4
Omsendbrief 1 2012 Geagte Ouer Dit is vir my ‘n voorreg om elke ouer terug te verwelkom by die skool in hierdie besondere jaar waarin die Hoërskool Bellville sy 75ste bestaansjaar vier. ‘n Spesiale hartlike welkom aan die nuwe gr. 8’s en hulle ouers. Ons hoop van harte dat hierdie die begin van ‘n gelukkige 5 jaar by die Hoërskool Bellville sal wees. Theodore Roosevelt het gesê: “Om jongmense se breine te ontwikkel, maar nie daarmee saam hulle sin vir waardes en deug nie, is om hulle op te voed om intelligente probleme vir die samelewing te word.” Daarom kan ek u die versekering gee dat ons intelligente leerders kweek met karakter wat gereed is vir die toekoms! Die kwartaal het op ‘n hoë noot weggespring met pragtige matriekuitslae. Ek wil die matriekgroep van 2011 en hulle ouers gelukwens met uitstekende uitslae. Ons is besonder trots op al die matrikulante. 1. MATRIEKUITSLAE 100% Slaagsyfer. 288 vak A-gemiddeldes (1,3 onderskeiding per leerder) 26 Leerders met A-gemiddeldes (11.9%) 56 Leerders met B-gemiddeldes (25,6%) 70 Leerders met C-gemiddeldes (32,1%) (70%) van die gr. 12’s het dus met ‘n persentasie hoër as 60% geslaag) 4 Leerders met 7A’s 4 Leerders met 6 A’s 8 Leerders met 5 A’s 16 Leerders met A’s 80% van die leerders met Universiteitstoelating Toppresteerders: 1. Anje Kruger 94,4% 2. Lize-Mari Kotze 89,7% 3. Lelani Uys 88,0% Ons wil graag ook ‘n paar ander belangrike sake onder u aandag bring.

€¦  · Web viewDie leerders word in die middae voor die skool opgelaai en word dan by Laerskool Bastion (Brackenfell) en Laerskool Mikro(Kuilsrivier) afgelaai. Die tye is as volg:

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: €¦  · Web viewDie leerders word in die middae voor die skool opgelaai en word dan by Laerskool Bastion (Brackenfell) en Laerskool Mikro(Kuilsrivier) afgelaai. Die tye is as volg:

Omsendbrief 1 2012

Geagte Ouer

Dit is vir my ‘n voorreg om elke ouer terug te verwelkom by die skool in hierdie besondere jaar waarin die Hoërskool Bellville sy 75ste bestaansjaar vier. ‘n Spesiale hartlike welkom aan die nuwe gr. 8’s en hulle ouers. Ons hoop van harte dat hierdie die begin van ‘n gelukkige 5 jaar by die Hoërskool Bellville sal wees.

Theodore Roosevelt het gesê: “Om jongmense se breine te ontwikkel, maar nie daarmee saam hulle sin vir waardes en deug nie, is om hulle op te voed om intelligente probleme vir die samelewing te word.”

Daarom kan ek u die versekering gee dat ons intelligente leerders kweek met karakter wat gereed is vir die toekoms!

Die kwartaal het op ‘n hoë noot weggespring met pragtige matriekuitslae. Ek wil die matriekgroep van 2011 en hulle ouers gelukwens met uitstekende uitslae. Ons is besonder trots op al die matrikulante.

1. MATRIEKUITSLAE 100% Slaagsyfer. 288 vak A-gemiddeldes (1,3 onderskeiding per leerder) 26 Leerders met A-gemiddeldes (11.9%) 56 Leerders met B-gemiddeldes (25,6%) 70 Leerders met C-gemiddeldes (32,1%) (70%) van die gr. 12’s het dus met ‘n persentasie hoër as 60% geslaag) 4 Leerders met 7A’s 4 Leerders met 6 A’s 8 Leerders met 5 A’s 16 Leerders met A’s 80% van die leerders met Universiteitstoelating Toppresteerders:

1. Anje Kruger 94,4%2. Lize-Mari Kotze 89,7%3. Lelani Uys 88,0%

Ons wil graag ook ‘n paar ander belangrike sake onder u aandag bring.

2. NUWE VERWIKKELINGE BY DIE SKOOL2.1 DAGBOEK (PARATUS)

Elke leerder het ‘n 2012 dagboek ontvang. Alle aktiwiteite, toetsrooster en assessering vir al die kwartale is in die dagboek uiteengesit. Die gedagte is om leerders te help beplan en ‘n deurlopende werksetiek te bevorder. Ons hoop dat hierdie nuwe dagboek van groot waarde vir almal sal wees.

Page 2: €¦  · Web viewDie leerders word in die middae voor die skool opgelaai en word dan by Laerskool Bastion (Brackenfell) en Laerskool Mikro(Kuilsrivier) afgelaai. Die tye is as volg:

2

2.2 ROOSTER‘n Nuwe roosterprogram is ook in werking gestel. Daar word hierdeur vir leerders ‘n vryer vakkeuse daargestel. Die roosterprogram koppel ook met ons nuwe administratiewe stelsel. Met die nuwe rooster word gepoog om ‘n rooster vir elke leerder op dag 1 van die skool te voorsien sodat klaswisseling onmiddellik kan plaasvind. Leerders word ook eweredig in klasse versprei. Dit bring egter mee dat leerders nie altyd by dieselfde onderwysers sal wees gedurende sy skoolloopbaan nie. U ondersteuning in hierdie verband word waardeer.

2.3 ADMINISTRATIEWE PROGRAM‘n Nuwe administratiewe program is ook by die skool geïnstalleer. Hierdeur wil ons poog om die dissipline te verbeter, werksetiek te bevorder en afwesighede tot die minimum te beperk.

3. GR. 11 & 12 INLIGTINGSAANDOm akademiese resultate te behaal, is dit noodsaaklik dat ouers en leerders ingelig is oor die eise wat die akademie aan elke leerder stel. Dit is reeds in gr. 11 belangrik dat leerders hulle begin voorberei, omdat dit die eerste punte is wat ‘n rol kan speel by die aansoek vir werk, Universiteit of Technikon. Dit is daarom uiters belangrik dat u as ouer, saam met u dogter of seun die oueraand bywoon. Ons wil die nodigheid vir die bywoning van hierdie aand op 19 Januarie 2012 om 19:00 – 20:00 baie sterk beklemtoon.

Program vir die aand1. Opening2. Verwelkoming3. Toelating tot Universiteit of Technikon4. Akademie5. Dissipline6. Jaarprogram en belangrike datums

4. 75STE BESTAANSJAAR VIERINGEIn die moeiliker jare na die Groot Depressie van die dertigerjare was geld baie skaars en was daar ‘n groot tekort aan skoolgeboue. In Oktober 1935 het ‘n afvaardiging van ouers gewys op die dringende behoefte aan sekondêre onderwysgeriewe vir leerlinge in die Bellville-omgewing. Dit is eers na twee jaar se stry en wroeging dat die Hoërskool Bellville in die teenwoordigheid van ‘n 40-tal ouers en belangstellendes op 25 Januarie 1937 geopen is.

Ons vier vanjaar reeds die derde geslag van oudstryders wat gesorg het dat die Hoërskool Bellville ontstaan en bly voortbestaan het. Ons het hierdie jaar ‘n intensiewe program van feesvieringe wat hieronder vir u uiteengesit is. Ons hoop en vertrou dat u hierdie aktiwiteit heelhartig sal ondersteun.

PROGRAM22 Januarie - 18:30 Kerkdiens: NG Kerk Riebeeck25 Januarie - Skool verjaar (optog vanaf ou skool)27 Januarie - Norman Hauzer Atletiek Uitnodigingsbyeenkoms24 Februarie - Pretloop en Bring-en-Braai13 – 14 April - Sportdag 3 Mei - Laerskole Koorfees17 – 19 Mei - Toneelspelkompetisie 1 Junie - Bokke-aand26 – 28 Julie - Toneelaand17 Augustus - OOV Interskoledans (Marius Nel 0832750953)18 Augustus - Interskole11 Oktober - Orkes: Gala-aand

Page 3: €¦  · Web viewDie leerders word in die middae voor die skool opgelaai en word dan by Laerskool Bastion (Brackenfell) en Laerskool Mikro(Kuilsrivier) afgelaai. Die tye is as volg:

9 November - Oudskoliere Krieket11 November - Kerkdiens: NG Moedergemeente

3

5. BUSDIENS NA PROTEAHOOGTE EN KUILSRIVIERVanaf Maandag 16 Januarie is ‘n nuwe busdiens deur Golden Arrow vir ons leerders beskikbaar. Hierdie is ‘n poging van die skool se kant om ouers met vervoerprobleme te probeer help. As hierdie diens goed ondersteun word, sal dit moontlik na ander tye uitgebrei kan word.

Die leerders word in die middae voor die skool opgelaai en word dan by Laerskool Bastion (Brackenfell) en Laerskool Mikro(Kuilsrivier) afgelaai. Die tye is as volg:

Maandae tot Donderdae : 14:40Vrydae : 14:10

Die onkoste is as volg:Kwartaalkaartjie : R484.50 (Geldig vir ‘n skoolkwartaal) – Leerders moet in skooluniformwees.Weeklikse Kaartjie : R75.00 maak voorsiening vir 10 ritte, maar is geldig vir 14 dae.Kontantfooi: R12.70 per rit.

Indien u as ouers enige verdere inligting of voorafbetaalde reiskaarte verlang, is u welkom om die Vervoerinligtingsentrum by 0800656463 te skakel.

Paratus ad Omnia

Deon du PlessisSKOOLHOOF