119

R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 2: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 3: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

R A Y M O N D D L O M B A R D

Page 4: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 5: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Hierdie boek word met nederigheid van hart opgedra aan Dr. Hong Y.

Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig

het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot

verheerliking van Jesus Christus.

Page 6: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 7: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Aan my vrou, Amanda, vir die inspirasie, aanmoediging en ondersteuning om hierdie werk neer te pen – my innigste dank.

Aan my Bybelskoolstudente die afgelope vyftien jaar – dankie vir die

uitdagings wat julle voortdurend aan my stel.

Aan my dogter, Clarissa – groot waardering vir die buitebladontwerp.

Pastoor Marno Retief, vir jou harde werk en hulp met betrekking tot

die tik van die oorspronklike teks – dankie vir uitstekende werk gedoen.

Aan pastoor Dick Roberts, ʼn nederige dienaar van God wie ek

grootliks bewonder – dankie dat jy so groot inspirasie is in my lewe. Hierdie boek word met die hoogste dank en erkenning opgedra aan my

hemelse Vader, sy Seun Jesus Christus en die Heilige Gees deur wie die geesteswêreld die afgelope dertig jaar vir my ’n werklikheid geword het.

Page 8: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Die Getuienis

Outeursreg © 2011 Raymond D Lombard

Alle aanhalings uit die Skrif, tensy anders vermeld, is geneem vanuit Die Bybel (1933-vertaling,

hersiene uitgawe 1953 en 1957) Outeursreg © 1957, 1996 deur Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

Gebruik met toestemming van Die Bybelgenootskap. Alle regte voorbehou.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag gereproduseer, in ’n ontsluitingstelsel

bewaar, of weergegee word in enige vorm of op enige manier – hetsy elektronies, meganies, deur

fotokopiëring, deur opnames of enige ander vorm – sonder die skriftelike verlof van die uitgewer nie. Buitebladontwerp: Clarissa Kat Teksversorging: Faan Pistor

Gedruk in Kaapstad, Suid-Afrika

Page 9: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Inhoud

Voorwoord ................................................................................................1

Hoofstuk 1: Die soektog .............................................................................5

Hoofstuk 2: Soek en jy sal vind ...................................................................9

Hoofstuk 3: Ek vind ʼn geestelike tuiste en roeping .................................... 17

Hoofstuk 4: Die tyd het aangebreek .......................................................... 25

Hoofstuk 5: ʼn Besoek aan die doderyk ...................................................... 31

Hoofstuk 6: Die treinrit van my lewe ........................................................ 37

Hoofstuk 7: Gedoop in sy liefde ................................................................ 43

Hoofstuk 8: Die man wat nie kon sterf nie ................................................ 49

Hoofstuk 9: Geestelike brood word gebak ................................................ 55

Hoofstuk 10: Die priester se dogter .......................................................... 61

Hoofstuk 11: Op die proef gestel .............................................................. 67

Hoofstuk 12: ʼn Ontmoeting met God ........................................................ 73

Hoofstuk 13: Beloftes van God ................................................................. 79

Hoofstuk 14: Neem my huis toe, Here ...................................................... 83

Hoofstuk 15: My afspraak met God .......................................................... 89

Hoofstuk 16: ʼn Woord van wysheid .......................................................... 95

Hoofstuk 17: ʼn Woord van kennis ........................................................... 101

Hoofstuk 18: Die glasfles met albasters .................................................. 107

Page 10: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 11: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

1

Voorwoord

ns weet nie wat die toekoms inhou nie. As sterflike mense is ons kennis beperk, daarom is die toekoms ʼn onbekende faktor. Jou raaiskoot rakende die dag van môre is net so goed soos myne.

Bogenoemde is net geldig totdat ons ons wend tot die Heilige Skrifte – die Woord van God – want daarin vind ons die verlede, die hede, en die toekoms. Inteendeel, in die Bybelprofesieë vind ons ʼn baie duidelike, helder beeld rakende die toekoms.

Ons leer ook in die Woord van God omtrent die Heilige Gees en sy mededelings met ons as kinders van God, rakende ons daaglikse lewe soos Hy ons lei, leer en die dinge van God aan ons openbaar, ons wat so beperk is in ons eie verstaan van geestelike dinge en God se handelinge met ons.

God in sy alwysheid en alkennis ken die kleinste detail van alles, hetsy dit die verlede, hede of toekoms is. Hy kan ook as Hy so verkies, enigiets aan ons openbaar, hetsy deur sy handelinge met ons, sy handewerk, Woord of deur sy Gees. Die Heilige Gees is tog immers die een wat ons ken as die groot Openbaarder van die geheime van God (1 Kor. 2:10-12; Joh. 14:16-17; 16:13-14). Die manifestasies van die Gees is gegee aan elke gelowige vir die nodige stigting en opbou. Deur die gawes van die Heilige Gees, die gawe van ʼn woord van wysheid, of deur die gawe van ʼn woord van kennis kan God dinge, gebeure, persone, en so meer, openbaar wat onbekend aan die menslike verstand en gees is (1 Kor. 12:7-11). Let wel: Dit is maar alleenlik ʼn WOORD van wysheid en ʼn WOORD van kennis.

O

Page 12: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

2

Sou die Here God verkies om in sy wonderlike genade iets aan ons te openbaar, is dit maar net ʼn fraksie van die alkennis van God Almagtig.

Elke gelowige sal iewers in sy wandel met God deur die Heilige Gees ʼn ervaring of ervarings (openbarings) beleef wat voorheen onbekend was vir die menslike verstand. Wanneer hierdie openbaring dan wel gegee word, staan ons verstom oor wie God is, sy alkennis en sy handelinge met ons, sterflike mense, wat dit nie verdien nie.

Die Getuienis handel oor sommige van die wonderbaarlike handelinge van God in my lewe. Ek verdien nie enige van die gunste, gawes en goedheid wat Hy so onverdiend aan my bewys het nie, dit is maar net deur sy groot genade bewys aan my, een van die geringstes.

Raymond D. Lombard

Page 13: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle

maar in ʼn boek opgeteken word – met ʼn ystergriffel en

lood – vir altyd in ʼn rots ingekap! Maar ek, ek weet: My

Verlosser leef . . .

Job 19:23-25

Page 14: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 15: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

5

Hoofstuk 1

Die soektog

aymond, jy het nodig om te onthou dat alles wat jy op aarde doen, in ʼn boek opgeteken word en eendag sal daardie boek in die hemel oopgemaak word en alles daarin sal openbaar gemaak word. Jy sal

dan rekenskap moet gee van alles wat jy gedoen het.” Hierdie woorde van my moeder het my sedert my vroegste kinderdae bygebly. Baiemaal as kind en later as jongmens wanneer ek iets doen wat bevraagteken kan word, het daardie woorde na my teruggekom . . . Al sien niemand en weet niemand wat ek nou doen nie, is daar Een wat my sien en alles weet.

Ek was die naasoudste van vyf kinders. My moeder was Godvresend en haar vader, my oupa, was ʼn boukontrakteur. Ouma was ʼn onderwyseres. My eie vader het hom heeltemal aan drank oorgegee. Dus het al die probleme wat met drankmisbruik gepaardgaan, in ons ouerhuis na vore begin tree.

As jongman van sewentien jaar oud het ek ʼn worsteling gehad met die sin en doel van my lewensbestaan. Waarvoor leef ek? Hoekom is ek gebore? Watter sin is daarin om te leef?

Ek was soekende na antwoorde, binne my siel het ek ʼn gevoel van leegheid gehad, ek kon dit nie meer verduur nie. Ek het ʼn punt in my lewe bereik waar ek desperaat was op soek na antwoorde oor die rede vir my bestaan.

Een laatmiddag toe ek by die huis kom, loop ek na my moeder en vra

R

Page 16: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

6

haar: “Waarvoor leef ek? Waarom bestaan ʼn mens? Wat is die sin van die lewe?” Sy het my aangekyk en gesê: “My kind, jy vra nou vrae waarop ek nie al die antwoorde het nie.”

Ek was so teleurgesteld dat niemand aan my antwoorde kon gee nie. My vader, totaal oorgegee aan die drank, was nog minder in staat om my vrae te beantwoord. Intussen wou die ontsettende gevoel van leegheid in my binneste nie weggaan nie.

In my eerste jaar as vakleerling by die Germiston-dieseldepot in Transvaal (nou Gauteng) neem ek iets vreemds waar. By die ondergrondse betonbunker waar ons sluitkaste is waarin ons persoonlike goed weggesluit word, sien ek elke middagetenstyd dieselfde scenario voor my afspeel. In die etensuur sit sommige ambagsmanne of vakleerlinge hul toebroodjies en nuttig, ander gaan na die snoepwinkel om iets te koop. Naby my “locker” sien ek elke middag in etenstyd ʼn man, wat altyd sy werk stil en rustig doen, sit en lees ʼn klein boekie. Elke dag is dit dieselfde klein boekie. ʼn Paar weke later kon ek my nuuskierigheid nie langer bedwing nie.

Ek stap oor na hom en vra of ek op die leë stoel oorkant hom kan sit. Sekerlik, nooi hy my. “Ek sien jy lees elke dag dieselfde klein boekie in jou etenstyd,” sê ek vir hom. “Wat se boekie interesseer jou so?” vra ek hom.

“Dit is die Bybel, die Nuwe Testament,” antwoord hy. Ek sou toe uitvind hy is ʼn Christen. Hy begin teenoor my getuig van

Jesus Christus. Omdat hy so ʼn stil, opregte, diepsinnige mens was, het sy getuienis ʼn groot indruk op my gemaak. Dit was die eerste keer in my lewe dat ek iemand hoor getuig van sy saligheid in Jesus Christus. Saans sou ek op my bed lê en dink oor die man en wat hy my vertel het. Soms sou ek by my bed kniel en bid, maar niks gebeur nie, niemand antwoord my nie. Die leegheid bly, die soeke bly . . .

Intussen sou daardie woorde van my moeder voortdurend na my terugkom. Kan dit waar wees, is dit moontlik, dat al sien niemand wat ek nou op hierdie oomblik doen nie, daar Iemand is wat weet? Word daar boekgehou, en eendag moet daar rekenskap gegee word . . . ?

So begin my soeke na God. Waar sal ek Hom vind? Hoe vind ʼn mens God? Of vind God ʼn mens?

Page 17: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir

hom wat klop, sal oopgemaak word.

Matthéüs 7:8

Page 18: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 19: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

9

Hoofstuk 2

Soek en jy sal vind

root was my verbasing toe ek ʼn brief in die pos ontvang. Ek moet Saterdag 1 Julie 1978 by Johannesburg-stasie aanmeld om die trein te haal na Saldanha, Wes-Kaap, om my twee jaar

diensplig in die Vloot te begin. Twee van my broers het ook elk ʼn brief ontvang: George moet na die Infanterie gaan vir sy twee jaar diensplig, en Brian moet na Grootfontein (Suidwes-Afrika) gaan vir sy Lugmag-opleiding.

Ek was agttien jaar oud en lewenslustig, het eers jare lank amateurstoei as sport beoefen en nou boks as my sport. Ek het ʼn belowende toekoms voor my gehad as bokser. Ek was fiks en het my komende Vlootopleiding as ʼn uitdaging beskou.

Vir my moeder was die briewe en oproep-instruksies traumaties. Miskien as gevolg van die feit dat sy binne ʼn sesmaande-periode drie van haar seuns gelyktydig vir twee jaar uit die huis sou hê vir Vloot-, Leër- en Lugmag-opleiding onderskeidelik.

Toe die trein sy fluit op die Johannesburg-stasie laat hoor as teken dat ons oor een minuut vertrek en ons van ons familie moet afskeid neem vir ʼn tweejaar-dienspligtermyn, het ek my moeder gegroet en het ek geweet baie water gaan in die see loop voordat ek weer eendag tuis sal wees.

Die basiese opleiding by die Saldanha-vlootbasis was vir my ʼn opwindende ervaring. Die dril en dissipline en leer van krygskuns en oorlogswapens en in die besonder die opleiding op die kuspatrolliebote

G

Page 20: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

10

om die kuslyn en hawens te beveilig, het ek baie geniet. Die nuwevriendekring wat spontaan in so ʼn situasie ontstaan, is onafwendbaar. Sterk en diep vriendskappe word in sulke omstandighede gebore. Afgesluit van die buitewêreld en jou eie familie, begin ’n mens persoonlike dinge deel met jou medesoldate, wat jy beter leer ken.

Dit was ʼn koel wintersaand in Augustusmaand. Ons het buite die barakke gesit en gesels. Daar was vier van ons. Een van hulle se naam was Richard Coetzee. Ons bespreek die moontlikheid dat ons ons eendag in ʼn oorlogsituasie kan bevind en dan die dood in die oë kan staar. In daardie stadium draai Richard na my en vra: “Raymond as jy te sterwe kom, dink jy dat jy hemel toe sal gaan?” My oombliklike reaksie en antwoord aan hom was: “Natuurlik ja.” Op sy vraag oor hoekom ek so seker van my saak is, antwoord ek: “My oupa preek wanneer Dominee nie by die kerk is nie, ek het ʼn Bybel by die huis, en gaan soms kerk toe en ek glo dat God daar is.” Ewe rustig antwoord Richard my: “Ek weet in die Bybel staan geskrywe as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie ingaan nie.” Ek kon hom nie daarop antwoord nie. Die gesprek het ook daar doodgeloop.

Toe ek die aand op my bed lê, kom daardie woorde oor en oor na my toe terug: “As iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie ingaan nie.” My gedagtes bly maal, daardie woorde wil nie weggaan nie. Elke aand wanneer ek stil word op my bed en almal in die barak lê en slaap, bly die woorde terugkom. Ek lê ure lank en worstel op my bed. Nag vir nag kom die vraag na my: Raymond, is jy wedergebore? Jy moet weer gebore word om die koninkryk te kan ingaan.

Dit is nou die vierde nag vandat ons gesprek plaasgevind het en steeds het ek hierdie innerlike stryd hier binne my. Almal om my, dertig manne, lê en slaap, maar ek rol rond op my bed. My slaap het van my gewyk. Skielik besef ek, ek móét met Richard praat. Saggies staan ek op en sluip by die barak uit om Richard te gaan opsoek waar hy lê en slaap twee barakke verder.

“Richard, Richard, word wakker,” por ek hom saggies aan. Die harde oefening wat ons elke dag in basiese opleiding doen, het

hom totaal uitgeput. Weer roep ek terwyl ek hom saggies skud: “Richard, word wakker.”

Page 21: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

11

Mense in die barak word wakker en vra wat aangaan. Uiteindelik het ek Richard daar uit na buite. Ons sit onder ʼn boom met die volmaan wat skaduwee gooi.

“Raymond, wat gaan met jou aan dat jy my wakker maak?” vra Richard.

“Onthou jy ons gesprek vier aande gelede toe jy my vertel het die Bybel sê: ‘Voorwaar, voorwaar, as jy nie weer gebore word nie, kan jy die koninkryk van God nie ingaan nie’?”

“Ja, ek onthou, en wat daarvan?” vra hy. “Wel, ek kan nie slaap en tot rus kom nie, ek smag in my siel na

daardie sekerheid dat ek weer gebore is en kan hemel toe gaan wanneer ek te sterwe kom,” sê ek. “So, wat moet ek doen?” vra ek.

.Sy antwoord het my stom van verbasing. “Ek weet nie, jy moet seker bid,” sê hy. Hier sit ek laat in die nag, in die volmaan onder ʼn boom, ver van huis en haard, en al wat ek soek, is vrede met God, en Richard kan my nie help nie!

Terwyl ek so sit en vir hom kyk, besef ek, daar is net Een wat my kan help en dit is die Here. Hier diep binne-in my siel is daar ʼn soeke, ʼn honger, ʼn verlange na God. Hoe vind ek Hom? Ek laat sak my hoof en onbeskaamd begin die trane oor my wange loop. Ek besef ek is ʼn sondaar en het God se vergifnis nodig, ek het Jesus Christus nodig in my lewe. Terwyl my trane vloei, begin ek bid en my sonde bely, hardop bid ek en vra die Here se vergifnis, vra Hom om in my hart te kom woon, en my sy kind te maak, vra ek Jesus om in my lewe te kom en my die wedergeboorte te skenk waarvan die Bybel praat.

My Damaskus-ervaring is ʼn groot werklikheid in my lewe. Op daardie oomblik tussen trane van berou en ʼn opregte soeke na God om my lewe te vul met Homself, word my hart gevul met sy lig, en sy heerlikheid. Ek kyk op in die maanligaand en dit voel vir my of ʼn lig uit die hemel tot hier binne in my hart skyn. Ek weet terwyl ek daar sit, die Here is by my, Jesus Christus is nou in my hart. Ek behoort aan Hom. Ek begin Hom loof en prys en dank tussen trane van blydskap.

Ná ʼn wyle draai ek na Richard, wat steeds hier langs my sit. Ek plaas my arm om sy skouers en sê: “Wat van jou, Richard, wil jy nie ook bid en

Page 22: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

12

jou lewe aan Hom gee nie?” Richard het nie kans gesien vir so ʼn gebed nie. Agterna kon ek nie glo wat ek gedoen het nie, ek het nog nie eens vyf minute gelede tot wedergeboorte gekom nie, en al klaar nooi ek ʼn ander mens om dieselfde te doen.

Die besef het ook oombliklik by my posgevat dat ek aan die Herebehoort. Ek het nou hierdie vreeslike honger na sy Woord, om dit te lees en te verstaan. Dadelik skrywe ek ʼn brief aan my moeder met die versoek om vir my ʼn Bybel te stuur. ʼn Paar weke later het ek my eie Bybel by my. Elke geleentheid wat ek vind, lees ek die Woord, om hierdie onversadigbare honger na die Woord te voed. By tye spandeer ek ʼn paar uur in die nag met die Woord. Soos my situasie in die Vloot verander en ek bedags tyd het, sou ek ure aaneen die Bybel lees. Die Woord het my voedsel geword. Ek leef en eet die Bybel en begin om die sin en verstaan van my bestaan tussen die blaaie van God se Woord te vind. Ek het dit ook so gevind. Ek lewe vir Hom wat my liefgehad het en Homself vir my aan die kruis gegee het.

Daardie gevoel van leegheid in my binneste het oombliklik verdwyn. My siel het eens gedors na God, en nou het Hy my versadig met Homself. Wat ʼn groot indruk op my gemaak het in die dae, weke en maande ná my ontmoeting met die Here, was hoe mooi die natuurskoon skielik om my was. Ek het dinge raakgesien wat ek nooit voorheen so gesien het nie. Ek het ook nie ʼn verklaring daarvoor nie. Maar die eerste keer in my lewe sien ek die blouste blou lug, die mooiste, groen gras en die pragtigste blomme. Die natuur om my het ʼn bekoring wat my verwonderd laat. Die vraag kom by my op: Was ek dan blind voor my ontmoeting met Hom? Hoe is dit moontlik dat ek dan nooit vantevore so ʼn waardering vir die natuurskoon om my gehad het nie? Was my oë en verstand dan versluier? Is ʼn mens blind vir God se handewerk totdat jy jou Maker leer ken het?

Een ding is gewis en seker – my lewe sou nooit weer dieselfde wees nie. Hier binne-in my hart het ʼn liefde vir die Here ontwaak wat ek nie geglo het moontlik kon wees nie. Die wete dat Hy my siel gered het uit sy eie, groot genade, en ek niks daarvan verdien het nie, vul my met ʼn diepe dankbaarheid en ʼn liefde vir Hom wat ek nie kan beskrywe nie.

Ek het die getuienis hier binne-in my hart, ek het tot wedergeboorte

Page 23: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

13

gekom, ek is ʼn nuwe skepsel in Jesus Christus. Die Skrifte het ook in mý lewe waar geword. Jesus se woorde het my vasgegryp in ʼn onlosmaaklike greep: “Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien en ook nie ingaan nie.” (Joh. 3:3,5.) Dit is my getuienis; ek het gevind en ingegaan.

Van daardie oomblik tot vandag toe, drie-en-dertig jaar later, hetdaardie vreugde, dankbaarheid en heerlikheid nog nooit uit my lewe verdwyn nie. Die feit dat Hy my uit genade die ewige lewe gegee het toe ek my sonde bely en Hom aangeneem het as my Here en persoonlike Saligmaker, is vir ewig vas in my siel.

Voorwaar, elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

Page 24: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 25: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus,

onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening

gestel het.

1 Timótheüs 1:12

Page 26: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 27: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

17

Hoofstuk 3

Ek vind ʼn geestelike tuiste en roeping

yna twee maande het verbygegaan sedert my bekering. Ons basiese opleiding in Saldanha en Simonstad is iets van die verlede en ons word nou uitgeplaas vir die res van ons twee jaar diensplig.

Ek word verplaas na Walvisbaai, waar ek verdere opleiding sou ontvang. Intussen het ek my gevestig as die Vloot-bokskampioen in my gewigsafdeling. Walvisbaai sou ʼn keerpunt wees vir baie dinge in my lewe – ook my boksloopbaan. Ek was onverskrokke in my getuienis as wedergebore Christen – ál wat ek gehad het, was my Bybel en ander Christen-vriende wat hulle by my aangesluit het. Saam lees ons die Woord en bid gereeld. Buite die Vloot-tentdorp vind ek ʼn Weermag-tent in onbruik wat ek begin gebruik as ʼn vaste bidplek. Vroeg soggens, soms in die dag en dan saans, sou ek daar die aangesig van die Here opsoek.

Ek het in my steeds ʼn onversadigbare honger na meer en meer van die Here in my lewe. My aanstelling in ʼn bevelspos maak dit vir my moontlik om meer ure in die Woord te spandeer. God se Woord begin my hart, my denke, my hele lewe vul; ek ontwikkel so ʼn liefde vir die Woord dat dit my kosbaarste besitting word.

Die besef begin by my posvat: Ek moet ʼn geestelike tuiste vind. Sondae is oor die algemeen verpligte kerkbywoning, maar om een of ander rede vind ek nie voedsel vir my siel by die kerkdenominasie waarheen die Vloot-bussie ons neem nie. Ek was op soek na iemand wat aan my die

B

Page 28: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

18

Woord bedien en wat ook ʼn ontmoeting met Hom gehad het. Dit was ʼn Vrydag-laatmiddag. Ek stap saam met twee vriende,

Hendrik en André, vanuit die dorp terug na die Vlootbasis. Ons kon nie die plek vind waar die rolprent The Cross and the Switchblade, van Nicky Cruz, vertoon sou word nie.

Voor my sien ek ʼn Jeep aangery kom wat wegswaai om by ʼn petrolstasie brandstof in te gooi. Duidelik hoor ek ’n stem met my praat: “Raymond, sien jy daardie Jeep wat daar ingedraai het by die vulstasie? Daardie man is op pad na die film wat jy graag wil sien.” Ek het oombliklik geweet dat dit die Gees is wat met my spreek.

“Hendrik, André, daardie man by die Jeep is op pad na die film,” sê ek. Al twee begin vir my lag en sê: “Hoe weet jy dit?”

“Die Here het dit nou net vir my gesê,” antwoord ek hulle. “Ons het niks gehoor nie,” sê hulle. “Ek het,” antwoord ek, “laat ons gaan.” “Meneer, is jy op pad na die vertoning van The Cross and the

Switchblade?” vra ek hom. “Ja, wil julle saamgaan?” vra hy. Terwyl ons agter in die Jeep ry, vra die twee jongmanne my weereens:

“Raymond, hoe het jy geweet die man is op pad na die filmvertoning?” My antwoord was: “Ek het nie geweet nie, maar die Here het dit aan

my geopenbaar.” Aan die einde van die filmvertoning bid die predikant tydens die

uitnodiging vir diegene wat hul lewe aan die Here wil wy. Toe hy klaar gebid het, gryp ek Hendrik en André vas en sê opgewonde: “Het julle dit gehoor? Hierdie man het wat ek ontvang het in Saldanha, hy het dieselfde Gees in hom.”

Ek het iemand gevind wat soos ek is! Ek was so opgewonde om ʼn wedergebore Christen te ontmoet, ek moes net met hom praat. Ek sou toe uitvind hy is pastoor Corrie van Niekerk en die gemeente waar die film vertoon is, is die Volle Evangelie Kerk van God Walvisbaai.

Daardie Sondag sou ek vir Hendrik en André saam met my kerk toe neem. Dit is agt kilometer se stap heen en weer van die Vlootbasis af. Daardie eerste Sondagmôre sit ons en wag vir die erediens om te begin. Minute voordat die diens begin, staan ek op en sê vir die twee manne:

Page 29: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

19

“Kom, laat ons gaan.” Toe ons buitekant die kerk kom, wil hulle verbaas by my weet hoekom ons nie vir die diens bly nie. “As die mense almalwedergebore was, sou die kerk mos vol gewees het,” antwoord ek. Daardie oggend stap ons terug na die Vlootbasis sonder om die diens by te woon. Die volgende Sondag sou ek by hulle daarop aandring en sê ons moet gaan luister na daardie man van God wat ek hoor bid het. Ná daardie oggenddiens sou ek ʼn keerpunt in my lewe bereik en sou daardie kerk my aanbiddingsplek word, my geestelike tuiste.

Ek sou toe later uitvind die man wat die Jeep gery het, was die hoofouderling van die gemeente. By daardie kerk in Walvisbaai sou ek my laat doop en ook sou ek twee maande later die doping met die Heilige Gees se krag ontvang.

In dié tyd het ʼn groot geestelike worsteling in my lewe ontstaan. Wanneer ek gaan om te bid, bly die Gees my hart roer met die wete dat die Here my vir die bediening roep. Ek het aanvanklik baie hard teen die prikkels geskop. Later het ek probeer “bargain” met die Here in die hoop dat die Gees se aansporing en influistering sou weggaan – dit het nie. Inteendeel, dit het al hoe sterker geword. Hoe meer verskonings ek aanbied teenoor die Here – my werksituasie, my jonkheid, my onkunde, my eie onvermoë, my tekortkominge – hoe meer kom die Here se roepstem ten tye van gebed en my persoonlike Bybelleestyd na vore.

Die Heilige Gees se impressie in my hart was so oorweldigend dat ek later van tyd tot die besef kom: Ek kan nie langer teen die Here bly worstel nie. Sy roeping is vas en seker – die Here vra my om my lewe in die bediening te wy, afstand te doen van my sekulêre werk en Hom te volg waar Hy my ook al sou lei. Uiteindelik, ná baie maande van innerlike, geestelike stryd, sou ek gewonne gee en met al die liefde wat ek in my hart vir Hom het, my bereidwilligheid verklaar om heeltyds tot die bediening toe te tree.

Hoe ongelooflik dit ook mag klink, dit was in hierdie tyd dat pastoor Dick Roberts, predikant in Windhoek, die gemeente in Walvisbaai besoek. Die betrokke Sondag nadat hy die Woord bedien het, doen hy ʼn openbare verklaring voor die hele gemeente: “Daardie jongman wat in die diens sit met sy Vlootdrag aan, ek wil jou asseblief ná afloop van die diens sien.” Toe ons twee privaat en alleen is, vra hy my: “Het jy geweet dat die Here jou vir die bediening geroep het?”

Page 30: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

20

My onmiddellike reaksie aan hom was, “Ja, ek weet, maar moet dit vir niemand sê nie!” Ek was verbysterd dat hier ʼn man is wat ek nog nooit inmy hele lewe gesien het nie, ons ken mekaar glad nie, en nogtans het die Gees aan hom die feit geopenbaar dat God my geroep het. Ses maande later sou die Vloot-hoofkwartier my na Pretoria stuur vir my laaste maande van my twee jaar diensplig.

Dit was in dié tyd dat ek verneem daar is Kerkkonferensie en Paasnaweek-dienste te Irene, ʼn paar kilometer buite Pretoria. Derduisende mense woon die betrokke week- en naweekdienste by. Ek was nog nooit in my lewe by so ʼn groot geleentheid nie. Daarom het ek met groot opgewondenheid my gereedgemaak en die dienste gaan bywoon. Daar aangekom, het ek baie gou ontdek dat onder die hoofouditorium aan die voorkant daar ʼn saaltjie is waar mense dag en nag bid. Daar is lampe wat in die nag brand vir kampeerders en mense wat op die terrein woon wat deurnag wil bid. Vir my was dit die wonderlikste ervaring van my lewe om in die nag, in die skemerlig van die lampe wat dwarsdeur die konferensietyd gebrand het, te bid.

Een laataand terwyl ek saam met baie ander die Here se aangesig soek in die skemerdonkerte, voel ek skielik ʼn sagte maar ferm hand op my skouer. Die persoon wat agter my staan, spreek tot my en sê: “Jongman, wanneer sal jy na die Here se stem luister en in die bediening ingaan?”

Tot my verbasing was dit presies dieselfde man wat ek in Walvisbaai ontmoet het: pastoor Dick Roberts. Hoe hy my hier gevind het 2 000 kilometer van Walvisbaai, in die donker in ʼn bidsaal ses maande later met dieselfde boodskap, was vir my opnuut ʼn bevestiging van die roeping van die Here wat ek reeds in my eie hart gewaar het. Ek het geen twyfel in my gemoed en hart meer nie. Wat die Here aan my geopenbaar het aangaande my roeping, is nou twee maal wonderbaarlik bevestig. Ek sou my nou voorberei om in die bediening te gaan. Ek het toe ook daar in Irene, Pretoria, met my teologiese studie begin – op dieselfde plek waar ek besig was om te bid en die Here finaal met my gespreek het oor my roeping tot die bediening.

Ek het my geestelike tuiste en roeping tot die bediening gevind. Voortaan sou dit my lewensroeping wees. Vir my is daar nie meer omdraai nie – ek is nou in die Here se hande, wat die toekoms ook al inhou, hoe

Page 31: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

21

onbekend dit mag wees, Hy sal my lei, ek behoort aan Hom, sy wil is nou my wil . . .

Hy roep en stel in die bediening wie Hy wil. Vir my het Handelinge20:24 ʼn absolute werklikheid geword: “Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.” Ek sou nie besorg wees oor myself nie en sou nie my eie lewe meer kosbaar ag as Syne nie: dit het beteken dat ek slegs sou fokus op Sy roeping in my lewe.

Page 32: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 33: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

En toe die hele volk die donderslae en die blitse en die

geluid van die basuin en die rokende berg bemerk, het die

volk dit gesien en gebewe en op ʼn afstand bly staan.

Exodus 20:18

Page 34: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 35: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

25

Hoofstuk 4

Die tyd het aangebreek

it was ʼn telefoonoproep wat die gang van my hele lewe sou beïnvloed.

Drie maande voor die telefoonoproep het ek verneem dat ek my teologiese studie suksesvol voltooi het en tot die bediening mag toetree. Ek het sonder huiwering my werk bedank en aangesluit by ʼn heeltydse jeuggroep bekend as “Kontak 365”.

Die jeuggroep was saamgestel uit jongmense van oor die hele land wat ʼn diensjaar of twee van hul lewe gee om hulle heeltyds aan Christus te wy en landwyd op gemeente- en persoonlike vlak te bedien. Ons het ook op uitnodiging van gemeentes persoonlike evangeliewerk, ook huis-tot-huis-evangelisasie, in dorpe en stede van ons land gedoen. Ook het dramagroepe, sang en musiek en Woordprediking voortgegroei uit die Kontak 365-jeugbediening.

Die basis waar ons opleiding ontvang en gewoon het as jeuggroep, was die Irene-kampterrein te Lyttelton, Pretoria.

Ons het sopas teruggekeer van so ʼn uitreik na Ladysmith, KwaZulu-Natal. Die pastoor van die gemeente waar ons bedien het, was aan my baie goed bekend. Dit is dieselfde man wat ek ʼn paar jaar vantevore in Walvisbaai ontmoet het toe ek die rolprent The Cross and the Switchblade gaan kyk het. Hy het intussen ʼn beroep aanvaar terug na Suid-Afrika vanuit Namibië (Suidwes-Afrika) en nou bevind hy hom in Ladysmith as pastoor van die gemeente aldaar.

Wat my nog altyd geweldig beïndruk het van hom, was sy suiwer

D

Page 36: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

26

Woord-bediening en -prediking. Ek het geweet dat hy vroeër jare ʼnstudent was van dr. A.H. Verster, ʼn besonderse teoloog in die Kerk wie se Woord-kennis hoog aangeslaan is. Dié was weer op sy beurt ʼn student van die vermaarde Derrick Grobbelaar, een van die beste Woord-leermeesters tot nou toe in Suid-Afrika. Die man (pastoor Corrie) wat voorheen my leraar was, is dus ʼn derdegenerasie-leermeester van die Woord. Die suiwer bediening van die Woord van God was vir my ʼn ononderhandelbare saak. Ek het ook altyd geweet ek sou nooit by ʼn kerkdenominasie of gemeente kon aanbid wie se leer nie gebou is op soos Martin Luther self gesê het nie, “Sola Scriptura”, dit is die Skrif en die Skrif alleen. Hoe meer ek teologie gestudeer het, hoe meer het ek onder die diepe besef gekom van die suiwer leer van die Kerk. Ek sou in elk geval nie my lewe kon gee en wy aan iets wat ek nie met my hele hart en wese geglo het nie.

As twee-en-twintig jaar oue aspirant-prediker is dit tog hoekom ek nou is waar ek is – ek wy my lewe aan die onvervalste Woord van die waarheid. Om die Woord van God aan alle mense voor te hou as riglyn vir leer en lewe. Die verkondiging van die Woord was dus vir my absoluut prioriteit. Ek het my daagliks selfs ná my teologiese studie gewy aan die bestudering van die Heilige Skrifte. Tot en met hierdie dag het ek myself ook nog in geen ander lig beskou as student van die Woord nie. Al sou ek ook later as leermeester van die Woord beskou word, in my eie oë bly ek ʼn student van die Woord wat my lewe moet wy aan die navorsing en bestudering van die Woord van God.

Toe uit die bloute die telefoonoproep. Dit was pastoor Corrie, my vroeëre leermeester uit die Woord: “Raymond, sal jy dit oorweeg om my jeugpastoor in die gemeente te word?”

Dit was vir my ʼn groot skok dat die man vir wie ek soveel agting en respek gehad het, my nader vir so ʼn saak. Dit sou beteken ek moes na Ladysmith verhuis en daagliks met hom saamwerk. Ek het nie geweet of ek geestelik opgewasse is vir die taak nie. “Pastoor Corrie, sal jy my asseblief tyd gee om daaroor te bid en dan sal ek jou my antwoord gee?” vra ek hom.

“Natuurlik, dan hoor ek later van jou,” was sy antwoord. Op daardie oomblik toe ek die telefoon se gehoorstuk neersit, het ek

geweet die Here sal my ʼn duidelike antwoord moet gee, ek het nodig om van Hom te hoor!

Page 37: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

27

ʼn Paar dae ná die telefoongesprek voel ek een laatmiddag ek wil alleenmet die Here wees en ernstig bid oor die aangeleentheid. Daar is te veel mense om my by die kerk-kampterrein, ek moet wegkom van almal. Ek trek toe my hardloopskoene aan en begin rustig te draf. Nadat ek lank gedraf het, kry ek die begeerte om Jan Smuts-koppie.van die agterkant af uit te hardloop deur wuiwende oulandsgras. Dit was ʼn heerlike herfsmiddag, blou lug en grasvlakte om my sover as die oog kan sien. Toe die son rooi-oranje verkleur en oor die horison sak, is ek naby die kruin van die koppie. Terwyl die skemer oor my neerdaal, stap ek tot bo-op die kruin, daar sak ek in stilte op my knieë voor die aangesig van Hom wat my tot die bediening geroep het. My gebed tot Hom is om my ʼn antwoord te gee oor die keuse wat ek moet doen. Moet ek by Kontak 365 bly of moet ek die pos as jeugpastoor te Ladysmith aanvaar?

Ek was ʼn lang tyd in gebed, dit was later stikdonker. ʼn Soel aandbries waai oor my terwyl ek daar in gebed verkeer. Ernstig smeek ek die Here om vir my leiding te gee.

Wat op daardie oomblik gebeur, sal my lewenslank bybly. In een oomblik is dit asof die hemel bokant my oopskeur, ek hoor die Here se stem soos ʼn donderende waterval wat na benede stort: “GO FORTH, MY SON, THE TIME HAS COME.” Luid en helder hoor ek sy stem en die woorde waarmee Hy my toespreek. Die daaropvolgende oomblik slaan die bliksemstrale deur die hemelruim. Nog voordat ek op my voete kon kom, open die sluise van die hemel en reën ek papnat.

Vrees en bewing gryp my hart aan. Die stem, die bliksemstrale, die reën, alles is vir my te oorweldigend. Ek vlug van Jan Smuts-koppie weg na die teerpad om terug te kom by die kampterrein.

Toe ek deurdrenk van die reën by my kamer instorm, sien ek my vriend Willem rustig op sy bed sit en kitaar speel. “Raymond,” sê hy verbaas, “wat gaan met jou aan? Kyk hoe lyk jy!”

Ek bewe so groot soos ek is. ʼn Vrees vir God het my hart vasgegryp. “Willem,” antwoord ek hom, “ek het gedink die Here wil my doodmaak, soos wat met Moses gebeur het toe die Here hom in die herberg ontmoet het.” Ek het dan gegaan om te bid en toe hoor ek dáárdie stem wat met my spreek, soos ʼn donderende waterval.

Daar was ná daardie ervaring geen twyfel by my nie, die Here het

Page 38: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

28

gespreek, en die tyd het gekom dat ek moet gaan. Hoe kan ek dan anders? Hy het gespreek en ek moet Hom gehoorsaam.

So sou ek dan einde Maart 1982 na Ladysmith verhuis om as jeugpastoor in die gemeente te werk. Daardie Desembermaand sou ek toe op aanmoediging van pastoor Corrie die beroep aanvaar na die gemeente Frankfort in die Vrystaat, waar ek as jong pastoor my eie gemeente het om as herder die gemeente te bedien.

Ná hierdie ontsagwekkende ervaring op Jan Smuts-koppie het ek geweet die Here spreek tot sy kinders nie net deur die sagte, stil stem van sy Gees in ons binneste nie, nie net spreek Hy ook tot ons met ʼn hoorbare stem nie, maar Hy is ook by magte as Hy verkies om dit te doen met die gedruis van ʼn magtige dreuning. Ek kan ook soos Job sê, nie net het ek van U gehoor volgens hoorsê nie, maar het ek self u heerlike stem gehoor.

Page 39: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp –

U het my stem gehoor.

Jona 2:2

Page 40: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 41: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

31

Hoofstuk 5

ʼn Besoek aan die doderyk

edurende die laaste paar maande van my Vloot-diensplig was ek in Pretoria gestasioneer. Die Vloot-woonkwartier en -menasie was ʼn paar kilometer van die hoofkwartier van die SA Vloot. Die

hoofkwartier is beskerm deur wagte by die hoofingang. Op die sesde verdieping was die nagkwartier – nie net vir die wagte aan diens wat mekaar aflos nie, maar ook vir ander soldate wat soms daar moes tuisgaan.

Die betrokke aand het ek tussen drie ander matrose gelê en slaap, min wetende wat op my wag. Skuins ná middernag word ek eensklaps uit my slaap wakker geruk. Twee bose figure het hul opwagting gemaak. Ek het oombliklik geweet dit is twee demone. Ek is die afgelope agttien maande verskeie male deur demone aangeval, Jesus het my elke keer teen hulle beskerm. Ek het geen vrees vir hulle gehad nie, omdat ek weet hulle vrees die magtige naam van Jesus Christus. Hul pogings om my skade aan te doen en selfs hul uiterste pogings om my óf fisiek leed aan te doen óf dood te maak het elke keer misluk. Ek sou ʼn totaal van vyftien fisieke aanslae van demone in my lewe oorleef.

Maar hierdie keer is dit anders. Toe hulle my vasgryp, was hulle so sterk dat ek besef het ek is absoluut magteloos. Vir die eerste keer pak ʼn ontsettende vrees my beet. Om een of ander onverklaarbare rede het ek ʼn vrees in my. Nie een van die manne om my word wakker deur die teenwoordigheid van hierdie twee demone wat met my worstel nie. Ek

G

Page 42: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

32

probeer praat, maar nie ʼn hoorbare woord kom uit my mond nie. Die volgende oomblik kyk ek af na my liggaam wat op die bed lê

tussen die ander slapende jongmanne. Meteens bevind ek my op die rand van ʼn diep afgrond. Ek is intens bewus van die teenwoordigheid van die twee demone wat my oor die afgrond wil stoot. Om een of ander rede kry hulle dit nie reg nie. Ek bevind my reg op die rand van ʼn afgrond wat na ʼn diep, donker put lyk. My hele wese sidder in my uit vrees vir wat hier reg voor my is. Die besef dring tot my deur: Ek staan op die rand van die doderyk.

Op daardie moment beleef ek iets so intens, so aangrypends en skrikwekkends dat dit voel of die bloed in my are stol. Wat ek op daardie oomblik ervaar, kan geen woorde beskryf nie. Die besef, ek het ʼn plek betree waar God se teenwoordigheid nie bestaan nie, die ontsettendheid daarvan is bloedstollend! Ek bevind my op ʼn plek waar God nie is nie. Hy is nie hier nie!

Toe daardie werklikheid my siel deurdring, bring dit ʼn gevoel van ʼn onbeskryflike Godverlatenheid. Dit is so verskriklik, my binneste versmag in my. Ek staan op ʼn plek waar God nie teenwoordig is nie. Met ʼn krag wat ek nie weet waarvandaan dit kom nie, ruk ek my arms los van die twee figure hier langs my, ek gooi my twee arms en hande in die lug . . . en roep uit in totale afgryse: “My God, my God . . . ” Soos daardie woorde uit my mond gaan, hoor ek hulle ego in die gange van die ewigheid. Dit voel vir my asof dit rol en rol deur die eeue heen, asof dit oor tyd heen gaan, asof dit die ewigheid priem . . . MY GOD, MY GOD.

Op daardie moment bevind ek my terug in my bed tussen die slapende jongmanne. Die volgende oomblik vlieg die kamerdeur oop en Johnny Horn kom ingestorm, reguit na my toe.

“Raymond, Raymond, wat gaan aan?” roep hy bekommerd. “Johnny, wat maak jy hier?” vra ek hom. “Die Here het my wakker gemaak en gesê jy is in gevaar, ek moet vir

jou bid,” sê hy. “Daarom het ek in die swart meraai (ʼn naam vir die swart Vloot-motorvoertuig) gespring en na jou toe gekom.”

Ek sou toe later uitvind dat net ná middernag, kilometers ver van my af, Johnny wakker geword het met die dringende wete ek is in gevaar en hy moet vir my bid. Hy het toe dadelik in die motor gespring en gejaag na

Page 43: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

33

waar ek by die hoofkwartier lê en slaap. Deur dit alles heen het hy vir my bly bid, totdat hy by die kamer instorm en my op my bed vind.

Ek was totaal uitgeput ná die gebeure en so moeg dat ek beswaarlik kon praat. Wat vir my ʼn absolute werklikheid geword het, is die vreeslike oomblik wat Jesus Christus aan die kruis moes beleef het, toe Hy uitgeroep het: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Eloï, Eloï, lama sabagtani.)

Ek begryp nou waarom Jesus dit uitgeroep het. Ná my eie ervaring besef ek die ontsettendheid daarvan om nie God se teenwoordigheid te ervaar het nie, was vir Jesus op daardie oomblik aan die kruis net te veel. Daardie uitroep van Hom is geskeur uit sy binneste, dit is in sy hoogste nood uit Hom uit gepers.

Uit hierdie gebeure wat ek self beleef het, het die werklikheid van die verskriklikheid van die doderyk my hart vasgegryp. Om in die doderyk te wees, is om in ʼn plek te wees waar God se teenwoordigheid nie is nie. Die pyn en lyding en smarte van die vuur in die doderyk en om met alles te wees wat boos en verlore en afskuwelik is, is een ding, maar om te wees waar God jou Maker nie is nie, is ondraaglik. Sekerlik sal dit een van die grootste verskrikkings van die hel eendag wees. Want diegene wat daarheen gaan, sal eers moet hoor: “Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk. Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele.” (Matt. 7:23, 25:41.)

Dit is presies dit wat die doderyk en die hel is. Dit is ʼn plek weg van God se teenwoordigheid. Weg van sy heerlikheid en lig, weg van jou Maker. Dit is die verskrikking van die verderf. Geen lyding, pyn, smart en verdriet op aarde kan daarmee vergelyk word nie. Laat ons sy aangesig soek terwyl Hy nog te vinde is.

Dit is beter om eerder nou afgesny te wees van dinge en mense wat vir ons kosbaar is, as om eendag weg van God en ook uit sy teenwoordigheid uitgeban te word en te moet hoor: “Gaan weg van My.” My siel sal dit in ewigheid nie kan verduur om van sy teenwoordigheid uitgesluit te wees nie. Daarom moet ons Hom soek terwyl Hy te vinde is.

Page 44: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 45: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Want ons is ʼn aangename geur van Christus tot eer van

God onder dié wat gered word en onder dié wat verlore

gaan.

2 Korinthiërs 2:15

Page 46: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 47: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

37

Hoofstuk 6

Die treinrit van my lewe

ien dae, dan is my twee jaar Vloot-diensplig iets van die verlede. Ons is almal opgewonde, wetende die einde is in sig.

Vroegoggend terwyl ek in gebed verkeer het, kry ek die intense begeerte in my hart om my ouerhuis te besoek en met my vader oor sy sieleheil te praat. Dit is asof die Gees ʼn sterk impressie op my hart afdruk: “Jy moet vandag na jou ouerhuis gaan.” Nadat ek reëlings getref het, vertrek ek vanaf Pretoria na Kempton Park met die trein.

Ek neem my sitplek in die treinkompartement oorkant ʼn aanvallige jong dame in. Ek sien sy lees ’n boek – Positive Thinking is die titel. Ná enkele minute begin ek op dié noot ʼn gesprek met haar aanknoop: “Ek glo in ‘positive thinking’” sê ek aan haar.

“O, ken jy die boek?” vra sy. “Nee,” antwoord ek, “maar ek ken die boek van alle boeke rondom

‘positive thinking’.” Nuuskierig vra sy my: “Wat is sy naam?” “Die Bybel,” sê ek, “enigiemand wat die Bybel lees, kan nie anders as

om positief oor die lewe te wees nie.” Dit was my aanknopingspunt om ʼn gesprek met haar te voer en te

getuig oor my saligheid in Jesus Christus. Soos die gesprek verloop en ek intens met haar besig is om haar te probeer oortuig om Jesus Christus as persoonlike Saligmaker aan te neem, besef ek tegelykertyd daar is nog net een stasie oor vir die trein om te stop voordat ons die Kempton Park-

T

Page 48: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

38

stasie gaan bereik. Alle pogings van my kant om haar te oortuig is nie genoeg om haar sover te kry om ʼn besluit te neem nie.

Einde ten laaste sê ek aan haar: “Neem my adres en bewys my asseblief ʼn groot guns. As jy sou besluit om die Here Jesus Christus as jou eie, persoonlike Saligmaker aan te neem, sal jy aan my skrywe en my dit meedeel?” Sy stem geredelik toe en neem my adres. Ek het aan haar my ouerhuis se adres gegee.

Toe ek tuis arriveer, was my vader besig om te skeer in die badkamer, aangesien hy die betrokke dag middagskof moes gaan werk. Hy was bly om my te sien en ook opgewonde om my broer George oor drie dae te gaan haal op Ladysmith. George sou dan ook sy twee jaar Weermag-opleiding voltooi het.

Ek het geestelike musiek in die sitkamer aangeskakel en gaan sit en vir hom gewag om klaar te maak. Toe hy die sitkamer binnekom, sê hy hy hou van die musiek. Ek gebruik toe die geleentheid om teenoor hom te getuig van Jesus Christus in my lewe en dat ek my hart vir Jesus gegee het. Wil hy nie ook dieselfde doen en sy hart vir die Here gee nie? Ek sal sy woorde nooit vergeet nie. “Ek is bly vir jou onthalwe, my kind. Pa kan sien jou lewe het verander, maar ons sal weer praat wanneer jy eers permanent tuis is.” Alle pogings om my vader te oortuig om nóú ʼn besluit te neem aangaande Jesus Christus was vrugteloos. Ek is daar onverrigter sake weg, terug na Pretoria met die trein.

Drie dae later sou ek ʼn telefoonoproep ontvang. Elf kilometer buite Ladysmith het my vader se motor op ʼn brug in ʼn skerp draai die pad verlaat, gerol, my vader is uitgeslinger en hy lê kritiek in ʼn koma in die hospitaal op Ladysmith. Sy rug en nek is gebreek en hy het veelvuldige beserings opgedoen. ʼn Helikopter het hom die volgende dag van Ladysmith af na Kempton Park geneem. Toe ek die Saterdag laatmiddag by sy bed in die hospitaal staan, het ek besef my gesprek met hom vier dae vantevore was moontlik die laaste wat ek ooit met hom sou hê oor sy saligheid. Daardie selfde nag is my vader oorlede. Baie jare daarna sou ek bly worstel met die gedagte of ek nie nog harder kon probeer het om hom te oortuig van Jesus toe ek daardie oggend by die huis was nadat ek die trein vanaf Pretoria gehaal het nie? As ek geweet het hy sou vier dae later sterf, sal ek sekerlik ʼn nog groter poging aangewend het. Het my vader in

Page 49: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

39

die drie dae voor die ongeluk miskien gebid en Jesus aangeneem? Of sou hy dalk toe hy met ʼn gebreekte rug en nek daar langs die motor in die gras ure lank gelê en wag het vir hulp gebid het? Ek het nie antwoorde op al die vrae nie. Ook weet ek net die ewigheid sal dit openbaar.

Twee weke later sou ek ʼn brief in die pos ontvang. “Beste Raymond, my naam is Charlotte – ek weet jy ken my nie, maar ek is die meisie wat aan die oorkant van die treinkompartement gesit het. Ek het alles gehoor wat jy vir die dame oorkant jou gesê het, die een wat die boek gelees het. Ek wil net vir jou sê, alles wat jy gesê het, het my diep geraak. Ek het my hart nou ook aan Jesus Christus gegee, Hy is nou ook my Verlosser en Saligmaker. Toe jy vir daardie dame jou adres gee, het ek dit gou neergeskrywe. Jy het gesê as sy haar hart aan die Here gee, moet sy vir jou skrywe. Ek het, daarom hierdie briefie aan jou. Groete.”

Ek het nooit van die jongdame wat die boek gelees het teenoor wie ek getuig het, gehoor nie.

Charlotte en ek sou goeie vriende word en ek het haar aan ʼn kerk voorgestel waar sy geestelik kan groei. Ook sou ek deur hierdie ervaring leer dat ons as gelowiges ʼn aangename geur van Christus tot eer van God is onder dié wat gered word en onder dié wat verlore gaan.

Page 50: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 51: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Maar ons het hierdie skat in erdekruike.

2 Korinthiërs 4:7

Page 52: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 53: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

43

Hoofstuk 7

Gedoop in sy liefde

ie dankbaarheid teenoor Hom wat my gered het en die ewige lewe aan my gegee het, was so groot dat ek voortdurend en ten alle tye my liefde vir Hom bely het. Ek sou gedurig na ʼn

geleentheid soek om alleen met Hom te wees en Hom lief te hê met my hele hart.

Daagliks het ek my liefde vir Hom verklaar, ek het Hom lief met my hele hart. Staan daar dan nie geskrywe nie: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en al jou krag.” Dit was die vreugde van my siel om elke dag Hom lief te hê. Baiekeer sou ek op enige plek en by enige geleentheid my hart ophef na Hom en net vir Hom sê: “I love you, Jesus.”

Toe Jesus se teenwoordigheid dié betrokke môre die kamer vul, was ek oombliklik helder wakker. My gesig was na die venster gedraai, ek het op my maag gelê en slaap met die kombers om my gevou. Dit was vroegoggend, ongeveer sesuur. Die rede hoekom ek weet hoe laat dit was sonder om op die horlosie te kyk, is die getjirp van die mossies tydens dagbreek buite my slaapkamervenster. ʼn Nuwe dag is aan die ontwaak.

Ek hoor Jesus se voetstappe en dit stop hier reg langs my bed, terwyl sy teenwoordigheid die kamer vul; ek is intens bewus van die feit dat Jesus self hier reg langs my staan. Ek lê doodstil en wonder wat Hy gaan doen. Daar is geen vrees in my hart nie, net verwondering oor die feit dat Hy hier by die kamer ingestap het. Sal ek omdraai en na Hom kyk? Terwyl ek

D

Page 54: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

44

nog die gedagte koester, voel ek hoe Hy saggies druk op my plaas. Syteenwoordigheid is allesoorweldigend en ek kan in dié stadium niks anders doen as om doodstil te lê en te wag en kyk wat Hy gaan doen of sê nie. Die gedagte flits deur my weens die druk wat Hy op my plaas, dat die bed waarop ek lê, se vere net soveel druk kan neem en dan gaan dit meegee.

Dit is toe dat ek besef. Jesus is nie besig om druk op my te plaas nie, maar Hy is besig om iets oor my uit te stort. Sy liefde. Sy teenwoordigheid was eens so oorweldigend, maar nou is ek bewus van sy onbeskryflik heerlike liefde. Hy is besig om my in sy liefde te doop. Ek voel hoe Hy fisiek sy liefde oor my uitstort . . .

My liggaam voel en ervaar sy liefde soos ek dit nog nooit vantevore ervaar het nie. Soos sy liefde sterker en sterker word en ek al hoe dieper daarin opgeneem word, begin my liggaam straal soos ʼn lig. Elke sel in my liggaam voel of dit opgeneem en gevul word met sy liefde en lig. Hoe sterker sy liefde word, hoe meer besef ek my liggaam kan dit nie meer hanteer nie. Dit voel asof my liggaam in tienduisend stukkies gaan ontplof.

Vir die eerste keer spreek ek Hom toe met hierdie woorde: “Jesus, ek kan nie meer nie, my liggaam kan die heerlikheid nie meer hanteer nie.” Op daardie oomblik voel dit asof Hy die kraan net nóg groter oopmaak. My hele liggaam voel of dit glinster soos ʼn wit buislig, absoluut deurdring met Jesus se liefde en lig. Dit is op daardie moment dat ek besef as Jesus hiermee gaan volhou of verder gaan, sál my liggaam tot niet gaan.

Vir die tweede keer spreek ek tot Hom: “Jesus, U maak my seer, my liggaam kan nie meer nie!” Op daardie moment het ek ervaar sy heerlikheid en liefde is so groot dat ek nie meer enige heerlikheid van Hom kon hanteer nie.

Dit was toe dat Jesus net daar stop om sy liefde verder oor my uit te stort. Toe hoor ek sy stem: “My kind, Ek is so lief vir jou, Ek gaan vir jou ʼn verheerlikte liggaam gee, sodat jy nooit weer vir My sal sê dat jy nie meer van My liefde kan ontvang nie.” Met daardie woorde draai Jesus om en stap by die deur uit. Ek lê presies nog in dieselfde posisie op my bed as toe Hy vroeër in my kamer ingekom het. Soos wat Jesus uit die kamer uitgegaan het, gaan sy heerlike teenwoordigheid saam met Hom. Skielik bevind ek my alleen in die kamer, Hy is nie meer by my nie.

Daardie môre terwyl ek in totale verwondering was oor sy besoek aan

Page 55: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

45

my en die belofte wat Hy aan my gegee het nadat Hy my in sy liefde gedoop het, besef ek opnuut – een van die redes waarom elke kind vanGod eendag ʼn verheerlikte liggaam sal ontvang, is omdat ons huidige aardse, brose liggaam van stof nie die heerlikheid van God kan dra nie.

Ons nuwe hemelse liggaam wat ons tydens die opstanding sal ontvang, sal ʼn ewig verheerlikte liggaam wees wat opgewek is in onverganklikheid. Die heerlikheid van die hemelse is anders as dié van die aardse. Ons weet in ʼn oomblik, in ʼn oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word (1 Kor. 15:52-53).

Soos Paulus kan elke kind van God ook sê: “Dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus. Maar ons het hierdie skat in erdekruike.” (2 Kor. 4:6-7.)

Die gelowige leef in die verwagting en hoop op die heerlikheid van Christus wat ons deelagtig sal wees in die dag van sy koms. Intussen het ons hierdie skat in erdekruike – ons aardse liggaam.

Page 56: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 57: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Kosbaar is in die oë van die Here die dood van sy

gunsgenote.

Psalm 116:15

Page 58: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 59: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

49

Hoofstuk 8

Die man wat nie kon sterf nie

it was ʼn Sondagoggend en die diens het sopas uitgekom. By die deur van die kerk vra Marietjie – ʼn vroutjie in die gemeente – my of sy my kan kom sien. Toe ons by die huis in die sitkamer sit,

vertel sy my dat haar oupa wat terminaal siek is en kanker het, nie kan sterf nie. Sy deel my mee dat haar oupa wat tagtig jaar oud is, ʼn vreeslike lydingsbed het. Die afgelope paar dae het hy by die plaashuis verskeie kere sy asem uitgeblaas in die teenwoordigheid van die familie, dokter en predikant, net om minute later weer sy oë oop te maak en te smeek om hulp.

Die gebeure het hom al vyf maal herhaal. Net wanneer die familie dink sy lyding is verby, sal hy minute later weer ʼn hartklop toon, sy oë weereens oopmaak en pleitend uitroep: “Help my, help my, ek brand in hierdie vuur!” Daarna sal hy in ʼn semi-koma gaan. Die familie is diep ontroerd deur die gebeure, Marietjie self is diep bekommerd oor haar oupa se saligheid.

Ek het onmiddellik ingewillig om na haar oupa te gaan. Ek gewaar in my hart ʼn dringendheid van die Here se kant dat Hy wil hê ek moet met die sterwende man gaan deel oor sy saligheid. Toe ek die plaashuis bel, antwoord Marietjie se vader die telefoon. Op my versoek om my toe te laat om vir Marietjie se oupa te kom bid, was die antwoord kort en saaklik “nee”, aangesien daar reeds ʼn predikant en dokter by die sterwende man

D

Page 60: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

50

se bed is. Verbaas lui ek af, wel wetende die eintlike rede is dat daardiefamilie van ʼn ander kerkdenominasie is en ekself predikant van ʼn Pinksterkerk is; daarom is ek nie regtig welkom op die plaas nie.

Vroeg die Maandagoggend, douvoordag, bid ek soos gebruiklik in die kerk. Skielik onderbreek die Gees van die Here my en vra my wat ek hier in die kerk doen. My antwoord was, ek het kom bid soos dit my gewoonte is.

“Het ek jou nie beveel om na die plaas te gaan nie?” vra die Gees my. “Marietjie se vader wil my nie op die plaas hê nie,” antwoord ek. “Gaan, soos Ek jou beveel het,” spreek die Gees tot my hart. Ek het oombliklik opgestaan en my gehaas na my huis, vier huise weg

van die kerk. Ek is dadelik na my studeerkamer om weereens ʼn telefoonoproep te maak. Nogmaals word ek meegedeel ek is nie welkom op die plaas nie, aangesien Marietjie se oupa in ʼn koma is en niemand in elk geval vir hom iets kan doen nie. My pleidooie om vir hom te kom bid, val weereens op dowe ore.

Ek bevind my in my studeerkamer, dit is vroegoggend en ek is radeloos. By die kerk wil die Here my nie hê nie, en op die plaas wil die familie my nie hê nie. ’n Tyd lank sit ek doodstil op my stoel en wag. Wag dat iets moet gebeur ― wat, weet ek nie. Ek ruk van skrik toe die telefoon skielik begin lui. Ek wonder wie my so vroeg op ʼn Maandagoggend sal bel. Groot was my verbasing toe dit Marietjie se vader is met die woorde: “Pastoor, hoe gou kan jy deurkom na Oupa toe?” Die pad plaas toe is sowat vyf-en-dertig kilometer lank. So vinnig as wat my motor my toelaat, ry ek na die plaas. Die laaste paar kilometer is grondpad, ʼn regte plaaspad. Toe ek voor die plaashuis met sy groot veranda stilhou, staan ʼn hele klomp mense vir my en wag op die stoep. Ek word inderhaas na die sterwende man geneem wat op die bed in ʼn koma verkeer. Baie beleefd vra ek die familie om my asseblief ʼn paar minute alleen by hom te laat. Toe almal die slaapvertrek verlaat het, maak ek die deur toe.

Hier voor my in die kamer lê ʼn ou man, net vel en been, sy liggaam is heeltemal afgetakel deur die kanker. Die reuk wat van hom uitgaan, is weersinwekkend. My eie maag ruk in my van die onwelriekende reuk.

Stadig stap ek na hom en sak by die bed neer. In gebed vra ek die Here vir genade om met hom te deel oor sy sielsaligheid. Eenkant staan ʼn

Page 61: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

51

stoel wat ek nader trek sodat ek reg langs hom kan gaan sit, sonder om aan die bed te raak. Ek begin met hom praat, hoewel hy geen reaksie toon nie omdat hy weer in ʼn koma verval het. In eenvoudige, kinderlike geloof begin ek die evangelie van Jesus Christus aan hom verduidelik. Nadat ʼn paar minute verloop het, sê ek: “Goed, oupa Lombard (ek sou toe uitvind ons het dieselfde van), jy het gehoor wat ek sê; nou moet ons saambid.” Gedurende die sondaarsgebed is daar geen reaksie vanaf sy kant nie. Nogtans gaan ek voort asof hy alles hoor. Toe ek “amen” sê, maak hy die eerste keer sy oë oop en toon hy tekens van lewe. Stadig beweeg hy sy regterhand onder die laken uit en strek sy arm en hand uit na my. Ek buig vorentoe toe en sien dat hy iets wil sê, die woorde uit sy mond het my diep geruk. “Help my, help my,” kom dit al prewelend oor sy lippe.

Ek het geweet hierdie is ʼn saak van lewe en dood, die man se saligheid en ewigheid is op die spel. Saggies maar baie ferm stoot ek sy hand weg en sê vir hom: “Oupa Lombard, jy is op ʼn plek waar as jy só sou sterwe, nie eens God jou meer kan help nie. Jy het een kans. Erken dat jy ʼn sondaar is, glo die evangelie van Jesus Christus, bely nou jou sonde en neem Hom aan as jou eie, persoonlike Saligmaker.” Toe ek weer oorgaan na die sondaarsgebed, prewel hy woord vir woord agter my aan. In daardie stadium, toe die familie hoor ek is in gesprek met die sterwende man, kom hulle almal die kamer binne.

Nadat ons twee saamgebid het, draai ek om na die familie en sê: “Oupa Lombard het nou net Jesus Christus as Here en Verlosser in sy lewe aangeneem. Hy is gereed om nou te sterwe. Ek gaan nou vir hom bid dat die Here hom kom haal.” Toe ek klaar gebid het vir die ou man, sy vrou en familie, het ek dadelik vertrek. ʼn Paar uur later ontvang ek ʼn telefoonoproep. Dit is Marietjie wat vra of sy my asseblief kan kom spreek. Sowat ʼn halfuur later kom sy by die pastorie aan en deel my die volgende mee.

“Pastoor, toe my pa jou gebel het om vir Oupa te kom bid, het hy ook vir my gebel om te sê jy kom vir Oupa bid. Ek het onmiddellik klaar gemaak en plaas toe gejaag. Toe ek daar arriveer, is ek meegedeel jy is ongeveer vyf minute gelede weg. Ons is almal na waar Oupa lê in die kamer. Die volgende oomblik het oupa sy oë oopgemaak en beduie ons moet hom regop skuif op die bed. Hy kyk ons almal een vir een aan en toesê hy hierdie woorde: ‘Dankie, Here, vir u groot genade,’ en toe blaas hy sy

Page 62: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

52

asem uit. Dankie dat jy na Oupa toe gegaan het.” Dit is toe dat sy met trane aan my vra: Weet ek dat oupa Lombard

scriba van die kerk was en elke Sondag in die kerk was? Hoe is dit moontlik dat ʼn man wat jare lank onder die geklank van die Woord gesit het, op sy sterfbed verlore was? Ek het nie vir haar ʼn antwoord gehad nie. Dit was op daardie moment dat die Gees van God vir my sê: “Lees vir haar Handelinge hoofstuk 10.” Ek het Handelinge 10 baie goed geken en het onmiddellik geweet wat die Gees aan haar wou openbaar. Ek maak my Bybel oop en lees: “En daar was in Cesaréa ʼn man met die naam van Cornelius, ʼn hoofman oor honderd van die sogenaamde Italiaanse leërafdeling. Hy met sy hele huis was vroom en godvresend en het baie aalmoese aan die volk gegee en was altyddeur in die gebed tot God.” (Hand. 10:1-2.) Uit dié hoofstuk sien en leer ons van ʼn man wat vroom en godvresend en gedurig in gebed was. Nogtans het ʼn engel aan hom verskyn met die boodskap dat hy Petrus moet laat haal wat die evangelie aan hom en sy huis kom verkondig het. Toe Petrus op die punt kom waar hy sê: “Aangaande Hom (Jesus) getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang,” (vers 43) het Cornelius, sy huis en vriende dit geglo terwyl Petrus spreek. Daarom is hulle toe almal vervul met die Heilige Gees en het Petrus daarna beveel dat hulle almal gedoop word.

Daardie dag toe Marietjie by my was, sou die Here my reeds vroeg in my bediening leer dat ʼn goeie lewe en goeie werke – vroomheid, godvresendheid, baie aalmoese en selfs gebed – ’n mens nie kan red as jy op jou sterfbed lê nie. Dit is alleenlik deur te glo in die kosbare naam van Jesus Christus, die Seun van God en deur Hom te bely, jou sondes te erken en te bely, dat jy genade kan vind in die oë van die Here.

ʼn Paar weke ná die gebeure met Marietjie se oupa ontvang ek ʼn uitnodiging om plaas toe te gaan. Nadat ons ʼn heerlike maaltyd genuttig het, is ons na die sitkamer. Daar het Marietjie se vader my gevra wat presies daardie dag gebeur het toe ek by oupa Lombard was. Dit het my die geleentheid gebied om Jesus Christus met hom te deel en hom en sy vrou na Jesus te lei waar albei hul hart aan Jesus gegee het.

Die man wat my eens die plaas en sy huis geweier het, het toe sy hartvir my en – nog meer – vir die Here Jesus Christus oopgemaak.

Page 63: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Ek is die brood van die lewe.

Johannes 6:48

Page 64: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 65: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

55

Hoofstuk 9

Geestelike brood word gebak

k is nou sewe jaar in die heeltydse bediening. Dit was ʼn wonderlike tyd in die bediening. Alles voel dan so goed. Ons is pas klaar met die bouprojek by die kerk. Al die verbeterings is

afgehandel. Nuwe ablusie-geriewe, nuwe kombuis, ʼn nuwe ingang vir die kerk, ekstra banke vir addisionele sitplekke is aangekoop, nuwe vensters, nuwe matte, en die sysaal is ook opgeknap. Selfs die voorkant van die kerk het ʼn nuwe fasade. Alles is kontant betaal. Die Here het wonderbaarlik voorsien. Die gemeente beleef ʼn groeifase. Ná alles wat die Here vir ons gedoen het, is daar nog net twee sake rondom die bouprojek wat ek wil afhandel: ʼn Nuwe kanseldoek moet aangeskaf word en ʼn hoeksteen moet gelê word, aangesien die kerk nie een het nie.

Dit was ʼn Maandagoggend. Ek onthou dit nog so goed asof dit gister gebeur het. In my stiltetyd voor die aangesig van die Here dank ek Hom vir die afhandeling van die projek. Terselfdertyd vra ek Hom watter woorde ek op die kanseldoek en op die hoeksteen moet aanbring, watter woorde gepas sal wees. Die Gees van die Here spreek duidelik tot my.

“Skrywe daarop: ‘Ek is die brood van die lewe.’ Die plek waar die kansel staan, was voorheen ʼn Joodse bakoond waarin daar ongesuurde brode gebak is. Elke week wanneer jy die Woord vanaf die kansel bedien, word daar geestelike brode gebak.” Ek was so ontnugterd deur wat ek hoor. Kon dit waar wees dat die kansel waarop ek elke week staan en die

E

Page 66: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

56

Woord bedien, dat dié plek voorheen ʼn Joodse bakoond was? Ek het nou meer vrae as antwoorde.

Daar is ʼn klein nywerheidsgebied aan die sykant van die dorp waar een van my gemeentelede, Jan Serfontein, ʼn onderneming bedryf – Keep Cool Refrigeration. Ek haas my vroegoggend daarheen. Jan was verbaas om my so vroeg daar by sy besigheid te sien. “Wat bring jou so vroeg hier by my, Pastoor?” vra hy.

“Sal jou later sê, Jan. Ry gou asseblief saam met my,” antwoord ek hom.

By die kerk aangekom, neem ek die bos sleutels en sluit die voordeur oop. Toe ons heel agter in die kerk staan, vra ek hom: “Jan, sê vir my, in die jare voordat ek hier gekom het, wat se plek was hier waar die kerk nou is?”

“Kyk,” sê hy, “die kerkgebou was voorheen twee afsonderlike geboue. Hierdie deel waar ons nou staan, was eens ʼn motorhawe, hierdie agterste gedeelte van die kerk.”

Terwyl ons vorentoe stap tot by die kansel-area, stop hy en sê: “Dié gedeelte van hier af, hier waar die verhoog is en die kansel staan, was ʼn Joodse bakhuis. Noudat Pastoor gevra het, ek sien dit nou eers,” gaan hy voort, “dit was voorheen ʼn Joodse bakoond. Hierdie area,” beduie hy, “waar die twee geboue mekaar ontmoet het, was voorheen die eiendom van ʼn Jood met die naam Schifrens. Jare gelede, toe ek hom eendag besoek het, moes ek hom help om met ʼn houtspaan van die ongesuurde brood uit die oond uit te haal. Die kansel staan presies op die plek waar die oond eens gestaan het.”

Jan gaan voort: “Kyk, daar weerskante van die kansel-area, teen die gepleisterde mure is windkrakies. Dit toon dat die gebou hier gelas is. Dit is waar hulle bymekaar kom, die voorste en agterste gedeelte.”

Daar staan ek, totaal oorweldig deur die feit dat God al hierdie dinge geweet het en deur ʼn woord van kennis, een van die gawes van die Heilige Gees (1 Kor. 12:8), aan my geopenbaar het wat my menslike verstand nooit geweet het nie. Op die plek waar ek elke week getrou God se Woord bedien het, was eens ʼn bakhuis. Voorheen is Joodse brode gebak, wat wanneer dit geëet word, liggaam en siel aanmekaar hou. Ook is in die oond ongesuurde brode gebak volgens Joodse voorskrif.

Page 67: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

57

Nadat ek Jan by die werk afgelaai het en terug is kerk toe, het ek die Here gedank vir wat Hy aan my geopenbaar het. Om God se Woord te bedien, beteken om vir die Here geestelike brode te bak. My lewe deur souek voortaan gedurig aan hierdie waarheid herinner word, dat wanneer die bedienaars van die Woord van God die Woord predik, word tot eer van die Here geestelike brode gebak.

Jesus Christus se woorde: “Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan. Ek is die brood van die lewe. Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wêreld sal gee,” (Matt. 4:4; Joh. 6:48,51) het vir my ʼn heeltemal nuwe betekenis gekry.

Wanneer God se Woord aangehoor word, wanneer Jesus Christus verkondig word, gebeur daar iets. Die brood van die lewe word aan mense voorgehou. Wie dit neem, word daardeur gevoed. Geestelike brode word gebak. Wanneer ons deel het aan Jesus Christus, het ons deel aan die brood van die lewe, ons het nou deel aan die ewige lewe.

In ʼn sekere sin is ons as gelowiges ook brood in God se hand, want soos ons ons lewe met ander deel, eet hulle ook van ons, het hulle ook deel aan die geestelike seëninge waarvan ons deelgenote geword het.

As gelowiges moet ons ag slaan op wat deur Paulus geskrywe is in 1 Korinthiërs 5:7-8: “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ʼn nuwe deeg kan wees – soos julle inderdaad ongesuurd is – want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug of boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.”

ʼn Paar weke later sou ek toe op die kanseldoek die woorde laat aanbring: EK IS DIE BROOD VAN DIE LEWE. Die hoeksteen van die kerk sou ook presies dieselfde woorde hê. En soos die Here my ook daardie oggend beveel het, is my naam nie aangebring op die hoeksteen nie, want, het die Here gesê: Jy is nie die enigste een wat aan hierdie kerk gebou het nie. Ander het dit voor jou gedoen, daarom mag jy nie jou naam daarop skrywe nie. Die kanseldoek en hoeksteen sou dus dieselfdeinskripsie hê: “Ek is die brood van die lewe.” (Joh. 6:47.)

Page 68: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 69: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

En vir dié wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my

Naam sal hulle duiwels uitdryf.

Markus 16:17

Page 70: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 71: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

61

Hoofstuk 10

Die priester se dogter

Dit was ʼn Saterdag-vroegmiddag en die huis se voordeurklokkie lui. Toe ek die deur oopmaak, staan dr. Fika Janse van Rensburg, predikant van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, voor my. Ek het hom dadelik herken en wou hom binnenooi, toe hy my beleefd bedank met die woorde:, “Daar is ʼn jong dame wat siek lê in die hospitaal. Sy vra dat ʼn pastoor haar kom besoek.” By die hospitaal aangekom, word ek aan haar voorgestel. Haar naam is Marie. Ek verneem sy gaan die volgende dag opereer word om te sien hoekom sy die vreeslike pyne op die krop van haar maag het. In ons gesprek vind ek uit sy is ʼn besoeker op die dorp en het hewige buikpyne begin kry en is toe gehospitaliseer. Voordat ek vertrek, bied ek toe aan om vir haar te bid vir genesing. Dit was terwyl ek besig was om vir haar te bid dat ek besef iets is verkeerd. Sy begin verskeie manifestasies toon van duiwelbesetenheid. Haar liggaam begin skeeftrek met allerhande rukbewegings, haar oë lyk of dit omdop en sy gryp met haar twee hande die bed se koppenent vas en begin dit ruk. So geweldig kragtig ruk sy aan die bed se kopstuk dat die hele bed beweeg.

Die heel eerste gedagte wat by my opkom terwyl ek bly bid, maar nou met oop oë, is: Het die bed wiele aan? want dan sal ek die bed kan uitstoot na ʼn private kamer. Die rede daarvoor is, ek het onmiddellik geweet hier is demoniese aktiwiteite, die vrou is duiwelbesete en het bevryding nodig, maar ons is in ʼn algemene saal vol mense. Die bed het nie wiele nie en kan dus nie na privaatheid beweeg word nie.

Page 72: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

62

Daar bly vir my net een ding oor en dit is om die demone daar en dan uit te dryf in die naam van Jesus Christus. Ek kyk na haar gesig en sien dit is vertrek asof sy gepynig word. Dit is toe dat ek besef ek sal gesag moet neem in die naam van Jesus Christus en hulle bestraf en beveel om haar te verlaat. Hoe meer en harder ek bid, hoe erger raak haar liggaamsaksies. In ʼn stadium stop ek om te bid en sê hardop vir die bose gees: “Ek bestraf jou in die naam van Jesus Christus en beveel jou om uit haar uit te gaan. Ek gebied jou in Jesus naam – gaan uit haar uit!”

Ek word yskoud toe ek ʼn manstem hard en duidelik uit haar hoor spreek met my voor al die mense wat op die ander beddens lê in die vol saal: “I won’t go!”

Ek is baie verbaas oor die feit dat dit ʼn manstem is en dat hy onverbiddelik is om uit haar uit te gaan. Dit maak my net meer vasbeslote om hom in Jesus naam uit te dryf. Die volgende oomblik antwoord hy my kliphard ten hore van almal in die vertrek: “I won’t go. She told me I can come and live in her house!”

Dadelik herinner die Gees van God my aan wat in die Nuwe Testament geskrywe staan wat Jesus gesê het: “En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie. Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het . . .” (Matt. 12:43-44.)

Ek onthou toe ook dat Jesus vroeër in dieselfde hoofstuk gesê het: “Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie. En as die Satan die Satan uitdryf, dan is hy teen homself verdeeld. Hoe sal sy koninkryk dan bly staan? Maar as Ek deur die Gees van God die duiwels uitdryf, dan het die koninkryk van God by julle gekom. Of hoe kan iemand in die huis van ʼn sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie?”

Die Gees van die Here bring dit duidelik tot my dat die bose gees na Marie se liggaam verwys as sy huis. Haar liggaam is sy blyplek en hy wil nie daarvan afstand doen nie. Om een of ander rede besluit ek om nie verder met die demoon te praat nie, maar voel ek gelei om met Marie self te praat.

“Marie, Marie, kan jy my hoor?” vra ek.

Page 73: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

63

Saggies, asof sy ver weg is, kom die antwoord: “Ja, Pastoor, ek kan jou hoor.”

Ek vertel haar toe dat sy bose geeste, demone, in haar het wat sê sy het toestemming verleen dat hulle in haar kan kom woon. Sy het nodig om haar liggaam vir die Here te gee, sodat sy Gees in haar kan kom woon en die demone nie meer die reg het om daar te woon nie.

Op daardie oomblik gooi sy haar kop agteroor en sien ek hier voor my om haar nek hang ʼn amulet. Ek steek my hande uit en maak die ketting los waaraan die amulet hang. Krampagtig gryp sy met albei hande na haar nek en roep kliphard met ʼn manstem uit: “Dit maak my gesond, dit maak my gesond!”

Toe ek dit sien gebeur, besef ek hierdie vrou het steeds verskeie demone in haar. Terwyl ek hulle in die naam van Jesus Christus bestraf, kom mense vir besoektyd die saal binne. Vreesbevange vlug hulle almal weer daaruit. Selfs die verpleegsters weier om die saal binne te kom.

Ek vestig opnuut my aandag op Marie en sê vir haar: “Marie, sê agter my aan: Die bloed van Jesus Christus verlos my van alle sonde en maak my vry.”

Sy herhaal wat ek sê, maar verdraai my woorde. Telkemaal sê sy: “My bloed reinig my van sonde, my bloed.” Dit begin tot my deurdring hierdie bose geeste is geweldig sterk en vasbeslote om te bly net waar hulle is, binne hierdie hulpelose vrou.

Ernstig begin ek tot die Here roep om ons genadig te wees en te help. Terwyl ek die mag van duisternis bestraf en gebied om haar te verlaat, is dit net skielik asof sy rustiger begin raak. Dit is toe dat ek besluit om my Bybel aan haar te gee om vas te hou, terwyl ek bly bid. Toe die Bybel haar hand raak, kom daar ʼn onaardse gil en met een beweging klap sy die Bybel uit my hand. Dit vlieg deur die lug deur die hospitaalkamer en kom ʼn paar beddens verder op die vloer te lande.

“So, dan moet daar nog van julle wees,” sê ek, en bly bid en hulle bestraf in Jesus Naam. Op daardie oomblik verdwyn alle weerstand en teenstand en raak Marie stil op die bed.

Ek begin met haar die evangelie van Jesus Christus deel. Net daar gee sy haar hart en lewe aan die Here Jesus, sy neem Hom aan as haar eie, persoonlike Saligmaker en Here van haar lewe. ʼn Diepe dankbaarheid

Page 74: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

64

kom oor haar, sy neem my Bybel in haar hand en sit regop op die bed. Alhaar buikpyne is weg, die steekpyne in haar liggaam het alles verdwyn. Ons bid saam en dank die Here vir die groot verlossing wat oor haar lewe gekom het.

Die volgende môre, vroeg die Sondagoggend, besluit ek nog voordat ek kerk toe gaan, wil ek net gou ʼn besoek aan Marie bring by die hospitaal.

Toe ek in die kamer instap en sy my sien, verwelkom sy my met ʼn breë glimlag. “En toe, voel jy vandag beter?” vra ek.

“Baie beter, en dankie vir gister, Pastoor,” sê sy. Ek deel haar mee dat sy beset was deur baie demone, maar nou totaal

bevry is en dat Jesus nou in haar hart woon en sy hulle dus nie langer hoef te vrees nie.

Dit is toe dat ek my nuuskierigheid nie langer kon wegsteek nie. “Marie, sê vir my,” vra ek, “wie is jy en waar kom jy vandaan?”

Haar antwoord was ek nooit te wagte nie. “Ek kom van Krugersdorp (Gauteng). My pa is ʼn priester vir Satan.

Hy is ʼn Satanis. Hy het vir my katbloed wat hy aan Satan geoffer het, gegee om te drink. Ons word die hande opgelê om demone te ontvang. Ek kom uit Satanisme,” vertel sy my. Dit is toe dat die vorige dag se gebeure en geweldig intense geestelike stryd vir my sin maak.

Hierdie jong vrou, Marie, was heeltyd die dogter van ʼn toegewyde priester in Satanistiese kringe.

Die stryd wat ons stry, kan soms geweldig intens wees in die geesteswêreld. Staan daar dan nie geskrywe nie: “Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.” (Ef. 6:10-12.)

Die een ding wat vir my uitstaan deur die gebeure daardie Saterdagmiddag in die Dr. Zuurdeeg-hospitaal, is dat die krag wat daar in die naam van Jesus Christus is, sterker is as enige demoon of bose gees. In sy Naam, die Naam van Jesus, sal ons wanneer nodig, duiwels (demone) uitdryf. (Mark. 16:16-17.)

Page 75: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Toets my, Here, en beproef my, keur my niere en my hart.

Psalm 26:2

Page 76: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 77: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

67

Hoofstuk 11

Op die proef gestel

n elke gelowige se lewe breek die dag aan wanneer die Here jou geloof of jou toewyding aan Hom op die proef sal stel. Daardie toets gaan deurslaggewend wees om te bepaal wat vir jou werklik die belangrikste

in die lewe is en waar jou lojaliteit werklik lê. Die Here toets en beproef die harte van sy kinders.

Abraham is vir ons ʼn tekenende voorbeeld van wanneer die Here God sy kind op die proef stel. Die toets het eers gekom jare nadat Abraham met God begin wandel het, lank nadat hy die beloftes en verbond by die Here ontvang het. Ons leer in die Skrif: “Ná hierdie dinge het God Abraham op die proef gestel en aan hom gesê: Abraham! En hy antwoord: Hier is ek! Toe sê Hy: Neem jou seun, jou enigste wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moria en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys.” (Gen. 22:1-2.)

Abraham het hom gereedgemaak en gedoen soos die Here hom beveel het. Net voordat Abraham sy seun offer, sou die Here hom verhinder om dit te doen en het die Here ʼn ram voorsien as brandoffer in die plek van sy seun. God was tevrede deur Abraham se absolute toewyding. “Toe roep die Engel van die Here vir die tweede keer na Abraham van die hemel af en sê: Ek sweer by Myself, spreek die Here, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie, dat Ek jou ryklik sal seën . . .” (Gen. 22:15-17).

Die dag sou aanbreek waar ek ook op die proef gestel word. Het ek

I

Page 78: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

68

Hom waarlik lief bo alles en almal? Toe ek die nuus kry dat ek op die punt staan om my seun op vierjarige ouderdom te verloor, moes ek ook ʼn besluit neem of ek verder sal voortgaan in die bediening. Dit was die grootste krisis in my lewe.

Daar in afsondering alleen op die plaas buite Frankfort soek ek ernstig die aangesig van die Here in gebed. Dit was dag vier in my tyd van afsondering. Vroegoggend stap ek ver die vlaktes in op die plaas en daar in die stilte van die natuur en alleenheid sak ek neer op my knieë in die stof. Ek roep die Here aan in verootmoediging met trane wat oor my wange vloei . . .

Ek is op die punt waar ek alles wat vir my kosbaar is, gaan verloor. My hart is gebroke, bitterlik ween ek en bid in die eensaamheid waar geen mens my kan sien nie. Dit is toe dat ek bid: “Lord, my God, though you slay me, I will always love you, and serve you. Even if you take my son and ministry away from me, I will still love you and serve you all the days of my life.”

Terwyl ek my hart voor Hom uitstort, hoor ek sy stem duidelik en direk tot my spreek, dit beveel my: “Staan op jou voete!” Uit die stof van die aarde staan ek op . . . “Kyk op,” beveel die Here my. Toe ek na die hemel opkyk, sien ek die blou hemelkoepel bokant my en sien ek die maan, vol en helder soos hy soms sy verskyning maak in die middel van die dag. Die stem van die Here spreek hoorbaar tot my: “Soos die oog van die maan nou op jou skyn, sal my oog elke nag van jou lewe op jou wees.” Terwyl ek in verwondering staan, voel ek die warm, laat oggendson op my rug skyn. “Draai om en kyk op,” beveel die stem my. “Soos die oog van die son nou op jou skyn, sal my oog elke dag van jou lewe op jou wees,” spreek die Here tot my.

Dit was so ʼn ontsagwekkende ervaring en ontmoeting met God, dat Hy my trane gesien het, my smekinge en gebede gehoor het, en my geantwoord het. My siel juig vol verwondering voor Hom dat Hy met my bemoeienis gemaak het en hierdie twee wonderlike beloftes aan my gegee het. So seker as wat die oog van die maan en die son op my skyn, so sal sy oog elke nag en elke dag van my lewe op my rus. Wat ʼn kosbare belofte!

Sekerlik, die Here het my seun vir my gespaar en teruggegee net soos Hy aan Abraham gedoen het. Die Here God is in staat as Hy so wil om

Page 79: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

69

nadat ons iets aan Hom geoffer het, dit vir ons terug te gee as Hy sou verkies om dit te doen.

Twee weke later sou ʼn dierbare, bejaarde, toegewyde vrou in die gemeente my vertel van ʼn droom wat sy in dieselfde tyd oor my gehad hetSy het soos volg gedroom: Sy sien my alleen by die kerk se deur instap, deur die ingangsportaal stap ek tot by die agterste banke van die kerk waar ek tot stilstand kom. Daar is niemand anders in die kerk nie. Dit is toe dat sy opmerk voor in die kerk staan ʼn groot weegskaal. Met haar aandag gevestig op die besondere skaal, hoor sy die Here spreek tot die engel wat daarnaas staan. “Neem hom en plaas hom op die weegskaal.” Die engel tel my toe op en plaas my op die skaal. ’n Oomblik is daar stilte en toe spreek die Here ʼn tweede maal: “Neem hom van die skaal af en laat hom weggaan, hy is geweeg en nie te lig bevind nie.”

Ek het onmiddellik geweet die Here het aan haar sy wil vir my lewe geopenbaar. Dit is sy wil dat ek in die bediening sal voortgaan. Daar is sedert daardie dag nooit weer twyfel in my hart oor die feit dat Hy my geroep en vir die bediening afgesonder het nie.

Elke dag van my lewe wanneer ek opkyk en ek sien die maan en die son tegelykertyd saam in die hemelruim skyn, word ek opnuut herinner aan sy beloftes wat Hy trou hou. Hoewel jare verbygegaan het sedert my ervaring daar op die plaas, word ek steeds voortdurend daaraan herinner aan die kosbare gebeure toe Hy my op die proef gestel en my hart getoets het. God is ʼn jaloerse God en eis dat ons Hom liewer sal hê as enigiemand of enigiets anders. Ook sal die Here nie huiwer om ons op die proef te stelen ons aan ʼn toets te onderwerp nie.

Page 80: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 81: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

ʼn Groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is

baie teëstanders.

1 Korinthiërs 16:9

Page 82: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 83: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

73

Hoofstuk 12

ʼn Ontmoeting met God

k het dit aanvanklik nie verstaan nie. Toe die Gees van die Here tydens my gebedstyd hierdie woord in die Bybel na my toe bring, het ek nie begryp of die vaagste benul gehad waarnatoe die Here

met my op pad was nie. “Want ʼn groot en kragtige deur het vir my oopgegaan, en daar is baie teëstanders.” (1 Kor. 16:9.)

Omdat ek geweet het dat dit die Here is wat met my spreek, het ek dit nie bevraagteken nie. Hoewel ek nie die implikasies begryp het wat dit vir my sou inhou nie, het ek nogtans die woord in my hart bewaar. Maande het verbygegaan tot daardie wonderlike oggend vroeg in September.

Ek het douvoordag, om presies te wees 05:00, by die kerk se deur ingestap na my gebruiklike bidplek. Ek het gehoor hoe een ander persoon reeds besig was om te bid, ek het geweet, Pieter was voor my by die kerk. Soms het hy saam met my tyd in gebed kom deurbring. Vanoggend is een van daardie dae.

Ek sak neer op my bidplek om te bid en op daardie selfde oomblik kom die Gees van God oor my. ʼn Verrukking van sinne kom oor my terwyl ek in die Here se teenwoordigheid opgeneem word. Toe ek tot verhaal kom, sou dit veertig minute later wees. Terwyl lofprysing en aanbidding oor my lippe vloei en die heerlikheid van die Here oor my is, sou ek oor en oor bely: “Ek sal doen wat U van my vra, ek sal fietse gee aan die predikers in Afrika om die evangelie te bespoedig, Wiele vir God se Woord.”

E

Page 84: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

74

Daardie oggend op 5 September 1995 om 05:00 is Wiele vir God seWoord in my hart gebore. Die Here se opdrag aan my om fietse in Afrika vir predikers beskikbaar te stel om die evangelie van Jesus Christus vinnig oor die vasteland van Afrika te neem, het my nie met ʼn keuse gelaat nie, dit was ʼn opdrag.

In my onmiddellike gehoorsaamheid aan die opdrag sou ʼn groot en kragtige deur vir my in Afrika oopgaan.

Ure ná my ontmoeting met God sou ek daardie selfde dag ʼn man ontmoet uit die Demokratiese Republiek van die Kongo (Zaïre). Hy was op uitnodiging in Kaapstad. Sy naam is dr. Dia Diafwila Daniel Mbwangi, eens die regterhand van Dick Eastman van Every Home for Christ (voorheen World Literature Crusade).

Dr. Dia het onder die pigmeë in die reënwoude van die Kongo gewerk. Sy beste man in die ooste van die Kongo (Kivu-streek) was Kambale Masumbuko. Kambale, ʼn Kongolees, is uitverkoop aan die Here om die Here se werk onder die pigmeë te bevorder.

ʼn Paar maande ná my ontmoeting met Dia ontvang ek ʼn uitnodiging na die Kongo om in die Ooste van die Kongo (Noord-Kivu) evangelisasiedienste te kom hou onder die pigmeë. In dié stadium het ek reeds twee besendings fietse met vragvliegtuie na die Kongo gestuur vir predikers onder dr. Dia se bediening. Ek het die uitnodiging om self na die reënwoude in Afrika te gaan, aanvaar in die hoop en met die vertroue dat die Here my sal lei deur die groot, kragtige deur wat Hy vir my geopen het.

Ons het die Kongo deurkruis van Kinshasha af na Kananga, Mbuji-Mayi, Goma. Van daar na Butembo en Beni. Daar in die bosse buite Beni op ʼn oop stuk veld tussen die bome sou duisende mense saamtrek om te hoor hoe ek vier dae lank elke dag die Woord bedien. Meer as tweeduisend pigmeë het uit die reënwoud gekom. Van die Kongolese self was daar meer as agtduisend. Baie mense het in daardie tyd tot bekering gekom.

Op versoek van een van die manne wat ek saam met my geneem het, pastoor Ferdie Warwick, ʼn dierbare broeder in die bediening, het ons een “Hart van die Mens”-kaart saamgeneem vir evangelisasie. Ons oorhandig die hart-kaart aan een van die Kongolese evangeliste en neem hom na ʼn nabygeleë nedersetting. Terwyl hy in die taal Lingala die Woord bedien

Page 85: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

75

met die hart-kaart, het dit ons harte aangegryp om te sien hoe mense aandagtig na die evangelie luister terwyl hulle deur middel van die hart-kaarte die evangelie visueel sien. Tydens die uitnodiging het ʼn hele groep mense hulle tot die Here bekeer.

Soggens sou ons op motorfietse die reënwoud ingaan om die lewenstoestande van die pigmeë te wete te kom. Dit was algaande baie duidelik vir ons dat fietse aan predikers om die evangelie die woude in te neem en dan die hart-kaarte te gebruik om verbaal en visueel die evangelie oor te dra, ’n wonderlike, doeltreffende impak sou hê. Nie net op die predikers self nie, maar ook op die mense in verafgeleë plekke. Sommige van die mense wat na die dienste gekom het, het vier dae lank deur die woude geloop!

Nooit weer sou my lewe dieselfde wees nie, nie ná wat ek gehoor, gesien en beleef het in die reënwoude van Afrika nie. Die Here het vir ons ʼn groot, kragtige en Goddelike deur geopen vir die mense van Afrika.

Aan die tuisfront terug in Suid-Afrika sou weerstand by sekere leiersfigure opbou as gevolg van die nuwe sendingvisie wat posgevat het. Ek onthou die woorde van die Here uit 1 Korinthiërs 16:9: “ . . . en daar is baie teëstanders.” Duidelik kan ek sien wat besig is om te gebeur: Daar is sekere mense wat geen visie het vir die redding van siele onder ander bevolkingsgroepe nie. Hulle is blind vir die Here se saak, ook vir Jesus se woorde in Matthéüs 28:19: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie.” Vir hulle bestaan dit nie.

Een aand, terwyl ons die fietse herstel vir die volgende besending om op te vlieg in Afrika, sou ek ʼn baie noue ontkoming beleef. Pieter en George het die fietse gereed gekry vir verpakking en ek het ʼn vinnige besoek gebring om te kyk of alles in orde is. Ons was op die grondvlak van die kerkgebou by een van die pakkamers besig. Toe ek op pad na my motor was, onthou ek eensklaps iets wat ek met Pieter wil deel. Met dié dat ek omdraai, sien ek motorruite stukkend bars, iets pluk aan my hemp voor by my kraag en ek hoor tegelykertyd ʼn harde geweerskoot en die gesing van ʼn koeël wat van die teeroppervlak opslaan. Die besef dring tot my deur: Iemand het op my geskiet en omdat ek omgedraai het en voor ʼn motor inbeweeg het, het die koeël my rakelings gemis. Die Here se hand was op my om my te beskerm.

Page 86: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

76

Ek was vasbeslote dat ek nie daardeur beïnvloed sou word en die werk in Afrika sou staak nie. Ons het voortgegaan om fietse en hart-kaarte in Afrika te versprei. Later sou ons ook begin motorfietse aankoop vir leiers in sekere lande.

Die werk gaan steeds voort deur die Here se genade. Die Kongo sou die eerste land wees, daarna sou volg die Ivoorkus, Togo, Benin, Nigerië, Kameroen, Angola, Zambië, Malawi, Zimbabwe, Namibië, Botswana, Swaziland, Lesotho, Madagaskar, Mosambiek, Suid-Afrika, Tanzanië, Burundi, Kenia, Uganda, Tsjad, die Soedan, die Sentraal-Afrikaanse Republiek en Ethiopië.

Ek sou deur al hierdie lande reis en predikers gedurende ʼn paar dae lange konferensie opleiding gee, teoreties en prakties met die hart-kaart, en die predikers toerus met fietse.

Meer as twaalfduisend driehonderd predikers en kerkleiers is die afgelope vyftien jaar elk met hart-kaart-toerusting opgelei. Duisende het fietse ontvang om hul werk soveel makliker te maak en gebiede te bereik in verafgeleë dele in hul onderskeie lande.

Tienduisende mense oor Afrika het tot bekering gekom het as gevolg van hierdie inisiatief, Wheels for God’s Word en Word on Wheels. Vandag is Wheels ʼn kragtige instrument in God se hande wat ʼn gemeente totaal verander het van ʼn middelmatige gemeente na een wat ʼn lewenskragtige visie het vir die redding van siele, spesifiek op die vasteland van Afrika en omringende eilande.

Wheels se werksaamhede strek nou in nie minder nie as agt-en-twintig lande. Voorwaar ʼn geopende deur . . . Soli Deo Gloria – aan God alleen die eer. Ons is onverdienstelike diensknegte wat maar net gedoen het wat ons beveel is om te doen.

Wheels for God’s Word se webbladsy met kosbare, lewensveranderende getuienisse oor Afrika, en meer inligting, is: www.wheelsforgod.org.za

Page 87: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Want hoeveel beloftes van God daar ook mag wees, in

Hom is hulle ja en in Hom amen, tot heerlikheid van God

deur ons.

2 Korinthiërs 1:20

Page 88: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 89: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

79

Hoofstuk 13

Beloftes van God

it was Desembermaand. Ons somervakansie het pas aangebreek. Amanda, ek en die twee dogters is opgewonde om in Hartenbos – geleë in die Tuinroete, Suid-Kaap – ʼn bietjie by die see te gaan

uitspan. Die chalet waarin ons tuisgaan, kyk uit oor die meer waar dit uitmond in die see, ons het vir tien dae bespreek.

Ek het nie geweet wat ’n kragtige ontmoeting ek met die Gees van die Here daar sou hê nie.

Ek word die derde oggend in my bed wakker met ʼn onsigbare krag wat my fisiek regop laat sit, terwyl ek woord vir woord hardop herhaal soos die Gees tot my spreek. Dit is asof ek geen beheer daaroor het nie terwyl die Gees in my spreek; helder en duidelik herhaal ek woordeliks wat ek hoor Hy sê.

Soos die krag van die Here my oplig uit my slaap, spreek ek terwyl ek wakker word die woorde: “When the promises of God are fulfilled in your life, do not forget the goodness of your God.”

Luid spreek ek die woorde soos die Gees dit aan my gee om uit te spreek. Onmiddellik besef ek die Here spreek tot my op so ʼn kragtige wyse dat ek die woorde nie mag vergeet nie. Weer herhaal ek: “When the promises of God are fulfilled in your life, do not forget the goodness of your God.”

Ek spring op uit die bed en gaan na die oopplan-sitkamer en kombuis-area en maak my tas met al my Bybelstudie-materiaal oop, gryp ʼn

D

Page 90: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

80

skryfblok en pen en skryf dié woorde neer: “When the promises of God are fulfilled in your life, do not forget the goodness of your God.”

Later die oggend sou ek die ervaring met my familie deel waar ons saam bid en die Here dank vir al die beloftes wat waar geword het in ons lewe, beloftes wat Hy deur die jare aan ons gegee het wat vervul is.

Dit is toe dat ek leer om met nuwe oë te kyk na die Here se beloftes. Die Here soek by sy kinders erkenning en ʼn diepe dankbaarheid wanneer Hy wat Hy gespreek het, tot vervulling bring. Nooit mag ons God se beloftes en die vervulling daarvan ligtelik opneem nie. Ons word beveel om Hom voortdurend in herinnering te bring en Hom te dank vir elke belofte wat waar geword het in ons lewe.

Ek sou ook leer uit die ervaring dat die Here ons waarsku om nie sy goedheid te vergeet nie. Wanneer dit baie goed gaan en alles voorspoedig verloop, is die versoeking daar om so opgeneem te word in al die goeie dinge, dat die gevaar bestaan dat die Here God en sy goedheid vergeet word.

Het Moses dan nie die volk gemaan met hierdie woorde nie: “Erken dan in jou hart dat die Here jou God jou onderrig soos ʼn man sy seun onderrig, en hou die gebooie van die Here jou God om in sy weë te wandel en Hom te vrees. Neem jou dan in ag dat jy die Here jou God nie vergeet . . . sodat jy nie miskien eet en versadig word nie en mooi huise bou en bewoon, en jou beeste en jou kleinvee vermeerder en jou silwer en goud vermeerder, ja, alles wat jy het, vermeerder – en jou hart hom dan verhef, dat jy die Here jou God vergeet . . .” (Deut. 8:5,11-14.)

ʼn Dankbare hart wat God voortdurend loof en prys vir sy goedheid is ʼn welaangename offer vir die Here. “When the promises of God are fulfilled in your life, do not forget the goodness of your God.”

Page 91: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

As ek aan U dink op my bed, in die nagwake oor U peins.

Want U was ʼn hulp vir my, en in die skaduwee van u

vleuels sal ek jubel.

Psalm 63:7-8

Page 92: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 93: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

83

Hoofstuk 14

Neem my huis toe, Here

ie sandstorm in die suide van die Soedan los ʼn permanente stoflaag in die lug. Die son is rooi gekleur in die oggend met sonop, in die middel van die dag, en wanneer die son saans sak.

Dit is dag 10 in die dorpie Yei vir my. Dit is in die vroeë oggendure van Maandag. Vroegoggend word ek wakker in my modderhut. Die lug is bedompig en warm met die reuk van stof wat in die lug hang. Ek hoor manstemme wat begin harmoniseer en dan saggies saamsing. Ek kruip tot in die deur van my hut en sien in die donker die silhoeëtte van die manne wat regop sit en wieg terwyl hulle steeds saggies sing. Dit is nog donker, ek skat omtrent vieruur. Hul samesang is roerend, en toe begin hulle bid in hul taal Dinka. Ek verstaan nie die taal nie, maar duidelik hoor ek hoe hulle my naam noem. Dit laat my baie nederig voel. Hier is die Soedanse predikers. Om my modderhut slaap hulle snags om my veiligheid te verseker. Dan, voor dagbreek, begin hulle sing en dan noem hulle my naam in hul gebed.

Terwyl ek in my nederige bed terugklim, dink ek oor die afgelope dae in die Soedan. Die konferensie en opleiding wat ek met die Soedanse predikers gehad het, is verby. In die praktiese deel van hul opleiding het hulle baie siele vir die Here gewen. Mense is wonderbaarlik bevry van demoniese magte en kragdadige verlossings het plaasgevind. Die sendinguitreik is verby, maar die vliegtuig wat my kom haal, sal eers oor twee dae in Yei wees. Al wat dus vir my oorbly, is wag . . .

D

Page 94: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

84

Ek lê daar op my bed dankbaar teenoor die Here vir alles wat bereikis. My siel binne my is ontroer deur hierdie manne buite my hut wat vir my bid en die Here dank vir my koms na die Soedan. Noudat die opleiding verby is en almal hul fietse, Bybels en hart-kaarte het, het ek die begeerte in my om terug te gaan na my familie en gemeente. Dit is toe dat ek bid en vir die Here vra: “Please take me home, Lord.”

Op daardie selfde oomblik antwoord die Gees my en sê: “Pak jou tas en gaan na die vliegveld.”

My eerste reaksie is, maar daar is nie ʼn vliegtuig wat vandag kom nie. Toe die dag breek en ek kan sien, laat roep ek vir pastoor John, ʼn

Soedannees. John was baie verbaas om te verneem ek wil na die vliegveld toe gaan. Hy weet die vliegtuig kom nie vandag nie. Op my aandrang besluit hy toe om my behulpsaam te wees. Die stap na die dorpie is kilometers ver in die vroeë oggendson. Daar haal ons ʼn taxi wat ons na die vliegveld neem, sowat ʼn halfuur se ry van waar ek in die bosse gebly het.

Die vliegveld word deur soldate bewaak. Daar is ʼn klein geboutjie met twee vertrekke op die punt van die grondaanloopbaan. Ons stap die geboutjie binne en sien op die kennisgewingbord dat Eagle Air uit Uganda nie vandag sal arriveer nie. “Net soos ek vir jou gesê het,” sê John.

Op daardie oomblik hoor ek die motore van ʼn klein vliegtuig. Dié vlieg eers laag oor die vliegveld om te sien of daar nie mense of diere op die grondaanloopbaan is nie. Toe hy land, ry ʼn Jeep met twee groot 44 galon dromme na die vliegtuig met brandstof om te hervul. Die vlieënier stap na die geboutjie en maak ʼn aantekening in ʼn logboek. Met dié dat hy verby my stap wat daar in die sand langs die geboutjie staan, groet ek hom en vra of ek ʼn geleentheid kan kry om saam te vlieg. Ek verneem toe dit is ʼn huurvlug, wat beteken iemand anders het die vliegtuig bespreek en ek kan dus nie saamvlieg nie.

“Kaptein, my werk is klaar hier in die Soedan en ek wil terug huis toe, laat my asseblief saamvlieg. Die besluit berus by jou, want jy is die vlieënier van dié vliegtuig,” sê ek vir hom.

“Waarheen gaan jy?” vra hy my. “My eerste stop is Entebbe, Uganda,” sê ek. “Dit is presies waarheen ek vlieg,” sê hy, “welkom aan boord.” Tot die stomme verbasing van John is ek minute later in die lug.

Page 95: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

85

Omdat dit ʼn klein vliegtuig is, moes ons hervul op Arua, in die noordweste van Uganda. By my aankoms in Entebbe is ek dadelik na dieKenia-lugredery se kantoor. Op my vraag of daar ʼn vlug is wat vertrek na Nairobi, waar ek ʼn aansluitingsvlug wil haal na Johannesburg, Suid-Afrika, en van daar weer ʼn aansluitingsvlug na Kaapstad, is ek gevra om te sit en wag.

Minute later word ek geroep na die kantoor. Dit is toe dat ek hoor my vlug na Nairobi vertrek oor veertig minute. Boonop is al die aansluitingsvlugte bevestig.

Tien voor twaalf die Maandagaand land ek op die Kaapstadse lughawe. Ek staan op die Kaapstad-lughawe en dink: Vanoggend vieruur het ek in die stof in ʼn modderhut in die Soedan gelê en hoor hoe sing en bid daardie toegewyde Godsmanne. Daar het ek gebid en die Here gevra om my huis toe te neem . . .

ʼn Halfuur ná middernag klim ek in my bed met die besef en wete: Die Here kan enigiets doen, by God is alle dinge moontlik. Hy het selfs ʼn vliegtuig voorsien waar daar nie een was nie! Is dit nie so dat ons baiekeer nie het omdat ons nie vra nie? By ons Hemelse Vader gaan niks ongemerk verby nie. Selfs nie ʼn gebed ver van die beskawing in ʼn modderhut nie.

Daar is ook ʼn ander huis, ʼn kosbare tuiste waarheen die Here ons sal neem op die geleë tyd. “In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.” (Joh. 14:2-3.) Nou, dit is om huis toe te gaan!

Elke gelowige kyk uit na daardie heuglike en heerlike dag wanneer ons na ons hemelse tuiste sal gaan.

Page 96: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 97: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Soos ʼn hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na

U, o God! My siel dors na God, na die lewende God;

wanneer sal ek ingaan en voor die aangesig van God

verskyn?

Psalm 42:1-2

Page 98: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 99: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

89

Hoofstuk 15

My afspraak met God

oe ek my een-en-twintig dae lange vas begin het, was die bedoeling om uit liefde vir Hom my geheel en al aan Hom te wy sodat Hy iets in my kan doen wat Hom behaag. Ek het ʼn honger in my vir net

Hom alleen. Iemand het eendag geskrywe: “Iets is nie die moeite werd om voor te lewe as dit nie dit werd is om voor te sterwe nie.”

Ek weet uit ervaring: “God responds to sacrifice.” Jakob was ook honger, hy het dan die pot lensiesop vir homself gemaak. Maar deur daardie een ete op te offer, het hy die eersgeboortereg vir homself verkry. So ʼn klein opoffering het vir hom later daartoe gelei dat selfs sy naam verander sou word na “Israel”. Dit hoef nie altyd ʼn lang vas te wees nie. Soms net een dag, soms net een ete!

Daar kom ʼn tyd wanneer ’n mens nêrens kan gaan behalwe na die arms van God nie. ʼn Gebroke hart vind ʼn plek by God. Die Here antwoord opregte gebed, Hy kan die regte persoon of die regte inligting op die regte tyd stuur.

Dit was in die tyd terwyl ek die Here se aangesig gesoek het dat ek opnuut besef het soos geskrywe is, Hy is in die hemel en jy op die aarde, daarom moet jou woorde min wees voor die aangesig van die Here.

Om Hom lief te hê met jou hele hart en hele siel en hele verstand en al jou krag, is die grootste gebod.

Om Hom te vrees sal wysheid, verstand, kennis, oorleg, lewe en vrede tot in lengte van dae vir jou beteken.

T

Page 100: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

90

Om Hom te eer met jou lewe en uit jou inkomste sal vir jouvoorspoed en seëninge bring, want God is getrou. By Hom is verstand en kennis. Ook is oorleg en wysheid by Hom te verkry. By Hom is raad en sterkte. Hy verlos uit alle benoudheid, want Hy gee raad vir die radelose, krag vir die kragtelose en moed vir die moedelose. By Hom is insig en skranderheid by uitnemendheid. Hy is algenoegsaam.

Wie die Here gevind het, het niks meer nodig nie. Hy vervul alle behoeftes en begeertes. Hy maak vry van die druk en eise van die lewe. Wie Hom leer ken het, het die vreugde van die lewe gevind, ook die ewige lewe. Lewensvreugde is in Hom opgesluit. Wie Hom gevind het, het gevind die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat uit die mond van God uitgaan.

Die mens wat Hom opsoek, sal ook vind die Here God is nie haastig nie. Daar is ʼn tyd vir alle dinge. Sy handelinge met ʼn mens is nie altyd verstaanbaar nie. Waarom? Want God se weë is hoër as ons weë, soos die hemel hoër as die aarde is. Daarom kan ons nie alles begryp wat die Here met ons doen nie.

Geloof, dan, is dít wat oorbly. Geloof, hoop en liefde. Geloof dat Hy die beste weet; hoop, want dit gee ʼn hoopvolle toekoms – die beste lê nog voor, daarom gee hoop geduld. Liefde is die versekering dat alles ten goede meewerk vir diegene wat Hom liefhet. Al verstaan en begryp ons nie in ons eie beperktheid van menslike verstand en insig nie, bly daar vir ons oor geloof, hoop en liefde, waarvan liefde die grootste is.

Hierdie drie ankers in die lewe is deur God daargestel om die mens wat Hy liefhet, deur die lewe te lei. God doen dit deur sy Gees; hoe dit werk, weet ons nie; dat dit werk, sien ons elke dag in ons eie lewe.

Daarom is dit ʼn waar woord: “Ken Hom in al jou weë en Hy sal jou paaie gelykmaak. Verlustig jou in Hom en Hy sal jou gee die begeertes van jou hart.” Selfs wat jy nie begeer het nie, sal Hy aan jou gee, want sy goedertierenheid is tot in alle ewigheid.

Al hierdie woorde vloei uit my pen terwyl ek in die laaste dae van my een-en-twintig dae lange vas is . . .

As God jou hoogste goed is, sal jy uitvind hoe goed God is. Geseënd is die man en vrou wat op die Here vertrou, uit al jou

benoudheid verlos Hy jou.

Page 101: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

91

As jy Hom met jou hele hart soek, sal jy vind Hy sal vir jou ʼn seën agterlaat.

Wie Hom erken, sal vind Hy word deur God geken. Wie Hom eer, sal vind God is sy eer. Wie Hom met ʼn onverdeelde hart soek, sal vind dat God hom

opsoek. Wie by Hom bly, sal vind God maak Hom bly. Die een-en-twintig dae van vas en gebed (my afspraak) het tot ʼn einde

gekom, die Here openbaar sy heerlikheid aan ʼn mens op baie verskillende maniere.

Een van die dinge wat in dié tyd na my toe gekom het, was Paulus se woorde in Filippense 1:29: “Omdat dit aan julle ter wille van Christus genadiglik gegee is om nie alleen in Hom te glo nie, maar ook vir Hom te ly.” Paulus het dit dus as ʼn voorreg geag om vir Christus te ly. Die menslike natuur reken dit nie van nature dat lyding ʼn voorreg is nie. Tog leer Paulus en Petrus ons dat as ons ly, terwyl ons Jesus Christus getrou verteenwoordig, sal die boodskap wat ons verkondig en die voorbeeld van ons Christenskap ten goede ʼn uitwerking hê op onsself, en ander wat ons sien en hoor. “Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly.”

Deur lyding bereik die Here in sy kind se lewe dié voordele in hul geestelike lewe: Lyding neem ons oë weg van aardse gemak. Ook word die geloof van hulle wat ly, versterk. Lyding skei die ware gelowiges van valse gelowiges en dien ook as ʼn voorbeeld vir ander om te volg.

Ons het nodig om onsself te herinner aan die feit dat wanneer ons vir ons geloof in Jesus Christus ly, beteken dit nie dat ons iets verkeerds gedoen het nie. Eintlik word deur lyding die teenoorgestelde bewys – lyding bevestig dat ons getrou is! Dit bou en bevestig ons karakter in Jesus Christus onse Here.

Die Woord van God beveel ons, alleenlik, gedra julle waardig volgens die evangelie van Christus. Maar wanneer iemand as ʼn Christen ly, moet hy hom nie skaam nie, maar God verheerlik in hierdie opsig. Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ʼn voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg. Amen.

Page 102: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 103: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Want die Heilige Gees en ons het besluit…

Handelinge 15:28

Page 104: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 105: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

95

Hoofstuk 16

ʼn Woord van wysheid

oos in die geval van die gawe van ʼn woord van kennis, sien ons in 1 Korinthiërs 12:8 “aan die een word deur die Gees ʼn woord van wysheid gegee”. Hierdie gawe – net soos in die geval van ʼn woord

van kennis – is ʼn openbaringsgawe. In die geval van ʼn woord van wysheid is dit ʼn openbaring van ʼn deeltjie van God se alwysheid. Die openbaring van God se alwysheid rakende sy doel met plekke, dinge, omstandighede en persone in die toekoms.

Deur die gawe van ʼn woord van wysheid sien ons die bonatuurlike openbaring deur die Heilige Gees aan die menslike verstand van God se gedagtes, voornemens, wil en doel aangaande plekke, dinge, persone en nasies in die toekoms. Die gawe dien as ʼn middel tot waarskuwing (Gen. 6:13-22); God se plan (Gen. 41:16,28-41); en as middel tot versekering (Hand. 27:22-24). Die gawe manifesteer op die terrein van dit wat in die toekoms is. Ons sê ons het wysheid nodig om te weet wat ons moet doen of wat ons te doen staan.

Die aangeleentheid wat voor my gedien het, was ʼn netelige en tog baie ernstige saak. Dit het gehandel oor twee persone wat om kerklidmaatskap aansoek gedoen het. Hul bona fides was in orde, daar was op die oog af niks fout met hul aansoek nie, konstitusioneel voldoen hulle aan al die vereistes om lidmaat van die gemeente te word. Nietemin was daar ʼn probleem. Potensieel kon dit ʼn plofbare situasie word.

Die twee persone was anderskleuriges, en dit was in die dae net voordat die apartheidswetgewing weggedoen is. Vir die eerste keer in die

S

Page 106: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

96

gemeente se moderne geskiedenis moes ʼn besluit geneem word oor lidmaatskap van anderskleuriges. Daar was nie ʼn probleem daarmee dat hulle die gemeentelike samekomste mag bywoon nie – dit het hulle getrou gedoen – die saak ter tafel was wel of hulle lidmaatskap van die gemeente mag opneem en ten volle gelyke regte as lidmate ontvang. Vandag is dit nie meer ʼn kwessie nie, maar in die dae voor die afskaffing van apartheid was dit ʼn groot saak.

Die vergadering is vir die betrokke Maandagaand gereël. Ons was altesaam sewentien manne in die kerkraad. As herder van die gemeente is ek die voorsitter van dié raad. Ek het uit ervaring geweet dat manne van verskillende politieke sieninge en oortuigings in die kerkraad dien. Sommige van hulle het baie sterk oortuigings gehad wat glad nie die saak op die tafel tot voordeel sou strek nie. Ek het ook intuïtief aangevoel hierdie kon ʼn waterskeidingsmoment in die gemeente wees. Die aansoek wat ter tafel gelê is, het ek een honderd persent ondersteun met my hele hart, maar daar is ander wat beslis die teenoorgestelde gevoelens gehad het.

Die Vrydagoggend, vier dae voor die vergadering, het ek vroegoggend in die kerk gaan bid. Terwyl ek die erns van die saak in gebed na die Here toe neem en my hart verootmoedig voor Hom vir wysheid en leiding, kom die Gees van die Here oor my. Op daardie moment ontvang ek ʼn woord van die Here wat ek geweet het die hele saak gaan swaai in die Here se guns. Dit gaan vir daardie twee vroue die deur wawyd oopmaak om ten volle lidmaatskap in die gemeente te ontvang. Ek het daardie oggend die Here geloof en geprys met my hele hart, wetende die oorwinning is reeds behaal. Die Here in sy groot genade het vir my ʼn woord gegee, ʼn woord van wysheid om tot die raad te spreek.

Die betrokke Maandagaand was die sitting van die volle raad; nie een ontbreek nie, almal is teenwoordig, al sewentien van ons. Toe die aangeleentheid van die aansoek om lidmaatskap vir bespreking voorgelê word voordat daaroor gestem word, rig ek my tot die tesourier en sê dat ek voordat ons enige bespreking van die saak toelaat en tot stemming sal oorgaan, eers aan hom ʼn vraag wil vra voor die hele raad. Toe vra ek die vraag wat die Here vir my gesê het ek moet vra. “Broer tesourier, sê vir my, gee daardie twee persone wie se aansoek om lidmaatskap voor ons

Page 107: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

97

dien enige finansiële bydraes aan die kerk, betaal hulle tiendes?” vra ek hom. Sy reaksie was heftig. Ja, hulle betaal, en nog meer, hulle albei gee meer as ʼn tiende van hul inkomste vir die werk van die Here. Hul toewyding strek verby dít wat van hulle verwag word. Terselfdertyd verklaar hy dat hy nie kan verstaan hoekom hulle soveel geld vir die gemeente gee nie!

Dit is toe dat ek hom rustig vra: “Broeder, wat het jy met hulle finansiële bydrae gedoen?” Sy antwoord was presies wat ek verwag het. Dit is in die gemeente se bankrekening inbetaal.

Met dié vra ek die derde vraag. “En wat het jy met die geld gedoen wat jy van hulle ontvang het en in die kerk se rekening inbetaal het?”

Sy antwoord was vanselfsprekend. Die gemeente se normale finansiële verpligtinge word na omgesien. Op daardie oomblik doen ek die verklaring: “Broeder, sê ons dus as ʼn raad dat hierdie twee mense se geld goed genoeg is, en ons ontvang dit met dankbaarheid om die kerkgebou se uitstaande skuld te vereffen, water en ligte te betaal, salarisse te betaal, maar hulle is nie goed genoeg om as volle lidmate in die gemeente opgeneem te word nie. Hul geld is goed genoeg, maar nie hulle nie? Is dit wat hier aangaan, en sal die Here daarmee tevrede wees?”

ʼn Doodse stilte daal neer op die raad van sewentien. Goed, sê ek, enige voorstel en sekondant dat ons hulle as lidmate aanvaar. Daar was ʼn onmiddellike reaksie. Sonder enige bespreking en behalwe met een stem nie uitgebring nie, is hulle as nuwe lidmate in die gemeente verwelkom.

Ná die besluit staan ʼn broeder op en sê: “Ek bedank uit die raad.” “Goed,” sê ek, “dien sommer jou bedanking skriftelik in voordat jy by

die deur uitstap en wie jou wil volg, is welkom.” Dit was die enigste bedanking uit die raad. Die gemeente sou ook ná

dié besluit nooit weer terugkyk nie. Die Here het die gemeente ná daardie dag geneem na ʼn sendingvisie, waar ons vandag sendingwerk bedryf in agt-en-twintig lande oor die vasteland van Afrika.

Wat ʼn groot terugslag vir die gemeente en koninkrykswerk van die Here kon wees, is verander in ʼn groot oorwinning vir die Naam en saak van die Here. Geen menslike wysheid en woorde van oorredingsvoormoë kon die besluit van die raad beïnvloed het nie. Dit is alleenlik aan die Here te danke dat Hy deur die gawe van ʼn woord van wysheid in die gemeente kon ingryp in mense se lewe om sy doel te bereik. Deo Gloria.

Page 108: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 109: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand

op my mond.

Job 39:37

Page 110: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 111: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

101

Hoofstuk 17

ʼn Woord van kennis

Woord van kennis is een van die nege gawes van die Heilige Gees soos geopenbaar in 1 Korinthiërs 12:8: “Want aan die een word deur die Gees ʼn woord van wysheid gegee, en aan die ander ʼn

woord van kennis vanweë dieselfde Gees.” Deur dié gawe van die Gees, “die woord van kennis”, openbaar die Here op ʼn bo-natuurlike wyse aan die menslike verstand enige deel van God se “alkennis”.

Hierdie gawe van die Gees openbaar die hede en die verlede, rakende plekke en gebeurtenisse, die bestaan, toestand en beweging van dinge en persone. Die gawe dien as middel tot waarskuwing (2 Kon. 6:8-12); inligting (2 Kon. 19:13-18); om verlore dinge en persone te vind (1 Sam. 9:15-20; 10:21-22); geheime sonde te openbaar (2 Kon. 5:20-25) en om ander se gedagtes te ken (1 Sam. 9:19).

Dit is nie ʼn permanente gawe wat deur die gelowige besit kan word nie, “maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is, al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil” (1 Kor. 12:7,11).

Gelowiges weet baiekeer nie eens wanneer die gawe in hul lewe opereer nie – nie dat dit die werking van die Gees sal verhinder om iets te openbaar of tot stand te bring nie. In my eie lewe sou ek baiekeer eers lank nadat die gawe gemanifesteer het, onthou of ontdek dat dit ʼn gawe van ʼn woord van kennis was, wat aktief was . . .

Ons het sopas klaar pluimbal gespeel en Doppies, die bankbestuurder op die dorp, groet my met dié woorde: “Pastoor Raymond, kan jy

ʼn

Page 112: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

102

môreoggend nege-uur by my kantoor wees? Ek moet jou sien.” Terwyl ekin my motor huis toe ry, flits baie dinge deur my gedagtes. Is die gemeente finansieel in die knyp? Het iets gebeur waarvan ek nie bewus is nie? Benodig ons dringend geld? Al die gedagtes maal deur my kop. Die gemeente het tog immers ʼn bankrekening by die bank waarvan Doppies my pluimbalmaat die bankbestuurder is.

Toe ek by die huis arriveer, het vrees my al so beetgepak dat ek nie kan slaap nie. Hoekom wil ʼn bankbestuurder my spreek? My slaap het heeltemal van my gewyk. Vinnig trek ek my klere weer aan en stap kerk toe in die donker; dit is tienuur in die aand. Ek val voor in die kerk neer en begin ernstig tot die Here roep. Ek pleit vir uitkoms, vir finansiële hulp en verligting vir die gemeente. Sal die Here dan nie genadig wees en ons help nie? Die hemel is stil, niks en niemand antwoord my nie.

Douvoordag die volgende môre was ek terug in die kerk. Wetende dat ek oor enkele ure die bankbestuurder moet gaan spreek, bid ek ernstig en vurig dat die Here finansieel sal ingryp en ʼn wonderwerk sal doen. Benoud bid ek vir uitkoms en voorsiening.

Terwyl ek my voor die Here verootmoedig en Hom aanroep, hoor ek sy stem tot my spreek: “My kind, hoekom gaan jy so tekere? Doppies wil nie geld by jou hê nie, hy wil vir jou geld gee. Sannie Smalberger van Tweelingskop wat in die gemeente is, het vir Doppies ʼn tjek gegee vir die gemeente om vir jou te gee. Hou op om so aan te gaan. Doppies vra nie geld by jou nie, hy gaan vir jou ʼn tjek gee met haar naam daarop, uitgemaak aan die gemeente.”

Ek was skoon uit die veld geslaan. Dadelik begin ek myself verwyt. Hoe kon ek toelaat dat vrees my sommer net so beetgepak het? Is God dan nie my Vader wat altyd sorg dra nie? Ek begin net daar die Here loof en dank, prys en aanbid. Daarna haas ek my terug huis toe om die goeie nuus met my vrou te deel.

Ek onthou in een van my laaie in die studeerkamer is ʼn inbetalingsboek van die gemeente. Die tesourier bly ver buite die dorp op ʼn plaas en het een van die inbetalingsboeke by my gelaat sodat ek hom soms behulpsaam kan wees as geld inbetaal moet word en hy nie beskikbaar is nie. Dié haal ek uit en neem saam met my om na die bank te neem.

Page 113: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

103

Nadat ons gegroet het en ʼn wyle gesels het, sê Doppies vir my: “Pastoor, ek het iets vir jou.” Met dié maak hy ʼn laai oop by sy lessenaar.“Doppies, wag,” sê ek vir hom. “Binne in die laai is ʼn koevert met ʼn tjek daarin. Sannie Smalberger van Tweelingskop het vir jou ʼn tjek gegee om vir my te gee vir die gemeente.”

Die bankbestuurder sit doodstil vir my en kyk en vra toe: “Hoe het jy geweet, aangesien sy die tjek hoogs vertroulik vir my gegee het?”

Ek antwoord hom toe: “Asseblief, Doppies, as iemand ooit weer vir jou ʼn tjek gee vir die gemeente, sê dit vir my – moenie as bankbestuurder sê ‘sien my asseblief môreoggend eerste ding by my kantoor nie’! Weet jy hoe benoud en bevrees was ek? Ek het die Here aangeroep in gebed totdat Hy my geantwoord het! Hy het vir my van die tjek vertel, dit is hoekom ek die kerk se inbetalingsboek (depositoboek) saamgebring het, sodat ek die tjek kan deponeer.”

Ek kon die verbasing en ongeloof op sy gesig sien toe ek die boek uithaal en die tjek by hom neem om by die kassiere te bank.

Die Here kan vir ons inligting gee oor ʼn saak waarvan ons niks weet nie deur die gawe van ʼn woord van kennis. In ons wandel met Hom kom daar tye wanneer Hy heerlik en wonderlik en kragdadig in ons lewe ingryp en sy heerlikheid openbaar. Deur die gawe van ʼn woord van kennis openbaar die Here die hede of verlede aan sy kind. Niks is te groot of te gering in die oë van die Here nie.

Page 114: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 115: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Leer ons om ons dae so te tel dat ons ʼn wyse hart mag

bekom!

Psalm 90:12

Page 116: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van
Page 117: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

107

Hoofstuk 18

Die glasfles met albasters

n my studeerkamer langs die Dawidsbeeld staan ʼn glasfles met albasters. Elke albaster verteenwoordig een week van my lewe in die bediening. Elke Saterdagmôre gaan ek vroegoggend in my

studeerkamer en neem ek een albaster uit die glasfles, wetende nog een week van my lewe op aarde is verby. Die groot vraag is: Het ek iets hierdie afgelope week gedoen wat ʼn wesenlike verskil in die koninkryk van God teweeg gebring het? Het ek waarde toegevoeg tot ʼn ander mens se lewe? Het ek gedoen wat die Here van my gevra het?

My roeping na die heeltydse bediening was vir my ʼn geweldige groot saak. Dit sou beteken dat ek my sekulêre werk moes prysgee en ten volle vir die res van my lewe elke dag die Here sou moes vertrou om vir my te sorg. Dit sou beteken ek moes my lewe gee vir die Woord en my elke dag wy aan die bestudering en verstaan van die Heilige Skrifte. God gee tog immers net sy Woord aan diegene wat hul lewe vir sy Woord gee. My besluit om aan die Here se roeping gehoorsaam te wees, sou my hele lewe in ʼn ander rigting stuur.

Ek het die koste bereken. Niks in hierdie wêreld kan opweeg teen die heerlikheid wat wag in die dag van die ewigheid nie. Ek kan nie anders lewe as vanuit ʼn ewigheidsperspektief nie. Jesus Christus verander ʼn mens se denke oor die lewe en ook oor wat werklik saak maak, wat van ewigheidswaarde is.

I

Page 118: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

108

Ons wat Hom liefhet, weet net soos ʼn Paulus van ouds dat ons ligteverdrukking wat vir ʼn oomblik is, vir ons ʼn alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid bewerk; omdat ons nie op die sigbare dinge let nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig (2 Kor. 4:17-18).

Sal ek my lewe vir myself behou of sal ek aan Hom alles in totaliteit oorgee? Wat sal dit my tog baat as ek die hele wêreld win, maar uiteindelik vind my siel het daardeur skade gely?

Daar is geen vergelyking nie. Wanneer ek dink aan wat dit Hom gekos het om sy lewe vir my op te offer, besef ek opnuut: Om my lewe vir Hom te gee, is nie ʼn opoffering nie; dit is ʼn voorreg.

Die glasfles met die albasters herinner my elke week aan my eie sterflikheid. Dit herinner my elke keer opnuut daaraan, wanneer ek ʼn albaster uithaal, dat die sand in die uurglas van my lewe ook besig is om uit te loop. Die besef bly by my dat ek as kind van God altyd ʼn ewigheidsperspektief moet behou, met my oog op Jesus gevestig!

Omdat elke albaster ʼn week in my lewe verteenwoordig en die aantal albasters in die fles my veertig jaar in die bediening verteenwoordig, is dit ontnugterend om te sien hoe die albasters in die glasfles al hoe minder word. Voortdurend, daagliks moet ek saamleef met die wete dat ook my dag en oomblik dat ek my Maker van aangesig tot aangesig sal ontmoet, al hoe nader kom.

Soos Moses die man van God gebid het, wil ek dit ook my eie gebed maak: Here, leer ons om ons dae so te tel dat ons ʼn wyse hart mag bekom!

Page 119: R A Y M O N D Getu… · Yang wie se lewensgetuienis my diep geraak het en wie my aangemoedig het om hierdie boek te skryf om my getuienis met ander te deel tot verheerliking van

Boeke geskryf deur Raymond D. Lombard

Afrikaans:

• Die boek Openbaring (Ook vertaal in Chinees en Frans)

• Die boek Daniël

• Die Geesteswêreld (Ook vertaal in Chinees en Mongools)

• Jesus Christus in die Ou Testament

• Die Name van God

• Die Getuienis

• Koninkryk Teologie

• Sinopsis van die Nuwe Testament

• Wat sê die Bybel? (Volume 1)

• Wat sê die Bybel? (Volume 2)

English:

• The book of Revelation (Also translated into Chinese and French)

• The book of Daniel

• The Spirit World (Also translated into Chinese and Mongolian)

• The Names of God

• The Testimony

• Kingdom Theology

• Jesus Christ in the Old Testament

• What does the Bible teach? Vol 1

Audio en lesings is ook beskikbaar. Kontak die kantoor vir ’n katalogus. Vir pos-bestellings, skryf of e-pos asseblief aan: Raymond Lombard Ministries Posbus 6 Parow 7499

E-pos: [email protected] Webblad: www.raymondlombard.com Telefoon: (Kantoor): +27 (0)21 939 1898