16
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n vinnige en besige derde kwartaal wens ek een en almal ‘n week van rus toe. Mag elke leerder, ouer en personeellid die vakansie gebruik om asem te skep voor die laaste kwartaal. Baie dankie vir elkeen se harde werk en insette gedurende die kwartaal. Ons groet….. Ons groet vir Adri Ballabio van die finansiële kantoor na ‘n volle 25 jaar wat sy aan die skool verbonde was. Baie dankie vir jou harde werk, toegewydheid en sorg waarmee jy die finansies van die skool hanteer het. Ons wens jou net die beste toe met jou aftrede heerlike luilekker dae van kuier saam met David, die kinders en die kleinkinders. Mag jy alles wat vir jou lekker is, gedoen kry in die dae wat voorlê. Sokkie ‘n Groot dankie aan al die gr. 7-mammas wat so hard gewerk het om die sokkie ‘n hoogtepunt te maak. ‘n Spesiale dankie aan Jacqui Franck wat aan die stuur van sake gestaan het en al die mammas wat haar bygestaan het. Die sokkie was voorwaar ‘n hoogtepunt! Gr. 6-leierskamp Voorspoed aan al die personeel en leerders wat 10 12 Oktober 2016 op die leierskamp gaan. Van die personeel Mnr. Goosen, ons wens jou ‘n heerlike paar dae van rus toe. Geniet die welverdiende vakansie saam met Mariëtte en die seuns. Ons sien uit om dit wat oorgebly het van die jaar, onder u leiding aan te pak.

Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016

Lekker Rus!!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Na ‘n vinnige en besige derde kwartaal wens ek een en almal ‘n week van rus toe.

Mag elke leerder, ouer en personeellid die vakansie gebruik om asem te skep voor die laaste kwartaal.

Baie dankie vir elkeen se harde werk en insette gedurende die kwartaal.

Ons groet…..

Ons groet vir Adri Ballabio van die finansiële kantoor na ‘n volle 25 jaar wat sy aan die skool verbonde was.

Baie dankie vir jou harde werk, toegewydheid en sorg waarmee jy die finansies van die skool hanteer het.

Ons wens jou net die beste toe met jou aftrede – heerlike luilekker dae van kuier saam met David, die kinders en die kleinkinders.

Mag jy alles wat vir jou lekker is, gedoen kry in die dae wat voorlê.

Sokkie

‘n Groot dankie aan al die gr. 7-mammas wat so hard gewerk het om die sokkie ‘n hoogtepunt te maak.

‘n Spesiale dankie aan Jacqui Franck wat aan die stuur van sake gestaan het en al die mammas wat haar bygestaan het. Die sokkie was voorwaar ‘n hoogtepunt!

Gr. 6-leierskamp

Voorspoed aan al die personeel en leerders wat 10 – 12 Oktober 2016 op die leierskamp gaan.

Van die personeel

Mnr. Goosen, ons wens jou ‘n heerlike paar dae van rus toe. Geniet die welverdiende vakansie saam met Mariëtte en die seuns.

Ons sien uit om dit wat oorgebly het van die jaar, onder u leiding aan te pak.

Page 2: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

2 Begroting 2017: Inligtingsessie met ouers Alle belangstellende ouers word herinner aan die inligtingsessie vanaand om 18:00 in die lapa. .

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN

14 Okt. Koorfees met Johan

Bester

29 Sept. Begroting: Alg.

Inligtingsessie (ouers)

30 Sept. Skool sluit

10 Okt. Skool open

10 – 12

Okt.

Leierskamp: Gr. 6-

leerders

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

BELEIDE

RESPEK Al die onderwysers het gedurende die afgelope 2 weke die waarde van respek met al die leerders behandel. Ons vra dat ons ouers ons hande sal versterk deur ook met u kind(ers) oor respek ‘n gesprek te voer. Hierdie onderstaande lys kan aangevul word om by elke ouerhuis van toepassing te wees.

Volgens die verklarende woordeboek beteken respek “eerbied of agting”. Respek word oorgedra eerder as aangeleer.

Hoe dra ek respek by die skool oor?

- Jy moet ander hoflik hanteer. - Jy moet bedagsaam teenoor ander wees. - Jy moenie van iemand kwaad praat of skinder nie. - Jy moet ordentlik aantrek, wees netjies. - Jy groet nie met ‘n hoed op nie. - Jy eet nie met ‘n hoed op nie. - Jy praat nie met kos in jou mond nie. - Jy staan nie met jou hande in jou sakke nie. - Jy staan regop wanneer iemand met jou praat. - Jy gee niemand aanstoot met jou gedrag of optrede nie. - Jy noem nie volwassenes op hulle voorname, tensy jy toestemming gekry het nie. - Jy praat nie van “jy” of “jou” as jy met volwassenes praat nie. - Jy groet met ’n glimlag en kyk die persoon in sy oë. - Jy staan op as jou onderwyser verby jou stap. - Jy luister as ‘n onderwyser met jou praat. - Jy ignoreer nooit ‘n ander persoon nie. - Jy beklemtoom nie ander se gebreke nie, bv. bak ore, lang neus, kort armpie, ens. nie. - Jy maak nie opmerkings oor ‘n persoon om ander te laat lag nie. - Jy moet gesag aanvaar deur reëls te gehoorsaam by die huis, skool, ens. - Jy val nie ‘n ander persoon in die rede nie. - Jy beskadig nie ander persone se besittings nie. - Jy moet jou eie besittings as waardevol ag. - Jy gebruik sosiale media op ‘n verantwoordelike wyse en gee niemand aanstoot nie.

100% RESPEK VAN ALLE BETROKKE PARTYE IS VAN KARDINALE BELANG

Ebbe le Roux Beheerliggaam en skoolbestuur

Page 3: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

3 UIT DIE FINANSIëLE KANTOOR

Ons as finansiële span neem met hartseer afskeid van ons senior rekenmeester, Adri Ballabio, wat na 25 jaar diens 'n welverdiende aftrede betree op 30 September 2016. Ons wens vir jou 'n geseënde tyd saam met jou familie toe. Baie dankie vir jou jare se toegewyde diens aan die skool.

'n Paneel bestaande uit beheerliggaam- en skoolbestuurlede, het gedurende Augustus die onderhoude gevoer met al die kandidate wat aansoek gedoen het vir die senior rekenmeester posisie. Baie dankie vir almal wat deel was van die proses. Ons wens vir Selomie van der Straaten baie geluk. Sy is aangestel as senior rekenmeester en ons wens vir haar die beste toe in haar nuwe rol. Daar is 'n baie opwindende tyd wat in die finansiële omgewing voorlê.

Die skool beweeg, met effek 1 Oktober 2016, oor na 'n nuwe finansiële stelsel. Ons gaan voortaan die geïntegreerde "Principal Software" se finansies-module implementeer. Die skool gebruik reeds die afgelope paar jaar die administratiewe module. Ons sien almal uit na 'n baie meer geïntegreerde stelsel wat tot groter effektiwiteit sal lei. Daar is besluit om voorlopig nie Selomie se vorige pos te vul nie, aangesien die nuwe finansiële stelsel baie meer effektief is en nog ‘n finansiële pos nie onmiddellik nodig is nie. Dit sal deurentyd heroorweeg word.

U rekeningstate sal dus vanaf Oktober ietwat anders lyk. Die eerste verandering is dat elke familie slegs 1 rekeningstaat sal ontvang. Gesinne met bv. drie kinders, sal een rekening ontvang met al drie kinders se inligting duidelik onderskeibaar aangedui.

Ouers sal gedurende Oktober 'n sms ontvang met u unieke nuwe familiekode en leerderverwysings-kodes. Gebruik asb. voortaan die nuwe kodes as verwysing vir alle betalings t.o.v. u leerders. Alle betalings, totdat u die nuwe kodes per sms ontvang, moet asb. u kind se huidige verwysingsnommer vergesel.

Kontak ons gerus by [email protected] indien u enige vrae het in die verband.

Estra Bester - Tesourier en finansiele komitee-voorsitter.

ADVERTENSIEBORDE

Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar: 5 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1600 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: ([email protected])

VERJAARSDAE

Baie geluk aan Johan Kilian (beheerliggaam) wat op 10 Oktober verjaar.

REDAKSIE

Die dolle jaar nader sy einde en dis amper tyd om voorraadopname te doen van alles wat in 2016 met ons gebeur het en ook van die dinge waaraan ons ‘n aandeel gehad het. Oor sommige van dié is ons spyt en oor ander verheug. Dis ook tyd wat ons ten goede kan aanwend om uit te werk wat ons kan verbeter of beter beplan en ook hoe ons vir onsself nuwe uitdagings kan stel. Daar is ‘n menigte goed waarvoor ons dankbaar kan wees en soos die gebruik al is by ons skool, sal ons dan ook op 26 Oktober ons jaarlikse Fairland Dankfees hou. Maar eers …gaan ons ‘n bietjie rus! Baie geluk aan almal met die suksesvolle kwartaal 3 en geniet die kort vakansietjie terdeë! Julle verdien dit.

Sien julle weer op 10 Oktober!

Erika

Page 4: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

4

KULTUUR

Belangrike kennisgewing: Indien leerders aan ‘n kultuuraktiwiteit deelgeneem het buite skoolverband, moet bewyse van enige sodanige prestasie op nasionale vlak, asb. by die skool ingehandig word vir die aandag van juf. Leanie Taljaard met die oog op die naderende toekenningsaande.

SENIORKOOR

Belangrike datums vir 2016:

14 Oktober – Singit! Koorfees. Hoërskool Florida.

26 Oktober – Fairland Dankfees

Oudisies vir Seniorkoor 2017

Ons het hierdie jaar groot sukses met ons koor behaal en wil vir almal dankie sê vir ‘n positiewe bydrae. Om dit moontlik te maak om die standaard van ons koor nog te verbeter, is dit belangrik dat die oudisieproses deeglik gedoen word. Ons wil graag al die koorlede weer toets om seker te maak dat daar wel individuele groei in die afsonderlike stemme plaasgevind het deur die loop van die jaar. Ons verwelkom ook enige nuwe lede wat graag oudisies wil aflê (gr. 3-6). Daar sal drie Maandae ge-allokeer word vir hierdie proses. Elke leerder kies ‘n dag en tydgleuf van 10 minute wat in hul program pas en skryf hul name op die lys teen juf. Klariké (kamer 11 – Geelklas by Gr.R- sentrum) se deur. Die leerder moet asseblief 10 minute voor sy/haar oudisie reeds daar wees en mag verdaag na afloop van die oudisie. Die oudisies vind in die lapa plaas op die volgende datums:

Maandag 26 September: 10 minute tydgleuf van 14:00-19:00 Maandag 10 Oktober: 10 minute tydgleuf van 14:00-19:00 Maandag 17 Oktober: 10 minute tydgleuf van 14:00-19:00

Die leerders sal dan per brief in kennisgestel word as hul verkies is tot die koor vir 2017. Die eerste verpligte oefeninge vir die koor van 2017 vind plaas op 18 en 25 Oktober 2016 vanaf 17:00 tot 19:00 in die saal.

Hou asseblief die Vinkie dop vir belangrike datums in 2017. Die koorkamp en die eerste werkswinkel se datums sal binnekort daarin verskyn. Ons sien uit na ‘n nuwe en opwindende koorseisoen.

JUNIORKOOR

Onthou asb. ons optrede op 14 Oktober (die eerste week na die vakansie). Verdere inligting volg binnekort!

Ons sing ook by die Fairland Dankfees op 26 Oktober. Maak solank 'n nota van hierdie spesiale aand op die kalender.

Fairland Dankfees

Die Dankfees vind plaas op 26 Oktober op die rugbyveld. Bring die hele gesin saam vir die spesiale aand!!

Kleredrag vir optredes

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen rompie, grys langkouse (geen sykouse), skoolskoene en 'n das. Hulle hare moet asb. in 2 “ponies” wees.

Seuns: groen langmou skoolhemp, grys langbroek, belt, skoolskoene en 'n das.

Belangrike datums: 14 Oktober “Singit”- koorfees saam met Johan Bester.

Kultuuraanhaling van die week

Courage doesn’t always roar. Sometimes courage is the quiet voice at the end of the day saying, “I will try again tomorrow.” Mary Anne Radmacher

Erika Joubert

Page 5: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

5

SPORT

TENNIS

Seniorseuns A verloor 47 – 34 teen Trinity Randpark Seniorseuns B verloor 43 – 38 teen Trinity Randpark

Seniordogters A wen 56 – 25 teen Crawford Sandton Seniordogters B wen 51 – 12 teen Crawford Sandton

Juniortennis Rondomtalie Seuns:

Die rondomtalie sal op die volgende dae plaasvind:

Vrydag 14 Oktober – Novak Djokovic

Vrydag 21 Oktober – Stan Wawrinka Wedstryde begin stiptelik om 13:15

Vrydag 28 Oktober – Roger Federer Leerders mag tweede pouse aantrek.

Vrydag 4 November – Rafael Nadal Leerders speel in gewone klere.

Novak Djokovic 14 Oktober

Stan Wawrinka 21 Oktober

Roger Federer 28 Oktober

Rafael Nadal 4 November

Jean du Toit Seef Dannhauser Malan Graham Hadrian Divito

Herman Wessels Chris Rothmann Simon du Plooy Jean Taljaard

Luke Groeneveld Dylan Engelbrecht Dawid Wiggett Jean-Pierre Griesel

Diaan Rooseboom Kean Swanepoel Jaco Dannhauser Josiah Stroh

Johan vd Merwe Ivan Scheltema Zander Fourie Richard Smith

Joshua Liebenberg Lijan Smal Rudolph Lategan Jason Smith

Martin Nel Ben Barnard Johann Louw Louis van Kradenburg

Ethan Bezuidenhout Ruben Botha Luan Espach Ethan van Damme

Ruan Keyter Christo Ankersmit Keane Avis Queon Ernst

Leam vd Sluys Ethan Jatho Callie Symington Vincent Graham

Christiaan Campher Lucian Kleyn Nader Nagdy

Juniortennis Rondomtalie Dogters:

Hier volg ‘n lys van die dogters wat aan die rondomtalie op Saterdag 15 Oktober gaan deelneem:

Graad 4 Jana Theron; Ané vd Westhuizen; Annika Dirker; Nicola Nel; Jana Simpson; Alicia Sonntag; Emma Ferreira; Mia van Niekerk

Graad 3 Danica Smit; Mieke Raubenheimer; Johané van Pletsen; Karla Strumpher; Karla Jooste Graad 2 Rachelle Jardim; Donna de Wet; Zanique Theron; Danielle Dixon

Seniortennis – Vierde kwartaal: Datums - voorlopige ligawedstryde

Dogters (Woensdae) 12 Oktober A span vs Louw Geldenhuys tuis B span vs Louw Geldenhuys weg

19 Oktober A span vs Crawford Lonehill weg B span vs Trinity Randpark weg

26 Oktober A span vs Jan Cilliers weg B span vs Kind David Sandton tuis

Seuns (Donderdae) 29 September A span vs Unika tuis B span vs Jan Cilliers tuis

13 Oktober A span vs Montrose weg B span vs Kind David Victory Park weg

20 Oktober A span vs Louw Geldenhuys tuis B span vs Bye

27 Oktober A span vs St. Stithians weg B span vs Louw Geldenhuys tuis

Page 6: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

6 KRIEKET

Uitslae 1ste span verloor met 6 paaltjies teen Jan Cilliers 2de span wen met 8 paaltjies teen Jan Cillers o/9A wen met 8 paaltjies teen Jan Cilliers o/9B wen met 5 paaltjies teen Jan Cilliers o/10A wen met 9 paaltjies teen Jan Cilliers o/10B wen met 16 lopies teen BPMS o/11A wen met 8 paaltjies teen Jan Cilliers o/11B wen met 13 lopies teen Fontainebleau

Orion-aandreeks

Die 1ste span en die o/11A-krieketspan het die afgelope Donderdag en Vrydag (22 en 23 September) deelgeneem aan die Orion-aandreeks te Laerskool Orion.

Donderdag 22 September 1ste span wen met 9 paaltjies teen Laerskool Concordia 1ste span verloor met 17 lopies teen Laerskool President Steyn o/11A wen met 49 lopies teen Laerkool Concordia o/11A verloor met 2 paaltjies teen Laerskool President Steyn

Vrydag 23 September 1ste span wen met 141 lopies teen Laerkool Dalmondeor 1ste span eindig algeheel 3de o/11A verloor met 25 lopies teen Laerkool Dalmondeor o/11A eindig algeheel 4de

Noordwes-krieketspan

Sterkte aan al ons o/9- tot o/13-krieketspelers wat gedurende die vakansie in hul onderskeie JHB Noordwes-spanne aan verskeie kriekettoernooie gaan deelneem:

o/9 Jean du Toit; Francois Groenewald; Franco Roos; Christiaan Liebenberg; Ruan Keyter; Luan Espach; Rico Vosloo; Jean Taljaard; Joof Enslin

o/10 Michael Holmes; JP Reichel; Malan Graham; Seef Danhauser; Tiaan le Roux; Chad Tintinger; Pieter de Klerk

o/11 Cor Muller; Fouche Maré; Ethan Ceronio; Manie Groenewald; Jayden Bezuidenhout

o/12 Reuben du Toit; Ulli Bronkhorst; Reuben Aucamp o/13 Aiden van den Berg; Tiaan Steenkamp; Werno van Wyk; Johan Bredenkamp

Oefentye

Tyd: (derde en vierde kwartaal)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae: 13:45 - 15:15 Woensdae: 13:45 - 15:15

MINI-KRIEKET

Oefentye: (Vanaf Maandag 12 September)

Gr. 1: Maandag 13:35 – 14:15 Dinsdag 13:05 – 14:15 Gr. 2: Maandag 13:35 – 14:30 Dinsdag 13:05 – 14:30

Onthou om die volgende saam te bring: sonhoed, sonskerm, koue water en ‘n tennisbal en kolf wat duidelik gemerk is.

Wedstryde: Vind plaas op Donderdae vanaf 14:00 – 16:00.

20 & 27 Oktober; 10, 17 & November – Randburg Sportgrond

Krieketoefening vir gr. R-leerders (o/6) begin eers in die vierde kwartaal. Tye sal later deurgegee word.

Page 7: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

7

MIDDELAFSTANDE

Oefentye

Maandag, Dinsdag en Woensdag: 15:45 – 17:00 Donderdag: 15:00 – 16:00 Vrydag: 13:00 – 14:00

Gr. 3 - tot gr. 6 - leerders word uitgenooi om saam te kom oefen. Maak verskoning by mnr. Jordaan as Jy nie kan kom oefen nie.

RUGBY

Sentraal-kliniekspanne

Baie geluk aan die volgende seuns wat die afgelope seisoen verkies is tot die onderskeie spanne van

die Sentraal-klinieke:

o/11: Deon Muller Nicholas Meintjies Zian van Blerk Francios van Zyl

Corné de Fouw Ethan Ceronio

o/12: Karl vd Westhuysen Zander van Niekerk Lourens Kruger Juan Schoeman

Zack van Niekerk Ethan Bester Tertuis le Roux

Een van ons ouers het dit onder ons aandag gebring dat ons nagelaat het om jul geluk te wens – ons vra

om verskoning hiervoor. Ons is voorwaar trots op julle!

INLIGTINGSENTRUM

Die geletterdheidsmaand het afgesluit met ‘n leesmarathon vir alle grade, behalwe die gr. R’e en gr.1’s. Die wenklas in elke graad wat in ‘n periode van 20 minute die meeste bladsye kon lees, sal weereens afgekondig het. Ons sê baie dankie aan die onderwysers wat ons hiermee gehelp het.

Die afgelope week is die sjokolades aan die storieskryf- wenners in elke klas uitgedeel. Die leerders het ongeveer 600 stories gekryf. Die boekwenners van elke graad sal hul pryse in die laaste kwartaal ontvang. Die gelamineerde boekmerke is ook uitgedeel en weereens was die reaksie oorweldigend. Ons het meer as 300 boekmerke gelamineer.

Woensdag is die sprokie-opvoering deur die media- en leesklubleiers vir die juniors opgevoer. Dit was groot pret en die gr. 6’e het dit amper meer geniet as die gehoor! Ek hoop elkeen het ‘n heerlike vakansie en dat julle nie sal ophou met lees nie. Volgende kwartaal is daar weer splinternuwe boeke op die rakke!

Groete Juf. Dalene

Page 8: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

8

ALGEMEEN

VERE-KAS

Ons wil alle ouers dringend versoek om asseblief hulle kinders na die Vere-kas te stuur om te kyk of daar enige van hulle verlore klere is. Die Vere-kas het ongelooflik baie verlore wintersdrag. Enige verlore klere (van Augustus) wat nie op opgeëis word voor 30 September nie, sal gewas word en teruggeplaas word in die Vere-kas om verkoop te word. Ons herinner ook ouers om asseblief alle klere te merk met 'n naam en 'n kontaknommer.

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-kasgroete Lillian Ankersmit - 082 324-5034 GR. R: UITBLINKERS VAN DIE WEEK Die maatjies in elke gr.R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak. Gr. R/07 : Ella Steenkamp Gr. R/08 : Kaeden van den Berg Gr. R/09 : Amoré Serfontein Gr. R/10 : Liebe Vermeulen

Gr. R/11 : Nathan Wentzel Gr. R/11A : Tiaan Cloete STERRE VAN DIE WEEK Gr. 1/18 : Xandré Caetano Gr. 1/22 : Jonathan Eilers

Gr. 1/24 : De Villiers van Staden Gr. 1/25 : Wikus Mostert Gr. 1/26 : Wian Swanepoel Gr. 1/27 : Nathan van den Berg Gr. 2/14 : Amy Olivier Gr. 215 : Jayden van Rooyen Gr. 2/16 : Zandré Barkhuizen Gr. 2/17 : Xander Jackson

Gr. 2/21 : Marlene van Heerden Gr. 2/23 : Dimitri Minnaar

Gr. 3/12 : Mikayla Joubert Gr. 3/13 : Nicole de Klerk Gr. 3/28 : Richard Smith Gr. 3/29 : Waldo Bensch Gr. 3/45 : Liam van der Ness Gr. 3/46 : Anika du Preez

GOEIE GEDRAG

Gr. 4/51 Anika van der Merwe Gr. 4/52 Coco Naudé

ENTREPRENEURSDAG – 23 SEPTEMBER 2016 Liewe Gr.7-mammas: Baie dankie vir al julle hulp en ondersteuning aan die gr.7-leerders met hul gróót dag. Sonder julle insette sou die dag nie moontlik gewees het nie.

Aan al die gr.7’s

Julle was ongelooflik! Baie dankie vir julle goeie gedrag en wonderlike gees.

Danksy elkeen se entoesiasme was die dag ‘n reuse sukses.

Juf. Debby

Page 9: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

9

BIDGROEPIE

Kom bid lekker informeel en vinnig saam as Jy klaar kinders afgelaai het op ‘n Woensdagoggend. (7:30 -8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid.

Vir enige inligting sms Kirsti 083 463-6600.

TOUCH RUGBY

Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns welkom.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

SWEM

Baie geluk en sterkte aan Dawid Wigget en Biance Landman wat gekies is vir die Sentraal-Gauteng swemspan wat tydens die vakansie (7 en 8 Oktober) aan die “NTS Invitational Inter-provincial Gala” te Pretoria gaan deelneem.

AVONTUURSPORT

Baie sterkte aan die volgende leerders van Laerskool Fairland wat gekwalifiseer het om die komende naweek (2 en 3 Oktober) aan die “SA Schools Adventure Racing Championships” te Oos-Londen deel te neem: Charlie de Kock, Neil Botha, Steffahn van der Westhuizen, Mika van Zyl. Michelle Steenekamp is ook deel van hierdie kwalifiserende span, maar kan ongelukkig nie deelneem nie weens ander verpligtinge.

Galadatums: Vrydag 14, 21 & 28 Oktober, 4 November

KULTUUR

Uitslae:

Gr. 1 : Minke Böhmer Afrikaans verhalende poësie Goud (NEA)

Afrikaans gedramatiseerde poësie Goud (RACA)

Lika Human Afrikaans verhalende poësie Jnr. Diploma

Afrikaans komiese monoloog Jnr. Diploma

Afrikaans samespraak Jnr. Diploma

Afrikaans samespraak Jnr. Diploma

Carla Janse van Rensburg Voice solo: motion picture Goud

Afrikaans komiese monoloog Jnr. Diploma

Afrikaans samespraak Jnr. Diploma

Afrikaans samespraak Jnr. Diploma

Gr. 2 : Chemené Mentz Afrikaans samespraak Jnr. Diploma

Gr. 3 : Melissa du Plessis Afrikaans verhalende poёsie Goud

Jessica Janse van Rensburg English duologue Goud

Afrikaans komiese monoloog Jnr. Diploma

Afrikaans samespraak Diploma

Genevieve Parry English narrative poetry Jnr. Diploma

Klaviersolo : eie keuse Jnr. Diploma

Gr. 4 : Queon Ernst Klaviersolo : eie keuse Diploma

Diaan Rooseboom Beweging and mimiekteater:

Bewegingsdrama Diploma

Gr. 5 : Jarik Engelbrecht Afrikaans verhalende poёsie Diploma

Page 10: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

10

Gr.6 : Dené Potgieter English comic monologue Diploma

English narrative poetry Diploma

Richard Steenkamp (gr. 6) Afrikaans spreekkoor Diploma

Josiah Stroh (gr. 3)

Mia van der Merwe (gr. 3)

Sophia Kotze (gr. 3)

Colleen du Plessis Voice solo : motion picture Diploma

Karla Rooseboom en Afrikaans samespraak Diploma

Wilmien Meyer

Gr. 7 : Kyla Saayman Afrikaans verhalende poёsie Goud

RADIKALE REDENAARS

Sertifikaat van deelname verwerf:

Gr. 1 : Carla Janse van Rensburg

Gr. 2 : Niel Marais

Gr. 3 : Jessica Janse van Rensburg

Gr. 5 : Andries de Kock Mia Marais

Gr. 7 : Charlie de Kock Kyla Saayman

Baie geluk aan al die bogenoemde deelnemers.

FAK

Michél Croucamp (gr.7) het deelgeneem aan die FAK se Afrikaanse Internasionale Skole-ekspo 2016

met haar kortverhaal getitel: “Die wit eenhoring”. Sy behaal 85% hiervoor. Baie geluk Michél, Jy is ‘n

talentvolle dogter wat woeker met jou talente.

ROODEPOORT DANCE FESTIVAL

Die kunstefees het plaasgevind op 7 September te Pro Musica Teater, Roodepoort.

Die volgende leerders het ‘n eerste plek behaal en verwerf hiervoor ‘n pragtige trofee: The Wagner Cup

for Best Ballet, 13 and under. Hulle is:

Luané Human Lika Human Nicole Bredenkamp

Jessica Janse van Rensburg Carla Janse van Rensburg Zelrie Gagiano

Baie geluk dogters! Ons is trots op julle!

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL Lentetyd is hier - kom vul die atmosfeer met musiek!! Resonanze Project Musiekskool bied musieklesse aan te kies en keur - blokfluit, klavier, kitaar, viool, dromme, sang en musiektegnologie. Kontak Cindy 081 351 7491 of [email protected]. FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected]

Page 11: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

11 SKAAPTJOPS!! Smaaklike, vars Vrystaat lamsvleis te koop teen R80.00 per kilogram. Opgesny en verpak na u bestelling. Heel of halwe lam. Navrae – Tinus de Wet [email protected]. SUPER SEWES 2016 Môrester-kampterrein: 2 – 6 Oktober – inskrywings www.supersewes.co.za HET JOU KIND SE AKADEMIESE PROFIEL DRINGENDE INTERVENSIE NODIG? Edublox Lees- en Leerkliniek bied ‘n intensiewe vakansiekursus aan om geheue te ontwikkel en leesvaardighede ‘n hupstoot te gee. Besprekings kan nou gedoen word, want dit is nooit te laat om in te gryp nie.

3 – 7 Oktober 2016

8:00 – 13:00 daagliks

Kontakbesonderhede: [email protected]

Telefoon nommer: 011 764 5824 / 082 531 7200 SHUTTLE SERVICE Lowest prices guaranteed! Northcliff/Fairland & surrounding areas. PDP licence & passenger liability insurance. Contact owner on 083 502-5009 for quotes, rates & routes (Whatsapp or sms welcome.)

Page 12: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

12

Page 13: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

13

Page 14: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

14

Page 15: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

15

Page 16: Lekker Rus!! - WordPress.com...2016/09/29  · Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2  Jaargang 23 Nr. 29 29 September 2016 Lekker Rus!! UIT DIE HOOF SE KANTOOR Na ‘n …

16

GR. 7-ENTREPRENEURSDAG