65
Microsoft ® Office Word 2007-opleiding Kom op dreef

Microsoft ® Office Word 2007-opleiding

  • Upload
    kirk

  • View
    69

  • Download
    27

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Microsoft ® Office Word 2007-opleiding. Kom op dreef. Kursusinhoud. Oorsig: Het jy die boodskap gekry? Les 1: Raak bekend met die Strook Les 2: Vind daaglikse opdragte Les 3: Eenvoudige lyste. Die eerste twee lesse sluit ’n lys van voorgestelde take in en almal sluit ’n stel toetsvrae in. - PowerPoint PPT Presentation

Citation preview

Page 1: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Microsoft® Office Word 2007-opleiding

Kom op dreef

Page 2: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Kursusinhoud• Oorsig: Het jy die boodskap gekry?

• Les 1: Raak bekend met die Strook

• Les 2: Vind daaglikse opdragte

• Les 3: Eenvoudige lyste

Die eerste twee lesse sluit ’n lys van voorgestelde take in en almal sluit ’n stel toetsvrae in.

Page 3: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Oorsig: Het jy die boodskap gekry?

Word 2007 is op die mark. Hierdie kursus sal jou help om op dreef te kom.

Jy sal leer hoe om goeie dokumente wat professioneel voorkom en wat jou vriende en kollegas beïndruk, te skep.

Page 4: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Kursusdoelwitte• Werk met die Strook — die nuwe eienskap wat Word die

maklikste ooit maak om te gebruik.

• Vind die daaglikse, algemene opdragte wat nodig is om jou werk te doen.

Page 5: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Les 1

Raak bekend met die Strook

Page 6: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Raak bekend met die StrookWanneer jy Word 2007 oopmaak, is die eerste wat jy sien die Strook, dit wil sê dié area wat die bokant van Word dek.

Die Strook bring die gewildste opdragte na die voorgrond, sodat jy nie op verskeie plekke hoef te soek na dit wat jy die hele tyd doen nie.

Dit sal jou werk makliker en vinniger maak.

Tuis

Font Paragraaf

Page 7: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Gebruik die Strook vir algemene aksiesDie Strook bied maklike gebruik en gerief, met alle gewone aksies wat op een plek getoon word.

Byvoorbeeld, jy kan teks sny en plak deur die opdragte op die Tuis-oortjie te gebruik; teksformatering verander deur ’n Styl te gebruik en die bladsy-agtergrondkleur op die Bladsy-uitleg-oortjie te verander.

Plak

Tuis

Font Paragraaf

Page 8: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Waaruit bestaan die Strook?Wanneer jy bekend is met die drie dele van die Strook, sal jy beter verstaan hoe om dit te gebruik.

Dit bestaan uit oortjies, groepe en opdragte.

1

2

3

Oortjies: Die Strook het sewe basiese oortjies dwarsoor die bokant. Elk verteenwoordig ’n aktiewe area.Groepe: Elke oortjie het verskeie groepe wat verwante items saam toon.Opdragte: ’n Opdrag is ’n knoppie, ’n kieslys of ’n blok waar jy inligting kan invoer.

Tuis

Font Paragraaf

Page 9: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Dialoogblok-beginners in groepe

Sommige groepe het ’n klein diagonale pyltjie in die onderste regterhoek wat die Dialoogblok-beginner genoem word.

Klik daarop om meer opsies verwant aan die groep, te sien. Hulle verskyn in ’n dialoogblok wat bekend lyk, of ’n taakruit wat jy van ’n vorige weergawe van Word herken.

Tuis

Font Paragraaf

Font

Font Karakterspasiëring

Page 10: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Bykomende oortjies verskynSekere oortjies verskyn slegs wanneer jy hulle nodig het.

Veronderstel jy voeg ’n prent in en wil meer daarmee doen, soos om dit klein te knip of die vou van teks daaromheen te verander.

Waar is daardie opdragte te vinde?

Prentnutsmiddels

Formaat

Prentstyle

Prentvorm

PrentrandPrent-effek

Page 11: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Bykomende oortjies verskynSekere oortjies verskyn slegs wanneer jy hulle nodig het.

1

2

3

Kies die prent:

Die Prentnutsmiddels verskyn. Klik die Formaat-oortjie.

Bykomende groepe en opdragte om met prente te werk, soos die Prentstyle-groep, verskyn.

Jy het nie nodig om daarna te soek nie. In plaas daarvan:

Tuis

Prentnutsmiddels

Formaat

Prentstyle

Prentvorm

PrentrandPrent-effek

Page 12: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Die Mini-nutsbalkSommige formateringsopdragte is so nuttig dat jy hulle beskikbaar wil hê, ongeag wat jy doen.

Veronderstel jy wil sommige teks vinnig formateer, maar jy werk op die Bladsy-uitleg-oortjie.

Jy kan die Tuis-oortjie klik om meer formatering-opsies te sien, maar daar is ’n korter pad.

Bladsy-uitleg

A23B

Page 13: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Die Mini-nutsbalkSommige formatering-opdragte is so nuttig dat jy hulle beskikbaar wil hê, ongeag wat jy doen.

1

2

Kies jou teks deur die muis te sleep en dan na die keuse te wys.

Die Mini-nutsbalk sal op ’n vervaagde manier verskyn. Indien jy na die Mini-nutsbalk wys, sal dit solied word en jy kan ’n formateer-opsie daarop klik.

Bladsy-uitleg

A23B

Page 14: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Die Kitstoegang-nutsbalkDie Kitstoegang-nutsbalk is die klein area aan die boonste linkerkant van die Strook.

Die prent toon hoe jy jou ander gunsteling-opdragte by die Kitstoegang-nutsbalk kan voeg, sodat hulle beskikbaar is, ongeag van die oortjie waarop jy is.

Jy kan ook knoppies uit die Kitstoegang-nutsbalk verwyder.

Dit bevat die dinge wat jy elke dag oor en oor gebruik: Stoor, Ongedaan maak en Herhaal.

Tuis

Voeg by Kitstoegang-nutsbalk

Pasmaak Kitstoegang-nutsbalk...Toon Kitstoegang-nutsbalk onderkant die StrookMinimeer die Strook

Page 15: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Oefenvoorstelle1. Gebruik die Strook.

2. Laat bykomende oortjies verskyn en voeg dan ’n prent in en werk met die Prentnutsmiddels.

3. Werk met die Mini-nutsbalk.

4. Gebruik die Kitstoegang-nutsbalk.

5. Verberg groepe en opdragte.

Page 16: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 1, vraag 1Wat gebeur as jy hierdie knoppie in Word 2007 klik? (Kies een antwoord.)

1. Jy verberg tydelik die Strook, sodat jy meer plek vir jou dokument het.

2. Jy pas ’n groter fontgrootte op jou teks toe.

3. Jy sien bykomende opsies.

4. Jy voeg ’n opdrag by die Kitstoegang-nutsbalk.

Page 17: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 1, vraag 1: AntwoordJy sien bykomende opsies.

Dikwels sal ’n dialoogblok verskyn en dalk bekend lyk ten opsigte van vorige weergawes van Word.

Page 18: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 1, vraag 2Waar is die Kitstoegang-nutsbalk en wanneer moet jy dit gebruik? (Kies een antwoord.)

1. Dit is in die linkerkantse boonste hoek van die skerm en jy behoort dit te gebruik vir jou gunsteling-opdragte.

2. Dit sweef bokant jou teks en jy behoort dit te gebruik wanneer jy formaatveranderings wil aanbring.

3. Dit is in die linkerkantse boonste hoek van die skerm en jy behoort dit te gebruik om vinnig toegang tot ’n dokument te verkry.

4. Dit is op die Tuis-oortjie en jy behoort dit te gebruik om ’n nuwe dokument vinnig te laat loop of te begin.

Page 19: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 1, vraag 2: AntwoordDit is in die linkerkantse boonste hoek van die skerm en jy behoort dit te gebruik vir jou gunsteling-opdragte.

Dit is die klein nutsbalk met die Stoor-, Ongedaan maak- en Herhaal-knoppie. Jy kan jou gunsteling-opdragte byvoeg deur regs op ’n opdrag te klik en Voeg by Kitstoegang-nutsbalk te kies.

Page 20: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 1, vraag 3Die Mini-nutsbalk sal verskyn indien jy watter van die volgende doen? (Kies een antwoord.)

1. Dubbelklik die aktiewe oortjie op die Strook.

2. Kies teks.

3. Kies teks en wys dan daarna.

4. Enige van die bogenoemde.

Page 21: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 1, vraag 3: AntwoordKies teks en wys dan daarna.

Dit sal verskyn as jy jou gekose teks regsklik.

Page 22: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Les 2

Vind daaglikse opdragte

Page 23: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Vind daaglikse opdragteWord 2007 is nuut en dít is opwindend. Maar jy het dinge om te doen.

Dit is dus nou die tyd om uit te vind waar die presiese plekke van die mees algemeen gebruikte opdragte is.

Byvoorbeeld, waar skep jy ’n dokument? Waar is die kolpunte, die style en die speltoetser? Wat van drukwerk?

Hierdie les sal toon dat die nuwe programontwerp daardie opdragte presies plaas waar jy hulle nodig het.

Page 24: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Begin met die Microsoft Office-knoppie

Die Microsoft Office-knoppie is die plek waar jy nou in Word begin.

Wanneer jy dit druk, verskyn ’n kieslys wat jy kan gebruik om ’n dokument te skep, oop te maak of te stoor.

Tuis

Nuwe

Maak oop

Publiseer

Maak toe

Word-opsies

Gaan uit Word

Onlangse Dokumente

Page 25: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Wat van style?Stel jy belang in ’n kragtiger en doeltreffender benadering tot formatering as slegs die vetdruk- en kursief-opdrag?

Jy sal graag meer wil weet aangaande style in die nuwe Word.Jy kan óf ’n pasklaar Kitsstyl, óf ’n styl wat jy voorheen

geskep het, kies.

¶ Normaal ¶ Geen Sp…

Opskrif 1 Opskrif 2

Style

Page 26: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Wat van style?Jy werk met style op die Tuis-oortjie in die Style-groep.

1 Kitsstyle is pasklaar style met ’n professionele voorkoms, wat vinnig en maklik toegepas kan word. En in hierdie Word-weergawe het hulle ’n heel nuwe voorkoms. Klik hierdie knoppie om etlike meer gereed-om-te-gebruik-Kitsstyle te sien. Klik die Dialoogblok-beginner om die Style-ruit oop te maak.

2

3

Die prent toon hoe om die verlangde style te kry.

¶ Normaal ¶ Geen Sp…

Opskrif 1 Opskrif 2

Style

Page 27: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Die Formaat-verwer’n Ander hoëspoed-formatering-opdrag is Formaat-verwer.

Dit is heel links van die Tuis -oortjie in die Knipbord-groep geleë.

In geval jy nie bekend is met die Formaat-verwer nie, dit is ’n vinnige manier om formatering vanaf een teksgedeelte na ’n ander te dupliseer.

Om die Formaat-verwer te gebruik, plaas die merker in die teks waarvan jy die formatering wil kopieer en klik dan die Formaat-verwer-knoppie.

Tuis

Font ParagraafKnipbord

Page 28: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

ZoemNadat jy iets ingevoeg het, moet jy dalk die besonderhede van nader beskou.

Dus sal jy definitief wil weet waar om die zoem-kontrole te vind.

Kyk in die onderkantse regterhoek. Sleep die glyer na regs om in te zoem en sleep dit na links om uit te zoem.

Page 29: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Gereed om te druk?Jy is gereed om te druk—regtig?

Eerstens is dit slim om na te gaan hoe jou bladsye vir die drukker uitgelê is.

Alles wat jy nodig het, is op die Bladsy-uitleg-oortjie.

Die Bladsy-opstelling-groep bevat Grootte (8.5 x 11, A4, ensovoorts), Oriëntasie (landskap en portret) en Kantlyne.

Bladsy-uitleg

Inkeping

Page 30: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Ja, reg om te drukWanneer jy werklik reg is om te druk, gaan terug na die Microsoft Office-knoppie.

1 Indien jy die Druk-opdrag klik, kry jy die Druk-dialoogblok. Maar as jy in plaas daarvan na die pyltjie aan die regterkant van die Druk-opdrag wys, sal jy drie bykomende opdragte sien.

Hou in gedagte dat jy nou opsies het:

Tuis

Nuwe

Maak oop

Stoor

Stoor As...

Druk...

Voorbeskou en druk die dokument

Druk

Kitsdruk

Drukvoorskou

Kies ’n drukker, aantal kopieë en ander drukkeropsies voor drukproses.

Stuur die dokument direk na die verstekdrukker sonder om veranderings aan te bring.

Voorafbeskou en bring veranderings aan op bladsye voordat daar gedruk word.

Page 31: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Ja, reg om te drukWanneer jy werklik reg is om te druk, gaan terug na die Microsoft Office-knoppie.

2

3

DrukKitsdrukDrukvoorskou

Hou in gedagte dat jy nou opsies het:

4

Tuis

Nuwe

Maak oop

Stoor

Stoor As...

Druk...

Voorbeskou en druk die dokument

Druk

Kitsdruk

Drukvoorskou

Kies ’n drukker, aantal kopieë en ander drukkeropsies voor drukproses.

Stuur die dokument direk na die verstekdrukker sonder om veranderings aan te bring.

Voorafbeskou en bring veranderings aan op bladsye voordat daar gedruk word

Page 32: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Agter die skermsAl die eienskappe wat jy elke dag in Word gebruik, is op die Strook en maklik om te vind.

Waar dan is die agter-die-skerms-instellings wat nie handel oor die produseer van dokumente nie, maar wat die wyse waarop Word werk, beheer?

Tuis

Nuwe

Maak oop

Publiseer

Maak toe

Word-opsies

Gaan uit Word

Onlangse Dokumente

Page 33: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Agter die skermsHoe beheer jy hoe Word Werk?

Al hierdie instellings vorm deel van Word-opsies, wat jy sien wanneer jy die Word-opsies-knoppie druk.

Dit is op die kieslys wat oopmaak wanneer jy die Microsoft Office-knoppie druk.

Tuis

Nuwe

Maak oop

Publiseer

Maak toe

Word-opsies

Gaan uit Word

Onlangse Dokumente

Page 34: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Oefenvoorstelle1. Voeg ’n kolpuntlys by.

2. Pas Kitsstyle toe en zoem uit om al die veranderinge te sien.

3. Verander die Kitsstyl-stel.

4. Gebruik die Formaat-verwer.

5. Bring algehele veranderinge met die Bladsy-uitleg-oortjie aan. Probeer dan meer oortjies.

6. Druk op allerhande wyses.

Page 35: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 2, vraag 1Jy kan kolpuntlyste met gebruik van opdragte toepas – in watter groep en op watter oortjie? (Kies een antwoord.)

1. In die Paragraaf-groep op die Bladsy-uitleg-oortjie.

2. In die Paragraaf-groep op die Tuis-oortjie.

3. In die Paragraaf-groep op die Voeg in-oortjie.

4. In die Teks-groep op die Voeg in-oortjie.

Page 36: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Kom op spoed

Toets 2, vraag 1: AntwoordIn die Paragraaf-groep op die Tuis-oortjie.

Dit is waar jy kolpuntlyste kan toepas. Wenk: Jy kan ook kolpuntlyste toepas deur die Mini-nutsbalk te gebruik.

Page 37: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 2, vraag 2Hoe kies jy drukopsies in die nuwe weergawe van Word? (Kies een antwoord.)

1. Klik die Druk-knoppie op die Strook.

2. Klik die Druk-knoppie op die Kitstoegang-nutsbalk.

3. Gebruik die Microsoft Office-knoppie.

4. Óf die eerste, óf die tweede opsie hierbo.

Page 38: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 2, vraag 2: AntwoordGebruik die Microsoft Office-knoppie.

Dit is hier waar jy ook Drukvoorskou oopmaak.

Page 39: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Kom op spoed

Toets 2, vraag 3In watter hoek is die zoemkontrole? (Kies een antwoord.)

1. Bo regs.

2. Bo links.

3. Onder links.

4. Onder regs.

Page 40: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 2, vraag 3: AntwoordOnder regs.

In die onder-regterkantse hoek is die kontrole wat jy gebruik om in en uit te zoem. Jy kan ook die Beskou-kieslys gebruik om die zoem-kontroles te sien.

Page 41: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Les 3

Eenvoudige lyste

Page 42: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Eenvoudige lysteLyste is nuttige komponente van enige dokument, hetsy jy inligting opsom of dit makliker maak om te verwerk.

Genommerde lyste is noodsaaklik om ’n volgorde van inligting te toon. Indien jy nie bekommerd oor volgorde is nie, is ’n kolpuntlys dalk beter.

Lyste kan enkelvlak wees waar al die items dieselfde hiërargie en inkeping het, of multivlak wat beteken daar is ’n lys binne ’n lys.

• Mercurius

• Venus• Aarde• Mars

1. Mercurius2. Venus3. Aarde4. Mars

• Mercurius• Venus• Aarde

• Maan• Mars

• Phobos• Deimos

Page 43: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Skep lyste terwyl jy tikDaar is meer as een wyse om ’n lys te begin, maar een van die gewildstes is om die lys outomaties te skep terwyl jy tik.

Indien jy ’n kolpuntlys nodig het, tik slegs ’n asterisk (*), gevolg deur ’n spasie. Die asterisk verander in ’n kolpunt en jou lys het begin.

Wanneer jy die eerste item in jou lys klaar getik het, druk ENTER en ’n nuwe kolpunt verskyn op die volgende reël.

Spasie Periode PeriodeA

• Mercurius

• Venus• Aarde• Mars

1. Mercurius2. Venus3. Aarde4. Mars

a. Mercuriusb. Venusc. Aarded. Mars

Page 44: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Skep lyste terwyl jy tikDaar is meer as een wyse om ’n lys te begin, maar een van die gewildstes is om die lys outomaties te skep terwyl jy tik.

Om outomaties genommerde lyste te skep, tik die syfer 1 en ’n punt (1.), gevolg deur ’n spasie.

Hierdie is nuut in Word 2007; in vorige weergawes moes jy ENTER gedruk het voordat die lys begin het.

Spasie Periode PeriodeA

• Mercurius

• Venus• Aarde• Mars

1. Mercurius2. Venus3. Aarde4. Mars

a. Mercuriusb. Venusc. Aarded. Mars

Page 45: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Skep lyste terwyl jy tikDaar is meer as een wyse om ’n lys te begin, maar een van die gewildstes is om die lys outomaties te skep terwyl jy tik.

Omdat geletterde lyste slegs ’n ander vorm van genommerde lyste is, tik die letter a en ’n punt (a.), gevolg deur ’n spasie om die geletterde lys te begin.

Spasie Periode Periode

• Mercurius

• Venus• Aarde• Mars

1. Mercurius2. Venus3. Aarde4. Mars

a. Mercuriusb. Venusc. Aarded. Mars

A

Page 46: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Stop van lysteJy het die laaste item in jou lys ingevoer. Hoe voltooi jy die lys en stop die kolpunte of nommers om te verskyn?

Die prent toon die beste metodes.

Die maklikste manier om te stop om ’n lys te skep, is om ENTER twee maal te druk soos aan die linkerkant getoon.

Indien jy iets effens anders nodig het, byvoorbeeld teks wat op dieselfde vlak as die teks of kolpunt daarbokant ingekeep is, gebruik die BACKSPACE-sleutel.

• Mercurius

• Venus• Aarde• Mars• Jupiter•

Saturnus• Uranus•

Neptunus

• Mercurius

• Venus• Aarde• Mars• Jupiter•

Saturnus• Uranus•

Neptunus

Voer in Terugspasie

Page 47: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Werk met paragrawe in lyste; plak van lysteVeronderstel jy is besig om ’n genommerde of kolpuntlys te skep en dit is nodig dat sommige van die lys-items subparagrawe bevat, soos aangetoon in die prent.

Daar is verskeie metodes om hierdie scenario te hanteer; die een wat jy kies, is afkanklik van die toestand van jou dokument en jou persoonlike voorkeur.

Ongelyste paragrawe

Page 48: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Werk met paragrawe in lyste; plak van lysteVeronderstel jy is besig om ’n genommerde of kolpuntlys te skep en dit is nodig dat sommige van die lys-items subparagrawe bevat, soos aangetoon in die prent.

• Jy kan subparagrawe in ’n lys skep deur SHIFT+ENTER, eerder as slegs ENTER, te druk om elke blok met teks te beëindig.

• Om na die subparagrawe voort te gaan met die lys, tik die volgende nommer gevolg deur ’n punt; die lys sal outomaties voortgaan.

Ongelyste paragrawe

Page 49: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Kolpunte of nommers? Het jy die verkeerde tipe lys? Jy het begin met kolpunte, maar dink nou dat nommers beter sou wees of omgekeerd?

Moenie bekommerd wees nie, dit is maklik om van die een na die ander om te skakel.

Klik slegs iewers in jou lys en klik dan die Kolpunte- of Nommering -knoppie op die Strook.

Tuis

Font Paragraaf

|•

Mercurius

• Venus

Page 50: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Kolpunte of nommers? Jy kan ook hierdie knoppies gebruik om nuwe lyste te begin.

Klik die knoppie en begin tik om jou eerste lys-item te skep, of kies die teks wat jy reeds getik het en klik die Kolpunte of Nommering-knoppie om elke paragraaf in ’n lys-item te verander.

Tuis

Font Paragraaf

• Mercurius

• Venus

Page 51: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 3, vraag 1Wat is ’n enkelvlak-lys?

1. ’n Lys sonder sublyste in enige individuele item.

2. ’n Lys met elke kolpunt of nommer op dieselfde inkeping.

3. ’n Lys met slegs een item.

4. ’n Lys wat slegs nommers en geen kolpunte gebruik nie.

Page 52: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 3, vraag 1: Antwoord’n Lys sonder sublyste in enige individuele item.

Geen lyste binne lyste vir ’n enkelvlak-lys nie!

Page 53: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 3, vraag 2Wat moet jy tik om outomaties ’n kolpuntlys wat ’n swart kol as kolpunt-ontwerp gebruik, te skep? (Kies een antwoord.)

1. 1. en ’n spasie

2. @ en ’n spasie

3. a. en ’n spasie

4. * en ’n spasie

Page 54: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 3, vraag 2: Antwoord* en ’n spasie.

Tik ’n asterisk gevolg deur ’n spasie, en dan is jy aan die gang.

Page 55: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 3, vraag 3Hoe moet jy ’n nuwe paragraaf belyn sodat die teks dieselfde hoeveelheid ingekeep is as die teks in die kolpuntlys-item daarbokant? (Kies een antwoord.)

1. Voltooi die lys en gebruik dan die inkepe op die liniaal om die begin van die nuwe paragraaf te belyn.

2. Voeg ’n nuwe lys-item by en druk dan BACKSPACE om van die kolpunt ontslae te raak.

3. Voeg ’n nuwe lys-item by en druk BACKSPACE dan twee keer.

4. Voeg ’n nuwe lys-item by en druk ENTER dan weer.

Page 56: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 3, vraag 3: AntwoordVoeg ’n nuwe lys-item by en druk dan BACKSPACE om van die kolpunt ontslae te raak.

Dit is verreweg die maklikste manier om die ingekeepte paragraaf te verkry.

Page 57: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Les 4

Byvoeg van ’n rand, tinting of vul-effek

Page 58: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Byvoeg van ’n rand, tinting of vul-effek

Rande, tinting en dekoratiewe vul-effekte is nie slegs geskik vir vakansienuusbriewe nie. Word bied ’n reeks opsies vir die raam en beklemtoning van teks, tabelle en tabelselle, grafieke en volledige bladsye.

Hierdie les stel dié gereed-om-te-gebruik- en pasmaakbare opsies bekend en toon aan jou die basiese dinge hoe om dit by jou dokument te voeg.

Dekoratiewe bladsyrande en ’n grafiek met ’n gradiëntvul

Page 59: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Bladsyrande

Jy kan volle of gedeeltelike rande by enige gedeelte of enige bladsy van ’n dokument voeg. Word verskaf ’n verskeidenheid ingeboude bladsyrande, vanaf besigheidsgewys tot vertonerig.

Dokument met ’n grafiese bladsyrand

Page 60: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Bladsyrande

Jy kan kies:

• Die tipe algehele rand, vanaf ’n eenvoudige blok tot ’n blok met skaduwee, tot 3D, tot ’n pasmaakstyl van jou ontwerp.

• Die reëlstyl, kleur en dikte.• Die artistieke styl wat prettig kan wees indien jou dokument

informeel is, of gekoppel is aan ’n spesiale geleentheid, gebeurtenis of vakansie.

Bladsy-uitleg

Rande en Tinting

Rande Bladsyrande TintingInstelling

Styl

Kleur

Wydte

KunsPas toe op

Opsies

Goed Kanselleer

Voorskou

Page 61: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Rande en tinting vir teks

Jy kan rande en tinting rondom diskrete stukke teks of grafika plaas om hulle van mekaar te skei.

Die Rande en Tinting -dialoogblok kan ook bereik word vanaf die knoppie in die Paragraaf-groep in die Tuis-oortjie

Bladsy-uitleg

Rande en Tinting

Rande Bladsyrande TintingInstelling

Styl

Kleur

Wydte

KunsPas toe op

Opsies

Goed Kanselleer

Voorskou

Page 62: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 4, vraag 1Wat is die maklikste wyse om ’n rand by ’n bladsy te voeg? (Kies een antwoord.)

1. Teken ’n blok rondom die bladsy.

2. Klik die Bladsyrande-knoppie in die Bladsy-agtergrond-groep in die Bladsy-uitleg-oortjie

3. Teken ’n tabel rondom die bladsy

Page 63: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 4, vraag 1: AntwoordKlik die Bladsyrande-knoppie in die Bladsy-agtergrond-groep in die Bladsy-uitleg-oortjie

Jy kan ook die Rande -knoppie in die Paragraaf-groep in die Tuis-oortjie kies

Page 64: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 4, vraag 2Wat kan jy as ’n bladsyrand gebruik? (Kies een antwoord.)

1. Verskillende randtipes soos 3D en skaduwee-tinting.

2. Pasgemaakte reëlstyle, kleur en dikte.

3. Grafiese rande.

4. Al bogenoemde.

Page 65: Microsoft ®  Office  Word 2007-opleiding

Toets 4, vraag 2: AntwoordAl bogenoemde.

Jy kan verskillende randtipes,reëlstyle, kleur en diktes stel. Jy kan ook ’n grafiese rand vir spesiale geleenthede of gebeurtenisse stel.