8
1 DIE KWART-VOOR-SEWE LELIE (ELEANOR BAKER) Hierdie is ’n magies realistiese roman. Magies kom van die Engelse “magic” en het met die bonatuurlike te doen. In so ’n werk word verbeelding (droom / fantasie) en werklikheid vermeng. Verteltyd en vertelde tyd Die verteltyd beslaan 220 bladsye of 3 ure (die tyd wat die leser nodig het om die verhaal te lees). Dit word ook leestyd genoem. Die vertelde tyd beslaan ongeveer 30 jaar. Vanaf Iris se geboorte tot 5 jaar ná sy haar enkel gebreek het toe sy ongeveer 30 jaar oud was. Die Tema Dit handel oor Iris se obsessie of begeerte om te blom. Blom word natuurlik figuurlik gebruik. Dit kan dui op iets in jou lewe wat dit sinvol maak. Die Motto Angels can fly because they take themselves lightly” G.K. Chesterton. Watter leidrade kan die leser hieruit aflei? i Daar gaan van ’n engel vertel word. ii Daar is baie fantasie / verbeelding in die verhaal. iii Die aanslag / trant is lig of humoristies. Daar is nogal sprake van humor in die verhaal. Wie blom almal in die verhaal? Dit is sekerlik nie net Iris, die hoofkarakter, wat sogenaamd blom nie. Elsa en Hannes het getrou en hulle eersteling Johan veroorsaak dat Elsa blom. Kara ontmoet Claude van Martinique (p. 99). Hulle het later ’n seuntjie en nog later trou hulle. Pa tree af. Bloot net sy aftrede dui op die bereiking van volheid in sy lewe. Daarna verhuis hy plaas toe om sy droom uit te leef; hy gaan boer. Dink jy nie dit het hom laat blom nie? So is daar nog baie ander voorbeelde wat jy gerus kan gaan soek. Iris het uiteindelik met Peter getrou en hulle was gelukkig. Het sy nie ook maar geblom nie? Iris het ontwikkel van ’n obsessiewe jong meisie tot ’n geduldige jong vrou. Aan die einde van die roman wag sy en Johanna “gedduldig”op die oopgaan van die lelie. Johanna Johanna word ’n voorbeeld van ’n surrogaatmoeder. Sy is ook nie presies die stereotipe huisbediende van daardie tyd (die sestigerjare) nie. Wat sou ma Els ? Elsa sonder haar gemaak het? Johanna die huishulp of huishoudster trek baie smaakvol aan. Sy noem die dogters op hulle name wat indirek dui op ’n mate van gesag wat sy het (p. 24). Johanna werk al lank vir die familie. Sy het Ma leer kook. Sy het die kinders hulle hare leer vleg (p. 37). Johanna se pa was swart en haar ma bruin (p. 38). Sy wou ’n Franse kookboek aanskaf om vir Claude beter kos te kon maak. Johanna skryf ’n brief vir Iris in Amerika. Sy gee raad. Sy vermaan haar dat sy nie met vreemde mense moet praat nie en vir negers moet lig loop. (p. 114). Johanna het eers in die kamer in die agterplaas gebly. Later vra sy ’n ordentlike badkamer met pers lelies op die teëls. Pa het dit vir haar gedoen ) dit was wel pers teëls met wit lelies op. Daar is ’n hele nuwe badkamer vir haar gebou. (p. 116). Later vra sy hulle moet die stoep toebou dat sy ’n sitkamer kon hê waarin sy kon sit en TV kyk (p. 117). Na Pa weg plaas toe is, Kara Frankryk toe is en Elsa getroud is, het sy saans by Ma in die sitkamer kom sit en TV kyk (p. 117). Iris sê: “Ek het self twee ma’s gehad as ’n mens Johanna bytel,”(p. 150). Johanna het nie daarin geglo om met kwale dokter toe te gaan nie (p. 180). Sy het boererate gebruik.

LELIE-LANGVRAE

  • Upload
    ciske

  • View
    95

  • Download
    6

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Langvrae van die Lelie

Citation preview

  • 1DIE KWART-VOOR-SEWE LELIE (ELEANOR BAKER)Hierdie is n magies realistiese roman. Magies kom van die Engelse magic en het met die bonatuurlike tedoen. In so n werk word verbeelding (droom / fantasie) en werklikheid vermeng.Verteltyd en vertelde tyd

    Die verteltyd beslaan 220 bladsye of 3 ure (die tyd wat die leser nodig het om die verhaal te lees).Dit word ook leestyd genoem.

    Die vertelde tyd beslaan ongeveer 30 jaar. Vanaf Iris se geboorte tot 5 jaar n sy haar enkel gebreekhet toe sy ongeveer 30 jaar oud was.Die Tema

    Dit handel oor Iris se obsessie of begeerte om te blom. Blom word natuurlik figuurlik gebruik. Dit kandui op iets in jou lewe wat dit sinvol maak.Die MottoAngels can fly because they take themselves lightly G.K. Chesterton. Watter leidrade kan die leser hieruitaflei?i Daar gaan van n engel vertel word.ii Daar is baie fantasie / verbeelding in die verhaal.iii Die aanslag / trant is lig of humoristies. Daar is nogal sprake van humor in die verhaal.

    Wie blom almal in die verhaal?Dit is sekerlik nie net Iris, die hoofkarakter, wat sogenaamd blom nie. Elsa en Hannes het getrou

    en hulle eersteling Johan veroorsaak dat Elsa blom. Kara ontmoet Claude van Martinique (p. 99). Hulle hetlater n seuntjie en nog later trou hulle. Pa tree af. Bloot net sy aftrede dui op die bereiking van volheid insy lewe. Daarna verhuis hy plaas toe om sy droom uit te leef; hy gaan boer. Dink jy nie dit het hom laat blomnie?So is daar nog baie ander voorbeelde wat jy gerus kan gaan soek.

    Iris het uiteindelik met Peter getrou en hulle was gelukkig. Het sy nie ook maar geblom nie?Iris het ontwikkel van n obsessiewe jong meisie tot n geduldige jong vrou. Aan die einde van die roman wagsy en Johanna gedduldigop die oopgaan van die lelie.

    JohannaJohanna word n voorbeeld van n surrogaatmoeder. Sy is ook nie presies die stereotipe

    huisbediende van daardie tyd (die sestigerjare) nie. Wat sou ma Els ? Elsa sonder haar gemaak het?Johanna die huishulp of huishoudster trek baie smaakvol aan. Sy noem die dogters op hulle name

    wat indirek dui op n mate van gesag wat sy het (p. 24).Johanna werk al lank vir die familie. Sy het Ma leer kook. Sy het die kinders hulle hare leer vleg (p.

    37). Johanna se pa was swart en haar ma bruin (p. 38).Sy wou n Franse kookboek aanskaf om vir Claude beter kos te kon maak.Johanna skryf n brief vir Iris in Amerika. Sy gee raad. Sy vermaan haar dat sy nie met vreemde

    mense moet praat nie en vir negers moet lig loop. (p. 114).Johanna het eers in die kamer in die agterplaas gebly. Later vra sy n ordentlike badkamer met pers

    lelies op die tels. Pa het dit vir haar gedoen ) dit was wel pers tels met wit lelies op. Daar is n hele nuwebadkamer vir haar gebou. (p. 116). Later vra sy hulle moet die stoep toebou dat sy n sitkamer kon h waarinsy kon sit en TV kyk (p. 117).

    Na Pa weg plaas toe is, Kara Frankryk toe is en Elsa getroud is, het sy saans by Ma in die sitkamerkom sit en TV kyk (p. 117).

    Iris s: Ek het self twee mas gehad as n mens Johanna bytel,(p. 150).Johanna het nie daarin geglo om met kwale dokter toe te gaan nie (p. 180). Sy het boererate gebruik.

  • 2Toe Kara n uitslag gehad het waaraan die dokter niks kon doen nie, het Johanna hawermout in die badgegooi en die kind daarin laat week. Die uitslag het verdwyn (p. 180).MaSy is baie verstrooid. Sy vergeet om die oond aan te skakel nadat die skaapboud in is (p. 13). Haar naamis Elsa en word ook Els genoem.

    Sy was soos iemand wat n bus verpas het en nie daarby kon berus nie. (p. 13)Sy kry haar bestuurderslisensie laat in haar lewe en ry net tussen die huis en die skool. Sy vermy snelwe.

    Alle masjinerie was volgens haar lewendig (p. 14).Soek self nog voorbeelde in die boek.Onthou die 4 belangrikste karateriseringstegnieke:direkte beskrywing, dialoog, iemand se gedagtes, wat ander karakters van die persoon s of dink.

    Enkele voorbeelde van humor: (werk self by)Polder was oorspronklik oom Wim en tante Alheid se hond. Hulle het getrek en was Hollands. Iris-

    hulle neem toe die hond oor en praat net Nederlands met hom (p. 12).Iris lees grepe uit haar Nederlandse voorgeskrewe werk vir Polder voor (p. 43).Polder is dood en hulle skaf n soortgelyke hond aan en noem hom Polder die Tweede. Hy praat ook netNederlands (p. 76).

    In die kiosk op die lughawe in New York, koop Iris n poskaart met n windmeul (tipies Hollandselandskap) en skryf n boodskap vir Polder wat haar ma vir hom moet voorlees (p. 93).Die humor draai nie net om Polder nie. Daar is ander voorbeelde ook. Dink maar aan Elsa wat wonder hoesy swanger geword het. Ma antwoord: op die gewone manier natuurlik ens.....

    Die EngelDie engel vorm deel van Iris se verbeelding. Dit kan tog nie werklik wees nie. Daar is dalk n

    moontlikheid dat die Engel Iris se gewete is. Gaandeweg leer sy baie by die Engel en kom sy tot die insigdat n mens nie heeltyd moet sit en wag om te blom nie en dat n naam dood eenvoudig net n naam is. DieEngel s op p. 187: Die lewe is nie n storieboek nie. asook; En n naam is net n naam.

    Iris se ouma het in engele geglo. Sy was by geleentheid in die hospitaal toe die engel haar vir dieeerste keer besoek het. Sy het s geskrik dat sy een van die pypies laat losruk het. Hy het ges: disgoed(p. 63). Die Engel was manlik. Iris se ouma het dit met haar gedeel.

    Later beweer Ma Elsa dat sy ook bewus van die Engel was. Dit het Iris teleurgestel omdat sy gedinkhet dit is n geheim wat sy en haar ouma gedeel het. (p. 76-77).

    Iris het die Engel vir die heel eerste keer in Frankryk gesien toe sy by Kara en Claude gekuier het.(p. 92). Tydens die geselligheid met vriende het die Engel aan haar verskyn. Een gas het ges dat dit n lasmoet wees om van Suid-Afrika te kom. Die Engel s toe vir haar: Moenie jou aan hom steur nie ) (p. 92).Sy het aan die wyn verstik.

    Toe Iris Joe Pryor in die koffiewinkel ontmoet en hy aanbied om haar te help geld trek en stewelste koop, het die Engel ges sy moenie alle mense wantrou nie ( p. 99).

    Toe sy die stewels betaal met die helfte van haar Kersfeesbonus, het die Engel ges: Dis so(p.100).Toe sy vir Joe jok oor haar kastige agent, s die Engel: Sies (p. 101).

    Toe Peter uiteindelik in Amerika by die hotel aankom, het die engel vir Iris ges dat hy (Peter) moegis. (p.121) Joe het Peter en Iris na die modelagentskap geneem. Iris wonder toe of dit nie nou haar kans isom te blom nie (p. 131). Die Engel s: :Jy s dwaas.

    Die Engel het Iris wakker gemaak die nag toe Bettie siek was en glo gif gedrink het (p. 162). Irisverwyt die Engel dat hy Bettie nie gekeer het toe sy die gif wou drink nie (p. 163). Later verwyt sy hom ookoor Peter se ongeluk met sy o. Die antwoord was duidelik: Elkeen is vir sy eie dade verantwoordelik. Ek

  • 3is nie verantwoordelik vir jou en jou mense nie(p. 217)In die hospitaal nadat sy haar enkel gebreek het, het die engel op een van die le beddens gel. Die

    Engel s: Bettie het nie regtig gif gedrink nie. (p. 177) Daar volg n langerige gesprek tussen haar en dieEngel. Sy vra hom waarom hy juis hr uitgekies het. Jy het my een van jou fantasie gemaak(p. 178) istoe die antwoord. Hierop s sy dat sy hom dan duidelik kan sien en dat hy vir haar nie n fantasiefiguur isnie (p. 178).

    In hierdie gesprek stel Iris talle vrae aan die Engel.: Sal Claude met Kara trou en gaan hullerenboogkinders h? Wat gaan van Suid-Afrika word? Sy antwoord: My land is nie joune nieen En ek isnie n sterrewiggelaar of fortuin- verteller nie. . . (p. 179).

    Iris verwyt die Engel verder omdat hy nie n oog oor Herman gehou het terwyl hy Kara met n studentvan hom gekul het nie. (195).

    Iris vertel tannie Ans en haar aanstaande skoonpa van haar beskermengel (p. 199). Die Engel wasteenwoordig op Iris se troue en het vir haar geknipoog (p. 208).Iris (Hoofkarakter)Sy is met volmaan gebore en was van die begin af n buitestander. Niemand het nog ooit regtig na mygeluister nie (p. 9). Die dokter is vinnig weg. Die kraamsusters is vinnig weg om te help met die volgendebevalling. Haar geboorte was dus maar net een van baie ander. Nie uniek nie. Sy het heeltemal anders ashaar 2 ouer susters gelyk. Sy was donker (p. 9).Sy het donkerbruin hare en groen o gehad. Haar sustershet die volgende dag kom kuier om hulle leeslesse vir Ma op te s. (p. 10). Niks het regtig oor haar gegaannie. Dit was altyd dieselfde storie. Ek was te jonk. Ek kon nog nie saampraat nie. Ek het nie geweet waarvanek praat nie. Van ek die dag gebore is, was dit so. Wat ek ook gedoen het, was reeds deur hulle gedoen.(p.34).

    Sy was nie net anders as haar ander twee sussies nie, maar is ook deur dr. Anders se vangefassineer. (p. 42). Na 3 jaar op universiteit het sy by hom gaan werk. Terwyl sy by Kara-hulle in Frankrykgekuier het, het sy die eerste oggend uitgesluit gevoel. Kara en Claude se liefde vir mekaar het haar vreemd/ uitgesluit laat voel. (p. 91). Sy het soos Polder op oorskietkos geleef: sy het haar susters se ou speelgoedgekry en ou klere gedra. (p. 14).

    Haar naam: n Iris is n blom. Sy was effens perserig met geboorte en haar arms en bene het oor dieverpleegster se hande geflap (Flap= ander naam vir die irisplant) toe hulle haar vir haar pa gaan wys het.(p. 10). n Iris is n bolplant, maar dit is ook die mitologiese godin in diens van ander meer belangrike gode;n tipe martelaargodin. Sy s self: Ek het dikwels soos Aspoestertjie gevoel behalwe dat my susters ngstief ng lelik was. (p. 14). Iris is ook die godin van die renboog.

    Die werklike Peter het geweet Iris was die Griekse godin van die renboog. Iris verwys ook na ndeel van die oog (p. 2). Dit is met die oog waarmee mens fyn waarneem. Iris was fyn waarnemer; vandaaral haar fantasie. Vir Billy het sy ook die betekenis van haar naam uitgel en erken dat sy heeltyd besig isom ander mense te bedien (p. 104).

    Vir Billy vertel sy verder dat haar naam verwys na n lelie wat een keer per jaar blom en dit is die redewaarom sy nie altyd Nee s as sy dit behoort te doen nie (p. 104).

    Sy was jaloers op Kara wat non wou word, want sy was ontevrede met haarself en wou verander (p.17). In haar finale jaar op universiteit het sy n eksistensile krisis (bestaanskrisis) beleef (p. 25). Sy moesby haar ma hoor sy was n glips; dus terloops op aarde (p. 26).

    Haar lewensfilisofie (p. 132). Dis nie net die naam nie, dis my lewensfilosofie. Kara blom van sy haarClaude gekry het. Elsa blom. . . ? Daar het ek my vasgeloop! Dit gaan dus vir haar oor wanneer sy gaanblom.

    Peter stel haar voor n keuse; Iris. As jy wil blom onder alteljeeligte met mense wat jou deurmekaargaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan Vermont toe. (p. 133).Sy wys wel die modelaanbod van die hand en gaan saam Vermont toe. Dit is waar sy al hoe meer by mensebetrokke raak. Sy het al hoe minder tyd om haar fantasie vrye teuels te gee. Dit is asof die storie van Gretaen Eduard doodloop.

    Iris raak betrokke by Bettie en probeer haar opbeur. Sy begin insig toon in Bettie se probleme as

  • 4Brian dit met haar bespreek (p. 154).Elasa het Iris se trourok van die kantgrodyne wat haar skoonma uit haar huis gegooi het (p. 207). (ookhumoristies) (p. 207).Dalk blom sy toe sy met Peter getrou het. Sy kom tot insig a.g.v. die Engel (p. 141) dat haar toekoms nieverbind dis aan haar naam nie. Sy besef na n lang gesprek met die Engel dat n naam net n naam is endat dit nie jou denke of besluite kan benvloed nie.

    Sy leer om geduldig te wees .

    Iris se fantasie (Die stories wat sy in haar verbeelding skryf)Hannes se vriend, Riekie begin met Iris uitgaan. Sy skryf hom oor omdat hy haar nie aanstaan nie.

    Sy droom oor n man met die naam Richard uitgespreek as Rigardt (p. 17).Richard was vry van alle menslike swakhede. Sy was toe in matriek. Hulle is wel saam matriekafskeid toe(p. 19).

    Riekie was strooijonker saam met Iris op Elsa en Hannes se troue. Hier begin sy n storie om hombou (p. 22). Hy is n oom van Hannes en kom van Frankryk af om strooijonker op sy troue te wees. Sy naamis Eduard of St. John (p. 22). Hierdie storie het doodgeloop.

    Na Elsa hoor sy is swanger, begin Iris met nuwe storie (p. 28). Sy wou verwagting en babas tot nfantasie omskep. Daar was Eduard, n oujongkrel met n jonger broer, Peter. Peter, n rokjagter het eenaand dronk by Iris aangekom. Iris se naam verander na Greta. Greta word haar alter ego Die begrip alterego verwys na die ander ek, dit is dus die ander kant van dieselfde persoon.

    Sy verloor daardie aand haar maagdelikheid. Sy is swanger en Peter sterf in n motorongeluk.(p. 31).Paul tree op as eksekuteur van die boedel. Paul besoek Greta om haar te help (p. 42) maar sy weier enigegeldelike ondersteuning. Die ouer man, Eduard, Peter se broer raak by haar betrokke en is teenwoordigtydens die kind se geboorte. (p. 57).

    Lank voordat Eduard en Greta uitvind hulle is lief vir mekaar, was Iris moeg vir hulle (p. 67). Dieverhaal het doodgeloop (p. 67).

    VOORBEELD VAN N LANGVRAAG:In hierdie roman blyk dit dat Iris aanvanklik as n buitestander beskou kan word. Bespreek hierdiestelling in n goed gestruktureerde opstel van 400 450 woorde en verwys na die volgende in jouantwoord.

    Gee n omskrywing van wat n buitestander is en hoe dit op Iris van toepassing is. Iris se geboorte en haar lewe in die gesin dra tot haar buitestanderskap by. Iris se buitestanderskap lei tot die skep van haar fantasie-wreld Iris ondergaan groei / ontwikkeling van onbetrokkene na betrokkene en hef so haar

    buitestanderskap op.[25]

    VOORGESTELDE MEMORANDUM: BAIE KORTLIKSInleiding

    Iris is aanvanklik die buitestander in die roman wat moeilik met ander karakters kommunikeer enn fantasie-wreld verkies, sy kies selfs haar beroep sodat daar meer tyd vir fantasie is.

    Iris het egter karakterontwikkeling ondergaan en in die werklike wreld begin kommuniker en haarbuitestanderskap opgehef.

  • 5 Die inhoud van die inleiding word nie voorgeskryf nie, maar volgens die assesseringsrubriekbehoort die opstel oor n inleiding te beskik.

    Gee n omskrywing van wat n buitestander is en hoe dit op Iris van toepassing is. In die roman , Die kwart-voor-sewe-lelie, kan Iris as n buitestander beskou word. n Buitestander kan as n karakter beskou word wat nie in sy milieu pas nie, wat ontuis of as enkeling

    tussen die ander karakters voel. Die buitestanderskap kan as gevolg van die karakter se individualiteit wees.

    o Iris is n individu en beskou haarself as anders as die ander mense, n individu, sy is ndienares van hore gode, maar ook sien sy haarself as Aspoestertjie.

    Verder dra gebrekkige kommunikasie daartoe by dat een karakater as n buitestander beskoukan word soos wat in Iris se geval is.

    o Daar is nie baie goeie kommunikasie tussen Iris en die ander karakters nie, bv. in diehuisgesin maak haar pa haar stil wanneer sy aan gesprekke wil deelneem aangesien syte jonk is.

    o Iris kommunikeer nie met Peter voordat hulle seks het nie. Alhoewel sy en Peter trou, klink dit asof die huweliksaanbod half terloops gemaak

    is, Nog net n paar maande, dan is ons vir altyd bymekaar. Iris is n dieper persoon wat meer as die gewone sien en het n Engel met wie sy kommunikeer.

    o Iris se ouma het ook met n Engel kommunikeer.o Haar kommunikasie met die Engel maak dat Iris n individu is, dat sy anders as die ander mense is,

    n buitestander. Iris is egter nie afsydig en swygsaam nie.

    o In die buiteland kommunikeer sy maklik met die ander mense, bv. Billy, die portaalklerk watsy konfronteer en sy koop ook praatjies met ander mense (in die restaurant) aan.

    Iris se geboorte en haar lewe in die gesin dra tot haar buitestanderskap by Met Iris se geboorte was die dokter oorhaastig op pad na n volgende bevalling en het nie veel

    aandag aan die nuwe aankomeling geskenk nie. Na die geboorte was haar ma gedaan en het aan die slaap geraak daar word nie genoem dat

    daar direk na Iris se geboorte geleentheid vir binding tussen haar en haar ma (of pa) was nie. Iris se pa was nie by die hospitaal tydens die geboorte nie, alhoewel dit ook nie die gebruik vir

    daardie tyd was nie. o n Verpleegster het hom van die geboorte in kennis gestal.o Hierdie was n teer saak vir Iris aangesien sy in al haar fantasie die teenwoordigheid van

    die pa aangeraak het. Eduard sowel as die (werklike) Peter sou by die geboorte vanGrete en Iris se baba wees.

    Iris se susters het eintlik net die hospitaal besoek sodat hulle hul leeslesse hardop vir Ma konlees. Ook hulle het nie aandag aan die nuwe sussie geskenk nie.

    Terwyl Iris se susters na familie vernoem is, het Iris sommer n naam vanwe haar voorkoms bygeboorte gekry (volgens die pa).

    Iris het na haarself as n dienares van hor gode verwys, dus nie heeltemal deel van diehuisgesin nie, maar eerder die een wat ander moet bedien, n Aspoesterjie.

    Iris gesels met haar ma (oor die betekenis van Iris se naam) en die ma luister nie na wat Iris tes het nie, asof dit nie as belangrik genoeg geag word nie. Die antwoord is eerder dat die ma vanPa se dieet geweet het.

    o

    o Hierdie voorbeeld van gebrekkige kommunikasie dra daartoe by dat Iris as n buitestanderbeskou kan word.

  • 6 Iris het dikwels soos Aspoestertjie gevoel, iemand wat ander moet bedien en nie self deel vandie gesin is nie.

    Vanwe die ouderdomsverskil tussen Iris en haar susters was Iris n alleenloper, sy het, volgenshaar, net soos Polder van oorskietkos geleef.

    Elsa en Kara het ook Iris se kinderjare as objektiewe buitestanders gekritiseer. Anders as die ander gesinslede, kommunikeer Iris met n Engel, n buitestander. Telkens wanneer daar in die gesin gepraat word, word Iris as te jonk beskou om saam te praat,

    sy deel nie in die gesprekke met die gesin nie.

    Iris se buitestanderskap lei tot die skep van haar fantasie-wreld. Iris word as n sensitiewe persoon beskou wat dieper en meer as die gewone mens kan sien. Die Engel vorm deel van Iris se fantasie-wreld.

    o Die Engel s aan Iris dat sy hom opgeroep het en deel van haar fantasie gemaak het.o Haar ouma het ook n Engel gehad wat aan haar verskyn het, haar susters het egter nie.o Die Engel verskyn die eerste keer aan Iris in Frankryk met haar kuier aan Kara en Claude.o Die feit dat Iris die enigste een is wat die Engel kan sien en met hom kan kommunikeer, maak van

    haar n buitestander. Met Elsa se troue is Iris die strooimeisie, maar sy deel nie in die realiteit nie, voor die kansel

    fantaseer sy oor die droom-strooijonker, Eduard, wat dadelik op haar verlief raak. Met Elsa se swangerskap word Iris se inset as die van n kind afgemaak. Iris kompenseer deur te fantaseer

    van die droom-Peter by wie sy swanger raak. Iris ontmoet die werklike Peter wat nie veel van sy fiktiewe eweknie verskil nie en om daardie rede besluit

    sy om met hom seks te h.

    Iris ondergaan groei/ ontwikkeling van onbetrokkene na betrokkene en hef so haarbuitestanderskap op.

    Aanvanklik gryp Iris nie geleenthehde aan nie, sy raak nie betrokke nie, en bly so n buitestander.o Iris studeer vir drie jaar aan universiteit, maar volg nie n beroep in haar studie-rigting nie,

    maar werk as assistent by dr. Anders sodat daar genoeg tyd is om te fantaseer.o Die geleenthede om modelleerwerk te doen in Parys en in Amerika het Iris van die hand gewys

    omdat dit moontlik nie haar tyd was om te blom nie. Sy het dus eerder fantaseer om een magiese oomblik te blom as om die werklike

    geleenthede te benut. o Die huweliksaansoek deur Frederik word nie direk deur Iris beantwoord nie, die

    geleentheid bly dus vir n tyd oop, die implikasie is egter dat sy die huweliksaanbodweier , Jy weet wat my antwoord is. Buitendien, ek is nou by Peter. Op bl. 191noem Iris dat sy nog nie geantwoord het nie, al is dit jare gelede dat Frederik haar gevrahet om te trou.

    Iris verander haar lewensfilosofie en besef dat mens nie net een keer in jou lewe die regte dingop die regte tyd moet doen om volmaakte sintese te beleef nie.

    Sy kom tot die besef dat sy self verantwoordelik is vir haar keuses.o In Iris se gesprek met die Engel, wys die Engel haar daarop dat die lewe haar keuse is,

    As jy mre op die dak loop en gly en afval, sal ek jou nie vang nie. Om op die dakte loop, is jou keuse.

    Slot / samevatting Iris is met Peter getroud en is nou werklik deel van n eie gesin.

    o S is Iris se buitestanderskap opgehef en kan sy aan die gesin bou wat sy nooit gehadhet nie.

  • 7 Die inhoud van die slot / samevatting word nie voorgeskryf nie, maar volgens dieassesseringsrubriek behoort die opstel oor n slot of samevatting te beskik.

    VOORBEELD: LANGVRAAGDie Kwart-voor-sewe-lelie word getipeer as n damesroman waarin die tradisionele rol van die vrou, dieemansipasie van die vrou en vroulike emosies aangeraak word. Bespreek die voorafgaande stelling in nOpstel van 400-450 woorde deur te verwys na: Ma Elsa Elsa Kara Iris Eie mening (25)

    MEMORANDUMDie emansipasie van die vrou het laat in die negentiende eeu begin- Daar het al hoe meer stemme opgegaan vir meer vroueregte (bv. stemreg)- Later het stemme opgegaan vir die gelykheid van vroue met mans op alle vlakke.- Vrouens moes as gelykes van mans beskou en behandel wordAfrikaans Huistaal/V2 DoE/Model 2009MA ELSA- Ma was nie die strereotipe moeder nie.- In plaas daarvan dat sy haar kinders grootmaak, maak Johanna hulle groot.- Sy is verstrooid en vergeetagtig- Sy kan nie kook nie (nie n goeie kok nie), het nie huishouvernuf nie- Sy hou mes lomp vas- Sy is meer in die tuin as in die huis.- Sy maak haar dogters redelik liberaal groot- Sy tob nie oor haar dogters se sedes nie.- Sy is onkonvensioneel (oortuig n dief om nie van hul te steel nie)- Op die plaas sluit sy by n groep aan (Die Spiel) wat glo in renkarnasie en spiritualisme en metvoorvadergeeste praat.- Maar aan die einde gaan woon sy tevrede op die plaasELSA- Verteenwoordig die deursnee Afrikaanse vrou en haar droom: man,huis, kinders oorsese reise ens.- Elsa is prakties, doelgerig en tree bepland op,onemosioneel- Sy is nugterdenkend, suinig- Haar lewe het aanvanklik sonder probleme verloop en presies soos wat sy dit beplan hetKARA- Sy is diepsinnig en kunssinnig- Sy is eksoties- Trou met Claude bruinman- Eers wou sy geen babas gehad het nie- Verander van mening wil n broeikas word

  • 8- Wil multikleurige kinders h (renboogkinders)- Sy steur haar nie aan die politieke situasie van di tyd in Suid-Afrika nie.- Hul sou hul dus veral in Suid-Afrika die misnoe van hul vriende,familie en die owerhede op die halshaal- Sou moeilik in Suid-Afrika kom kuier hetIRIS- Iris skep haar eie fantasiewreld om van daaglikse oninteressanhede te ontsnap- Voel dikwels soos n Aspoestertjie- Leef in n romantiese verbeeldingswreld/fantasiewreld- Sy het n romantiese en verbeeldingryke uitkyk op die lewe- Sy is n dromer, naef, kinderlik eerlik, impulsief- Sy wil haar emansipeer van die beperkings van die middelklasgesin; maar sy het nie die moed om ditdeur te voer nie- Sy lewe altyd in afwagting op haar groot blomoomblik- Sy is op soek na meer as net die doodgewone voorstedelike bestaan van n doodgewone huisvrou- Sy twyfel oor die waarde van die huwelik (sien die hartseer van egskeiding en hoe mense (haarsusters) verander in die huwelik- Haar verhoudings is almal fisiek en nie emosioneel nie- Sy ervaar die verlies aan haar maagdelikheid as traak-my-nieagtig- Sy is nie beroepsgerig nie- Haar mening word nooit as belangrik beskou nie- Sy is onwillig om te trou- Sy stel n romantiese herontmoeting met Peter in die vooruitsig- Iris kan nie verder baklei teen die verlange na Peter se nabyheid nie.- Aan die einde verval sy juis in n bestaan wat sy nie wou gehad het nie (die van doodgewonevoorstedelike vrou)- Aan die einde het haar dagdrome ook opgedroog- Ironies word sy juis n getroue eggenote wat haar plek in die familie en die gemeenskap vol staan(soos wat daar van haar verwag word)- Die alledaagse roetine het die buitengewone verdringEIE MENING- Die realiteit van die geroetineerde voorstedelike bestaan kan net so magies wees- n Mens kan ook gelukkig wees in n standvastige lewe- Nie een van die vrouens was werklik gemansipeer nie: hulle het uiteindelik tog maar in die getroudelewe gekonformeer