47
VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Appélnommer : A14/2011 In die appél tussen:- MXOLISI EUGENE IAN NHLAYISI Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: VAN ZYL, R et LEKALE, R UITSPRAAK DEUR: VAN ZYL, R GELEWER OP: 19 APRIL 2012 _____________________________________________________ [1] Appellant het in die Landdroshof vir die distrik van Heilbron tereggestaan op die volgende aanklagte: 1.1 Aanklag 1, oortreding van die bepalings van Artikel 65(1)(a) of (b), saamgelees met ander gepaardgaande artikels van die Nasionale Padverkeerswet, No. 93 van 1996 (hierinlater na verwys as “die Wet”), synde bestuur onder die invloed van sterk drank of verdowingsmiddel wat `n narkotiese uitwerking het,

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA - SAFLIIMXOLISI EUGENE IAN NHLAYISI Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: VAN ZYL, R et LEKALE, R UITSPRAAK DEUR: VAN ZYL, R GELEWER OP: 19

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • VRYSTAAT HOË HOF, BLOEMFONTEINREPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

    Appélnommer : A14/2011In die appél tussen:-

    MXOLISI EUGENE IAN NHLAYISI Appellant

    en

    DIE STAAT Respondent

    CORAM: VAN ZYL, R et LEKALE, R

    UITSPRAAK DEUR: VAN ZYL, R

    GELEWER OP: 19 APRIL 2012_____________________________________________________

    [1] Appellant het in die Landdroshof vir die distrik van Heilbron

    tereggestaan op die volgende aanklagte:

    1.1 Aanklag 1, oortreding van die bepalings van Artikel

    65(1)(a) of (b), saamgelees met ander gepaardgaande

    artikels van die Nasionale Padverkeerswet, No. 93 van

    1996 (hierinlater na verwys as “die Wet”), synde

    bestuur onder die invloed van sterk drank of

    verdowingsmiddel wat `n narkotiese uitwerking het,

  • deurdat dit beweer is dat Appellant op of omtrent 30

    Augustus 2009 te Morekostraat in die distrik van

    Lindley, ‘n Nissan X-Trail voertuig aldus bestuur het.

    In die alternatief tot aanklag 1, ‘n oortreding van Artikel

    63(1) van die Wet, saamgelees met ander

    aanverwante artikels, synde roekelose of nalatige

    bestuur, deurdat dit beweer is dat appellant op

    voormelde datum en plek die tersaaklike voertuig aldus

    roekeloos of nalatig bestuur het.

    1.2 Aanklag 2, oortreding van die bepalings van Artikel

    51(1) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977

    (hierinlater na verwys as “die Strafproseswet”), synde

    ontsnapping uit bewaring, deurdat dit beweer is dat

    appellant op of omtrent 30 Augustus 2009 en te die

    distrik van Lindley wederregtelik en opsetlik ontsnap

    het uit bewaring nadat hy wettiglik in hegtenis geneem

    is.

    1.3 Aanklag 3, regsverydeling, deurdat dit beweer is dat

    appellant te voormelde datum en plek wederregtelik en

    2

  • opsetlik regsverydeling gepleeg het, deurdat hy lede

    van die Suid-Afrikaanse Polisiediens verhoed het om

    hom te laat onderwerp aan bloedtoetse vir doeleindes

    van die vasstelling van sy bloed-alkoholvlak.

    [2] Volledigheidshalwe moet vermeld word dat hoewel die

    beweerde oortredings plaasgevind het in die distrik van

    Lindley, het die vervolging in die Landdroshof te Heilbron

    plaasgevind in opdrag van die Direkteur van Openbare

    Vervolgings. Mnr van Wyk, wie namens appellant opgetree

    het in die hof a quo, sowel as in die appèl, het dan ook by die

    aanvang van die verhoor in die hof a quo op rekord geplaas

    dat appellant ook pertinent toestem tot die jurisdiksie van

    Heilbron Landdroshof.

    [3] Appellant het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hom,

    ingesluit die alternatief tot aanklag 1. Mnr van Wyk het

    namens appellant ingevolge die bepalings van Artikel 115(2)

    (b) van die Strafproseswet, saamgelees met die bepalings

    van Artikel 220 van die Strafproseswet, erken dat appellant

    op 30 Augustus 2009 en te Morekostraat, ‘n openbare pad te

    die distrik Lindley, ‘n motorvoertuig, synde ‘n Nissan X-Trail

    3

  • bestuur het. Origens het appellant al die bewerings teen

    hom ontken.

    [4] Na sluiting van die Staat se saak het die verhoorhof, op

    aansoek van Mnr van Wyk, ontslag in terme van Artikel 174

    van die Strafproseswet aan appellant verleen ten opsigte van

    aanklagte 2 en 3.

    [5] Wat aanklag 1 betref, is appellant skuldig bevind op die

    hoofaanklag op die basis dat hy bestuur het onder die

    invloed van sterk drank. Appellant is daarop gevonnis tot die

    betaling van ‘n boete van vyfduisend rand (R5 000-00) of ses

    (6) maande gevangenisstraf, met ‘n verdere twaalf (12)

    maande gevangenisstraf wat opgeskort is op sekere

    voorwaardes. Appellant kom nou met verlof van die

    verhoorhof in hoër beroep teen beide sy skuldigbevinding en

    die opgelegde vonnis.

    AGTERGROND GEBEURE:

    [6] Appellant het op die dag van die voorval teen ongeveer

    17h00 die middag op die hoofpad gery wat, onder andere,

    vanaf Arlington na Petrus Steyn loop. Wanneer ‘n persoon

    4

  • vanaf Arlington se rigting kom, loop hierdie hoofpad tussen

    die dorp, Lindley, en die woongebied Ntha, synde waar die

    onderhawige botsing plaasgevind het, deur. Daar draai dan

    ‘n pad na links op in die rigting van Ntha woonbuurt. Kort na

    hierdie afdraai na links, is daar ‘n inglipbaan, of dan ‘n

    sogenaamde “slip way” na links en aan die einde daarvan ‘n

    toegeeteken, waar dit in ‘n pad aansluit wat parallel met

    bogemelde hoofpad loop. Appellant het laasgenoemde

    inglipbaan geneem en oor ‘n afstand van tussen 80 en 100

    meter gery, totdat hy by bogemelde toegeeteken gekom het.

    Toe hy by hierdie toegeeteken draai, het hy beheer oor sy

    voertuig verloor en skuins teen ‘n sinkhuis aan die oorkant

    van die pad waarin hy ingedraai het, gebots. Mnr Mofokeng,

    synde die eerste staatsgetuie, was op daardie stadium die

    bewoner van die sinkhuis. Dit is voortspruitend uit hierdie

    botsing wat Appellant aangekla is op aanklag 1, sowel as die

    alternatiewe aanklag daartoe.

    [7] Nadat hierdie botsing plaasgevind het en Mnr Mofokeng, wie

    nie die botsing gesien gebeur het nie, uit die huis gekom het

    en na die voertuig beweeg het en daar sekere gebeure

    plaasgevind het, het ene Mnr Nzimande die voertuig vanaf

    5

  • die toneel wegbestuur, terwyl appellant ‘n passasier in die

    voertuig was (hoewel daar ‘n dispuut is met betrekking tot die

    vraag of appellant op daardie stadium agter in die bakkie of

    as passasier links voor in die bakkie gery het). Onmiddellik

    daarna het sekere polisiebeamptes, waaronder die tweede

    staatsgetuie, Sersant Maartins, en die vierde staatsgetuie,

    Konstabel Tsoenyane, op die toneel opgedaag en het Mnr

    Mofokeng hulle meegedeel wat gebeur het. Hulle het in die

    rigting van die dorp gery, waar hulle wel die voertuig van

    appellant, met die bestuurder daarvan en appellant self ook

    daarin, aangetref het. Die polisie het versoek dat hulle na

    die toneel terugkeer, waarna die bestuurder aangedui het dat

    hy verkies om nie verder betrokke te wees nie. Konstabel

    Tsoenyane het toe appellant se voertuig terugbestuur na die

    toneel, met appellant steeds binne die voertuig. Hier het

    sekere gebeure plaasgevind, onder andere die beweerde

    arrestasie van appellant, waarna appellant, Konstabel

    Tsoenyane en ene Rooikop, synde die tolk van die plaaslike

    Landdroshof, met appellant se voertuig gery het na die

    plaaslike polisiestasie te Lindley, met Sersant Maartins en

    ander polisiebeamptes in ‘n polisievoertuig agter hulle.

    Volledigheidshalwe moet vermeld word dat dit in dispuut is of

    6

  • Tsoenyane of Rooikop appellant se voertuig na die

    polisiestasie bestuur het, maar is dit nie werklik relevant vir

    doeleindes van hierdie uitspraak nie. By die polisiestasie het

    daar weer sekere gebeure plaasgevind, waarna appellant

    met sy voertuig vertrek het. Dit was die Staat se weergawe

    dat aangesien appellant reeds op daardie stadium

    gearresteer was, hy veronderstel was om by die polisiestasie

    teenwoordig te bly sodat hy na Bethlehem geneem kon word

    vir die trek van bloedmonsters vir doeleindes van die toets

    van sy bloed-alkoholvlak, maar het appellant wederregtelik

    en opsetlik op daardie stadium uit hierdie arres ontsnap met

    die doel dat sodoende verhoed word dat voormelde

    bloedmonsters van hom geneem kon word. Sersant

    Maartins en ander polisiebeamptes het onmiddellik daarna

    na appellant se huis gery, waar hulle, aldus die Staat se

    weergawe, appellant se bakkie aangetref het, maar het

    niemand die huis oopgemaak ondanks die feit dat hulle

    geklop het aan die deur en toegang versoek het nie.

    [8] Sommige van die staatsgetuies het getuienis gelewer met

    betrekking tot appellant se toestand onmiddellik na die

    plaasvind van die botsing, op grond waarvan dit beweer is

    7

  • dat appellant onder die invloed van alkohol was ten tyde van

    die plaasvind van die botsing. Ek sal hierinlater meer in

    detail met hierdie getuienis handel. Hierteenoor is dit deur

    appellant ontken dat hy enigsins onder die invloed van

    alkohol verkeer het ten tyde van die plaasvind van die

    botsing. Volgens sy weergawe het hy, toe hy by die

    toegeeteken gedraai het, ‘n klapgeluid by die bande gehoor,

    waarna die voertuig onder beheer uit geraak het. Hy het

    probeer beheer uitoefen, deur onder andere rem te trap,

    maar kon dit nie regkry om weer die voertuig onder beheer te

    kry nie. Tog kon hy die voertuig sodanig beheer dat hy die

    sinkhuis net effens en skuins getref het. Hy het daarna die

    voertuig na Bethlehem Battery Sentrum geneem, waar hy

    aan Mnr Radebe, synde die derde staatsgetuie, verduidelik

    het wat gebeur het en versoek het dat hy ondersoek moes

    instel wat die probleem met die voertuig was. Volgens hom

    was hy op daardie stadium, na aanleiding van die

    ondersoek, meegedeel dat die “lower control arm bushes”

    van die voertuig geslyt was (hieinlater na verwys as “die

    meganiese defek”), dat dit ‘n gevaar daargestel het en dat dit

    so gou as moontlik herstel moes word.

    8

  • [9] Soos vermeld, het die staat Mnr Radebe as ‘n getuie geroep.

    Uit die totaliteit van sy getuienis, ingesluit kruisverhoor, blyk

    dit dat sy deskundigheid nie in dispuut geplaas is nie. Hy het

    verduidelik wat bedoel word met “lower control arm bushes”

    en die werking daarvan. Volgens hom was dit aan die begin

    van ‘n verweer- of slytasieproses, wat tot gevolg sou hê dat

    die voertuig onstabiel kan ry, maar sou dit nie sodanig wees

    dat dit tot gevolg het dat beheer bloot as gevolg daarvan oor

    die voertuig verloor sou word nie. Wanneer rem getrap

    word, sou dit ook nie op die padhouvermoë van die voertuig

    enige effek hê nie. Ten tyde van sy getuienis is daar ook ‘n

    verslag onder die briefhoof van Battery Sentrum ingehandig

    as Bewysstuk “E”, waarvan die tersaaklike gedeelte as volg

    lees:

    “We checked the lower control arm bushes on the Nissan X-

    Trail SGM915GP and we find that it need to be replaced as

    soon as possible.”

    BEVINDING T.O.V DIE MEGANIESE DEFEK:

    [10] By bestudering van die oorkonde, blyk dit dat Mnr van Wyk

    reeds ten tyde van sy betoog in die verhoorhof toegegee het

    9

  • dat in die lig van die getuienis van die derde staatsgetuie,

    Mnr Radebe, appellant se weergawe dat die rede waarom

    hy beheer oor sy voertuig verloor het uitsluitlik te wyte is aan

    die meganiese defek, nie kan opgaan nie.

    [11] Ek het reeds in paragraaf 9 hierbo verwys na die kern van

    Mnr Radebe se getuienis, voortspruitend waaruit ek tot die

    volgende gevolgtrekkings kom:

    11.1 Appellant se voertuig het inderdaad ten tyde van die

    plaasvind van die ongeluk die meganiese defek gehad.

    11.2 Die meganiese defek kon veroorsaak het dat die

    voertuig onstabiel ry, maar sou nie die resultaat hê dat

    daar slegs as gevolg daarvan, beheer verloor word oor

    die voertuig nie.

    11.3 Vanweë die feit dat die meganiese defek bestaan het

    en dit wel onder sekere omstandighede ‘n klapgeluid

    sal veroorsaak, kan die moontlikheid nie uitgesluit word

    dat appellant wel onmiddellik voor die plaasvind van

    die botsing sodanige klapgeluid gehoor het nie. Dit

    10

  • gee ook ‘n redelike verduideliking vir die feit dat

    appellant daarna die voertuig geneem het om

    ondersoek te word na Battery Sentrum, waar

    inderdaad gevind is dat die meganiese defek bestaan.

    [12] Gevolglik meen ek dat Mnr van Wyk se voormelde

    toegewing korrek gemaak is. Die verhoorhof het ook in sy

    uitspraak verwys na bogemelde tersaaklike getuienis van

    Mnr Radebe en het na my mening dus tereg bevind dat die

    botsing nie veroorsaak was deur die bestaan van die

    meganiese defek as sulks nie.

    SUBMISSIES EN ALGEMENE REGSBEGINSELS:

    [13] Die verhoorhof het sy uitspraak ingelei met die volgende:

    “Die kernvraag wat hier beantwoord word is die volgende: Is

    die ongeluk of botsing veroorsaak deur ‘n meganiese defek

    aan die beskuldigde se motorvoertuig? Indien wel, moet hy

    vrygespreek word. Of is dit veroorsaak omdat die beskuldigde

    sy motorvoertuig bestuur het terwyl hy onder die invloed van

    sterk drank was? Word die laaste vraag positief beantwoord

    moet die beskuldigde skuldig bevind word.”

    11

  • Ten opsigte van voormelde, het Mnr van Wyk betoog dat dit

    aanduidend is daarvan dat die verhoorhof die geskilpunte

    oorvereenvoudig het en daardeur nie behoorlik aandag

    gegee het aan al die aspekte van die saak nie. Hy het met

    respek aan die hand gedoen dat die verhoorhof ‘n denkfout

    begaan het, deurdat hy deur voormelde benadering enige

    ander redes wat kon bestaan vir die botsing reeds by die

    aanvang van sy uitspraak uitgeskakel het en geen

    oorweging daaraan geskenk het nie.

    [14] Mnr van Wyk het voorts betoog dat dit blyk dat die

    verhoorhof bloot vanweë die feit dat daar ‘n botsing

    plaasgevind het, tot die gevolgtrekking gekom het dat dit was

    vanweë die feit dat appellant onder die invloed van alkohol

    verkeer het wat sy bestuursvermoë beperk het, sonder om

    die geloofwaardigheid van die getuies en die betroubaarheid

    van die getuienis hieromtrent behoorlik te evalueer en

    sonder om die getuienis met betrekking tot die verdere

    omringende omstandighede met betrekking tot die botsing,

    behoorlik in ag te neem. In die verband het Mnr van Wyk

    ook spesifiek daarop gewys dat dit blyk uit die verhoorhof se

    uitspraak dat alwaar die hof met die staatsgetuies se

    12

  • weergawes gehandel het wat betref hul getuienis met

    betrekking tot die toestand van appellant wat alkohol betref,

    die verhoorhof slegs met die getuienis in hoof gehandel het

    en op grond daarvan tot sy bevinding gekom het, terwyl die

    getuies se kruisverhoor glad nie in aanmerking geneem is in

    die uitspraak nie.

    Teenoor voormelde, het Mnr Mohlala, namens die Staat,

    betoog dat dit uit die totaliteit van die getuienis die enigste

    redelike afleiding is dat appellant te tyde van die plaasvind

    van die botsing onder die invloed van alkohol was, welke sy

    bestuursvermoë verminder of ingebeperk het en aanleiding

    gegee het tot die botsing.

    [15] By nalees van die verhoorhof se uitspraak, blyk dit inderdaad

    dat die Landdros slegs met die tersaaklike getuies se

    getuienis in hoof gehandel het en nie ook met hul getuienis

    in kruisverhoor nie. Ek keer later na hierdie aspek terug.

    [16] Dit is gemeensaak in die onderhawige geval dat daar geen

    direkte getuienis is met betrekking tot die bewering dat

    appellant alkohol ingeneem het nie. Wat dus deur die Staat

    13

  • in die onderhawige geval bo redelike twyfel bewys moes

    word vir doeleindes van ‘n skuldigbevinding, is dat appellant

    onder die invloed van sterk drank was wat sy

    bestuursvermoë verminder of ingeperk het. Die beginsels

    hieromtrent word as volg saamgevat in SOUTH AFRICAN

    CRIMINAL LAW & PROCEDURE, JRL Milton and NG

    Cowling, Vol III, op p. 45, par G3 – 63:

    “An accused may be considered to be under the influence of

    intoxicating liquor, it has been held, if it is established that:

    ‘the skill and judgment normally required in the

    manipulation of a motor car is obviously diminished or

    impaired as a direct result of the consumption of

    alcohol’.

    This criterion would seem to involve a requirement that there

    be an impairment of two faculties, namely those of skill, which

    involves an element of physical ability, and judgment, which

    involves an element of mental ability…..

    In result then it is not necessary for the prosecution to prove

    that the accused was drunk or incapable. On the other hand,

    mere proof of consumption of intoxicating liquor is not per se

    14

  • sufficient.

    The evidence need not establish gross impairment of the

    faculties; it is sufficient if they are in fact impaired. It must, on

    the other hand, establish beyond reasonable doubt, the fact of

    impairment and evidence of a lessor form (e.g. of a likelihood

    of impairment) will not establish the offence.

    The extent of the impairment of the accused’s faculties may be

    established by the evidence of witnesses or by deduction from

    the manner in which he drove the vehicle.”

    [17] Die blote feit dat ‘n persoon wat alkohol ingeneem het

    betrokke was in ‘n ongeluk, bewys nie dat hy onder die

    invloed van alkohol bestuur het nie. In S v ADAMS 1983 (2)

    SA 577 (A) is dit as volg op 586 G tot H beslis:

    “By beoordeling van die korrektheid aldan nie van die appellant

    se skuldigbevinding moet die getuienis in die saak natuurlik

    kumulatief beskou word. Dit is so dat die blote feit dat iemand

    wat sterk drank gebruik het in ‘n ongeluk betrokke raak op

    sigself nie bewys daarstel dat hy onder die invloed van sterk

    drank bestuur het nie. Watter afleiding die feit van die ongeluk

    veroorloof, hang af van die besonderhede omstandighede van

    elke geval wat ondermeer insluit die verduideliking, indien

    15

  • enige, wat die bestuurder vir die ongeluk aanbied.”

    Appellant se soberheidstoestand en bestuursvermoë:

    [18] Dit is inderdaad so, soos toegegee deur Mnr van Wyk

    alreeds in sy betoog ten tyde van die verhoor en ook soos

    deur die verhoorhof bevind, dat appellant onmiddellik

    voorafgaande die plaasvind van die botsing te vinnig gery

    onder die heersende omstandighede. Op appellant se eie

    weergawe het hy, nadat hy die inglipbaan binnegery het,

    teen ‘n spoed van ongeveer 80 tot 90 kilometer per uur gery,

    terwyl die spoedbeperking daar 60 kilometer per uur is. Die

    verhoorhof het voortspruitend hieruit bevind dat appellant se

    laasgenoemde bestuurswyse, tesame met die getuienis wat

    betref sy soberheidstoestand onmiddellik na die plaasvind

    van die botsing, aanduidend is daarvan dat appellant se

    afwykende bestuurswyse deur teen daardie hoë spoed in

    daardie omstandighede te ry, die gevolg was van die feit dat

    hy onder die invloed van alkohol bestuur het wat sy

    bestuursvermoë beperk het.

    [19] Ten einde laasgenoemde bevinding te evalueer, is dit

    gevolglik nodig om die getuienis met betrekking tot appellant

    16

  • se soberheidstoestand onmiddellik na die plaasvind van die

    ongeluk, te oorweeg.

    [20] Dit is nou reeds geyk dat die gebrek aan mediese getuienis

    in `n geval soos die onderhawige, nie fataal is vir die

    staatsaak nie. ‘n Hof kan op die getuienis van slegs leke-

    getuies wat betref ‘n persoon se soberheidstoestand in ‘n

    geval soos die onderhawige, ‘n skuldigbevinding uitbring.

    Hierdie aspek vorm dus nie deel van appellant se gronde

    van appèl nie. In sodanige geval moet die leke-getuies se

    getuienis egter aan sekere vereistes en standaarde voldoen.

    In die verband is as volg vermeld in ALCOHOL, DRUGS &

    ROAD TRAFFIC, Cooper et al, op p. 15:

    “Thus, a Court will be justified in convicting on the evidence on

    lay witnesses only if the facts deposed to by them establish a

    clear picture of an obviously intoxicated person.”

    In S v EDLEY 1970 (2) SA 223 (N) was dit ook ‘n geval waar

    die appellant in ‘n botsing betrokke was waar hy te vinnig

    gery het onder die heersende omstandighede en met ‘n

    stilstaande, geparkeerde voertuig gebots het. Leke-getuies

    17

  • het toe getuienis aangebied met betrekking tot daardie

    appellant se soberheidstoestand onmiddellik na die

    plaasvind van die botsing. Daar is toe, onder andere, as

    volg op 226 A en verder beslis:

    “Be that as it may, the question which is before us now is

    whether, on the evidence I have briefly summarised, the State

    succeeded in discharging the onus which rested upon it to

    prove, not only that the Appellant had taken alcohol and was

    under the influence of alcohol, but that, as a result of the

    consumption of alcohol, his judgment or skill in the sense

    explained in Rex v Spicer, 1945 AD 433, was affected by the

    alcohol consumed by him… It is clear that in a proper case the

    onus may be discharged by the State without the aid of

    medical evidence at all. There are cases in which it may be

    held – and indeed, it has not infrequently been held – on the

    unsupported evidence of laymen who saw him at the relevant

    time, that the guilt of the accused on such a charge has been

    established. It seems to me that the more gross and manifest

    the physical manifestations of intoxication noted by credible

    and reliable laymen are, the more readily may medical

    evidence be dispensed with and that the more equivocal the

    physical manifestations or indications of intoxication may be,

    the greater would be the need for the State to lead medical

    evidence of the accused’s condition at the relevant time….. It

    18

  • seems to me to be a matter of impossibility to infer with the

    necessary degree of certitude that the alcohol which he

    undoubtedly consumed, to judge by the smell of alcohol on his

    breath, had effected him to the requisite degree. We cannot

    say on his evidence, without the support of medical or other

    scientific evidence, that his judgment was impaired, that his

    skill was diminished or that he acted with a rashness which he

    would not have displayed had he not had anything to drink.

    These are possibilities – indeed, I would personally go so far

    as to say that they are probabilities – but that is not enough, for

    the onus is on the State to satisfy the Court beyond reasonable

    doubt that the alcohol he consumed had that effect.

    Mr Fourie, for the State, asked us to infer from the very act of

    the collision, considered in conjunction with the other evidence

    to which I have referred, that the alcohol did indeed affect the

    appellant’s judgment or skill. It is not possible to draw that

    inference in the circumstances of this case. It is undoubtedly a

    factor which must be taken into consideration but, in the

    circumstances of this case and having regard to the

    moderation of the terms used by those who described the

    accused’s condition, it is impossible to say that it is more likely

    that the collision was caused as a result of the influence of

    alcohol on the appellant than simply as a result of negligent

    driving of which perfectly sober people have also been known

    19

  • to be guilty….. It seems to me that the Magistrate ought to

    have had a doubt and ought to have acquitted the appellant on

    the main charge for want of proof that his judgment or skill was

    affected by the alcohol he consumed.

    Mr Gordon conceded that the appellant was clearly guilty of the

    second alternative charge, that is, of negligent driving, and

    indeed it is clear that he was so guilty. He gave no evidence

    explaining the circumstance that he collided with a stationary

    car and, indeed, there is nothing on the record to suggest any

    innocent explanation. It is not possible to say at what speed he

    was travelling but what emerges clearly from the evidence is

    that he came around the corner at a speed which was

    excessive in the circumstances and that he thereafter failed to

    exercise sufficient care and failed to avoid colliding with the

    motor car which was legitimately in the street, parked on the

    correct side of the road. His negligence appears clearly from

    the record.” (eie beklemtoning)

    [21] Dit moet vermeld word dat die verhoorhof die getuienis van

    die vierde staatsgetuie, Konstabel Tsoenyane, verwerp het

    as ongeloofwaardig en onbetroubaar. Die verwerping van

    hierdie getuie se getuienis word nie aangeveg deur appellant

    nie. Na my mening het die verhoorhof tereg hierdie getuie

    20

  • se getuienis verwerp en ag ek dit dus onnodig om verder

    hiermee te handel.

    [22] Dit laat dan slegs Mnr Mofokeng en Sersant Maartins se

    getuienis wat betref appellant se soberheidstoestand. Wat

    Mnr Mofokeng se getuienis betref, is die wesenlike aspekte

    met betrekking tot sy getuienis in hoof die volgende:

    22.1 Appellant het na die botsing probeer om die voertuig

    aan te skakel, maar kon hy dit nie regkry nie.

    22.2 Appellant kon nie praat nie, omdat hy aldus die

    getuie, te sterk onder die invloed van drank was.

    22.3 Appellant het ‘n bottel in die voertuig tussen sy bene

    gehad en met beide hande vasgehou, hoewel die

    getuie nie weet watter soort drank dit was nie, maar

    volgens hom was dit wel ‘n drank- of bierbottel.

    22.4 Appellant het ook op ‘n stadium met sy kop vooroor

    gebuig gesit.

    21

  • 22.5 Die getuie het gemeen dat appellant onder die invloed

    van drank was.

    22.6 Volgens die getuie het appellant nooit met hom

    gepraat nie, ook nie toe appellant die tweede keer

    teruggekeer het na die toneel vanaf die dorp saam

    met die polisie nie.

    [23] Ten tyde van kruisverhoor, toe die geloofwaardigheid en

    betroubaarheid van die getuie in die algemeen, sowel as die

    geloofwaardigheid en betroubaarheid van sy waarnemings

    en opinie getoets is, het die volgende uit sy getuienis geblyk:

    23.1 Die getuie gebruik nie self alkohol nie. Volgens hom

    sien hy dus gewoonlik persone wat onder die invloed

    van alkohol verkeer in die straat verby loop en eien hy

    sodanige persone aan die volgende twee punte,

    synde dat hulle slingerend loop en dat hulle gereeld

    urineer. Hy gee dan egter toe dat hy nie vir appellant

    daardie dag gesien loop het nie en hom ook nie

    gesien urineer het nie.

    22

  • 23.2 Die getuie kon glad nie getuig wat se soort

    drankbottel dit was wat hy na bewering tussen

    appellant se bene gesien het nie en blyk dit dat hy

    inderwaarheid nie kan identifiseer of dit ‘n drank-,

    water- of koeldrankbottel was nie.

    23.3 Op die stadium wat Mnr Nzimande met appellant in

    appellant se voertuig die toneel verlaat het, was daar

    baie persone op die toneel wat opstandig en opruierig

    was as gevolg van die voorval.

    23.3 Toe die getuie aanvanklik onder kruisverhoor gevra is

    hoe hy ‘n dronk persoon identifiseer, gegewe dat hy

    nie self alkohol gebruik en derhalwe nie plekke soos

    tavernes besoek nie, was sy antwoord dat hy die

    bottel gesien het wat appellant tussen sy bene gehad

    het.

    23.4 Die getuie het nie die botsing gesien gebeur nie, maar

    slegs die geluid van die bande gehoor en toe hy

    uitgaan, het hy gesien dat appellant se voertuig reeds

    in die sinkstruktuur vasgery het.

    23

  • 23.5 Anders as in sy getuienis in hoof, toe hy aangedui het

    dat appellant geensins met hom kon praat nie, blyk dit

    tydens sy kruisverhoor dat, volgens die getuie, hy wel

    in gesprekke met appellant was toe appellant die

    tweede keer op die toneel was saam met die polisie,

    waartydens die getuie aangedui het dat aangesien

    appellant aangebied het om vir die skade te betaal,

    alles volgens hom reg en afgehandel was.

    [24] Op die aanvaarding dat die getuie wel ‘n bottel tussen

    appellant se bene gesien het, blyk dit dat hoewel hy nie eers

    die bottel kan identifiseer nie, hy voortspruitend daaruit tot

    die konklusie “gespring” het dat appellant onder die invloed

    van alkohol is. Dit word verder bevestig deur die feit dat dit

    duidelik blyk dat dit wat die getuie getuig hy gewoonlik ‘n

    dronk persoon aan eien, nie ter sprake was in die

    onderhawige geval nie. Aan die een kant getuig die getuie

    ook dat appellant te sterk onder die invloed van drank was

    om met die getuie te kon praat, maar aan die ander kant

    getuig die getuie dat hy ‘n gesprek met appellant gehad het

    waartydens hulle ooreengekom het dat appellant vir die

    24

  • skade sal vergoed. Nie net het die getuie homself dus

    weerspreek wat betref die vraag of hy met appellant ‘n

    gesprek gevoer het, aldan nie, maar blyk dit verder dat sy

    bewering dat appellant nie kon praat nie, derhalwe nie korrek

    kan wees nie.

    Die enigste aspekte wat oorbly, is sy bewering dat appellant

    probeer het om die voertuig aan te skakel, maar dit nie kon

    doen nie, en dat hy op ‘n stadium met sy kop afgebuig gesit

    het. Dit is na my mening, onder die omstandighede, redelik

    neutrale bewerings wat nie as fundering gebruik kan word vir

    ‘n afleiding bo redelike twyfel dat dit aanduidend is daarvan

    dat appellant onder die invloed van drank verkeer het nie. In

    ieder geval het appellant getuig dat hy geskok was na die

    botsing, aangesien dit sy tweede botsing in `n kort tydperk

    was en dat hy daarom aldus reageer het.

    [25] By behoorlike evaluering van Mnr Mofokeng se getuienis, op

    die wyse en basis soos uiteengesit in die regspraak waarna

    ek reeds verwys het, blyk dit dus na my mening dat daar nie

    werklik enige behoorlike fundering vir hierdie leke-getuie se

    gevolgtrekking dat appellant onder die invloed van alkohol

    25

  • was, is nie.

    [26] ‘n Verdere aspek wat vermeld moet word, is dat die

    verhoorhof in sy uitspraak vermeld het dat die vraag bestaan

    waarom appellant se vriend die voertuig daar sou weg

    bestuur het en waarom hulle die toneel verlaat het. Die

    verhoorhof vermeld dan pertinent as volg:

    “Ek weet daar was die weergawe van mense wat daar op die

    ongelukstoneel saamgedrom het, ensovoorts, maar die vraag

    staan steeds.”

    Na my mening blyk dit dat die verhoorhof ‘n negatiewe

    afleiding daaruit gemaak het dat ‘n ander persoon as

    appellant die voertuig bestuur het en in besonder dat hulle

    die toneel verlaat het. Dit blyk egter dat daar wel ‘n redelike

    verduideliking hiervoor is. Soos reeds vermeld, het Mnr

    Mofokeng self getuig dat daar ‘n samedromming van

    persone was en dat hierdie persone opruierig was. Hierdie

    getuienis is inderdaad ook deur Sersant Maartins in sy

    getuienis bevestig, deurdat hy spesifiek getuig het dat dit

    wat aanvanklik sy aandag op die tersaaklike toneel gevestig

    26

  • het voor hy die radioberig daaromtrent ontvang het, juis die

    feit dat daar ‘n klomp mense daar saamgedrom het, was.

    Hy het ook spesifiek getuig dat op die stadium wat hulle

    saam met appellant na die toneel teruggekeer het vanaf die

    dorp, daar ‘n samedromming van ‘n klomp mense was en

    dat hy gevrees het dat daar op daardie stadium ‘n bakleiery

    sou uitbreek. Gevolglik kan daar na my mening nie ‘n

    negatiewe afleiding daarvan gemaak word dat appellant-

    hulle op daardie stadium die toneel verlaat het nie. Wat

    betref die feit dat Nzimande die voertuig bestuur het eerder

    as appellant, blyk dit dat appellant nie hieromtrent

    gekruisverhoor is nie en dat hy gedurende herverhoor getuig

    het dat dit was omdat hy bang was vir die persone wat op

    die toneel was en wat met hom wou baklei. Onder hierdie

    omstandighede en waar hierdie weergawe van appellant nie

    onder kruisverhoor getoets is nie, meen ek dat daar nie

    enige nadelige afleiding hieromtrent teen appellant gemaak

    kan word nie.

    [27] Wat Sersant Maartins se getuienis betref, het die volgende

    tersaaklike aspekte uit sy getuienis in hoof geblyk:

    27

  • 27.1 Toe Sersant Maartins en ander polisiebeamptes op die

    toneel opdaag, was die voertuig reeds van die toneel

    verwyder. Hulle het egter daarna die voertuig in die

    dorp opgemerk. Mnr Nzimande het die voertuig

    bestuur, terwyl appellant agter in die voertuig gesit het.

    Volgens die getuie het hy toe opgemerk dat appellant

    se oë bloedbelope was en terwyl appellant na hulle

    gekyk het, het hy sy kop baie beweeg. Dit het dus vir

    die getuie voorgekom dat hy onder die invloed van

    alkohol was.

    27.2 Die getuie het nie self met appellant gepraat nie. Hy

    het vir die ander polisiebeamptes gesê dat hulle aan

    appellant moes oordra dat hulle na die toneel moet

    teruggaan, waarna Mnr Nzimande uit die voertuig

    geklim het en Konstabel Tsoenyane die voertuig

    terugbestuur het na die toneel.

    27.3 Terug by die toneel het appellant en Mnr Mofokeng

    ooreengekom dat appellant die koste van die herstel

    van die sinkhuis sal betaal. (Hierdie getuienis is

    insgelyks weer weersprekend met Mnr Mofokeng se

    28

  • getuienis, wie getuig het dat appellant sodanig onder

    die invloed van drank was dat hy nie kon praat nie).

    27.4 Hulle het egter desnieteenstaande besluit dat hulle nog

    steeds gaan voortgaan en hom laat aankla vir

    roekelose/nalatige bestuur. Toe hy gevra is om

    laasgenoemde antwoord te verduidelik, het die getuie

    sy getuienis uitgebrei en ook verwys na dronkbestuur

    as `n moontlike aanklag. Vanweë hierdie besluit het hy

    vir Konstable Xholara (wie intussen oorlede is) gevra

    dat hy aan appellant moes tolk dat hy daarvoor

    gearresteer word en dat hy saam met hulle na die

    polisiestasie moes gaan.

    27.5 Appellant het geweier om uit die voertuig te klim en

    daarom het Sersant Maartins besluit om Konstabel

    Tsoenyane saam met appellant na die polisiestasie te

    laat ry ten einde te verseker dat hy daar uitkom. Op

    daardie stadium het die hoftolk, Rooikop, intussen ook

    daar opgedaag en aangedui dat hy die voertuig sou

    terug bestuur na die polisiestasie, aangesien hy vir

    appellant goed ken.

    29

  • 27.6 By die polisiestasie het appellant weggery terwyl die

    getuie besig was om die administratiewe reëlings te

    tref vir doeleindes van die vertrek na Bethlehem

    Hospitaal ten einde ‘n bloedmonster vanaf appellant te

    verkry.

    27.7 Die getuie en van die ander polisiebeamptes is toe na

    appellant se woning, waar hulle sy voertuig parkeer

    gesien staan het, daarna aan die deur geklop het,

    maar niemand het oopgemaak nie. Hulle het toe

    teruggegaan na die polisiestasie.

    [28] Ten tyde van kruisverhoor, synde weereens waartydens die

    geloofwaardigheid en betroubaarheid van die getuie se

    getuienis en waarnemings getoets is, en waarna die

    verhoorhof glad nie in sy uitspraak verwys het nie, blyk die

    volgende:

    28.1 Hoewel die getuie toegee dat ontsnapping ‘n ernstige

    voorval is, erken hy dat hy nie enige aantekening

    daaromtrent in sy sakboekie gemaak het nie.

    30

  • 28.2 Daar is op geen stadium enige ontsnappingsdossier

    ten opsigte van appellant geopen nie, ten spyte

    daarvan dat die getuie beweer dat appellant op die

    toneel van die voorval gearresteer was.

    28.3 Daar is ook nie enige regsverydeling dossier teen

    appellant geopen nie, ten spyte daarvan dat die getuie

    beweer dat op die stadium wat appellant by die

    polisiestasie weggery het, hy reeds onder arres was en

    hy daar weggery het ten einde te verhoed dat daar ‘n

    bloedmonster van hom geneem kan word.

    28.4 Die getuie het geen ervaring van getuienis aflegging

    ten opsigte van sake wat betref bestuur onder die

    invloed van sterk drank nie en was hierdie sy eerste

    saak daaromtrent.

    28.5 Hy was nie naby genoeg aan appellant om te kan sê

    dat hy na alkohol geruik het nie.

    28.6 Die getuie het toegegee dat appellant se bloedbelope

    31

  • oë ook vanweë ander redes kon wees.

    28.7 Die getuie het toegegee dat persone wat in botsings

    betrokke was normaalweg geskok is en dikwels anders

    optree as normaal. Hy het egter ook getuig dat as ‘n

    persoon aan skok ly, volgens dit wat hy al gesien het,

    so ‘n persoon dan vinniger optree, terwyl die reaksies

    van appellant meer vertraagde reaksies was.

    28.8 Die getuie is met sy getuie verklaring gekonfronteer,

    waarin hy vermeld het dat appellant sleeptong gepraat

    het en na drank geruik het, terwyl hy in sy getuienis

    getuig het dat appellant nooit met hom gepraat het nie

    en hy nie na drank geruik het nie. Hierdie

    teenstrydighede het die getuie probeer verduidelik deur

    te getuig dat hy gehoor het hoe appellant met ander

    mense gepraat het en voorts het Konstabel Tsoenyane

    vir hom gesê dat die voertuig binne na drank ruik.

    28.9 Die getuie is ook gekonfronteer met die feit dat hy nie

    in sy verklaring vermeld het dat appellant gearresteer

    was nie. Die getuie het bevestig dat dit nie in die

    32

  • verklaring vermeld is nie, maar het geen verduideliking

    daarvoor gegee nie.

    28.10Hy is ook gekonfronteer met die feit dat daar nie in die

    verklaring vermeld is dat appellant versoek was om uit

    te klim en in die polisievoertuig te klim, wat hy geweier

    het om te doen nie. Die getuie kon ook nie ‘n

    verduideliking hieromtrent gee nie.

    28.11In sy verklaring het die getuie ook vermeld dat Rooikop

    by die polisiestasie vir appellant sy voertuig se sleutels

    gegee het en appellant toe weggery het. Hierdie

    bewerings het hy verduidelik op die basis dat hy dit nie

    fisies gesien het nie, maar dat dit is wat Konstabel

    Xholara hom meegedeel het.

    [29] Wanneer appellant se getuienis ten opsigte van die

    tersaaklike aspekte wat betref sy soberheidstoestand en

    gepaardgaande relevante gebeure oorweeg word, blyk die

    volgende:

    29.1 Volgens appellant het hy die dag van die voorval

    33

  • vanaf Mpumalanga teruggekeer en was hy op daardie

    stadium slegs ongeveer dertig minute terug. Hy het

    ontken dat hy enigsins onder die invloed van sterk

    drank was.

    29.2 Wat sy bloedbelope oë betref, het hy getuig dat hy

    moeg was vanweë die feit dat hy vanaf Mpumalanga

    teruggery het.

    29.3 Wat betref die feit dat appellant vanaf die polisiestasie

    weggery het, het hy getuig dat die polisie aan hom die

    sleutels van sy voertuig oorhandig het en aan hom

    gesê het dat hy maar kan ry.

    [30] Alvorens ek die getuienis van appellant in samehang met die

    getuienis van Sersant Maartins oorweeg, meen ek dit is

    noodsaaklik om daarop te wys dat die verhoorhof by drie

    verskillende geleenthede in sy uitspraak verwys het na

    Sersant Maartins se getuienis dat appellant na bewering

    weggery het vanaf die polisiestasie om te verhoed dat ‘n

    bloedmonster van hom geneem word. Daar word dan ook

    as volg deur die verhoorhof hieromtrent opgemerk:

    34

  • “’n Terloopse opmerking is, alhoewel die beskuldigde

    vrygespreek is op die ontsnappingsklagte, behoort hy op

    hierdie stadium reeds te besef dat hy onder arres was.”

    Na my mening het die verhoorlanddros fouteer deur hierdie

    getuienis teen appellant in ag te neem terwyl appellant reeds

    by sluiting van die Staat se saak ontskuldig bevind is op

    beide die aanklagte van ontsnapping uit arres en van

    regsverydeling. Daar kan nie aan die een kant (klaarblyklik)

    bevind gewees het dat die staat nie hierdie aanklagte bo

    redelike twyfel teen appellant bewys het nie, maar dan aan

    die ander kant weer insgelyks dieselfde optrede wat die

    Staat gepoog het te beweer ontsnapping en regsverydeling

    daarstel, teen appellant te gebruik asof dit wel bewese is nie.

    Hierdie aspek van die Staat se saak kon na my mening dus

    geensins teen appellant gebruik gewees het nie.

    [31] Wanneer die getuienis van Sersant Maartins evalueer word,

    soos saamgelees met die van appellant, is ek van mening

    dat gegewe die wesenlike weersprekings tussen Sersant

    Maartins se getuienis en sy getuie verklaring wat betref die

    35

  • beweerde basisse waarop die getuie van mening was dat

    appellant onder die invloed van alkohol was, dit wesenlike

    afbreuk doen aan hierdie getuie se geloofwaardigheid wat

    appellant se beweerde soberheidstoestand betref. Hoewel

    ek deeglik in ag neem dat die feit dat ‘n getuie leuenagtig

    voorkom oor sekere aspekte, nie gebruik kan word as basis

    vir ‘n gevolgtrekking dat hy in alle opsigte ook leuenagtig is

    nie, meen ek dat waar hier in wese met ‘n leke-getuie se

    getuienis gehandel word, gegewe die feit dat hy geen

    ervaring van hierdie tipe oortredings en getuienis aflegging in

    hierdie tipe sake het nie, dit noodsaaklik is dat so ‘n getuie

    se getuienis geloofwaardig en betroubaar moet wees

    alvorens dit geag kan word bo redelike twyfel bewys daar te

    stel dat appellant onder die invloed van alkohol was. (Sien

    weer die regspraak reeds na verwys in paragraaf 20 hierbo.)

    Wat betref sy getuienis dat appellant se oë bloedbelope was,

    is ek van mening dat appellant se weergawe hieromtrent,

    synde dat dit was vanweë moegheid na sy reis vanaf

    Mpumalanga, nie geag kan word nie redelik moontlik waar te

    wees nie. Verdermeer, die blote feit dat appellant se kop na

    bewering sou gesteier het, regverdig ook nie as die enigste

    redelike afleiding dat appellant onder die invloed van alkohol

    36

  • was nie.

    [32] Gevolglik is ek van mening dat die Staat nie betroubare en

    geloofwaardige leke-getuienis aangebied het wat bo redelike

    twyfel bewys dat appellant onder die invloed van sterk drank

    was ten tyde van die plaasvind van die botsing nie.

    [33] Addisioneel tot voormelde, blyk dit in ieder geval dat die

    verhoorhof vanweë die feit dat appellant beheer oor sy

    voertuig verloor het en die botsing plaasgevind het,

    “gespring” het tot ‘n konklusie dat dit gebeur het omdat

    appellant se bestuursvermoë verminder of ingebeperk was

    vanweë die feit dat hy, soos die verhoorhof bevind het, onder

    die invloed van sterk drank was. Dit is egter nie die enigste

    redelike afleiding dat die botsing plaasgevind het omdat

    appellant se bestuursvermoë aangetas of beperk was nie. In

    die verband het appellant op sy eie weergawe en soos

    spesifiek deur die verhoorhof ook in sy uitspraak uitgewys,

    teen ongeveer 80 tot 90 kilometer per uur gery in ‘n gebied

    waar die spoedbeperking 60 kilometer per uur was.

    Terselfdertyd het appellant ‘n toegeeteken genader, waar hy

    wou draai, klaarblyklik sonder om spoed te verminder. Dit is

    37

  • dus duidelik dat hy te vinnig gery het onder die heersende

    omstandighede. Dit is dus ook `n redelike afleiding dat die

    botsing kon plaasgevind het vanweë die hoë snelheid

    waarteen appellant gery het. Dit kan verdermeer ook nie die

    enigste redelike afleiding wees dat appellant te vinnig gery

    het vanweë die feit dat sy bestuursvermoë ingeperk of

    verminder was deur die inname van alkohol nie. Dit gebeur

    tog daagliks dat bestuurders te vinnig ry onder heersende

    omstandighede en dan beheer oor hul voertuie verloor,

    sonder dat hulle onder die invloed van alkohol is en sonder

    dat hul bestuursvermoë as gevolg daarvan ingebeperk is. In

    hierdie geval is daar nog die addisionele feit dat hoewel dit

    uit Mnr Radebe se getuienis blyk dat die meganiese defek

    per se nie tot gevolg sou hê dat appellant beheer oor die

    voertuig verloor nie, is dit gemeensaak dat die meganiese

    defek wel daar was wat onstabiliteit by die voertuig kon

    veroorsaak het. Alwaar appellant dus te vinnig gery het

    onder die heersende omstandighede, is ek van mening dat

    sy weergawe dat hy onder daardie omstandighede gerem

    het, ‘n klapgeluid by die wiele gehoor het en toe beheer oor

    die voertuig verloor het, redelik moontlik waar is.

    [34] Gevolglik is ek van mening dat appellant se skuldigbevinding

    38

  • op die hoofaanklag van aanklag 1, tersyde gestel moet word.

    DIE ALTERNATIEWE AANKLAG VAN ROEKELOSE OF

    NALATIGE BESTUUR:

    [35] Die feit dat appellant die spoedgrens oorskry het, stel nie per

    se bewys van nalatige bestuur daar nie. In SOUTH

    AFRICAN CRIMINAL LAW & PROCEDURE, supra, op p.

    36, par G3 – 50, word dit as volg gestel:

    “Likewise the fact that an accused has not complied with

    a statutorily imposed rule of the road or other

    statutorily prescription in relation to the manneer of

    driving a vehicle, will not per se establish that the accused has

    driven negligently. At best a breach of a statutory duty is a

    guide to the court in arriving at a conclusion as to

    whether there has been negligence or not in any

    particular case.”

    [36] Die toets met betrekking tot die vraag of ‘n bestuurder op

    nalatige wyse bestuur het, is as volg verwoord in REX v

    WELLS 1949 (3) SA 83 (A) op 88:

    “The test as to whether a person was guilty of negligence

    39

  • in any given circumstances is the same in criminal as in

    civil proceedings, viz., did that person exercise that

    standard of care and skill which would be observed by

    the reasonable man? See Rex v Meiring (1927 AD 41, at

    p. 46) and Rex v Swanepoel (1945 AD 444, at p. 448).”

    [37] Waar appellant op sy eie weergawe ongeveer 80 tot 90

    kilometer per uur gery het in ‘n gebied waar 60 kilometer per

    uur die snelheidsgrens was en hy teen daardie spoed ‘n

    toegeeteken waar hy wou draai genader het sonder om

    spoed te verminder, beheer oor sy voertuig begin verloor het

    en gerem het, maar steeds nie die voertuig onder beheer

    kon bring nie met die gevolglike botsing, is ek van mening

    dat die totaliteit van die omstandighede bo redelike twyfel

    bewys dat appellant die voertuig op nalatige wyse bestuur

    het. Mnr van Wyk het dan ook hierdie toegewing reeds ten

    tyde van sy betoog in die hof a quo op verantwoordelike

    wyse tereg gemaak, welke toegewing hy ook ten tyde van

    die aanhoor van die appèl herhaal het. Volledigheidshalwe

    moet vermeld word dat dit nie deur Mnr Mohlala betoog was

    dat indien die skuldigbevinding op die hoofaanklag tersyde

    gestel sou word, appellant skuldig bevind behoort te word

    40

  • aan roekelose bestuur nie. Met in agneming van die

    bepalings van Artikel 63(2) en 63(3) van die Wet wat betref

    die vasstelling van roekeloosheid of nalatigheid, is ek in ieder

    geval van oordeel dat wanneer al die feitlike omstandighede

    in ag geneem word, appellant slegs aan nalatige bestuur

    skuldig bevind kan word en nie aan roekelose bestuur nie.

    [38] Ek is gevolglik van oordeel dat appellant op die alternatiewe

    aanklag tot aanklag 1, skuldig bevind moet word aan nalatige

    bestuur.

    VONNIS:

    [39] Laasgenoemde bevinding het uiteraard tot gevolg dat daar

    ook met die opgelegde vonnis ingemeng moet word, deurdat

    appellant nou aan ‘n minder ernstige misdryf skuldig bevind

    is.

    [40] In terme van die bepalings van Artikel 89(5)(b) van die Wet is

    die strafbepaling tot dien effekte dat iemand wat skuldig

    bevind word aan nalatige bestuur, strafbaar is met ‘n boete

    of met gevangenisstraf vir ‘n tydperk van hoogstens drie jaar.

    Wat appellant se persoonlike omstandighede betref, is hy ‘n

    41

  • staatsaanklaer van beroep en verdien hy ‘n bruto

    maandelikse salaris van R17 000-00 en ‘n netto maandelikse

    salaris van R14 000-00. Hy is getroud en sy eggenote is

    werkloos. Appellant is die vader van drie kinders wie hy

    versorg, en sorg hy ook vir ‘n verdere kind. Appellant was 38

    jaar oud ten tyde van die pleging van die misdryf en is hy ‘n

    eerste oortreder.

    [41] Wat die aard en erns van die misdryf betref, is dit ‘n ernstige

    oortreding. Dit is sodanige nalatige optrede van bestuurders

    wat dikwels tot baie ernstige ongelukke en selfs

    lewensverlies aanleiding gee. Gegewe dat appellant juis ‘n

    staatsaanklaer van beroep is, behoort hy by uitstek deeglik

    bewus te wees wat die potensiële gevolge van sodanige

    nalatige gedrag kan wees en rus daar op hom ‘n swaar plig

    om juis as voorbeeld vir die gemeenskap te dien wat die

    nakoming van wet en orde betref. Verdermeer speel die

    gemeenskap se belang in hierdie tipe oortredings ‘n baie

    belangrike rol, aangesien die optrede waaraan appellant

    skuldig bevind is, juis optrede is wat in belang van die

    beskerming van die gemeenskap se eiendom en van hul

    lewens, verbied word.

    42

  • [42] Een van die belangrikste faktore wat in ag geneem moet

    word by die oorweging van ‘n gepaste vonnis, is die graad

    van nalatigheid van die appellant. Hierdie faktor, tesame

    met die relevansie van ander faktore, is met verwysing na

    gesag as volg uiteengesit in SOUTH AFRICAN CRIMINAL

    LAW & PROCEDURE, supra, op p. 37, par G3 – 50:

    “The principal factor to be considered in determining an

    appropriate sentence in cases involving negligence in driving is

    the degree of negligence displayed by the accused. In some

    cases negligence is the result of a mere lapse of concentration

    and, as such, merits a lighter punishment. On the other hand

    negligence may take a form of deliberate risk-taking and as

    such may deserve a severe punishment.

    The consequence of the accused’s negligence in terms of

    harm or damage to others is not germane, in that slight

    negligence may produce calamitous consequences and gross

    negligence may, fortuitously, cause no harm at all. The issue

    is thus the nature of the degree of negligence and not the

    consequences of the negligence.

    As a general rule imprisonment is not an appropriate

    punishment, especially for a first offender. Where aggravating

    43

  • features are present a sentence of imprisonment without the

    option of a fine may properly be imposed. Suspension of a

    sentence of imprisonment on condition that the accused is not

    convicted of negligent driving is potentially a harsh punishment

    since negligence can exist in anything from ‘a momentary

    lapse of attention to something akin to dolus’.”

    [43] Volgens appellant se verduideliking het hy die spoed van 80

    tot 90 kilometer gery het nadat hy by die inglipbaan ingedraai

    het, aangesien die pad daar ‘n opdraande gevorm het en hy

    sy spoed vermeerder het ter wille van die opdraande.

    Hierdie snelheid, gegewe die spoedbeperking, is egter ‘n hoë

    spoed en verdermeer is dit ‘n uiters hoë snelheid om teen te

    ry wanneer ‘n toegeeteken, waar die bestuurder wil draai,

    genader word. Dit blyk ook geensins uit appellant se

    getuienis dat hy spoed verminder het toe hy die toegeeteken

    genader het nie. Aldus die foto album en die plan daartoe,

    Bewysstuk “G”, blyk dit dat daar remmerke daarop aangedui

    is vanaf die punt wat die voertuig buite beheer geraak het tot

    die punt wat die voertuig die pad verlaat het, as synde vier-

    en-twintig meter. Van waar die voertuig die pad verlaat het

    tot waar die sinkhuis getref is, is ‘n verdere sewentien meter.

    Dit het tot gevolg dat die afleiding gemaak moet word dat

    44

  • vanaf appellant beheer oor die voertuig begin verloor het en

    rem getrap het, hy oor die totale afstand van een-en-veertig

    meter steeds nie beheer oor die voertuig kon herwin nie.

    Laasgenoemde scenario sou, na my mening, in isolasie

    gesien, aanduidend daarvan gewees het dat appellant se

    snelheid onder die heersende omstandighede sodanig hoog

    was dat dit ‘n erge graad van nalatigheid daarstel. Vanweë

    die feit dat dit egter vasstaan, soos reeds voorheen hierin

    bevind, dat appellant se voertuig wel op daardie stadium die

    meganiese defek gehad het wat die stabiliteit daarvan kon

    beïnvloed het, temper dit die graad van appellant se

    nalatigheid.

    [44] Wanneer die elemente van strafoplegging en al die ander

    bogemelde relevante feite en omstandighede op ewewigtige

    wyse in ag geneem word, is ek van mening dat ‘n vonnis van

    R2 000-00 of by wanbetaling twee maande gevangenisstraf,

    ‘n gepaste vonnis is.

    [45] Gevolglik word die volgende bevele gemaak:

    1. Appellant se appèl teen sy skuldigbevinding op die

    45

  • hoofaanklag op aanklag 1 en die opgelegde vonnis, word

    gehandhaaf.

    2. Appellant se skuldigbevinding op die hoofaanklag op

    aanklag 1 word tersyde gestel en vervang met `n

    skuldigbevinding op die alternatiewe aanklag tot aanklag

    1, en wel as volg:

    “Appellant word skuldig bevind aan die oortreding van die

    bepalings van Artikel 63(1), gelees met die bepalings van

    Artikels 1, 63(2), 63(3), 69, 73, 89(1) en 89(5) van die Nasionale

    Padverkeerswet, 93 van 1996, deurdat hy ‘n motorvoertuig op ‘n

    openbare pad op nalatige wyse bestuur het.”

    3. Appellant se opgelegde vonnis word tersyde gestel en

    vervang met die volgende:

    “Betaling van ‘n boete van Tweeduisend Rand (R2 000-00) of by

    wanbetaling daarvan, twee maande gevangenisstraf.”

    Laasgenoemde vonnis moet geag word opgelê te gewees

    het op 17 September 2010.

    46

  • _____________C. VAN ZYL, R

    Ek stem saam:

    ______________L.J. LEKALE, R

    Namens die Appellant Adv R van WykIn opdrag van:Lamprecht ProkureursSASOLBURG

    Namens die Respondent: Adv M A MohlalaIn opdrag van:Direkteur van OpenbareVervolgingsBLOEMFONTEIN

    47