1
“Só kan die persoon ‘verplasing’ gebruik om sy woede of teleurstelling in ’n objek of persoon na ’n eksterne objek of persoon te verskuif. Hy kan byvoorbeeld teleurgesteld wees omdat die welsynsraad sy aansoek om aanneming afgekeur het. Nou skryf hy iets op Facebook oor die ‘aanneming van kinders’ omdat hy sy eie teleurstelling wegskuif na ’n plek waar ander mense teleurstelling sal ervaar wanneer hulle nie die kinders kan aanneem nie. Hy is nie meer alleen in sy teleurstelling nie, maar het dit verskuif. Dis soos om vir iemand kwaad te wees en dan ’n deur te slaan,” verduidelik dr ST. “’n Tweede verdedigingsmeganisme is projeksie. So iemand projekteer sy eie tekortkominge of onaanvaarbare gedrag op ander. Byvoorbeeld as jy suinig is, sê jy ander mense is suinig. Só beskerm jy jou eie onaanvaarbare gedrag deur dit op ander af te skuif. So iemand kan fiktiewe stories op Facebook versprei, waar hy sy eie onaanvaarbare gedrag aan ander mense toeskryf.” Dr ST sê nog ’n moontlike motief is intensies wat uit ’n bose identiteit spruit. “Wanneer ’n boosheid jou identiteit oor- neem, dan neem jy die aard en karakter van boosheid aan en ’n mens se optrede spruit uit jou karakter en identiteit. ’n Slegte boom sal slegte vrugte dra. Iemand met ’n bose identiteit sal bose dinge doen soos moor, steel of ander mense met skinderpraatjies seermaak. Hy sal fiktiewe stories versprei met die motief om ander te na te kom of ’n sekere punt te stel.” Nog ’n moontlike rede is mense wat gefrustreerd of kwaad oor een of ander saak of onreg is, sê dr ST. “Gewoonlik is die persoon nie by magte om iets daaraan te doen nie, en dan neem hy sy toevlug tot Facebook of Twitter en blaker ’n storie uit. Só dien dit as ’n uitlaatklep vir frustrasies met ’n saak, persoon of instansie. Die individu kan sy storie neem, dinge daarby las om sy saak te beklemtoon en dit die kuberwêreld instuur. Op dié manier kry hy terugvoer van en kameraadskap met ander oor die onreg wat hom aangedoen is.” Dr ST sê hy sien ook baie van die fiktiewe stories op die internet en Facebook as ’n vorm van kubervandalisme. “Jy gebruik nie meer ’n baksteenmuur om obsene graffiti te skryf nie, maar die kubermuur om aan jou innerlike gevoelens uiting te gee. Jy doen dit om aan jou woede uiting te gee op ’n plek waar jy kan en wat is dan nou makliker as om dit op Facebook te doen.” Volgens hom is mense se intensies egter nie altyd kwaadwillig nie, maar dikwels die gevolg van ’n misplaaste sin vir humor. “Mense sal grappe maak en dit per SMS of op Facebook uitstuur, maar baie keer is so ’n ‘grap’ onvanpas of ruk later heeltemal handuit.” Hy sê die motief agter baie urban legends is ook dat dit vir mense lekker is om stories op te maak en te vertel. “Stories vertel is deel van die menslike natuur. Die internet het nou net gemaak dat jy op ’n ander manier kan stories vertel en oorvertel. Waar jy in die verlede die telefoon opgetel het en vir jou vriendin op die dorp ’n lekker sappige storie vertel het, kan jy dit nou vinniger aan ’n klomp mense vertel. En ja, mense geniet dit om ’n gebeurtenis verder in te kleur en dan weer aan ander te vertel.” Onskuldige misverstande speel ook soms ’n rol, glo hy. “Byvoorbeeld, iemand kan dalk werklik bekommerd wees oor die heenkome van ’n kind en dit op Facebook noem. Ander mense lees en interpreteer dat die kind sonder ’n ma en pa is en daar nou ’n huis vir die kind gesoek word. Die storie word dan verder versprei om te help, want hier is ’n arme weeskind wat dringend ’n ouerhuis soek en almal in die Facebook-familie moet na ’n geskikte ouerhuis help soek. Só word ’n boodskap vinnig die wêreld ingestuur en kry dit later stertjies by. Die bedoeling agter die aanvanklike boodskap was nie kwaadwillig nie.” Maar hetsy onskuldig of kwaadwillig, sulke boodskappe kan groot skade aanrig, sê dr ST. Mense kan in ’n internetbedrogspul ingetrek word, dit kan jou finansiële skade aandoen en baie spanning op die hals haal. Stories kan ook mense persoonlik te na kom en spanning, frustrasie en depressie veroorsaak – veral as iemand misbruik of ingeloop voel.” *Skuilnaam 1 2 3 4 5 Volgens Hoaxbusters kan jy vals boodskappe gewoonlik aan vyf kenmerke herken: Daar is gewoonlik ’n sin van dringend- heid aan die boodskap. Die boodskap moedig jou aan om die inligting met soveel moontlik mense te deel. Die boodskap sê duidelik dat dit nie vals is nie, en bevat dan gewoonlik inligting wat “bewys” dat dit eg is, soos dat dit met iemand gebeur het wat hulle persoonlik ken, of dit haal ’n groot maatskappy aan. Dit speel op jou gevoel deur jou te laat voel daar gaan iets ergs gebeur as jy dit nie aanstuur nie, of dat jy ’n minder goeie mens sal wees as jy dit nie aanstuur nie. Dit kan ook op jou vrese speel, of op jou begeertes na iets wat jy nie het nie. Dit het dikwels >>>-merke in die kantlyn wat wys dat dit al oneindig baie kere aangestuur is. Onthou verder dat dit onmoontlik is om die aanstuur van ’n boodskap te monitor. Niemand gaan geld ontvang omdat jy dit aanstuur nie en in die proses kan jy dalk skadelike rekenaarvirusse versprei. Besoek www.hoax-slayer.com; www.snopes. com en www.hoaxbusters.org Vk aktueel STUUR JY DIT AAN? Mense wat sulke boodskappe aanstuur sonder om eers seker te maak of dit waar is, is dikwels goedgelowig, sê dr ST. “Dis mense met goeie bedoelings wat graag wil help. Soms is dit ook mense wat haastig is en net boodskappe aan- stuur sonder om seker te maak waaroor dit gaan. ’n Derde groep is mense wat lief is vir ’n goeie skinderstorie. ’n Vierde groep is mense wat werklik omgee en ’n waarskuwing aanstuur aan vriende en familie dat hulle versigtig moet wees. Dan is daar ook mense wat inligting aanstuur omdat dit vir hulle interessant is.” Dis egter belangrik om te kan onderskei tussen wat jy behoort aan te stuur en wat jy summier behoort uit te vee, sê dr ST. “As jy onseker is, praat met iemand hieroor en vra wat hulle dink. Soms sal hulle jou vertel dis sommer net ’n storie wat die kuberrondte doen. Daar is ook webwerwe wat hierdie stories ontleed en jou waarsku. Verifieer dit. As jy twyfel, moenie deelneem nie.” Vrouekeur 1 Maart 2013 23

VK0103pg023

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: VK0103pg023

Shu

tter

sto

ck/ B

ruce

Rol

ff

“Só kan die persoon ‘verplasing’ gebruik om sy woede of teleurstelling in ’n objek of persoon na ’n eksterne objek of persoon te verskuif. Hy kan byvoorbeeld teleurgesteld wees omdat die welsynsraad sy aansoek om aanneming afgekeur het. Nou skryf hy iets op Facebook oor die ‘aanneming van kinders’ omdat hy sy eie teleurstelling wegskuif na ’n plek waar ander mense teleurstelling sal ervaar wanneer hulle nie die kinders kan aanneem nie. Hy is nie meer alleen in sy teleurstelling nie, maar het dit verskuif. Dis soos om vir iemand kwaad te wees en dan ’n deur te slaan,” verduidelik dr ST.

“’n Tweede verdedigingsmeganisme is projeksie. So iemand projekteer sy eie tekortkominge of onaanvaarbare gedrag op ander. Byvoorbeeld as jy suinig is, sê jy ander mense is suinig. Só beskerm jy jou eie onaanvaarbare gedrag deur dit op ander af te skuif. So iemand kan fiktiewe stories op Facebook versprei, waar hy sy eie onaanvaarbare gedrag aan ander mense toeskryf.”

Dr ST sê nog ’n moontlike motief is intensies wat uit ’n bose identiteit spruit. “Wanneer ’n boosheid jou identiteit oor­neem, dan neem jy die aard en karakter van boosheid aan en ’n mens se optrede spruit uit jou karakter en identiteit. ’n Slegte boom sal slegte vrugte dra. Iemand met ’n bose identiteit sal bose dinge doen soos moor, steel of ander mense met skinderpraatjies seermaak. Hy sal fiktiewe stories versprei met die motief om ander te na te kom of ’n sekere punt te stel.”

Nog ’n moontlike rede is mense wat gefrustreerd of kwaad oor een of ander saak of onreg is, sê dr ST. “Gewoonlik is die persoon nie by magte om iets daaraan te doen nie, en dan neem hy sy toevlug tot Facebook of Twitter en blaker ’n storie uit. Só dien dit as ’n uit laat klep vir frustrasies met ’n saak, persoon of instansie. Die individu kan sy storie neem, dinge daarby las om sy saak te beklemtoon en dit die kuberwêreld instuur. Op dié manier kry hy terugvoer van en kameraadskap met ander oor die onreg wat hom aangedoen is.”

Dr ST sê hy sien ook baie van die fiktiewe stories op die internet

en Facebook as ’n vorm van kubervandalisme. “Jy ge bruik nie meer ’n baksteenmuur om obsene graffiti te skryf nie, maar die kubermuur om aan jou innerlike gevoelens uiting te gee. Jy doen dit om aan jou woede uiting te gee op ’n plek waar jy kan en wat is dan nou makliker as om dit op Facebook te doen.”

Volgens hom is mense se intensies egter nie altyd kwaadwillig nie, maar dikwels die gevolg van ’n misplaaste sin vir humor. “Mense sal grappe maak en dit per SMS of op Facebook uitstuur, maar baie keer is so ’n ‘grap’ onvanpas of ruk later heeltemal handuit.”

Hy sê die motief agter baie urban legends is ook dat dit vir mense lekker is om stories op te maak en te vertel. “Sto ries vertel is deel van die menslike natuur. Die internet het nou net gemaak dat jy op ’n ander manier kan stories vertel en oor vertel. Waar jy in die verlede die telefoon opgetel het en vir jou vriendin op die dorp ’n lekker sappige storie vertel het, kan jy dit nou vinniger aan ’n klomp mense vertel. En ja, mense geniet dit om ’n gebeurtenis verder in te kleur en dan weer aan ander te vertel.”

Onskuldige misverstande speel ook soms ’n rol, glo hy. “Byvoorbeeld, iemand kan dalk werklik bekommerd wees oor die heenkome van ’n kind en dit op Facebook noem. Ander mense lees en interpreteer dat die kind sonder ’n ma en pa is en daar nou ’n huis vir die kind gesoek word. Die storie word dan verder versprei om te help, want hier is ’n arme weeskind wat dringend ’n ouerhuis soek en almal in die Facebook­familie moet na ’n geskikte ouerhuis help soek. Só word ’n boodskap vinnig die wêreld ingestuur en kry dit later stertjies by. Die bedoeling agter die aanvanklike bood skap was nie kwaadwillig nie.”

Maar hetsy onskuldig of kwaadwillig, sulke boodskappe kan groot skade aan rig, sê dr ST. Mense kan in ’n internet bedrog spul ingetrek word, dit kan jou finansiële skade aandoen en baie spanning op die hals haal. Stories kan ook mense per soon lik te na kom en spanning, frustra sie en depressie veroorsaak – veral as iemand misbruik of ingeloop voel.”

*Skuilnaam

12345

Volgens Hoaxbusters kan jy vals bood skappe gewoonlik aan vyf kenmerke her ken:Daar is gewoonlik ’n sin van dringend­heid aan die boodskap.Die boodskap moedig jou aan om die inlig ting met soveel moontlik mense te deel.Die boodskap sê duidelik dat dit nie vals is nie, en bevat dan gewoonlik inligting wat “bewys” dat dit eg is, soos dat dit met iemand gebeur het wat hulle per soon lik ken, of dit haal ’n groot maat skap py aan.Dit speel op jou gevoel deur jou te laat voel daar gaan iets ergs gebeur as jy dit nie aanstuur nie, of dat jy ’n minder goeie mens sal wees as jy dit nie aanstuur nie. Dit kan ook op jou vrese speel, of op jou begeertes na iets wat jy nie het nie.Dit het dikwels >>>­merke in die kantlyn wat wys dat dit al oneindig baie kere aangestuur is.

Onthou verder dat dit onmoontlik is om die aanstuur van ’n boodskap te monitor. Niemand gaan geld ontvang omdat jy dit aanstuur nie en in die proses kan jy dalk skadelike rekenaarvirusse versprei. Besoek www.hoax­slayer.com; www.snopes.

com en www.hoaxbusters.org Vk

aktueel

Stuur jy dit aan?Mense wat sulke boodskappe aanstuur sonder om eers seker te maak of dit waar is, is dikwels goedgelowig, sê dr ST. “Dis mense met goeie bedoelings wat graag wil help. Soms is dit ook mense wat haas tig is en net boodskappe aan­stuur sonder om seker te maak waar oor dit gaan. ’n Derde groep is mense wat lief is vir ’n goeie skinderstorie. ’n Vierde groep is mense wat werk lik omgee en ’n waarskuwing aanstuur aan vriende en familie dat hulle versigtig moet wees. Dan is daar ook mense wat inligting aanstuur omdat dit vir hulle interessant is.”

Dis egter belangrik om te kan onderskei tussen wat jy behoort aan te stuur en wat jy summier behoort uit te vee, sê dr ST. “As jy onseker is, praat met iemand hieroor en vra wat hulle dink. Soms sal hulle jou vertel dis sommer net ’n storie wat die kuberrondte doen. Daar is ook webwerwe wat hierdie stories ontleed en jou waarsku. Verifieer dit. As jy twyfel, moenie deelneem nie.”

Vrouekeur 1 Maart 2013 23