15
NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste adres – www.finsolnet.com ] 2. Beleggingsopsies (kort-, medium- en langtermyn) 3. Internasionale effektetrust (bateruil-transaksies) en kapitaal in die buiteland belê in terme van die R2-miljoen reël 4. Alternatiewe beleggings vir kapitaal in voortsetting 5. Vlekvrye Staal Houers 6. Ekonomiese Barometers 7. Rentekoerse : Plaaslik 8. Beleggings in Staatseffekte 9. Maandelikse werksroetine 10. Korrespondensie per e-pos / sms 11. Persentasie inkomste uit lewende-annuïteite 12. FICA besonderhede 13. Afskrifte van Inkomstebelasting opgawe 14. Vervanging van telefoonstelsel 15. IRP 5’s / Belastingsertifikate 16. Aanvanklike adviesfooi-, deur- lopende administrasie- en bestuursfooie 17. Fondsbestuursproses 18. RSA Makelaars se verjaarsdag 19. Eiers in een mandjie 20. Verhoogde boedelbelasting- korting 21. Belastingbesparing deur middel van bydraes tot uittree- annuïteite voor 28 Februarie 22. Finsolnet webtuiste 23. Eiendomsindikasie 24. Kersfees 1. FINSOLNET Die totale beleggings onder bestuur by Finsolnet is nou meer as R2.6- miljard en die tempo van nuwe beleggings neem steeds toe. Ons bevestig weereens dat die volgende tipes kapitaal by Finsolnet belê kan word naamlik: a) Opsionele kapitaal – d.w.s. eie kapitaal wat elke individu besit en hierdie kapitaal word in verskillende kort-, medium- en langtermyn opsies belê na gelang van die behoefte van elke individu. b) Verpligte kapitaal – dit is kapitaal wat ontstaan uit annuïteite, pensioenfondse en voorsorgfondse. Let ook daarop dat die administratiewe koste bepaal word deur die totale kapitaal wat elke kliënt in beleggings by Finsolnet op

NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

  • Upload
    haxuyen

  • View
    244

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

NUUSBRIEF – DESEMBER 2007

Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions

Network - [Webtuiste adres – www.finsolnet.com]

2. Beleggingsopsies (kort-, medium- en langtermyn)

3. Internasionale effektetrust (bateruil-transaksies) en kapitaal in die buiteland belê in terme van die R2-miljoen reël

4. Alternatiewe beleggings vir kapitaal in voortsetting

5. Vlekvrye Staal Houers 6. Ekonomiese Barometers 7. Rentekoerse : Plaaslik 8. Beleggings in Staatseffekte 9. Maandelikse werksroetine 10. Korrespondensie per e-pos / sms 11. Persentasie inkomste uit

lewende-annuïteite 12. FICA besonderhede 13. Afskrifte van Inkomstebelasting

opgawe 14. Vervanging van telefoonstelsel 15. IRP 5’s / Belastingsertifikate 16. Aanvanklike adviesfooi-, deur-

lopende administrasie- en bestuursfooie

17. Fondsbestuursproses 18. RSA Makelaars se verjaarsdag 19. Eiers in een mandjie 20. Verhoogde boedelbelasting-

korting

21. Belastingbesparing deur middel van bydraes tot uittree- annuïteite voor 28 Februarie

22. Finsolnet webtuiste 23. Eiendomsindikasie 24. Kersfees

1. FINSOLNET

Die totale beleggings onder bestuur by Finsolnet is nou meer as R2.6-miljard en die tempo van nuwe beleggings neem steeds toe. Ons bevestig weereens dat die volgende tipes kapitaal by Finsolnet belê kan word naamlik:

a) Opsionele kapitaal – d.w.s. eie kapitaal wat elke individu besit en hierdie kapitaal word in verskillende kort-, medium- en langtermyn opsies belê na gelang van die behoefte van elke individu.

b) Verpligte kapitaal – dit is kapitaal wat ontstaan uit annuïteite, pensioenfondse en voorsorgfondse.

Let ook daarop dat die administratiewe koste bepaal word deur die totale kapitaal wat elke kliënt in beleggings by Finsolnet op

Page 2: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

die AIMS platform het, ongeag die tipe belegging.

Ons is besig om met AIMS te onderhandel om ook gades se beleggings saam te voeg om kummulatief tot ‘n groter totaal te lei. Dit sal baie minder administratiewe koste tot gevolg hê. Ons hou u op hoogte van die vordering hiervan.

Die huidige administratiewe kostes, is soos volg:

a) Vir bedrae kleiner as R1-

miljoen is AIMS se deurlopende administratiewe koste 0.50% p.j. van fonds-waarde. Vir bedrae groter as R1-miljoen, maar kleiner as R2.5-miljoen, is dit 0.35% p.j. en bedrae groter as R2.5-miljoen is 0.25% p.j.

Die nodige versoek is tot AIMS gerig om vir bedrae groter as R4-miljoen, slegs 0.15% p.j. deurlopend te vra. Hierdie versoek is tans onder bespreking en indien dit goedgekeur word, sal ons die betrokke porte-feuljes dienooreenkomstig aanpas.

Al die bogenoemde kostestrukture word tans weer herbeding.

Finsolnet is ook gedurig besig om te konsulteer met moontlike nuwe ad-disionele fondsbestuurders en ons ondersoek deurlopend nuwe beleg-gingstrategieë. Verwys in hierdie verband na die inligting oor Plexus

se nuwe fondsbestuur-strategie wat aangeheg word (bylae 1). Besigheidsadvies Vir bestaande besighede / maat-skappye bied ons ‘n totale pakket wat kortliks die volgende behels, aan:

1. ‘n Totale berekening van elke

individu se pakket gebaseer op die beginsel van totale koste tot maatskappy (“cost to company”)

2. Daaruit voortvloeiend ‘n ont-leding per individu van sy / haar situasie by dood, onge-skiktheid en aftrede.

3. ‘n Volledige boedelbelasting analise en gepaardgaande daarmee, die hersiening van elke individu se testament.

Vir diegene wie reeds afgetree het, maar nog sakebelange het en / of kinders het wat in besighede betrokke is, sal ons dit waardeer indien u hierdie inligting aan hulle kan oordra sodat ons hierdie diens ook aan hulle kan bied.

Die beginsel van totale koste tot maatskappy (“cost to company”) behels ‘n breedvoerige ontleding van die individu se salarispakket, met die vertrekpunt om sy pakket so koste-effektief saam te stel dat die minimum inkomstebelasting betaal en die maksimum bydraes tot aftree-beplanning gemaak word.

Page 3: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

Enige onnodige of koste-oneffek-tiewe bestaande versekering, onge-skiktheidsvoordele en ou ge-ykte portefeuljes sal almal die nodige aandag kry.

Waar senior personeel belasting-voordeel kan put uit uitgestelde vergoeding, sal dit beslis voorgestel word. Die nuutste benadering tot die aanwending van uitgestelde vergoeding, sal toegepas word. Dit word gedoen deur ‘n lyfrente by aftrede aan te wend om mediese uitgawes te delg.

Buitelandse blootstelling in fondse Groter buitelandse blootstelling word in 2008 voorgestel a.g.v. stygende inflasie; stygende oliepryse; ‘n toename in betalingsbalans tekort; stygende rentekoerse; buitelanders se 50% besit van ons aandelebeurs, en oorgewaardeerde Suid-Afrikaan-se aandele pryse.

Uit die fonds feitestate (bylae 2 - 4) sal u sien dat ons reeds die buitelandse blootstelling in van die fondse vergroot het, wat onmiddellik positiewe resultate gelewer het. Dit is weereens bewys dat ons porte-feuljebestuurders pro-aktief optree.

Van die portefeuljes het ook reeds die totale Suid-Afrikaanse aandele blootstelling verminder. Finsolnet: Engeland Finsolnet het ‘n soortgelyke maat-skappy in Engeland gestig en ons

oorweeg binnekort ‘n maatskappy in Australië ook. Die motivering is om aan Suid-Afrikaners in die buiteland dieselfde fasiliteite en beleggingsproses aan te bied. Dit staan natuurlik enige individu vry om ook van hierdie geleentheid gebruik te maak.

2. BELEGGINGSOPSIES

Korttermyn: Korttermyn rentekoerse het gedu-rende die afgelope jare aansienlik verhoog en daar is die moontlikheid van verdere koersverhogings in die huidige jaar. Daar is aanduidings dat rentekoerse gedurende 2008 sal daal soos wat dit reeds die geval in die VSA en Europa is. Ons waarsku weereens, soos in die verlede, dat kliënte nie die basiese fout moet maak om af te wyk van die baie duidelike riglyne wat bestaan vir kort, medium en langtermyn kapitaal nie. U moet ook nie u risiko-profiel wysig nie. In die verlede is langtermyn kapitaal, waarvan die uitdruklike bedoeling die verskaffing van stabiele inkom-ste en die gepaardgaande kapitaal-groei is, periodiek na korttermyn verskuif wanneer korttermyn rente-koerse relatief hoog was. Die realis-tiese gevaar is dat korttermyn koerse nooit vir ‘n lang periode hoog bly nie. Sodra korttermyn koerse verminder, sal kliënte vind dat langtermyn koerse reeds vroeër

Page 4: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

verminder het en dat hulle vir lang periodes uiters swak rentekoerse moet akkommodeer. Korttermyn rentekoerse is soos genoem uiters wisselend en inkom-ste wat deel van ‘n begroting vorm, behoort onder geen omstandighede daaruit geneem te word nie. Daarbenewens moet u ook onthou dat korttermyn beleggings ten volle belasbaar is en verreikende nega-tiewe belastingimplikasies kan hê. Korttermyn beleggings moet slegs as ‘n noodfonds dien en moet nie meer as R30,000 tot R50,000 in ‘n geldmark omgewing wees nie. Enige oorskot kapitaal moet verkies-lik in die medium termyn in die konserwatiewe Inflasie Plus 2%-3% strategie belê word. Mediumtermyn: Die uitdruklike bedoeling van mediumtermyn beleggings is kapi-taalgroei en likwiditeit met die minimum belastingimplikasies. Dit is ook nie aan te beveel dat daar uit die mediumtermyn kapitaal inkomste geneem word ter aanvulling van die begroting nie. Daar is omstandig-hede waar dit gedoen kan word, maar die belegger moet gedurig bewus wees van die feit dat indien markte ernstig daal en daar word onttrekkings uit hierdie beleggings gedoen, die kapitaal benadeel kan word.

Langtermyn: Die definisie van langtermyn is dat die minimum termyn 5-jaar is en dat hierdie kapitaaltipe se funksie is om inkomste te verskaf wat deel van ‘n maandelikse begroting vorm. Indien die totale opbrengs of deel opbrengs nie vir inkomste benodig word nie, is die beleggingstipe uitstekend vir belastingvrye kapitaalgroei. In ver-skeie gevalle, kan hierdie kapitaal-groei ook gewaarborg word. Die belastingimplikasies van hierdie langtermyn beleggings is óf uiters gering óf absoluut nul en hier is ook geen kapitaalwinsbelasting nie. Hierdie beleggingstipe vermy ook die implikasie van eksekuteurs-vergoeding van 3.9% by dood, omdat die belegging begunstig kan word. INKOMSTEGEWENDE

BELEGGINGS:

Opsie 1: Belastingvrye dividende beleggings

Soos in ons vorige nuusbrief beves-tig, bied Prudential in baie spesifieke omstandighede weer die moontlik-heid van ‘n belastingvrye dividende-rekening en indien u hierin sou belangstel, stel ons voor dat u ons kantoor skakel. Die koerse is ± 8.25% p.j. Opsie 2: 5-Jaar termyn beleggings

Vir inkomstegewende 5-jaar termyn beleggings beveel ons steeds die volgende aan:

Page 5: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

Die kapitaal word verdeel tussen ‘n ten volle gewaarborgde jaargeld vir inkomste by ‘n versekeraar en die restant van die kapitaal word vir groei in ‘n spesifieke portefeulje by ‘n versekeraar belê. Die keuse-inkomste is tans tussen 0% en 9% p.j. van die beleggings-kapitaal en tans word Ou Mutual se jaargeld aanbeveel. Hierdie beleg-ging het tot gevolg dat die jaarlikse belasbare komponent van die inkomste beperk is tot sowat ± 1.4% p.j. van die beleggingskapitaal. Dit is dus ‘n uiters belastingvriendelike belegging. Sowat een derde van die belegging word as ‘n reël in die jaargeld gebruik en die oorblywende twee derdes word tans voorgestel in Liberty Lewens se volvestigende eiendomsportefeulje. Volvestiging impliseer dat die maat-skappy tans ‘n interim bonus van 9.45% p.j. betaal en aan die einde van die finansiële jaar, ‘n verdere bonus verklaar wat in totaal dan op die oorspronklike beleggingskapitaal vestig. Hierdie vestiging, volgens ons, is beter as ‘n waarborg en aangesien die portefeulje ‘n 26 jaar geskiedenis het, waarvan die koers nog nie onder 11% presteer het nie, is dit dus ‘n uitstekende opsie. Die 2006 bruto volvestigende tarief was 16.45%. Verwys in hierdie verband na die aangehegte brosjure tot die portefeulje (bylae 5).

Die kapitaalgroei is belasting- en kapitaalwinsbelastingvry. Die beleg-ging kan ook begunstig word met die gepaardgaande besparing van 3.9% eksekuteursvergoeding. Na dood kan die begunstigde persoon(e) die kapitaal óf onttrek óf daarmee voortgaan tot aan die einde van die oorspronklike beleg-gingstermyn. Na die verstryking van die oor-spronklike beleggingstermyn, kan die kapitaal ook ten volle belas-tingvry voortgesit word. Opsie 3 Tweedehandse polisse

Liberty Lewens het ook ʼn soge-naamde tweedehandse polis wat ons hoofsaaklik vir persone aanbe-veel wat belastingvrye inkomste en likwiditeit gedurende die 5-jaar periode benodig. Let egter daarop dat kapitaalwinsbelasting, hetsy by dood en / of realisering van die belegging, ‘n probleem kan wees. Opsie 4 Gewaarborgde beleggings

Kliënte wat ‘n ten volle gewaarborg-de belegging met betrekking tot inkomste, kapitaal en opbrengs benodig, het nou die volgende keuses:

- Channel Lewens (Sanlam het ‘n 51% belang in hierdie maatskappy)

- Aims (gewaarborg) Rentekoerse is tans in die orde van ± 9.12% p.j. en hierdie belegging is steeds baie belangrik waar inkomste

Page 6: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

aanvullend tot u pensioen benodig word óf waar die inkomste ‘n kern deel van u begroting vorm.

Let daarop dat hierdie produk se belasbaarheid ± 1.4% p.j. van die beleggingskapitaal is en dus ook uiters belasting vriendelik is.

Opsie 5: Beleggings deur Finsolnet op die AIMS administratiewe platform

(a) Sonder termyn: Verwys na die aangehegte fonds

feitestaat (bylae 2 - 4). Kliënte wat ʼn inkomste van 7% tot 8% p.j. van fondswaarde benodig, belê hul kapitaal in een of in ʼn samestelling van die drie risikoprofiele en trek maandeliks inkomste daaruit. Die kapitaalgedeelte van die onttrekte inkomste is belastingvry en boonop het beleggers die voordeel van kapitaalgroei, plus die feit dat daar geen termyn is nie.

(b) Met termyn: Die inkomste, soos deur die kliënt benodig, word verkry uit die aankoop van ‘n vrywillige jaargeld by ‘n versekeringsmaatskappy, soos byvoorbeeld Ou Mutual. Die restant van die kapitaal word in ‘n samestelling van Finsolnet se AIMS portefeuljes vir ʼn 5-jaar termyn belê, waarvan die oor-spronklike beleggingskapitaal met of sonder kapitaalgroei, ná die 5-jaar termyn die doelwit is.

Opsie 6: RSA Makelaars het Marriott Eiendom (wat deur Ou Mutual oorgeneem is) oor ʼn geruime tyd ondersoek en beveel ook hierdie maatskappy aan vir kliënte wat inkomste oor ʼn langer termyn benodig. Hierdie maatskappy be-staan al ʼn geruime tyd, hul inkom-ste is standhoudend en styg jaarliks. Die inkomste is egter belasbaar en ons moet dus nood-wendig versigtig rondom inkomste-belasting beplan. ʼn Fonds feitestaat van hul inkomste- en groeiproduk word aangeheg (bylae

6). KAPITAALGROEI BELEGGINGS: Opsie 1: Gewaarborgde beleggings

Die belegging is vry van inkomste- asook kapitaalwinsbelasting en kan begunstig word. Die huidige rentekoers is ± 9.26 p.j. en RSA Makelaars kontroleer weekliks die mark vir die beste gewaarborgde tariewe. Channel Lewens is steeds kompeterend.

Opsie 2: AIMS beleggings

Kapitaal word by Finsolnet op die AIMS administratiewe platform, in ooreenstemming met u risikoprofiel, belê. Die termyn is 5-jaar en die opbrengs is belasting- en kapitaal-

Page 7: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

winsbelastingvry. Hierdie kapitaal kan ook na verstryking van die termyn, ten volle belastingvry met belastingvrye inkomste en groei voortgesit word. (U kan ook sonder ʼn termyn die kapitaal op dieselfde wyse belê. Kapitaalwinsbelasting is egter dan wél van toepassing). Opsie 3: Liberty Lewens se volvestigende eien-domsportefeulje

Hierdie portefeulje word uitdruklik gebruik in ons inkomstegewende beleggings soos bespreek, maar kan ook suiwer vir kapitaalgroei gebruik word. Die opbrengs is belasting- en, kapitaalwinsbelastingvry en ook nie onderhewig aan 3.9% eksekuteurs-vergoeding, indien begunstig, nie. Opsie 4: Liberty Lewens se Konserwatiewe porte-feulje (CPI Plus)

Hierdie 5-jaar belegging word steeds aanbeveel vir kliënte wat risiko wil vermy en kapitaalgroei, sonder inkomste- en kapitaalwinsbelasting benodig. Verwys na die aangehegte fondsfeitestaat (bylae 7) Opsie 5: Marriott

Kliënte wat kapitaalgroei oor ‘n langer termyn benodig, kan ‘n verskeidenheid van groeiende be-leggingsopsies by Marriott Eiendom oorweeg (bylae 6), maar inkomste- en kapitaalwinsbelasting moet deeg-lik in gedagte gehou word.

Opsie 6: Beleggings suiwer in aandele

Kliënte wat óf bestaande aandele portefeuljes het óf in aandele wil belê, word voorgestel om deur RSA Makelaars en deur bemiddeling van Plexus in Piet Viljoen se uiters populêre portefeuljes te belê. Indien u meer inligting oor enige van bogenoemde beleggings benodig, verneem ons graag van u.

3. INTERNASIONALE EFFEK-

TETRUST – BELEGGINGS

Kapitaal in die Buiteland: (R2-miljoen reël per belastingpligte)

Hierdie kapitaalbeleggings vaar tans goed en ons beveel nie aan dat die kapitaal na Suid-Afrikaanse beleg-gings teruggebring word nie. Ons beveel baie sterk aan dat, waar moontlik, hierdie beleggings koste-loos in ‘n 5-jaar “polis-baadjie” omgeskakel word om probleme met toekomstige eksekuteursvergoeding, begunstiging, asook kapitaalwins-belasting te voorkom. Vir diegene wat egter verkies om hul geld nie vir ‘n termyn vas te belê nie, beveel ons die uitstekende direkte buitelandse belegging wat op die AIMS platform beskikbaar is aan (bylae 8 - 9). Let daarop dat hierdie kapitaal te eniger tyd in die buiteland onttrek kan word en ook aangewend kan word vir alternatiewe behoeftes soos vakansies, koop van bates, ens.

Page 8: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

Bateruiltransaksies: Ons ervaar dat meer en meer kliënte a.g.v. die stand van die ekonomie, weer meer buitelandse blootstelling soek en bateruiltransaksies is ‘n opsie. Dit impliseer dat lokale kapi-taal in die buiteland belê kan word, maar nie in die buiteland onttrek mag word nie. Alle onttrekkings moet in Suid-Afrika gedoen word. Ons het ook buitelandse ruiltransak-sies op die AIMS platform beskik-baar en as voorbeeld daarvan heg ons ABSA se Internasionale fonds feitestaat aan (bylae 10).

4. ALTERNATIEWE BELEG-

GINGS VIR KAPITAAL IN

VOORTSETTING

Die opbrengs van kapitaal in voort-setting is steeds swak (± 5.8% – 6.25% p.j.) en ons beveel steeds aan dat hierdie kapitaal onttrek word en in een van die bogenoemde opsies, in terme van u behoeftes, belê moet word.

5. VLEKVRYE STAAL

HOUERS

MultiStar Houers: ‘n Verdere wagperiode van 6 maande het verstryk na die tweede hofsaak van 22 Maart 2007 en die advokate wag steeds op die Landdros se uitspraak. Indien die Landdros nie binnekort reageer nie, gaan die advokate tot ‘n hoër hof appelleer om ‘n uitslag te kry. Ons sal u op hoogte van sake hou.

Ons is reeds besig om die bestuur van kliënte wat meer as 11 jaar gelede houers by Multistar aange-koop het, se bestuur na Trifleet te verander. Ons is tans besig met die hele proses en die kliënte sal individueel van die prosedure ingelig word. Ons vertrou dat die verandering in bestuur heelwaarskynlik tot gevolg sal hê dat u bestaande inkomste sal verdrievoudig. Dit sal ook noodwen-dig meebring dat die tweedehandse waarde van die bestaande houers sal verhoog. Ons ervaar tans dat Multistar die verkryging van sekere kerninligting skynbaar opsetlik terughou, wat die hele proses vertraag. Ons het nou ons prokureurs instruksie gegee om aan hulle 14 dae kennis te gee om die tersake inligting te lewer, so nie moet ons prokureurs hulle ook dagvaar. Ons sal u op hoogte van sake hou. International Tank Containers: Die opbrengste op hierdie beleg-gings is steeds uitstekend veral met betrekking tot die periode waar-tydens die Rand verder verswak het. Die feit dat die opbrengs van dié vlekvrye staal houers ook op enige plek in die wêreld aangewend kan word en dat dit buite die R2-miljoen reël per belastingbetaler is, skep vir individue, wie meer kapitaal in die

Page 9: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

buiteland wil hanteer, groot moontlikhede.

6. EKONOMIESE BAROME-

TERS

Internasionaal: Internasionale markte bied steeds goeie waarde vir die langtermyn belegger en veral die sekuriteit wat in die grootte van die betrokke maat-skappye verskans is, is van kardinale belang. Die sub-prima debakel het hom redelik uitgewoed. Die Suid-Afrikaanse ekonomie: Ons portefeulje bestuurders is versigtig optimisties oor die SA ekonomie tot ten minste by die wêreld sokker byeenkoms van 2010. Dit is interessant om te sien hoeveel biljoene rande se buitelandse kapi-taal die land invloei, wat baie positief vir die ekonomie in totaal en vir werkskepping is.

7. RENTEKOERSE: PLAASLIK

Daar is reeds sprake dat rentekoers moontlik weer in hierdie jaar kan verhoog, maar daar is aanduiding dat rentekoerse in 2008 weer sal daal ten einde in lyn te kom met die dalende rentekoerse in die VSA en Europa. Individue wat egter buite hulle finansiële vermoeë skuld aangegaan het, gaan beslis die knyp van stygende rentekoerse ervaar en dit sal noodwendig tot gevolg hê dat

eiendomspryse óf stadiger sal groei óf sal daal.

Ons ervaar steeds dat daar ʼn ooraanbod van woonstelle en verhuurbare eiendom is en dit het ‘n negatiewe uitwerking op die prys styging van eiendom. Die opbrengs van residensiële huur as ‘n persentasie van die betrokke eiendom, is steeds selde meer as 6% en dan moet uitgawes soos eiendoms- en inkomstebelasting betaal word. Indien die betrokke eiendom dus nie substansieel in waarde groei nie, is sodanige opsie selde die moeite werd. Kommersiële eiendom is egter steeds ‘n beter opsie, aangesien daar as ‘n reël langtermyn stygende huurkontrakte gesluit word, alhoewel die styging in waarde van kommer-siële eiendom gemiddeld stadiger as residensiële eiendom is.

8. BELEGGINGS IN STAATS-

EFFEKTE

Ons beveel hierdie spesifieke tipe beleggings steeds nie aan nie. In hoofsaak omdat die opbrengs belasbaar, 6 maandeliks agterna betaalbaar en ‘n rigiede ontoegank-like belegging is. Slegs kliënte met baie min kapitaal kan hierdie roete oorweeg.

9. MAANDELIKSE WERKS-

ROETINE

Ons werksroetine is soos volg:

Page 10: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

� Ons besoek die Oos-Kaap gedurende die tweede week van die maand. Ons begin by George en beweeg via Jeffreysbaai tot in Port Elizabeth. Vandaar vlieg ons via Oos-London terug Kaapstad toe.

� Ons besoek Potchefstroom, Johannesburg en Pretoria gedurende die laaste week van die maand;

Indien u afsprake benodig, is u welkom om met Maria de Jongh en Eileen van Zyl in verbinding te tree.

10. KORRESPONDENSIE PER

E-POS / SMS

Bevestig asseblief u e-pos adres, asook selfoonnommer aan ons, aangesien ons verkies om via hierdie media te kommunikeer. Nie alleen is dit meer koste-effektief nie, maar verseker ook dat u u korres-pondensie ontvang.

11. PERSENTASIE INKOMSTE

UIT LEWENDE-

ANNUïTEITE

Soos in ons vorige nuusbrief bevestig, is die minimum inkomste uit lewende-annuïteite vanaf Maart 2007 verminder na 2.5% p.j. en die maksimum na 17,5% p.j. van fonds-waarde. Indien u nie die inkomste uit u lewende-annuïteit benodig nie, kan

u met ons in verbinding tree om te reël dat die inkomste verminder word. Let daarop dat u sodoende baie inkomstebelasting sal spaar en dat die lewende-annuïteit belasting-vry sal voort groei. Lewende-annuïteite is die enigste bate wat nie deel van u boedel vorm nie en dus boedelbelasting- en kapitaal-winsbelastingvry is. Daar is ook geen eksekuteursver-goeding as gevolg van begunstiging nie. Ons beveel steeds aan dat kliënte nie meer as 8% p.j. van fondswaarde onttrek nie, omdat dit ‘n baie goeie verhouding tussen inkomste en groei tot gevolg het.

12. FICA BESONDERHEDE

Let daarop dat u enige verandering in die volgende items onmiddellik by ons moet rapporteer in terme van die FICA Wetgewing:

• Adresverandering (voorsien ons van munisipale rekening as bewys)

• Bankbesonderhede verandering (voorsien ons van nuwe bankstaat)

• Verandering van u identiteitsdokument (voorsien ons van nuwe afskrif)

• Verandering van u inkomstebelasting besonderhede (voorsien ons van nuwe aanslag)

Page 11: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

13. AFSKRIFTE VAN INKOM-

STEBELASTING OPGAWE

Dit is belangrik dat ons jaarliks ‘n afskrif van u belastingopgawe ontvang. Ons sal dit dus waardeer indien u u ouditeure se volledige kontakbesonderhede aan ons sal bevestig en ook met hom / haar sal reël om ‘n afskrif van u belasting opgawe via faks / e-pos direk aan ons te voorsien.

14. VERVANGING VAN TELE-

FOONSTELSEL

Ons het so pas ‘n nuwe telefoon-stelsel geïmplementeer en dit het tot gevolg gehad dat kliënte per geleentheid ietwat lank moes wag om antwoord te kry. Ons vra om verskoning en is oortuig daarvan dat die nuwe stelsel beter diens tot gevolg sal hê. U sal binnekort, wanneer u inskakel, die spesifieke amptenaar met wie u wil praat, kan selekteer sonder om deur die skakelbord te gaan. So sal u dus vinniger by die persoon van u keuse uitkom en sal daar baie minder vertraging in die tyd van beantwoording van oproepe wees. Let daarop dat elke personeellid ook individuele e-pos adresse het en ons stel voor dat u daarvan gebruik maak om nog beter diens te ontvang.

15. IRP5’S / BELASTINGSER-

TIFIKATE

Ons is nie verantwoordelik vir die verkryging van kliënte se IRP 5’s / belastingsertifikate nie. Kliënte / ouditeure moet dit ongelukkig self per maatskappy bekom. Die rede is bloot dat ons geen volmag het om namens ʼn kliënt hierdie data aan te vra nie en as gevolg van die vertroulikheid daarvan, mag ons dit nie doen nie. Indien u van ‘n rekenmeester gebruik maak om u belastingopgawe voor te berei, is dit hul en u verantwoordelikheid om ‘n gesa-mentlike poging aan te wend om hierdie dokumente te bekom. Let daarop dat daar vanjaar, as gevolg van die wysiging van die formaat van die belastingopgawes, heel-waarskynlik ‘n vertraging sal plaas-vind vanaf Die Ontvanger om die primêre belastingopgawes by u en u ouditeur te kry.

16. AANVANKLIKE ADVIES-,

DEURLOPENDE ADMINI-

STRASIE- & BESTUURS-

FOOIE

Kliënte lê gereeld aan ons voorleggings voor van ander bemarkingsinstansies wanneer kapi-taal herbelê moet word of aftree-beplannings gedoen word. Dit is onrusbarend om te sien hoe min van

Page 12: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

bogenoemde kostes aan kliënte openbaar word. Die betrokke Wet bepaal dat hierdie koste baie duidelik aan elke individu openbaar moet word. Ons bevestig weer dat u die voordeel by Finsolnet sal hê dat die verskillende beleggings kummulatief sal bydra tot die vermindering van die totale fooie betaalbaar en dat u veral na losstaande individuele alternatiewe portefeuljes krities moet gaan kyk met die oog om dit by die Finsolnet portefeuljes te voeg.

17. PROSES VAN FONDSBE-

STUUR

Ons is uiters bevoorreg dat die aktiewe proses wat by Finsolnet plaasvind, waardeur ons op ‘n kwartaalbasis die 4 fondsbestuur-ders om ‘n tafel sien, enige nega-tiwiteit in die samestelling van die portefeuljes feitlik onmiddellik in die kiem smoor. Dit is die verantwoor-delikheid van die individuele fondsbestuurders om aan die Finsolnet direkteure voorstelle van enige wysigings te maak. Ons het verskeie stelsels wat maandeliks aktief gebruik word om die opbrengste en moontlike wysigings in individuele fondse te volg. Dienooreenkomstig sal ons dan die nodige advies aan kliënte kan verskaf. Die tersake stelsels is ‘n geweldige duur item in die normale proses van ‘n beleggings-maatskappy.

Let daarop dat ons van uiters kundige en gespesialiseerde perso-neel in hierdie prosesse gebruik maak.

18. RSA MAKELAARS SE

VERJAARSDAG

RSA Makelaars is in 1987 gestig en is dus vanjaar 20 jaar oud. Ons het in die orde van 3,000 kliënte, ‘n uiters bekwame personeel van 8 lede en ‘n gevestigde rekord van tevrede kliënte en goeie beleggings-opbrengste.

19. EIERS IN EEN MANDJIE

Verskeie kliënte vra gereeld vrae of die totale blootstelling wat hulle het aan beleggings deur die AIMS administratiewe platform nie daarop neerkom dat te veel kapitaal in een sektor of instansie belê word nie. Dit is egter noodsaaklik dat u daarop let dat u kapitaal effektief nie by AIMS belê is nie, maar dat die kapitaal in die 12 individuele fondse by die 4 fondsbestuurders se 3 strategieë van konserwatief, matig en aggresief (waar van toepassing) belê is. Die gemiddelde kliënt belê in ten minste 2 strategieë wat by wyse van voorbeeld impliseer dat die kapitaal ongeveer in 8 dele verdeel word.

20. VERHOOGDE BOEDEL-

BELASTINGKORTING

As gevolg van die verhoogde boedelbelastingkorting per individu

Page 13: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

na R3.5-miljoen is dit noodsaaklik dat u u gesamentlike boedelbe-planning weer moet hersien. Let veral daarop dat in ‘n standaard testament, waar bates bloot by dood van die eerssterwende na die tersake gade vererf, die totaal van 2 x R3.5–miljoen nie vir boedel-belasting doeleindes benut word nie, aangesien daar by die eers-sterwende se dood geen boedel-belasting tersake sal wees nie. Dit is dus noodsaaklik dat die tegniese bewoording van u testament soda-nig verander moet word om te verseker dat by die eerssterwende se dood, ‘n gedeelte óf verkieslik die volle R3.5-miljoen as boedelbelas-tingkorting benut word, sodat die langslewende gade by sy / haar dood ‘n verdere R3.5-miljoen aan boedelbelastingkorting sal geniet. Indien u daaroor twyfel of u testamentêre bepaling hiervoor voorsiening maak, stel ons voor dat u dringend met ons in verbinding tree. Let daarop dat indien u gebruik maak van ‘n bepaling om bates na ‘n Trust te laat vererf, dit noodsaaklik is dat u beleggings en versekerings-portefeulje hersien moet word om te verseker dat daar nie beleggings begunstig is wat in die testament effektief geoormerk is om na ‘n Trust te gaan nie. Let daarop dat begunstiging juis voorkom dat beleggings in terme

van u testamentêre bepalings kan vererf, aangesien begunstiging ‘n voorkeurreg bo ‘n testamentêre bepaling het. Wees ook uiters bedag op wie u as eksekuteur in die boedel benoem, want die nominering van ‘n persoon sonder die nodige ervaring en kennis kan ‘n baie duurder oplossing vir die probleem wees as wat u beplan het. Die kwytskelding van sekuriteit-stelling aan ‘n privaat eksekuteur hou ook risiko’s vir die erfgename van u boedel in indien daar enige tegniese fout met die bereddering van die boedel sou plaasvind. Ons versoek u weereens om u testamente te hersien en indien u hulp nodig het, ons so spoedig moontlik te kontak.

21. BELASTINGBESPARING

DMV BYDRAES TOT UIT-

TREE-ANNUïTEITE VOOR

28 FEBRUARIE

Persone jonger as 70 wie te veel inkomstebelasting betaal, word deur die Wet toegelaat om 15% van hulle bruto belasbare inkomste (uitgesluit bydraes tot bestaande pensioen-fondse) jaarliks in ‘n uittree-annuïteit by te dra. Hierdie bedrag is van u belasbare inkomste aftrekbaar wat veroorsaak dat u op u totale inkomste, ongeag

Page 14: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

waaruit dit bestaan, minder inkom-stebelasting betaal. Dit maak ook die deur oop dat u heelwaarskynlik meer van u bydraes tot u mediese fonds van inkomstebelasting sal kan verhaal. Ons beveel aan dat bydraes via Finsolnet op die AIMS platform in annuïteite gemaak word. Let ook daarop dat u pensioenfonds en annuïteit se verpligte kapitaal die enigste bate is wat buite u boedel staan vir boedel- en kapitaalwins-belasting en die verwydering van die eksekuteursvergoeding van 3.9%. Let daarop dat uittree-annuïteite beskerm word teen alle krediteure en dat dit veral vir persone met sakebelange ‘n uiters noodsaaklike belegging is.

22. FINSOLNET WEBTUISTE

Finolnet se webtuiste word hernu en ons sal u in kennis stel sodra die webtuiste aktief is. Die webtuiste sal bestaan uit ‘n algemene webtuiste m.b.t. inligting oor Finsolnet, asook ‘n onderliggende webtuiste per assosiaat.

23. EIENDOMSINDIKASIE

Soos in die verlede waarsku ons teen beleggings in eiendom-sindikasie en meer spesifiek PIC en Sharemax.

24. KERSFEES

Ons wil van die geleentheid gebruik maak om al ons kliënte ‘n vreugde- volle en geseënde Kerfees toe te wens. Ons wil u ook bedank vir die afgelope jaar se ondersteuning, asook vir die verwysing van kliënte na ons.

Ons kantore sluit op 14 Desember 2007 en heropen op Donderdag, 3 Januarie 2008. Daar sal ‘n telefoon antwoorddiens beskikbaar wees wat periodiek gemonitor sal word indien u ‘n ernstige probleem sou ervaar waar ons u behulpsaam kan wees.

--ooOoo—

GEDAGTE VIR 2008:

“Welwillendheid is 'n moeilike ding

om weg te gee. Dit hou aan om terug

te kom na die gewer.”

Ralph Scott

Page 15: NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 - RSA Brokers · NUUSBRIEF – DESEMBER 2007 Hierdie nuusbrief handel oor die volgende onderwerpe: 1. Finsolnet (Financial Solutions Network - [Webtuiste

KERSGROETE VANAF RSA MAKELAARS PERS ONEEL

AGTER (vlnr): Ingrid Singels, Retha van Zyl, Magda Matthee, Colleen Knoetze, Linda Marais, Eileen van Zyl,

Maria de Jongh. VOOR (vlnr): Derick Payne, Peter-John Smitsdorff

Afwesig: Lynnette Smitsdorff

PERSONEEL EN E-POS ADRESSE Peter-John Smitsdorff [email protected] Derick Payne [email protected] Maria de Jongh (Persoonlike Assistent) [email protected] Ingrid Singels (Finansiële Analise) [email protected] Colleen Knoetze (Ontvangs) [email protected] Lynnette Smitsdorff (Spesiale Projekte) [email protected]

Administratiewe Assistente: Magda Matthee (A-F & S) [email protected] Linda Marais (G-L & V) [email protected] Retha van Zyl (M-R, T-U & W-Z) [email protected] Eileen Van Zyl (Portefeulje D Payne) [email protected]