10
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique Cronjé met die geboorte van hul dogtertjie, Siéna-Miré, Dinsdag 26 Julie. Ons glo en vertrou sy gaan vir jul nog baie vreugde verskaf. Geniet jul pienk bondeltjie. Oueraand Baie dankie aan die ouers wat die koue trotseer het om die personeel te spreek. Indien daar ouers is wat nie van die personeel kon sien as gevolg van die kragonderbreking nie, kan u gerus ‘n afspraak by die kantoor maak. Vakansiedae Woensdag 3 Augustus is ‘n openbare vakansiedag en die daaropvolgende week is 8 Augustus ‘n skoolvakansiedag en 9 Augustus Vrouedag. Op al hierdie dae is die naskoolsentrum ook gesluit. Die skool sluit op Vrydag 5 Augustus om 12:00. Die naskoolsentrum sal egter dié dag normaal funksioneer vanaf 12:00 tot 17:30. Oos-Kaaptoer Baie dankie aan die personeellede wat die leerders vergesel het. Ons het baie positiewe terugvoer ontvang en almal het die toer baie geniet. Die wedstryde is in goeie gees afgehandel, terwyl die opvoedkundige uitstappies baie interessant en leersaam was. Baie dankie aan Karén Reyneke wat die toer van begin tot einde gereël het. Naskool Die naskoolreëls bepaal dat die ouers self die leerders by die naskoolsentrum kom afhaal. Indien u wil hê dat u kind op ‘n sekere tyd na die hek beweeg, moet die skool skriftelik in kennis gestel word. Ons versoek vriendelik dat die ouers en naskoolleerders by die reël sal hou. Motorkompetisie Die leerders word aangemoedig om die kaartjies so vinnig moontlik te probeer verkoop. Daar is slegs 2500 kaartjies beskikbaar om die groot prys los te slaan. ‘n Gedeelte van die wins van die motorkompetisie gaan aangewend word om ‘n behoeftige skool te help. 2500 kaartjies @ R250 elk Pryse: 1ste Splinternuwe Toyota Corolla 1.6 Prestige (+R250 000) 2de Campster Sleepwa (+R11 000) 3de Kontantprys R5 000 BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 29 Jul. Seniorkoor Koorfees: NG Weltevreden 02 06 Aug. Seniortennis: Bethlehem 10 12 Okt. Leierskamp Gr. 6- leerders 03 05 Aug. Gholfleerders: KZN

UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Personalia

Baie geluk aan Nicky en Monique Cronjé met die geboorte van hul dogtertjie, Siéna-Miré, Dinsdag 26 Julie. Ons glo en vertrou sy gaan vir jul nog baie vreugde verskaf. Geniet jul pienk bondeltjie.

Oueraand

Baie dankie aan die ouers wat die koue trotseer het om die personeel te spreek. Indien daar ouers is wat nie van die personeel kon sien as gevolg van die kragonderbreking nie, kan u gerus ‘n afspraak by die kantoor maak.

Vakansiedae

Woensdag 3 Augustus is ‘n openbare vakansiedag en die daaropvolgende week is 8 Augustus ‘n skoolvakansiedag en 9 Augustus Vrouedag. Op al hierdie dae is die naskoolsentrum ook gesluit.

Die skool sluit op Vrydag 5 Augustus om 12:00. Die naskoolsentrum sal egter dié dag normaal funksioneer vanaf 12:00 tot 17:30.

Oos-Kaaptoer

Baie dankie aan die personeellede wat die leerders vergesel het. Ons het baie positiewe terugvoer ontvang en almal het die toer baie geniet.

Die wedstryde is in goeie gees afgehandel, terwyl die opvoedkundige uitstappies baie interessant en leersaam was.

Baie dankie aan Karén Reyneke wat die toer van begin tot einde gereël het.

Naskool

Die naskoolreëls bepaal dat die ouers self die leerders by die naskoolsentrum kom afhaal. Indien u wil hê dat u kind op ‘n sekere tyd na die hek beweeg, moet die skool skriftelik in kennis gestel word. Ons versoek vriendelik dat die ouers en naskoolleerders by die reël sal hou.

Motorkompetisie

Die leerders word aangemoedig om die kaartjies so vinnig moontlik te probeer verkoop. Daar is slegs 2500 kaartjies beskikbaar om die groot prys los te slaan. ‘n Gedeelte van die wins van die motorkompetisie gaan aangewend word om ‘n behoeftige skool te help.

2500 kaartjies @ R250 elk Pryse: 1ste Splinternuwe Toyota Corolla 1.6 Prestige (+R250 000) 2de Campster Sleepwa (+R11 000) 3de Kontantprys R5 000

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN 29 Jul. Seniorkoor Koorfees:

NG Weltevreden 02 – 06 Aug. Seniortennis: Bethlehem 10 – 12

Okt. Leierskamp Gr. 6-leerders

03 – 05 Aug. Gholfleerders: KZN

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

ADVERTENSIEBORDE

Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar: 7 spasies: 1.18m x 0.46m (Koste: R1600 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.) Kontakpersoon: ([email protected])

REDAKSIE

Uiteindelik het die winter in al sy ysige glorie opgedaag. Die witgesneeude berge van die Oos-Kaap en KwaZulu Natal het vir baie lae temperature gesorg die afgelope week. So met die koue saam, kom lê ‘n diep hunkering in ‘n mens vir kaggelvure en gekookte kos. Ek wonder of dit iets te doen het met ‘n mens se basiese behoeftes “a la Maslow”? Dit laat my dink aan wat ons deesdae basiese behoeftes noem. Dit hang natuurlik af wie jy vra! Vir die kinders is dit gewoonlik (behalwe kos en klere natuurlik), hulle selfone en tablette! Vir die ma’s en pa’s wissel dit dikwels tussen finansiële sekuriteit en welverdiende vakansies, want rus en vrede is deesdae ‘n baie skaars kommoditeit. En as jy die oumas en oupas vra, sal hulle moontlik die volgende antwoord:

“Op my gevorderde ouderdom het ek op die harde manier geleer dat daar maar min dinge is waarsonder ek nie kan klaarkom nie. Goeie gesondheid is een daarvan, die liefde en omgee van my kinders en kleinkinders en bowenal, my verhouding met my Skepper en die wete dat ek saakmaak, dat my lewe iets beteken het en dat ek ‘n bydrae kon lewer tydens my tyd hier op die aarde. Dis al.”

So wat is jou basiese behoeftes die winter? ‘n Nuwe warm jas of dalk ‘n ski-vakansie? Miskien is ek en jy nou oud genoeg om ‘n bietjie verder en langer hieroor te dink. Dalk is dit nou die tyd vir vernuwing, vir ‘n re-evaluasie van jou belangrikste behoeftes. En so begin ons saakmaak, vir onsself en ook vir ander.

Bly warm en maak vandag nog iemand anders se hart warm.

Erika

AKADEMIE

Toetsrooster:

Derde kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 12 Augustus Wiskunde Afrikaans Engels Afrikaans

Vr. 19 Augustus Afrikaans Engels Afrikaans Engels

Vr. 26 Augustus Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Vr. 30 Augustus Tegnologie

Vr. 2 September NW NW NW NW

Vr. 9 September SW SW SW SW

Vr. 16 September EBW

KULTUUR

Baie dankie vir u samewerking i.v.m. die registrasie van inskrywings. Die programme vir tye van optredes sal binnekort bekendgemaak word. Hou asb. die School Communicator en die Vinkie dop.

Leerders moet asb. betyds opdaag vir optredes. Daar is ‘n beperkte aantal sitplekke vir ouers om die kunswedstryd by te woon. Geen plekbesprekings vir die eerste rondte sal gedoen word nie. Die program sal uit verskillende sessies per dag bestaan en ons wil graag vra dat u na u kind se sessie die lokaal verlaat om plek te maak vir die volgende groep se gehoor.

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique

3 NB Leerders sal deur die beoordelaars aangewys word om deel te neem aan die laaste rondte wat op Vrydag 26 Augustus sal plaasvind. Dié been van die kompetisie word, “Die Beste van die Beste”, genoem.

Die program vir die aand lyk soos volg: 14:00-16:30 Kleedrepetisie en klanktoets 18:30-20:30 Beste van die Beste

Besprekings vir die finale aand sal eers op die Vrydagoggend vanaf 09:00 gedoen word en sluit om 11:00. Dit word so gedoen omdat die finale uitslae eers die Donderdagaand aan die personeel bekend sal wees. Alle deelnemers moet dus gereed wees om die Vrydag op kort kennisgewing te kan deelneem. Deelnemers aan die genres wat in die vorige week plaasvind, sal in kennis gestel word sodra die beoordelaars hulle keuses gemaak het.

Weereens baie dankie vir u ondersteuning van ons kunswedstryd en ook u mooi samewerking. Saam bou ons die skool se kultuur en gee ons kinders geleenthede.

Erika Joubert

DANS EN DRAMA

Oefentye:

DRAMA Ma. 14:30-15:00 gr.1 15:00-15:30 gr. 2 15:30-16:30 gr. 3 16:30-17:30 gr. 4 en gr. 5

Wo. 15:30-16:30 Solo-afrigting 16:30-17:30 gr. 6 en gr. 7

DANS Di. 14:00-15:00 gr. 5 tot gr. 7 15:00-15:30 gr. 1 en gr. 2 15:30-16:00 gr. 3 en gr. 4

Do. 14:00-15:00 gr. 5 tot gr. 7 15:00-15:30 gr. 1 en gr. 2 15:30-16:00 gr. 3 en gr. 4

JUNIORKOOR

Ons oefen tydens die eksamen vanaf 13:00-14:30. Ons oefen weer op die normale tyd vanaf 23 Junie. Onthou ons optrede 21 Julie, net na die skoolvakansie.

Juniorkoor-kleredrag vir optredes

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen rompie, grys langkouse (geen sykouse), skoolskoene en 'n das. Hulle hare moet asb. in 2 “ponies” wees.

Seuns: groen langmou skoolhemp, grys langbroek, belt, skoolskoene en 'n das.

SENIORKOOR

Neem asseblief kennis dat die dogters se kleredrag vir optredes verander het. Daar is ‘n skrywe daaroor uitgegee. Die groen rompies word vervang met grys broeke vir die derde kwartaal se optredes. Die eerste optrede met die grys broeke sal dan op 29 Julie wees.

Ons volgende optrede sal op 29 Julie by NG Kerk Weltevredenpark se Koorfees wees.

Die koorfees vind plaas op Vrydagaand 29 Julie 2016, dit begin om 18:30. Die fisiese adres is Corneliusstraat 1140, Weltevredenpark. Koorlede moet asb. reeds vanaf 16:30 by die kerk wees vir ‘n klanktoets. Daar sal kos te koop wees by die snoepie.

Kaartjie is te koop teen R50 per persoon by juf. Klarike kamer 11 (Geelklas by die gr. R-sentrum). Daar sal ook kaartjies by die deure beskikbaar wees. Kaartjieverkope vir hierdie aand open op 18 Julie 2016 en sluit weer op 28 Julie 2016.

Belangrike datums

10 Augustus – CANSA-optrede saam met Jakkie Louw 18 en 19 Augustus - Fairland Kunswedstryd 14 Oktober - Koorfees saam met Johan Bester

Kultuur-aanhaling van die week

Logic will take you from A to B.

Imagination will take you everywhere. - Einstein

Erika Joubert

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique

4

SPORT

UITSLAE VAN WEDSTRYDE: OOS-KAAPTOER

Laerskool Sonop, Despatch: Tennis reën uit. Netbal: o/13B wen 30-4

o/13A wen 28-21 Rugby: 1ste span wen 34-5

Sunridge Primary, Port Elizabeth: Tennis: Seuns en dogters wen 16-12 Netbal : o/13B wen 10-3

o/13A wen 16-12 Rugby: 1ste span verloor 31-28

HOKKIE

Oefentye:

MAANDAE DINSDAE WOENSDAE

o/7 & o/8 13:40 - 14:15 GEEN OEFENING 13:10 - 13:45

o/9 – o/11 14:10 – 15:10 13:40 – 14:40 13:40 – 14:40

o/12 & o/13 15:10 – 16:10 14:40 – 15:40 14:40 – 15:40

o/12A en o/13A oefen elke 2de Maandag by Northcliff Astro (14:30 – 16:30) Datums: 15 Augustus; 29 Augustus & 5 September

Seuns: Voorlopige datums: ligawedstryde Dogters: Voorlopige datums ligawedstryde

5, 12, 19 Augustus; 2 September 1, 16, 23, 30 Augustus; 6 September

Mini-hokkietoernooi: 23 en 30 Augustus.

TENNIS

Juniortennis

Ligawedstryde bepalings:

Seuns A - 2 Augustus BYE 16 Augustus Unika (t) 23 Augustus De la Salle (t) 30 Augustus Louw Geldenhuys (t) 6 September TrinityHouse Randpark (w) 13 September Fontainebleau (w) Seuns B - 2 Augustus BYE 16 Augustus TrinityHouse Randpark (w) 23 Augustus Louw Geldenhuys (w) 30 Augustus BYE 6 September Unika (w) Dogters A - 10 Augustus Unika (w)

15 Augustus Louw Geldenhuys (t) 17 Augustus Randpark (t) 24 Augustus Fontainebleau (t) 31 Augustus NWCS (w) 7 September BYE Dogters B - 10 Augustus TrinityHouse Randpark (t)

15 Augustus Unika (w) 17 Augustus Crawford Sandton (w) 24 Augustus Louw Geldenhuys (t) 31 Augustus BYE 7 September Fontainebleau (t)

KRIEKET

Oefentye:

Tyd: (Derde en vierde Kwartaal)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae: 13:45 - 15:15 Woensdae: 13:45 - 15:15

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique

5

Krieketvaardighede (o/7 en o/8)

Oefentye:

Maandae: 13:40 – 14:15 Dinsdae: 13:10 – 13:45 Woensdae: 13:10 – 13:45

LANDLOOP

Liga-byeenkomste

Donderdag 28 Julie Ruimsig Donderdag 4 Augustus Ruimsig Donderdag 11 Augustus Avianto Landgoed, Muldersdrift (Le Jardin) Saterdag 20 Augustus Ruimsig D10-byeenkoms Saterdag 3 September Sal aangekondig word Gauteng-kampioenskap

Oefentye:

Maandag 15:45 – 17:00 Dinsdag 15:45 – 17:00 Woensdag 15:45 – 17:00 Donderdag 14:00 – 15:00

Bring tekkies, ‘n warm baadjie en ‘n waterbottel saam.

SKAAK

Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal) Skaak: Wagklas-oefentye

INLIGTINGSENTRUM

ATKV-KINDERBOEKTOEKENNING: Gr. R – 7

Afgehandel. Die stembriewe is ingehandig. Wenboeke sal in die Vinkie bekendgemaak word sodra ons uitslae ontvang het.

ATKV-LEESPROJEK: Gr. 6 – 7

Eksamen: 12 Augustus. Briewe en opsommings is reeds aan leerders uitgedeel ter voorbereiding vir die eksamen.

BATTLE OF THE BOOKS 2016

Die volgende leerders neem op Dinsdag 16 Augustus te Olivedale Openbare Biblioteek deel aan die eerste uitdunronde. Lees julle boeke deeglik en maak opsommings van elkeen om jou geheue te verfris.

Gr. 6: Lyné Olivier Marcel Steyn André van Graan Elize Naude Gr. 7: Michél Croucamp Charlie de Kock Megan Townsend

LAPA-BOEKUITSTALLING: 25 – 27 Julie

Baie dankie aan elke leerder en ouer wat die uitstalling ondersteun het. Die inligtingsentrum mag van die kommissie gebruik om boeke vir die sentrum aan te koop. Elke bydrae word opreg waardeer. Christien Neser het op Maandag 25 Julie met gr. 1- tot gr. 3, asook gr. 4- tot gr. 7-leerders gesels oor die waarde van lees. Jy moet besluit of jy ‘n halwe sportsmotor gaan wees met ‘n trapfiets voor, as jy groot is, of sal jy graag ‘n Porche of Lamborghini wil wees? As jy lees, verbreed jy jou kennis en insig. Lees en leer loop hand aan hand. Hoe meer jy lees, hoe beter sal jy vaar met leer en spel.

TYE DONDERDAE

Gr. 1(beginners) K.27 13:35 - 14:20 Maandae en Donderdae 13:30 - 14:00

Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 13:50 - 14:50 Dinsdae en Woensdae 13:00 - 13:30

Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 14:00 - 15:30

Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 14:00 - 15:30

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique

6 Baie dankie aan Marietjie van Lapa-uitgewers wat vir ons weer die skrywersbesoek gereël het. Baie dankie aan Christien Neser vir haar tyd en al die boeke wat sy aan van ons leerders geskenk het. Ons waardeer die gebaar en die lesers is alreeds fluks aan die lees. WOW-SPELFEES 2016 Gr. 1- tot gr. 3-leerders: Deelnemers het reeds hul briewe ontvang. Uitdunne geskied soos volg: Gr. 1- en gr. 2-leerders: Dinsdag 2 Augustus, na skool Gr. 3- en gr. 4-leerders: Donderdag 4 Augustus, na skool Gr. 5- tot gr. 7-leerders: Tweede pouses tydens die week van 1 – 12 Augustus Geniet al die projekte! Leanie Taljaard

ALGEMEEN

VERE-KAS

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Vere-kasgroete

Lillian Ankersmit - 082 324-5034

BAIE DANKIE!! Baie dankie vir ‘n heerlike verjaarsdag. ‘n Groot dankie aan mnr. Willie Goosen en al die personeel wat die dag so spesiaal gemaak het. Baie dankie aan Karén Reyneke en almal wat haar bygestaan het om die lapa in ‘n feestelike stemming te tooi. Ek is voorwaar ‘n bevoorregte mens om my verjaarsdag saam met sulke uitsonderlike mense te vier. Juf. Bettie KASKAR-KUIERFEES: Saterdag 3 September 2016

Optog: Vanaf 9:30-10:00 Vanaf 10:00 tot 16:00 neem die onderskeie klasse deel (program sal nog beskikbaar gestel word).

- Splinternuwe 4 x 4 kaskarbane

- Twee gladiatorbane

Leerders kan bandjies teen R50 elk koop vir die gladiatorbane vanaf 29 Augustus 2016

- Verskeie kosstalletjies

Ouers word genooi om hul mandjies te pak en saam te kom braai, kuier en te deel in al die pret! Om 12:30 word die MOTORKOMPETISIE se wenners aangekondig!!

Wees daar!

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique

7

GR. R: UITBLINKERS VAN DIE WEEK Die maatjies in elke gr. R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr. Willie in sy kantoor maak. Gr. R/07 : Cohan Esterhuysen Gr. R/08 : Isabella Febel Gr. R/09 : Christiaan Trollip Gr. R/10 : Markus Jansen Gr. R/11 : Timea Croucamp Gr. R/11A : Robert-Liam Lemon STERRE VAN DIE WEEK Gr. 1/18 : Steyn Kok Gr. 1/22 : Isabella Spangenberg Gr. 1/24 : Ethan Stander Gr. 1/25 : Tristan Coetzee Gr. 1/26 : Kehan Visser Gr. 1/27 : Kean Naudé Gr. 2/14 : Petri Groen Gr. 2/15 : Declan Basson Gr. 2/16 : Eben van Graan Gr. 2/17 : Kaelin Vosloo Gr. 2/21 : Aiden Fourie Gr. 2/23 : Ryno Wolmarans Gr. 3/12 : Dylan Pieterse Gr. 3/13 : Ruben Botha Gr. 2/28 : Ruan Keyter Gr. 2/29 : Kayla Beukes Gr. 3/45 : Bianca Janse van Rensburg Gr. 3/46 : Danica Smit GOEIE GEDRAG Gr. 1/26 Caelin van Lingen Gr. 4/49 Gardiol Keyter en Pierre de Villiers GR. R: UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Die maatjies in elke graad R-klas wat werklik tydens die week uitgeblink het, se naam verskyn weekliks in die Vinkie. Dié maatjies kry ‘n pragtige sertifikaat, dra die goeiegedrag-knopie en mag ‘n draai by mnr.

Willie in sy kantoor maak.

Gr. R/07 : Tokara Avis Gr. R/08 : Abigail Jacobs Gr. R/09 : Kayla Grant Gr. R/10 : Nikay Grayson Gr. R/11 : Ian Gow Gr. R/11A : Jessica van Zyl

GOEIE GEDRAG

Gr. 4/49 Kyle Visagie en Abigail Moorcraft

BIDGROEPIE

Kom bid lekker informeel en vinnig saam as jy klaar kinders afgelaai het op ‘n Woensdagoggend. (7:30 -8:00). Ons wil graag in die lapa vir ons skool, die kinders, personeel en werkers bid.

Vir enige inligting sms Kirsti 083 463-6600.

TOUCH RUGBY Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns welkom.

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique

8

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

Swem

Galadatums

Vrydag 14, 21 & 28 Oktober, 4 November

Judo Karl Pagel (gr. 6) het die afgelope jaar deelgeneem aan verskeie streeks- en nasionale judo- kompetisies. Hy het gekwalifiseer om gedurende die Julievakansie deel te neem aan die SA Judo Ope Kampioenskap, wat erken word deur SASCOC. Karl het ‘n 2de plek behaal (silwermedalje) vir individuele deelname en sy o/12-span het ‘n algehele 3de plek (bronsmedalje) behaal. Karl sal in Oktober 2016 spesifiek Laerskool Fairland verteenwoordig tydens sy deelname aan die SA Skole Kampioenskap Hieronder verskyn hy saam met Sensei Paul Nothnagel (Voorsitter Joburg Judo) en Sensei Michael Matare (Hajime Judo Academy)

Gimnastiek

Keegan Klopper het op 1 Julie 2016 Gauteng verteenwoordig by die SA Nasionale Kampioen-skap vir artistiese gimnastiek in Pinetown, KZN. Hy verower ‘n silwermedalje vir die ringe, silwer vir die parallelbrug en ‘n brons vir sy vloer-roetine. Hy verower dus ‘n algehele tweede (silwer-medale) plek by hierdie kompetisie.

Mila Pieterse (gr. 3/12) het op Saterdag, 18 Junie deelgeneem aan Visions Gymnastic’s se jaarlikse “Club Invitational”-kompetisie vir artistiese gimna-stiek. Sy verower bronsmedaljes vir al 4 apparate en ook ‘n algehele 3de plek en bronsmedalje in Vlak 2, dogters tussen 8 en 9 jaar oud.

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique

9 NEA - UITSLAE

LET WEL: Enige NEA-sertifikate en repliekvorms moet asseblief in die NEA-boks in die kantoor geplaas word binne ‘n week na optrede. Dié betrokke uitslae sal dan te gelegenertyd in die saal uitgelees word en in die Vinkie gepubliseer word.

Lize-li Smit

Een van ons leerders, Lize-li Smit, het die besondere voorreg gehad om tydens die vakansie in Amerika te gaan deelneem aan die SHINE-kompetisie van AMTC (Actors, Models and Talent for Christ). Lize-li is as finalis van die plaaslike SATCH-kompetisie, gekies om vir veral drama en modelwerk te gaan deelneem. Die ongeveer 700 internasionale deelnemers, is blootgestel aan intensiewe opleiding deur professionele persone uit die industrie en is daarna op verskeie terreine beoordeel deur ‘n groep van tot 35 beoordelaars. Aan die einde van die kompetisie is sy teruggeroep vir verdere onderhoude deur belangstellende agente vir beide drama en modelwerk. Die internasionale agentskap, NEW YORK MODELS, het haar genooi as een van slegs 15 modelle, na hul jaarlikse modelkamp. Dit was ‘n besondere eer en Lize-li voel baie geëerd dat sy soveel sukses behaal het. Ons is trots op jou Lize-li. Hou aan om jou liggie so te laat skyn (SHINE).

ADVERTENSIES

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL

Bly warm hierdie winter met musiek wat jou hart vul! Skryf nou in vir musieklesse te kies en te keur - kitaar, sang, dromme, klavier, viool, blokfluit en "Shake it Orff" groepsklasse! Kontak Anthea op 081 351 7491 // [email protected] // Berario Ontspanningsentrum.

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com...Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 Jaargang 25 Nr. 20 28 Julie 2016 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Baie geluk aan Nicky en Monique

10 FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8ste Laan, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386 of [email protected]

SKAAPTJOPS!!

Smaaklike, vars Vrystaat lamsvleis te koop teen R80.00 per kilogram. Opgesny en verpak na u bestelling. Heel of halwe lam. Navrae – Tinus de Wet [email protected].

MAATSKAPPY TE KOOP

CDR ENGINEERING Tel: 021 945 2828

E-posadres: [email protected]