2
WAT GEBEUR VANDAG 09:00 Erediens—DOOP 13:00 Erediens (Afrikatale) 18:30 Vars Ervaring BID SAAM Annelize Stander, wie se pa oorlede is. Fanie Cronje (jr) wat ernstig siek in die hospitaal is. Annette Robinson wat tuis aansterk. Tienie van Niekerk wat kankerbehandeling ontvang. Piet Douglas wat in die hospitaal is. Lucas Krause wat aansterk by die huis. Joey Kotzé wat kankerbehandeling ontvang. Ronnie v Deventer wat chemoterapie ontvang. Danie McLachlan wat aansterk na ‘n operasie. Hennie Kaltwasser wat steeds baie ernstig siek is. NUUSFLITSE 7 AUGUSTUS 2011 Wie se naam dra hy? ’n Jong getroude paartjie was aan die stry oor ’n naam vir hulle eersteling. Uiteindelik moes hulle die predikant vra om tussenbeide te tree. “Wat is die probleem?” wou die predikant weet. Die vrou het eerste gepraat: “Hy” en sy wys na haar man, “wil die seun na sý pa vernoem en ek wil hom na mý pa vernoem.” “Wat is jou pa se naam?” vra die predikant vir die man. “Josef.” “En wat is jóú pa se naam, Mevrou?” “Josef.” Die predikant was verslae: “Nou wat is die probleem dan?” Dit was weer die vrou wat eerste gepraat het: “Sy pa was ’n perdedief en my pa ’n regverdige man. As ons hom nie spesifiek na mý pa vernoem nie, hoe sal ek weet hy aard nie dalk na sy ander oupa nie?” Die predikant het nagedink en toe wys geant- woord: “Noem die seun Josef. Kyk dan of hy ’n perdedief of ’n regverdige man word. Dan sal julle weet wie se naam hy dra.” Ons het die voorreg om vandag weer te doop. Die doop herinner ons dat God met elkeen van ons besig is en dat Hy Homself aan ons verbind. Mag ons so leef dat ons elkeen God sal eer met ons lewe en die manier waarop ons leef. “Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.” Jesaja 43:1 ’n Goeie naam is beter as ’n goeie bankbalans Miguel de Cervantes Vakature op die Gemeenteraad Daar is een vakature op die Gemeenteraad. Persone wat begeer om as Gemeenteraadslid verkies te word, moet dit skriftelik op die voor- geskrewe vorm bekend maak. Dit staan Gemeente- lede ook vry om iemand te nomineer om op die Gemeenteraad te dien. As u self belangstel om op die Gemeenteraad te dien of iemand anders wil voorstel, word u versoek om ‘n nominasievorm by die Kantoor af te haal. U nominasie moet voor of op 21 Augustus 2011 ingedien wees. By die Gemeenteraad se vergadering van 29 Augustus 2011 sal al die nominasies oorweeg word. Bid asseblief dat die Here die regte persoon sal voorsien.

Nuusflitse 7 Augustus

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusflitse 7 Augustus

Citation preview

Page 1: Nuusflitse 7 Augustus

WAT GEBEUR VANDAG

09:00 Erediens—DOOP

13:00 Erediens (Afrikatale) 18:30 Vars Ervaring

BID SAAM

• Annelize Stander, wie se pa oorlede is. • Fanie Cronje (jr) wat ernstig siek in die hospitaal

is. • Annette Robinson wat tuis aansterk. • Tienie van Niekerk wat kankerbehandeling

ontvang. • Piet Douglas wat in die hospitaal is.

• Lucas Krause wat aansterk by die huis. • Joey Kotzé wat kankerbehandeling ontvang. • Ronnie v Deventer wat chemoterapie ontvang. • Danie McLachlan wat aansterk na ‘n operasie. • Hennie Kaltwasser wat steeds baie ernstig siek is.

NUUSFLITSE

7 AUGUSTUS 2011

Wie se naam dra hy?

’n Jong getroude paartjie was aan die stry oor

’n naam vir hulle eersteling. Uiteindelik moes hulle die predikant vra om tussenbeide te tree. “Wat is die probleem?” wou die predikant weet. Die vrou het eerste gepraat: “Hy” en sy wys na haar man, “wil die seun na sý pa

vernoem en ek wil hom na mý pa vernoem.” “Wat is jou pa se naam?” vra die predikant vir die man. “Josef.”

“En wat is jóú pa se naam, Mevrou?” “Josef.” Die predikant was verslae: “Nou wat is die probleem dan?”

Dit was weer die vrou wat eerste gepraat het: “Sy pa was ’n perdedief en my pa ’n regverdige man. As ons hom nie spesifiek na mý pa vernoem nie, hoe sal ek weet hy aard nie dalk na sy ander oupa nie?”

Die predikant het nagedink en toe wys geant-woord: “Noem die seun Josef. Kyk dan of hy ’n perdedief of ’n regverdige man word. Dan sal julle weet wie se naam hy dra.”

Ons het die voorreg om vandag weer te doop. Die doop herinner ons dat God met elkeen van ons besig is en dat Hy Homself aan ons verbind. Mag ons so leef dat ons elkeen God sal eer met ons lewe en die manier waarop ons leef.

“Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.”

Jesaja 43:1

’n Goeie naam is beter as ’n goeie bankbalans

Miguel de Cervantes

Vakature op die Gemeenteraad

Daar is een vakature op die Gemeenteraad.

Persone wat begeer om as Gemeenteraadslid verkies te word, moet dit skriftelik op die voor-geskrewe vorm bekend maak. Dit staan Gemeente-lede ook vry om iemand te nomineer om op die Gemeenteraad te dien.

As u self belangstel om op die Gemeenteraad te

dien of iemand anders wil voorstel, word u versoek

om ‘n nominasievorm by die Kantoor af te haal. U

nominasie moet voor of op 21 Augustus 2011

ingedien wees.

By die Gemeenteraad se vergadering van

29 Augustus 2011 sal al die nominasies oorweeg

word. Bid asseblief dat die Here die regte persoon

sal voorsien.

Page 2: Nuusflitse 7 Augustus

• MANNEBEDIENING HALFTYD: Kom geniet ‘n lekker koppie koffie, goeie kameraadskap en diep gesels saam met ons by ons weeklikse byeenkoms “Halftyd”. Dit is elke Woensdag om 05:30 by die Afdak. Ons is teen 06:15 klaar. Skakel Deon Fourie (083 645 9326). MANNEKAMP: Ons almal gaan deur berge en dale in ons lewe, maar hier is die kans om te kom skouerskuur saam met die manne tussen berge en dale. Ons mannekamp is 9 - 11 September tussen die Magaliesberge. Kom gesels saam om die kampvuur en beleef Christus se wonderlike skepping. Kontak Deon Fourie vir meer besonderhede by 083 645 9326.

• KOSKAS: Baie dankie aan almal wat so gereeld tot die “koskas” bydra. Ons benodig tans dringend waspoeier, tandepasta, toiletpaper, skottelgoedseep, groen sunlight koekie seep, lang lewe melk en enige blikkies kos. Navrae : Frieda by 0832760353 of Amanda (0829757465) by die kerkkantoor.

• VROUEBEDIENING :

VROUEBYEENKOMS: 15 Aug. Ons nooi elke vrou in ons gemeente hartlik uit na ons volgende byeenkoms op 15 Aug om 19h00 in die Ouditorium. Ons spreker, Leana Platt, gesels met ons oor “Maria” – die vrou van vandag! Toegang is gratis. ‘n Vrywillige bydrae sal na afloop van die byeenkoms opgeneem word. Skakel Heléne Richter by 0823779385 vir navrae. VROUEKAMP: 21—23 OKT. Ons vroue gaan weer heerlik kamp! Kom saam! Daar is nog plek beskikbaar. Bespreek jou plek met ‘n R100 deposito by Amanda by die kerkkantoor. Skakel Heléne Richter by 0823779385 vir navrae.

• SELGROEPE : As jy en jou gesin graag wil deel wees van ‘n selgroep, kontak vir Louise Jackson epos : [email protected] of 083 3488 304. Sy sal seker maak dat jy die nodige inligting het en julle help om gemaklik ‘n geestelike “tuiste” te vind.

• SENTRUM VIR LEWENSKUNS: As jy enige

Finesse en Leef tydskrifte by die huis het wat jy nie gebruik nie, bring dit asseblief kerk toe. Ons sal dit graag by die sentrum gebruik.

• ONS TROU: As jy op trou staan, moet jy nie ons

volgende huweliksvoorbereidingsgesprekke mis nie. Ons begin Dinsdag 16 Augustus en dit strek oor 4 Dinsdagaande. Registreer asseblief by die kerk-kantoor. Koste beloop R100 per paartjie.

“Ontwaak en Aktiveer”.

Het jy al gewonder of God werklik met jou op

pad is? Begeer jy dat jou lewe impak maak? Soek jy na dieper sin en betekenis in jou lewe? Dan is die “Ontwaak en Aktiveer” ervaring net wat jy nodig het om ‘n vars, nuwe belewenis van kerkwees, Christenwees

en verhoudings te ontdek. Ons bied nog twee kursusse aan tot die einde van die jaar. Datums : 12 & 13 Aug (Ontwaak 1) en 27 Aug (Aktiveer 1) en ook op 14 & 15 Okt (Ontwaak 2) en

5 Nov (Aktiveer 2). Vir meer informasie, neem asb ‘n “Ontwaak en Aktiveer” pamflet by die deure in die ingangsportaal. Vir enige verdere navrae of besprekings, skakel Amanda (012-6621708) by die Kerkkantoor of epos [email protected] .

DORPSFEES 'n Eerste vir PvR, 'n fees soos nog nooit tevore nie! Kom neem deel aan oa Mnr/Mej PvR (kerk), Baba-olimpiade (kerk), 4x4 Vaar-digheidsbaan, Sterkmankompetisie (gym), Spinningkompetisie tussen omgeegroepe(gym), Fiksheidskompetisie (Curves), Wilds-fees, Basaar, Veiling, Verskeidenheidskonsert ens ens ens. Vir meer besonderhede kontak Estel le 084 568 0224 of [email protected]

Sentrum vir Lewenskuns.

Ons stel aan jou bekend ons Sentrum vir Lewenskuns waar terapeutiese en voorkomende dienste gelewer word, met die oog op herstel en groei van helende verhoudings. Indien jy meer wil uitvind oor ons Sentrum vir Lewenskuns, neem asb ‘n pamflet in die ingangsportale van die kerkgebou. Vir enige verdere navrae skakel asb vir Amanda by 012-6621708.

Bybelreis

Ons volgende Bybelreis saam met Stephan Joubert begin weer Woensdag 17 Augustus. Teken so lank die datum aan! Meer inligting volg binnekort.