18
Inhoudsopgawe Proloog ........................................................................................................................ 9 Voorwoord ............................................................................................................... 13 1. ’n Verlore klein dogtertjie ..................................................................... 17 2. Leuens, geheime en stukkende drome ........................................ 34 3. Swak keuses ................................................................................................... 49 4. Om liefde te vertrou ................................................................................. 59 5. Stukkende skerwe ..................................................................................... 72 6. ’n Vastrapplek vir depressie ............................................................... 79 7. Winde van verandering ......................................................................... 92 8. Vaste fondamente ....................................................................................... 101 9. Dieper in die modder .............................................................................. 113 10. Die sprong van Tower Drive-brug ................................................. 120 11. Groundhog Day .......................................................................................... 133 12. ’n Tree na die Lig ........................................................................................ 147 13. Uit die as .......................................................................................................... 158 14. Ek kyk op na die berg ............................................................................. 167 Feite en syfers ......................................................................................................... 171 Vrae aan die dokter ............................................................................................ 179

Inhoudsopgawe - CUM BooksDoen net wat ek vir jou sê.” Mamma kon nie help nie, want sy was by die werk. Dit het in elk geval selde gebeur dat sy Pa in enigiets teëgegaan het wat

  • Upload
    others

  • View
    12

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Inhoudsopgawe

Proloog ........................................................................................................................ 9

Voorwoord ............................................................................................................... 13

1. ’n Verlore klein dogtertjie ..................................................................... 17

2. Leuens, geheime en stukkende drome ........................................ 34

3. Swak keuses ................................................................................................... 49

4. Om liefde te vertrou ................................................................................. 59

5. Stukkende skerwe ..................................................................................... 72

6. ’n Vastrapplek vir depressie ............................................................... 79

7. Winde van verandering ......................................................................... 92

8. Vaste fondamente ....................................................................................... 101

9. Dieper in die modder .............................................................................. 113

10. Die sprong van Tower Drive-brug ................................................. 120

11. Groundhog Day .......................................................................................... 133

12. ’n Tree na die Lig ........................................................................................ 147

13. Uit die as .......................................................................................................... 158

14. Ek kyk op na die berg ............................................................................. 167

Feite en syfers ......................................................................................................... 171

Vrae aan die dokter ............................................................................................ 179

978-1-77000-532-7.indd 7978-1-77000-532-7.indd 7 2008/07/07 11:07:38 AM2008/07/07 11:07:38 AM

17

hoofstuk een

’n Verlore klein dogtertjie

Augustus 1973Ashwaubenon, Wisconsin

“Whitney, vat vir Kyle buitetoe en gaan speel. Maar julle bly in die erf, hoor jy!” het my pa vir my jonger sussie gesê.

Ek het op die vloer gelê met ’n legkaart, baie in my noppies met die prentjie wat besig was om vorm aan te neem. Nog net ’n paar stukkies, en ek was klaar. Ek het in April vyf geword en die legkaart was ’n geskenk van my ma en pa. Dis ’n wonderlike legkaart en ek het nog ’n paar minute bly lê. Ek wou nie saam met Whitney en Kyle buite gaan speel nie; ek wou my legkaart bou, maar toe Whitney met Kyle aan die hand verbyloop, het ek opgestaan en hulle na die agterdeur gevolg.

“Nie jy nie, Tina. Jy bly hier,” het Pa gesê.Whitney, ’n jaar jonger as ek, het vir my gesig getrek. Sy het seker

gedink ek was in die moeilikheid. Maar ek het niks verkeerds gedoen nie; altans, niks waaraan ek kon dink nie.

978-1-77000-532-7.indd 17978-1-77000-532-7.indd 17 2008/06/30 08:29:28 AM2008/06/30 08:29:28 AM

Waarom ek gespring het

18

“Tina! Kom ondertoe. Nou!”Daar was iets in my pa se stem wat alles in my baie, baie stil laat

word het. Dit was meer as bloot ’n stemtoon wat geen teëpratery duld nie – dít het hy altyd gehad – maar iets diepers en baie meer intimiderend. Ek het stadig na die trap toe geloop. Ek het dit gehaat om kelder toe te gaan. Die plek was vol spinnekoppe.

“Hoekom?”Hy het my aan die arm gegryp en my vorentoe gepluk. “Moenie

staan en simpel vrae vra nie. Doen net wat ek vir jou sê.”Mamma kon nie help nie, want sy was by die werk. Dit het in elk

geval selde gebeur dat sy Pa in enigiets teëgegaan het wat hy wou doen. Die vrae het deur my kop gemaal. Wat het ek gedoen om hom kwaad te maak? Hoekom moet ek na die kelder toe gaan? Miskien het iemand wasgoedseep op die vloer gemors en gaan ek daarvoor gestraf word.

Die kelder was koel en klam, en daar was mufkolle en watervlekke teen die sementmure. In die een hoek was daar ’n klomp bokse vol ou goed wat niemand meer gebruik nie. My slee het aan die oop dakbalke gehang, saam met ons ysskaatse, draad, visstokke en tou. Die wasmasjien het doodstil onder die enkele gloeilamp gestaan wat uit die plafon gehang en die mistroostige kelder van ’n bietjie lig voorsien het. Twee klein venstertjies het ’n klein bietjie son ingelaat.

“Pappa?” Aan die onderpunt van die trap het hy my weer aan die arm geneem en na die lessenaar gelei wat hy direk onder die trappe vir hom ingerig het. Mamma het gewonder waarom hy vir hom ’n klein studeerkamer onder in die kelder wou inrig – dis so klam en donker – maar hy het volgehou dat hy ’n stil plek moes hê waar hy kon werk.

Pa het op sy stoel gaan sit en my op sy skoot getel. “Dis alles reg, my skat. Ek’s nie kwaad vir jou nie.”

“Nie?”Hy het oor my hare, my arm en my rug gestreel, maar in plaas

daarvan om my te vertroos, het sy aandag my verwar. Daar was ’n spanning in hom wat ek net met sy woede kon assosieer, en tog het

978-1-77000-532-7.indd 18978-1-77000-532-7.indd 18 2008/06/30 08:29:28 AM2008/06/30 08:29:28 AM

’n Verlore klein dogtertjie

19

hy geglimlag en sag gepraat, wat sy woorde bevestig het. Hoekom het ek dan nie beter gevoel nie?

“Nee, my skat. Ek is lief vir jou. Jy weet dit. Ek wil net vir jou wys hoe lief ek vir jou is. Hoeveel jy vir my beteken. Jy is mos ook lief vir my, Tina?”

“Ja, Pappa.”“Natuurlik is jy, en ek wil vir jou wys hoe jy kan bewys dat jy vir

my lief is.”Ek het begin bewe, maar dit was nie van die koue nie. Dit het

nie vir my sin gemaak nie. Dit was asof die mure rondom ons my begin vasdruk het. Dan sou die spinnekoppe ook nader wees. Die klam, muwwerige reuk het die plek nog kleiner, meer beknop en vreesaanjaend laat voel.

“Ek gaan vir jou leer hoe om vir my lief te wees. Ek gaan vir jou wys hoe om my gelukkig te maak. Maar dit gaan net ons geheim wees, hoor? Ons gaan vir niemand daarvan vertel nie, verstaan?”

Ek het my kop geknik, maar ek het glad nie verstaan nie.Hy het gesug en ek het gewriemel toe sy hande begin dwaal, maar

dit het nie gelyk of die gewriemel hom enigsins pla nie. “Dit gaan lekker wees, Tina. Jy sal sien. Jy gaan dit geniet.”

Maar ek het dit nie geniet nie. Ek het dit gehaat. Ek het sy swaar asemhaling gehaat. Die manier waarop hy my platgedruk het. Die reuke. Die magteloosheid. En bo alles die pyn.

Ek wou nie aan my pa dink of aan wat hy aan my gedoen het, of die hulpeloosheid wat ek ervaar het of die krete wat in my keel vas-gesteek het nie. Ek het my gedagtes buitetoe gejaag, op gelukkige dinge probeer fokus. Whitney op die swaai in die agterplaas. Kyle wat haar al hoër en hoër maak. My ma wat werk en die lekkergoed wat sy dalk vir ons gaan bring. My ouma en oupa in Michigan, en die heerlike geure wat my altyd begroet het wanneer ons daar gaan kuier het. Die nuwe babatjie wat op pad was.

Ek het aan die brandweerstasie reg oorkant ons huis gedink, en al my mooi gedagtes het verdwyn. Dit was nog altyd vir my ’n plek wat veiligheid verteenwoordig. As daar enigiets sou gebeur, was

978-1-77000-532-7.indd 19978-1-77000-532-7.indd 19 2008/06/30 08:29:28 AM2008/06/30 08:29:28 AM

Waarom ek gespring het

20

hulle net oorkant die straat. Maar nou het daar geen hulp gekom nie. Hoe dom was ek tog! Veiligheid was net ’n illusie.

Ek het nie geweet hoe om die magteloosheid of die pyn te hanteer wat ek gevoel het nie. My pa het my laat belowe om dit geheim te hou. Niemand kon ooit weet nie. Pa het dit nie reguit gesê nie, maar die onuitgesproke dreigement was daar. As ek vir enigiemand sou sê, sou dit die einde van ons gesin beteken, en ek het nie geweet wat met my sou gebeur nie.

Weke lank het my magteloosheid elke uur van die dag by my gespook. Dit was asof ek vasgekeer was in ’n doolhof sonder enige uitkomkans. Maar daar was een ligpunt in my week: Sondagoggend. My ouers is albei Katoliek grootgemaak, maar my ma was die enigste een wat elke Sondag die mis bygewoon het. Sy het my gewoonlik saam met haar geneem terwyl die ander kinders by Pa gebly het. Voorheen was dit net iets wat ons saam gedoen het, ek en my ma, maar nou het daardie Sondagoggende ’n kosbare wegkomkans geword omdat ek geweet het dat my pa my nie dáár kon bykom nie.

Die Nativity-gemeente was die grootste Katolieke Kerk in die Green Bay-area. Mamma het altyd aan die regterkant gesit, in die-selfde bank, sodat jy Maria se gesig gesien het elke keer wanneer jy van jou gebede af opkyk. Dit was vir my ’n bron van konfl ik. My oumagrootjie was ’n Lutheraan en sy het altyd vir my gesê dat dit verkeerd was om tot Maria te bid, dat ek veronderstel was om tot Jesus te bid.

Maar nou het ek groter probleme gehad as om te wonder of dit reg of verkeerd was om tot Maria te bid. Ek het God eenvoudig gesmeek om iets te doen, enigiets wat my situasie sou verander.

“Wil jy nog steeds by die Brownies aansluit?” het Mamma gevra toe sy die kniebankie op die vloer neersit.

Ek het na haar gekyk toe ons albei kniel. “Ja!” het ek met ’n groot glimlag geantwoord. “Kan ek?”

“Ek het met Pappa gepraat en hy het gesê dat jy kan aansluit.”Toe sy na my pa verwys, het my glimlag saam met my geluk ver-

dwyn. Die donker het om my toegevou toe ek na my saamge klem de

978-1-77000-532-7.indd 20978-1-77000-532-7.indd 20 2008/06/30 08:29:28 AM2008/06/30 08:29:28 AM

’n Verlore klein dogtertjie

21

hande voor my kyk. Sy het nie geweet nie. Sy kon nie weet nie. Ek was vasgevang in ’n nimmereindigende nagmerrie. Soms het ek met die vreeslikste maagpyn skool toe gegaan, en dan moes my ma my kom haal en huis toe neem, maar sy het nie ’n idee gehad wat die probleem veroorsaak het nie.

Elke keer wanneer my pa in die rigting van die kelderdeur sou loop en na my kyk, het alles in my versteen van vrees. Elke keer wanneer my ma sou gaan werk, het die magteloosheid my begin oorweldig. Hy het aan my geraak en ek wou skree, maar kon nie. Hy het my hand geneem en ek wou weghardloop, maar kon nie. Hy het vir my gesê wat hy wou hê en ek moes daarby berus.

Ma het haar hand op my skouer gesit. “Bid.”“Ja, Mamma.” Ek het om my rondgekyk na die mense wat almal

stip voor hulle uitkyk en in stilte bid.Het enigiemand vermoed wat in ons huis aan die gang was? Ek

dink nie so nie. My pa het baie moeite gedoen om seker te maak die gemeenskap dink ons is die volmaakte gesin. Maar agter geslote deure is die huis verswelg deur spanning, woede, geweld en pyn – geheime wat ten alle koste bewaar moes word.

Augustus 1974Menominee, Michigan

“Ouma!” Die gaasdeur het agter my toegeklap toe ek die kombuis binnestorm en kaalvoet oor die ou linoleumvloer hardloop. “Kyk wat het ek gekry!”

Ek het twee appels na haar toe uitgehou. “Sien Ouma?”Sy was ’n klein vroutjie en sy het nie veel gepraat nie, maar die

afgelope week was sy vir my ’n rots van sekuriteit en vrede. Ek was veilig by haar. Ek kon heeldag rondhardloop sonder om bang te wees dat hý my sou roep. Ek kon lag sonder om bang te wees dat ek sy aandag sou trek. Ek kon deur die huis hardloop met ’n gevoel van vryheid wat ek ’n jaar lank nie geken het nie.

978-1-77000-532-7.indd 21978-1-77000-532-7.indd 21 2008/06/30 08:29:28 AM2008/06/30 08:29:28 AM

Waarom ek gespring het

22

“Mooi,” het Ouma geantwoord terwyl sy ’n bietjie meel in ’n bak uitgemeet het sonder om regtig na die appels te kyk.

“Waar is Oupa?”Sy het na die agterkant van die huis geknik. “In die garage.”Ek het hom onder die enjinkap van sy bakkie aangetref, besig om

aan iets te karring. “Oupa! Ek het hierdie appels gepluk!”Hy het opgekyk en sy keps teruggestoot. “Kyk net so. En dan nog

sulke mooies ook.”Ek het op my tone gaan staan om oor die modderskerm na die

enjin van Oupa se bakkie te kyk. “Wat maak Oupa?”“Die tyd is uit. Ek’s sommer besig om dit in te stel.”“Kan ek help?”Hy het sy gereedskap op die modderskerm neergesit en my hare

deurmekaargekrap. “Ek het ’n beter plan. Kom ons gaan kyk of ons nog ’n paar appels in die hande kan kry. Ek’s seker ons sal Ouma kan ompraat om vir ons lekker ystee of ’n appeltert te maak.”

“Ek weet waar ons hulle kan kry!”Hy het sy pet reggetrek en my met ’n glimlag beloon wat my altyd

lekker laat voel het. Alles was in daardie glimlag saamgevat: liefde, aanvaarding, koestering en goedkeuring.

Nadat ons ’n mandjie op die agterstoep gaan haal het, is ons na die klein boord agter die huis. Daar was twaalf bome, almal vol appels.

Terwyl ons hand aan hand na die boord loop, het ek my gesig na die son gelig. Dit was wonderlik, so helder en warm – alles wat die kelder by die huis nie was nie. Ek wou vir altyd in die sonskyn bly.

“Hier is hulle, Oupa!” Ek het tot by die bome gehuppel, in die rondte getol en gelag toe dit my effens dronk maak.

“Oppas dat jy nie seerkry nie, my kind.” Maar sy waarskuwing is deur die lag in sy stem getemper.

Ek het gaan staan en vir hom geglimlag terwyl die wêreld om my gedraai het. My oupa het plaasimplemente verkoop en herstel en het baie hard gewerk. Hy was gewoonlik doodmoeg wanneer hy by die huis kom, maar hy het altyd ’n glimlag en ’n drukkie vir my gehad.

“Op is jy, my kind.” Hy het gebuk sodat ek op sy skouers kon klim

978-1-77000-532-7.indd 22978-1-77000-532-7.indd 22 2008/06/30 08:29:28 AM2008/06/30 08:29:28 AM

’n Verlore klein dogtertjie

23

en dan die appels van die takke af kon pluk pleks van hulle van die grond af op te tel.

Ek het die appels een vir een gepluk en vir hom aangegee om in die mandjie te sit. Vir ’n paar minute het nie een van ons gepraat nie. Woorde was nie nodig nie. Hy het een hand stewig op my bobeen gehad om te keer dat ek val indien ek my balans verloor, en hy was die enigste man wat aan my been kon raak sonder om my angsbevange te maak. Sy hand op my been het vertroosting en sekuriteit gebring, nie koue angssweet nie.

“Hierdie een is pragtig,” het hy gesê en ’n appel opgehou wat ek gepluk het. “Goeie werk.”

Dit was lekker om te hoor, en het my geïnspireer om nog harder te werk en die beste, rypste, sappigste appels so vinnig moontlik te pluk. Ek het die een ding ontdek wat my regtig goed laat voel het: om ander mense te behaag. Solank ek hulle tevrede kon stel, sou hulle miskien nie die lelikheid sien wat in my binneste wegkruip nie.

Tina bad haar hond, Jock.

Tina en Kyle speel croquet in Michigan.

978-1-77000-532-7.indd 23978-1-77000-532-7.indd 23 2008/06/30 08:29:28 AM2008/06/30 08:29:28 AM

Waarom ek gespring het

24

Hoe wonderlik was hierdie kuiers by my oupa-hulle nie! Watter kind sou nie mal wees oor hierdie wonderlike, liefdevolle mense nie? Elke dag was ’n avontuur wat drukkies en soentjies en glimlagte ingehou het. Daar was geen spanning nie, geen geheime in die kelder nie, net eenvoudige, suiwer vreugde.

Die appeltert was heerlik – warm uit die oond toe Ouma dit daardie aand voorsit. Sy het my die room laat klits totdat dit sagte, koue wolke gemaak het, en my mond het gewater toe sy ’n groot lepel daarvan op my tert skep. Ek het pas die laaste bietjie room in my bordjie geëet toe ek ’n kar hoor stilhou. Ek het my nie daaraan gesteur nie totdat ek my ma se stem by die voordeur gehoor het.

“Hallo?”My ouma het opgestaan om die tafel af te dek. “Ons is hier in die

kombuis, my kind.”Dit was asof iemand my uit my warm nessie op die drumpel van

die paradys geskop en in ’n yskoue meer gegooi het. My hart het angstig in my klein borskassie aan die klop gegaan. “Hoekom is Mamma hier?”

Sy het oor my hare gevryf en fronsend na die koeke daarin gekyk. “Ek het jou kom haal.”

“Ek wil nie huis toe gaan nie.”Haar frons het verdiep. “Moenie weer hiermee begin nie, Tina.

Dis elke keer dieselfde storie wanneer jy hier kom kuier. Jou kuiertjie is nou verby. Die skool gaan amper weer begin.”

Die trane het oor my wange begin stroom. “Ek wil nie teruggaan nie. Kan ek nie net by Ouma en Oupa bly nie?”

Ek kon die woede in haar oë sien, maar ek het nie omgegee nie. Ek wou nie weggaan nie. Ek wou nie teruggaan na hóm toe nie.

My ma het verstyf. “Nee, jy kan nie bly nie. Toe, gaan kry jou goed. Ons moet aan die gang kom. Die pad is nog lank.”

Ouma het warm en gerusstellend geglimlag, maar dit het niks aan die koue vrees gedoen nie. “Jy sal weer by ons kom kuier, my engel. Luister nou na jou ma en gaan kry jou klere.”

Ek kon dit nie doen nie. Ek het geweet ek sou net in groter moei-

978-1-77000-532-7.indd 24978-1-77000-532-7.indd 24 2008/06/30 08:29:30 AM2008/06/30 08:29:30 AM

’n Verlore klein dogtertjie

25

likheid kom, maar ek moes probeer. Ek moes eenvoudig net.“Nee! Ek wil nie weggaan nie. Julle kan my nie dwing nie!”My ma het my aan die arm gegryp en na haar toe getrek. “Ek kan

en ek sal. Luister nou na my as jy nie ’n pak slae wil hê nie.”Die ironie was daar hét groter moeilikheid op my gewag indien

ek wél na haar sou luister. “Ek wil nie gaan nie, asseblief!” Ek het na my oupa toe gehardloop en my arms om sy nek geslaan en so styf vasgeklou as wat ek kon.

My ma was nie van plan om toe te gee nie. “Ek het nie tyd hiervoor nie. Gaan pak nou dadelik.”

Ek het in my oupa se arm gesnik en my kop geskud.My oupa het my arms stadig om sy nek losgemaak. “Wat’s fout,

Tina?”Ek kon nie vir hom sê nie. Ek kon vir niemand sê nie. Ek het my

kop laat hang terwyl ek steeds onbedaarlik gesnik het. My ma het haar hande op my skouers gesit en my na die deur toe gedraai. “Gaan pak, jong dame. Nou.”

Ek het sleepvoetend na die slaapkamer toe geloop en al my klere stadig in my tas gegooi. Daar sou geen wonderwerk, geen uitkoms wees nie. Wanneer ons by die huis kom, sou hý daar vir my wag, en kort voor lank sou ek weer met my geheime pyn en skaamte worstel.

Op pad na Green Bay het die boorde en klein dorpies langs die pad my nie van die vrees op die krop van my maag laat vergeet nie. Ek wou my ma so graag vertel wat Pappa aan my doen, maar ek was bang. As sy vir Pa probeer sê hy moet ophou, sou hy haar dalk weer slaan – soos in die verlede wanneer sy hom teëgegaan het. Dan was daar die ander moontlikheid: As sy gedink het dat Pappa reg was, sou sy vir my kwaad wees en ophou om vir my lief te wees, en dan sou hy my dalk net nog seerder maak.

“Ek het vir jou goeie nuus.” Mamma se woorde het my gedagtes onderbreek.

Ek het deur die venster na die eindelose groen woude en plase, die beeste en die koringlande bly staar. “Watse goeie nuus?”

978-1-77000-532-7.indd 25978-1-77000-532-7.indd 25 2008/06/30 08:29:30 AM2008/06/30 08:29:30 AM

Waarom ek gespring het

26

“Wel, dis eintlik twee goed. Die eerste is dat jou Brownie-leier my gebel het.”

Nou het sy my aandag gehad en ek het gedraai om na haar te kyk. Sy het haar oë op die pad gehou terwyl sy gepraat het. “Jy het hierdie jaar die meeste koekies verkoop, en daarvoor gaan jy ’n trofee kry.”

“Regtig?” My hart het vinniger geklop. Ek het gewen. Al daardie harde werk was die moeite werd. Mamma het my natuurlik gehelp, maar ek het gewen. “Wanneer gaan ek my trofee kry?”

“Wanneer julle weer bymekaarkom.”Ek het met ’n glimlag deur die voorruit gekyk. Ek het al gesien

hoe ek opstaan en die trofee ontvang en hoe almal my beny. Hoe my ma glimlag en vir my ’n drukkie gee en so trots op my sou wees. Ek sou haar gelukkig maak, en dit het my weer gelukkig gemaak.

“Die ander nuus is dat ek en Pappa ’n nuwe huis gekry het,” het sy gesê, “en dat ons volgende maand gaan trek.”

“Trek?”Die nuus het ’n opwelling van emosie veroorsaak. Ons sou trek en

dan sou ek nooit weer na daardie kelder hoef te gaan nie.Ma het keel skoongemaak. “Ons gaan Shawano toe trek. Ons het

’n pragtige huis langs die rivier gekry.”“Is daar ’n kelder?”Sy het verbaas na my gekyk, maar ek het nie verwag dat sy my

vraag sou verstaan nie. Hoe kon sy?“Nie regtig nie. Nie ’n kelder soos wat ons nou het nie. Die onderste

verdieping het twee groot vensters wat op die rivier uitkyk. En daar is twee slaapkamers daar onder.”

’n Rilling het teen my rug afgegly en ek het my hande saamge-klem.

“Ongelukkig moet ’n mens deur die een kamer gaan om by die ander een uit te kom, maar ek dink ons sal jou boetie in die eerste kamer laat slaap en dan kan jy en jou sussies die ander een deel.”

Die verligting het warm deur my gespoel. Miskien, net miskien, sou dinge nou verander. Ek sou Whitney en Nadine, my babasussie, as beskerming by my hê, en my boetie ook. As dit vir hóm moeilik

978-1-77000-532-7.indd 26978-1-77000-532-7.indd 26 2008/06/30 08:29:30 AM2008/06/30 08:29:30 AM

’n Verlore klein dogtertjie

27

was om by my uit te kom, sou dit miskien ophou. Toe die vrees gaan lê, het ander vrae by my opgekom. “Hoekom trek ons?”

“Onthou jy nog vir pastoor Tim?”Ek het geknik. Pastoor Tim was die leraar van ’n Lutheraanse kerk

in Shawano, en selfs al was my ma en pa Katoliek, het my pa baie van pastoor Tim gehou.

“Pappa wil na pastoor Tim se kerk toe begin gaan. Eintlik wil hy hê dat ons almal moet gaan, so nou trek ons soontoe om naby die kerk te wees.” Sy het by ’n rooi verkeerslig stilgehou en fl ou vir my geglimlag.

“Gaan ons dan nie meer Katoliek wees nie?”Sy het net haar kop geskud. Ek dink nie sy was baie gelukkig oor

al hierdie dinge nie, maar die idee het my nie gepla nie. Ons sou Lutheraans wees, nes my oumagrootjie.

Met elke kilometer wat ons nader aan die huis gekom het, het my angstigheid toegeneem. As my ma dit opgemerk het, het sy niks daaroor gesê nie. Teen die tyd dat ons by die voordeur ingegaan het, was ek soos ’n verskrikte haas wat deur ’n jakkals in ’n hoek gejaag is. My hart het wild geklop en my hande was klam en bewerig. Ek kon myself nie sover kry om my pa in die oë te kyk toe ek deur die woonkamer na my kamer storm en die deur so dig moontlik agter my toemaak nie.

Nadat ek uitgepak het, het ek op die kant van my bed gaan sit. Hoe gou sou ons trek? Hoe gou sou hierdie nagmerrie tot ’n einde kom?

Dit sou nie sommer gou ophou nie. Ek het dit die volgende dag uitgevind toe Pappa my weer na die kelder toe geroep het. Ek dink nie hy was baie gelukkig daaroor dat ek vir ’n week lank weg was nie, want alles het verander. Nou was hy nie meer net tevrede om onnoembare dinge aan my te doen nie, maar hy het ook van my verwag om aaklige dinge aan hom te doen.

Ek het die dae begin tel totdat ons sou trek.Dit was uiteindelik net ’n paar weke voordat ons na ons nuwe huis

getrek het. Dit was ’n mooi tweeverdiepingbaksteenhuis met blou

978-1-77000-532-7.indd 27978-1-77000-532-7.indd 27 2008/06/30 08:29:30 AM2008/06/30 08:29:30 AM

Waarom ek gespring het

28

hortjies op die oewer van die Wolfrivier, ’n pragtige stroom vol forel en ander visse en helderkleurige klippe. Daar was net vier huise in ons straat wat almal op die rivier uitgekyk het. Slegs twee van hulle het permanente inwoners gehad. Die ander twee se eienaars het net gedurende die somer gekom.

Die onderste verdieping was inderdaad glad nie soos die kelder van my nagmerries nie. Die groot komvensters wat op die rivier uitkyk, het baie lig ingelaat. My boetie se kamer was klein en sonder vensters, maar dit het nie gelyk of dit hom pla nie. Aan die ander kant van sy kamer was die kamer wat ek met my sussies sou deel. Toe ek daar staan en deur die venster kyk, was my eerste gedagte dat ek hier veilig sou wees. My pa sou tog nie deur Kyle se kamer tot by my sluip en dit waag om my boetie of sussies wakker te maak nie.

“Tina!” het my boetie na my geroep. “Kom kyk hier.”Ek het hom by die stoepdeur gekry wat na die agterplaas lei.

“Wat?”Hy het omgekyk om seker te maak dat niemand sien nie en met sy

kop gewys dat ek hom moes volg.Ons het na die rivier toe gehardloop, wat verrassend vlak was teen

die oewer. Kyle het na die water gewys toe hy sy sandale uitskop en inloop. “Kan jy dit glo?”

Klippies! Klippies van elke vorm en grootte. Hulle was liefl ik. Ek kon dit nie weerstaan nie. Nadat ek oor my skouer geloer het om seker te maak dat my ouers nie sien nie, het ek my plakkies uitgeskop en ingeloop om die mooiste klippe bymekaar te maak.

Elke nou en dan het Kyle ’n besonder mooi klippie opgehou en vir my gegrinnik. Later het ’n man in ’n kano verbygeroei en ons het vol verwondering staan en kyk hoe hy deur die water gly. Toe hy vir ons waai, het ons uitgelate teruggewaai.

Ek was so gelukkig. Dit was verby. Die pyn, die wanhoop, die vrees. Verby.

En toe skielik was hý daar. Met ’n kwaai frons en ’n kyk in sy oë wat gemaak het dat ek en Kyle ons na die oewer gehaas het. “Het julle die bokse in julle kamers klaar uitgepak?”

978-1-77000-532-7.indd 28978-1-77000-532-7.indd 28 2008/07/29 11:29:48 AM2008/07/29 11:29:48 AM

’n Verlore klein dogtertjie

29

Kyle het sy kop geskud. Ek het na my voete gekyk, te bang om in sy oë te kyk.

“Dan stel ek voor julle gaan nou terug huis toe en maak klaar met die uitpakkery. En as ek julle weer hier vang voordat alles gedoen is, sal julle vir die volgende twee weke nie naby hierdie rivier kom nie. Verstaan julle my?”

Ons het albei “ja” gemompel en toe huis toe gehardloop. Maar selfs die raas kon nie my vreugde demp nie.

November 1975

Dit was ’n paar weke voor Thanksgiving, en ek en Mamma het die huis alreeds met kleurryke kalkoene en pelgrimshoede versier. My ouma en oupa sou uit Michigan kom kuier, die skool het vir die langnaweek gesluit, en dan sou die Kersseisoen amptelik begin.

Terwyl ons aan tafel was, het my ouers oor allerhande groot-mensdinge gepraat wat kinders gewoonlik ignoreer terwyl hulle onder die tafel na mekaar skop, mekaar met ertjies gooi wanneer die grootmense nie kyk nie, en gesigte trek om iemand anders in die moeilikheid te laat beland.

“Ek weet nie waarom hulle nie ’n skoonmaakdiens kan kry nie,” het Pa met ’n gefrustreerde sug gesê, “maar tot tyd en wyl is dit elkeen se verantwoordelikheid om sy eie kantoor skoon te maak.”

Ek’s nie seker hoekom ek skielik begin luister het nie. Miskien was dit ’n bekende klank in Pa se stem of iets in sy oë toe hy na my kyk of net ’n gevoel dat iets nie heeltemal pluis was nie. Whitney het onderlangs probeer om van haar groente in my bord oor te skep, maar ek het dit geïgnoreer en my ouers se gesprek begin volg. My pa het bedank en nou by ’n ander plek begin gewerk. Ek het gedink hy hou baie van sy nuwe werk, en het daarom nie sy ontevredenheid verstaan nie.

Of miskien was daar iets aan sy klagte wat nie oortuigend was nie.

978-1-77000-532-7.indd 29978-1-77000-532-7.indd 29 2008/06/30 08:29:30 AM2008/06/30 08:29:30 AM

Waarom ek gespring het

30

Dit het egter nie gelyk of my ma dit agtergekom nie. “Wel, jy weet ek sou jou gehelp het op enige ander dag, maar Saterdae maak ek huis skoon. Ek sal nie by jou kantoor ook nog kan help nie.”

Pa het sy mond met ’n servet afgevee, dit neergesit en sy bord weggestoot. “Ek kan altyd vir Tina saamvat om skoon te maak terwyl ek sommige van die rekeninge vir Maandag afhandel. As sy net kan afstof, bietjie stofsuig, die koffi epotte uitspoel en die asblik uitgooi. Sy’s oud genoeg om sulke dinge te doen.”

My ma het na my gekyk en geknik. “Dis ’n plan. En jy sal daarvan hou om jou pa ’n bietjie te help, nè, Tina?”

Ek het my kop stadig op en af voel gaan soos wat daar van my verwag is terwyl die gedagtes deur my kop gejaag het. Hoekom het ek nie lekker gevoel hieroor nie? Ek het myself probeer oortuig dat ek net ’n bietjie sou gaan skoonmaak, dis al. Daar was niks om voor bang te wees nie, of hoe? Dit was immers amper twee maande sedert Pappa my seergemaak het.

Maar toe ons die volgende oggend by my pa se kantoor kom, is my ergste vrese bewaarheid. Die nagmerrie het van voor af begin. Die oomblik toe ons in die kantoor was en hy die deur toegemaak het, het ek geskrik, en my hart het iewers in my keel geklop.

“Kom hier, Tina.” Hy het agter sy lessenaar gaan sit en sy arms uitgehou.

’n Vloedgolf emosies het deur my gekolk, so oorweldigend dat ek nie geweet het wat om daarmee te maak nie. Al wat ek kon doen, was om meganies te gehoorsaam terwyl ek my verstand afgesluit het van dit wat besig was om met my te gebeur. In my gedagtes het ek iewers anders gaan speel terwyl iets verskrikliks besig wat om met my fi siese liggaam te gebeur. Dit was die enigste manier waarop ek sin kon maak van my stukkende wêreld.

Skielik was daar ’n klop aan die deur. Pappa het my onder sy lessenaar ingeboender en my met sy knieë vasgedruk terwyl hy agter sy lessenaar ingeskuif het. Die deur het oopgegaan en een van Pappa se kollegas het ingekom.

“Wat maak jy hier op ’n Saterdag? Ek het gedink ek’s die enigste

978-1-77000-532-7.indd 30978-1-77000-532-7.indd 30 2008/07/04 02:19:13 PM2008/07/04 02:19:13 PM

’n Verlore klein dogtertjie

31

ou wat my nie van al hierdie pret kan losskeur nie.”Pappa het gelag terwyl hy sy greep op my verstyf het. Ek het ge-

weet wat hy vir my probeer sê. Bly stil.“Hier’s net ’n paar lêers wat ek voor Maandag op datum wil bring.

My vrou moes ’n paar draaie ry, toe besluit ek om maar gou hier in te val. Is jy reg vir Maandag se vergadering?”

“Ja. My vrou hou vanoggend een van daardie vroumensgoed. ’n Tupperware-partytjie of iets. Ek het hier kom wegkruip tot hulle klaar is.”

Pappa het weer gelag. “Vroue en hulle verskonings om te kuier. Hulle sal ook niks ontsien nie. Verbeel jou, ’n partytjie om plas-tiekhouers vir oorskietkos te verkoop. Wat gaan hulle nog uitdink?”

Die man het gelag. “Stel jou voor ons manne hou partytjies om oliefi lters te koop en verkoop.”

Albei mans het gelag en toe het die deur weer toegegaan. Pappa het sy knieë om my verslap.

“Dit was amper,” het hy gemompel terwyl hy sy stoel teruggestoot het. “Volgende keer moet ons die deur sluit.”

Volgende keer?Dit het my soos ’n weerligstraal getref. Hy sou nooit ophou nie.

Dit sou nooit einde kry nie. Daar was geen uitkoms nie. Die beste waarop ek kon hoop, was kort tydjies wanneer ek rivier toe kon gaan, pouse by die skool wanneer ek met my maatjies gespeel het en wanneer ek by my ouma-hulle kon gaan kuier.

Iets in my binneste het ophou baklei en doodgegaan terwyl my pa aan my gevat het. Ek het na die kantoordeur gekyk. Dit was toe, ek was afgesluit van die buitewêreld. Niemand sou ooit weet nie. Niemand sou my kon red nie. Daar sou altyd ’n toe deur tussen my en die wêreld wees.

Skielik het ek van iets onthou wat ek in die kerk gehoor het. God kan enigiets doen. Ek het my oë toegeknyp. Here, laat hom ophou. Laat hom asseblief net ophou.

Dit was bloot ’n gebed diep in my hart, maar dit was die enigste hoop wat ek oorgehad het.

978-1-77000-532-7.indd 31978-1-77000-532-7.indd 31 2008/06/30 08:29:30 AM2008/06/30 08:29:30 AM

Waarom ek gespring het

32

Oktober 1976

Na amper twee jaar in die huis langs die Wolfrivier was dit weer tyd om te trek. My ma het gesê dat die huiseienaar onredelik is. Pappa het gesê dis tyd dat hulle hulle eie huis kry. Hulle albei het gesê die nuwe huis sou nader aan die kerk wees.

Ek is saam met my boetie en sussie by die Divine Savior’s Christian-skool ingeskryf. Vir die volgende paar weke was die huis vol hoop, maar dit het gou duidelik geword dat Pappa se kerkbywoning nie veel verskil by ons huis sou maak nie. Pappa het my nog steeds seergemaak. Hy het my broer begin slaan, en hy en my ma het net soveel baklei soos altyd, en dit het soms gewelddadig geraak.

Ek en Kyle het een aand ons huiswerk net so gelos en opgespring toe ons Mamma hoor skree. Nadine, wat maar nog net drie was, het voor die TV begin huil, maar ons het haar in die woonkamer gelos en kombuis toe gehardloop. Mamma was op die vloer en Pa het bo-op haar gesit en haar met sy vuiste toegetakel.

Kyle het begin skree: “Hou op! Hou op!” en probeer om Pa se arm te gryp. Pa het hom afgeskud en Kyle het op die vloer geval.

Ek het op Pa se rug gespring en geskree dat hy my ma moes uitlos, maar hy het my maklik afgegooi.

Kyle het telefoon toe gehardloop. “Mamma! Ek gaan die polisie bel!”

Dit was soos ’n towerspreuk. Pa het regop gespring, vir Ma gelos en een tree in my en Kyle se rigting gegee. Hy het gekook van woede, sy lippe dierlik teruggetrek. “Moenie eens daaraan dínk om daai telefoon op te tel nie, hoor jy my?”

Ek en Kyle het van beter geweet as om iets te sê. Ek het bloot na Mamma gekyk wat sukkelend regop kom en die bloed van haar gesig afgevee het. “Gaan na julle kamers toe, kinders. Nou,” het sy gesê.

Ek en Kyle het ons skoolboeke gaan haal en kamer toe gegaan. Whitney was toe sewe jaar oud. Sy het in ’n hoekie sit en huil, duim in die mond en met haar kombers styf vasgeklem. Ek het by haar

978-1-77000-532-7.indd 32978-1-77000-532-7.indd 32 2008/06/30 08:29:30 AM2008/06/30 08:29:30 AM

’n Verlore klein dogtertjie

33

gaan hurk en my arms om haar gesit. “Moenie huil nie, Whitney. Dit sal oukei wees. Ek en Kyle sal na jou kyk.”

Ek het haar tenger, bewende lyfi e vasgehou terwyl sy haar pyn en vrees teen my skouer uitgesnik het. Ek wou ook huil, maar het geweet dat ek my trane ter wille van my sussie moes sluk.

In ons huis het geweld gereeld sonder enige waarskuwing en ewe dikwels sonder enige oorsaak uitgebreek. Toe Pa begin kerk toe gaan en sy Bybel lees, het ek gedink die daaglikse hel sou ophou. Ek was verkeerd.

Whitney het gesnuif, haar kop opgelig en haar trane afgevee. “Miskien sal dit by die nuwe huis beter gaan,” het sy gefl uister.

Ek het nie meer gehoop dat nuwe huise ’n beter lewe sou bring nie.

978-1-77000-532-7.indd 33978-1-77000-532-7.indd 33 2008/06/30 08:29:30 AM2008/06/30 08:29:30 AM