51
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief PUNTE: 80 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye. GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2016 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

  • Upload
    others

  • View
    23

  • Download
    2

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

PUNTE: 80 TYD: 2½ uur

Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.

GRAAD 12

AFRIKAANS HUISTAAL V2

FEBRUARIE/MAART 2016

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

Page 2: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord. 2. Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die

inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil doen.

3. Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

AFDELING A: Gedigte (30) AFDELING B: Roman (25) AFDELING C: Drama (25)

4. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en

EEN uit AFDELING C. AFDELING A: GEDIGTE GESIENE GEDIGTE – Beantwoord TWEE vrae. ONGESIENE GEDIG – VERPLIGTE vraag AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag. AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.

5. KEUSE VAN VRAE VIR AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

• Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy in die klas

gedoen het. • Beantwoord EEN LITERÊRE OPSTEL en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.

As jy die literêre opstel in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die literêre opstel in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help.

6. LENGTE VAN ANTWOORDE

• Die lengte van die literêre opstel vir die gedig is 250–300 woorde. • Die lengte van die literêre opstel vir die roman en drama onderskeidelik is

400–450 woorde. • Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die

puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en relevant.

7. Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

Page 3: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.

9. Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy. 10. Voorgestelde tydsindeling:

AFDELING A: ongeveer 40 minute AFDELING B: ongeveer 55 minute AFDELING C: ongeveer 55 minute

11. Skryf netjies en leesbaar.

Page 4: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INHOUDSOPGAWE Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele vraestel deur te lees.

AFDELING A: GEDIGTE Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNTE BLADSY 1. ‘staat’ Literêre opstel 10 6

2. ‘Vroegherfs’ Kontekstuele vraag 10 7

3. ‘Sonsverduistering’ Kontekstuele vraag 10 8

4. ‘Die huis luister’ Kontekstuele vraag 10 9

EN

Ongesiene gedig: VERPLIGTE vraag. 5. ‘Vers-in-’n-bottel’ Kontekstuele vraag 10 10 AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.* 6. Die kwart-voor-sewe-lelie Literêre opstel 25 11

7. Die kwart-voor-sewe-lelie Kontekstuele vraag 25 11

8. Manaka Plek van die Horings Literêre opstel 25 13

9. Manaka Plek van die Horings Kontekstuele vraag 25 14

10. Vatmaar Literêre opstel 25 16

11. Vatmaar Kontekstuele vraag 25 16 AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.* 12. Krismis van Map Jacobs Literêre opstel 25 19

13. Krismis van Map Jacobs Kontekstuele vraag 25 19

14. Mis Literêre opstel 25 21

15. Mis Kontekstuele vraag 25 22 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG

uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Page 5: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

KONTROLELYS Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy al die nodige vrae beantwoord het.

AFDELING VRAAG-

NOMMER GETAL VRAE

BEANTWOORD MERK 9

A: Gedigte (Voorgeskrewe gedigte)

1–4 2

A: Gedigte (Ongesiene gedig)

5 1

B: Roman (Literêre opstel of kontekstuele vraag)

6–11 1

C: Drama (Literêre opstel of kontekstuele vraag)

12–15 1

LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit

AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Page 6: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: GEDIGTE VOORGESKREWE GEDIGTE Beantwoord ENIGE TWEE vrae. VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg. staat – Niel van Tonder

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12

jare nou al sit roerloos wit ’n krap in ’n gaterige wal roer ’n steeltjiesoog met tye waaksaam omhoog niemand sal ooit met sekerheid kan sê of ’n droë dood ook in hom lê maar wanneer en hoé het die swart mierbataljon dié parate pantser binnegekom?

[Uit: As Hy weer kom, 1975]

Die gedig, “staat”, kan as ’n protesgedig beskou word, maar dit het ook universele betekenis. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde.

[10]

OF

Page 7: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Vroegherfs – NP van Wyk Louw

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14

Die jaar word ryp in goue akkerblare, in wingerd wat verbruin, en witter lug wat daglank van die nuwe wind en klare son deurspoel word; elke blom word vrug, tot selfs die traagstes; en die eerste blare val so stilweg in die rook-vaal bos en laan, dat die takke van die lang populiere al teen elke ligte môre witter staan. O Heer, laat hierdie dae heilig word: laat alles val wat pronk en sieraad was of enkel jeug, en vér was van die pyn; laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort my waan, tot al die hoogheid eindelik vas en nakend uit my teerder jeug verskyn.

[Uit: Die halwe kring, 1937]

2.1 2.2 2.3

Watter soort eindrym kom in versreël 1–4 voor? Benoem die beeldspraak in versreël 1 en dui aan hoe versreël 11–12 by dié beeld in versreël 1 aansluit. Watter woord in die oktaaf dui op die rypwordingsproses in die natuur? Gee bewyse uit die oktaaf dat die seisoene verander.

(1) (2) (3)

2.4 2.5

Watter funksie verrig die herhaalde gebruik van die woord laat in versreël 9–12? Wat is die versoek van die spreker in versreël 10?

(1) (1)

2.6 Watter leser dink jy sal hom/haar die beste met die tema kan identifiseer?

Motiveer jou antwoord.

(2) [10]

OF

Page 8: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Sonsverduistering – PJ Philander

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14

Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek van skadu en verklein die sekelboog van son tot dreigend swart die kol daar hoog ’n koue vreemde skemerte laat trek wyd oor die vlakte waarvandaan, swygsaam, ’n vaal streep donkies met die kortste pad oorhaastig stalwaarts swingel nog voordat die skape blêr-blêr na die kraal toe gaan. Oor gans die mensdom hang ’n skaduwee wat alle lig van God en Christus so verduister Sy pad onsigbaar is. En ons, aan hierdie duisternis gedwee, het nie ’n skaap se voorgevoel of glo dat ons moet tydig Huiswaarts keer vir rus.

[Uit: Uurglas, 1955]

3.1 3.2 3.3

Gee bewyse dat hierdie gedig ’n sonnet is. Gee die woord in versreël 1 wat op dreigende gevaar dui. Haal nie meer nie as DRIE opeenvolgende woorde uit versreël 1–3 aan wat by die gedigtitel aansluit.

(2) (1) (1)

3.4 3.5

Hoe word die stilte in versreël 5 beklemtoon? Waarna verwys die skaduwee in versreël 9? Haal nie meer nie as VIER opeenvolgende woorde uit versreël 9–11 aan om die omvang van hierdie skaduwee aan te dui.

(1) (2)

3.6 Tot watter insig het die spreker gekom? Wat is ironies aan hierdie insig?

Motiveer of jy met hierdie insig waartoe die spreker kom, saamstem.

(3) [10]

OF

Page 9: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Die huis luister – Daniel Hugo

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14

my kamers is hol soos ’n binne-oor ek hoor hoe die bewoners roesemoes liefde maak, verwyt, mekaar vertroos, skoor soek met die goor hede, nooit tevrede aanhou kibbel oor kon en sou en moes luister, ek bewaar julle verlede my fondamente kraak onder die las my plafonne raak voos van die eggo’s te veel vloeke laat my pleisterwerk bars jare se trane laat my rame roes so word ons saam verweer deur dit wat was my dakplate en julle gebede fluister en knal al hoe harder om hulp ongehoord in elke nag se oorskulp

[Uit: Dooiemansdeur, 1991]

4.1 Benoem die beeldspraak in die titel. Lei die moontlike boodskap wat die

spreker wil oordra, uit die titel af.

(2) 4.2 Herlees versreël 1.

Watter suggestie is in die woord “hol” opgesluit?

(1)

4.3 4.4 4.5

Benoem die klankeffek (halfrym) in versreël 3–4 en sê waarom dit funksioneel is. Watter woord in versreël 6–8 beskryf die huis se lojaliteit? Watter TWEE opeenvolgende woorde dui daarop dat die huismense na ’n beter toekoms smag?

(2) (1) (1)

4.6 Watter rol vervul die huis in hierdie gedig? Wat is die gevolge van die huis se

optrede?

(3) [10]

EN

Page 10: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND) VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg. Vers-in-’n-bottel – Joan Hambidge

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12

Lief, vanoggend wil ek vir jou ’n vers in ’n bottel stuur nes daardie Japannees aan boord van die Helderberg. “Ek sal jou nooit weer sien nie – dis die einde, onverwags. Weet net hiermee, as iemand dié boodskap vind, van my liefde.” Verbaasde pêrelvissers vind ’n bottel langs die strand en ontsyfer ’n stil boodskap in pyn geskandeer oorspronklik net vir jou gestuur.

[Uit: Nuwe Verseboek vir seniors, 1991]

5.1 5.2 5.3

Wie is die aangesprokene in die gedig? Benoem die stylfiguur wat in versreël 1 voorkom en gee die funksie daarvan. Gee die ooreenkomste tussen die Japannees en die spreker.

(1) (2) (2)

5.4 5.5

Hoekom gebruik die digter aanhalingstekens in versreël 5–8? Watter gevoel ervaar die spreker in versreël 7–8? Skryf die frase neer wat by dié gevoel aansluit.

(1) (2)

5.6 Verwag die spreker dat iemand sy/haar brief sal kry? Motiveer jou antwoord

deur ’n woord uit die gedig aan te haal.

(1) 5.7 Die spreker beskryf sy/haar seerkry as ’n “stil boodskap in pyn geskandeer”.

Is hierdie beeldgebruik geslaagd? Motiveer jou antwoord.

(1) [10]

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 11: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas gedoen het. DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker Beantwoord ÓF VRAAG 6 (literêre opstel) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – LITERÊRE OPSTEL Die newekarakters – die Engel, Peter en Billy – het ’n invloed op Iris en ondersteun haar met die besef dat die lewe uit meer as een blomtyd bestaan. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

[25]

OF

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS A 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25

“Ek wil hulle nie vanaand onder my voete hê nie.” “Sal hulle ook laat bed natmaak,” het ek teruggefluister. “Eers badkamer toe voor julle inkruip!” het sy beveel en hulle gehelp om al hulle buit boontoe te dra. “Iris sal ons in die bed sit,” het hulle vir haar gesê en sy is terug ondertoe sonder om hulle nag te sê. “Dis Oukersaand,” het ek betig. “Ons moet lief wees vir mekaar.” “As sy my in die bed sit, maak ek sommer my bed nat,” het Junior gesê. “Dis verspot. Om doelbewus so iets te doen, is baie kinderagtig.” Maar ek was ook nie Ius vir baklei nie, en hulle was eintlik baie moeg van die speel buite, die opgewondenheid en die wyn. Ek het hulle toegemaak en op die voorkop gesoen en besef dat ek dit nogal geniet het om huis-huis te speel met twee regte kinders. “Watse werk doen jy eintlik?” het Brian my gevra toe ons later lankuit in ons stoele voor die kaggelvuur sit. “Ek werk by ’n tandarts.” “Dis nie baie ambisieus vir iemand wat glo sy moet ’n ster wees nie,” het Bettie gesê. “Ek het nooit gesê ek wil ’n ster wees nie.” “Jou oomblik van glorie dan.” Sy het venynig geklink. “Ek dink dit werk op ’n glyskaal,” was Brian se mening. “Vir ’n aktrise beteken dit seker ’n toekenning, vir ’n model om op die buiteblad van ’n toptydskrif te verskyn ...” Hy het my ’n skuins kyk gegee. “Vir die ou man wat langs ons woon, is dit wanneer sy kaktus blom.” “En vir jou?” het Peter gevra.

Page 12: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.1 7.2

Wat wil die verteller bereik met die gebruik van die woord “buit” in reël 4? Hoe kom Bettie met Brian se kinders oor die weg? Motiveer jou antwoord. Gee ’n voorbeeld uit TEKS A wat hierby aansluit.

(1) (3)

7.3 Iris droom later in die roman van die kinders wat sy en Peter sal hê.

Op watter wyses het die droom van Iris se eie geboorte verskil?

(2)

7.4 Herlees reël 17–18.

Stem jy saam met Bettie se woorde? Motiveer jou antwoord deur na die tema van die roman te verwys en haal ’n frase uit TEKS A aan wat die tema ondersteun.

(2)

7.5 Herlees reël 20.

Wat, dink jy, is Peter, Brian, Bettie en Iris se onderskeie oomblikke van glorie?

(4)

EN

TEKS B 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23

“Bog. Hannes moet sy verantwoordelikhede besef.” “Nee, darling,” het Ma gesê. “Sy voordele.” Ek het maar gaan slaap. Toe ek die lig afskakel, het ek die Engel op die vensterbank sien sit, sy gesig na die tuin gedraai. “Jy het weer drooggemaak,” het ek verwyt. “Waar was jy toe jy ’n oog oor die man moes hou?” “Dis sy lewe.” “Jy kan maklik praat. Jy is vry van aardse drange. Sover ek weet.” Hy het waardig geswyg. “En ons is swak. Ek wens ek was jy, verby hierdie aardse geploeter.” “Jy sal ook eendag soos ek word.” “Dink jy so?” Dit was 'n fassinerende gedagte. Sou ek ook op mense se vensterbanke rondsit en advies aanbied of weier? Sou ek ook saam met my toegewysde persoon in vliegtuie vlieg, in vreemde wêreldstede rondloop sonder om eers my roksoom vuil te maak? “Maar jy is nie altyd by nie,” het ek hom herinner. “Ek hoop ten minste nie so nie. Dit sou pervers wees as jy altyd op my vensterbank na my sit en loer.” ’n Ander gedagte het my getref. “Dink jy ek blom dalk eers ná ek dood is? Gaan my bloeityd eers kom as ek my sigbaarheid verloor het?” “Party mense blom ongesiens,” het hy gesê. “So onverwags dat niemand dit eers opmerk nie.” “Soos Ma se lelie.” “lets in dier voege, ja.”

7.6 Watter soort konflik kom in reël 5–6 voor? Waar in die roman bots Iris ook met

die Engel omdat hy nie sy taak as beskermengel verrig het nie?

(2)

Page 13: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.7 “Jy is vry van aardse drange.” (Reël 8)

Waarom is Hannes binne die konteks van TEKS B nie vry van aardse drange nie? Watter karakter (nie Elsa nie) speel direk ’n rol om Hannes van sy aardse drange te bevry? Motiveer of die rol van hierdie karakter noodsaaklik is.

(3)

7.8 Dink jy Hannes moes in die gedeelte van die roman wat TEKS B voorafgaan,

as verteller opgetree het? Motiveer jou antwoord.

(1) 7.9 Herlees reël 10.

Watter een van Iris se susters tree sterk op? Motiveer jou antwoord.

(2)

7.10 Watter rol van die Engel kan Iris eendag vertolk? Motiveer jou antwoord binne

die konteks van die roman.

(2) 7.11 Herlees reël 20–21.

Wanneer het Iris dieselfde woorde as dié van die Engel gebruik? Haal woorde van Bettie uit TEKS A aan wat hierby aansluit. Watter boodskap gee die Engel se woorde (reël 20–21 van TEKS B) vir jou as leser?

(3) [25]

OF

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse Beantwoord ÓF VRAAG 8 (literêre opstel) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag). VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – LITERÊRE OPSTEL Barotseland, as deel van die milieu, is die plek waar Baas en Ouma Essie hulle drome verwesenlik en die Griesel-egpaar nie. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

[25]

OF

Page 14: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS A 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18

Iemand is redelik onlangs hier begrawe. Indoena van God? ’n Sendeling miskien? Die letters op die sinkplaat aan die bougainvillea is ook nie oud nie. Miskien is dit onlangs oorgeverf. Hy soek verder, maar aan geeneen van die bome in die omgewing kry hy tekens dat buffelhorings ooit aan die stamme vasgekap was nie. Mettertyd kom die gedagte by hom op dat iemand hom dophou. Dit laat hom effens verspot voel. Eintlik is dit verspot, dink hy. En g’n horing kan honderd jaar hou nie. Die haarwurms het hulle werk gedoen. Selfs die skedelbene het teen hierdie tyd Iankal stof geword. Maar die bewerigheid verdwyn nie uit sy ledemate nie. Terug op die laer plato ontdek hy op menshoogte ’n rif reg rondom die stam van ’n kersregop jakkalsbessie. ’n Kabeldraad wat iemand lank gelede om die boom vasgemaak het? Miskien om vleis aan op te hang? spekuleer hy. Toegegroei onder bas. Hy voel skaars die rif onder sy hand, maar diep onder, binne-in die pit van die boom, moet die ysterkabel nog wees, weet hy. Aan die voet van die jakkalsbessie steek ’n stuk been uit die donker sandgrond. Dit lyk na die verweerde kakebeen van ’n bees. Of ’n buffel? Toe hy onder die ander groot bome in die omgewing begin soek, kry hy nog stukke kakebeen, baie met die agterste maaltande nog daarin.

9.1 9.2 9.3

Wie is die Indoena van God wat redelik onlangs (reël 1) op Manaka begrawe is? Hoe skakel die horings/buffelhorings met Baas se droom? Verduidelik die simboliese rol wat die bougainvillea in die roman speel.

(1) (2) (3)

9.4 Herlees reël 3. 9.4.1

9.4.2

Watter ander soektog het Baas gehad en hoe help Ouma Essie om hom ’n antwoord op hierdie soektog te gee? Het Baas se oupagrootjie dieselfde soektog as Baas gehad? Motiveer jou antwoord.

(2) (1)

9.5 9.6

Watter teenstrydigheid is daar in Baas se naam geleë? Dink jy dat Manaka ’n positiewe invloed op Baas het? Motiveer jou antwoord.

(1) (2)

9.7 Aan die einde van die roman sê Baas aan Grace om hom “Baas” en nie

“meneer Baas” te noem nie. Wat kan ons uit dié woorde oor Baas en Grace se verhouding aflei?

(2)

EN

Page 15: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

TEKS B 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22

Oom Scholtzie klap hande, maak seker dat hy die khuta aanspreek en nie die tolk nie, en stel die nuwe sendelingegpaar vir die Senanga-gebied in Engels aan die vergadering bekend. Indoena Daaimon waai met die bos swart beessterthare aan sy ampskierie die vlieë van sy blinkgeskeerde kop af weg. Sy ogies flits oor die oumanne. “Ons het gedink jy sal nie weer terugkom nie,” sê hy. “Daar was probleme. Maar ons is nou hier.” “Ja, ons het ook probleme,” dra die tolk die khuta se eenparige besluit oor. “Dit is al meer as vier jaar vandat muluti Joseph, die sendeling van Manaka, dood is. In dié tyd het die khuta niks van die kerk gehoor nie.” “Die sendeling waarvan ons gepraat het toe evangelis Joseph oorlede is, het leiding van die Here ontvang om nie Barotseland toe te kom nie. Ons het daarna ’n ander sendeling beroep, maar toe is dit nou weer sy vrou wat leiding ontvang. Dit is hoekom dit meer as vier jaar geneem het,” sê die tolk in sy eie taal vir die khuta en beduie vir die stampolisieman om indoena Daaimon se bokke, wat aan Nanna se rok kom snuffel, weg te jaag. Die khuta sê dit is baie jammer dat hy so lank gewag het, want die geld van nou en die geld van lankal waaroor hulle laas gepraat het, kan nie dieselfde wees nie. Nog ’n rede waarom die geld nie dieselfde kan wees nie, is dat daar nie net oor ’n plek gepraat word vir iemand om te bly nie, maar ook oor ’n plek waar daar besigheid gedoen gaan word.

9.8 9.9

Watter karaktereienskap van Oom Scholtzie kan ons in TEKS B aflei? Beskik Griesel oor dieselfde karaktereienskap? Motiveer jou antwoord met ’n spesifieke voorbeeld uit die roman. Watter naam gee Grace vir Griesel? Is dit ongeskik van Griesel om op die stoel te sit terwyl Nanna op die grond moet sit? Motiveer jou antwoord.

(3) (1)

9.10 Herlees reël 22.

Op watter wyse bedryf die khuta ’n besigheid en hoe veroorsaak dié besigheid konflik met Baas?

(3)

9.11 Griesel en Baas se woorde in verband met welsynwerk staan in kontras (met

mekaar en) met hul handelinge. Noem hoe Baas en Griesel se woorde met hul handelinge kontrasteer. Staaf jou antwoorde met voorbeelde uit die roman.

(4) [25]

OF

Page 16: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VATMAAR – AHM Scholtz Beantwoord ÓF VRAAG 10 (literêre opstel) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag). VRAAG 10: VATMAAR – LITERÊRE OPSTEL

Die vertellers – Ta Vuurmaak, Sus Bet en oom Chai – gebruik tradisies en gebruike in hul storievertelling om die leefwyse van die karakters in Vatmaar uit te lig. Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400–450 woorde.

[25]

OF

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS A 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19

Toe gooi ek die kombers oor my nuwe ma want ek kon in die maanskyn sien hoe sy onder een kombers lê en bewe, en ek kruip agter haar rug in. Ek het die volgende oggend wakker geword met my arm om haar nek. Sy het omgedraai en haar gesig was langs myne. In my kinderverstand het die woorde opgekom: Ons is. Ek het haar daar en dan liefgekry, die verbond tussen ons was verseël. Van toe af het ons die meeste van die tyd Setswana gepraat. En sy was trots daarop as ek tussen ander mense met haar Setswana praat. Vir my was dit, soos die bruines en wittes dit noem, onse taal. Ek het altyd saam met haar gegaan as sy die wasgoed vir Mister Norman White terugvat, maar ek moes buite in die straat wag tot sy terugkom. Ek het nooit geweet hoekom nie, tot op ’n dag dat sy siek was en beswaarlik kon loop. Sy het my gevra om die skoon wasgoed, wat sy klaar opgevou het, in ’n skoon uitgewaste meelsak in die son op ’n paraffienblik te sit om seker te maak daar is geen luise in nie. Want hulle loop uit in die son. Toe dit tyd word vir ons om die wasgoed weg te bring, kon sy kwalik loop. Sy het my gevra om peperboomblare te gaan pluk en op haar kop te sit. Ek het gemaak soos sy gevra het en toe vir haar gesê: Ma, ek sal die wasgoed na Mister Norman toe vat.

11.1 Norman bid saam met Ma Khumalo.

Hoe het dit gebeur dat hy by haar beland het en wat anders as bid, leer hy by haar?

(3)

11.2 “Ons is.” (Reël 5)

Wat bedoel Norman met dié woorde?

(1)

Page 17: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11.3 Ma Khumalo is die wasvrou van Norman White.

Watter vernedering ervaar Norman van der Westhuizen by die Whites as hy die wasgoed aflewer? Wat ontvang hy as vergoeding daarvoor en hoe verander sy lewe ten goede na hierdie ontmoeting? Watter voordeel hou die verhouding tussen Bob White en Norman vir Ma Khumalo persoonlik in?

(4)

11.4 “ ‘Hy is wit, ek is swart, saam is ons Coloureds,’ sê Ma Khumalo.”

Watter motief in die tema van die roman is hier ter sprake?

(1)

11.5 Waarom is vloekwoorde binne die konteks van dié roman aanvaarbaar? (2) 11.6 Watter ironie word in Norman én in Ma Khumalo se situasie aangetref? (2)

EN TEKS B 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20

Dit het seker ’n week so aangegaan. Toe die sambokmerke hulle blou kleur begin verloor, het sy my weer my rok gegee om aan te trek. Die voorkant was nou vasgelap en dit was gewas en gestryk. Jy weet, Tant Wonnie, hierdie ou swartvrou het dit alles vir my gedoen sonder om ooit te vra wat gebeur het of wat my naam is. Al wat sy gesê het, was: As jy wil weggaan, moet jy my dit net vooraf sê. Ek het my kop geskud en gehuil. Sy het die deur toegemaak en buite op haar bankie gaan sit. Ek kon dit nie langer verduur nie en ek het die kombers om my gedraai en langs haar gaan sit, met my hand op haar knie. Dit was al laatoggend en na ’n rukkie het ek haar vertel wat gebeur het en dat my naam Mariam is en my mense Slamse. ’n Goeie man kruip nie agter sy godsdiens weg nie, het sy gesê. Ons Tswanas was nooit sonder ’n God nie. Dit was die witman wat gesê het ons is heidene. Toe sê ek vir haar: Ma, ek wil bly. Dan sal ek jou as my kind vat, Mary, het sy gesê. Dit is hoe ek Mary geword het. Dankie, Ma, het ek gesê en haar hand gesoen. Toe my baba ’n paar dae oud was, het Ma Khumalo sy kennetjie gekielie en gesê: Lucas.

11.7 Ma Khumalo ontvang sowel Norman as Mary met ope arms in haar huis.

(TEKS A en TEKS B) Wat is die simboliek van die gee van die komberse en die verandering van hul name?

(2)

11.8 Reël 4–5 sluit aan by die tema van liefde oor die kleurgrens heen.

Hoe word hierdie tema deur Mary en Ma Khumalo belig?

(1)

Page 18: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11.9 Watter betekenis van die titel, Vatmaar, is van toepassing op die gebeure in

TEKS A en TEKS B? Wat is die algemene gesindheid van die gemeenskap van Vatmaar en hoe verteenwoordig Ma Khumalo dit met haar optrede teenoor die twee jongmense?

(3)

11.10 Waarom is die gebruik van ’n ek-verteller in die roman ’n geslaagde keuse? (1) 11.11 Vatmaar is ’n “lewendagge verhaal” van ’n tyd wat nie meer bestaan nie.

Gee jou gemotiveerde mening oor hierdie stelling.

(2)

1.12 Waarom kan Kenneth Kleynhans ’n inspirasie vir die leser wees? (3)

[25]

TOTAAL AFDELING B: 25

Page 19: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas gedoen het. KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small Beantwoord ÓF VRAAG 12 (literêre opstel) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: KRISMIS VAN MAP JACOBS – LITERÊRE OPSTEL In die drama, Krismis van Map Jacobs, speel musiek ’n belangrike rol in die tema van bevryding, maar ook van gevangeneskap. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

[25]

OF

VRAAG 13: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS A 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22

MAP:

Lig op. Die straat is vol mense, ook Cyril en Richie en Tommy is daar. Ons gewaar vir Maud, bo, agter haar gordyne. Maar die mense is nie van Map bewus nie. Hy is nou die verteller; hulle die voorwerpe van die storie. Dan is Map stil. Die lig helder op hom. Ons sien hom, sy arms rustend op die leuning van die stoel wat hy agterstevoor gestel het om op te sit. Hy staar voor hom uit. Tommy Sobotker! En Cyril, en Richie, en Willy la Guma, en Blanchie ... almal ... almal ... (Lag, dieselfde lag, en staar voor hom uit.) Almal hier, almal in hierdie strate, in hierdie huise, almal ... (Lag.) En die employers, o, almal die employers ... Hulle almal is so sympathetic ... Blanchie, ja, even Blanchie, almal is so sympathetic ... But … (sê dit baie hard) but, but, but, but ... sympathetic, but … (Stil. Lag weer.) Even Cyril en Richie! ... Apostel George, ek wiet jy’t my ge-warn lat dit so sal wies, maar ... well ... ’is tough luck, Apostel George ... (Dan, skielik, skreeu hy.) ’Is tough luck, Here! (Dan praat hy, sagter, met Antie Grootmeisie, iewers in die huis.) ’Is tough luck, Ma! Lyster Ma?! (Hy staan op, en praat asof hy voor ’n spieël staan.) Here! ... en Ma! (Kyk na die baie tatoeëermerke op sy lyf) ... Nei ... (Lag.) … Hulle vat jou nie so nie! Hulle accept jou nie so nie! Map Jacobs, hulle vat jou net nie so nie! ’Cause why?

13.1 Wat is die doel van die neweteks waarmee TEKS A begin? (2) 13.2 In die neweteks gebruik die dramaturg vir Map as ’n verteller.

Op watter wyse lig die dramaturg vir Map as verteller uit? Watter voordeel hou dit vir die verloop van hierdie toneel in?

(2)

Page 20: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13.3 Herlees reël 13–17.

In hierdie gedeelte blyk dit dat Cyril en Richie oënskynlik simpatiek teenoor Map staan. Noem voorbeelde uit die drama waar Cyril onsimpatiek teenoor Map staan.

(2)

13.4 13.5 13.6

Waarna verwys die “tough luck” in reël 16–18? Stem jy saam met Map wat dit as “tough luck” beskou? Gee redes vir jou antwoord. Watter “getuigskrifte” van Map sien die werkgewers? Watter rol speel Miss Africa in Map se lewe?

(3) (1) (3)

EN

TEKS B 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28 29 30

CYRIL: RICHIE: CYRIL: RICHIE: LA GUMA: RICHIE: CYRIL: LA GUMA: TOMMY: LA GUMA: CYRIL: RICHIE: LA GUMA: RICHIE: CYRIL: TOMMY: CYRIL en RICHIE: LA GUMA:

En al daai talk! Cool it! (sagter) So ’n … Altyd so slim ... wiet alles, moet die blêdie rooi track suit aan! Ja, sil sweer sy ma het geboorte gegee aan hom in ’n rooi track suit! La Guma is nou by hulle. Hey, Richie! Cyril! Hoe gaan ’it? ... Julle all right? (teësinnig) Ja ... (onvriendelik) ’Is okay, man! Ek wil ... nou nie criticise nie, maar … Kerrim ... julle speel so baie kerrim ... What a waste … I mean, of time ... and talent ... (selfs hy vererg hom) Man, mind jou eie biesagheit! Nei, ek mien maar ... Julle wiet, world events are overtaking us ... and events here, in South Africa ... en, hél, julle speel kerrim ... So, world events are like overtaking us? Omlat ons kerrim speel! … ek sê vi’ jou, kerrim sal nog al die blêdie world events overtake, waarvan jy praat! Ja, mind your own business, man ... ... Ek sê weer ... speel kerrim ... while julle julle moet prepare ... (rol sy oë) ... For de coming of de Lord! – seker ... Nei, man, for de revolution, like! Revolution moet Jan Tysbly se karrentjie! (op sy manier) Kerrim is king, mister La Guma! Cheers! Sê vir hom, Tommy! Dis die trouble moet julle ... so-called coloureds ... Julle maak jokes oor die situation ... instead of ...

Page 21: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13.7 Stem jy saam met La Guma se woorde in reël 11–13? Motiveer jou antwoord. (2) 13.8 Herlees reël 14. 13.8.1

13.8.2

Gee voorbeelde uit die drama waar Tommy se woorde nie met reël 14 ooreenstem nie. Watter ander karakter sê ook in die drama dat sy/haar sake niks met iemand te doene het nie?

(4) (1)

13.9 Verwys na reël 15–16. 13.9.1

13.9.2

Waarna kan dié woorde verwys? Haal ’n woord uit TEKS B aan wat op die gevolge daarvan kan dui. Watter karaktereienskap van La Guma kan uit dié woorde afgelei word?

(3) (1)

13.10 Kan Cyril, Richie en Tommy ook hul omstandighede as

“tough luck” (TEKS A, reël 16–18) beskou? Motiveer jou antwoord.

(1) [25]

OF

MIS – Reza de Wet Beantwoord ÓF VRAAG 14 (literêre opstel) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag). VRAAG 14: MIS – LITERÊRE OPSTEL

In die drama, Mis, vervul die twee manlike karakters die rol van afwesige versorger en beskermende verleier onderskeidelik. Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

[25]

OF

Page 22: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 15: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg. TEKS A 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26 27 28

MIEM: KONSTABEL: MIEM: KONSTABEL: MIEM: GERTIE: MIEM: KONSTABEL:

Wie is dit? Konstabel Van der Riet, Mevrou. Konstabel Van der Riet. Ek ken nie so ’n konstabel nie. Ek weet, Mevrou. Ek kom van elders. Deel van die ontplooide waakeenheid. En ek is hierheen gestuur. Julle bly so afgesonderd. Dit kan gevaarlik wees. MIEM, MEISIE en GERTlE kyk na mekaar. Verskoon my tog, Konstabel, maar vannag moet ’n mens versigtig wees. (Loer deur die sleutelgat) Dis waar! Hy is ’n konstabel. Dis hoekom Wagter nie geblaf het nie! GERTlE loer ook deur die sleutelgat. (bewonderend) Selfs in die donker kan ek sien hy het ’n goeie houding. Regop rug. Skouers terug. So ’n man kan ’n mens vertrou. Net ’n oomblik, Konstabel. Ek sukkel ’n bietjie met die slot. (Sluit die deur oop) So ja. (Maak die deur oop) Kom gerus binne. Die KONSTABEL kom binne. Hy dra ’n ronde donkerbrilletjie en ’n helm. In die een hand hou hy ’n wit kierie vas en in die ander ’n groot leersak of ‘Gladstone bag’. Daar heers ’n doodse stilte terwyl MIEM, MEISIE en GERTlE hom sprakeloos aankyk. Deur die oop deur kan die sirkusmusiek gehoor word. (na ’n stilte. Glimlag) Soos u kan sien, is ek heeltemal blind. En u vind dit ontstellend. Hoe kan ek ’n ogie oor u hou as ek niks kan sien nie? Dames, wees tog gerus. Hulle noem my nie verniet Snuf-in-die-neus nie. (Hy tik met ’n voorvinger teen sy neus.) Wat ek nie al kon uitsnuffel nie!

15.1 Herlees reël 4.

Waar is die “elders” waarna Konstabel verwys? Haal ’n woord uit TEKS A aan wat by jou antwoord aansluit.

(2)

Page 23: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

15.2 Herlees reël 9–10.

Stem jy saam met die rede wat aangevoer word hoekom Wagter nie geblaf het nie? Motiveer jou antwoord.

(1)

15.3 Hoe kry Konstabel die vroue in die loop van die drama aan sy kant? (3) 15.4 Konstabel het nie aan Miem en Gertie se verwagtinge voldoen nie.

Bewys hierdie stelling uit die drama. Toon ook aan hoe reël 26–28 daarby aansluit.

(3)

15.5 Wat “sien” die vroue nie en wat is die gevolg daarvan vir Miem? (2)

EN TEKS B 1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23

MIEM: MEISIE: MIEM: GERTIE: MIEM: GERTIE: MIEM: GERTIE: MIEM:

Geluid van sagte huilwind En nou is die spoor al koud. Hulle het nooit ordentlik gesoek nie. Konstabel, ons praat oor die verdwynings. Oor die ondersoek na die verdwynings. Nou ja. (Sug) Wat kan ’n mens verwag? (Gaan sit by die tafel, glimlag) Dit Iyk darem of julle mekaar se geselskap geniet het, of hoe? (bang) Wat was dit? Toe maar, dis net die wind, my kind. En die takke op die dak. Kort stilte En ek voel ’n trek. Miskien is iets iewers oop. Moet jou nie bekommer nie. Als is toe. Die wind waai deur die krake. (Kort stilte. Skielik heftig aan die KONSTABEL) En putte, het ek gesê: Kyk in putte. (Sug) Maar niemand wou luister nie. Nou wat kan ’n mens meer doen? Ja. Jou hande is afgekap. En dan was daar tant Salie se droom. Baie oud. AI pêrels op die oë. Maar daar is nie ’n droogte, sterfte of ’n vloed wat sy nie voorspel het nie. Dit is so, Konstabel. Wat sy sien, kom altyd waar. En toe het sy gedroom. Van ’n meisie. Onder die water. Of dit Rienie was of Hannah se Sannie, die kon sy nie sê nie. Maar niemand wil luister nie. (Fluisterstem aan die KONSTABEL) Glo my, Konstabel. Ek het my suspisies.

Page 24: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/Feb.–Mrt. 2016 NSS

Kopiereg voorbehou

24 25 26 27 28 29 30 31 32

KONSTABEL: MIEM: GERTIE: MIEM:

Werklik, Mevrou? Behalwe nou die aaklige sirkusmense is daar ook dinge wat op die dorp aangaan ... nee, maar wag. Ek praat te veel. Die wind vervaag en verdwyn. (gretig) Nee, kom nou, Miem. Vertel alles vir die konstabel. Dis nie asof jy skinder nie. Jy praat met die gereg. Dit is seker so. Konstabel, ek kan jou ’n ding of twee vertel. En vooraanstaande mense. ’n Angswekkende kreet word gehoor.

15.6 Watter stemming word deur die neweteks in reël 1 geskep? Verander dié

stemming wanneer die wind in reël 27 vervaag? Motiveer jou antwoord.

(2) 15.7 In reël 2–6 betrek Miem Konstabel by haar gesprek.

Op watter wyse betrek sy Konstabel in TEKS A en in TEKS B by die gesprek? Watter ironie is daarin geleë?

(4)

15.8 Waarom is Meisie se handeling in reël 7 ironies? (1) 15.9 Daar is ’n ooreenkoms tussen die bespiegeling oor Sannie se verdwyning en

Meisie se omstandighede.

15.9.1

15.9.2

Wat is die ooreenkoms? Dink jy dat dié ooreenkoms tot Meisie se verdwyning gelei het? Motiveer jou antwoord. Noem ook watter tema van die drama hierby aansluit. Haal ’n woord uit reël 18–23 van TEKS A aan wat by dié tema aansluit.

(1) (3)

15.10 Herlees reël 32. 15.10.1

15.10.2

Wie se kreet word gehoor? Hoekom is dié kreet angswekkend? Hoe verskil die betekenis van hierdie kreet van dié van Miem se woorde in reël 11?

(2) (1) [25]

TOTAAL AFDELING C:

GROOTTOTAAL: 25

80

Page 25: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

PUNTE: 80

Hierdie memorandum bestaan uit 27 bladsye.

GRAAD 12

AFRIKAANS HUISTAAL V2

FEBRUARIE/MAART 2016

MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 12

Page 26: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 2 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

NASIENRIGLYNE 1. 2. 3.

As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.) As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien. As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. As ʼn kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4. 5. 6.

As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word geïgnoreer. As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum nagesien. As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

7. Literêre opstel

As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien.

8. Kontekstuele vrae

As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

9. 10.

Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/motivering/bewys verdien die punt.

Page 27: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 3 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: GEDIGTE VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite. • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat gee ’n gepaste inleiding. • Staat is ’n protesgedig, want die titel, staat, en die datum onderaan die gedig,

1975, dui daarop dat hierdie gedig gemik is op die politieke situasie van destyds. • Die protes blyk ook uit die lede van die wit minderheidsregering, die wit krap

(versreël 2–3), wat hulleself as meerderwaardig en foutloos beskou het. Hierdie meerderwaardigheid het tot opstand gelei.

• As die gedig teen die agtergrond van die politieke bedeling van die sewentigerjare gelees word, kan swart (versreël 11) beskou word as die swart meerderheid wat onstuitbaar was/die magte wat die regering omver wou werp.

• Die swart mierbataljon (versreël 11) het die parate (versreël 12) regering binnegedring, ten spyte van die regering se waaksaamheid (steeltjiesoog, versreël 4 en waaksaam omhoog, versreël 6)

• Die gediginhoud kan ook as universeel beskou word, omdat die titel sonder ’n lidwoord is. Daarom kan dit op alle state/instansies van toepassing gemaak word.

• Die gedig kan ook wyer as bloot regerings geïnterpreteer word, want die titel kan ook verwys na ’n toestand van sake, byvoorbeeld: ’n huwelik wat ’n staat van liefdeloosheid bereik het of waar kommunikasie ’n probleem is./’n skool wat eens op 'n tyd ’n spogskool was en mettertyd tot ’n verleentheid verval het./’n maatskappy wat eens op ’n tyd sterk en voorspoedig was maar as gevolg van wanbestuur of korrupsie tot ’n val gekom het.

• Die staat kan verwys na die mens as verganklike wese wat die dood, wat so stil deur enige pantser kan dring, vrees. Bv. maar wanneer en hoé het die swart mierbataljon dié parate pantser binnegekom? (versreël 10–12)

• Die universele betekenis van die gedig word uitgehef deur die gebruik van die woord niemand (versreël 7). Dit dui daarop dat die verganklikheid op alle mense/ instansies van toepassing is.

• Die universele betekenis word deur die gebruik van die woord ook (versreël 9) na vore gebring (beklemtoon) omdat dit die onsekerheid oor die dood/ verganklikheid beklemtoon.

• Die in hom (versreël 9) verwys na al die mense (d.w.s. speler, leser, toeskouers en/of lede van die staat) wat in so ’n staat van doodsheid en passiwiteit kan verkeer.

• Die universele betekenis word beklemtoon deur die gebruik van die woord miere (versreël 11) wat nie noodwendig mense hoef te wees nie, maar wat op negatiewe dinge kan dui (euwels) – korrupsie/misdaad/selfverryking/vernietiging/ verval van standaarde.

Page 28: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 4 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Die universaliteit kan selfs verder uitgebrei word, want die miere in versreël 11

kan verwys na die stilgroeiende sonde wat die mense nie kan ontkom nie. Bv. versreël 12: dié parate pantser binnegekom?

Die kandidaat gee ’n gepaste slot. [10]

OF VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG Vroegherfs – NP van Wyk Louw

Vraag Antwoord Punt 2.1 Kruisrym/Gekruiste rym √

1

2.2 Metafoor √ Versreëls 11–12 is die toepassing van die metafoor op die mens se lewe./ handel oor die wyse waarop die mens “ryp” wil word./tot volwassenheid kom./gestroop word van waan en hoogmoed./gesuiwer word./vernuwing ondergaan. √

1 1

2.3 word √ Die blare/wingerde verbruin./verkleur goud. Daar is minder wolke in die lug wat ’n helder lug tot gevolg het. Die blare van die bome val af wat die bome kaal laat. Elke blom word vrug. √√ Die kandidaat bied TWEE bewyse vir EEN punt elk aan.

1 2

2.4 Dit sluit by die gebed/toepassing in die sestet/versreël 9–14 aan./ Die spreker vra dat iets in sy lewe moet gebeur./ Die woorde dui op ’n gebedsversoek dat iets in sy lewe moet gebeur./ Dit toon die dinge/gebeure aan wat die stropingsproses moet laat gebeur. √

1

2.5 Die spreker versoek om van die oppervlakkighede wat eie aan die jeug is, gestroop te word. √

1

2.6 Die kandidaat gee sy eie geskikte antwoord, bv. ’n Middeljarige/volwassene/bejaarde √ In die mens se middeljare/later jare stroop jy jouself van dit wat onbelangrik in jou lewe is./leef jy jou lewe gestroop van bagasie wat jy saamdra. √

1 1

10

OF

Page 29: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 5 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG Sonsverduistering – PJ Philander

Vraag Antwoord Punt 3.1 Die gedig se inhoud word in ’n oktaaf en sestet verdeel.

In versreël 1–8 (die oktaaf) word die natuurbeeld geskep en in versreël 9–14 (die sestet) word die beeld op die mens van toepassing gemaak. Die gedig word deur die struktuur (bv. die punt en die rymskema) in ’n oktaaf en sestet verdeel. √√ Die kandidaat bied TWEE bewyse vir EEN punt elk aan.

2

3.2 vlek √

1

3.3 “vlek van skadu”/“sekelboog van son”/“swart die kol”/“dreigend swart” √ 1

3.4 Die kommas aan weerskante van die woord swygsaam./Deur die parentese √ 1

3.5 Die menslike onverskilligheid (teenoor God)/Die figuurlike sonsverduistering/ Die mag van die bose (oor die mens wat die lig verduister.)/Die sonde/Die wil van God wat verduister word.√ “Oor gans die mensdom” √

1 1

3.6 Die mens keer hom nie betyds tot God nie. √ Dis ironies dat die slimmer mens nie ook instinktief soos diere huiswaarts (na veiligheid – God) keer nie. √ Ek stem saam, want die mens weet nié meer instinktief wat die regte ding is om te doen nie.

OF Ek stem nie saam nie, want die mens weet uit sy verwysingsraamwerk/die Bybel wat reg of verkeerd is. √

1 1 1

10

OF VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG Die huis luister – Daniël Hugo

Vraag Antwoord Punt 4.1 Personifikasie √

Dit beklemtoon die boodskap dat huismense eerder moet luister as om mekaar te verinneweer. √

1 1

4.2 Die huis hoor alles./Alle geluide in die huis word vergroot/duideliker gehoor./ Die binnekant van die huis is nie vol liefde nie./ Dit is negatief omdat die gesin nie wil luister nie. √

1

4.3 Alliterasie/v-alliterasie/s-alliterasie √ Dit laat jou die onophoudelike verwyte/negatiwiteit hoor. √

1 1

Page 30: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 6 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.4 Bewaar √ 1

4.5 “Julle gebede”/“om hulp” √

1

4.6 Die huis luister./Die huis bewaar die geheime/verlede. √ Die huismense word nie gehelp nie, want die huis is nie in staat om hulp aan te bied nie. Die huis kan nie die geroep om hulp beantwoord nie. Die huis verweer. √√ Die kandidaat bied TWEE gevolge vir EEN punt elk aan.

1 2

10

EN VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG Vraag-in-’n-bottel – Joan Hambidge

Vraag Antwoord Punt 5.1 Die geliefde/spreker se vrou/man √

1

5.2 Inversie √ Dit beklemtoon dat die boodskap nie op ’n ander tyd gestuur kan word nie. √

1 1

5.3 Albei het ’n boodskap in ’n bottel gestuur./ Vir albei was dit ’n onverwagse handeling./ Albei het geliefdes gehad. √√ Die kandidaat bied TWEE ooreenkomste vir EEN punt elk aan.

2

5.4 Dit is ’n aanduiding dat dit die woorde in die brief is. √

1

5.5 Liefde/teerheid √ ... van my liefde. √

1 1

5.6 Nee, as / Ja, as (kan ook beteken dat die brief ontvang word) √

1

5.7 Ja Dit bewys dat die spreker se pyn in sy/haar hart geskryf is./dat die spreker sy/haar seerkry alleen dra, want die boodskap is stil./bevestig dat hy/sy seergekry het, want die pyn is geskandeer en dit behoort dus pynlik te wees.

OF

Nee Die boodskap is nie stil nie, maar in ’n bottel geplaas wat ander kan vind en daarvan kennis kan neem.√

1

[10]

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 31: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 7 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B: ROMAN Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite.

• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding. • Iris voel aanvanklik dat sy nie wil trou nie, omdat sy nie vasgevang wil wees in

die soort huwelike wat sy om haar ervaar nie./Bl. 82 : “Ek wil nie trou nie.” ... My redes was moeilik verklaarbaar, selfs aan myself. Die onwilligheid was nie net vanweë my eie ouers se huwelik nie; ...

• Die Engel het van vroeg af vir Iris probeer wys dat daar meer as een blomoomblik is, want Joe kan dalk nuwe deure vir haar oopmaak./Bl. 101: “Sies,” het die Engel in my oor gesis./Die Engel probeer Iris oortuig om saam met Peter Vermont toe te gaan./Bl. 133: “Sien jy?” het die Engel gesê. “Jou dom aap.”

• Die Engel laat Iris besef dat haar blomoomblik nie noodwendig iets groots hoef te wees nie, want sommige blom ongesiens./stil-stil./Bl. 195: Party mense blom ongesiens, ... So onverwags dat niemand dit eers opmerk nie.

• Die Engel bring Iris tot insig dat die blomnaam en die lelie niks met haar toekoms te doen het nie, want ’n naam is net ’n naam./Bl. 187: “Net sowel,” het hy gesê. “Ek sien geen verband tussen jou lelie en enigiets wat ons vannag bespreek het nie.”

• Die Engel lei haar tot die insig dat hy nie haar toekoms bepaal nie, omdat sy haar eie toekoms moet opdroom en kyk of sy daarvan hou./Bl. 179: “Droom dit op en kyk of jy daarvan hou.”

• Die Engel laat Iris besef dat die lewe nie ’n storie is nie, want sy is verantwoordelik vir haar keuses en eie lewe./Bl. 217: “Ek is nie ’n loopring nie.”

• Die Engel lei haar tot die besef dat sy ook elke dag kan blom./Alhoewel Iris besluit om met Peter te trou, vra sy tog die Engel of dit die regte besluit was./Bl. 209: “Nou ja. Waarom vra jy dan? Ek was self nie seker nie. Goedkeuring, miskien.”

• Peter laat Iris twyfel oor die betekenis van haar naam, omdat hy hewig van haar verskil oor die belangrikheid wat sy aan haar naam en die een blomoomblik heg./Bl. 132: “Jou teorie is net op elke tweede mens van toepassing.”

• Peter stel haar voor ’n ultimatum om óf die modelkontrak te aanvaar óf saam met hom na Vermont toe te gaan. Hy is moeg gewag vir haar soeke na haar blomtyd en weiering om haar tot ’n vaste verhouding te verbind./Bl. 133: “Ek gaan nie in jou pad staan nie, Iris. As jy wil blom onder ateljeeligte met mense wat jou deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan Vermont toe.”

Page 32: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 8 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Aan die einde van die roman verstaan Iris dat die lewe nie ’n soeke is na een

hoogtepunt is nie, omdat elke dag saam met Peter sy eie spesiale oomblikke inhou./sy nie sonder Peter kan klaarkom nie./Bl. 209: “Sonder Peter kan ek tog regtig nie klaarkom nie.” /Bl. 220: “Wees geduldig”, sê ek. “Dis amper tyd.”

• Die werklikheid saam met Peter kan net so magies wees as die beste fantasie, daarom is Iris bereid om vrede te maak met die realiteit van ’n geroetineerde voorstedelike bestaan./Bl. 187: “Gebeur dinge nie maar sommerso nie? My lewe bestaan uit onsamehangende flardes.”

• Iris se gesprekke met Billy lei haar tot gedeeltelike insig, omdat sy teenoor hom moet erken dat sy nog eers moet uitvind wie die hoër Gode is voordat sy kan blom./Bl. 104: “Ek glo nie eintlik die laaste een nie, maar die eerste een is wel van toepassing.”

• Billy waarsku Iris oor haar blomtyd, omdat nie alle bolle tot bloei kom nie./Bl. 105: “Dis alles goed en wel dat jy wil blom, maar gestel die man spit jou uit?”

• Die Engel het ongetwyfeld die sterkste invloed op Iris, want hy lei haar tot ’n besef van die werklikheid.

• Die Engel laat haar haar toekoms opdroom, omdat hy wil hê sy moet gaandeweg besef sy is self verantwoordelik vir haar eie keuses./Bl. 179: “Droom dit op en kyk of jy daarvan hou.”/Die Engel lei haar totdat sy besef ’n naam is net ’n naam./Bl. 187: “Net sowel,” het hy gesê. “Ek sien geen verband tussen jou lelie en enigiets wat ons vannag bespreek het nie.”

Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot.

[25]

OF

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker Vraag Antwoord Punt 7.1 Die verteller wil laat blyk dat die kinders baie Kersgeskenke gekry het./die

kinders se houding teenoor die kersgeskenke aantoon. √

1

7.2 Hulle kom nie goed oor die weg nie. √ Die kinders wil nie hê dat Brian met Bettie moet trou nie. √ Junior dreig om sy bed met opset nat te maak. √

1 1 1

7.3 Peter is by met die geboorte van die kinders terwyl haar eie pa nie met haar geboorte by was nie.√ Peter wou graag kinders hê terwyl Iris se ma haar as ’n glips beskou het. √

2

7.4 Ja Iris wag op die oomblik van volmaakte sintese/haar blomoomblik en intussen doen sy ’n werk waarby haar kop onbetrokke bly. √ “is dit wanneer sy kaktus blom.” √

1 1

Page 33: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 9 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.5 Die kandidaat gee sy/haar eie antwoord wat hy/sy as die karakter se oomblik

van glorie, binne konteks van die roman, beskou, bv. Peter se oomblik van glorie is om ’n suksesvolle ingenieur te wees. √ Brian se oomblik van glorie is sy kinders uit sy eerste huwelik. √ Bettie se oomblik van glorie is dat sy in ’n verhouding met Brian staan. √ Iris se oomblik van glorie is toe sy met Peter trou. √

4

7.6 Uiterlike konflik √ Iris beskuldig hom dat hy nie gekeer het toe Peter sy oë in ’n sweisongeluk beseer het nie. √

1 1

7.7 Hy het ’n verhouding met sy student terwyl hy met Elsa getroud is. √ Peter √ Ja, niemand anders het kans gesien om met hom te praat nie./dit is vir Iris noodsaaklik om die familie bymekaar te hou./Iris se pa het geweier om met hom te praat.

OF Nee, nie een van die betrokke partye het ooit weer iets hieroor gepraat nie. √

1 1 1

7.8 Ja Die redes vir Hannes se ontrou sal meer betroubaar aangebied word. √ Nee Hannes speel ’n onbenullige rol in die roman wat dit nie nodig maak om van die gebeure uit sy oogpunt kennis te neem nie. √ Die kandidaat gee sy/haar eie gepaste mening binne die konteks van die roman.

1

7.9 Elsa √ Sy is ’n feminis./onafhanklik in haar huwelik. √

1 1

7.10 Die kandidaat bied ’n eie gepaste rol (wat wel een van die Engel se rolle in Iris se lewe is) en motivering aan, bv. Beskermengel √ Iris kan as Peter se beskermengel optree om hom van ander moontlike ongelukke te beskerm. √

1 1

Page 34: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 10 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7.11 Toe Iris in Vermont in die hospitaal was (met haar gebreekte enkel). √

“Jou oomblik van glorie”/“iemand wat glo sy moet ’n ster wees” √ Die kandidaat bied ’n eie gepaste boodskap aan, bv. Ek moet my lewe voluit leef en nie wag vir ’n groot gebeurtenis wat my goed sal laat voel nie. √

1 1 1

25

OF VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL: • Dis ’n breë raamwerk van feite.

• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidate voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding. • In Barotseland kan Baas die Zambezi Joy koop en restoureer. Dus word sy (en

sy oupagrootjie se) droom verwesenlik./Bl. 39: Mark moet, as deel van hulle ooreenkoms, die boot met die vragmotor se hyskraan op ’n paalstellasie lig vir die herstelwerk aan die romp.

• In Barotseland verwesenlik Baas as volwassene sy droom, omdat hy die plekke waar sy oupagrootjie gebly het, opspoor./Bl. 18: Laatmiddag kry Baas die bougainvilleabos waarvan Mark gepraat het ... Langs die verwronge stam hang ’n stuk sinkplaat met die woorde ‘Manaka Evangelical Mission’ netjies op geverf.

• Baas droom om die streek se toerisme te ontwikkel, en is daarom ernstig oor die instel van ’n gereelde pontboot op die Zambezi. Hy deel sy planne met Manuel./Bl. 30–31: Hy wil mense van ander lande kom wys hoe die mense van die Zambezi leef ... Daarvoor sal ’n ryk toeris uit Europa of Amerika sy beursie omdop.

• Baas se droom oor sy planne met die Zambezi Grace is so sterk dat hy selfs in sy koorsdrome tydens sy malaria-aanvalle bekommerd is oor sy boot./Bl. 41: “My boot!” kerm hy. “Die water kom!” Hy gloei van die koors.

• Die werklikheid en sy drome word verenig as Baas bedags na die spore van die buffels soek en snags droom oor hoe hy sy ideaal verwesenlik en die groot bul skiet./Bl. 36: Party nagte droom hy dat hy met die Mott-Mauser agter die groot bul met die hink in sy voorpoot aan is – kaalvoet, soos hy altyd op Sable Ranch gejag het.

• Baas droom oor die dag wanneer hy die groot buffelbul kan skiet, omdat hy dan die horings bokant Manaka se naambord kan vaskap en so die plek toeëien./Bl. 244: By sy kamp dra Baas Morena se horings teen die bult uit en slaan dit bokant Manaka se naambord teen die stutpaal vas.

• Die verwagting word by Baas geskep dat hy sy oupagrootjie se droom van ’n slagplaas kan verwesenlik omdat die vleiskopers al hoe meer word en hy ’n inkomste daaruit verdien./Bl. 39: Buffelvleis sal sterk in aanvraag wees by die plaaslike bevolking.

Page 35: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 11 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Baas begin algaande twyfel of die bootdroom op Manaka verwesenlik gaan

word, maar ouma Essie bevestig sy droom omdat sy glo dat hy deur die Here gestuur is./Bl. 122: “Die drome wat die kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle gee om te droom, jongman.”

• Aanvanklik sneuwel Baas se droom oor die Zambezi Grace, want Chisupo het die toue gesny en die boot het weggedryf./Bl. 230: Die boot is weg. Die toue waarmee die stellasie se dwarspale vasgemaak was, hang aan flarde. Dit is afgekap.

• Die gevreesde malaria-siekte wat in dié milieu (die waters van die Zambezi) voorkom, bied Baas ’n geleentheid op ’n nuwe droom, omdat hy daardeur Grace ontmoet en ’n moontlikheid van ’n toekoms saam ontstaan./Bl. 246: Hulle loop agter mekaar in ’n olifantpad teen die rivier af om na die boot wat in ’n baie ou kanaal vasgespoel het, te gaan soek.

• Ouma Essie koester haar eie droom op Manaka dat haar kleinkind, Jos, die oppergesag van die khuta moet oorneem./Bl. 242: “My kleinkind Jos ... Dié een wat die naam dra van sy oupa, my muluti Joseph Mulambwa ... Dit is die droom wat die Here sy kind gegee het om te droom.”

• Die koms van die sendelinge op Manaka is vir ouma Essie ’n antwoord op haar gebede (droom) vir ’n sendingstasie, want sy is bekommerd oor haar mense se gebrek aan Christelike waardes en hul afvalligheid./Bl. 192: “Die tradisie van die trawante van Satang!” skreeu ouma Essie. “En hy is nie ’n doktor nie, hy is ’n towenaar, ’n moloi!”

• Ouma Essie droom dat daar op Manaka ’n opvolger vir haar man (die vorige sendeling) is, wat verwesenlik word as haar man se lyfband perfek vir Baas pas./Bl. 121: Baas vat die lyfband van fyngevlegte voorslagriempies wat ouma Essie uit haar voorskoot se sak haal en met al twee hande na hom uithou ... Die lyfband pas.

• Ouma Essie droom dat daar eendag weer ’n kerkgebou op Manaka sal wees en sy glo die Here het die plek, by die bouvallige kerkgebou, waar die sendelinge moet bly, aangewys./Bl. 118: “Tot daar weer ’n kerkgebou is, sal hierdie boom die kerk wees. Dit is wat die Here sê.”

• Ouma Essie droom dat sy eendag weer haar huis op Manaka sal terugkry, omdat die khuta haar huis, wat sy en haar man self gebou het, weggeneem het./Bl. 170: “As julle na vier of vyf jaar nie weer iemand gekry het om Manaka te huur nie, sal ek en Tibelelo miskien ons huis kan terugkry en dit gaan regmaak.”

• Ouma Essie se droom dat haar kleinseun, Jos, die nuwe leier op Manaka word, word bewaarheid as hy ingehuldig word as die nuwe hoofindoena van die khuta./Bl. 241: Die khuta lei die man uit die lapa. Dis ’n lang man. Tussen die mense wat rasend van spanning meegevoer word, haal meneer Kebbey die kombers af. Dit is meneer Jos.

• Ouma Essie se droom dat Baas muluti Joseph se plek as geestelike leier sal oorneem, word deels bewaarheid as Baas haar man se lyfband vir haar teruggee omdat hy daardeur aandui dat hy sy eie leiersrol in Manaka gaan vervul./Bl. 243: “Dankie, ouma Essie,” sê hy. “Ek het dit nie meer nodig nie.”

• Ouma Essie se droom van sendelinge op Manaka word nie bewaarheid nie, maar Baas neem die plek van versorger in met ’n sterk moontlikheid dat hy ook die geestelike leier sal word./Bl. 243: “Dankie, Here. Amen,” sê Baas.

Page 36: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 12 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Ouma Essie se droom van ’n kerkgebou op Manaka word bewaarheid, omdat

oom Scholtzie nuwe vensters en deure vir die kerk bring./Bl. 242: Oom Scholtzie wag vir hom (Baas) onder die worsboom by die Dyna. Hy het dit gehuur om die kerk se vensters en deure te bring wat die gemeentes gekoop het uit die geld wat ingesamel is.

• Die Du Pisani-egpaar het ’n droom om die Woord van die Here te verkondig, daarom is hulle in Barotseland om as sendelinge te werk./Bl. 53: “Ons is hier om die Woord van die Here aan ongeredde siele te bring,” kondig Griesel aan. “Ons sal ook siek mense kan help.”

• Die mense van Manaka se reaksie vernietig Griesel se sendingdroom, omdat die mense nie sý boodskappe verstaan nie, maar eerder geraak word deur Nanna se kinderliedjies./Bl. 205: Aan die einde van die diens sê Griesel dié wat hul harte vir die Here wil gee en by die kerk wil aansluit, moet opstaan. Die vrouens staan tydsaam op en begin wegstap .../”Jesus loves me! This I know,” sing sy en Grace ... Die vrouens gaan staan.

• Die omstandighede en tradisies op Manaka voed Griesel se meerderwaardigheid en dit kelder sy sendingdroom/lei daartoe dat Griesel erken dat sy sendingdroom ’n misplaaste droom is, omdat sy meerderwaardige houding juis dit is wat nie van ’n sendeling verwag word nie./Bl. 113: “Ek hou nie daarvan om behandel te word soos iets wat die kat ingedra het nie ... Ook nie deur enige janrap en sy maat waarmee ek my ruimte moet deel nie.”

• Griesel erken self dat sy sendingdroom op Manaka sneuwel as hy na malaria uit die hospitaal ontslaan word en besluit om nie weer terug te gaan na Manaka nie./Bl. 242: Hy wil nie in Barotseland bly nie. Hy sê hy weet nou dit was nie sy roeping nie.

• Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot.

[25]

OF VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse Vraag Antwoord Punt 9.1 Joseph Sitali √

1

9.2 Baas beplan om, nes sy oupagrootjie, die Buffeljagter, buffels te jag. Baas se droom is om in sy oupagrootjie se voetspore te volg en op Manaka, die Plek van die Horings, te gaan bly en werk. Die sirkel word simbolies voltooi wanneer Baas Morena se horings teen die naambord vasspyker. √√ Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

2

9.3 Dit is die voortsetting van sy oupagrootjie se nalatenskap. √ Die groei van die plant bring saam met Baas hernuwing vir Manaka. √ Baas se vertroeteling van die plant voltooi die werk wat sy oupagrootjie begin het. √

3

9.4.1 Baas het na die antwoord, op wat van jou ’n Christen maak, gesoek. √ Ouma Essie beantwoord die vraag, naamlik dat jou dade jou ’n Christen maak. √

1 1

Page 37: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 13 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9.4.2 Nee

Hy het gehelp om die sendingstasie te vestig./wou sy Christenskap uitleef. √

1

9.5 Baas is nie in bevel nie./die besluitnemer nie./Die khuta neem die besluite. √

1

9.6 Ja Baas leer om saam met ander mense te werk. Baas kry ’n antwoord op sy kwelvraag oor Christenskap. Baas leer by Grace mededeelsaamheid/medemenslikheid/van die liefde. √√ Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan. Nee, kan nie as ’n antwoord aangebied word nie.

2

9.7 Hulle het moontlik ’n toekoms saam./is moontlik in ’n liefdesverhouding. √ Grace is Baas se vertroueling. √

1 1

9.8 Respek √ Nee Hy respekteer nie die khuta nie, want hy was sy hande nadat hy mnr. Kebbey gegroet het. √ Makoa√

1 1 1

9.9 Nee Dit is die kulturele gebruik dat Nanna op die grond moet sit terwyl die man op die stoel sit. √

1

9.10 Die mense buite stamverband betaal konsessies (huur) aan die khuta. √ ’n Stuk van die grond waarop Baas konsessie betaal het, word aan die sendelinge toegeken. √ Daar word van Baas verwag om meer konsessie te betaal terwyl hy nie meer geld het nie. √

1 1 1

9.11 Baas sê dat hy nie na Manaka gekom het om welsynwerk te doen nie,/mense te help nie, √ maar Baas gee vir die mense malariapille./vleis./ry hout vir die khuta aan./help meneer Johnnie om sy skuld vir sy vrou en kinders te betaal. √ Griesel sê dat hy die mense van Manaka wil help, maar help nie om die olifante uit die landerye te jaag nie./Hy staan afsydig teenoor die mense van Manaka./respekteer nie die mense van Manaka nie. √

2 2

25

OF

Page 38: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 14 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL Vatmaar – AHM Scholtz Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite.

• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding. • Oupa Lewies kon net met Ruth trou nadat hy ’n bruidskat betaal het, want dit

is die gebruik van haar mense./Bl. 11: Yes, they all like me but the old aunty said: If you really want her you must give bogadie (lobola) …

• Nadat George die bogadie betaal, sal die hoofman aan hom ’n stuk grond laat uitwys waar George sy hut kan bou en ’n veekraal en ploegland kon begin, want dit was een van die trougebruike van Ruth se mense./Bl. 11: Hy het vir ons alles vertel wat ons wou weet oor die trougebruike van sy mense.

• Die troureëlings is deur ’n ouma en ’n jong man hanteer, want dit was die gebruik dat die bruid nie self iets met die reëlings te doen het nie./Bl. 15: Die volgende dag het ’n ouma en ’n jong man ons kom sien. Die ngosi het hulle gestuur om die troue aanmekaar te sit.

• Ta Vuurmaak het genoem dat ’n hottentotsgot nie doodgemaak mag word nie, want die Griekwa-mense kan verstaan wat die hottentotsgot sê omdat hulle deur ’n ander Skepper as die verkleurmannetjie gemaak is./Bl. 85: Maar daar was groen en bruin hottentotsgotte van verskillende groottes, en ons mag hulle nie doodgemaak het nie. Ons Griekwa-mense kan verstaan wat die hottentotsgot sê …

• Deel van Ta Vuurmaak se grootwordjare was dat die seuns, wanneer hulle groot genoeg is, die gifkewers gewys is wat waarskynlik in die pyl en boog gebruik kon word./Bl. 86: … en die klein pyl en boog wat onse pa-goed vir ons gemaak het, en wanneer die seun groot genoeg was, het hulle vir hom die gifkewer gewys.

• Ta Vuurmaak het van die Grootman van God, Heitsi Eibib, se voorkennis vertel, want dié het vertel dat daar mense sou kom wat net die teenoorgestelde van hul kultuur is./Bl. 86: Onse Grootman van God, Heitsi Eibib, die boodskapper van Tsui, God van Alles, het Ta Vuurmaak op ’n ander dag gesê, het baie winters voor die witman gekom het vir ons vertel dat daar mense sou kom wat net die teenoorgestelde van ons is in hoe hulle lyk en leef.

• Volgens Ta Vuurmaak moet ’n mens nooit verby ’n plek loop waar klippe op ’n hoop gegooi is sonder om ook ’n klip op te tel en dit op die hoop te gooi nie, want almal met Griekwa-bloed (en Boesman-bloed) moet dit doen./Bl. 87: Tel self ’n klip op en gooi dit op die hoop, al moet jy dit ook ver gaan haal. Almal met Boesman-bloed en Griekwa-bloed in sy lyf moet dit doen, ook al is sy bloed met ander bloed gemeng.

• Die drie bediendes wat Heitsi Eibib gehad het, is een van die vertellings van Ta Vuurmaak, hulle was Son-eters (die opkoms en ondergang van die son), maar het ook die werk gehad om na die behoeftes van Heitsi Eibib om te sien./Bl. 88: Dit was hulle werk om te kyk agter die behoeftes van Heitsi Eibib en die mense het vir hulle heuning, volstruiseiers en dit wat in die aarde groei, gebring.

Page 39: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 15 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Dit was die gebruik om na een van die Ouderlinge te gaan om gesond

gemaak te word, want hulle kon met Heitsi Eibib praat om die kleur wat uit die sieke se kop straal, van siek na gesond te verander./Bl. 88: Mense het van naby en ver na die drie Ouderlinge gekom om hulle te laat gesond maak.

• Ta Vuurmaak het vertel dat die gees nie kan doodgaan nie, want dit behoort aan Tsui-Goab en verlaat die liggaam om na hom te gaan wanneer jy doodgaan./Bl. 88: Dit kan nie sterf nie, want dit behoort aan Tsui-Goab. Hy is die Skepper van alles.

• Daar is ’n geloof dat jy wakkerdood kan wees as jy deur ’n gees seergemaak word en jy moet die regte kruie gebruik om gesond te word./Bl. 89: Party kruiebossies kan jy eet en van die wortel van die mor-plant maak jy khadie. En julle ken almal die smaak van morogo.

• Geld sal onverwags na jou toe kom, slegs een keer, indien jy met Nuwemaan na ’n tiekie kyk, na die maan kyk, die tiekie omdraai en in jou sak sit./Bl. 89: Die tiekie sal groei en geld sal onverwags na jou toe kom. Maar net een keer.

• Sus Bet het die tradisie van khadie laat voortleef, want sy het dit gemaak en aan die inwoners van Vatmaar verkoop./Bl. 47: … en sy met haar khadie – ’n drank wat lekker dronkmaak – van heuning en veldwortel wat net sy geweet het waar om te grou en wat sy altyd vingeralleen gaan haal het.

• Sus Bet het in haar vertelling van mense gepraat as Mies en Baas soos wat die gewoonte van dié tyd was./Bl. 49: En so, wanneer Mies Mollie en Baas Filemon …

• In die Griekwa-tradisie neem die pa se broer die rol van die ouer oor indien die pa dood is, so het haar pa se oudste broer die hoof van hul huis geword./Bl. 53: My pa was al dood en sy oudste broer was hoof van onse huis. Hy het gesorg vir my ma en vir ons kinders.

• Dit is die gebruik dat ’n Griekwa-vrou sekere dinge moet weet soos wat Siesie Lena aan Sus Bet geleer het, die geboorte van ’n kind, wanneer iemand sterf, hoe om khadie te maak./Bl. 55: Sy het my geleer hoe om khadie te maak en waar om na die wortel te soek.

• Siesie Lena het ook aan Sus Bet van kruie vertel, want sy het gesê dat Sus Bet sal weet wanneer sy die bossies sien, omdat Griekwa-vroue daardie gawe het./Bl. 55: Siesie Lena het my alles van kruiebossies vertel, hoe hulle lyk en waarvoor ’n mens hulle kan gebruik. Sy het gesê ek sal weet as ek hulle sien omdat alle Griekwa-vroue daai gawe het.

• Die gebruik was dat elkeen, nes Sus Bet en Oom Flip gemaak het, ’n sluk water moet neem wanneer die put gegrawe is, want op daardie manier word jy deel van die put./Bl. 82: Die put is gegrawe. Soos die gebruik was, is die eerste beker water rondgegee sodat elkeen ’n sluk kan vat om deel te word van die put.

• Met die dood van Ta Vuurmaak het Sus Bet hom behandel soos wat die Griekwa-tradisie vereis het./Bl. 95: Die ta is in die karos toegerol en hulle het die lyk met sy knieë onder sy ken teen die boom sitgemaak.

• Griekwa-tradisies is gebruik met die dood van Ta Vuurmaak, want die goed wat Ta Vuurmaak nooit meer kan gebruik nie, is verbrand./Bl. 96: … onse Ta het my, toe hy nog sterk was, gevra om hom soos ’n Griekwa te begrawe./Bl. 96: Hy het die eer gehad om die goed te verbrand wat nooit weer gebruik sal word nie.

Page 40: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 16 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Sus Bet het Ta Vuurmaak volgens Griekwagebruik begrawe. Ta Vuurmaak is

op sy hurke, met sy gesig na waar die son opkom, in die graf geplaas terwyl die drie kruie gebrand is en sy die woorde, Tsui-Goab, Tsui-Goab, vat wat aan Tsui-Goab behoort, moes sê./Bl. 96: Toe die lekker ruik van die drie kruie saam met die rook uit die vuur uit opslaan, het Sus Bet seker gemaak dat die liggaam van die ta op sy hurke was, met die gesig na waar die son opkom.

• Daar was nie ’n vleisfees, soos gebruiklik, na die begrafnis van Ta Vuurmaak nie, want hy het nie kinders nagelaat nie./Bl. 97: Daar sal nie vandag ’n vleisfees wees nie, het Sus Bet vir die mense gesê, Ta Vuurmaak het nie vir ons ’n nageslag gelaat nie.

• Dit is suksesvol dat daar meer as een verteller in die roman voorkom, aangesien daar verskillende groepe mense op Vatmaar woon, en so kan elkeen se gebruike en tradisies oorgedra word.

Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot.

[25]

OF

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG Vatmaar – AHM Scholtz Vraag Antwoord Punt 11.1 Hy is wees gelaat na die oorlog./moes steel om te oorleef. √

Toe hy Ma Khumalo se pappot van die vuur wou steel, word hy betrap en ingenooi in haar huis. √ Hy leer by haar om hom oor ander te ontferm./nie te lieg nie./nie te steel nie. √

1 1 1

11.2 Ons is ma en kind./Ons hoort bymekaar. √ 1

11.3 Hy word uitgekryt as ’n wit boer.√ Hy ontvang ’n paar stewels/klere as vergoeding.√ Hy word aangestel as bode./later bevorder tot posman.√ Daar is nou genoeg geld in die huis sodat sy nie meer ’n wasvrou hoef te wees nie.√

4

11.4 Liefde ten spyte van rasverskille/oor kleurgrense/oor rasgrense heen √

1

11.5 Dit is nie kwetsend binne die romangegewe nie./ Dit is soos die mense dit daardie tyd gebruik het./ Dit maak die verhaal histories eg.√ √ Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk.

2

11.6 Norman word verstoot deur sy eie mense, witmense, maar die swart vrou, Ma Khumalo, aanvaar hom onvoorwaardelik.√ Ma Khumalo ontferm haar oor ’n persoon wie se ras/bevolkingsgroep haar gewoonlik sleg behandel het. √

1 1

Page 41: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 17 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11.7 Komberse is simbolies van haar aanvaarding van hulle as familie.√

Die naamsverandering dui simbolies op die ou verlede wat hulle nou agterlaat./Dit dui op ’n nuwe toekoms wat hulle saam met Ma Khumalo ingaan.√

1 1

11.8 Ma Khumalo aanvaar die Moslemmeisie in haar huis ten spyte van haar Christelike waardes./Mary lê haar Moslemgeloof af en neem Ma Khumalo se Christelike geloof aan. √

1

11.9 Vat maar my liefde./gasvryheid./simpatie./ Vatmaar is ’n toevlugsoord waar mense tuiskom. √ Gesindheid van ruimhartigheid/goedgesindheid/welwillendheid. √ Sy maak hulle onvoorwaardelik deel van haar gesin./ Sy skep vir hulle die geleentheid om iewers te behoort. √

3

11.10 Die verteller/Sy beleef die gebeure eerstehands/dra dit meer geloofwaardig oor.√

1

11.11 Leerder se eie mening, bv. Ja Die gebeure en gebruike is nie meer van toepassing op vandag se lewe nie. √ Verskille tussen ras en geloof is afgeskaf en sulke idilliese gemeenskappe soos Vatmaar bestaan nie meer nie. √

OF Nee Dit is steeds die werklikheid waarmee die leser van vandag gekonfronteer word./waarmee hy kan vereenselwig.√ Daar is nog steeds onverdraagsaamheid tussen rasse. √

2

11.12 Leerder se eie mening, bv. Kenneth Kleinhans is ’n man wat ver gekom het in die lewe./ Alhoewel sy status hoër was as die meeste mense op Vatmaar, het hy vasgebyt om die liefde van die ongeletterde Kaatjie te verower./ Deur sy toedoen is daar vandag ’n kerk en ’n sokkerveld op Vatmaar en ’n supermark en rioolstelsel op pad./ Die gemeenskap van Vatmaar salueer ’n bruin man van stoffasie. √√√ Die kandidaat bied DRIE redes vir EEN punt elk aan.

3

25 TOTAAL AFDELING B: 25

Page 42: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 18 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING C: DRAMA Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 12: LITERÊRE OPSTEL Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite.

• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding. • Die Kersorkes se naam, Star of the Redemption, is ironies, omdat dit op die

verlossing van sonde, soos Map dit met sy bekering ontvang het, sinspeel, maar hy word weggewys toe hy weer lid van die orkes wou word./Bl. 46: “Even die verskoning: Ons het al klaar ’n sax, as ons net gewiet het jy kom ýt, ou Map, maar ons het nie gewiet nie ...”

• Die Kersorkes word deel van die gemeenskap se verwerping en Map se soeke (na identiteit om iewers te behoort), omdat hulle, net soos die werkgewers waar hy aanklop vir werk, hom nie ’n kans wil gee nie./Bl. 46 “Die band is nét so, Oompie Paulsen-hulle ... even húlle, net so dieselfde ... Map Jacobs, obviously, sal die band nou ’n naam gee ...”

• Die naam van die orkes, wat ook dui op die Betlehemster en die redding wat Christus se geboorte bring, sluit ironies aan by die tema van verwerping en identiteitloosheid, want Map word juis in dié tyd van hoop en redding voor Kersfees nie weer ’n tweede kans in die orkes gegun nie./Bl. 42: Tommy eggo Map se verwagting: “So, dié Krismis is jy seker weer terug innie band ...”

• Die naam van die orkes kan ook dui op emosionele bevryding vir Map, want dit sinspeel op die verlossing van sonde en sy bekering met die daaropvolgende vergifnis vir sy dade./Bl. 29: “Soos ’n oogwink is dit alles, sê Hy wat die Here is ... Gaan in die vrede van God, Map Jacobs ...”

• Die Kersorkes dra by tot die karnaval-atmosfeer in die straat omdat dit die inwoners, wat Tommy insluit, help om van hul uitsiglose bestaan te vergeet./Bl. 5: Hulle practise al vir Krismis! Dan loep hulle mos! /Bl.5: Wel, Oompie Paulsen wil hê al die koppe moet hulle kant toe kom vi’jaar ...

• Die orkes ondersteun die atmosfeer van spanning oor Map se vrylating en die gemeenskap se onkunde oor Map se bekering, want die orkes speel dramaties sy laaste akkoorde as Cyril verwys na hul vrees as Map moet uitvind van Blanchie./Bl. 7: “Al wat ek sê is, ek wil nie by wies as hy weer hierso is nie, en hy vinnie at last yt van Blanchie nie ... Nie daai bastard nie!”

• Die orkes dra by tot die vestiging van die spanning oor Map se vrylating as Miriam verneem na Map Jacobs om sy mate te neem, want die instrumente raak skielik stil asof daar ’n ernstige kwessie is./Bl. 37: ’n Stilte en erns kom oor die groep wat so pas nog gelag het. Al die instrumente is stil, behalwe ’n enkele banjo wat halfhartig ingestem word.

Page 43: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 19 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Die reaksie van die orkes op Miriam se navrae is ’n vooruitwysing op Map se

verwerping deur die orkes na sy vrylating, want in die volgende toneel is Map vrygelaat waarna hy sê dat die orkes nie ’n plek vir hom het nie./Bl. 46: Map Jacobs, obviously, sal die band nou ’n naam gee.

• ’n Deel van Map se hoop in die tronk is sy herinneringe aan die orkes, want hy praat van sy parool en die orkes in dieselfde asem./Bl. 11: Die band practise seker al vir Krismis. Ek onthou ... Kan Ma glo, ek kom ýt, op die sewende ...

• Die orkes suggereer ’n tyd toe dit goed gegaan het met Map omdat hy toe deel was van die orkes en as voorspeler saam met hulle bekers gewen het./Bl. 43: Ek onthou nog, die jaar, so twee jaar, drie jaar voor jou ... trouble man ... toe julle al die koppe gevat het daar op die Common ...

• Daar is waardering vir Map as saxofoonspeler, want Tommy verwys na Map se bedrewenheid met die instrument en die prys wat hy ontvang het vir sy spel./Bl. 43: Maar hel, die sax en jy, bo almal ýt ... Toe vat julle die first vir solo oek!

• Tommy is die enigste een wat Map terug verwelkom en hoop by hom skep om weer aan die orkes te behoort, want hy verwys na die orkes se oefening asof hy Map daar verwag./Bl. 43: Dan speel jy seker weer innie band vi’jaar ... Dan siet ek jou seker by die practise, Sondagmarrag …

• Niemand kan die saxofoon soos Map speel nie, want niemand kon Map eintlik as beste saxofoonspeler in die orkes vervang nie./Bl. 43: Kaffi’tjie Arries het getry, maar well, saxophone is nie sý instrument nie ...

• Die saxofoon is ’n middel waardeur Map weer kon behoort en bevryding kon smaak, omdat hy weer identiteit as ’n orkeslid kon kry, maar dit word hom ontneem./Bl. 46: Ons het al klaar ’n sax, as ons net gewiet het jy kom ýt, ou Map ...

• Die saxofoon simboliseer ’n tyd van onskuld, hoop en goedheid toe Johnnie se lewe nog belofte getoon het./Bl. 43: Ek onthou nog, die jaar, so twee jaar, drie jaar voor jou ... trouble man ...

• Map word as ’n leier in die gemeenskap gesien, omdat hy as die beste speler simbolies verbind word met die koning van die instrumente, die saxofoon./Bl. 5: Die saxofoon klim bo die ander instrumente uit.

• Die saxofoonspel in die slottoneel, soos Map dit vroeër gespeel het, sorg vir hoop en ’n positiewe toekoms, want dit suggereer dat Map weer sy plek in die gemeenskap inneem en die versoening tussen hom en sy ma as sy saam met die klanke van die instrument sy naam sê./Bl. 62: Dan wend Map sy oë af en hy hoor – en óns hoor – die saxofoon, soos hy dit gespeel het, voorheen./Bl. 62: ANTIE GROOTMEISIE (praat vir die eerste keer in jare): “Johnnie ...”

• Apostel George se lofuitinge/lofsange is deel van Map se bevryding in die tronk omdat hy Map daardeur lei tot bekering; bekering maak hom vry./Bl. 25: Praise the Lord! Map Jacobs, praise the Lord!

• Map se bekering en bevryding van sy skuldlas word bevestig wanneer hy intens met die Apostel saamsing./Bl. 28: Dan swetend, begin die Apostel sing, en uiteindelik sing Map ewe intens saam.

• Map is intens betrokke by die bekeringsproses en kwytskeldingsproses deur sy deelname aan die sang, want hy is moeg as hulle klaar gesing het./Bl. 28: Map en Apostel George is uitgeput wanneer hulle klaar is met die lied.

• Map en Apostel George eggo pryswoorde, ’n soort geestelike refrein, omdat hulle daardeur Map se bekering bevestig./Bl. 27: Halleluja, Map Jacobs! Sê Halleluja! ... Halleluja, Here Jesus! ...

Page 44: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 20 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Dit is simbolies dat die geestelike sang op die agtergrond begelei word deur onder andere ’n saxofoon, omdat dit ’n vooruitwysing is na die slot wanneer Map die saxofoon hoor speel soos hy dit vroeër gespeel het en Map dan ’n vry man is./Bl. 28: ... en uiteindelik sing Map ewe intens saam. Kitare – en ’n saxofoon – op die agtergrond.

• Tommy se klingels is ’n verkoopstruuk, omdat hy vasgevang is in die werklikheid van die township en verplig word om ’n inkomste te genereer om te kan oorleef./Bl. 44: Dan gaan Tommy maar met sy karretjie vort, en roep, nie baie oortuigend nie – “... Beautiful bangles, bangles, bangles ...”

• Tommy se smousaktiwiteite gee hom ook ’n mate van bevryding, omdat dit hom so tussen die klingels en opvryf van sy trinkets deur geleentheid bied om sy neus in ander se sake te steek, iets wat hy sterk ontken./Bl. 40: Tommy Sobotker vra oek nie juis yt nie, hy hou sy nies maar net by sy eie sake, by sy trinketjies, by sy bangles en sy ringetjies ...

• Tommy se klingel bied ontvlugting uit ’n verleentheid as hy Map se hand wil skud, maar Map net retireer en lag./ Bv. bl. 44: Dan gaan Tommy maar met sy karretjie vort, en roep, nie baie oortuigend nie – ...

Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot.

[25]

OF

VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small Vraag Antwoord Punt 13.1 Dit gee ’n aanduiding van die milieu.

Die inleiding tot Map se monoloog word gegee. Aanwysings word gegee wat Map en die ander karakters tydens hierdie toneel moet doen. Die aanduiding dat Map as verteller gaan optree, word gegee. √√ Die kandidaat bied TWEE redes vir TWEE punte aan.

2

13.2 Die verhooglig word op Map gefokus. √ Die leser/kyker neem van Map se kant van die saak kennis. √

1 1

13.3 Cyril het gesê dat Map as leier verantwoordelikheid moet neem. √ Cyril glo Map het gekry wat hy verdien. √

1 1

13.4 Map wat nie in die gemeenskap tuis voel/nie werk kry/aanvaar word/van sy geskiedenis kan loskom nie. √ Ja Map het verander./tot inkeer gekom./is bekeer./verdien ’n nuwe geleentheid. √ Map het nie na sy vrylating na die bendelewe teruggekeer nie/soek werk, wat bewys dat hy verander het. √

OF

Nee Map het net vir die dood van Ivan Philander geboet, hy verdien nie simpatie nie. √ Map is nog nie lank op parool uit nie, hy moet homself nog bewys. √

1 1 1

Page 45: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 21 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

13.5 Sy tatoeëermerke. √

1

13.6 Miss Africa moedig vir Map aan om uit te praat teenoor iemand wat hy liefhet. Sy reël onderhoude vir hom met die werkgewers. Sy het hom gehelp om parool te kry. √√√ Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir DRIE punte aan.

3

13.7 Nee Die kerrimspelers het niks anders om te doen nie. √ Dit hou hulle weg van bende-bedrywighede. √

OF

Ja Hulle kan probeer om ’n entrepreneur, soos Cavernelis, te wees./ Hulle kan eerder in die gemeenskap betrokke raak./ Die talent wat hulle het, vermors hulle. √√ Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir TWEE punte aan. Die kandidaat gee eie gepaste motiverings.

2

13.8.1 Tommy is die een wat nie sy eie besigheit mind nie, maar oor ander skinder./ Tommy sê dis nie hulle besigheid toe Cyril en Richie oor Blanchie se werk praat nie, maar hy is die een wat daarvan praat./ Tommy sê vir Map dat hy nie wil uitvra nie, maar sê net daarna dat Antie Grootmeisie nie veel van sy vrylating beduie het nie./ Tommy sê dat hy net glo wat sy oë sien, maar tog glo hy dat Blanchie ’n aborsie gehad het./ Tommy sê dat die stories oor Blanchie ’n leuen is, maar na Map se vrylating vertel hy vir Map daarvan. √√√√ Die kandidaat bied VIER antwoorde vir VIER punte aan.

4

13.8.2 Cavernelis √

1

13.9.1 Apartheid word in die buitewêreld gekritiseer. Die politieke bestel wat in Suid-Afrika kan verander. Die Wet op Groepsgebiede wat onder druk van die buiteland kom. √√ “revolution” √

2 1

13.9.2 Hy is ernstig./hou hom nie met onbenullighede op nie. √

1

13.10 Ja Vanweë die politieke omstandighede is hulle uitgelewer en kan nie iets daaraan doen nie. √

OF

Nee Dit is elke mens se eie keuse hoe hy sy omstandighede gaan hanteer en dit verbeter. √ Die kandidaat bied ’n eie, geskikte motivering aan.

1

25

OF

Page 46: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 22 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 14: LITERÊRE OPSTEL Mis – Reza de Wet Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL: • Dis ʼn breë raamwerk van feite.

• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding. • Die pa wat tradisioneel die versorger en beskermer van sy gesin moet wees,

sit al sewe jaar op die solder terwyl sy vrou en kind ’n sukkelbestaan voer./Bl.50: MIEM: Ons het net genoeg gehad om hierdie lappie grond te koop. Hierdie pondokkie. ’n Paar dae na ons ingetrek het, was hy skielik skoonveld.

• In plaas daarvan dat die pa die vroue versorg, voed hulle hóm deur ’n mandjie met kos na die solder te hys./Bl. 7: MEISIE staan ietwat onwillig op en bind die mandjie haastig aan die onderpunt van die tou vas.

• Die pa dra niks by tot die ondersteuning van sy familie nie, maar eis vir sewe jaar lank die aandag van die vroue en dra by tot hul sware las./Bl.8: MIEM: Onthou die slopemmer! Dis al twee dae!

• Dit is die terugtrekking van die pa na sy finansiële krisis wat die vroue vasvang in hierdie ruimte van armoede./Bl. 27: MIEM: ... Na die Depressie kan ons nie huishulp bekostig nie. Sy maak die beddens op, vee die vloere, doen die skottelgoed, was en stryk ...

• Die enigste kontak met die afwesige Gabriël is deur ’n valdeur in die plafon waardeur die kosmandjie en slopemmer op en af gehys word./Bl. 17: GERTIE: (na ’n stilte. Sag, terwyl sy na die tou kyk wat opgetrek word) En hoe gaan dit daarbo?

• In plaas van vertroue in die pa as die beskikbare versorger, is Meisie bang vir haar vervreemde pa./Bl. 7: Ek is bang ... As ek opkyk, sien ek sy benerige, wit hand.

• Gabriël voel moontlik die naderende onheil aan, maar doen niks om die vroue te beskerm nie./Bl. 8: MIEM: Ek dink hy voel dit aan. Die onheil.

• Gabriël reageer nie toe sy hond, Wagter, die aankoms van die konstabel aankondig nie omdat hy homself van die rol as beskermer van die huis onttrek het. /Bl. 27: MIEM: Hy was my man se hond. Ek kry met hom niks uitgerig nie

• Gabriel (nes die aartsengel) is veronderstel om sy gesin te beskerm, maar hy is letterlik bo sy gesin verhewe, tog sien Miem hom steeds as hul bewaker en beskermer as sy hom teen die Konstabel verdedig./Bl. 34: MIEM: Dit lyk my u verdink my arme man! Vir arme Gabriël wat geen vlieg kan skade doen nie.

• Gabriël se afwesigheid veroorsaak seksuele frustrasie by Miem wat lei tot haar ontboeseming teenoor Konstabel oor haar behoefte aan ’n man./Bl.54: MIEM: ... Konstabel ... om ’n man hier te sien ... dié tyd van die nag ... wel ... dit maak weer dinge in my wakker.

• Die Konstabel doen hom voor as ’n lid van die polisiemag om oënskynlik die vroue te beskerm, maar hy verkry so toegang tot die huis om sy planne met die vroue uit te voer./Bl. 18: MIEM: ... Dis waar! Hy is ’n konstabel.

• Die uniform stel die konstabel in staat om die vroue te manipuleer omdat hy met sy donkerbril en wit kierie die drie vroue se wêrelde binnedring./Bl. 18: Die konstabel kom binne. Hy dra ’n ronde donkerbrilletjie en ’n helm. In die een hand hou hy ’n wit kierie vas ... Soos u kan sien, is ek heeltemal blind.

Page 47: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 23 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

• Konstabel verteenwoordig beide die beskermer en die verleier in een

persoonlikheid as hy die vroue in sy lokval lei./Bl. 18: KONSTABEL: ... Hoe kan ek ’n ogie oor u hou as ek niks kan sien nie?

• Die konstabel se “blindheid” is ’n bate wat van hom in die vroue se oë ’n geskikte beskermer juis op dié aand maak./Bl. 21: KONSTABEL: ... Ek word gebruik vir ... spesiale gevalle.

• Konstabel se teenwoordigheid vul die vroue met dankbaarheid omdat hulle nou beskerm voel./Bl.18:GERTIE: Ek was besig om te sê dat ons so dankbaar is om u vanaand by ons te hê.

• Miem vertrou die konstabel sonder voorbehoud met haar dogter en laat hom toe om alleen met haar buitentoe te gaan, so word Konstabel ’n beskermer./Bl. 41: MEISIE en die KONSTABEL beweeg met die slopemmer na die agterdeur.

• Miem sien die konstabel as ’n beskermer van haar huwelik omdat sy glo dat Gabriël van die solder sal afkom as Meisie dalk met die konstabel trou./Bl. 51: MIEM: ... Ek is seker hy sal afkom ... as Meisie die dag trou.

• Die konstabel beskerm nie vir Gertie deur haar te verlei om tydelik van haar seksuele frustrasies ontslae te raak nie as sy haar inleef in sy vertelling van Hannie./Bl. 49: Daar is ’n kalm ekstase op haar gesig. Haar bewegings is stadig, byna soos dié van ’n persoon onder hipnose.

• Konstabel beskerm Meisie teen anonimiteit wanneer hy haar op haar regte naam aanspreek omdat hy haar tydelik teen haar werklikheid beskerm./Bl. 30: KONSTABEL: Jy’t ’n mooi naam, Margareta.

• Die konstabel beskerm Meisie teen haar eie skuldgevoelens as hy haar uitlok om te praat oor haar besoek aan die sirkus./Bl. 31: MEISIE: Nou goed, ek sal vir u vertel en dan sal ek daarvan vergeet ...

• Die konstabel se simpatieke oor beskerm Meisie emosioneel teen haar haglike omstandighede./Bl.30: MEISIE: ... Kos, slopemmer! Sakke! Eers was my hande sag ... En nou, eelte op al my vingerpunte!

• Die konstabel as beskermer, word ’n bevryder, as hy sy uniform se baadjie omdop en sy werklike identiteit ontbloot./Bl. 52-53: Met vinnige, flambojante bewegings wat herinner aan ’n towenaar ... draai hy die binnekant van die baadjie buite toe ... Dit is die baadjie van ’n hofnar ... MEISIE: ... Maar waar is die konstabel dan? KONSTABEL: Dit is ek. Ken jy my nie?

• Die konstabel word Meisie se bevryder as hy haar uit haar haglike omstandighede wegtoor./Bl. 54: Voordat sy oor die drumpel dans, staan sy stil en kyk om na die Konstabel. Hy maak ’n effense buiginkie en wys haar met ’n sjarmante handgebaar by die deur uit.

• Die Konstabel bevry Meisie van haar gevangeskap met die moontlikheid dat sy dieselfde pad as die ander twee vermiste meisies kan loop./Bl. 19: Sy het geen tas gevat nie en sy is weg in haar aannemingsrok ... sonder skoene!

Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot.

[25]

OF

Page 48: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 24 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG Mis – Reza de Wet Vraag Antwoord Punt 15.1 Die sirkus. √

“sirkusmusiek” √

1 1

15.2 Ja Dit lyk asof die konstabel se gesag deur die hond aanvaar word. √

OF

Nee Konstabel het waarskynlik ook die hond betower/omgekoop om nie te blaf nie. √

1

15.3 Hy lyk soos ’n konstabel wat vertroue inboesem./ Hy laat die suggestie by Miem dat Gabriël sal afkom as hy en Meisie saam is./ Hy laat die suggestie by Gertie dat sy soos sy tant Hannie is./ Hy laat die suggestie by Meisie dat hy na haar luister. Hy noem haar op haar naam wat die suggestie van veiligheid by haar laat. √√√ Die kandidaat verskaf DRIE antwoorde vir DRIE punte.

3

15.4 Hy en Meisie is toe nie getroud nie, dus het Miem se verwagting dat Gabriël van die solder sal afkom, nie gerealiseer nie. √ Gertie wou hê dat Konstabel in haar (en nie Meisie nie) belangstel, daarom is sy teleurgesteld in haar verwagting. √ Die konstabel het ’n jong meisie/iemand uitgesnuffel wat hy kan bevry. √

1 1 1

15.5 Die vroue sien nie die boosheid/onheil/gevaar wat in Konstabel skuil nie./ Die vroue besef nie dat ’n blinde konstabel hulle nie kan beskerm nie. √ Meisie gaan saam met Konstabel./word deur hom verlei./bevry. √

1 1

15.6 Onheil/vrees/spanning √ Ja Miem het klaar van die verdwyning vertel wat die oorsaak van die spanning is. √

OF

Nee Terwyl Konstabel in Miem se huis is, bly die onheil/vrees/spanning teenwoordig. √

1 1

Page 49: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 25 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

15.7 In Teks A is die verwagting dat Konstabel wat ’n geregsdienaar is, ook na die

meisies sal soek. √ Miem spreek Konstabel direk in reël 2–6 in Teks B aan wanneer sy aan Konstabel sê dat hulle oor die verdwynings praat. √

EN

Konstabel noem dat hy al baie dinge kon uitsnuffel; dus ook die meisies. √ Terwyl Konstabel voorgee om die vroue te beskerm, gaan hy vir Meisie se verdwyning verantwoordelik wees. √

1 1 1 1

15.8 Meisie is bang vir die wind wat buite waai, terwyl die eintlike gevaar in die huis is. √

1

15.9.1 Sannie se ma en Miem het albei ipekonders. √

1

15.9.2 Ja Albei meisies word emosioneel deur hul ma’s gemanipuleer./Albei meisies is in hul omstandighede vasgevang en kan nie ontsnap nie. √ Bevryding √ “sirkusmusiek” √

1 1 1

15.10.1 Gabriël √ Gabriël is moontlik bewus van die gevaar wat die vreemde man in die huis bring./Gabriël is moontlik gefrustreerd omdat hy niks aan die gevaarlike situasie in die huis kan doen nie. √

1 1

15.10.2 Terwyl Miem se woorde gerusstellend is, is die kreet angsbevange. √

1

25

TOTAAL AFDELING C: 25 GROOTTOTAAL: 80

Page 50: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 26 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD Interpretasie van onderwerp Diepte van argument, verantwoordbaarheid en insig in teks 7 PUNTE

6–7 5 4 3 0–2 Diepgaande interpretasie van onderwerp -Reeks treffende argumente wat behoorlik uit die gedig gerugsteun is -Uitstekende begrip van die genre en gedig

-Toon begrip van die onderwerp en het die onderwerp goed geïnterpreteer -Respons redelik gedetailleerd -Enkele deeglike argumente gegee, maar nie almal ewe goed gemotiveer nie -Begrip van genre en gedig duidelik

-Redelike interpretasie van die onderwerp. -Enkele goeie punte ter ondersteuning van die onderwerp -Enkele argument word ondersteun, maar bewyse nie altyd oortuigend nie -Basiese begrip van genre en gedig

-Onbevredigende interpretasie van die onderwerp -Byna geen punte wat die onderwerp ondersteun nie -Onvoldoende begrip van genre en gedig

-Geen begrip van die onderwerp nie -Geen verwysing na die gedig nie -Leerder het nie die genre en gedig onder die knie nie

STRUKTUUR & TAAL Struktuur, logiese vloei en aanbieding Taalgebruik, toon en styl gebruik in opstel 3 PUNTE

3 2 1 1 0

-Samehangende struktuur -Argumente goed gestruktureer en daar is duidelike ontwikkeling -Taalgebruik, toon en styl is volwasse, dit beïndruk en is korrek -Grammatika, spelling en punktuasie feitlik foutvry

-Duidelike struktuur en logiese vloei van argument -Vloei van argument kan gevolg word -Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek

-Enkele bewyse van struktuur -’n Goed gestruktureerde logiese vloei en samehang ontbreek in die opstel -Geringe taalfoute; toon en styl meestal gepas

-Struktuur toon tekens van swak beplanning -Argumente nie logies gerangskik nie -Taalfoute beduidend -Toon en styl nie geskik nie

-Struktuur swak -Ernstige taalfoute -Foutiewe styl

VERSPREIDING VAN PUNTE

9–10 7 5 4 0–2

Page 51: GRAAD 12 - besteducation.co.zabesteducation.co.za/resources/Afrikaans/Graad-12/Vraestelle/Feb-2016/... · vraag 6: die kwart-voor-sewe-lelie – literÊre opstel Die newekarakters

Afrikaans Huistaal/V2 27 DBE/Feb.-Mrt. 2016 NSS – Memorandum

Kopiereg voorbehou

AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende INHOUD Interpretasie van onderwerp Diepte van argument, verantwoordbaarheid en insig in teks 15 PUNTE

12–15 9–11 6–8 4–5 0–3 -Uitsonderlike respons: 14–15 Uitstekende respons: 12–13 -Diepgaande interpretasie van onderwerp -Reeks treffende argumente wat behoorlik uit die roman/drama gerugsteun is -Uitstekende begrip van die genre en teks

-Toon begrip van die onderwerp en het die onderwerp goed geïnterpreteer -Respons redelik gedetailleerd -Enkele deeglike argumente gegee, maar nie almal ewe goed gemotiveer nie -Begrip van genre en teks duidelik

-Redelike interpretasie van die onderwerp; nie alle aspekte in detail ondersoek nie -Enkele goeie punte ter ondersteuning van die onderwerp -Enkele argument word ondersteun, maar bewyse nie altyd oortuigend nie -Basiese begrip van genre en teks

-Onbevredigende interpretasie van die onderwerp: byna geen aspekte in detail ondersoek nie -Min punte wat die onderwerp ondersteun -Baie min relevante argumente -Weinig begrip van genre en teks

-Geen begrip van die onderwerp nie -Swak poging om die vraag te beantwoord -Argumente oortuig nie -Leerder het nie die genre en teks onder die knie nie

STRUKTUUR & TAAL Struktuur, logiese vloei en aanbieding Taalgebruik, toon en styl gebruik in opstel 10 PUNTE

8–10 6–7 4–5 2–3 0–1 -Samehangende struktuur -Uitstekende inleiding en slot -Argumente goed gestruktureer en daar is duidelike ontwikkeling -Taalgebruik, toon en styl is volwasse, dit beïndruk en is korrek

-Duidelike struktuur -Logiese vloei van argument -Inleiding, slot en ander paragrawe samehangend georganiseer -Taalgebruik, toon en styl is grootliks korrek

-Enkele bewyse van struktuur -Logika en samehang is duidelik, maar met foute -Enkele taalfoute; toon en styl meestal gepas -Paragrafering meestal korrek

-Struktuur toon tekens van swak beplanning -Argumente nie logies gerangskik nie -Taalfoute beduidend -Toon en styl nie geskik nie -Paragrafering foutief

-Gebrek aan beplande struktuur belemmer vloei van argumente -Taalfoute en foutiewe styl laat hierdie skryfstuk misluk -Styl en toon nie geskik nie -Paragrafering foutief

VERSPREIDING VAN PUNTE

20–25 15–19 10–14 5–9 0–4