13
MOSIES Me Astrid van Oostveen verjaar Dinsdag, 22 Augustus en mev Marie Boshoff verjaar Donderdag, 24 Augustus. Baie geluk! Mnr. Christo en mev. Annelize du Rand se dogter was in die hospitaal. Baie sterkte. SKOOLGELD Baie dankie aan ons ouers wat gereeld hul skoolgeld betaal. U vorm die ruggraat van ons skool. Daar is ongelukkig heelwat ouers wat nie gereeld betaal nie en dit veroorsaak dat ons nie die skool effektief kan bedryf nie. Ons werk met ’n begroting en indien die skoolgeld nie inkom nie skep dit probleme. Elkeen wil graag vir sy kind die beste gee en dit sluit tog hul skoolopvoeding in. Ons doen ’n ernstige beroep op die van u wie se skoolgeld agterstallig of uitstaande is, om asseblief ’n groot poging aan te wend om u skoolgeld op datum te kry. Soos enige besigheid is ons afhanklik van u om die skool effektief te bedryf. Onthou asseblief dat u bydrae deel vorm van die suksesverhaal van HTS John Vorster. Elke sent word teruggeploeg in u kind se onontbeerlike opvoeding. Die JV’s maak staat op u! BLOU BULLE RUGBYSPAN Eon du Prees is gekies vir die o/14 Blou Bulle rugbyspan. Baie geluk! Henco du Plessis is gekies vir die o/15 Blou Bulle rugbyspan. Baie geluk! WISKUNDE LENTESKOOL Daar sal ‘n lenteskool in 2017 vir die gr 10 & 11- Wiskunde leerlinge gehou word op 2-3 Oktober. Die doel van die lenteskool is om volledige hersiening te doen van die jaar se werk, met die oog op die eindeksamen. Geen nuwe werk word behandel nie. Daar is egter nie tyd vir hersiening in die kwartaal nie, as gevolg van ‘n te vol kurrikulum. Kostes R300 per leerder. GEDAGTE VIR DIE DAG ‘n Doelwit sonder ‘n plan is slegs ‘n wens. JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No22/2017

SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

MOSIES

Me Astrid van Oostveen verjaar Dinsdag, 22 Augustus en mev Marie Boshoff verjaar Donderdag, 24 Augustus. Baie geluk!

Mnr. Christo en mev. Annelize du Rand se dogter was in die hospitaal. Baie sterkte.

SKOOLGELD

Baie dankie aan ons ouers wat gereeld hul skoolgeld betaal. U vorm die ruggraat van ons skool. Daar is ongelukkig heelwat ouers wat nie gereeld betaal nie en dit veroorsaak dat ons nie die skool effektief kan bedryf nie. Ons werk met ’n begroting

en indien die skoolgeld nie inkom nie skep dit probleme.

Elkeen wil graag vir sy kind die beste gee en dit sluit tog hul skoolopvoeding in. Ons doen ’n ernstige beroep op die van u wie se skoolgeld agterstallig of uitstaande

is, om asseblief ’n groot poging aan te wend om u skoolgeld op datum te kry. Soos

enige besigheid is ons afhanklik van u om die skool effektief te bedryf.

Onthou asseblief dat u bydrae deel vorm van die suksesverhaal van HTS John Vorster. Elke sent word teruggeploeg in u kind se onontbeerlike opvoeding. Die JV’s

maak staat op u!

BLOU BULLE RUGBYSPAN

Eon du Prees is gekies vir die o/14 Blou Bulle rugbyspan. Baie geluk!

Henco du Plessis is gekies vir die o/15 Blou Bulle rugbyspan. Baie geluk!

WISKUNDE LENTESKOOL Daar sal ‘n lenteskool in 2017 vir die gr 10 & 11- Wiskunde leerlinge gehou word op 2-3 Oktober. Die doel van die lenteskool is om volledige hersiening te doen van die jaar se werk, met die oog op die eindeksamen. Geen nuwe werk word behandel nie. Daar is egter nie tyd vir hersiening in die kwartaal nie, as gevolg van ‘n te vol kurrikulum. Kostes R300 per leerder.

GEDAGTE VIR DIE DAG

‘n Doelwit sonder ‘n plan is slegs ‘n wens.

JV-NUUS

Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2

Rietfontein

Webblad: www.htsjv.co.za

No22/2017

Page 2: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

WERKSGELEENTHEID Tshwane Junior tegnikus posisie

Vereistes: * Manlik; hardwerkend en netjies; ouderdom: 18-25 jaar; geldige bestuurderslisensie . (Kode 8 / Kode 2) * Lees en skryf Engels en Afrikaans; kennis van enjins en enjin bedrading * Moet in die Pretoria-area woon

Opleiding sal voorsien word. Gebied – Pretoria Salaris – Onderhandelbaar

Faks CV na 012 331 5827 of E-pos na [email protected] Voorraad kontrole posisie Vereistes: * Vroulik; hardwerkend en netjies; ouderdom: 18-25 jaar; geldige bestuurderslisensie (Kode 8 / Kode 2) * Lees en skryf Engels en Afrikaans * Moet in die Pretoria-area woon * Matriek sertifikaat Opleiding sal voorsien word. Gebied – Pretoria E-pos CV na [email protected]

KRIEKET

o/15B vs Curro Roodeplaat Curro kolf eerste en behaal 67 lopies in 20 beurte. Daarna kolf JV en behaal 68 lopies vir die verlies van 4 paaltjies.

JV wen die wedstryd met 6 paaltjies. Beste kolwers: Bendre Ocallegham met 25 lopies

Teagan Turner met 16 nie uit nie lopies o/15A vs H/S Hartbeespoort JV kolf eerste en behaal 124 lopies vir die verlies van 7 paaltjies in 20 beurte. Daarna kolf Hartbeespoort en behaal 128 lopies vir die verlies van 2 paaltjies.

Hartbeespoort wen die wedstryd met 8 paaltjies.

Beste kolwers: Julian Duvenage met 33 lopies van 29 balle Keanen McCarthy met 30 lopies van 26 balle Ronan Pretorius met 27 lopies van 20 balle

Beste boulers: Keanen McCarthy neem 1 paaltjies vir 12 lopies in 4 beurte Leonard Marren neem 1 paaltjies vir 16 lopies in 4 beurte AD Green neem 0 paaltjies vir 16 lopies in 4 beurte

Page 3: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

o/14AB vs H/S Hartbeespoort JV kolf eerste en behaal 179 lopies vir 5 paaltjies in 20 beurte. Daarna kolf Hartbeespoort en behaal 109 lopies vir die verlies van 8 paaltjies. JV wen die wedstryd met 70 lopies

Beste kolwers: Wian Nortier met 103 (nie uit nie) lopies van net 51 balle Beste boulers: Michael Haurts neem 1 paaltjies vir 10 lopies in 3 beurte

Andre du Preez neem 1 paaltjies vir 14 lopies in 4 beurte Jordan Holder neem 1 paaltjies vir 12 lopies in 2 beurte

1ste vs HS Hartbeespoort HS Hartbeespoort kolf eerste en behaal 225 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in 42 beurte. Daarna kolf HTS JV en behaal 147 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. HS Hartbeespoort wen die wedstryd met 77 lopies Beste kolwers: Kyle van Schalkwyk met 58 lopies van 53 balle

Paul Barnard met 29 lopies van 18 balle Beste boulers: Thinus du Toit neem 3 paaltjies vir 14 lopies in 4 beurte

Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte

2A vs Hillview High HTS JV (skool) kolf eerste en behaal 204 lopies vir die erlies van 4 paaltjies. Daarna kolf HILLVIEW (skool) en behaal 30 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. JV wen die wedstryd met 174 lopies. Beste kolwers: Teuns Du Plessis met 113(nie uit nie)

Christiaan v Schalkwyk met 21 lopies Beste boulers: Ashleigh Titus neem 7 paaltjies vir 15 lopies in 4 beurte Marcel Gouws neem 2 paaltjies vir 4 lopies in 2 beurte o/14B vs H/S TUINE HS Tuine kolf eerste en behaal 199 lopies vir 4 paaltjies in 20 beurte. Daarna kolf JV en behaal 63 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. HS Tuine wen die wedstryd met 136 lopies Beste kolwers: Ruan Colbert met 28 lopies Beste boulers: Olden Van Rensburg neem 2paaltjies o/14A vs H/S Hendrik Verwoerd JV kolf eerste en behaal 175 lopies vir 6 paaltjies in 20 beurte. Daarna kolf HVW en behaal 63 lopies vir die verlies van 10 paaltjies. JV wen die wedstryd met 112 lopies Beste kolwers: Hendre Breedt met 66 lopies van net 34 balle Beste boulers: Michael Haurts neem 4 paaltjies vir 12 lopies in 4 beurte

Page 4: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

MATRIEKSERTIFIKATE 2016

Die matriekgroep van 2016 se matrieksertifikate is by die skool se administratiewe kantoor beskikbaar vir afhaal.

KULTUUR Daar was ‘n goeie opkoms vir die kultuurdag en ons wens graag die wenners van die onderskeie afdelings geluk. Hulle is: Drama 1ste plek: Dewald Megit, Francois Breedt, Chevan Meiring, Xander Bezuidenhout en Abrie van Wijk 2de plek: 3de plek: Rhyne Murray Lané Smit Visuele Kuns 1ste plek: 2de plek: 3de plek: Amoré la Grange Maretha Wolmarans Hanno Murray Instrumentaal: 1ste plek: 2de plek: 3de plek: Ouinton Bekeur Kelvin Pretorius JP van Rooyen en Enrique Breeze Sang 1ste plek: Abrie van Wijk, Dewald Megit en Enrique Breeze

GRAPJAS

Koos kom huis toe met ‘n nul op sy rapport vir geskiedenis. Groot Koos is baie kwaad, en gaan sien die onnie. “Mnr wat is dit die dat jy my seun ‘n nul gee vir geskiedenis?” “Meneer van der Merwe, wat sou jy hom gegee het as hy nie eens weet Jan van Riebeeck is dood nie?” “Man Meneer”, verduidelik Groot Koos, “Ons bly in Brakpan, ek het dan nie eens

geweet die ou is siek nie!”

TUINRUBRIEK

Kyk deeglik na jou potplante gedurende die winter.

Winter bring gewoonlik peste vir jou potplante. Potplante in die huis is gewoonlik die laaste plek waar ons sal kyk vir peste en plae. Ons sal veel eerder vlooie op die hond soek as wat daar plantluise op die kanttafel opgemerk word. Ons kyk natuurlik die Scheffleraplant mis wat rustig in die hoek van die sitkamer staan.

Drie redes waarom peste op potplante gedurende die winter vermeerder: Potpante wat gewoonlik op die stoep staan gedurende die somer, word nou na

binne geneem en dra dan hul ongenooide gaste saam.

Page 5: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

Sommige mense sal potplante gedurende die winter koop en nie besef dat die plante reeds besmet is nie, en sodoende bring jy peste in die huis in wat dan die ander potplante aansteek.

Droër winterklimaat in die huis is ideaal vir spinnekopmyte en kan vinning vermeerder tot ‘n plaag.

Hoe weet ek my plante is besmet? By uitsondering van ons gevlerkte peste, soos witvlieg, sal peste nie die plant verlaat tensy die plant gevrek het of per ongeluk gestamp word nie. Gewoonlik kruip hierdie peste aan die onderkant van die blare weg, die bokant van die blare lyk nog gesond. Daar moet van nader gekyk word om die peste raak te sien. Gebruik ‘n vergrootglas en

‘n flits as jy sukkel om hulle raak te sien. Voeding. Voer potplante net Nitrosol, ‘n blaar-en-plantvoerder, elke veertien dae in die winter en weekliks in die somer. Vul potte op met grond en sny dooie materiaal af wanneer die somer begin.

JV’s GEE OM

Ons doen graag ‘n beroep op u om betrokke te raak by die volgende: Ons hou 19 Augustus 2017 `n "TIREFLIP" event. In kort: dit is `n fondsinsameling vir Janhu, gebore met `n gespelete verhemelte en lippie. Die medies betaal nie vir die operasie nie, dit is volgens hulle kosmeties... Sien asseblief aangeheg hoe jy betrokke kan raak: 1. Borge vir die event: pryse of koop `n spasie op die T-Hemp wat elke deelnemer gaan kry. 2. Skryf `n kompeterende span of `n sosiale span in vir die dag. 3. Kom stal jou besigheid uit op die dag of verkoop iets teen R 150/ stalletjie. 4. Of gee `n donasie vir Janhu se operasie.

Page 6: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

FURY-MOTORKOMPETISIE

Ons jaarlikse motorkompetisie waar u vir slegs R10 (dis minder as ‘n brood se

prys!) die kans staan om ‘n splinternuwe Mazda 2 te wen, kom 20 September tot ‘n einde.

Ons mikpunt vanjaar is dat elke leerder ten minste twee boekies (20 kaartjies) moet verkoop. Indien u ons nog nie hierin ondersteun het nie, doen ons weereens ‘n

beroep op u om tog te poog om die kaartjies te verkoop. Ons sal u samewerking hoog op prys stel! Baie dankie aan almal wat reeds help om hiervan ‘n sukses te

maak!

EKSTRA WISKUNDEHULP BOEKE

Wiskunde – Ekstrahulp boeke en vraestelle

1. Eksamenhulp Graad 8 – 12 examinationaid.co.za 012 365 1824 Maandag – Vrydag 9am – 4 pm

2. System Maths Graad 8 – 12 systemmaths.co.za 012 460 3907 [email protected] Maandag – Donderdag: 8am – 4pm Vrydag: 8am – 3pm

3. Die Antwoordreeks Graad 8 -12 theanswer.co.za 021 671 0837 [email protected]

Al drie hierdie boeke is baie goeie hersiening vir eksamen en toetse. Dit is ook beskikbaar by PNA en ook by sommige CNA-winkels.

4. Departementele vraestelle www.education.gpg.gov.za Kies hier “learners”. Alle vraestelle wat deur departement opgestel is, is hier gelaai.

SAAMRYGELEENTHEID

Benke Zeelie is beskikbaar om te help met vervoer van en na skool en na sportbyeenkomste. Kontak haar vir verdere besonderhede by [email protected] of Whatsapp of skakel 061 248 8226.

Saamrygeleentheid gesoek – middae vanaf skool na Gezina, 8ste Laan x 2 kinders asb. Kontak asb vir Michelle Watkins op 084 688 9111 of [email protected].

Saamrygeleentheid gesoek in middae na Karel Trichardtstraat, Mountain View, kontak Hannelie by 076 978 5020.

Enigiemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf Grootfontein/Moreletta Park kontak asseblief vir Moira du Plessis by 061 815 5658 of Andries du Plessis by 084 689 3157 of e-pos [email protected].

Page 7: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS

Siekte-eksamen / -toetsrëelings het so toegeneem dat dit haas onmoontlik geraak het om dit te hanteer. Dankie aan die ouers wat die rëeling getrou gevolg het en die werk makliker gemaak het.

Die bestuur het egter besluit om die rëeling te verander om die logistiek in terme daarvan te verbeter. Rëelings werk vanaf 24 Julie 2017 as volg:

1. ‘n Leerder wat met ‘n wettige rede afwesig was dien die stawende dokumente bv ‘n

doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke vakonderwyser in. Die vakonderwyser sal dan vir die leerder ‘n punt bereken met in ag neming van die leerder se punte wat hy/sy

reeds behaal het in vorige opdragte asook die gemiddelde persentasie wat die graadgroep vir die bepaalde opdrag (waartydens die leerder afwesig was) behaal het. NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE eksamen/toets wat die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te laat oorskryf, indien die vakonderwyser die leerder se kennis in terme van bepaalde werk wil toets.

2. Indien die leerder nie binne ‘n week na die afwesigheid die dokumente indien nie sal die

leerder nul vir die bepaalde opdrag kry.

3. Bogenoemde rëelings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke klasvoog die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie.

4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-punt vir ‘n

bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die opdrag kry en ook aan dissiplinêre aksies onderwerp word.

Ons vertrou dat bogenoemde rëelings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou. Indien daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer as welkom om me Dowd enige tyd by die skool te skakel.

FONDSINSAMELINGS

Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n gedeelte terug. Total Totiusdal het ‘n lojaliteitskaart bekend gestel. Wanneer u weer daar brandstof ingooi, vra vir die strokie waarop u kan registreer vir die kaart, wat u dan gee wanneer u brandstof ingooi. Die skool ontvang dan ‘n gedeelte terug.

My School Gebruik u MySchool kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n

persentasie en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n

aansoekvorm by die algemene kantoor kom afhaal.

Makro Daar is ‘n moontlikheid van twee opsies: Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.

Page 8: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van ‘n

rabat. Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die kaart

aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle aankope wat u by Makro maak, die rabat ontvang.

BlitsElektries Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle dit kan aanteken, die skool ontvang krediet. PnP Die PicknPay Waverley hou weer ‘n kompetisie waarin die wenskool R30 000 kan wen, die tweede plek R14 000, die derde plek R8 000, die vierde plek R4 000, die vyfde plek R3 000 en die sesde plek R 1 000. Ondersteun ons asseblief deur u strokie in die houer gemerk HTS John Vorster, te gooi.

Page 9: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

TOETSROOSTER

DATUM EN TYD GRAAD 8 GRAAD 9 GRAAD 10 GRAAD 11 GRAAD 12

21 Augustus 12:45 – 13:55 AFR Skryf NW IGO

FW TEORIE TWET TEORIE

FW PRAKTIES

24 Augustus 12:45 – 13:55

WISK V1 WISK V1 Ekstra klas 10/1 Afr N Prinsloo

Ekstra klas 11/2-3 TW J Swart 11/1 Wisk vd Merwe 11/5 Afr Geyser

RE

KO

RD

EK

SA

ME

N

28 Augustus 12:45 – 13:55 EBW TEG

Ekstra klas 11/1 Afr Neveling 11/5 TWis J Swart 11/3 Afr vd West

31 Augustus 12:45 – 13:55

IGO EBW WISK 1 TEG WISK 1

TEG

4 September 12:45 – 13:55 NW ENG IGO

7 September 12:45 – 13:55 AFR Skryf

ENG

ENG

11 September 12:45 – 13:55

WISK V2 SK

FW TEORIE

TWET TEORIE

WISK 1. TEG WISK 1

14 September 12:45 – 13:55

SK SW WISK 2

TEG WISK 2

FW PRAKTIES TWET TEORIE

18 September 12:30-13:45

AFR Taal WISK V2

Ekstra klas 10/3-4 TWisk Roach 10/5 TWisk Bodenstein

Ekstra klas 11/1 Wisk vd Merwe 11/5 TWis J Swart

21 September 12:45 – 13:55

ENG AFR Taal FW PRAKTIES TW TEORIE

AFR

29 September 08:15 - 09:15

SW IGO AFR WISK.2 TEG WISK 2

Leerders skryf in voogklasse aan die einde van die dag vanaf 12:30 tot 13:55. Voogpersoneel hou toesig. GR 10 tot -12 IT skryf in die middag soos gereël met die leerders.

Gr 8 Tegnologie skryf 28 AUGUSTUS gedurende klasperiodes soos gereël met leerders.

Gr 9 Tegnologie skryf 29 AUGUSTUS gedurende klasperiodes soos gereël met leerders

Page 10: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

SOLIDARITEIT HELPENDE HAND

Ons het die volgende skrywe ontvang en gee dit deur vir die van u wat belangstel: Geagte Ouer Ons is tans in samewerking met Solidariteit Helpende Hand besig met ‘n fondsinsamelingsprojek by die skool.

Graag deel ek met u eers ‘n bietjie agtergrond in verband met Helpende Hand en die voordele van lidmaatskap

1. Solidariteit Helpende Hand is in 1949 gestig om die armoedeprobleem onder Suid-Afrikaners op daardie tydstip aan te spreek.

2. Deesdae fokus Solidariteit Helpende Hand op armoedeverligting en die voorkoming van armoede in hulpbehoewende gemeenskappe, veral onder kinders en bejaardes.

3. Solidariteit Helpende Hand is deel van die Solidariteit-beweging, maar funksioneer as 'n onafhanklike been en is verantwoordelik daarvoor om sy eie inkomste te genereer.

4. Solidariteit Helpende Hand is afhanklik van skenkings van die publiek om die goeie werk waarmee hulle besig is, voort te sit.

5. ‘n Ondersteuner van Solidariteit Helpende Hand kan 'n minimum van R50 per maand bydra deur middel van ‘n maandelikse debietorder.

6. Ondersteuners sal in ruil vir hul maandelikse bydraes van R50, toegang hê tot verskeie voordele soos:

a. Wiskundeonderrig vir leerders van graad 4 tot graad 12 wat die volgende behels: i. Weeklikse aanlyn klasse waartydens leerders teen hul eie tempo kan vorder. ii. Toegang tot vorige eksamenvraestelle, memorandums en ander nuttige

inligting om hulle te help met eksamens, take en ander wiskundige probleme. iii. Toegang tot die wiskunde-winterskool vir graad 12-leerders, wat gedurende

die Julie-skoolvakansie by 11 sentrums regoor Suid-Afrika gehou word. iv. Toegang tot videos op die You Tube-kanaal waar wiskundige probleme

bespreek word. v. Toegang tot die wiskunde-toepassing (app) wat hulle van die Google Play

Store kan aflaai met blootstelling aan verdere wiskunde klasse en onderrigmateriaal.

vi. Toegang tot mentors en tutors 24 uur per dag, 7 dae per week, per e-pos en WhatsApp om hulle te help met al hul wiskundeprobleme.

b. 20% Afslag op vakansieakkommodasie by die volgende drie vakansieoorde in Suid-Afrika:

i. Santana by Margate in KwaZulu-Natal. ii. Aan de Vliet tussen Sabie en Hazyview in Mpumalanga. iii. Kokoriba by Brits in Noordwes.

c. Toegang tot en hulp met aansoeke om beurse en rentevrye studielenings vir tersiêre studies na graad 12 vir lede se kinders

Die proses sal soos volg verloop:

1. Voltooi asseblief die Solidariteit Helpende Hand-ondersteunersvorms en stuur saam met die leerder terug na die skool.

2. Die inligting op die vorms word op die Solidariteit Helpende Hand-rekenaarstelsel gelaai en ouers ontvang selfoonteksboodskappe om hulle te verwelkom.

3. Die skool sal R100 ontvang vir elke voltooide vorm.

Page 11: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs
Page 12: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

ADVERTENSIES

Om hier te adverteer, kontak die skool.

Page 13: SKOOL VIR EN VAN TEGNOLOGIE - JV-NUUS · 2017-08-19 · Jerry Mashaba neem 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 beurte Quintin Neetling neem 2 paaltjies vir 56 lopies in 10 beurte 2A vs

STRES ONTLAAIER