10
“Ons span leef God se plan” PROSPEKTUS GOBABIS GYMNASIUM PREPRIMêR Posbus 304 GOBABIS Tel. no.: 062-564771 Faks: 062-564773

KAMMALAND  · Web viewKinders word dus nie gedwing of verplig om deel te neem nie, maar deur sy/haar waarneming en ervaring wil hy/sy aansluit by die dinge wat die groep doen. Gobabis

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: KAMMALAND  · Web viewKinders word dus nie gedwing of verplig om deel te neem nie, maar deur sy/haar waarneming en ervaring wil hy/sy aansluit by die dinge wat die groep doen. Gobabis

“Ons span leef God se plan”

PROSPEKTUSGOBABIS GYMNASIUM

PREPRIMêRPosbus 304 GOBABISTel. no.: 062-564771Faks: 062-564773

E-pos: [email protected]

Webtuiste:gymnasiumgobabis.com VOORWOORD

Page 2: KAMMALAND  · Web viewKinders word dus nie gedwing of verplig om deel te neem nie, maar deur sy/haar waarneming en ervaring wil hy/sy aansluit by die dinge wat die groep doen. Gobabis

Kammaland Preprimêr het hul deure in Januarie 1998 oopgemaak met mevrou Corrie van der Walt as onderwyseres. Kammaland het op 01 Januarie 2010 volwaardig as Preprimêr van Gobabis Gymnasium ingeskakel. Sandvoetjies preprimêr het ook in Junie 2011 volwaardig by Gobabis Gymnasium preprimêr ingeskakel.

Gobabis Gymnasium Preprimêr poog om u kleuter deeglik voor te berei vir skool op emosionele, intelektuele, sosiale, fisiese en geestelike vlak. ‘n Kind is reg om die regte informasie te absorbeer op die regte ouderdom wat hom/haar sal voorberei vir formele onderrig in graad 1.

Die sukses in graad 1 en verder in die kind se skoolloopbaan is dus afhanklik van hoe goed u kind voorberei was vir klankwerk, lees, skryf en wiskunde. Gobabis Gymnasium Preprimêr sal nie die terrein van die laerskool (graad 1) betree nie. In die Laerskool het ons te doen met formele onderrig en in die Preprimêre fase het ons te doen met gestruktureerde informele onderrig – ‘n voorbereidingsfase.

Gobabis Gymnasium Preprimêr is ‘n Preprimêre skool wat die kind spelenderwys voorberei vir die wêreld van die Primêre skool (graad 1) en daarna. Kinders word dus nie gedwing of verplig om deel te neem nie, maar deur sy/haar waarneming en ervaring wil hy/sy aansluit by die dinge wat die groep doen.

Gobabis Preprimêr berei u kind dus voor in klankwerk, skryf en wiskunde sodat die kind dan in graad 1 formeel in klankwerk, skrif en wiskunde onderrig sal word.

Gobabis Gymnasium Preprimêr is ‘n veilige, gevestigde en ruim instansie waar u kind kan ontwikkel tot sy/haar volle potensiaal.

Gobabis Gymnasium heet alle kleuters welkom by Gobabis Gymnasium Preprimêr. U skakel in by ‘n skool wat strewe na uitnemendheid, waardeur die daaglikse opvoedings- en onderriggebeure van kwaliteit spreek.

Ons glo en vertrou dat elke nuweling en ouer, ‘n lang verbintenis met Gymnasium sal hê. My wens vir elke rolspeler by Gymnasium is dat ons op Hom sal vertrou en Gymnasium se droom uitleef van “Ons span leef God se plan.”

Wimpie SilverSKOOLHOOF

1. Ligging

Page 3: KAMMALAND  · Web viewKinders word dus nie gedwing of verplig om deel te neem nie, maar deur sy/haar waarneming en ervaring wil hy/sy aansluit by die dinge wat die groep doen. Gobabis

Die preprimêre afdeling is in Makamerstraat, Gobabis geleë. Ons het ‘n opgeleide onderwyseres wat die kleuters hanteer. Mevrou Corrie van der Walt sal die kleuters hanteer. Die telefoonnommer van mevrou Corrie van der Walt is 081-2440445.

2. Skooltye

Die preprimêre afdeling het net soos die skool 3 termyne. Die skooltye by die preprimêre afdeling is vanaf 08:00 tot 12:00. Kleuters kan vanaf 07:00 tot 08:00 afgelaai word en weer afgehaal word vanaf 12:00.

3. Skoolfooie

Maandgelde is as volg:

N$ 720,00 per maand vir 11 maande OFN$7 920,00 per jaar vooruitbetaalbaar

Daggelde is as volg:

N$ 60,00 Dagtarief

Alle fooie is bereken oor 11 maande, met ander woorde vanaf Januarie tot November van elke jaar. Gelde is streng vooruit betaalbaar op die sewende dag van elke maand. Sou dit gebeur dat u kleuter sekere dae die skooltjie nie kan bywoon nie, bly u nog steeds vir die volle maand se geld verantwoordelik. U moet asseblief een (1) maand kennis gee indien u u kleuter wil onttrek.

4. Dagprogram

Ons dagprogram het verskillende temas bv. Ek, my sintuie, plaasdiere, vorms, gesonde kos. As die tema dit toelaat gaan ons op ‘n gereelde basis op uitstappies. Ons besoek byvoorbeeld die apteek, dokters, brandweer, bakkery, klerewinkels, kruidenierswinkels, ‘n melkery en ‘n plaas.

ONS DAGPROGRAM

07:00 – 08:00 Aankoms en vryspel08:00 – 08:10 Opruimtyd08:10 – 08:30 Bybelkring, sang, nuus, weerkaart08:30 – 08:45 Tafelbespreking, persepsie, wetenskap, musiekkring08:45 – 09:00 Etenstyd09:00 – 09:40 Buitespeeltyd09:40 – 09:50 Opruim en handewas09:50 – 10:45 Skeppende aktiwiteit10:45 – 11:00 Etenstyd11:00 – 11:35 Buitespeeltyd11:35 – 12:00 Storie en rympie12:00 – 12:30 VertrekOns volg ‘n spesifieke program elke dag met roetines en verskillende aktiwiteite: Godsdiensonderrig, vryspel, buitespel, storie, skeppende werk, musiek, ontwikkelingspele, algemene gereedmaking en rympies. Dit is ‘n vol program – u is welkom om dit met die onderwyseresse te kom bespreek.

Ons het ‘n volledige, veilige speelgrond met klimapparate, swaaie, ‘n sandput en ‘n afgly. Hier is ‘n fietrybaan met verskillende padtekens plus die fietsies waarmee die kleuters ry

Page 4: KAMMALAND  · Web viewKinders word dus nie gedwing of verplig om deel te neem nie, maar deur sy/haar waarneming en ervaring wil hy/sy aansluit by die dinge wat die groep doen. Gobabis

en sodoende ‘n volledige padveiligheidsles ontvang. Verskeie buite speelgoed is vir die kleuters beskikbaar soos rakette, balle, emmertjies en grafies, balanseerapparaat en nog verskeie ander speelgoed.

Hier is ook opvoedkundige speelgoed, verskillende soorte legkaarte, ‘n fantasiehoekie met poppe ens., boublokkies, storieboeke, lego-blokkies, karretjies en ‘n rekenaar met rekenaarspeletjies (opvoedkundig).

5. Skoolgereedheid

Alles word op informele wyse hanteer en die voorskoolse kleuters kry ekstra aandag om hulle volledig skoolgereed te maak vir Graad 1. Daar is ook ‘n goeie verstandhouding en samewerking tussen die preprimêre en graad 1 onderwyseres, wat beteken die voorskoolse kleuters word op die regte wyse voorberei vir graad 1. Die voorskoolse kleuters besoek ook die Graad 1 klas op ‘n gereelde basis sodat die voornemende Graad 1’s die “grootskool” kan ervaar en beleef. Die voorskoolse kleuters word elke jaar September deur ‘n opgeleide persoon vanaf Windhoek getoets vir skoolgereedheid.

6. Besittings

Kleuters moet ‘n groot tas hê om sodoende hul kosbakkies, koeldrank skoene, sokkies en truie te kan huisves.In elke kleuter se skooltassie MOET ‘N EKSTRA STEL SKOON KLERE in ‘n plastiese sakkie wees – indien daar iets gebeur en die kleuter skoon klere nodig het.Kleuters mag GEEN speelgoed saambring nie. Dit lei tot onenigheid in die groep.

7. Verversings

Elke kleuter moet sy/haar eie kospakkie saambring. Hulle eet gedurende hulle eetperiode in die speelkamer by ‘n gedekte tafel. Tydens tweede pouse eet hulle weer in die speelkamer.Die kospakkie kan bestaan uit ‘n toebroodjie, vars of droë vrugte en koeldrank, vrugtesap of melk. Die koeldrank moet stewig toe wees en nie lek nie. Moet asseblief nie blikkies gaskoeldrank saamstuur nie. MERK ASSEBLIEF DIE KOSBLIKKIE EN KOELDRANKBOTTELTJIE DUIDELIK.GEEN KOUGOM nie asseblief. Kleuters mag slegs WOENSDAE een of twee lekkertjies bring. Asseblief nie suigstokkies nie.Wanneer u kleuter verjaar is u welkom om indien u wil, vir die groepie verversings te bring (koek of kolwyntjies of lekkertjies).

8. Boodskapboekies In die boodskapboekie word reëlings of boodkskappe deur u of die onderwyseres deurgegee. Die boodskapboekie is ‘n skakel tussen ouer en onderwyseres en MOET ELKE DAG IN DIE KLEUTER SE TASSIE WEES. Daar word met die kleuters gewerk volgens ‘n tema-stelsel. Briefies ten opsigte van elke tema word in die kleuter se boodskapboekie geplak.

9. Bring asseblief saam die begin van die jaar

Page 5: KAMMALAND  · Web viewKinders word dus nie gedwing of verplig om deel te neem nie, maar deur sy/haar waarneming en ervaring wil hy/sy aansluit by die dinge wat die groep doen. Gobabis

Een doos sneespapier (gemerk)Tien wit papierbordeDrie rolle toiletpapierEen houertjie Pritt – gemerkEen pakkie skroefiekryte – merk elke krytEen riem fotostaatpapierEen koekie handewas seepEen A5 boekie (hardeband) oorgetrek met effe-kleur papier en naam op

Voorskoolse kleuters: 1 x beginners potlode. (gemerk)

10. Siektes

Kleuters wat ‘n kindersiekte of ‘n ernstige verkoue het, mag nie Gobabis Gymnasium Preprimêr toe kom alvorens hulle gesond is nie. Hierdie maatreël is noodsaaklik om verspreiding van siektes onder die kleuters te bekamp. Stel ons asseblief in kennis wanneer u kleuter langer as drie (3) dae afwesig of siek is, of as u weggaan met vakansie.

11. Kurrikulum Ons kurrikulum is gebasseer op “Alles in Een”, “Ace graad R” leerprogram en “Trapklippies” deur Grove en Hauptfleish. Ons fokus met ons kurrikulum op die ontwikkeling van die kleuters in elke aspek – emosioneel, perseptueel, motories, sosiaal en intellektueel.Kleuters moet Afrikaans magtig wees om toegelaat te word in Gobabis Gymnasium Preprimêr.

12. Gradeplegtigheid en Kersopvoering Aan die einde van die jaar word daar Gradeplegtigheid gehou vir die voorskoolse kleuters tesame met ‘n Kerstablo opvoering deur al die kleuters.

13. Algemeen Prys altyd u kleuter wanneer hy/sy werk huis toe bring. Moet nooit sy/haar werk kritiseer of weggooi nie.Kleuters moet asseblief sover moontlik ontbyt, of net ietsie eet voordat hulle Gobabis Gymnasium Preprimêr toe kom.U is welkom om met die onderwyseres te kom gesels oor u kleuter se probleme of as u enige navrae het.Al die kleuters se verjaarsdae word aan u deurgegee. Ons gaan nie meer volwaardige partytjies by die skooltjie hou nie.

Ons hoop u kleuter sal baie gelukkig wees in hierdie nuwe wêreld wat hy/sy nou gaan betree. Ons sien uit na die jaar met ons ouers se ondersteuning en samewerking.

Page 6: KAMMALAND  · Web viewKinders word dus nie gedwing of verplig om deel te neem nie, maar deur sy/haar waarneming en ervaring wil hy/sy aansluit by die dinge wat die groep doen. Gobabis

We commit ourselves to the authority of God’s Word: God is the Light of our Lives.

We strive to serve our school and our country and its people in all sincerity.

We honour our national anthem and flag as symbols of our citizenship.

Learners of Gobabis Gymnasium

are faithful and loyal to their school, are well-disciplined and in control of themselves, are neat in appearance, and impeccable in words and deeds, are always friendly, helpful and co-operative, honest, trustworthy, humble and

responsive, respect and obey their parents and superiors

We furthermore realize that every aspect of life is governed by a system made of rules and regulations, restrictions, requirements and suggestions and that knowledge is the power

to deal with this system.

Therefore we in Gobabis Gymnasium

know that in order to make it in this world(to be successful), we have to work for it. We believe that all in life, which is worthwhile to achieve, can only be obtained through effort and commitment.

know that we have to push ourselves to make changes in our lives, to do better, know more,try new things, open up to people, develop new skills and know that the only one person whois really holding me back is none but myself.

realize that we ourselves are our own managers and we know that taking charge of our livesis something we have to do every day.

also know that positive behaviour leads to positive consequences and the more honest weare with ourselves, the more honest we will be with the world around us.

know that we will never be able to change a problem until we acknowledge the problem and that life rewards action, not intentions!

know that we decide how people will treat us, because frequently they are simply reacting to the way we are treating them. We teach them to treat us through our behavior, attitudes and personality.

Our main aim and motto is: “EXCELLENCE!”

SKOOLLIED

THE CODE OF HONOUR

Gobabis Gymnasium

Page 7: KAMMALAND  · Web viewKinders word dus nie gedwing of verplig om deel te neem nie, maar deur sy/haar waarneming en ervaring wil hy/sy aansluit by die dinge wat die groep doen. Gobabis

In ons land van klip- en sandveldKalahari wyd en oop.

Staan ‘n skool, vir ons ‘n tuiste,Bron van kennis, lig en hoop.

Soos ‘n doringboom geanker,Het ons loopbaan hier begin.

Met die Woord ons lewenskompasToegerus die toekoms in.

Na die hoogste sal ons strewe,Bly volhard en y’wrig leer.

Sal ons werk en groei met vreugdeIn die krag van God ons Heer.

Page 8: KAMMALAND  · Web viewKinders word dus nie gedwing of verplig om deel te neem nie, maar deur sy/haar waarneming en ervaring wil hy/sy aansluit by die dinge wat die groep doen. Gobabis