15
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 28 13 September 2018 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Pienk bome Die Voortrekkers het ons bome in pienk kom oortrek vir kankerbewustheidsmaand in Oktober. Baie dankie vir julle moeite hiermee. Laerskool Fairland Kunswedstryd Die LFK is al amper ‘n week aan die gang. Baie geluk aan die leerders wat reeds deelgeneem het – ek hoor net goeie dinge van die beoordelaars. Baie sterkte aan die deelnemers wat nog moet deelneem. Baie dankie ook aan Erika Joubert en haar span wat baie ure insit om van die LFK weer ‘n suksesvolle kunswedstryd te maak. Versoeke vir plasing van leerders: 2019 Ons doen ʼn vriendelike beroep op ons ouers om nie versoeke vir plasing van leerders te rig nie. Ons sal alleenlik versoeke hanteer in gevalle waar daar tweelinge/familie is of op sielkundige aanbeveling (verslag inhandig). Die skoolbestuur gebruik hul diskresie in sulke gevalle. Baie dankie dat u ons in hierdie verband ondersteun. Albasters Ons verwelkom die feit dat ons leerders albaster speel voor skool en tydens pouses. Die skool kan egter GEEN verantwoordelikheid aanvaar vir vermiste albasters nie. Let asb. daarop dat albasters glad nie sigbaar mag wees tydens klastyd nie. Personalia Ons dink aan Klariké Fouché wat verlede Donderdag in ‘n motorongeluk betrokke was. Ons is bly dat dit met jou goed gaan. BELANGRIKE DATUMS DATUM AKTIWITEIT ALGEMEEN 14 September Gr. R-Koekverkoping 15 September VVF-funksie 28 September Skool sluit 30 Oktober Dankfees AKADEMIE 21 September Gr. 7-entrepreneurskap KULTUUR 7 27 September Laerskool Fairland Kunswedstryd SPORT 13 15 September Krieket: Trinity Festival (1ste span)

UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 25 Nr. 28 13 September 2018

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Pienk bome

Die Voortrekkers het ons bome in pienk kom oortrek vir kankerbewustheidsmaand in Oktober.

Baie dankie vir julle moeite hiermee.

Laerskool Fairland Kunswedstryd

Die LFK is al amper ‘n week aan die gang. Baie geluk aan die leerders wat reeds deelgeneem het – ek hoor net goeie dinge van die beoordelaars. Baie sterkte aan die deelnemers wat nog moet deelneem. Baie dankie ook aan Erika Joubert en haar span wat baie ure insit om van die LFK weer ‘n suksesvolle kunswedstryd te maak.

Versoeke vir plasing van leerders: 2019

Ons doen ʼn vriendelike beroep op ons ouers om nie versoeke vir plasing van leerders te rig nie.

Ons sal alleenlik versoeke hanteer in gevalle waar daar tweelinge/familie is of op sielkundige aanbeveling (verslag inhandig). Die skoolbestuur gebruik hul diskresie in sulke gevalle.

Baie dankie dat u ons in hierdie verband ondersteun.

Albasters Ons verwelkom die feit dat ons leerders albaster speel voor skool en tydens pouses. Die skool kan egter GEEN verantwoordelikheid aanvaar vir vermiste albasters nie. Let asb. daarop dat albasters glad nie sigbaar mag wees tydens klastyd nie. Personalia Ons dink aan Klariké Fouché wat verlede Donderdag in ‘n motorongeluk betrokke was. Ons is bly dat dit met jou goed gaan.

BELANGRIKE DATUMS

DATUM AKTIWITEIT

ALGEMEEN 14 September Gr. R-Koekverkoping

15 September VVF-funksie

28 September Skool sluit

30 Oktober Dankfees

AKADEMIE 21 September Gr. 7-entrepreneurskap

KULTUUR 7 – 27 September Laerskool Fairland Kunswedstryd

SPORT 13 – 15 September Krieket: Trinity Festival (1ste span)

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

2

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeellede wat in die komende week verjaar:

14 September - Maricia Macdonald

17 September - Mackson Ngobeni (algemene werker)

20 September - Marelize Nel

Mag julle nuwe lewensjaar geseënd en voorspoedig wees.

REDAKSIE

“In die sweet van jou aangesig sal jy jou brood verdien!” Só is ons kleintyd geleer. En ek hoor my ma sê: “As ek vir Eva in die hande kry, draai ek haar nek om!”

Die feit is dat baie min mense nog regtig verstaan wat die “sweet van jou aangesig” beteken. Die meeste van ons het sogenaamde soft jobs, werk waar jy regtig nie as gevolg van harde arbeid sweet op jou voorkop kry nie. Jy sweet dalk terwyl jy jouself aan jou baas verduidelik of jou aksies moet verduidelik aan ‘n derde party. Die wêreld van werk het so steriel geword met die ontwikkeling van alles-elektronies, dat niemand regtig meer hulle hande vuilkry vir hulle werk nie en allermins ‘n goeie sweet opwerk!

Behalwe natuurlik die boer! En die bloemis, die haarkapper, die verpleegsuster, die motorwerktuigkundige en die loodgieter, die tuinboukundige, kok, bouer en huishoudster. Daar word so dikwels neergesien op beroepe wat nie noodwendig ‘n universiteitskwalifikasie benodig nie. Ons dierbare ouers het ons so gekondisioneer dat die verwerwing van ‘n graad amper as ‘n tipe statussimbool beskou is en daarenteen, handearbeid as ‘n soort sekondêre beroep geword het vir diegene wat nie ‘n graad wou of kon verkry nie! Snobisme in die ergste graad!

Vandag kan ‘n mens net dankie sê as jy een van die beroepe bedryf waar jy jou eie baas kan wees, waar jou handvaardighede en “sweet” jou van ‘n inkomste verseker. Die wêreld sal altyd mense benodig wat goed kan doen. Daar is oorgenoeg beleidmakers, planmakers en moelikheidmakers wat die wêreld kompliseer. Wat ons so broodnodig het, is mense wat die wa deur die drif kan trek…mense met deusettingsvermoë, wat nie skaam is om te sweet vir hul eie oorlewing of om ‘n medemens te help nie. Met sulke mense kan jy ‘n pad vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing, weet nie wat sweet is nie en dink die lewe skuld hulle iets.

Vandag sê ons “VIVA!” vir die boere, vir die tannies by die “till”, “Hoera!” vir die huishulp en die man wat jou petroltenk vul. Ons sê “Hiep-hiep!” vir die hekwag en die wildbewaarder wat sy rol vervul. Ons salueer die karwag en die vrou wat die tuisnywerheid vol hou.

Ek lig vandag my hoed vir elkeen wat nog met met oorgawe hulle hande inspan. Julle is die sout van my aarde!

Erika

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Op Maandag 10 September is daar ‘n prysuitdeling vir die kaskardag gehou. Die uitslae was soos volg: Die volgende klasse van elke graad het die meeste geld ingesamel: Gr. R11/A Gr. 1/26 Gr. 2/16 Gr. 3/45 Gr. 4/50 Gr. 5/39 Gr. 6/04 Gr. 7/31

Hierdie leerders mag op Vrydag 14 September gewone klere aantrek skool toe. (Onthou jou skooltas.) Die volgende grade het die meeste geld ingesamel: 1ste plek: Gr. 3 2de plek: Gr. 1 3de plek: Gr. 4

Elke leerder van die wenklas ontvang ‘n roomys op Vrydag 14 September.

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

3 Die volgende klasse het die meeste geld ingesamel: 1ste plek: Gr. 3/45 2de plek: Gr. 7/31 3de plek: Gr. 4/50 Leerders van die wenklas ontvang elkeen ‘n burger, skyfies en koeldrank op Vrydag 14 September in die personeelkamer.

Die leerder wat die meeste geld ingesamel het is Genevieve du Toit (gr. 3/45) en sy ontvang R1 000.00.

Die onderwyser wie se klas die meeste geld ingesamel het is Vivia Muller en sy ontvang ook ‘n R1 000.00

Juniors - meeste rondtes voltooi - word gedeel deur gr. 2/16 en gr. 3/45 (ontvang trofee).

Seniors – meeste rondtes voltooi - gr. 7/31 (ontvang trofee).

Juniorklas wat die mooiste versier was - Gr. R/08.

Seniorklas wat die mooiste opgemaak was - Gr. 5/42.

Baie dankie weereens aan elke leerder, ouer en personeel vir al hulle insette om van dié dag ‘n reuse sukses

te maak.

Johan Kilian Voorsitter: Beheerliggaam

OUD-LEERDERS PRESTEER

HOËRSKOOL NOORDHEUWEL

Baie geluk aan die volgende oud-leerders wat verkies is om te dien op die VLR/Norieraad 2018/2019:

VLR: Gr. 8 : Clarise van Dyk, Zander van Niekerk Gr. 9 : Nathan Ceronio, Rheinard Ferreira, Mathilda Steyn Gr. 10 : Nicole Cruywagen, Jean-Mari Engelbrecht

Norieraad: Onderhoofseun: Herman Neveling

Baie geluk – Laerskool Fairland is voorwaart trots op ons oud-leerders!

AKADEMIE

Die skool uit op Vrydag 28 September om 11:00. Rapporte word om 10:45 by registerklasse uitgedeel.

‘n Vriendelike versoek om asb. nie te vra om u kind se rapport vroeër te kry nie. Indien u vroeër met vakansie gaan, sal die leerders se rapport op die d6 Connect wees vir u om na te kyk.

KULTUUR

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

Belangrike inligting aangaande LFK-inskrywings

Vir enige navrae kan u die volgende personeellede nader:

Dans : Mariëtte Goosen Drama : Liza de Jager Sang : Chrisné Ehlers Instrumentaal : Melissa Breedt Revue : Karen Nel Algemeen LFK : Erika Joubert

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

4

VOORLOPIGE DATUMS VIR LFK - SEPTEMBER 2018

Do. 13 Sept. Spreekkore Oop afdeling: Drama Ma. 17 Sept. Dans: Solo’s Dans: Groepe Di. 18 Sept. Sang: Groepe Koorafdeling Wo. 19 Sept. Instrumentaal: Klavier Instrumentaal: Klavier Do. 20 Sept. Instrumentaal: Ander Oop afdeling: Instrumentaal Wo. 26 Sept. Volle kleedrepetisie Do. 27 Sept. Beste van die Beste / Gala-aand

DANS

Maandae: 14:00 - 14:30 ( gr. 1 en gr. 2) 14:30 - 15:15 ( gr. 3 en gr. 4) 15:15 – 16:00 (gr. 5 – gr. 7)

DRAMA

Donderdae: 15:00 - 15:45 ( gr. 3) 15:45 - 16:45 (gr. 4 en gr. 5) 16:45 - 17:45 ( gr. 6 en gr. 7)

SENIOR- en JUNIORKOOR

Belangrike datums 18, 25 September Laerskool Fairland Kunswedstryd (LFK) 25 en 26 Oktober Encore2018 (Koorblyspel en revue) 30 Oktober Dankfees

REVUE

Ons wil graag baie sterkte sê aan ons revuespanne wat so hard werk om voor te berei vir die revue wat in Oktober tydens ons Crescendo-aande aangebied sal word!

Oefentye Maandae - LAPA: 16:00 – 17:00 Sang: JUNIORS 17:00 – 18:00 Sang: SENIORS SAAL: 17:00 - 18:00 Dans: JUNIORS 18:00 - 19:00 Dans: SENIORS

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

5

SPORT

HOKKIE

Wedstryddae: Oop A-span - “Best of the Best” vind 16 September plaas.

Die Oop A-dogterspan was onoorwonne hierdie seisoen en word as ligawenners aangewys. Daar is die hele

seisoen nie 1 doel teen hierdie span aangeteken nie. Baie geluk!!

Maandae: Senior-dogterspanne oefen by Northcliff High se astrobane (vanaf 23 Julie tot 17 September).

Let wel: Die spanne wat by Northcliff High se astrobane gaan oefen, sal voor die tyd ingelig word.

Northcliff High Hokkie-fees: 19 September (Dogters en Seuns gr. 6-spanne)

Hokkie-oefentye (3de Kwartaal): Seuns

Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE DONDERDAE

Seniorseuns 15:30 - 16:30 Geen oefening 14:40 – 15:40 14:10 - 15:10

Wedstryddae: Vrydae

Maandae: Seniorseuns oefen by Northcliff High se astrobane (vanaf 23 Julie tot 17 September).

Uitslae – ligawedstryde (10 September)

Oop A wen 5 – 2 vs Unika Linden Hokkie-fees Daar het 2 dogterspanne (Oop A- en o/12A) en ‘n Oop A-seunspan in hierdie toernooi op Saterdag 8

September by H/s Linden deelgeneem. Leerders het dit baie geniet en Laerskool Fairland se naam hoog

gehou.

MINI-HOKKIE

Laerskool Fairland mini-hokkietoernooi

Ons laaste jaarlikse mini-hokkietoernooi het op Donderdag 6 September op ons veld plaasgevind. Daar was seuns- en dogterspanne vanaf o/7 tot o/9 en altesaam 74 wedstryde is gespeel. Ons seuns en dogters speel uitstekende hokkie en hou die skool se naam hoog! Baie dankie aan hierdie spelers wat altyd hulle beste lewer.

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

6

KRIEKET

Belangrike datums: 18 & 20 September Orion-aandreeks (o/11A & 1ste span)

Oefentye: (3de en 4de kwartaal)

Maandae: 14:10 - 15:40 Dinsdae en Woensdae: 13:45 - 15:15

Wedstryddae vir opkomende liga (vanaf 13 Augustus): Maandae Oopspanne

Dinsdae o/9A- en B-spanne asook

o/8-hardebalspan

Woensdae o/10A- en B-spanne

Donderdae o/11A- en B-spanne

Uitslae (ligawedstryde)

o/9A wen met 8 paaltjies vs Fontainebleau

o/9B wen met 10 paaltjies vs Louw Geldenhuys

o/10B wen met 9 paaltjies vs BPMS

o/11C wen met 8 paaltjies vs Fairland o/10C

o/10C verloor met 30 lopies vs Unika (o/9A)

3de span wen met 10 paaltjies vs Jan Celliers (2de)

2de span verloor met 8 paaltjies vs Unika (1ste)

1ste span verloor met 6 paaltjies vs Fontainebleau

Noord-wes Krieket

Spesiale vermelding: Franco Roos (o/11) 62 lopies n.u.n.

Jean du Toit (o/11) 92 lopies

Rico Vosloo (o/11) 128 lopies n.u.n.

MINI-KRIEKET

Oefeninge begin op Maandag 17 September

Oefentye

Maandae: 13:30 - 14:15 Dinsdae: 13:00 - 14:00

o/6 - Gr. R

Oefentye: SLEGS VANAF 4de KWARTAAL

Dinsdae en Woensdae: 13:10 - 14:10

SKAAK

Oefening is afgesluit vir die jaar. Uitslae (ligawedstryde) o/7 wen 3½ – 2½ vs Trinity, Little Falls

wen 4½ – 1½ vs Maragon, Ruimsig wen 4½ – 1½ vs Curro Aurora verloor 1½ – 4½ vs Fontainebleau wen 6 – 0 vs Newton House

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

7 o/9A wen 5 – 1 vs Unika

wen 5 – 1 vs Maragon, Ruimsig gelykop 3 – 3 vs Reserwespan verloor 1 – 5 vs Trinity, Little Falls

verloor 1½ – 4½ vs Trinity, Randpark o/9B wen 5 – 1 vs Blairgowrie

wen 6 – 0 vs Trinity, Little Falls verloor 0 – 6 vs Boskop verloor 2½ – 3½ vs Louw Geldenhuys A wen 4 – 2 vs Louw Geldenhuys B o/11 wen 5 – 1 vs Boskop wen 5½ – ½ vs Newton House wen 6 – 0 vs Rissidale verloor 2 – 4 vs Curro Aurora wen 6 – 0 vs CLiffview o/13 verloor 2 – 4 vs Curro Aurora gelykop 3 – 3 vs Northcliff verloor 1½ – 4½ vs Boskop verloor 2 – 4 vs CLiffview wen 4 – 2 vs Rissidale

TENNIS

Oefentye

Senior A-spanne

Do. 13 Sept. 06:30 – 07:30 Ruan Do. 20 Sept. 06:30 – 07:30 Ruan

Senior B-spanne

Ma. 17 Sept. 07:00 – 08:00 Jean

Juniorseuns

Wo. 19 Sept. 06:30 – 07:30 Charne

Juniordogters

Di. 18 Sept. 06:30 – 07:30 Philip

Uitslae

Seuns A wen 36 – 6 vs Louw Geldenhuys

Seuns B wen 26 – 16 vs Unika A

Albei hierdie spanne is onoorwonne en word as ligawenners aangewys. Baie geluk!

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

8 Seniortennis

Voorlopige JHB-ligawedstryde Dogters A: 17 Sept. Unika (weg)

26 Sept. Louwtjies B (tuis) 10 Okt. Bryanston (weg) 17 Okt. Jan Celliers A (tuis) 24 Okt . Bye 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Dogters B: 19 Sept. Bye 26 Sept. Reddford, Northcliff (tuis) 10 Okt. Trinity, Randpark (weg) 17 Okt. Curro Aurora (tuis) 24 Okt. Curro, Wilgeheuwel (weg) 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Seuns A: 20 Sept. Crawford, Sandton (tuis) 27 Sept. Kind David, Sandton (weg) 11 Okt. Louwtjies B (tuis) 18 Okt. Heronbridge A (weg) 25 Okt. Fontainbleau B (tuis) 31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

Seuns B: 20 Sept. Jan Celliers A (tuis)

27 Sept. Crawford, Sandton (weg) 11 Okt. Unika (weg)

18 Okt. Bryneven (tuis)

25 Okt. Trinity, Randpark (tuis)

31 Okt. Wedstryde wat uitgereёn het

LANDLOOP

Daar sal geen landloopoefening wees hierdie week nie. Volgende week begin ons met middelafstande. Oefentye: Maandae – Woensdae 15:45 – 17:00

SA-kampioenskap Die SA-kampioenskap se datum het geskuif na Saterdag 28 September en vind nog steeds in Bloemfontein

by UOVS (Kovies). Weereens sterkte aan die volgende leerders:

Chemené Mentz (Dogters o/10)

Corné de Fouw (Seuns o/13)

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

9

INLIGTINGSENTRUM

Baie dankie aan die medialeiers en leesklubleiers wat so fluks gehelp het tydens die gr. R- en gr. 1-

inligtingsdag. Ons is trots op julle!

Die is die laaste week wat boeke uitgeneem kan word. Alle uitstaande boeke moet asb volgende week

teruggestuur en ingehandig word.

People’s Theatre bied aan: “Our stories, our Africa” . Vir besprekings kontak 011 403 1563 of

[email protected]

Onthou om te lees!!

Juf. Connie

ALGEMEEN

VERE-KAS

Kom maak ‘n draai by ons in die ou administrasiegebou.

* verlore klere en sporttoerusting * bekostigbare tweedehandse skoolklere * pragtige aanpaskamers * groter spasie

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Kontak vir Thea Kilian ([email protected]) / Debbé Potgieter ([email protected]) vir enige

navrae in verband met die Vere-kas.

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Benyamin Barenberg Gr. 1/22: Zander Adendorff Gr. 1/24: Emma Erasmus Gr. 1/25: Nathan Pelser Gr. 1/26: Juliska Reyersbach Gr. 1/27: Juan Nortjé Gr. 2/15: Tristan McQue Gr. 2/16: Markus Jansen Gr. 2/17: Kristian van Gaalen Gr. 2/18: Wian Maartens Gr. 2/21: Elizca van der Merwe Gr. 2/23: Rickard van der Merwe Gr. 3/12: Isabella Spangenberg Gr. 3/13: Willem du Plooy Gr. 3/28: Kayren Koen Gr. 3/29: Michelle Williams Gr. 3/45: Ruan Perry Gr. 3/46: Elri Coetzer

Uitblinkers

Groenklas: Evan de Vlamingh en Denique Louw

Blouklas: Ané Symington en Calvin Klopper

Oranjeklas: Dieter Greyling en Leané Schourie

Persklas: Michaylla van den Berg en Kieran Corrigan

Geelklas: Lana Heyns en Jean-Luc Westley

Rooiklas: Ryan Jonker en Abigail Liebenberg

Polla Pou- toekennings

Gr. 1/14 Brayden van der Merwe en Daniel Pieterse

Goeie gedrag

Gr. 4/48: Jaco-Martin Müller, Kaitlin Pelser en Jandré Bester

Gr. 4/49: Liam Benade van Niekerk en Vincent Graham

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

10

VRIENDE VAN FAIRLAND

VVF-SPENS

Die kwartaal is amper op sy einde en ons spens is amper leeg. Die volgende produkte sal BAIE help:

blikkies vis, blikkies vleis, ontbytgraan, hawermout, pasta, suiker - 2,5kg, rys - 2kg, mieliemeel - 2,5kg,

blikkies sop, langlewe melk en sommer enige ander geskikte produkte wat in die huis is.

Indien u enige van bogenoemde produkte wil skenk, stuur asb. saam met u kind skool toe.

Baie dankie

Irene Aucamp

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

AKADEMIE

WOW-SPELFEES

Baie sterkte aan ons 38 deelnemers wat aan die WOW-spelfees se provinsiale ronde gaan deelneem op

Vrydag 14 September te Laerskool Helderkruin.

Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees. Programme is aan leerders uitgedeel. Let asb. weer op die reëls

aangaande die klank- en spelproses (ook beskikbaar op die d6 en ook vroeër aan leerders uitgedeel). Daar

sal ‘n mondelinge sowel as ‘n skriftelike ronde wees.

Ons hou vir jul styf duime vas!

BRICMATHS-KOMPETISIE

Die Departement van Onderwys het Laerskool Fairland genooi om aan ‘n gratis aanlyn Wiskunde-kompetisie

deel te neem. Dit behels verskeie wiskundige take wat deur die leerders voltooi kan word. Die kompetisie

het op 11 September begin en eindig op 30 September.

Tydens die kompetisie moet leerders wiskundige take binne 60 minute aflê en resultate is beskikbaar na

afloop van die voltooiing van die taak. Dit behels slegs ‘n uur gedurende bogenoemde tydperk waar leerders

inteken en van die take voltooi. Ons wil leerders wat wel sleutelwoorde ontvang het, aanmoedig aan die

opwindende kompetisie om deel te neem.

Leanie Taljaard

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

11

SPORT

CONGRATULATIONS! The following learner from your school has been selected to represent your school at the forthcoming South African Schools Judo Championships, hosted by Judo South Africa, and to be held at the PGL Mellow Oaks Academy, Roodepoort 28-30 September 2018. This tournament forms part of a mass development program (novice) where school children aged 6-14 years, from all over South Africa take part. The Tournament has an Advanced (have participated in national tournaments) and a Novice section.

LAERSKOOL FAIRLAND - Jacques Le Roux

ARTISTIESE GIMNASTIEK Suné Boshoff het op 25 Augustus aan die CGGA distrikskompetitise deelgeneem en haar Sentraal-Gauteng kleure verwerf, asook ‘n derde plek op balk vir Vlak 4 behaal. Sy neem op 15 September aan die provinsiale kompetisie deel.

KARATE

Op Saterdag 8 September, het Tenshinkan Karatefederasie hul SA nasionale kampioenskap gehou by Brakpan se binnenshuise sportkompleks. Amy en Marco Olivier, albei gr. 4-leerders, het deelgeneem en baie goed gevaar. Amy het ‘n eerste plek (goue medalje) behaal vir haar kata, sowel as ‘n eerste plek vir kumite (vegkuns) in die ouderdomsgroep dogters 10-11 jaar, kategorie bloubelt. Marco het ‘n 2de plek behaal vir sy kata en ook ‘n tweede plek vir kumite in die ouderdomsgroep 10 jaar, kategorie persbelt.

Ons is weer baie trots op Arné van Nieuwenhuizen wat ‘n eerste plek in sy kata en kumite in die ouderdomsgroep 8 jaar, oranje divisie, verower by dieselfde kampioenskap.

RITMIESE GIMNASTIEK

Op Vrydag 7 September het Lana Bouwer, Karla Fourie en Jeanne-Marié Kitshoff aan die provinsiale ritmiese gimnastiekkompetisie vir Gauteng en Limpopo in vlak 4 deelgeneem. Jeanne-Marié het 'n eerste plek behaal vir die vrystyldans, tou- en knuppelroetine en 'n algehele eerste plek vir haar ouderdomsgroep en algehele vlak 4 verower. Al drie dogters het volle Gautengkleure verwerf en dring deur na die nasionale kompetisie in Oktober. Baie geluk aan hierdie drie gimnaste!

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

12

KULTUUR

NEA

Kristian van Gaalen (gr. 2/17) het op 4 September aan die NEA deelgeneem en die volgende prestasies behaal:

Verhalende poësie – Goud Verhalende prosa – Junior Diploma Komiese monoloog – Junior Diploma

REDENAARS

Hannah Dercksen (gr. 1/14) het deelgeneem aan die Oppie Tong Af Afrikaanse redenaars. Sy het ‘n A-simbool verwerf vir voorbereide redenaars en A++ vir onvoorbereide redenaars. Sy dring deur na die finale ronde met haar onvoorbereide toespraak.

VOORTREKKERS

HOU KOERS! Die gr. 7- meerkat span van Weltevrede Voortrekkers het die naweek van 7-9 September hulle Voorlsag-toetskamp by Hartebeesfontein bygewoon. Hierdie kamp is die hoogtepunt van ‘n Penkop- en Drawwertjie-loopbaan. Hulle is getoets in verskillende onderwerpe wat hulle die laaste 7 jaar as voortrekker geleer het. Welgedaan almal! Hou Koers! Hou Koers! Fotoname van links na regs:

Melia Jordaan, Mia Marais, Wilhelm Strümpher,

Anlea de Jager, Ellie Lamé, Maryna Visagie, Erika Spangenberg, Jana Lotz, Arno Brückner,

Nadia Potgieter, Emile Liebenberg, Duan Brittion, Jacques Kruger en Zack Jansen

Die voortrekkers het ook ons bome pienk oorgetrek ten bate van kankerbewustheidsmaand in Oktober.

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

13

ADVERTENSIES

RESONANZE MUSIEKSKOOL "MUSIEKLESSE te kies en te keur vir elke tipe musikant-in-wording! Skryf nou in vir sang, kitaar, drom, viool, klavier en marimbas. Resonanze Musiekskool, Berario Ontspanningsentrum, 081 351 7491, [email protected]".

TUINWOONSTEL TE HUUR

Jong werkende dame is op soek na ‘n tuinwoonstel (met of sonder meubels) in Randburg-area om te huur vanaf 1 Oktober 2018. Indien weet van ‘n tuinwoonstel wat beskikbaar is. Skakel Zanelle van Wyk 074 220 1995.

TUINWOONSTEL TE HUUR

Gerieflike 1-slaapkamer woonstel vir enkelpersoon te huur – dadelik beskikbaar. Aparte sitkamer, kombuis

asook onderdak parkering en private tuin. Ook geskik as kantoor. Slegs R5 000 per maand. Kontak

082 653-8166

Page 14: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

14

Col’Cacchio, L’Corro Sentrum

Page 15: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - lsfairland.files.wordpress.com · vat, kan jy toekomsplanne maak en doelwitte stel. Maar die moaners, ai! Hulle het ook ‘n probleem vir elke oplossing,

15