7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 13 – 20 Mei 2016 OUERS: AFWESIGE LEERDERS / LAATKOMMERS: Daar is ongelukkig ouers wat hulle kinders vir onbenullige redes uit die skool hou. Baie van hierdie leerders haal ook glad nie verlore werk in nie. Dit is u as ouer se verantwoordelikheid om te sorg dat u kind elke dag by die skool is. Belangrike akademiese werk en asseserings gaan verlore wat u kind se punte en vordering nadelig beïnvloed. Ouers wat leerders op ‘n gereelde basis laat by die skool aflaai en die briewe ignoreer wat reeds aan u gestuur is, kan in die vervolg toegang tot die skoolterein geweier word, of u moet aan die Beheerliggaam verduidelik. ONDERSTEUNERSHEMPIES EN PETTE: Ouers wat ondersteunershempies en pette bestel het, moet dit asseblief vandag by hulle kinders kry. SKOOLGEREEDHEIDSTOETSE: Die graad 1-klas lê op Maandag, 16 Mei hulle skoolgereedheidstoetse af. Almal moet asseblief teenwoordig wees. GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG: Ons nooi ouers en belangstellendes uit om ons graad 7- klas se stalletjies te kom ondersteun op Vrydag, 20 Mei vanaf 10:00 tot 12:00. Heerlike eetgoed en ander produkte gaan te koop aangebied word. Leerders moet asseblief ‘n geldjie bring om hierdie klas te ondersteun. JUNIOR KOOR: Ons Junior Koor sing op Sondag, 15 Mei in die NG Kerk van Jacobsdal. Die diens begin om 9:30 en koorlede moet om 9:00 by juffrou Rina aanmeld. BYBELPROJEK: Baie dankie aan leerders en ouers wat bygedra het om R3 871.05 in te samel vir die Bybelprojek. R65 Bybels kan vir kinders in die Midde-Ooste aangekoop word. Uitslae van die kompetisie: Graad 4: R1 734.95 ingesamel (Baie geluk. Julle kry lekker koek!) Graad 3: R566.00 ingesamel Graad 5: R558.15 ingesamel KOSHUIS: Die Munisipaliteit het ‘n kennisgewing uitgereik dat daar vir die volgende twee weke slegs vir ‘n gedeelte van die dag water in die dorp beskikbaar sal wees. Stuur asseblief vir u kinders vir die volgende twee weke genoeg drinkwater saam koshuis toe. LEERDERDEELNAME: KWARTAALPROGRAM: U kan op u kwartaalprogram aanteken dat rugbywedstryde teen Newton op Donderdag, 26 Mei op ons veld gaan plaasvind. Netbalwedstryde (0/10 – 0/13) teen Hartswater vind op Dinsdag, 24 Mei hier op ons bane plaasvind. RUGBY- EN NETBALUITSLAE – HOPETOWN: RUGBY: NETBAL: HOPETOWN HOPETOWN 0/7 Verloor 30 – 10 0/9A Verloor 10 – 5 0/9 Wen 21 – 17 0/10 Verloor 8 – 0

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewbygedra het om R3 871.05 in te samel vir die Bybelprojek. R65 Bybels kan vir kinders in die Midde-Ooste aangekoop word. Uitslae van die kompetisie:

  • Upload
    donhu

  • View
    221

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 13 – 20 Mei 2016OUERS:AFWESIGE LEERDERS / LAATKOMMERS:Daar is ongelukkig ouers wat hulle kinders vir onbenullige redesuit die skool hou. Baie van hierdie leerders haal ook glad nie verlore werk in nie. Dit is u as ouer se verantwoordelikheid om te sorg dat u kind elke dag by die skool is. Belangrike akademiese werk en asseserings gaan verlore wat u kind se punte en vordering nadelig beïnvloed. Ouers wat leerders op ‘n gereelde basis laat by die skool aflaai en die briewe ignoreer wat reeds aan u gestuur is, kan in die vervolg toegang tot die skoolterein geweier word, of u moet aan die Beheerliggaam verduidelik.

ONDERSTEUNERSHEMPIES EN PETTE:Ouers wat ondersteunershempies en pette bestel het, moet dit asseblief vandag by hulle kinders kry.

SKOOLGEREEDHEIDSTOETSE:Die graad 1-klas lê op Maandag, 16 Mei hulle skoolgereedheidstoetse af. Almal moet asseblief teenwoordig wees.

GRAAD 7 ENTREPRENEURSDAG:Ons nooi ouers en belangstellendes uit om ons graad 7-klas se stalletjies te kom ondersteun op Vrydag, 20 Mei vanaf 10:00 tot 12:00. Heerlike eetgoed en ander produkte gaan te koop aangebied word. Leerders moet asseblief ‘n geldjie bring om hierdie klas te ondersteun.

JUNIOR KOOR:Ons Junior Koor sing op Sondag, 15 Mei in die NG Kerk van Jacobsdal. Die diens begin om 9:30 en koorlede moet om 9:00 by juffrou Rina aanmeld.

BYBELPROJEK:Baie dankie aan leerders en ouers wat bygedra het om R3 871.05 in te samel vir die Bybelprojek. R65 Bybels kan vir kinders in die Midde-Ooste aangekoop word. Uitslae van die kompetisie:Graad 4: R1 734.95 ingesamel (Baie geluk. Julle kry lekker koek!)Graad 3: R566.00 ingesamelGraad 5: R558.15 ingesamel

KOSHUIS:Die Munisipaliteit het ‘n kennisgewing uitgereik dat daar vir die volgende twee weke slegs vir ‘n gedeelte van die dag water in die dorp beskikbaar sal wees. Stuur asseblief vir u kinders vir die volgende twee weke genoeg drinkwater saam koshuis toe.

LEERDERDEELNAME:KWARTAALPROGRAM:U kan op u kwartaalprogram aanteken dat rugbywedstryde teen Newton op Donderdag, 26 Mei op ons veld gaan plaasvind.Netbalwedstryde (0/10 – 0/13) teen Hartswater vind op Dinsdag, 24 Mei hier op ons bane plaasvind.

RUGBY- EN NETBALUITSLAE – HOPETOWN: RUGBY: NETBAL:

HOPETOWN HOPETOWN0/7 Verloor 30 – 10 0/9A Verloor 10 – 5 0/9 Wen 21 – 17 0/10 Verloor 8 – 0 0/11A Wen 26 – 0 0/11A Wen 16 – 2 0/13A Verloor 17 – 12 0/11B Verloor 6 – 3

0/12 Verloor 12 – 7 0/13A Wen 31 – 3

KORTVOLKDAG:Sterkte aan ons 0/9 rugbyspan wat op Saterdag, 14 Mei aan die Kortvolkdag by Newton deelneem. Spelers moet om 8:00 by hulle afrigter aanmeld.

RUGBY EN NETBAL TEEN KOFFIEFONTEIN: Sterkte aan ons rugby- en netbalspanne wat op Saterdag, 14 Mei aan die Koffiefontein Sportdag deelneem. Die bus vertrek om 6:15 vanaf die skool.‘n Program word by die nuusbrief ingesluit.

RUGBY EN NETBAL TEEN EUREKA: Wedstryde teen Eureka vind op Dinsdag, 17 Mei hier by ons velde plaas. Die volgende spanne speel:Rugby: 0/7 (Pienkvoete), 0/9, 0/11 en 0/13A en B Netbal: 0/9A en B, 0/10, 0/11A en B, 0/12, 0/13A, B, en C Die skool verdaag op Dinsdag, 17 Mei vir graad 4 – 7 om 13:30. ‘n Program vir die wedstryde word by die nuusbrief ingesluit. Ons vra ons ouers se ondersteuning!

Ons Ouerleierkomitee gaan heerlike verversings verskaf en vra asseblief skenkings om hulle kostes so laag as moontlik te hou. Hulle benodig:OLIE, KOEKMEEL, MAYONAISE, KONDENSMELK , AARTAPPELSIndien u dalk een van die produkte in u kas het wat u vir hulle kan skenk sal dit baie waardeer word. Gee dit asseblief op Maandag, 16 Mei by die kantoor af. Die komitee vra ook hulp by die maak en verkoping van die verversings. Kontak asseblief vir Helicia Delport by 0836440066 as jy kan help.

RUGBYPROEWE:Baie sterkte aan Louis van de Westhuizen (0/13), Wynand Botha (0/12) en Vuyani Moore (0/12) wat vandag en môre aan die GW Rugbyproewe in Kimberley deelneem.

XHARIEP NETBALDAG: Sterkte aan ons 0/12 en 0/13A netbalspanne wat op Woensdag, 18 Mei by die Xhariep Netbaldag in Bloemfontein teen die wenners van die ander streke gaan deelneem.

SKAAK:Geluk aan Phillip Noeth en Rian Steenkamp wat elkeen 3 van hulle 5 wedstryde met die afgelope Interprovinsiale Skaaktoernooi gewen het.

WÊRELDKENNIS OLIMPIADE:Leerders wat ingeskryf het vir die Wêreldkennis Olimpiade skryf hulle vraestelle op Donderdag, 19 Mei vanaf 14:00 tot 15:00.

NAUTILUS:Nautilus inbetalings kan vanaf Maandag, 16 Mei gedoen word vir die kompetisie wat op Saterdag, 4 Junie plaasvind. Graad 4 – 7 leerders wat belangstel, kan R150 by hulle klasonderwysers inbetaal. Sperdatum vir inskrywings: Maandag, 23 Mei

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan die graad 4 mammas wat eetgoed gestuur het vir die klas se koekieverkoping. ‘n Fantastiese bedrag van R2 778.00 is ingesamel!

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Maryka van Straaten (Operasie gehad)Mev Jenny Ellis (Operasie)

EKSAMENROOSTER13 - 23 Junie 2016

Dag: Dat: Gr 1-3: Gr 4: Gr 5: Gr 6: Gr 7:

Ma: 13 SW LV SW

Di: 14 AFR ENG1 & 2

ENG1 & 2

ENG 2(Writing)

ENG 2(Language)

Wo: 15 WISK WISK WISK WISK

Don: 16 JEUGDAGVry: 17 SKOOLVAKANSIEDAG

Ma: 20 WISK AFR NWT AFR AFR

Di: 21 NWT LV ENG 3(Language)

ENG 3(Writing)

LO

Wo: 22 LV AFR SW NW

Don: 23 ENG SW NWT EBW

Vry: 24

Skool sluit op Vrydag, 24 Junie om 11:00

KOFFIEFONTEIN SPORTDAG: Saterdag 14 Mei

Rugby: SPOGBLAD: OUERS

RUGBY EN NETBAL TEEN EUREKAPROGRAM:

NETBAL:

TYD: BAAN A: BAAN B: BAAN C:

14:00 Jacobsdal 0/11AEureka 0/11A

Jacobsdal 0/10Eureka 0/10

Jacobsdal 0/9AEureka 0/9A

14:30 Jacobsdal 0/11BEureka 0/11B

Jacobsdal 0/13CEureka 0/13C

Jacobsdal 0/9BEureka 0/9B

15:00 Jacobsdal 0/13BEureka 0/13B

Jacobsdal 0/12Eureka 0/12

15:30 Jacobsdal 0/13AEureka 0/13A

RUGBY:

TYD: BAAN A:13:30 – 13:55 Jacobsdal 0/7 teen Eureka 0/7 (10 spelers)14:00 – 14:35 Jacobsdal 0/9 teen Eureka 0/914:40 – 15:25 Jacobsdal 0/11 teen Eureka 0/1115:30 – 16:15 Jacobsdal 0/13B teen Eureka 0/13B16:20 – 17:15 Jacobsdal 0/13A teen Eureka 0/13A

Geluk aan Karli Korb (Gr 6) se pa Hardus!

Heerlike plaashoenders te koop !!!

R40 p/kgKontak: 0532040031 / 0794150804

American Staffies te koop!

Ingeënt en ontwurm

4 Reuntjies en 2 tefies

Kontak:

0733000628