32
ProAgri ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer Januarie / January 2011 Nr / No 132 ISSN 1042–1558 | Voermaak | Werfnuus | Lekkerlees | Meganisasie Nat, maar nie verlore met Santam Landbou Besproeiing: Moenie droogmaak nie Stuit die pers pes: Herwin weiding met Brush-off AgriTrader

ProAgri 132, Januarie 2011

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Tegnologie vir die boer

Citation preview

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

Januarie / January 2011Nr / No 132

ISSN 1042–1558

| Voermaak | Werfnuus | Lekkerlees | Meganisasie

Nat, maar nie verloremet Santam Landbou

Besproeiing:

Moenie droogmaak nie

Stuit die pers pes:Herwin weiding met Brush-off

AgriTrader

In hierdie uitgawe

M A S S M E D I A S P E C I A L I S T SSMARTPUBLISHING

Tel/fax: 012-362-27321218 Arcadia st, Hatfield, Ptawww.smartpublishing.co.za

Redakteursbrief

RedakteurAnnemarie Joubert > [email protected]

WebredakteurCoenraad Rall > [email protected]

Senior bemarkerStefan van Wyk > [email protected]

BemarkersPieter Rall > [email protected] Schmahl > [email protected]

VerkoopbestuurderAnneke Claassen > [email protected]

Uitleg & grafika Esta van [email protected]

TaalversorgingMediadienste

Rekeninge & intekeningPaula MacMavis > [email protected]

GedruktemediabestuurderSuzanne Rall [email protected]

Sakebestuurder George Grobler [email protected]

Inhoudsopgawe / Contents

Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of thepublisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor.We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners.ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Voorblad

Die ProAgri-span

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 3www.proagri.co.za

Dit is vir my ’n groot voorreg om deel te wees van dieProAgri-span. Dié span sluit na my mening elke boer in

wat tegnologies vooruit wil gaan.Dit is immers waarom dr Francois Rall in 1994 met

ProAgri begin het: om die jongste tegnologiese verwikkelinge onder ons boere se aandag te bring sodathulle deurgaans die vrugte van die beste tegnologie kanpluk.

ProAgri is ook die medium waardeur boer en verskaffer by mekaar kan uitkom en ek glo met ons nuweverspreidingsnetwerk wat binne die volgende drie maandelandwyd gevestig gaan wees, gaan ons nog beter in daardiedoel slaag.

Indien u sukkel om ProAgri op u dorp in die hande te kry, laat ons assebliefweet sodat ons dadelik ’n plan kan maak.

Ons tema vir hierdie uitgawe is besproeiing en ek vertrou u sal die reeks artikels interessant vind. Dit is egter hartseer dat dit veral besproeiingsboere iswat die meeste skade in die oorstromings van die afgelope maand opgedoenhet. Ons hoop dat die boere gou weer op hulle voete sal wees.

Besoek gerus ProAgri se webwerf. U gaan verseker daar elke dag vars, belangrike en ook interessante landbounuus raakloop. Ook daar sal ons graag ubydraes en foto’s verwelkom. Moenie die wedstryd wat volgende maand beginmisloop nie! Besoek www.proagri.co.za.Annemarie Joubert

7

15

17

18

Voorbladartikel

5 Pompom en bankrotbos: Wen jou weiding terug met Brush-off

Meganisasie

6 Besproeiing: Moenie droogmaak nie7 Floppy laat elke druppel werk8 Talbert-spilpunte: Water waar en wanneer dit nodig is10 Voermaak met Valtrac: Rek die reëntyd regoor die jaar13 Haal waarde uit die aarde met Jupidex

Versekering

15 Nat, maar nie verlore

Gewasproduksie

17 Technichem bewapen boere met tegnologie

Veeboerdery

18 Voorkoming is al uitweg: Brucella Melitensis en Slenkdalkoors

Nuus

21 Werfnuus

Lekkerlees

22 Aan Jannie 23 Agrilag

Handelsnuus

24 AgriGids en GeneGids29 Veilings

5

ProAgriProAgritegnologie vir die boertechnology for the farmer

Januarie / January 2011Nr / No 132

ISSN 1042–1558

| Voermaak | Werfnuus | Lekkerlees | Meganisasie

Nat, maar nie verloremet Santam Landbou

Besproeiing:

Moenie droogmaak nie

Stuit die pers pesHerwin weiding met Brush-off

AgriTrader

Die pompom skuil agter sy mooi persblommetjies om sy verwoestingswerk tedoen, maar gelukkig het boere nou ’nwapen om hulle weiding te red. Leesmeer op bl 5.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 5www.proagri.co.za

Voorbladartikel

Pompom en bankrotbos:Wen jou weiding terug met Brush-offDit is weer daardie tyd van die jaar.

Langs ons land se paaie staan diepragtige ligpers pompom weer geil indie blom.

Net so pragtig soos die pers blom-metjie, so dodelik is die plant vir onsnatuurlike weiveld, want waar die pompom indring, groei daar niks andersnie.

Boere kan gerus in hierdie tyd mooikyk waar die pompom al kop uitgesteekhet, want nou is die beste tyd om homraak te sien en vir uitwissing te merk.

Pompom, oftewel, Campulocliniummacrocephalum, is as ’n Kategorie 1-indringerplant geklassifiseer, watbeteken dat hy volgens wet voor dievoet uitgeroei moet word. Kategorie 1-plante is uitheemse plante wat geenekonomiese doel dien nie en skadelik virmens, dier en die omgewing is – en ditis die pompom terdeë.

Die wortels skei ook ’n chemiese stofaf wat die omringende grond sterielmaak sodat inheemse plantegroei niekan ontkiem nie.

Die plant versprei maklik deur sygroot hoeveelhede saad wat nie netdeur die wind aangehelp word nie, maakook deur die mens, wat die oulike blom-metjies langs die pad afpluk en eldersweggooi. Dan het die plant ook nog ’nondergrondse stingel waardeur hy vege-tatief voortplant.

Brand en sny help niks teen die pom-pom nie.

Maar gelukkig is alles nie verlore nie.Brush-off is die oplossing. Dit is ook dieenigste middel wat vir die bestrydingvan pompom geregistreer is. Deur jarevan navorsing het DuPont ’n middel ontwikkel wat peste en indringers soospompom kan uitwis, sonder dat die nuttige gras daar rondom ’n onverdiende dwarsklap kry!

Die beste van alles is dat Brush-offook ’n gedugte wapen is in die strydteen bankrotbos.

Die bankrotboskrisis

Geen boer kan in hierdie tyd wat diemilde reën daardie verwoester van weiding, die bankrotbos, laat opskiethet, sonder ’n bottel Brush-off betrapword nie.

Bankrotbos, ook bekend as slangbosof Stoebe Vulgaris, is besig om weidingop groot skaal te vernietig. Boere seuitroepe om hulp word van oral gehoor.Selfs die regering het al kennis geneemvan die omvang van die probleem en dieDepartment van Landbou is tans besig

Agter die pompom se pragtige persblommetjies skuil ’n gevaarlike indringerplant wat boere groot skade kanberokken. Gelukkig kan boere nouBrush-off gebruik om die pes te beveg.Hoe langer jy wag, hoe meer woeker dieplant en hoe duurder gaan dit word omdit uit te roei.

Vir meer inligting oor die gebruik vanBrush-off, skakel DuPont by 011-218-8600.

Wanneer bankrotbos betyds bestry word, is dit maklik en goedkoop, maar wanneerdit eers toegelaat word om voort te woeker soos hier, waar dit haas alle weiding verdring het, word bestryding al hoe duurder. Beveg bankrotbos dus betyds.

Wenke vir die beheer van bankrotbos met Brush-off:

- Benat die hele plant met Brush-off. Takke wat nie benat word nie, kan weer uitloop.

- Spuit in die najaar (van nou tot einde Maart) wanneer die plant voedselreserwes wortels toe begin stuur.

- Wag na goeie reën ’n week of wat voor bespuiting, sodat die plante eers voedselreserwes kan opbou.

- Gebruik ’n benatter om te verseker dat die onkruiddoder bankrotbos se klein, wasbedekte blaartjies binnedring.

- As dit binne 4 tot 5 uur na toediening reën, moet die toediening herhaal word.- Die optimum dosis is 150 tot 200 gram produk per hektaar.

om met die hulp van landbou-organisasies ’n opname te doen oor dievoorkoms van bankrotbos.

’n Totale strategie is nodig teen die totale aanslag.

Bankrotbos, met sy lelike harde vaalblare, neem weiding so vinnig envolledig oor dat daar min te vrete vir dievee oorbly. Hy’s ’n taai kalant wat niemaklik uitgeroei word nie. Vuur is kosvir hom! En skoffel help nie eintlik nie.

Die belangrikste wapen in ’n boer sestrategie teen die aanslag is Brush-offwat bankrotbos uitknikker, maar grasgeen skade aandoen nie. Die middel isdeur die chemiese maatskappy, DuPont,ontwikkel vir onder meer die beheer vansekere breëblaaronkruidsoorte in graanen dit is bankrotbos se tier!

Die beste resultate word in die plantse aktiewe groeistadium behaal, metander woorde: nou!

Doeltreffende besproeiingswater-bestuur beteken dat jy die tempo,

hoeveelheid, tydsberekening en verspreiding van die water bepaal enbeheer om die gewas se waterbehoefteop ’n beplande en doeltreffende manierte bevredig.

Besproeiingsukses hang nie net vandie korrekte tegniese en landboukundigeontwerp af nie, maar ook van die stan-daard van bestuur en onderhoud van diebesproeiingstelsel.

Die doel van die evaluering is omseker te maak die stelsel werk soos ditoorspronklik ontwerp en geïnstalleerwas. Die evaluasieproses kan relatiefeenvoudig wees om moontlike problemein die stelsel vroegtydig te identifiseer.

Tabel 1 beskryf van die metings watuitgevoer kan word om waardevolle inligting te verkry wat die nodigheid vanonderhoud, veranderinge in die stelsel

As daar na die spesifieke besproeiing-stelsels gekyk word, is dit belangrik omop die volgende te let wat werkverrig-ting kan beïnvloed:

• Druppers en mikrospuite is uitersgevoelig vir voorwerpies wat verstop-ping kan veroorsaak, omdat dievloeipad-opening van die toedienersbaie klein is. Daarom is dit baie belangrik om voortdurend seker temaak dat die toedieners in ’n be-sproeiingsblok reg werk. Verstoptetoedieners moet skoongemaak worden lekplekke moet reggemaak word.Vervang toedieners met dieselfde fabrikaat en tipe indien nodig. Maakseker dat die stelsel besproei teen dieontwerpdruk, want te lae druk sal tot’n laer vloei-spoed in die sypype lei,

Besproeiing:

Moenie droogmaak nie!

Meganisasie

Tabel 1: Basiese evalueringsprosedure om vas te stel of ’n besproeiingstelsel reg werk

Tydige ondersoek na die doeltreffendheidvan alle aspekte van ’n besproeiingstelselstel die boer in staat om regstellings temaak voordat hy skade ly.

As jy wil hê jou besproeiing moet deurgaans lonend en suksesvolwees, moet jy jou besproeiingstelsel se werking gereeld beoordeel(evalueer) en dit onderhou. FB Reinders van die LNR-Instituut vir Landbou-ingenieurswese vertel hoe.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za6

self en aanpassings in die bestuur kanuitwys.

Aspek Meting / Beoordeling

Pompdruk Bepaal die pompdruk met ’n drukmeter en vergelyk dit met die gespesifiseerde druk.

Stelselkapasiteit Bepaal die stelsellewering deur lesings te neem met ’n vloeimeter.

Inlaatdruk van blok Bepaal die inlaatdruk van die blokke met ’n drukmeter en vergelyk dit met die verlangde druk gespesifiseer.

Toedienerdruk Meet druk met ’n drukmeter en meet die lewering in ’nen -lewering houer by minstens vyf toedieners (sproeiers of druppers)

en vergelyk met die oorspronklike ontwerp.

Algemene installasie Bepaal of daar enige lekke in die stelsel is en herstel dit.

Werking van Kontroleer die werking van die pompe, filters, elektriese toerusting bedrading, toedieners, toevoerpunte, lug- en

drukbeheerkleppe.

wat die uitsakking van gesus-pendeerde vaste stowwe kan veroor-saak. Inspekteer die filtreerders ookgereeld en spoel dit terug om diedrukverlies oor die filter te beperk.

• Sprinkelstelsels moet teen die ont-werpsdruk funksioneer, anders vinddaar ’n onegalige verspreiding vanwater plaas. ’n Te lae sprinkelaardrukbreek die waterstraal nie behoorlik opnie en ’n ring-effek met ’n swak verspreiding word verkry. Met ’n tehoë druk weer, word die straal te fynopgebreek met ’n mis-effek wat grootverliese as gevolg van verdamping enwindwegdrywing kan veroorsaak. Indie praktyk is gevind dat die optimalewerksdruk in kPa van die sprinkelaartussen 60 en 70 maal die tuit-deursnee in mm moet wees. Dit geldvir tuite van 3 tot 7 mm deursnee.Byvoorbeeld as die tuitdeursnee 3/16duim of 4,76 mm is, moet die druktussen 286 en 333 kPa wees.

• Slytasie aan sprinkelaartuite moet ookvoortdurend gemoniteer word, want5% slytasie van ’n tuit beteken ’n 10%toename in lewering en krag-aanvraag,wat bykomende bedryfskoste enoorbesproeiing beteken.

• By spilpunte is dit raadsaam om ver-stopte sprinkelaars af te haal en skoonte maak en nie ’n stuk draad te gebruikom die spuitstuk van buite af skoon teprobeer steek nie. Daar kan terselfder-tyd ook na die drukreguleerder se toestand gekyk word. In baie gevalleverstop die reguleerder gedeeltelik voordat die spuit verstop.

• Wanneer ’n spilpunt as gevolg van ’nvloed onder water was, is dit raadsaamom die elektriese werkverrigting te laattoets voor dit weer aangeskakel word.

Goeie bestuur berus altyd op tydige,akkurate inligting waarvolgens besluitegeneem kan word. Dit geld ook vir enigebesproeiingstelsel. As die stelsel gereelddeeglik nagegaan word, weet ’n mensbetyds watter regstellings gemaak moetword om volgehoue doeltreffendheid teverseker.

www.proagri.co.za ProAgri 132 - Januarie / January 2011 7

Die volle waarde van elke druppelwater – dit is wat die Nels van

Vanzylsdamme Boerdery naby Ladismith met hulle Floppy-besproeiing-stelsel geniet.

Op hierdie plaas is water baie skaarsen elke druppel moet ten beste benutword vir die vrugtebome, maar veral ookvir lusernproduksie vir die Holstein-mel-kery en -stoet.

Die plaas kry drie maal per jaar wateruit Floriskraaldam naby Laingsburg virvloedbesproeiing, maar die res van dietyd is water maar skraps.

Bo in die poort op die plaas is daar ’nkuil in die Grootrivier waaruit watergepomp kan word (as daar is) om 22hektaar lusern te besproei. Kruipspuitehet nie die mas opgekom nie omdat diebenutbare grond ’n baie eienaardigevorm het en omdat die water hard en teswaar is en alles laat roes en aanpak.

’n Kantrolstelsel het ook nie geslaagnie, want die sterk bergwind het nie netdie waterdruppels weggewaai nie, maarook sommer die kantrolstelsel self – en in die proses die stomme ding se pype verfrommel.

’n Spilpuntstelsel sou nie werk nieomdat die grond se lang, smal vorm homnie in ’n sirkel laat dwing nie. Boonopmoet jy elektrisiteit tot by die spilpuntaanlê en knaend aandag aanmikroskakelaartjies en pap wiele enlekkende seëls gee, soos Jan Nel vanVanzylsdamme Boerdery elke dag moesdoen toe hy in Nevada gewerk het.

André Nel van Irricor op Oudtshoornhet ’n Floppy-stelsel voorgestel en Janhet saam met hom Nelspruit toe gegaan

’n Eienaardige vorm land, min water en hewige bergwinde kortwiek enige andersoort besproeiing hier bo in die poort op Vanzylsdamme naby Ladismith, maarFloppy staan sy man teen al die uitdagings en verseker elke jaar ‘n gawe lusernoes.Jan Nel van Vanzylsdamme Boerdery het sewe jaar gelede self (“maklik”) hierdiestelsel opgerig en hy is steeds ingenome daarmee.

As jy die beste waarde uit water wilhaal in die Kleinkaroo, praat metAndré Nel van Irricor op Oudtshoornby 044-272-7009 of 082-896-6165.Boer jy elders in die land, kontakChristo Theron by 013-752-4252 [email protected]. Besoekook www.floppysprinkler.com.

om te kyk hoe dié vernuftige stelsel indie suikerrietlande werk. Net daar het hybesef dat Floppy die aller antwoord virVanzylsdamme is.

André het met die beplanning gehelpen Jan het die Floppy-stelsel self opgerig.Dit was eenvoudig en maklik, sê hy. Anders as met ’n spilpunt hoef jy netelektrisiteit tot by die pomp aan te lê endie energiekoste is baie laag. Jy moet netsorg dat die waterdruk 2 bar of meer isom eenvormige en volledige druppelver-spreiding te verseker.

Floppy is die enigste stelsel waarmeejy elke hoekie van ’n land met ’n snaaksevorm sonder vermorsing kan besproei,vertel Jan.

“Dis ook die enigste stelsel wat onskon kry wat met sy lekker groot druppels

Meganisasie

Doeltreffende waterbenutting:

Floppy laat elke druppel werk!

steeds ’n egalige verspreiding en doel-treffende benatting gee wanneer die windwaai,” sê hy. En op dié plaas is wind ’nfaktor waarmee rekening gehou moetword. Met die verandering van seisoenein Mei en Augustus waai daar baie sterkbergwinde, maar die Floppy staan steedssy man – nou al sewe jaar lank.

Jy werk maklik met enige trekkers enwerktuie onder die stelsel en boonopvereis die stelsel baie min onderhoud-werk, vertel Jan. “Ons water het taamlikmodder in en ons moet nou en dan ’npypie skoonmaak of vervang. Die hewigewinde verskuif ook soms van die hanger-tjies en dan spasieer ons dit net weer.”

Die groot voordele van die Floppy-stelsel, sê Jan, is dat dit jou minder geldas enige ander stelsel kos nadat jy ditgeïnstalleer het, dat dit ’n baie goeie waterverspreiding bied, dat dit eenvoudigis en dat dit maklik is om mee te werk: jydraai net krane oop en toe, spoel pype uitas daar modder in kom en kyk maar netgereeld dat alles nog lekker werk.

Boonop kan jy kies presies watterbaan water moet kry en as die water minis, net een baan op ’n slag besproei. Jykan ook kunsmis of chemikalieë akkuraatdeur die Floppy-stelsel toedien.

“Wanneer jy min water het, kan jy niebekostig om ’n druppel te vermors nie,”sê Jan. “Dis dan wanneer jy regtig besefhoe ’n Floppy-besproeiingstelsel elkedruppel laat werk.”

www.proagri.co.za8

Meganisasie

Dis heerlik om te sien hoe baldadigalle plante groei wanneer hulle

genoeg water kry. Elke boer is terdeëdankbaar vir elke druppel reën, maarreën val waar en wanneer hy wil: somssuinig en ander kere oordadig sodatpompe wegspoel en gesaaides versuip.

Elke boer se droom is om presies dieregte hoeveelheid water aan elke plantbeskikbaar te stel presies wanneer dieplant dit nodig het. Dis presies waarvoorTalbert-spilpunte daar is – om die boerse waterdroom waar te maak.

Daarvoor sorg Jannie Steyl, wat nouweer ten volle in beheer van Talbert-spilpunte is, sy kundige en vaardigespan personeel en sy flink span bemarkers wat reeds jare lank regoordie land bewys het dat hulle daartoeverbind is om die boer die beste besproeiingsoplossing te bied.

’n Talbert-spilpunt is nie sommer net’n spilpunt nie – hy is spesiaal ontwerpen vervaardig om die boer die allerbestediens teen die allergunstigste prys enmet die allerminste moeite te bied.

Die geheim van ’n gesonde, lonendeoes, is dat gewasse voldoende water opdie regte tyd moet kry. Daarvoor is ’nstewige, betroubare Talbert-spilpunt dieantwoord.

Talbert-spilpunte maak jou waterdrome waar:

Water waar en wanneer dit nodig is

Staan stewigEen ding wat geen boer kan bekostig ofverdra nie, is ’n spilpunt wat omval,maar ’n Talbert-spilpunt staan in enigeweer so stewig soos die Rots van Gibraltar. Corrie sê hy het nog nooitgehoor van ’n Talbert wat omval nie,maar hy het al ’n hele paar ander soortegesien lê.

Johan Odendal, aartappelboer vanPetrusburg, het 18 Talberts in ’n gebiedwaar die wind soms ernstig waai. Anderspilpunttorings swik soms in die omge-wing, sê hy, maar sy Talberts staan enwerk onverstoord voort.

Johan het Talbert-spilpunte wat almeer as sestien jaar perfekte dienslewer met net hier en daar ’n slyt-dingetjie wat vervang moes word.

So moet ’n spilpunt weesJohan stel streng vereistes aan ’nspilpunt en Talbert oortref hulle almal:

’n Spilpunt moet betroubaar wees enwater gee wanneer jou gewasse ditnodig het, sonder dat jy met hom hoefte sukkel. As ’n aartappelplant nie waterkry wanneer hy dit nodig het nie, is jouoes daarmee heen.

Johan dring ook daarop aan dat ’nspilpunt ’n stewige konstruksie moet hêen baie goed gegalvaniseer moet weesom lank te hou, soos Talbert wat

Talbert is sommer met die intrapslagin sy eie klas. Talbert se mense verstaan die boer se behoeftes haarfynen werk met die grootste toewyding omdie boer die heel beste oplossings tebied.

Die regte planSelfs die boer wat vir die eerste keer ’nspilpunt oorweeg, is volkome veilig inTalbert se hande. Talbert se mense geestrykdeur die beste raad, hulp en diensom te verseker dat die regte besluitegeneem word wat werklik die boer seposisie verbeter.

So ’n boer is Corrie Theron vanSamesuiping naby Bloemfontein, watruiterlik erken dat hy absoluut niks vanspilpunte en besproeiing geweet het toehy elf jaar gelede besluit het om sydroëlandmielie- en koringboerdery metbesproeiing aan te vul nie.

Drie tot vier keer meer per hektaarTalbert se mense het hom stap vir stapdeur die proses gehelp sodat besproei-

ingsproduksievandag ’n belang-rike deel van syboerdery vorm. Hysê: “Ek produseerdrie tot vier keersoveel per hektaaronder spilpunte asop droëland en inhierdie tye van hoëinsetkoste en laepryse, is beheer enhoë produksienoodsaaklik vir oorlewing.”

Corrie het nouagt Talbert-spilpunte en hy sêas hy genoeg watergehad het, sou hynog meer van hulleaangeskaf het,want Talbert is wathom betref diebeste spilpunt watjy kan kry: “Dieprys is redelik, diespilpunte is doel-treffend, stewig enbetroubaar, en diediens wat Talbert semense bied ver-seker dat ek regtiggeen probleme metmy spilpunte on-dervind nie.

“Talbert verstaandie boer en bied diediens en tegnologiewat boerdery doel-treffend en lekkermaak.”

As aartappels nie water kry wanneer hulle dit nodig het nie, isjou oes gedoem, maar onder ’n Talbert-spilpunt is die aartap-pels geil en die boer tevrede, soos Johan Odendal van Petrusburg.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

ProAgri 132 - Januarie / January 2011www.proagri.co.za 9

Meganisasie

Corrie Theron (links) van Bloemfontein behaal ’n voorspelbare opbrengs van tot vierkeer meer as op droëland met sy doeltreffende en betroubare Talbert-spilpunte. Dietegnologie en diens wat Douw Steyl (regs) en Talbert se flink span toegewyde kundiges bied, maak boerdery lekker en lonend, sê hy.

As jy jou waterdrome wil waar maak, praatmet Talbert se behulpsame bemarkingsbestuurder, Koos Coetzer, by 082-802-1906 of [email protected]. Talbertis die maatskappy wat fokus op perfeksie.

Spankeuses:114 mm x 45 m, 51,2 m, 58 m of 64 m140 mm x 45,9 m, 51,2 m, 58 m of 64 m165 mm x 45 m, 51,2 m of 58 m

Pypwanddikte: 3,5 mm

Gewasvryhoogte: 2,8 m

Bande: 13,6 x 24 hoëflotasiebande

Oorhanglengtes: 6,4 m, 12,8 m of 25,6 m

Beheerkas (standaard): Druksensor, tydskakelaar, uurmeter, voltmeter, rigtingaanwyser, weerbestand, beheer alle elektrisiteit- en watertoevoer.

Galvanisering: Alle staaldele is warmgegalvaniseer volgens SABS 763-standaard.

Die senter: Die sentertoring is sterk en duursaam en aan ’n gewapendebetonbasis geanker.

Motors: Beproefde swaardiensmotors met ’n lang lewensduur.

Ratkaste: Bewese swaardiensratkaste verseker jare se betroubarediens.

Sleepverstelling: ’n Stel drukhefbome maak dit maklik om die wiele teverstel sodat die spilpunt in ’n japtrap na ’n ander sirkel gesleep kan word.

Onderdele: Onderdele vir alle Talbert-spilpunte is blitsig oral in die landbeskikbaar teen redelike pryse.

Sandvangers: Sandvangers aan alle oorhange vergemaklik skoonmaak en verhoed die verstopping van sproeiers.

Talbert is op jou drumpelHoofkantoor en fabriekBen Jonesstraat 32, Hamilton, Bloemfontein 051-434-2349Koos Coetzer 082-802-1906Arno Steyl 072-344-0683

Clanwilliam: Clanwilliam VervaardigingDawie Smit 082-897-4885Estcourt: Pinetree IrrigationThomas Gremals 083-231-9532Piketberg: De Nel BesproeiingPierre de Kock 083-284-0041Nylstroom: NTK LimpopoJanneman Henn 082-802-8959Hartswater: Hartswater SpilpunteDawid Saunders 082-333-3765Queenstown: Border IrrigationFrikkie Kruger 082-927-8767Koffiefontein: RanosGert Lamprecht 082-804-0469Worcester: Bergsig IngenieurswerkeJohan Naudé 082-774-4226Nelspruit: Datha BesproeiingDawie van der Merwe 082-458-2646Groblersdal: ObaroBerto Rossouw 082-490-4260Cradock: SpilhausHylton Frost 082-896-1390Pietermaritzburg: Irrigation & DrainageDave van Rensburg 072-125-2732Brits: Obaro-hoofkantoorMachael Pretorius 072-863-1355Kroonstad:Riaan Burger 079-873-6532

spesiaal vir Suid-Afrika se strafste omstandighede gebou is en volgens dieSABS se streng 763-standaard warmge-galvaniseer is.

Ook aan Johan se vereiste dat ’nspilpunt se motors en ratkaste lankmoet hou, voldoen Talbert uitmuntend.

Maar vir ás daar iets verkeerd souloop, hou Talbert ’n volledige reeks onderdele aan vir elke spilpunt wat hullenog ooit gemaak het en alles pas nogsteeds sodat jy nooit met ’n verkeerdeonderdeel hoef te sukkel nie.

Jannie Steyl en sy wenspan kenspilpunte, besproeiing en boerderydeeglik en weet presies hoe om die boerdie beste spilpunt en diens te gee. Hullebied boere nou weer die oorspronklikegestandaardiseerde Talbert-spilpunt,maar die gehalte is selfs nog beter as indie verlede.

Maak nie saak waar jy in Suid-Afrikaboer nie, Talbert se kundigheid, verskaffing en diens is immerdeur byderhand sodat geen plant op jouspilpuntsirkels ooit dors hoef te ly nie.

Talbert: spilpunt van jou drome

10 www.proagri .co.za

Valtrac bied alles wat die boer vir voermaak nodig het – van grondvoorberei-dingstoerusting en planters tot die ruim maar ratse Faresin Leader-selfloopvoer-menger met sy kuilvoeruithaalslurp.

Mooi hooi verg snelle, presiese snywerk soos net Valtrac se reeks Pöttinger-snyerskan doen.

Meganisasie

Voermaak vir die winter:

Rek die reëntyd regoor die jaar

Met al hierdie staatmaker-Valtrac-toerusting is dit pure plesier om jou hooiin ’n japtrap in netjiese bale weg te bêreom die winter se angel uit te pluk. Praatmet Valtrac oor hooimaak – jou diere saldankbaar wees.

Eerste keuse vir kuilvoerKuilvoer is koningskos, maar net as jydaarin slaag om dit te maak binne diebeperkte tyd wanneer die voggehaltepresies reg is. Daar is geen tyd om temors met masjiene wat breek en staannie. Dis hoekom Valtrac sy boere net diebeste, betroubaarste, hardwerkendstekuilvoerkerwers bied.

Vir kleiner boerderye of grootboerderye wat meer as een kerwer gebruik, is die Nogueira Pecus II 9004-eenrykuilvoerkerwer net die ding. Hysny so 20 tot 30 ton per uur en jy kansy snitlengte op 5, 7, 10 en 14 mm verstel.

Plant jy kuilvoermielies of voer-sorghum teen ’n digter stand of onderbesproeiing, is die Nogueira Cat 1200ry-onafhanklike kuilvoerkerwer jouantwoord. Jy kan met hom van enigekant af in ’n land indons en hoe geilerdie plantestand hoe lekkerder werk hy.Die 1200 beteken sy sirkelsaagsny-stelsel sny 1,2 meter wyd om so 30 tot

Ronde, blinkvet beeste heupdiep indie malse groen gras – dis ’n prent-

jie wat elke boer se hart warm maak.Maar wat van die winter wat reeds

begin nadersluip? Hoe gaan jou dieredan lyk? Knoppering en knieserig metbeskuldigende, honger oë? Nie as jy noudie voordeel van die goeie reën seoorvloedtyd benut om voorsiening virdie maer maande te maak nie – endaarmee help Valtrac, die boer se voerbroer, jou met die beste toerusingom hooi en kuilvoer te maak.

Jy hoef nie eers elders te gaan sukkelnie – Valtrac bied jou die volledige reekstoerusting wat jy nodig het om die bestevoer te produseer: van die grondbe-werkingstoerusting en trekkers en mis-en kunsmisstrooiers en planters wat jynodig het om dit te vestig, tot die spuiteom dit teen peste te verdedig en diemasjinerie wat nodig is om dit te sny, tekneus, te hark, te belug, te kerf, te baalof in te kuil en die mengers om dit temeng en vir die vee te voer.

Al hierdie werktuie is met die handuitgesoek om Suid-Afrika se boere sebehoeftes presies te pas, om jare enjare se moeite- en probleemvrye dienste gee, en word boonop landwyd gerug-steun deur Valtrac se legendariesenaverkoopdiens.

Maak heerlike hooiHooimaak is heerlik as jy die regtetoerusting het. En wie anders as Valtracstaan gereed met sulke skitterendemasjinerie soos:

• Pöttinger-snyers en snyerkneuserswaarmee jy met spoed en vertroue ’nvoerland kan aandurf

• Pöttinger-kragharke waarmee jy jousnysel in netjiese windrye bymekaar-maak sonder om ’n halmpie verlore telaat gaan.

• Pöttinger-belugters waarmee jy ’nnatgeworde snysel vinnig en flink kanomdraai sodat dit gou-gou droog genoeg is om te baal.

• Nogueira-balers wat materiaal vinnigen volledig optel en in ferm, stewigebale saampers sodat al die voedings-krag vasgevang word en baie lank bewaar bly (lees daaroor meer hiernaas).

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

11www.proagri .co.za

Die ruim pens van Valtrac se Pöttinger-kuilvoerkerwerwa (foto regs) hou 25 kubieke meter styf saamgeperste kuilvoer-materiaal, wat hy netjies met sy kettingvloer aflaai.

Boere juig: die bobaasbaler is hier!Die gehalte van Valtrac se werktuie en diens maak boere gewoond aan

standaarde wat hulle nie sommer maklik elders vind nie. Dis hoekom boerenou lank reeds daarop aandring dat Valtrac ook balers moet verskaf wat dieboer se voerbroer se trotse naam gestand doen.

En hier is hy nou: Die gedugte Nogueira Express-baler wat sonder sukkel ofophef 400 tot 600 netjiese, stewige, kompakte bale per uur vervaardig. Verbyis daardie droewige dae van langer sukkel as baal, van swets en verstel enstaan, van pap bale wat soos ’n vrag jellie op die sleepwa beef...

Met die Express lyk en voel al die bale presies dieselfde: onverbeterlik fermen fatsoenlik. Elke baal ’n meesterstuk.

Die Express is in twee modelle beskikbaar: Die 5040 met sy bek van 1,73 meter se bale is 36 cm hoog, 46 cm breed en jy kan die lengte van 0,5 tot 1,2 meter stel. Die Express 4030 se bek is 1,5 meter wyd. Sy bale selengte kan van 0,5 tot 1,0 meter gestel word en hulle is 30 cm hoog en 40 cm breed.

Die 4030 het driedubbele beskerming en die 5040 vierdubbele beskermingteen oorbelading sodat jy iets aanskouliks verkeerd moet doen om hom tot stilstand te verniel. Hulle optellers is teen ongelyke grond beskerm, hulle kantot 8 rolle baaltou aan boord bêre en hulle swaar vliegwiele verseker gladdewerking sonder onnodige stremming op die trekker of kragoordragstelsel.

Dis maklik om met die geharde, duursame Nogueira Express-balers te werken jy het geen spesiale opleiding of woordeskat nodig nie.

Agterna, wanneer jy die vragmotor laai, is jy bly dat jy Valtrac se NogueiraExpress gekies het, want die stewige bale maak die vrag veiliger en die feit dathulle so kompak is verseker dat jy baie nader aan jou wa se loonvrag kom voordat daar nie meer plek oor is nie.

Maar die grootste lekkerte kom wanneer jou blinkvet diere diep in die winteraan die smaaklike voedsaamheid smulwat in so ’n kompakte, stewige baalvasgevang word.

Doen jou diere ’n guns: Praatmet Hennie du Toit van Valtracby 056-817-7308 oor joueie Nogueira Express-baler.

’n Mens kan sommer sien die Noguiera Express is ’n gedugte baler in sy eie klas.Kyk net daardie netjiese, stewige, kompakte baal, kyk net hoe skoon tel hy op enkyk hoe trots en ontspanne lyk die operateur.

36 ton kuilvoer per uur te sny en te kerfin enige van agt lengtes tussen 4 en 17mm.

Om baie vinnig genoeg kuilvoer virsewe maer jare te maak, is Valtrac seKemper Champion C3000, gemonteeraan ’n Valtra TwinTrac-trekker, joudroom. Hy vreet ’n pad van 3 meterwyd deur die digste plantestand (daar’skleiner modelle ook) om so 55 ton kuilvoer per uur te maak. Jy kan kiestussen 12 snitlengtes van 4,3 tot 33 mm en hy breek ook die mieliepitteom voedingswaarde te verseker.

Valtrac se gedugte Jeantil-wipwaensry 10 ton of 25 kubieke meter materiaalop ’n slag uit die land en kan die res vandie jaar vir ’n magdom ander take gebruik word.

Vir kuilvoer van kleingraan, gras enpeulgewasse, is Valtrac se Pöttinger-kuilvoerkerwerwa nommerpas. Hy telmateriaal noukeurig op, kerf dit nasmaak en stop dit styf in sy ruim pensom van 35 tot 66 kubieke meter materiaal (21 ton) op ’n slag na die kuilvoerput te ry, waar hy dit met sy kettingvloer en aflaairotors aflaai. Eenso ’n kuilvoerwa verg een man en 118 kW trekkerkrag teenoor ’n selfloop-kerwer en aanrywaens se 5 werkers en 712 kW!

Onthou net: Die beste masjien opaarde help niks as jy nie ’n kragtige, betroubare, ekonomiese trekker het omhom aan te dryf nie. Maak dus seker dis’n Valtra wat voor vat.

Vir meer inligting oor Valtrac seeersteklas trekkers, hooimaaktoerus-ting en kuilvoerwerktuie, praat metHennie du Toit by 056-817-7308. Hysal sorg dat boerdery vir jou lekker is.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za12

ProAgri 132 - Januarie / January 2011www.proagri.co.za 13

Meganisasie

Jupidex se Kverneland Visio 200-skotteleg skep die perfekte saadbed: Flink, vinnig, ekonomies, betroubaar en duursaam omjaar na jaar na jaar perfekte werk te doen.

Die goeie aarde maak sy skatkismildelik oop vir die verstandige boer

wat sy grond reg bewerk.So ’n verstandige boer is Willem de

Klerk van die plaas, Ben Derag (kleinbergie) knap anderkant Ugie in die Oos-Kaap.

Die De Klerks boer met mielies, aartappels en Simbra-beeste en hullesleutel tot suksesvolle akkerbou is doel-treffende grondbewerking met Jupidexse Kverneland-werktuie.

Om die grond met tot 35% klei tot450 mm diep deeglik en doeltreffend loste maak, gebruik Willem KvernelandCLG-beitelploeë. Hulle aanvalshoek isreg om met die minste wielglip en laag-ste dieselverbruik deeglik te werk enhulle uitskopvere sorg dat jy geen tydmors by moontlike klippe in lande nie.

Net voor planttyd maak hulle dan ’nsaadbed wat enige pit se droom is methulle Kverneland Visio 200-skotteleg.Hierdie skitterwerktuig het ’n lang,stewige balk wat reguit van die trekkerna agter strek. Daaraan is vier sybalkegemonteer, elk met sy groep skottels.Die sybalke kan heeltemal inswaai om

plat teen die hoofbalk te lê vir gerieflikepadvervoer. Die werktuig is dan ’n skrale2,5m wyd. Wanneer die sybalke uit-geswaai word om die land aan te durf,kan dit in verskillende posisies gesluitword om te bepaal hoe aggressief diewerktuig moet inklim.

Die dis is ook toegerus methidrouliese dieptebeheerwiele, wat inalle modelle die beste en wydste opsiesbeskikbaar is wat natuurlik gedoen isom by Suid-Afrikaanse toestande aan tepas. Hierdie presiese dieptebeheerverseker dat jy met vertroue ’n kleinertrekker kan gebruik wanneer jy vlakkerwil werk, sê Willem.

Daar is niks aan die Visio 200 waar-van hy nie hou nie, sê Willem, en wysuit: Sy balke is van die sterkste, beste,taaiste staal soos net Kverneland kanverskaf. (As jy ’n gat deur ’n Kverne-land-balk wil boor, moet jy sorg dat jy ’nhele paar goeie boorpunte byderhandhet, sê hy.)

Die Visio 200 is beskikbaar in werk-wydtes van 3,6 tot 6,3 meter virtrekkers van 100 – 200 kw afhangendevan werkdiepte en spoed. Die klawer-

As jy ook die aarde se skatkis metjou eie Visio 200 wil ontsluit, praatmet die produkbestuurder, Robby Leevan Jupidex by 082-575-1594, of metJupidex se hoofkantoor by 033-345-2733. Robbie kan ook perepos bereik word:[email protected]

skottels waarmeedie produk ingevoerword is van diebeste skottels in diewêreld beskikbaaren dit word inFrankryk vervaar-dig. Die koolstofin-houd per skottelverleng die leeftyddaarvan en by ’n diswat verlede jaar indie Vrystaatverkoop is, is slegs27% slytasie na 2 000 ha gemeet.Dit beteken dat dieverwagte leeftydvan hierdie stelskottels tot 3 000 ha kan wees!Verstelbare skra-pers hou die skot-tels skoon.

As jy wil, kan jyjou Visio 200 stelom voor vlakker en

agter dieper te werk om moeilike grondtrapsgewys te bewerk, of voor diep enagter vlakker om die saadbed net mooigelyk te maak.

Waar die Visio 200 gewerk het, is diegrond perfek bewerk, die stoppels deeg-lik van 2 tot 20 cm diep vermeng en indie beste posisie vir ontbinding, en alleshonderd persent vir saad om flink teontkiem en groei. Dit alles word in enigeland en grond bereik as gevolg van aldie stel-opsies waaruit jy kan kies enteen die beste brandstofverbruik omdatjy hom so presies kan stel.

Die Visio 200 help die De Klerks omgouer en doeltreffender te plant en omboonop ’n hele klomp duur diesel te bespaar.

Die bewys lê in die groei en opbrengs. Willem de Klerk van Ben Derag by Ugie is ingenome met die doeltreffendheid en tyd- en dieselbesparing wat Jupidex se Kverneland Visio 200-skotteleg verseker, maarook met die perfekte saadbed wat hy skep om elke pit die kans te gee om ten beste te presteer.

Jupidex se Kverneland Visio 200-skotteleg:

Haal waarde uit die aarde!

ProAgri 132 - Januarie / January 2011www.proagri.co.za 15

Is jy reg vir nog reën? Te veel van ’n goeie ding kan vloedskade beteken. Is jy reg daarvoor of moet jy ’n versekeraar vind omdie risiko te help dra?

Nat, maar nie verlore!Versekering

Tonele van oorvloedige water was dieafgelope paar weke oral te sien met

riviere wat oor hulle walle spoel,wingerde waarvan net die toppe uitsteeken mielielande wat lyk of dit eerder ryslande moes gewees het.

Dit is pragtig om te aanskou hoe diewater oor die Augrabies stroom, maardit is minder mooi vir ’n boer om deurdie modder te strompel om te sien watvan sy druiwe-oes oorgebly het.

Die vraag is of ‘n boer enige verse-kering teen waterskade kan uitneem omhom in hierdie krisistyd te help.

Santam Landbou is die enigste kort-termynversekeraar in Suid-Afrika met80 jaar se ondervinding in oesverseke-ring en 91 jaar in bateversekering.Daarom het ProAgri by Santam aange-klop om inligting en raad.

OesversekeringMnr Johan van den Berg, bestuurderGespesialiseerde Oesversekering, sêreënskade by baie graansoorte envrugte word gedek en daar word veralaandag gegee aan die gehalte van dieprodukte, soos by koring en druiwe.

Vloedskade is egter ’n ander kwessie.Uit die geskiedenis blyk dit dat ramp-vloede in Suid-Afrika maar ongeveer 1 inelke 10 tot 15 jaar voorkom. Bekendevloedjare was byvoorbeeld 1973 tot1975, 1988/89 en 1996. Daar is dikwelskleiner, plaaslike oorstromings wat deurkleiner weerstelsels veroorsaak word,maar dit is ook nie iets wat noodwendigjaarliks gebeur nie.

Johan waarsku egter dat ekosistemebesig is om te verander en dat waterver-spreiding anders is as vroeër:

“Dieselfde hoeveelheid reën watbyvoorbeeld 50 jaar gelede voorgekomhet se uitwerking op watervlakke is totaal anders as wat dit tans is. Huise,geplaveide gebiede, strate, dakke en

ander mensgemaakte “afloopbane” enversperrings veroorsaak dat baie meerwater beskikbaar is vir afloop as jaregelede. Dit maak dat die 1 in 20- of 1 in50-jaarvloedlyn ook nie meer geldig isnie. Uit ’n versekeringsoogpunt maak ditdie risiko onbekend en ook hoër. Indien die risiko te hoog is, kan dit niemeer verseker word nie.”

Santam Landbou bied multirisiko-versekeringsprodukte aan waar opbrengste teen 'n reeks van gevareverseker word soos droogte, reënskade,onbeheerbare peste en plae asook anderklimaatsrisiko's.

BateversekeringPierre Rossouw van Santam Landbou sebate-afdeling sê wat bates soos pomp-toerusting betref, is daar ook verseke-ring beskikbaar, maar elke aansoek wordop sy eie geëvalueer op grond vanrisiko.

Indien ’n boer brandversekering uitneem word daar ook voorsieninggemaak vir spesiale gevare soos storm,wind, water, hael en sneeu. In sekeregevalle kan pompe en ander toerustingwat in of langs riviere, damme of spruitegeleë is, deur ’n allerisikopolis gedekword.

Dit is egter baie belangrik dat boereby die polisvoorwaardes moet hou enalle redelike stappe moet doen om verliese te voorkom en te beperk.

Wenke om vloedskade te voorkom:- Landerye met sterk hellings moet

liefs nie bewerk word nie en indien ditwel bewerk word, moet daar kontoer-walle en afloopbane aangebring word.

- Pasop vir die versoeking om landeryete na aan riviere te maak omdat diegrond goed is en besproeiing maklik.Neem altyd die risiko van vloede in ag.

- Pasop ook vir die versoeking omnaweek- of vakansiehuise onder dievloedlyn te bou; die risiko is tegroot.

- Indien langtermynweervoorspellingsbaie reën voorspel, soos in ’n La Nina-jaar, hou die watervlakke indamme en riviere dop.

- Speel eerder veilig en begin ompomptoerusting te verwyder sodradie eerste vloedwaarskuwings uitgereik word.

- Praat met die plaaslike verteen-woordiger van Santam Landbou omuit te vind watter versekeringmoontlik is en presies wat al dievoorwaardes is.

- Versekering moet, soos enige anderlandbou-inset, ekonomies sin maak.

Wat lê voor?Johan van den Berg van Santam Land-bou, wat ook ’n landbouweerkundigeis, meen die risiko vir verdere vloededie res van die seisoen is hoog: “Diebergingsvermoë van riviere, damme enselfs die grond is klein omdat die grond alreeds versadig is, damme oorloop enriviere in vloed is. Indien verdere reënvoorkom, gaan die grootste gedeeltevan die water afloop. Dit kan water-vlakke baie vinnig laat styg en kits-vloede veroorsaak. Daarby is ’n sterkLa Nina-verskynsel teenwoordig. Ditveroorsaak gewoonlik baie reën oorSuidelike Afrika tot ongeveer Mei.”

Johan sê langtermynweervoor-spellings kan vir boere van waardewees, maar ongelukkig is die voor-komende aksies wat geneem kan word,redelik min. Nie alle El Nino-jarebeteken droogte nie en nie alle LaNina-jare beteken vloede nie: “Dit isdus beter om langtermynbeplanning tedoen as om op voorspellings staat te maak.”

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za16

Bertus [email protected]

Buks le [email protected]

Rob [email protected]

Beskikbaar by:

Spilpunt Store Trekkers

Beveilig jou:

Ingevoer deur:

Sizwe Group012-657-5300

Simkaart

+

Paneel

Buite-ogie

+

Gratis montering vir 12 maande R 8 095

Boere kan self inspring met ’n Videofied-kamerastelsel

Residensiële en Klein

kommersiële

Koordloos/draadloos

Onmiddellike installasie

Afstandbeheerde

ProxCard aktivering

4-jaar batterylewe

vanaf

ProAgri 132 - Januarie / January 2011www.proagri.co.za 17

Gewasproduksie

Technichem bewapenboere met tegnologieEnige gewas verdien net die beste

sorg wat die boer dit kan gee, wantdan gaan dit hom eendag terugbetaal –pit vir pit, rand vir rand. In hierdie daewaar boere baie uitdagings in die gesigstaar, soos vanjaar se waterskade, is ditveral nodig dat gewasse daardie ekstrabietjie sorg moet kry om vergeling enswamsiektes, veral in mielies, teë tewerk.

Gelukkig is daar maatskappye soosTechnichem wat aan die voorpunt vannuwe tegnologie beweeg en wat vir ’nboer die regte kombinasie van spe-sialiteitsprodukte in die hand te geesodat hy vroegtydig kan optree om probleme te voorkom.

“Ons strewe is om boere van die nuutste tegnologie teen bekostigbarepryse te voorsien, sodat hulle vol-houbaar en winsgewend kan boer,” ver-tel Boet Wienand onder wie se leidingTechnichem 21 jaar gelede tot standgekom het.

Hy sê: “Dit is belangrik dat boere inhierdie stadium voorkomend optreeteen siektes en hulle kan gerus die hulpvan ons kundige verteenwoordigers inroep om hulle met raad te bedien.”

Te nat? Red jou mieliesTechnichem het ’n wye reeks produktewat ontwikkel is vir die verbetering vanopbrengste en wat veral in dié swak klimaatsomstandighede noodsaaklik is.

So, byvoorbeeld, kan ’n kombinasievan Messenger en Technikelp plantehelp om weerstand teen siektes te bieddeur ’n breë spektrum voedingstowwete bekom om groei te bevorder.

Technikelp is ’n vloeibare blaarvoe-

dingskompleks wat ’n gebalanseerdereeks voedingstowwe, asook stimulante,bevat wat die produk uiters geskik maakvir ’n wye spektrum van graan- engroentegewasse. Dit vul ook Messengeraan, wat met sy natuurlike aktiewe be-standdeel, harpin proteïen, die plantteen swamaanvalle bewapen.

Die middel bluf die plant om dit as ’npatogeen of swam te sien. Die plantspan dan al sy verdedigingsmeganismesin om die denkbeeldige bedreiging af teweer. ’n Sistemiese reaksie sorg dat kal-sium vrygestel word en deur die plantbeweeg, veral na dele wat ’n tekort magtoon.

Met die verhoogde beweging van kal-sium regdeur die plant word andervoedingstowwe outomaties ook betergesirkuleer, wat bydra tot sterker sel-strukture, beter groei en die opbou vandie plant se natuurlike weerstand.

Messenger se harpin proteïen helpook die plant se wortelstelsel om weer-stand teen aalwurm te bied. Die middelis in Amerika deur Cornell Universiteitontwikkel en deur Insect Science naSuid-Afrika gebring.

Nog ’n wapen in die stryd teen swam-siektes waarmee Technichem sy boeretoerus, is Abacus wat deur BASF ontwikkel is.

Abacus is veel meer as ’n gewoneswamdoder. Dit het twee aktiewe bestanddele, naamlik Piraklostrobien(Strobilirien) en Epoksikonasool(Triazool). Die swamdoder is ’n uitste-kende middel om noordelike blaarskroei,grysblaarvlek en roes (asook sekereander siektes) in mielies te beheer. Sojaboonregistrasie sluit in sojaroes en

Vir meer inligting oor Technichem ensy produkte, skakel die kantoor by056-343-3444 of Jan van der Merweby 079-732-6060. Besoek gerus ook die webwerf :www.technichem.co.za.Technichem bied boere die tegnologie om siektes te voorkom, opbrengste te

verbeter en winsgewend te boer!

sclerotinia en al die belangrikstegrassiektes is op die etiket. Die dosis viral die gewasse vir siektebeheer is 1 literper hektaar.

Die werking van Abacus berus opdrie pilare :1. Verhoogde doeltreffendheid in plant-

groei deur verbeterde fotosintese enbeter benutting van kunsmis.

2.Uitstekende siektebeheer van sigbaresiektes en lae-vlak of “sub-kliniesesiektes” wat nie gesien kan word nie.

3.Verhoogde spanningsverdraag-saamheid in swak weersom-standighede soos droogte, koue, haelen te veel reën.

Dit is die soort spesialiteitsprodukte watBoet Wienand en sy span toegewydeagente, in samewerking met BASF, trotsis om aan boere te bied.

Technichem rus boere toeDie gedagte aan Technichem het in1989 ontstaan toe die onttrekking vanShell se landbouchemiese afdeling ’nleemte gelaat het. Die maatskappy, metsy hoofkantoor in die hartjie van dielandbou-wêreld te Viljoenskroon, dryfvan 1991 af handel.

Technichem se produkreeks en ondersteuningsdienste het deur die jareuitgebrei as gevolg van die toewydingvan sy kundige personeel en agente,asook die ondersteuning van erkendemultinasionale en plaaslike maatskap-pye soos Monsanto, BASF, Dow, Villa,MASA en DuPont en verskeie ander verskaffers.

Jan van der Merwe, Technichem setegniese bemarkingsbestuurder, sê dieagente, wat die grootste deel van diesomerreëngebied van Suid-Afrika bedien, is altyd bereid om met boere tegesels oor hulle probleme en spesialebehoeftes en hulle kom gewoonlik met’n Technichem-oplossing na vore.

Soos Boet Wienand sê: “Dit is vir onsbelangrik om ons boere toe te rus metdie beste tegnologie en diens, sodathulle siektes kan voorkom, oeste kanverbeter en meer winsgewend kan boer.Sonder ons boere het niemand van ons’n toekoms in hierdie land nie.”

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za18

Veeboerdery

“Luister nou na my: Moenie brucel-lose opdoen nie. Nie jy of jou vrou

of jou kind, of jou werker of jou os ofesel nie.”

So het my dosent die dag sy lesingoor besmetlike misgeboorte of brucel-lose afgesluit. Dit het nogal geklink na een van die tien gebooie.

Twee jaar later het ek besef hoekomhy dit so benadruk het, ek het Brucellaabortus-besmetting opgedoen en baiesiek geword. En noudat daar ’n gevalvan Brucella melitensis in Sentraal-Transvaal gevind is, voel ek om dit soosdr Steyn ernstig te benadruk: Moenie ditopdoen nie!

Ons almal ken of het al gehoor vanbesmetlike misgeboorte of, soos diewetenskaplikes dit noem, Brucella abor-tus. Dit kom algemeen by beeste voor.

Die ekwivalent daarvan by skape enbokke word Brucella melitensis genoem.Die voorkoms daarvan was egter baieminder algemeen as besmetlike misge-boorte by beeste.

Vervolgens inligting betreffende Brucella melitensis: Lees dit gerus wantvolgens die Wêreldgesondheidsorgani-sasie is dit ’n baie belangrikediereparasietsiekte wat ernstige kliniesesiekte by mense kan veroorsaak, veelernstiger as wat die geval is met Brucella abortus.

Soos reeds in die inleiding genoem,word die siekte deur die bakterie, Brucella melitensis, veroorsaak.

BesmettingsroeteBesmetting vind hoofsaaklik plaas viadie slymvliese, veral van die boonstelugweë, en via die oogslymvliese. Besmetting via die slymvliese van geslagsorgane kan ook voorkom. Hoedie bakterieë hulleself in die liggaamvestig, hang af van die gasheer se ouderdom, immuunstatus en dragtig-heidstatus. Indien die dier dragtig is,versprei die besmetting na die baar-moeder, maar limfknope en ander organe (uier en milt) kan ook aangetasword. Volwasse diere word gewoonliklewenslank besmet.

Siektetekens van Brucella melitensis in kleinveeWanneer die woorde, besmetlike misge-boorte, gehoor word, is die eerste tekenwaaraan gedink word aborsies. By

Brucella melitensis is dit ook so. Diesiekte word gewoonlik in ’n kudde opge-merk en gediagnoseer as die ooie beginaborteer.

Daar word dikwels na verwys as ’naborsiestorm, wat beteken dat ’n grootpersentasie van die ooie aborteer. Ditgebeur gewoonlik gedurende die laatdragtigheidperiode van die ooie.

• Die nageboorte mag vassit.• Vaginale uitskeiding kom voor en dit

is hoogs besmetlik.• By manlike diere kan orgitis of

bybalontsteking voorkom.• Artritis kan ook voorkom in sowel

manlike as vroulike diere.

Verspreiding van die siekte bykleinveeKleinvee is kuddediere en wanneer eenooi lam, is daar gewoonlik ’n paar anderooie wat aan die lam kom ruik of lek. Indie geval van ’n geaborteerde lam doenhulle die besmetting op dié manier op.

Nageboortes wat vassit en vaginaleuitskeidings besmet ook die omgewing,voer en waterbakke.

Ooie versprei die siekte ook deur besmette melk en biesmelk aan lam-mers, wat tot volwassenheid draers vandie siekte bly.

Ramme wat orgitis of bybalontste-king het, kan die siekte deur middel vanbesmette semen versprei.

Verspreiding van die siekte by menseBoere en plaaswerkers het maar altydstukkende plekke aan die hande. Wan-neer hulle besmette dooilammers metdie kaal hande hanteer, doen hulle dandie besmetting op.

So ook is die geval wanneer ’n nage-boorte wat vassit met kaal hande uitgetrek word.

Dit kan ook gebeur ook dat druppelsvan besmette materiaal in die oë ofmond kan beland en so tot besmettingkan lei.

Die inname van rou (ongepas-teuriseerde of ongekookte) melk watbesmet is, is ook ’n oorsaak van besmetting.

Wat om te doen as ’n aborsiestormvoorkomDit is nou nie voorheen genoem nie,

maar onkunde is sekerlik ook een vandie redes waarom die siekte versprei,van dier tot dier en van dier tot mens.

Geen abortus moet ooit met kaalhande hanteer word nie. Probeer omander ooie van die abortus weg te houen verwittig onmiddellik die naastestaatsveearts. Indien jy nie diestaatsveearts ken nie, verwittig dienaaste veearts; hy of sy sal diestaatsveearts kan kontak of self uitkom.

Die veearts sal dan die situasie evalueer en indien hy of sy vermoed datdit besmetlike misgeboorte is, sal hy diesiekte volgens die betrokke wet by dietoepaslike direkteur aanmeld.

Deur die siekte aan te meld, kan ditgekontroleer en uiteindelik beheer wordvoordat dit deur die hele land versprei.

Wat om te doen indien potensieel besmette materiaal hanteer isDit is belangrik om te weet dat daar ookander oorsake van aborsies is, en niealmal is diereparasietsiektes nie. Indienbesmette materiaal sonder besker-mende toerusting hanteer is, moet diehande deeglik gewas word.

As tipiese griepsimptome ervaarword, moet ’n dokter geraadpleeg word.Bosluitbytkoors en malaria het soortge-lyke simptome.

Die siektetekens kan enige van dievolgende insluit of in kombinasiesvoorkom:Koors, nagsweet, kouekoors, erge hoof-pyn, gewrigspyne, veral by die knieë enelmboë, laerugspierpyn, algemeneswakheid en naarheid. Moenie uitstel assulke simptome voorkom nie: gaanspreek die dokter dadelik en noem datBrucella melitensis-besmette materiaalhanteer is.

’n Paar kommerwekkende dieresiektes het aan die begin van hierdiejaar kop uitgesteek. Twee van die siektes, Brucella melitensis enslenkdalkoors kan ook na mense oorgedra word met ernstige gevolge.Danksy tegnologie kan die siektes deur inenting voorkom word.

Voorkoming is al uitweg

Brucella melitensisdeur Leon Kruger, Veeartsenykundige tegnoloog: LNR Diereverbeteringsinstituut, Irene

Geen abortus moet ooit met kaal handehanteer word nie. Dit kan die gevolgvan Brucella melitensis wees wat ern-stige gesondheidsgevare vir die menskan inhou.

Foto: JC Kruger

ProAgri 132 - Januarie / January 2011www.proagri.co.za 19

Selfs die pragtigste skape kan die prooi van die gevreesde slenkdalkoors word asmuskiete wat die virus dra hulle besmet.

Slenkdalkoors slaan toe

Die gevreesde siekte, slenkdalkoors,het vanjaar reeds op ’n paar plekke

in die land uitgebreek. Die eerstebevestigde gevalle is by Grootbrakrivier,naby Mosselbaai, aangeteken.

Daarna is die boere in dieBronkhorstspruit-omgewing gewaarskudat slenkdalkoors op ’n plaas in dieomgewing uitgebreek het en kortdaarna is bevestig dat dit ook byWellington toegeslaan het.

Kundiges het ’n paar weke geledegewaarsku dat slenkdalkoors onafwend-baar gaan wees as gevolg van die nattoestande. Die siekte word deur muskiete oorgedra. Die virus tas skape,bokke, beeste en sommige wildsbok-spesies aan.

Dit kan ook aan mense oorgedraword wat in aanraking met die bloed ofliggaamsvloeistowwe van besmettediere of karkasse kom. 26 mense isverlede jaar aan slenkdalkoors dood.

Alle voorvalle van slenkdalkoors moetaan ’n staatsveearts gerapporteer word.Mense wat vermoed dat hulle die virusonderlede het, moet dadelik met ’n ge-neesheer in verbinding tree.

Mnr Willie Botha van OnderstepoortBiologiese Produkte sê hulle het baie

entstof vir diere in voorraad. Daar islewende en dooie entstof beskikbaar,asook die nuwe chloor 13-entstof. Diegroot voordeel van dié nuwe produk,wat sewe jaar geneem het om te ontwikkel, is dat dit ook aan dragtigediere toegedien kan word.

Mnr Botha sê baie boere het teen dieeinde van verlede jaar gehoor gegeeaan die oproep om hulle diere in te ent,maar tot dusver vanjaar was dit nog redelik stil. Die aanvraag het egter toegeneem na die eerste gevalleaangemeld is.

Hoe werk slenkdalkoors? Diere word aanvanklik besmet as hulledeur die muskiete wat die virus dra,gebyt word. Diere wat so besmet is, dradan die virus aan ander oor wat metgeaborteerde fetusse en besmette materiaal in aanraking kom.

Lammers en bokke jonger as tweeweke is baie vatbaar. Hulle word baiegou siek, gewoonlik binne 24 tot 72 uurna besmetting. ’n Hoë koors ontwikkel,hulle is lusteloos en verloor hulle eetlus.Tot 95% van aangetaste lammers kanvrek.

Aangetaste skape is lusteloos met ’n

Bronne: RPO Limpopo, Staatsveearts

Brucella melitensis (vervolg)

Die siekte kan ingewikkeld en kro-nies raak, en vinnige doeltreffende behandeling is van uiterste belang.

Om terug te gaan na die inleidingtoe: Moenie besmetlike misgeboorte opdoen nie, nie jy of jou werker of jounaaste of jou hond of jou esel of ietsvan jou naaste nie.

Tref voorsorg deur jou kleinvee metBrucella Rev 1-entstof te ent. Wees

hoë koors, traag om te loop, eet nie engooi op. Dragtige ooie aborteer en diefetus ontbind gou. Vrektes onder skapeis so hoog as tussen 15% en 30% entussen 40% en 60% van dragtige ooiekan aborteer.

By kalwers kom ligte kliniese tekensen 10% tot 15% vrektes voor. By volwasse beeste is die 10% tot 40%van aborsies soms die enigste siek-tetekens.

Slenkdalkoors kom gewoonlik in dielaat-somer voor as dit warm en dielugvogtigheid hoog is. Diere wat in diesomer in laagliggende dele by panne,vleie en damme wei, loop die grootsterisiko om die siekte te kry.

In Suid-Afrika raak mense gewoonlikbesmet deur regstreekse aanraking metdie slenkdalkoorsvirus wanneer hullenadoodse ondersoeke op besmetlikekarkasse of geaborteerde fetusse doenof in laboratoriums met die virus werk.Dit is veral veeartse, veeboere enplaaswerkers wat die gevaar staan ombesmet te raak.

Voorkoming en beheer:• Dit is nie prakties moontlik om die

muskiete wat die slenkdalkoorsvirusdra, uit te roei of te beheer nie.Daarom is die immunisering vanbeeste, bokke en skape die enigstepraktiese en werkbare beheermaat-reël.

• Die lewende entstof wat deur Onder-stepoort Biologiese Produkte gemaakword, kan in alle nie-dragtige beeste,skape en bokke gebruik word en geegoeie beskerming aan vee.

• Dragtige vee kan met die dooieentstof ingeënt word. Dit is egterduur en tydrowend om te produseeren het ’n raklewe van een jaar.

• Die nuwe chloor13-entstof kan ook virdragtige diere gebruik word.

• Die dra van beskermende klere wanneer nadoodse ondersoeke gedoen word, is uiters belangrik.

• Melk vir menslike gebruik moetgepasteuriseer word.

• Die toepassing van goeie insektebe-heer kan moontlik bydra tot voorko-ming van die siekte.

• Verskuif diere van laagliggende nahoërliggende dele en keer dat hullenaby vleie, damme en riviere weiwaar daar baie muskiete is.

net baie versigtig wanneer die entstofhanteer word; dit is lewende entstof enkan besmetting by die mens veroorsaak.

Gaan lees gerus die inligting geskryfdeur dr Sunelle Strydom (BVSc) op dieSAVC-webblad (www.savc.co.za). Geraadpleegde bronneBrucellosis in sheep and goats. 2001.European Commision: Scientific

Committee on Animal Health and AnimalWelfare (webtuiste). Beskikbaar byhttp://ec.europa.eu/food/fs/sc/scah/out59_en.pdf . Strydom, S. 2011. Brucellamelitensis – a forgotten disease?(SAVC-webtuiste) beskikbaar byhttp://www.savc.co.za. The Merck Veterinary Manual online version. 2008.Merck & Co. Inc. Whitehouse station,N.J.USA.

deur Annemarie Joubert

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za20

ProAgri 132 - Januarie / January 2011www.proagri.co.za 21

Kyk al die water…Al die reën wat van die begin van diejaar af geval het, het tot skouspel-agtige tonele gelei, maar ook tot tonelevan rampe en verwoesting. Tik dieskakels hieronder in om na die foto’s tekyk en berigte te lees:http://bit.ly/waterfotos http://bit.ly/waterskade

Styging in minimumlonePlaaswerkers se minimumloon styg op 1 Maart 2011 met 4,5%. Die styging isdeur die Departement van Arbeidaangekondig. Hoe raak dit jou? Leesmeer by: http://bit.ly/minimumlone

Wolboere glimlag breedDie wolmark het die jaar met ’n krag-toer begin en die aanwyser was na dietweede veiling 32% hoër as die ope-ningsvlak en amper 18% stewiger as op dieselfde veiling verlede seisoen: http://bit.ly/wolprys

Nuwe wetgewing bedreig die landbouVoorgestelde wetgewing met betrekking tot grondhervorming enverblyfsekerheid bedreig dievoortbestaan van die landboubedryf.Lees wat sê TLU SA daaroor:http://bit.ly/nuwewetgewing

Safex toon ’n 12% styging in 2010Al hoe meer boere maak van Safex gebruik om prysrisiko te verminder.Lees meer daaroor deur die volgendeskakel in te tik:http://bit.ly/safexstyg

Boere word beroof deur roofdiereBoere en die Wes-Kaapse omgewings-owerheid is deur die provinsiale minister van landbou aangesê om ’noplossing vir die roofdierprobleem voorte lê. Roofdiere veroorsaak jaarliks R1,4miljard skade aan die bedryf.http://bit.ly/roofdiere

Boer in GeorgiëSuid-Afrikaanse boere staan letterlik touom meer uit te vind oor landbougeleent-hede in Georgië. Besoek www.boers.gevir meer inligting of volg hierdie skakel:http://bit.ly/boerdaar

Wat ’n skors(ie)!Kyk gerus hoe lyk Hercules Smit sereuse skorsie wat in sy groentetuinopgeskiet het. Onthou ook die Goliat vanGat-feeste waar vanjaar se grootstepampoen gekroon gaan word. Die hoof-fees in Pretoria is op 26 Maart by die Pioniersmuseum in Silverton: http://bit.ly/skorsie

Werfnuus: www.proagri.co.zaProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvolnuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg dieskakels om spesifieke artikels en berigte te lees:

Successful meat goat production – Albie Horn

DVS uitgegee deur KejafaKnowledge Works

Dit is ’n baie goeie gedagteom by iemand te leer wat nienet boekekennis het nie,maar ook in die praktykstaan. Die sukses van hi-erdie produksie lê daarin datdie aanbieder sy onderwerpken en dat ’n mens letterlikkan sien waarvan hy praat.

Dit is ’n produksie sonderenige fieterjasies – ’n boer op syplaas wat oor sy boerdery praat en demonstreer wat hy bedoel.

Die inligting is duidelik bedoel as inleidend vir iemandwat met vleisbokke wil begin boer en raak verskeie aspektevan vleisbokboerdery aan.

Sommige mense mag dalk die effense gestoei met dieEngelse grammatika en die uitspraak ’n bietjie steurendvind (ons hoop die Afrikaanse weergawe is ook op pad!),maar op stuk van sake gaan dit oor die inligting.

Albie Horn is ’n man wat sy bokke ken. Hy is veral bekend as vestiger van die Kalahari Red-ras.

Die videoproduksie begin met ’n bekendstelling van dieverskillende vleisbokrasse wat almal ewe tuis lyk op Albiese plaas naby Kuruman.

Daarna word onderwerpe bespreek soos behuising enhanteringsgeriewe, hoe ’n ooi en ’n ram veronderstel is omte lyk, teling en lamtyd, siektes en hoe om dit te behandelen te voorkom, voedingsvereistes en laastens bestuur en bemarking.

Daar is baie interessante wenke en praktiese demon-strasies wat bokboerdery aansienlik makliker kan maak,soos hoe om te verseker dat bokke wat nuut in ’n distriksoos die Bosveld inkom, gouer die nodige weerstand-biedende mikro-organismes opbou. Slag ’n aangepaste boken meng die inhoud van die rumen met die nuwe bokke se voer – sodoende kry hulle sommer gou die nodige bakterieë in.

Die tuisgemaakte kopklamp en die gebruik van ’ngewone snoeiskêr om hoewe te knip, laat dit lyk of vleis-bokboerdery binne die gewone man se bereik is.

Successful Meat Goat Production – Albie HornBestel by www.kejafa.co.za of by 014-577-005 teen R250

Agrikyk & Lees

Al wat jy hoef te doen: Kry ProAgri op Facebook/Bakkiesblad en“Laaik” (like) ons.

(’n Mens vind ProAgri maklik deur in dieboonste soekspasie vir “ProAgri” te soek.)Prystrekking vind op 15 Februarie plaas en die wenner sal per Facebook/Bakkiesblad laat weet word.

Wen Successfull meat goat

production deur een keer met jou muis te klik!

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za22

gevoelens nie so vrye teuels te gee nie.Ek is bly om uit jou brief te verneem

dat jy die stuk varkwors toe maar gaankoop het en die straat afgemeet het.Ons Steyns is verstandige mense. Houmaar moed. Slegte moed, sê hulle, komvanself. Dit sal nie lank duur nie. Neteen van die dae trek jy ook soos hulleaan, loop jy ook slenter-slenter hand indie broeksak, kry jy die egte tropruik endan stoot die ander jou nie meer nie.

Dis maar stil hier op die plaas vandatjy weg is. Maar jou ma is reg. Jy moetook kans kry, nie soseer omboekgeleerdheid op te doen soos sy wilhê nie, maar om mense te leer ken.Miskien kry jy vir albei daar in dieBoland kans.

Maar as jy nie vir albei kans sien nie,los dan maar liewer die boeke. Vir ’nman soos jy wat nie met sy kop hoef teverdien nie, is daardie baie boek-geleerdheid onnodig.

Ek kom nou weer bedags op diestoep. Die stootkarretjie wat jou ma laatkom het, is ’n groot gerief en hier bovan die stoep af kan ek darem op ’nmanier sien wat op die plaas aangaan.

Die bediende bring koffie. Jou makom by my sit en kouse stop. As diegesels opraak, lees ek. Maar selfs dielees word naderhand vervelig, en noudie dag wou jou ma weet waarom ek niemaar af en toe skryf nie. Sy sê ’n manwat lekker vertel, behoort ook lekker tekan skrywe.

Vir daardie te-boek-stel van my ondervindinge waarvan sy praat, het ekregtig nie lus nie; ook nie die daartoenodige vaardighede met die gansveernie. Om die waarheid te sê, as ek so ’nruk geskryf het, word die ou hand som-mer so lam hier tussen die duim en dievoorvinger.

Jammer darem, want my spore lêver: die kaiingbulte oor tot onder opOnseepkans; van Upington af ál met die

Aan Jannie

Die breedte van ’n woelige hoofstraatmet ’n stuk varkwors afmeet, is mossommer ‘n gevaarlike besigheid!

Jou ma voel net omgekrap daaroor.Sy sê dis ’n skandaal dat sulke ontgroeningseremonies of wat julle diedopery daar op die universiteit ooknoem, deur die professore toegelaatword.

Vir my is daardie ontgroening-affêrenie onnatuurlik nie. Het jy al opgemerkas jy ’n vreemde bees onder ’n tropplaasbeeste inja dat die laaste plaas-bees dadelik met gekromde rug naderstaan?

As die vreemdeling vlug, gaffel hullehom in die verbyspring met die horings;as hy hom teësit, pak hulle hom aan. Ofhy nou mak is of wild is, oud of jonk,wit of swart, as hy maar vreemd is,word hy gestamp en gestoot en met diehorings gesny dat die houe oor syribbes lê.

By Joors Smit Mieliebult, op dieplaas, was ek eendag toe die ou ’nvarkie wat hy van ’n swarte gekoop het,onder sy vetmaakvarke inja.

Die ou varkie was half hans en somak en onnosel as maar kan kom. Maarhy was skaars in die vetmaakkamp ofdie hare waai soos die ander hom metdie slagtande byloop. Ou Joors wasmaar verplig om die ding uit te haal;anders was hy morsdood.

Hoe meer uitgelate so ’n trop diere,hoe swaarder kry die nuweling. Daaromdat hy dit so hotagter het daar by jullewat so in die fleur van julle leeftyd is.

As die droogte kom en die wêrelddruk, bedaar die beeste. Maar selfs bydie oudste en verstandigste onder onsmaak onbekend nog steeds onbemind.Die stampe en stote van die lewe maakons net versigtiger; leer ons net om ons

Molopo op; van Mamusa afMorokwen oor die Kalahariin; van Uitenhage na Brek-fisvlei en daarvandaan dieberge deur tot diep in diekapok op Barkly-Oos;Madeagam, Motsitlane endie konvensielyn oor… tevoet, te perd met kar endonkies, kar en muile, karen perde; met ysterbande om die wiele,met motorbande om die diewiele; naderhand glad permotor. Wat het die weeldetog nie in my leeftyd toege-neem nie!

Ek het geboer engespekuleer; skape enbeeste gekoop en verkoop;perde, muile, donkies; geldgemaak, geld verloor;beeste uit Suidwes deur diewoestyn geja Vryburg toe;troppe-troppe uit die Protektoraat gesmokkel enop Ramatlabama gaan laai…

Dit is half jammer dat ek so ’n hekelaan die gansveer het.

As ek dan regtig te lui is om my ondervindinge te boek te stel, sê sy,moet ek darem skryf en my seun vertelwaar sy pa hom oral vasgeloop het. Dansal my seun van my ondervinding leer.

Maar jou ma verstaan die mensdomnie. Al sou ek jou ook waarsku teen diebalk waarteen ek my kop gestamp het,sou jy tog maar eendag jou eie kop teendaardie einste balk gaan probeer, al soudit maar wees om te sien of die balkwerklik so hard is en of dit nie maar joupa se kop is wat so sag was nie.

Augus het vanmôre lank hier by mystaan en gesels. Hy het die saak nieeintlik aangeroer nie, maar ek kon sommer sien dat die rustige lewe hierop die plaas, die lank op een plek blysit, die ou begin te verveel. Hy verbeelhom dat dit net sy oubaas se siekte iswat hinder; anders sou ons twee diemuile weer ’n slag aankeer.

Ek weet ook nie so bra of hy dit mishet nie. ’n Mens is maar snaaks. Dis ongerieflik op die wapad. Jy is nader-hand maar vader-dankie-bly om weerby die huis te wees. Maar jy is skaarsuitgerus of die wêreld begin vir jou nouword en jy dwing alweer die wapad in.

Daarom dat ek afgesien het van myplan om jou ’n slag met Augus dieNoord-Weste in te stuur. Dis miskienbeter as jy nie van die wapad weet nie.’n Boer moet kan stilsit. Sy plek is by syvee. Ver van jou goed en na aan jouskade, sê die oumense, en verdraai “Vervan jou God en na aan jou skande”.

Maar hulle weet waar hulle van praat.Die boer se spoor op die land is togmaar die beste kunsmis. Dis die baas seoog wat die hings vetmaak, nie die opdrag wat hy aan die staljong gee nie.

Boerdery is een van die sterkste voedingsare en stewigste hoekstene van ons letterkundigeskatkis. Dit bewys dat die boer nie net voedsel vir die liggaam produseer nie, maar ook

voedsel vir die gees.Dit is geen wonder nie, want boerdery is die bedryf wat die reguitste denke, die taaiste

terugspringkrag en die suiwerste siel vereis van dié wat met hom gemoeid is. Boerdery biedook die verstommendste verwondering en die onverbiddelikste eis om nederigheid – alles diemateriaal waarvan die grootste letterkunde geskep word.

Een van die kosbaarhede wat boerdery in ons letterkunde gevestig het, is Aan Jannie,briewe van ’n ou boer aan sy jong seun op universiteit. Hierdie boek is in die veertigerjarevan die vorige eeu uitgegee, maar die wysheid en pittigheid daarin is tydloos.

In die voorwoord skryf “Jannie” oor sy pa se briewe: “As ek party van die stukke sobeskou, lyk dit of hy maar sy gedagtes oor sake wat ek aangeroer het, vir my op skrif woustel. Aan ander stukke te oordeel het hy maar, pen in die hand, aan die oopwêreld sit endink, waarna hy al hoe meer en meer verlang het namate sy kragte afgeneem het en hybegin besef het dat hy en Augus die muile nooit weer sou aankeer en inspan nie.”

Goeie nuus vir ons lesers is dat die hele boek, Aan Jannie, voortaan stuksgewys op onswebwerf, www.proagri.co.za, gepubliseer sal word.

Jou liefhebbende vader

Aan Janniedeur GC en SB Hobson, uitgegee deur JL van Schaik (Bpk), Pretoria

Hier is die eerste brief as ’n lusmaker.

ProAgri 132 - Januarie / January 2011www.proagri.co.za 23

Nare waarheid

Hennie: “My droom is om ’n multi-miljoenêr te wees. Nes my pa.”Heinie: “Is jou pa ’n multi-miljoenêr?Hennie: Nee, maar hy droom daarvan.”

Kille logika

Fortuinverteller 1: “Dis aangename weer wat ons deesdae het, nè.”Fortuinverteller 2: “Ja, dit laat my dink aan die somer van 2055.”

Op ’n lentedag begin die slak teen die stam vandie appelboom opklim. ’n Mossie draai na sy maaten sê: “Kyk hoe onnosel is daardie slak. Hy klimteen die boom op en daar is nie eers appels aannie.”Die slak hoor wat hy sê en antwoord: “Toe maar,teen die tyd dat ek bo kom sal daar appels wees.”

Eina!

Die boer se boekhouding was in ’n chaotiese toestand. Hy vra ’nboekhouer om daarna te kyk.“Dis nie te erg nie,” sê die boekhouer. “As jy my R2 000 betaal, salek al die probleme van jou skouers af neem.”“Goed,” antwoord die boer. “Dis ’n ooreenkoms,” en hy begin deurtoe stap.“Waar’s my R2 000?” vra die boekhouer.“A,” antwoord die boer: “Dis jou eerste probleem.”

Werksoeker: “Hoeveel geld sal jy my betaal?”Boer: “Vierhonderd rand per week.”Werksoeker: “Vierhonderd rand per week? Dis ’n belediging!”Boer: “Goed, ons maak dit dan vierhonderd rand per maand, danword jy darem nie so dikwels beledig nie.”

Nonsensies

Wat het agt bene, twee arms, twee vlerke en drie koppe?– ’n Man op ’n perd met ’n hoender onder die arm.

Wat het die een spinnekop vir die ander spinnekop gesê?– Welkom op my webwerf.

Wat noem jy ’n koei met losse sedes?– ’n Melktert.

O, so manierlik

Die boer betrap twee knape wat oor sy plaas loop: “Haai, besef julledat julle oortree? Het julle nie die kennisgewing gesien nie?”“Ja Oom,” antwoord die een, “maar heel bo-aan staan ‘Privaat’ entoe wou ons nie verder lees nie.”

Hulle sê

Hulle sê oor-, neus- en keelspesialiste se benaming vir mangels isglo kontantgewasse.

Hulle sê daar is honde wat kan praat, maar dit is niedie waarheid nie. As ’n hond vir jou sê hy kan praat,dan lieg hy.

Hulle sê intuïsie is ’n vrou se vermoë om haar man teweerspreek nog voor hy iets gesê het.

Speel saam en wen ’n musiekpieringStuur jou grappie of pittigheid saam met jou naam, adres en telefoonnommer en gemerk, Agrilag, aan [email protected] insender van die beste bydrae ontvang ’n musiekpiering van Thys die Bosveldklong.

agrilag

deur Dom Boer

AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landbou toerus�ng by mekaar uit te bring. Veeveilingsadvertensies in AgriTrader lok wye reaksie uit, probeer dit gerus.

Vir die bekos�gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel:

Stefan van Wyk (Bloemfontein) 082-381-7563 | 051-446-0789 [email protected] Rall (Pretoria) 083-227-4333 [email protected]

AgriTrader Advertensiediens vir die boerAdvertising service for the farmer

60 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za24

AgriGids

AgriG

ids

ProAgri 132 - Januar ie / Januar y 2011 25www.proagri.co.za

AgriGids

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za26

AgriG

ids

Gen

eGids

ProAgri 132 - Januar ie / Januar y 2011 27www.proagri.co.za

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 www.proagri.co.za28

Gen

eGids

Veilin

gs

Veilin

gs

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 29www.proagri.co.za

Veilin

gs

ProAgri 132 - Januarie / January 2011 29www.proagri.co.za

Veilin

gs

ProAgri 131 - Desember / December 2010 27www.proagri.co.za