12
TEL: 058 - 303 5411 WOENSDAG 30 OKTOBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE Koerant met hart The paper with heart I Samel DIE jaarlikse Oktoberfest wat deur die Tafelronde Bethlehem aangebied word, is Saterdag in die Frontier Inn and Casino ge- hou. Die rugbywedstryd tussen die Haaie en Stormers is op ’n grootskermtelevisie vertoon en met Eisbein en bier daarby het gaste hulle terdeë geniet. Tafel- ronde gaan die geld wat ingesa- mel is vir liefdadigheid gebruik. Die Tafelaars is van links, voor: Derick Maree, Muller Janse van Rensburg, Alwyn Shields en Jo- han Roos (voorsitter); agter: Wessel de Bruin, Rudi van Vuur- en, Adriaan Cilliers, Werner Engelbrecht, David Breeds, Mi- chael Wheatley, Tella Har- ris en Theuns Fourie. ) Nog foto’s is te sien op www.malutinews.co.za. Lynda Greyling WOENSDAGOGGEND het mense ge- sien hoe word veiligheidshekke by ’n huis afgehaal om in te breek net om later te hoor die inbrekers kan nie in hegtenis ge- neem word nie. Volgens sakelui en inwoners besorg die woonhuis in De Leeuwstraat 21, wat digby die Mediclinic Hoogland en Corona geleë is, inwoners al geruime tyd proble- me. Dit is nie net die water wat gereeld oor die oorgeboude pad stroom nie, maar die bedrywighede wat by die huis aangaan. Die huis, wat na bewering aan ’n Indiër-sakeman van Fouriesburg be- hoort, staan al geruime tyd leeg. Die mense, wat om veiligheidsredes nie hul name genoem wil hê nie, het gesien hoe drie mans en ’n vrou die dubbelveilig- heidshek begin afbreek. Die polisie is ge- bel. Hulle het intussen die vier dopgehou, foto’s van hul bedrywighede geneem en steeds is gewag vir die polisie om te kom. Moedeloos het een Maluti gebel. Die polisie het net voor Maluti by die huis op- gedaag. Die drie mans het weggekom, maar die vrou was te stadig. Een van die polisiemanne het met die vrou gepraat en haar laat gaan. Volgens die polisie- man moet die eienaar van die huis ’n klag indien voordat die inbrekers in hegtenis geneem kan word. Maluti het verder gaan ondersoek in- stel. Daar is al vantevore ingebreek en alle aanduidings is dat die huis deur leeg- lêers bewoon word. Oral lê leë gom- blikkies. In die sitkamer is vuur gemaak. In die slaapkamers lê vuil klere, kartonne en papiere waarin kos was en eierhou- ers. Van badkamers is daar nie meer sprake nie. Dit wat nie gebreek is nie, is verstop. Ontlasting lê oral, selfs in die hoof- slaapkamer. Buite is daar ’n stukkende swembad, bossies groei daarin en die water daarin is groen en slymerig. Die saak is intussen op die sektorpoli- siëringsvergadering, wat Hospitaalheu- wel insluit, onder inwoners en die polisie se aandag gebring. Maluti het intussen by die Dihlabeng- munisipaliteit navraag gedoen om uit te vind of dit ’n gesondheid- en veiligheids- gevaar inhou en wie die eienaar is om hom om kommentaar te kontak. Teen druktyd is nog geen antwoord ontvang nie. ) Sien foto op www.malutinews.co.za. SÓ lyk een van die slaapkamers in die huis. gesellig geld in Leë huis onooglik, skep probleme

Maluti 20131030

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Maluti 20131030

Citation preview

Page 1: Maluti 20131030

TEL: 058 ­ 303 5411 WOENSDAG 30 OKTOBER 2013 WWW.MALUTINEWS.CO.ZA FREE

Koerant met hart The paper with heartI

Samel

DIE jaarlikse Oktoberfest watdeur die Tafelronde Bethlehemaangebied word, is Saterdag indie Frontier Inn and Casino ge­hou. Die rugbywedstryd tussendie Haaie en Stormers is op ’ngrootskermtelevisie vertoon enmet Eisbein en bier daarby hetgaste hulle terdeë geniet. Tafel­ronde gaan die geld wat ingesa­mel is vir liefdadigheid gebruik.Die Tafelaars is van links, voor:Derick Maree, Muller Janse vanRensburg, Alwyn Shields en Jo­han Roos (voorsitter); agter:Wessel de Bruin, Rudi van Vuur­en, Adriaan Cilliers, WernerEngelbrecht, David Breeds, Mi­chael Wheatley, Tella Har­ris en Theuns Fourie.) Nog foto’s is te sien opwww.malutinews.co.za.

Lynda Greyling

WOENSDAGOGGEND het mense ge-sien hoe word veiligheidshekke by ’n huisafgehaal om in te breek net om later tehoor die inbrekers kan nie in hegtenis ge-neem word nie.

Volgens sakelui en inwoners besorgdie woonhuis in De Leeuwstraat 21, watdigby die Mediclinic Hoogland en Coronageleë is, inwoners al geruime tyd proble-me. Dit is nie net die water wat gereeldoor die oorgeboude pad stroom nie,maar die bedrywighede wat by die huisaangaan.

Die huis, wat na bewering aan ’nIndiër-sakeman van Fouriesburg be-hoort, staan al geruime tyd leeg. Diemense, wat om veiligheidsredes nie hulname genoem wil hê nie, het gesien hoe

drie mans en ’n vrou die dubbelveilig-heidshek begin afbreek. Die polisie is ge-bel. Hulle het intussen die vier dopgehou,foto’s van hul bedrywighede geneem ensteeds is gewag vir die polisie om te kom.

Moedeloos het een Maluti gebel. Diepolisie het net voorMaluti by die huis op-gedaag. Die drie mans het weggekom,maar die vrou was te stadig. Een van diepolisiemanne het met die vrou gepraaten haar laat gaan. Volgens die polisie-man moet die eienaar van die huis ’n klagindien voordat die inbrekers in hegtenisgeneem kan word.Maluti het verder gaan ondersoek in-

stel. Daar is al vantevore ingebreek enalle aanduidings is dat die huis deur leeg-lêers bewoon word. Oral lê leë gom-blikkies. In die sitkamer is vuur gemaak.In die slaapkamers lê vuil klere, kartonne

en papiere waarin kos was en eierhou-ers. Van badkamers is daar nie meersprake nie. Dit wat nie gebreek is nie, isverstop.

Ontlasting lê oral, selfs in die hoof-slaapkamer. Buite is daar ’n stukkendeswembad, bossies groei daarin en diewater daarin is groen en slymerig.

Die saak is intussen op die sektorpoli-siëringsvergadering, wat Hospitaalheu-wel insluit, onder inwoners en die polisiese aandag gebring.Maluti het intussen by die Dihlabeng-

munisipaliteit navraag gedoen om uit tevind of dit ’n gesondheid- en veiligheids-gevaar inhou en wie die eienaar is omhom om kommentaar te kontak. Teendruktyd is nog geen antwoord ontvangnie.) Sien foto op www.malutinews.co.za. SÓ lyk een van die slaapkamers in die huis.

geselliggeld in

Leë huis onooglik,skep probleme

Page 2: Maluti 20131030

2 MALUTI, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

Grondverskuiwing&600TSkrootmetaal

property|w

heels|m

ovablesaucor.comVOORWAARDES: Elke koper moet registreer om te kan bie. ‘n Terugbetaalbare registrasiedeposite van R20 000 is betaalbaar per EFO. GEEN KONTANT! Alle aanbiedinge sluit

BTW uit. Bekragtigingsperiode van 24 uur na sluiting van veiling. Bewys van adres en ID benodig vir FICA-registrasie. 10% Koperskommissie plus BTW is betaalbaar.Onder-hewig aan verandering sonder voorafkennisgewing. Reëls van die veiling, volledige besondrehede, Registrasievorm, ens beskikbaar opwww.aucor.com.

Besigtig opPerseel: PERAFSPRAAKAanlynbesigtiging: www.aucor.com

BieëryOpen: 4NOVEMBERom08H00Bieëry Sluit: 6NOVEMBERom12H00Persele: Sishen & Hotazel MangaanMyne

- 2005 Komatsu PC 1250-7 Masjiengraaf- 2x CAT 834B Stootskrapers- 2x CAT 834B Kabelhanteermasjiene- +/- 500T Mangaan Klipbrekerbekleding- +/- 80T Tungsten Boorkoppe- CAT 988 Laaigraafbak- 2x CAT 777 Laaibakke- 2x 300m Rolle Staalkoordvervoerband (nuut)- 2x 300m Rolle Staalkoord 1600 Platvervoerband (nuut)

- 1x 300m Rol 1600/4 Platverboerband (nuut)- 7x Mercedes Axor 2628 & 1823 Transmissies (nuut)- 9x 11 000 Volt Skakelaars op Trekstangtipesleepwaens- 14x 11000 Volt Skakeltuie

Internetveiling

Behoorlik gelas deur die betrokke myne, sal Aucor die volgende per internetveiling verkoop:

Jacques van der Linde: 082 444 4088Registeer, Bie&Besigtig by:

www.aucor.com

PIET VAN NIEKERK (64) van dieplaas Mullersvlei is verlede Woens-dag dood toe sy trekker van ’n walgeloop, omgeslaan en op homgeval het.Die voorval het sowat 400 m van

sy huis af gebeur.Van Niekerk het laat Dinsdagmid-

dag landerye toe gegaan om diegrond te bewerk. Sy vrou, Annetjie,het hom later die aand probeer bel,maar vergeefs, omdat die netwerk-sein op die plaas swak is.Sy is gewoond daaraan dat hy

die nag deur werk en eers dievolgende oggend huis toe kom. Ditis hoekom sy nie gaan kyk hetwaar hy is nie.Sy het vroegoggend haar seun,

Pieter, gestuur om vir hom koffie tebring. Dit is toe dat hy op die

toneel afgekom het waar die trekkerop sy pa gelê het.Paramedici is na die toneel

ontbied, maar Van Niekerk is op dietoneel dood.Spesiale toerusting moes gebruik

word om die trekker te lig en sy lykuit te haal.Die familie is erg geskok.Van Niekerk het 45 jaar geboer

en was drie jaar ’n boer op diéplaas.Van Niekerk word deur sy vrou,

Annetjie, twee seuns, Pieter enJohan, ’n dogter, Lorinda, asook driekleinkinders, oorleef’n Gedenkdiens is Saterdag in die

Daniëlsrus-boerevereniging se saalgehou.

WILLEM RETIEF (90), ’n bekendeboer van Kestell, is onlangs ná ’nkort siekte oorlede.Hy het tot kort voor sy siekte op

die plaas Annondale geboer. Hywas baie lief vir perd ry en het totop 85-jarige ouderdom perd gery.Hy het tydens die Groot Trek-

feesviering perd gery, maar het ditveral geniet om saam met sy klein-seun, Johan, te gaan perd ry.Hy en sy vrou, Annette, was by-

kans 54 jaar getroud.’n Gedenkdiens is in die NG kerk

Kestell gehou.Hy is op die plaas be-grawe. Hy word deur sy vrou, An-nette, dogter, Gerda Büter, skoon-seun, Gerard, van Standerton, dog-ter, Riani, en skoonseun,Janneman Marx, kleinkinders, Wil-

mé en JohanMarx, Anel Flack enRené Smit, en drie agterkleinkin-ders, AJ en Carol Smit en Jean-Roux Flack, oorleef.

2 November: Engose Charlotte Theron-kinderhuis (CTK) sejaarlikse basaar wordom 08:00 op die NG

moedergemeente se kerkterrein gehou.6 November: Die Bethlehem-tuinbouklub

vergader. Lede besoek Nancy Eksteen sekruietuin. Diegene wat belangstel om dit by tewoon kan om 09:15 by die Bethlehem GardenWorld bymekaarkom, waarna na die Eksteensop die MaryAnn-kleinhoewes naby Christen-burg vertrek word. Die vergadering begin om09:30.9 November: Jaarlikse Paloekadag om

11:00 by die Bethlehem-tennisklub. Almal wat’n raket kan vashou, kan kom saamspeel. Diedag word deur die Prime Stop- en Riemland-vulstasies, asook Life Water, geborg.

Gedenkdiens vir boer gehou

PIET VAN NIEKERK

Plaas laaste rusplek

WILLEM RETIEF

Page 3: Maluti 20131030

MALUTI, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013 3

Lynda Greyling

BETHLEHEM was die 92ste dorp wat ’n Kape-naar, Conrad Thysse, aangedoen het ommen-se bewus te maak dat gestremdes ook menseis wat kan werk.Thysse (41), wat aan die oogsiekte Retinitis

Pigmentosa (RP) ly, is tans in die tonnelfasemet slegs 14% sig oor. Ná sy pa, Phillip, sedood kon hy nie saammet sy broers die kis dranie.Dit het hom aangespoor om met ’n projek,

Brood vir my Broer, te begin. Volgens hom isdit ’n produktiwiteitstaptoer waartydens hy 100dorpe saammet sy hulp, Kensley Less, besoekom aan sakelui en inwoners die boodskap telaat dat gestremdes nie van skenkings willeef nie, maar dat hulle eerbare werk kandoen.Tans het slegs sowat 1% gesiggestremdes

werk.Wanneer Thysse-hulle by ’n besigheid aan-

kom, dink die mense hulle kom met ’n sken-kingslys. “Dit is glad nie die geval nie.”Hy verkoop ’n netjiese vakuumverpakte

snoeppakkie met ’n knipmes daarby om hulkoste te dek. Thysse maak self die biltong,maar die droëvrugte en droëwors koop hy.Hy het sowat twee jaar gelede met die toer

in die Kaap begin.Tussendeur is hy huis toe om weer snoep-

pakkies temaak omvoort te kan gaan.Die tweehet dan bus gery tot by die volgende plek waarhulle wou wees.Hulle het onder meer SolomonsMica aange-

doen. Hulle sou hierna Paul Roux, Senekal enWelkom besoek voordat hulle terugkeer Kaaptoe.Die laaste paar plekke voordat hulle die hon-

derdtal bereik, is in die omgewing van Pretoria.) Thysse is met Yolandi, ’n apteek-assistent,getroud. Die egpaar het drie seuns, Ruan (17),Makyle (10) en Juan (6). Die oudste twee speelgraag rugby.

Gestremdes kan ook werkCONRAD THYSSE (regs), ’n gesiggestremde van Bellville, en sy helper, Kensley Less, is tansbesig met ’n bewusmakingsveldtog deur 100 dorpe te besoek. Bethlehem was die 92ste dorpwat hulle aangedoen het.

Skenk kompetisiegeld

DIE Afrikaanse Private Skool op Bethlehem het verlede week R17 400 aan Kansa oorhan­dig. Die geld is met sy Mielieboer van die jaar­kompetisie ingesamel.

DIE Afrikaanse Private Skool op Bethlehem het die eerste keer ’n mielieboerkompetisieaangebied. Die drie boere wat die meeste mielies per hektaar gelewer het, het elk op’n geselligheid in die Park­hotel ’n eerbewys ontvang. Hier is hulle van links Dirk Viljoen(derde), Willie Terblanché (tweede), Ockert Bosch (eerste) en die skoolhoof, Leon du Ples­sis. Die eerste prys is ’n vakansie vir tien dae in Phoeket in Thailand, die tweede prysdrie dae by die Victoria­waterval en die derde prys is drie dae in die Mondazur­hotel aandie Suidkus. Foto’s: Marguerite Vermeulen

Page 4: Maluti 20131030

4 MALUTI, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

Bou brûe tussen mense“ONS moenie aan ons-self dink nie. Elkeen vanons moet aan ons naastedink en aan wat vir homgoed is . . . ” – Romeine5:1 tot 6.Die dorpsraad van ’n

plattelandse dorp het ’n dik waterpyp oor ’ndiep, lang sloot gelê om ’n woonbuurt vanmeer water te voorsien. Nie lank nie of diewoonbuurt se inwoners, veral die kinders,begin tot ergernis van die raadslede oor diewaterpyp kortpad dorp toe en skool toe stap.Die lopery oor die pyp beteken nie net skadeaan die pyp nie, maar hou ’n gevaar in.’n Raadsvergadering is belê om vir die nu-

we probleem ’n oplossing te kry. Een raads-lid stel voor doringdraad moet om die pypgedraai word.“Lemmetjiesdraad,” verbeter ’n ander

raadslid die eerste voorstel.“Lang, skerp penne moet onder in die

sloot ingeplant word. Dit sal die mense af-skrik,” is ’n ander voorstel.Toe daar stilte kom, nadat al die afskrik-

planne oorweeg is, vra ’n raadslid, wat heel-tyd in stilte na alles geluister het, ook ’nspreekbeurt.“Ons is verantwoordelik vir ons dorps-

mense se veiligheid en gerief.Diemisbruik vanonswaterpyphet getoon daar is ’n behoefteaan so ’n kortpad. Ek stel voorons versterk die pyp en bou ’nbrug oor die pyp met relingsaan die kante vir veiligheid.”

Sy voorstel is eenparig aanvaar.Dit is dikwels vir ons moontlik om vir ie-

mand anders ’n brug te bou óf om vir hom’n hek op te rig. Psalm 15 beskryf ’n manin so ’n geëerde posisie: “Wie mag op u heil-ge berg vertoef? Hy wat doen wat reg is, niekwaadpraat nie, sy medemens nie kwaadaandoen nie.” God het ’n groot behae in ’nmens wat aan ’n ander goed doen.Die hekoprigter is gewoonlik iemand wat

ontevrede is en sy eie ontevredenheid na ’nander oordra en nog meer ontevrede word.Die brugbouer is iemand wat en tevrede

is en sy ruimhartigheid ten goede laat oor-vloei na ’n ander en dan in sy eie hart nogmeer tevrede word. “Moenie ’n weldaadweerhou terwyl dit in jou mag is om dit tebewys nie.” (Spreuke 3:27). “Solank ons diegeleentheid het, moet ons dus aan almalgoed doen.” (Gal.6:10).– www.kragvirvandag.co.za deur ds. Ma-nie Colyn.

Aand bly net verrasLynda Greyling

DIE uitnodiging hetaangedui die betrokkeinstansie se lede moetseremoniële drag dra,terwyl die ander gaste(mans) formele drag envroue netjiese drag moes dra.Die uwe het net so vinnig na die uitnodi-

ging gekyk en met netjiese werkkleregegaan.En toe dra almal netjiese aanddrag. My

eerste fout.Ek het lanklaas so ’n geleentheid beleef.

Daar is voor die ete verduidelik die aandgaan volgens sekere protokol geskied. Asdie “president” staan, staan almal, as hygaan sit, kan jy ook gaan sit, ensovoorts.Sjerrie is bedien, maar jy is nie toegelaat

om jou glas in die eetsaal in te neem nie.Jy kon nie sommer enige plek sit nie. Jy isook nie toegelaat om tydens die eteverskoon te word nie. Indien jy enigeoortreding begaan, sou jy aan die eindevan die aand “gestraf” word.

So hier en daar het iemandoortree.Aan die einde van die

maaltyd is ’n bottel portomgestuur. Ons is aangesêom die bottel met ons regter-hand te neem, die prop metons linkerhand af te haal en te

skink. Nou ja, hier het die moeilikheidbegin. Baie kon nie onthou in wattervolgorde dit gedoen moes word nie. Ek hetnog gedink om die bottel met my regter-hand te neem, toe die man langs my soewe vir my skink . . . galante heer . . . Netjammer dit was nie wat ons moes doen nie.En toe kom ’n toespraak van ’n hoogge-

plaaste. Ek weet nie of dit die sjerrie, wynof port se skuld was nie, maar eerstenswas dit skielik te donker om te lees, toeword vertel hy het die toespraak selfgeskryf. Met behulp van ’n selfoonliggie wataan en af flikker, is die toespraak gehou– en die boodskap is herhaal, herhaal enherhaal. . . . en ons moes maak asof onsluister. Ek wonder of dit so op sy geskrewebladsy gelyk het.

Raak betrokke by kerkfeesPIETER OLIVIER, sa-meroeper: kerkfeesko-mitee, Bethlehem:

BETHLEHEM is 150jaar gelede op 27 Febru-arie 1864 as ’n “kerk-plaats” gestig.Afgesien van enige feestelikhede wat die

stadsraad beplan, het verteenwoordigersvan die plaaslike Christen-gemeentes on-langs besluit om ’n kerkfees te reël en omsover moontlik met die stadsraad saam tewerk.Namens die Bethlehem-150-jaar-kerk-

feeskomitee bring ek die volgende onder al-mal se aandag en vra mooi om samewer-king.Die dorp, wat Bakenpark en Bohlokong

insluit, moet in alle opsigte skoon, heel, net-jies en mooi vertoon. As ons dít regkry, salons dit so kan hou. Daar rus dus ’n groottaak op die munisipale personeellede seskouers om aandag aan elke straat, park,oop terrein, munisipale gebou, gedenkte-ken, sportveld, begraafplaas en andere teskenk. Nie later nie maar van nou af.Die burgemeester het onlangs op ’n

raadsvergadering gesê die stadsraad be-plan om die gebeurtenis luisterryk te vier.Elke inwoner kan help om Bethlehem

weer die mooiste, skoonste en netjiesstedorp in die Vrystaat te maak. Ek vra elkehuisbewoner, sakepersoon, nyweraar enhoof van staats- en ander instansies om ’nslag van oorkant die straat na hul eiendom-me te kyk en self iets te doen om die aansigdaarvan te verbeter.Melddie volgendeskrif-telik by die munisipale bestuurder aan envolg dit gereeld op totdat dit reggestel is:slaggate, beskadigde plaveisel en randste-

ne, bome in die straat watversorg of vervang moetword, gebrekkige padmer-king, beskadigde en afwesi-ge straatnaamborde en pad-aanwysings, parkeermeters,skewe pale, rommelstrooi-ing, vandalisme en gevaarli-

ke plekke (soos mangatdeksels wat verwy-der is).Maak werk daarvan dat elke kerkgenoot-

skap, skool, koor, sanggroep, inrigting,staatsdepartement, sport-, diens- en kul-tuurinstansie, klub, firma, sakeondernemingen nywerheid iets spesiaals in 2014 doenof geldelik steun en borg sodat ons almalbetrokke kan raak. Gebruik die getal 150 endele en veelvoude daarvan (soos 150, 300,75, 15, 10, 5) om iets aan te bied.Enkele ideeswat vir die kerkfees oorweeg

word, is dat al die kerkklokke op 27 Februa-rie van 06:00 af gelui word en dat daar na-middag ’n kerkdiens en ’n teeparty met tee,koffie en koek vir die hele gemeenskap indie Bethlehem-Wes-moederkerkkompleksaangebied word. ’n Reusekoek van 5 x 3 mword hiervoor verlang en ’n borg daarvoorsal gewaardeer word.Daar is goeie aanduidings dat die Passie-

spelkomiteeweer ’n produksie opdie plankesal bring om ook die tiende verjaardag vandie Bethlehem-Christusfees te herdenk.Die twee komitees werk nou aan die ge-

dagte om oor die Paasfees ’n Nagmaalna-week te reël.Soos van ouds sal kerkgangers die Vry-

dag, Saterdag en Sondag op die Bethle-hem-Wes-moedergemeente se kerkterreinin tente en woonwaens kan kampeer.Die kerkfeeskomitee verwelkom enige

idees en voorstelle.

deur

Lynda Greyling

Geesgenoot

Briewe /

Letters

Regstelling

IN die vorige Maluti is berig dat Anton Bothasedert Desember 2012 die bestuurder van Por­ters Auto in Bloemfontein is. Hy is egter vanDe­sember 2010 af die bestuurder.

IN verlede week se Maluti is Zack du Preez senaam verkeerdelik as Zack du Plessis gepubli­seer. Maluti vra om verskoning vir die fout.

Hulp vir vrou, man benodigANNA KLOKOW:

’n LID van ons familie, Anja Lessing,woon op Brandfort. Sy is gestremd.Brandfort ondervind gereeld waterpro-

bleme.Is daar nie dalk iemand wat ’n watertenk

het om aan haar te skenk nie? Sy is nie gel-delik daartoe in staat om self een te koop

nie.My tweelingsuster se man het kanker en

moetweensdie siekte doekedra.Hul pensi-oen is karig en diemeeste van die geldworddeesdae gebruik om doeke te koop. Indienenigiemand oortollige ekstragroot doekehet of wil skenk, kan hulle my gerus kontak.Ek sal dit baie waardeer.My nommer is 083-301-9809.

Vir meer foto’s en nuus gaan nawww.malutinews.co.za

DIE Sonskyn­dienssentrum op Bethlehem het bejaardes Woensdag vermaak. Die sentrum hetmet Trevor Nasser, ’n musikant, gereël om daar op te tree en die bejaardes is met verversingsbederf. Van links is, voor: Tina Collins, Poppie Koen en Cathy van Niekerk; agter: Ans Pohl,Trevor Nasser en Henry Brooks. Foto: Marguerite Vermeulen

Page 5: Maluti 20131030

MALUTI, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013 5

Vereer vir puik diensKARIN SCHWIM, prinsipaal van Fine andCountry op Bethlehem, het op die Fine andCountry­ internasionale sake­eerbewyspleg­tigheid in die Alphen Boutique­hotel in Kaap­stad die eerbewys vir die beste kliëntediens vir2013 ontvang. Van links is David Lindley (Fineand Country: Verenigde Koninkryk) KarinSchwim (Fine and Country: Bethlehem) en Lin­da Erasmus (uitvoerende hoof van Fine andCountry: Suid­Afrika). Foto: Verskaf

DIE vrye ontwikkeling in die blommekunswas die tema van die Immergroen­blom­mekunsklub se byeenkoms wat op Beth­lehem gehou is. Verskeie lede het de­monstrasies gelewer. Marie Wagner hetdie mooi van andersheid en die respekvir eenvoud wat salf vir die siel bied optwee verskillende, besonderse wysesgedemonstreer. In die een rangskikkingis onder meer mieliestronke en ’n ko­ningsprotea gebruik, terwyl sy met dieander rangskikking onder meer eierdop­pe met tee gekleur en gebruik het. Nogfoto’s is op www.malutinews.co.za tesien. Foto: Lynda Greyling

PETOODENDAAL van die Immergroen­blommekunsklub het nie net ’n demon­strasie gelewer nie, maar verskeie tafelsgedek om idees vir die naderende fees­tyd te verskaf. Met blomme wat duurderword, het sy verskeie wenke gegee omgeld te bespaar.

Vertoonblomme

Page 6: Maluti 20131030

6 MALUTI, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

DIE Frontier Inn and Casino het nou ’n nuwe ingang van die Dihlabeng Mall se kant af. Met ’n geplaveide paadjietot by die sentrum se parkeerterrein is die Frontier Inn and Casino nou binne loopafstand van die sentrum af.

Wen Spur­kompetisieLETICIA VAN HEERDEN (middel) is die wenner van die Spur­kompetisievir September. Al wat sy gedoen het, was om haar strokie ná ’n ete in dieGolden Gate Spur vir die trekking in die houer te plaas. Hier wens die Spurse Linton Bolters en Samuel Mofokeng haar geluk met die naweek vir tweemense se verblyf in die Frontier Inn and Casino en die Metcourt­hotel.

GESTEL jy sit met ’n skemerkelkieof bier in die hand en bewonder dieOos-Vrystaatse sonsondergang.ByGoldenGateSpur kan ’nmens

laatmiddag só die sonsondergangop hul nuwe stoep bewonder. Diegewilde eetplek wat by die FrontierInn&Casino geleë is, het nou ná by-kans sewe jaar, vergroot om nou309 mense te huisves.Die voormalige stoep is toegebou

en ’n nuwe stoep is aangebou.Vir ouers wat daar kom eet, is

daar nou ’n nuwe buitespeelplek virhul kindersomnahartelus tebaljaar.Daar is ’n klimraam, wipmatte en

iets waarna menige sal uitsien, ’nseerowerboot waarop na hartelusgeklouter en gespeel kan word.Daar is ’n opgeleide personeellid

wat ondermeer oor ’n noodhulp-ser-tifikaat beskik, indien daar iets sou

gebeur.Daar is genoeg plek om kinder-

partytjies te hou. Met Golden GateSpur se Kiddies-combo, met ’nheerlike ete en speelding, is dit be-slis die moeite werd.Daar is ook ’n verskeidenheid ge-

regte op die spyskaart vir kindersbeskikbaar.Sakelui wat nog nie beplan het

waar hul jaareindgeselligheid gehougaan word nie, kan gerus GoldenGate Spur oorweeg. Alwyn Shields,eienaar-bestuurder, sê hulle kanselfs die tafels op die stoep skuif omeen groot tafel te vorm en indien diemense verkies om hul geselligheidbinne te hou, kan die een afdelingspesiaal vir die res van die publiekgesluit wees. Vir jaareindgesellighe-de, asook private geleenthede, belShields by 058-307-6072.

Net die plek vir die gesin, sakelui

ALWYN SHIELDS (links, agter), eienaar­bestuurder van Golden GateSpur by die Frontier Inn & Casino, en van die personeellede.

GOLDEN GATE SPUR se vorige stoep is toegebou. Die gedeelte het groot vensters sodat besoekers die pragtigeuitsig kan geniet.

KLIM, klouter en gly op hierdie prettige seerower­boot by die Golden Gate Spur.

Page 7: Maluti 20131030

MALUTI, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013 7

Page 8: Maluti 20131030

8 MALUTI, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

SOME PEOPLE may have metCalen Thomas, but for those whohaven’t met him, LYNDA GREY-LING of Maluti had a chat withhim.You have been living in

Ficksburg for the past fewyears, but you were not born inSouth Africa. Where are youfrom?I lived in Alaska.Why did you relocate to

Ficksburg?I met Gavin Boy who went to

Alaska to shoot a video and I wasassigned to assist him. I came toSouth Africa to make videos ofthe Highlands Water Project andthe Katse Dam. This video is stillshown to people visiting the dam.Since then I’ve been living inFicksburg.What else do you do?I make chocolates. I used to

make my family’s candies for theholidays. Chocolate-making soonbecame a passion, a craft I firstlearnt under the tutelage of mymother, Callie, and a friend, JuneBurson. I also trained with Belgianchocolatiers based in Alaska andwith Lindt chocolatiers in SouthAfrica. I use a combination ofBelgian and Lindt chocolate tomake my own unique-tastingchocolates. All the chocolates arehandcrafted and to ensure thebest quality all the chocolates aretempered. One of my specialitiesis hand-made truffles made with

either dark or white chocolate witha variety of flavours – from a chillito an Amarula in a butter cream.There is an array of hand-filleddark, milk or white chocolates as

well as a range of mouth-wateringganache and pralines.Where can the chocolates be

bought? There is a shop inClarens and at various festivals.

Chocolate-making a passion

CALEN THOMAS and Gavin Boy.

IN recognition of outstanding service, commitment and excellence in the fieldof community engagement the University of the Free State (UFS) has awar­ded the vice­rector’s award to the executive mayor, Tjhetane Mofokeng, forhis excellent leadership as mayor of the Dihlabeng Municipality in creatingand supporting various educational interventions to the benefit of the locallearners and educators, as well as his leadership in unifying residents throughthe social cohesion project in partnership with the UFS. Councillor Job Tsha­balala, MMC for Finance, received the award on behalf of Mofokeng fromChoice Makhetha, vice­rector: External Affairs. Photo: Supplied

LEN VILJOEN,(middel) ’n blinde sanger van die Kaap, het Woensdag in die Bergprag­aftreeoord opgetree.Links is Mariaan Briedenhann, die nuwe bestuurder, en Tolla van Rensburg, die nuwe matrone van Bergprag.

Verskaf vermaak in aftreeoord

FOR years food connoisseurshave been doing wine and foodpairing, but more recently wineand chocolate pairing is done.One can ask oneself, how

would the chocolate taste or whatwould thewine taste like after youhave had a piece of chocolate.Well, if you eat a piece of choco-late with a certain filling, it can de-finitely enhance the taste of thewine.Gavin Boy from Ficksburg

recently gave a demonstration onwine and chocolate pairing at theBethlehem Expo. He usedLandzicht wines and McKinleyhandmade chocolates.A white truffle enhanced the

rosenblachen, a natural sweeteasily drinkable low alcohol rosèwith perfume, floral rose and softfruity flavours.With chenin blanc, a well-ba-

lanced wine with hints of tropical

fruits, guava and lemon flavours,an orange ganache was used.A pistachio toffolux enhanched

the flavour of a pinotage, a wellbalanced medium-bodied red wi-ne with a ripe plum, sweet berryand fig flavour.The cabarnet sauvignon, a

well bodied easily drinkable redwine with bell pepper, plum, lotsof tannins and black pepper andwooded flavours, is enhanced bycherry ganache.To end the tasting, a blanchen,

a natural sweet soft drinkable lowalcohol wine with perfume, floraland tropical flavours, was servedice cold with a mint ganache cho-colate.In the end it is personal taste

that is the most imporant. Youhave to enjoy the experience.) Visit www.malutinews.co.zato see which food choices canbe paired these with wines.

It is all about tasteA GROUP of guests enjoying wine and chocolate pairing.

LETLOTLOMONTSITSI en Zuanique Theron van Bethlehem­Pathways spogmet nuwe rolstoele, bekend as buggies,wat spesiaal volgens hul grootte vir hulle gemaak is. Zuanique is serebraal gestremd en spasties en Letlotlo het’n waterhofie en is spasties. Die rolstoele, asook karstoeltjies, is spesiaal vir hulle gemaak, aangesien die twee kindersbeperkte beweegruimte het enmeestal in hul rolstoelemoet wees. Die nuwe toerusting is aan dieCare­4­Karla­projek­te danke. Van links is Liz Taljaard met Karla, Zuanique Theron, Liesl Wessels, bekende fisioterapeut en een vandie stigters van die projek, en Letlotlo Montsitisi.

Ontvang hul nuwe stoeltjies

Page 9: Maluti 20131030

MALUTI, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013 9

Marguerite Vermeulen

SEUNS wat by die Charlotte Theron kinderhuis(CTK) inwoon, het ’n nuwe tydverdryf.Willie O’Niell, die terreinbestuurder, neem vol-

gens ’n rooster vrywillige seuns saam wanneerhy sy dagtake verrig.Hulle is tussen 13 en 19 jaar oud en leerlinge

aandieMaluti-Hoogland-skool opdiedorp.Hulleneem praktiese vakke soos metaal-, sweis-,duikklopper-, spuitverf- en skrynwerk by dieskool.“Ek doen beter in my toetse,” sê Doors (18).

Hy neem motorwerktuigkunde en verlede weekhet hy en Frankie (15) gehelp om die bussie sebosbreker te verwyder, te verf en weer terug te

sit. “Ek laaik dit om saam met oom te werk.”Frankie moet volgende jaar kies watter prak-

tiese vak hy aan die skool wil volg. “Die werkgaan help om te kies. Die ander kinders weetniks daarvan nie. Ek gaan sweiswerk kies.”Volgens die rooster neem O’Neill twee seuns

drie agtereenvolgendemiddae.Daar is sowat 20seuns wat belangstel en elkeen kry ’n beurt.Hulle doen nie net dit wat hulle by die skool

leer nie, hulle leer juis ander vaardighede soossweis- of loodgieterswerk aan.“Party van die seuns weet al mooi wat om te

doen, hulle kan dit self doen. Ek kom maar netsaam vir veiligheid,” sê O’Niell.O’Neill het voorheen in Bloemfontein by die

weermag gewerk. Hy is ’n passer en draaier,maar het homself geleer om ook loodgieters- enhoutwerk te doen.“Ongelukkig het ek nie ’n draaibank nie, an-

ders sou ek hulle dit ook geleer het.”Die seuns geniet die herstel- en instandhou-

dingswerk op die terrein. Dit sluit eenvoudige ta-ke soos om ’n gloeilamp om te ruil tot ingewikkel-de sweiswerk in.“Ek help veral die skoolverlaters. Ons rond

hulle vaardighedeaf sodat hullemeer kandoen.”Hy hou daarvan om vir hulle iets te wys wat

hulle nie by die skool leer nie.“Dit is ’n voorreg om saam met dié seuns te

werk. Hulle luister mooi wat ek sê. Hulle is sohulpvaardig.”O’Neill wil ou skrootmetaal gebruik om klimra-

me vir die kleiner kinders te bou.“Ons het al die bordjie vir die speelparkie,

maar ons wil eers die speelpark klaar bou.”Enigeen wat metaal het wat O’Neill en die

seuns kangebruik omdie parkiemee te bou, kandie CTK by 058-307-3700 bel.

Leelinge leer ná ure

WILLIE O’NEILL maak Doors (18) en Frankie(15) touwys. Foto: Marguerite Vermeulen

Bederf met inkopies

DEON VAN RENSBURG (Nashua) en Thia du Toit met klein Simoné Randall (3) in ’n klerewinkelop Bethlehem.

’n GROEP kinders van die Japsnoet­versorgingsoord is Saterdag bederf toe Nashua (die hoof­borg en organiseerder) vir hulle gaan klere koop het. Ná die inkopies is die kinders vermaaken ook vir ete by Japsnoet geneem wat deur die Frontier Inn and Casino geborg is.

Foto’s: Marguerite Vermeulen

Page 10: Maluti 20131030

10 MALUTI, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013

Virmeerfoto’sen

nuus

gaan

nawww.malutinews.co.za

ENGO-KINDER-EN-JEUGSORGsien na nagenoeg 2 500 kinders in dieVrystaat om.Die Vir onsKinders-projekword nou

die vyfde keer aangebied om geldvir dié kinders in te samel.Hyundai borg vanjaar ’n i10 wat

nou teen R20 per kaartjie uitgeloot

word. Kaartjies is tot môre by alleEngo-kantore en -sentrums in dieVrystaat te kry. Bel 051-407-7222of besoek www.engo.co.za.

Hyundai i10 te wen in Engo-trekking

Help só ’n lewe red

LEERLINGE aan die Maluti­Hooglandskool het Vrydag, ter viering van hul kultuurdag met die tema Red ’n lewe, bloedgeskenk. Van links is Jaquline van Straaten (18), Charlene Markgraaff (17), Thabang Khanya (19) en Amund van derMerwe (17). Hulle is almal skoolverlaters. Foto’s: Marguerite Vermeulen

NOG leerlinge wat Vrydag by die Maluti­Hooglandskool op Bethlehem gaan bloed skenk het, is van links Handré deScande (19), José Diamond (17) en Heinrich Molefe (19).

Page 11: Maluti 20131030

MALUTI, WOENSDAG 30 OKTOBER 2013 11

DIE Frontier Inn and Casino het R5 000 vir die Frontier Inn and Casinoen R3 500 vir die Frontier Inn and Casino Bar gewen. Hier is van linksAnthony Oliver (bestuurder), Lizelle Tulleken (bemarkingsbestuurder),Leonard van Schalkwyk (kos­en­drankbestuurder) en Edward Smith (re­keningbestuurder van Bethsab).

LEERLINGE van die Laerskool Jordania het aan die eindronde van die radikale redenaarskompetisie deelgeneem.Hulle is van links Chrizelle Mienie (sesde), Chrisné Kruger (sesde), Theunis Bredenkamp (sesde), Marcu van Dyk(tweede) en Anro Smith (vierde).

CHRISTA STRYDOM en Van Ronn Swartz is as sportvrou en sportman vandie jaar van die Hoërskool Retief op Kestell aangewys. Foto: Babs Storm

OUTYDSETRAPORRELTJIE in wer-kende toestand. Baie mooiopgepas. R4 000 p.m. Malan

072 340 0935.

TOY POM-HONDJIES:9 weke oud, R900. Marie Ru-

dolph (074 805 4739.

Was vansitkamerstelle,

volvloermatte enmotorsitplekke.

Uitsuig van water.Gratis kwotasies.

Skakel

Ronel 082 788 1483

SANDSTONE: Blocks,bricks, cladding, rivens,tiles, etc.Tel. 058 303 4840.12 Archbell Street, Bethle-

hem.

VLOERLENGTETAFELDOEKEKandelareEetgerei. Peto Odendaal,Lombardstr. 7. 058 303 2392.

Flower Fun Kwekery:Dit is planttyd - kry joutuin reg! Nuwe voorraad

vars blomme en vrugtebomebeskikbaar. 058 303 8423.Cambrigestr. 58. By silo's.

Oop Ma. - Sa.

5-ton-trok met toebak virvervoer van meubels en

enige ander. Bethlehem enomgewing. Verskaf drywer.

Skakel 076 158 1438.

My huishulp, Christina,soek werk vir Ma. en/of Do.

Skakel: 082 557 1627.

Benodig die dienste van 'nsekuriteitsbeampte metGraad C en rybewys. Pos be-hels skofte. Faks verkorteCV na 058 303 4422.

122: J J ROSSOUWRekenmeesters//AccountantsBOEDEL WYLE OCSCHMITT7654/2013KENNISGEWING:Boedel wyle Otto ConradSchmitt, boedelnommer:7654/2013.Kennisgewing aan die kredi-teure en debiteure in bestor-we boedels.In die boedel van wyle OttoConrad Schmitt,identiteitsnommer:490206°5025°085, van dieplaas Besterskop, Bethle-hem, oorlede 2013/07/02,boedelnommer: 7654/2013.Kennis geskied hiermee aanalle persone met vorderingsteen bogemelde boedel omdit binne 30 dae vanaf datumvan publikasie hiervan bydie ekeskuteur hieronder ge-meld te lewer.Geteken op Bethlehem opdie 24ste dag van Oktober2013.NAAM EN ADRES VANAGENTAM ROSSOUWPOSBUS 1345BETHLEHEM9700TEL. 058°303°6418

Page 12: Maluti 20131030

SportSportKoerant met hart The paper with heartI

Neem aan jaarlikse pretstap deelNÁ die welkome reën Vrydagaand het menige stapper vroeg Saterdagoggend aan Kansa se jaarlikse pretstap vir die bewusmaking vanborskanker gestap. Vanjaar se pretstap het by die NG kerk Bethlehem­Oos begin en geëindig. Sien nog foto’s by www.malutinews.co.za.

DIE spelers wat spesiale eerbewyse ontvanghet, was Connie Claassen, AB Motsamai (kap­tein), Corné van der Merwe, Mike Otto en JacoFourie (spanbestuurder). Foto: Verskaf

’n VELDBRAND aan die linkerkant vanPlatberg het atlete wat aan die jaarliksePlatberg-wedloop deelneem, asook dieorganiseerders, in ’n stadium baie benoudgehad, want dit was baie winderig.

Gelukkig was al die atlete reeds van dieplat gedeelte van die berg af met diebrand. Die laaste atlete is gemonitor omhul veiligheid te verseker.

Die uitslae is: Mans: ope kategorie:George Tshabalala (Harrismith-marathon-klub, 1:10:44), Charles Sozo (Nedbank,1:14:37), Mpho Mokoena (1:15:10), PuleHlabahlaba (Pentagon Pistols, 1:21:20)Sengagangatane Motemekoane (SAPD,1:21:20); 40-41: Sipho Ncube (Toyota,1:21:25); 50-59: Maqaleni Shabalala(Bethlehem-marathonklub, 1:37:50), 60+:Wessel Bhayi (Nedbank, 1:56:20); junior:Ockie de Bruyn (Rooies, Middelburg,1:37:20)Vroue: ope kategorie: Hazel Squirrel

(1:43:28), Sunel Coetzee (Ligbron,1:48:28), Riana Uys (Volksrust, 1:53:25),Michelle Botes (Harrismith-marathonklub,2:03:47), Zoe Brentano (Randburg-Har-riers, 2:09:01); 40-49: Bambi de Wet(Harrismith-marathonklub, 1:45:19), 50-59:Jane Madau (Nedbank, 1:43:06), 60+:Patricia Shaw (Benoni North, 2:41:17) enJuniors: Renee-Marie Luus (Rooies,Middelburg, 1:59:40).

Brand blus niePlatberg-loop

DIE Vrystaatse Polisie-krieketspan het in dieafgelope polisiekrieketweek vyf van sy negewedstryde teen die ander provinsies gewen.

Spesiale eerbewyse is aan Mike Otto (inge-sluit in die nasionale polisie-ontwikkelingspan),Connie Claassen (ingesluit in die nasionale po-lisiespan vir lede ouer as 35) en Corné van derMerwe (ingesluit in die nasionale polisiespanvir lede ouer as 35) gegee.

Van der Merwe gaan ook nou in die nasiona-le polisiekrieketspan se uitvoerende komiteedien en het ’n bronsmedalje vir die derde mees-te lopies (243) vir die week gekry.

Die Vrystaat-polisiekrieketspan is ConnieClaassen, Corné van der Merwe, AB Motsa-mai, Neo Thekiso, Richard Machogo, VuyoNdamoyi, Mike Otto, Jean Roux, Innocent Mul-ler, Prince Mlindi, Vuyo Sekwelite en Jaco Fou-rie (spanbestuurder).

Span slaanbarshou