11
Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 22 nr 27 17 September 2015 Vinkie Laerskool Fairland UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personeel sê dankie aan leerders op dié manier! Kaskardag ‘n Groot dankie aan elke deelnemer, ouer en personeellid wat meegehelp het om van Saterdag ‘n reuse sukses te maak. Aan Johan Nel wat die dag gekoördineer het, bygestaan deur Marilet Vosloo, Bettie Viljoen en Karén Reyneke – welgedaan! ‘n Baie groot dankie aan al die klasma’s en ouers vir al hul insette en hulp. Dit het gesorg vir ‘n heerlike spangees! Die beoordelaars kon nie ‘n wenner vir die geesbeker aanwys nie en is daar besluit al die klasse is wenners! Woensdag 23 September 2015 Volgende week Woensdag sluit die skool om 12:00. So word ook vir die leerders dankie gesê vir hul entoesiasme. Indien daar ouers is wat hul kinders nie om 12:00 kan kom afhaal nie, kan die leerders onder toesig by die skool bly tot 13:30. Springboktruie Om ons ondersteuning vir die Bokke te wys, mag die leerders elke Vrydag die Springboktrui dra en ook op Woensdag 23 September. Hierdie reëling geld tot die Bokke uit die wêreldbeker is (m.a.w. na ontvangs van Wêreldbeker!). OUD-LEERDERS PRESTEER Hoërskool Linden Baie geluk aan Danie Dörfling wat aangewys as onderhoofseun - kultuur van Hoërskool Linden vir 2016! Ons is baie trots op jou Danie! VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeel wat dié week verjaar: Marelize Nel - 20 September Eurette Theart - 24 September Erika Joubert - 26 September Ons glo en vertrou dat jul nuwe lewensjaar sommer baie voorspoedig en geseënd sal wees. BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 18 Sept. Senior- en Juniorkoor: NEA 18 Sept. WOW-spelfees provinsiale rondte 20 Sept. Seniorkoor: NG Weltevreden 23 Sept. Skool sluit om 12:00 18 Okt. Juniorkoor: NG Weltevreden (aanddiens) 24 Sept. Erfenisdag 25 Sept. Skoolvakansiedag

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na [email protected] of skakel die

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die

Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 22 nr 27 17 September 2015

Vinkie Laerskool Fairland

UIT DIE HOOF SE KANTOORPersoneel sê dankie aan leerders op dié manier!

Kaskardag‘n Groot dankie aan elke deelnemer, ouer en personeellid wat meegehelp het om van Saterdag ‘n reuse sukses te maak.Aan Johan Nel wat die dag gekoördineer het, bygestaan deur Marilet Vosloo, Bettie Viljoen en Karén Reyneke – welgedaan!‘n Baie groot dankie aan al die klasma’s en ouers vir al hul insette en hulp. Dit het gesorg vir ‘n heerlike spangees!Die beoordelaars kon nie ‘n wenner vir die geesbeker aanwys nie en is daar besluit al die klasse is wenners!

Woensdag 23 September 2015Volgende week Woensdag sluit die skool om 12:00. So word ook vir die leerders dankie gesê vir hul entoesiasme. Indien daar ouers is wat hul kinders nie om 12:00 kan kom afhaal nie, kan die leerders onder toesig by die skool bly tot 13:30.SpringboktruieOm ons ondersteuning vir die Bokke te wys, mag die leerders elke Vrydag die Springboktrui dra en ook op Woensdag 23 September.Hierdie reëling geld tot die Bokke uit die wêreldbeker is (m.a.w. na ontvangs van Wêreldbeker!).OUD-LEERDERS PRESTEERHoërskool LindenBaie geluk aan Danie Dörfling wat aangewys as onderhoofseun - kultuur van Hoërskool Linden vir 2016! Ons is baie trots op jou Danie!

VERJAARSDAEBaie geluk aan die volgende personeel wat dié week verjaar:Marelize Nel - 20 September Eurette Theart - 24 September Erika Joubert - 26 SeptemberOns glo en vertrou dat jul nuwe lewensjaar sommer baie voorspoedig en geseënd sal wees.

BELANGRIKE DATUMS

BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN

18 Sept. Senior- en Juniorkoor: NEA

18 Sept. WOW-spelfees provinsiale rondte

20 Sept. Seniorkoor: NG Weltevreden

23 Sept. Skool sluit om 12:00

18 Okt. Juniorkoor: NG Weltevreden (aanddiens)

24 Sept. Erfenisdag

25 Sept. Skoolvakansiedag

Page 2: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAMUITNODIGING VIR TENDERS: BEDRYF VAN LAERSKOOL FAIRLAND-SNOEPIEWie dit mag aangaanGeliewe kennis te neem dat Laerskool Fairland hiermee kennis gee dat skriftelike tenders ingewag word vir die bedryf van die skoolsnoepie op die skoolterrein. Die tenderproses open op 21 September 2015 en sluit op 12 Oktober 2015 om 12:00. Geen laat tenders sal oorweeg word nie.Tenders moet skriftelik ingedien word by die skool (Vir aandag: Die Skoolhoof). Geen voorskrifte ten aansien van die uitleg van die tender word vereis nie, maar die tender sal onder andere aan die hand van die volgende riglyne beoordeel word:1. Die aanbieding van ‘n verskeidenheid wat insluit gesondheidskos en –koeldrank;2. Kreatiwiteit;3. Die effektiewe hantering van groot getalle kinders met spesifieke verwysing na

bedieningspunte;4. Mededingende pryse; en5. Relevante ervaring.Neem ook asseblief kennis dat indien u tender suksesvol sou wees, die skool ‘n kontrak met u sal sluit wat onder andere die volgende kontrakbedinge sal bevat:1. Betaling van huurgeld aan die skool sowel as elektrisiteitsgebruik;2. Minimum standaarde ten opsigte van gesondheid en netheid;3. Minimum voorraadvlakke;4. Dienstye en –standaarde;5. Die skool se reg om op spesifieke dae soos sport- en feesdae ook verkope van kos en

koeldrank waar te neem;6. Die kontraktermyn; en7. Die skool se reg om die kontrak te kanselleer.Na die sluitingsdatum sal ‘n kortlys saamgestel word en u kan moontlik genooi word om ‘n onderhoud by te woon. Die besluit om die tender toe te ken is finaal en geen verdere korrespondensie sal verwissel word nie. Die effektiewe datum van die kontrak is 01 Januarie 2016.Geliewe enige navrae te rig aan mnr. Willie Goosen (011) 678-4591/2.

VAKANTE BEHEERLIGGAAMPOSTESTUDENTE-OPVOEDERS: GRONDSLAGFASE - MELD BEVOEGDHEDESALARIS: OnderhandelbaarDIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00E-pos verkorte CV na [email protected] of skakel die hoof, mnr. Goosen, (011 678-4591) vir meer inligting.Begroting-inligtingsessie: 12 OktoberVir alle belangstellende ouers, hou asb. bogenoemde datum oop. Verdere korrespondensie sal binnekort aan u uitgestuur word.

REDAKSIEIn my tuin hang daar ‘n leë Coke-bottel wat ons gebruik om vir die klein tuinvoëltjies saad te voer. Dit hang op ‘n strategiese plek naby die voëlbad, sodat ek hulle vroeg soggens kan dophou as hulle kom eet en bad. Daar is ‘n paar dinge in die lewe wat my laat ontspan: die wisselwerking van die golwe wat teen rotsbanke aanstorm, die son wat sak oor duin of berg, hoe my kleinkind haar vingertjies inspan om ‘n legkaart te bou en die voëls in my tuin wat hulle eie sosiale strukture bou. Dis verbasend om te sien hoe hulle groepsdinamika met die van ons as mense ooreenstem. Daar is diegene wat rustig hulle taak doen, saadjies oppik, ‘n skropvol saad vir die groter duiwe afskop op die grasperk, plekmaak op die stokkie vir ander voëltjies om ook hulle deel te kry en dan saans teen sononder vir ‘n vinnige sessie in die voëlbad spring om reg te maak vir die dag vorentoe. Na die spa-bad word hul vere in die laaste sonstrale drooggemaak. Elke veertjie word individueel deur die bek getrek om van lastige miete en stof ontslae te raak, die oorblyfsels van ‘n dag se harde werk wat agterbly as bewys daarvan. Soms spring een van die groter duiwe ook op die stokkie en jaag al wat ‘n kleiner geveerde vriendjie is weg. Hulle vreet gulsig en moet hulleself soos wafferse akrobate dubbelvou en terselfdertyd probeer balanseer om by die saad uit te kom.Maar die kleiner voëltjies het al slim geword. Hulle duik soos torpedo’s weg om dan net rustig op ‘n tak naby aan die kos te wag, totdat die duif sy balans finaal verloor en maar verder op die gras rondpik vir die oorblywende sade. Dan swiep mossies en vinke laag en vermakerig oor die duiwe se koppe en hereis hulle gratis kafee op. Partykeer daag ‘n kwȇvoel op, maar vir hulle moet daar altyd iets spesiaals voorberei word. Appels is ‘n gunsteling. Die hoephoepie kom ook soms. Hy hou homself egter eenkant en vermy die duiwe op die grond. Goggas en wurmpies uit die gras is vir hom genoeg en hy klou aan sy onafhanklikheid.Die meeste van ons is mossies en voer ons dagtaak met ywer en toewyding uit, ten spyte van die oordonderende duiwe wat af en toe ons paadjies kruis. Almal ken ook een of ander hoephoep wat aan die buitenste kring van jou bestaan rondhang en mooi lyk maar nie regtig betrokke is nie. Mossies is nederige voëltjies. Hulle is maar valerig en het nie vreeslike uitstaande kenmerke nie. Tóg, is hulle volop, dus suksesvol in hul dagtaak / oorlewing.‘n Mens het nie nodig om altyd die grootste of die mooiste te wees om jou volle potensiaal te bereik nie. Die meeste van die tyd moet jy net slim wees en jou tyd reg kies. Erika

AKADEMIE TOETSROOSTER

Derde Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 18 September SW SW SW EBW

Eindeksamendatum soos deur die Departement bepaal: 16 November 2015 tot 30 November 2015Rooster sal in die vierde kwartaal aan u deurgegee word.

Page 3: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die

3

KULTUUROUDISIES VIR BAK VIR MABaie geluk aan Jeanemari Hattingh, gr. 4/48, wat gekies is om aan hierdie kompetisie deel te neem. Dit word op 17 September opgeneem en sal uitgesaai word op KykNet se nuwe Afrikaanse realiteitskanaal.Lekker bak en brou, Jeanemari!SeniorkoorBelangrike datums:18 September- NEA by Maragon Privaatskool. 20 September – NG Kerk Weltevreden 08:00 en 10:00 diens. Leerders moet reeds 07:15 daar wees. Korrek geklee asb. 22 September: Oefening saam met Johan Bester.29 September: Geen oefening nie.28 Oktober: DankfeesOefeninge is Dinsdae 17:00 tot 19:00 in die saal. Skriftelike verskonings moet asseblief ingedien word indien ‘n oefening nie bygewoon kan word nie. JuniorkoorOnthou ons sing in die NEA - kunswedstryd op 18 September 2015 by Maragon Privaatskool. Die leerders moet reeds korrek geklee om 14:15 daar wees.Onthou die datums:18 Okt - NG Kerk Weltevreden aanddiens.28 Okt - Dankfees DankfeesOns versamel leë 2 liter koeldrankbottels om te gebruik vir ons Dankfees wat 28 Oktober 2015 plaasvind. Bring asb. so gou moontlik alle bottels na juf. Melissa se Persklas. Baie dankie!NEAAlle uitslae, dus oorspronklike sertifikate en repliekvorms moet binne 7 dae na optrede, ingehandig word by juf. Karen Nel, K12 (gr.R tot gr.3) en juf. Karen Brits, K48 (gr.4 tot gr.7). Uitslae sal dan in die saal, ter gelegenertyd, afgelees word en die sertifikate sal later aan leerders terugbesorg word. Gr. 4 – 7 se rekords sal dienooreenkomstig aangepas word. Indien uitslae laat ingehandig word, verbeur die leerder die geleentheid in die saal, maar rekord sal nog steeds gehou word in die geval van gr. 4- tot gr.7- leerders.Uitslae vir die volgende rondtes sal voorts op die School Communicator aangebring word, aangesien NEA-deelname ‘n groot aantal sertifikate tot gevolg het.

National Eisteddfod Academy Young Performer Awards - UITSLAE AUGUSTUS 2015 Gr. Naam en van Sertifikaat vir: Toekenning 1 Carla Cloete Klaviersolo, beginners Goud 1 Danielle Dixon Afrikaanse liriese poësie Jnr. diploma

Afrikaanse bybelprosa Goud English poetry ensemble Jnr. diploma

1 Eben van Graan Afrikaanse samespraak Jnr. diploma(x2) 1 Marlene van Heerden Klaviersolo, beginners Goud 2 Nicola Bredenkamp English dramatic monologue Goud

English comic monologue Jnr. diploma 2 Mia le Grange Afrikaanse komiese monoloog Goud

English poetry ensemble Jnr. diploma 2 Luané Human Afrikaanse dramatiese monoloog Goud

Redenaars: oorredingstoespraak Jnr. diploma 2 Jessica Janse van Rensburg English comic monologue Jnr. diploma

Afrikaanse bybelprosa Goud 2 Genevieve Parry Klaviersolo, beginners Jnr. diploma 2 Kaylee Snyman Klaviersolo Jnr. diploma 2 Josiah Stroh English comic monologue Jnr. diploma

Klaviersolo, beginners Jnr. diploma Afrikaanse komiese monoloog Jnr. diploma

2 Nadia Swart Klaviersolo, beginners Jnr. diploma 3 Juané Booysen Afrikaanse verhalende poësie Goud 3 Danél Pieters Klavier, kleingroep Jnr. diploma 3 Diaan Rooseboom English small group poetry Jnr. diploma 3 Richard Steenekamp nr 3 Zander Steyn 3 Jana Theron Klaviersolo Goud 3 Ané vd Westhuizen Klaviersolo, beginners Jnr. diploma

Klavier, kleingroep Jnr. diploma Sangsolo Goud

3 Nelius van Graan Klaviersolo, beginners Jnr. diploma Afrikaanse samespraak Jnr. diploma x2 Afrikaanse verhalende poësie Jnr. diploma English small group poetry Jnr. diploma

4 Tamryn Arter Afrikaanse verhalende poësie Goud Afrikaanse Liriese of

verhalende groepprosa Diploma 4 Andries de Kock Afrikaanse verhalende poësie Diploma

English comic monologue Diploma Klaviersolo, beginners Diploma

4 Natalie Dixon Afrikaanse verhalende poësie Goud 4 Isabella du Toit Afrikaanse verhalende poësie Goud

English comic monologue Diploma 4 Jessica Goosen English comic monologue Diploma

Afrikaanse verhalende poësie Diploma 4 Jessica Goosen &

Daniella Popovic Afrikaanse samespraak Goud 4 Jeanemari Hattingh Afrikaanse dramatiese monoloog Goud

English comic monologue Goud Afrikaanse verhalende poësie Goud Klaviersolo (eie keuse) Silwer Klaviersolo (eie keuse) Goud

4 Ezaan Husselmann Afrikaanse verhalende poësie Diploma

National Eisteddfod Academy Young Performer Awards - UITSLAE AUGUSTUS 2015

Page 4: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die

4

SATCHOnthou asb. om julle name en uitslae vir juf. Lillian te gee.Erika JoubertSPORT MINI-KRIEKET (Gr. 1- en gr. 2-leerders)OefentyeMaandae: 13:30 – 14:30Dinsdae: 13:00 – 14:30Onthou om sonblok aan te smeer en bring ‘n kolf, tennisbal en koue water saam.Sien julle voor die krieketnette!Juf. Estelle

KRIEKET1ste span vs Jan CilliersFairland 165/2Jan Cilliers 67 almal uitBeste kolwer: Johan Muller 51 lopiesBeste bouler: Werno van Wyk 3/6Fairland wen met 98 lopies2de span vs Louw GeldenhuysFairland 64/2Louw Geldenhuys 63 almal uitBeste kolwer: Shaun Wilson 38 lopiesBeste bouler: Keaghan Delport 2/4 lopiesFairland wen met 8 paaltjies

4 Melia Jordaan Afrikaanse verhalende poësie Goud 4 Maria Kotzé English comic monologue Diploma 4 Daniella Popovic English comic monologue Diploma

Afrikaanse verhalende poësie Goud 4 Ian van Heerden Klaviersolo, eie keuse Diploma

Klaviersolo, eie keuse Diploma 5 Adam Botha English comic monologue Diploma

English narrative poetry Diploma Afrikaanse samespraak Diploma

5 Ilouise du Plessis English comic monologue Goud 5 Marguerite du Toit Sangsolo (popmusiek) Diploma 5 Tiana Goosen Klaviersolo, beginners Goud 5 Zoë le Grange English comic monologue Diploma

English narrative poetry Diploma 5 Margaux le Roux Afrikaanse verhalende poësie Diploma 5 Shané Mengel Afrikaanse liriese of verhalende groepprosa Diploma 5 Wilmien Meyer Afrikaanse verhalende poësie Diploma

English dramatic monologue Goud Wilmien Meyer &

Caitlyn Rothman Afrikaanse samespraak Goud 5 Dené Potgieter Afrikaanse verhalende poësie Diploma

Klavier, kleingroep (eie keuse) Diploma 5 Maria Prinsloo Sangsolo (eie keuse) Diploma

Afrikaanse verhalende poësie Diploma English dramatic monologue Goud English comic monologue Goud

5 Marcel Steyn English comic monologue Diploma 5 Marcel Steyn, Adam Botha, Nelius, Eben en André van Graan

Afrikaanse samespraak Diploma 5 Lenka Theron Afrikaanse verhalende poësie Diploma

Sangsolo (eie keuse) Diploma English narrative poetry Diploma

5 Simoné van Belkum Sangsolo (popmusiek Goud 5 André van Graan English comic monologue Diploma

Afrikaanse verhalende prosa Diploma 5 Danelle van den Heever Klaviersolo, beginner Goud 6 Charlie de Kock English comic monologue Diploma

Afrikaanse komiese monoloog Diploma Afrikaanse samespraak Diploma

Charlie en Andries de Kock Klavier, kleingroep (eie keuse) Goud Afrikaanse samespraak Diploma

6 Sancia Engelbrecht Afrikaanse komiese monoloog Diploma English narrative poetry Diploma

6 Zoë Franck Afrikaanse komiese monoloog Diploma English dramatic monologue Goud English comic monologue Diploma

6 Luan Husselmann Klavier, kleingroep Diploma 6 Katlé Janse v Rensburg English comic monologue Goud 6 Chloë Morrow Sangsolo (eie keuse) Diploma

Sangsolo (popmusiek) Diploma Afrikaanse liriese poësie Diploma English comic monologue Diploma

6 Kyla Saayman Afrikaanse verhalende poësie Diploma Afrikaanse komiese monoloog Diploma

6 Lize-Li Smit Afrikaanse komiese monoloog Goud English comic monologue Diploma

Afrikaanse verhalende poësie Diploma 6 Michelle Steenekamp English unprepared reading Diploma

English prepared reading Goud English narrative poetry Diploma Afrikaanse komiese monoloog Goud Afrikaanse dramatiese monoloog Silwer

Michelle Steenekamp & Afrikaanse samespraak Goud Megan Townsend

6 Mathilda Steyn Afrikaanse komiese monoloog Diploma Afrikaanse verhalende poësie Diploma Afrikaanse verhalende prosa Goud

6 Daniele van der Merwe English prepared reading Diploma English unprepared reading Diploma

6 Nadia van Niekerk Klaviersolo (popmusiek) Goud Sangsolo (eie keuse) Diploma

6 Schalk Viljoen Klaviersolo (klassiek) Silwer 7 Maxine de Lange Klaviersolo (beginners) Diploma 7 Margaret Kotzé Afrikaanse verhalende poësie Diploma 7 Anja Steyn Afrikaanse komiese monoloog Goud 7 Minette van den Heever Klaviersolo, beginner Goud SATCH Onthou asb. om julle name en uitslae vir juf. Lillian te gee. Erika Joubert

Page 5: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die

5

Voorlopige krieketbepalingsNeem asb. kennis dat onderstaande kan verander weens omstandighede buite ons beheer en briewe met korrekte inligting sal per hand aan spelers gegee word. Neem asb. kennis dat daar datums gaan wees wat verander as gevolg van die vakansiedae volgende week.1ste span 21 September Fontainebleau (tuis) 19 Oktober Dalmondeor (weg) 26 Oktober Semi-finaal 2 November Finaal2de span 21 September Dalmondeor (weg) 28 September BYE 19 Oktober Fontainebleau (tuis) 26 Oktober Semi-finaal 2 November Finaal3de span 28 September Fontainebleau (tuis)o/11A 17 September Bryanston Parallel (tuis) 22 Oktober Dalmondeor (tuis) 29 Oktober Semi-finaal 5 November Finaalo/11-Groen 17 September BYE 24 September Bryanston Parallel (weg)o/11-Geel 17 September Fontainebleau (weg) 30 September Esperanza (tuis)o/10A 1 Oktober Fontainebleau (tuis) 21 Oktober Dalmondeor (weg) 28 Oktober Semi-finaal 4 November Finaalo/10-Groen 23 September Dalmondeor (weg) 30 September Fontainebleau (weg) 21 Oktober Bryanston Parallel (tuis)o/9A 22 September Fontainebleau (weg) 29 September Unika (weg) 20 Oktober Dalmondeor (tuis) 27 Oktober Semi-finaalo/9-Groen 22 September Louw Geldenhuys (tuis) 29 September Unika (tuis) 20 Oktober Jan Celliers (weg)o/9-Geel 23 September Bryanston Parallel (tuis) 29 September Jan Celliers (weg) 20 Oktober Fontainebleau (weg)

o/11A vs FontainebleauFairland 131/7Fontainebleau 76 almal uitBeste kolwer: Karl vd Westhuizen 53 lopiesBeste bouler: Ruben du Toit 5/6 lopiesFairland wen met 55 lopieso/11A vs Jan CilliersFairland 150/8Fontainebleau 71/9Beste kolwer: Ulli Bronkhorst 47 lopiesBeste bouler: Luan van Eden 2/9 lopiesFairland wen met 79 lopieso/11 Groen vs FontainebleauFairland Groen 133/9Fontainebleau 69 almal uitBeste kolwer: Ben du Bruin 15 lopiesBeste bouler: Rynard van Zyl 4/14 lopiesFairland Groen wen met 64 lopieso/10A vs Jan CilliersFairland 61/0Jan Cilliers 52 almal uitBeste kolwer: Jayden Bezuidenhout 18 n.u.n.Beste bouler: Deon Muller 2/4 lopiesFairland wen met 10 paaltjieso/9A vs Jan CilliersFairland 68/3Jan Cilliers 64 almal uitBeste kolwer: Michael Holmes 24 lopiesBeste bouler: Michael Holmes 3/10 lopiesFairland wen met 7 paaltjieso/9 Groen vs FontainebleauFairland Groen 125/51Fontainebleau 59/4Beste kolwer: Herman Wessels 22Fairland Groen wen met 69 paaltjieso/9- tot o/13-spanneOefentyeMaandae: 14:10 – 15:40Dinsdae en Woensdae: 13:45 – 15:15

Page 6: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die

6

TENNISJuniorseuns B wen 26 - 2 teen Crawford SandtonSeniordogters A wen 45 – 36 teen TrinityHouseSeniorseuns B verloor 51 – 30 teen UnikaSeniortennis: WedstrydbepalingsNeem asb. kennis dat daar datums gaan wees wat verander as gevolg van die vakansiedae volgende week.Seniordogters AWoensdag 23 Sept. Crawford Sandton (tuis) 30 Sept. Randpark (tuis) 14 Okt. Fontainebleau (weg) 21 Okt. Parkview (weg) 28 Okt. Curro Aurora (tuis)Seniordogters BWoensdag 23 Sept. King School Robinhills (tuis) 30 Sept. NWCS (A) (weg) 14 Okt. Unika (A) (tuis) 21 Okt. Trinity (weg) 28 Okt. Bryanston (tuis)Seniorseuns ADonderdag 17 Sept. Louw Geldenhuys (tuis) 23 Sept. Montrose (tuis) 1 Okt. King David Sandton (tuis) 15 Okt. Fontainebleau (weg) 22 Okt. Curro Aurora (weg) 29 Okt. Crawford Sandton (tuis)Seniorseuns BDonderdag 17 Sept. Rivonia (tuis) 23 Sept. Fontainebleau (weg) 1 Okt. King David Victorypark (weg) 15 Okt. Louw Geldenhuys (weg) 22 Okt. Crawford Lonehill (A) (tuis) 29 Okt. Trinity (weg)Tennisafrigting: gr. 1- en gr. 2-leerdersIndien daar enige belangstelling is, kontak asb. vir Philip Lawson (082 079-8531). OefentyeDinsdae: 13:40 - 15:40Donderdae: 14:10 - 15:10 (wedstryde word ook op Donderdae gespeel)

HOKKIEDogterso/9A verloor 1 – 0 vs Louw Geldenhuyso/10A wen 2 – 1 vs Louw Geldenhuyso/11A wen 5 – 1 teen Louw Geldenhuyso/12A gelykop 0 – 0 vs Louw Geldenhuyso/13A wen 2 – 0 vs Louw GeldenhuysDie o/13A-hokkiedogters speel Saterdag 19 September in die Suid-Gauteng kampioenskap. Sterkte! SKAAKo/13 wen 10½ - 1½ teen Franklin D RooseveldtOefentye Gr. 1 : Donderdag Na skool tot 14:15 Kamer 22Gr. 2 – 3 : Donderdag 14:00 – 15:00 Kamer 27Gr. 4 – 7 : Donderdag 15:00 – 16:30 Kamer 31LANDLOOPSaterdag 18 Sept – Gauteng kampioenskappeOefentyeMaandag, Dinsdag en Woensdag: 15:45 – 17:00Donderdag: 14:15 – 15:30Onthou om jou tekkies saam te bring!Mnr. Jordaan

INLIGTINGSENTRUMBATTLE OF THE BOOKS 2015Ons leesgroep het hul weereens puik van hul taak gekwyt, maar ongelukkig het Unified Primary as wenners uit die stryd getree. Welgedaan! Ons glo dit was vir julle ‘n leersame en genotvolle ondervinding. “TRAVELLING BOOKSHOP”-UITSTALLING: DINSDAG 15 EN WOENSDAG 16 SEPTEMBERBaie dankie aan elke leerder en ouer wat die uitstalling besoek het. Ons kan van die kommissie nuwe boeke aankoop vir die inligtingsentrum en dit is altyd ‘n riem onder die hart om te sien hoe leesgierig ons maters is. WOW-PROVINSIAAL 18 SEPTEMBERSterkte aan al ons gr. 1- tot gr.7--spellers wat op Vrydag 18 September vanaf 14:00 aan die provinsiale rondte deelneem. Daar is vanjaar 3 tot 6 ander laerskole wat deelneemin die verskillende afdelings, asook heelwat individuele inskrywings. Kompetisie is dus straf!Onthou daar sal ‘n skriftelike sowel as mondelinge rondte wees. As jy kans sien, kan jy na die daaropvolgende graad se spellyste ook loer vir ekstra voorbereiding.Baie sterkte aan julle almal met jul voorbereiding!Leanie Taljaard

Page 7: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die

7

ALGEMEENVERE-KASTye

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 GesluitLillian Ankersmit082 324-5034Toediening van medikasie GR. 1 tot GR. 3Indien ‘n leerder ongesteld is en medikasie by die skool moet drink, moet u asb. die medikasie met duidelike voorskrif van die toediening aan die klasonderwyseres stuur.Kaskardag – 12 SeptemberMEESTE RONDTES JUNIORSGr. R Gr. R/08 met 45 rondtesGr. 1 Gr. 1/24 met 50 rondtesGr. 2 Gr. 2/16 met 56 rondtesGr. 3 Gr. 3/12 met 59 rondtesWENKLAS MET DIE MEESTE RONDTES VAN GR. R - GR. 3Gr. 3/12 met 59 rondtesMEESTE RONDTES SENIORSGr. 4 Gr. 4/49 en 4/47 met 57 rondtesGr. 5 Gr. 5/03 met 63 rondtesGr. 6 Gr. 6/34 met 68 rondtesGr. 7 Gr. 7/31 met 70 rondtesWENKLAS MET DIE MEESTE RONDTES GR. 4 – GR. 7Gr. 7/31 met 70 rondtes10 Steps before Ritalin‘n Aantal van ons personeel het verlede kwartaal ‘n baie insiggewende praatjie van dr. Hein Badenhorst bygewoon. Sy onderwerp was, “10 Steps before Ritalin”. Ons deel graag hierdie 10 stappe met u oor die volgende 10 weke:Stap 6: ‘n Gesonde dikderm‘n Gesonde dikderm, ‘n gesonde kind, ‘n gesonde brein! • Leer u kind gesonde toiletgewoontes aan.• Laat hul genoeg water drink.• Minder verfynde suikers in hul dieet• Gereelde oefening!Hou die Vinkie dop vir die volgende stappe.

STERRE VAN DIE WEEK Gr. 1/18 : Lijan Smal Gr. 1/22 : Luke Conley-WhiteGr. 1/24 : Ethan Bezuidenhout Gr. 1/25 : Lienka JamneckGr. 1/26 : Thorne van Blerk Gr. 1/27 : Luke RaymerGr. 2/14 : ShaÏn Henery Gr. 2/15 : Lomé RobbertsGr. 2/16 : Alexander de Lange Gr. 2/17 : Luke van der BergGr. 2/21 : Barend Rabie Gr. 2/23 : Mila ViljoenGr. 3/12 : Johan van der Merwe Gr. 3/13 : Theo van der GugtenGr. 3/28 : Caylyn du Plessis Gr. 3/29 : Inge SchoemanGr. 3/45 : Tyrone van Schelt Gr. 3/46 : Ané NoëthGOEIEGEDRAGSKNOPIEGr. 1/26 : Thorne van Blerk Gr. 2/16 : Nicola du PlessisGr. 2/21 : Chad Tintinger Gr. 2/23 : Dirk van der BergGr. 3/12 : Jana Simpson Gr. 3/12 ‘ Marycke SteynGr. 3/46 : Xander Vorster Gr. 4/47 : Megan LotrietGr. 4/47 : Gerrit Müller Gr. 4/49 : Isabella du ToitGr. 4/49 : Fouché Maré Gr. 4/50 : Teagan SchoombieGr. 4/50 : Angelique Caetone Gr. 4/50 : Chanel Fourie Gr. 4/50 : Wilhelm Strümpher Gr. 4/51 : Caitlin KrugerGr. 4/51 : Amy Burger Gr. 6/37 : Chris van Aswegen EntrepreneursdagDis weer daardie tyd van dir jaar…. die graad 7’s is hard aan die werk om hul kreatiwiteit in te span sodat hulle op die jaarlikse entrepreneursdag van 23 September ‘n geldjie kan maak. Advertensies word die wêreld vol geplak, pamflette word uitgedeel en stoepstories tussen klasse handel oor die stalletjies wat ‘n MOET is om by ’n draai te maak!Daar sal soet en sout te koop wees vir almal. Vanaf speletjies, lekkers, koeldrank, boeries, cupcakes, milkshakes, tietiebottels en natuurlik kondensmelk- inspuitings.Die snoepie word toegemaak vir die dag, so stuur asseblief daardie dag ‘n geldjie saam skool toe om die jong entrepreneurs te ondersteun.Juf. Lillian KEANAN SE KILIMANJARO FONDSINSAMELING TEN BATE VAN VRIENDE VAN FAIRLANDOndersteun Keanan om fondse in te samel vir VVF deur enige donasies te gee. Stuur kontant bydraes na juf. Leanie in die Mediasentrum of per EFT in VVF se rekening. Alle donasies alleenlik ten bate van VVF. Hy vertrek oor 11 dae! Al die leerders het Woensdag “stickers” ontvang ter ondersteuning van Keanan.

Page 8: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die

8

SPORT BUITE SKOOLVERBAND UITHOURITTERheinard Ferreira en sy arabierperd, Heimdahl Cavalheiro, het op 5 September by Jachtfontein, in die Vereenigingdistrik, die Sarel Steyn Uithourit van 80 km voltooi in ‘n totale rytyd van 5uur en 50 minute. Hulle het in die nat, koue weer weggespring en die laaste 15 km in gietende reën klaargemaak. Meer as die helfte van die ruiters het onttrek as gevolg van die koue weer en Rheinard was uiteindelik die enigste kinderruiter (onder 18 jaar) wat die 80 km voltooi het.Jy is ‘n ware vasbyter Rheinard! Baie geluk met die pragtige prestasie – jy is vol durf en moed!GIMNASTIEKXanté Johnston het ‘n goue medalje in vlak 1 verower by die “North Zone”-gimnastiekkompetisie op 31 Augustus. Baie geluk Xanté!BOOGSKIET-OPNAMEOns wil graag julle belangstelling in boogskiet as ‘n buitemuurse aktiwiteit toets. Daar is sekere kriteria waaraan ons skool moet voldoen voordat ons ‘n boogskietprogram kan aanbied en dit hang van getalle af. Vir meer inligting oor die Nasionale Boogskietprogram besoek gerus www.nasp.co.za. Indien u belangstel om u kind daaraan bloot te stel, stuur ‘n e-pos aan mnr. Johan Kamper by [email protected] PROJECT MUSIEKSKOOL : BERARIO-ONTSPANNINGSENTRUMDIS LENTE - KOM VUL DIE ATMOSFEER MET MUSIEK!Resonanze Project Musiekskool bied klavier, sang, viool, kitaar, dromme en musiek programmering lesse aan vir jonk en oud!Skakel Anthea, 081 351 7491, [email protected] VELSORGPRODUKTESy is kosbaar, sy is waardevol, ‘n vrou na haar man se hart, sy is ‘n Justine Vrou! Justine is een van Suid Afrika se premier velsorgprodukte en lewer reeds 40 jaar spesiale sorg vir Suid-Afrikaners. Die velsorgprodukte is ontwerp vir die Suid-Afrikaanse klimaat en het vele bewyse van tasbare voordele. Justine kompeteer met internasionale produkte. Kontak gerus vir Marlene by 083 701 3586 of [email protected] vir Justine-produkte soos Tissue-olie, “Anti-Aging” produkte en daardie spesiale skoonheidsproduk vir die spesiale vriendin. Die eerste 5 bestellings kry 5% afslag!

HUIS TE KOOP NORTHCLIFF / FAIRLANDRuim, 4-slaapkamer huis met studeerkamer, 3 groot kuierareas en groot onderdak patio met swembad en pragtuin. Drie oorgedoende badkamers en kombuis met soliede houtkaste, gasstoof, spens en opwasarea. Die huis is gereed om in te trek en lekker te bly. Geen werk benodig. +- 400 m² huis en 1750 m² erf. Uitstekende sekuriteit. R3,350,000.00. Kontak Anet 0833112986.SUPERSEWES - KAMP (VOORBEREIDINGSKAMP VIR HOËRSKOOL)Datum: 4 - 8 Oktober 2015Koste: R900 per persoon + R90 busgeld Waar: Môrester KampterreinKontak: Ds. Jaco Schoeman (082 411-4080) Karen van Zyl (084 445-1520)WISKUNDE-KLASSEIn Berario: Kontak Heidi 0823787978FISIOTERAPEUTFisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat en groep Pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 072 539-8386 of [email protected] MA MET JOU EIE INKOMSTE…Ek help ma’s om geld van die huis af te maak en kosbare tyd saam met hul kinders te geniet. Vir meer inligting “click” asseblief op die volgende link: www.antoinetteventer.co.za/wees-ma-met-geld of skakel my by Antoinette Venter: 082 659-2240EIENDOM POTCHEFSTROOM BY PUK SE HOOFHEKCLASSIC SQUARE, Steve Bikostraat. Op die Bult, regoor Virgin Active Gimnasium. Bo Boeresjiek Wegneem-etes. Loopafstand van alles! Moderne, veilige en smaakvolle 2-slaapkamer woonstel. (96m²) 2 en-suite badkamers. Moderne kombuis met granietblaaie. Oopplan woon- en eetkamer. Moderne blinders in hele woonstel en Trellidordeure voor skuifdeure. Ideaal vir studente, werkende jongmense of vir belegging. R1.8m. Kontak: Schalk 083 327-2523 of Irene 083 651-7230.EKSTRAKLASSE: WISKUNDE EN ENGELSEkstraklasse asook eksamen- en toetsvoorbereiding. Geleë naby Laerskool Fairland. Gekwalifiseerde onderwyseres (gee ook klas by Laerskool Fairland). Klein groepe. Kontak Lindsay vir meer inligting 072 420-2955.HUIS TE KOOP IN FAIRLANDNaby skool geleë. Privaat verkoper. Prys onderhandelbaar. Volg hierdie “link”: http://www.privateproperty.co.za/sophia-street-fairland-t3987.htm?rt=viewdetails. Kontak Christine per e-pos [email protected]. MEENTHUIS TE HUUR IN STRUBENSVALLEIBeskikbaar vanaf 1 November 2015. 4 slaap-; 2 badkamers; 2 leefareas, Jacuzzi. Park vir huurders se gebruik. Naby Mr Price Home in Hendrik Potgieterstraat. Huur R9 000.00 (water en ligte uitgesluit). Kontak 082 451-9287.

Page 9: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die

9

DOMESTIC WORKER LOOKING FOR JOBI am looking for a job – good at child minding and all house work – also available for babysitting. Has references. Contact Thandi Ndlovu 073 642-5108

TUINWOONSTEL TE HUUR Groot tuinwoonstel te huur met drie kamers vir verblyf of kantoor gebruik in Constantia Kloof. R5 500 per maand. Skakel vir Karin by 0823450880 A5-GROOTTE ASB. SHEREE!

ADVERTENSIES Hou hierdie grootte asb.!

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL : BERARIO-ONTSPANNINGSENTRUM Die derde kwartaal het begin, en nou…IS DIT TYD om in te skryf vir musieklesse! Ons bied lesse te kies en te keur - klavier, sang, viool, dromme, kitaar, en musiekprogrammering. Anthea Clark, 081 351 7491, Berario Ontspanningsentrum. JUSTINE VELSORGPRODUKTE Sy is kosbaar, sy is waardevol, „n vrou na haar man se hart, sy is „n Justine Vrou! Justine is een van Suid-Afrika se premier velsorgprodukte, en lewer reeds 40 jaar spesiale sorg vir Suid Afrikaners. Die velsorgprodukte is ontwerp vir die Suid-Afrikaanse klimaat en het vele bewyse van tasbare voordele. Justine kompeteer met internasionale produkte. Kontak gerus vir Marlene by 083 701 3586 of [email protected] vir Justine produkte soos “Tissue”-olie, "Anti-Aging" produkte en daardie spesiale skoonheidsproduk vir die spesiale vriendin. Die eerste 5 bestellings kry 10% afslag!

HUIS TE KOOP NORTHCLIFF / FAIRLAND Ruim, 4-slaapkamer huis met studeerkamer, 3 groot kuierareas en groot onderdak patio met swembad en pragtuin. Drie oorgedoende badkamers en kombuis met soliede houtkaste, gasstoof, spens en opwasarea. Die huis is gereed om in te trek en lekker te bly. Geen werk benodig. +- 400 m² huis en 1750 m² erf. Uitstekende sekuriteit. R3,350,000.00. Kontak Anet 0833112986. SUPERSEWES - KAMP (VOORBEREIDINGSKAMP VIR HOËRSKOOL) Datum: 4 - 8 Oktober 2015 Koste: R900 per persoon + R90 busgeld Waar: Môrester kampterrein Kontak: Ds. Jaco Schoeman (082 411-4080)

Karen van Zyl (0844451520)

A5 ASB. SHEREE!!! KEANAN SE KILIMANJARO FONDSINSAMELING TEN BATE VAN VRIENDE VAN FAIRLAND (Foto – 2 & 3) Ondersteun Keanan om fondse in te samel vir VVF deur enige donasies te gee. Stuur kontant bydraes na juf. Leanie in die Mediasentrum of per EFT in VVF se rekening. Alle donasies alleenlik ten bate van VVF. Hy vertrek oor 11 dae! Al die leerders het Woensdag “stickers” ontvang ter ondersteuning van Keanan.

Beagle Watch – Helfte A5 asb.!

Page 10: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die

10

HEL

FTE

A5-

ASB

!!

Page 11: Marketstraat 145, Fairland 011 678-4591/2 ...DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2016 AANSOEKE SLUIT: 21 September 2015 om 12:00 E-pos verkorte CV na karen@lsfairland.co.za of skakel die

11

A5 ASB. SHEREE!!! KEANAN SE KILIMANJARO FONDSINSAMELING TEN BATE VAN VRIENDE VAN FAIRLAND (Foto – 2 & 3) Ondersteun Keanan om fondse in te samel vir VVF deur enige donasies te gee. Stuur kontant bydraes na juf. Leanie in die Mediasentrum of per EFT in VVF se rekening. Alle donasies alleenlik ten bate van VVF. Hy vertrek oor 11 dae! Al die leerders het Woensdag “stickers” ontvang ter ondersteuning van Keanan.

Beagle Watch – Helfte A5 asb.!