarie

VS Milnerton Wen 2 – 0

Vrydag 7 Maart

VS Settlers Wen 2 – 0

SPORT: Hokkie – Seuns

Baie geluk aan die volgende leerders wat in WP-spanne opgeneem is:

Marné du Plessis – O/18-dogters

Shannon Steyn – O/16-dogters

DOGTERSHOKKIE: O/14A DF Malan Toernooi

Vs Pinelands wen 4 – 0

Vs Bellville wen 1 – 0

Vs Paarl Gimnasium gelykop 0 – 0

Vs Fairmont wen 3 – 1

Vs Parel Vallei verloor 0 – 2

Vs Fairbairn Kollege wen 1 – 0

Vs Montana wen 1 – 0

SEUNSHOKKIE: O/14A DF Malan Toernooi

7 gespeel en 7 verloor

Page 16: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Hokkie – SA mans besoek HSD

Op Donderdag 6 Maart het ses van die Suid-Afrikaanse Manshokkiespan ’n hokkiekliniek by HSD

aangebied. Dit was van groot waarde vir almal wat dit bygewoon het.

Hier is van die O/19A- en O/16A-dogters saam met van die SA-spelers:

AGTER, VLNR: Minette Warricker, Marizaan Verwey, Christel Kruger, Danika Pienaar, Inge Odendaal,

Marné du Plessis, Chandra Stemmet, Lizaan van Aardt, Jana Duvenhage, Minca Rossouw en SA-

speler Pierre de Voux

VOOR, VLNR: Janke Jacobs, Jo Havenga, Jean-Mari du Plessis, Sylvia van Rooyen, Shannon Steyn,

Mari-Louise Hellström en SA-speler Nick Spooner

Hier is van die O/19A-seuns saam met ’n SA-speler:

AGTER, VLNR: Ruan Naude, Arno Nothnagel, Jehan Koegelenberg, SA-speler Wade Paton, Louwrens

Roux, Derick Turner, Vincent van Wyk, Mathys Briers en Stiaan Roux

VOOR, VLNR:Hans Smuts en Adrian Koche

Page 17: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Jiu Jitsu

Hendrik la Cock het die naweek van 20 Maart in Mosselbaai in die SWD Classic Jiu Jitsu (submission

grappling) kampioenskappe ‘n goue medalje in die <60kg gewigskategorie behaal.

Baie geluk, Hendrik!

SPORT: Skaak

Nika Brand (links) en Marco Nothnagel (regs) het as wenners uit die stryd getree tydens HSD se

interne skaakkompetisie. Sowat 38 leerders het deelgeneem aan die kompetisie.

Page 18: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Krieket

O/19A Krieket vs Table View, Saterdag 01 Maart

Durbanville 283 almal uit

Beste kolwers: Karl – Heinz Hellmann Donovan Prince

125 95

Table View 147 almal uit

Beste boulers: Jared Linssen Louwrens Roux Benn van der Westhuizen

3/30 2/26 2/27

Durbanville wen met 137 lopies

O/15A Krieket vs Westelike Provinsie KK, Saterdag 01 Maart

WPKK 164/5

Durbanville 47 almal uit

Durbanville verloor met 117 lopies

SAMMY BLOCH-TOERNOOI

O/19A Krieket vs Fairmont (Uitklopfinaal), Woensdag 26 Februarie

Fairmont 150 almal uit

Beste boulers: Emce van der Walt Theunis du Toit

3/38 2/17

Durbanville 98 almal uit

Beste kolwers: Benn van der Westhuizen

26

Durbanville verloor met 52 lopies

Page 19: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Netbal

HMS Paarl Netbaldag

o.18 A vs Dirkie Uys wen 14 – 12

Vs Bellville wen 18 – 8

Vs HMS verloor 4 – 19

Vs Stellenberg verloor 6 – 15

Vs De Kuilen verloor 8 – 21

o.17 A vs HMS verloor 3 – 17

Vs De Kuilen verloor 3 – 14

Vs Bellville verloor 7 – 15

Vs Stellenberg verloor 3 – 17

o.16 A vs Langenhoven Gim wen 15 – 7

Vs HMS verloor 12 – 13

Vs Stellenberg verloor 9 – 14

Vs Dirkie Uys wen 13 – 12

o.15 A vs Stellenberg verloor 5 – 23

Vs De Kuilen verloor 6 – 20

Vs Langenhoven Gim wen 14 – 13

Vs HMS verloor 10 - 17

o.14 A vs HMS verloor 12 – 14

Vs Stellenberg wen 15 – 5

Vs Dirkie Uys verloor 6 – 10

Vs De Kuilen wen 13 - 12

Brackenfell Sportdag

o.19 A vs Swartland verloor 5 – 8

Vs Outeniqua verloor 3 – 10

Vs Strand verloor 6 – 7

o.16 A vs Bloemhof verloor 5 – 11

Vs Outeniqua verloor 9 – 13

Vs Swartland wen 12 – 11

o.14 A vs DF Malan wen 8 – 6

Vs Bellville wen 8 – 7

Vs Swartland wen 10 – 3

Page 20: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Perdry

Die naweek van 1 tot 2 Maart het drie van ons leerders deelgeneem aan die SANESA Kwalifiseerder 2

vir perdry. Hulle is Genna van der Merwe, Cara van der Westhuizen en Lara van Tonder. Hulle het as

volg presteer:

Genna van der Merwe: 1ste plek in dressage

Cara van der Westhuizen: 3de plek in dressage

1 ste plek in Performance riding

2 de plek in Working riding

Lara van Tonder: 3 de plek in Equitation

Die volgende Kwalifiseerder vind die naweek van 12 – 13 April plaas.

SPORT: Rugby

Brackenfell Sportdag en Hermanus O/16 Rugbynaweek

o.19 A vs Jan van Riebeeck Wen 38 – 7

o.16 A vs Punt Wen 49 – 5

o.16 A vs SACS Verloor 3 – 12

o.15 A vs Jan van Riebeeck Wen 17 – 3

o.14 A vs Bernadino Heights Wen 49 – 7

Page 21: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Swem

HSD het op 3 Maart aan die WP se B-liga-swemkampioenskappe deelgeneem en algeheel derde

geëindig. Ons leerders het as volg presteer:

Marna Louwrens: 2 eerste plekke (50m vryslag en vlinderslag)

Roseline Loubser: 2 eerste plekke (50 m vryslag en rugslag)

1 tweede plek (200m individuele wisselslag)

Juan Barnard: eerste plek (50 m borsslag)

Werner Meyer: derde plek (50m vryslag)

Stephen Rabie: derde plek (50 m rugslag)

Jason van der Walt derde plek (50m vryslag)

Aflosspanne

O/14 Seuns-span: 2 tweede plekke

O/16 Meisies-span: 2 eerste plekke

O/16 Seuns-span: 1 tweede plek

O19 Meisies-span: 1 tweede plek

Die volgende leerders het gekwalifiseer om aan die onderskeie nasionale galas deel te neem:

Marna Louwrens (level 3)

Roseline Loubser (level 3) – kwalifiseer ook vir die SA Senior Swemkampioenskappe

Stephen Rabie (level 3)

Werner Meyer (level 2)

Jean Rabie (level 2)

Marinel Wegman (level 1)

Jason van der Walt (level 1)

VLNR: Marna Louwrens, Roseline Loubser, Marinel Wegman, Jason van der Walt en Werner Meyer.

(Nie op foto: Jean Rabie en Stephen Rabie)

Page 22: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Tennis

Finale (1ste en 2de liga)

Seuns

1ste vs Wynberg Wen: 5 – 1 (5de

2de vs Biskoppe speel Woensdag 12 Maart

Dogters

1ste vs Herschell verloor 0 – 6 (4de)

2de vs Wynberg verloor 2 – 4 (2de)

3de vs Chesterhouse Wen: 4 – 2

24 – 26 Februarie

Seuns

1ste vs Parklands Wen: 4 – 2

2de vs Fairbairn Kollege Wen: 4 – 2

3de vs Fairmont Wen: 6 – 0

4de vs Melkbosstrand Wen: 4 – 2

Dogters

1ste vs Parklands verloor 2 – 4

2de vs Fairmont gelykop 3 – 3

3de vs DF Malan Wen: 5 – 1

Page 23: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Tweekamp

Liga 9 Uitslae – 22 Februarie 2014

Seuns O/15

Naam Posisie behaal

Johan Kruger 5

Seuns O/15

Naam Posisie behaal

Mje Boshoff 1

Seuns O/17

Naam Posisie behaal

Lambert Brink 2

Seuns O/19

Naam Posisie behaal

Wian Venter 2

Dogters O/15

Naam Posisie behaal

Lalande Esterhuizen 6

Marinel Wegman 7

Dogters O/17

Naam Posisie behaal

Dominique Rocher 5

Dogters O/19

Naam Posisie behaal

Marna Louwrens 1

Liga 10 Uitslae – 4 Maart 2014

Seuns O/15

Naam Posisie behaal

Johan Kruger 10

Page 24: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SPORT: Tweekamp

Seuns O/15

Naam Posisie behaal

Mje Boshoff 3

Muller Cronje 10

Seuns O/17

Naam Posisie behaal

Jason Van der Walt 5

Seuns O/19

Naam Posisie behaal

Wian Venter 5

Hanno Esterhuizen 8

Dogter O/15

Naam Posisie behaal

Lalande Esterhuizen 10

Saskia Swart 11

Dogters O/17

Naam Posisie behaal

Barbara Cronje 10

Dominique Rocher 11

Dogters O/19

Naam Posisie behaal

Marna Louwrens 2

Pascal Rocher 5

Baie geluk aan die volgende leerders wat hulle WP-kleure verwerf het en aan die SA-

kampioenskappe in Potchefstroom gaan deelneem:

Mje Boshoff

Lambert Brink

Jason van der Walt

Hanno Esterhuizen

Wian Venter

Marna Louwrens

Pascal Rocher

Page 25: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SOSIAAL: Pick n Pay Women’s Walk

‘n Groep van HSD se dogters het op Saterdag 22 Februarie hulp en aanmoediging verleen by Pick n

Pay se Women’s Walk wat by die Durbanville Renbaan plaasgevind het. Die opbrengs van die

pretstap gaan vir borskankerbewusmaking. Die Durbie-dogters het onder meer gehelp om stappers

se hare pienk te spuitverf (sien die foto met hul hande) en om stappers aan te spoor soos dirigente.

Vlnr: Lenke Tredoux, Danielle Odendaal, Lienka de Wet, Emma-Lee de Witt

Agter, vlnr: Courtney Fritz, Tammy-Lee Jonothan, Janique Fourie en Yamkela Kuse

Voor, vlnr: Zianne van Tonder, Danielle Odendaal, Lienka de Wet, Emma-Lee de Witt en Lenke

Tredoux

Page 26: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

SOSIAAL: Netbalkliniek

Anthea Haskin het op Saterdag 8 Maart ’n netbalskeidsregterskliniek by HSD aangebied, wat ook

bygewoon is deur onderwyseresse van Laerskool Alpha in Morningstar. Hier oorhandig die 0/18-

toerspan beffies en balle aan die personeel van Laerskool Alpha ter bevordering van netbal in dié

skool.

AGTER, VLNR: Cara Heunis, Nadia Brunner, Marna Louwrens, me. Janine Floors, me. Hemelda

Solomons en me. Dominique Peters.

VOOR, VLNR: Chané Erasmus en Rumay Strauss

SOSIAAL: Skryfbehoeftes aan Badisa

Graad 11-leerders van HSD het skryfbehoeftes aan Me. Groenewald van die Welgemoed-gemeente

oorhandig – sy is een van BADISA se barmhartigheidsdienswerkers wat sorg dat hierdie skenkings

uitgedeel word waar behoefte is.

VLNR: Christiaan Bothma, Rowan Wolmarans, me. Amelia van Wyk (onderwyseres), Daniel Venter,

me. Groenewald, Jean-Lux Herbst en EMCE van der Watt

Page 27: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe

NUUT VAN PICK N PAY: Vra u kinders asseblief om al u Pick n Pay-strokies in die kartonhouer in die

bemarkingskantoor te kom gooi. Sodra ons 1 000 strokies versamel het, ontvang ons skool R1 000 se

Smart Shopper-punte!

Page 28: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe

Die skool se Gholfdag vind plaas op 8 Mei. As daar enige ouers is wat pryse kan skenk, kontak

asseblief vir Leonie Nel in die bemarkingskantoor.

Page 29: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe

Kontak asb. die bemarkingskantoor indien u in die nuusbrief wil adverteer

Page 30: UITGAWE 3 VAN 2014: 28 MAART · 2016-04-15 · 1 Simone Swanepoel Verteenwoordig die Suid-Afrikaanse Kiteboarding-span in ‘n reeks kompetisies waartydens internasionale deelnemers

KWARTAALPROGRAM EN KONTAKBESONDERHEDE

APRIL

Ma 7 Skool open

Vry 11 Mnr & Mej Durbie Gala-aand

Sa 12 Koor-oefendag (ouditorium)

Ma-Do 14-17 CSV-omgeeweek

Ma 14 Oueraand Graad 11 en 12

Wo 16 Oueraand Graad 8, Bloedskenk

Vri 18 Goeie Vrydag

Mar 21 Familiedag (Paasmaandag)

Wo 23 Oueraand Graad 9 en 10, Junior Talentaand

Do 24 Senior Talentaand

Vr 25 Beroepedag (Gimnasium)

Ma 28 Vakansiedag (Vryheidsdag 27 April)

Di 29 Skoolvakansiedag

Wo 30 Skoolvakansiedag

MEI

Do 1 Werkersdag

Vr 2 Skoolvakansiedag

Di 6 Opedag

Wo 7 Algemene verkiesing

Do 8 Gholfdag

Vr 9 Kunsuitstappie Graad 10

Sa 10 Sportdag vs Hugenote (weg)

Wo 14 Natuurwetenskapolimpiade Graad 8 en 9

Di 20 Senior Afrikaanse Olimpiade

Do 29 Hemelvaart

JUNIE

So-Vr 1-6 Pinkster

Vr 6 Eksamen begin

Ma 16 Jeugdag

Vry 27 Skool sluit

REKLAMEMATERIAAL: VRYWARING

Let asb. op dat Hoërskool Durbanville nie

verantwoordelik gehou kan word vir die inhoud van

advertensies van ‘n derde party wat hul dienste en /

of produkte in die aanlyn-nuusbrief adverteer nie;

ook nie vir die geloofwaardigheid en / of korrektheid

van die geadverteerde diens en / of produk nie.

Die derde party adverteer sy / haar diens en / of

produk op eie risiko op die voorwaardes soos vervat

in die oorspronklike ooreenkoms en enige verbruiker

wat gebruik maak van die geadverteerde diens en / of

produk, doen dit op eie risiko.

KONTAKBESONDERHEDE

Tel / Faks: 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f)

Algemeen: [email protected]

Sport: [email protected]

Kultuur: [email protected]

Bemarking: [email protected]

Alumni / Oudleerders:

[email protected]

Borge: [email protected]

Klerewinkel: [email protected]

Boekekamer: [email protected]

LET WEL: Die Junior Bal het op Vrydag 14 Maart plaasgevind en die Mnr. en Me. Durbie Gala-aand

vind plaas op 11 April. Weens die verkiesing skuif die Opedag van 7 na 6 Mei