18
Inleiding tot proteïensintese Sommige sleutel aspekte om te leer en te begryp •‘n Proteïen is ‘n polimeer wat bestaan uit monomere (herhalende boustene), aminosure genoem. •‘n Proteïen bestaan uit 50 of meer aminosure. Elke proteïen word gesintetiseer na aanleiding van die instruksies wat in DNA voorkom. Die nuwe proteïene sal strukturele en funksionele funksies in selle hê. •Ander verbindings wat ook proteïene is, is onder andere ensieme en hormone.

Inleiding tot proteïensintese

  • Upload
    lynna

  • View
    395

  • Download
    6

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Inleiding tot proteïensintese. Sommige sleutel aspekte om te leer en te begryp ‘n Proteïen is ‘n polimeer wat bestaan uit monomere ( herhalende boustene ), aminosure genoem . ‘ n Proteïen bestaan uit 50 of meer aminosure . Elke proteïen word gesintetiseer na aanleiding van - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Inleiding tot proteïensintese

Inleiding tot proteïensinteseSommige sleutel aspekte om te leer en te begryp

•‘n Proteïen is ‘n polimeer wat bestaan uit monomere (herhalende boustene), aminosure genoem.•‘n Proteïen bestaan uit 50 of meer aminosure.• Elke proteïen word gesintetiseer na aanleiding van die instruksies wat in DNA voorkom.• Die nuwe proteïene sal strukturele en funksionele funksies in selle hê. •Ander verbindings wat ook proteïene is, is onder andere ensieme en hormone.•Lewe kan nie bestaan sonder proteïene, ensieme, hormone en ander proteïene nie.

Page 2: Inleiding tot proteïensintese

Inleiding tot proteïensintese (vervolg)• Elke sel se DNS kan beskryf word as ‘n boek van

instruksies vir proteïen-vervaardiging. Die alfabet

gebruik in hierdie boek is eenvoudig A, T, G en C.•Die DNS-molekules vir proteienvorming kom in gene op chromosome voor. •Memoriseeer die paring van hierdie basisse asook die

by RNS (tussen A en U en G en C).• Dit neem twee stappe, transkripsie en translasie, om

die instruksies van ‘n geen in die proteïenvervaardig-

ingsproses uit te voer.

Page 3: Inleiding tot proteïensintese

Oorsig van proteïensintese1. Transkripsie (vind plaas in nukleus)• DNS dien as templaat om ‘n enkelstring van bRNS

uit die poel van vrye nukleotiedes uit die sel op te bou. Agterna, beweeg bRNS na die sitoplasma van die sel.

2. Translasie (sitoplasma en ribosome)• bRNS & oRNS beheer die opbou van aminosure na

proteïene.

Opsomming:

DNS RNS Proteïen transkripsie translasie

Page 4: Inleiding tot proteïensintese

Proses van transkripsie• Die ensiem polimerase beheer die proses.• Die DNS draai los en die twee stringe skei deur- dat die waterstofbindings tussen die komplementêre basisse breek.• Een van die stringe van die losgedraaide DNS dien as ‘n templaat vir die vorming van die komplementêre string van bRNA deur die gebruik van vrye nukleotiedes in die sitoplasma.• ‘n Nukleotiede met basis C op die DNS templaat sal die nukleotiede met G koppel op die bRNA string. Adenien op DNS templaat koppel ‘n nukleotiede met Urasiel in bRNA string.

Page 5: Inleiding tot proteïensintese

Diagram om transkripsie te vertoon

DNS draai los en skei. Komplementêre bRNA string (Blou string) vorm.

RNA polimerase

Page 6: Inleiding tot proteïensintese

DNA-molekuul illustreer twee gene (elkeen van hulle met hul eie kodons op twee verskillende bRNSs.)

Geen 1 Geen 2

Page 7: Inleiding tot proteïensintese

Transkripsie (Vervolg.)• Indien die DNS basistriplet (3 basisse) se volgorde GGT is, sal die bRNS kodon (volgorde van drie basisse) CCA wees. • Die suiker-fosfaatbindings koppel die bRNA se nukleotiedes aanmekaar. • Dit vorm ‘n enkele string met die nukleotiedes in die korrekte volgorde.• Sodra die bRNS gevorm het, beweeg dit weg van die DNS templaat en verlaat die nukleus via die nukleus- membraanporie.• Die bRNS vervoer die ‘boodskap’ /kodons na die ribosome.

Page 8: Inleiding tot proteïensintese

bRNS heg aan ‘n ribosoom

bRNA

Groot sub-eenheid

Klein sub-eenheid

Ribosoom deursneë = 10 nm

Page 9: Inleiding tot proteïensintese

Vorming en beweging van bRNS

Van die DNS- templaat ‘n bRNA word gevorm in die nukleus

Enkelstring bRNS beweeg deur die porieë in die nukleusmembraan na die sitoplasma van ‘n sel

Page 10: Inleiding tot proteïensintese

Proses van translasie• Translasie beteken om iets te verander na ‘n ander vorm. Die kode word verander (‘ge- transleer’) in ‘n proteïen.

• Die bRNS string heg aan ‘n ribosoom met die kodons ontbloot.

• Aan die een ent van elke oRNS-molekule word ‘n spesifieke aminosuur van die poel vrye aminosure vanuit die sitoplasma geheg en na die ribosoom vervoer.

Page 11: Inleiding tot proteïensintese

Proses van translasie (vervolg)• Aan die ander ent van die oRNS kom ‘n antikodon wat paar met die komplementêre kodon op die bRNS (geheg aan ribosoom).• So word die aminosure in die korrekte

volgorde volgens die bRNS-kodons geplaas.• Die aminosure word so tot die groeiende

ketting van aminosure geheg.• Peptiedbindings word gevorm tussen die

aangrensende aminosure.

Page 12: Inleiding tot proteïensintese

• Proteïene bestaan uit meer as 50 aminosure. • Nadat ‘n oRNS sy aminosuur in die korrekte volgorde

geplaas het, word die oRNS-molekuul vrygestel van die ribosoom.

• Die oRNS-molekuul sal dan die volgende aminosuur van dieselfde tipe vervoer na die ribosoom totdat die proses van proteïenvorming voltooi is.

• Die ketting van aminosure verleng met een aminosuur per keer tot die slegs laaste spesifieke kodon, die ‘stop’-kodon aandui dat die ketting van aminosure is voltooi. Die proteïen word dan vrygestel van die ribosoom.

Proses van translasie (vervolg)

Page 13: Inleiding tot proteïensintese

Ribosoom

oRNA

oRNS met ‘n spesifieke aminosuur geheg bind met korrekte kodon

oRNS sonder ‘n aminosuur word vrygestel

4 kodons

Antikodon

Groeiende deel van proteïen

Diagram vertoon die translasieproses

AminosuurPeptied-binding

Page 14: Inleiding tot proteïensintese

Diagram om transkripsie en translasie te vertoon

Page 15: Inleiding tot proteïensintese

Diagramme om die volledige proteïensintese proses te vertoon

Transkripsie (1 & 2) Translasie (3 & 4)

Gebruik hierdie diagramme om die volledige proses te beskryf. Onderstreep die sleutelwoorde in jou vier paragrawe. Memoriseer die sleutelwoorde.

Skryf die antikodons vir die vier kodons op die oRNS neer.

Page 16: Inleiding tot proteïensintese

Voltooi die tabel hieronder om die 3 basisse in elke geval te vertoon.

Basistriplet op DNS

Kodon op bRNS

Antikodon op oRNS

1 ACG2 UAU3 CGU4 ACA

UGC

AUA

GCA

UGU

TGC

ATA

GCA

TGT

Memoriseer die:Paringsmaats van basisse van DNA: T met A of A met T; G met C of C met G.

Paringsmaats van basisse van RNA: A met U of U met A; C met G of G met C

Die kombinasies van triplets moet nie gememoriseer word nie. Dit word uitgewerk deur paringsbasisse te gebruik.

Page 17: Inleiding tot proteïensintese

Kodons vir enkele aminosure

bRNS kodon Naam van aminosuur

Afkorting

AUG Methionien MetUCC Serien SerACU Threonien ThrGUU Valien ValGCU Alanien Ala

Page 18: Inleiding tot proteïensintese

‘Stop’-kodons (Interessante inligting)

• Kodons UAA, UAG en UGA is ‘stop’- kodons.

• Hierdie kodons het nie oRNS-molekules nie.

• Hulle beëindig die spesifieke proteienvorming en die proteien word vrygestel vanaf die ribosoom.