32
Jeremia 2:4-13 – 15de Sondag in Koninkrykstyd – 1 September 2013 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................ 2 1.2 Fokusteks: Jeremia 2:4-13...................................4 1.3 Vorige riglyne.............................................. 9 1.4 Eksegetiese opmerkings......................................9 2 Erediens........................................................9 2.1 Tema........................................................ 9 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................9 2.3 Liturgie................................................... 10 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus............................11 3.1 Rus........................................................ 14 3.2 Liedere.................................................... 14 4 God praat met ons en ons luister...............................15 4.1 Familie-oomblik............................................ 15 4.2 Preekriglyn................................................ 16 5 God stuur ons om te leef.......................................20 6 Volgende erediens..............................................22 1 Oorsig 1

Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Jeremia 2:4-13 – 15de Sondag in Koninkrykstyd – 1 September 20131 Oorsig.............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste...........................................................................................................................2

1.2 Fokusteks: Jeremia 2:4-13......................................................................................................4

1.3 Vorige riglyne..........................................................................................................................9

1.4 Eksegetiese opmerkings.........................................................................................................9

2 Erediens..........................................................................................................................................9

2.1 Tema.......................................................................................................................................9

2.2 PowerPoint agtergrond..........................................................................................................9

2.3 Liturgie..................................................................................................................................10

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus............................................................................................11

3.1 Rus........................................................................................................................................14

3.2 Liedere..................................................................................................................................14

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................15

4.1 Familie-oomblik....................................................................................................................15

4.2 Preekriglyn............................................................................................................................16

5 God stuur ons om te leef..............................................................................................................20

6 Volgende erediens........................................................................................................................22

1 OorsigIn ’n samelewing wat selfverwesenliking as evangelie voorhou, verteenwoordig ons ’n ander boodskap: ons is uitverkoop, nie aan ons eie belange en ons selfsugtige begeertes nie, maar aan God en aan ons medemens. Ons vier die waardes van nederigheid, toewyding en gasvryheid met dié Sondag se tekste wat ons op ons knieë dwing voor God en ons naaste.

1

Page 2: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

1.1 Ander tekstePsalm 81:1, 10-16

As my volk maar na My wou luister

81 Vir die koorleier: met musiek. Van Asaf.

2Jubel tot eer van God ons sterkte, juig tot eer van die God van Jakob!

3Sing, en slaan die tamboeryn, laat hoor die lieflike klanke

van die lier en die harp.4Blaas die ramshoring op nuwemaan, met volmaan, op ons feesdag,

5want dit is ’n instelling vir Israel, ’n verordening van die God van Jakob.6Hy het dit vir die nageslag van Josef

as ’n dure plig opgelêtoe hulle uit Egipte weggetrek het. Wat hulle toe nog nie geweet het nie,

het hulle gehoor:

7“Ek het die swaar dragvan julle skouers afgehaal,

julle kon die mandjies neersit.8In julle nood het julle geroep

en Ek het julle gered;Ek het julle uit ’n donderwolk

geantwoord, julle by die waters van Meriba

op die proef gestel. Sela

9Luister, my volk, Ek gee julle ’n opdrag.

Israel, luister na My:10‘Daar mag vir julle

geen ander god wees nie, julle mag voor geen vreemde god

neerbuig nie.11Ek is die Here julle Godwat julle uit Egipte laat wegtrek het. Wat julle nodig het,

sal Ek in oorvloed gee.’

12“Maar my volk het niena My geluister nie,

Israel wou niks met Myte doen hê nie.

13Daarom het Ek hulle laat begaan2

Page 3: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

in hulle koppigheiden hulle het hulle eie sin

en wil gevolg.14Ag, as my volk maar

na My wou luister, as Israel maar my wil wou doen,15hoe gou sou Ek hulle vyande nie

op die knieë bringen hulle teëstanders

met my eie hand verslaan nie.”

16Dié wat voorgeedat hulle die Here dien, maar Hom haat,

hulle straf sal vir altyd duur.17Maar vir julle sal Hy voed

met die beste koring, julle versadig met heuninguit ’n rots.

Hebreërs 13:1-8, 15-16

Die Christelike lewenswandel

13 As broers moet julle mekaar altyd liefhê. 2Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves. 3Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word.

4Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.

5Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” 6Daarom kan ons met vertroue sê:

“Die Here is my helper,ek ken geen vrees nie:wat kan ’n mens aan my doen?”

Loof God deur Jesus Christus

7Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het.

8Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

9Moet julle nie laat meevoer deur allerhande vreemde leringe nie. Die goeie is daarin geleë dat die hart deur genade versterk word, nie deur eetgebruike nie. Dié wat hulle aan hierdie gebruike gehou het, het niks daarby gebaat nie.

10Ons het ’n altaar waarvan dié wat nog die offerdiens volgens die ou orde verrig, nie die reg het om te eet nie. 11Die bloed van die offerdiere word deur die hoëpriester in die heiligdom ingebring vir die sonde, maar hulle liggame word buitekant die laer verbrand. 12Daarom het Jesus ook buitekant die stadspoort gely om die volk deur sy eie bloed van hulle sonde te reinig. 13Laat ons dan nou uitgaan na

3

Page 4: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Hom toe buitekant die laer en die smaad dra wat Hy gedra het, 14want ons het in hierdie wêreld geen vaste verblyfplek nie, ons is op soek na die toekomstige.

15Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. 16Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.

17Julle voorgangers hou wag oor julle lewe en moet aan God rekenskap gee. Wees gehoorsaam en onderdanig aan hulle, want dan sal hulle hulle werk met vreugde kan doen en nie kla nie; anders het dit vir julle geen nut nie.

18Hou aan om vir ons te bid, want ons is daarvan oortuig dat ons gewete skoon is, omdat ons in elke opsig probeer doen wat reg is. 19Veral dring ek by julle daarop aan om te bid dat God my gou na julle toe sal laat terugkom.

Lukas 14:1, 7-14

Jesus genees ’n man wat aan water gely het

14 Op ’n sabbatdag toe Jesus na die huis van ’n vooraanstaande Fariseër toe gegaan het om daar te eet, het hulle Hom fyn dopgehou.

2Reg voor Hom was daar ’n man wat aan water gely het. 3Jesus praat toe met die wetgeleerdes en Fariseërs en vra: “Mag ’n mens iemand op die sabbatdag gesond maak of nie?”

4Maar hulle het stilgebly. Toe trek Jesus die sieke nader, maak hom gesond en laat hom gaan. 5Daarna sê Hy vir hulle: “Sê nou ’n seun of ’n bees van een van julle val in ’n put, sal hy hom nie dadelik uithaal nie, al is dit op ’n sabbatdag?”

6Hulle kon daar niks op antwoord nie.

Gelykenis oor beskeidenheid en gasvryheid

7Toe Jesus merk hoe hulle die voorste plekke aan tafel uitsoek, vertel Hy aan die genooides die volgende gelykenis: 8“As iemand jou na ’n bruilof toe uitnooi, moet jy nie sommer op die voorste plek gaan sit nie. Dit kan net wees dat die gasheer iemand uitgenooi het wat belangriker is as jy. 9Dan sal hy wat julle albei uitgenooi het, na jou toe kom en sê: ‘Gee bietjie die plek af vir hierdie man.’ Jy sal dan tot jou skande die agterste plek moet gaan inneem. 10Maar as jy uitgenooi is, gaan sit liewer op die agterste plek. Wanneer die gasheer kom, sal hy vir jou kan sê: ‘Vriend, kom sit hier voor’. Dan sal jy in die agting van al die gaste styg. 11Elkeen wat hoogmoedig is, sal verneder word, en elkeen wat nederig is, sal verhoog word.”

12Hy het ook vir die gasheer gesê: “As jy in die middag of in die aand ’n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en jou op dié manier vergoed nie. 13Nee, as jy ’n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes. 14Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het.”

1.2 Fokusteks: Jeremia 2:4-13My volk het My vergeet

2 Die woord van die Here het tot my gekom: 2Gaan roep hierdie woorde uit sodat elkeen in Jerusalem dit kan hoor.

4

Page 5: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

So sê die Here:Ek onthou nog hoe getrou jy aan My was in jou jeug;hoe lief jy My gehad hettoe jy my bruid geword het,toe jy My die woestyn in gevolg het,in ’n wêreld waar niks geplant wordnie.3Israel was toe aan die Here gewysoos die eerste vrugte van die oes.Niemand wat hierdie vrugte geëet het,het ongestraf gebly nie,rampe het hom getref,sê die Here.4Hoor die woord van die Here,mense van Jakob,al julle stamme van Israel!5So sê die Here:Waarin het Ek gefaaldat julle voorvaders van My afweggedraai het,dat hulle nikswerd afgode gedien heten so self niks geword het?6Hulle het nie gevra:“Waar is die Herewat ons uit Egiptelandlaat optrek het?” nie.Hy het ons deur die woestyn gelei,deur ’n droë wêreld vol slote,deur ’n dor land vol doodsgevaar,deur ’n land waardeur niemand treken waarin geen mens woon nie.7Ek het julle in ’n vrugbare landgebringom die vrugte daarvanen die goeie dinge daarinte geniet,maar toe julle in my land gekom het,het julle dit verontreinig;die land wat my eiendom is,is deur julle besoedel.8Die priesters het nie gevra:“Waar is die Here?” nie,dié wat my wil moes bekend maak,het My nie erken nie.

5

Page 6: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Die regeerders het hulleteen My verset,die profete het in die naam van Baälopgetreeen gode gedien wat nie kan help nie.9Daarom kla Ek jou weer aan,sê die Here,en ook jou nakomelinge kla Ek aan.10Gaan na die Kittiëreilande toe en kyk ’n bietjie, stuur boodskappers na Kedar toe en dink goed na:Het daar al ooit so iets gebeur,11dat ’n nasie sy gode verruil het,selfs al was hulle geen gode nie?Maar my volk het My,hulle magtige God, verruilvir gode wat nie kan help nie.12Selfs die hemel moet daaroor skriken beef en sidder! sê die Here.13My volk het twee sondes begaan:Hulle het My,die bron van lewende water,verlaat,en hulle het vir hulle waterbakkeuit klip gekap,waterbakke wat gebars isen nie water hou nie.14Het Israel ’n slaaf gewordof is hy ’n slaaf gebore?Waarom is hy dan buitgemaak?15Waarom brul en grom die leeusso teen hom?Waarom is sy land verwoesen lê sy stede in puin,sonder inwoners?16Die manne van Memfis en Tagpangessal jou kop inmekaarslaan.17Jy het jou dit self aangedoenomdat jy My, die Here jou God,verlaat hettoe Ek jou op jou pad gelei het.18Wat wil jy bereikdeur na Egipte toe te gaanen water uit die Nyl te gaan drink?Wat wil jy bereikdeur na Assirië toe te gaan

6

Page 7: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

en water uit die Eufraat te gaan drink?19Die kwaad wat jy gedoen het,sal jou straf word;omdat jy van My af weggedraai het,sal jy daaronder ly.Jy sal agterkom hoe rampspoedig dit is,jy sal proe hoe bitter dit is om My,die Here jou God, te verlaat,om geen eerbied meer vir My te hê nie,sê die Here God, die Almagtige.20Jy het my gesag lankal verwerp,jou van My losgemaak,geweier om My te dien;jy het op elke hoë heuwelen onder elke groen boomaan tempelprostitusie deelgeneemen so die afgode gedien.21Toe Ek jou geplant het,was jy ’n goeie wingerdstokopreg gekweek,maar hoe het jy nie verander in onkruid,in ’n wilde wingerdstok nie!22Al sou jy jou was met loog,of met hoe baie seep,Ek sal nog die vlekke van jou sonde sien, sê die Here my God.23Hoe kan jy dan sê:“Ek het my nie verontreinig nie,ek het nie die Baäls gedien nie”?Kyk hoe het jy jou gedrain die Hinnomdal.Besef tog wat jy gedoen het!Jy was soos ’n kameelkoei wat bul soek, wat kruis en dwars hardloop,24soos ’n wildedonkie wat tuis isin die woestyn.Jy was soos ’n bronstige kameelkoeiwat die wind opsnuif,wat onkeerbaar is in haar hittigheid.Die bulle wat haar soek,hoef hulle nie moeg te hardloopagter haar aan nie;wanneer sy wil paar,kry hulle haar maklik.25Moenie jou skoene stukkend loopagter die afgode aan nie,

7

Page 8: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

jou keel laat droog word van die dors nie!Maar jy sê:“Ek sal nie daarmee ophou nie!Ek het die vreemde gode lief,ek wil hulle dien.”26Soos ’n dief in die skande komwanneer hy betrap word,so sal die Israeliete in die skande kom:hulle, hulle konings, hulle amptenare,hulle priesters en hulle profete.27Dit is hulle wat vir ’n stuk hout sê:“My Vader,”en vir ’n klip:“U het my in die wêreld gebring.”Na My toe het hulle hulle rug gedraaiin plaas van hulle gesig.Dit is net wanneer ’n ramp hulle trefdat hulle sê:“Kom red ons tog!”28Waar is jou godewat jy vir jou gemaak het?Laat hulle jou kom redwanneer ’n ramp jou tref,as hulle kan!Soveel stede as wat jy het, Juda,net soveel gode het jy.29Waarom twis julle met My?Julle het almal teen Myin opstand gekom, sê die Here.30Tevergeefs het Ekjulle kinders gestraf,hulle het nie ’n les daaruit geleer nie.Soos leeus wat alles verskeur,het julle julle profete doodgemaak.31Slaan ag op die woord van die Here,my volk!Was Ek dan vir Israel soos ’n woestynof soos ’n stikdonker land?Waarom het my volk dan gesê:“Ons rebelleer,ons wil U nie meer dien nie”?32Vergeet ’n meisie haar juweleof ’n bruid haar trourok?Tog het my volk My jare gelede al

8

Page 9: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

vergeet.33Hoe geoefen is jy in die kunsom minnaars te soek;jy het al so gewoond geraakaan die kwaad!34Die some van jou klere is vol bloed,die bloed van arm en onskuldige mense,nie dié van mense wat jy op inbraakbetrap het nie.En ten spyte van dit alles 35sê jy:“Ek is onskuldig;die Here is nie toornig op my nie.”Maar Ek gáán jou strafomdat jy gesê het:“Ek het nie gesondig nie.”36Hoe laag het jy gedaaldeur jou wispelturigheid!Egipte sal jou net so in die steek laatas wat Assiriëjou in die steek gelaat het.37Jy sal daarvandaan terugkomsonder dat jy jou sin gekry het,want Ek het almal verwerpop wie jy vertrou het;by hulle sal jy geen hulp kry nie.

1.3 Vorige riglyneDaar is geen vorige riglyne nie.

1.4 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar 2012-2013 bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by www.bmedia.co.za.

2 Erediens

2.1 TemaOm vry te kom van vergeet en verruil

2.2 PowerPoint agtergrondOnthou, dataprojektors en die lig in kerkgeboue verskil! Jy moet speel met die prent en teks, om die beste sigbaarheid in jou eie konteks te kry.

So kan jy bietjie speel met die teks se kleur. Jy kan ook, in powerpoint 2010, ‘n fyn buitelyn om die teks sit, wat dit helderder laat uitstaan. Highlight die teks – daar verskyn aan die bokant van die

9

Page 10: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

skerm ‘n blokkie “Drawing tools”. Klik daarop. Klik op “shape outline”. Klik op “weight” en begin eers met ‘n baie dun strepie. Kies ‘n kleur.

Jy kan ook die foto ligter en donkerder maak, na gelang van jul konteks. Dis eenvoudig en vinnig. Om die document so klein moontlik te hou, werk ons met “master slides”. Jy kan egter self elke enkele prent edit. Klik op “view”, dan op “master slide”. Nou kan jy met die meester-prent doen net wat jy wil. Wanneer jy klaar is, klik op “close master view”.

Onthou, powerpoint is ‘n beeld-medium. Die beeld is belangriker as die teks – daar moet so min as moontlik teks wees! Lees meer by http://midnightoilproductions.com/ of skaf ‘n boek soos “Digital Storytellers: The Art of Communicating the Gospel” aan.

Die foto van Vergeet-my-nie blommetjies is deur Mark Seton by flickr.com. Die legend lui dat ‘n ridder – in sy volle, swaar ystergewaad, saam met sy meisie langs rivier gestap het. Terwyl hulle so stap, mer sy op hoe mooi die blommetjies is. Hy buk om een te pluk, maar sy voet glip en hy val in rivier. Weens sy swaar klere kan hy nie uitkom nie en sak hy weg in die water. Soos wat hy sak, roep hy: Vergeet my nie! ‘n Ander weergawe van dieselfde legend is soorgelyk, maar die meisie se trane word die blou blommetjies.

Daar is egter nóg ‘n legend, wat gaan oor die tyd wat God hierdie blommetjies geskape het. God het vir al die blommetjies name gegee, maar hierdie blommetjies het vergeet wat die naam is wat God vir hulle gegee het. Toe hulle na God gaan om te hoor wat hul name nou weer is, was God se antwoord: “Ek het jou nie vergeet nie. Moet my ook nie vergeet nie. Daarom sal jou naam wees: vergeet-my-nie.”

Opsie 2 kan goed werk as jy baie jongmense in jou gemeente het wat by is met memes. Foto deur SonniesEdge by flickr.com. Jy kan die lettertipe aflaai by http://www.dafont.com/search.php?q=abuse – as jy self die teks insit, sal dit nie so ‘n wit raampie hê nie, maar lyk meer soos teks wat iemand op die muur geskryf het.

Die “Never Forget” meme word oral gebruik om mense te herinner aan een of ander tragedie. So is dit bv. gereeld gebruik met verwysing tot 9/11, hoewel dit waarskynlik die eerste keer gebruik is met verwysing tot die Holocaust. Dit prober sê dat ons nie diegene moet vergeet wat gesterf het vir ‘n belangrike saak nie.

Jy kan natuurlik ook gewoon die “knop in die vinger” foto gebruik, deur heartlover1717 by flicr.com

2.3 LiturgieRUSAanvangswoord (Psalm 81)Seëngroet (1 Timoteus 1:2)Lied 164 Ons is almal hier tesaam vs 1,2VerootmoedigingWet (Eksodus 20:1-3; Psalm 81; Jeremia 2)SkuldbelydenisLied 279 Hoor ons sug o Heer 1 (herhaal 2 of 3 maal)Vryspraak (Galasiërs 2:15-21)Lied 244 Alles, alles is genade 1

10

Page 11: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Riglyn om te lewe (Hebreërs 13)Lofliedere: Lied209 Heer met my hele hart 1 en Lied 196 O kon ek jubel Hemelvader 1,2,3,4HOOREpikleseSkriflesing Jeremia 2:4-13LEEFGebed (Ahv Jeremia 2)Geloofsbelydenis (ahv Kolossense 1)OffergawesWegsending Lied 309 My lewe bly aan U gewy 1,2,3Seën (Numeri 6:24-26; 2 Korintiërs 13:13) Musikale Amen Lied 312/313/314/315/ of F361. Laat Dit So Wees (Amen)

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

Aanvangswoord

2Jubel tot eer van God ons sterkte, juig tot eer van die God van Jakob! (Psalm 81)

Seëngroet Genade, barmhartigheid en vrede van God die Vader en Christus Jesus ons Here!

(1 Timoteus 1:2)

Lied 164 Ons is almal hier tesaam vs 1,2

VerootmoedigingWetEksodus 20:1-3

Die tien gebooie(Vgl Deut 5:6–21)

20 Toe het God al hierdie gebooie aangekondig:2“Ek is die Here jou God wat jou uit Egipte, uit die plek van slawerny, bevry het. 3Jy mag naas My

geen ander gode hê nie.

In Psalm 81 word dit net so mooi formuleer:10‘Daar mag vir julle

geen ander god wees nie, julle mag voor geen vreemde god

neerbuig nie.11Ek is die Here julle Godwat julle uit Egipte laat wegtrek het. Wat julle nodig het,

sal Ek in oorvloed gee.’

Dit is presies die verbeking van hierdie gebod wat aanleiding gee tot God se geskeurde hart in die fokusteks.

11

Page 12: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Uit Jeremia 2:5So sê die Here:Waarin het Ek gefaaldat julle voorvaders van My af

weggedraai het,dat hulle nikswerd afgode gedien het

en so self niks geword het?6Hulle het nie gevra:

“Waar is die Herewat ons uit Egipteland

laat optrek het?” nie.Hy het ons deur die woestyn gelei,deur ’n droë wêreld vol slote,deur ’n dor land vol doodsgevaar,deur ’n land waardeur niemand trek

en waarin geen mens woon nie.

7Ek het julle in ’n vrugbare landgebring

om die vrugte daarvanen die goeie dinge daarin

te geniet,maar toe julle in my land gekom het,het julle dit verontreinig;die land wat my eiendom is,

is deur julle besoedel.

8Die priesters het nie gevra:“Waar is die Here?” nie,

dié wat my wil moes bekend maak,het My nie erken nie.

Die regeerders het hulleteen My verset,

die profete het in die naam van Baälopgetree

en gode gedien wat nie kan help nie.

Het daar al ooit so iets gebeur,11dat ’n nasie sy gode verruil het,selfs al was hulle geen gode nie?Maar my volk het My,

hulle magtige God, verruilvir gode wat nie kan help nie.

13My volk het twee sondes begaan:Hulle het My,

die bron van lewende water,verlaat,en hulle het vir hulle waterbakke

uit klip gekap,

12

Page 13: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

waterbakke wat gebars isen nie water hou nie.

SkuldbelydenisLied 279 Hoor ons sug o Heer 1 (herhaal 2 of 3 maal)

Vryspraak

Galasiërs 2:15-21

Geregtigheid uit die geloof

15Ons is Jode van geboorte en nie sondaars uit die heidene nie. 16En tog weet ons dat ’n mens nie van sonde vrygespreek word deur die wet van Moses te onderhou nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo. Ook ons het tot die geloof in Christus Jesus gekom, en dit is hoe ons vrygespreek is: deur in Christus te glo en nie deur die wet te onderhou nie, want geen mens word vrygespreek op grond daarvan dat hy die wet onderhou nie.

17As uit ons soeke na vryspraak in Christus geblyk het dat ons ook sondaars is, beteken dit dan dat Christus in diens van die sonde staan? Beslis nie! 18Maar as ek die bepalings van die wet wat ek nietig verklaar het, weer laat geld, dan maak ek myself daarmee tot ’n oortreder. 19Maar wat my betref, deur die wet is ek vir die wet dood sodat ek vir God kan lewe: ek is saam met Christus gekruisig, 20en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê. 21Ek verwerp nie die genade van God nie. As ’n mens vrygespreek kon word op grond daarvan dat hy die wet onderhou, sou dit immers beteken dat Christus verniet gesterwe het.

Lied 244 Alles, alles is genade 1

Riglyn om te lewe uit Hebreërs 13As broers moet julle mekaar altyd liefhê. 2Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves. 3Dink aan die gevangenes asof julle self ook gevangenes is, en aan dié wat mishandel word, asof julle self ook mishandel word.

4Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.

5Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” 6Daarom kan ons met vertroue sê:

“Die Here is my helper,ek ken geen vrees nie:wat kan ’n mens aan my doen?” 7Dink aan julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het. Let op hulle

lewenswandel tot die einde toe, en volg die voorbeeld van geloof wat hulle gestel het.8Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.

15Laat ons dan onophoudelik deur Jesus aan God ’n offer van lof bring, dié lof wat aan Hom gebring word deur die lippe wat sy Naam bely. 16Moenie nalaat om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want dít is die offers wat vir God aanneemlik is.

Sing 2 lofliedere:Lied 209 Heer met my hele hart 1 en

13

Page 14: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Lied 196 O kon ek jubel Hemelvader 1,2,3,4

3.1 Rus

3.2 LiedereF177. Here, U Het Ek Lief

(RUBRIEK: FLAM Gemeentesang – Verwondering)

Teks en Musiek: E Steyn© 2006 MAR Gospel Music Publishers

Here, U het ek liefEn ek buig my hele wese voor U neerVoor U, my HeerHoor die lied van my hartSien my hande na die hemel opgehefterwyl ek U nou vereer

HeiligU is die Seun van GodVredevors, wat in ewigheid regeerU alleen verdien die hoogste lofJesus, dit is U wat ek bemin

F202. Hoe Groot Is Ons God

(RUBRIEK: Kruisfuur – Lof)

Oorspronklike titel: How Great Is Our GodTeks en Musiek: Chis Tomlin, Jesse Reeves & Ed CashAfrikaanse vertaling: 2007 Stass van Veuren© 2004 worshiptogether.com songs / sixsteps Music / Alletrop Music

1. Die weelde van die Heer, geklee in majesteitDie hele aarde juig, die hele aarde juigHy klee homself met lig en duisternis moet vlugBegin en die einde, begin en die einde

Refrein:Hoe groot is ons GodOns sing: Hoe groot is ons God!Almal sal sien hoe groot is ons God

2. Eeue kom en gaanTyd is in sy hand Begin en die einde, begin en die einde

14

Page 15: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Die Godheid drie-in-eenVader, Gees en SeunDie Leeu en die Lam, die Leeu en die Lam

Brug:Naam bo elke NaamWaardig is die LamMy hart sal singHoe groot is ons God

Refrein:

4 God praat met ons en ons luisterEpikleseGees van die lewende God,wees die tuinier van my siel.Hoe lank wag ek nou al op U – stil – in ‘n koue winter van my siel.Maar nou, in die kragtige naam van Jesus Christus, waag ek om U te smeek:

Hark weg die dooie blare van die verledeVergruis die harde kluite van my weerbarstige gewoontes en groeweWerk diep in my in die ryk kompos van nuwe visie en vreugdePlant diep in my siel u lewegewende WoordVersorg, gee water, koester my hartTotdat die nuwe lewe in my ontkiem, groei en blom.

Amen.

(Outeur: Richard Foster, in Gebedeboek met liturgiese voorstelle. Saamgestel deur die Sinodale Eredienskommissie van die Oos-Kaap Sinode van die NG Kerk, 2001: Redakteur Johan van der Merwe)

Skriflesing Jeremia 2:4-13

4.1 Familie-oomblikOm die ondenkbare te illustreer dat Israel haar God prysgegee het vir gode wat nie gode is nie, kan die volgende storie dramaties vertel word.

Daantjie is sy lewe lank nog passievol oor rekenaars. Vir sy ouers is dit maklik- as jy Daantjie wil dissiplineer moet jy gewoon sy rekenaar van hom wegneem vir n dag of twee. As jy Daantjie sien, sien jy sy rekenaar. En ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie sleg vir ’n 11-jarige laaitie nie.

Maar die grootste ding van die rekenaar wat Daantjie geniet is die speletjies. Sy versameling bestaan reeds uit 42 DVD speletjies- in sy skool het niemand meer speletjies as Daantjie nie. Sy gunsteling was x

15

Page 16: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Hy moes lank spaar om die R400 bymekaar te kry vir die speletjie “Company of Heroes”. Maar uiteindelik kon hy dit koop en nou is daar niks wat hom terughou nie. Hy vorder al tot by vlak 72...uit 80. So die ruiltransakasie vir die opgegradeerde x met 144 vlakke sou heeltemal nuwe uitdagings meebring.

Ongelukkig was hy met ’n slenter uitgevang. Die nuwe “Company of Heroes 2”* program werk nie op sy rekenaar nie, blykbaar te doen met die spesifikasies van die rekenaar self. En nou het hy eintlik niks. Sy geliefde x program is geruil vir die nuwer een, x2, wat nie werk nie.

Klink omtrent soos die verhaal van Jeremia se God wat sy hande saamslaan as Hy sê... Het so iets al ooit gebeur? Het ’n volk ooit hulle gode vir ander gode verruil al is hulle nie regtig gode nie? Tog het my mense My verruil vir gode wat niks werd is nie! (JEREMIA 2:10, 11 NLV)

* Company of Hereos 2 (PC) verkoop tans by Incredible (online) vir R399- agtergrond van die program word verskaf vir interessantheid. Vlakke is fiktief.

SKU: 85221

Blood and Snow Take command of the iconic Red Army on the Eastern Front and repel the Nazi invaders in the most brutal conflict of World War 2.

Next Generation RTS The sequel to the highest rated RTS title of all time is pushing the boundaries of the RTS genre with new TrueSight and Dynamic Battle Tactics gameplay mechanics.

Essence 3.0 Built on the latest rendition of Relic Entertainment?s state of the art proprietary engine, Company of Heroes 2 pushes the graphical and gameplay boundaries of the RTS genre.

Tactical Expertise Develop and utilize your commander abilities based on your tactical preference and taste for war. Mold and customize your army to suit your individual playstyle before delivering tactical blows to annihilate your enemies.

Competitive Multiplayer Featuring the great competitive multiplayer that fans have grown to expect from the Company of Heroes franchise.

4.2 PreekriglynWie onthou nog die verhaal van die drie susters? Een was 92, die tweede 94 en die derde 96 jaar oud. Hulle het saam in dieselfde huis gewoon.

Een aand tap die 96-jarige vir haarself 'n lekker bad stomende water. Sy sit een voet in die bad, en haak toe vas. "Was ek besig om in die bad te klim, of om uit te klim?", roep sy uit.

Die 94-jarige suster antwoord: "Ek weet nie, ek sal kom kyk." Sy begin die trappe boontoe klim, maar steek vas: "Was ek besig om op te klim of af te klim?"

Die 92-jarige sit aan die kombuistafel, besig om tee te drink. Sy skud haar kop. "Ek hoop nie ek raak ooit so vergeetagtig nie!", roep sy uit. Sy klop op die houttafel om haar punt te maak. Toe sê sy: "Ek kom nou of julle altwee te help, ek gaan net eers kyk het wie klop so laat aan die deur."

16

Page 17: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Vergeetagtigheid is 'n nare ding. Dit disoriënteer jou. Dit bring jou van koers en van stryk. Jy weet later nie meer of jy kom of gaan nie.

Klagstaat

Ons teksgedeelte is gegiet in die gangbare vorm van 'n klagstaat uit die tyd van Jeremia. Dit het met herinnering en onthou, of die gebrek daaraan, te doen. Die volk het vergeet van die Here. Daarom het hulle Hom verruil vir nikswerd gode. Dit maak die kern van die klag uit.

In die tipiese patroon van 'n destydse regsgeding of amptelike klagstaat:

Word die aangeklaagde opgeroep om ag te gee, en word hemel en aarde as getuies in die regsproses bygehaal (verse 4 en 12)

Word 'n reeks vrae gestel wat elkeen 'n klag impliseer (verse 5 tot 6)

Word die aangeklaagde herinner aan 'n reeks weldade of bewyse van liefde in die verlede, met 'n lys oortredinge wat teen hierdie band of verbond van liefde begaan is (verse 7 tot 11, en 13)

Agtergrond

Hierdie klagstaat kom uit die vroeë periode van die profeet Jeremia se optrede. Dit vind plaas óf voor, óf aan die begin van Josia se hervormings.

Ons teks bou voort op verse 1 tot 3. In die eerste verse van Jeremia 2 "onthou" die Here die getrouheid aan Hom van Israel se jeug. "Onthou" speel 'n geweldige belangrike rol in Israel se lewe. Hulle ontvang tydens die woestyntog, hulle geboorte-uur as God se volk, spesifieke opdragte wat hulle moet help "onthou." Al die godsdienstige feeste het met "onthou" te doen. Soos die Nuwe Testamentiese nagmaal, help die feeste God se genade in herinnering roep.

Regdeur die Ou Testament, wanneer Israel afdwaal, stuur die Here profete om hulle te help onthou. Die boodskap is elke keer: soos hulle vroeër getrou was aan die verbond tussen die Here en sy volk, moet hulle nou weer onthou, en getrou aan God lewe.

Jeremia gebruik twee beelde om die volk aan hulle vroeëre getrouheid aan die Here te herinner:

Israel het die Here liefgehad soos bruid en bruidegom mekaar in 'n huweliksverbintenis liefhet (vers 2)

In die beginjare van die verbond was Israel aan die Here gewy soos die eerste vrugte van die oes (vers 3). Net soos die eerste opbrengs van die oes jaarliks aan die Here gewy word, was Israel in haar hele lewe aan God gewy.

Teen hierdie agtergrond staan die ernstige klag wat vanaf vers 4 geformuleer word skrikwekkend duidelik uit. Ons kan die klag met drie woorde opsom:

Vergeet: Israel het die Here vergeet (5-9)

Verruil: Israel het die Here vir nikswerd gode verruil (10-11)

17

Page 18: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Verloor: Israel verloor die Bron van ware lewe deur die Here te verruil (12-13)

VERGEET

Dit is verskriklik dat Here se volk van God kan vergeet. Tog het Israel dit gedoen. So verskriklik is dit, dat selfs die hemele daaroor moet skrik en beef en sidder (12).

Deur die Here te vergeet, vergeet Israel sy eie verlede. Hulle vergeet hoe God hulle uit Abraham as volk laat voortkom het; hoe Hy hulle, wat slawe was, uit Egipte uit gelei en in die woestyn sy volk gemaak het. Hulle vergeet hoe God vir hulle lewensruimte geskenk het deur hulle die beloofde land binne te lei.

Verder vergeet God se volk daarmee van God se liefde. Hy het hulle uitgekies, hulle bevry, deur die woestyn gelei, van hulle vyande bewaar. Hy het uit liefde sy hand van beskerming oor hulle gehou.

Hierdie geheueverlies is so erg dat die Here vra: Waarin het Ek gefaal? Deur hulle erge geheueverlies gee Israel te kenne dat die fout eintlik by die Here lê. Hy het gefaal, ontrou geword, Hy is nie langer die moeite werd om te volg nie.

Wat die verskriklike vergeet nog erger maak, is dat diegene wat die volk moes help onthou, ook vergeet het (8):

Die priesters het nie gevra "Waar is die Here nie?" Waarskynlik wou hulle die volk bloot emosioneel ondersteun en bemoedig, en inspeel op die behoeftes van mense. Hulle het vergeet hulle verteenwoordig God.

Die profete wat God se wil moes bekend maak, het eerder gekies om Baäl, 'n afgod, na te volg en baälpraatjies te maak.

Die regeerders het nie na God se wil gevra nie, nie reg en geregtigheid beoefen nie, maar eerder verdruk en onderdruk.

Dit is ongelooflik, want eintlik is dit mos onmoontlik dat God se volk God kan vergeet. Tog gebeur dit. Ook in die Nuwe Testament. Gelowiges en gemeentes kan die teenwoordige wêreld liefkry. Die kerk kan vergeet dat sy duur gekoop is en vir haarself begin lewe.

VERRUIL

Vergeet is een ding, erg soos dit mag wees. Israel het nog erger gedoen. Deur die Here te vergeet, het die volk Hom effektief verruil vir ander gode. Dit is God se klag: het daar al ooit so iets gebeur dat 'n volk sy gode verruil? God se volk het Hom verruil vir magtelose gode wat nie kan help nie. Daaroor skrik en beef en sidder die hemele.

Hiermee lê die Here die bose aard van Israel se vergeetagtigheid bloot. Vergeet kan nog verskoon word, want almal is iewers in hulle lewe so bietjie vergeetagtig. Dis bloot menslik. Israel se vergeetagtigheid is egter 'n morele probleem, 'n godsdienstige kwaal, dit is sonde. Die probleem lê nie by hulle geheue nie, maar by hulle hart en hulle wil. Hulle kies om God nie te onthou nie, want hulle wil God nie navolg nie. Hulle het ander prioriteite en waardes. Hulle slaan 'n ander koers in, hulle is doelbewus ontrou aan die Here.

18

Page 19: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Hierdie morele, sondige vergeetagtigheid kom vandag nog by die Here se kerk voor. Die krisis is dat dit baie subtiel kan wees. Calvyn het gesê mens se hart is 'n fabriek van afgode. Ongemerk begin ander prioriteite en waardes die oorhand in mens se lewe kry.

VERLOOR

Wanneer gelowiges God verruil, doen hulle dit met die idee dat die ruil hulle in 'n beter situasie sal bring. Die nuwe vooruitsigte, hoop, verwagtinge en loop van die nuwe gode bring jou in 'n beter posisie.

Deur die ware God te verruil, verloor Israel eintlik hulleself en hulle lewe. Wat hulle doen, is om God, die Bron van lewende water, te verlaat, en om dan te kies vir gekraakte waterbakke uit klip. Hulle verruil 'n fontein vir bakke wat geen water kan hou nie. Hulle verruil die Magtige vir gode wat geen voordeel kan bring nie.

Vandag?

Mens voel sonder meer aan dat ons, God se volk vandag, ook maklik voor die subtiele suigkrag van vergeet en verruil kan "swig", en in die proses ons eie geestelike identiteit kan "verloor".

Ons kan die Fontein van Lewe verruil vir gebarste waterbakke. Dit is verskriklik. Vir God, en ook vir ons. Só kan ons die Heilige Gees bedroef. Ons kan ons doop in die Naam van die Drie-Enige God verloën. Ons kan die kruis verruil vir ons eie oorwinnaarskroon. Ons kan die seën van God soos oorvloedige reën ontvang en dan dorings en distels in plaas van goeie vrug oplewer.

Dirkie Smit sê die verskriklikste is dat hierdie vergeet so ongemerk kan gebeur. Die volk vergeet die Here, verruil die Here, vernietig hulleself ... en hulle weet dit nie! Indien ons ook hiertoe is staat is, mag dit ook van óns waar wees, sonder dat ons dit besef.

Juis omdat die só ongemerk gebeur, roep die Here vandag nog profete en stuur hulle na ons toe. Hulle moet doen wat ons teks sê:

Hulle roep: "Hoor die Woord van die Here!" (4)

Hulle kla ons aan in die Naam van die Here (9)

Hulle wys ons op ons vergeet, verruil en ons geestelike selfvernietiging.

Een van die gevaarlikste dinge wat ons kan doen is om ons net te steur aan mense wat ons geestelik heuning om die mond smeer, en vir ons sê wat ons wil hoor. As ons net woorde wil hoor wat ons eie menings en oortuigings bevestig, as ons net geestelike solidariteit van ons geestelike voorgangers verwag, mag ons op die pad van vergeet en verruil wees.

Jeremia se boodskap is destyds baie sleg ontvang. Die volk wou hulle nie aan hom steur nie. Hulle was mislei, selfversekerd, gerus en valslik getroos.

Sal ons hierdie regsgeding vandag kon hoor as 'n woord van die Here aan ons? 'n Woord wat ons tot selfondersoek, bekering en lewe nooi?

19

Page 20: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

5 God stuur ons om te leefGebed (Ahv Jeremia 2)God van Abraham, Isak en Jakob;God van Dawid, Amos en Jeremia,my God:

U het nie gefaal om God te wees nie-ek faal daagliks om U toegewyde en getroue volgeling in hierdie wêreld te wees;

Vir Israel het U deur die woestyn gelei,deur ’n droë wêreld vol slote,deur ’n dor land vol doodsgevaar,deur ’n land waardeur niemand trek

en waarin geen mens woon nie.U het hulle in ’n vrugbare landgebring...

Op baie ander maniere het u ook vir my voorsien;my van onheil bewaar,my daaglikse brood gegee,my lewe verryk met my gesin en familie en vriende!

U Here is my kosbaarste goed:U wil ek vir niks verruil nie.U is vir my die bron van lewende water.

Aan U die eerAmen

Geloofsbelydenis (ahv Kolossense 1)Ek glo in God die Vader, die Almagtige,die Skepper van die hemel en die aarde.

En ek glo in die Seun wat die beeld van God is,van God wat self nie gesien

kan word nie.

Die Seun is die Eerste,verhewe bo die hele skepping.

God het deur Hom alles geskepwat in die hemel en op die aarde is:alles wat gesien kan worden alles wat nie gesien kan word nie,konings, heersers,

maghebbers, gesagvoerders.Alles is deur Hom en vir Hom geskep.Voor alles was Hy al daar,en deur Hom bly alles in stand.

20

Page 21: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Ek glo Hy is die hoof van die liggaam,van die kerk.

Hy is die oorsprong daarvan,Hy is die Eerste,die Een wat uit die dood

opgestaan het,sodat Hy die eerste plek

in die heelal inneem.

Ek glo dat God besluit hetom met sy volle wese in Hom te woonen om deur Hom allesmet Homself te versoen.

Ek glo dat God deur die bloed van sy Seunaan die kruis

die vrede herstel het,en deur Hom alles op die aardeen in die hemel

met Homself versoen het.

Ek glo in die Heilige Gees.Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk,die gemeenskap van die heiliges;die vergewing van sondes;die opstanding van die vleesen ’n ewige lewe.

Offergawes

Wegsending Lied 309 My lewe bly aan U gewy 1,2,3

SeënNumeri 6:24-26

24Die Here sal julle seënen julle beskerm;

25die Here sal tot julle reddingverskyn

en julle genadig wees;26die Here sal julle gebede verhoor

en aan julle vrede gee! Amen

2 Korintiërs 13:1313Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige

Gees sal by julle almal wees.

Musikale Amen Lied 312/313/314/315/ of

F361. Laat Dit So Wees (Amen)

(RUBRIEK: Kersflam – Gebed)21

Page 22: Preekriglyne – vir eredienste · Web viewEn ja, hy kan met MS Word werk, hy kan Powerpoints maak, hy kan selfs met Excel tabelle optrek en tred hou hoe hy sy sakgeld spandeer-nie

Teks en musiek: Neil BüchnerKopiereg: Flam Musiek-Uitgewers

Laat dit so wees, Here, Amen.Laat dit so wees, Here, Amen.Heer, laat ons leef soos U leerHere, Amen.Laat dit so wees, Here, Amen.

6 Volgende erediensJeremia 18:1-11

Familie-oomblik en liturgie: Wicus WaitPowerpoint: Rethie van Niekerk Preekriglyn: Danie MoutonProsesbestuur: Chris van Wyk

22