8
Gereformeerde Kerk Brooklyn Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens Is goed wees teenoor armes goed genoeg? Leesdiens: Paul Grobler “Daar was 'n ryk man wat duur en deftige klere gedra en elke dag feestelik en weelderig geleef het ” -Luk.18:19 Eredienste Duxbury: 09:30 Leesdiens: Paul Grobler Skriflesing: Lukas 16:19-31 Sang: Ps 146a:1, 5, 6, 8 Sb 9-4:1, 2, 5, 6 Sb 15-1 Duxbury: 18:30 Ds Nikolaas Pienaar Skriflesing: Kolossense 2:6-8 & 2:20-3:4 Sang: Ps 33a:1, 3, 7, 11 (2de melodie) Ps 130c:1, 2, 3 (p. 642) Sk 14-1:1, 2, 3 Ps 134a:1, 2 (gemeente) Ps 134a:3, 4 (predikant) Karmel- en Troyestraat Ds Fanus Heystek Skriflesing: Job 13:13 28 (teks: 13:15) Sang: Ps 138:1, 3 Ps 119:1, 63 Lb 151:1, 2 Sk 12-6:1 4 New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau 7 Julie 2013 Saam op pad met God Aanddiens Hemel op die platteland Ds Nikolaas Pienaar Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul. Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie. Hart & Hand Hart & Hand Troyestraat Job se reaksie tot God kort ná die begin van sy lyde Ds Fanus Heystek Hoe tree mense op nadat groot teenspoed (finansieel, motorongeluk, siekte ...) hulle tref? Baie word ateïste of agnostici. Wanneer die ellende vereger, gaan hulle verder en vervloek God so asof God tog in hul onderbewussyn bestaan. Hoe het Job gereageer op wat God in sy lewe toegelaat het?

HartHart && HHandand Eredienste 7 Julie 2013 · 2020-01-31 · 7 Hanlie van Zyl 082 770 4159 Huisgodsdiensriglyn Om ouers ... kandidate se naam, van, kontakbesonderhede en CV voor

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: HartHart && HHandand Eredienste 7 Julie 2013 · 2020-01-31 · 7 Hanlie van Zyl 082 770 4159 Huisgodsdiensriglyn Om ouers ... kandidate se naam, van, kontakbesonderhede en CV voor

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Oggenddiens

Is goed wees teenoor armes goed genoeg? Leesdiens: Paul Grobler “Daar was 'n ryk man wat duur en deftige klere gedra en elke dag feestelik en weelderig geleef het ” -Luk.18:19

Eredienste Duxbury: 09:30 Leesdiens: Paul Grobler Skriflesing: Lukas 16:19-31 Sang: Ps 146a:1, 5, 6, 8 Sb 9-4:1, 2, 5, 6 Sb 15-1

Duxbury: 18:30 Ds Nikolaas Pienaar Skriflesing: Kolossense 2:6-8 & 2:20-3:4 Sang: Ps 33a:1, 3, 7, 11 (2de melodie) Ps 130c:1, 2, 3 (p. 642) Sk 14-1:1, 2, 3 Ps 134a:1, 2 (gemeente) Ps 134a:3, 4 (predikant) Karmel- en Troyestraat Ds Fanus Heystek Skriflesing: Job 13:13 – 28 (teks: 13:15) Sang: Ps 138:1, 3 Ps 119:1, 63 Lb 151:1, 2 Sk 12-6:1 – 4

New Life City Church Reitz Street: 09:00 and 18:00 Prof Derrick Mashau

7 Julie 2013

Saam op pad met God

Aanddiens

Hemel op die platteland Ds Nikolaas Pienaar Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul. Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie.

Hart & Hand Hart & Hand

Troyestraat

Job se reaksie tot God kort ná die begin van sy lyde Ds Fanus Heystek Hoe tree mense op nadat groot teenspoed (finansieel,

motorongeluk, siekte ...) hulle tref? Baie word ateïste of

agnostici. Wanneer die ellende vereger, gaan hulle verder en

vervloek God so asof God tog in hul onderbewussyn bestaan.

Hoe het Job gereageer op wat God in sy lewe toegelaat het?

Page 2: HartHart && HHandand Eredienste 7 Julie 2013 · 2020-01-31 · 7 Hanlie van Zyl 082 770 4159 Huisgodsdiensriglyn Om ouers ... kandidate se naam, van, kontakbesonderhede en CV voor

Gelukwense Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik

(Psalm 145:3)

8/7 Braam van Zyl 082 771 6066

9/7 Sophia du Plessis 082 414 9942

9/7 Hennie Greeff 079 378 9565

9/7 Anrie Oosthuizen 073 375 5568

9/7 Christel van Staden 083 454 2103

9/7 Jan-Daniël van Tonder 072 400 2285

10/7 Juliana van der Walt 082 613 1890

11/7 Mia Roberts 082 616 1822

12/7 Elene Coetzer 072 786 4480

12/7 Du Toit Ferreira 072 145 3902

12/7 Colyn le Roux 083 259 2821

13/7 Huibrecht Botha 082 613 3683

13/7 Phillip Buys 079 696 8891

13/7 Zelné Minnaar 083 987 6522

13/7 Karla Piso 083 633 0490

13/7 Isca Stoltz 076 539 8311

13/7 Hanlie van Zyl 082 770 4159

Huisgodsdiensriglyn Om ouers ’n riglyn te gee waarvolgens hulle die Bybel tematies vir hul kinders kan lees, gaan hierdie riglyn vanjaar elke week in Hart en Hand verskyn.

Tema: Moses Storielyn Bybelverse Datum

God stuur Moses – EK IS

Eks 3:11-22 8 Jul

Die staf word ’n slang Eks 4:1-9 9 Jul

Moses praat moeilik Eks 4:10-17 10 Jul

Moses gaan Egipte toe Eks 4:18-30 11 Jul

Moses voor die koning Eks 5:1-9 12 Jul

Multimedia- en

klankdiensgroep As jy iets van rekenaars, klank, PowerPoint en multimedia weet, kom help ons in hierdie bediening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 588.

Dagboek Geen aktiwiteite vir dié week.

Kosbank ’n GROOT dankie vir soveel gemeentelede wat die afgelope tyd bygedra het tot die kosbank. Bydraes is egter steeds welkom, aangesien die kosbank in heelwat behoeftes voorsien. Berei asb. ’n ekstra porsie, vries dit en gee dit Sondag by die kerk aan Erna Kruger (082 453 2417) of aan enige Agapé-lid.

Eljadahuis Eljadahuis gee daagliks kos vir sowat 30 tot 40 mense. Hiervoor is baie kos nodig. Ons vra skenkings van enige nie-bederfbare blikkieskos wat aan die einde van elke maand na Eljadahuis geneem word.

Diakonie van Pretoria-Wes:

Fondsinsameling Die diakonie van Pretoria-Wes verkoop “Best Braai”-houtskool, brikette en vuur-aanstekers as deel van hul fondsinsamelingsprojek. Houtskool verkoop @ R22 en vuur-aanstekers @ R15. Indien u belang stel, kan u Sondae by Marga Koelman u bestelling plaas.

Tweedehandse boeke Aanvullend tot Hermann Pretorius se boeketafel, wil ons graag tweedehandse geestelike boeke verkoop. Die fondse sal vir Bybelverspreiding gaan. Maak plek vir nuwe boeke op jou reeds oorvol boekrak. Bring vir ons daardie boeke wat jy nooit weer sal lees nie. Boeke kan vir Johanna Hellberg, Linda van Vuuren of Erna Kruger gegee word.

Baie dankie vir jou finansiële

bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Page 3: HartHart && HHandand Eredienste 7 Julie 2013 · 2020-01-31 · 7 Hanlie van Zyl 082 770 4159 Huisgodsdiensriglyn Om ouers ... kandidate se naam, van, kontakbesonderhede en CV voor

Ons reëlings

BILTONGFEES 2013 16 Augustus + halfton biltong, droëwors, tuisgebakte brode,

konfyt + vriende = BILTONGFEES

Die jagseisoen is oop...! As jy dalk self ‘n wildsdingetjie (of ‘n gedeelte daarvan) vir

die fees wil gaan skiet, of dit wil borg om te láát skiet, of jy het ‘n gawe pa, oupa, oom

of buurman wat van oortollige wild ontslae wil raak, dan is dit nou die regte

geleentheid daarvoor. Hoe meer en groter die verskeidenheid wild, hoe vreugdevoller

die fees! Ons gaan ook weer beesbiltong van Pongola

af invoer – 35 boude se kwaliteitsbiltong! Hierdie biltong kan vooraf geborg word

teen R45 p/kg – ons beplan om meer as ‘n halfton nat biltong te bestel.

Ons minister van biltong vanjaar is Jaco Marais. Vir enige borge of navrae, skakel

hom gerus by 082 491 6204. Hierdie is ons fees, kom ons almal werk

saam daaraan!

Biltonggroete!

Kaartjies kos R100 vir volwassenes, R75 vir

studente en R50 vir skoolkinders. Dit is

beskikbaar by Marga op Sondae in die

kerkkantoor en op ander tye by Wina, Elfrieda,

Bets, Frikkie, Harm, Danie en die kerkkantoor.

Die reëlings vir die biltongfees is nou sommer ernstig aan die gang, maar behalwe vir wildsbokke en ander borge vra ons ook veral vir makataankonfyt wat ’n pasmaat is vir die brood en biltong, ook iemand wat vir ons kaas kan voorsien of

inligting oor besonderse kaas teen besonderse pryse natuurlik! Die heel nodigste is natuurlik gasvroue en gashere met gaste vir tafels, rond of vierkantig, wat die minimum van 12 tot 20 persone kan akkommodeer.

Page 4: HartHart && HHandand Eredienste 7 Julie 2013 · 2020-01-31 · 7 Hanlie van Zyl 082 770 4159 Huisgodsdiensriglyn Om ouers ... kandidate se naam, van, kontakbesonderhede en CV voor

Voorbidding – Bangladesj Geopende Deure bied van 11 tot 14 Julie ’n seminaar aan vir gelowige Bengali-egpare vanuit ’n Moslem-agtergrond. Na verwagting gaan meer as 100 egpare die seminaar bywoon. Bid dat die Bybelse lering rakende die huwelik en gesin die deelnemers tot seën sal wees. En ook dat daar geen politieke betogings op hierdie dae sal plaasvind nie.

Naasteliefde Aangesien ons almal lede van die

liggaam van Christus is, wil ons graag

mekaar se lief en leed deel, meeleef

en daaroor saambid. Indien jy

bewus is van enige siekte of krisis,

neem die vrymoedigheid en kontak

die kerkkantoor of Joëlna Heslinga

by 082 374 1974 sodat ons dit onder

die aandag van die gemeente kan

bring. Kontak gerus een van die

predikante vir meer sensitiewe

persoonlike sake.

Meelewing Oom Dirk Jurius is Maandag om middernag oorlede. Ons innige meegevoel aan Annatjie, sy vrou, wat hom so getrou bygestaan het. Dirk se afsterwe was ’n verlossing – sy liggaam kon nie meer nie. Annatjie is een van ons staatmakers met dienslewering by Troyestraat. Die begrafnis vind Dinsdag om 11:00 plaas vanuit die Troyestraat-kerk.

Groot DANKIE vir

Brooklyn se NIE-KOFFIE-

FONDS! ’n Groot dankie vir die mildelike bydraes tot Brooklyn se NIE-KOFFIE-FONDS! Ons bedieninge in en vanuit die gemeente kan steeds voortgaan om te groei met die heerlike verwelkomende geur van koffie in die lug! Kom drink gerus ná die erediens ’n ietsie in die saal, kuier saam en deel mekaar se hartseer en vreugdes soos wat broers en susters in Christus behoort te doen

Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en ons daarin te verdiep. ’n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ’n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal is hartlik welkom.

Datum Tema Aanbieder

Julie

15 22

29

Wat gebeur met 'n sterwende. Vrede wat alle verstand te bowe gaan Eienskappe van 'n Dissipel

Fanie Fanie

Paul

Augustus 5

12 19

26

‘n Raamwerk om vriende(en jouself) met die evangelie te beraad Agapé-vergadering Lofprysing deur musiek: Hoe vind dit sy beslag in die Bybel The Presence and Work of the Holy Spirit

Griffel

Herman

Derick

September 2 9

16 23 30

Tekens van die tye Agapé-vergadering Christene en geld Ons Missionale opdrag Die spanning tussen die Christendom en die wetenskap

Fanie

Griffel Flip Buys Laurette

Oktober 7

14 21 28

The five Principles of the Reformation Agapé-vergadering Leer my om te bid Hoekom haat mans kerk

Brian

Johann le Roux Griffel

November 4

11 18

Leer my om te bid Agapé-vergadering Jou Christenskap en die reg

Johann le Roux

Kees

Page 5: HartHart && HHandand Eredienste 7 Julie 2013 · 2020-01-31 · 7 Hanlie van Zyl 082 770 4159 Huisgodsdiensriglyn Om ouers ... kandidate se naam, van, kontakbesonderhede en CV voor

.

Hulp met voertuig vir Confession Church in Zambië Die Gereformeerde Kerk Pretoria het van 2003 betrokke geraak met voltydse Woord- en sakramentbediening in Zambië deur ds. Charles Zulu as predikant te beroep met sendingopdrag Zambië. In die 10 jaar wat hy daar arbei, het daar onder baie moeilike omstandighede ’n “kerkverband” vir Zambiërs ontstaan, met die naam Confession Church Zambië. Die lidmate woon wyd verspreid en word met groot opoffering deur ds. Charles bedien. Twee jaar gelede het daar vir ds. Charles ’n roeping na vore gekom as dosent by Covenant College om sy gawes aan die studente deeltyds aan te bied en daar klas te gee. Al waarmee die kollege vir ds. Charles kan help, is gratis verblyf, aangesien sy “nuwe roeping” as dosent vereis dat hy hom op die terrein van die kollege moet vestig. Dit het meegebring dat hy meer as 500km van Lusaka moet woon, waar hy hoofsaaklik sy evangelisasie en sendingwerk vantevore verrig het. Dit is van die uiterste belang dat ds. Charles met ’n goeie voertuig toegerus word om die werk wat oor die jare in die Confession Church gedoen is nie ten gronde te laat gaan nie. In die vorige klompie jare het hy hoofsaaklik van net twee voertuie – in baie opsigte oud en gehawend - gebruik gemaak. Hulle is eintlik nie meer herstelbaar nie. Daar is nou ’n Confession Church-voertuigfonds in die lewe geroep. Indien u hiertoe wil bydra, kan u geld oorbetaal in die ABSA-rekening van die Gereformeerde Kerk Pretoria: rek nr 040340106, takkode 632005. Merk asb u bydrae duidelik as CCVV-voertuigfonds.

AROS-Beurse beskikbaar in 2014 Vir AROS is dit nie net belangrik om goeie onderwysers op te lei nie, maar ook om mense te identifiseer wat op meduim tot lang termyn Christelike, passievolle, roepinggedrewe, knap en bekwame skoolhoofde sal kan word. Vir hierdie doel het AROS “superbeurse” van R50 000 per jaar beskikbaar gestel. Hierdie beurse sal ná ‘n streng keuringsproses beskikbaar gestel word aan studente waarvan ons redelik seker is dat hulle in die toekoms ‘n leidende rol as skoolhoofde en in die onderwysstelsel van Suid-Afrika sal kan speel. Ons vra u hulp met die identifisering van belowende jongmense wat tans in matriek is of wat reeds die skool verlaat het. Indien u van sulke persone weet, stuur asb die betrokke kandidate se naam, van, kontakbesonderhede en CV voor of op 31 Julie aan ons by [email protected].

Kermis Ons Huis-ouetehuis Florida 27 Julie van 10:00 tot 14:00 Die inwoners, personeel en beheerliggaam nooi u om die dag saam met hulle te kom geniet.

Madelinestraat 110, Tel: 011 672 5018

Page 6: HartHart && HHandand Eredienste 7 Julie 2013 · 2020-01-31 · 7 Hanlie van Zyl 082 770 4159 Huisgodsdiensriglyn Om ouers ... kandidate se naam, van, kontakbesonderhede en CV voor

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected]

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 354 3726 [email protected]

Fanus Heystek (Troyestraat-bedieningspunt) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Derrick Mashau (New Life City Church - kerkplant in Sunnyside)

082 971 2725 [email protected]

Reëlings Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

7 Julie Duxbury Ouderling

Pieter Heslinga

Diaken

Joëlna Heslinga

Onder die diens

Diakonale werk By die deure

Emeritaatsfonds

Janneke

7 Julie Troyestr Ouderling Schalk van

Vuuren

14 Julie Duxbury Ouderling

Schalk van Vuuren

Diaken

Marinus v.d. Hout

Onder die diens

Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Sanet

14 Julie Troyestr Dienste deur

Hervormde Kerk

Moenie neersien op

iemand wat geval het nie.

God het jou dalk die val

gespaar omdat Hy geweet

het jy sou nie kon opstaan

nie.

Anoniem

Hoe jy jou vrye tyd deurbring, is ‘n toets van jou karakter

John Maxwell

Page 7: HartHart && HHandand Eredienste 7 Julie 2013 · 2020-01-31 · 7 Hanlie van Zyl 082 770 4159 Huisgodsdiensriglyn Om ouers ... kandidate se naam, van, kontakbesonderhede en CV voor

ADVERTENSIEBLAD

6. MEUBELS GESOEK ’n Lidmaat is op soek na ’n klerekas en ’n laaikas. Indien u daarmee kan help, kontak Rentia asb by die kerkkantoor.

7. OPTIMALE GESONDHEID Weens ons veeleisende lewenswyse skenk ons selde tyd aan ons welstand. Ons liggaam is geskape as ’n selfregulerende organisme. As ons gesond leef en die regte nutriënte inneem, kan ons liggaam optimaal funksioneer en homself beskerm en genees. ’n Nuwe benadering van geïntegreerde gesondheid kombineer die beste van “moderne medisyne” met die beste gesondheidstrategie vir die ondersteuning van die liggaam se normale herstelproses om so die beste vir ’n pasiënt te bied. Om meer uit te vind van die nuutste tegnologie in plantaardige aanvullings en wat dit vir jou gesondheid kan beteken, skakel Contessa vir ’n afspraak by 082 464 2690

8. ALGEMENE TUINDIENSTE BENZ Tuindienste. Algemene tuindienste, weeklikse en/of op maandelikse basis, snoeiwerk en tuinvullisverwydering; en/of enige ander ad hoc-verfraaiing van tuin. Kontak Frans Bekker by 072 271 3778

1. WOONSTELKAMER TE HUUR teen R3 000 per maand, 1.4km van hoofkampus af, om te deel met manstudent. Onbeperkte “wi-fi”-internet asook water en ligte tot en met R400 ingesluit. Dadelik beskikbaar. Kontak Corné by 082 876 7687 of Francois by 073 037 1155.

2. NUWE PRIVATE OUETEHUIS op 1 Junie vanjaar geopen in Hennopspark, Centurion. Versorger, sekureitskompleks, dubbelkamers, gesonde maaltye, skoonmaak en wasgoed ingesluit. Vervoer beskikbaar na inkopiesentrums. Skakel Liza du Plessis by 082 564 1793.

3. TUINWOONSTEL Eenslaapkamer-tuinwoonstel in Helderkruin, Jhb. Oopplan-kombuis, sitkamer, eie veiligheidshek-ingang. Troeteldiere welkom. Braaigeriewe beskikbaar en gebruik van swembad. R3 800 pm water en ligte ingesluit. Kontak Wilna Dreyer by 072 589 4091.

4. KUNSKLASSE vir kinders en volwassenes in teken- en skilderkuns. Privaat- en kleingroeplesse. Slegs Maandae tot Donderdae. Kontak Renske van der Walt by 079 969 4949 of [email protected]. Klasse vind plaas by my huis in Bettystraat 375, Kloofsig.

5. TUINHUIS TE DEEL – CENTURION – CELTISRIDGE ‘n Meenthuis te deel in Heuwelsig Landgoed, Celtisridge. Naby hoofroetes en winkelsentrums. Het ook eie winkelkompleks. Slaapkamer met eie badkamer. Moet lief wees vir diere, met sober gewoontes en verkieslik nie rook of drink nie. Huur R2 500 pm, water en ligte ingesluit. Verkieslik ‘n Christelike manspersoon. Beskikbaar van 31 Julie 2012. Kontak Marie by 073 736 0183 ná 16:00.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]

Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

IS JY EEN VAN HULLE? Inkopie-terapie 11.3 miljoen Suid Afrikaanse volwassenes (32%) vind die stelling ‘Shopping makes me feel that my life is worthwhile’ baie toepaslik (AMPS2012B) Aanlyninkopies Volgens die 2012/13 ‘Mastercard Online Shopping Survey’, dui 54% Suid Afrikaanse respondente aan dat hulle gereeld die Internet vir aanlyninkopies gebruik. AMPS (All Media and Product Survey)

Page 8: HartHart && HHandand Eredienste 7 Julie 2013 · 2020-01-31 · 7 Hanlie van Zyl 082 770 4159 Huisgodsdiensriglyn Om ouers ... kandidate se naam, van, kontakbesonderhede en CV voor

Ons kerklike bydraes

Die grafika toon aan dat ons die finansiële jaar goed begin het. Kerklike bydraes van Maart tot Mei 2013 het die begroting oorskry en ons is dankbaar vir hierdie bydraes.

Die Junie-bydraes was egter R28 000 onder die mikpunt. Saam kan ons seker maak dat ons Julie-bydraes weer die mikpunt bereik.

Dankoffer

Tot aan die einde van Junie het ons reeds een derde (R159 040) van ons doelwit behaal. Die doelwit van R500 000 wat ons uit dankbaarheid en genade beoog om teen die einde van Augustus te bereik, is om die draai en daarom noem ons die volgende:

Ons dankoffer maak 15% van die totale begroting uit.

Ons dankoffer is van kardinale belang om ons gemeente in staat te stel om met werk in die Koninkryk van God te kan voortgaan.