8

Click here to load reader

PR15052011

Embed Size (px)

DESCRIPTION

1 2 3 4 1 Kor 13:4 Om moord te pleeg – is ‘n daad van liefdeloosheid! Daardeur ontneem jy ander die voorreg van lewe, groei en ontwikkeling. - Deur te bly hoop (volharding van julle hoop – 1 Tess 1:3). 5 1 Kor 13:12

Citation preview

Page 1: PR15052011

Sondag 15 Mei 2011Die kuns om te lewe!

Eks 20:13 “Jy mag nie moord pleeg nie”

1 Kor 13:13 en 1 Tess 1:2-3

As daar een gebod is wat ons voel ons darem nie so skuldig oor hoef te

voel nie, is dit die sesde gebod: Nie een van ons het al ’n moord gepleeg

nie! Dan sou ons nie hier gesit het nie! Omdat die Fariseërs ook net op

die uiterlike betekenis van die wet gelet het, het hulle gevoel hulle doen

nie te sleg nie. Dit het hulle selfs hoogmoedig gemaak.

Wanneer Jesus dan op die dieper betekenis van die wet wys, dan kom dit

nader aan hulle eie vel: Matt 5:21“Julle het gehoor dat daar van die ou tyd

af aan die mense gesê is: ‘Jy mag nie moord pleeg nie; en elkeen wat

moord pleeg, is strafbaar voor die regbank’. 22Maar Ek sê vir julle: Elkeen

wat vir sy broer kwaad is, is al strafbaar voor die regbank. Verder, elkeen

wat sy broer uitskel vir ’n gek, is strafbaar voor die Joodse Raad; en wie

hom uitskel vir ’n idioot, is strafbaar met die helse vuur.”

Wanneer dit kom by gedagtemoord, gebaremoord en woordmoord dan

staan ons almal skuldig:

Gedagtemoord - ons wens dat die persoon iets sleg moet oorkom. Toe

een ma vir 'n ander ma sê dat sy nie kan verstaan dat Abraham vir Isak

kon gaan offer het nie, merk die ander ma op: “Hy was seker ‘n tiener”.

Ons voel soms om iemand te vermoor wat hy/sy jou aangedoen het.

Gebaremoord – ons gedagtes word dikwels uitgedruk in ons gebare,

houdinge en ons liggaamtaal. Ons sê eintlik vir die ander persoon: "Jy

het nie bestaansreg nie." Ons ontken die ander persoon se

menswaarigheid en gun hom/haar geen lewensruimte nie.

1

Page 2: PR15052011

Woordmoord – skerp woorde is soos dolke in die siel van ‘n mens wat

hom/haar innerlik laat sterf!

Op Golgota het die Groot Moord plaaasgevind. Daar het die werklike

gesindheid van mense tot uitbarsting gekom. Mense het gekies vir die

dood teen die lewe. Maar, op Paasmôre het die lewe oor die dood

getriomfeer. Die graf is leeg! Jesus het opgestaan! Daarom is dit vir elke

gelowige wat leef uit die opstanding van Jesus, belangrik om die kuns van die lewe te bemeester. Soos met enige kuns is daar teorie en

praktyk. Iets wat jy moet weet en iets wat jy moet inoefen.

1. Die teorie van die lewenskuns.God is die Skepper/Gewer van die lewe:

- Hy is vir die lewe en teen die dood.

- Elke slagoffer van dit tsoenami in Japan, elke persoon wat in die

burgerloog in Libië stref, elke moord wat gepleeg word en elke

onskuldige kind wat in ‘n gesinsmoord, sterf gryp God in die hart.

- Wanneer ons die lewe liefhet en stry vir die beskerming van die lewe,

wanneer ons ons beywer vir ‘n menswaardige bestaan vir almal, veg

vir die bewaring van die natuur en die die lewensnoodsaaklike

hulpbronne, tree ons as verteenwoordigers van ‘n Lewende God op.

Om so te leef en te laat leef – is goddelik!

- Natuurlik leef ons in ‘n onvolmaakte wêreld – wat verder besoedel

word deur die sondige begeertes van mense.

Mense maak eerder dood .... as om te laat lewe!

Hulle vernietig eerder ... as om op te bou.

Hulle mors met die lewe .... eerder ons op te bewaar.

Daarom móés daar iets gebeur het. Die Skepper God het ingegryp.

Hy is ook die Herskepper – die Gewer van die nuwe lewe!

2

Page 3: PR15052011

- Jesus het sy lewe gegee, sodat ons kan lewe. Daarom kon Hy gesê

het: “Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed” (Joh

10:10).

- Meer nog, God het ons sy Gees gegee. Die Gees is die Een wat

lewend maak. Hy maak van mense van die nag soos Nikodemus,

mense van die dag. Hy bewerk die wedergeboorte (Joh 3:8). Hy gee

vir ons ‘n nuwe visie dat ons nie meer vir onsself wil lewe nie. Ons

word nie meer gedryf deur ons eie selfsugtige begeertes nie, maar

ons lewe vir Hom wat vir ons gesterf het en uit die dood opgewek is (2

kor 5:15).

Met ander woorde: Alleen ek en jy wat in Christus die nuwe lewe het,

en deur die Helige Gees gelei word, kan reg laat geskied aan die

werklike bedoeling van die sesde gebod!

2. Die praktyk van die lewenskunsDie praktyk van die lewenskuns het drie note: Geloof, liefde en hoop.

Hierdie bladmusiek moet voortdurend ingeoefen word. Dit vra inspanning

en opoffering om dit werklik te bemeester. Goeie musikante bring ure

voor die klavier deur. Daar is baie kinders wat met groot entoesiasme

musieklesse begin neem, maar hulle sak later uit. Hulle sien nie kans ons

gereeld te oefen nie. Hulle is nie bereid om opofferings te maak nie. Ja,

hulle verleer selfs dit wat hulle bemeester het, omdat hulle nie aanhou

oefen nie.

- Ons lewens val dikwels uitmekaar omdat ons nie kans sien om die

bladmusiek van geloof, liefde en hoop in te oefen nie;

- ons val terug om in ons geloofslewe omdat ons nie aanhou om die

bladmusiek van geloof, liefde en hoop in te oefen;

3

Page 4: PR15052011

- ons lewe staan meer in die teken van die dood as van die lewe, omdat

ons opgehou het om die bladmusiek van geloof, liefde en hoop in te

oefen.

Geloof, hoop en liefde is eintlik werkwoorde. Dit is dinge wat gedoen moet

word.

Hoe bemeester ons die kuns van die lewe?- Deur in geloof te volhard (werk van julle geloof – 1 Tess 1:3)

Deur die geloof hou ek vas aan God en die beloftes van sy Woord;

deur die geloof bly ek ingeënt in die ware windergdstok, Jesus

Christus;

deur die geloof dra ek die vrug van die Gees in my lewe!

Om moord te pleeg – om jou eie lewe of die lewe van ‘n ander mens te

neem, is ‘n daad van kleingeloof, selfs ongeloof. So ‘n mens wil self

God wees deur te beskik oor sy eie lewe en die lewe van ‘n ander

mens. Daar word vergeet dat elkeen voor God verantwoording sal

doen vir sy/haar dade.

- Deur uit liefde te lewe (inspanning van die liefde - 1Tess 1:3). 1 Kor 13:4Die liefde is geduldig,die liefde is vriendelik;dit is nie afgunstig

nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. 5Dit handel nie

onwelvoeglik nie,soek nie sy eie belang nie,is nie liggeraak nie, hou

nie boek van die kwaad nie. 6Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar

verheug hom oor die waarheid. 7Dit bedek alles,glo alles, hoop

alles,verdra alles.

Liefde is soos die suurstof vir die liggaam: Dit leef en laat leef. Dit skep

lewensruimte vir ander – na liggaam, siel en gees (fisies, emosioneel

en geestelik).

4

Page 5: PR15052011

Om moord te pleeg – is ‘n daad van liefdeloosheid! Daardeur ontneem

jy ander die voorreg van lewe, groei en ontwikkeling.

- Deur te bly hoop (volharding van julle hoop – 1 Tess 1:3). 1 Kor 13:12Nou kyk ons nog in ’n dowwe spieël en sien ’n raaiselagtige

beeld, maar eendag sal ons alles sien soos dit werklik is. Nou ken ek

net gedeeltelik, maar eendag sal ek ten volle ken soos God my ten

volle ken.

Hoop is om te bly sien, hoe donker die omstandighede om jou is;

hoop is om te bly uitsien na die toekoms wat God vir jou in gedagte

het, al verstaan jy nie nou alles nie;

hoop is om op God te bly vertrou vir hierdie lewe én die ewige lewe.

Om moord te pleeg – is ‘n daad van hopeloosheid. Daar word net

geleef vir die hier en die nou; vir die onmiddelike bevrediging van jou

eie selfsugtige begeertes.

Moord is ‘n daad van wanhoop – omdat so ‘n mens nie op God vertrou

vir sy behoeftes en sy toekoms nie.

Wat is die roeping van die kerk in die lig van die misdaad en geweld?

Om gelowiges te help om te bly oefen om die bladmusiek van geloof,

liefde en hoop te speel. Om dit só te speel dat ander ons voorbeeld sal

begin volg. Daarom bid ons voortdurend dat meer en mense die nuwe

lewe in Christus sal vind en gelei sal word deur die Gees om tot eer van

die lewende God te lééf!

5