4
NUUSFLITSE Gedurende hierdie kwartaal staan ons by die Psalms by die Oggend Bybelstudie stil. Terwyl ek so deur die Psalms blaai, wonder ek hoe ‘n psalm sou klink as ekself een sou skryf. Een van die kosbaarhede van die Psalms is dat dit soveel menslike emosie en ervaringe vasvat. Dink maar aan die bekende Psalm 23 wat erken dat die Here vir ons soos ‘n Herder is en selfs as ons deur moeilike omstandighede gaan, is Hy daar. Of Psalm 121 wat vra waar sal my hulp vandaan kom as dinge my oorweldig? Of Psalm 139 wat troos met die woorde dat die Here ons deur en deur ken. Hoe klink jou Psalm vandag? Het jy ‘n klaaglied of ‘n loflied? Is dit dalk iets van beide? Ons kan by die Psalmskrywers leer dat ons alles vir die Here kan bring: ons vreugde, hartseer, skuld, woede en pyn. Dit is belangrik dat ons in ons verhouding met die Here tyd sal span- deer om met God ons emosies en ervarings te deel. Maar be- langriker is dat ons, ons sal oopstel dat God deur Sy Woord ons kan vorm. Daarom is Psalm 1 so kosbaar en waar: “Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met son- daars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, 2 maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. 3 Hy is soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak.” Terwyl ons besig is om Christus te ontdek in Sy Woord, vorm Hy ons om te leef soos Hy. Maak ek en jy genoeg tyd om tyd saam met die Here in Sy Woord te spandeer? Die Bybel is tog vir transformasie bedoel en nie net informasie nie. Daarom moet ons soos Psalm 1 bome wees wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra. Hierdie vrugte bring lewe aan mense wat dit nodig het. Maak nie saak wat jou psalm vandag is nie, God hoor jou en jy kan dit voor Hom bring. Weet dat Hy jou hart ken en dat jy ware vreugde kan ervaar. Die Here is met ons elkeen op sy eie tyd besig, maar Hy los ons nooit alleen nie. Mag jy die Here opnuut ontdek as jy tyd in sy Woord spandeer en jou lewe voor Hom uitgiet. As jy ‘n Psalm sou skryf... WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Henk Jv Rensburg) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens (Henk Jv Rensburg) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Herman Matthee) KERKKANTOOR CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling BYBELSTUDIE Tema vir die kwartaal is Psalms Kom ontdek die Woord saam met vriende in ‘n ontspanne atmosfeer. Elke Dinsdag om 09:00

Nuusflitse 22 Julie

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 22 Julie

NUUSFLITSE

Gedurende hierdie kwartaal staan ons by die Psalms by die Oggend

Bybelstudie stil. Terwyl ek so deur die Psalms blaai, wonder ek hoe ‘n

psalm sou klink as ekself een sou skryf.

Een van die kosbaarhede van die Psalms is dat dit soveel menslike

emosie en ervaringe vasvat. Dink maar aan die bekende Psalm 23

wat erken dat die Here vir ons soos ‘n Herder is en selfs as ons deur

moeilike omstandighede gaan, is Hy daar. Of Psalm 121 wat vra

waar sal my hulp vandaan kom as dinge my oorweldig? Of Psalm

139 wat troos met die woorde dat die Here ons deur en deur ken.

Hoe klink jou Psalm vandag? Het jy ‘n klaaglied of ‘n loflied? Is dit

dalk iets van beide? Ons kan by die Psalmskrywers leer dat ons alles

vir die Here kan bring: ons vreugde, hartseer, skuld, woede en pyn.

Dit is belangrik dat ons in ons verhouding met die Here tyd sal span-

deer om met God ons emosies en ervarings te deel. Maar be-

langriker is dat ons, ons sal oopstel dat God deur Sy Woord ons kan

vorm. Daarom is Psalm 1 so kosbaar en waar: “Dit gaan goed met

die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met son-

daars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, 2maar wat in die

woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. 3Hy is

soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd

vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig

in alles wat hy aanpak.”

Terwyl ons besig is om Christus te ontdek in Sy Woord, vorm Hy ons

om te leef soos Hy. Maak ek en jy genoeg tyd om tyd saam met die

Here in Sy Woord te spandeer? Die Bybel is tog vir transformasie

bedoel en nie net informasie nie. Daarom moet ons soos Psalm 1

bome wees wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd

vrugte dra. Hierdie vrugte bring lewe aan mense wat dit nodig het.

Maak nie saak wat jou psalm vandag is nie, God hoor jou en jy kan

dit voor Hom bring. Weet dat Hy jou hart ken en dat jy ware vreugde

kan ervaar. Die Here is met ons elkeen op sy eie tyd besig, maar Hy

los ons nooit alleen nie.

Mag jy die Here opnuut ontdek as jy tyd in sy Woord spandeer en jou

lewe voor Hom uitgiet.

As jy ‘n Psalm sou skryf...

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens (Henk Jv Rensburg) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7)

10:00 : Erediens (Henk Jv Rensburg)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens (Herman Matthee)

KERKKANTOOR CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die

eredienste.

Kontant by bestelling

BYBELSTUDIE

Tema vir die kwartaal is

Psalms

Kom ontdek die Woord saam met vriende in ‘n

ontspanne atmosfeer.

Elke Dinsdag om 09:00

Page 2: Nuusflitse 22 Julie

Bid asseblief saam met ons vir die volgende mense: • Boet Zeelie wat in hospitaal opgeneem is. • Elna van Rensburg en familie na die afsterwe van haar pa.

• Ian Truter wat herstel na brandwonde. • Tannie Anna Schoeman wat tuis aansterk na skoueroperasie.

• Ina Rautenbach wat tuis aansterk. • Amelia Visagie wat tuis aansterk na ‘n nekoperasie.

• Pieter Scheepers wat herstel na rugoperasie.

• Oom Hennie Beetge wat ernstig siek is. • Danie McLachlan se kanker is in remissie. • Ronnie v Deventer wat met kanker worstel. • Jannie Botha wat met kanker worstel. • Hannie Ferreira wat behandeling ontvang. • Hennie Kaltwasser wat steeds in versorgings-eenheid is.

God is vir ons ‘n toevlug en ‘n beskerming;

Hy was nog altyd bereid om te help in nood.

Psalm 46:2

HUWELIKSNAWEEK : 27-29 JULIE 2012

Wil jy en jou man/vrou julle huwelik versterk, laat groei of dalk

herstel?

Die naweek van 27 - 29 Julie bied die Sentrum vir Lewenskuns ‘n

huwelikswerkswinkel aan om jou presies hierin te begelei.

Vrydagaand 18:00-21:00: “oop vir

almal” @ R120 p.paar.: Inset oor die

Bybelse perspektief van die huwelik ; ‘n

kort oorsig oor die inhoud van die hu-

welikswerkswinkel wat op Sa.en So.

volg en ‘n demonstrasie van ‘n Imago

frustrasie dialoog. (dit is vir dié van julle

wat nog nie seker is of julle die

werkswinkel as geheel wil meemaak

nie en dit by ‘n vlg. geleentheid sou

wou doen)

Saterdag en Sondag (8:00–18:00) die volledige Huweliks-

werkswinkel @ R1 300 per paar (insluitend Vrydagaand, twee

ligte maaltye, koffie,tee en versnapperinge asook lesingmate-

riaal. Die eerste 8 pare wat ‘n 50% deposito betaal het, sal die

spesifieke werkswinkel bywoon. Volgende werkswinkels sal,

afhangend van die behoefte, kwartaalliks aangebied word.

Besprekings en betalings geskied by Amanda by die

kerkkantoor.

Vrouekamp

19 – 21 Oktober

By Meulstroom Lodge (anderkant Bronkhorstspruit)

www.meulstroomlodge.co.za

Spreker: Thea Coetzer Onderwerp: “Wie is ek in

God se hart?” Kostes: R600 per persoon, sluit alle etes en akkommo-

dasie in Bespreek asb vroegtydig jou plek by Amanda. Net 70

plekke beskikbaar

VROUEBEDIENING BYEENKOMS:

20 Augustus om 19h00 in Ouditorium

Spreker: Madelein Greyling -

Voorkomskonsultant en stillis

Onderwerp: Klere, kleure, hare en

grimering

Kaartjies: R30 per persoon, te koop by

Kerkkantoor.

Pos beskikbaar by

Hoëveld Sinode

FONDSONTWIKKELAAR

Vir posomskrywing en vereistes kontak die kerkkantoor Riana 012 662-1708 /

[email protected]

Kyk ook op die web:

http://goo.gl/kvhEd

Page 3: Nuusflitse 22 Julie

4 AUGUSTUS 2012 14:00 Fondsinsamelinsprojek ten bate van:

Christelike Maatskaplike Raad (CMR) Lyttelton en Rusoord Centurion (agter Doringkloof)

Hoe jy kan deelneem op die dag:

Jy kan 'n gasheer/gasvrou wees van 'n lapa van 40 mense. 'n Lapa kos R4000 en kan 40 mense vat.

Dus is kaartjies R100 per persoon, plus 'n bottel wyn as skenking vir die wynveiling wat by die fees

gaan plaasvind. Jy kan die lapa koop en mense ontvang, of 40 kaartjies per lapa verkoop en mense

ontvang. Van die gasheer/gasvrou word verwag om potjie te maak op die dag en die lapa te ver-

sier. Die feeskomitee voorsien elke gasheer/vrou met 'n “starter pack”/handleiding wat al die

“detail” van die fees bevat en duidelike riglyne vir elke persoon gee. Die komitee voorsien alle

bestandele van alles wat gemaak moet word. Dit is om die werk van die gasheer/vrou makliker en

meer vervullend te maak.

Jy kan 'n eksotiese dis gaarmaak vir mense om aan te proe. "The sky is the limit"!

Jy kan 'n kaartjie koop en gaan bywoon en die vermaak geniet.

Hoe jy vooraf kan deelneem, en nie op die dag nie:

Jy kan bak vir Tant Kitty se kombuis. Enigiets wat mens sal vind by 'n plek met 'n naam soos "Tant Kitty

se kombuis", wees kreatief en droom groot.

Lapas verkoop aan enigeen wat sal baat vind by die ervaring van die wildsfees.

Kaartjies verkoop en adverteer. Weereens, kreatiewe maniere is altyd welkom.

Wat jy kan skenk as jy wil:

Wildsvleis, Droë wors, Groente, Margarien, Suiker, Melk, Kruie en speserye, Charcoal en brik-

kette, vuuraanstekers, broodrolle vir ‘Hot dogs’, Brood-buns vir Hamburgers, Hamburger

Patties, Viennas vir ‘Hot dogs’

Vir besprekings van ‘n Lapa of kaartjies

kontak:

DANIE STEYN: 083 271 6378 /

GAWIE MARAIS: 082 376 2098

Rolstoel beskikbaar

Een van ons geloofsfamilie-

lede het 'n rolstoel geskenk.

As jy belangstel, is jy welkom

om hom te kom haal vir

welke rede ookal. Kontak asb

die kerkkantoor.

Byeenkoms: Versorgingsbediening

Ons wil graag ons Versorgingsbediening in ons geloofsfamilie uitbrei, want dit is belangrik dat ons mekaar in die gemeente versorg en dien. Ons wil graag op Woensdag 25 Julie om 19:00 saam nadink oor hierdie bediening. Daarom nooi ons jou om deel hiervan te wees. Wat behels hierdie bediening: • Om mense te besoek in die hospitaal • Om tuisbesoeke te doen by mense wat tuis aansterk • Om kontak te maak met mense in die gemeenskap • Om te help waar hulp nodig is Hierdie bediening wil poog om ‘n verskil in die gemeenskap te maak saam met die Bedieningspan. Kom wees deel van die begin van ‘n bediening wat versorging aan ons geloofsfamilie en gemeenskap bied. Begeleiding en opleiding sal voorsien word. Vir verdere navrae, kontak asseblief Amanda by 012 662 1708 of Henk by 012 662 5619 / 082 336 7555.

Page 4: Nuusflitse 22 Julie

“MOUNT NO MORE” 1

Hierdie bergreeks kom slegs

op aarde voor.

Min van ons sien kans om

“Mount No More” uit te klim.

Van julle het al Kilimanjaro of

die Drakensberge uitgeklim,

dalk die koppie op jou Oom

se plaas…maar hierdie berg,

nee, net ‘n handjievol van

ons.

Pak jou rugsak en bergklim-

toerusting en kom klim die

berg saam met my uit. Wat

sal jy inpak vir hierdie ekspe-

disie? Goeie stapskoene om

die berg van die verlede te

kan aandurf. Kos. Spirituele,

emosionele en fisiese energie

om tree vir tree hierdie ekspe-

disie van Heelword aan te

pak.

Sterk toerusting en Voor-

bereiding. Leer jouself ken, jy

gaan verbaas wees waartoe

jy instaat is. Ander bergklim-

mers en ‘n gids. Ons onder-

steuningsgroep en kundige

gespreksgenote is on-

ontbeerlik op hierdie reis. Jy

mag kies wie saamklim, of

wie jy beslis nie wil

saamneem nie.

By “Mount No More” se eer-

ste kamp, leer ons om NEE te

sê. Waarvoor is jy bereid om

van nou af NEE te sê. Wat is

jy NIE meer bereid om te

doen nie. Begin klein.

Dalk gaan jy nie meer jou ge-

sin se nat handdoeke in die

badkamer optel nie…

Lekker bergklim!

TUKS “Missions Week”

Tuks Missions week is hierdie jaar van Sondagaand 29 Julie tot

Donderdagaand 2 Aug vanaf 18:30 elke aand by die Am-

phiteater op Tuks se hoofkampus. Die tema van die week hierdie

jaar is "Making an impact, leaving footprints". Worship, fantastiese

sprekers en kenners oor sending, lekker saamwees en blootstelling

tot die groter prentjie van sending maak elke jaar se missions

week 'n besondere betekenis.

Sien die event op Facebook of www.tuksmissions.com vir meer

inligting.

www.pvr.co.za

www.facebook.com/pvrgeloofsfamilie www.twitter.com/PvRGeloofsfam

Kerkkantoor:

Ma: 11:00–16:00 Di–Do: 08:00–16:00 Vr: 08:00–13:00

Tel: 012 662-1708 [email protected]

Kwartaal 4 is altyd kort, slegs 8 weke. Vir die senior JEUG is die fo-

kus Bybelkennis by die graad 8 & 9’s, en voorbereiding vir Be-

lydenisaflegging vir die gr 10 & 11’s. Ons Bely en Leef kamp is 17 &

18 Augustus, en die eerste Belydenisaflegging reeds 9 September.

By die laerskool fokus ons op Bybelverhale en ons doen in diepte

ondersoek oor ouerbetrokkenheid en hoe ons die ouers meer

deel kan maak van die jeugbediening. As julle wil saamgesels, die

jeugkantoor se deure is altyd oop. Dit sal lekker wees om julle

idees te hoor. Daar gaan ook ‘n paar ouerleiding gesprekke wees

wat spesifiek gaan handel oor kommunikasie met ons kinders. Da-

tums sal deurgegee word.

Met die oog op Beplanningsweek, doen ons in diepte ondersoek

oor die jaar, nuwe idees en wat nie gewerk het nie en in die

“recycle bin” gegooi moet word. As julle daaroor wil saamgesels,

asb! Alle insette is meer as

welkom.

Izette gaan vir so 3 weke afwe-

sig wees. Jean-Re en Nicole sal

die opening by die Juniors be-

hartig. Vir enige probleme of

navrae gesels gerus met Hanlie

of Lizette.

As jy op trou staan, is die ONS TROU kursus net vir jou! Kom reis saam met jou maat, terwyl ons sake bespreek soos grense, konflik en rolle. Die kursus begin Dinsdag- aand 24 Julie om 19:00 en strek oor 4 weke. Die kostes is R100 per paartjie vir die hele kursus. Vir inligting kontak Elmarie by [email protected].