2
WAT GEBEUR VANDAG WERKERSDAG 09:00 : Erediens—DOOP 13:00 : Afrikatale Erediens 18:30 : Vars (Aanddiens) BID SAAM Tienie van Niekerk wat kankerbehandeling ontvang. Joey Kotzé wat kankerbehandeling ontvang. Ronnie v Deventer wat chemoterapie ontvang. Danie McLachlan wat chemoterapie ontvang. Hennie Kaltwasser wat steeds baie ernstig siek is. NUUSFLITSE 1 MEI 2011 Paastyd Paastyd is die hoogtepunt van ons Christelike jaar Liewe Geloofsfamilie, ons vertrou dat elkeen van u ’n wonderlike en geseënde Paasnaweek beleef het. Ons is steeds in die Paastyd binne ons kerklike jaar en sien saam uit na die Pinkster- fees (uitstorting van die Heilige Gees). Ons dink in hierdie tyd saam na oor die be- tekenis van die opstanding van Jesus. Dít was van vroeg af die hart van die Christelike geloof. Paulus het geskryf: "Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons" (Romeine 8:34). Dit is egter nie al nie, "God het deur sy krag die Here uit die dood op- gewek en so sal Hy ons ook opwek" (1 Korintiërs 6:14). Die opwekking van Christus is volgens hom nie net die inhoud van die geloof nie, maar ook van die prediking: "En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud" (1 Korintiërs 15:14, en veral vers 15). Ons word in Paastyd veral herinner aan die nuwe lewe: die oue is verby, die nuwe hét gekom. "Dit alles is die werk van God" (2 Korintiërs 5:17-18). Ons word betrek in die be- diening van die versoening en ons word uitgedaag om ánders teenoor mense op te tree as vroeër (2 Korintiërs 5:11-21). In Paastyd verkondig ons Christus se opstanding. Omdat ons self opgewek word tot nuwe lewe, leer ons aan wat dit behels en oefen ons dit in. Omdat Paastyd 'n tyd van nuwe lewe is, is dit ook 'n tyd van nuwe drome en nuwe moontlikhede. Christus lééf, en ons met Hom! Mag elkeen van ons die krag van die opstan- ding ondervind soos Paulus in Filippense 3:10 bid. NAVRAE EN INLIGTING KERKKANTOOR : 012 662-1708 Faks : 012 662-0104 [email protected] of [email protected] Webblad: www.pvr.co.za Kantoorure: Maandae: 11:00 – 16:00 Di – Do : 08:00 – 16:00 Vrydae: 08:00 – 13:00 Skoolvakansies: 08:00 - 13:00 BELANGRIKE DATUMS 3 Mei Ons Trou 1 10 Mei Ons Trou 2 11 Mei Bybelreis 17 Mei Ons trou 3 Doopkursus 1 18 Mei Bybelreis 22 Mei NAGMAAL (Al 3 dienste) 24 Mei Ons trou 4 Doopkusus 2 25 Mei Bybelreis 26 Mei PvR Senioraksie 28 Mei High Tea—Susan Coetzer

Nuusflitse 1 Mei 2011

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse van 1 Mei 2011

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 1 Mei 2011

WAT GEBEUR VANDAG

WERKERSDAG

09:00 : Erediens—DOOP

13:00 : Afrikatale Erediens 18:30 : Vars (Aanddiens)

BID SAAM

• Tienie van Niekerk wat kankerbehandeling ontvang.

• Joey Kotzé wat kankerbehandeling ontvang.

• Ronnie v Deventer wat chemoterapie ontvang.

• Danie McLachlan wat chemoterapie ontvang. • Hennie Kaltwasser wat steeds baie ernstig siek is.

NUUSFLITSE

1 MEI 2011

Paastyd Paastyd is die hoogtepunt van ons Christelike jaar Liewe Geloofsfamilie, ons vertrou dat elkeen van u ’n wonderlike en geseënde Paasnaweek beleef het. Ons is steeds in die Paastyd binne ons kerklike jaar en sien saam uit na die Pinkster-fees (uitstorting van die Heilige Gees). Ons dink in hierdie tyd saam na oor die be-tekenis van die opstanding van Jesus. Dít was van vroeg af die hart van die Christelike geloof. Paulus het geskryf: "Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons" (Romeine 8:34). Dit is egter nie al nie, "God het deur sy krag die Here uit die dood op-gewek en so sal Hy ons ook opwek" (1 Korintiërs 6:14). Die opwekking van Christus is volgens hom nie net die inhoud van die geloof nie, maar ook van die prediking: "En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud" (1 Korintiërs 15:14, en veral vers 15). Ons word in Paastyd veral herinner aan die nuwe lewe: die oue is verby, die nuwe hét gekom. "Dit alles is die werk van God" (2 Korintiërs 5:17-18). Ons word betrek in die be-diening van die versoening en ons word uitgedaag om ánders teenoor mense op te tree as vroeër (2 Korintiërs 5:11-21). In Paastyd verkondig ons Christus se opstanding. Omdat ons self opgewek word tot nuwe lewe, leer ons aan wat dit behels en oefen ons dit in. Omdat Paastyd 'n tyd van nuwe lewe is, is dit ook 'n tyd van nuwe drome en nuwe moontlikhede. Christus lééf, en ons met Hom! Mag elkeen van ons die krag van die opstan-ding ondervind soos Paulus in Filippense 3:10 bid.

NAVRAE EN INLIGTING

KERKKANTOOR : 012 662-1708 Faks : 012 662-0104 [email protected] of [email protected] Webblad: www.pvr.co.za Kantoorure:

Maandae: 11:00 – 16:00 Di – Do : 08:00 – 16:00 Vrydae: 08:00 – 13:00 Skoolvakansies: 08:00 - 13:00

BELANGRIKE DATUMS 3 Mei Ons Trou 1 10 Mei Ons Trou 2 11 Mei Bybelreis 17 Mei Ons trou 3 Doopkursus 1 18 Mei Bybelreis 22 Mei NAGMAAL (Al 3 dienste) 24 Mei Ons trou 4 Doopkusus 2 25 Mei Bybelreis 26 Mei PvR Senioraksie 28 Mei High Tea—Susan Coetzer

Page 2: Nuusflitse 1 Mei 2011

• NUWELING BEDIENING : ‘n Groot en hartlike uit-nodiging aan almal wat die afgelope jaar of twee ‘n bondeltjie vreugde ryker geword het. Ons gaan die 9de Mei (19:00 in die saal) ‘n bietjie bymekaar kom en gesels oor hoe om hierdie bondeltjies te stimu-leer, sommer mekaar beter leer ken en wenke wat werk, uitruil. So kom deel in die pret. (jy is wel-kom om jou bondeltjie saam te bring). Vir verdere inligting skakel Talitha Broos 0827898727

• MANNEBEDIENING

HALFTYD: Kom geniet ‘n lekker koppie koffie, goeie kameraadskap en diep gesels saam met ons by ons weeklikse byeenkoms “Halftyd”. Dit is elke Woensdag om 05:30 by die Afdak. Ons is teen 06:15 klaar. “KALAHARI EXPERIENCE”: Kampvure, brullende leeus, ongelooflike natuur en wonderlike samesyn. Net 'n paar van die dinge wat jy kan verwag in die Kalahari. 15-19 Junie 2011 beplan ons 'n 4x4 Kala-hari avontuur. Jy hoef nie 'n 4x4 of tent te hê om saam te kom nie.

• KOSKAS: Baie dankie vir almal wat so gereeld

tot die “Koskas” bydra. Ons voorraad raak nou aansienlik min, en enige donasie sal opreg waardeer word. Navrae : Frieda by 0832760353 of Amanda (0829757465) by die kerkkantoor.

• BYBELREIS: Die volgende Bybelreis begin Woensdagaand 11 Mei om 19:00. Stephan Joubert lei dit met die tema: “Werk gebed nog?”

• RAMPBESTUUR: Die Polisieforum is tans besig met

beplanning vir die opstel van ‘n program vir ramp-bestuur vir ons gemeenskap. As jy ervaring van sulke programme het of net wil kom help beplan, skakel dan so gou moontlik vir Sampie by 082 698 1995 of [email protected]

• VROUEBEDIENING : “High Tea” saam met Susan

Coetzer op Saterdag 28 Mei 2011 om 09h00 by Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk. Onderwerp: "All Bran vir die Siel". Kostes: R100 per persoon. Kaartjies is nou beskikbaar by Amanda, kerkkantoor.

• ELEKTRONIESE NUUSFLITSE: Ons stuur weekliks

‘n elektroniese nuusbrief per epos uit. Indien jy dit wil ontvang, stuur asseblief ‘n epos aan Riana ([email protected]).

FEESNAWEEK

Tydens oorweging van die begroting vir 2011/2012 het die Gemeenteraad die be-ginsel aanvaar dat ’n ‘feesnaweek’ gereël sal word in die vorm van byvoorbeeld ’n dorpsfees of wildsfees en geen datums is nog hiervoor gereserveer nie. Die doel van hierdie projek is om:

Die Gemeente se begrote tekort aan R289 128 af te werk;

Fondse te genereer vir projekte waarvoor daar nie begroot is nie;

Geleentheid te bied om uit te reik na die groter gemeenskap; en

Verhoudings te bou.

Omdat hierdie projek deeglik beplan moet word en verskeie rolspelers betrokke moet wees, word verneem of daar gewilligheid beskikbaar is in die Gemeente om ei-enaarskap vir hierdie uitdagende projek te neem. Ons moet teen die einde van April 2011 aan die gang kom en dit sal waardeer word as Gemeentelede wat belangstel om betrokke te raak in die beplanning, organ-isasie en uitvoer van hierdie projek sal aanmeld deur hul kontakbesonderhede drin-gend per e-pos aan die Kerkkantoor by [email protected] (Riana) en/of [email protected] (Peet) te voorsien.

Daar sal in Mei 2011 ‘n loodsvergadering gereël word om die projek formeel te aktiveer.

UIT DIE JEUG KANTOOR 21 Mei - Lugskou : Ons verkoop koeldrank,

kom ondersteun ons asb. Kaartjies kan voor-

af by jeugkantoor gekoop word.

27 Mei – Brul & Piep (Pa en dogter oorslaap in die dieretuin) 6-9 Junie – Pinkster (kids in die kerksaal van 19:00 tot 20:00 en jeug kom bymekaar in die boma van 18:00 tot 19:00) 16 Junie – LAN aand 23 Junie – Mentorsfunksie – “Tenpin bowling” en saam uiteet 27 Junie tot 1 Julie – Vakansieprogram