17
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 3 09 Februarie 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Personalia Jacques Esterhuizen (gr. 2/16) is baie ernstig siek! Jacques, ons by Laerskool Fairland hou nie op om vir jou te bid nie! Interlaer / Clusterbyeenkoms Baie geluk aan die atlete wat so goed tydens die interlaer presteer het. Sterkte aan die atlete wat deurgedring het na die clusterbyeenkoms. Ons hou vir julle styf duimvas. Netbalinligtingsessie Baie dankie aan die ouers wat hierdie sessie bygewoon het. Dankie aan Bianca van Niekerk wat leiding geneem het en ook al die personeel wat dit bygewoon het. VERJAARSDAE Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar: Karin Basson - 13 Februarie Tineke Schutte - 14 Februarie Mag dit ‘n geseёnde lewensjaar wees. BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 11 Feb. Seniorkoor: Verpligte werkswinkel 10 Feb. Atletiek: Cluster 14 Feb. Sokkie: Gr. 6- en gr. 7- leerders 18 & 25 Feb. Juniorkoor: Verpligte Werkswinkel 13 Feb. Rugby: Proewe/Inligting- sessie (Ouers en Afrigters) 15 Feb. Fotodag: Gr. 2 - gr. 7- individuele / boetie /sussie 27 Feb. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 1 gr. 3) 14 Feb. Atletiek: Diskus / Spiesgooi (Fonties) 17 Feb. Medialeiers: Werkswinkel 28 Feb. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 4 & gr. 5) 18 Feb. Atletiek: D10 (Ruimsig) 17 Feb. Medialeier/Leesklub: Oorslaap 1 Mrt. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 6 & gr. 7 voorbereid en onvoorbereid) 21, 22, 28 Feb. & 1 Mrt. Netbal: Kliniek Juniors (Voorlopige datums) 24 Feb. Gr. R-koekverkoping

UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · moet laat bywoon vanaf die eerste skooldag van die jaar waarin die leerder 7-jarige ouderdom bereik tot ... skending van die skool se gedragskode

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 3 09 Februarie 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Personalia Jacques Esterhuizen (gr. 2/16) is baie ernstig siek! Jacques, ons by Laerskool Fairland hou nie op om vir jou te bid nie!

Interlaer / Clusterbyeenkoms

Baie geluk aan die atlete wat so goed tydens die interlaer presteer het. Sterkte aan die atlete wat deurgedring het na die clusterbyeenkoms. Ons hou vir julle styf duimvas. Netbalinligtingsessie Baie dankie aan die ouers wat hierdie sessie bygewoon het. Dankie aan Bianca van Niekerk wat leiding geneem het en ook al die personeel wat dit bygewoon het.

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat in die komende week verjaar: Karin Basson - 13 Februarie Tineke Schutte - 14 Februarie Mag dit ‘n geseёnde lewensjaar wees.

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN 11 Feb. Seniorkoor: Verpligte

werkswinkel 10 Feb. Atletiek: Cluster 14 Feb. Sokkie: Gr. 6- en gr. 7-

leerders

18 & 25 Feb.

Juniorkoor: Verpligte Werkswinkel

13 Feb. Rugby: Proewe/Inligting-

sessie (Ouers en Afrigters)

15 Feb. Fotodag: Gr. 2 - gr. 7-

individuele / boetie /sussie

27 Feb. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 1 – gr. 3)

14 Feb. Atletiek: Diskus / Spiesgooi

(Fonties)

17 Feb. Medialeiers: Werkswinkel

28 Feb. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 4 & gr. 5)

18 Feb. Atletiek: D10 (Ruimsig) 17 Feb. Medialeier/Leesklub:

Oorslaap

1 Mrt. Redenaars: ATKV (Intern Gr. 6 & gr. 7 – voorbereid en onvoorbereid)

21, 22, 28

Feb. & 1 Mrt.

Netbal: Kliniek – Juniors

(Voorlopige datums)

24 Feb. Gr. R-koekverkoping

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

SKOOLBYWONING: LEERDERBYWONING EN LEERDERAFWESIGHEDE

Artikel 3 (1) van die SA Skolewet bepaal dat elke ouer elke leerder vir wie hy/sy verantwoordelik is, skool moet laat bywoon vanaf die eerste skooldag van die jaar waarin die leerder 7-jarige ouderdom bereik tot op die laaste skooldag van die jaar waarin die leerder die ouderdom van 15 jaar of die negende graad bereik, watter een ook al eerste plaasvind.

Artikel 6 (a) en (b) bepaal dat indien ‘n ouer of enige ander persoon in gebreke bly om uitvoering te gee aan subartikel (1), en die leerder van skoolbywoning weerhou, skuldig is aan ‘n misdryf en by skuldigbevinding onderhewig is aan ‘n boete of aan gevangenisstraf.

In die Nasionale Beleid oor Leerderafwesigheid word skole verplig om aanwesigheidsrekords van leerders te hou. Volgens punt 14a van hierdie beleid moet skoolhoofde en onderwysers geen verdraagsaamheid toon vir afwesigheid van die skool sonder ‘n geldige rede nie.

Punt 15 bepaal dat ‘n leerder ‘n verantwoordelikheid het om stiptelik en gereeld skool by te woon en punt 18 bepaal dat ouers moet toesien dat leerders daagliks, betyds en vir die volle skooldag skool bywoon en toesien dat die leerder nie sonder ‘n geldige rede uit die skool gehaal word nie. (gesinsvakansies is nie ‘n geldige rede nie)

Leerders wat skuldig is aan gereelde afwesigheid sonder geldige verskonings kan volgens punt 50 (d) van die skool se register geskrap word en volgens punt 52(a) kan sodanige leerder aangekla word vir die skending van die skool se gedragskode.

Ouers is dus volgens wet verplig om leerders te ondersteun om gereeld skool by te woon en indien ‘n leerder afwesig gaan wees, die skool daarvan in kennis te stel en ‘n geldige rede te verstrek waarom die leerder nie die skool gaan bywoon nie.

Help ons in hierdie verband om ‘n aanwesigheidskultuur by Laerskool Fairland te kweek!!

Daar is heelwat leerders wat veral op Maandae laat kom by die skool en dan die saalopening misloop of die verrigtinge onderbreek omdat hulle laat is. Vanaf Maandag 6 Februarie 2017 sal die name van alle laatkommers op die dissiplinêre stelsel geplaas word. Sorg dat jou kind betyds is vir skool. Dit is immers nie die kinders se skuld dat hulle laat is vir skool nie.

U samewerking in hierdie verband word waardeer.

Ebbe le Roux Beheerliggaam en skoolbestuur

REDAKSIE

Ek haal hierdie week aan uit ‘n gedig van Driekie Grobler, soos dit voorkom in “My ma is ‘n rockster”

van Christna le Roux.

Geluk in die lewe

Geluk in die lewe

en dit waarna ons strewe

hang af van die kwaliteit

van ons gedagtes

en die hantering van ons klagtes

Niks in die lewe

gebeur sonder ‘n rede

maar hoe ons daarna kyk

of dit hanteer

bepaal wat ons daaruit leer

Lewenslesse geleer

laat ons opstaan of omkeer

waak dus oor gedagtes

want dit bepaal

wie wen en wie faal

Erika

3

OUD-LEERDERS PRESTEER

Ons het die volgende uitslae van die onderskeie instansies ontvang:

St John’s College: Quintis Kilbourn (IEB) - 9 onderskeidings

Hoërskool Linden: Ineke Goede - 7 onderskeidings Myschke Roos - 7 onderskeidings Bronwyn van der Bergh - 6 onderskeidings Ruben van der Spoel - 5 onderskeidings Abigail Vos - 5 onderskeidings Karla Wessels - 4 onderskeidings

Baie geluk! Laerskool Fairland is voorwaar trots op julle!

AKADEMIE

Eerste Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 10 Februarie Afrikaans Engels Engels Engels

Vr. 17 Februarie Wiskunde Afrikaans Afrikaans Afrikaans

Vr. 24 Februarie Engels Wiskunde Wiskunde Wiskunde

Di. 28 Februarie Tegnologie

Vr. 3 Maart NW NW NW EBW

Vr. 10 Maart SW SW SW SW

Di. 14 Maart

NW

KULTUUR

REDENAARS

Ma. 27/02 gr.1-3; Di. 28/02 gr. 4-5; Wo. 01/03 gr. 6-7 (voorbereid en onvoorbereid)

Die eerste ronde van LFK is dus soos hierbo verduidelik.

Die tweede ronde is in kwartaal 2 en is vir slegs gr. 4-7 en is onvoorbereide toesprake. Die derde ronde is in kwartaal 3 en is groep-redenaars. Meer hieroor op ‘n latere stadium. Die belangrikste nou, is dat die leerders betyds inskryf vir interne redenaars. Ek herhaal weer die ATKV se temas. Onthou dat daar volledige inligting op hulle webtuiste verskyn oor tye en beoordelaars se kriteria.

Graad 1-3 (2 – 4 minute) Graad 4-5 (3 – 5 minute) Graad 6-7 (4 – 6 minute)

Gogga Klei Spieël

Reënboog Note Krap

Blink Blou Klik

Lekker skryf aan daardie toesprake! Ons sien daarna uit om julle redenasies te hoor. As daar enige navrae is, skakel gerus vir juf. Tina Theunissen of myself hier by die skool.

SENIORKOOR

Neem asseblief kennis van die belangrike datums vir die volgende paar weke. Ons sien uit na ‘n heerlike jaar saam met elkeen van julle.

Belangrike datums

11 Februarie - Verpligte werkswinkel 09:00 -16:00 (Ouervergadering 15:00-16:00) 10-12 Maart - Verpligte koorkamp. Verdere inligting sal volg. 22 April - Verpligte werkswinkel. Inligting sal volg. BAIE BELANGRIK: Beide kore word op Vrydag 3 Maart opgeneem vir die revue. Tye en verdere inligting sal volg.

4 JUNIORKOOR

Onthou asb. ons oefen op Dinsdae 15:30-17:00 in die saal.

Belangrike datums

18 en 25 Februarie - Werkswinkels 10:00-14:00

Juff. Chrisné & Melissa

LFK: Visuele kuns

Rondte 1: Gr. 1-7: 15 Maart

Revue: Maandag 15 Mei 2017 – Vrydag 19 Mei 2017

N.B. !! KOSTUUMGELD Die leerders se kostumering sal R150 elk kos. Dit word hulle eiendom aan die einde van die revue. Die kostuumgeld kan reeds betaal word in die skool se bankrekening. Die verwysing moet asb. FAMILIEKODE/REVUE wees. Stuur asb. dan ‘n bewys van betaling aan [email protected]. Baie dankie vir u samewerking in die verband!

GRATIS KLASSE IN DANS EN DRAMA (Inskrywingsvorm op School Communicator)

TYE

DANS DRAMA

MAANDAE DONDERDAE

Gr. 5-6 14:15-15:00 Gr. 1 14:15-14:45

Gr.7 15:00-15:45 Gr. 2 14:45-15:15

WOENSDAE Gr. 3 15:15-16:00

Gr. 1-2 13:45-14:30 Gr. 4-5 16:00-17:00

Gr. 3-4 14:30-15:15 Gr. 6-7 17:00-18:00

Dans word aangebied deur Adeline Sauermann en Drama deur Suné Senekal. Beste wense vir ‘n heerlike kultuurjaar!

Kultuuraanhaling vir die week! “You don’t have to burn books to destroy a culture, you just have to get people to stop reading them.” Ray Bradbury

Erika Joubert

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017

POTCHEFSTROOM: Netbal: o/11- tot o/13A- en B-spanne: 2 – 7 April 2017 KONKA: Rugby: o/9A- & B-spanne: 27 – 29 Maart 2017 o/10A- & B-spanne: 30 Maart – 1 April 2017 o/11A- & B-spanne: 10 – 13 April 2017 1ste & 2de spanne: 3 – 6 April 2017 KAAPTOER: 1ste spanne (netbal, tennis, rugby, hokkie) 23 – 27 Julie 2017

5 TENNIS - SENIOR

Seniortennis uitslae Dogters A verloor 48 – 33 teen Trinity Randpark Dogters B wen 48 – 33 teen Louw Geldenhuys Seuns B wen 45 – 18 teen King David Sandton

Die top 8 juniorseuns en top 8 juniordogters oefen by Philip en Lizahn.

Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen by Jean en Ruan.

Oefening is verpligtend en daar sal register by die oefening gehou word.

Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie.

Hier is die oefenrooster tot en met Donderdag 2 Maart.

Dag Tyd Span Afrigter

Donderdag 9 Februarie 06:30 – 07:30 Senior A Ruan

Maandag 13 Februarie 07:00 – 08:00 Juniors Philip

Dinsdag 14 Februarie 06:30 – 07:30 Senior B Jean

Woensdag 15 Februarie 06:30 – 07:30 Juniors Philip/Lizahn

Donderdag 16 Februarie 06:30 – 07:30 Senior A Ruan

Maandag 20 Februarie 07:00 – 08:00 Senior A Jean

Dinsdag 21 Februarie 06:30 – 07:30 Juniors Philip

Woensdag 22 Februarie 06:30 – 07:30 Juniors Philip/Lizahn

Donderdag 23 Februarie 06:30 – 07:30 Senior B Ruan

Maandag 27 Februarie 07:00 – 08:00 Juniors Philip

Dinsdag 28 Februarie 06:30 – 07:30 Senior B Jean

Woensdag 1 Maart 06:30 – 07:30 Junior Philip/Lizahn

Donderdag 2 Maart 06:30 – 07:30 Senior A Ruan

Belangrike datums

9 Feb. Seuns A vs Rivonia (tuis) Seuns B vs Bye 15 Feb. Dogters A vs Jan Celliers (tuis) Dogters B vs Unika (weg) 16 Feb. Seuns A vs Crawford Lonehill (weg) Seuns B vs Crawford Sandton (tuis)

22 Feb. Dogters A vs Louw Geldenhuys (tuis) Dogters B vs Parkview (tuis)

1 Mrt. Dogters A vs Fonties (tuis) Dogters B vs Randpark (weg)

2 Mrt. Seuns A vs Montrose (tuis) Seuns B vs Louw Geldenhuys (weg)

8 Mrt. Dogters A vs Crawford Sandton (weg) Dogters B vs King Robin Hills (tuis)

9 Mrt. Seuns A vs Bryneven (weg) Seuns B vs Jan Celliers (weg)

15 Mrt. Dogters A vs Crawford Lonehill (weg) Dogters B vs Fonties (tuis)

16 Mrt. Seuns A vs Jan Celliers (tuis) Seuns B vs bye

TENNIS – JUNIOR: Ontwikkelingsprogram Ons gaan eers die leerders in graadverband vat om te sien wat die belangstelling is en daarna sal almal saam oefen afhangende van die grootte van die groepe. Ons begin eerskomende Vrydag 10 Feb. met ons juniortennis-ontwikkelingsprogram.

Eerskomende Vrydag sal slegs vir gr. 3-leerders wees. Alle gr. 3-leerders wat belangstel om tennis te speel en nie in die skoolspan is nie, is welkom om Vrydag 13:14 – 14:15 te kom speel. Gr. 2-leerders: Vrydag 17 Februarie Gr. 1-leerders: Vrydag 24 Februarie

6

ATLETIEK Interlaer te Ruimsig 131 van ons atlete het verlede Donderdag aan die interlaer-atletiekbyeenkoms te Ruimsig deelgeneem. Laerskool Fairland het as oorwinnaars uit die stryd getree met ‘n totaal van 370 punte. Laerskool Louw Geldenhuys is as naaswenners aangewys met ‘n totaal van 200 punte. Baie geluk aan ons atlete wat hulle uitstekend van hul taak gekwyt het. Ons is voorwaar trots op julle! Baie dankie aan al die personeel wat as beamptes opgetree het en die ouers wat ons so getrou ondersteun het. 51 van ons atlete het gekwalifiseer om Vrydag 10 Februarie aan die “inter cluster”-byeenkoms te Ruimsig deel te neem. Baie sterkte aan almal, ons hou styf duimvas vir julle.

Atletiekoefentye: Word direk met atlete gereël

Junior-naellope (Maandag – Woensdag 07:00 - 07:30)

Dag Baan Ritme Vaartlek Maandag Gr. 1 Gr. 3 Gr. 2 Dinsdag Gr. 2 Gr. 1 Gr. 3 Woensdag Gr. 3 Gr. 2 Gr. 1

MIDDELAFSTANDE (800m; 1200m & 1500m) Oefentye: Maandae – Woensdae: 14:45 – 16:00 Donderdae: 14:00 – 15:00 Vrydae: 13:00 – 14:00

SWEM

Gala: Vrydag 10 Februarie om 14:00 by Bryandale Primary School

Swemgalas

Baie geluk aan ons swemspan wat ‘n eerste plek behaal het in die swemgala verlede Vrydag by St. Catherine’s Convent. Hulle het 3 ander skole geklop. Ons is trots op julle!

Belangrike datums:10; 17 & 24 Februarie

Oefentye: Kwartaal 1 Maandae Woensdae o/10 & o/11 15:15 – 16:16 15:15 – 16:15 o/12 & o/13 16:15 – 17:15 16:15 – 17:15

Northcliff Primary se swembad word gebruik word vir oefensessies. Alle inligting is op 25 Januarie op die School Communicator gelaai (Bronne / Sport: Swem).

Oefening by die skool is nie verpligtend vir leerders wat privaat swem nie. Oefening is hoofsaaklik vir ontwikkeling van leerders wat nie privaat kan swem nie.

RUGBY- EN NETBALVAARDIGHEDE – laaste dag van oefening was op 8 Februarie!

7 NETBAL

Let asb. daarop dat die netbalproewe ook die o/9’s insluit. Die o/9’s begin egter eers 6 Maart met amptelike oefeninge (sien berig onder mini-netbal). Netbalproewe: 13 – 15 Februarie (o/9 tot o/13)

Tye: Maandag : 14:20 – 15:30 Dinsdag en Woensdag : 13:50 – 15:00

Bane: Baan 1: o/13 Baan 2: o/12 Baan 3: o/11 Baan 4: o/10 Baan 5: o/9 (Slegs vir proewe) Netbalkliniek: 3 Maart: o/10 – o/13 Oefentye: (VANAF 20 FEBRUARIE vir o/10 – o/13)

1ste Sessie: Maandag: 14:15 - 15:30 Dinsdag en Woensdag: 13:50 - 15:05

Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 5

o/12A&B o/12C&D o/10A&B o/10C&D

2de Sessie: Maandag: 15:30 - 16:45 Dinsdag en Woensdag: 15:05 - 16:20

Baan 1 Baan 3 Baan 4 Baan 5

o/13A&B o/11A&B o/11C&D o/13C&D

MINI-NETBAL (Oefeninge begin Ma. 6 Maart 2017 vir o/6 – o/9)

Mini-netbalkliniek: o/6 - o/9: 21, 22, 28 Feb. en 1 Mrt. (Voorlopige datums)

Oefentye:

o/6-spanne Maandae, Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50 o/7- en o/8-spanne Maandae : 13:35 - 14:10

Dinsdae en Woensdae : 13:05 - 13:50

o/9-spanne Maandag: 14:15 - 15:30 Dinsdag en Woensdag: 13:50 - 15:05

RUGBY Rugbykliniek: Ma. 13 Feb. 14:10 – 15:10 (o/9 – o/11) 15:10 – 16:10 (o/12 & o/13) Inligtingsessie met ouers en afrigters: Ma. 13 Feb. 18:00 - 19:00 Braai vir ouers en afrigters na afloop van inligtingsessie 19:15 by lapa

NB!! Alle ouers moet asb. eers inligtingsessie in saal bywoon! Rugbyproewe: 14 & 15 Feb. Soos oefentye (o/9 – o/13)

Baan 4 Teerbaan Klein teerbaan

o/9A&B o/9C&D o/9-Ont.

8

Oefentye: (Amptelike oefeninge begin Maandag 20 Februaie)

MAANDAG

o/9A&B

o/10 o/11 3de 1ste &

2de

14:10 - 15:25 B-veld A-veld

15:25 - 16:40 B-veld B-veld A-veld

DINSDAG & WOENSDAG

o/9A&B

o/10 o/11 3de 1ste &

2de

13:40 - 14:55 B-veld A-veld

14:55 - 16:10 B-veld B-veld A-veld

TAU-rugby (OEFENINGE begin eers op 21 Februarie)

Rugbykliniek: Ma. 20 Feb. 13:40 – 14:20 (o/7 & o/8) Oefentye:

MAANDAG

TAU (o/7 & o/8) o/8xv

13:35 - 14:10 A- en B-veld

14:10 - 15:25 B-veld

DINSDAG & WOENSDAG

TAU (o/7 & o/8) o/8xv

13:00 - 13:35 A- en B-veld

13:40 - 14:55 B-veld

SKAAK Oefentye Begin 9 Februarie

Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal)

TYE DONDERDAE

Gr. 1(beginners) K.27 13:35 - 14:20

Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 14:00 - 15:00

Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 15:00 - 16:30

Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 15:00 - 16:30

Skaak: Wagklas-oefentye

Maandae en Donderdae 13:30 - 14:00 Dinsdae en Woensdae 13:00 - 13:30

9

INLIGTINGSENTRUM

LEESKLUBLEIERS 2017

IN ALFABETIESE VOLGORDE PER GROEP

Weens die groot getal leerders hierby betrokke (56 leerders!) sal die leesklub slegs per kwartaal diens

doen. Dus sal die balkies roteer word soos wat jy diens verrig beginnende met groep 1 vir kwartaal 1. Die

res van die leesklubleiers sal aan die begin van elke kwartaal waarin hul diens verrig, aangekondig word.

GROEP 1

Carla Boshoff Suné Boshoff Dylan Buys Chanel Fourie

Megan Grobler Jenna Labuschagne Ellie Lamé Zander Marais

Miike Mostert Deon Muller Kiara Prall Emile Terblanche

Laura-Leigh Tuohy Juan van der Merwe Christelle van Heerden

Chané Jansen van Rensburg

GROEP 2

Lerise Botha Angelique Caetano Rulandi Grobler Manie Groenewald

Hanré Kleu Chanté le Grange Nicola Liebenberg Megan Lotriet

Shané Mengel Chloé Potgieter Jason Roberts Chanté Smit

Bea van der Westhuizen Cayla van Rooyen Deandra Viljoen

GROEP 3

Zavier Botha Jody Burgers Jana du Plessis Leanne du Toit

Monize Frederik Katje Herselman Enya Heyneke Cayleigh Khourie

Danae Kloppers Anneke Rossouw Caylee Schourie Landi Swart

Zack Vermeulen Maryna Visagie

GROEP 4

Duan Brittion Alexander Britz Ethan Ceronio Dorian Groenewald

Roeloff le Roux Cor Muller Nadia Potgieter Teagan Schoombee

Erika Spangenberg Wilhelm Strumpfer Aiden Venter

10

MEDIALEIERS 2017

Baie geluk met jul verkiesing as medialeiers! Jul opleiding vind plaas op Vrydag 17 Februarie vanaf

13:30 tot 16:30. Briewe in die verband is gedurende die week uitgedeel.

In alfabetiese volgorde

Anlea de Jager Andries de Kock Isabella du Toit Mea du Toit

Jarik Engelbrecht Jessica Goosen Jeanemarie Hattingh Sieg Hattingh

Ezaan Husselmann Melia Jordaan Simon Kilian Maria Kotzé

Lara Lategan Darian Leite Abby Liebenberg Mia Marais

Chantlizé Nell Jean Oosthuizen Daniella Popovic Kara Schreuder

Euané Theart Zian van Blerk Isabelle van de Venter

Stian van der Walt Emma van der Walt Chris van der Westhuizen

Ian van Heerden Mea Weber

ALGEMEEN

VERE-KAS Vere-kas-tye:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Die klerebank gaan vanjaar die bottelgroen “skins” verkoop wat die leerders onder hulle sportklere/KDA-drag mag aantrek. Aanpasgroottes is by die Vere-kas beskikbaar en die tye is soos volg: Maandae en Donderdae (middae) 13:30 – 14:30 Dinsdae en Woensdae (middae) 13:00 – 14:00 Bestelvorms en pryse is op die School Communicator beskikbaar. Let asb daarop dat daar ‘n prysverhoging is en alle nuwe bestellings sal onderhewig wees aan die verhoogte prys. Lillian Ankersmit - 082 324-5034 Met die oog op Valentynsdag wat voorlê, het ons gedink dat dit gepas sal wees om een van ons

gr. 7-leerders se oulike gedig te plaas.

11

MY VALENTYN Rose is rooi Ek dink jy is mooi. Ander blomme is blou En ek hou ban van jou. Ek kan dit nie direk vir jou sê Maar ek wil net hê Dat jy moet weet, Ek sal nooit van jou vergeet. Jou oё glinster soos diamante En jy is mooi aan albei kante My hart is joune, En nie syne, Want jy is net fenomenaal Maak nie saak in watter taal. Wanneer jy lag Maak jy absoluut my dag. Die ander kan maar dink wat hulle wil, Ek gee nie om wat hulle sê Want jy is al wat ek wil hê. Ané Dannhauser

Gr. 7/06

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Blouklas: Jenna Basson Rooiklas: Tatum Prall Geelklas: Lia Espach

Groenklas: Amy Barnard Persklas: Monique Erasmus Oranjeklas: Mia Kühn

STER VAN DIE WEEK

Daar is geen sterre aangewys hierdie week nie as gevolg van die interlaer wat verlede Donderdag plaasgevind het. GOEIE GEDRAG

Gr. 1/26 Megan Meintjies Gr. 4/47 Luan Espach, Nicole de Klerk, Michael Duvenhage en Milla Hattingh Gr. 4/49 Xenia Human en Mia le Grange Gr. 4/52 Jean Taljaard en Melissa du Plessis

SLUITKASSIES

Die sluitkassies is ongelukkig reeds almal uitverhuur.

12 MAMMAS EN DOGTERS

Dit is amper alweer tyd vir ons jaarlikse ma en dogter-kamp!! Die opwinding loop hoog en ons beplan ‘n heerlike verrassing. Graag herinner ons julle aan die datum, 24 – 26 Maart 2017 te Buffelspoort. Onthou asb. om R50 per persoon in te betaal in die skool se rekening en gebruik asb. FAMILIEKODE/MA EN DOGTER as verwysing. Bewys van betaling moet asb. by juf. Karen Nel, kamer 12, ingehandig word.

Juf. Karen Nel PA EN SEUN-KAMP

“SAVE THIS DATE”

UITNODIGING AAN ALLE FAIRLAND PA’S EN OUPAS NA DIE 2017 PA EN SEUN-KAMP. JAARGANG 25.

MANS SONDER SEUNS IS OOK WELKOM OM IN HIERDIE HEERLIKE ERVARING TE KOM DEEL .

Hierdie jaar kom ons bymekaar by ‘n splinternuwe kampplek. Ons gaan ook ‘n opwindende nuwe segment aanbied hierdie jaar.

“Watch this space!!” DATUM: 24 - 26 Maart 2017

TYE: Vrydag 14:00 tot Sondagmiddag

PLEK: Klub Koppisol, op die R82 tussen De Deur en Vereeniging

TEMA: My seun se pa Koördineerder : Jaco Fourie [email protected] / 083 6333 944

TOUCH RUGBY

Sondagmiddag touch rugby vanaf 15:30 op Laerskool Fairland se sportvelde. Alle pappas en seuns

welkom.

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

Judo Eric Beyl het die afgelope naweek (4 Februarie) in Bloemfontein aan die eerste nasionale judokompetisie van die jaar deelgeneem. Hy het 'n goue medalje in sy gewigsgroep verower. Baie geluk Eric, ons is trots op jou!

13

ADVERTENSIES

SAAMRY-GELEENTHEID

Ek is op soek na ‘n saamry-geleentheid vir my seun skool toe in die oggend. Vanaf Knoppiesdoringstraat 7, Randparkrif, Randburg na Laerskool Fairland. My kontakbesonderhede is: 0828799581 / [email protected]

VERBLYF GESOEK

Ek is opsoek na verblyf in die omgewing vir myself, moeder en boetie. Ek is ‘n assistent-opvoeder by

Laerskool Fairland en my boetie is ook ‘n leerder van die skool. Kontak asb. vir Bridgette Mabhude

(082 644-5905 of 071 212-4170 / [email protected].

WISKUNDE TUTORS

As jou kind hulp nodig het met wiskunde – moenie bang wees om te vra nie. Ons bied privaat tutorklasse

aan vir leerders vanaf gr. 4 tot gr. 7.

Kontak vir Zak (071 263-5600) of Jaco (076 037-8714) Bester.

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale

rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386

of [email protected].

TUINWOONSTEL TE HUUR

Tuinwoonstel in Pluimballaan te huur vanaf 1 Maart. Groot 1 slaapkamer, badkamer met aparte leefvetrek en kombuis. Eie tuin en onderdak parkeering. Ongelukkig geen diere, kinders of rookers. Huur R4800 sonder krag en R7200 deposito. kontak Mariette 0823353089

14

SAAMRY-GELEENTHEID Ek is op soek na ‘n saamry-geleentheid vir my seun van Laerskool Fairland na Hoërskool Linden in die middae? My kontakbesonderhede is: 0836318182 / [email protected] AKSIE-NETBAL Wil jou dogter aksie-netbal begin speel? Ons het o/10 (gebore in 2007) meisies nodig vir ons span. Skakel my vir meer inligting: Karen – 060 355 4499

TAAL- EN WISKUNDE- ONDERSTEUNINGSKLASSE Individuele en klein groepies lesse beskikbaar vir graad 1 - 7 leerders. Skakel Tersia van Rensburg by 082 857 9496.

DOUBLE YOUR CURRENT INCOME! Learn how to make R30,000+ per month while spending 8 hours a say with your children! FREE Video Course @ www.antoinetteventer.co.za/WM/fairlands HULP MET WISKUNDE OF REKENINGKUNDE B.Com (hons) Ekonometrie met 8 jaar ondervinding in onderwys en ekstra klasse. Gr. 4 – gr. 12 wiskunde, gr. 8 en gr. 9 EBW en gr. 10 – gr. 12 Rek. Gr. 11 en gr. 12 Ekonomie is ook welkom. Kom ons maak dit weer lekker! Skakel Yolande Potgieter 0836349992

15

16

Is jy ‘n werkende mamma?

Wil jy graag vir jou kind ‘n

gesonde kospakkie pak,

maar het net nie die tyd

nie

Hier is vir jou ‘n oplossing!!

‘n Gesonde kospakkie,

“Packed, Sealed and

Delivered”

by die skool.

Die gesonde kospakkie bestaan uit die nodige

proteïene, koolhidrate, groente en vrugte wat ‘n

skoolgaande kind nodig het om sy/haar

energievlakke ‘n hupstoot te gee asook om hulle te

help konsentreer.

Teen slegs R500 per maand kry jou kind ‘n gesonde

kospakkie elke dag.

Vir meer inligting e-pos my gerus by

[email protected]

Hi maat Weet jy hoe lekker is dit by Weltevrede Voortrekkers? Ons is ‘n klomp maats in ‘n span wat saam kamp, konsert hou, vuur maak, stokbrood maak, spoorsny, op uitstappies gaan en klim en klouter. Ons leer allerhande dinge van ons land en om vir ons self te sorg. Ons geniet dit baie. Ons vra ook vir Jesus om altyd saam met ons te gaan. Ons wil jou ook graag nooi om te kom kuier en self te besluit of jy daarvan hou, dan kan jy aansluit by die Voortrekkers vir ‘n minimale bedrag per jaar. Ons kom elke Maandag om 16:45 – 17:45 bymekaar by Mosaiek; Danielle Str Fairland. Jy moet asseblief gou kom want een van die dae die beste span gaan wees! Sien jou daar!

VOORTREKKERS IS LEKKER!

Wat kan ons jou leer – spesialisasies: Spele / Knope / Veldkook / Fietsry / Spoorkennis / Diere-kennis / Noodhulp / Gasheer en –vrou / Sang / Omgewingskennis / Kind van Jesus / Plantkennis / Plaaslewe / See-kennis / Ekosorg / Kampkook / Weerkennis/ Ruiterkuns / Spoorsny / Varswaterhengel / Kommunikasie / Beeldende kunste / Handwerk / Paraatheid / Touwerk / Waardes / Verfwerk / Selfverdediging / Seilkuns / Roeikunde / Waterveiligheid / Nutsman / Bybelkennis / Handvaardighede

Lewensvaardighede deur PRET! Hallo ouer/mamma/pappa/oom en tannie! Het jy geweet die Voortrekkers is nie net vir kinders nie, maar ook vir volwassenes? Die volwassenes noem ons offisiere en hulle leer die kinders van alles bostaande. Dus indien u elke Woensdagaand vir ‘n uur beskikbaar is en voel dat u geroepe is en ‘n bydrae wil lewer tot die vorming van ons Afrikaner jeug, hulle wil bemagtig om as positiewe burgers en konsekwente Christene suksesvol te wees, hulle te help om hulle volle potensiaal te bereik . Vir meer inligting kontak ons asseblief:

Kommandoleier – Anna Herbst: 082 578 5632 / Adjunk Kommandoleier – Hein Coetzee: 082 903 0958

17