2
NUUSFLITSE Ek hou van uitnodigings. Dit maak my opgewonde. Dit is lekker om uitnodigings te ontvang. Dit het my laat dink: hoe uitnodigend praat ek? Hoe uitnodigend tree ek op? Want, as ek so baie van uitnodigings hou en dit so geniet om dit te ontvang, moet ek se- kerlik dit leef en uitdeel. Of hoe? Ek het tot 'n skok ontdek "uitnooi" is nie noodwendig deel van my woordeskat nie. "Moet" is baie meer gewild. Ek dink ek het so groot geword. Jy moet dit, en jy moet dat. Jy moenie dit nie, en jy moenie dat nie. Daar is niks fout met so verstaan van dinge nie, ek dink net dit maak my blind vir uitnodigings en die keuse wat saam met dit gaan, en baie meer geneig om alles te verstaan as moet en moenie. Ook wanneer ek praat oor my verhouding met die Here, of Bybel lees. Het jy al ooit gedink dat Jesus ons uitnooi na iets? En nie net die heeltyd moets en moenies praat nie? Dat Jesus nie konstant vero- ordelende woorde spreek nie, maar vir ons 'n keuse gee om Hom te volg na 'n lewe van oorvloed? Dat Jesus die weg wys na die ware lewe, en vol deernis en liefde ons daarna uitnooi en ons nie dwing met 'n "moet" nie? Jesus praat in Lukas 11 met Fariseërs en herinner hulle dat God hulle met 'n binnekant en 'n buitekant gemaak het. Jesus stel ook dat as ons binne skoon is, ons ook buite skoon sal wees. Hy sê ook dat om net buite skoon te wees help nie as mens 'n verhouding met God wil hê nie. En dan nooi hy hulle uit: "Hoekom gee julle nie ook julle binnekant vir Hom nie?" (Lukas 11:41 DB). Daar is hy!! 'n Uitnodiging in plaas van 'n "moet". Sien jy hom? So subtiel, maar tog so belangrik. Want ons moet dan dit kies, en Jesus gaan ons nie dwing nie. Die deur staan oop, en ons moet gaan. Die gawe van genade is daar, die greep van die genade kom van ons af. Jesus nooi ons in hierdie gedeelte om ons binneste ook vir Hom te gee. Sodat ons binne en ons buite met mekaar versoen kan wees. Sodat daar integriteit in ons geloof is. Sodat ons binne vol liefde, omgee, geduld en diens sal wees, dat ons sit ook na buite leef. Jesus het geweet as mens buite iets doen sonder dat dit binne in ons ook leef, ons een of ander tyd stoom verloor. En Hy nooi ons om dit reg te stel. Hy nooi jou. Jy is genooi. Ek is genooi. Ryno WAT GEBEUR VANDAG 08:00 : Erediens (Callie Roos) 08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 09:00 : Junior Geselsgroepe (Gr 4–7) 10:00 : Erediens - DOOP (Callie Roos) 10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3) 13:00 : Afrikatale Erediens 17:00 : Senior Geselsgroepe (Gr 8–11) 18:30 : Aanddiens - (Ryno Meyer) KERKKANTOOR CD VERKOPE Plaas gerus ’n bestelling vir oudio opnames van die eredienste. Kontant by bestelling Jy is genooi Ons het soveel redes om dankbaar te wees. Kom ons sê saam DANKIE deur ons Tiendemaand Dankoffer! 10

Nuusflitse 4 November 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse van 4 November 2012

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 4 November 2012

NUUSFLITSE

Ek hou van uitnodigings. Dit maak my opgewonde. Dit is lekker

om uitnodigings te ontvang. Dit het my laat dink: hoe uitnodigend

praat ek? Hoe uitnodigend tree ek op? Want, as ek so baie van

uitnodigings hou en dit so geniet om dit te ontvang, moet ek se-

kerlik dit leef en uitdeel. Of hoe?

Ek het tot 'n skok ontdek "uitnooi" is nie noodwendig deel van my

woordeskat nie. "Moet" is baie meer gewild. Ek dink ek het so

groot geword. Jy moet dit, en jy moet dat. Jy moenie dit nie, en jy

moenie dat nie. Daar is niks fout met so verstaan van dinge nie, ek

dink net dit maak my blind vir uitnodigings en die keuse wat saam

met dit gaan, en baie meer geneig om alles te verstaan as moet

en moenie. Ook wanneer ek praat oor my verhouding met die

Here, of Bybel lees.

Het jy al ooit gedink dat Jesus ons uitnooi na iets? En nie net die

heeltyd moets en moenies praat nie? Dat Jesus nie konstant vero-

ordelende woorde spreek nie, maar vir ons 'n keuse gee om Hom

te volg na 'n lewe van oorvloed? Dat Jesus die weg wys na die

ware lewe, en vol deernis en liefde ons daarna uitnooi en ons nie

dwing met 'n "moet" nie?

Jesus praat in Lukas 11 met Fariseërs en herinner hulle dat God

hulle met 'n binnekant en 'n buitekant gemaak het. Jesus stel ook

dat as ons binne skoon is, ons ook buite skoon sal wees. Hy sê ook

dat om net buite skoon te wees help nie as mens 'n verhouding

met God wil hê nie. En dan nooi hy hulle uit: "Hoekom gee julle nie

ook julle binnekant vir Hom nie?" (Lukas 11:41 DB). Daar is hy!! 'n

Uitnodiging in plaas van 'n "moet". Sien jy hom? So subtiel, maar

tog so belangrik. Want ons moet dan dit kies, en Jesus gaan ons

nie dwing nie. Die deur staan oop, en ons moet gaan. Die gawe

van genade is daar, die greep van die genade kom van ons af.

Jesus nooi ons in hierdie gedeelte om ons binneste ook vir Hom te

gee. Sodat ons binne en ons buite met mekaar versoen kan wees.

Sodat daar integriteit in ons geloof is. Sodat ons binne vol liefde,

omgee, geduld en diens sal wees, dat ons sit ook na buite leef.

Jesus het geweet as mens buite iets doen sonder dat dit binne in

ons ook leef, ons een of ander tyd stoom verloor. En Hy nooi ons

om dit reg te stel. Hy nooi jou. Jy is genooi. Ek is genooi.

Ryno

WAT GEBEUR VANDAG

08:00 : Erediens

(Callie Roos)

08:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

09:00 : Junior Geselsgroepe

(Gr 4–7)

10:00 : Erediens - DOOP

(Callie Roos)

10:00 : Kinderkerk (3jr–Gr 3)

13:00 : Afrikatale Erediens

17:00 : Senior

Geselsgroepe

(Gr 8–11)

18:30 : Aanddiens -

(Ryno Meyer)

KERKKANTOOR

CD VERKOPE

Plaas gerus ’n bestelling vir

oudio opnames van die eredienste.

Kontant by bestelling

Jy is genooi

Ons het soveel redes om

dankbaar te wees.

Kom ons sê saam DANKIE deur ons

Tiendemaand Dankoffer!

10

Page 2: Nuusflitse 4 November 2012

Bid asseblief saam met ons vir die volgende

mense:

• Marthie Kitshoff wat tuis aansterk na ‘n rug-

operasie.

• Mynhard Kitshoff wat tans chemo ontvang.

• Sumael Erasmus wat ‘n operasie gehad het.

• Hennie Kaltwasser wat in die hospitaal opge-

neem is.

• Cobus Willers wat tuis aansterk.

• Ronnie v Deventer wat met kanker worstel.

• Annette Robinson wat aansterk.

• Rita Kriel wat aansterk na operasie.

• Les Steel wat met sy gesondheid sukkel.

• Hermien Grobler wat tuis aansterk.

• Oom Hennie Beetge wat ernstig siek is.

• Dirk Strydom wat tuis aansterk.

• Hannie Ferreira wat behandeling ontvang.

Ek het rus en kalmte gevind. Soos ‘n kindjie wat

by sy moeder tevredenheid gevind het, so het

ek tevredenheid gevind (Psalm 131:2)

Juniors

• Op julle merke,

gereed.....

Is jy gereed?

Matt 25

• Onthou Jaag en Juig

Ons kry mekaar

Saterdag,

10 November om

8:30 by die kerk

Seniors

• Sondag, 11 November

is ons volgende

Belydenis Aflegging

• Die Gr8-10’s is besig

met Puzzle reeks 4.

Seniors jaarafsluitingsete

op 8 Nov :

Die seniors se jaarafsluitings-

ete vind plaas op Do 8 Nov

by Stone Cradle.

Al die seniors kom eers om

10:45 by die kerk byeen en

vertrek dan 11:40 na Stone

Cradle.

Navrae Jan Cilliers by

082 672 7610

BAIE DANKIE!!

Aan elkeen wat deel-

geneem het, kos

gaargemaak het, skenkings gegee het en

stalletjies beman het, wil ons graag baie

dankie sê. Sonder julle hulp sou die

Dorpsfees nie kon plaasvind nie. Julle is kos-

baar vir ons geloofsfamilie en gemeenskap.

"Soos 'n huis wat op 'n sterk fondament gebou word, moet julle julle

lewe op Jesus bou. Staan onwrikbaar vas in dit wat julle glo, soos julle

geleer is. Doen dit terwyl julle gedurig vir God dankie sê en Hom

eer." (Kolossense 2:7 DB)

Paulus herinner ons dat dankbaarheid deel is van dissipel-wees. Ons

sê op verskeie maniere as gemeente vir die Here dankie, juis om te

leef wat ons in gedeeltes soos hierdie geleer en aan herinner word.

Een van die maniere waarvan ons in die Bybel lees, is dat die Here Sy

mense oproep om 'n tiende van hulle inkomste op sy te sit vir Hom.

Die tiende was om uit dankbaarheid teenoor die Here 'n eerste deel

van jou oes of inkomste aan Hom terug te gee. Daarmee erken ons

ons afhanklikheid teenoor die Here, want Hy het gesorg vir die "oes".

Vir ons geloofsfamilie is die Tiendemaand dankoffer 'n belangrike en

spesiale dankseggingsgeleentheid. Ons het soveel om voor dank-

baar te wees, saam as gemeente en as individue. Ons nooi jou uit

om hierdie jaar 'n Tiendemaand dankoffer te gee. Baie dankie aan

almal wat reeds bygedra het.

Ons het koeverte wat gemerk is vir die tiendemaand dankoffer as jy

kies om in dit in die vorm van 'n koevert te bring. Elektroniese oor-

plasings is ook welkom, verwys asb net na Tiendemaand dankoffer.

Dankie Here, U is getrou.

Julle lewe moet een groot dankie vir God wees. (Kolossense 3:17 DB)

Tiendemaand Dankoffer