8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 32 16 - 23 Oktober 2015 ONBEKENDE INBETALING: ‘n Kontantbetaling van R200 is op 12 Oktober by ‘n kitsbank in die skoolrekening inbetaal. Ons het geen idee wie dit gedoen het nie? Kontak asseblief die Finansiële kantoor om dit uit te klaar. Ouers moet asseblief seker maak dat die verwysing aantoon wie die leerder is, en waarvoor die inbetaling gedoen is. KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. Ouers en leerders moet elke week hulle kwartaalprogram en buitemuurse rooster goed deurgaan. Indien u dit nie doen nie, gaan u nie voorbereid wees op die aktiwiteite wat gaan plaasvind nie. Indien u kind op ‘n Vrydag nie by die skool is nie, kan u die nuusbrief op die webtuiste kry en aftrek: www.jakkies.com GRONDSLAGFASE EN JUNIOR KOOR: Op Donderdag, 22 Oktober het die Grondslagfase leerkragte ‘n kursus in die skoolsaal. Graad 1 – 3- leerders verdaag op daardie dag almal om 12:00. Die Junior Koor moet eers in die saal optree voordat hulle huis toe kan gaan. Die Junior Koor moet netjiese skooldrag aanhê met kouse en skoene. BUITEMUURS – 21 OKTOBER: Geen buitemuurs op Woensdag, 21 Oktober as gevolg van die personeel se Prysuitdelingvergadering. BEGROTINGSVERGADERING: Kennis geskied hiermee van ‘n belangrike Ouerbegrotingsvergadering wat op Vrydag, 23 Oktober om 12:00 in die skoolsaal plaasvind. Ons sal graag so veel as moontlik van ons ouers daar wil hê. HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Ouers kan met die afskeurstokie ‘n huiswerkboek (Gr 4 – 6) vir die vierde kwartaal bestel. Handig asseblief die afskeurstrokie saam met R25 op Maandag, 19 Oktober by die klasonderwysers in. SKRYFBEHOEFTES / HANDBOEKE: Leerders se skryfbehoeftes en handboeke word op Maandag, 19 Oktober deur leerkragte gekontroleer. NB: Indien leerders handboeke beskadig het, sal ouers ‘n rekening ontvang om daardie boek/boeke te vervang. PRYSUITDELING: Ouers wat nog nie trofee’s en bekers laat graveer het nie, moet dit asseblief nie na Trophy & Gift Centre toe neem nie maar wel na Zane’s Trophy Centre in George straat, Kimberley. Bekers en trofee’s moet asseblief ingehandig word. KLEURATLETIEK: Die leiers van die GEEL en die BLOU atletiekspanne vra dat alle leerders R5 moet bring om te help met die versiering van die paviljoene en ander onkostes. Julle kan die geld by die klasonderwysers inbetaal. Baie dankie by voorbaat! Alle inskrywingsvorms moet asseblief op Maandag, 19 Oktober by die klasonderwysers ingehandig word. Geen laatinskrywings sal ná Maandag aanvaar word nie. Onthou atlete skryf onder 2016 se ouderdomme in.

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL › NB32 en 2015.docx  · Web viewUITSLAE TEEN HARTSWATER: 0/11 wen 6 – 0 en die 0/13 verloor 4 – 2. ... moet asseblief kennis neem dat swemmers nie

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 32 16 - 23 Oktober 2015 ONBEKENDE INBETALING:‘n Kontantbetaling van R200 is op 12 Oktober by ‘n kitsbankin die skoolrekening inbetaal. Ons het geen idee wie dit gedoen het nie? Kontak asseblief die Finansiële kantoor om dit uit te klaar. Ouers moet asseblief seker maak dat die verwysing aantoon wie die leerder is, en waarvoor die inbetaling gedoen is.

KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. Ouers en leerders moet elke week hulle kwartaalprogram en buitemuurse rooster goed deurgaan. Indien u dit nie doen nie, gaan u nie voorbereid wees op die aktiwiteite wat gaan plaasvind nie. Indien u kind op ‘n Vrydag nie by die skool is nie, kan u die nuusbrief op die webtuiste kry en aftrek: www.jakkies.com

GRONDSLAGFASE EN JUNIOR KOOR:Op Donderdag, 22 Oktober het die Grondslagfase leerkragte ‘n kursus in die skoolsaal. Graad 1 – 3-leerders verdaag op daardie dag almal om 12:00. Die Junior Koor moet eers in die saal optree voordat hulle huis toe kan gaan. Die Junior Koor moet netjiese skooldrag aanhê met kouse en skoene.

BUITEMUURS – 21 OKTOBER:Geen buitemuurs op Woensdag, 21 Oktober as gevolg van die personeel se Prysuitdelingvergadering.

BEGROTINGSVERGADERING:Kennis geskied hiermee van ‘n belangrike Ouerbegrotingsvergadering wat op Vrydag, 23 Oktober om 12:00 in die skoolsaal plaasvind. Ons sal graag so veel as moontlik van ons ouers daar wil hê.

HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Ouers kan met die afskeurstokie ‘n huiswerkboek (Gr 4 – 6) vir die vierde kwartaal bestel. Handig asseblief die afskeurstrokie saam met R25 op Maandag, 19 Oktober by die klasonderwysers in.

SKRYFBEHOEFTES / HANDBOEKE:Leerders se skryfbehoeftes en handboeke word op Maandag, 19 Oktober deur leerkragte gekontroleer. NB: Indien leerders handboeke beskadig het, sal ouers ‘n rekening ontvang om daardie boek/boeke te vervang.

PRYSUITDELING:Ouers wat nog nie trofee’s en bekers laat graveer het nie, moet dit asseblief nie na Trophy & Gift Centre toe neem nie maar wel na Zane’s Trophy Centre in George straat, Kimberley. Bekers en trofee’s moet asseblief ingehandig word.

KLEURATLETIEK:Die leiers van die GEEL en die BLOU atletiekspanne vra dat alle leerders R5 moet bring om te help met die versiering van die paviljoene en ander onkostes. Julle kan die geld by die klasonderwysers inbetaal. Baie dankie by voorbaat!Alle inskrywingsvorms moet asseblief op Maandag, 19 Oktober by die klasonderwysers ingehandig word. Geen laatinskrywings sal ná Maandag aanvaar word nie. Onthou atlete skryf onder 2016 se ouderdomme in. Baie dankie aan ouers wat hulle bereid verklaar het om as beamptes by die byeenkoms op te tree. Ons waardeer dit baie!

NAUTILUS:Leerders wat vir die finale nautiluskompetisie op Saterdag, 31 Oktober wil inskryf kan hulle inskrywingsgeld van R150 inbetaal. Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 23 Oktober.

GR 7 SKOOLVERWISSELINGSKAMP:Sterkte aan die 29 graad 7-leerders wat op Vrydag, 16 Oktober na ‘n VCSV Skoolverwisselingskamp vertrek. Hou ons naam hoog!!

“FACEBOOK”-BLAD:Ons skool het nou ‘n “Facebook”-blad, Jakkieloer! Gaan kyk gerus daarna en plaas u kind/ers se aksiefoto’s daarop as u wil. U is ook welkom om enige skoolaktiwiteite en reëlings daar te plaas.

KOSHUIS:Kareehof Koshuis hou op Saterdag, 7 November ‘n lekker gholfdag by Jacobsdal se gholfbaan. Ouers kan kennis neem van die inligtingsbrief wat by die nuusbrief ingesluit is.

LEERDERDEELNAME:KRIEKET: PRO-20 KRIEKETUITSLAE TEEN STAATS:0/13-span verloor met twee paaltjies.Ons 0/13 krieketspan speel op Donderdag, 22 Oktober ‘n Pro 20 krieketwedstryd teen Eureka op Staats se velde. Die wedstryd begin om 18:30 en die bus sal om 16:30 vanaf die skool vertrek. R30 busgeld is

vooraf betaalbaar en al die krieketspelers ry met die bussie. (Dit geld vir al die Pro 20 wedstryde wat hulle gaan speel)

TENNIS: UITSLAE TEEN HARTSWATER:0/11 wen 6 – 0 en die 0/13 verloor 4 – 2.Sterkte aan die tennisspelers wat op Vrydag, 16 Oktober aan die Suid-Vrystaat Tenniskampioenskappe deelneem. Ouers neem asseblief kennis neem dat die volgende besluit met ‘n Sportkomitee-vergadering, gehou op Donderdag, 15 Oktober, geneem is:Tennisdaagwedstryde vir seuns en dogters kan voortaan dwars deur die jaar gespeel word. Daagwedstryde kan egter nie plaasvind as dit nie vooraf by die tennishoof, juffrou Tersia, geregistreer is nie. Hierdie reëling is met onmiddelike effek.

TWEEKAMP:Baie geluk aan Leané van Eeden wat ‘n 5de plek tydens die Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms in Bloemfontein behaal het. Hanru Krause het ‘n silwer en Jannes ‘n brons medalje by die Moderne Tweekamp behaal.Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende besluite wat deur die Suid-Vrystaat Tweekampbestuur geneem is:

‘n Tweekamatleet moet aan ten minste twee interprovinsiale byeenkomste deelneem om in aanmerking geneem te kan word vir die SA-span wat in Februarie van 2016 gekies word.

Onthou asseblief ook dat atlete slegs erkenning vir SV-klere kry indien hy/sy in die A- of B-span is.

JIM FOUCHÉ ATLETIEKBYEENKOMS: [AFSKEURSTROKIE]Die jaarlikse Jim Fouché uitnodigingsbyeenkoms vind op Saterdag, 7 November in Bloemfontein plaas. Atlete wat hierdie jaar in die Sone span was, kan vir die byeenkoms inskryf. Vul die afskeurstrokie in en handig dit by die klasonderwysers in. Atlete wat inskryf sal inligtingstukke en programme ontvang.

SWEMKLUB:Ouers van klubswemmers moet asseblief kennis neem dat swemmers nie in die swembad toegelaat gaan word nie, as u skoolgeld nie op datum betaal is nie, nie eers met ‘n reëling nie. Sorg asseblief dat dit nie ‘n verleentheid vir die swemmer sal wees om weggewys te word nie. Moet hom/haar dan nie eers swem toe stuur nie.Die Beheerliggaam.

SKAAK:Sterkte aan HJ Noeth, Phillip Noeth en Rian Steenkamp wat die naweek aan ‘n Kwalifiserende Skaaktoernooi in Bloemfontein deelneem

UNISA MUSIEK:Baie geluk aan die volgende musiekleerders met hulle mooi UNISA musiekuitslae:Jomari Lübbe: Graad 2 – 76%Marlien Smith: Voorgraad I – 87%Anica Ueckermann: Voorgraad I – 87%Baie geluk tannie Hannelie!

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GELUKWENSING:

Baie geluk aan Johan Britz (Oud-Jakkies Hoofleier) wat as die beste Graad 12-leerder in

die Matriek van die Jaar Kompetisie aangewys is.

Ons is baie trots op hom!

GEBEDSLYS:

Danél du ToitAlonso en Deshané Ford (Pa in hospitaal)

Baie dankie aan die ouers wat hierdie projek vir ons skool geloods het.

Dankie aan juffrou Naomi, die ouers en leerders wat aan die staptog

deelgeneem het.

JULLE MAAK ONS BAIE TROTS!!

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK (Kwartaal 4)

OUER: _______________________________________

LEERDER: ____________________________ GR.: ____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK BESTEL @ R25 ELK.

AANTAL HUISWERKBOEKE: ______

BEDRAG INGESLUIT: __________

HANDTEKENING: ___________________________

DATUM: ___________________

AFSKEURSTROKIE: JIM FOUCHÉ ATLETIEKBYEENKOMS (SATERDAG 7 NOVEMBER)

OUER: _______________________________________

ATLEET: _____________________________________

WIL GRAAG VIR BOGENOEMDE ATLETIEKBYEENKOMS INSKRYF.

ITEMS: __________________________________________

HANDTEKENING: __________________________

Liewe Borg/Donateur/Ouer Datum: 28/07/2015

Kareehof Koshuis hou op Saterdag, 7 NOVEMBER 2015 ‘n gholfdag te Jacobsdal Gholfklub. Daar gaan ook lekker tennis uitdagings vir die dames en “nie” golfers wees. Ons beoog om opgraderings werk in en om die koshuis te doen. Ons beplan ook om die pype van die koshuis te vervang, wat reeds al 60 jaar lank diens doen. U kan dus sien dat ons baie fondse hiervoor sal benodig en neem ons dus die vrymoedigheid om u te versoek vir ‘n bydrae deur een of meer van die onderstaande opsies:

Borg R10 000 as hoofborg en ontvang vrye teuels vir die oprigting van u advertensiemateriaal, gratis natgat en 1 x 4 hand inskrywing gratis.

Borg R5000 – advertensiemateriaal mag opgerig word en 1 x 4 hand inskrywing gratis. Die borg van ‘n gatjie beloop R1000 ‘n Natgat beloop R1500, waarby u enige advertensiemateriaal mag oprig met die verversings van u

keuse wat u aan die spelers verskaf. ‘n 4 Hand inskrywing beloop R1000 (better ball scramble). Halfweg-ete en aandete ingesluit. –

BEPERKTE AANTAL SPELERS!! Skenk enige artikel of item wat aangewend kan word as ‘n prys. Net n klein donasie sal ook help.

Ek hoor graag van u hierin!! Kom geniet die dag saam met ons en ervaar plattelandse gasvryheid.

Jakkie groeteElderei Steenkamp076 790 4878

Skeur strokie af en faks tesame met bewys van betaling na 086-6328467

Hiermee borg ek _____________________________ namens __________________

die bedrag van _____________________________ vir Kareehof Koshuis Jacobsdal se Gholfdag.

Bank: Eerste Nasionale BankTakkode: 230303Rekening nommer: 52560006664Tipe rekening: TjekrekeningVerwysing: Gholfdagborg

Posbus 107JACOBSDAL8710

Tel. no.: 076 790 4878Faks: 086-6328467E-pos: [email protected]