8
Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] BANKBESONDERHEDE: NG Kerk Miederpark, ABSA Tjekrek 680 590 591 , Potchefstroom NG Kerk Miederpark Sending, ABSA Tjekrek 405 41 9146, Potchefstroom IEDERARK 27 JANUARIE 2013 UITGAWE 3/2013 Wat gebeur DV die volgende week….…… Sondag 27 Januarie ErediensDoop Sondagskool Gr 1-6 Selleiersvergadering Kruislig Koffiediens Tienerdiens Gr 7-11 09:15 17:30 Maandag 28 Januarie Week van Gebed Getuienisbediening 18:00 Dinsdag 29 Januarie Week van Gebed Mediavergadering 18:00 Woensdag 30 Januarie Week van Gebed Donderdag 31 Januarie Week van Gebed Vroue Bybelstudie 10:00 Vrydag 1 Februarie Saterdag 2 Februarie Manne Bid-uur 06:30 Sluit by ons aan op

IEDERARK - Maak dissipels van Christus... Jan.pdf · UITGAWE 3/2013 BLADSY 2 KANSA POTCHEFSTROOM Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie herdenk. Om hierdie Zn spesiale geleentheid

  • Upload
    dohanh

  • View
    216

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: IEDERARK - Maak dissipels van Christus... Jan.pdf · UITGAWE 3/2013 BLADSY 2 KANSA POTCHEFSTROOM Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie herdenk. Om hierdie Zn spesiale geleentheid

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers Ds Dorette Cilliers

(018) 294 8197 (018) 297 7926 (018) 297 7926

082 340 7549 083 262 6783 074 434 7093

Kerkkantoor

Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900

Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za

Epos [email protected]

Sendingkantoor [email protected]

Jeugkantoor [email protected]

BANKBESONDERHEDE:

NG Kerk Miederpark, ABSA Tjekrek 680 590 591 , Potchefstroom

NG Kerk Miederpark Sending, ABSA Tjekrek 405 41 9146, Potchefstroom

IEDERARK

27 JANUARIE 2013 UITGAWE 3/2013

Wat gebeur DV die volgende week….……

Sondag 27 Januarie Erediens—Doop Sondagskool Gr 1-6 Selleiersvergadering Kruislig Koffiediens Tienerdiens Gr 7-11

09:15 17:30

Maandag 28 Januarie Week van Gebed Getuienisbediening

18:00

Dinsdag 29 Januarie Week van Gebed Mediavergadering

18:00

Woensdag 30 Januarie Week van Gebed

Donderdag 31 Januarie Week van Gebed Vroue Bybelstudie

10:00

Vrydag 1 Februarie

Saterdag 2 Februarie Manne Bid-uur 06:30

Sluit by ons aan op

Page 2: IEDERARK - Maak dissipels van Christus... Jan.pdf · UITGAWE 3/2013 BLADSY 2 KANSA POTCHEFSTROOM Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie herdenk. Om hierdie Zn spesiale geleentheid

UITGAWE 3/2013 BLADSY 2

KANSA POTCHEFSTROOM

Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie herdenk.

Om hierdie ‘n spesiale geleentheid te maak is daar op Saterdagaand 2 Februarie 2013 om 18:30 vir 19:00

‘n kersaansteekseremonie op die trappe van Mooirivier Mall by Dulcé Café se ingang sodat die lewe ge-

vier kan word en ons diegene wat nie meer by ons is nie, kan onthou. Kersies kan vooraf by Dis-Chem,

Kampus Apteek en KANSA kantoor aangekoop word en met die aand se verrigtinge sal verversings by

Dulcé Café te koop wees. Inkomste word na KANSA Potchefstroom gegenereer. Daar sal ook ‘n kort pro-

gram die aand aangebied word.

VALENTYNSBASAAR

Potchefstroom Dienssentrum bied op Dinsdag 12 Februarie 2013 ’n heerlike Valentynsbasaar aan.

Gaskunstenaar: 10:00 - 11:00 Hannes van Tonder

Basaar vanaf 08:00 tot 14:00

Plek: Chris Hanirylaan 90

’n Groot verskeidenheid items en produkte te koop.

Graad 1-6 kom dieselfde tyd as die erediens in die kerk bymekaar vir die Kinderkerk. Daarna word in

die graadgroepe verdeel.

Graad 7-11 kom dieselfde tyd as die aanddiens in die saal bymekaar vir die Tienerdiens.

Met die 40-dae projek in gedagte en om die kinders te leer wat dit beteken om prakties dissipel vir

Jesus te wees, het ons die volgende byeenkomste in die week:

Gr 1-3 Maandae 16:30—17:00 ; Gr 4-6 Dinsdae 16:30—17:00; Gr 7-9 Woensdae 17:00— 17:30; Gr

10-11 Donderdae 17:00—17:30

Matrix is Sondag aande na die aanddiens.

Gr 1-3 gaan 8 en 9 Februarie op ‘n plaaskamp.

Page 3: IEDERARK - Maak dissipels van Christus... Jan.pdf · UITGAWE 3/2013 BLADSY 2 KANSA POTCHEFSTROOM Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie herdenk. Om hierdie Zn spesiale geleentheid

BLADSY 3

GEBEDSVERSOEKE

UITGAWE 3/2013

HOSPITAALSENDING—Petro Zaayman

Bid asb vir:

Louise Horn en haar groep wat vandag die boodskap by die hospital bring;

‘n Enkel werklose vroutjie met erge depressive en moeilike huislike omstandighede het nie blyplek as sy ont-

slaan word nie.

‘n Vrou met septiese wond wat moeilik genees.

Man wat ‘n diabeet is, het nie bloedsirkulasie in sy bene nie. Hy is bang vir amputasie. Hy werk nog en hul

kan nie sonder sy inkomste nie.

Dank ons Here:

Dat Hy self mense aanraak. Dankie vir mense wat omgee vir hierdie ou groepie wat so swaar kry.

ANGOLA SENDING—Freddie

Februarie begin Freddie hulle weer met die BOFF klasse in Seronga.

Bid asb vir:

Elkeen wat die kursus gaan bywoon.

Dat die Here hulle harte sal ontvanklik maak vir die kursus sodat hulle ook voorbereid sal wees.

MALAWI SENDING—Pieter

Baie dankie vir:

Genoegsame reën wat ons kry;

Dat Pieter ‘n geleentheid na Blantyne gekry het om sy tydelike permit te gaan haal.

Bid asb vir:

Die Bybelstudies wat hy nou apart met sy mense doen.

Pieter sukkel nog baie met sy voet wat so lelik gesny is. In die trope neem wonde baie lank om te genees. Bid

asb dat dit volkome sal genees.

Op 3 Februarie begin ‘n unieke projek in ons gemeente! Ons gaan 40 dae lank spandeer by die tema “Doelgerigte

liefde”. Ons wil leer wat die liefde van die Here beteken en hoe ons dit prakties kan leef. Dis ‘n uitdaging want as

individue en as gemeente het ons nie regtig ‘n idee wat dit beteken nie. Met hierdie 40-dae projek wil ons die Here

vra om ons en ons gemeente se geskiedenis te verander! Van die reëlings:

Ons gaan elkeen individueel stiltetyd hou rondom die temas. Skryf jou naam op die lyste wat by die deure is

en gee ook jou e-pos adres. Die materiaal word elektronies gestuur. Ons gaan ook twee kursusse aanbied oor

wat stiltetyd is, en hoe om stiltetyd te hou.

Ons soek ten minste 40 gesinne wat by die projek inskakel en vir die 40 dae elke dag die stukke huisgodsdi-

ensmateriaal met mekaar gaan bespreek. Ons gaan ook ‘n kursus aanbied oor hoe om huisgodsdiens te hou

en waarom dit nodig is om huisgodsdiens te hou.

Ons vra 40 dames en 40 mans wat hulself wil verbind vir die 40 dae om die pad te loop …. en ook persoonlik

daarmee voort te gaan as die 40 dae verby is! Ds Okkie en Dorette Cilliers gaan hier die verantwoordelikheid

neem.

Ons wil die goed in kleiner groepe en ook in selgroepe laat funksioneer. Ds Willem gee hier die leiding.

Al die aktiwiteite in die gemeente gaan in dié tyd rondom die temas draai. Hierdie is ‘n lewensveranderde ervaring.

Page 4: IEDERARK - Maak dissipels van Christus... Jan.pdf · UITGAWE 3/2013 BLADSY 2 KANSA POTCHEFSTROOM Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie herdenk. Om hierdie Zn spesiale geleentheid

BLADSY 4 UITGAWE 3/2013

VERITAS SENDING—Ds Dawie en Naomi de Wet Dawie is besig met opleiding in Pretoria saam met Theuns Henn. Ek neem vrymoedigheid om hiermee Ve-ritas College SA se nuusbrief aan te stuur. Dit mag ook interessant wees om kennis te neem van die breër Suid-Afrikaanse prentjie. Hierby wil ek ook net voeg dat ons die afgelope week bevredigende kontak gemaak het met Wycliffe in Katanga. Baie dankie vir voorbidding in dié verband. Ons dink ook met meelewing aan ons vriende in Sasolburg wat die afgelope week groot ontwrigting en drama ervaar het en bid saam vir wysheid, vrede en veiligheid in hierdie mooi land van ons waar tans so-veel trauma beleef word. Seënwense. Naomi de Wet - Opleidingskoördineerder Franssprekende lande Veritas College Telefoon Huis/ Werk : +27 (0)21 853 2291 - Selfoon: 084 443 2291 Veritas College SA The year started with exiting new challenges. From 7 to 11 January 2013 we trained five new facilitators (Xhosa speaking), all part of the Bible Institute of Port Elizabeth. Four facilitators also attended just to re-fresh. It was amazing to observe how just working through the Word of God, help them to evaluate their way of being church within their culture. To pray for: Loret – wife of Jean-Blaise (Veritas coordinator for the French speaking in Western Cape) has health pro-blems and there is a possibility that she must undergo surgery. Training in Pretoria – 22 to 26 January – Dawie de Wet and I are going to Pretoria to train pastors of a specific denomination in Modules 1 and 2. We will meet afterwards to discuss a strategy for implementa-tion in that region. Belhar, 27 Jan – Meeting with a local church to help them start with Module 1. Funding: Please keep praying for funding, for as the ministry grows more funds are needed. At the mo-ment the ministry is outgrowing our funding from sponsors. VCSA need more sponsors because 70% of our expenses are covered by donations. We are training a growing number of leaders from the poorer communities and they are not able to contribute. The request for training from the independed churches is more than we can adhere to at present. We need to travel more and need to appoint more staff. The Xhosa translation is well underway, but it is expensive, even with a company that are charging us a lower rate. For the translation of Module 1, we have received adequate donations, but Module 2, 3 and 4 also need to be translated. We trust that God will provide. Herman Steyn: From of this month he is the fulltime coordinator for the Free State. Pray that God will use him in wonderful ways. May God bless you and lead you through 2013. (Bankings detail: Veritas College SA, ABSA, 4054793738) Rev Theuns Henn Managing Director: Veritas College SA [email protected] 0741026687

Page 5: IEDERARK - Maak dissipels van Christus... Jan.pdf · UITGAWE 3/2013 BLADSY 2 KANSA POTCHEFSTROOM Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie herdenk. Om hierdie Zn spesiale geleentheid

BLADSY 5

H U M O R

UITGAWE 3/2013

DIE GOEIE OU DAE… Aan al die kinders wat die 1930s tot 1970s oorleef het! Eerstens het ons die rokery en drinkery van ons moeders oorleef terwyl hulle swanger was. Hulle het aspiriene gedrink, blou kaas en vis uit ‘n blik geëet en is nooit getoets of hulle diabeties was of nie. Na al die trauma was ons in ons bedjies gesit op ons magies in ‘n kot wat met helderkleurige loodbasis verf geverf was. Ons het geen kinderbestande deksels of proppe op medisynebottels, deure of kaste ge-had nie en geen kopskerms gedra as ons fiets gery het nie… om nie te praat van die risiko’s toe ons duim gery het nie. As kleuters en kinders kon ons op die agterste sitplek sit sonder veiligheidstoele, veiligheidsgordels of lug-sakke. Om agter op die bakkie te ry was groot pret. Ons het water uit die tuinslang en nie uit bottels gedrink nie. Ons het ons koeldrankies met vier vriende uit een bottel gedeel en niemand het daarvan doodgegaan nie. Ons het sjokoladekoek en witbrood geëet met regte botter en het Kool Aid met suiker gemaak om te drink, maar ons was nie oorgewig nie, want… ONS HET ALTYD BUITE GESPEEL! Ons het die huis soggens vroeg verlaat en het heeldag gespeel - solank ons net terug was as die straatligte aankom of voor die kerse aangesteek was. NIEMAND kon ons deur die dag kontak nie en ons het almal veilig teruggekeer huistoe. Ons het ure spandeer deur kaskarre uit afvalhout en yster te bou en het dan teen die steilste bulte afge-jaag, net om uit te vind ons het van die brieke vergeet. Nadat ons ‘n paar keer die kaskar omgegooi en tussen die bosse ingejaag het, het ons geleer om die probleem op te los. Die dogtertjies het hul rokkies in hul broekies gesteek om ook in al die pret te kon deel en niemand het iets daarvan gedink nie. Ook was daar nie tyd vir dwelms nie want ons ouers het nog genoeg vir ons omgegee om ons boude aan die brand te klits as ons iets ongehoords sou probeer doen. Sondae het ons almal ons beste kleertjies aangetrek en kerk toe gegaan. GEEN verskonings om tuis te bly was aanvaarbaar nie. Braaivleis en partytjies op Sondae was uit. Ons het geweet wat 'ses dae moet jy ar-bei en al jou werk doen en die sewende dag moet jy rus' beteken. Daar het ons geleer van liefde, respek, hoe om God te vrees en te vertrou. Dat vaders en moeders geëer moet word en ons monde met seep uit-gewas SAL word wanneer ons vloek of teëpraat. Boekevat saans na ete was ’n werklikheid en ons almal het aandagtig geluister want vrae is gevra oor die stukkie wat gelees was. Ons was ook geleer hoe om elke aand voor ons bedjies te kniel en te bid. Ons het nie playstations, nintendos, X boxes, wii, of enige video-speletjies gehad nie. Inkopies vir ontspan-ning was nie aan ons bekend nie, en brand name-klere was toe ook nog nie eers in China gemaak nie. Snobisme was ‘n galbitter vrug wat net in die Amasone gegroei het en sakgeld was iets wat net die Staats-president van geweet het. Ook nie 150 TV kanale, DVD’s of video-flieks, selfone, persoonlike rekenaars met internet, facebook of chatrooms nie… Ons het VRIENDE gehad… en as ons hulle gesoek het, het ons net na buite gegaan. Ons het uit bome geval, het snye opgedoen en het bene gebreek en daar was geen geregtelike eise vir hierdie ongelukke nie. Ons het wurms en modderpasteie geëet en die wurms het nie vir altyd in ons geleef nie.

Page 6: IEDERARK - Maak dissipels van Christus... Jan.pdf · UITGAWE 3/2013 BLADSY 2 KANSA POTCHEFSTROOM Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie herdenk. Om hierdie Zn spesiale geleentheid

Ons het windbukse en poppe vir ons tiende verjaarsdag gekry, speletjies opgemaak met stokke en tennis-balle, ou komberse en peule en al het niemand ons gewaarsku dat dit kan gebeur nie, het ons min oë uit-gesteek. Ons het met ons fietse gery of pop gespeel of sommer net geloop na ons vriende se huise, aan die deur geklop en sommer ingeloop en gesels. “Oom” en “Tannie” (en selfs “Antie”) was nog aan die orde van die dag en 'jy' en 'jou' was net op rondloper honde van toepassing. Rugby- en tennisspannetjies het proewe gehad en die wat nie die span gehaal het nie, moes maar vrede maak daarmee. Verbeel jou dit! Ons het gereeld die bed natgemaak en ons ouers het ons ’n pak slae gegee, ons nie na sielkundiges toe geneem omdat hulle nie geweet het wat om met ons te doen nie. Die gedagte om vir jou kinders borg by die polisiestasie te gaan betaal het nie bestaan nie. Ouers was aan die polisie se kant! Sien, kinders was daai tyd nie gehoor of in geselskap gesien nie, want die ouers was nie vir hul kinders bang nie! Tande tel was uit want ons het geweet hoe om te speel. Ons ouers en grootouers se grootste taak was definitief nie om ons te vermaak nie. Terugpraat was die grootste euwel en ons ouers het nie toegelaat dat ons as kinders hulle met mooi woordjies manipuleer nie. Ouers was nog ouers en kinders was nog kinders, en kinders het gedoen wat vir hulle gesê was. Skoolsiekte was nie toegelaat nie want ons ouers het geweet hoe om die daaglikse stres in ons lewens te hanteer. Al wanneer jy by die huis kon bly was wanneer jy half dood was. Termometers was ook nie onder jou tong of in jou oor geplaas nie…… Skoolsertifikate is aan almal wat nooit gedurende die jaar afwesig was nie uitgedeel, en snaaks genoeg, ons almal het altyd een gekry. Elke oggend was met gebed en sang geopen en die oudste onnies het altyd die Bybelperiode aangebied. Seker omdat hulle die Bybel die beste geken het. Daardie generasie het van die beste risikovatters, probleem oplossers en uitvinders OOIT geproduseer. Die laaste 50 jaar het bestaan uit ontploffings van uitvindings en nuwe idees. Ons het vryheid, verlies, sukses en verantwoordelikheid gehad en ons het GELEER hoe om dit te hanteer. As jy een van hulle was... baie geluk!!! Jy wil dalk hierdie deel met die wat gelukkig was om soos kinders groot te word, voordat prokureurs en regerings jou lewe vir jou eie beswil begin reguleer het. Terwyl jy besig is, stuur dit aan vir jou kinders sodat hulle kan sien hoe dapper (en gelukkig) hulle ouers was. Laat jou voel asof jy deur die huis wil hardloop met ’n hamer en ’n skêr, nie waar nie?

BLADSY 6 UITGAWE 3/2013

Page 7: IEDERARK - Maak dissipels van Christus... Jan.pdf · UITGAWE 3/2013 BLADSY 2 KANSA POTCHEFSTROOM Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie herdenk. Om hierdie Zn spesiale geleentheid

BLADSY 7 UITGAWE 3/2013

Lofberg, Fochville bied die “Father & Sons”-konferensie aan op 26—28 April.

Sprekers soos Jannie de Beer, Jacques Gombault en Danie Botha gaan optree.

Lofsang word gelei deur Danie Botha en Arno Claassen.

Wanneer lidmate van die gemeente opgeneem word in Potch Medi Kliniek, moet hulle

asseblief by opname duidelik meld dat hulle lidmate van die NG Kerk Mie-derpark is. Dit

maak dit vir die leraars makliker om hulle tydens die weeklikse hospitaalbesoeke

(Dinsdae en Donderdae) op te spoor.

Hospitaal opnames

Page 8: IEDERARK - Maak dissipels van Christus... Jan.pdf · UITGAWE 3/2013 BLADSY 2 KANSA POTCHEFSTROOM Wêreld Kankerdag word op 4 Februarie herdenk. Om hierdie Zn spesiale geleentheid

GLINSTER GRYS (Senior Burger Bediening)

OUDIO-VERSTERKING

Hoor u sleg tydens die eredi-

ens? Maak dan gerus ge-

bruik van die derde en

vierde bank voor links in die

kerk. Daar is proppe waar u

u eie oorfone kan inprop om

beter te hoor. Of alter-

natiewelik kan u voor die

erediens by die koster in die

konsistorie ‘n stel oorfone

van die kerk leen om net na

die diens weer terug te gee.

VIERINGS!

Veels geluk aan die volgende senior burgers wat in hierdie week

hulle geboortedag herdenk:

28 Januarie—Ben Geldenhuys

2 Februarie—Willem den Heijer

Mag die Here u in die nuwe lewensjaar omhein

met Sy Barmhartigheid, kroon met Sy Vrede en

seën met Sy intieme Teenwoordigheid.

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING AAN GLINSTER GRYS LEDE

Indien jy immobiel is weens siekte, gestremdheid of weens ‘n ge-

brek aan vervoer, en ‘n haarkapster benodig, skakel Ds Dorette

vir inligting van ‘n “engel” wat bereid is om dié diens by jou eie

huis teen baie billike tariewe te kom verrig. Dit is ‘n voorreg om

SENIOR BURGER FUNKSIE

Ons gemeente se Senior Burger “Viering

van die Lewe”-funksie vir lidmate 65 jaar

en ouer (sowel as hul eggenotes) vind

plaas Vrydag 22 Februarie om 10:00 in die

kerksaal. Die tema is: Die lewe is ‘n lied!

Kleredrag: Trek aan soos in die vyftiger

jare. Dit gaan groot pret wees!

Ds Dorette sê ook “Dankie” en “Totsiens”

by hierdie geleentheid.

Gee asb jou naam by die Kerkkantoor op

indien jy die oggend wil meemaak en dui

asb aan indien jy ‘n diabeet is, sodat ons

die versnaperinge dienooreenkomstig kan

voorberei.

HALLELUJA-BOEKIES

Indien enige iemand ‘n ou Halleluja sangboekie

het wat nie meer gebruik word nie, skenk dit asb

deur dit by Ds Dorette of die Kerkkantoor af te

gee. Daar is selgroepe wat dit kan gebruik.

“MOEDERSKAMER”

Het u ‘n baba of ‘n kleuter wat nog nie heeltemal

“kerk-mak” is nie? Maak dan gerus gebruik van

die konsistorie gedurende die erediens. Daar is

luidsprekers sowel as ‘n kindervriendelike speel-

hoekie. Wanneer die erediens-personeel 09:15

die konsistorie verlaat om in die kerk in te

beweeg, word die vertrek beskikbaar vir gesinne

met klein kindertjies wat nie die erediens wil ver-

steur nie, maar tog deel van die fomeler opset wil

wees. Ons kinders is vir ons kosbaar, ons wil hulle

graag só infaseer en lief maak vir die aanbiddings-

ruimte.