45

Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

  • Upload
    others

  • View
    9

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek
Page 2: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

Voorwoord

Inhoudsopgawe Voorwoord 1-5

Uit die Akademiekantoor 6

Akademiepryse 2015 7-8

Poort-Skryfkompetisie 2015 Die Taalkommissie vergader

9-12

VivA kom amptelik tot stand 13

Toekenning vir Afrikaanse brugterme Geskiedenissimposiuim 2015 Werkgemeenskap Wes-Kaap vergader

14-15

Eredoktorsgraad aan Breyten Breytenbach 16-17

My taal verdwaal 18-19

Die waarde van 'n boek 20

Skenking van boeke 21-22

Kleiner en groener woonstyl 23

Wat sê die wetenskap 24-25

Publikasies: Akademielede 26-31

Navorsingspublikasies deur lede Gelukwensings: Akademielede

32-33

Nuwe lede 34

Hulde: André P. Brink In memoriam Hulde: Akademielede Belangrike datums

35-42

Persberigte 43

Studentesimposium 2015 44

Redakteur: Dionē Prinsloo Redaksionele assistent: Nellie Engelbrecht Medewerker: Wessel Pienaar Taalversorging: Lanie van Kradenburg

Buiteblad: Beplande nuwe Akademiegebou

ISSN: 0039-4807

Geagte Akademielede Ek maak graag van die geleentheid gebruik om drie Afrikaans-sprekendes wat vroeër vanjaar as rektore en visekanseliers by Suid-Afrikaanse universiteite aangesluit het, van harte geluk en voorspoed toe te wens. Prof. Tyrone Pretorius het met ingang Januarie die leisels by die Universiteit van Wes-Kaapland oorgeneem. Hy het sy seniorskooljare te Upington in die Noord-Kaap deurgebring – hierdie provinsie kom sterk ter sprake in hierdie voorwoord. Dr. Albert van Jaarsveld, voorheen Hoof van die Nasionale Navorsingstigting, is sedert 2 Februarie die rektor en visekanselier van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Dr. Van Jaarsveld is 'n lid van die SA Akademie. Prof. Wim de Villiers, 'n alumnus van die Universiteit van Stellenbosch (US), het met ingang April die rektors- en visekanselierskap by die US opgeneem. Ook die US kom sterk ter sprake in hierdie voor-woord.

Personeel: Nader aan die tuisfront verwelkom ek graag vir Melanie Rens wat met ingang Maart 2015 as administratiewe beampte by die Akademie in diens getree het. Ek wens Melanie 'n vervullende loopbaan by die Akademie toe. Dit is ook vir my aangenaam om u mee te deel dat sowel dr. Dionē Prinsloo (hoof uitvoerende beampte) as Linda Brink (koördineerder: projekte) met ingang Julie 2015 vir verdere termyne van drie jaar aangestel is. Hulle dienste is vir die Akademie kosbaar.

Bekronings: Die Raad van die Akademie het op 27 bekronings vir 2015 besluit. Die 27 bekronings word aan 30 persone toegeken, aangesien een bekroning aan vier medewerkers van 'n uitstaande wetenskapproduk toegeken word. Hartlik geluk aan die dertigtal. Ofskoon die Akademie besonder in sy skik met al die bekronings is, lig ek graag drie uit: Erelidmaatskap word toegeken aan prof. Jaap Steyn van die Universiteit van die Vrystaat. Toekenning van erelidmaatskap is die hoogste eer wat die Akademie aan iemand kan bewys. Die Hertzogprys vir letterkunde word toegeken aan Tertius Kapp vir sy twee dramas Rooiland en Oorsee. Die Hertzogprys is die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld. Die M.T. Steynprys vir natuurwetenskaplike ... /2

Page 3: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-2-

Voorwoord (vervolg)

en tegnologiese prestasie word toegeken aan prof. Kobus Eloff van die Universiteit van Pretoria. Die M.T. Steynprys is die belangrikste eerbewys van die Akademie vir leierskap op die hoogste vlak op die gebiede van die natuurwetenskappe en die tegnologie. Sowel die Hertzogprys as die M.T. Steynprys, gaan met die toekenning van 'n goue medalje en 'n kontantbedrag van R50 000 gepaard. Hartlike dank aan al die lede van die keurkomitees en kommissies wat oor die bekronings moes besluit. Die opoffering van u kosbare tyd en beskikbaarstelling van u kundigheid word opreg waardeer. Die pryse sal na keuse van die bekroondes tydens bekroningsplegtighede, onderskeidelik op 24 Junie te Stellenbosch en op 2 Oktober te Pretoria, oorhandig word.

Jaarvergadering en Simposium: Weens omstandighede buite die Akademie se beheer word die eersvolgende Raadsvergadering, Algemene Jaarvergadering, Jaarlikse Simposium en Bekroningsplegtigheid nou op 1-2 Oktober vanjaar in Pretoria gehou en nie meer in Bloemfontein nie. Dit was oorspronklik my voorstel dat hierdie geleenthede vanjaar in Bloemfontein moes plaasvind, want dit is vanjaar presies 'n eeu gelede dat M.T. Steyn, oudpresident van die voormalige Oranje-Vrystaat, die voorsitter van die Akademie was (vanaf 1910 tot 1917).

Nuwe lede: Sedert Desember 2014 het 'n groot groep persone (op uitnodiging en na portuurevaluering) lidmaatskap van die Akademie aanvaar. Hiermee 'n besondere woord van welkom aan u. Verderaan in die Nuusbrief is 'n berig hieroor. U sal uit die name van die nuwe lede merk dat hulle daartoe bydra dat die ouderdoms-, gender-, demografiese en vakgebiedprofiel van die Akademie nader aan die ideale samestelling beweeg. Die tydige erkenning van akademici/beroepslui se verdienste en hulle werwing bly voortdurend 'n ideaal. Alle persone wat vir lidmaatskap gewerf word, moet besef dat die Akademie hulle uit verdienstelikheid in die organisasie se midde wil hê. Net so moet alle genooides slegs lidmaatskap aanvaar indien hulle dit met trots en oortuiging as erkenning van hulle verdienste deur 'n gesogte organisasie ervaar. Die Akademie is groter as die somtotaal van sy lede se indiwiduele hoedanighede, die Akademie is so groot soos die sinergistiese produk van sy ledekorps se hoe-danighede in 'n samewerkende organisasie.

VivA: In die vorige Nuusbrief se voorwoord het ek gemeld dat die Akademie vroeg in 2015 wil help om die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)-projek te vestig sodat dit as 'n aparte maatskappy met 'n eie direksie kan funksioneer. Dit het nou gebeur: die eerste jaar se direksievoorsitter is mnr. Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV en self ook 'n lid van die Akademie. Die uitvoerende direkteur is prof. Gerhard van Huyssteen van Noordwes-Universiteit. Hy is ook voorsitter van die Taalkommissie en 'n lid van die Akademie. Sterkte en spoedige sukses word u, die res van die direksie en u span taalkundiges op die werksakker van die Afrikaanse taalkunde, toegewens.

IVA: Die vestiging en ontwikkeling van die Internasionale Vereniging vir Afrikaans (IVA) vorder ook. Die leisels daar word deur mev. Natasja Schellaars- le Roux gehou. Toepaslike lede in die buiteland word

Page 4: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-3-

Voorwoord (vervolg)

gewerf en vrye kommunikasie met en wedersydse besoeke aan en van buitelandse akademies en indiwiduele akademici vind plaas. Die IVA ondersteun die bestaande en beoogde onderrig van Afrikaans aan buitelandse universiteite. Die ontwikkeling in elektroniese formaat van die produkte van die VivA-projek sal hierdie beoogde onderrigondersteuning deur IVA 'n reuse hupstoot gee.

Wiskunde-in-Aksie en die Afrikaanse Spelfees: Ek het in die vorige Nuusbrief ook melding gemaak van nietasbare produkte wat in 2014 die akademiese lewenslig aanskou het. Die Wiskunde-in-Aksieprojek is goed op dreef. Met 'n wakende oog deur saamwerkende opvoedkundiges en wiskundiges in die Akademie se geledere, kan leerders wat talentvol in wiskunde is en belofte toon vir suksesvolle tersiêre loopbane in die vakgebied, reeds vroeg uitgeken en begelei word na hierdie vlak toe, met 'n goeie vooruitsig vir finansiële ondersteuning.

Ná afloop van verlede jaar se onderskeie spelkompetisies het die Akademie en sy twee "spelvennote", die ATKV en die Woorde-open-wêrelde (WOW)-projek van die US-Woordfees, nabetragting gehou en besluit om 'n nuwe ooreenkoms te sluit ingevolge waarvan die koördinasie en uitbreiding van die spelkompetisies gereël sal word. Dit is my versugting dat namate die spelkompetisies deur die skoolgrade vorder en die VivA-projek al hoe meer gestalte kry, daar aspekte van Afrikaanse ortografie, fonetiek, morfologie en sintakses in die seniorhoërskooljare in die kompetisies ingesluit sal word. Soortgelyk aan die Wiskunde-in-Aksieprojek, sal saamwerkende opvoedkundiges en taalkundiges daardie leerders wat talentvol in die taalkundige rigting is en belofte toon vir suksesvolle tersiêre loopbane in Afrikaans, ook reeds vroeg uitken, begelei en moontlik finansieel ondersteun. Op hierdie wyse is die potensiaal daar dat die Akademie 'n bydrae kan lewer om syfer- en taalvaardigheid by die Afrikaanssprekende jeug te help bevorder.

Die Taalkommissie: Die werksaamhede (en samestelling) van die onderskeie kommissies was in 2014 onder beskouing en ek het beloof om meer hieroor in 2015 te berig. Ek begin in hierdie aflewering met die Taalkommissie (TK). Volgens die jongste aanhef van die TK se reglement hou hierdie kommissie hom besig met die voortgesette standaardisering en beskrywing van Standaardafrikaans as gebruiksvariëteit, met inbegrip van die spelling, skryfwyse, punktuasie en grammatika daarvan, en van die variëteite van verskillende gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek in. Ek het hierdie greep uit die aanhef van die TK se reglement as vertrekpunt gebruik toe ek op 25 Maart namens die Akademie 'n bydrae gelewer het voor die Kommissie vir Kultuur, Godsdiens en Taalregte te Kempton Park.

Ek het getuig dat 'n voertuig waardeur hierdie oogmerk ten dele verwesenlik word, die uitgee van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) is, waarvan die eerste uitgawe in 1917 verskyn het. Eerstens het ek gemeld dat dit bloot natuurlik is dat die woordeskat en uitspraak van 'n dinamiese taal soos Afrikaans voortdurend verander. Die Akademie hou hiermee rekening en daarom het die TK reeds met werksaamhede begin wat daarop gemik is om 'n byderwetse elfde uitgawe in 2017 die lig te laat sien – 'n eeu ná die eerste uitgawe. Ek het die kommissie daarop gewys dat 'n uitgawe van die AWS weens hierdie vermelde dinamiek nie soos 'n klaargeboude huis is nie, maar dat die TK op die

Page 5: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-4-

Voorwoord (vervolg)

Afrikaanse taalakker woeker wat voortdurend vernuwende, versorgende en meer intensiewe akkerbou verg. My tweede punt was dat uit hoofde daarvan dat die Suid-Afrikaanse Akademie die bevordering van die wetenskap, die tegnologie en die literatuur in Afrikaans en die kunste, asook die bevordering van die gebruik en gehalte van Afrikaans nastreef, die Akademie deeglik onder die besef is dat die AWS moet omsien na die standaardisering en bereëling van Afrikaans soos gebesig deur die Afrikaansgebruikers van gans Suid-Afrika. Daarom moet die AWS só omvattend wees dat alle geloofs- en kultuurgroeperings wat 'n beduidende aantal Afrikaanssprekende lidmate het (byvoorbeeld die Susterskerke, Rooms-Katolieke en Moslemgelowe) hulle liturgieë, beleidenisse en ander Skrifte wat vir hulle heilig is, aan die hand van taalleiding uit die AWS kan formuleer. My derde punt was dat die Suid-Afrikaanse Akademie deur middel van die AWS die woonruimte van Standaardafrikaans só moet en wil inruim dat die variëteite van verskillende gebruikersgroepe (lees demografiese groepe in my voorlegging) in gans Suid-Afrika daarbinne 'n tuiste vind. Ek het die knapheid van die twee en 'n halwe jaar na die teikendatum van vroeg Oktober 2017 toe vermeld, wanneer die volgende uitgawe van die AWS ideaalgesproke tydens die Jaarvergadering en Simposium moet verskyn. Hopelik is die Akademie se erns en strewe by die kommissie tuisgebring om die taalakker ook daarná as 'n Suid-Afrikaanse bate te bly veredel.

Soos akademici en wetenskaplikes nou maar is, het ek my drie punte met 'n "gevallestudie" saamgevat deur die pasgestigte Sol Plaatje Universiteit in Kimberley as verwysing te gebruik. As komende van die Boland het ek die Afrikaanse taalakker van die Noord-Kaap metafories as 'n Afrikaanse taalwingerd voorgehou en die Afrikaanse variëteite van hierdie "wingerd" as taalkultivars bestempel. Hierdie kultivars is, onder meer, Griekwa-Afrikaans, Nama-Afrikaans, Gariepafrikaans en die Afrikaans van die Karretjiemense. Net soos 'n keldermeester die edelste wyn uit die keur van die kultivars in die wingerd tot sy beskikking berei, net so is daar nóú die geleentheid om 'n Afrikaansdepartement by die jong Sol Plaatje Universiteit tot stand te bring. Die Noord-Kaap beslaan 'n derde van Suid-Afrika se oppervlakte en meer as 80% van sy permanente inwoners is Afrikaanssprekend. Die Akademie neem hiervan kennis en besef die noodsaaklikheid om hierdie kultivars in die wynoes op te neem.

Ek het die verdienste daarvan uitgespreek dat die naam van hierdie taaldepartement bloot net Departement Afrikaans moet wees en naamsgewys nie gekoppel moet word aan die naam van enige verwante Europese taal nie. Die behoefte aan inheemsheid en om trots Suid-Afrikaans te wees, staan voorop! Deur die kleurryke woordeskat, idiomatiese taalgebruik, kosbare gesegdes, storievertelkuns, ou volksliedjies en byvoorbeeld die plaaslike bevolking se raak Afrikaanse beskrywings van die kuns van spoorsny en jag, die plant- en veldlewe, die versorging van vee en alledaagse taalgebruik, wat maklik op die Afrikaanse tong vorm en sag op die Afrikaanse oor val, formeel te erken en in Standaard-afrikaans op te neem, kan die AWS en die VivA-projek 'n groot bres slaan om die naelstring bloot te lê wat van Afrikaans na die Koisantale toe strek. Hierdie feitlik verdwene tale van die vroegste bewoners van Suidelike Afrika is gedeeltelik die genetiese voorouers van die hedendaagse Afrikaanse taalkultivars van die Noord-Kaapse taalwingerd. Tydige bywerking en verbreding van die AWS kan daartoe bydra dat Afrikaans onaanvegbare inheemse taalstatus verwerf. Die meeste van ons besef nie

Page 6: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-5-

Voorwoord (vervolg)

hoeveel van hierdie bloedlyn in hedendaagse Afrikaans voorkom nie. Dink byvoorbeeld aan die skerp r-klank, die sagte g-klank en ronde ô-klank en vele woorde van hierdie kultivars wat in elk geval "onwetend" oor die eeue heen ge-oes is. Metafories kan 'n Afrikaansdepartement aan Sol Plaatje Universiteit instrumenteel wees om 'n inheemse Afrikaanse "taalpinotage" vanuit die Noord-Kaapse taalwingerd te veredel en formeel deel te maak van die Afrikaanse taaloes.

Die metafoor het ek verder geneem deur uit te wys dat drie van die voorste navorsingsuniversiteite in Suid-Afrika se vestiging in die vroeë gedeelte van die twintigste eeu, hoofsaaklik te danke is aan ruim materiële skenkings uit rykdomme wat deur entrepreneurs op die Kimberleyse diamantvelde van destyds verdien is. Een hiervan is die Universiteit van Stellenbosch, wat se ontstaan en ontwikkeling in ruim mate aangehelp is deur Johannes Henoch (Jan) Marais, wat die grootste deel van sy rykdom uit die ondergrondse skatte van die Noord-Kaap verdien het. Jan Marais was vuriglik ten gunste van die stigting van 'n Afrikaanse universteit op Stellenbosch. In my hoedanigheid as voorsitter van die SA Akademie en as personeellid van die Universteit van Stellenbosch, daag ek my Stellenbosse alma mater en ook die trustees van die Het Jan Marais Nationale Fonds uit om ondersteuning te bied om 'n Departement Afrikaans aan Sol Plaatje Universiteit tot stand te help bring. Die SA Akademie sal, sover moontlik, hierdie voorgestelde aksie met in natura-hulp bystaan. Soos Jan Marais destyds finansiële hulp verleen het, en die Het Jan Marais Nationale Fonds tans onder reglementêre voorwaardes bewilligings toestaan uit die rykdom wat oorspronklik uit die ondergrondse skatte van die Noord-Kaap verdien is, kan ek my nouliks indink dat Jan Marais in sy graf sal omdraai as Sol Plaatje Universiteit nou ondersteuning sal ontvang om die "bogrondse" Afrikaanse taalskatte van die Noord-Kaap te help ontgin. Die SA Akademie is bereid om hulp te verleen hiermee en ek het dit so aan die kommissie gestel.

Dit was hoogs verblydend dat die voorsitter van die kommissie, me. Thoko Mkhwanazi-Xaluva, tydens haar repliek ná afloop van al die genooides se voorleggings besondere erkenning aan die SA Akademie se voorstelle en positiewe gesindheid gegee het. Ofskoon sy vermeld het dat sy nie in 'n posisie is om beloftes van bystand van die regering se kant te maak nie, het sy inskiklik geklink om positiewe aanbevelings rakende die Akademie se voorstelle in regeringskringe verder te voer. Dit sal uiteraard hoogs bevredigend wees indien dit instemming by die regering ontlok. Die Akademie sal gretig met die regering hiermee saamwerk.

Ek besef dat hierdie voorwoord ietwat lank is, maar ek hoop dat u dit met instemming en selfs opwinding gelees het, en dat u die res van die Nuusbrief interessant sal vind. In die volgende Nuusbrief sal ek uitspel hoe die visie wat ek hier verwoord het, op taktiese en operasionele vlak verder gevoer sou kon word. Ek sal ook aandag gee aan die werksaamhede en rol van die Letterkundekommissie.

Laat hoor gerus van u en vertel ons hoe u die Nuusbrief ervaar.

Met vriendelike Akademiegroete Prof. Wessel Pienaar

Voorsitter

Page 7: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

� Die kantoor trek! Aanvanklik was die personeel van plan om ons kantore net gedeelte te skuif vir die jaar of meer wat die aanbou en verbouings van Engelenburghuis plaasvind, maar die werklikheid het ons nou getref dat met bouwerk aan albei kante van Engelenburghuistotaal onprakties sal wees. 'n Kantoorhuis is in gehuur en die groot trek vind die eerste week van Mei plaas. Sodra dibeskikbaar is, sal dit met die lede gekommunikeer word. Al die personeel se e-posadresse bly dieselfde, dus hoop ons dat almal steeds maklik met ons kan kontak hou.

� Melanie Rens is vanaf Maart as met al die nuwe projekte wat die Akademie beplan, is sy reeds onmisbaar.

� Die Wiskunde-in-Aksieprojek31 Julie 2015 afgehandel, sodat die Pretdae wat by die verskillende universiteite aangebied word, Raadslede en Akademielede in die verskiadministratiewe probleme as gevolg van poskantoorstakingdeur van koerierdienste gebruik

� Boedelbemakings: Die Akademie het met dank nog 'n laaste bedrag uit mejontvang. Ook mev. H.S. Langenhoven se bemaking, en die onderneming van ander persone om dit te oorweeg om die Akademie as 'n begunst

� Jaarvergadering en Simposium 201Simposium vind vanjaar in Pretoria op Pretoria, plaas. Die tema isbekroningsplegtigheid vind Vrydagaand 2 Oktober

TEKEN DIE DATUM

� Nuwe ledestelsel: Die Akademiekantoor het pas 'n nuwe lDit stel ons in staat om ledegeldfakture en rekeningstate elektronies te stuur, en sodoende die probleem met posstakings uit te skakel. (Indien u nie nie, stuur asseblief 'n e-pos aan elke lid direk uit die stelsel gekommunikeer wordversprei. Daar sal uiteindelik 'n fasiliteitstelsel om besonderhede soos posadres, telefoonnommers en e Ons wil graag 'n versoek rig aan elke lid om die Akademiekantoor so gou moontlik van kontakbesonderhede te voorsfunksie daardeur geaktiveer gaan word.

-6-

Uit die Akademiekantoor

Aanvanklik was die personeel van plan om ons kantore net skuif vir die jaar of meer wat die aanbou en verbouings van Engelenburghuis plaasvind,

werklikheid het ons nou getref dat met bouwerk aan albei kante van Engelenburghuistotaal onprakties sal wees. 'n Kantoorhuis is in Soutpansbergweg 92, Rigehuur en die groot trek vind die eerste week van Mei plaas. Sodra dibeskikbaar is, sal dit met die lede gekommunikeer word. Al die

posadresse bly dieselfde, dus hoop ons dat almal steeds maklik met ons kan kontak hou.

Maart as administratiewe beampte aangestel en met al die nuwe projekte wat die Akademie beplan, is sy reeds

Aksieprojek vind vanjaar vroeër plaas en wordafgehandel, sodat die Pretdae wat by die verskillende

reeds op 19 September sal plaasvind. Die ondersteuning van die Raadslede en Akademielede in die verskillende streke sal weer waardeer word. Verlede jaar se administratiewe probleme as gevolg van poskantoorstakings, sal hopelik vanjaar uitgeskakel word

rdienste gebruik te maak.

Die Akademie het met dank nog 'n laaste bedrag uit mejLangenhoven se bemaking, en die onderneming van ander persone om dit

te oorweeg om die Akademie as 'n begunstigde in hul testamente te benoem, word opreg waardeer.

Jaarvergadering en Simposium 2015: Die SA Akademie se Jaarvergadering en jaarlikse Simposium vind vanjaar in Pretoria op 1 en 2 Oktober by die Groenkloofkampus, Universiteit van

tema is Die verhouding/spanning tussen globaal en lokaalVrydagaand 2 Oktober in die Musaion, Universiteit van Pretoria, plaas.

TEKEN DIE DATUMS ASSEBLIEF AAN !

Die Akademiekantoor het pas 'n nuwe lidmaatskapstDit stel ons in staat om ledegeldfakture en rekeningstate elektronies te stuur, en sodoende die probleem met posstakings uit te skakel. (Indien u nie onlangs 'n faktuur/rekeningstaat ontvang het

pos aan [email protected].) Daar kan ook makliker per egekommunikeer word en sodoende kan nuus en kennisgewings vinniger

versprei. Daar sal uiteindelik 'n fasiliteit ingebou wees waarmee elke lid self kan aanteken op die besonderhede soos posadres, telefoonnommers en e-posadresse

Ons wil graag 'n versoek rig aan elke lid om die Akademiekantoor so gou moontlik van kontakbesonderhede te voorsien, veral e-posadresse en selfoonnommers, aangesien hierdie funksie daardeur geaktiveer gaan word.

Aanvanklik was die personeel van plan om ons kantore net na die museum-skuif vir die jaar of meer wat die aanbou en verbouings van Engelenburghuis plaasvind,

werklikheid het ons nou getref dat met bouwerk aan albei kante van Engelenburghuis, dit Soutpansbergweg 92, Riviera, vir minstens 'n jaar

gehuur en die groot trek vind die eerste week van Mei plaas. Sodra die nuwe telefoonnommers beskikbaar is, sal dit met die lede gekommunikeer word. Al die

posadresse bly dieselfde, dus hoop ons dat almal steeds

n met al die nuwe projekte wat die Akademie beplan, is sy reeds

vind vanjaar vroeër plaas en word afgehandel, sodat die Pretdae wat by die verskillende

September sal plaasvind. Die ondersteuning van die lende streke sal weer waardeer word. Verlede jaar se

sal hopelik vanjaar uitgeskakel word

Die Akademie het met dank nog 'n laaste bedrag uit mej. E.C. Steijn se boedel Langenhoven se bemaking, en die onderneming van ander persone om dit

igde in hul testamente te benoem, word opreg waardeer.

Die SA Akademie se Jaarvergadering en jaarlikse by die Groenkloofkampus, Universiteit van

Die verhouding/spanning tussen globaal en lokaal. Die in die Musaion, Universiteit van Pretoria, plaas.

idmaatskapstelsel in gebruik geneem. Dit stel ons in staat om ledegeldfakture en rekeningstate elektronies te stuur, en sodoende die

'n faktuur/rekeningstaat ontvang het .) Daar kan ook makliker per e-pos met

nuus en kennisgewings vinniger lid self kan aanteken op die

posadresse by te werk. Ons wil graag 'n versoek rig aan elke lid om die Akademiekantoor so gou moontlik van

nommers, aangesien hierdie

Page 8: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-7-

Akademiepryse 2015

Die Raad van die SA Akademie het die volgende prystoekennings vir 2015 gemaak. Die pryse sal na keuse van die bekroondes tydens bekroningsplegtighede, onderskeidelik in Stellenbosch (24 Junie) en in Pretoria (2 Oktober), oorhandig word.

Hertzogprys vir Drama: Tertius Kapp vir sy twee dramas Rooiland en Oorsee

Eugène Maraisprys: Nicola Hanekom vir haar drama Die pad byster

Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur: Ingrid Mennen vir Ben en die Walvisse

Elsabe Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans: Kobus Geldenhuys vir Hoe om Drakonees te praat

� Erelidmaatskap van die SA Akademie: Prof. Jaap Steyn, Universiteit van die

Vrystaat. � M.T. Steynprys vir Natuurwetenskaplike en Tegnologiese Prestasie: Prof. Kobus Eloff,

Departement Parakliniese Wetenskappe, Universiteit van Pretoria. � Deleen Bekkerprys vir die beste rolprentdraaiboek in Afrikaans: Chris Barnard vir Die

Wonderwerker. � Havengaprys vir Lewenswetenskappe: Prof. Leon Dicks, Departement Mikrobiologie, Universiteit

van Stellenbosch. � Havengaprys vir Fisiese Wetenskappe (Chemie): Prof. Jacques Petzer, Departement

Farmaseutiese Chemie, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom. � Stalsprys vir Multi- en Interdissiplinêre Spanwerk: Prof. Gerhard van Huyssteen, Noordwes-

Universiteit, Potchefstroom.

Page 9: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-8-

Akademiepryse 2015 (vervolg) � Stalsprys vir Kommunikasiekunde en Joernalistiek: Prof. Lizette Rabe, Departement

Joernalistiek, Universiteit van Stellenbosch. � Stalsprys vir Sielkunde: Prof. Leslie Swartz, Departement Sielkunde, Universiteit van

Stellenbosch. � Huberte Rupertprys vir Klassieke Musiek: John Roos van Pretoria. � Markus Viljoenmedalje vir Joernalistieke Prestasie: Ton Vosloo, voorheen uitvoerende

voorsitter van Naspers. � C.J. Langenhovenprys vir Taalwetenskap: Tom McLachlan, voorheen voorsitter van die Taal-

kommissie. � C.L. Engelbrechtprys vir Taalkunde: Vir die publikasie 'n Veelkantiger Afrikaans: streeks-

variëteite in die standaardvorming – Redakteur: Prof. Kwesi Kwaa Prah. � FARMOVS-prys vir Farmakologie en Geneesmiddelontwikkeling: Prof. Gerry Swan, voorheen

van die Fakulteit Veeartsenykunde, Universiteit van Pretoria. � Christo Wiesemedalje vir 'n Opkomende Entrepreneur: Piet Mouton, Uitvoerende Hoof, PSG-

Groep. � Erepenning vir Visuele Kunste (installasiekuns): Wim Botha. � Erepenning vir Radiohoorbeelde in Afrikaans: Johan Rademan vir !Kwha Ttu. � Besondere Erepenning van die SA Akademie: Prof. Johan de Villiers en die Libertaskoor. � Besondere Erepenning van die SA Akademie: Boet Troskie van Bloemfontein. � Erepenning van die SA Akademie se Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie: Proff. J.G.

van As, L.R. Brown, N.J. Smit en P.J. du Preez vir hulle boek Die verhaal van lewe en die omgewing: 'n Afrika-perspektief.

� Protea Boekhuisprys vir die beste Geskiedenisproefskrif in Afrikaans: Dr. Marianna Botes, Universiteit van die Vrystaat vir haar proefskrif: Bloemfontein gedurende die bewind van president F.W. Reitz, 1889-1895.

� Junior Kaptein Scott-gedenkmedalje (Plantkundige Wetenskappe): Ansori Maré, Departement Plantkunde, Universiteit van die Vrystaat.

� Douw Greeff-prys vir die beste artikel in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie: Prof. J.L. Roos vir sy artikel: Nuwe bevindings oor die genetiese argitektuur van skisofrenie – die bydrae van studies onder Afrikaners, wat verskyn het in die SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, vol. 33, no. 1 (2014).

� Esther Greeff-prys vir die beste artikel in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe: Prof. Fanie de Beer vir sy drie artikels: (a) Die Polemologie vir die gees, jg. 52(1), Maart 2012 in die spesiale uitgawe: "Besinning oor die

geesteswetenskappe en menslike geestelikheid"; (b) Geesteswetenskappe: vry of verkneg?, jg. 52(4), Desember 2012, in die spesiale afdeling:

"Besinning oor die geesteswetenskappe en menslike geestelikheid"; (c) Wat het intussen van gees geword? Enkele oefeninge in die onmoontlike, jg. 53(4), Desember

2013, in die afdeling: "Verdere besinning oor gees, geestelikheid en die geestelike".

Page 10: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-9-

Poort-Skryfkompetisie 2015

Die organiseerder van Poort, mev. Ina van Schalkwyk, skryf: Die jaarlikse Poort-Skryfkompetisie word al vir die afgelope 45 jaar deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns bedryf. Verblydende nuus is dat daar vanjaar 'n hele aantal "nuwe" skole benewens die gereelde deelnemende skole ingeskryf het. Inskrywings van skole oor die lengte en breedte van die RSA en Namibië is vir dié jaarlikse kreatiewe skryfkompetisie vir evaluering gestuur. Die vier nasionale keurders het hierdie moeilike evalueringsproses uit die talle Poort-inskrywings pas voltooi. Dit is vir my aangenaam om die genrewenners bekend te maak:

Nasionale wenner: Poësie – SISCA JULIUS, Hoërskool Noord-Kaap, met haar wengedig: Hamartia.

Sisca Julius was in 2013 en 2014 ook as die Nasionale wenner: Prosa in die Poort-Skryfkompetisie aangewys en vanjaar verras sy ons met haar pragtige poësie-inskrywing wat deur die keurders as die nasionale wengedig aangewys is. 'n Besondere prestasie! 'n Besliste jong potensiële skrywer!

Hamartia

om te dig

was om vlees aan siel geweef te hou

en om jou lief te hê

my daaglikse brood

nou lek my bladsy leeg

aan inkkolle, die datum,

die niks

my pen wil nie lewe skep nie

nou al afsydig alliterasie

en enjambement vereenselwig

hulle nie meer met my nie

en rympatroon troos nie

nou hys ek die wit banier

van my papier,

ek gee op

breek my pen in twee want

om te dig

was áltyd om jou lief te hê

ek kort 'n reël

wat nou?

WENGEDIG

Page 11: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-10-

Poort-Skryfkompetisie 2015 (vervolg)

Nasionale wenner: Prosa – SISCA JULIUS, Hoërskool Noord-Kaap, met haar wenverhaal:

Vandag se vrou wil haar man staan en haar man laat

staan

"Som dinge was gemaak met die intent om geverloor te word dat die

loss van dit geen disaster is nie." Só sê daai poet-vrou mos. Ai, jirre, was

dit nou vir jou 'n disaaaaaster!

Daai vrou het my ‘n popeye gemaak.

Ken jy wat is elke week R60 Vodacom koop vir daai kind? Bos blomme goed. Toe hou ek my so

romantic soos die Jirre dit wil hê nie. As ons op die hoek by die kragboks gaan blom, dan vat ek vir

haar vetkoek, koop Chappies. Heel romantic, man.

En die meisie, sy like daai poem chandies. As man wil impress da, moet ek saam lees en later toe

recite ek ook al: "My allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif, want niemand sal iets skiet wat

rooi is nie. Ek gooi hom hoog in die lug en die jagters sal dink dis die son".

Da hoop en bid ek die ouens hoor nie, want dan hoor ek nou weer ek is 'n moffiegat. Hulle sê

reeds ek’s onderdanig aan die panty squad.

Nou, ek het nie 'n flop met 'n vrou wat haar man kan staan nie. Sy moet net nie op my kop wil

staan nie, want my spikes gaan plat word en gel is duur, man. En ek gebruik nie Easy waves nie, ek

gebruik Studio 8.

Maar julle verstaan nie. Ek’s nie hartseer oor sy my gelos het nie. Ek’s hartseer oor die way sy my

gelos het.

Ek en my braskap stap nog so aan oor die stowwerige strate, geduldig, gedienstig, gedwee … hier

kom die kind. En sy lyk wet! Hare natglad, uitgeblow, carvellos, stywe jean. Die ouens maak 'n

sirkel om haar, hier breek sy uit: "Ek gaan nou ernstig wees met jou: jy’s nie mature genoeg vir my

nie".

Bra, my hart en my plak was morsaf. Daai aand lees ek sommer haar poem-nonsens van die

hartseer. "Karteer die kraters, dis verby, dis verby, dis…" Jy moet ken, ek het daai kind alles gegee,

tot my blou Tapout hoodie. Ek is sommer lus en ek gaan baklei daai vroumens. Maar ek is maer,

ek kan nie loop baklei soos 'n mens wat medical aid het nie.

Oukei, is nou verby. Ons liefde het gesterf met die oggendstond en ek moet maar begrawe, bleek

en stom. Ek het my eie poem geskryf, sorry Eybers en Opperman, vir die crap

"liefde het gevrek

in die dinosaur se bek"

En ek gaan wys more daai myt wat is immature. Ek loop haal my lucky sherbet ring en my fake

necklace.

WENVERHAAL

Page 12: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

Poort

Hierdie kandidaat, SISCA JULIUS val dus die onderskeiding te beurt om in 2015 die PUKKanselierstrustprys vir beide Prosa en Poësie waarin sy as Nasionale Wenner aangewys is, te ontvang. Die Akademie se dank aan Noordwesaanmoediging van kreatiewe jong kunstenaars.'n welwillende borg, wat sy borgskap ruim verhoog en weer bevestig het. Die vier keurders het, benewens die nasionale genrewennersook van die ander kreatiewe skryfwerk wat letterkundige meriete toon, uitgesonder vir plasing in die Poort-publikasie 2015. Van die toppresteerders in hierdie skryfkompetisie (vyf per genre) kry die geleentheid omuitnodiging van die SA Akademie 'n die Julievakansie by te woon waar kundiges onder leiding van die Departement Afrikaans hul in die fyner skryfkuns sal begelei.

Die Taalkommissie

Die Taalkommissie (TK) van die SApril 2015 in Pretoria vergader.

Die lede van die Taalkommissie is (UWK; ondervoorsitter), Sophia Kapp (VivA), Marné Pienaar

Agter v.l.n.r.: Jana Luther (Pearson),en

Die TK is volstoom besig om te werk aan (AWS) wat in 2017 sal verskyn. Een van die belangrikste aspekte wat in die nuwe AWS aandag sal kry, is om woorde uit 'n verskeidenheid variëteite van Afrikaans te van die historiese ongelykhede by die vasstelling van die standaardvariëteit en het die afgelope paar

-11-

Poort-Skryfkompetisie 2015 (vervolg)

kandidaat, SISCA JULIUS val dus die onderskeiding te beurt om in 2015 die PUKKanselierstrustprys vir beide Prosa en Poësie waarin sy as Nasionale Wenner aangewys is, te ontvang.

Die Akademie se dank aan Noordwes-Universiteit vir hierdie waardevolle borgskap ter aanmoediging van kreatiewe jong kunstenaars. Die SA Akademie bedank ook 'n welwillende borg, wat sy borgskap ruim verhoog en weer bevestig het.

Die vier keurders het, benewens die nasionale genrewenners en tien toppresteerders (per genre), ook van die ander kreatiewe skryfwerk wat letterkundige meriete toon, uitgesonder vir plasing in die

Van die toppresteerders in hierdie skryfkompetisie (vyf per genre) kry die geleentheid omuitnodiging van die SA Akademie 'n skrywer-slypskool aan die Universiteit van die die Julievakansie by te woon waar kundiges onder leiding van die Departement Afrikaans hul in die

Die Taalkommissie vergader

Die Taalkommissie (TK) van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het vanaf 13

Die lede van die Taalkommissie is voor v.l.n.r.: Frikkie Lombard (Buro van die WAT), Frank (UWK; ondervoorsitter), Sophia Kapp (VivA), Marné Pienaar (UJ) en Suléne Pilon

Jana Luther (Pearson), Herman Beyer (UNAM), Gerhard van Huyssteen (NWU; voorsitter)en Phillip Louw (Oxford University Press)

is volstoom besig om te werk aan 'n eeufeesuitgawe van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëlswat in 2017 sal verskyn. Een van die belangrikste aspekte wat in die nuwe AWS aandag sal kry,

verskeidenheid variëteite van Afrikaans te erken en op te neem.van die historiese ongelykhede by die vasstelling van die standaardvariëteit en het die afgelope paar

kandidaat, SISCA JULIUS val dus die onderskeiding te beurt om in 2015 die PUK-Kanselierstrustprys vir beide Prosa en Poësie waarin sy as Nasionale Wenner aangewys is, te ontvang.

waardevolle borgskap ter ook graag vir Nedbank, nog

en tien toppresteerders (per genre), ook van die ander kreatiewe skryfwerk wat letterkundige meriete toon, uitgesonder vir plasing in die

Van die toppresteerders in hierdie skryfkompetisie (vyf per genre) kry die geleentheid om op van die Vrystaat gedurende

die Julievakansie by te woon waar kundiges onder leiding van die Departement Afrikaans hul in die

kademie vir Wetenskap en Kuns het vanaf 13-17

Frikkie Lombard (Buro van die WAT), Frank Hendricks Suléne Pilon (UP; sekretaris)

Gerhard van Huyssteen (NWU; voorsitter)

Afrikaanse Woordelys en Spelreëls wat in 2017 sal verskyn. Een van die belangrikste aspekte wat in die nuwe AWS aandag sal kry,

erken en op te neem. Die TK is bewus van die historiese ongelykhede by die vasstelling van die standaardvariëteit en het die afgelope paar

Page 13: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-12-

Die Taalkommissie vergader (vervolg)

jaar begin om woorde uit omgangsvariëteite vir opname in die AWS te oorweeg. Dit is 'n taak wat omsigtig en met groot sensitiwiteit aangepak moet word en sulke opnamevoorstelle word dienooreen-komstig met die nodige aandag behandel. Die TK het by 'n vorige sitting aan Frank Hendricks opdrag gegee om 'n lys saam te stel van terme uit Oranjerivierafrikaans en Kaapse Afrikaans wat vir opname oorweeg kan word. Ná konsultasie met verskeie kundiges uit verskeie spraakgemeenskappe, het hy 'n aantal woorde voorgelê vir oorweging. Elke term is behoorlik bespreek, oorweeg en nagevors, en die opnameprosedure vir hierdie terme was dieselfde as vir enige ander opnamevoorstel. Woorde soos die volgende is voorlopig opgeneem in die AWS:

bra, -‘s of brasse [vriend] ghwarra of gwarra, ge- [sinlose geraas] ghoemahare [spookasem] habba [niks] mahala [gratis] afbene [platsak] berk, -e [uitgespreek "burgh"; kêrel] gatta, -s [polisiebeampte] kwaailappies [tussenwerpsel van beteken "mooi so!"] mittedjale [speserymengsel] mol, ge- [vorentoe stoei in 'n skare]

pel, -le papgeld [onderhoudsgeld] skanghagha [in die haak] sterkgevreet (b.nw.; bw.) [erg versadig] tjom, -me, of tjomma of tjommie, -s [vriend] diender of diener, -s [polisiebeampte] geloof, het – [as werkwoord] zol, -le [daggasigaret] diknek, -ke [belangrike persoon] aans [as wisselvorm by aanstons] groos [trots]

Benewens woorde uit variëteite, het die TK ook ander woorde oorweeg vir opname. Van die woorde wat voorlopig opgeneem is, sluit in:

ombud, -s, of ombudspersoon, ..sone biscotto, ..cotti vlog of videoblog, -s roerbraai, ge- naturis, -te deuterokanoniek, -e huts, -e, of hutsteken, -s selfdood (gevalle van --), ..dode muffin, -s Chanoeka (Joodse fees) nurk (geluid wat seekoeie maak), ge- warsender, -s hommeltuig, ..tuie [Afrikaans vir "drone"]

skiervlakte (geologie), -s befonds, het -- befondsing invoer, -e [Erkenning van die meervoud] uitvoer, -e oukei [Erkenning van die meervoud] Ebola of Ebolavirus regstudent, -e tumor, -e of -s shar pei of sharpei of sjarpei (soort hond), -s imbuia, -s of imbuiaboom of imbuiahoutboom, ..bome vir lief (-- -- neem)

Benewens woorde wat opgeneem word, skrap die TK ook van tyd tot tyd woorde wat verkeerd opgeneem is of in onbruik verval het. Drie voorbeelde sluit in:

mongool, mongools, mongolisme [omdat die term kwetsend is] Rooinek [omdat die term kwetsend is] wettiglik, -e [omdat dit op dieselfde wyse as "huidiglik" 'n anglisistiese fleksie toon]

Page 14: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-13-

VivA kom amptelik tot stand

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) het vroeër vanjaar amptelik tot stand gekom. Dit het ten doel om digitale hulpbronne van, kennis oor en tegnologiegebaseerde dienste vir Afrikaans in 'n virtuele netwerk te ontwikkel en beskikbaar te stel tot voordeel van die Afrikaanse gemeenskap. Volgens die uitvoerende direkteur van VivA en voorsitter van die Taalkommissie, prof. Gerhard van Huyssteen, sal VivA uiteindelik 'n internasionaal erkende navorsingsinstituut en diensverskaffer vir Afrikaans in die digitale era wees. VivA se stigterslede is die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, die ATKV, die Dagbreek Trust en Noordwes-Universiteit. Die Afrikaanse Taalraad, AfriForum, CTexT (Noordwes-Universiteit), Fonds Neerlandistiek, die PUK-Kanselierstrust en Vriende van Afrikaans dra ook finansieel by tot die Instituut se werksaamhede. VivA het reeds nieamptelik in Augustus 2014 afgeskop met die oprigting van 'n taaladviesdiens, asook die ontwikkeling van 'n aanlyngrammatikahulpdiens en die VivA-tuisblad as eerste prioriteite. 'n VivA-app word ook beplan sodat almal toegang kan hê tot verskeie dienste en hulpbronne van die Instituut. By die taaladviesdiens sal gebruikers via verskillende kanale advies kan kry oor die gebruik van Afrikaans in geskrewe tekste. Sophia Kapp, skrywer en taaladviseur van VivA, beskryf VivA se taal-adviesdiens as gerieflik en eietyds. "Dis 'n toeganklike, gratis hulpmiddel vir elke gebruiker van Afrikaans wat vinnig antwoorde soek op taalnavrae. Of jy nou 'n gesoute skrywer is of 'n leerder wat die eerste keer met die taal kennis maak, hulp is 'n muisklik ver. Met VivA het jy Afrikaans onder die knie, op jou vingerpunte en in die sak!" Die aanlyngrammatikahulpdiens word as die vlagskipprojek van VivA gesien. Dit is noodsaaklik vir die internasionalisering van Afrikaans, terwyl dit ook belangrike inligting en data sal insamel wat in ander projekte gebruik kan word. Hierdie deel van die projek sal in oorleg met die Nederlandse en Friese Taalportaal geskied. Volgens prof. Van Huyssteen is daar reeds verskeie doelstellings geïdentifiseer vir die oprigtingsfase tussen nou en 2019. Een daarvan is om 'n omvattende korpus van kontemporêre geskrewe en gesproke Afrikaans te ontwikkel en te onderhou. Dit is noodsaaklik om die rykheid van Afrikaans in al sy variëteite vas te lê, nie net in Standaardafrikaans of een van die hoofstroomvariëteite nie. Hoe lyk Zefrikaans? Hoe verskil vandag se tienertaal van dié van die jare Tagtig? 'n Aanlyn, elektroniese Afrikaanse terminologiediens word ook beplan. Een van Afrikaans se grootste skatte is die enorme vakkundige woordeskat wat oor baie jare ontwikkel is. VivA wil hiermee voortgaan deurdat kundiges terme sal skep en gebruikers dan die databasis sal kan raadpleeg. Ons is baie bly om te kan sê dat Protea Boekhuis se "Kuberwoordeboek" die eerste vakkundige woordeboek is wat hierby ingesluit sal word. Prof. Wannie Carstens, direksielid van VivA, het die Instituut beskryf as 'n "wow-oomblik" vir Afrikaans. "Hierdie projek lanseer Afrikaans in die kuberruimte in – enige persoon wêreldwyd met internettoegang sal nou Afrikaanse bronne kan gebruik." VivA word in die eerste helfte van 2015 aan die publiek bekendgestel wanneer die tuisblad amptelik geaktiveer word. Op www.viva-afrikaans.org sal gebruikers in verskeie woordeboeke en groot ver-samelings tekste kan soek, taaladvies by die taaladviseur kan kry, en met mekaar oor taalkwessies kan praat. Dit sal die primêre medium wees waardeur VivA se produkte en dienste aan die publiek beskikbaar gestel sal word. Die verkose voorsitter van die VivA-direksie is mnr. Japie Gouws, besturende direkteur van die ATKV.

Page 15: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

Toekenning vir Afrikaanse brugterme

Prolingua, 'n vereniging vir Afrikaanse en Engelse taalpraktisyns, het onlangs sy eerste toekenning

waarde van brugspeel vir verbeterde breinfunksie. Die Prolingua-toekenning is op 13 Augustus 2014 Prolingua), aan Johan oorhandig termskepping wat hy self geïnisieer en gefinansier het. Voeg hierby dat dit dis duidelik waarom Prolingua besluit het dat Johantoekenning. Die Brug-woordelys en -handleidings is beskikbaar by

Die Geskiedenissimposium, onder2015 in die Raadsaal van die Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria plaasgevindbygewoon. Die tema was Verkiesing 2014 gehalte en die besprekings stimulerend. Van die referate sal in die opgeneem word. Die sprekers was soos volg:

Zuma moet gaan – maar dit sal eers in 2017 gebeur; Suidse optrede was die politieke nuus van 2014; 'n DAWes-Kaap en Gauteng; en sport verenig Suid

Prof. Dirk Kotzé

Politieke ontleder, UNISA

Theo Venter Politieke

ontleder, NWU

-14-

Toekenning vir Afrikaanse brugterme

vereniging vir Afrikaanse en Engelse taalpraktisyns, het onlangs sy eerste toekenning gemaak op die gebied van termskepping. Johan Dorfling het homself onderskei deur as indiwidu 'n woordelys saam te stel van Afrikaanse brugterme wat hyself geskep het. Ais hy ook 'n taalman wat Afrikaans op die hart dra. Johan het 'n behoefte aan Afrikaanse terme raakgesien in die oorwegend Engelse wêreld van brug en oor jare saamgestel van Afrikaanse brugterme. Daarby het hy ook Afrikaanse handleidings vir kinders en volwassenes geskryf om hulle in te lyf in die geheime van brugspeel. Johan beklemtoon die

erbeterde breinfunksie. toekenning is op 13 Augustus 2014 deur dr. Marietjie du Plessis (voorsitter van

aan Johan oorhandig (sien foto), as blyk van waardering vir sy bydrae tot Afrikaanse termskepping wat hy self geïnisieer en gefinansier het. Voeg hierby dat dit gespesialiseerde terme is en dis duidelik waarom Prolingua besluit het dat Johan 'n waardige ontvanger is van Prolingua se eerste

handleidings is beskikbaar by Johan Dorfling: [email protected]

Geskiedenissimposium 2015

onder leiding van prof. Fransjohan Pretorius, het in die Raadsaal van die Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria plaasgevind

Verkiesing 2014 – 'n jaar later. Die bydraes van die sprekers was van hoë gehalte en die besprekings stimulerend. Van die referate sal in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe

sprekers was soos volg:

maar dit sal eers in 2017 gebeur; Suid-Afrika stuur op 'n fiskale afgrond af; die EFF se optrede was die politieke nuus van 2014; 'n DA-probleem is sy oorkonsentrasie van steun in die

Kaap en Gauteng; en sport verenig Suid-Afrikaners.

ontleder, NWU

Waldimar Pelser Redakteur: Rapport

Prof. Jannie RossouwHoof: Skool vir Eko

nomiese en Sakewetenskappe, Wits

vereniging vir Afrikaanse en Engelse taalpraktisyns, het onlangs sy eerste toekenning gemaak op die gebied van termskepping. Johan Dorfling het hom-

woordelys saam te stel van Afrikaanse brugterme wat hyself geskep het. As ywerige brugspeler

taalman wat Afrikaans op die hart dra. behoefte aan Afrikaanse terme raakgesien in die

oorwegend Engelse wêreld van brug en oor jare 'n woordelys saamgestel van Afrikaanse brugterme. Daarby het hy ook Afrikaanse handleidings vir kinders en volwassenes geskryf om hulle in te lyf in die geheime van brugspeel. Johan beklemtoon die

deur dr. Marietjie du Plessis (voorsitter van dering vir sy bydrae tot Afrikaanse

gespesialiseerde terme is en waardige ontvanger is van Prolingua se eerste

[email protected].

, het op Vrydag 30 Januarie in die Raadsaal van die Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria plaasgevind en is baie goed

. Die bydraes van die sprekers was van hoë Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Afrika stuur op 'n fiskale afgrond af; die EFF oorkonsentrasie van steun in die

Gert v.d. Westhuizen Sportredakteur, Beeld

Prof. Jannie Rossouw Hoof: Skool vir Eko-

nomiese en Sake-wetenskappe, Wits

Page 16: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

Geskiedenissimposium 2015 (vervolg)

Dit was van die vernaamste standpunte wat gehoor is by Die ANC-regering se probleme sedert die algemene verkiesing van Mei 2014 was by dié geleentheid onder die vergrootglas van bekende akademici en meningsvormers. gaan, maar wie volg hom op?" het prof. Dirk Kotzéwanneer die termyn van sy presidentskap van die ANC verstryk, meen mnr. Theo Venter. Hy sê een van die ANC se grootste uitdagings is om omstandighede te skep vir Zuma om te loop. Mnr. Waldimar Pelser en prof. het aangedui dat die verkiesing van 2014 nie konsolidering van stemme vir die DA onder bruin, wit optrede in die parlement die grootste politieke nuus van 2014, en nie die verkiesing nie. Gebeure rondom die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Nasionale Vervolgingsgesag wys egter Zuma verkeer onder druk. Volgens prof. in die Wes-Kaap en Gauteng. Mnr. Venter het gesê die EFF is die hofnar van die parlement inderwaarheid is hy doodernstig. Prof. Jannie Rossouw het gewaarsku dat Suidvergoedingsrekening op 'n fiskale afgrond afstuur. Ons sit met die risiko van beleggingshuiwering, 'n beleid van onsekerheid en kragonderbrekings, het hy verklaar. "Hier kom hoër belastings", het hy voorspel. Mnr. Gert van der Westhuizen oomblikke van glorie nodig, ons moet net leer om meer munt daaruit te slaan, want ons spring mos terug in ons eie loopgrawe sodra ons verloor", het hy gesê. Maar behoorlike organisasie van spordie townships is nodig, waar daar enorme sosiale hindernisse is. Alle sprekers was dit eens dat die beeld van pres. Zuma in die media en in die ANC baie wyd van mekaar is.

Prof. Fransjohan Pretorius Voorsitter: Geskiedeniskommissie

Werkgemeen

-15-

Geskiedenissimposium 2015 (vervolg)

Dit was van die vernaamste standpunte wat gehoor is by dié simposium. regering se probleme sedert die algemene verkiesing van Mei 2014 was by dié

geleentheid onder die vergrootglas van bekende akademici en meningsvormers. het prof. Dirk Kotzé gevra. Maar Zuma sal nie loo

wanneer die termyn van sy presidentskap van die ANC verstryk, meen mnr. Theo Venter. Hy sê een van die ANC se grootste uitdagings is om omstandighede te skep vir Zuma om te loop.

prof. Kotzé het ontledings van die verkiesingsuitslae gemaak. het aangedui dat die verkiesing van 2014 nie 'n rasse-sensus was nie. Hy het daarop gewys dat daar konsolidering van stemme vir die DA onder bruin, wit én Indiërkiesers was. Vir hom was die EFF se

e parlement die grootste politieke nuus van 2014, en nie die verkiesing nie. Gebeure Afrikaanse Inkomstediens en die Nasionale Vervolgingsgesag wys egter Zuma

prof. Kotzé is een van die DA se probleme sy oorkonse

Mnr. Venter het gesê die EFF is die hofnar van die parlement –

Prof. Jannie Rossouw het gewaarsku dat Suid-Afrika met die regering se sosiale vergoedingsrekening op 'n fiskale afgrond afstuur. Ons sit met die risiko van beleggingshuiwering, 'n beleid van onsekerheid en kragonderbrekings, het hy verklaar. "Hier kom hoër belastings", het hy

Mnr. Gert van der Westhuizen het op die versoenende rol gewys wat sport kan speel. "Ons het oomblikke van glorie nodig, ons moet net leer om meer munt daaruit te slaan, want ons spring mos terug in ons eie loopgrawe sodra ons verloor", het hy gesê. Maar behoorlike organisasie van spor

is nodig, waar daar enorme sosiale hindernisse is. dat die beeld van pres. Zuma in die media en in die ANC baie wyd van

Voorsitter: Geskiedeniskommissie

Werkgemeenskap Wes-Kaap vergader

Die Werkgemeenskap Wes-Kaap het op 16 April Universiteitsmuseum vergader.

Die hoofspreker was prof. Willie Breytenbach en die tema van sy lesing was Twee koninkryke in Suider-Afrika: Lesotho en Swaziland as voorbeelde van onstabiele demokrasie en stabiele outokrasie

Op die foto verskyn v.l.n.r.: mev. en (gasspreker) en dr. George du Toit (voorsitter van die Werkgemeenskap Wes-Kaap).

regering se probleme sedert die algemene verkiesing van Mei 2014 was by dié geleentheid onder die vergrootglas van bekende akademici en meningsvormers. "Pres. Zuma moet

gevra. Maar Zuma sal nie loop voor 2017 nie, wanneer die termyn van sy presidentskap van die ANC verstryk, meen mnr. Theo Venter. Hy sê een van die ANC se grootste uitdagings is om omstandighede te skep vir Zuma om te loop.

die verkiesingsuitslae gemaak. Mnr. Pelser sensus was nie. Hy het daarop gewys dat daar 'n

n Indiërkiesers was. Vir hom was die EFF se e parlement die grootste politieke nuus van 2014, en nie die verkiesing nie. Gebeure

Afrikaanse Inkomstediens en die Nasionale Vervolgingsgesag wys egter Zuma Kotzé is een van die DA se probleme sy oorkonsentrasie van steun

hy maak grappies maar

Afrika met die regering se sosiale besteding en vergoedingsrekening op 'n fiskale afgrond afstuur. Ons sit met die risiko van beleggingshuiwering, 'n beleid van onsekerheid en kragonderbrekings, het hy verklaar. "Hier kom hoër belastings", het hy

het op die versoenende rol gewys wat sport kan speel. "Ons het oomblikke van glorie nodig, ons moet net leer om meer munt daaruit te slaan, want ons spring mos terug in ons eie loopgrawe sodra ons verloor", het hy gesê. Maar behoorlike organisasie van sport in

dat die beeld van pres. Zuma in die media en in die ANC baie wyd van

Kaap het op 16 April 2015 in die

Die hoofspreker was prof. Willie Breytenbach en die tema van sy Afrika: Lesotho en Swaziland

voorbeelde van onstabiele demokrasie en stabiele outokrasie.

mev. en prof. Willie Breytenbach (gasspreker) en dr. George du Toit (voorsitter van die Werk-

Page 17: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-16-

Eredoktorsgraad aan Breyten Breytenbach

Me. Ingrid Glorie (Redakteur, Maandblad Zuid-Afrika), skryf soos volg: Op Woensdag 3 Desember 2014 het die digter Breyten Breytenbach 'n eredoktoraat ontvang van die Universiteit van Gent. Die plegtigheid is bygewoon deur ongeveer 250 skrywers en akademici en het groot aandag in die Belgiese media gekry. Volgens prof. Anne De Paepe, rektor van die Universiteit van Gent, het Breytenbach dié onderskeiding gekry vanweë sy betekenis as digter en beeldende kunstenaar én vanweë sy moedige verset teen apartheid, 'n verset wat gekom het met groot persoonlike opoffering. Vir die universiteit is die toekenning 'n manier om sy maatskaplike en wêreldwye betrokkenheid, asook die

spesiale plek wat die kontinent Afrika binne die universiteit se internasionaliseringsbeleid het, te onderstreep. Die Gentse Universiteit het vanaf die vroeë jare ’90 bande opgebou met 'n groot aantal Suid-Afrikaanse universiteite. Vóór Breyten Breytenbach het ook aartsbiskop Desmond Tutu (2005) en Graça Machel (2008) 'n Gentse eredoktoraat ontvang. In Oktober 2014 het die universiteit tewens die Nelson Mandela-gedenklesingreeks ingestel; die eerste lesing in hierdie reeks is gelewer deur prof. Brian O’Connell, voormalige rektor en visekanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland. Die feestelike toekenning van die eredoktoraat aan Breytenbach lê terselfdertyd 'n verband na die oprigting van 'n nuwe instituut binne die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte in Gent, die "Gents centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika". Hierdie instituut wil bestaande navorsings- en onderwysaktiwiteite met betrekking tot Suid-Afrika en Afrikaans aan die Gentse Universiteit saambind en uitbou. Een van hierdie aktiwiteite is byvoorbeeld die jaarlikse Internationaal Seminarie Afrikaans, wat sedert 2011 in Gent gehou word. In sy dankwoord het Breytenbach, wat 'n deel van sy toespraak in Nederlands gehou het, onder meer gesê hy aanvaar die eredoktoraat "met ootmoed en dank en namens my mede-Suid-Afrikaanse skrywers". Oor die maatskaplike veranderinge in Suid-Afrika na 1994 het hy gesê "ons weet nog nie of dit endgame gaan wees of 'n nuwe begin nie". "Ons familieverhaal kom van ver", het hy oor die taalkundige bande tussen Suid-Afrika en die Lae Lande gesê, maar hy het onmiddellik ook erkenning gegee aan sy voorouers uit Madagaskar en die Verre Ooste. "Ons is kreools", aldus Breytenbach, "ons taal is gebore in die Suidooste wind". Hy het sy bekommernis uitgespreek oor die toekoms van Afrikaans, en die belang aangestip van 'n internasionale wetenskaplike instelling soos die Gentse sentrum as 'n "sanctuary", 'n skuilplek vir Afrikaans. Breytenbach het twee gedigte voorgelees: 'n ode aan sy Suid-Afrikaanse leermeester Marthinus Versfeld en 'n eerbetoon aan die Vlaamse digter Eddy van Vliet, wat in 2002 oorlede is en 'n goeie vriend van Breytenbach was. Met die keuse van hierdie twee gedigte het Breytenbach sy posisie as brugbouer tussen Suid-Afrika en die Lae Lande en sy waardering vir albei treffend geïllustreer. Nadat sy jarelange vriend en uitgewer Laurens van Krevelen enkele nuwe gedigte van Breytenbach in Nederlandse vertaling voorgedra het, het Adriaan van Dis die slottoespraak gelewer. Of liewer: hy het 'n deel van sy lofsang op Breyten letterlik gesing. "Breytenbach het my lewe verander", aldus Van Dis, "en daarvan wil ik getuigen, halleluja!" Dit was Breytenbach se gedig "My vrou", waarin hy sy liefde vir Yolande besing het, wat Van Dis se belangstelling in die Afrikaanse literatuur wakker gemaak het.

Breyten Breytenbach [Foto: Elize Zorgman]

Page 18: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-17-

Eredoktorsgraad aan Breyten Breytenbach (vervolg)

Van Dis het ook genoem dat 'n indrukwekkende ry van Nederlandstalige digters, soos Gerrit Kouwenaar, Remco Campert, Bernlef, Herman de Coninck, K. Michel en Esther Jansma, al gedigte aan Breytenbach gewy het of op 'n ander manier deur Breytenbach beïnvloed is. Die oprigting van die Gents Centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika het verder gestalte gekry met 'n tweedaagse simposium oor Afrikaans en Suid-Afrika, "Die taal se stiltes" (4 en 5 Desember 2014). Die eerste dag was hoofsaaklik aan taalpolitiek en geskiedenis gewy, met bydraes van onder meer dr. Michael le Cordeur ("Mandela se liefde vir Afrikaans"), prof. Wannie Carstens ("Die toekoms van Afrikaans"), dr. Ineke van Kessel ("Maatskappykritiek in die hedendaagse Afrikaanse letterkunde"), prof. Albert Grundlingh ("Die impak van die Eerste Wêreldoorlog op Suid-Afrika") en prof. Theresa Biberauer ("Afrikaans as kreooltaal"). Die dag se lesings was van wisselende gehalte en hier en daar was daar ongerustheid oor die aangevoerde argumente. Hoewel die posisie van Afrikaans en kwessies rondom kreolisering, taalvariëteite en standaardisering spesifiek tot die belangstellingsgebied van die Gentse sentrum behoort, is dit die vraag of aktivistiese retoriek ook op 'n internasionale wetenskaplike platform tuishoort. Die tweede dag van die simposium het 'n meer tradisionele letterkundige karakter gehad, met gehaltelesings van onder meer prof. Louise Viljoen (Die "duister gedig" in Breytenbach se jongste poësie), prof. Ena Jansen ("Huiswerkers in die Afrikaanse literatuur") en Luc Renders (Karel Schoeman se "Die uur van die engel"). Die oomblik waarop almal natuurlik gewag het, was Breytenbach se bydrae, "Van die os op die jas". Tydens hierdie "causerie" het Breytenbach twee stemme aan die woord gelaat: die "os" ("die vurige dromer") en die "jas" ("die beleë wêreldreisiger"). Breytenbach het vooraf aangekondig dat hy, namate hy ouer word, al hoe meer wegbeweeg van direkte stellingnames en terugkeer na refleksie en persoonlike belydenis. Om te skryf, het Breytenbach onder meer gesê, beteken per definisie "vaslê"; dit is slegs "die vergestalting van beweging". Hoewel dit vir die toehoorders moeilik was om die teks onmiddellik te deurgrond, het dit geklink asof Breytenbach al hoe meer voorkeur gee aan "stil te word sodat die ruimte mag groei". Gelukkig is hy ook nog altyd "versot op woorde" en sal hy aanhou skryf, altyd op soek na "onderliggende waardes wat dalk nie aan tyd gemeet kan word nie". Nadat Charl-Pierre Naudé 'n paar van sy eie gedigte gelees het, het twee Gentse M-studente verslag gedoen van hulle navorsing, waarmee die nuwe sentrum bewys het daar is 'n lewendige belangstelling vir Afrikaans in Gent.

-18-

Breyten Breytenbach saam met die rektor van die Universiteit van Gent, Anna De Paepe en die voormalige

rektor, Paul Van Cauwenberge (weerskante van hom). Agter hom is die viserektor, Freddy Mortier [foto links] Breyten Breytenbach ontvang die eredoktorsgraad uit die hand van rektor De Paepe [foto regs]

Page 19: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-18-

My taal verdwaal

Die bydrae van J.B. Roux in By onlangs oor "Wurms in die taal" (Beeld, 14 Maart) het my laat glo daar is nog hoop vir Afrikaans. Daar is sowaar nog mense wat omgee, want dís waarom dit gaan. In bogenoemde geval gaan dit hoofsaaklik oor sms-taal en dan spelfoute. Dis moontlik dat die skeppers van hierdie sms-taal eerder syfer- as lettervaardig is, veral as dit kom by cu@8. (Vir die spelfoute is daar nie eers 'n flou verskoning nie, veral nadat hier onlangs 'n handgeskrewe nota op 'n kennisgewingbord verskyn het waarin die skrywer hom/haar opsoek verklaar na 'n wooneenheid.) As die sms-vorm die potensiaal gehad het om gepráát te word, sou ek die afkeer heelhartig gedeel het. Maar my angs gaan dieper. Dit het ook nie te make met of Afrikaans gaan oorleef of nie – trouens, veel eerder oor die vorm waarin dit gaan geskied, want oorleef gáán hy. Maar mag dit tog in die proses nie erger as terug kombuis toe – altemit bossies toe – verongeluk nie! Soos baie mense voor en saam met my het ek 'n ganse werkleeftyd gewy aan die ontwikkeling en verfyning van Afrikaans, wat 'n geruime tyd reeds aan elke vereiste vir wêreldtaalstatus voldoen. Met 'n poësie en letterkunde om van te droom, 'n vaktaal waarin daar op elke terrein – van argeologie tot kernfisika – geslaagde twee-rigtingkommunikasie kan plaasvind, en 'n woordeskat wat saam met die tegnologie en wetenskap ontwikkel. En laat ons mekaar mooi verstaan: ek bedoel vir geen oomblik dat dialoog in 'n soort "algemeen beskaaf" geskryf moet word nie!

Ek herinner my nostalgies: in die "slegte ou dae" rondom 1960 het Die Transvaler 'n subredakteur gehad, onder sy kollegas as "Angel" bekend, wat eendag in lojale satheid op 'n beriggie van 'n jong joernalis gereageer het: Ja, en ek is 'n onegte kindjie, en ek smokkel met buite-egtelike diamante! Watter heerlikheid; soos ook die openbare uitsaaier se streekdirekteur in Johannesburg destyds wat vir die duur van sy dienstyd jong nuuslesers taalfiks gehou het met 'n reële vrees vir skorsing – selfs etlike skofte – vir die skewe uitspraak van 'n woord of pleknaam, of 'n taalfout oor die lug. Luister 'n mens so na die hedendaagse uitsendings is die enigste analoog hiervan die rooi kaart vir "vuil" rugby! Oor die kromming van die komma en die windrigting daarvan word ek nie gryser nie; die sleutelbord van my rekenaar wys immers net 'n vertikale strepie. Maar mensig, oor die baar Afrikaans van sommige programaanbieders deesdae en – om billik te wees – deskundige gassprekers oor die lug, "verloor ek dit" daag-liks, tensy ek nalaat om die radio of televisie aan te skakel. Baar, ja. Nooit in menseheugenis het so min omroepers skynbaar nog van die bywoordelike voornaamwoord gehoor nie, om maar een voorbeeld te noem. Dit teem bloot aan met: van dit, oor dit, om dit, agter dit, onder dit, op dit en langs dit, afgewissel met literale translasies (sic) soos seksie 6 maatskappy (vir artikel 6), roumateriale (vir grondstowwe), kruie om in jou tuin te groei, en hoe om met verliese te deel ...

Page 20: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-19-

My taal verdwaal (vervolg)

Die een leraar skop af van die kansel, en 'n ander fokus op wat die Skepper vir ons in stoor het ... Ongeag die voortreflikheid van die bood-skap word dit keer op keer vertroebel deur hierdie uitdrukkings wat 'n mens reeds van jou laerskooldae af as anglisisties leer vermy het. Dan was daar 'n tydjie gelede oor 'n inbel-program die vriend wat ek letterlik aanhaal: "Deesdae, tans, huidiglik ...." seg hy, en soos dit geklink het, by die aanhoor van die derde sinoniem so tevrede as iemand wat meen dat hy nóú darem sy stelling gemaak het! Al hierdie oortollige "likke", soos hierdie blapse wat met soveel selfvertroue gebesig word, is tog net 'n nabootsing van Engels – en maak van die taal wat ons so graag wil behou, 'n soort Afrengels, Englikaans, of wat? Terwyl ek nog veg teen dreigende floute oor daaglikse parasiete en hul modematers soos asteware, nogals, ons doen, ons waardeer, mees onverklaarbaarste ... omdat ons meen dat dit ons koel(!) laat klink; sepieskrywers wat dit spitsvondig ag om die Afrikaanse idioom (wat reeds onder beleg is) op die domste wyse denkbaar te verdraai, word 'n radio-onderhoud juis oor taalsuiwerheid aangekondig. Dankie tog, dink ek, en hoor 'n bekende Stellenbosse hoogleraar in Afrikaans verklaar sy glo nie ons kan die kontaminasie van Afrikaans eintlik keer nie! Wel, ek het nuus vir haar: Hierdie Ouma is nog lank nie gereed om die handdoek in te gooi nie.

Sy het vyf kleinkinders waarvan nie een voor haar sal sê: ek doen, dit doen, of hoe proe dit nie, behalwe om haar te terg – en dan laggend te vlug. As hierdie Ouma haar taal via haar kleinkinders kan red, kan ander grootouers dit tog sekerlik ook doen; en selfs al weet die hedendaagse onderwysers nie meer wat korrek is nie, bied ons immers weerstand teen die meedoënlose veragtering van hierdie hartstaal van ons. Want ons is verder heen as wat ons dink wanneer jongmense universiteitstoelating kry en vir mediese studie gekeur word sonder om die verskil tussen opsoek en op soek te ken ... Net gisteroggend (22 Maart 2015) lees ek, "Dis die Punt" van Tim du Plessis in Rapport, oor die beleggings wat die taal se toekoms kort, en prof. Hermann Giliomee se uitspraak in sy artikel, "Die troebel toekoms van Afrikaans en Afrikaners" (Tydskrif vir Geesteswetenskappe) dat daar genoegsame produksie en verbruik in Afrikaans is – ongelukkig het ek die artikel nie in sy geheel onder oë gehad nie – maar met groot waardering vir die here Vosloo, De Villiers en Giliomee se uitsprake, en ofskoon ek as enkelouma met kapitale belegging nie kan help nie, wil ek hulle verseker dat ek op my klein maar taai manier sal bly doen wat ek kan, en wil ek aan alle roumaterialers, wasgedoeners, vanditters, soomlosers en wat-assers vandag sê: Genugtig mense, sê nou net 'n wonderwerk gebeur en julle begin sommer more al beskaaf-de Afrikaans praat! Sal dít nie koel verby wees nie?

Susan Roets, Taalpraktisyn

Page 21: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-20-

Die waarde van 'n boek

'n Boek is ook kaart, kompas en padwyser, deur Wilhelm Jordaan [Geneem uit: Die Burger se Van

alle kante-rubriek, 27 Januarie en Netwerk24] – [email protected] "Studente en baie ander mense verwar inligting met kennis." In hul gespreksboek This is not the end of the book, sê die filosoof Umberto Eco aan die fliekkenner Jean-Claude Carrière, die boek is soos die wiel: Sedert dit uitgevind is, kon niemand nog daarop verbeter nie. Eco reken boeke – in watter vorm hulle ook al bestaan – is die noodsaaklike ensiklopediese ordening van kennis oor bepaalde onderwerpe en kan nooit vervang word deur 'n stortvloed inligting soos dit op die internet bestaan nie. Dié siening is be-

langrik omdat studente en baie ander mense inligting verwar met kennis. In die digitale wêreld hoor en lees jy gereeld dié aanspraak: Kennis is net 'n klik (en 'n hyperlink) ver. Juis dít is nie waar nie. Die feitelike korrektheid van inligting op die internet is paraat dáár vir almal. Kennis, as inligting wat betekenis verkry het, kom egter moeisamer, geduldiger, stadiger.

As ek deesdae studente se werkstukke lees, het ek gereeld die indruk dat werklike kennis 'n sterfgeval is. Wat jy dikwels kry, is niks meer nie as 'n "pastiche" van onverteerde inligting, 'n verbale geknoei met copy-en-paste. Ek onthou hoe ek as kind – veral op Sondagmiddae toe ons stil moes wees omdat die grootmense wou slaap – op my knieë deur die woordeboeke en ensiklopedieë in ons huis geblaai het. Algaande het ek betowerende gedagtes en wêrelde teëgekom; met woorde as betroubare padkaarte daarheen. En die take wat jy moes doen – die proses van blaai, kyk, sien, vergelyk, ínsien, verder lees, weeg en weer weeg en skryf. En oorskryf … ens.

Die fisieke hantering van boeke is deel van dié opwindende reis. 'n Boek in jou hande met jou vingers wat van bladsy na bladsy gaan deur die

reuk van woorde en deur die geur van sinne maak jou stadiger. Maar dit is 'n noodsaaklike stadiger wat jou noop om langer te vertoef totdat jy gereed vir nuwe, vreemder trekroetes is.

So deur die jare begin 'n mens verstaan hoe jou boeke deel van jou uitbreidende wêreldbeeld word; hoe tekste inmekaar en oormekaar skuif en met mekaar en met jóú praat. Jy word jou boekery. Soos in dié droom wat ek eens had:

Ek soek in my studeerkamer 'n boek en kom opeens met ontsteltenis agter al die woorde het van my boeke se bladsye afgeval en eenkant op 'n hoop beland. En ek moet al die woorde op hul plek terugkry! Toe droom ek voort: ". . .  met gulsige sinne/soos 'n kind die ene ore/oë neus mond en vingerpunt/kom ek digter by die fyn gevoel/alles in die kosmos raak/aan mekaar geheg/in hierdie sin vervleg:/Onverwante dinge is verwant/in die hologram van God/mens buffel ametis/arend roos koelakant".

Só dromend bekyk, weet jy die mens kan nie sonder (goeie) boeke klaarkom nie. Hulle is tegelyk ons kaarte, kompasse, verkykers, padwysers. Onvervangbaar betroubaar. Soos die wiel.

Page 22: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

Wil u na aftrede, asook met die kleinermaakwille van 'n goeie doel?

Ons het die ideale antwoord vir u. Die antwoord is geleë in die nuwe Nkhoma Christelike Universiteit in Malawi wat tans biblioteekversameling wil opbou.

Die sendingsentrum Nkhoma, geleë in die Malawi, is in Suid-Afrika en veral ook in onbekend nie. Die Nkhoma-sendingsending- en uitreikwerk van die NGlandsgrense, wat sedert 1889 (dopgebou is.

Malawi, as 'n besonder arm land, vermoëns vir staatsuniversiteite, en dit het in die afgelope aantal jare tot gevolg gehad dat meer en meer private universiteite in die land die lig gesien het. Dis veral kerklike groeperings wat hulle tot akademiese opheffing geroepe voel, en so het die reeds bekende Roomssuide van die land, die Sewende Dag Adventiste Universiteit in die sentLivingstonia Presbiteriaanse Universiteit in die noorde van die landontwikkel.

Die Nkhoma-Sinode van die Church of Central Africadie nuwe private Nkhoma Universiteit (NU) met vier Teologie, Opvoedkunde en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe tot stand gebring. vir basiese natuur- en geesteswetenskappeMaatskaplike Werk, Sielkunde, Politieke Wetenskappe en Toerisme) word tans oorweeg. Die universiteit sal oop wees vir alle studenteChristelike waardes van hierdie universiteit te onderskryf.

Tans beskik die Nkhoma-kampus reeds oor hospitaal van 220 beddens wat onder andere spesialiseer in tuberkulose, malaria, verloskunde en oogheelkunde; asook in algemene primêre gesondheidsorg. Soos dit dikwels met sendingstasies gaanwas die opleiding van onderwysers, predikante en evangelisteverdere belangrike prioriteite en sulke instellings bestaan reeds vkampus. Die bogenoemde vorm die kern van drie van die fakulteite wat op die Nkhomagevestig sal wees. Sowat 50 km daarvandaan in die hoofstad LilongweEkonomiese Wetenskappe gevestig.

Die nuutgestigte Nkhoma Universiteit (wat tans in 'n akkreditasieproses betrokke is) sien dit as sy taak om 'n belangrike verdere bydrae te maak tot die aflewer van studente op tersiêre vlak aan 'n land wat smag na verdere ontwikkeling. Verder wil so 'n u

-21-

Skenking van boeke

asook met die kleinermaak-proses, ontslae raak van akademiese boeke

Ons het die ideale antwoord vir u. Die antwoord is geleë in die nuwe Nkhoma Christelike Universiteit in Malawi wat tans 'n uitgebreide

geleë in die "warm hart van Afrika", naamlik Afrika en veral ook in die NG Kerk-geledere nie

sendingstasie is die oudste omvattende en uitreikwerk van die NG Kerk buite die Suid-Afrikaanse

landsgrense, wat sedert 1889 (d.w.s. vanjaar 126 jaar gelede) aldaar

gaan gebuk onder ernstige armoede. Die staatskas het baie beperkte vermoëns vir staatsuniversiteite, en dit het in die afgelope aantal jare tot gevolg gehad dat meer en

rsiteite in die land die lig gesien het. Dis veral kerklike groeperings wat hulle tot akademiese opheffing geroepe voel, en so het die reeds bekende Rooms-Ksuide van die land, die Sewende Dag Adventiste Universiteit in die sentrale deel van die landLivingstonia Presbiteriaanse Universiteit in die noorde van die land, gedurende die afgelope aantal jare

Church of Central Africa (Presbyterian) (CCAP)die nuwe private Nkhoma Universiteit (NU) met vier Fakulteite, naamlik Gesondheidswetenskappe, Teologie, Opvoedkunde en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe tot stand gebring.

eesteswetenskappe (Fisika, Chemie, Plant- en Dierkunde, Ekologie, Sosiologie, Maatskaplike Werk, Sielkunde, Politieke Wetenskappe en Toerisme) word tans oorweeg. Die

vir alle studente, ongeag ras, kleur of geloof wat bereid is om die basiese telike waardes van hierdie universiteit te onderskryf.

kampus reeds oor 'n baie bekende verplegingskollege met hospitaal van 220 beddens wat onder andere spesialiseer in tuberkulose, malaria, verloskunde en

asook in algemene primêre gesondheidsorg. Soos dit dikwels met sendingstasies gaanwas die opleiding van onderwysers, predikante en evangeliste, asook die daarstelling van goeie skoleverdere belangrike prioriteite en sulke instellings bestaan reeds vir baie dekades op die Nkhomakampus. Die bogenoemde vorm die kern van drie van die fakulteite wat op die Nkhoma

km daarvandaan in die hoofstad Lilongweetenskappe gevestig.

Die nuutgestigte Nkhoma Universiteit (wat tans in 'n akkreditasieproses betrokke is) sien dit as sy taak om 'n belangrike verdere bydrae te maak tot die aflewer van studente op tersiêre vlak aan 'n land wat smag na verdere ontwikkeling. Verder wil so 'n universiteit poog om internasionaal erken

ontslae raak van akademiese boeke in Engels ter

gaan gebuk onder ernstige armoede. Die staatskas het baie beperkte vermoëns vir staatsuniversiteite, en dit het in die afgelope aantal jare tot gevolg gehad dat meer en

rsiteite in die land die lig gesien het. Dis veral kerklike groeperings wat hulle tot Katolieke Universiteit in die

rale deel van die land, asook die gedurende die afgelope aantal jare

(CCAP), het in September 2013 naamlik Gesondheidswetenskappe,

Teologie, Opvoedkunde en Ekonomiese en Bestuurswetenskappe tot stand gebring. 'n Vyfde fakulteit en Dierkunde, Ekologie, Sosiologie,

Maatskaplike Werk, Sielkunde, Politieke Wetenskappe en Toerisme) word tans oorweeg. Die ongeag ras, kleur of geloof wat bereid is om die basiese

n baie bekende verplegingskollege met 'n opleidings-hospitaal van 220 beddens wat onder andere spesialiseer in tuberkulose, malaria, verloskunde en

asook in algemene primêre gesondheidsorg. Soos dit dikwels met sendingstasies gaan, asook die daarstelling van goeie skole,

ir baie dekades op die Nkhoma-kampus. Die bogenoemde vorm die kern van drie van die fakulteite wat op die Nkhoma-kampus self

km daarvandaan in die hoofstad Lilongwe, word die Fakulteit vir

Die nuutgestigte Nkhoma Universiteit (wat tans in 'n akkreditasieproses betrokke is) sien dit as sy taak om 'n belangrike verdere bydrae te maak tot die aflewer van studente op tersiêre vlak aan 'n land wat

niversiteit poog om internasionaal erken te word, maar

Jean en Hoffie Hofmeyr

Page 23: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-22-

Skenking van boeke (vervolg)

ook plaaslik relevant te wees. 'n Akademielid, prof. J.W. (Hoffie) Hofmeyr, emeritusprofessor in Kerkgeskiedenis by UP, 'n buitengewone professor in Kerkgeskiedenis aan UV, asook 'n besoekende professor in België (Leuven) en Engeland (Liverpool), is aangewys as visekanselier en rektor van hierdie universiteit vir 'n periode van 3 tot 4 jaar (op sy eie versoek sonder vergoeding).

Die skenking van Engelse boeke in die bogenoemde vakgebiede aan 'n jong en ontwikkelende universiteitsbiblioteek deur afgetrede akademici wat ook besig is om hul huise kleiner te maak, sal 'n geweldige bydrae wees. Naas die skenking van boeke sal die beskikbaarstelling van tegnologiese en ander hulpmiddels, asook finansiële bydraes en selfs erflatings, vir so 'n instelling wat geen owerheids-ondersteuning kry nie, geweldig waardeer word.

Die groot supermarkgroep Shoprite/Checkers en hul voorsitter, dr. Christo Wiese, wat ook uitgebreide ander skenkings aan hierdie jong universiteit gedoen het, het die gratis vervoer van boeke vanaf drie sentrale pakhuise in Suid-Afrika na Malawi aangebied. Met betrekking tot praktiese reëlings ten opsigte van die besorging van die boeke aan die Shoprite/Checkers-pakhuise teen die middel van Junie, die volgende versoeke: hoofsaaklik Engelse boeke in die bogenoemde vakgebiede moet in kartondose van ongeveer 60x60x60 cm verpak word en dan met die tipiese deurskynende of bruinkleurige kleefband van ongeveer 2 cm-breedte, goed versterk en verseël word. Verder moet 'n A4-bladsy waarop die volgende in groot swart letters aangebring is, ook met kleefband aan die bo- en voorkant van die kartondose geheg word: "Nkhoma University: second-hand library books". Die Shoprite/Checkers-pakhuise waar boeke besorg kan word, is die volgende:

Indien u direk met prof. Hoffie Hofmeyr oor die bogenoemde wil skakel, is u welkom om 'n e-pos aan hom te rig by [email protected]. Verder is die huidige beskeie tuisblad van die Nkhoma Universiteit die volgende: www.nkhoma.ac.mw

Akademielede wat graag aan hierdie besondere projek wil meewerk, word by voorbaat van harte bedank. U mag rustig weet dat, terwyl daar enersyds weinig afset in Suid-Afrika vir tweedehandse boeke is, of andersyds dat boeke selfs soms verpulp word, u skenking 'n baie groot verskil aan die lewe en studies van baie jongmense in die verdere opheffing van Malawi en (Suidelike) Afrika gaan maak.

Prof. Hoffie Hofmeyr

Handels- en

taknaam

Fisiese adres Kontakpersoon Telefoon-

nommer

E-posadres

DC Dry Goods Centurion Export

h/v Olievenhoutbosch- & Brakfonteinstraat, Centurion, 0046

Sheldon de Kock Nicholas Mampuru

012-621-1108 012-621-1107

[email protected] [email protected]

DC Dry Goods Brackenfell

h/v Old Paarl- & Kruisweg, Brackenfell, 7560

Van Zyl Botha 021-980-8603 [email protected]

DC Dry Goods Durban Canelands

New Glasgow-weg 224, Canelands, 4339

Shaun Snygans Ravi Maduray

032-945-5628/80 [email protected] [email protected]

Page 24: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-23-

Kleiner en groener woonstyl

Geneem uit: Plus50, Maart/April 2015 Prof. Hans Wegelin het onlangs die SA Akademie se erepenning ontvang vir sy bydrae tot die argitektuurprofessie en vir sy onskatbare bydrae tot die bewaring van Afrikaans as tegniese taal in die boubedryf.

Lucette en Hans Wegelin is albei praktiese en handige mense wat saam vir hulle 'n merkwaardige kleiner en groener woonwêreld geskep het in die groot Brooklyn-huis in Pretoria waar hulle reeds 24 jaar woon.

Hulle het naamlik die huis in twee gedeel. Die voorste gedeelte met die slaapkamers, asook die boonste hoofslaapkamer en groot studeerkamer, wat hulle aan vyf studente verhuur. Die groot oop atrium, sitkamer en kombuis het hulle vir hulleself ingerig as oopplanwoonplek. Die groot stoep aan hulle nuwe slaapkamer, sou die skakel wees na hulle "kamer sonder dak", oftewel hulle tuin. Hulle huis en tuin deel hulle met katte en honde, hoenders en ander gevleueldes en hulle woeker hier met groente, sierplante en allerlei groen projekte. Hulle doen omtrent alles self.

Hans het jare lank sy eie argitekpraktyk in Pretoria bedryf, waartydens hy onder meer by groot staatsprojekte betrokke was en ook die dorp Secunda help bou het. Hy was tot 2005 verbonde aan die

Universiteit van Pretoria se Departement Argitektuur en het in daardie tyd gesorg vir handboeke oor argitektuur en konstruksie – ook in Afrikaans – wat steeds voorgeskryf word en wat hy gereeld hersien.

Afgesien van die onlangse Akademie-toekenning, het hy in 2013 die Pretoria Instituut vir Argitekte (PIA) se Presidents-toekenning ontvang vir sy bydrae op die gebied van tegniese argitektuuropleiding en die konstruksiebedryf in sy geheel.

Hy het ook opdrag van die Departement van Openbare Werke ontvang om hulle standaard bouspesifikasies te hersien en gereeld by te werk.

Lucille en Hans Wegelin

Stoep waar groot of klein gekuier kan word

Page 25: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-24-

Wat sê die wetenskap

... oor tale.

Gedurende die maande Januarie en Februarie 2015 het die volgende oor tale in Nederland verskyn. Hieronder volg 'n kort oorsig in gedateerde kol-paragrawe.

• 15 Januarie: Navorsers aan die Universiteit van St. Andrews dink dat die eerste taal in die werkplek tussen leerling en leermeester ontstaan het. Die gesprekke moes handel oor hoe jy 'n steenwerktuig maak. In die Januarie-uitgawe van Nature Communications, skets hulle die volgende scenario: 'n Leermeester verduidelik aan sy leerling teen watter hoek hy 'n klip moet kap om 'n skerp skerf daaruit los te slaan. Die taaluiting moes ongeveer iets wees soos "Nee, draai dit bietjie meer…". Die oorsprong van taal is nog altyd 'n raaisel. By St. Andrews moes 184 studente "Oldowaiaanse" werktuie maak as deel van die navorsing. Hierdie werktuie is tipes skraap-instrumente wat 2,5 miljoen jaar gelede in die Olduviakloof in Tanzanië gebruik is. Een groep studente het gesproke instruksies gekry oor hoe hulle die klippe moes kap. 'n Kontrolegroep kon net afkyk hoe om dit te doen. Slegs by die eerste groep kon die studente dit regkry om prehistoriese werktuie te maak. Die navorser, Thomas Morgan, beweer in bogenoemde artikel "Vanaf die moment wat mense afhanklik geword het van klipwerktuie, was die ewolusionêre druk om derglike kennis effektief oor te dra, reusagtig". Morgan dink nié dat die eerste makers van "Oldowaiaanse" werktuie oor 'n volwaardige taal beskik het nie.

• 2 Februarie: Suiwer gebaretaal bestaan nie, beweer dr. Richard Bank aan die Universiteit van Nijmegen. Mondbewegings is dikwels 'n onderdeel van 'n gebaar uit gebaretaal. In Nederlandse gebaretaal sal vir die woorde "een groot boek" die hande in 'n boekvorm gebruik word met daarmee saam gebolde wange, wat dan "groot" moet uitdruk. In 83% van hulle taaluitings vorm dowes egter 'n mondbeweging van 'n woord uit die gesproke taal saam met 'n gebaar. Bank se ervaring met gebaretaal sluit ook praktykgerigte ervaring in by dowesport. By die Deaflympics in Melbourne (2004), ontdek hy dat sy naam in gebaretaal 'n regtervuis op 'n regterskouer is. Dit is die manier waarop hy sy lang poniesterthare altyd in sy nek saamgevat het. Liplees van mondbeweging as onderdeel van gebaretaal is baie moeilik. Klinkers in 'n woord kan 'n mens goed herken, maar om byvoorbeeld tussen 'n -p- of 'n -b- te onderskei, is nie moontlik nie. Daarvoor moet jy op die gebaar terugval om die regte woord te lees. Die keelklanke wat saam met die mondbewegings uitgespreek word, word in Bank se navorsing "mouthings" genoem.

• 4 Februarie: Die Okraïense regisseur, Miroslav Slabosjpitski, is tans verantwoordelik vir die op-spraakwekkende dowefilm The Tribe. Dit is 'n film "sonder taal" en sonder ondertiteling wat die wêreld van die dowes in die kollig plaas. The Tribe is volgens Slabosjpitski 'n liefdesfilm waarin hy begin by "In die begin was die Woord". Met hierdie woordelose film plaas hy die kyker in 'n prehis-toriese wêreld sonder norme en waardes. Wanneer liefde ter sprake kom, word moraal ingelei, want "God is liefde". Slabosjpitski se woorde klink mooi, maar die inhoud van die film is kontroversieel. Dit handel oor die skemerwêreld van prostitusie en bendes se rooftogte wat in 'n dowe koshuis in Oekraïene afspeel. Sergej is nuut in die skool. Hy kan sy vuiste goed gebruik en word 'n bendeleier. Sy ondergang as bendeleier word ingelei deurdat hy verlief raak op 'n meisie wat snags as prosti-

Page 26: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-25-

Wat sê die wetenskap (vervolg)

tuut aan trokbestuurders uitgehuur word. Die dowes in hierdie film is weerbarstige, trotse kriminele. Volgens resensent Coen van Zwol in die NRC-Handelsblad, is dit 'n harde, maar unieke film. Swakkeres word geslaan, beroof en verkleineer. Dit druis in teen die algemene siening dat dowes swak en afhanklik is. Oekraïense dowes kan die film se gebaretaal die beste verstaan. Slabosjpitski beweer dat hy op soek was na universele emosies wat geld vir beide dowes en horendes. Van Zwol vat The Tribe saam as 'n moeilik verteerbare film, maar een wat jy nooit sal vergeet nie.

• 8 Februarie: Nog 'n splinternuwe taalwetenskaplike verbonde aan die Universiteit van Nijmegen, is dr. Jeremy Hammond, afkomstig van die eilandgroep Vanuatu in die Stille Oseaan. Vanuatu bestaan uit 65 bewoonde eilande waar 110 tale gepraat word. "As die taalverskeidenheid in die hele wêreld so groot was soos op Vanuatu, sou daar nou 2,8 miljoen tale gewees het", beweer Hammond in die NRC-Handelsblad. Op die eiland Tanna, 250 km ten suide van die hoofeiland Vanuatu, word ses tale gepraat. 'n Mens kan dit vergelyk met Nederlands as jy Algemeen Beskaafd Nederlands (ABN) wegdink en 'n stuk of ses tale kan onderskei: Nederlands, Fries, Limburgs, Nedersaksies en Zeeuws. In die hoofstad Port Vila is daar drie amptelike tale: Frans, Engels en Bislama. Frans en Engels is oorblyfsels van 'n merkwaardige koloniale tydperk waarin dié twee Europese lande Vanuatu bestuur het. Vanaf 1980 is Vanuatu onafhanklik, maar Frans en Engels bestaan steeds in skole. Amper almal in Port Vila praat Bislama as tweede of derde taal, terwyl dit op die meeste eilande vinnig groei. Bislama het uit gebrekkige Engels ontstaan. Drie voorbeelde wat Hammond noem, is:

1. Die volkslied van Vanuatu begin met die woorde – "Yumi, yumi, yumi …" = in Engels "you, me" of "ons".

2. "Mi no gat brata" = "me, no, got, brother" of "Ek het nie 'n broer nie". 3. "Mi no gat besin long trak" = "me, no, got, petrol, truck" of "Ek het nie petrol in die trok

nie".

• 15 Februarie: Prof. Holger Gzella van die Universiteit van Leiden se vak is Hebreeuse en Aramese Taal- en Letterkunde. "Daar bestaan meer Aramese literatuur as Klassieke Grieks wat varieer van Bybelkommentaar tot religieuse poësie en romans." Aramees is in 2012 as selfstandige opleiding in Leiden geskrap. Dit het Gzella die kans gegee om 'n wetenskaplike kultuurgeskiedenis van Aramees te skryf, nou gepubliseer as A cultural history of Aramaic – from beginnings to the advent of Islam. Aramees word onder andere gebruik by die studie van Bybeleksegese, die Jodedom, die vroeë Christendom, die geskiedenis van die Hellenistiese en Romeinse tydperke en minderheidstale in die huidige Midde-Ooste. Aramees het ongeveer 'n duisend jaar v.C. in dele van Sirië ontstaan. Tussen die sewende eeu en driehonderd jaar v.C. was Aramees die lingua franca van eers die Assiriese Ryk, toe die Babeloniese Ryk en daarna die Persiese Ryk. Tydens die Hellenistiese en Romeinse periodes verbrokkel Aramees as lingua franca, maar oorleef as spreektaal. Die bekendste spreker van Aramees was Jesus.

Carina van der Walt – Tilburg, Nederland

Page 27: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-26-

Publikasies: Akademielede

"Ons gaan 'n taal maak" – Afrikaans sedert die Patriot-jare deur prof. J.C. Steyn

Hierdie monumentale werk van prof. Jaap Steyn, gaan 'n kosbare Africana-versamelstuk word en hoort in elke Afrikaans-onderwyser se klas.

Prof. Steyn het reeds ses toekennings van die SA Akademie ontvang wat getuig van die gehalte van sy werk.

Hy het 'n Tuiste in eie taal en biografieë oor N.P. van Wyk Louw, MER en Piet Cillié geskryf, asook letterkundige werke en talle artikels oor Afrikaans in vaktydskrifte. Saam met prof. André Duvenage het hy in 2000, Die Afrikaner op pad na 2020 – scenario-perspektiewe, saamgestel.

Met so 'n agtergrond kan 'n mens 'n lywige samevatting verwag van die wyse waarop Afrikaans uit die grond opgestaan het en meermale, ook weens 'n gebrek aan lojaliteit van sy sprekers, uitwendige en inwendige teenstand moes oorwin.

In 17 hoofstukke word die aangrypende verhaal vertel van hoe Afrikaans vanaf die stigting van die GRA in 1875 tot in 2012 deur hoogtepunte en laagtepunte, toewyding en verwerping, sukses en teenspoed ontwikkel het. Dit is die verhaal van "onselfsugtige stryders, liefhebbers en skeppers", maar ook van 'n verlies aan wil en vermoë om die taal te maak. \

Daarom is die titel Ons gaan 'n taal maak, aan die briefhoof van 'n onbekende taalliefhebber, Izak van Heerden, uit 1905 ontleen.

Die skare naamloses, al die verskillende groepe en variante, al die terreine wat betree en verower is, die foute wat gemaak is en die verliese wat gely is, word bespreek; van die spreektaal tot die letterkunde, van die geesteswetenskappe tot die natuurwetenskappe, tegnologie soos die radio, televisie en die rekenaar en die toetrede van Afrikaans tot die digitale wêreld.

In die teks is fyn besonderhede en 'n groot diepte van kennis opgesluit, saamgelees met die meer as 1 492 eindnotas.

Wil u weet wie die stigters van Praag was, watter kabinetslede ongelukkig was oor die De Klerk-kabinet se hantering van Afrikaans se posisie, hoe 'n musiekliefhebber die huidige Afrikaanse ligte musiek klassifiseer en baie ander inligting, raadpleeg dié boek as 'n naslaanbron.

Die sistematiese pogings om Afrikaans ná 1994 stap vir stap as openbare taal in die ban te doen, word in hoofstuk 16 in sy naakte werklikheid gestel. Die ironie van hoe eertydse vurige teenstanders van apartheid en die Nasionale Party as kampvegters vir Afrikaans na vore getree het, terwyl sekere Broederbonders in magsposisies eerder na toegewings en prysgawes gestreef het, word duidelik.

Page 28: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-27-

Publikasies: Akademielede (vervolg)

Die verskille tussen makers en krakers was dwarsdeur die geskiedenis van Afrikaans sigbaar, maar nêrens so prominent soos in die tydperk van die onderhandelinge oor 'n nuwe grondwet en in die 20 jaar van demokrasie sedert 1994 nie.

Die verliese en bedreiginge op die gebied van die onderwys, die uitsaaiwese, die regsberoep, die sakewêreld en die staatsdiens word toegelig deur ook die aandag te vestig op die rol wat Afrikaanse geleerdes onder allerhande illusies en verskonings self in daardie verliese gespeel het.

In hoofstuk 17 word die herlewing van 'n taalbewustheid in die radikale nuwe omstandighede uiteengesit en word die bakens van hoop en groei uitgelig.

Die agteruitgang in die onderwys en die openbare lewe word vergelyk met die nuwe inisiatiewe wat geneem is. Maar deur dit alles loop die drie sleutelkragte wat die groei en gebruik van Afrikaans bepaal het en weer sal bepaal, al is die demografiese en politieke omstandighede tans soveel ongunstiger as wat dit in vroeëre tydperke was.

'n Taal, en dit geld in die besonder Afrikaans, word in die eerste plek gemaak deur die motivering van sy sprekers om hom op te hef en uit te bou tot volwaardige openbare taal. Dit is waarom die bepaling van die Grondwet van 1910 gewentel het om die taalgelykheidsbeginsel van artikel 137.

Die oortuiging van die reg van hul saak van die waarde van hul taal in alle fasette van die lewe en die billikheid en regverdigheid van hul saak, het die motivering verskaf wat toenemende getalle mense, veral leidende figure in die openbare lewe, die onderwys en akademie, geïnspireer het.

Prof. Steyn stel die vraag: As gelykheid nie in die onderhandelinge ná 1990 en met die referendum beloof is nie, sou die meerderheid nog vir die nuwe bedeling gestem het?

Motivering sonder 'n kragtige wil om die ideaal te verwesenlik, verloor mettertyd sy stoom. Dat dit ná 1910 nie met Afrikaans gebeur het nie, word in besonderhede uiteengesit op al die terreine en deur al die groepe wat daadwerklik die taal gebruik en ontwikkel het.

Afrikaans kon bereik wat bereik is omdat sy gebruikers oor die wil, die deursettingsvermoë en die leierskap beskik het om teen alle weerstand in te bly glo in die ideaal.

Daar is nie geswig voor die versoeking om toe te gee aan eise dat Afrikaans sy beperkinge moet ken en aanvaar en daarom bereid moes wees om 'n mindere rol te speel nie.

Dit, sê prof. Steyn, was die swakheid van hulle wat tevrede sou wees met 'n skikking om Engels as Suid-Afrika se primêre taal te aanvaar, om sodoende lid te bly van die Britse Ryk en later die Statebond en wat ná 1990 die ANC wou behaag.

Page 29: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-28-

Publikasies: Akademielede (vervolg)

Maar in die proses is ook die fout gemaak om Afrikaans af te skei van al sy sprekers, sodat nie almal wat Afrikaans gepraat het, ewe betrokke kon wees by die maak van die taal nie. Dit is hierdie innerlike spanning wat deur die skikking van 1994 opgehef is, maar die nadelige gevolge daarvan plaas Afrikaans onder permanente druk, wat net hy kan oorwin.

Motivering en wilskrag, sonder die vermoë om dit in dade om te sit, is nie genoeg nie. Daarom handel die grootste deel van die boek oor dade op alle terreine, beginnende by die onderwys en die openbare lewe en uitgebou na internasionaal erkende letterkunde en kuns, 'n navorsings- en wetenskapstradisie aan universiteite en navorsingsrade en die vermoë om op elke terrein van die lewe, met die lojale steun van die naamloses, aktief te werk aan die opbou en ontwikkeling van Afrikaans.

Motivering, wilskrag en skeppingsvermoë word in hoofstuk 17 toegelig as die drie kragte wat Afrikaans tot die soort selfversorging kan lei wat hom vry van die politieke magspel maak. Punt vir punt word 30 hedendaagse gebeure wat hierdie ontwikkelingsproses demonstreer, toegelig. Die sleutelvrae draai om die onderwys, die staatsdiens en die openbare lewe, nie om die kunste nie.

Die verhaal van Afrikaans is die verhaal van val en opstaan. Steyn erken al die negatiewe faktore wat 'n nuwe opstaan moeiliker maak, maar sluit af met dié woorde: "Help mekaar, sorg vir die ruimtes van 'n volledige lewe, behoud van die taal as die draer van lewensbehoeftes, en skep 'n eie toekoms".

Net deernis van Afrikaanse mense sal bepaal of Steyn se historiese en toekomsontleding werklikheid gaan word en bly.

Prof. Pieter Kapp

Die Dorslandtrek, 1874-1881 deur Nicol Stassen, vertel die aangrypende verhaal van ongeveer 700

persone (benewens 'n onbekende getal swart arbeiders) wat Transvaal gedurende die jare 1874 tot 1877 verlaat het en hulle in 1881 ná 'n swerftog van sewe jaar op Humpata op die hooglande van Angola gevestig het. Gedurende hulle epiese tog het ongeveer 230 blanke trekkers gesterf en ongeveer dieselfde getal na Transvaal teruggekeer. Hoewel ongeveer 130 babas gedurende die trek gebore is, het slegs ongeveer 370 persone hulle beloofde land uiteindelik bereik.

Die Dorslandtrek, 1874-1881 is die eerste boek wat in amper 40 jaar oor dié onderwerp verskyn. Bestaande feite word grondig ontleed en nuwe feite word op 'n omvangryke wyse byeengebring. Die resultaat is die mees omvattende boek en pragpublikasie oor dié aangrypende gebeurtenis.

ISBN: 978-1-4853-0105-9 Uitgewer: Protea Boekhuis

Page 30: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-29-

Publikasies: Akademielede (vervolg) Die vierde uitgawe van Dictionary of Southern African place names deur Peter E. Raper, Lucie A.

Möller en L. Theodorus du Plessis het in Desember 2014 verskyn en bevat meer as 9 000 pleknaaminskrywings met inligting oor die topografiese gesteldhede, historiese agtergrond, betekenis van die plekname, naamsveranderinge, kruisverwysings na vorige goedge-keurde name en waar moontlik ook die herkomstaal van die oorspronklike naam; of dit 'n vertaling of aangepaste vervorming of alternatiewe naam is. Die inligting rondom die plekname is verder uitgebrei met geo-grafiese, plant- en dierkundige, sterrekundige, volkekundige, taalkundige en ander inligting wat betrekking op die naam mag hê. Verder is bykomende besonderhede soos o.a. die provinsie, graadvierkant met lengte- en breedtegraad, asook die GPS; distrikte en afstande van die naaste groot entiteit byvoorbeeld 'n dorp, magistraatskantoor, berg en so meer aangetoon. Dit is uiteraard meer as slegs 'n verwysingswerk. Dit is die enigste woordeboek van sy soort oor geografiese name wat beide dié soort akademiese

inligting gee, maar ook interessante staaltjies, legendes, verbale optekeninge en so meer by die inskrywings van name insluit. Dit gee nuwe insigte in die ryk geskakeerde agtergrond van die veelvuldige taal- en kulturele nalatenskap van Suidelike Afrika, van verskillende landstreke en die mense wat dit oor duisende jare bewoon en benoem het, en soos dit opgeteken en bewaar gevind is in die plekname en hulle verhale. Benewens die agtergrond tot plekname in die algemeen in Suider-Afrika, die oorsprong van baie vertaalde en vervormde plekname uit die Boesman-, Khoikhoi- en inheemse tale, word daar in die Inleiding ook riglyne gegee met betrekking tot die skryfwyse en ander konvensies rondom die hantering van plekname uit die verskillende tale wat in die gebied gebesig is, steeds gepraat word of minstens in plekname 'n neerslag gevind het. Die plekname van 'n land vorm 'n gedeelde woorde- en kultuurskat van al die mense in daardie land en is derhalwe 'n nasionale bate. Duidelik is hierdie taalkundige en kulturele erfenis van onskatbare waarde en behoort bewaar en bevorder te word deur verdere navorsing en bekendmaking. 'n Bespreking van die werkswyse of metode wat gevolg is by die navorsing oor plekname, asook wenke hoe om die boek te gebruik, is ingesluit. Die vorige drie uitgawes van die Dictionary is geskryf deur prof. Peter Raper, buitengewone leraar in Linguistiek aan die Universiteit van die Vrystaat. Die huidige uitgawe het twee medeskrywers bygekry, naamlik prof. L. Theodorus du Plessis, direkteur van die Eenheid vir Taalfasilitering en -bemagtiging aan die UV, en dr. Lucie A. Möller, navorsingsgenoot aan die UV. ISBN: 978-1-86842-549-5 Prys: R350 Uitgewer: Jonathan Ball Uitgewers

Page 31: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-30-

Publikasies: Akademielede (vervolg)

Ou-Kaapse meubels – studies in style deur Matilda Burden is 'n ensiklopediese werk met 436 bladsye en 1 220 kleurfoto's.

Die boek handel nie net oor ou-Kaapse meubels nie, maar het ook 'n internasionale konteks. Dit is die eerste van sy soort wat in Afrikaans gepubliseer is en sal binnekort ook in Engels beskikbaar wees. Die boek bevat 'n terminologielys in Afrikaans en Engels met definisies, sowel as 'n bronnelys en 'n indeks. Prof. Burden beskryf die boek as 'n naslaanbron vir mense wat met meubels werk, soos die kuratore van museums of versamelings, maar ook vir gewone lesers wat graag meer wil leer en uitvind oor hul eie meubelstukke. Die boek is tans beskikbaar by prof. Burden se kantoor by die Universiteitsmuseum van US teen R560 per boek. Belangstellendes kan prof. Burden skakel vir meer beson-derhede: Tel. 021 808 2002; Selnr. 082-771-8278.

So kry ons Afrikaans deur Christo van Rensburg se fokus val op Afrikaans en die mense wat Afrikaans praat. Hoe pas almal se stukkies in die legkaart van Afrikaans in as mens agterna daarna kyk? In hierdie vertelling word gekyk na die raakpunte tussen Afrikaans en sy sprekers. Hoe het hulle hul rolle in die geskiedenis van Afrikaans gespeel? In hierdie boek word onder meer vertel van hierdie eerste Afrikaans wat gepraat is, hoe die eerste optekening van die oudste geskrewe Afrikaans lyk en hoekom Afrikaans se taalgebied daarna drasties verander het. Daarmee is die storie nog maar net aan die begin. Afrikaans is ook geskryf, en 'n storie of twee daaraan verbonde is ingesluit. En steeds gaan die verhaal voort … 'n Taal, soos Afrikaans, bestaan uit al sy variëteite. 'n Paar van Afrikaans se variëteite kom hier aan die bod. Wat is die betekenis van sy variëteite vir Afrikaans? Van die interessantste kante van die taal lê juis daar en is 'n groot taalrykdom. Daar is altyd redes vir die bestaan van variëteite. Om te verstaan hoe variëteite werk, moet ver teruggeloop word op die spore van sy sprekers. Hierdie boek onderneem 'n paar sulke reise en by uitsondering verwys die

teks na persone. Partykeer word na vroeë reisigers en hulle waarnemings verwys, want sonder sulke reisigers se getuienis kan die geskiedenis van Afrikaans nie vertel word nie. Ander kere is 'n naam genoem om die aandag op 'n besonderse bydrae tot Afrikaans te vestig.

Lapa Uitgewers Prys: R199,99 ISBN: 978-0-7993-5660-1

Page 32: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-31-

Publikasies: Akademielede (vervolg)

Legal terminology: criminal law, procedure and evidence/Regsterminologie: straf-, strafproses- en bewysreg (Engels-Afrikaans/Afrikaans-Engels (vertalend en verklarend) – Eindredaksie: prof. Michael Wilhelm Prinsloo, drr. Mariëtta Alberts en Nina Mollema.

Regstaal is een van die moeilikste vaktale aangesien slegs kundige regslui, wat die spesiale terminologie onder die knie het, suksesvol kan kommunikeer – leke is geneig om te sukkel om regstaal te verstaan. Dié vakwoordeboek wat pas deur die Sentrum vir Regsterminologie in Afrikatale (SRTAT)/Centre for Legal Terminology in African Languages (CLTAL) saamgestel en deur Juta gepubliseer is, handel oor regstaal op die terreine van straf-, strafproses- en bewysreg, en is gemik op die oor-brugging van kommunikasieprobleme in 'n regsmilieu soos die hof. Artikel 35(3)(k) van die Suid-Afrikaanse Grondwet (1966) verklaar immers: "Elke beskuldigde persoon het die reg op 'n billike verhoor, waarby inbegrepe is die reg om verhoor te word in 'n taal wat die beskuldigde persoon verstaan of, indien dit nie

doenlik is nie, dat die verrigtinge in daardie taal getolk word." Buiten Engels en Afrikaans is etlike Latynse regsterme en -frases as lemmas in die woordeboek opgeneem. 'n Sinopsis van die Latyn, met die Engelse en Afrikaanse vertalings, word in die middel van die woordeboek aangebied as 'n insetsel vir vinnige verwysing. Ten einde meer inligting oor die regsbetekenisse van die Latyn te bekom, moet die A-Z-afdelings van die woordeboek geraadpleeg word. Die teikengroep vir wie hierdie terminologie bedoel is, sluit regslui, tolke, vertalers, die opstellers van wetgewing, regstudente en Jan Alleman in. Die eerste woordeboek in die reeks is 'n tweetalige verklarende Engels-Afrikaanse/Afrikaans-Engelse regswoordeboek. Hierdie woordeboek is eerste gepubliseer sodat dit reeds deur regslui en taalpraktisyns gebruik kan word. Die doel is egter om vertalende en verklarende weergawes in al die amptelike tale saam te stel en te publiseer. Die Sentrum vir Regsterminologie in Afrikatale se visie vir hierdie reeks vakwoordeboeke, is dat hulle gebruik sal word deur gebruikers van die amptelike Suid-Afrikaanse tale – om die betekenis van regsterme in hul eie tale na te gaan of om suksesvol met iemand te kommunikeer wat enige van die ander amptelike tale praat. Die samestelling van die terminologielys het baie jare geduur omdat alle lede vrywillige medewerkers is. Hoewel die aktiewe span van medewerkers gekrimp het, is daar steeds 'n toegewyde kerngroep medewerkers wat met die projek voortgaan.

ISBN: 978-1-4851-0716-3 Prys: R650 Uitgewers: Juta, 2015 ([email protected])

Page 33: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-32-

Navorsingspublikasies deur lede

Nota: Publikasies in die TGW en SATNT word nie hier geplaas nie.

� Van Rensburg, M.C.J. 2013. 'n Perspektief op 'n periode van kontak tussen Khoi en Afrikaans. Literator; Vol 34(2), pp. 11, doi: 10.4102/lit.v34i2.413.

� Visser, W.P. 2014. "Caught in a stranglehold between resistance and reform: The Mine Workers' Union and rightwing politics in South Africa, 1979-1997" (Joernaal vir Eietydse Geskiedenis, 39 (2), Desember, pp. 101-119).

Gelukwensings: Akademielede

� Prof. Naomi Morgan – toekenning van ridderskap

Prof. Naomi Morgan, dosent in die UV se Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans, het op Maandag 26 Januarie 2015 die gesogte Chevalier de l’Ordre des Arts et des Lettres-toekenning by die Franse ambassade in Pretoria ontvang. Die Ordre des Arts et des Lettres (Orde van Kuns en Letterkunde) is 'n Franse Orde wat op 2 Mei 1957 deur die Minister van Kultuur in die lewe geroep is, en die toekenning se aanvullende status tot die Ordre national du Mérite is in 1963 deur president Charles de Gaulle bevestig. Die doel is om erkenning te gee aan noemenswaardige bydraes tot die kunste en letterkunde, of die bevordering van hierdie rigtings. Prof. Morgan word erkenning gegee vir haar vertaling van toneelstukke soos Oskar en die Pienk Tannie, asook haar vertaling van Afrikaanse liedere vir die Afri-Frans-versameling. Die feit dat die Franse regering so 'n hoogaangeskrewe toekenning ter erkenning van die "vertaalkuns" gemaak het, is vir haar selfs 'n meer oorweldigende eer as die persoonlike prestasie self. Die Chevalier (ridderskap) wat aan prof. Morgan toegeken is, is die derde hoogste graad in die Orde. Prof. Morgan sluit nou aan by wêreldbekendes soos William Kentridge en Johnny Clegg op die lys van vooraanstaande persone wat hierdie eer ontvang het. Slegs twee Suid-Afrikaanse letter-kundeprofessors – J.M. Coetzee en André P. Brink – het hierdie toekenning in die verlede ontvang. André P. Brink het gedurende 1992 'n Commandeur de l’Ordre des Arts et des Lettres ontvang en die Chevalier de l’Ordre des Arts et des Lettres is aan J.M. Coetzee toegeken. Prof. Morgan skryf soos volg: "Ek voel dat 'n toekenning soos hierdie nie net vir my iets beteken nie, maar ook vir studente wat nog besig is om te studeer en wonder: gaan daar erkenning wees, wat kan 'n mens met vertaling maak?" het prof. Morgan gesê. "Dit is die grootste geskenk, die grootste geskenk wat enigiemand ooit vir my kon gee. Ek vra nou vir niks meer nie!"

Alle Akademielede word hartlik genooi om besonderhede van publikasies aan die kantoor te stuur vir opname in dié rubriek.

Page 34: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

Gelukwensing

� Prof. Jean Lubuma is deur die Unvan die Fakulteit Natuur- en Landbouwetenskappe met effek van 15 Maart 2015.

� Erelidmaatskap van die SA Instituut vir Fisika is aan Engelbrecht

� Gelukwense aan prof. Marlene van Niekerkop die kortlys vir vanjaar se "Man Booker"Niekerk is een van vier kandidate uit Afrika wat op die kortlys van

Volgens die NSTF-BHP Billiton Awards eNewsldeur NSTF gemaak:

� Communication for outreach and creating awareness, by a team or individual

aan prof. Johann

� Management and related activities over the lastprof. Johann Mouton van die Universiteit van Stellenbosch, asook aan Deon de Beer van Noordwes-Universiteit.

� Over a lifetime by an individual

-33-

Gelukwensings: Akademielede (vervolg)

is deur die Universiteit van Pretoria aangestel as en Landbouwetenskappe met effek van 15 Maart

Erelidmaatskap van die SA Instituut vir Fisika is aan Engelbrecht toegeken.

prof. Marlene van Niekerk, 'n vorige Hertzogpryswennerkortlys vir vanjaar se "Man Booker"-prys vir Triomf en Agaat. Prof. Van

Niekerk is een van vier kandidate uit Afrika wat op die kortlys van 10 is.

BHP Billiton Awards eNewsletter, is onder andere die volgende

Communication for outreach and creating awareness, by a team or individualprof. Johann Engelbrecht van die Universiteit van Pretoria.

Management and related activities over the last 5-10 years by an individualvan die Universiteit van Stellenbosch, asook aan

Universiteit.

Over a lifetime by an individual, aan prof. Deon de Be

elede (vervolg)

van Pretoria aangestel as Dekaan en Landbouwetenskappe met effek van 15 Maart

Erelidmaatskap van die SA Instituut vir Fisika is aan prof. Japie

, 'n vorige Hertzogpryswenner; sy is . Prof. Van

die volgende toekennings

Communication for outreach and creating awareness, by a team or individual, van die Universiteit van Pretoria.

10 years by an individual, aan van die Universiteit van Stellenbosch, asook aan prof.

prof. Deon de Beer.

Page 35: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-34-

Nuwe lede

Fakulteit Kuns en Geesteswetenskappe

• Prof. Susan Adendorff, Pretoria

• Prof. Eunice Basson, Pretoria

• Prof. Marc Bossuyt, België

• Prof. Hannes Britz, Milwaukee

• Prof. Josef de Beer, Potchefstroom

• Prof. Pierre de Villiers, Stellenbosch

• Prof. Rian de Villiers, Pretoria

• Dr. Michelle Finestone, Pretoria

• Dr. Fazel Freeks, Potchefstroom

• Mnr. Pieter Geldenhuys, Strand

• Prof. Ada Jansen, Stellenbosch

• Prof. Yolanda Jordaan, Pretoria

• Adv. Erna Klopper, Somerset-Wes

• Prof. Anton Kok, Pretoria

• Prof. Nico Koopman, Stellenbosch

• Dr. Bas Kromhout, Voorburg, Nederland

• Mnr. Cerneels Lourens, Brits

• Dr. Lindie Koorts, Johannesburg

• Prof. Piet Naudé, Stellenbosch

• Prof. Juanita Pienaar, Stellenbosch

• Prof. Marietjie Potgieter, Pretoria

• Dr. Johann Rossouw, Bloemfontein

• Mev. Natasja Schellaars- le Roux, Pretoria

• Mnr. Theo Schoeman, Pretoria

• Ds. Adelbert Scholtz, Somerset-Wes

• Me. Marida Swanepoel, Johannesburg

• Mnr. Tienie Theunissen, Johannesburg

• Mnr. Willem Theunissen, Pretoria

• Mnr. Francois van der Merwe, Pretoria

• Me. Linette van der Merwe, Pretoria

• Prof. Linda van Ryneveld, Pretoria

• Dr. Surette van Staden, Pretoria

Fakulteit Natuurwetenskap en Tegnologie

• Dr. Mardé Booyse, Stellenbosch

• Prof. Greta Dreyer, Pretoria

• Prof. Johan Meyer, Bloemfontein

• Dr. Albert van Jaarsveld, Durban

• Prof. Ronny Webber-Youngman, Pretoria

Page 36: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-35-

Hulde: André P. Brink

� Prof. André P. Brink † André P. Brink se onverwagte dood, kort voor sy tagtigste verjaarsdag, het ook hier in Nederland waar ek vir drie maande werk, opslae gemaak. Dalk ook vanweë die manier waarop dit plaasgevind het. Daar word selfs hier 'n seminaar gereël om sy literêre nalatenskap te herdenk. Brink se belangrikste werk is ook in Nederlands vertaal (naas tientalle ander tale) en ook hier was hy, saam met skrywers soos Etienne van Heerden, Antjie Krog en Marlene van Niekerk, 'n huishoudelike naam.

Kyk jy na die laaste onderhoud met Ludo Teeuwens in Brussel, merk jy 'n broser geworde man, maar steeds met 'n vlymskerp verstand wat sonder 'n stukkie papier voor hom in staat is om hom moeiteloos in Frans (en Engels) uit te druk. Uit Brink se teoretiese en skeppende werk spreek 'n belesenheid en wye verwysingsveld wat verbluffend is en herinner aan dié van sy mentor, Rob Antonissen; vir jare Brink se departementshoof aan die Rhodes Universiteit in Grahamstad.

Wanneer bestek opgeneem word van die Afrikaanse letterkunde sal die naam van Brink nooit ontbreek nie. Deur sy hele literêre loopbaan was Brink 'n baanbreker en vernuwer. Saam met Breyten Breytenbach en Jan Rabie raak hy vroeg gedrenk in die eksistensiële filosofie en ervaar hy in die na-oorlogse Parys die skipbreuk van sekerhede, die besef van 'n bestaan wat deur absurditeit bedreig word. Hy raak goeie vriende met baie van die Nederlandse Vyftigers wat toe ook in Parys gewoon het en kom onder die indruk van 'n nuwe, eksperimentele manier van skryf.

Na 'n tradisionele begin, volg die eksperimentele werke – waaronder Lobola vir die lewe (1962), Die ambassadeur (1964), Orgie (1965) en Miskien nooit (1967) – een en almal romans wat die grense versit het en waarsonder die hele Beweging van Sestig ondenkbaar is. Veral die eerste twee werke is tans steeds seminale tekste in dié beweging. Hierin kry ons ook Brink se vermenging van die seksuele met die metafisiese. Hoewel hy dikwels beskuldig is van "vuilskrywery" was die seksuele by Brink geen goedkoop truuk nie, maar was dit sterk verbonde met 'n diep, byna religieuse ervaring en het dit ook verband gehou met sy politieke siening: immers, seksuele bevryding vorm dikwels 'n parallel met politieke emansipasie. Daarom juis word daar by herhaling 'n gelykenis geskep tussen die vrou en die slaaf wat beide onderdrukte figure in die Brink-optiek is.

In die twee laasgenoemde tekste hierbo word weer die Jungiaanse anima ten tonele gevoer. Dit is die argetipiese beeld van die begeerde vrou wat elke man in sy onbewuste dra. Vir Brink vind die anima gestalte in die figuur van Ingrid Jonker wat in beide romans voorkom. Dit is opvallend (maar ook verklaarbaar) waarom die tipiese vrouekarakter in Brink se werk eintlik altyd dieselfde bly.

André P. Brink (1935-2015)

Page 37: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-36-

Hulde: André P. Brink (vervolg)

Maar Brink was nie net die skrywer van 'n klomp romans waarvan sommiges ook verfilm is en internasionaal bekend geraak het nie. Hy het deur verskeie boeke die teoretiese onderbou verskaf aan belangrike tendense in die Afrikaanse letterkunde. Naas Van Wyk Louw se Vernuwing in die prosa (1961), was Brink se Aspekte van die nuwe prosa (1967) en Aspekte van die nuwe drama (1974) sleutelwerke om die hele vernuwing van Sestig te kontekstualiseer en te begryp. Later weer toe Sestig begrawe was, was dit einste Brink wat gepleit het vir groter (politieke) betrokkenheid en 'n gerigtheid op Afrika. Daarbenewens vertaal Brink verskeie werke waaronder Die klein prinsie en Alice in Wonderland en is hy een van die grootste kanoniseerders in die Afrikaanse letterkunde; nie net as gedugte en gevreesde resensent nie, maar ook in sy latere jare as samesteller van Groot Verseboek. Brink se roman Kennis van die aand (1973) word nie net verban nie, maar kondig ook die stryd aan tussen die (Afrikaanse) skrywer en die Nasionale Party-regering in die jare sewentig en tagtig.Van sy beste sogenaamde politieke romans was 'n Oomblik in die wind, 'n Droë wit seisoen en Houd-den-Bek (1982). Dit is juis hierdie werke wat hom internasionaal bekend gemaak het. Om hom egter bloot te beskuldig van politieke opportunisme, is kortsigtig. Die navorsing wat ten grondslag lê van byvoorbeeld Houd-den-Bek, is verbluffend en getuig van 'n gewetensvolle skrywer. 'n Moontlike volgende fase sou genoem kon word die post-modernistiese fase. Werke wat hier uitstaan is Inteendeel, Duiwelskloof en Donkermaan. Indien Brink se oeuvre onder die loep geneem word, blyk dat sy werk gekenmerk word deur herhalende motiewe en temas (die belangrikheid van die seksuele as verset en ontsnapping, die ingeperktheid van vrou en slaaf, die noodsaak om te rebelleer as jy aan 'n saak glo – selfs al het dit die dood tot gevolg, die obsessie met geskiedenis as deterministiese mag, maar daarenteen ook die wete dat elke daad geskiedenis máák, en ten slotte die aanwesigheid van die verlede. Ander herhalende aspekte kom ook telkens voor: die geneigdheid om in ietwat weke romantiek (en self sentimentalisme) te verval; karikaturale voorstellings van karakters en gebeure; 'n toenemende humoristiese inslag wat by tye nogal burlesk (en selfs studentikoos) kan wees. Daar is egter min aspekte wat sy werk só kenmerk as sy tipiese – en herhaaldelik voorkomende – vrouefiguur. Dit gee hy self toe in sy outobiografiese werk Miskien nooit, p.13 en noem haar heel eerlik "my besondere beeld van 'die meisie'; stellig my Anima". Die bekende uitgewer J.J. (Koos) Human het by die bekendstelling van André P. Brink se roman, Inteendeel (1993) gesê dat Brink 'n onderskatte en miskende figuur in sy eie Afrikaanse literêre gemeenskap is. Wanneer die Afrikaanse kritici hul moes verweer omdat hul Brink nooit genoegsaam erken het nie, was die argument, volgens Human, dikwels dat Brink in die buiteland "opgevysel word om politieke redes". Human sê onomwonde dat dit bloot 'n rookskerm is om politieke bevoor-oordeeldheid te verberg. "Die bewering dat Brink net om politieke redes in die buiteland geprys word, is volkome onwaar. Brink het op die internasionale verhoog gegroei omdat die gehalte van sy werk erken is."

Page 38: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-37-

Hulde: André P. Brink (vervolg) Die SA Akademie het Brink by vyf geleenthede bekroon: een keer met die Eugène Maraisprys vir 'n debuutwerk; een keer met die Akademieprys vir vertaalde werk; een keer met die Gustav Prellerprys vir literatuurwetenskap en letterkundige kritiek; twee keer met sy hoogste literêre toekenning, die Hertzog-prys: een keer vir drama en ook vir prosa. Daar sou verskil kon word oor die vraag of Brink nie veel vroeër reeds die drama- en prosaprys verdien het nie: sy absurde dramas en sy eksperimentele romans het inderdaad lank reeds die bakens versit. Die Ambassadeur, 'n Droë wit seisoen en veral Houd-den-Bek was byvoorbeeld almal sterk romans wat vroeë erkenning verdien het. Feit is egter dat hy uiteindelik erken is deur sy eweknieë. Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns stel hoë prys op uitnemendheid: in die wetenskap én in die kuns. Daarom huldig ons André P. Brink as wetenskaplike en skrywer. Ave atque vale. Gegroet en vaarwel. André P. Brink het die volgende Akademiepryse ontvang:

• Eugène Maraisprys vir Drama – 1963

• Akademieprys vir Vertaalde Prosa – 1970;

• Gustav Prellerprys vir Literatuurwetenskap en Letterkundige Kritiek – 1994

• Hertzogprys vir Drama – 2000

• Hertzogprys vir Prosa – 2001

Prof. Hennie van Coller Voorsitter: Letterkundekommissie

In memoriam – lede

• Prof. K. Adendorff, Pretoria

• Dr. M.L. Benade, Pretoria

• Prof. J.J. de Klerk, Bloemfontein

• Prof. N. Grobbelaar, Pretoria

• Prof. F.O. Müller, George Ons eer hul nagedagtenis.

Page 39: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-38-

Hulde: Akademielede

� Prof. Kris Adendorff †

Prof. Kris Adendorff, 'n welbekende persoon in Suid-Afrika, is op 26 Oktober 2014 op 83-jarige leeftyd oorlede.

Kristian Adendorff is op 21 April 1931 in Pietermaritzburg gebore. Hy behaal die BSc-graad in 1953 in Elektriese Ingenieurswese aan die Universiteit van die Witwatersrand en die MBA- en DBA-grade aan die Universiteit van Pretoria in 1961 en 1969 respektiewelik.

Prof. Adendorff het by die Fakulteit Ingenieurwese, Universiteit van Pretoria in 1959 aangesluit. Aanvanklik was hy verbonde aan die Departement Elektriese Ingenieurswese en daarna Meganiese Ingenieurswese en in 1961, toe Industriële Ingenieurswese vir die eerste keer as aparte graad in die Departement aangebied is, is hy daarheen. Hy was dus van die aanvang betrokke by die ontwikkeling van Industriële Ingenieurswese en hy het later bekend gestaan as die vader van Industriële Ingenieurswese.

Prof. Adendorff het in 1991 as 'n professor in die Departement van Industriële en Stelselingenieurswese afgetree. As emeritusprofessor, het hy deeltyds, tot met sy dood, sy werk in die departement voortgesit. Prof. Adendorff se bydrae as studieleier en promotor is verstommend. Meer as 150 Ming- en MBA-, en meer as 20 Ding-, PhD- en DBA-studente, het hul grade onder sy leiding afgehandel.

Hy was 'n stigterslid van die SA Instituut van Industriële Ingenieurs, tans die Suidelike Afrikaanse Instituut vir Industriële Ingenieurswese (SAIIE). As 'n lid van die Instituut het hy in talle kapasiteite, insluitend as president en later as erelid van die Instituut betrokke gebly. Prof. Adendorff was 'n lid van die SA Instituut vir Elektriese Ingenieurs en 'n lid van die SA Akademie.

Hy was 'n geregistreerde professionele ingenieur en nie net 'n leier op akademiese terrein nie, maar ook in die ingenieurspraktyk. Hy was die voorsitter en besturende direkteur van C.A. du Toit (Edms.) Bpk. en aktief as raadgewende direkteur van Krissakon.

Prof. Adendorff was 'n Renaissance-man. Hy het wyd gereis en gelees en sy belangstellings het grofsmid- en houtwerk ingesluit. Hy het om sy Frans te verbeter, 'n Franse toneeltuk in Afrikaans vertaal vir die intellektuele uitdaging wat hy hierin gesien het. Hy het graag geskilder en was 'n entoesiastiese gholfspeler. In sy jonger dae het hy in tennis en krieket uitgeblink en ingenieurswese se rugbyspan by Tuks afgerig. Op godsdienstige gebied het hy as ouderling gedien van 1976 tot 1990.

Prof. Adendorff laat sy vrou Riekie, sy dogter Susan* en kleinkinders na.

*Prof. Susan Adendorff het pas 'n lid van die SA Akademie geword.

Page 40: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-39-

Hulde: Akademielede (vervolg)

� Dr. Marius Benade †

Dr. Marius L. Benade is op 3 Oktober 1931 te Tweeling in die destydse Oranje-Vrystaat gebore. In 1956 tree hy in die huwelik met Karena le Roux van Paarl en vyf kinders is uit die huwelik gebore.

Hy ontvang sy skoolopleiding aan Grey Kollege, Bloemfontein en behaal die BA-graad in 1951 aan die Universiteit van Stellenbosch. Daarna voltooi hy sy studie vir die LLB-graad aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Tydens sy LLB-studie was hy vir twee jaar die regtersklerk van Appèlregter Toon van den Heever. Vanaf 1954 tot einde 1959 praktiseer hy as advokaat aan die Vrystaatse Balie.

Einde 1959 aanvaar hy die pos van senior lektor in die Regte aan die Universiteit van Suid-Afrika en in 1960 word hy aangestel as hoof van die Departement Handelsreg. Hy sit sy studie voort en lewer in 1964 sy tesis, die Ultra Vires-leerstuk in die Maatskappyereg, wat hom die LLD-graad besorg. In 1965 is hy bevorder tot professor.

Hy was sedert 1966 'n lid van die Kommissie van Ondersoek na die Maatskappywet, onder voor-sitterskap van regter H. van Wyk de Vries. Gedurende 1966 besoek hy die VSA met behulp van 'n toekenning van die destydse Nasionale Raad vir Sosiale Navorsing en bestudeer hoofsaaklik Amerikaanse maatskappyereg aan die Universiteit van Kalifornië te Berkeley en Duke University. In 1971 woon hy 'n internasionale konferensie oor die multinasionale sakeonderneming te Montreal by.

Navorsing en publikasies in vorige jare kulmineer in die skryf van Maatskappyereg saam met prof. H.S. Cilliers. Die werk is in 1968 gepubliseer en onmiddellik na publikasie, is begin met die vertaling daarvan wat aan die einde van daardie jaar gepubliseer is. Vir hierdie werk is die Toon van den Heeverprys vir Regswetenskap in 1969 aan die skrywers toegeken.

Prof. Benade het verskeie artikels en aantekeninge in vakkundige tydskrifte soos die Tydskrif vir Hedendaagse Romeins-Hollandse Reg, die Suid-Afrikaanse Geoktrooieerde Rekenmeester, die South African Law Journal, die Comparative and International Law Journal of Southern Africa en andere gepubliseer.

Marius Benade se wetenskaplike publikasies het baie bygedra tot die bevordering van die Afrikaanse regstaal.

� Prof. Mias de Klerk †

Prof. Mias (J.J.) de Klerk is op 2 Oktober 1925 in Brandfort gebore. Hy matrikuleer daar in 1942.

In 1945 behaal hy die BA- en in 1967 die DPhil-grade aan die destydse PU vir CHO. Hierna studeer hy verder te Stellenbosch en behaal die DTh-graad in 1972. Hy begin met teologiese opleiding op Stellenbosch en handel dit later in Pretoria af. Mias dien as NG predikant in verskillende gemeentes tot met sy aanstelling in 1972 as professor en hoof van die Departement Praktiese Teologie aan die Universiteit van Pretoria.

Hy publiseer wyd op akademiese sowel as meer populêre gebied en beywer hom op alle terreine vir die bevordering van Afrikaans.

Page 41: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-40-

Hulde: Akademielede (vervolg)

� Prof. Nat Grobbelaar † Prof. Nat Grobbelaar, voorheen professor en hoof van die Departement Plantfisiologie en Biochemie, en later Departement Plantkunde van die Universiteit van Pretoria, is op 4 Januarie 2015 oorlede. Hy het ook van 1959 tot 1985 die Bertha Stoneman-leerstoel by UP beklee.

Nathanaël Grobbelaar is op 27 Julie 1928 gebore en verkry sy matriek aan Hoërskool Pearson in Port Elizabeth. Hy ontvang 'n beurs vir die beste student in die Oos-Kaap en verwerf sy B.Sc-graad (cum laude) in Chemie en Plantkunde aan Rhodes Universiteit en sy M.Sc-graad in Plantbiochemie (1952) (ook cum laude) van die Universiteit van Pretoria. Hy word die gesogte "Rockefeller Fellowship" toegeken en vertrek na die VSA, waar hy sy PhD-graad in Plantbiochemie aan die Universiteit van Cornell kry. Die resultate van sy navorsing op die biosintese van aminosure en veral pipekoliensuur, sowel as sy oorspronklike navorsing op stikstofuitruiling tussen cianobakterieë en plante, word vandag steeds in die belangrikste internasionale handboeke aangetref. Hy word 'n internasionaal erkende wetenskaplike vir sy werk op die metaboliese regulering van ver-skillende metaboliete, veral giftige verbindings, sowel as vir sy broodboomnavorsing.

Hy dien op verskeie internasionale rade en kommissies, insluitend die American Association for the Advancement of Science, die Association pour l'Etude Taxonomique de la Flora d'Afrique Tropicale, die American Society of Plant Physiologists en die Botanical Society of America. Prof. Grobbelaar was president of voorsitter van verskeie organisasies, insluitend die International Union of Biological Sciences, The South African Journal of Science, die Professionele Adviserende Raad van die SA Natuurwetenskaplikes, die SA Vereniging van Plantkundiges en die Broodboomvereniging. Hy was ook 'n stigterslid en eerste redakteur van die SA Tydskrif vir Plantkunde wat internasionaal hoog aangeskrewe is.

Prof. Grobbelaar het verskeie toekennings en pryse ontvang vir sy bydrae tot navorsing, insluitend die Junior- en Senior Kaptein Scott-medaljes en die Havengaprys van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy was een van die weinige Suid-Afrikaanse navorsers wat in die "Maquis' Who's Who in the World" verskyn. Hy was die outeur en mede-outeur van meer as 185 artikels in wetenskaplike en populêre tydskrifte en 12 boeke, insluitend die welbekende Broodbome – met spesiale verwysing na die Suider-Afrikaanse soorte. Sy logiese, objektiewe, rasionele en entoesiastiese benadering tot navorsing was 'n besondere gawe. Sy eerlike, openhartige en reguit opinies oor enige aangeleentheid was dikwels onder bespreking deur sy kollegas. Hy het sy kollegas dikwels poetse gebak en kon dit dan met fyn humorsin oorvertel. Prof. Grobbelaar se geliefkoosde aanhaling is waarskynlik die een van Louis Pasteur: "Op die gebied van die waarneming, bevoordeel die geluk alleen die voorbereide gees".

Hy word oorleef deur sy vrou, Hanneke, vier kinders en agt kleinkinders.

Page 42: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-41-

Hulde: Akademielede (vervolg) Prof. Otto Müller †

Prof. Otto (F.O.) Müller is op 28 September 2014 oorlede. Hy is op 18 Junie 1938 in Matathiele in die Oos-Kaap gebore, 'n nederige begin vir 'n merkwaardige mens. Die ongetemde "Wilde Ooste" het prof. Müller geleer om onafhanklik, hardwerkend, vindingryk en prakties te wees; karaktereienskappe wat hy tot groot effek in sy latere lewe aan-gewend het. Prof. Müller was van nature nuuskierig. Van kleins af het hy alles wat hy kon, uitmekaar gehaal. Soms kon hy dit weer aanmekaar sit. En sodra hy iets geleer het, het hy aan ander verduidelik wat hy geleer het. Hy het 'n verstommende aanleg gehad om probleme en oplossings eenvoudig aan ander te verduidelik. Prof. Müller het in 1963 as mediese dokter gekwalifiseer. Kort daarna, in 1965, het hy 'n farmakologie-beurs ontvang om in Mainz, Duitsland navorsing te doen. So het 'n lang navorsingsverbintenis met Duitsland, wat oor dekades sou strek, sy ontstaan gehad. In 1971 word prof. Müller aangewys as die eerste Professor in Farmakologie by die nuutgestigte Fakulteit Geneeskunde aan die destydse Universiteit van die Oranje-Vrystaat. As 32-jarige departementshoof was hy een van die jongste hoogleraars in die Suid-Afrikaanse akademiese geskiedenis. Onder sy bekwame en dinamiese leierskap het die departement vinnig gegroei. In 1975 het die departement hul eerste kontraknavorsingseenheid gestig, die Hoechst-kliniek. In 1978 word die FARMOVS-Navorsingseenheid gestig. Hierdie twee eenhede het oor die jare letterlik honderde proewe op menslike vrywilligers afgehandel, meestal vir internasionale kontrakgewers. Prof. Müller het ook deurlopend lesings op voorgraadse en nagraadse vlak gegee. Met die verloop van jare het sowat 3 000 Suid-Afrikaanse mediese dokters onderrig van hom ontvang. In 1995 word die Kanseliersmedalje van die Universiteit van die Vrystaat aan hom toegeken vir sy bydrae tot kliniese farmakologie in Suid-Afrika. In 1996 word hy 'n lid van die Royal Colleges of Physicians of the United Kingdom se Departement van Farmaseutiese Geneeskunde. In dieselfde jaar vereer die SA Akademie hom met 'n Erepenning van die Fakulteit Natuurwetenskap en Tegniek vir sy bydrae tot kliniese farmakologie in Suid-Afrika; in 1998 het prof. Müller 'n Eredoktorsgraad in Geneeskunde van die Universiteit van die Vrystaat ontvang en in 2007 ontvang hy die FARMOVS-prys vir Farmakologie en Geneesmiddelontwikkeling van die SA Akademie.

Page 43: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-42-

Hulde: Akademielede (vervolg) Prof. Müller het in 1996 die South African Clinical Trials-navorsingseenheid in George in die Wes-Kaap op die been gebring. In 1998 het hy vroegtydige pensioen geneem en sy tyd voltyds aan die navor-singsbedrywighede in George gewy. Hy het aktief in navorsing gebly, maar ook by veelvuldige gemeenskapsontwikkelingsprojekte betrokke geraak. Sy diep geloof, asook sy liefde vir sy naaste, was vir almal sigbaar.

In 2014 het prof. Müller se gesondheid onverwags verswak. Na veelvuldige ondersoeke is gevorderde en aggressiewe longkanker by hom gediagnoseer. Drie weke later is hy op Sondag, 28 September 2014 in sy slaap oorlede. Sy laaste artikel is enkele dae voor sy afsterwe vir publikasie aanvaar. Sy intellek was tot op die einde helder en sy alombekende sin vir humor was geensins afgestomp nie.

Ten spyte van prof. Müller se onbetwiste briljantheid en sukses, was hy 'n diep nederige mens. Inderdaad, hy het doelbewus die kalklig vermy. Een van sy merkwaardigste gawes was sy vermoë om sy hele lewe lank vriende te maak. Waar die meeste mense ophou om nuwe vriende te maak sodra hulle skool of universiteit verlaat, het hy tot reg aan die einde van sy lewe selfs in die hospitaal, nuwe vriende gemaak. Niemand was te gering vir sy aandag en vriendelikheid nie. Hy het die skoonmakers in die fakulteit elke môre met dieselfde hartlikheid gegroet as kollegas en vername mense. Sy oggendlikse "groet-rondtes" in sy departement was alombekend. Almal het 'n kans gehad om met hom te gesels, probleme uit te lig en vooruitgang te deel. Prof. Müller word oorleef deur sy vrou, Gundel, drie kinders en vyf kleinkinders.

BELANGRIKE DATUMSBELANGRIKE DATUMSBELANGRIKE DATUMSBELANGRIKE DATUMS

� Die SA Akademie se suidelike Bekroningsplegtigheid vind op Woensdagaand 24 Junie by

die Universiteit van Stellenbosch plaas. Die tweede Bekroningsplegtigheid vind op Vrydag-

aand 2 Oktober by die Universiteit van Pretoria plaas.

� Die SA Akademie se jaarlikse Simposium vind vanjaar op 1-2 Oktober by die

Groenkloofkampus, Universiteit van Pretoria plaas. Tema: Die verhouding/spanning tussen

globaal en lokaal.

� Die jaarlikse Hertzoggedenklesing vind vanjaar op 15 Oktober in Pretoria plaas. Die

onderwerp sal handel oor die Nasionale Pers, wat in 1915 gestig is. Spreker: Prof. Lizette

Rabe. � Die Studentesimposium wat jaarliks natuurwetenskapstudente van oor die hele land lok,

word vanjaar op 29-30 Oktober gehou. Die gasheer is die Universiteit van die Vrystaat en

die Simposium sal op die hoofkampus aangebied word.

Page 44: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-43-

Persberigte

Indien lede weet van enige publikasies waar oor sake van die Akademie berig word, stuur dit asseblief aan [email protected] of faks: 012-328-5091:

NWU kraai koning! (ATKV/RSG Spel-intervarsity Taalgenoot, Somer 2015 Avoiding fiscal cliff will have taxpayers staggering (Jannie Rossouw e.a.) Business Day, 7 Januarie 2015 Michael le Cordeur: Die rykes en armes Die Burger, Forum, 17 Januarie 2015 Wat goeie base doen en nie doen nie ... (Hennie van Coller) Netwerk24, 19 Januarie 2015 Derde Afrikaanse fees in 2016 in Amsterdam Beeld, 23 Januarie 2015 Michael le Cordeur: Skool (Spine Road) ontdek resep vir sukses Rapport, 25 Januarie 2015 Michael le Cordeur: Want Wellington se kinders verdien beter Post Scriptum, Paarl Post, 29 Januarie 2015 Michael le Cordeur: Kan daar lewe wees na die dood? Die Burger, Forum, 29 Januarie 2015 Driekie Hay kry pos by universiteit in Durban Beeld, 2 Februarie 2015 Theuns Eloff lei nou FW se stigting Beeld, 2 Februarie 2015 Michael le Cordeur: Hoor 'n Leier praat Die Burger/Beeld, 12 Februarie 2015 Michael le Cordeur: Dis hoe 'n Leier dit doen Beeld, 12 Februarie 2015 AP Brink sit leser aan dink Bloemnaweek, 13 Februarie 2015 Michael le Cordeur: Dis tyd om te versoen Post Scriptum, Paarl Post, 26 Februarie 2015 Kleiner en groener woonstyl (Hans Wegelin) Plus 50, Maart/April 2015 Só sal Afrikaans as leertaal oorleef (Fernand de Varennes) Beeld, 3 Maart 2015 NWU: Besluit oor rektor gou geneem (Herman van Schalkwyk) Beeld, 3 Maart 2015 PUK praat nie met belanghebbendes Beeld, 4 Maart 2015 NWU lyk bang vir menings oor taal (Dirk Hermann) Beeld, 4 Maart 2015 Universiteit is g'n betrek (Theo Venter) Beeld, 4 Maart 2015 Beeld sê: Taalstryders kan gerus na hom luister Beeld, 4 Maart 2015 Ruim taalwet-struikelblokke uit weg, sê Cyril Beeld, 5 Maart 2015 Moenie taal die sondaar maak nie (Tom McLachlan) Die Burger, 7 Maart 2015 Kgadi se plan kry teenstand in senaat Beeld, 13 Maart 2015 NWU sal mark verloor Beeld, 13 Maart 2015 Sprekers van Afrikaans het foute gemaak Die Burger, 14 Maart 2015 Taal se toekoms kort dié beleggings (Tim du Plessis) Rapport, 23 Maart 2015 Tertius Kapp bekroon met Hertzogprys Netwerk24, 27 Maart 2015 'Dis groot eer' sê Tertius Kapp oor sy Hertzogprys Netwerk24, 27 Maart 2015 Haal ras en aggressie uit taaldebat Beeld/Netwerk24, 25 Maart 2015 Bekronings 2015 LitNet, 27 Maart 2015 Hertzogprys vir Kapp Beeld, 28 Maart 2015 Beeld sê: Die toekoms van Afrikaans is in ons hande Beeld, 31 Maart 2015 Vanaf fika tot Hertzog – Tertius Kapp Beeld, 2 April 2015 Zuma moet optree! (Fransjohan Pretorius) Beeld, 8 April 2015 Debutante ook na Afrikaanse week Beeld, 13 April 2015 Insig: TV-onderhoud (Jannie Rossouw en Chris Klopper) YouTube-skakel, 13 April 2015 Afrikaans op agenda vir gesprek (universiteite en minister praat) Beeld, 16 April 2015 Die Ghoemas se ghoema probleem (debat oor Afrikaans) Beeld, 16 April 2015 Om te dink taal kry nou erkenning (Danny Titus) Beeld, 16 April 2015 Ruimteagentskap 'boer agteruit' met Afrikaans-besluit Rapport, 19 April 2015 Vooruitsig vir die OLIEPRYS in 2015 (Jannie Rossouw) OVK, Maart 2015

Die Akademie se bedrywighede het ook dikwels die afgelope tyd in LitNet, Maroela Media, TV-nuus, kykNET, Dagbreek-onderhoude, RSG, Radio Pretoria en radiobulletins gefigureer.

Page 45: Nuusbrief Maart 2015 elektronies - akademie.co.za · gebruikersgroepe. Hierdie werksaamhede sluit advies en voorligting oor Standaardafrikaans aan die Akademie en die breë publiek

-44- .