11

Click here to load reader

PreekFC17022013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Dr Ferdie Clasen preek uit Handelinge 9:20-31 oor die tema: Geloofwaardige getuie

Citation preview

Page 1: PreekFC17022013

1

Skriflesing: Handelinge 9:20-31

Tygerpoort: 17 Februarie 2013

Inleiding

Toe mense eendag vir „n wyse ou man vra hoe „n mens „n storie

moet vertel, het hy geantwoord:

„n Storie moet só vertel word dat dit die wat dit vertel en die wat

daarna luister, daardeur gehelp word.

My oupa was lam, vertel die man toe verder.

Eendag het mense hom gevra om hulle te vertel van sy held,

Baal Sjem Tov.

My oupa begin toe vol geesdrif vertel hoe die heilige Baal Sjem

Tov altyd rondgespring en gedans het wanneer hy baie ernstig

bid.

Terwyl my oupa so van sy held vertel, het hy uit sy stoel

opgestaan.

Meegevoer deur sy eie vertelling het hy self begin rondspring en

dans om te wys presies hoe Baal Sjem gemaak het.

Van daardie oomblik af was Oupa van sy lamheid genees.

Page 2: PreekFC17022013

2

Dit is hoe mens „n storie moet vertel, het die wyse man gesê.

(Uit: Stories vir die lewe).

Christene is storievertellers

Christene is storievertellers!

Soos baie ander Bybelkarakters, help Paulus ons vanoggend om

weer „n slag dié waarheid te verstaan.

Paulus kon gewoon nie stilgemaak word nie.

In Damaskus het hy in die sinagoges sy storie vertel; daarna het

hy al hoe kragtiger onder die Jode begin preek; nog later, lees

ons, het hy saam met die apostels oral in Jerusalem rondgegaan

en onophoudelik sy storie vertel.

En toe hulle hom uiteindelik na Sesarea en later na Tarsus toe

wegstuur, weet ons mos dat dit hom ook nie kon stilmaak nie.

Hy het aangehou en aangehou om sy storie te vertel.

Gelowiges kan nie anders nie.

In „n sekere sin sou mens kon sê die Bybel is die resultaat van

die feit dat gelowiges oor al die eeue bereid was en gedring was

en geïnspireer was om hulle stories oor te vertel.

Page 3: PreekFC17022013

3

Trouens, dis presies hoe veral die Ou Testament ontstaan het.

Kom ons neem „n voorbeeld: Die Israeliete trek uit Egipte, swerf

vir jare lank in die woestyn rond en neem uiteindelik besit van die

land Kanaan.

En dan begin hulle hierdie storie oorvertel aan hulle kinders en

hulle kinders vertel dit vir hulle kinders en eeue later word dit op

skrif gesit sodat ons dit in 2013 kan oopmaak en lees.

En ons kan dit doen omdat ons voorouers in die geloof

storievertellers was; omdat hulle gewoon nie kon stilbly oor dit

wat met hulle gebeur het nie.

En Paulus staan ook met sy voete vierkantig in hierdie tradisie.

Paulus is ook besig om sy storie te vertel oral waar hy kom.

Stories word natuurlik nie altyd op dieselfde manier oorvertel nie;

dit hang mos af van die tyd en die omstandighede waarin ons

leef.

In die tyd van die Ou Testament kan ek my nogal voorstel hoedat

„n groot familie in die aand rondom „n vuurtjie gesit het en dan het

pa en ma vertel van al hulle omswerwinge in die woestyn.

Page 4: PreekFC17022013

4

In Paulus se tyd weer was formele gesprekke in die

tempelpoorte, en op die stadsplein en in die sinagoges die

gewilde ding om te doen.

„n Klompie jare gelede het christene dikwels hulle storie vertel

aan die hand van „n spesifieke metode.

Evangelisasiespanne het gewoonlik van deur tot deur gestap,

aangeklop, en dan aan die hand van twee of drie baie direkte

vrae mense probeer oortuig om deel van die christelike storie te

word.

Vandag is daar baie redes waarom die metode nie altyd meer

lekker werk nie.

Een daarvan is sommer „n heel praktiese rede, naamlik dat mens

nogal sukkel om in vandag se woonbuurte van huis tot huis te

loop en aan deure te klop omdat mens gewoon nie toegang tot

enige woonbuurt het nie.

Maar daar is natuurlik ook „n veel dieper rede hoekom ons

vandag dink dat dit dalk nie die enigste of die beste metode is

nie.

Page 5: PreekFC17022013

5

Dit het te doen met die feit dat ons al hoe meer begin verstaan

dat die storie van die evangelie nie regtig van een persoon aan „n

ander vertel kan word sonder dat daar ook „n gesonde

verhouding tussen die twee mense bestaan nie.

Ons begin al hoe meer besef dat mense mekaar eers goed moet

ken en moet leer om mekaar te vertrou, dan kan ek ook met

geloofwaardigheid my storie vertel.

Of anders gesê: dan kan ek begin getuig en vertel van hoe ek die

Here se betrokkenheid en teenwoordigheid in my eie lewe

ervaar.

‘n Storie van geloof

Want ten diepste is dit mos nou waarom dit gaan in Paulus se

storie en in al die Bybelskrywers se stories.

Paulus se mond loop oor van dit waarvan sy hart vol is.

Miskien kan ons in Paulus se geval selfs sê dat sy mond oorloop

van dit wat hy met sy oë gesien het.

In die vorige hoofstuk word daar mos nou vertel van Paulus se

bekering.

Page 6: PreekFC17022013

6

Hoedat hy „n lig uit die hemel op hom sien neerdaal het en „n

stem met hom hoor praat het.

Hoedat hy vir „n tyd lank nie kon sien nie en „n man met die naam

Ananias hom gehelp het om weer te kan sien.

En nadat die skille van sy oë afgeval het, sou die nuwe

geestesoë waarmee hy gekyk het dalk in die toekoms veel

belangriker wees as die feit dat hy ook weer fisies kon sien.

Want sien, die punt is dat Paulus die teenwoordigheid en die

nabyheid en die krag van die lewende Here in sy lewe ervaar het,

en daaroor kon hy gewoon nie stilbly nie.

Natuurlik het nie almal van ons so „n radikale bekering soos

Paulus gehad nie.

En baie van ons sal nooit die werk van die Here op so kragtige

en radikale manier soos Paulus beleef nie.

Maar dis nie die punt waarom dit gaan in hierdie verhaal nie en

dis ook nie die punt wat die res van die Bybelskrywers aan ons

wil voorhou nie.

Page 7: PreekFC17022013

7

Daar is baie ander verhale in die Bybel wat ons daaraan herinner

dat die Here op „n heel alledaagse, natuurlike manier by ons is.

Kom ons neem weer die uittog uit Egipte as voorbeeld.

Die verhaal sou ook gewoon as „n historiese of „n politieke

verhaal oorvertel kon word.

„n Verhaal van „n volk wat deur „n ander volk onderdruk was en

op „n stadium besluit het genoeg is nou genoeg.

Hierdie volk het vir hulle „n goeie leier gekry en met „n goeie

strategie het hulle die land verlaat en „n ander land in besit gaan

neem.

Maar die verhaal wat ons uiteindelik in die Bybel lees, is nie „n

gewone politieke of „n historiese verhaal nie.

Dis „n geloofsverhaal.

Dis „n getuienis.

En daarom lees ons dat die gelowiges van daardie tyd ook

hierdie verhaal in geloofstaal oorvertel het: dis die Here wat hulle

uit Egipte uitgelei het en dis die Here wat in die woestyn vir hulle

gesorg het, en dis die Here wat vir hulle „n nuwe land gegee het.

Page 8: PreekFC17022013

8

Ek het „n vermoede dis ten diepste waaroor enige gelowige se

getuienis behoort te gaan.

Getuienis het nie in die eerste plek te doen met die groot en

bonatuurlike en skouspelagtige dinge wat met ons gebeur nie.

As dit so was, dan sou ons mos nie almal getuies kon wees nie

want sulke dinge gebeur nie met almal van ons nie.

Nee, ek dink getuienis het juis te doen met die feit dat ons dit wat

in ons alledaagse lewe gebeur, in geloofstaal moet kan oorvertel.

Christene se storie het te doen met dit wat elke dag met ons

gebeur en met hoe ons dan God se nabyheid en sy

teenwoordigheid en sy liefde en sy getrouheid in daardie

alledaagse dinge ervaar.

En dit kan ons mos nou net doen, as die Here ons oë, soos

Paulus s‟n, oopmaak sodat ons sy werk in ons lewe kan

raaksien.

Om „n getuie te wees vra allereers dat ek vir die Here sal vra om

vir my nuwe oë te gee; geestesoë, wat my sal help om meer te

Page 9: PreekFC17022013

9

sien en dieper te kyk en beter te verstaan dat die Here elke dag

in ons en rondom ons en deur ons aan die werk is.

Met sulke soort van oë het elkeen van ons „n storie om te vertel.

Kan elkeen van ons in geloofstaal dit wat elke dag met ons

gebeur beskryf.

Al is dit dan net om te vertel hoedat ons deur die Here se genade

die son weer vanoggend kon sien opkom; hoedat ons in „n

eenvoudige bord kos iets van die Here se sorg kon ervaar;

hoedat ons in „n vriend se glimlag of omhelsing iets van die Here

se getrouheid en sy liefde kon beleef.

Wie met gelowige oë kyk en leef, het ook „n storie om te vertel.

En, soos Paulus, geniet ons gelowiges dit om ons stories te

vertel, want ons aanbid „n God wat van stories hou ….

Daar bestaan „n ou Joodse legende wat vertel hoedat God lank

gelede verskillende nasies oorweeg het toe Hy moes besluit het

wie Hy sy uitverkore volk sou maak.

Page 10: PreekFC17022013

10

Hy het eerste met die Grieke gaan gesels: “As Ek julle God sou

wees en julle my spesiale volk, wat is daar waarmee julle My sou

kon vreugde gee?”

“O, ons sal U eer met die beste kuns in die wêreld en met die

uitnemendste denkskemas waartoe die mens in staat is,”

antwoord hulle.

“Ons groot denkers sal gedigte en dramas oor U skrywe.”

“Dankie vir julle aanbod,” het God gesê. Hierna is God na die

Romeine toe met dieselfde vraag: “Waarmee sal julle My plesier

kan gee as ek julle God is en julle my spesiale volk?”

“O, ons sal U eer met die grootste, indrukwekkendste bouwerke

van alle tye, met die beste paaie, met die mooiste tempels waarin

U aanbid kan word,” was hulle antwoord. “Ons sal ter ere van U

die wêreld verower.”

“Dankie vir julle aanbod,” antwoord God en soek verder.

Toe dink God aan die Jode, „n klein, onbelangrike volkie in die

Midde-Ooste.

Page 11: PreekFC17022013

11

Weer eens vra Hy: “As ek julle God sou wees, en julle my

uitverkore volk, sal daar iets by julle wees waarin Ek My kan

verbly?”

“O, God, ons is nie bekend vir ons kuns of ons bouwerk of ons

militêre mag nie,” antwoord hulle.

“Maar ons is‟n volk van storievertellers. Al wat ons kan aanbied,

as U ons God en ons u spesiale volk sou wees, is dat ons u

storie dwarsoor die wêreld sal vertel.”

“Bod toegeslaan!” het God glimlaggend geantwoord. (Uit: Stories

vir die lewe).

Amen.