Upload
hoangque
View
214
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Wêreld Kankerdag 2014
ONTMASKER DIE MITES
Wêreld Kankerdag 2014 se veldtog geskied onder die leuse ‘Ontmasker die Mites’ met ‘n fokus op vier algemene mites oor kanker wat regoor die
wêreld voorkom
MITE NO 1
Ons hoef nie oor kanker
te gesels nie
Waarheid
Alhoewel kanker ‘n moeilike onderwerp is om oor te gesels, veral onder sommige kulturele omstandighede, kan openlike gesprek oor die siekte verskeie verbeteringe op individuele-, gemeenskaps- en beleidsvlakke bewerkstellig.
Om oor kanker te praat, kan ook help om negatiewe oortuigings, houdings en gedrag wat voortbestaande mites versprei, vrees en stigma veroorsaak en verhoed dat mense vroeë opsporing en behandeling, sowel as dalende inenting uitsoek, uit te daag.
‘n Skop in die testikels kan kanker veroorsaak
Werklikheid
Alhoewel dit baie seer sal wees, sal dit nie kankerveroorsaak nie. Testikulêre kanker veroorsaakswelsel van ‘n testikel, wat nie met ‘n ondersoekonderskei kan word van die testikel self nie. Testikulêre kanker kom meer algemeen voor onderjong mans tussen 15 en 39. Enige nuwe of abnormale knop in die skrotum behoort dringendaan ‘n geneesheer gerapporteer word
Wanopvatting oor testikulêre kanker
Wanopvatting oor manlike borskanker
Wanopvatting oor prostaatkankerSlegs ouer mans loop die risiko om prostaatkanker te kry
Werklikheid
Prostaatkanker is minder algemeen by mans onder40. Indien jy besorgd is, raadpleeg jou dokter of jyvroeër getoets hoef te word. Ouderdom is nie die enigste faktor nie.
Indien jou pa of broer prostaatkanker gehad het, verdubbel of verdriedubbel jou risiko.
Hoe meer verwante van jou die siekte het, hoe groter is jou kanse om dit te kry.
Wanopvatting oor ‘n verhoogde PSA telling
‘n Verhoogde PSA telling beteken dat jy prostaatkanker het
Werklikheid
Onwaar. Jou PSA telling kan hoog wees as gevolg van ‘n vergrote prostaat of inflammasie van die prostaat.
Die PSA telling help die geneesheer om te besluit of verdere toetse nodig is om te kyk of jy prostaatkanker het. Die geneesheer stel belang in jou PSA telling oor ‘n tydperk om te sien of dit verhoog wat op ‘n probleem kan dui.
Indien dit verlaag na kankerbehandeling, is dit ‘n goeie teken.
Wanopvatting oor die behandeling van prostaatkanker
Alle prostaatkankers moet behandel word
Werklikheid
Jy en jou geneesheer mag saam besluit om nie jou prostaatkanker te behandel nie
Moontlike redes:
Jou kanker is in ‘n vroeë stadium en groei baie stadig.
Jy is bejaard en het ander gesondheidsprobleme.
Behandeling van jou prostaatkanker mag dalk nie jou lewensverwagting verhoog nie en mag die behandeling van ander probleme kompliseer.
In sulke gevalle sal die geneesheer ‘wag-en-kyk’ voorstel. Dit beteken dat die geneesheer jou gereeld sal ondersoek en toetse laat doen om te verseker dat die kanker nie vererger nie.Indien die situasie verander, mag die geneesheer besluitom met behandeling te begin.
Wanopvatting oor Servikale Kanker
Om met servikale kanker gediagnoseer te word, beteken die dood
Werklikheid
Kanse op oorlewing na servikale kanker wat in ‘n vroeë stadium opgespoor is, is 90 to 95%
Indien in ‘n laat stadium gediagnoseer, is die oorlewing tussen 10 en 20%
Wanopvatting oor PapsmereIndien ‘n Papsmeer abnormaal is, beteken dit jy het kanker
Werklikheid
Nie noodwendig nie. Jy sal heel moontlik opvolgtoetse soos ‘n MPV toets, ‘n inwendige ondersoek of ‘n keëlbiopsie moetondergaan om te toets vir kankerselle.
‘n Abnormale Paptoets kan op ‘n voorkanker toestand dui watbehandel kan word.
Daarteenoor kan ‘n negatiewe Paptoets nie altyd beteken dat ‘n vrou kankervry is nie. Ongeveer 10% van alle Paptoetse mag ‘n valsnegatief uitslag hê wat beteken dat die toets nie ‘n probleemaangedui het nie.
Indien jy probleme soos bloeding of pyn verduur, moet jymediese hulp verkry al was jou laaste Paptoetsnormaal
Wanopvatting oor ‘n familiegeskiedenis van borskankerSlegs vroue met ‘n familiegeskiedenis van borskanker loop ‘n risiko
Werklikheid
Ongeveer 20 tot 30% van vroue wat met borskanker gediagnoseer is, het ‘n familiegeskiedenis van die siekte.
Indien ‘n naby familielid (‘n ouer, sib of kind) borskanker het of gehad het, verhoog jou risiko ongeveer tweevoudig.
Om twee naby familielede met die siekte te hê, verhoog jou risikoself nog meer.
‘n Familiegeskiedenis van baarmoeder- ovaria- of kolonkaner kanook die risiko verhoog. Die meeste oorerflike gevalle van borskankerword geassosieer met twee abnormale gene BRCA1 en BRCA2.
Wanopvatting oor knoppe in ‘n bors
Die meeste knoppe wat in ‘n bors voorkom is kanker
Werklikheid
Ongeveer 80% knoppe in vrouens se borste word veroorsaak deur nie-kankeragtige veranderinge, kiste of ander toestande.
Vrouens word aangemoedig om enige veranderinge aan te meld aangesien die vroeë diagnosering van borskanker voordelig is. Jou geneesheer mag ‘n mammogram, ultraklank of biopsie voorstel om te bepaal of die knop kankeragtig is.
Wanopvatting oor Mammogramme
Indien die verslag oor my mammogram negatief is, is daar niks om oor bekommerd te wees nie
Werklikheid
Alhoewel dit gereken word as die mees effektieweprosedure vir sifting en diagnose, faal ‘n mammogram somtyds om ongeveer 10 tot 20% van borskankers uit tewys.
‘n Ultraklank word dikwels bykomstig tot ‘n mammogrmbegruik in pasiënte met digte borsweefsel.
Gereelde kliniese borsondersoeke en self-borsondersoekespeel ‘n belangrike rol in die siftingsproses om veranderinge en abnormaliteite uit te wys.
Kanker het geen tekens of simptome nie
Waarheid
Vir vele kankers is daar waarskuwingstekens en –simptome en die voordele van vroeë opsporing is onbetwisbaar.
MITE NO 2
Tekens en Simptome van Kanker by Volwassenes
K Knop of verdikking in ‘n bors, testikel of elders
A Aanhoudende koors van onbekende oorsprong
N Noemenswaardige en aanhoudende moegheid
K Kleur of grootte van ‘n moesie of vrat wat verander
E Erge en aanhoudende hoofpyn
R Raaiselagtige heesheid en aanhoudende hoes
W Wisselende pyne in skelet of ander liggaamsdele
A Aptyt wat afneem
AAfskeidings wat ongewoon is
R Resente verandering in werking van blaas of dermkanaal
S Slegte spysvertering wat voortduur
K Kneusplekke sonder gepaardgaande beserings
U Uitermatige en aanhoudende bleekheid
W Wond wat nie wil genees nie
I Infeksie of inflammasie wat nie opklaar nie
N Naarheid en braking waarvoor daar nie ‘n verklaring is nie
G Gewigsverlies wat nie verklaar kan word nie
Tekens en Simptome van Kinderkankers
K Koors van onbekende oorsprong
I Infeksies wat herhalend voorkom
N Naarheid met of sonder braking
D Dubbelvisie of wit kol agter pupil
E Erge onverklaarbare moegheid
R Raaiselagtige pyne in gewrigte, skelen, rug of bekken
K Knop of massa wat skielik ontwikkel in die buik, nek of anderliggaamsdeel
A Afskeidings wat ongewoon is
N Noemenswaardige bleekheid wat voortduur
K Kneusplekke sonder gepaardgaande beserings
E Erge en aanhoudende hoofpyn
R Resente onverklaarbare gewigsverlies
Daar is niks wat ek oor kanker kan doen nie
Waarheid
Daar is baie wat op individuele-, gemeenskaps- en beleidsvlakke gedoen kan word en met die regte strategieë kan ‘n derde van die mees algemene kankers voorkom word.
MITE NO 3
Die bevordering van 'n gebalanseerdeleefstylDie omstandighede waaronder mense woon en werk, asook lewenstyl, beïnvloed hul gesondheid en kwaliteit van lewe.
Bewyse: Organisasies van alle groottes kan omgewings wat die gesondheid van hul werknemers beskerm en bevordering skep, deur die verskaffing van:
• 100% tabak en rook-vrye omgewings
• Voorsiening van, en toegang tot, gesonde kos opsies
• Werksplek gesondheidsonderrig programme en ‘n beleid wat bewustheid van die risiko van kanker faktore en die belangrikheid van vroeë opsporing skep
Volg ‘n Gesonde Dieet
Riglyne:
Eet genoegsame groente en vars vrugte (in seisoen). Die dieet behoort uit vrugte, groente en ander plantaardige voedselsoorte te bestaan – soosheelgraan en peulgroente.
Beperk vetinname - eet ligter en skraler deurminder hoëvet kossoorte, veral van dierlike afkomste kies.
Vermy of beperk alkoholinname - die risiko van verskeie tipes kanker, insluitend borskanker en kanker van die kolon, longe, niere en lewerverhoog met die hoeveelheid alkohol wat in-geneem word asook die tydsduur van gereeldealkoholinname
Goeie en gesonde besluite by die winkel en tydens maaltye kan help om kankerrisiko te verlaag
Verlaag Suiker InnameHoë inname van bygevoegde suiker dra by tot die voorkoms van gedragsprobleme by kinders, tandbederf en obesiteit wat aanleiding gee tot verhooge risiko vir nie-oordraagbare siektes soos tipe-2 diabetes, kardiovaskulêre siektes, hoë bloeddruk en verskeie kankers
‘Bygevoegde suiker’ verwys na enige suiker wat byvoedselsoorte gevoeg word tydens prosessering ensluit suiker, heuning, molasse, sukrose metmolasse, gekleurde suiker, vrugtesapkonsentraat,ontgeurde en/of gedeioniseerde vrugtesap enkonsentrate daarvan, hoë fruktose mieliestroop enmout in.
Dit word aanbeveel dat bygevoegde suiker tot diedieët nie 100 kalorieë (25g) per dag vir vroue en150 kalorieë (37,5g) vir mans oorskry nie.
Dit is gelykstaande aan ongeveer 5-6% van daaglikse energie (E). Een blikkie suikerversoete koeldrank (350ml) bevat meer as 40g suiker (gelyk aan 6-7% van een dag se energie-inname) - 25g suiker is gelykstaandeaan 2 gehoopte eetlepels suiker.
Beperk SoutinnameSout is noodsaaklik vir die menslike liggaam om normaal tefunksioneer. ‘n Hoofbestanddeel van tafelsout (NaCl) is natrium.Die inname van sout van alle oorsprong behoort minder as 5g per dagte wees, waarvan natrium minder as 2 400mg behoort te wees (dit isgelykstaande aan een teelepel sout per dag).
Die verhouding tussen natrium en kaliuminname moet ten minste 1:1 wees.
Dit word verder aanbeveel omgeprosesseerde en kitskosse sowel assoutgepreserveerde, souterige ofgesoute kosse te vermy. Ook om kossesonder die byvoeg van sout tepreserveer aangesien dit die risiko virmaag- en neuskeelkankers, verhoogdebloeddruk, hartsiektes en beroerteverhoog.
Sluit Bronne van Omega-3 in by jou Dieët
Sluit Bronne van Omega-3 in by jou Dieët
Handhaaf ‘n Gesonde Gewig en Wees Fisies Aktief
Die handhawing van ‘n gesondegewig mag meehelp om dierisiko vir verskeie kankers teverlaag, insluitend borskankerasook kanker van die prostaat,longe, kolon en niere. Fisieseaktiwiteit help ook. Bykomstigtot gewigshandhawing, helpfisiese aktiwiteit op sy eie omdie risiko vir borskanker enkolonkanker te verlaag
Beskerm Jouself teen die Skadelike UV-strale van die Son
Maak Slim KeusesDie KANSA Seël van Erkenning moedig jou aan om produk-etikette na te gaan en ingeligte keuses te maak.
Vermy Riskante Gedrag‘n Effektiewe strategie om behulpsaam te wees om die risiko vir kanker te verlaag, is om riskante gedrag te vermy wat aanleiding kan gee tot infeksies wat kankerrisiko kan verhoog.
Byvoorbeeld:
Beoefen veilige seks. Beperk die aantal seksmaats en gebruik ‘n kondoom wanneer jy seks het. Hoe groter die aantal seksmaat, hoe groter is die kans dat iemand ‘n seksueel oordraagbare siekte soos MIV of MPV kan opdoen. Persone wat MIV of Vigs onder lede het, loop ‘n groter risiko om kanker van die anus, lewer of longe te ontwikkel. MPV word meestal geassosieer met servikale kanker maar dit mag ook die riskiko verhoog vir kanker van die anus, penis, keel, vulva en vagina.
Die deel van naalde met geïnfekteerde dwelm-gebruikers kan tot MIV sowel as Hepatitis B en C infeksies ly – dit verhoog ook die kanse vir lewer-kanker. Indien jy besorgd is oor dwelmgebruik of verslawing, verkry professionele hulp.
Vermy TabakprodukteOngeveer 4.5 miljoen mense sterf jaarliks as gevolg van tabak. Die rook van tabak gaan wêreldwyd verantwoordelik wees vir die dood van 6.5 miljoen mense teen 2015 en 8.3 miljoen mense teen 2030 met die grootste voorkoms in lae- en middel-inkomste lande.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sterf daar elke 6.5 sekondes ‘n huidige of vorige roker.
Na beraming is daar tans 1.3 miljard rokers wêreld-wyd.
Onbeteulde tabakverwante sterftes sal verhoog tot meer as 8 miljoen persone teen 2030 en 80% daarvan sal in die ontwikkelende wêreld voorkom.
Tabakverwante siektes dood meer as 44 000 Suid-Afrikaners en 5.4 miljoen mense wêreldwyd elke jaar. Dit is een persoon elke 6 sekondes.
Gaan vir Inenting
Kankervoorkoming sluit beskerming teensekere virusinfeksies in. Praat met ‘ngeneesheer oor immunisering.
Hepatitis B en C virusse sowel as die MenslikePapilloom en Herpes-8 virusse asook andereveroorsaak tot 20% van kankers in Afrika.
‘n Hepatitis B vaksien word tans wêreldwydaanbeveel vir die primêre voorkoming vanlewerkanker.
Twee MPV vaksienes is onlangs ingestel vir dievoorkoming van MPV wat hoofsaaklikverantwoordelik is vir servikale kanker sowelas ander kankers insluitend kop en nekkankers.
Gaan vir Gereelde Mediese Sorg en doenSelf-ondersoekeDoen gereeld self-ondersoeke engaan vir siftingstoetse vir verskeiekankers – soos borskanker enkanker van die testikels, vel,kolon prostaat en serviks.
Self-ondersoeke kan ‘n mens sekans op vroeë opsporing verhoogwanneer behandeling hoogssuksesvol kan wees.
Vra ‘n geneesheer oor die bestesiftingsprogram vir kanker wat jousal pas.
* Beskikbaar by sommige KANSA Sorgsentra
MITE NO 4
Ek het nie die reg tot kankersorg nie
Waarheid
Die Grondwet van Suid-Afrika (Handves van Menseregte) waarborg die reg tot toegang van bewese en effektiewe kankerbehandeling asook dienste op gelyke terme sonder lyding as gevolg.
Wanopvatting oor die Staat se Verantwoordelikheid om te betaal vir Mediese Sorg
Die Staat moet al my mediese sorg en behandeling verskaf insluitend die meesresente terapieë
Werklikheid
Die Grondwetlike Hof het in 1997 bepaal dat die reg tot gesondheid en gesondheidsorg ‘n nie-gewaarborgde reg is nie, wat beteken dat die reg afhanklik is daarvan of die Staat sodanige terapie kan bekostig of nie
[Thiagraij Soobramoney (appellant) versus Minister van Gesondheid (KwaZulu-Natal)]
PrivaatsektorMediese Hulpskemas bied spesiale bestuurde onkologiesorgprogramme aan lede.Privaathospitale kan onkologiedienste aanbied.Daar is ook privaat onkologie dienste wat deur dieSuid-Afrikaanse Onkologie Konsortium (SAOC opEngels) en Onafhanklike Onkolgie Netwerk (ICON opEngels) gebied word.
Voorgeskrewe Minimumvoordele is ‘n stel van gedefinieerde voordele (in terme vandie Wet op Mediese Skemas verseker dat all lede van mediese hulpskemas toeganghet tot sekere minimum gesondheidsdiense en –terapieë, ongeag die gekosevoordeelopsie om sodoende bekostigbare en toeganklike gesondheidsorg te verseker.
KANSAAanbiedingeKANSA Sorgsentra landswyd bied omvattende voorkomendesorg en ondersteuningsprogramme vir kankeroorwinnaars, hulgeliefdes en versorgers aan
Openbare SektorTersiêre Hospitale beskik oor gespesialiseerde onkologie eenhede, alhoewelkankerbehandeling ook by sekondêre hospitale beskikbaar is.Die Staat het Hepatitis B asook onlangs MPV inenting as deel van die UitgebreideImmuniseringsprogram ingestel.
Ons KANSA Sorgsentra landswyd bied
‘n omvattende voorkoming-, sorg- en
ondersteuningsprogram vir
kankeroorwinnaars en versorgers. Ons
werk saam met oorwinnaars om die
beste sorg oplossing te vind en adviseer
oor die bestuur van behandeling en
verwante newe-effekte, of dit nou
fisies, emosioneel en/of geestelik is.
Kontak jou naaste KANSA Sorgsentrum
om uit te vind hoe ons jou kan help, of
besoek
http://www.cansa.org.za/cansa-care-
centres/
CANSA
Kontak KANSAFacebook
CANSA The Cancer Association of SAChampions of Hope – CANSA Survivors
CANSA TLCCANSA – Teens Living with Cancer (TLC)
Tolvry telefoonlyn0800 22 66 22
Amptelike KANSA Webtuistewww.cansa.org.za
@CANSA
Youtube
You Tube
Die Einde
Dankie
www.cansa.org.zaTolvry 0800 22 66 22
Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in compiling this presentation,neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be held responsible for any action (or the lack thereof)taken by any person or organisation wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of informationcontained in, or accessed through, this presentation.