72
BINNE ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit VILLAGE BELÊ VERDER IN MEGANISASIE SE GROEI MEGANISASIE EN INSETTE-UITGAWE Augustus 2012 Charlie Pearson Charlie Pearson Charlie Pearson SENWES EN AFGRI SNOER KRAGTE SAAM

’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

BINNE

’n P ositiewe gesindheidkan berge versit

VILLAGE BELÊ VERDER

IN MEGANISASIE SE GROEI

MEGANISASIE EN INSETTE-UITGAWE

Augustus 2012

Charlie PearsonCharlie PearsonCharlie Pearson

SENWES EN AFGRI SNOER KRAGTE SAAM

Page 2: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

Dat n stoel nou juis soveel moles kan veroorsaak…

DRAF

TFCB

CAP

E TO

WN

1000

0854

CT/E

Page 3: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

1

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

RUBRIEKE54 AGRI-WENKE: Skud jou vere reg vir opkomende seisoen63 VIR DIE SIEL: Die sug van verligting68 IN MY VISIER: Wye horisonne

DEVELOPING AGRICULTURE58 Determining capital requirements for farm

recapitalisation COMPETITION66 Leave nothing undone

PROMOSIE-ARTIKELS11 MTN: Lyncing people – cloud computing can change everything16 Grasland Ondernemings: Kalkaanleg gaan van krag tot krag22 Sidi Parani: Nanotegnologie – die volgende vlak in plantvoeding27 JoJo tanks: Vang reënwater op vir ’n

waardevolle oes29 Falcon bou voort op sukses32 Agricol: IMPAK-mieliereeks ontsluit nuwe

markgeleenthede39 Jonsson: Safety from the ground up64 Agrinet set to revolutionise the irrigation

industry

REDAKTEURSBRIEF 2 ’n Klein begin kan lei na groot sukses

HOOFSTORIE 4 Senwes en Afgri snoer kragte op handelsvlak

KOLLIG OP CHARLIE PEARSON 6 ’n Positiewe gesindheid kan berge versit

NUUS12 Groeiende vraag na kunsmis word bevredig13 Finansier jou bate deur Senwes14 ’n Oop beursie maak die las ligter18 Waar staan plaaslike veeboere internasionaal?23 Bt-mielies laat stronkboorders les opsê24 Suid-Afrika hou kers vas by Amerika FOKUS OP MEGANISASIE EN INSETTE30 Senwes belê verder in Meganisasie se groei33 Genade, kyk my groot John Deere!35 Manage your equipment anywhere, anytime40 My bloed is groen, John Deere groen

LANDBOU-TEGNIEK52 Skapie, skapie, waar kom jy vandaan?

SENWES VILLAGE44 Groet lente met sakpaspryse46 Waarom my steur aan die koue ketting?

SENWES GRAINLINK51 Meer mense, meer voedsel56 Wat ’n unieke seisoen!

ALGEMEEN 3 ALLES EN NOG WAT: Spotprent; Sê Wie; Uit

Ouma se medisynekas en meer67 LEEFSTYL: Wen met Senwes Scenario en

Feather Hill Spa.Dui Senwes Scenario-artikels aan wat beskikbaar is op Senwes se

webwerf by www.senwes.co.za

OP DIE VOORBLADCharlie Pearson kan voorwaar sê vanjaar was tot dusver nog net goed vir hom. Lees meer op bladsy 6 oor sy positiewe uitkyk op die lewe en sy boerdery. Die voorbladfoto is geneem deur Wayne Viljoen.

Augustus 2012inhoud

•••

Dui Senwes Scenario-artikelso

OCsnbovW

1

everything

••• •

Page 4: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

2

SENWES Scenario<< >>

2

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg. • Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.

SENWES SCENARIO

••• REDAKTEURSBRIEF

’n Klein begin kan leina groot sukses

Meeste van ons het iewers in ons lewens met ’n skedonk te doen gehad, daardie een wat aan die brand gestoot moes word, olie gelek het of iewers ’n onderdeel gekort het wat eens op ’n tyd gewerk het. Daardie motor wat jou so skaam gemaak het dat jy jou kop onder die paneelkassie wou indruk – egter net totdat dit jou eie geword het, dan wou jy bars van trots!

Myne was ’n kanariegeel Mazda Sting. Banana, soos ek haar vroeg reeds gedoop het, was my ma se kar in die jare toet, toe polisiemotors nog geel was en juis hieroor was sy oortuig daarvan dat hulle nooit haar kar sou steel nie. Ek gaan lieg as ek sê ek was nie bly toe my ma besluit het dit is tyd vir ’n nuwe ryding nie, maar tot my spyt besluit my pa toe dat die kar my studentemotor moes word.

Met ’n lisensie in my sak en my geel motor wat met slegs R200 volgemaak kon word, rits ek die wêreld vol. Haar ruitveërs het ook later die gees gegee, maar dit het my nie gekeer op ’n reënerige dag nie, want ek het net my kop by die venster uitgesteek en bietjie stadiger gery. Sekerlik die grootste voordeel wat Banana ingehou het, was die feit dat ek nooit na haar moes soek wanneer ek by die winkels uitgekom het nie, daardie giggel-geel het my altyd reg tussen die oë getref.

Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek

vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge -neem. Sy was altyd vol gras, perdevoer, hondehare en boeke. Ek en Banana was basies onafskeid baar.

Banana het egter so ’n paar jaar gelede die tydelike met die ewige verwissel nadat ’n Putco-bus alweer voor my ingedraai het. Dankie tog tegno-logie verander en daardie hoofstuk van my lewe is afgehandel, want vandag spog ek darem met lugversorging en kragstuur, al moet ek self daarvoor betaal.

John Deere is self ’n markleier sover dit tegno-logie in die meganisasiebedryf aangaan. Lees op bladsy 35 meer oor opwindende nuwe verwikkelinge met betrekking tot hul implemente. Laparoskopiese bevrugting by skape toon ook hoe tegnologie verantwoordelik is vir verbeterings in die veebedryf. Op bladsy 48 vertel Carel Nel waarom hy hierdie praktyk in sy skaapboerdery geïntegreer het.

Geniet hierdie uitgawe van Senwes Scenario wat merendeels oor meganisasie en insette handel. Moenie daardie ou trekker of implement in jou stoor miskyk nie…Hy is dalk oud, maar nog definitief nie koud nie.

Elmarie

Elmarie Schoeman

Elmarie Schoeman

Elmarie Schoeman

Page 5: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

3

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

3

>> SAYS WHO?

>> SÊ WIE?

Laparoskopiese bevrugting by kleinvee is ’n tendens wat toeneem in gewildheid onder produsente. Dit is meer ekonomies om semen van ’n paar top-stoetramme te koop as om in slegs een duur ram te belê. Lees meer hieroor op bladsy 52.

ALLES EN NOG WAT • THIS AND THAT •••

By three methods we may

learn wisdom: First, by reflection, which is noblest; Second, by imitation, which

is easiest; and third by experience,

which is the bitterest.

– CONFUCIUS –

Die teëspoed sif die vriende uit wat

die voorspoed geoes het.

– CJ LANGENHOVEN –

Gebarste hakke: Meng olyfolie, suurlemoensap, seesout en heuning en skrop jou voete daarmee.Blomme varshou: Maak ’n gaatjie in ’n rou aartappel en plaas jou stiggie/blom daarin om dit vars te hou as jy dit vervoer. Om blomme in ’n vaas langer te laat hou, gooi net 2 aspiriene in die water of voeg ’n bietjie koeksoda by. S

>> UIT OUMA SE MEDISYNEKAS

Bron: http://www.puk.ac.za/opencms/export/PUK/html/fakulteite/natuur/sesd/Boererate_x_Verbruikers-wenke.pdf

Source: http://www.health24.com/news/Fitness/1-911,75814.asp

Pieter & Tsepo

Many truly odd events have been included (and subsequently scrapped) in the Olympics over the years. Some of them are truly bizarre. Like poodle clipping which were part of the Olympics in Paris in 1900. Although it was just a trial event, 128 people competed in a park in front of a crowd of 6 000 to see who could clip the fur of the most poodles in a two-hour period. Here is more about some of these strange events:Live pigeon shooting: This was only part of the Games in the year 1900, after which it was re-placed by clay pigeon shooting. Live pigeons were released in front of participants: two misses and you

were out. The winner was the person who shot the most birds.

Plunging: Held in 1904, this in-volved the rather pointless exercise of diving into a pool and remain

completely motionless until a minute was over, or your head popped out of the water. The person who was the furthest from the edge of the pool from where they had dived in was

the winner.Solo synchronised swimming: With this event a woman gets

10 weird ex-Olympic events

into a pool and tries to synchronise her swimming with the music being played. It was an event at the Olympics in 1984, 1988 and 1992 Games. Swimming obstacle race: This event was held in Paris in 1900 in the River Seine. Compe titors swam about 200 metres, but in between had to climb a pole sticking out of the water, swim to some boats and climb over them, swim to some more boats and swim under them. It isn't difficult to see why this didn't catch on. S

Page 6: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

4

SENWES Scenario<< >>

••• HOOFSTORIE

Die transaksie, wat op 1 Augustus vanjaar aangekondig is, is aangegaan ten einde effektiwiteite te optimaliseer deur verhoogde ekonomieë van skaal en die diversifisering van besigheidsbedrywighede asook om die besigheid van beide Senwes en Afgri te diversifiseer en daardeur die geografiese en oesspesifieke risiko’s wat beide partye in die gesig staar, te verminder. Die transaksie sal ook verdere ekonomieë van skaal skep deur die konsolidasie van die landbou-kleinhandelsbesighede.

Daar word voorsien dat die genoemde voor delebereik sal word deur die vermoë om verbeterde volume-afslag met groot verskaffers van sleutel-insette te beding en deur meer effektiewe sentralebestuur van belangrike bedryfselemente soos byvoor beeld verkryging en logistiek toe te pas. Senwes sal ook daardeur sy aktiwiteite kan diversifiseer en in die groothandelsbesigheid van sekere produklyne kan deelneem, terwyl die Partrite-besigheid voordeel sal trek uit groter volumes wat deur die nuwe maatskappy aangekoop word. Die partye voorsien kostebesparingsvoordele wat

Senwes en Afgri snoer kragte op handelsvlak’N NUWE MAATSKAPPY SAL BINNE-KORT DIE LIG SIEN NADAT SENWES EN AFGRI ’N TRANSAKSIE AANGEKONDIG HET IN TERME WAARVAN DIE TWEELANDBOUMAATSKAPPYE SE LANDBOU-KLEINHANDELSBESIGHEDE SOWEL AS PARTRITE, AFGRI SE GROOTHANDELSFILIAAL, SAL SAAM-SMELT OM DIÉ GESAMENTLIKE ONDERNEMING TOT STAND TE BRING. ALBEI PARTYE SAL ’N 50%-AANDEEL IN DIE TER STIGTE MAATSKAPPY BESIT.

sal voortspruit uit gedeelde oorhoofse strukture, insluitend die opdatering en integrasie van ’n stelselwye inligtingstegnologiestelsel.

“Ons is baie opgewonde oor dié potensiële transaksie, nie slegs as gevolg van die vele voordele vir Senwes nie, maar ook omdat hierdie transaksie diversifikasie en toegang tot die groothandelsarena tot gevolg sal hê – ’n gebied wat nie voorheen deur Senwes betree is nie,” het Francois Strydom, Besturende Direkteur van Senwes, gesê. “Beide Senwes en Afgri kan voordeel trek deur die kombinering van kragte in hierdie hoogs kompeterende kleinhandelsmark en terselfdertyd verseker dat hul onderskeie klantebasisse in die voordele van ’n volhoubare plattelandse kleinhandelsmarkspeler deel.”

Senwes het al vantevore aangedui dat konsolidasie in die landboubesigheidsomgewing onafwendbaar is en dat die groep geleenthede ondersoek om hieraan deel te neem. Dié transaksie vloei dus voort uit Senwes se 2020 groeistrategie en bewerkstellig die uitbreiding van die groep se nasionale geografiese voetspoor.

Chris Venter, Besturende Direkteur van Afgri, het die rasionaal van die transaksie soos volg verduidelik: “Die amalgamasie van ons kleinhandelsnetwerk met dié van Senwes, tesame met die aankoopsmag van Partrite, skep ’n baie meer effektiewe struktuur vir beide Afgri en Senwes in die kleinhandelsomgewing. Senwes, soos Afgri, het ’n bewese geskiedenis in die bestuur van landbou-kleinhandelswinkels en is veral sterk ten opsigte van direkte verkope, wat die huidige netwerk grootliks sal verbeter.”

Die transaksie is onderworpe aan die voldoening aan sekere opskortende voorwaardes, waaronder:• Die onderskeie direksies van Senwes, Afgri Bpk

en Afgri Bedryfs se onvoorwaardelike goedkeuring van die transaksie;

• Dat elk van die transaksie-ooreenkomste wat

> TEKS: SENWES SCENARIO REDAKSIE

Page 7: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

5

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

HOOFSTORIE •••

effek gee aan die transaksie, insluitend maar nie beperk tot ’n aandeelhouersooreenkoms ten opsigte van die nuwe maatskappy nie, aangegaan is tussen Senwes en Afgri Bedryfs en dat sodanige transaksie-ooreenkomste onvoorwaardelik word, ooreenkomstig die terme van die bepalings van daardie ooreenkomste;

• Die goedkeuring van die transaksie deur die mededingingsowerhede, op voorwaarde dat sodanige goedkeuring onvoorwaardelik sal wees of, indien sodanige goedkeuring voorwaardelik is, dit onderworpe sal wees aan voorwaardes wat aanvaarbaar is vir Senwes en Afgri Bedryfs en die nuwe houermaatskappy;

• Goedkeuring van die transaksie deur Afgri se aandeelhouers (en sy SEB-vennoot) ooreenkomstig, inter alia, die toepaslike JSE-noteringsvereistes (indien aldus vereis); en

• Goedkeuring deur Senwes en Afgri Bedryfs van die finale waardasie van beide die Afgri Kleinhandelsbesigheid en die Senwes Kleinhandelsbesigheid na afhandeling van die noulettendheidsondersoek.

Die koopprys vir die Senwes Kleinhandelsbesigheid en Senwes Capital sal betaal word deur die uitreiking aan Senwes van 50% van die

gemagtigde aandele van die nuwe maatskappy. Die 50%-aandeelhouding daarin moet nog gewaardeer word as deel van die opskortende voorwaardes en daar word voorsien dat die 50%-belang ongeveer R440 miljoen sal beloop, wat op huidig-beskikbare billike waarde-aannames gebaseer is.

Handelsmerkidentiteit onder die onderskeie handelsmerke soos “Town and Country, “Farm City” en “Senwes Village” sal behou word in die onderskeie besigheidsgebiede en provinsies waarin die genoemde handelsmerke besigheid bedryf. Daar word voorsien dat die gefokusde besigheid stelseleffektiwiteit en verbeterde voorraadbestuursvlakke sal verseker.

Senwes sal sy landbou-kleinhandelsbesigheid, bestaande uit die kleinhandelswinkels wat onder die naam en styl “Senwes Village”, “Village Grocer” en “Quick Serve” (“die Senwes Kleinhandelsbesigheid”) handel dryf, as ’n lopende saak aan die nuwe maatskappy verkoop, wat sal insluit die verkoop van sekere vaste eiendomme wat gebruik word vir die Senwes Kleinhandelsbesigheid (ook as lopende saak) deur Senwes se volfiliaal, Senwes Capital. S

AFGRI EN SENWES HANDELBEDIENINGSPUNTE

Vir meer inligting, kontak Elmarie Joynt (Maatskappysekretaris: Senwes) by (018) 464-7104 of

[email protected]. >>

> BLITSFEITE• 27 Senwes Villages• 5 Geriefswinkels• 5 Vulstasies

• 4 Afgri Farm City winkels• 33 Afgri Town and

Country winkels• 3 Afgri Vulstasies

Page 8: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

6

SENWES Scenario<< >>

••• KO LLIG OP CHARLIE PEARSON

HARTSWATER

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN> FOTO’S: WAYNE VILJOEN

SOMS WANNEER MENS DIT DIE MINSTE VERWAG, STAAN GELUK VIR JOU EN LAG. VERAL AS JOU NAAM CHARLIE PEARSON IS EN JOU GELUKSKOOT DIE R500 000-TREKKING TYDENS SENWES SE R1 MILJOEN-TREKKING INSLUIT.

Charlie heg hoë waarde aan sy gesin en hulle spandeer graag tyd saam.

Page 9: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

7KO LLIG OP CHARLIE PEARSON •••

vervolg op bladsy 8

’n P ositiewe gesindheid kan berge versit

“Ek wou dit eers nie glo nie. Ek was buite besig toe iemand van Senwes my bel om my in te lig dat ek een van die vyf finaliste van die R1 miljoen-trekking is. Ek het gedink hoekom ek? Hoekom Charlie Pearson?” Charlie het in die kompetisie as vanjaar se eersteprys-wenner weggestap. R500 000 is teen sy 2011/2012-somerproduksierekening teruggeskryf. “Dit was ’n wonderlike gevoel wat ek nie kan beskryf nie,” vertel hy opgewonde.

Charlie boer in die Vaalharts-besproeiingskema met mielies en lusern wat hy met gars en grondboontjies afwissel. In die skema word persele in blokke van 25 hektaar verdeel. Die water kom van Bloemhof tot in Warrenton en volgens Charlie is buurmanskap en samewerking tussen die produsente baie belangrik, aangesien daar ’n program vir watergebruik opgestel moet word om egalige watervloei te verseker. Hy besit ook ’n beesplaas van ongeveer 1 000 hektaar in die Tosca-omgewing, waar hy met kommersiële koeie en Bonsmara-bulle boer.

Charlie is met Petra getroud en hulle het tweekinders: Marlie (11) en Martin (9). Petra is ver-antwoordelik vir die finansies en administrasie van die boerdery. Sy is ook sekretaresse van die Vaalharts Distrikslandbou-unie. “Petra is my regterhand. Wanneer ek op die plaas op Tosca is, bestuur sy die boerdery hier. Sy moet seker maak dat alles gebeur soos dit moet,” sê Charlie.

VAALHARTS EN BESPROEIINGCharlie het in die Hartswater-omgewing grootgeword en op Wolmaransstad gematrikuleer. Daarna het hy vir twee jaar diensplig in Kimberley gedoen. In 1992 het hy saam met sy pa op Perseel 6E7, Hartswater, kom boer en sedert sy pa se afsterwe in 2001, staan hy aan die stuur van sake.

Hoekom hierdie omgewing? “My oupa, my pa en ek het hier grootgeword. Dit is ’n wonderlike gemeenskap, almal is bereid om raad te gee en van hulp te wees waar en wanneer dit benodig word. Omdat ons redelik naby aan mekaar bly en nie so ver verwyder van mense is nie, is die aan-valle minimaal en ons is redelik verseker van ons veiligheid,” sê hy.

“Ek verkies ook besproeiing bo droëland, omdat dit jou nie so totaal aan die natuur uitlewer nie en jy baie meer effektief

kan beplan.

“Ek verkies ook besproeiing bo droëland, omdat dit jou nie so totaal aan die natuur uitlewer nie en jy baie meer effektief kan beplan. Jou insetkoste is egter heelwat hoër as droëland, omdat jy vir ’n hoë tonnemaat moet bemes. Die voordeel daarvan om nie ‘al my eiers in een mandjie te hê nie’, met

Page 10: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

8

SENWES Scenario<< >>

vervolg van bladsy 7

’n Positiewe gesindheidkan berge versit

••• KO LLIG OP CHARLIE PEARSON

ander woorde my saaiboerdery op Vaalharts en beesboerdery op Tosca, is dat ek altyd voer vir my vee beskikbaar het. Ek hoef dit nie te gaan aankoop nie, ek het die goed,” sê hy.

“Die spilpuntbedryf is voordelig in die sin dat jy minder kan besproei wanneer dit nodig is, wat beteken jou gewas sal, mits jou stelsel reg bestuur word, nooit te droog of te nat wees nie. As dit te veel reën, het jy egter ’n probleem. As ek terugdink aan 2010, het ons oor ’n tydperk van drie maande meer as 400 mm reën gehad. Hier is die grond te vlak en daarom dreineer die water nie genoeg nie, dus het ons skade gely, veral by die grondboontjies omdat jy nie soos met mielies iets kan doen om die skade te verminder nie.

“Ons verkies ’n droë bo ’n nat seisoen. Wanneer dit baie nat is, is hier te veel siektes en plae. Van die vernaamste siektes wat ons hier aantref is aalwurm by die grondboontjies en streepsiekte by mielies. Ek is daarom baie afhanklik van my gif-raadgewer en op die ou einde belê jy eintlik jou geloof in die gif, dat dit moet werk.”

Op die oomblik verbou Charlie 14,5 hektaar mielies, 14,5 hektaar lusern, 11 hektaar gars en wanneer sy mielies binnekort gestroop word,

gaan hy 14,5 hektaar grondboontjies plant, en waar gars geplant is gaan hy weer lusern plant. Hy doen sy gewaskeuse met behulp van raadgewers by Senwes. Charlie maak ook van byna al Senwes se dienste gebruik. “Hulle gaan werklik uit hul pad om die produsente te help en ons kommunikeer lekker,” sê hy.

MAAK JOU GLAS HALFVOLCharlie gesels opgewonde oor die afgelope seisoen: “Dit was voorwaar die beste seisoen tot dusver wat koringoeste aanbetref. Terwyl ons somme maak het ek vir Petra gesê dat ons iewers ’n fout begaan het, want dit is onmoontlik om so ’n goeie oes te hê. Mens stroop nie daardie tipe koring nie.

“Tydens 2002, 2003 en 2004 het die boerdery ’n moeilike tydperk beleef. Ons het ’n groot droogte by Tosca ervaar, waarna ons later van ons beeste moes verkoop om ons uit die moeilikheid te help.” Wat doen jy dan? “Jy kan niks doen nie, jy moet net kop bo water hou. Die beste raad wat ek al ontvang het, is om positief te bly, ondanks jou omstandighede. Oom Josef Uys, my buurman, het altyd gesê: ‘Charlie, ons kan net positief en nederig bly.’ Hierdie lewensles het my deur die moeilike tye gedra.”

Charlie spandeer gereeld tyd op sy beesplaas in die Tosca-omgewing.

Standvastigheid is die Pearsons se toekomswens vir landbou in Suid-Afrika.

Page 11: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

9

vervolg op bladsy 10

KO LLIG OP CHARLIE PEARSON •••

Van 2006 af het die seisoen weer gedraai toe daar voldoende reën geval het in die Tosca-omgewing.

Standvastigheid is die Pearsons se toekomswens vir landbou in Suid-Afrika. “As ons net elke seisoen die geld kry wat ons moet kry vir ons graan, sal dit soveel beter wees. Die voedselpryse styg, maar dit kom nooit by ons uit nie, ons suip tans aan die agterspeen.”

OMGEE KOS NIKS NIETerwyl ek hulle verhaal sit en luister, raak dit vir my duidelik dat die Pearsons se huis en harte oop is vir elkeen. Van hulle jong Deense hond Beast, wat soos ’n kind in die huis behandel word, tot die vierjarige dogtertjie van Hartswater wat Charlie tydens die R1 miljoen-trekking genomineer het om die R60 000-skenking vir liefdadigheid te kry.

Ek kon sien dit lê hulle na aan die hart en Petra Charlie en Petra Pearson kan steeds nie hulle geluk glo nadat hy as die eersteprys-wenner van Senwes se R1 miljoen-trekking weggestap het nie.

“Hulle (Senwes) gaan werklik uit hul pad om die produsente te help en ons kommunikeer lekker.”

Page 12: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

10

SENWES Scenario<< >>

••• KO LLIG OP CHARLIE PEARSON

begin die dogtertjie se verhaal met meegevoel deel: “Haar naam is Juanita Taljaard. Vyf maande ná haar geboorte het dokters ontdek een gedeelte van haar hart is onderontwikkel en die ander deel het gaatjies in. Toe kry sy ’n beroerte wat haar heeltemal teruggesit het. Sy kruip nog en kan glad nie loop nie. Daar gaan nou weer toetse op haar gedoen word, want dokters het ook agtergekom sy het katterakke op haar ogies en daar word vermoed dat sy moontlik doof is. Sy mag ook glad nie siek word nie en daar word baie moeite met haar gedoen om haar te stimuleer. Juanita se ouers beplan om vir haar ’n hartkamer in Johannesburg te laat bou wat derduisende rande gaan kos. Toe Charlie die dag hier sit en vra ons moet besluit wie om te nomineer, toe sê ek Charlie, daardie kind het dit so nodig. Ons hoop ons bydrae kan ’n verskil in haar lewe maak,” sê Petra.

Met ’n vol maag en ’n warm gevoel in my hart, durf ek weer die lang pad terug Klerksdorp toe aan. Ek het vandag meer as net van landbou geleer, ek

vervolg van bladsy 9

’n Positiewe gesindheidkan berge versit

het geleer van meegevoel, nederigheid en hoe om wildvreemde besoekers in jou huis te laat welkom voel. Van een ding is ek nou seker: uitsonderlike dinge gebeur nog met uitsonderlike mense. S

Petra is Charlie se regterhand. Wanneer hy op sy plaas op Tosca is, bestuur sy die boerdery op Vaalharts.

Om positief en nederig te bly is ’n waardevolle lewens-les wat Charlie al deur moeilike tye gedra het.

CElmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario.

Skakel haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na [email protected] vir meer inligting. >>

Page 13: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

11

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

PROMOTIONAL-ARTICLE: MTN •••

Cloud computing has had more than its fair share of attention lately. The basic premise of the cloud is that businesses gain the op-portunity to benefit from technology without having to endure the costs and the endless battle for skills to install and maintain the technology.

To make full use of cloud technologies, busines-ses must understand that the complexities men-tioned go further than merely hosting an application on a remote server that someone else manages. Cloud services can extend into almost every corner of the business, including the communications arena, specifically the world of unified communica-tions (UC).

According to SearchUnifiedCommunications.com, “UC integrates real-time and non real-time com-munications with business processes and require-ments based on presence capabilities, presenting a consistent unified user interface and user expe-rience across multiple devices and media types… UC enables people to connect, communicate and collaborate seamlessly to improve business agility and results. These results include better user and group productivity, dynamic collaboration and simpli-fied business processes, with the goal of increasing revenues, decreasing costs and improving customer service.”

Edwin Thompson, general manager of infrastruc-ture and technology at MTN Business, says UC is available to most corporations, often mostly consist-ing of infrastructure components they already have. “For example, Microsoft’s Lync technology uses cloud computing to extend the Microsoft infrastruc-ture businesses already have, and sometimes don’t know they have to deliver a full UC service.”

The benefits of UC are varied, but include the following:

L yncing people

– CLOUD COMPUTINGcan change everything

> TEXT: ANDREW SELDON • Presence: When you want to contact someone, you are able to instantly see if they are available and the software routes that will link you to the device they are available on.

• Collaboration: Instead of travelling to meetings, UC services include the ability to share data and ideas in real-time from different locations while collaborating on the same documents as a virtual team.

• Seamless communications: UC ensures you can change your mode of communications as re-quired. Should you start a conversation via instant messaging, you can easily switch to a voice call or a virtual team meeting with a click of a button.

• Secure access: Since UC operates across mul-tiple devices, users have secure access to the corporate infrastructure and each other whenever required and on any device they choose.

• Integration: Based on open standards, UC solu-tions keep costs down and ensure that users are part of standard business processes wherever they are and whatever they’re doing. MTN Busi-ness offers clients a hosted Lync solution for their UC needs. Thompson says the company first examines what the customer already has and advises what it still needs. The company then integrates the client’s infrastructure with MTN Business’s cloud-based Lync service to deliver a fully integrated UC solution. “Customers can then experience the benefits of a UC infrastructure with a hybrid solution that avoids any cost surprises that a rip-and-replace strategy would incur,” says Thompson. “Over time, the company can migrate its infrastructure to a full hosted IP solution and do away with its traditional PABX without any disrup-tions to the business and without having to wait to take advantage of the benefits UC delivers.” S

Andrew Seldon is the editor of Hi-Tech Security Solutions. >>

Page 14: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

12

SENWES Scenario<< >>

••• NUUS

Die kompleks bestaan uit ’n salpetersuur-, ammoniumnitraat- asook ’n PGAN-aanleg. Die nuwe salpetersuuraanleg, tesame met die huidige salpetersuuraanleg, verseker sekuriteit en kontinuïteit vir die Omnia Groep se plofstof- en kunsmisbesighede.

Ten spyte van Omnia se bestaande salpeter-suur aanleg wat in volle produksie is, het die groei in Omnia se markte gelei tot ’n toenemende tekort aan salpetersuur. “Die landbou- en plofstofsektor in Suid- en Suider-Afrika groei beduidend. Die nuwe nitraatkompleks sal dus help om aan die groeiende vraag vir kunsmis en plofstof te voldoen,” het Rod Humphris (Groep Besturende Direkteur: Omnia) by die openingsfunksie gesê.

Die salpetersuur en ammoniumnitraat wat by Omnia vervaardig word, word gebruik om voedsel te vervaardig vir meer as 25 miljoen mense in Suider-Afrika. Dit word ook gebruik om plofstowwe te voorsien vir byna die helfte van die elektrisiteit wat in Suid-Afrika opgewek word.

Van die vervaardigde salpetersuur by die nitraat-kompleks sal ook gebruik word in die vervaardiging

Groeiende vraag na

kunsmis word bevredig

> TEKS: RUTH SCHULTZ

Christopher Frank (Visepresident: Verkope), heel links,en Christian Hanisch (Senior Projekbestuurder), twee-de van regs, van die waterstof- en nitraatdivisie by ThyssenKrupp Uhde GmbH in Duitsland – die maat -skappy het die tegnologie, lisensies en ingenieurs-ontwerpe vir dié projek voorsien. By hulle staan RodHumphris, links, en Danie Oosthuizen (Tegniese Direk-teur: Omnia Groep), regs. Boumateriaal wat afgekeur is om te gebruik in die nitraatkompleks, is gebruik om hierdie artistiese monument langs die nitraatkompleks op te rig.

OMNIA SE NUWE NITRAATKOMPLEKS OP SASOLBURG, WAT OP 19 JUNIE AMPTELIK GEOPEN IS, SAL VERSEKER DAT MINDER STIKSTOF INGEVOER WORD VIR DIE DIREKTE GEBRUIK IN LANDBOU. DIT IS ALOMBEKEND DAT STIKSTOF IN SY NITRAATVORM IN MEESTE GEVALLE ’N BETER PRODUK VIR DIE PRODUSENT IS OM TE GEBRUIK.

van nitrofosfaat – die fosforbron in Omnia se stan-daard chemiese formules. Omnia sal dus minder afhanklik wees van ingevoerde swael en swaelsuur.

Die disinvestering in ander kunsmismaatskappye aangaande die vervaardiging van kunsmis oor die afgelope paar jaar beteken basies dat Omnia die enigste maatskappy is wat chemies-verkorrelde kunsmis in Suid-Afrika vervaardig. Ammoniumnitraat word as roumateriaal in hierdie produkte gebruik.

EnviNOx® van ThyssenKrupp Uhde GmbH, ’n Duitse ingenieursmaatskappy, is baanbreker-tegnologie wat gebruik word om groenhuisgasse by die nuwe en ou Omnia-salpetersuuraanlegte op Sasolburg te verwyder. “Dié proses is 98% doeltreffend,” het Neville Crosse (Voorsitter: Omnia Groep) tydens sy toespraak gesê.

REKORD-KONSTRUKSIEPERIODEDie projek is binne ’n tydperk van 21 maande voltooi. “Dit gebeur nie aldag dat ’n kapitaalprojek van dié omvang in ’n rekord-konstruksieperiode van 21 maande voltooi word nie,” het Crosse gesê. Buiten dié groot mylpaal wat Omnia bereik het, het die maatskappy ook die projek binne die begroting van R1,4 miljard voltooi, wat minder as die helfte van die kapitaalkoste van soortgelyke projekte in Australië is. S

Ruth Schultz is ’n gereelde medewerker vir S enwes S cenario. Vir meer inligting skakel haar by (011) 869-4465

of stuur ’n e-pos na [email protected]. >>

Page 15: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

Augustus 2012 • www.senwes.co.za

13NUUS •••

Senwes Batefinansiering finansier nie net Senwes se eie meganisasietoerusting nie, maar ook vir enige ander voertuig, implement of toerusting. Behalwe vir uiters mededingende rentekoerse (wat jy moeilik elders sal kry) bied dit ’n spesiale gefokusde diens met betrekking tot huurkope en

kan die kliënt ’n vinnige besluit ten opsigte van die aansoek verwag. Indien jy enige navrae het in dié verband, skakel gerus vir Kallie Roets (Senwes Batefinansiering,

Hoofkantoor) by (018) 464-7737 of stuur ’n e-pos na [email protected]. S

• Niekie Liebenberg is aangestel as Passer en is gestasioneer op Wesselsbron.

• Lucas de Lange is aangestel as Elektrisiën en is gestasioneer in Bloemfontein.

• Koos Pretorius is bevorder vanaf Assistent Silobestuurder: Hoogte na Silobestuurder: Koppies.

• Die nuwe Assistent Silobestuurder op Hartswater is Stoffel Ralengoele. S

Nuwe gesigte by Senwes Grainlink

• Aubrey Delport is aangestel as Bestuurder: Senwes Village: Vereeniging.

• Die nuwe Insetbemarker op Schweizer-Reneke is Pieter Rossouw.

• Jacques Stander is aangestel as Verkoopbestuurder: Heelgoedere: Village, Hoofkantoor.

• Village Grocer, Jan Kempdorp se nuwe Bestuurder is Abrie Koen.

• Elize Pretorius is aangestel as die Insetbemarker op Hoopstad. S

Senwes Village se nuwe aanstellings

Finansier joubate deur Senwes

Onthou om aansoek te doen vir jou

somerproduksierekening. Skakel Senwes Credit by (018) 464-7300 vir

meer inligting.

Page 16: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

14

SENWES Scenario<< >>

••• NUUS

’n Pleidooi is onlangs via ’n koerantberig aan die gemeenskap gelewer om skenkings aan bogenoemde twee organisasies te maak, aangesien hulle al vir die afgelope vier maande geen subsidie van die Departement van Maatskaplike Dienste, van wie hulle afhanklik is, ontvang het nie. Die donasie maak deel uit van Senwes Village se From Greens to Dreams fonds, wat tydens verlede jaar se Senwes Village verskaffersgholfdag ingesamel is.

Ongeveer 150 kinders word by die Rethabile Kinderhuis versorg en die onttrekking van die Nasio nale Lotery het ’n groot finansiële impak op die instansie tot gevolg gehad. Die aankoop van skoolklere en linne, die opknapping van geboue

’N SKENKING DEUR SENWES VILLAGE VAN R15 000 ELK AAN DIE SAVF RETHABILE KINDERHUIS IN KLERKSDORP EN DIE SAVF EVANNA TEHUIS OP HARTBEESFONTEIN HET ONLANGS ’N GROEP KINDERS, BEJAARDES EN GESTREMDES SE HARTE WARM LAAT KLOP.

Kobus Garbers, Bestuurder van die SAVF Evanna Tehuis (links), ontvang Senwes se skenking van R15 000 vanWillem Spies (Bestuurder: Senwes Village, Hartbees-fontein).

Earl Smiles (Bestuurder: Senwes Village, Klerksdorp) oorhandig die donasie van R15 000 en twee tele-visies aan Anita Kent, Rethabile Kinderhuis se Be-stuur der.

’n Oop beursie maak die las ligter

asook die vereffening van munisipale- en sekuriteits-rekeninge is van die aspekte wat voorheen deur die Lotery-befondsing gedek is. Rethabile Kinderhuis seBestuurder, Anita Kent, het die donasie-oorhandi-ging by Senwes Village in Klerksdorp bygewoon. “Senwes Village was nog altyd deel van ons ‘familie’ en het ons al menigmaal uit ’n finansiële verknorsing gehelp. Hierdie donasie maak ’n groot verskil in die kinders se lewens,” het sy gesê.

Kobus Garbers (Bestuurder: Evanna Tehuis) het die skenking op 2 Junie by Senwes Village op Hartbeesfontein ontvang en het hulle bedank vir hul onbaatsugtige bydrae tot die gemeenskap. “Ek en elke inwoner van Evanna Tehuis waardeer die skenking opreg. Elke bietjie help om die emmer vol te kry en as dit nie vir sulke skenkings was nie, sou ons heel moontlik nie oorleef het nie,” het hy gesê. Die Evanna Tehuis huisves tans 85 bejaardes en gestremdes en volgens Garbers gaan die donasie vir mediese- en voedseldoeleindes aangewend word.

Die Rethabile Kinderhuis asook die Khaya Tshepo Dagsorgsentrum in Klerksdorp het beide ’n skenking van twee televisies by die Nelson Mandela Kinderfonds ontvang, wat moontlik gemaak is deur Senwes se bemiddeling. S

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario. Skakel haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na

[email protected] vir meer inligting. >>

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

Page 17: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was
Page 18: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

16

SENWES Scenario<< >>

••• PROMOSIE-ARTIKEL

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario. Skakel haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na

[email protected] vir meer inligting. >>

Die afsetting kom voor op die plaas Kareepan 298, en bestaan uit afwisselende lae van harde kalkkreet met onderliggende sagte amorfe-kalk en variërende hoeveelhede kalsiet en dolomiet.

Pieter Haumann (Hoofbestuurder: Grasland Onder nemings) het terugvoer oor die 2011-seisoen tydens die dag gegee en volgens hom was dit ’n uitstekende jaar wat kalkproduksie aanbetref. “Nuwe rekords is by Britten opgestel en 151 000 ton kalk is verlede jaar hier verkoop,” het hy gesê.

Die kalk op Britten kan as relatief fyn beskou

Kalkaanleg gaan van krag tot krag

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

GRASLAND ONDERNEMINGS HET OP20 JUNIE BY HULLE LANDBOUKALK-AANLEG OP BRITTEN, WAT LANGS DIE N12 TUSSEN CHRISTIANA EN BLOEM- HOF GELEË IS, ’N INLIGTINGSDAG AANGEBIED OM SODOENDE DIE AANLEG SE VORDERING TEN TOON TE STEL. DIE OPGEGRADEERDE AANLEG, WAT VERLEDE JAAR IN BEDRYF GESTEL IS, BESKIK OOR DIE NUUTSTE VERWERKINGSTEGNOLOGIE, VERDUBBEL DIE PRODUKSIE KAPA-SITEIT VAN DIE BRON EN VERBETER UITLAAIPROSESSE OOK AANSIENLIK.

Die span van Grasland Ondernemings. Voor van links na regs: Piet Smit

(Hoofproduksiebestuurder), Marnus Bossert (Leerling: Amptenaar-

veiligheid) en Ellarie Claassens (Sekretaresse). Middel: Leona Fraser (Administrasie), Chris

van Rooyen (Korporatiewe Bestuurder) en Ben Jooste (Mynproduksiebestuurder).

Agter: Dr Pieter Haumann (Hoofbestuurder).

word en die dolomitiese kalk is oor die algemeen sagter as die kalsitiese kalk en dit kompenseer grootliks vir die feit dat dolomiet stadiger as kalsiet reageer. Die gevolg hiervan is dat Britten se dolomitiese en kalsitiese kalk vir alle praktiese doeleindes dieselfde reaksietempo het.

Die Britten-myn word gereken as ’n strategiese bron vir die voorsiening van kalk aan die landboubedryf. Beperkte beskikbaarheidsvlakke het in die verlede daartoe gelei dat nie aan die vraag voldoen kon word nie. Die investering in ’n tweede aanleg het die produksiekapasiteit egter verdubbel en die beskikbaarheid van kalk aansienlik verhoog. Fokus is ook geplaas op die produkkwaliteit deur die aanwending van stofverwydering en terugplasing asook die uitbreiding van infrastruktuur om ’n verhoogde uitlaaitempo te verseker.

Grasland Ondernemings is ’n vlak-3 bydraer totBreëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging, speel ’nleidende rol in die verskaffing van kwaliteit dolo mi-tiese en kalsitiese kalkprodukte in die Noordwes Provinsie, terwyl sowat ’n kwart van alle kalk pro dukteaan die noordelike verbouingsgebiede van Suid-Afrika verskaf word. As deel van hulle sosio-ekono-miese ontwikkeling, skenk hulle ook geld aan die Nelson Mandela Trustfonds en verskaf gratis opleiding in bouvaardigheid aan inwoners van die omgewing .

Volgens Haumann beplan hulle ’n moontlike vervoeropsie en kredietfinansiering in die komende jaar. S

omitiese kalk is oor die algemeen

Grasland Ondernemings is

betrokke by die bemarking van landboukalk in die landboumark en

is hoofsaaklik in Suid-Afrika bedrywig. Die maatskappy se aandeelhouers

is twee prominente landbou-ondernemings, naamlik

Senwes Beperk en NWK Beperk.

Page 19: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

THE MISSING PIECE IN THE PUZZLE, JOHN DEERE

Page 20: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

18

SENWES Scenario<< >>

••• NUUS

> TEKS: PIETER TALJAARD EN ANDRÉ JOOSTE

DIE TIENDE INTERNASIONALE AGRIBENCHMARK BEES- EN SKAAPVLEIS-KONFERENSIE HET VANJAAR VIR DIE EERSTE KEER OP DIE AFRIKA-KONTINENT, MEER SPESIFIEK INNOORDWES EN GAUTENG, PLAAS-

GEVIND VANAF 13 TOT 22 JUNIE. DIEAGRI BENCHMARK

BEES- EN SKAAP NETWERK SE KERNVAARDIGHEDE BEHELS DIE STUDIE VAN WÊRELDWYE

PRODUKSIESISTEME ASOOK DIE EKONOMIEË

DAARVAN.

Figuur 1: Lande in die Agri Benchmark bees- en skaapnetwerk.

Die internasionale netwerk issedert 2002 operasioneel, nie-winsgewend, onaf -han k lik en gebaseer op gestandaardiseerde landbou-ekonomiese beginsels wat dus internasio naal vergelykbaar is. Daar word van in-diepte inlig ting gebruik gemaak in die verskillende produksie prosesse wat sodoende die verskeidenheid raamwerke reflekteer sowel as die drywers waarbinne bees- en skaapvleis globaal geproduseer word. Tydens die konferensie, wat onder andere deur Senwes geborg is, is daar op verskeie aspekte in die landbou-omgewing gefokus en Pieter Taljaard (Geaffilieerde Navorser by die Departement Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat) het die volgende aspekte in die veebedryf bespreek:

LANDE VERTEENWOORDIGFiguur 1 toon die deelnemende lande gedurende 2012 in verskillende kategorieë asook die moontlike toekomstige uitbreidings. In terme van beesvleis bestaan die netwerk uit 67 beesafrondingsisteme (voerkrale) in 25 lande sowel as 47 speenkalfplase in 20 lande. Wat skaap aanbetref, word 15 skaap plase

Bron: Agri Benchmark (2012)

Waar staan plaaslike veeboere internasionaal?

> TEKS: PIETER T

KONFERENSIE HET VDIE EERSTE KEER OPKONTINENT, MEER SNOORDWES EN GAU

GEVIN

BSKS AAPPNNKERNVABEHELSVAN WÊR

PRODUKSASOOK DID E

DAARVAN.

Page 21: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

19

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za SENWES Scenario<< S >>

NUUS •••

(waaronder verskeie wolproduseerders) in agt lande beskryf, met verskeie skaapvoerkrale in die pyplyn.

BRUIKBAARHEID VAN DIE INLIGTING Die Agri Benchmarknetwerk is gebaseer op die beginsel van die bydrae/toevoeging van plaaslike inligting in ruil vir die res van die wêreld se inligting wat terug ontvang word. Die plase wat deel vorm van die netwerk kan dus sinvol internasionaal vergelyk word met behulp van die gestandaardiseerde internasionaal-aanvaarbare metodologie wat gebruik word. Verslae en aanbiedings wat die produksiesisteme beskryf en vergelyk, word beskikbaar gemaak en sluit die volgende in:• Produksiekoste.• Inkomste en marge (winste).• Beleidsimpakontledings – dit is plaasvlak-

en industrie-impakstudies van beoogde beleidsveranderinge.

• Strategiese plaasvlakanalises – wat kan produsente onder veranderende omstandighede doen?

Uit die bogenoemde is dit dus duidelik dat indien ’n land oor ’n plaaslike netwerk beskik, meer in-diepte en sinvolle plaaslike ontledings gedoen kan word.

GESELEKTEERDE RESULTATEFiguur 2 toon ’n internasionale vergelyking tussen

twee kritieke suksesfaktore (gemiddelde daaglikse gewigstoename (GDT) asook afrondingsperiode) van die verskillende beesafrondingsisteme in die netwerk. Die voerkrale is gerangskik in terme van stygende GDT en wissel tussen 300 g per bees per dag in ’n Australiese voerkraal met ’n jaarlikse deurvloei van 310 beeste (AU-310) tot 1 800 g per bees per dag in ’n Brasiliaanse voerkraal met ’n 1 550 jaarlikse deurvloei (BR-1 550).

Die twee Suid-Afrikaanse voerkrale wat tans in die internasionale vergelyking is, se GDT’s is rondom 1 600 g en word aangedui deur die rooi pyl. Dit is verder baie belangrik om die tipe en ouderdom van die diere wat afgerond word, in ag te neem tydens so ’n vergelyking. Die onderste gedeelte van die figuur toon die ander kant van die munt wat die gemiddelde staantyd in dae is. Verder is die afrondingsisteem (tipe voer) wat gebruik word ook ’n belangrike drywer en kan in vier basiese groepe verdeel word, naamlik:• weiding;• kuilvoer;• graangebaseerde voerkraal; en • varsgesnyde voer.

Tabel 1 toon die droëmateriaal persentasie (%) in die rantsoene, die bestuur of behuising asook die vlak van aangekoopte voer van die vier sisteme wat deel uitmaak van die inisiatief.

vervolg op bladsy 20

Figuur 2: Gewigstoename en afrondingsperiode van beesvoerkrale.Bron: Agri Benchmark (2012)

Page 22: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

20

SENWES Scenario<< >>

••• NUUS

vervolg van bladsy 19

Waar staan plaaslikeveeboere internasionaal?

VOERPERSENTASIE (%) IN

DROËMATERIAALBESTUUR/BEHUISING

GEKOOPTE VOER

> 30% weidingBuite

regdeur die jaarLaag

> 30% kuilvoer en ander voer

Toe of gedeeltelike toe stalle

Medium

> 50% graan en ander energievoer

Oop krale met gedeeltelike

sonbeskermingHoog

> 30% varsgesnyde gras en ander

vegetasie

Gekombineerde kampies, wei-dings of paaie

Laag

WEI

DIN

GKU

ILVO

ERVO

ERK

RA

ALS

NY

EN D

RA

grond, arbeid en ander koste soos aangedui) vir die verskillende voerkraalsisteme. Oorhoofs kan Europa beskou word as relatiewe hoë-koste beesafronders, gevolg deur Asië en Oseanië (Australië en Nieu-

Seeland), Afrika en laastens die Amerikas.

Figuur 4 dui die verloop van speenkalfproduksie marges(totale inkomste – totale koste) sedert 2005 vir 16 plase aan. Dit is duidelik uit die figuur dat groot variasies en volatiliteit in marges bestaan en moet dus binne die konteks van omgewingsfaktore in spesifieke jare geïnterpreteer word. So het die Suid-Afrikaanse plaas met 250 teelkoeie (wat in die Vryburg-distrik geleë is) se marge gedaal tussen 2005 en 2008 en daarna weer gestyg ná 2011.

Alhoewel die skaapnetwerk slegs twee jaar bestaan, is die huidige resultate ewe interessant. Indien skaapproduktiwiteit ondersoek word, is dit weer eens belangrik om dit te doen binne die konteks van die tipe produksiesisteem wat gebruik/moontlik is gegewe die hulpbronne wat beskikbaar is. Figuur 5 toon die speenpersentasie (per ooi

per jaar) van twaalf skaapplase internasionaal. In die geval van die Suid-Afrikaanse plase (ZA-850s en ZA-1 500s), is dit twee tipiese ekstensiewe wolskaapplase in die Suid-Vrystaat wat jaarliks lam en ook probleme met roofdiere ondervind. In die geval van die Spaanse plase (ES-800s en ES-1 500s) is daar byvoorbeeld agtmaande-lamseisoene wat gebruik word.

Wat die produksiekoste van skape aanbetref, toon Figuur 6 dat die Suid-Afrikaanse produksiekoste op EU-vlakke handel en dus duidelik hoër as die Australiese vlakke is. Die figuur toon ook duidelik dat die direk-allokeerbare of nie-faktor

TABEL 1: VERSKILLENDE AFRONDINGSISTEME

Figuur 3: Totale koste vir 2011. Bron: Agri Benchmark (2012)

Figuur 4: Marge bo koste van geselekteerde speenkalf-plase (2005 - 2011) – $ per 100 kg lewendige gewig verkoop.

Bron: Agri Benchmark (2012)

Dit is verder moontlik om byvoorbeeld kontinente te groepeer ten einde moontlike ooreenkomste of verskille waar te neem. Figuur 3 toon so ’n groepering van totale koste (opgedeel in kapitaal,

Page 23: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

21

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

’n Groep konferensiegangers wat die tiende internasionale Agri Benchmark bees- en skaapvleiskonferensie by Pilanesberg en in Pretoria bygewoon het vanaf 13 - 22 Junie.

Figuur 5: Speenpersentasie van skaap in 2011 (ge-speen de lammers per ooi en per jaar).

Bron: Agri Benchmark (2012)

Figuur 6: Skaapproduksiekoste 2011 ($ per 100 kg lewendige gewig verkoop).

Bron: Agri Benchmark (2012) – voorlopig

Addisioneel tot plaaslike landbou-uitdagings, is die internasionale tendense besig om te verander en sal plaaslike produsente hul landboubesighede voortdurend baie meer strategies moet bestuur. Die plaaslike Agri Benchmark bees- en skaap-netwerk het dus ten doel om plaaslike en inter-nasionale gestandaardiseerde en vergelykbare inligting beskik baar te stel aan die plaaslike industrie ten einde produsente by te staan met strategiese beplanning op beide plaas- en beleidsvlak. Die volgen de stap is om die plaaslike bees- en skaap netwerk uit te brei. S

’ G k f i t di ti d i t i l A i B h k

koste (wat waardevermindering insluit) by verre die grootste kostekomponent op al die skaapplase is, gevolg deur arbeidskoste en derdens, vergoeding aan grond en kapitaal. Dit is dus duidelik dat hoe méér intensief die stelsel wat gebruik word, hoe laer is die vergoedingskoste aan grond.

DIE INTERNASIONALE ROOIVLEISMARKAs daar na die internasionale rooivleismark gekyk word, is dit duidelik dat, soos in die geval van grane, surplusvoorrade besig is om in tekorte te verander. Graanpryse was op algehele hoogtepunte gedurende 2008 en is tans weer aan die styg. In verskeie ontwikkelende lande is daar ’n gedurige skuif van weiding of grasveld na gewasse waar dit winsgewend is. Dus gaan skaap- en beesweiding ten koste van graangewasse verlore, wat die internasionale rooivleisproduksie sodoende onder druk plaas. Aan die ander kant is daar verskeie ontluikende lande (veral in die Ooste) met ’n groot middelinkomsteklas-verbruiker wat steeds groei en dus bly die vraag na dierlike proteïene aan die styg. Hiermee saam word ’n groter klem gelê op voedselveiligheid, wat belangrik is vir produsente en industrieë om aan aandag te gee, veral in die geval van uitvoerlande. Verder is daar ’n toenemende dinamika in die internasionale handel van rooivleis, en verskeie surplusproduserende lande nader Afrika gereeld as moontlike mark.

Uit die bogenoemde is dit dus duidelik dat daar steeds baie geleenthede en uitdagings vir die plaas like bees- en skaapvleisindustrie bestaan.

André Jooste is ’n Geaffilieerde Professor by die Departe-ment Landbou-ekonomie aan die Universiteit van die

Vry staat en Senior Bestuurder: MERC, Nasionale Land-boubemarkingraad. Pieter T aljaard is ’n Navorsingsgenoot

by die Departement Landbou-ekonomie aan die Univer-siteit van die Vrystaat. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos na

[email protected] of [email protected]. >>

Page 24: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

22 ••• PROMOSIE-ARTIKEL

- die volgende vlak in plantvoeding

WATTER VOORDEEL HOU DIT IN BY BEMESTING?Sidi Parani beskou elke druppel water en kunsmis as baie kosbaar. Nanotegnologie help om die toedien van bemestingstowwe te optimaliseer en sodoende te verseker dat die produsent die hoogste rendement kry op die kunsmis wat toegedien word. Sidi Parani het ’n spesifieke reeks, naamlik die Opti-reeks, ontwikkel om die voordeel van die tegnologie aan die produsent te verskaf. Die reeks bestaan uit ’n groep gewilde en effektiewe vloeibare produkte of samestellings waarby nanophers gevoeg word. Die doel met die Opti-reeks is om verbeterde benutting van toegediende plantvoedingstowwe te verkry deur verbeterde opname te bewerkstellig. Uiteindelik behoort dit te lei na beter opbrengs. Alles verwys dus terug na verbeterde opname en die gebruik van toegediende plantvoedingselemente.

HOE PAS DIE TEGNOLOGIE IN MY BEMESTINGSPROGRAM?Sidi Parani se Opti-reeks bestaan uit ’n volledige reeks produkte en kan op alle vlakke van die bemestingsprogram ingesluit word. Die produsent kan Opti-Root voor planttyd diep plaas, ’n opsie wat baie positief is in die droëland, of met ’n “strip-till”-bewerking by besproeiing. Opti-Plant is ’n 3.2.1-mengsel wat deur produkte soos Opti-N (stikstof), Opti-Balance, Opti-Top of Opti-Pot (N-, P- en K-mengsels) aangevul word. Dit is belangrik dat ’n volledige bemestingsprogram saam met Sidi Parani se landboukundiges opgestel word ten einde optimale gebruik van die produkte te verseker.

IS DIE PRODUKTE KOSTE-EFFEKTIEF?Sidi Parani is opbrengs gefokus. Ons poog dus om te verseker die produsent kry die hoogs moontlike rendement op sy insette. Uit die navorsing is gevind dat opbrengste met tussen 8% en 18% verhoog. Indien die koste in berekening gebring word, is daar byvoorbeeld gedurende 2011 ’n rendement van R35,92 op koring gerealiseer vir elke rand op Opti-N spandeer. S

Page 25: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

23

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Benewens die feit dat ons hiermet die natuur wat aanpas te doen het, het produ-sente wat nie die toevlugsareas volgens aanvaarde voorskrifte aangeplant het nie, bygedra tot die voorkoms van minder effektiewe beheer. Intussen het Monsanto vanjaar YieldGard ll, wat die nuwe generasie tegnologie – MON 89034 – wat twee BT-proteïene bevat om mielies doeltreffender teen stronkboorders te beskerm, op die mark geplaas. Talle produsente plant egter nog YieldGard l met uitstekende resultate.

Johan Meyer van die plaas Leeufontein, geleë in die Hartbeesfontein-distrik in Noordwes, is baiegelukkig met sy MON 810 BT-mielies wat hy reedsdie afgelope elf jaar plant sonder enige stronk-boorder skade en met ’n puik opbrengs. Hy het die afgelope seisoen 600 hektaar DKC 73 - 74BR, geelmielie, op droëland geplant.

Met die vorige seisoen se oorgedraagde vog en die huidige seisoen se 320 mm reën, was die opbrengs 5,2 ton/ha. Op ’n ander gedeelte waar dit slegs 160 mm gereën het, was die opbrengs 3 ton/ha. Sy plantestand was 27 600 per hektaar met ’n 1,5 m spoorverkeerstelsel. Die opbrengs met konvensionele mielies was 3,8 ton/ha. Dit is ’n verskil van 1,4 ton/ha ekstra opbrengs met die BT-mielie. Teen ’n mielieprys van byvoorbeeld R1 600 per ton beteken dit ’n ekstra inkomste van R2 240 per hektaar.

BT-mielies laat stronkboorders les opsêMET ’N POTENSIËLE OPBRENGS VAN BYNA 10 TON/HA OP DROËLAND IS DAAR DEFINITIEF NOG PLEK VIR YIELDGARD 1 BT-MIELIES (MON 810). HOEWEL DIE EERSTE GENERASIE BT-MIELIES NA MEER AS TIEN JAAR OP DIE MARK IN ENKELE AFSONDERLIKE GEVALLE IN DIE LAND TEKENS TOON VAN MINDER EFFEKTIEWE BEHEER, BLY DIT STEEDS EEN VAN DIE BESTE METODES OM STRONKBOORDERS TE BEHEER.

“Ek doen die regte ding. Ek maak seker dat my toevlugsarea streng volgens voorskrif geplant is. Ek plant dié kultivar die afgelope drie jaar en is hoogs tevrede met die opbrengs. Die mielie se genetika is verstommend. Die mielieplant produseer ’n ste-wige kop met meer rye en meer, groter pitte. Met ’n hoë plantestand klop dié enkelkop baie ander meerkoppige mielies,” sê Meyer.

Volgens hom is ’n ander eienskap die staan-vermoë van die mielie. “Hy staan soos ’n yster-paal en val nie om nie. Ons tel nie koppe op nie, wat ’n geweldige besparing op arbeid is,” beklemtoon Meyer. Dit neem 62 - 80 dae om die 50% blomstadium te bereik en 122 - 138 dae tot relatiewe rypheid. Dit is ’n stapelgeenmielie met weerstand teen stronkboorders en verdraag-saamheid teenoor Roundup-onkruiddoder.

DKC 73 - 74BR het verder ook ’n baie hoë opbrengs potensiaal op droëland. In die nasionale mielie kultivarproewe onder droëlandtoestande inKwaZulu-Natal oor drie seisoene wat deur die Land-bou navorsingsraad se Instituut vir Graan gewasse geëvalueer is, was dié mielie se gemiddelde op-brengs 8,95 ton/ha. Vir die westelike streek oor drie seisoene in 68 proewe was die gemiddelde opbrengs 6,11 ton/ha. Vir die gematigde oostelike streke oor drie seisoene in 37 proewe was die gemiddelde opbrengs 10,05 ton/ha. S

Dié artikel is saamgestel uit inligting wat deur Monsanto verskaf is. Vir meer inligting, skakel Hendrik van Staden

by 082 388 0728. >>

MEYER SE ONKRUIDBEHEER BESTAAN UIT: Tien dae voor plant: Pantera 0,75 liter/ha. Met plant: Add Up, Glifosaat 3 liter/ha, Gaardian1 liter/ha, Vantex 0,003 liter/ha, opgevolg met Roundup Ready 2 liter/ha, Atranex 1,5 liter/ha, Relay 0,6 liter/ha en Add Up.

SY BEMESTINGSPROGRAM BESTAAN UIT: Met plant: ’n Mengsel van 160 kg/ha 3:2:1 (34) Zn + S en Ureum 160 kg/ha.

160 kg/ha 3:2:1 (34) Zn + S N27:2 P18:1 K9:1 S9:9

Ureum 73:6

Totaal 100:8 18:1 9:1 9:9

Page 26: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

24

SENWES Scenario<< >>

••• NUUS

Die Agri Benchmark-inisiatief is ’n internasionale netwerk van landboudeskundiges, ekonome, adviseurs en produsente met die doel om volhoubare, vergelykbare en kwantitatiewe inligting oor produksiesisteme en die ekonomie daarvan te versamel en dit waardevol te benut. Suid-Afrika is deel van ’n groep van omtrent 30 lande wat aan die netwerk deelneem. Tipiese plase word op ’n jaarlikse basis opgedateer en hierdie analises skep ruimte vir belangrike internasionale vergelykings en prestasies. Die akkerboukongres het van 9 - 15 Ju nie by Pilanes berg en in Pretoria plaasgevind en is onder andere deur Senwes geborg. Tydens hierdie kongres is belangrike internasionale landbou tendense en sleutelonderwerpe bespreek wat die uitbreiding van primêre landbougrond, intensifikasie van akkerbou

Suid-Afrika hou kers vas by Amerika

> TEKS: DIVAN VAN DER WESTHUIZEN

TEN EINDE MEER KOMPETEREND TE WEES IN ’N INTERNASIONALE PERSPEKTIEF, IS DIT BELANGRIK OM TE IDENTIFISEER WIE SUID-AFRIKA SE MEDEDINGERS IS TEN OPSIGTE VAN UITVOERMARKTE.

en internasionale tendense in vervoer koste insluit.Die Agri Benchmark-kongres se jaarlikse opedag

is op 15 Junie by die Roode Vallei Country Lodge in Pretoria gehou. Die dag is bygewoon deur verskeie lede in die landboubedryf van Suid-Afrika. Agri Bench mark se internasionale spanlede van onder andere Suid-Afrika, Brasilië, die VSA, Thailand en Viëtnam het gewys hoe sekere landboutendense hulle landbou-omgewing beïnvloed.

Die twee plase in die Verenigde State van Amerika (VSA) wat vergelyk gaan word is onder-skeidelik in die noorde van Iowa en Noord-Dakota geleë. Die plase in Noord-Amerika maak hoofsaaklik van ’n sojaboon- of mielierotasie gebruik met behulp van ’n bewaringsbewerkingsmetode. Die gemiddelde jaarlikse reënval is 880 l/m2. Die gemiddelde koste van grond is in die omgewing van R150 000 per hektaar vir droëland.

Die volgende analises skep ’n platform om

Grafiek 1 – Opbrengs (ton/ha). Grafiek 2 – NPK-koste ($1 & kg/ha).1) Aanname: rand/dollar-wisselkoers van R7,60/$

END ALE RIK D-TEN E

Page 27: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

25

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Die inter na sio nale groep van regoor die wêreld wat die Agri Bench mark-kongres by Bakubung, Pilanesberg, byge-woon het.

verbou ing van mielies in Suid-Afrika te vergelyk met produksie in Noord-Amerika.

Grafiek 1 illustreer die verskillende plase se opbrengste oor die laaste drie jaar. Die benaming van die plase kan soos volg geïnterpreteer word: Die eerste twee letters verteenwoordig die land onder bespreking. Verder verteenwoordig die syfers die grootte van die plaas en die laaste twee letters die gebied waarin die plaas geleë is.

Die gemiddelde opbrengs in Iowa en Noord-Dakota gedurende die laaste drie jaar was onderskeidelik 11,25 en 7,74 ton per hektaar. Albei hierdie plase is droëland-produksiegebiede. Vir dieselfde tydperk was die gemiddelde opbrengs in die Noordwes Provinsie en die Wes-Vrystaat onderskeidelik 4,71 en 5,98 ton per hektaar. Die vernaamste faktore wat lei tot hoër opbrengste in die VSA is grond met hoë potensiaal en ’n hoë organiese inhoud, ’n sojaboon- of mielierotasie, hoë gemiddelde jaarlikse reënval en tegnologie-aanwendings en -praktyke.

Om die verskillende opbrengste te verstaan, moetmens na die onderskeie drywers gaan kyk wat op-brengs bepaal.

Grafiek 2 verteenwoordig die kunsmistoediening (NPK) en koste per hektaar van 2009 tot 2011. Die gemiddelde toediening van stikstof op die plaas in die VSA is 164 kg per hektaar, terwyl die aantal fosfaat- en kaliumtoediening onderskeidelik 53 kg en 39 kg per hektaar is. Die toediening van stikstof en fosfaat op die plaas in Noordwes is aansienlik minder in vergelyking met die ander plase in die steekproef. Die plase in Wes- en Noord-Vrystaat het’n gemiddeld van onderskeidelik 85 kg en 120 kgstikstof per hektaar toegedien. Die groen lyn illu-streer die kunsmiskoste per hektaar. Die grafiek illustreer dat Suid-Afrikaanse plase ’n definitiewe nadeel het ten opsigte van kunsmiskoste. Die hoofredes hiervoor is invoerkoste van hoofsaaklik Noord-Afrika, die rand/dollar-wisselkoers en plaaslike vervoer- en ander opgerolde koste.

Daar is ’n analise gedoen in Suid-Amerika (Brasilië en Argentinië) oor die wisselbou van mielies en soja-bone. Die kernboodskap wat hieruit verkry is, is dat ’n gemiddelde opbrengsvoordeel van 12% verkry word deur so ’n rotasie. Daar is ook verneem dat die waarde van die gemiddelde stikstofterugsetting in die grond ongeveer R245/ha is.

Grafiek 3 illustreer die verskillende bewerkings -metodes en die kW/ha-verhouding. Die algemenetendens in die VSA is om meer gemeganiseerde praktyke toe te pas, maar in die regte hektaar-verhouding. Die totale som kilowatt teenwoordig op die plaas in Iowa is 541,31 kW, wat ’n

Grafiek 3 – Produksiesisteme en masjinerie. vervolg op bladsy 26

Page 28: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

26

SENWES Scenario<< >>

Vir meer inligting, stuur ’n e-pos aan Divan by [email protected]. Besoek ook gerus die webblaaie by www.bfap.co.za en www.agribenchmark.org. >>>>>>>>>>>>>>>>>>>>

••• NUUS

hektaarverhouding van 0,79 kW/ha gee. Die Suid-Afrikaanse plase se kW-somtotaal is aansienlik meer as gevolg van groter areas wat bewerk moet word. Die tendens op Suid-Afrikaanse plase is ook om meer trekkers te besit, wat normaalweg ’n hoër gemiddelde ouderdom het. Die kW/ha in die Wes- en Noord-Vrystaat stem min of meer ooreen met die verteenwoordigende plaas in die VSA.

Die volgende gedeelte fokus op die onderskeie insetkoste vir die verskillende plase in die net werk.Daar moet egter gelet word dat hierdie koste-ver gelykings gebaseer is op ’n per ton-basis, wat illustreer of Suid-Afrikaanse plase kompetitief is teenoor plase in die VSA. Laasgenoemde is belangrik wanneer uitvoermarkte begin oorvleuel. Dit wil sê dat Suid-Afrikaanse produsente, gegeweproduksiekondisies, steeds internasionaal moetkan meeding, beide op die insetkant en wins-gewend heid.

Grafiek 4 verteenwoordig selektiewe direk allo keerbare koste (per ton) vir mielieproduksie. Saad koste in die VSA reflekteer duurder as in Suid-Afrika as gevolg van direkte tegnologiekoste wat VSA-boere moet betaal vir navorsing en ontwikkeling van nuwe kultivars. Die grafiek illustreer verder dat Suid-Afrikaanse plase baie meer vir kunsmis betaal as gevolg van opgerolde koste in die waardeketting. Kunsmis moet in ’n $-geldeenheid ingevoer word, dus speel die rand/dollar-wisselkoers ’n groot rol. Verder is gelewerde koste van kunsmis in die binneland hoog as gevolg van hoë vervoerkoste in Suid-Afrika. Soos voorheen geïdentifiseer, speel die sojaboon- en mielierotasie ’n sleutelrol in kunsmiskoste. Laastens, ’n belangrike element wat Grafiek 4 uitwys is die stygende insetkoste-inflasie sedert 2009. Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die kosteknyptang al hoe groter word soos wat insette se koste vermeerder. Produsente moet dus aanpassings probeer maak om meer effektief en produktief te produseer.

Grafiek 5 verteenwoordig die winsgewendheid van die verskillende plase. Die Suid-Afrikaanse plasepresteer oor die algemeen baie goed teenoor die plaas in die VSA. Die marge tussen die groen/rooi-merkers en die totale koste dui die wins per ton aan. Die grafiek illustreer ook dat Suid-Afrikaanse

plase baie goed gevaar het in 2011. ’n Belangrike aspek wat geïdentifiseer kan word, is die kleiner impak van Amerikaanse subsidies.

SLOTSOM Die algemene gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat Suid-Afrika se mielieplase baie goed presteer in ’n internasionale konteks. Daar is ook ’n definitiewe nadeel ten opsigte van sekere insetkoste wat baie hoër is in Suid-Afrika. Noord-Amerikaanse landbousubsidies sal ook in die mediumtermyn afneem. Die tendens in die VSA is dat opbrengste marginaal sal toeneem soos wat nuwe saadkultivars ontwikkel word. Die finale gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat toenemende druk op produsente geplaas gaan word as gevolg van stygende insetkoste. Produsente moet dus insette noukeurig ontleed om te bepaal waar effektiwiteit en produktiwiteit verbeter kan word. In die medium- en langtermyn sal dit ’n groot impak hê op boerderybesighede. S

vervolg van bladsy 25

Suid-Afrika hou kersvas by Amerika

Grafiek 4 – Selektiewe mielie-insetkoste ($/ton).

Grafiek 5 – Winsgewendheid ($/ton).

Die algemene gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat Suid-Afrika

se mielieplase baie goed presteer in ’n internasionale konteks.

Page 29: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

27PROMOSIE-ARTIKEL: JOJO TANKS •••

Reënwateropvangs (RWO) word as “nie-tegnies”, onvoorspelbaar en kwesbaar vir klimaatsgevare beskou. Tog maak landbou op reënval staat: dit verteenwoordig gemiddeld 85% van landbou se watergebruik. Die opvangs en bewaring van reënwater is dus die sleutelfaktore wat ’n hupstoot aan oesopbrengste kan gee.1. RWO kan potensieel die heel waardevolste oes in

landbou word.2. Doeltreffende RWO gee jou beter beheer oor jou

watervoorraad en verlaag jou koste.3. RWO verminder afhanklikheid van riviere en

grondwaterhulpbronne – tans ’n groter wordende vraag van ’n al groter wordende bevolking.

4. RWO verminder plaaslike oorstromings waar water van groot dakoppervlaktes nie behoorlik bestuur word nie.

5. RWO gebruik eenvoudige tegnologieë wat goedkoop is en maklik in stand gehou kan word.

V ang reënwater op vir ’n waardevolle oes

6. Deur watertenks deel van die gewone water-verspreidings netwerk te maak, is daar altyd gestoorde water wat dadelik gebruik kan word, veral wanneer daar ’n onderbreking in die watertoevoer is.

Gehalte teenoor prys...daar is ’n verskilIs prys belangrik wanneer jy ’n wateropgaartenk koop? Natuurlik is dit, maar ons almal weet geen prys is ’n goeie prys as ons nie van die gehalte hou nie! Dit is waarom JoJo Tanks al vir langer as 30 jaar Suid-Afrika se vertroude bedryfsleier in die vervaardiging van poliëtileen-vloeistofbergingstenks is. Alle JoJo Tanks het ’n vyfjaarwaarborg en die vertikale, horisontale en septiese tenks spog met gehaltesertifisering van die Agrémentraad van Suid-Afrika. Dié sertifisering verteenwoordig die amptelike onderskrywing van die tegniese meriete van JoJo Tanks se produkte. S

Page 30: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was
Page 31: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

29

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

PROMOSIE-ARTIKEL: FALCON •••

Die nuwe Amazone ZA-M 4200 Ultra Profis Hydro is onlangs geloods. Dit is die groot-ste gemonteerde presisiestrooier wat in Suid-Afrika beskikbaar is. Die bakkapasiteit is 4 200 liter met ’n maksimum laaigewig van 4 100 kg. Dit het ’n werkswydte van tot 48 m en strooi kunsmis, saad en slakpille meer doeltreffend. Dit het ’n aanlyn-weegstelsel en geen kalibrering word vereis nie. Dit het outomatiese strooikoersbeheer en outomatiese seksiebeheer met outomatiese aan/af-beheer by die wenakker. Dit is “GPS-Switch”-gereed en versoenbaar

met die meeste derdepartystelsels. Die

FALCON HET DIE TOENEMENDE BEHOEFTE VIR GROTER IMPLEMEN TEMET ’N MAKSIMUM LEWERINGS-VERMOË ASOOK BETER TYD- EN BRANDSTOFDOELTREFFENDHEID RAAKGESIEN. hidrouliese strooiskyfaandrywer word elektrohidroulies

(teenoor meganies) gereguleer en werk onafhanklik van die kragaftakker en enjinkrag, wat tot groot brandstofbesparings en groter akkuraatheid lei.

Die Falcon Hooimaker® is die gewildste hooisny-implement in die land en die reeks snyers is sinoni-em met betroubaarheid. Die Falcon F80/350V groot Hooimaker® is ’n dubbelrotor-implement en het ’n snywydte van 3,5 m. Dit beteken dat een trekker en Hooimaker® soveel in ’n dag kan sny as waarvoor twee trekker-Hooimaker®-eenhede voorheen nodig was. Dit lei tot beduidende besparings in die koste van brandstof en arbeid. Die F80/350V Hooimaker® is ’n gemonteerde implement en geskik vir trek-ker met meer as 75 kW. Die spesiaal-ontwerpte hoë-vryhoogte-bakwerk, deflektor en langas-ratkas

skep ruimte onder die dek om die vrye vloei van materiaal te verseker en dubbelsny te verhoed, terwyl die tonnel en vingers ’n netjiese windry vorm wat gou uitdroog. Dit is die ideale imple-ment vir die maak van hoëgehalte-hooi.

Falcon Agricultural Equipment (Edms) Bpk is die voorste vervaardiger van wentelsnyers in Afrika, met meer as 27 jaar ondervinding in die landbou- en turfnywerhede. Falcon voer ook ’n reeks implemente in, wat die plaaslik-

vervaardigdes komplementeer. S

met die meeste derdepartystelsels. Die ker m-smtv

a

p yhoë-

smtv

verva

Die Amazone ZA-M 4200 Ultra Profis Hydro is die grootste gemonteerde presisiestrooier

beskikbaar in Suid-Afrika.

Die Falcon Hooimaker® is die gewildste hooisny-implement in die land.

Falcon

bou voort op sukses

Vir meer inligting oor die Falcon- en Amazone-implemente, besoek gerus www.falconequipment.co.za of

skakel jou naaste Senwes Village. >>

Page 32: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

30

SENWES Scenario<< >>

••• FOKUS OP MEGANISASIE EN INSETTE

’n Groot aksie is veral in diewerkswinkels geloods ten einde bestaande infra-struktuur op te gradeer ter bevordering van klante-tevredenheid. Sedertdien is werkswinkels op Parys, Bultfontein, Bothaville en in Bloemfontein reeds opgegradeer. Die res van die werkswinkels is óf reeds in die proses óf in die beplanningstadium om opgegradeer te word gedurende die huidige

> TEKS: WILLIE DIETRECHSEN

Nuwe werkswinkelvoertuie is aangekoop en die huidige voertuie is vervang. Meer toepaslike “raised body”-voertuie, wat

sal sorg dat velddienste spoedig en meer effektief uitgevoer kan word, sal nou

gebruik word.

SENWES VILLAGE GAAN ’N GROTER FOKUS OP MEGANISASIEDIENSTE PLAAS. FONDSE IS BEWILLIG OM IN HUIDIGE EN NUWE INFRASTRUKTUUR, PERSONEEL, VOERTUIE EN VERAL BASIESE- EN SPESIALE GEREEDSKAP, TE BELÊ.

finansiële jaar. Die nuwe werkswinkel op Schweizer-Reneke is ook ten volle toegerus en sal binnekort geopen word as deel van die geografiese uitbreiding van die dienstepakket wat Senwes Meganisasie bied.

Senwes het ’n groot belegging gemaak in termevan personeel, veral wat die bestuur van werks-winkels en opgeleide vakmanne betref. Sedert die begin van die jaar is daar reeds vier nuwe werks-winkelbestuurders en nege opgeleide vakmanne deur Senwes aangestel. Ons doelwit is om teen die einde van Oktober 2012 reeds 60 opgeleide vakmanne in diens van Senwes te hê.

Weens die huidige tekort aan opgeleide John Deere tegnici, het Senwes aan die begin van die jaar 25 vakleerlinge aangestel en dit is deel van die beplanning om vir die volgende twee tot drie jaar nog twaalf per jaar aan te stel ten einde ons naverkopediens wesenlik te verbeter. ’n Besluit is ook geneem om ’n totaal van 20 nuwe werkswinkelvoertuie aan te koop en die huidige voertuie te vervang. Meer toepaslike “raised body”-

Senwes belê verder in Meganisasie se groei

Page 33: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

31FOKUS OP MEGANISASIE EN INSETTE •••

voertuie, wat sal sorg dat velddienste spoedig en meer effektief uitgevoer kan word, sal nou gebruik word. Kapitaal ten opsigte van spesiale gereedskap is bewillig om die noodsaaklike investering ter onder steuning van huidige en nuwe John Deere toerusting wat gedurende 2012 bekend gestel is, te laat realiseer.

Daar is onlangs in ’n nuwe besigheidstelsel virMeganisasie belê wat tydens Julie tot einde Sep-tem ber geïmplementeer sal word. Die EQUIP-stelsel is ontwikkel om John Deere handelaars in staat te stel om hul besigheid beter en meer effektief te bestuur. Die implementering van die stelsel het ook nuwe uitdagings en werkswyses tot gevolg, alles ter verbetering van die klant se koopervaring van Senwes Village Meganisasie.

Die geografiese indeling van die areas wat die Heelwerktuigbemarkers moet bedien, is ook onder die soeklig geplaas en daar is besluit om twee addisionele Heelwerktuigbemarkers aan te stel. Hierdie poste sal binnekort gevul word met die doel om beter dienslewering aan klante te bied en

6 Drakensberger veiling 13 September 2012Bultfontein skougronde 30 Bulle 50 stoet en 30 Kommersiële vroulike diere

Ons kwaliteit is uitstaande... soos altyd. Dit is waarop ons trots is.

+

Willie Dietrechsen is Bestuurder: Meganisasie, Senwes Village. Skakel hom by (018) 464-7553 of stuur ’n e-pos

na [email protected]. >>

sodoende ons bemarkings- en verkoopskapasiteit verder te versterk.

Jacques Stander is op 1 Junie aangestel as Ver- kopebestuurder: Heelwerktuie en sal beheer neem van die verkope-afdeling in samewerking met Ferdie Pieterse, wat bevorder is tot Bemarkings bestuurder: Heelwerktuie. Die Presisieboerdery-afdeling is by die Heelwertuig bemarkingsafdeling ingelyf, wat tot verbeterde bedryfseffektiwiteit sal lei. Senwes Meganisasie het ook besluit om te belê in ’n RTK-netwerk. Dit sal klante dus die geleentheid bied om teen ’n baie laer koste op die netwerk in te skakel teenoor die koste om die stelsel self aan te koop.

Ons wil klante graag bedank vir hulle volgehoue onder steuning oor die afgelope paar jaar en sien daarna uit om Senwes Meganisasie-klante voortaan met voortreflike diens en winsgewende oplossings te bedien. S

Ons doelwit is om teen die einde van Oktober 2012 reeds 60 opgeleide vakmanne in diens van Senwes te hê.

Voorstelling van ons beoogde netwerkvoorkoms vir die toekoms.

Page 34: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

32

SENWES Scenario<< >>

32 ••• PROMOSIE-ARTIKEL: AGRICO L

In lyn met AGRICOL se beleid om ’n leier in verband met nuut-tot-die-mark pro-dukte te wees, het hierdie visie reeds baie sterk gestalte gevind in die wye verskeidenheid genetiese hulpbronne wat landswyd beskikbaar is aan produsente.

Die diversifisering van die maatskappy se produk-reeks het ten doel om die produsent se volkome saadbehoefte onder een vaandel te sentreer.

Een van die nuutste toevoegings tot die uitgebreide weidings- en akkerbougewasreeks is die nuwe IMPAK-mieliereeks wat reeds suksesvol in ’n hoogs kompeterende mieliemark gevestig is. Dié reeks bied produsente toegang tot voortreflike wit- en geelmieliebasters vir droëlandverbouing asook besproeiing. Een van die staatmakers in die mieliereeks is die uiters aanpasbare, medium-vinnige witmieliebaster IMP 52-11. Hierdie nuwe toevoeging se prestasie oor die afgelope drie seisoene is sinoniem met stabiliteit en voldoen uitstekend aan moderne produsente se hoë opbrengsverwagtinge.

Gemeet aan die opbrengsresultate van die LNR-proewe gedurende die laaste drie jaar onder al die streke, was IMP 52-11 die beste nie-GMO baster wat betref die hoogste opbrengsgemiddeld asook beste stabiliteit. IMP 52-11 het hierdie prestasie behaal in die westelike streek met ’n gemiddeld van 6,25 ton/ha oor 68 lokaliteite, in die gematigde

> TEKS: ANDRIES WESSELS oostelike streek met ’n gemiddeld van 9,78 ton/haoor 27 lokaliteite en in die koue oostelike streek met ’n gemiddeld van 8,34 ton/ha oor 41 lokaliteite. In KwaZulu-Natal is ’n gemiddeld van 8,63 ton/ha oor 19 lokaliteite behaal.

Een van die belangrikste agronomiese eienskappe wat die baster uitsonder, is die vinnige graanafdroging, wat strooptyd bespoedig. Die kompeterende voordeel van vinniger graanafdroging lê opgesluit daarin dat goeie graankwaliteit by uitstek behoue bly en dat produsente met ’n vee-vertakking wat op mielielande moet oorwinter, vroeër weiding in die vorm van mieliereste kan benut. Vir produsente wat aanvullend besproei, bring die bestuursvoordeel van vinniger graanafdroging ook mee dat daar vinniger opgevolg kan word met koringaanplantings, mits vroeg geplant word.

IMP 52-11 is agronomies wyd aangepas enveral geskik vir vroeë aanplantings in hoë-potensiaal produksiestreke asook onder besproeiing. Blom-datums op IMP 52-11 sal wissel tussen 66 en 78 dae en fisiologiese rypheid op 120 en 148 dae onderskeidelik in die westelike en oostelike produksiestreke. Uitstekende blaarsiekteweerstand en staanvermoë word ook beklemtoon, veral in die oostelike streke waar siektedruk strawwer voorgekom het gedurende die afgelope seisoen. Die vinniger groeiseisoenlengte word ook goed aangevul deur hoër plantpopulasies in die oostelike streke. In die westelike streke het IMP 52-11 ook beïndruk met sterk saailinge wat vinnig opkom ten einde die bekamping van windskade in spoorverkeerstelsels te bespoedig. Sterk, produktiewe spruitvorming is ook voordelig onder laer plantpopulasies. ’n Goeie graan-tot-groenmateriaal-verhouding maak die kultivar ook geskik vir die produksie van kwaliteit-kuilvoer onder besproeiing, aangesien energiewaardes in kuilvoer direk gekoppel kan word aan die hoeveelheid graan in die kultivar.

IMP 52-11 is beskikbaar in 60 MK pitverpakkings in die mees populêre pitgroottes asook in “Yieldgard”-tegnologie vir die 2012/2013-plantseisoen. S

MET DIE AANLOOP TOT DIE KOMENDE SEISOEN, WORD DIE VOLGENDE SPESIALE

AANBIEDINGE BEKEND GESTEL:

Vir aankope voor 30 September 2012, word 20% korting toegestaan.

Vir aankope vanaf 1 Oktober 2012 tot 15 Januarie 2013, geld 10% korting.

Rentevrye uitstelbetalingsterme tot en met 20 Mei 2013. (Terme en voorwaardes geld).

Vir kliënte wat IMP 52-11B bestel, word IMP 52-11 vir die toevlugsoord (5%-opsie) gratis verskaf.

KEL:: AGAGAGGAGGAGGGGRIRIRIRIR IR IR IRRIRRICCCOCOCOCOCOCOCOCOOCCOCOCOCCC LLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLL

IMPAK-mieliereeks

ontsluit nuwe markgeleenthede

Andries Wessels is ’n Landboukundige by AGRICOL. Kontak jou naaste AGRICOL Streeksbestuurder of Senwes

Village vir meer besonderhede. >>

Page 35: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

33

S

Johan Chambers se John Deere S690 isdie grootste stroper in die land wat kragaanbetref, siende dat dit 405 kW uitskop. Daar is twee van dié modelle in die Senwes gebied en hul aankoopprys beloop R3 780 000.

Johan Chambers se John Deere S690 is

Genade, kyk my groot John Deere!

SENWES VILLAGE OP PARYS WAS ONLANGS DIE TROTSE TUISTE VIR TWEE VAN DIE REUSE IN DIE JOHN DEERE-REEKS VOORDAT HUL ONDERSKEIE KOPERS HUL PLAAS TOE GENEEM HET.

Geo Olivier se John Deere 9560R, wat ’n allemintige 412 kW uitskop, is nie net die grootste trekker in die John Deere-reeks nie, maar ook tans een van die twee grootste trekkers in die Senwes gebied. As jy dié spesifieke model wil aanskaf, sal dit jou R3 595 000 uit die sak jaag.

FOKUS OP MEGANISASIE EN INSETTE •••

Page 36: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

Integrate wireless communications and advanced precision farming technology to connect equipment, owners, operators and dealers to provide new levels of productivity

and sustainable farm management.

Remote support that keeps you running

Contact your nearest precision farming expert at Senwes.

John Deere Farmsight

Page 37: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

35

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

FOCUS ON MECHANISATION AND INPUTS •••

John Deere FarmSight gives you the data you need to make informed decisions on how to get the most from your machines. It in-tegrates wireless communications and advanced precision farming technology with the purpose of connecting equipment, owners, operators and deal-ers in order to provide new levels of productivity and sustainable farm management.

It supports your business across three important areas:

1. MACHINE OPTIMISATIONFuel is one of the biggest running costs, but how do you know your machine is using it efficiently? With JDLink, you can remotely monitor how the machine is being used (idling, transport and working in the field) and you can look at engine loadings to see how its capacity is being utilised.

By simply logging in on the JDLink website from any computer with internet access, you will find the answers to questions, like:

What is JDLink?The JDLink equipment management solution is our John Deere telematics system designed to remotely connect owners and managers to theirequipment, providing alerts and machine informa-tion, including location, utilisation, performance and maintenance data to manage where and howequipment is being used.

How does JDLink work?JDLink uses a communications controller, a GPS and cellular antenna as well as harnesses installed

Manage your equipment anywhere, anytimeHAVE YOU ALWAYS WANTED TO KNOW WHERE YOUR EQUIPMENT IS AND HOW IT’S BEING USED? JOHN DEERE AND SENWES HAVE THE ANSWER: JOHN DEERE FARMSIGHT.

continued on page 36

SENWES ScenS

WATCH THIS SPACE:

Senwes and John Deere

will make John Deere

FarmSight available to

Senwes clients within

the next year.

Page 38: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

36

SENWES Scenario<< >>

••• FOCUS ON MECHANISATION AND INPUTS

in a machine to send machine data wirelessly to the JDLink data server. This machine data is avail-able to the customer through the JDLink website (www.jdlink.com).

Service ADVISOR Remote is another powerful machine optimisation tool. Now your dealer can remotely monitor your machine, pre-plan the main-tenance schedule around your work routines and identify issues before they become a problem – all maximising your uptime.

2. LOGISTICS OPTIMISATIONJohn Deere FarmSight solutions can help ensure

continued from page 35Manage your equipment anywhere, anytime

you have both the right number and size of trailers to provide the optimum workflow, thereby enabling non-stop harvesting. By tracking machine move-ments using JDLink and controlling faster trailer loading with machine-to-machine communication tools such as Machine Sync, it can help you mini-mise the number of machines required for the task at hand.

3. AG DECISION SUPPORT Make better, more informed decisions by pinpoint-ing all the different input costs and variables in your operation.

Easy-to-use software with simple data trans-fer from machine to PC lets you pre-plan jobs for operators, or analyse the results in the comfort of your own office.

You can either do it yourself or ask your dealer to work with you in order to build up a picture

of your business across each season. This will help give you an understanding of where it pays to invest money and where it doesn’t.

All our systems are integrated to work seamlessly with easy “plug and play” tech-nology. They’re not just designed to be green and yellow either. So you can still enjoy many of the benefits of John Deere

FarmSight even if you own a mixed fleet. S

To learn more about John Deere FarmSight and JDLink, visit the Senwes Young Farmer Future Focus Day on 20 Septem-ber at NAMPO Park. For more information, contact Etienne

Nel at (018) 464-7526 or send an email to [email protected]. >>

Page 39: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was
Page 40: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

FIT & FORGET

www.willard.co.zaCall Centre 0860 12 00 12

Willard batteries form an integral part of a farmer’s life. From agricultural vehicles of all makes and models, cars, and heavy duty trucks, Willard batteries provide farmers with the tools to keep feeding our nation.

For all the power behind the performance insist on the intelligent choice.

Willard Batteries.The Power of Technology.

Power up with theintelligent choice

Page 41: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

39

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

PROMOTIONAL ARTICLE: JONSSON •••

Safety from the ground up

FOR DECADES, JONSSON WORKWEAR HAS BEEN MANUFACTURING WORKWEAR FOR SOME OF THE TOUGHEST WORK ENVIRONMENTS AROUND THE WORLD, AND AS SUCH HAS BECOME SOUTHERN AFRICA’S LEADING BRAND AND A SYMBOL OF DURABLE, HIGH-QUALITY WORKWEAR.

Now the latest technology and design features have been integrated into the Jonsson Workwear safety footwear range, continuously striving to be the most enduring, smart and safe footwear on the market.

The Jonsson Workwear safety footwear range is created for both living and working hard. Whatever your 24/7 lifestyle demands, Jonsson cuts a trail through the industry. • Stylish upper cut from the best quality full-grain

buffalo leather for durability and breathability.• The steel toe cap complies with the SANS/ISO

20345 specification to withstand an impact load of 200 joules. The steel toe cap is wide fit to ensure maximum comfort.

• The uniquely designed thermal polyurethane sole is anti-static as well as oil and acid resistant to ensure maximum protection. The TPU sole has good wear, cut and slip resistance.

• The midsole is integrated into the shoe to prevent nails and sharp objects protruding up through the sole. It is made from low-density polyurethane for comfort, flexibility and lightness.

• Special shank reinforcement is moulded into the midsole to give additional support under the arch of the foot. This provides stability, ensuring the footwear flexes in the correct place.

• The 100% Merino wool in-sock is treated with ULTRA-FRESH, a substance offering perspiration absorbency as well as imparting anti-fungal and anti-bacterial properties to prevent foot odour. The in-sock is 100% wool with an EVA heel cup and Poron insert for extra comfort.

Look out for the new Jonsson steel toe cap gumboot with steel midsole. S

Page 42: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

40

SENWES Scenario<< >> wwScenario >>>>>>

400040 ••• FOKUS OP MEGANISASIE EN INSETTE

vervolg op bladsy 42

Pietsap is op Schweizer-Reneke gebore en het ook daar grootgeword. In 1970 het hy begin boer en ná sewe jaar op die plaas ‘n besluit geneem om oor te skakel na John Deere implemente en soos die gesegde lui, is die res geskiedenis. Hy het na 40 jaar die plaaslewe vir ’n huis op die dorp verruil en versamel nou voltyds trekkers. “Ek het altyd probeer boer en deeltyds ‘trekkertjies gespeel’,” soos Pietsap sy versameling noem. “Nou kan ek net trekkers speel, dis hoekom ek so gelukkig is,” sê hy.

Volgens Pietsap is jy slegs ’n versamelaar as jy John Deere modeltrekkers het. “Die res maak jy byme kaar, jy noem daardie mense bymekaarmakers,” sê hy spottenderwys. “85% van alle John Deere eienaars het as kind ‘n John Deere speelding in sy hand gehad.”

Die John Deere items in Pietsap se versameling staan tans op meer as 5 000 waarvan die Waterloo Boy, die eerste John Deere speelding wat gemaak is, vir hom baie spesiale waarde het. Voor die modeltrekker in produksie gaan, word daar ’n houtskaalmodel van die spesifieke trekker gemaak

wat John Deere dan moet goedkeur. Die een houtskaalmodel staan by Pietsap en die

ander een staan by die John Deere hoofkantoor in Illinois, Amerika.

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

Onder: Van oud tot nuut – die modeltrekker aan die regterkant het soos die een langs hom gelyk voordat Pietsap

hom gerestoureer het.

OUBAAS DEERE, SOOS PIETER VAN RENSBURG (PIETSAP) VAN SCHWEIZER-RENEKE WAT SEDERT 1977 MODELTREKKERS VERSAMEL, BEWONDEREND NA JOHN DEERE VERWYS, HET ’N VERSKIL GEMAAK IN DIE GESKIEDENIS EN DIE TOEKOMS VAN LANDBOU. “DAAROM IS DAAR VIR MY GEEN REDENASIE OOR TREKKERS NIE. JOHN DEERE IS NET IN ’N KLAS VAN SY EIE. AS IEMAND MY VAN ’N FORD- OF ’N CASE-TREKKER PROBEER OORREED, DRAAI EK EENVOUDIG OM EN LOOP WEG,” SÊ PIETSAP.

M y bloed is groen, John Deere groen

Pietsap saam met die modeltrekkers wat vir hom

spesiale waarde het, soos onder andere die Waterloo

Boy houtskaalmodel.

om gerestoureer het.ho

Page 43: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was
Page 44: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

42

SENWES Scenario<< >>

vervolg van bladsy 40

My bloed is groen,John Deere groen

••• FOKUS OP MEGANISASIE EN INSETTE

Selfs die sypaadjie voor Pietsap se huis op Schweizer-Reneke is geel en groen.

Foto links en onder: Van die trekkers in Pietsap se versameling.

>> AGTER DIE SKERMS

Vyf dinge waarsonder hy nie kan klaarkom nie:

Die vyf G’s: Geloof, Gebed, Gesondheid, Geel en Groen.

Beste raad wat hy al ontvang het: Moenie uitstel nie, doen wat jy doen.

Soos Oubaas Deere gesê het: “Die beste wat in jou is, gee dit.”

Gunsteling-seisoen: Somer, want dan is alles groen.

Vir ontspanning bou hy graag legkaart. “Daar is 21 John Deere legkaarte wat vir my lê en wag.”

Pietsap was reeds ses keer in Amerika waar hy 18 ekspo’s van modeltrekkers bygewoon het. Hy voer al sy voorraad van Binkley & Hurst in Amerika in. Hy is ook lid van die Suid-Afrikaanse Modeltrekker Assosiasie (SAMTA) wat reeds 25 jaar gelede gestig is. Hier deel modeltrekker-fanatikusse hulle passie. Die groep bestaan uit 250 lede waarvan ’n groot aantal John Deere versamelaars is. S

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario. Skakel haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na

[email protected] vir meer inligting. >>

Page 45: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was
Page 46: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

44

SENWES Scenario<< >>

••• SENWES VILLAGE••• SENWES VILLAGE

G roet lente met sakpaspryse

EFEKTO REËNMETER

WONDER BEENMEEL 2 KG

DAB AQUA JET 82 M PRESSURE PUMP SET

CAMO KIDDIES BOILER SUIT

2 - 3 years, 4 - 5 years, 6 - 7 years, 8 - 9 years

R1 195

2 6

R24,95

R99,95

<<

WR19,50

Page 47: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

45

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

SENWES VILLAGE •••

S

SENWES VILLAGE •••

DIE GEDAGTE AAN LENTE WINK ALREEDS EN SOOS GEBRUIKLIK VIER SENWES VILLAGE LENTE VANJAAR WEER BEHOORLIK MET DIE GEWILDE LENTEPROMOSIE VAN 30 AUGUSTUS - 22 SEPTEMBER. DIE VOLGENDE PRODUKTE IS TEEN SAKPASPRYSE BESKIKBAAR BY JOU NAASTE SENWES VILLAGE. MOET DIT NIE MISLOOP NIE!

• DURAM FLEXIWALL CORAL 20 liter – R495

• DURAM FLEXIWALL KALAHARI DUSK 20 liter – R495• DURAM FLEXIWALL

SANDSTORM 20 liter – R495• DURAM FLEXIWALL SUNDIAL

20 liter – R495• DURAM FLEXIWALL WHITE

20 liter – R495

WONDER VITALISER LAWN & LEAF

7:1:3 (15) + C (8) SR* 10 KG

CHANRAI GLYPHOSATE 360 1 LITERCHANRAI GLYPHOSATECHA

KK K KK KGGGGGGGG

R83

R850TANDEM TOP MOUNT ELECTRIC TRIMMER

FENDONA SC 50 ML

C C R57,50

R39,95

R495

Page 48: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

46

SENWES Scenario<< >>

JY IS IN DIE DORP BESIG OM INKO PIES TE DOEN VOORDAT JY DIE KINDERS BY DIE SKOOL GAAN OP LAAI EN SIEN DAT

ROOMYS OP DIE INKOPIELYS VERSKYN...

Wanneer koop jy die roomys?• Tienuur?• Net voordat jy die kinders oplaai?• Nadat die kinders opgelaai is, op pad huis toe?

Hoe gaan jy die roomys huis toe vervoer?• Deur dit te verpak in ’n plastieksak van die supermark?• Deur dit te verpak in ’n geïsoleerde koelsak?• Deur dit te verpak in ’n geïsoleerde koelsak wat gevriesde yspakke bevat?

By die huis aangekom, gaan jy...• Eers ’n koppie koffie geniet, vir die kinders iets te ete gee en dan die roomys uit die motor gaan haal?• Dadelik die roomys in die vrieskas bêre?

Die ooglopende gevolg van die scenario wat hierbo beskryf word indien die verkeerde besluit geneem word, is dus gesmelte roomys.

Die meeste van ons weet wat gebeur as roomys eers gesmelt het en dan teruggesit word in die vrieskas. Dit is eenvoudig nie weer dieselfde nie. Alhoewel die roomys weer vries, is die kwaliteit daarvan klaar geaffekteer. ’n Laag klewerige ys vorm dus op die bodem, met minder smaakvolle “roomys” bo-op.

Wat het die koop van roomys egter te doen met die effektiewe bestuur van die

koue ketting vir entstowwe?

Die algemene logika wat toegepas word om jou room-ys gevries by die huis aan te bring, is juis “effek tiewe bestuur van die koue ketting”.

Vir gemoedsrus, koop jou entstowwe slegs aan by ’n goedgekeurde entstofverspreider. Senwes is in die proses om geakkrediteer te word as goedgekeurde entstofverspreider.

Elke Senwes winkel word afsonderlik geoudit en hierdie oudit word jaarliks herhaal.

Goedgekeurde Senwes Villages sal plakkers op hulle yskasdeure vertoon wat lui:

MSD Dieregesondheid Goedgekeurde Entstofverspreider

(sien onderstaande figuur).

BELANGRIK: Koue ketting akkreditasie ver-eis dat geen entstof verkoop mag word aan ’n klant sonder ’n geskikte koelhouer met gevriesde yspakke nie. U is welkom om u eie koelhouer met gevriesde yspakke saam te bring vir die aankoop van entstowwe. Senwes sal wel voorsiening maak vir die verkoop van koelhouers en gevriesde yspakke.

JYJYJYJYJYJYJYJYJYYY IIISSSSSSSTETEETETEEETEEEETEETE DDDDDDDDIDDDIDDIDIDIIDDIDD EEEEEEE

RRRRRRORRROROROROORROROROROROR OOMOMM

WWWWWWWaanaana••• TTiTiee••• NeNe••• NaNaNaN

••• SENWES VILLAGE••• SENWES VILLAGE

Waarom my steur aan die koue ketting?

Page 49: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

47

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

Entstowwe is temperatuursensitiewe produkte wat met dieselfde sorg as roomys vervoer behoort te word. Die groot verskil is egter dat die potensiële finansiële gevolge in verband met die breek van die koue ketting tydens die vervoer van entstowwe baie ernstiger is as om ’n bak roomys skade te ly.

’n Breuk tydens entstowwe se koue ketting word ongelukkig nie so maklik opgemerk as by ’n bak hervriesde roomys nie. Een van die vele nagevolge hiervan is dus entstowwe wat nie in staat is om die geïmmuniseerde diere te beskerm teen die siektes wat deur die entstowwe geteiken word nie.

Aangesien produsente met kuddes/troppe vee boer, kan die enting met behulp van ’n bottel entstof wat deur ’n breuk in die koue ketting oneffektief gelaat is, 20 tot 100 diere onbeskerm laat. In so ’n geval kan die impak van siekte ernstige gevolge inhou, waaronder verlore produksie of dooie diere. Jou boerderybesigheid en bron van inkomste is dus aan risiko blootgestel.

Die bestuur van die koue ketting is slegs so effek tief soos die swakste skakel in die proses omdie entstowwe van die plek van vervaardiging reg-deur tot by die toediening daarvan aan die dier te kry. Indien die koue ketting gedurende enige tydstip van hierdie proses verbreek word, is die skade wat aan die entstowwe verrig word onherroeplik.

Hieronder volg ’n lys van kritieke kontrolepunte vir die bestuur van die koue ketting vir entstowwe op die plaas.Koop slegs entstowwe wat by die Registrateur

van Wet 36 van 1947 geregistreer is. (Herkenbaar deur ’n “G”-nommer, byvoorbeeld G2643)• Geregistreerde entstowwe is geëvalueer vir veiligheid en doeltreffendheid en die vervaar- diger voldoen aan die vereistes van entstof - vervaardiging.• ’n Entstofvervaardiger van geregistreerde produkte sal voldoen aan die vereistes van die bestuur van die koue ketting.

Koop entstowwe slegs van ’n betroubare ver-spreider wat die koue ketting in stand hou.

Vervoer entstowwe altyd in ’n geïsoleerde houer met voldoende yspakke ten einde die gewenste temperatuur tot by die eindbestemming te behou.

Bêre die entstowwe in ’n betroubare yskas op die plaas.• Kontroleer die yskastemperatuur daagliks deur

van ’n termometer gebruik te maak. Handhaaf tempera tuur vlakke wat wissel tussen 2°C - 8°C.• Moet nie entstowwe vries nie.• Sorg dat jy ’n gebeurlik- heidsplan in plek het indien die yskas breek of ingeval ’n lang kragonderbreking voorkom. (Voldoende koelsak spasie en gevriesde yspakke is dus noodsaaklik)

Vervoer entstowwe in ’n geïsoleerde houer wat voldoende yspakke bevat na die plek waar diere geïmmuniseer gaan word.

Hou die entstowwe uit die son.Hersaamgestelde lewende entstowwe moet

binne 30 minute toegedien word.Hersaamgestelde entstowwe kan nie in ’n yskas

gebêre word vir latere gebruik nie, aangesien dit dan nie meer doeltreffend sal wees nie.

Raadpleeg voortdurend die entstof se voubiljet ten einde die korrekte inligting oor berging, hantering, dosis, roete van toediening en moontlike voorsorgmaatreëls te bekom.

Moet nooit entstowwe wat alreeds verval het, gebruik nie.

SENWES AS GOEDGEKEURDE ENTSTOFVERSPREIDERGoedgekeurde Entstofverspreiders word jaarliks geoudit met klem op drie kritieke areas:ONTVANGS van entstof vanaf die verskaffer:

Is die koue ketting in stand gehou? BERGING van entstof in die handelsplek:

Prosedures moet toegepas word om te verseker dat die koue ketting ten alle tye volgehou en gekontroleer word.

VERSPREIDING van entstowwe: Entstowwe wat in die handelsplek gekoop word, moet doeltreffend in ’n geïsoleerde houer met gevriesde yspakke verpak word om te verseker die koue ketting word tot by jou bestemming in stand gehou.

Alle personeel verantwoordelik vir die ontvangs, berging en verspreiding van entstowwe word opgelei in die belangrikheid van die bestuur van die koue ketting. S

SENWES VILLAGE •••

Page 50: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

KOMMENTAAR

PROFIELSenwes is ’n geïntegreerde landboudienstebesigheid geposisioneer in die graanwaardeketting tussen die plaashek en die verwerker. Senwes verskaf produksie-insette en kapitaalgoedere aan hoof-saaklik die graanprodusent, waarna toegang tot die mark vir die kliënt se oesopbrengs be werkstellig word. Finansiering en logistieke dienste verskaf finansiële en landboukundige dienste wat waarde toevoeg vir kliënte. Sake word hoofsaaklik in die Vrystaat, Noordwes, Gauteng en Noord-Kaap bedryf, asook internasionaal in die SAOG-streek.

FINANSIËLE EN BEDRYFSOORSIGDie wins na belasting het met 21,6% na R265 miljoen verhoog terwyl ’n 21,5% opbrengs op ekwiteit behaal is. Wesens verdienste styg met 14,3% vanaf 116,2 c/aandeel na 132,8 c/aandeel. ’n Styging in kommoditeitspryse het hoofsaaklik bygedra tot ’n styging van 73% in omset na R13 miljard. Ten spyte van die verhoging in kommoditeits- pryse, is R508 miljoen kontant gegenereer uit bedryfsaktiwiteite en is die eie kapitaalverhouding van 41% steeds binne die kapitaal-handhawingsriglyne van 35% - 45%. Die netto batewaarde het van R6,80/aandeel (April 2011) na R7,57/aandeel (April 2012) toegeneem nadat ’n dividend van 70 c per aandeel betaal is.

PRESTASIE VAN BESIGHEIDSEGMENTESenwes Grainlink 27% na R183 miljoenHoë voorraadvlakke van 2011 het veroorsaak dat prysvlakke onder uitvoerpariteit verhandel en Suid-Afrikaanse mielies is deur die inter-nasionale mark opgekoop en gevolglik is 2,4 miljoen ton mielies gedurende die bemarkingsjaar uitgevoer. Heelwat graan is hanteer, maar weens bogenoemde is 43,5% minder graan opgeberg, wat stremming op bergingsinkomste geplaas het. Die mark het ook min geleent hede gebied om graan in toekomstige maande te verkoop en Grainlink moes sy model daarby aanpas. Die gesamentlike onderneming met Bunge is deur die Mededingings kommissie goedgekeur en is vanaf 1 Oktober 2011 in werking. Senwes het deelgeneem aan uitvoere van witmielies en ook deelgeneem aan koring en mielie invoere in 2012.

Senwes Village 160% na R169 miljoenDie divisie het ’n goeie jaar beleef met bogemiddelde verkope van meganisasie en insetmiddele. Gunstige graanpryse het in die tweede helfte van die jaar tot hoër aanplantings aanleiding gegee en heelwat produsente in staat gestel om meganisasiegoedere op te gradeer. Dit het gelei tot die tweede meeste heelwerktuig-eenheidverkope sedert 1997. Village het ook sy besigheidsmodel met John Deere uitgebrei na die Wes-Kaap deur die verkryging van ’n 50% belang in JD Implemente te Swellendam op 1 Oktober 2011. Die belegging lewer reeds bo verwagte resultate. Village het ’n 160% verbetering in bedryfsresultaat voor belasting van R169 miljoen teenoor die vorige jaar se R65 miljoen getoon.

Senwes Credit & Univision 2% na R55 miljoenDie aanvraag vir krediet is gestimuleer deur ’n 10% toename in hektare aangeplant asook ’n 16% styging in insetkoste. ’n Groei in die produksieboek van 15% op ’n jaarop-jaar-grondslag dui op ’n uitbreiding in markaandeel. Dit word bevestig deur die aantal produsente wat bedien is en die hektare wat gefinansier is. Die kredietboek is kerngesond en die totale agterstalligheid van somergraanproduksie op 30 April 2012 het 3,8% beloop, die laagste in die afgelope dekade. Univision het vir die 2012 finansiële jaar ’n 15% groei in omset getoon. Univision se netto bedryfs wins na rente toon ’n 4,7% toename teenoor 2011.

GEOUDITEERDE FINANSIËLE RESULTATE vir die jaar geëindig 30 A pril 2012

DIREKTEURE: JE Grobler (Voorsitter), F Strydom* (Besturende Direkteur), Z Bassa,

SF Booysen, JBH Botha, JAE Els, AJ Kruger, CF Kruger*, NDP Liebenberg,

JDM Minnaar, JJ Minnaar

Mpy Sekretaris: EM Joynt

*UITVOERENDE DIREKTEURE

Page 51: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

Hierdie resultate is ook beskikbaar op die internet by www.senwes.co.zaSenwes Bpk (Registrasienommer 1997/005336/06),

Charel de Klerkstraat 1, KLERKSDORP, 2571, Tel: (018) 464-7800

VOORUITSIGTEPlaaslike produksie is onder druk weens die tweede helfte van die somerseisoen se buitengewone lae reënval. Lae openings-voorraadvlakke, lae oordragvog en ’n gemiddelde oes gaan waar-skynlik laer graanvoorraadvlakke tot gevolg hê, wat weer ’n moeilike graanber gingsjaar voorspel. Kommoditeits pryse verkeer tans op redelike goeie vlakke en sal waar skynlik produksie stimuleer. Verbruikers sal wêreldwyd na verwagting steeds gebuk gaan onder stram ekonomiese toestande en kommoditeitsvoorraadvlakke sal herstel weens hoër produksie en laer verbruik. Die verwagting is dat heelwat korporatiewe aksie in die kommende maande in die sektor gaan plaasvind wat waarskynlik die landskap en dinamika van die landboudienstesektor sal verander.

ANDER ASPEKTESenwesbel vergroot belang in SenwesGedurende die jaar het Senwesbel sy belang in Senwes verhoog na 58,8% na die uitkoop van die 17% belang vanaf Royal Bafokeng Agri Investments.

MededingingskommissieDie GSI-saak waarby verskeie landboumaatskappye betrokke was, is geskik met die Mededingingskommissie. Alle koste in die verband is in die resultate van 30 April 2012 voorsien.

Die Konstitusionele Hof het op 12 April 2012 bevind dat Senwesinderdaad artikel 8(c) van die Mededingingswet oortree het. Die bevinding dra nie ’n boete nie. Senwes en die Mededingingskom-missie is in samesprekings rakende die remedies in die lig van die bevinding.

Die Mededingingskommissie ondersoek die GSI rolspelers (inslui-tende Senwes) ten opsigte van ’n beweerde klagte rakende samespanning ten opsigte van die 1% sifsel aftrekking en vog voorskrifte vir graan. Die saak is hangende.

OUDITMENINGDie ouditeure Ernst & Young Inc. het ’n ongekwalifiseerde mening oor die groep se finansiële state vir die jaar geëindig 30 April 2012 uitgespreek. Hierdie verkorte state is ’n uittreksel uit die groep finansiële state en stem in alle wesenlike opsigte ooreen met die groep finansiële state. ’n Afskrif van die ouditverslag is ter insae by die maatskappy se geregistreerde kantoor beskikbaar. Die bedryfsoorsig en verwysing na toekomstige finansiële prestasie is nie deur die ouditeure nagegaan nie.

DIVIDENDDie Direksie het ’n finale dividend van 15 c per aandeel vir die jaar geëindig 30 April 2012 verklaar, onderhewig aan bekragtiging deur aandeelhouers. Die volgende datums is van toepassing:Rekorddatum: 31 Augustus 2012Betaaldatum: 14 September 2012

Met volmag van die direksie

26 Junie 2012Klerksdorp

Page 52: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was
Page 53: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

51

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

51SENWES GRAINLINK •••

Suid-Afrika se bevolking het die afgelope dekade met ongeveer 1% per jaar gegroeien trek volgens Statistieke Suid-Afrika reeds rondom die 51 miljoen-merk. 1% klink dalk nie aanvanklik so baie nie, maar dit beteken dat daar vir ’n bykomende 500 000 mense per jaar voedsel voorsien moet word. Nie net moet meer voedsel voorsien word nie, maar verbruikers se voorkeure moet ook voorrang geniet.

Die vraag na voedsel neem dus konstant toe. Die bostaande grafiek wys die verbruik van die belangrikste voedselprodukte en die plaaslike verbruik daarvan in 2000/2001, 2005/2006 en 2010/2011.

Nie net neem die vraag na voedsel toe nie, maar daar is ook ’n verandering in die samestelling van verbruik. Die per capita-verbruik van mielies het afgeneem en daar was veral ’n toename in die per capita-verbruik van witvleis. Dit verklaar

> TEKS: THEO VENTER

MEER mense, MEER voedsel

Theo Venter is ’n Graananalis by Senwes Grainlink. Vir meer inligting, skakel hom by (018) 464-7723 of stuur ’n

e-pos na [email protected]. >>

ook die reuse-groei in die pluimvee-industrie. Ons kan dus sê dat daar meer hoender en minder pap per persoon geëet word. Interessant genoeg word meer groente geëet, maar minder vrugte, veral sitrusvrugte.

Die konstante bevolkingsaanwas beteken dus dat plaaslike voedselproduksie ook konstant moet groei, veral as Suid-Afrika poog om selfvoorsienend in die landbousektor te wees.

In 2000 was die waarde van landbou-uitvoere R15 752 miljoen teenoor landbou-invoere van R9 644 miljoen. In 2005 was dit onderskeidelik R26 141 miljoen en R16 286 miljoen, en in 2010 was dit onderskeidelik R50 813 miljoen en ’n reuse R44 926 miljoen. Die potensiaal van die plaaslike landbousektor skiet nie tekort nie. Daar kan gefokus word om ingevoerde produkte eerder plaaslik te produseer. S

Page 54: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

52

SENWES Scenario<< >>

••• LANDBOU-TEGNIEK

Skapie, skapie,

waar kom jy vandaan?

LAPAROSKOPIESE BEVRUGTING BY KLEINVEE IS ’N TENDENS WAT TOENEEM IN GEWILDHEID ONDER PRODUSENTE. DIE TOENAME IS EGTER TE VERSTANE AS IN AG GENEEM WORD DAT HIERDIE PRAKTYK DIE VOORDEEL BIED DAT JY AS PRODUSENT DIE BESTE GENETIKA BESKIKBAAR SUKSESVOL IN ’N GROOT PERSENTASIE VAN JOU KUDDE KAN INBRING EN SODOENDE JOU DOELWITTE VINNIGER KAN BEREIK. CAREL NEL, DRAKENSBERGER- EN DOHNE MERINO-STOETTELER IN DIE BRANDFORT-DISTRIK, IS ’N VOORSTAANDER VAN DIE PRAKTYK EN VOLGENS HOM IS DIT ’N BEKOSTIGBARE METODE VAN GENETIESE VOORUITGANG OP GROOT SKAAL WAT VIR ’N KORT PERIODE INTENSIEWE ARBEID EN AANDAG VEREIS.

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

WAT IS DIT?Laparoskopiese bevrugting

by kleinvee is ’n kuns matige inseminasietegniek wat in 1985 die eerste keer deur dr JJ Steyn

bekend gestel is. Sedertdien is daar ’n toenemende aanvraag na die praktyk. Dit

kan slegs deur spesifiek-opgeleide veeartse toegepas word en is die enigste tegniek wat

toegepas kan word wanneer telers gebruik maak van bevrore ramsemen. Dit behels twee klein insnydings (gaatjies) wat deur die buikwand van die ooi gemaak word sodat ontdooide ramsemen met behulp van instrumente direk in albei baarmoeder horings gedeponeer kan word

ten einde bevrugting sodoende te laat plaasvind. Laparoskopie is ’n enkelinseminasie op ’n ge-

gewe tydstip. Ooie word vooraf gesinchroniseer deur hormoonbehandelde sponse vir 14 dae in hulle te plaas, waarna ’n hormoon (DMS) binnespiers toegedien word. Laparoskopie word dan 48 uur later op ’n spesifieke tydstip toegepas wat wissel tussen ras, seisoen en ouderdom van ooie. Uitstekende kommunikasie tussen die teler en die persoon wat die program uitwerk, is dus van kardinale belang.

WAAROM MOET EK DIT DOEN?Slegs 20 miljoen lewende spermselle word benodig vir laparoskopiese bevrugting by skape, teenoor 120 miljoen vir servikale kunsmatige inseminasie. Ramme kan ook reeds op ’n baie vroeë ouderdom gebruik word. Wanneer bevrore semen aangewend word, kan meer ooie met een ram se semen bevrug word. Verskeie mede-eienaars van een duur ram kan steeds die ram ten volle benut. Bevrore semen is goeie versekering vir ’n ram, aangesien die genetiese materiaal vir ’n aantal jare preserveer.

Dit is meer ekonomies om semen van ’n paar top-stoetramme te koop as om in slegs een duur ram te belê. Laparoskopiese bevrugtingsprogramme kan ook vooruit beplan word; telers kan dus voorspel presies hoeveel semen benodig sal word.

Page 55: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

53

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

53LANDBOU-TEGNIEK •••

Vir meer inligting, skakel Carel Nel by 082 828 1984 of besoek Ramsem se webblad by www.ramsem.com. >>

Die bevrugting was suksesvol, die voeding reg en kyk net hoe mooi is die uiers van die ooie. Op die rug is duidelik gemerk of sy een of twee lammers gaan hê.

Deur uitstekende sorg, bestuur en prikkelvoeding van ooie toe te pas, kan heelwat meerlinge verkry word. Vinnige genetiese vordering is ook moontlik, aangesien bevrore ramsemen van top-ramme aangekoop kan word.

WAT MOET EK WEET?Ooie moet vir ten minste twaalf ure voor die laparoskopiese bevrugting vas om die inhoud van die maag en blaas te verminder. Daar is vier basiese vereistes om suksesvolle voortplanting moontlik te maak, naamlik:• Die teenwoordigheid van gesonde, lewende

spermselle.• Die teenwoordigheid van gesonde ovum by

die ooi.• ’n Gunstige omgewing vir die saamsmelt van

die spermselle en ovum sodat bevrugting kan plaasvind.

• ’n Gunstige omgewing waarin die bevrugte ovum kan groei en ontwikkel.

Carel sit twee weke na inseminasie ’n opvolgram vir sewe dae by die ooie om die enkele ooi wat dalk nie gevat het nie, te bevrug. “Ek persoonlik hou opvolgramme net tot dag 24 by omdat die ooie gesinchroniseer was en ’n normale siklus is 21 dae. Daardie ooie moet dus weer bronstig wees na 21 dae en sal dan gedek word binne ’n driedag-speling,” sê Carel.

Tussen agt en tien weke na bevrugting word die ooie gesonar om dragtigheid te bevestig. “Dit is baie belangrik om die ooie wat meerlinge dra, te identifiseer. Hierdie meerlinge en veral drielinge moet in die laaste ses weke van dragtigheid minimaal hanteer word en ook spesiale byvoeding kry wat genoeg deurvloeiproteïene bevat. Dit verseker nie net ’n lewenskragtige lammetjie na geboorte nie, maar ook genoeg vloeibare biesmelk wat nood saaklik is vir hierdie lammetjies,” sê hy.

Ooie wat beset raak van laparoskopie, lam gewoonlik binne vyf tot sewe dae klaar. Telers moet dus bedag wees op ’n groot aantal lammers wat binne ’n kort tydperk hul aankoms maak sodat onnodige verliese beheer kan word.

Carel deel sy ooie in kleiner lamgroepe op engaan hulle gereeld na om seker te maak die laparo-skopiese bevrugting verloop suksesvol. “Dit is nou ook baie belangrik om elke ooi teen konkelooie te beskerm en te verseker dat sy en haar lammetjies

verenig bly. Sy word dus so gou moontlik saam met haar lammetjies in ’n hokkie geplaas waar almal veilig en beskermend by mekaar bly en kwaliteit-tyd saam spandeer. Ek maak altyd seker dat die ooie se spene oop is en dat die lammers voldoende biesmelk kry. Hierdie praktyk word dag en nag volgehou totdat ‘rush hour’ verby is. ’n Ooi bly vir 12 tot 18 uur in die hokkie saam met haar lammers,” sê Carel.

Ooie en meerlinglammers kan met merkverf geïdentifiseer word totdat oorplaatjies op ’n latere stadium ingesit word. Ooie en lammers word in klein kampies geplaas sodat goeie toesig kan plaasvind en te verseker dat veral meerlingooie ekstra voeding en aandag kan ontvang.

By Carel kry elke ooi ook ’n antibiotika-inspuiting wat verseker dat sy baie vinnig inwendig herstel na afloop van die laparoskopiese bevrugting en dus so gou moontlik in volle produksie vir haar meerlinglammetjies kan wees. Dan kry elke meerling ook dieselfde letter of nommer met verf op die lyf sodat identifikasie van hierdie twee of drie maklik is wanneer hulle in ’n groep met ander meerlinge geplaas word. “Van die hokkies af plaas ek dan hierdie meerlinge in klein kampies waar hulle vinnig terug in die natuur kan wees. Meerlingooie kry in hierdie kampies ook spesiale voeding indien nodig, maar die hoofdoel van die kampies is om verliese tot die absoluut minimum te beperk,” sê hy.

In die volgende uitgawe van Senwes Scenario word beplanning voor inseminasie en lamtyd in-diepte bespreek. S

Page 56: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

54

SENWES Scenario<< >>

••• AGRI-WENKE

Skud jou vere reg viropkomende seisoen

1. Johan du Toit2. Castuff Sekgala3. Jacques Odendaal

4. Gerrit Oosthuizen5. Jaco Vermeulen6. Dries Kruger

1.

6.

2.

3.

4.

5.

Dit is weer tyd om met die voor-bereidings vir die komende seisoen te begin. In teenstelling met verlede seisoen, het ons ’n droë najaar ondervind en is die meeste grondprofiele dus redelik droog.

AKKERBOU EN GRONDKARTERINGAs daar betekenisvolle reën gedurende die winter in sekere dele voorgekom het, kan dit beplanning vergemaklik. Indien nie, moet daar deeglik besin word oor die oordrag-grondwater wat in tradisionele watertafelgronde voorkom. Daar moet seker gemaak word dat laat winter- en vroeë somerreëns alles opgevang word om sodoende ’n nat grondprofiel vir die volgende someroes te verseker. Monitering van oorgedraagde grondwater is uiters noodsaaklik. Verder is dit ook belangrik dat grondontledings (byvoorbeeld grondkartering en grondmonsterneming vir grondontledings) betyds gedoen moet word om die korrekte bemestings- en kalkaanbevelings te maak. Senwes Landboudienste kan gekontak word ten einde sulke bepalings en aanbevelings te doen. In groot dele van die Noordwes Provinsie (die droër, rooi gronde) sal oordraggrondwater egter nie so ’n groot rol speel nie.

Verder is dit belangrik om onafhanklike landbou kundiges of suksesvolle produsente in jou omgewing te kontak rakende jou beplanning vir die komende seisoen. So is kultivarkeuse van onder andere mielies, sonneblom en ander gewasse baie belangrik. ’n Opbrengsverskil van byvoorbeeld 500 kg/ha kan teen heersende prysvlakke ’n groot invloed op winsgewendheid hê.

Namate dit warmer raak, sal onkruidaktiwiteit ooktoeneem. Dit is belangrik om meganiese beheer-aksies, wat die deklaageffektiwiteit verminder, op“waaisandgronde” in die Noordwes-Vrystaat te beperk. Die gebruik van ’n onkruiddoder soos byvoor-beeld glifosaat behoort voorkeur te geniet. Indien swak beheer verkry word, kan dit moontlik aan die metode van toediening toegeskryf word eerderas aan die oneffektiwiteit van die onkruid doder.

Koringaanplantings moet gereeld gemonitor wordvir moontlike onkruid- en insekvoorkoms sodat voor-komende maatreëls toegepas kan word.

Doen die nodige grondvogondersoeke en -metings vir oespotensiaalbepalings.

Senwes se grondtegnoloë kan van groot hulp vir jou wees. Vir grondklassifikasie en ruitpatroon-monsterneming, skakel gerus een van die volgende grondtegnoloë: Jacques Odendaal (Bultfontein): 083 458 1296, Almero Olwagen (Klerksdorp): 083 320 0599 of Pieter Snyman (Kroonstad): 082 302 3992.

GROENTE• Aartappels kan in sommige dele aangeplant word

en koolplantjies kan uitgeplant word.• Spinasie, beet en wortels moet eerder rondom

Septembermaand aangeplant word.• Om moontlike koueskade te voorkom, moet

gewasse soos tamaties en groenbone eers vanaf Oktobermaand aangeplant word.

Kool wat gelewer word vir die marktydperk rondom einde Oktober begin November kan uitgeplant word in Augustus tot vroeg September. Gronde word voorberei vir die waatlemoen-, pampoen- en spanspekaanplantings. Produsente moet geduldig wees totdat die grondtemperature reg is voordat daar aangeplant word. Diegene wat wel die kans waag met vroeë aanplantings en dit boonop suksesvol regkry, behoort meer wins te maak.

VAALHARTS BESPROEIINGSKEMA

Koring en garsOnkruidbeheer moet gedurende Augustus tot vroeg September toegepas word in lande wat

Page 57: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

55AGRI-WENKE •••

Phb 32D99 Phb 32D95 BRPPhb 32D96 B

Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com

L/3502

‘n Pioneer Familie met top opbrengste onder Droëland en Besproeiingstoestande en vir Kuilvoer.

gedurende Juniemaand aangeplant is. Maak seker dat geregistreerde produkte gebruik word en dat die nodige inligting ingevul word op die “garspaspoort”. Lande kan vanaf Augustus gemoniteer word vir vroeë uitbrekings van luise en blaarmyner, maar dit behoort eers later voor te kom, indien enigsins. Meer inligting sal verskaf word op die SMS-stelsel indien sulke uitbrekings wel voorkom. Dit is ook gedurende hierdie tyd wat volg dat lande gemoniteer moet word vir aanvullende stikstoftoedienings. PekanneuteDit is nou die tyd om ’n besluit te neem rakende die snoei van pekanneutbome, al dan nie. Gesels gerus met jul onderskeie SAPPA-streekverteenwoordigers rakende hierdie kwessie.Streek 8 – Gideon van Zyl: 082 948 2022Streek 9 – Dennis Beytell: 082 920 4957

VEE EN WEIDINGSEinde Augustus is die beste tyd om ou groei van aangeplante weidings te verwyder en in lande waar bietjie vog in die grond is, die grond los te maak en kunsmis te gee.

Die somerkalfseisoen is ook weer op hande, so hou maar ’n stuk katoentou van ongeveer 2 m x 10 mm (die tou is net sagter op die hande en die dier) in die medisynekassie vir ingeval hulp met kalwing benodig word.

Luise en bosluise kom algemeen voor dié tyd van die jaar. Afgesien van die feit dat dit ’n groot irritasie vir die vee is, is hulle ook draers van verskeie siektes – pas beheer dus vroegtydig toe.

Lintwurm is ’n algemene verskynsel onder lammers. Doseer jou vee dus vanaf die ouderdom van ongeveer vyf weke. Sponssiekte kan moontlik tot groot verliese ly onder jong beeste – spuit dus voorkomend.

BOERDERYBESTUURTer aansluiting by die vorige uitgawe, word daar vervolgens kortliks na die ontwikkeling van ’n

strategiese visie vir die boerdery-onderneming gekyk.

Visie en strategie kan as’t ware beskou word as twee kante van dieselfde muntstuk. Michel Robert, ’n bekende strateeg, omskryf ’n visie soos volg:

“Vision is the mental picture of what your farming enterprise should look like sometime in the future – the profile that the business should grow into over time.”

’n Visie is dus toekomsgerig – dit wil sê waarnagestreef word oor tyd, terwyl ’n missie as ’n verdui -de liking van die boerdery se huidige besigheids-aktiwiteite en mark wat dit bedien beskou word.

Ofskoon sommige produsente ’n besigheidsvisie verkeerdelik as slegs ’n “nice to have” beskou, hou dit die volgende waarde in:• Gee alle betrokkenes, wat oor verskillende

agtergronde en vaardighede beskik, ’n gemeen-skaplike doel en fokus in die rig van energie.

• Dien as motivering om die buitengewone te vermag.

• Dien as anker – hou almal bymekaar, veral in moeilike tye.

’n Goeie visie kan aan die volgende gekenmerk word:• eenvoud – duidelik verstaanbaar vir almal;• inspirerend;• uniek tot die boerdery; en• relatief konstant – moet die veranderinge van die

tyd kan deurstaan.

Die volgende is ’n voorbeeld van ’n strategiese visie:ABC-familieboerdery strewe na volhoubare somer-graanproduksie deur die optimale aanwending van natuurlike-, finansiële- en menslike hulpbronne tot sy beskikking. S

Die artikel is saamgestel deur Johan du Toit, Jaco Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Dries Kruger, Castuff

Sekgala en Jacques Odendaal (Senwes Landboudienste). Skakel hulle by (018) 464-7604 vir meer inligting. >>

Page 58: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

56

SENWES Scenario<< >>

56 ••• DRUPPELS OP DIE DAK

Wat ’n UNIEKE SEISOEN!

> TEKS: THYS GROBBELAAR

DIE 2011/2012-SOMERSEISOEN, OFTEWEL DIE 2012/2013-BEMAR -K INGSEISOEN, WAS IN VERSKEIE OPSIGTE ’N UNIEKE SEISOEN. DIE BEKENDSTE LANGTERMYN-REËNVALVOORSPELLINGSDIENSTE HET ’N LA NIÑA-TIPE SEISOEN VOORSPEL. DIT IS ’N SEISOEN WAT GEWOONLIK GEKEN WORD AAN LAAT LENTEREËN EN ’N BAIE NAT NAJAAR.

Die seisoen het ook soos voorspel só begin. Die eerste lentereën het eers teen die einde van November begin val. Die meer westelike gedeelte van die somersaaigebied het eers teen die einde van Desember wesenlike reën ontvang. Dit was ’n produksiejaar wat dieselfde as die 2004/2005-produksieseisoen begin het. Die reënval op ’n maandbasis was amper identies vir die twee seisoene. Veral die verwagte lewering van mielies en die ander somergewasse was geskoei

op die 2004/2005-produksieseisoen. Die verskil tussen die seisoene is egter dat

dit in die 2004/2005-produksieseisoen goed in die najaar gereën het. In die geval van die 2011/2012-produksieseisoen, het dit baie min gedurende die najaar gereën. Verskeie distrikte het ernstige droogte ervaar en gedurende die eerste week van April het dit straf in verskeie gebiede geryp. Dit het meegebring dat die seisoen se mielies baie vinniger by silo’s gelewer is as die 2004/2005-seisoen.

Die potensiaal van die mielies het hierdie seisoen gewissel, vanaf 9,0 ton per hektaar in gebiede wat oor baie goeie oorgedraagde grondvog beskik het, tot onder ’n ton per hektaar in gebiede wat ernstige droogte ervaar het en dus nie met vrywater in die ondergrond begin het nie. As sulks maak dit ’n akkurate oesskatting vir die mielie-oes baie moeilik.

Die kwaliteit van die mielie-oes is egter goed, behalwe in gebiede waar ernstige droogte geheers het. Die klein mieliepitte wat dan deur die 6,35 mmronde gat sif het tot gevolg dat die mielies afgegra-deer word.

Wat die sonneblom aanbetref, het goeie opbreng-ste oor die algemeen gerealiseer. Die klimaat was uitstekend vir sonneblomproduksie die afgelope seisoen.

Mielies wat oor ’n uitstekende potensiaal beskik.

www.senwes.co.za • Augustus 2012

Page 59: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

57

SENWES Scenario<< >>

57DRUPPELS OP DIE DAK •••

Reënval: Werklike reënval vir Junie 2012.

Reënval: Werklike reënval vanaf Januarie 2012 tot Mei 2012.

Grafiek 1: Totale mielielewering teenoor die oesskatting.

Grafiek 1 dui die progressiewe lewering van mielies tot en met die einde van Junie teenoor die oesskatting aan. Hou egter in gedagte dat in die geval van die 2011/2012-seisoen, die lewering net tot en met 22 Junie geneem is.

Die vooruitsigte vir koring was tot en met die einde van Meimaand nie baie rooskleurig nie. Dit hetbaie min gedurende Aprilmaand gereën en glad niegedurende Meimaand nie. Die meeste droëland pro-dusente kon dus glad nie plant nie. Soos verwag, het ’n kouefront wat met reën gepaardgegaan het, gedurende Juniemaand oor die land beweeg. Veral die suid-westelike en suid-oostelike gedeelte van die Vrystaat het goeie reën ontvang.

Produsente wat net ’n plantreën nodig gehad het, kan nou plant. In sekere gevalle was die reën genoeg om die ondergrondse vog so aan te vul dat die produsente dit kan oorweeg om wel hierdie winterseisoen koring te plant. Waar die profiel beskik bare vog steeds te laag is, moet produsente nie oorweeg om koring te plant nie. Die risiko daar-aan verbonde, is net te groot.

Die kumulatiewe reënval vir die periode Januarie 2012 tot einde Mei 2012, verskyn in onderstaande grafiek. Die pas afgelope Junie 2012-reënval is nie in die grafiek in berekening gebring nie. Die gemiddelde reënval vir hierdie periode oor die Suid-Westelike distrikte, waar daar gewoonlik koring aangeplant word, is 350 mm.

Gedurende die huidige seisoen is maar gemiddeld 180 mm vir dieselfde periode gemeet. Uit die aard van die saak behoort die meeste grond nie oor voldoende vog te beskik vir koringproduksie nie. Daar is wel lande wat ’n lang braak periode gehad het en sodoende voldoende vog kon opgaar.

Die bekommernis is egter die komende seisoen. Die oorgedraagde vog is meestal uitgeput en dieENSO-indeks is sterk besig om negatief te ontwik-kel, wat gewoonlik met ’n El Niño-tipe seisoen geassosieer word.

OPSOMMING EN GEVOLGTREKKINGDit was ’n unieke seisoen, met opbrengste wat wissel van 0,5 ton tot 9 ton per hektaar onder droëland-toestande. Uiterste klimaatstoestande het ook tot gevolg dat die oes sedert die tweede helfte van April teen ’n baie vinnige tempo gelewer word. Die komende seisoen sal met omsigtigheid beplan moet word, aangesien die oorgedraagde grondvog deurgaans uitgeput is. Die koringaanplanting blyk die laagste in jare te wees weens die swak grondvogsituasie in groot gebiede. S

Augustus 2012 • www.senwes.co.za

Die artikel en figure is saamgestel deur Thys Grobbelaar (Senior Graananalis: Senwes Grainlink) en Ronél Koen

(Senior GIStegnoloog: Senwes Landboudienste). Vir meer inligting, skakel Thys by (018) 464-7385. >>

Page 60: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

58

SENWES Scenario<< >>

••• DEVELOPING AGRICULTURE

The fact that most of the six millionhectares of land redistributed through the Land Reform Programme are now out of production, has become reason enough for government to consider introducing the Recapitalisation and Development Programme in order to bail out the distressed farms. Senwes is actively participating in the programme as a strategic partner with not only the Gauteng De-partment of Rural Development and Land Reform, but as of recently with its equivalent in the North West Province as well.

An observation made by Senwes is that many land reform projects lack production capacity, see-ing as most of them were acquired with no capital means of production. Due to the inherent low profit-ability of extensive farming, many of the redistrib-uted farms are too small to carry reasonable crops and subsequently service large debt obligations suc-cessfully; therefore they have to rely on the once-off recapitalisation from the state in order to become viable units.

The Recapitalisation and Development Pro-gramme seeks to address this problem by means of providing funding to recapitalise such farms. How-ever, one of the issues that need to be addressed is concerned with determining the capital require-ments for farm recapitalisation.

DEFINING THE TERM “CAPITAL REQUIREMENTS”Capital requirements consist of two components, namely fixed and working/production capital. Fixed capital requirements are primarily once-off in na-

> TEXT: SIPHO LOWANE

MANY OBSERVERS ASSOCIATE LAND REFORM PROJECTS WITH

FAILURE, BOTH FROM THE VIEW-POINT OF PRODUCTION CAPACITY

AND SUSTAINABILITY.

ture and entail items such as development of farm infrastructure, purchase of breeding stock, estab-lishment of pastures as well as the purchase of ma-chinery and equipment. Working/production capital is required on an annual/seasonal basis and the amount required will be determined by the extent of production, which may be a certain quantity of hect-ares and/or a specific herd size.

The extent of capital requirements for both fixed and working/production capital will depend on the production capacity of the farm as a whole. How-ever, in order to determine that, a comprehensive resource evaluation should be conducted as a start-ing point.

RESOURCE EVALUATIONThe following assumptions are made to highlight a possible outcome of a resource evaluation.• The farmer acquired the farm through the Pro-

active Land Acquisition Scheme (PLAS) of the state.

• The farm is situated in the North West Province between Klerksdorp and Ventersdorp.

• The farm is a mixed farm, comprising of 250 ha arable land and 450 ha of natural grazing.

• Of the 250 arable hectares, 50 ha are on margi-nal soil and hence will be converted into planted pastures to boost fodder. The remaining 200 ha lie on medium potential soil suitable for cash crop production.

• The arable fields have been lying fallow for several seasons and therefore need intensive preparation in order to get them back into a productive state.

• The farmer will split the remaining 200 ha of arable land to produce sunflower and maize in a 50:50 proportion.

• The carrying capacity of the farm is estimated at 6 ha/LSU, enough to sustain a herd of about 75 breeding cows. The farmer has only a herd of 20 cattle of his own.

• There are no farm survey/potential maps avail-able.

• There is no mechanisation at all for supporting cash crop production.

Determining capital requirements for farm recapitalisation

Page 61: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

59

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

DEVELOPING AGRICULTURE •••

• Camp fencing needs replacement and provision for water supply and drinking troughs needs to be arranged at the camps.

• Although there is a dwelling house furnished with water and electricity on the farm, there is no storage facility for inputs, machinery and equip-ment.

ESTIMATING CAPITAL REQUIREMENTSBased on the farm profile and production capacity, the recapitalisation needs of the farm can be deter-mined by considering the following capital needs.

Fixed Capital RequirementsThe following are capital requirements that will be a once-off:• Soil resource evaluation

Since there are no farm maps available, soil re-source evaluation should be conducted to deter-mine the production potential of the entire farm. The cost should include surveying, sampling, laboratory cost and development of farm maps.

In some instances, the findings of this exercise might change initial plans surrounding funding requirements for the farm. For example, if the re-sults indicate a need for liming, the liming costs also have to be factored in for capitalisation.

• Fixed improvements Storage facility – quotes need to be requested with regards to a storage facility that will house inputs, machinery and equipment. Dimensions for such a facility will depend on the machinery and equipment to be stored.

Camp fencing – the results of the resource evalu-

ation will provide an indication of how camps should be divided and the length to be covered. Fencing cost will be based on the length to be covered by the fence.

• Water provision Pipes, dams/tanks, pumps and the fixing of wind mills need to be considered carefully in order to ensure adequate water provision at the camps.

• Pasture establishment Since there are 50 ha of land that is marginal and will be converted into planted pasture, a budget for pasture establishment has to be com-piled to indicate all the required inputs.

• Arable Land preparationSince the remaining 200 ha of arable fields have been out of production for an extended period of time, the fields will need intensive preparation, which will incur costs before crops can be suc-cessfully planted on the fields. The mentioned costs relate to discing, ripping and ploughing actions, with no returns expected as the soil will be left fallow to accumulate enough moisture to ensure planting.

• Machinery and implementsA detailed mechanisation planning needs to be done in order to determine the full mechanisa-tion requirements of the farm. Quotes need to be requested with regards to tractors, matching implements as well as activities to be conducted. Other equipment will include trailers and fodder production equipment.

• Breeding stockThe farmer owns only 20 cattle, even though the farm has a carrying capacity of 75 breeding cows; therefore the farm can still accommodate 55 breeding cattle.

Working/Production Capital RequirementsThese are capital requirements that will be required

• Camp fencing needs replacement and provision

ation will prshould be dFencing coscovered by

• Water provPipes, damsmills need tensure adeq

DEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEEVEVVVVVVVVVVVVVVEVVVVVEVVVVVVEVVEVVVVVVEVEVEVVEVEVVVVEVEEVEVVEVVVVEVEEVEVVVVVVVEVVVVEVVEEVEEVVVVVEEEEVVVVEVEEEEEVVVVVVVVVEEEEEEEEEEEELOLLLLLOLOLOLLLOLOLOLOLLLLOOLLOOLLLLLOLLLLOLLLOLLOLOLLLOLLLLOLLLLOLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLLL

continued on page 60

Page 62: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

60

SENWES Scenario<< >>

••• DEVELOPING AGRICULTURE

on an annual/seasonal basis. However, for recapi-talisation purposes, it can even be financed once-off as a kick-start.

Production costs need to be budgeted for both cash crop and livestock production. If one enterprise is to be considered for financing, assurance should be given that the enterprise will generate enough surplus for further capital investments required and sustainability of the primary enterprise.

These production costs will be interest-free, see-ing as it will be a 100% grant. The production cost should be inclusive of indirect costs such as casual labour, insurance, grain hedging and contract work to be done.

ESTIMATED TOTAL CAPITAL REQUIREDThe total recapitalisation funds that will be required for the farm will therefore be the sum total of the estimated fixed and working/production capital re-quirements of that particular farm.

CONCLUSIONWithout a capital injection, many redistributed farms will continue to struggle to make a breakthrough and as such become productive farming units. Even though farm recapitalisation is a costly exercise, it is still relevant seeing as the majority of these farms are not big enough to carry reasonable crops and

TABLE 1: ESTIMATED TOTAL CAPITAL REQUIREMENTS

Type of capital Estimated Amount (R)1. Fixed capitalSoil resource evaluation for 250 ha @ R167/ha 41 750 Initial Soil preparations 70 410 Fixed improvements 20 m x 30 m x 4,5 m Storage facility 314 000 Camp fencing 202 840 Water provision 80 000 Pasture establishment (50 ha Smuts finger @ R1 955/ha) 97 750 Machinery and implements 1 520 160 Breeding stock 55 breeding cows @ R8 000/cow 440 000 2 bulls @ R20 000/bull 40 000 Sub-total (1) 2 806 910 2. Production capital100 ha Maize “RR+BT” @ 4 ton/ha and R5 664/ha 566 400 100 ha Sunflower @ 1 ton/ha and R3 124/ha 312 400 Sub-total (2) 878 800 Total capital required (1+2) 3 685 710

AS A MATTER OF FACT...The developing agriculture article, “Take care of your grazing; take care of your livestock,” which appeared in the June-edition of Senwes Scenario, contained a statement that readers may have found misleading. The sentence directly below Figure 1 (Roughage availability) on page 60 stated that, on average, a cow eats a third of its body weight per day, of which 90% should be roughage. This should, in fact read as follows: “On average, a cow eats 3% of its body weight per day, of which 90% should be roughage.” I apologize for this oversight – Castuff Sekgala. S

continued from page 59

Determining capital requirementsfor farm recapitalisation

subsequently service large debt obligations success-fully to satisfy their capital needs. S

REFERENCES• Framework for the Recapitalisation and Develop-

ment Programme of the Department of Rural Development and Land Reform.

• Senwes production norms and guidelines.• John Deere Mechanisation sales prices.• Quotations from various service providers.

Sipho Lowane is an Agricultural Economist at Senwes Agricultural Services. Contact him at (018) 464-7378 or

send an email to [email protected] for more information. >>

Page 63: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

.

Page 64: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was
Page 65: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

63

SENWES Scenario<< >>Augustus 2012 • www.senwes.co.za

Die sug van verligting

Ds

Willi

e Bo

tha

Iets van die heerlikheid van die toekoms ervaar ons reeds in die hede

Die Heilige Gees woon en werk in onsDaarom kan ons anders sug

>> DINK HIEROOR NA

VIR DIE SIEL •••

Lees Rom 8:18 - 25

Om partykeer te sug, is deel van die lewe. Ons sug as dit droog raak en die mielieblare begin toekrul. Ons sug as die trekkers op die mees ongeleë tyd moontlik breek. Ons sug wanneer ons moedeloos is en nie weet hoe ons in die toekoms gaan maak nie. In Romeine 8 is dit die sug van verganklikheid. Dit is bloot menslik dat die skepping en die mens hierdie sug, sug. Verganklikheid vorm immers deel waarvan ons in die lewe moet vrede maak.

Dit wil voorkom asof daar ook sprake van ’n ander sug is – die sug van verligting. Hierdie sug ken ons ook. Dit is die verligting wanneer jy jou eksamen geslaag het, of pas ’n ongeluk vermy het. Ons sug só wanneer die oes in die silo is. Dit kan maklik die verligting wees wanneer ’n swangerskap goed verloop het en ’n gesonde baba gebore is. ’n Mens hoor dit in Rom 8:18 - 25 wanneer Paulus sê: “Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie. Ook die skepping van God is inbegrepe by die bevryding van die verganklikheid. Ons kan dit vir ons as waar toe-

eien omdat God dit as ’n belofte aan ons stel. God gee aan ons die versekering dat as dit nou moeilik gaan, dit nie altyd so sal wees nie. Hoop is juis om ’n aangename toekomsverwagting te hê. Selfs al kan ons dit nou nie sien nie.”

Die groot rol wat die Heilige Gees in hierdie hoofstuk speel is nogal opvallend. Die Heilige Gees bring lewe en vrede in die mens (Rom 8:6); die Heilige Gees woon in ons wat Christus bely (Rom 8:9); God sal die sterwende liggame lewend maak in wie Sy Gees is (Rom 8:11); en die Gees maak ons nie tot slawe of laat ons in vrees lewe nie, maar maak ons tot kinders van God (Rom 8:15). Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is. Dit is dus maklik om tot die gevolgtrekking te kom dat waar die Gees is, die lewe bo die dood seëvier.

Selfs wanneer ons die eerste sug sug, sug ons anders. Dit is nie ’n vooruitsiglose, noodlottige sug nie. Dit is ’n sug wat dui op die vooruitsig tot iets. Dit is byna asof Christus met sy laaste-asem-uitblaas aan die kruis ’n sug gesug het wat ons nooit weer hoef te sug nie. In die Gees sug ons dus nie die sug van verganklikheid nie, maar die sug van verwagting! S

Ds Willie Botha is van die Nederduitsch Hervormde Ge-meen te op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of

stuur ’n e-pos aan [email protected]. >>

Page 66: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

64

SENWES Scenario<< >>

••• PROMOTIONAL ARTICLE: AGRINET

set to revolutionise the irrigation industryTHE USB CONTROL BOX, ALSO KNOWN AS THE BLUE BOCS, WAS LAUNCHED BY AGRINET LTD AT THEIR SAMRAND OFFICES ON 27 MARCH.

For more information, visit the Agrinet website at www.agrinet.co.za. >>

set to revolutionise the irrigation industry

The main focus of the launch was to empower customers by means of using the information provided by the Blue Bocs in such a way that it will increase efficiency while simultaneously reducing operation costs. The Blue Bocs can give customers access to information that will improve the management of boreholes, dams, irrigation systems, electrical supply and electrical motors. The features and benefits include IP54 enclosure, dry run protection, over and under voltage protection, over and under current protection, motor temperature protection, over and under pressure, energy counter, real-time clock and total flow counter, real-time display of volts, amps, watts and power factor. It also boasts a USB port for on-site diagnostics. The Blue Bocs also stores the last 1 000 events, instantly downloadable on site. Furthermore, it reads all three phases continuously, both in amps and volts. In the event of the unit tripping, the error is shown in plain text on the display screen in order to facilitate troubleshooting.

Agrinet Ltd is a wholesale distributor of industrial products, agricultural requisites and related products to retailers and industrial end-users in sub-Saharan Africa.

Agrinet’s direct involvement in more than 500 agricultural retail outlets in South Africa establishes the company as a leading supplier of irrigation products and general industrial requisites on a wholesale level in the region. S

Page 67: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

Augustus 2012 • www.senwes.co.za

65ESCENARIO •••

eScenario is ’n elektroniese, Senwes nuusbrief wat na klante gestuur word. Hierdie kommunikasiemiddel word deur e-pos versprei ten einde relevante maatskappy- en industrienuus na internetgebruikers te stuur.

WANNEER VERSKYN ESCENARIO?Die nuusbrief word tweemaandeliks, met ander woor de tydens die maande wat die Senwes Scenario nie verskyn nie, uitgestuur om sodoende te verseker alle belanghebbende partye ontvang die nuutste Senwes inligting so gou as moontlik.

WAT BEVAT ESCENARIO?In dié nuusbrief word inligting aangaande Senwes asook ander relevante nuus uit die landbou-indus-trie, kortliks weergegee. Dit is verwant aan artikels wat op die Senwes webblad en in Senwes Scenario verskyn. WAAR EN HOE KRY EK ESCENARIO?Besoek gerus die Senwes webblad, klik op die eScenario-ikon en teken in. Dit is so maklik soos dit! Nou kan jy op hoogte bly van die nuutste ver-wikkelinge in beide Senwes en die groter landbou-industrie, alles in die gemak van jou eie huis! S

Landbounuus is slegs ’n klik ver

Lees in die eScenario nuusflits van 31 Julie 2012 oor Senwes se navorsing

onder klante met betrekking tot volhoubaarheid en etiek.

Page 68: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

66

SENWES Scenario<< >>

Leave nothing undoneEVERYBODY KNOWS THE FEELING OF BEING STUCK WITH SOMETHING THAT NEEDS TIGHTENING OR FIXING BUT

HAVING NO TOOL AT HAND.

WINNER JUNE 2012: Morné Badenhorst from Potchef-stroom won two electric blankets. Congratulations!

Senwes employees and close family of a Senwes employee are not allowed to enter. • The winner will be notified telephonically and his/her name will be published in the next edition of Senwes Scenario. • The prize will be sent to the nearest Senwes Village, where it can be collected.

• The prize cannot be exchanged for cash. • The draw is managed by Infoworks Media Publishing in Klerksdorp.

••• COMPETI TION

One Senwes Scenario reader will soon be the new owner of this amazing Leatherman Skeletool set for anytime use, complete with the Style CS, a rather compact key chain tool that’s packed with various features. Referred to as “the mini Ske-letool”, Leatherman’s Style CS packs six essential tools into a lightweight and compact design.

The Skeletool needs no introduction and is packed with seven different tools, including needle nose plier, regular plier, wire cutter, hard-wire cutter, a 420 HC combo knife, a carabiner, clip/bottle opener and a large bit driver.

HOW DO YOU ENTER?SMS the word Senwes + Scenario + your

name + your email address to 31022 and stand a chance to win this Leatherman

Skeletool. The competition closes on 5 September 2012. Standard SMS

tariffs apply. S

66 ••• MYSENWES

Die opgradering van die MySenwes-gedeelte van die Senwes webtuiste is suksesvol afgehandel, ten spyte van ’n paar hikke en snikke.

MySenwes-gebruikers was besonder behulpsaam met die uitwysing van enige kwelpunte aan die MySenwes Helpdesk, wat klantediens hanteer. ’n Hele paar voorstelle van wat klante graag sal wil sien verbeter, is ook aangespreek.

Alle gebruikers word bedank vir hulle geduld, goedgesindheid en inisiatief. Negatiewe terugvoer is vir ons net so belangrik soos goeie terugvoer en alle voorstelle sal onder oorweging gebring word.

’n Nuwe verwikkeling wat moontlik onder die radar deurgeglip het, is die opknapping van www.senwes.mobi. Met die toenemende gebruik van slimfone en tabletrekenaars, is hierdie mobiele

MySenwes

laat hom nie stuit nie

weergawe van ons webtuiste aangepas om beide ’n Lite- en Advanced-opsie te bied. Die Lite-weergawe is basies dieselfde as in die verlede, waar die Advanced Mobi geoptimaliseer is vir slimfone en tabletrekenaars se vingerafdrukke en stilering. Die inhoud is egter dieselfde op albei weergawes. S

Indien jy enige probleme ervaar of verdere navrae het in die verband, kan jy die MySenwes Hulplyn skakel by

(018) 464-7711 of ’n e-pos stuur na [email protected]. >>

Page 69: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

67

Augustus 2012 • www.senwes.co.za

676767

>> SKRYF SÓ INSMS Senwes + Spa

+ jou naam en van + e-posadres na 31022.

Standaard SMS-tariewe

geld. Sluitingsdatum: 5 September 2012

<< >>SENWES Scenario

LEEFSTYL: FEATHER HILL SPA •••

Johan Meyer (Hartbeesfontein) • Dirk Cilliers (Hartbeesfontein) • Carel Janse van Rensburg (Hartswater) • Corrie van Rensburg (Hartswater) • Gustav Kruger (Virginia) • JB Reynders (Virginia)

• Toenie Nieuwoudt (Bothaville) • Benjamin Bosch (Bothaville) • Charlie Pearson (Vaalharts)

Hulle het elkeen ’n Spa-dag by Feather Hill gewen. Baie geluk!

www.featherhillspa.com(018) 285-1050073 776 7756

Werknemers van Senwes en naaste familie van ’n Senwes werknemer mag nie inskryf nie • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar naam sal in die volgende uitgawe van Senwes Scenario verskyn • Die prys sal na die naaste Senwes Village gestuur word en kan daar afgehaal word • Die prys kan

nie vir kontant verruil word nie • Die prystrekking word deur Infoworks Media Publishing in Klerksdorp behartig.

– detoks jou liggaam, siel en gees dié lente met F eather H ill Spa en ME-EM-produkte!

Ma’s en dogters

LENTE IS DIE SEISOEN VAN VERNUWING, JEUG, WEDERGEBOORTE EN ’N VARS BEGIN. DAAR IS ’N VARSHEID IN DIE LUG, DIE LANG WINTER IS VERBY EN ’N GROEN SEISOEN WAG VIR JOU!

ill

Twintig gelukkige ma’skan elk die geleentheid kry om

Sondag, 30 September, saam met haar dogter by Feather Hill Spa

(Potchefstroom) te spandeer. Dit gaan ’n oggend vol verrassings

wees, so skryf in en kom voed jou siel met die vrug van die Gees. Ligte verversings sal verskaf word en elke ma/dogter sal met ’n gratis ME-EM- skoonheidsproduk bederf word wat

hulle huis toe kan neem. S

.com0

6

spandeer. Dit ool verrassings nnn kkomom vvoeoedd jojou u n n n didie e GeGeeses. LiLigtgteekkakakaf word en elkennnnn ggratis ME-EMbbbbbbededederererfff wowowordrdrd wwwatatataanaanaan nnneeeeeemm.m. S

eee - ttt

>> SKRYF SÓ INSSMMSS SSennnwweeses ++ Spppapa

+ joouu nnaaamm eeen vvavan +++

www.featherhi(018) 285-073 776 7

EEEEENNENENEENEENNENNENEENNNNNNNN ’’’’’NNNNNNNNN GRGRGRGRGRGRRRRRGRGRRGRRGGGG OEOEOEEOEOEOOEOEOEOEOOEOEOOOOO NNNNNNNNNNNNNNNNNNN SSSSSSESESESESSSSS IISSSISSISSSSOOOOOOEEOOOOOEEOEEO NNNNNNNNN WAWAWAWAWAWAWAWAWAAAWAWWWAWAWAAWAWAWWWAAGGGGGGGGGGGGGGGGGGG VVVVVIVIIIVVIIIIV RRRR RRRRRR JOJOOOOJOJ UUUUUU

f h hil

Twintig gekan elk die

SoSondndagag, 3030 SShaar dogggter

(Potchefstroogaan ’n ogg

weweeses,, soso sskrkryysisielel mmetet ddieie vvrrverversinggs sama/doggter sal skskskoooooonhnhnheieieidsdsdsprprprooo

huhuhullllllee e huhuhuisisis

Ó

w

Gebruik jou vetkryt en jou vingers! Teken vir ons die mooiste Wizzdom-by en jy kan ’n ME-EM-geskenkpak kry!

Een kind staan ’n kans om ’n geskenkpak propvol ME-EM-kinderprodukte te wen. Stuur jou Wizzdom by-tekening na Postnet, Suite 32, Privaatsak 10, Flamwood, 2572 voor 30 Augus tus, tesame met jou naam en kontakbesonderhede. S

Kinders, Kinders! Ontmoet vir Wizzdom

pvol MME-EEEMMM--

WENNERS JUNIE 2012

www.me-em.co.za073 077 6821

Page 70: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

www.senwes.co.za • Augustus 2012

68

SENWES Scenario<< >>

••• IN MY VISIER

Wye horisonne

Koos BarnardKoo

Die oom het diep gesug terwyl hy oor die wye vlaktes uitkyk en sê: “Ja ou Seun, dis ’n regte Saterdag-agtermiddagland hierdie. Toe die Hemelse Vader die wêreld geskape het, het Hy iewers elders begin en met Sy aankoms hier in die diep Suide het hy nie veel meer oor gehad nie. Net Boes- mangras, oop ruimtes en enkele kameel do rings.”

“Maar ek kla nie Seunie, want wat Hy hier gelaat het, is meer blywend as al die bome, riviere en mere in die hele wêreld saam. En weet jy wat dit is?” Toe ek my kop ontkennend skud, sê hy: “Vrede Seunie, rus en vrede. Vir diegene wat dit nie het nie, is die lewe ’n gejaag na wind. As die lewe jou vasdruk moet jy hierheen kom, dié wye vlaktes sal jou siel weer lawe.”

Dit is aan dié oom se woorde wat ek gedink het toe my Toyota op ’n stywe draf tussen Nakop en Ariamsvlei oor die Republiekgrens glip en ek vir die eerste keer in drie jaar weer my geboorteland binne ry. Ek was op pad na die plaas Mickberg, net duskant Grünau, waar Dolf en Kinna de Wet se gastehuis, Die Withuis, aan die voet van ’n klipkoppie geanker staan. Dié besonderse huis is reeds in 1912 gebou en dus ‘n eeu oud vanjaar.

Gedurende middel winter dra Mickberg se vlaktes ’n goudgeel jas van rypgeworde gras. Dit kontrasteer pragtig met die droë rivierlope, wat nie net omsoom is met groen kameeldoring- en witgatbome, drie-doring en jakkalsbos nie, maar ook verspringend deur die vlaktes kerf. Dit is ook hier waar ek te voet ’n paar springbokke wou kom skiet het.

Koue lug versamel snags in die laagtes en rivier-lope en daarom soek die bokke saans die hoër dele op waar dit warmer is. Nie dat daar veel hoë dele in dié vlakteland is nie, maar effense riffies en kliprante kom wel hier en daar voor. Om springbokke op die wye ooptes te bekruip is moeilik en verg baie tyd en geduld, maar die rivierlope is die jagter se bondgenoot. Sodra die ergste vroeë oggendkoue verby is beweeg baie bokke af na die lope, want springbokke is blaarvreters gedurende die winter. Hulle spandeer dus dikwels baie tyd in en om die rivierlope ten einde te wei. Die bokke sal soms ook daar gekry word as die wind koud en lastig is, soos

wat dikwels in Juniemaand die geval is. Ek het dus een koue oggend my kar by ’n vee-

suiping onder ’n kameeldoring getrek en met die 30-06 oor my skouer stadig windop in ’n rivierloop opgestap. Oral in die sand het nagspore vertel watter diere onder die dekmantel van die donker die sand gekruis het. Soos verwag, was daar jakkalsspore en ook dié van ’n ystervark. Verder vorentoe het ek vasgesteek by ’n stel koedoespore – ’n bul wat in die voormôre skuins uit die suidweste gekom het en windop, ooswaarts, die loop gekruis het. In hierdie dorre land is daar ’n gesonde koedoepopulasie, alhoewel hulle hoofsaaklik naglopers is op oop plase en ‘n mens dus soggens vroeg moet opstaan of smiddae laat uitbly ten einde hulle te sien.

Vorentoe het die loop effens wes geswaai wat beteken het dat die oostewind skuins dwars van regs teen my lyf gestoot het. Dit was eintlik ‘n goeie ding, siende dat die bokke wat in die rivierloop was, my steeds nie kon ruik nie. Ek het kort-kort gestop en dan die verkyker gebruik om die bosse voor my te deursoek. Dit was die wit van die bok se boude wat haar weggegee het en oomblikke later die sneeuwit pens toe sy dwars draai.

Ek het stadig op my hurke neergesak en toe gaanplat sit. Met die geweer dwars oor my skoot gebalan-seer, het ek treetjie vir treetjie aangeskuifel al tussen die driedorings langs. Na wat soos eeue gevoel het, was ek uiteindelik 60 meter van die ooi af toe ek die geweer lig. Die kruishaar het teen haar nek opgegly en vasgesteek skuins onder die oor. Nadat ek die pens uitgehaal het, het ek in ’n sonkol voor ’n bos gaan sit en oor die vlaktes uitgekyk na waar Mickberg in die verte oor die goue grasse uittroon.

Net soos die springbok, sal ek eendag ook nie meer daar wees nie, want dit is die groot wet van die lewe dat ons almal uiteindelik moet gaan rus. Die vrede en die rus wat Hy op die vlaktes gelaat het, sal egter altyd hier wees sodat diegene wat ná ons kom, hul siele ook daarmee kan lawe. S

Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer. >>

Page 71: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was
Page 72: ’n P ositiewe gesindheid kan berge versit - senwes.co.za · Sy het grondpad gery, lusern op haar agtersitplek vervoer en ’n vark in haar kattebak veearts toe ge - neem. Sy was

STEEL TOE CAP CHELSEA BOOTNEW