122
LES 44 - SONDAG 32: CHRISTUS VERRIG GEEN HALWE WERK NIE A. Die mikpunt te hoog? Lees: Vraag: Lees Sondag 44 vr en antw 113 Wat is jou eerste reaksie as jy dit lees? Dit is hoe ons Hemelvader, noudat Hy ons deur sy Seun uit die mag van die duiwel en die sonde verlos het, wil hê ons moet weer word. Volmaak! Lees ook maar: Matteüs 5: 48. Maar stel Hy daarmee nie hopeloos te hoë eise aan ons nie? Laat Hy ons hiermee nie onder die sweep deurloop nie? Is die lewe in die kerk dus tog, soos baie mense dink, ‘n lewe van moegmakende ‘moets en moenies’? Gaan dit daaroor ook in Sondag 32 HK: ons móet goeie werke doen? B. God stel hoë eise aan Homsélf. Moet egter nie te gou in moedverloor se vlakte gaan sit nie. Jy moet liewer Sondag 32 van die Kategismus 'n slag mooi lees. Dan sal jy agterkom dat ons maar net dankbaar kan wees dat die HERE sulke hoë eise stel. Die Kategismus het in Sondag 32 regtig nie skielik van ons onvolmaaktheid en sondige geaardheid vergeet nie. Lees: Dordtse Leerreëls Hoofstuk V, Art 1 en die eerste sin van 2. 1

tussendoopennagmaal.files.wordpress.com€¦  · Web viewTerwyl die "ou mens" al hoe meer doodgemaak word, word die "nuwe mens" in jou al hoe sterker. Dit word vir jou 'n toenemende

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

LES 44 - SONDAG 32: CHRISTUS VERRIG GEEN HALWE WERK NIE

A. Die mikpunt te hoog?

Lees: Vraag: Lees Sondag 44 vr en antw 113Wat is jou eerste reaksie as jy dit lees?

Dit is hoe ons Hemelvader, noudat Hy ons deur sy Seun uit die mag van die duiwel en die sonde verlos het, wil hê ons moet weer word. Volmaak! Lees ook maar:

Matteüs 5: 48.

Maar stel Hy daarmee nie hopeloos te hoë eise aan ons nie? Laat Hy ons hiermee nie onder die sweep deurloop nie? Is die lewe in die kerk dus tog, soos baie mense dink, ‘n lewe van moegmakende ‘moets en moenies’? Gaan dit daaroor ook in Sondag 32 HK: ons móet goeie werke doen?

B. God stel hoë eise aan Homsélf.

Moet egter nie te gou in moedverloor se vlakte gaan sit nie. Jy moet liewer Sondag 32 van die Kategismus 'n slag mooi lees. Dan sal jy agterkom dat ons maar net dankbaar kan wees dat die HERE sulke hoë eise stel. Die Kategismus het in Sondag 32 regtig nie skielik van ons onvolmaaktheid en sondige geaardheid vergeet nie.

Lees: Dordtse Leerreëls Hoofstuk V, Art 1 en die eerste sin van 2.

Dis dié dat die Kategismus in Sondag 32 HK vra: "Waaróm moet ons eintlik nog goeie werke doen??”. Ons het mos in die voorgaande Sondae uitvoerig geleer dat ons uit onsself niks goeds kan doen nie, maar dat die Here Jesus Christus alles vir ons moes doen. Ons is tog alleen uit genade, sonder enige verdienste van ons kant, verlos?

Vraag:

1

Onthou jy nog in watter Sondag gepraat is van ons sondige aard waarteen ons ons hele lewe lank moet stry? Hoekom eis God dan nog iets van ons wat ons tog nooit kan regkry nie??Die antwoord wat die Kategismus op hierdie vraag gee, is opvallend:God stel die eis dat ons weer goeie werke moet doen, eintlik nie aan óns nie. Hy het die eis aan Homsélf gestel.

Kom ons gebruik die volgende voorbeeld:die kategeet eis van sy katkisante dat hulle almal steeds hul Bybel en Psalmboek saamneem. Daarsonder kan daar nie in die katkisasieklas gewerk word nie.Die kategeet kán dit ook van sy katkisante eis, want almal hét 'n Bybel en Psalmboek.Maar sê-nou een van die katkisante neem 'n maatjie saam wat nie 'n kerklidmaat is nie. Sy het nie 'n Bybel nie en ook nie 'n Psalmboek nie. Sy

kan dit ook nie self bekostig nie en haar pa en ma weier om dit vir haar te koop.Daardie maatjie hou na daardie eerste keer aan om aan die katkisasieklasse deel te neem, want sy wil graag kerklidmaat word. Wat doen die kategeet in so’n geval? Hy eis dat almal 'n Bybel en Psalmboek saambring. Die eis het hy eintlik aan homsélf gestel.Daarom besluit hy om sélf vir daardie

meisie 'n Bybel en 'n Psalmboek te skenk.

Nou ja, dis ook wat God met ons doen. Hy wil hê ons moet weer volmaakte mense wees. Soos Hy ons in die Paradys laat begin het.Daar mag net goeie werke in ons lewe wees. En ook: goeie woorde. En selfs: goeie gedagtes.Maar, en dit is die vertroostende boodskap wat Sondag 32 vir ons uit die Skrif saamgevat het: aangesien ons dit self nooit kan regkry nie, sal die HERE dit Sélf in ons lewe bewerk! Deur sy Seun wat geen halwe werk verrig nie.

C. Vergewing plus vernuwing. Sondag 32 HKVraag 86: Waarom moet ons nog goeie werke doen,

2

terwyl ons tog sonder enige verdienste van ons kant alleen uit genade deur Christus uit ons ellende verlos is?

Antwoord: Omdat Christus ons, nadat Hy ons met sy bloed gekoop het, ook deur sy Heilige Gees tot sy ewebeeld vernuwe sodat ons met ons hele lewe bewys dat ons God dankbaar is vir sy weldade en Hy deur ons geprys word.

God het sy Seun aan ons gegee om die VERGEWING van al ons sondes te bewerk.Maar dit is vir Hom nie genoeg nie. Want daarmee het daar by ons mos nog niks verander nie. Ons bly dan nog steeds nie in staat om iets goeds te doen nie en tot alle kwaad geneig. Die sonde bly dan ons lewe regeer.Daarom mog Christus vervolgens ook sy Heilige Gees na ons stuur om 'n totale VERNUWING van ons lewe te bewerk. Die Gees sal ons net soos die Here Jesus te maak: volmaakte mense. Paradysmense.

Vraag: Die Kategismus noem in Sondag 32, antw 86 ons oorspronklike lewensdoel. Wat is dit?Hoe is daardie lewensdoel al vroeër genoem in Sondag 3 antw 6 en Sondag 22, antw 58?

Die Kategismus het al dikwels daarop gewys dat God die VERGEWING wat Hy ons skenk, deur die VERNUWING van ons lewe laat volg.

Lees:Sondag 6 HK antw 18 / Sondag 17 HK / Sondag 23 antw 60 / Sondag 26 antw 70.Watter woord gebruik die Kategismus pleks van VERGEWING?En watter woord pleks van VERNUWING?

D. Bemoedigend vir onsself.

God wil dus hê jy moet weer as 'n paradysmens begin lewe. Dit is vir Hom belangrik Dit is egter ook vir joú belangrik.

3

Dit noem die Kategismus in antw 86 in die tweede plek.

Sondag 32 HK Vraag 86: Waarom moet ons nog goeie werke doen?

Antwoord: Verder, sodat ons vir onsself uit die vrugte van ons geloof sekerheid kan kry.

God wil jou te bemoedig met die verandering wat die Heilige Gees in jou lewe bewerk.Hy het jou geroep met sy Woord en Hy roep jou nog aanhoudend. Hy hou mooi beloftes aan jou voor; volkome vergewing van al jou sondes, beloftes oor 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde, oor 'n lewe in 'n ewige vrede en so meer.Is daardie beloftes egter waar? Is daar ook vergewing vir die verskriklike sondes wat jy dalk gedoen het? Kom daar regtig 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde?Kom daar regtig eendag 'n einde aan al die ellende hier op aarde?'n Mens wonder soms...

Wel, kyk 'n bietjie na jouself!, sê die KategismusDie vrugte van Gods se vergewing en die begin van die nuwe hemel en die nuwe aarde kan jy klaar in jou eie lewe agterkom. Die Heilige Gees is mos besig om jou net soos Christus te maak.Jy verander: jy het 'n afkeer van die sonde begin kry,jy het teen die sonde begin stry,jy gedra jou meer liefdevol en vergewingsgesind teenoor jou naaste,jy kan selfs in moeilike dae bly en dankbaar wees, ens. ens.

Vraag: Watter "vrug" van die werk van die

Heilige Gees in ons lewe noem die apostel Paulus in Galasiërs 5:22? Herken jy daarvan in jou lewe?

As jy hierdie vrugte in jouself begin opmerk, mag jy daaruit die sekerheid put dat God se beloftes betroubaar is.

4

Daardie blyke van VERNUWING in jou lewe vorm boonop die bewys dat daar VERGEWING vir al jou sondes en tekortkomings is deur Jesus Christus!

E. Jaloersmakend vir medemense.

Daar moét goeie werke in ons lewe wees.God het belang daarby.Ons het self belang daarby.Ook ons naaste het belang daarby sê die Kategismus tenslotte in Sondag 32, antw 86.

Sondag 32 HK Vraag 86: Waarom moet ons nog goeie werke doen?

Antwoord: ....en ook sodat ons deur ons godvresende lewe ons naaste ook vir Christus kan wen.

Ander mense moet dit aan ons lewe kan agterkom dat dit ook ánders kan wees in hierdie vreeslike wêreld. Jou lewe moet 'n duidelike bewys wees dat God al volop besig is om die sonde in die wêreld te oorwin en 'n nuwe paradys voor te berei. Mooi woorde oortuig 'n medemens nie maklik as dit nie deur mooie dade onderstreep word nie. As jou lewenstyl ooglopend anders, ooglopend beter is as dié van die meeste mense, sal ander mense miskien ook na die Woord van die HERE begin luister en hul tot God bekeer.

Vraag: Kan jy 'n aantal konkrete dinge noem waarin jy aan jou naaste kan wys dat 'n kind van God ánders is as 'n mens wat sonder God leef?

Sondag 32 HK Vraag 86: Waarom moet ons nog goeie werke doen, terwyl ons tog sonder enige verdienste van ons kant alleen uit genade deur Christus uit ons ellende verlos is?

5

Antwoord: Omdat Christus ons, nadat Hy ons met sy bloed gekoop het, ook deur sy Heilige Gees tot sy ewebeeld vernuwe sodat ons met ons hele lewe bewys dat ons God dankbaar is vir sy weldade en Hy deur ons geprys word.

Verder, sodat ons vir onsself uit die vrugte van ons geloof sekerheid kan kry

en ons deur ons godvresende lewe ons naaste ook vir Christus kan wen.

F. Luister na die Gees!

Hoe verrig die Heilige Gees van Christus hierdie vernuwingswerk in ons lewe?Ons het dit alreeds geleer in Sondag 20 HK.

Lees:Sondag 20 vr en antw 65Openbaring 2: 7, 11, 17, 29.

In die preke word daar met een beroep op die Bybel hoë eise aan jou lewe gestel, tydens die huisbesoeke kan dit gebeur dat die ouderlinge jou lewenstyl kritiseer, jy moet af en toe luister na waarskuwings en raad luister wat jou ouers met ‘n beroep op die Bybel gee waarvan jy dalk nie so hou nie.Sal jy egter onthou dat dit die Gees van God is wat dit gebruik om jou nes jou hemelse Heer Jesus Christus te laat word?Dit kan soms lastig wees, 'n mens sou soms moedeloos kon raak, jy het natuurlik soms die neiging om jou daarteen te verset.....Maar verstaan jy nou dat dit baie dom is om jou te verset?

6

Jy moet nie moedeloos raak nie, maar bly wees dat die HERE jou lewe nie wil laat bly soos dit vandag is nie. Hy maak ook jou gereed vir die nuwe paradys.Daarom moet jy dit toelaat dat die Heilige Gees sy werk aan jou verrig. Met ander woorde: jy moet ook luister na raad, waarskuwings en vermanings. Anders sal dit in jou lewe nooit sigbaar word dat jy reeds besig is om in 'n paradysmens te verander nie. En as dit hoegenaamd nie sigbaar word nie, as jy gewoon in die sonde bly voortlewe, sal daar vir jou ook geen plek in die paradys wees nie. Daarvoor waarsku Sondag 32 HK ook:

Sondag 32 HK Vraag 87: Kan die mense dan nie salig word wat in hulle goddelose ondankbare lewe volhard en hulle nie tot God bekeer nie?

Antwoord: Nee, glad nie. Want die Skrif sê dat geen onkuise, afgodsdienaar, egbreker, dief, gierigaard, dronkaard, lasteraar, rower en sulkes die Koninkryk van God sal beërwe nie.

Vraag: In watter Skrifgedeeltes waarsku die Bybel dat ons die Heilige Gees nie moet bedroef, of teëwerk, of uitdoof nie? Sien die les oor Sondag 20.

G. Huiswerk

7

LES 45 - SONDAG 33: BEKERING- ‘N DAAGLIKSE STRYD

A. Het jy jou al bekeer?

Het jy in die Hoërskool al daardie Bybeltjie van die "Gideons" gekry?Die "Gideons" is 'n vereniging van Christen-sakemanne wat orals in die wêreld die Bybel versprei: in hotelle, hospitale, strafinrigtings en ook in skole.In daardie Bybeltjie wat hulle versprei, kan jy die datum invul waarop jy jou bekeer het en die Here Jesus as jou persoonlike Verlosser aangeneem het.Het jy, as jy so'n Bybeltjie ontvang het, al

'n datum ingevul?Of weet jy nie mooi of jy reeds bekeer is en wanneer jy dit gedoen het nie?Daar is baie Christene wat meen die woord bekering of wedergeboorte beteken 'n ingrypende gebeurtenis in 'n menselewe. So ingrypend dat jy die dag en datum nooit weer sal vergeet nie. Soos Christus in die kerkvervolger Saulus –wat Paulus geword het- se lewe kom ingryp het.

Vraag:Hoe voel jy daaroor?Is daar dus iets fout met jou geloof as jy jou (nog) nie so'n ingrypende bekering kan herinner nie?Is daar ook voorbeelde in die Bybel van gelowige en godvresende mense in wie se lewe daar nié so 'n skielike wending gekom het nie?

B. Bekering: nie eenmalig nie.

Dit kan inderdaad in die lewe van sommige mense gebeur dat die Here hulle deur ‘n skokkende ervaring van ‘n sondige pad afhaal en op die pad van die lewe plaas. Maar deur so ‘n bekering word daardie mense nie in ‘n oomblik volmaakte, sondelose mense nie. Ook na so’n skielike ingrype van God lê daar nog ‘n lank pad van daaglikse stryd teen die sonde voor.

Vraag:Onthou jy nog na watter gedeeltes uit ons belydenisskrifte in die vorige les (Les 44, paragraaf B) verwys is om te onderstreep dat mense wat deur Christus uit die mag van die duiwel en die sonde

8

verlos word, nie sommer dadelik ook van die sonde self verlos word nie?

Ons Belydenisskrifte gebruik daarom die woord bekering meestal vir die hele proses van vernuwing wat die Heilige Gees ons ons hele lewe lank laat deurloop.

Lees: Nederlandse Geloofsbelydenis Art 24, die eerste twee paragrawe.Watter sin bewoord dit volgens jou die beste dat bekering ‘n daaglikse besigheid is?

Dit is ook hoe die Kategismus in Sondag 32 daaroor praat: die bekering, of vernuwing deur Christus se Gees, is nie die begin van Christus se verlossingswerk in ons nie, maar die vervolg daarvan in ‘n daaglikse bekering, na Hy ons met sy bloed gekoop en van ons sondeskuld by die Vader bevry het.

Paulus het self na sy bekering die lewe van 'n Christen dikwels met 'n wedstryd vergelyk: 1 Korintiërs 9: 24, 25, in 2 Timoteüs 4: 7, 8 en Hebreërs 12: 1. Al is jy ook in die regte baan, is jy darem nog nie by die wenpaal nie. Jy moet nog die hele baan hardloop, jouself baie ontsê, al jou kragte inspan, heelwat moeilikhede oorwin....Eers aan die einde van jou lewe hier op aarde is die stryd verby en wag vir jou die oorwinningskrans.

Vraag: Watter voorbeeld gebruik Paulus in 1 Korintiërs 9: 25 behalwe die beeld van 'n wedloop?

C. Jy mág jou bekeer!

Hoe is jou reaksie wanneer jou leraar in sy preek konkreet teen sondes of ‘n verslawing waarsku en jy baie mooi weet dat dit ook vir jou bedoel is?Of as jou ouers jou vermaan om nie aan te gaan met ‘n verkeerde gewoonte nie? Of as ‘n lidmaat uit die gemeente, of jou ouderling ‘n luitjie gee dat hy ‘n slag onder vier oë met jou wil kom praat?Kom ons is eerlik: ons hou nie daarvan as ander mense ons oproep om ons te bekeer nie: ‘Hulle moet nie inmeng in my lewe nie! Heídenmense moet hulleself bekeer. Maar nie ek nie’.

Maar het jy al ooit daarby stilgestaan hoe wonderlik dit is dat ons ons mág bekeer?

9

Dit beteken mos dat God steeds met ons wil verkeer! Pleks van dat Hy ons met afschu van Hom af weg stamp.Hy het ons juis na Hom toe teruggeroep, Hy het sy liefste Seun gestuur om ons na Hom toe terug te bring. En Hy wil nou geduldig daaraan werk dat ons sal verander, dat ons al hoe meer weer aantreklike mense sal word. Vir Hom. En ook vir ander mense. Talle besighede gee vir hul werknemers die geleentheid om hulleself te verbeter. Jy mag aan kursusse deelneem, aan jou persoonlikheid laat skaaf deur ‘n sielkundige... ‘n Mens gryp derglike kanse mos dankbaar aan. Hoekom sou ons ons dan vererg nou dat Gód ons die kans gee om te verbeter?

Lees:Lukas 3:18.Hoe kwalifiseer Lukas ook ‘n oproep om jou te bekeer?

D. Bekering kos jou stryd.

'n Wedstryd kan lekker wees, 'n sportiewe uitdaging om jou kragte te beproef. ‘n Kursus van jou werk kan verfrissend weesMaar alhoewel die Skrif ons daaglikse bekering met 'n wedstryd vergelyk, is dit in der waarheid 'n stryd op lewe en dood. Kyk watter woorde gebruik die Kategismus in Sondag 33: daar moet 'n ou mens in ons afsterwe endaar moet 'n nuwe mens in ons opstaan.

Sondag 33 HK Vraag 88: Uit hoeveel dele bestaan die ware bekering van die mens?

Antwoord: Uit twee dele: die afsterwing van die ou mens en die opstanding van die nuwe mens.

Lees: Galasiërs 5:15-22

Paulus noem daar ons ou mens: ons vlees, ons sondige natuur of geaardheid.

Wat veroorsaak dit nog daagliks in ons? En Wie is dit wat ‘n nuwe mens in ons laat groei?

Hoe lyk die nuwe mens?

10

Christus se Gees wil volmaakte mense van ons maak. Soos ons in de vorige les, oor Sondag 32 HK, geleer het. Daar moet weer goeie dade in ons lewe kom. Maar wat is ‘goeie dade’?

Sondag 33 HK Vraag 91: Wat is goeie werke?

Antwoord: Slegs dié wat uit 'n ware geloof volgens die wet van God tot sy eer gedoen word. Dus nie die wat op ons goeddunke of op oorgelewerde gebruike van mense gegrond is nie.

Jy kan dus nie self besluit of jou dade goed genoeg is nie (“nie op ons goedunke nie”). Dit wat vir ménse, vir maats van jou gewoon, normaal geword het, wat dalk jare- of selfs eeuelank so gedoen is, is ewemin deurslaggewend (“nie op oorgelewerde gebruike van mense gegrond nie”). En ek mag ook nooit meer spog met die goeie dinge wat ek gedoen het nie: alles wat ek doen moet slegs “tot God se eer” wees.Ons hele lewe moet weer “volgens die wet van God” wees.

Lees:Kyk nog ‘n slag in Sondag 32 HK vraag en antwoord 44 hoe die Tiende Gebod die hele wet vir ons saamvat.

Vraag: Daar is 'n ongelowige wat baie geld vir liefdadigheidsdoeleindes skenk en in baie ander opsigte sy medemense behulpsaam is. Doen daardie persoon goeie werke?

So ‘n verandering vind nie in ‘n oomblik plaas nie, maar kos ‘n daaglikse stryd.Paulus sê duidelik dat die ou mens nie van die een oomblik op die andere dood en deur ‘n nuwer mens vervang is nie. Hy skryf: "Hierdie twee staan teenoor

11

mekaar, hulle opponeer mekaar." Die een begeer presies die teenoorgestelde as die ander.Altwee trek aan jou gedurende jou lewenstryd in die renbaan van die geloof.Jou sondige aard wil jou laat struikel. Jy mag nie die wenstreep haal nieDie Heilige Gees wil jou egter laat wen. En jou in God se koninkryk inbring.

Lees:Romeine 7: 14-24Herken jy daardie tweestryd soos Paulus in jou lewe?

E. Jy kán jou bekeer!

Nogtans is die daaglikse tweestryd geen onbegonne stryd nie. Die rede daarvoor is egter nie dat ons van ons eie sterk genoeg is om die ‘ou mens’ te oorwin nie. Ons mag glo in die oorwinning deur Iemand anders: Christus.

Vraag:Lees nog ‘n slag hierbo antwoord 91 HK. Waaruit vloei volgens die Kategismus ons goeie werke voort?

Christus, wat die mag van die duiwel, en daarmee ook van ons ‘ou mens’ gebreek het, het sy Gees aan ons gegee. En die Heilige Gees is sterker as ons sondige natuur. Danksy Hom kan ons ons bekeer.Wanneer Hy jou lewe vernuwe, word die "ou mens" in jou al hoe swakker word en die "nuwe mens" al hoe sterker. Die "ou mens" verloor al hoe meer sy invloed in jou lewe. Jy begin jouself teen die sonde verset, ja, jy begin die sonde al hoe meer haat en ontvlug.

Vraag:Daar staan in die Dordtse Leerreëls, hoofstuk V, art 2, dat ons self ons sondige natuur hoe langer hoe meer moet doodmaak.Hoe doen ’n mens dit?

Sondag 33 HKVraag 89: Wat is die afsterwing van die ou mens?

Antwoord: Dit is 'n hartlike berou daaroor dat ons God deur ons sondes vertoorn het; daarom haat ons hoe langer hoe meer die sonde en vlug daarvan weg.

12

Terwyl die "ou mens" al hoe meer doodgemaak word, word die "nuwe mens" in jou al hoe sterker. Dit word vir jou 'n toenemende vreugde om weer 'n kind van God te mag wees danksy die Here Jesus Christus; jy gaan dit al hoe meer geniet om ook as 'n kind van God te léwe; jy gaan jou met al hoe meer oortuiging weer volgens God se heilsame gebooie gedra.

Sondag 33 HK Vraag 90: Wat is die opstanding van die nuwe mens?

Antwoord: Dit is 'n hartlike vreugde daaroor dat ons deur Christus weer God se kind kan wees. Uit liefde geniet ons dit nou om volgens die wil van God in alle goeie werke te lewe.

Die eerste ding wat in ons verander, is ons gesindheid. Ons WIL nie langer sonde doen nie, maar ons WIL voortaan die HERE liefhê en dien.

Vraag:Watter woordjies in Antw 89 en 90 dui op so 'n veranderende gesindheid?

F. Huiswerk.In antwoord 89 is die woorde "hoe langer hoe meer" gebruik. Dié woorde onderstreep dat bekering geen eenmalige gebeurtenis van een spesiale dag is nie, maar 'n lewenslange proses.Dié woorde word in die Kategismus vanaf Sondag 26 'n hele paar keer gebruik. Om presies te wees: 6 keer.

Opdrag:Vind uit in watter Sondae.

13

LES 46 - SONDAG 34: GOD SE GOEIE WET

A. Sing van die wet?!

Sing:Psalm 119: 6 (Cloete beryming vs 4)

Het jy die woorde wat jy flussies gesing het, opreg so bedoel? Is die HERE se wet vir jou regtig ‘n bron van vreugde? Noem jy sy gebooie regtig verruk oor en oor?

Ja? Watter gebod of gebooie is dit wat jou bly maak? Hoekom?

Kan ons ‘n Psalm soos Psalm 119 vandag nog wel sing? Of Psalm 19?

B. Grondwet en bykomende gebooie.

Wanneer in die Bybel van God se wet(te) gepraat word, kan dit in verskillende betekenisse wees.

Die Tien Gebooie kan bedoel wees. Hulle vorm die grondwet van God se koninkryk.

Vraag: Wie het die Tien Gebooie op die kliptafels geskrywe? Waar moes Moses die kliptafels bêre?

Uit die grondwet het ‘n hele klomp wette m.b.t. Israël se erediens voortgevloei.

En die HERE het ook allerhande wette m.b.t. Israël se staatsinrigting bygevoeg

Opdrag:Soek in Eksodus 22 vier voorbeelde van concrete gebooie m.b.t. Israël se staatsinrigting.

Lees: Nederlandse Geloofsbelydenis Art 25.Met watter drie woorde word in die eerste sin van hierdie artikel daardie bykomende wette omskrywe?Art 25 NGB gebruik die beeld van 'n skuduwee.

14

Sê nou jy staan en wag vir iemand. Hy gaan om die draai kom. Terwyl hy nader kom, skyn die son van agter af en gooi dus sy skaduwee voor hom op die straat. Jy kan dus reeds sy skaduwee sien al is hy self nog nie om die draai is. Maar jy weet a.g.v. sy skaduwee: daar kom hy!So was die skaduwee van Christus wat aan kom was, reeds sigbaar in die Ou Testament: in die wette insake die offers, insake die inrigting van die tabernakel, in die reinigingswette ens.Maar noudat Christus self sigbaar geword het, so te sê: ‘om die draai gekom het’, hoef ons nie meer na sy skaduwee te kyk nie. Ons kyk nou na Hom self. Derhalwe kan al die wette wat as sy voorafskaduwing gedien het, verval.

Lees:Markus 7: 19 en Handelinge 10: 9-15Watter wet uit die Ou Testament het Jesus Christus self in elk geval al afgeskaf?

Die grondwet van God se ryk, die Tien Gebooie, het egter ook na Christus se koms van krag gebly. Moet maar kyk: gedeeltes van die Tien Gebooie word in die Nuwe Testament steeds aan ons voorgehou.

Lees:Romeine 13: 9 en Jakobus 2: 11.

C. Die wet wys ons ons tekortkomings.

Die Kategismus begin vanaf Sondag 34 hierdie Wet van die Tien Gebooie bespreek. Gebod vir gebod sal ter sprake kom.Die Kategismus het al vroeër oor die Wet gepraat: in Sondag 2. Maar daar is op ‘n onaangename werking van die wet gewys. Ons kom ons ellende daaruit agter.

Lees: Jakobus 1: 23-25Waarmee vergelyk Jakobus God se Wet?Wat sien ons daarin?

Die Wet van die Here is 'n belangrike middel waardeur ons onsself leer ken as skuldige kinders van God. Elke keer as ons met die Wet gekonfronteer word, kom ons agter hoe sleg ons teenoor God lyk. God verwag dat ons Hom moet liefhê bo alles en dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself. Maar in plaas daarvan is daar by ons soveel selfsugtigheid en liefdeloosheid. Ons is van nature geneig om God en ons naaste te haat.

Lees:

15

Sondag 44 HK, vraag en antwoord 115: "Ten eerste...."Waarom laat God sy Wet so streng aan ons voorhou as niemand dit tog in hierdie lewe kan onderhou nie? Die Wet is dus nodig om ons skuldig te laat voel.Die Wet dwing ons om gedurigdeur ons toevlug tot die gekruisigde Christus te neem het sodat ons deur Hom vergewing van ons sondes ontvang.

D. Die wet vervul en verval?

Maar waarom moet die Kategismus dan nou nogmaals die Wet ter sprake bring? Waarom word die Wet nou selfs baie uitvoerig, gebod vir gebod, in die kollig geplaas? Jesus Christus het God se wet tog vir ons vervul? Het daarmee die wet vir ons nie verval nie. Is dit nie die bevrydende boodskap van die Nuwe Testament nie? Ons is nou mos nie meer onder die wet nie, maar onder die genade?

Lees: Johannes 1:17Romeine 6:14Romeine 7:6

Daar was en is mense wat meen dat die Wet nie meer 'n plek in die Christelike Kerk behoort te hê nie. Daar is kerkgemeenskappe wat die Tien Gebooie nie meer in hul eredienste laat lees nie. Hulle lees nou gedeeltes uit die Nuwe Testament oor die liefde as die vervulling van die Wet en so meer.Ons noem dergelike mense ANTINOMIANE; hulle is teen (ANTI) die wet (NOMOS).Een van die konsekwensies van van hul siening is, dat hulle ook geen rede meer sien om die Sondag as 'n spesiale dag vir die HERE te heilig nie. Sondagsheiliging is Ou-Testamenties, wetties, so meen hulle.

Is hulle nie reg nie? Nee.

Lees:Galasiërs 3: 10-13

Vandat die mens ‘n gebore sondaar geword het het God se wet ‘n dreigende wet geword. ‘Onder die wet’ het geword: ‘onder die vloek’. Van daardie vloek het Christus ons verlos. Maar het Hy ons terselfdertyd ook van die wet self verlos? Nee. Ons leef nie meer onder die wet nie, maar ons leef na Christus se offer vir ons sondes ook nie voortaan sonder die wet nie.

16

E. God se wet: Vader se leefreëls.

God se Wet was en is nie net soos ‘n onthullende spieël nie. Dít het die wet eers na ons sondeval geword.

Lees:Jakobus 1: 25 en 2: 12Hoe noem Jakobus God se wet?

Die woord ‘wet’ kan sommer vir ons begin klink na 'n lastige klomp bepalings wat die lewe op allerhande maniere aan bande lê. Allerhande klein reëltjies en gebodjies wat 'n mens noukeurig moet inagneem om nie gepenaliseer te word nie.In der waarheid is 'n wet egter 'n onmisbare ding om die lewe leefbaar te hou! Dit ons tog ook so in ons menslike samelewing? Hoe sou die padverkeer wees as daar nie verkeersreëls, verkeersborde, verkeersligte ens. was nie? Hoe sou dit in ons land word as daar nie meer wette m.b.t. eiendom, die besit van vuurwapens, ens. was nie?

Ook die HERE se eie Wet was uit die staanspoor bedoel om die lewe vry en leefbaar te hou. God vra mos eintlik maar net een ding in sy Wet.

Vraag:Hoe het God se Seun die wet van sy Vader vir ons saamgevat in Matteus 22: 37-40?

Waar LIEFDE tot God en die naaste die lewe regeer, is die lewe volmaak. Daar bly die lewe vry.Daarom mag ons aanvaar dat die Wet al daar was voordat die sonde daar was.Nee, nog nie op twee kliptafels en uitgewerk in tien afsonderlike gebooie nie. Maar die hoofsaak soos Christus dit later vir ons saamgevat het, het God ook al in die Paradys gevra.

Die mens het egter by die sondeval daardie volmaak goeie Wet oortree en eenkant geskuif. Het God toe sy goeie Wet afgeskaf nie? Nee, Hy het ‘n samelewing in liefde met die mens bly begeer en bly soek.Dis dié dat die HERE nadat Hy die volk Israel uit Egipte verlos het, by die verbondsluiting in die Sinaiwoestyn sy Wet opnuut aan hulle gegee het. In die Tien Gebooie het die HERE sy ou paradyswet weer in ere herstel: God liefhê bo alles en jou naaste liefhê soos jouself. In die paradys was dit genoeg om net daardie eenvoudige leefreël te stel. Maar in 'n sondige samelewing moes hierdie een liefdesgebod in tien afsonderlike gebooie uitgewerk en verduidelik word. In daardie twee kliptafels was egter die oorspronklike tweedeling steeds sigbaar.

17

Sondag 34 HK Vraag 93: Hoe word hierdie gebooie ingedeel?

Antwoord: In twee klipplate, waarvan die eerste ons leer hoe ons ons teenoor God moet gedra, die tweede, wat ons aan ons naaste verskuldig is.

LET WEL: eers het God uit genade sy volk uit Egipte verlos, en daarna sy Wet weer in hul lewe ingedra. Nie omgekeerd nie.Hy het nie die onmoontlike eis gestel: julle moet eers aan my Wet gehoorsaam wees, en dan wil Ek julle uit Egipte uit verlos nie. Kyk maar hoe God die Wet van die Tien Gebooie begin. Dit het die digters van Psalm 19 en Psalm 119 verstaan. Dis dié dat hulle dankbaar van God se wet kan sing en dit vir hulle vreugde gee om God se gebooie (: leefreëls!) te oorpeins. Hulle het geweet dat God se wet nie soos ‘n leer is waarlangs ons na God moet probeer opklim nie. Maar dat die gebooie soos die reflektors langs ons hoofpaaie is wat wil voorkom dat ons van die pad af raak, noudat God na ons toe neergedaal het om ons hier op aarde met Hom saam te neem.

F. Christus se Gees skryf Vader se wet nou in ons harte.

Aangesien ons tot ons dood mense met ‘n sondige natuur bly, hou God se wet ‘n onthullende, aanklaende werking vir ons. Dit vlek ons tekortkomings oop.

Lees:Sondag 44 HK vraag en antwoord 113-115.

18

Maar die Heilige Gees gebruik hierdie aanklaende wet terselfdertyd om weer al hoe meer paradysmense van ons te maak. Wat wel weer volgens die ou liefdeswet van die paradys wil lewe. Ons het dit in die vorige lesse oor Sondag 32 en 33 reeds gesien: die HERE wil hê ons moet weer paradysmense word. Ons moet weer goeie werke doen.

Lees: Sondag 33 vr en antw 91.Waarvolgens word goeie werke wat regtig goeie werke is, gedoen?

Lees: Jeremia 17:1 en 31: 31-33

Wat wás vanaf die sondeval op die die harte van God se volk ingegraveer?

Waarmee?

Wat skryf God in die nuwe verbond op ons harte?

Ons het in die les oor Sondag 32, paragraaf F geleer op watter manier die Heilige Gees sy werk aan ons doen: Hy kom met God se Woorde, en dus ook: met God se wet, na ons toe. Dis dié dat nog elke sondagoggend God se goeie Wet aan ons voorgehou word. Dis dié dat elke jaar in die Kategismuspreke 11 weke lank gebod vir gebod van God se Wet uitgelê word.Dis dié dat ook ons in die volgende lesse elke gebod afsonderlik gaan bespreek. Op dié wyse hou die Heilige Gees die spieël aan ons voor. Hy laat ons ons lewe vergelyk met dit wat God van ouds gesoek het.Sodoende besef ons telkens weer hoe skuldig ons teenoor God staan en word ons telkens weer gedwing om die vergewing by Christus te soek.Maar tegelyk laat die Heilige Gees daardeur ook by ons ook die verlange groei om al hoe meer na die ewebeeld van Christus vernuwe te word sodat ons weer in alles volgens God se goeie Wet sal lewe.Wie deur die Here Jesus Christus verlos is, raak nie van God se Wet ontslae nie. Hy laat homself juis voortaan weer in alles deur daardie Wet lei. Hy kan met blydskap sing oor daardie wet!

G. huiswerk.

19

LES 47 - SONDAG 34 (vervolg) : DIE EERSTE GEBOD.

A. Is jou boegdeure gesluit?

Eendag het ‘n Engelse veerboot voor die Belgiese kust gesink, waarby talle mense verdrink het: die Harald of Free Enterprise. Die oorzaak was die boegdeure van die boot wat nie goed gesluit was nie, sodat die seewater kon inkom. Aanvanklik maar net ‘n bietjie, maar algaande al hoe meer, sodat die boot vooroor begin hel het en nog baie meer water kon instroom. Totdat die skip gesink het. Jy sal verstaan: van toe af is daar ‘n hele ruk by

alle veerboten ekstra mooi na die boegdeure gekyk: was hulle regtig heeltemal gesluit?

Is jou ‘boegdeure’ stewig gesluit? Ook by ons bestaan daar naamlik die gevaar dat daar iets in ons lewe instroom wat ons kan laat verongeluk: afgode. Is daar afgode in jou lewe wat jy vereer? Of wat jy dalk nog nie ‘vereer’ nie, maar wat wel ‘n inkomplek in jou lewe soek? Watter afgode is dit? Wat maak jy om jou ‘boegdeure’beter te sluit?

B. Bestaan daar ander gode?

In hierdie les kyk ons na die waarskuwing van die Eerste Gebod van God se Verbondswet: "Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie".Bestaan daar dan ander gode as die HERE, die God van die hemel en die aarde?Ons weet van die gode wat die Kanaäniete eendag vereer het.

Vraag:Kan jy hulle name noem?

Die Bybel noem ook die afgode van Babel.Lees:Jesaja 46: 1

En afgode wat deur die Grieke vereer is. Lees:Handelinge 14: 12 en 19: 24

Maar kyk bietjie wat sê die apostel Paulus oor afgode.

20

Lees:1 Korintiërs 8: 4-6

Reeds in die Ou Testament spot God se volk daarom op verskeie plekke met die dooie afgode van die heidene: Lees: Psalm 115 Psalm 135Jesaja 44:9-17Jesaja 46:5-7Jeremia 10

Hoekom moet ons dan op ons hoede wees vir die gevaar van afgode?!

C. Die duiwel gebruik afgode.

Die Skrif leer ons inderdaad dat 'n afgod niks is nie, slegs 'n maaksel van die mens self. Nogtans moet ons die gevaar van afgode nie onderskat nie!

Lees: 1 Johannes 5: 21 en 1 Korinthiërs 10: 12-21

Vraag:'n Afgod mag as sulks 'n dooie en ongevaarlike ding wees, wie is egter in die afgodediens werksaam!? Dis die duiwel met sy duiwelse geeste wat die afgode tog so gevaarlik maak.Hulle skuif die afgode tussen ons en God in om so ons aandag van God af te trek.In die tyd waarin die eerste Christelike gemeentes ontstaan het, was daar afgodspriesters en towenaars wat indrukwekkende wonders kon verrig.

Lees:Handelinge 8: 9 en 11.

Hulle kon b.v. 'n afgodsbeeld laat glimlag, fakkels van klip aan die brand steek, bo die grondsweef......So is die mense verbyster en is ook party Christene van stryk gebring.Moenie die mag van die duiwel onderskat nie!Die Bybel waarsku ons dat die duiwel indrukwekkende wonders kan verrig. Hy kan ons met sy wonders so mislei dat 'n mens amper sou glo dat hy aan God se kant is.Dink maar aan die towenaars aan die hof van die Egiptiese farao: ook hulle was in staat om hulle kieries in slange te verander; ook hulle kon water in bloed verander; ook hulle het dit reggekry om paddas te laat opkom oor die land...

21

Paulus waarsku (2 Timotheüs 3: 8) dat daar ook vandag nog dergelike towenaars kan wees.

D. Die draak teenoor die Lam.

Lees: Openbaring 13: 11-15

Hoe lyk die dier wat Johannes uit die aarde sien opkom het? Maar wat kon jy agter as jy mooi na hom luister? Wie/wat is volgens Openbaring16: 13 en 19: 20 daardie dier? Wat kry daardie dier reg (13: 13)? Wie in die Ou Testament het daardie wonderteken ook

gedoen?

Die duiwel sal dus valse profete in staat stel om sulke wonders te doen dat almal sal dink dat hulle namens God optree!Regdeur die geskiedenis was daar dergelike indrukwekkende, maar ook misleidende wonders: daar was en is mense wat hulleself uitgee vir besondere knegte van die HERE en dit onderstreep met wonders soos die laat sweef van 'n tafel, die oproep van geeste van oorledenes...Daar is sieners wat die toekoms voorspel, wat sommer die nommer van jou ID-boekie in jou handsak kan lees en vir jou vertel wat daar nog alles in jou

handsak is.Dit gebeur dat 'n glasie sommer op 'n bord waarop letters geskryf is, begin rondbeweeg.

Het jy geweet dat daar in Jesaja se tyd al sterrekykers was wat 'n horoskoop getrek het?

Lees: Jesaja 47: 13

22

E. God laat dit toe.

Hoe kry die duiwel dit reg om sulke wonders te verrig? Is hy amper net so magtig soos God?

Lees:Openbaring 13: 5 en 7

Die mag wat die duiwel met sy bose geeste het, het hulle van God ontvang. God laat hulle toe om die mense met wonderbaarlike verskynsele in verwarring te bring.

Vraag: Die duiwel is ook maar net 'n skepsel. Wat bely ons in Sondag 10 HK, antwoord 28 m.b.t. alle skepsels?

Maar waarom gee God aan die duiwel so veel mag? Die antwoord op dié vraag het Hy alreeds in Moses se dae gegee:

Lees: Deuteronomium 13: 1-4

Waaraan moet ons 'n profeet altyd toets? Indien 'n valse profeet se woorde of tekens ons beïndruk, wat

is God dan besig om met ons te doen?

F. Enige ding kan ‘n afgod word.

Ons moet nie die fout maak om te dink dat die duiwel net met indrukwekkende wonders die aandag van God se kinders van die HERE probeer aftrek nie.Die duiwel kan met sy bose geeste enige ding tot 'n afgod maak deur dit vir jou s¢ belangrik maak dat dit jou aandag heeltemal in beslag neem.

Sondag 34 HK Vraag 95: Wat is afgodery?

Antwoord: Dit is

23

om in die plek van die enige ware God wat Hom in sy Woord geopenbaar het, of naas Hom iets anders uit te dink of te hê waarop jy jou vertroue stel.

Die duiwel kan ook allerhande gewone dinge waarmee jy daagliks in aanraking kom en wat as sulks glad nie verkeerd is nie, vir jou tot 'n afgod maak:jou studie, jou geld,jou stokperdjies, jou sportjou meisie of jou vriend, musiek, die televisie,jou rekenaar, jou slimfoon ensovoort.

G. ’n Afgod voor God se (aan)gesig).

In die Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling is die Eerste Gebod so vertaal: “Jy mag geen andere gode naas My hê nie”. Die vroeëre vertaling was egter meer in oorstemming met die oorspronklike Hebreeuse tekst: “Jy mag geen andere gode voor my aangesig hê nie”. Johannes Calvyn het dit met hierdie vergelyking baie indringend gemaak: hoe seer maak ‘n man of vrou sy lewensmaat wanneer hy nie eers skelm nie maar opentlik voor die oë van sy huweliksmaat owerspel pleeg met iemand anders!Ons leef altyd voor die HERE se oë. Hoe seer maak ons Hom dus as ons meer liefde wys vir ander dinge as vir Hom!

Dalk moet jy weer ‘n slag na jou boegdeure kyk.

Sondag 34 HK Vraag 94: Wat gebied God in die eerste gebod?

Antwoord: Ek moet, as my lewe my lief is, alle afgodery, towery en waarsêery, bygeloof, aanroeping van heiliges of ander skepsels

24

vermy en daarvan wegvlug.

Ek moet die enige ware God reg leer ken, Hom alleen vertrou, my slegs aan Hom met alle nederigheid en geduld onderwerp en van Hom alleen alle goeie dinge verwag. Ek moet Hom met my hele hart liefhê, vrees en eer.

Sodoende sien ek eerder van alle skepsels af as om in die minste teen sy wil te handel.

Vraag:Hoe kan jy volgens die Kategismusantwoord hierbo dus verhoed dat die afgode in jou lewe instroom?

H. Huiswerk.

25

LES 48 - SONDAG 35: DIE TWEEDE GEBOD.

A. Steeds aktueel?

Is die Tweede Gebod van God se wet nog wel ‘n aktuele gebod vir Christene vandag in Suid-Afrika? Kan jy jou herinner dat jy al ooit teen die Tweede gebod van God se Wet gesondig het? "Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie"- dié gebod het jy ongetwyfeld al dikwels oortree: jou sport, jou stokperdjie, jou skoolprestasies...."Jy mag nie die Naam van die HERE, jou God, misbruik nie"- ook wat dié gebod

betref, het jy natuurlik geen skoon gewete nie. En wat van die gebod: "Eer jou vader en jou moeder...."?

Maar: "Jy mag vir jou geen gesnede beeld maak nie..."- is daardie gebod vandag nog wel vir ons van toepassing?! Miskien is daar nog primitiewe heidene wat voor beelde buig, maar ontwikkelde mense soos ons doen dit mos nie meer nie?

Dit lyk miskien asof die Tweede Gebod min of meer 'n herhaling van die Eerste Gebod is.: Jy mag geen afgode dien nie... en Jy mag geen beelde vereer nie... Wat is die verskil? Is ‘beelde’ nie dieselfde as ‘afgode’ nie?Die verskil is, dat die HERE, nadat in die Eerste Gebod verbied het om ander gode te dien, nou in die Tweede Gebod leer hoe Hy wil hê ons Hom moet dien: nie soos die heidene hulle gode d.m.v. vereer nie. Dis nie genoeg om jou rug op die afgode te draai nie, dis ook baie belangrik om op die regte wyse voor die God van Israel te kniel.

Sondag 35 HK Vraag 96: Wat eis God in die Tweede Gebod?

Antwoord: Ons mag God op geen enkele manier afbeeld nie en Hom op geen andere manier vereer as wat Hy in sy Woord beveel het nie.

26

Sondag 35 HK Vraag 97: Mag ons dan glad nie beelde maak nie?

Antwoord: God kan en mag op geen enkele manier afgebeeld word nie. Die skepsels mag wel afgebeeld word, maar God verbied dat ons van hulle afbeeldings maak en besit om dit te vereer en Hom daardeur te dien.

En ons sal in hierdie les leer dat hierdie Tweede Gebod in der waarheid steeds 'n baie aktuele gebod is. Jy sal agterkom dat jy al dikwels hierdie gebod oortree het al het jy ook nog nooit 'n beeld gemaak nie.

B. ’n Beeld as ’n medium.

Waarom het heidene eintlik begin om beelde vir hul gode te maak?Hoekom het die mens hom in aanbidding voor hout of klip neergebuig? Was hy regtig so onnosel dat hy gedink het dat daardie stuk hout of klip 'n god is?Nee, ook heidene het wel geweet dat daardie beeld nie die god self was nie. Ook hulle het geglo dat 'n god 'n gees is, 'n ongrypbare wese wat êrens ver weg woon, onbereikbaar op die toppe van 'n godeberg, of in 'n godehemel.

Lees: Handelinge 14: 11.Wat roep die inwoners van die stad Listre nadat Paulus en Barnabas 'n man wat van sy geboorte afkreupel was, genees het?

Maar die probleem van 'n heiden was: hoe kan jy met 'n god wat ver woon en ongrypbaar is, kommunikeer en van sy goddelike kragte profiteer? Die god wat ver is, moet naby gebring word; sy kragte wat ongrypbaar is, moet binne bereik gebring word. En dis dié dat hulle beelde begin maak het. ‘n Beeld as ‘n medium.

27

Hulle het geglo dat, as jy 'n beeld aan jou godheid wy, hy daardeur met jou wil kommunikeer en sy kragte daarin konsentreer. In die beeld kom die verre godheid nader en kry jy sy kragte onder beheer.

Lees: Deuteronomium 7:5 Watter ander voorwerpe behalwe gesnede beelde het die heidene ook aan hul gode gewy?

C. Elektrisiteit.

Ons kan dit dalk met elektrisiteit vergelyk. Elektrisiteit is vir die meeste mense ook so'n onbegryplike fenomeen: wonderlik, en terselfdertyd gevaarlik. Jy kan dit nie sien nie, en nogtans is dit daar as 'n geheimsinnige krag met groot moontlikhede en groot gevaar. Jy moet net sorg dat jy dit onder beheer kry. Maar ons hét dit onder beheer gekry. Via kragdrade, proppe en skakelaars maak ons nou veelvuldig van elektriese stroom gebruik.'n Afgodsbeeld was vir 'n heiden soos ons kragdrade en skakelaars: 'n middel om die geheimsinnige goddelike kragte op te vang, te lei en so hanteerbaar, beskikbaar en bruikbaar te maak.Hy kon nou na daardie beeld toe gaan, daarvoor kniel en offer en by daardie beeld die kragte van sy god ondergaan. Hy kon daardie beeld saamneem in die oorlog om so die goddelike kragte van sy god in die stryd te werp. In die beeld het hy sy god onder beheer gekry!

D. Ook in Israel.

Daardie heidense gedagtewêreld was ook vir God se volk Israel baie aantreklik en besmetlik.Terwyl die HERE nog besig was om die Tweede Gebod vir Moses op 'n kliptafel neer te skryf, was die Israeliete reeds besig om 'n goue bulkalf te maak.

Lees: Exodus 32: 1-8

Wou Israel met die goue bulkalf ánder gode as die HERE gaan dien?

Wie was in Israel se oë tot op daardie tyd die "kragdraad" gewees wat hulle met die HERE verbind het en wat sy goddelike krag beskikbaar gemaak het?

Lees:

28

1 Konings 12: 28, 29 Waarom wou koning Jerobeam nie langer hê die volk moes na

Jerusalem toe gaan nie? Wou Jerobeam ánder gode as die HERE dien?

E. Geen manipulasie van God.

Dit gaan in die Tweede Gebod dus om 'n bepaalde manier van erediens.Hoekom haat die HERE 'n verering d.m.v. ‘n beeld van Hom?Eerstens, omdat ons Hom nooit in ‘n beeld kan vaslê nie. Hy gaan enige menslike voorstelling te bowe. Hy het ons wel bepaalde beelde van Homself gegee in die Bybel: ons Vader, ons Herder, ons Koning, ons Bruidegom ens. Dit is egter altyd beperkte vergelykings. Hy is so groot dat ons dit nie met ons verstand kan bevat nie.

Lees:Job 36: 26, Job 37: 23Psalm 145:3

Maar boonop haat die HERE die verering d.m.v. ‘n beeld vir Hom, omdat dit sommer die rolle in die verhouding tussen God en die mens heeltemal kan omkeer en God in wese aan die mens ondergeskik maak. Kom ons gebruik nog 'n keer met die beeld van elektrisiteit: alhoewel elektriese stroom vir ons 'n geheimsinnige krag bly, het dit in die praktyk van ons lewe 'n alledaagse gebruiksvoorwerp geword. Ons het dit onder beheer gekry. Sonder vrees en sonder verwondering hanteer ons daagliks dikwels die proppe en skakelaars om uit die krag van elektrisiteit voordeel te trek. En ons maak met die elektrisiteit soos ons wil.

Dit gebeur egter ook as ons meen ons kan God deur middel van mediums onder beheer kry. God is in ons oë aanvanklik wel verhewe en magtig, geheimsinnig en gevaarlik. Nogtans sien ons kans om sy goddelike kragte onder beheer te kry. Met 'n aantal religieuse pligplegings by die medium dink ons dat ons God kan oproep en gebruik vir sover óns dit benodig of daaraan behoefte het. M.a.w: God moet doen wat ons wil jê, pleks van dat ons doen wat Hy wil hê! Deur middel van ons medium kan ons Hom manipuleer.Jy soek met jou erediens op die ou end nog maar net jouself en nie meer jou God nie. En al lei jy ook 'n goddelose lewe, as jy maar jou medium inskakel, hou jy jou God aan jou kant.

F. Ook met wat die HERE self aan ons voorgeskryf het, kan ons Hom probeer

29

manipuleer. Nie net beelde nie, ook dinge wat die HERE self in Israel se erediens voorgeskryf het, kon op so'n heidense manier aangewend word. Lees:1 Samuel 4: 1-11Waarmee het die Israeliete gedink hulle kan die HERE manipuleer? Lees:Psalm 50Waarmee het Israel volgens Psalm 50 gemeen hulle kan die HERE manipuleer?

Lees:Jeremia 7: 1-15Wat het volgens Jeremia 7 vir Israel selfs soos 'n medium geword?

Die gedagte dat jy deur godsdienstige rituele die HERE aan jou kant kan kry en jou van sy seën oor jou lewe kan verseker, het in die geskiedenis van die kerk ontuitroeibaar geblyk.Die Kategismus wys op die erediens in die Rooms Katolieke Kerk met al sy beelde: die leke, d.w.s. die gewone lidmate, het nie eens 'n Bybel gehad nie; hulle moes maar kerk toe kom en die beelde van allerhande heiliges en skilderye van die lewe en sterwe van Christus bekyk en die gewyde sfeer daarvan ondergaan. Verder sou die priesters deur hulle rituele by die altaar en so meer wel God se seën oor hulle lewe bewerk.

Vraag: In Sondag 30 HK word die Mis "n afgodery wat vervloek is" genoem: dus sonde teen die Eerste Gebod. Kan ons die Roomse Mis ook sonde teen die Tweede Gebod noem?

Sondag 35 HK Vraag 98: Mag ons die beelde as ‘boeke van die leke’ in die kerkgeboue toelaat?

Antwoord: Nee, want ons moet nie wyser as God wil wees nie. Hy wil sy Christene nie deur stomme beelde nie maar deur die lewende verkondiging van sy Woord

30

laat onderrig.

G. Orediens.Die Kategismus het hierbo, in Antwoord 98, teenoor mekaar geplaas:stomme beelde, endie lewende verkondiging van God se woord

Ons moenie dink dat ons deur ons godsdienstige rituele die HERE moet oproep nie. Hy, die enigste lewende God, oorbrug Sélf die afstand tot die sondige mens. Hy begeer dit Self om naby ons te wees. Dis hoekom Hy 'n verbond met sy volk gesluit het.

Lees: Levitikus 26: 1, 11, 12Hoe naby wou die HERE by sy volk wees?

Ons hoef die HERE nie naby te haal nie, Hy laat Homself nie deur rituele dwing nie, maar Hy kom uit sy eie na die mens toe en roep hom om sy kind te wees. Die enigste kommunikasiemiddel sy lewende Woord. Ons erediens moet orediens wees. Hy spreek en ons luister. Ons moet maar net hoor en dan ge-hoor-saam wees. Hom op sy woord vertrou. Glo dat Hy daarin naby is. En dan sal ons agterkom dat Hy met sy goddelike kragte in ons lewe heel werklik aanwesig is.

Ook ons in 'n Gereformeerde Kerk sonder beelde kan nog steeds teen die Tweede Gebod sondig. Ook ons godsdiens kan soos die aanskakel van 'n ligknoppie word: ‘n manipulasie om die HERE binne bereik te kry en binne bereik te hou.

Opdrag: Probeer dit duidelik maak m.b.t.die volgende onderdele van jou christelike lewe:

jou bywoning van die eredienste, jou bywoning van die katkisasies, jou Bybellees, jou gebed.

Kan jy nog ander onderdele ook noem?

H. Ook geen dénkbeelde.

31

Selfs as ons God nie d.m.v. sigbare beeltenisse of gebruike in die kerk manipuleer nie, kan dit nog ons eie dénkbeelde oor God wees waarmee ons Hom vereer. In wese het dit reeds ‘n rol gespeel in die heidense beeldediens. Wanneer hulle ‘n beeltenis van hul god gemaak het, het hulle dit volgens hul eie voorstelling van daardie god gedoen: ‘n sterk en lewenskragtge bulkalf, ‘n baie vrugbare vrou met talle borste........ Ook ons kan die oneindig groot en onbegryplike God probeer aanpas aan ons eie siening:“Ek kan nie glo dat God...”“Ek dink nie God sal soiets laat gebeur nie...”“Na my opinie is God nie so nie...”Veral op hierdie wyse kan ook Gereformeerdes vandag nog steeds veelvuldig teen die Tweede Gebod sondig!

Vraag:Kan jy konkrete voorbeelde hiervan noem?

I. Gevolge in die geslagte.

Die Tweede Gebod bevat 'n ernstige waarskuwing: "Want Ek, die HERE, jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat my haat...."

Beteken dit dat kinders die straf moet dra wat die ouers verdien het? Nee. Die HERE het duidelik laat weet dat Hy nie die kinders straf oor die sonde van die ouers nie.

Lees: Esegiël 18Watter spreekwoord het die Israeliete tydens die ballingskap in Babel gebruik omdat hulle gedink het hulle moes die straf dra op die sonde wat hulle ouers gedoen het? Hoe het die HERE op daardie verwyt gereageer?

Die dreigende woorde in die Tweede Gebod bevat 'n waarskuwing juis vir die ouers: as ons meen ons kan die HERE soos elektrisiteit aanskakel of afskakel en Hom sodoende laat doen wat ons wil, kan Hy sommer die hoogspanning van sy aanwesigheid laat wegval en ons aan onsself oorlaat. Maar as jy jou kinders in so'n verkeerde godsdienstigheid voorgaan, sal hulle jou voetstappe volg en voortgaan, sodat die HERE Hom uit hulle lewe nog verder moet terugtrek. En na drie, vier geslagte het die lewe volslae goddeloos geword. Jý gaan vandag miskien nog wel getrou kerk toe, jy vier nog Nagmaal en bid by die huis. Omdat dit egter maar net rituele geword het om die HERE mee te manipuleer, sal jou kínders al dikwels nie meer kerk toe gaan nie, of alleen

32

nog as die Nagmaal gevier word en met Kersfees. Maar jou ágterkleinkinders gaan glad nie meer kerk toe nie, hulle ken die Bybel totaal nie meer nie, soek ook geen enkele kontak met die HERE meer nie. Die verbond het verdwyn. Hulle het weer heidene geword.

Vraag:Ken jy voorbeelde daarvan?

Teenoor die vreeslike bedreiging in die Tweede Gebod staan daar egter ook die wonderlike belofte van God se oneindige barmhartigheid "tot in die duisendste geslag" (dit is 'n beter vertaling as "aan duisende", soos in die 1953-vertaling) van die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou.As ons God soek deur aanhoudend na sy lewende Woord te luister, as ons erediens orediens is, sal Hy van geslag op geslag by ons wees. Dan mag ons voortdurend onder die hoogspanning van sy goddelike aanwesigheid lewe, sonder om daardeur doodgeskok te word.

J. Gebeitel na die beeld van God.

Ons moet geen beelde van God na ons voorstelling en wense maak nie. Maar ons moet God ‘n beeld van óns na sý voorstelling en sy wense laat maak. Ons moet onsself onderwerp aan die beitel van God Woord en Geest.

Vraag:Tot wie se beeld wil die Heilige Gees ons vernuwe volgens Sondag 32 HK, vraag en antwoord 86?

Dan sal ons in hierdie wêreld vol afgodery mense wees wat in ons hele lewe afbeeld hoe groot en goed die enigste ware God is.

K. Huiswerk.

33

LES 49 - SONDAG 36: DIE DERDE GEBOD.

A. Onbedoelde misbruik.

Wat voel jy wanneer jy hoor dat iemand God se Naam misbruik?Hoe reageer jy?Gebeur dit af en toe dat jy self ook vloek?

Is jy bewus daarvan dat jy ook sonder om te vloek of te spot God se Naam hier in die katkisasieklas kan misbruik? En dat die predikant op ‘n Sondag teen die Derde Gebod van God se Wet kan sondig terwyl hy

daardie gebod voorlees, al vloek of spot hy ook glad niet?Weet jy hoe?

B. HERE en Here.

Die Derde Gebod waarsku ons dat ons die Naam van die HERE, ons God, nie mag misbruik nie. Ons God dra 'n Naam waarmee ons Hom kan noem. In Hebreeus JAHWE.Jy kan Hom by sy Naam aanroep as jy bid.Jy kan Hom op sy Naam noem wanneer jy met ander mense oor Hom praat.In die Griekse Nuwe Testament is hierdie Naam JAHWE steeds as Kurios (wat Heer/Here beteken) weergegee. Dis hoekom ons Bybelvertalings ook in die Ou Testament God se Naam as Here weergegee is. Die naam JAHWE beteken in Hebreeus egter glad nie Heer nie, terwyl God in die Ou Testament ook wel as Heer (Meneer, in Hebreeus Adonai) aangespreek word sonder dat Hy op sy Naam genoem word. Daarom het die 1953-vertaling en die nuwe Direkte Vertaling orals waar in Hebreeus God se Naam JAHWE vermeld word, hoofletters gebruik: HERE. Om dit te onderskei van die aanspraak Heer.In die 1953-vertaling gee dit die die snaakte effek, dat God in die boek Esegiël aanhoudend die Here HERE genoem word: ons Heer JAHWE!

C. JAHWE: Ek is daar!

God het sy Naam JAHWE die eerste keer genoem aan Moses. Hy wou Moses na Egipte toe stuur om sy volk Israel uit die slawehuis uit te haal.

Lees:

34

Eksodus 3: 1-15 Met watter omskrywing moes Moses aanvanklik God aan sy

volksgenote in Egipte bekendstel? Wat het hy gevrees sou die Israeliete vir hom vra? Hoekom het Moses gedink hulle sou so vra? Met watter Naam benoem God dan Homself? Hoekom sou God juis hierdie Naam gekies het?

Die Hebreeuse naam JAHWE beteken dus: EK IS.LW die aanvanklike herhaling in Eksodus 3: 14 (EK IS WAT EK IS), is ‘n Hebreeuse stylfiguur waarmee maar net ‘n ekstra nadruk op die werkwoord gelê word. Ons sou dus liewer moet vertaal: EK IS DAAR, EK BESTAAN, REGTIGWAAR.

Lees:Eksodus 6: 1-7 en 7: 5Wat verander indien jy elke keer wat daar in die vertaling HERE of Here staan, lees: EK BESTAAN REGTIG?

D. God se Naam is sy reputasie.

Verstaan jy dat hierdie Naam van God geloof vra: al kan ons Hom ook nie sien nie, ons moet glo dat Hy wel deeglik bestaan!

Lees:Deuteronomium 4: 7

Hoe probeer heidene met hul gode kontak maak? En hoe kan die Israeliete met hul God kontak kry?

Ons hoef Hom nie deur middel van beelde, gewyde pale ens. binne ons bereik probeer kry nie. Ons hoef Hom maar net by sy Naam aan te roep en Hy is naby ons, Hy hoor ons, Hy help ons. Daarin maak Hy sy Naam waar.

Lees:Psalm 145: 18

Die HERE gee aan ons net sy Naam. So dikwels as wat ons sy Naam gelowig en eerbiedig in die mond neem, mag ons daarvan seker wees dat Hy wel deeglik bestaan en naby ons is om ons te hoor en te help.

Lees:Deuteronomium 12: 5, 11, 211 Koningen 8: 7-29Die afgodstempels in die tyd wat God se volk in Kanaän gewoon het, was vol met beelde om die aanwesigheid van hulle gode sigbaar te maak.In God se huis, die tabernakel en later die tempel, was daar nie beelde van Hom nie.

35

Wat het in God se heiligdom ‘gewoon’?

Die Bybel omskrywe die erediens van God se volk daarom ook dikwels met hierdie paar woorde: die Naam van die HERE aanroep. Genesis 4: 26; 12: 8; 13: 4, Psalm 116: 4, 13, 17; Jesaja 55: 6; Joël 2: 32; Sefanja 3: 9; Handelinge 2: 21; Romeine 10: 13; Korintiërs 1: 2; 2 Timoteüs 2: 22; 1 Petrus 1: 17.

Vraag: Met watter woorde begin ons elke erediens?

E. Immanuel.

Maar nou kan jy natuurlik verstaan dat die HERE dit nie kan verdra nie as ons sy Naam nie met eerbied en ontsag gebruik nie.Hy het, vandat Hy sy Naam aan Moses genoem het, daardie Naam ook waargemaak. Regdeur die geskiedenis met sy volk het Hy bewys dat Hy wel deeglik bestaan. Sy Naam is sy reputasie. Hy het sy Naam steeds hooggehou. Daarom wil Hy hê ook ons moet sy Naam hooghou.En dan kan ons vandag sy Naam nie meer losmaak van die Naam van sy Seun, ons Here Jesus Christus. In Hom het God mos die allerduidelikste bewys dat Hy wel deeglik bestaan, dat Hy sy beloftes nie vergeet nie maar vervul, dat Hy naby ons wil wees. Is Christus nie IMMANUEL nie: GOD MET ONS?

Vraag:Onthou jy nog wat die naam Jesus/Josua beteken?

F. Nie sommerso gebruik nie.

Die Derde Gebod waarsku dat ons God se Naam nie mag misbruik nie. Die 1953-vertaling vertaal die Hebreeuse teks as Jy mag die Naam van die HERE, jou God, nie ydel gebruik nie. Daardie woordjie ydel beteken: sommerso, dus sonder dat dit sin maak, sonder om daarvan bewus te wees wat daardie Naam beteken. Pasop: God bestaan wel deeglik!

Daar is dus meer as een manier waarop ‘n mens God se Naam kan misbruik:

Opsetlike laster en belediging van God se Naam.

Opsetlike misbruik van God se Naam in 'n valse eed.

Onopsetlike misbruik soos in bastervloeke: " Jissus of Jiss....", waarvan ons dikwels nie eers meer bewus is dat hulle van die naam Jesus

36

afgelei is nie; of Jitte wat ‘n vervorming van Hete is, wat weer ‘n versagting van Here is. En wat van die uitroep wat vanuit Amerika oorgewaai het: Oh my God! So ‘n misbruik kan ook gebeur as jy woorde gebruik waarin God (se Naam) in ‘n ander taal voorkom, soos “Halleluja” (= Loof Jahwe) of die Franse groet “Adieu” (Ek dra jou aan God op).

Onnadenkende gebruik tydens 'n erediens, tydens huisgodsdiens of godsdiens by die skool, tydens katkisasie: jy lees of sing God se Naam sonder om daarby na te dink.

Gebruik van God se Naam om ‘n ongeestlike saak deur te dryf. Soos in die bloedige kruistogte vanaf 1095 teen die Jode en Mohammedane in die heilige land.

Sondag 36 HK Vraag 99: Wat eis die derde gebod?

Antwoord: Ons mag die Naam van God nie laster of misbruik deur te vloek, deur 'n valse eed of deur onnodig te sweer nie.

Verder mag ons nie deur stil te bly of dit toe te laat ons aan sulke verskriklike sondes skuldig maak nie. Kortom, ons mag die heilige Naam van God nie anders as met vrees en eerbied gebruik nie, sodat Hy deur ons reg bely, aangeroep, en in al ons woorde en werke geprys word.

G. Nie stilbly nie.

37

Ook as ons ander mense God se Naam hoor misbruik, verwag die HERE van ons dat ons sy Naam hooghou. Ons mag dan nie swyg nie.

Lees: Levitikus 24: 10-16

Watter sonde het die seun gedoen? Wat vertel die Bybel oor die moontlike

agtergrond daarvan?

Watter straf het hy gekry? Wat moes almal doen wat sy lastering gehoor het? Wat wou die HERE met daardie gebaar aan almal duidelik

maak?

Sondag 36 HK Vraag 100: Is dit dan so'n groot sonde om die Naam van God te laster deur te sweer en te vloek dat God Hom ook oor elkeen vertoorn wat hierdie sondes nie sover moontlik teëgaan en verbied nie?

Antwoord: Ja seker, want geen sonde is groter en vertoorn God meer as die lastering van sy Naam nie.

Daarom het Hy ook beveel om dit met die dood te straf.

Vraag: Kan jy ‘n paar maniere noem waarop jy sou kon reageer as jy

hoor hoe ander mense die Naam van die HERE misbruik?

38

Die Kategismus sê dat jy die misbruik van God se naam “sover moontlik” moet teëgaan en verbied. Kan jy jou ‘n situasie voorstel waarin dit beter is om maar stil te bly?

H. Huiswerk.

39

LES 50 - SONDAG 37: DIE DERDE GEBOD EN DIE EED.

A. Eedswering.

Het jy al 'n keer meegemaak dat iemand 'n eed moes sweer?Wanneer 'n nuwe Staatspresident ingehuldig word, moet hy met 'n eed sweer dat hy sy amp getrou en opreg sal uitoefen. Wanneer iemand by die polisie of in die Weermag in 'n leiding-gewende en verantwoordelike posisie benoem is, moet hy 'n eed aflê.En ingeval iemand as getuie in 'n hofsaak opgeroep is, moet hy met 'n eed sweer dat hy die waarheid en niks

anders nie as die waarheid sal praat.Die eed kan met verskillende gebare onderstreep word.Die Staatspresident het tot dusver altyd sy hand op die Bybel gelê.Wat sou hy met daardie gebaar wou duidelik maak?'n Mens sien ook dikwels dat iemand wat die eed aflê, sy regterhand ophef. Wat sou die betekenis van hierdie gebaar wees?'n Mooie gebaar is ook om twee vingers op te steek.Verstaan jy die betekenis van dié gebaar?

B. Eedswering- mag dit sommer?

Maar kan enigiemand sommer die eed aflê??By die eed word tog die Naam van die HERE bewustelik aangeroep?Ons mag God se heilige naam mos nie anders as met vrees en eerbied gebruik nie. Geen sonde is groter en vertoorn God meer as die oneerbiedige gebruik van sy Naam nie.Hoe weet 'n regter of die getuie wat hy opgeroep het, eerbied vir God se heilige Naam het? Dalk is hy wel 'n ongelowige, of 'n Moslem.Hoe weet 'n generaal wat nuwe offisiere met 'n eed in hulle nuwe rang bevestig, of hulle almal ontsag vir God se Naam het?Dalk is die regter, of die generaal sélf nie eers 'n opregte christen nie! Word God se Naam dan nie misbruik nie?!

40

Oor dié vrae gaan dit in hierdie les. Die Kategismus het oor die Derde Gebod nog 'n ekstra Sondag bygevoeg om hierdie tipe vrae te bespreek. Vierhonderd jaar gelede het hulle hulself hierdie vrae dus ook al afgevra. Ons kan vandag nog wel 'n paar vrae hierby voeg:Weet jy watter Latynse woorde op die ou een Rand muntstuk geskrywe staan? Weet jy wat dit beteken?Ons geld met hierdie mooi woorde word deur Jan Rap en sy maat gebruik, ook vir allerhande sake waarmee die HERE baie beslis nie geëer word nie.

Vraag:Kan jy drie voorbeelde van sondige gebruik van ons geld noem?

Vroeër het 'n notaris sy aktes waarin die verkoop van 'n huis of so meer gereël is, ook begin met die woorde: "In die Naam van die Drie-enige God......".

Sal dit nie beter wees om God se heilige Naam so min as moontlik te gebruik in die openbare lewe, omdat ons nie mooi weet wie God se Naam in die mond neem nie?Moet ons die gebruik van God se Naam maar nie liewer so veel as moontlik tot die kerk beperk nie?

C. Wederdopers.

Daar was Christene wat in die dae toe die Heidelbergse Kategismus opgestel is, so gedink en geleer het: die Wederdopers.Die Wederdopers het hulle saam met die Gereformeerdes in die 16de eeu van die Rooms Katolieke kerk afgeskei. Ons ken hierdie stroming veral vanweë hul keuse vir die grootdoop. Dis dié dat hulle die naam ‘Wederdopers’ gekry het: hulle het mense wat as ‘n baba gedoop is, weer gedoop. Maar hulle keuse vir die grootdoop het voortgevloei uit ‘n ander dwaling. Hulle was nie tevrede met 'n Reformasie van die kerk soos die Gereformeerdes dit deurgevoer het nie. Hulle wou veel verder gaan. Hulle wou die kerk heeltemal bo die sonde en die sondige wêreld verhef.

Kom ons som kortliks die vernaamste dwalings van die Wederdopers op. Hulle het geleer:

Deur die sonde is die lewe van die mense dermate aangetas dat daar geen herskepping nie, maar 'n heeltemal nuwe skepping nodig is. God het lankal sy rug op hierdie wêreld gedraai en roep ons om dit ook te doen.

Die mens moet daarom nie verlos word van die sonde wat in hom woon (vgl. Romeine 7: 17) nie. Maar hy moet homself verlos van die

41

sondige wêreld waarin hy woon. Dit beteken dat hy allerlei wêreldse instellings soos 'n owerheid, 'n huwelik wat voor die owerheid gesluit word, militêre diensplig, en ook die verpligting om voor die owerheid die eed af te lê, verwerp.Die christen trek homself uit die sondige wêreld terug in sy heilige

kerk.

Kinders kan nog nie bewus met hierdie sondige wêreld breek nie. Hulle behoort daarom nog nie ten volle by God se heilige gemeente nie. Eers as hulle geloofsbelydenis doen, word hulle by die gemeente ingelyf en kan hulle gedoop word. Wie as kind reeds die doop ontvang het, moet dus weer gedoop word.

God se heilige gemeente wat bo die sondige wêreld uitgelig is, is dermate met die Heilige Gees vervul dat die Bybel nie meer die laaste sê het nie. Die Heilige Gees ‘verlig’ die gemeentelede persoonlik met allerhande ‘ingewings’.

Vraag: In die Nederlandse Geloofsbelydenis word 'n paar keer verwys na die dwalings van die Wederdopers. Kan jy twee artikels vind?

Dit sal nou duidelik wees dat die Wederdopers geleer het: Kom ons hou God se heilige Naam heeltemal weg uit hierdie onheilige wêreld. Laat ons dié Naam net in die kerk gebruik.

D. Sekularisasie.

Vandag is daar ook 'n ander stroming wat eintlik presies dieselfde sê. Maar vanuit 'n heeltemal ander agtergrond.Vandag is daar die sterk stroming van die Sekularisasie of: verwêreldliking. 'n Mens kan sê: die Wederdopers het God se Naam dermate hoog geag dat hulle dit nie in die openbare lewe wou gebruik nie.Maar die stroming van die sekularisasie minag God se Naam en wil dit oor dié rede uit die openbare lewe weghou. Baie mense sê vandag ook: gebruik God se Naam net in julle kerk asseblief. Maar hulle bedoel: ék wil nie elke nou en dan met daardie Naam gekonfronteer word nie. Ek glo mos nie in julle God nie. Julle mag glo wat julle wil, maar laat my vry om te glo wat ek wil.

E. God se Naam verswyg?!

Is dit nie inderdaad beter om God se Naam maar so veel as moontlik uit hierdie wêreld vol ongelowige en oneerbiedige mense weg te hou nie??Die antwoord moet wees: NEE!!

Vraag:

42

Onthou jy nog wat God se Naam JAHWE beteken?

Ons God wil hê almal in hierdie wêreld, wat steeds sý wêreld is, moet van die betekenis van sy Naam bewus wees. Hy het nie sy rug op hierdie wêreld gedraai nie. Hy het na die sondeval juis alles gedoen om sy wêreld te red en die sonde in die wêreld te oorwin.

Vraag:Waarom het God sy Eniggebore Seun aarde toe gestuur? Sien Johannes 3: 16.Wat het God se Seun hier op aarde kom doen? Sien Johannes 17: 6

Jesus Christus het ons, sy kerk, nie verlos van ons sondeskuld en met sy Heilige Gees vervul, sodat ons onsself in alle opsige aan hierdie wêreld sou onttrek nie.

Lees:Johannes 17: 15Christus het ons ook nie verlos sodat ons ons voortaan in die kerk sou opsluit nie.

Lees:Matteüs 5: 13

Waarmee vergelyk Christus sy volgelinge hier op aarde?

Watter taak het ons dus in hierdie wêreld?

Op watter maniere kan ons God se Naam teenoor ander mense eer?

Die HERE roep ook Owerhede om in sy diens saam te bou aan sy Koninkryk en aan die eer van Hom, die Koning van die hemel én die aarde.

Lees:Nederlandse Geloofsbelydenis, artikel 36Hoe word die taak van die Owerhede omskryf?

Daarom moét owerhede 'n regter opdra om 'n getuie wat hy van geen kant af ken nie, voor God se aangesig te plaas. Die regter moet hom herinner aan God se Naam (: Ek bestaan wel deeglik, Ek weet dus as jy lieg!) en 'n eed laat sweer.Daarom is dit 'n goeie ding wanneer owerhede ons selfs by die gebruik van ons geld oproep om dit alleen tot eer van God (‘Soli Deo Gloria’) te gebruik.

F. Misbruik hef die gebruik nie op nie.

Natuurlik word daar dan ook baie misbruik van God se Naam. Maar die misbruik hef die gebruik nie op nie. Ons moet, as God se Naam baie

43

misbruik word, sy Naam nie al hoe meer uit die openbare lewe probeer weghou nie. Ons moet juis die mense waarsku en oproep tot die regte, eerbiedige gebruik van die heilige Naam van God.

Maar daar staan dan ook in die Bybel dat ons hoegenaamd nie moet sweer nie?!Die Here Jesus Christus het dit self gesê!En Jakobus herhaal daardie waarskuwing in sy brief, hoofstuk 5: 12.Hoe kan die Kategismus dan sê dat ons wel mag sweer?!Hoe kan gelowiges ook nog in die Nuwe Testament so vrymoediglik die Naam van die HERE in 'n eed aanroep?!

Ons moet Christus se waarskuwing lees in die konteks waarmee Hy dit die Fariseërs en Skrifgeleerdes verkwalik dat hulle die eed misbruik.God het die eed aan ons gegee om mekaar in geval van onsekerheid te oortuig: God is getuie!

Lees:Matteüs 23: 16-21 en 5: 33-37By watter sake het die Skrifgeleerdes soal gesweer en daarmee selfs die eed onbetroubaar gemaak?

Dit behoort onder God se kinders nie nodig te wees om elke nou en dan te sweer en jou op God se Naam te beroep nie. Ons weet dit mos van mekaar dat die Naam van ons God beteken: EK BESTAAN WEL DEEGLIK. Hy hoor elke woord wat ons praat. En weet of ons die waarheid praat. Slegs in geval van nood, as ons selfs 'n broeder of suster in dieselfde kerk nie met 'n eenvoudige ja’ of ‘nee’ oortuig nie, mag ons ons op die Naam van die HERE beroep.

Sondag 37 HK Vraag 101: Mag 'n mens ook godvresend by die Naam van God 'n eed sweer?

Antwoord: Ja, as die owerheid dit van sy onderdane eis of as die nood dit vereis, om daardeur trou en waarheid te bevestig. Dit moet dan tot eer van God en tot heil van ons naaste gedoen word. Sodanige eedswering is op die Woord van God gegrond,

44

en die gelowiges in die Ou en Nuwe Verbond het dit reg gebruik.

Vraag: Kan jy voorbeelde noem van gelowiges in die Ou en Nuwe Verbond wat soms vrymoedig 'n eed gesweer het?

Sondag 37 HK Vraag 102: Mag 'n mens ook by die heiliges of by ander skepsels sweer?

Antwoord: Nee, want om 'n regte eed te sweer beteken dat ons God aanroep as die enigste Kenner van die hart om vir die waarheid getuienis te gee en my te straf as elk vals sweer. Hierdie eer kom geen skepsel toe nie.

G. Huiswerk. LES 51 - SONDAG 38: DIE VIERDE GEBOD.

A. Feesdag of verveeldag?

Hou jy van die Sondag? Is dit vir jou 'n feesdag? Of is dit maar 'n verveeldag?

Is die Sondag 'n dag waarop jy amper niks mag doen nie? Kerk toe gaan en daarna die hele dag by die huis sit en boek lees? Natuurlik goeie boeke!Mag 'n mens op Sondae swem? Mag ons 'n bietjie krieket speel? Mag ons televisie kyk? Huiswerk doen? Of moet ons die hele dag Psalmsing?

Sulke vrae het (jong)mense regdeur die eeue dikwels gevra. Hulle het nie mooi geweet hoe om die Sondag te moet deurbring nie. Die begin van die week was vir hulle in elk geval nie net 'n fees nie! Hoe ‘s dit by jou?

45

B. Rusdag: ‘n dag van verwondering.

Voordat ons sinvolle antwoorde op hierdie tipe vrae kan gee, moet ons eers weet met watter bedoeling ons Vader in die hemel die rusdag ingestel het.En daarvoor moet ons na die begin van die Bybel teruggaan.Ons moet terug na die eerste week van ons geskiedenis.Nadat God in 6 dae die hele aarde ingerig en vir die mens bewoonbaar gemaak het, het Hy Sélf as eerste ‘n dag lank gerus.Was die HERE moeg? Maar Hy het Homself mos nie ingespan nie.

Lees:Psalm 33: 6 en 9Op watter wyse het God die hemel en die aarde, die lig, die son, maan en sterre, die droë land, die vissen en die voêls, die plante en bome en die diere geskep?

Wat beteken dit dan dat die HERE op die sewende dag ‘gerus’ het?God het sy werk op die laaste dag van die skeppingsweek tevrede sy werk bekyk en bewonder: "Dit was baie goed". Die Skepper was bly met die resultaat. Hy het Self plesier daarin gevind.Maar toe het Hy ook die mens daarin betrek. Sy kind wat saam met Hom van die wêreld mog geniet. Die mens vir wie Hy alles voorberei en ingerig het.Die mens moes ook een dag rus. Moeg kon Adam en Mannin nog nie wees nie. Dit was nog maar hulle eerste volle lewensdag.Die HERE het hulle egter dadelik saamgeneem op 'n wandeling deur sy wêreld en alles aangewys: die skittering van die son met sy warmte, die massiewe rotse van 'n berg, 'n oog waaruit helder koel water opborrel, die wonderlike struktuur van 'n blom, die georganiseerde gekrioel van die miere, 'n rondfladderende skoenlappertjie, die lank kameelperd, die groot olifant..........Sodat ook die mens tot die gevolgtrekking sou kom dat alles baie goed was.Die mens moes in die dae en weke en maande en jare en eeue wat voorgelê het, in God se wêreld aan die werk.

Vraag: Onthou jy nog watter werk vir die mens in God se wêreld voorgelê het? Ons het dit bespreek by Sondag 3 HK.

Maar voordat Adam en Mannin aan die werk kon spring, moes hulle eers terugsit en kyk. Net kyk en bewonder. En hul Vader in die hemel verwonderd oor die werk van sy hande prys.

C. Rusdag: ‘n heilige dag.

46

Die Bybel sê dat God die sabbatdag geheilig het en die mens oproep om hierdie dag heilig te hou.Die woord heilig beteken: aan Gods toegewy, op God se eer gerig.

Vraag: Wat beteken dit dus wanneer ons die Gees van God die

Heilige Gees noem? Wat bedoel ons wanneer ons die doop die heilige doop noem? Wat beteken dit as ons sélf in die Bybel heiliges genoem

word? En wat beteken dit dus dat die HERE die sabbat geheilig het?

God het die sabbatdag ingestel om die mens uit die staanspoor te leer dat hulle nie vir hulleself, vir hulle eie eer moes besigwees op aarde. God wou die eer uit hulle lewens ontvang. Hy moes by alles wat hulle doen die fokuspunt wees.

D. Rusdag: ’n dag met perspektiewe.

Ons weet nie of die HERE die mens direk na daardie eerste sabbat elke week opnuut die sabbat laat vier het nie. Ons weet ook nie of hulle na die sondeval aangehou het om die sabbat te vier nie. Ons lees eers weer van die sabbat in die boek Exodus, wanneer die HERE sy volk Israel uit die slawehuis van Egipte uitgehaal het. Wanneer die HERE vir sy Israel die ou Paradyswet weer in ere herstel en op 2 kliptafels in Tien Gebooie uitwerk, gee Hy vir hulle ook weer die gebod: "Gedenk die sabbatdag, dat julle dit heilig...".Het jy al ooit besef dat hierdie gebod 'n wonderlike geskenk van God is vir sondige mense? Die mens het sy rug op God en op die Paradys gedraai. Hy wou nie langer tot Gód se eer in Gód se wêreld besigwees nie. Hy het gekies om sy éie wêreld tot sy éie eer op te bou. Daarmee het hy, sonder om dit self te besef, sy lewe juis verwoes:

pleks van kind het hy 'n slaaf geword. die aarde het skielik dorings en distels voortgebring wat jou laat

swoeg en sweet; en die enigste toekoms wat oorgebly het, is die dood en 'n graf.

Nogtans het die HERE die mens nie aan sy eiewysheid en hoogmoed prysgegee nie.Hy roep mense om weer sy volk te wees. Hy haal hulle weg uit die slawediens om weer sy kinders te wees. En Hy stel hul in die vooruitsig dat die lewe selfs op 'n gevloekte aarde weer vry en vol vreugde kan wees, as die mens weer as 'n kind van Hom, heilig vir Hom, toegewy aan Hom wil lewe. Dis dié dat God ook na die sondeval elke werkweek met 'n sabbatdag laat eindig het.

Lees:

47

Exodus 31: 12, 13Wat bedoel die HERE as Hy sê die sabbat is ‘n teken tussen Hom en Israel, “sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig”?

Esegiël 20: 5-24 In watter verse herinner die HERE aan Exodus 31: 13? In watter verse kla die HERE dat Israel sy sabatte ontheilig

het? Hoe het Israel die HERE se sabatte volgens vs 16 ontheilig?

E. Rusdag: die dag van Christus se opstanding.

Om weer so te lewe soos Adam en Mannin in die Paradys: in alle opsigte tot eer van die HERE- dit kan geen mens meer van sy eie nie. Slegs God se Heilige Gees kan dit weer moontlik maak.Daarom was die sabbat aan die einde van elke week na die sondeval veral 'n vooruitwysing na die koms van die Here Jesus. Hy moes dit vir God se volk verdien dat die Heilige Gees ons lewe weer heeltemal heilig kan maak.

Vraag: Soek twee Bybelgedeeltes waarin dit blyk dat die Joodse wetgeleerdes van die sabbatdag ‘n moeilike dag vol moets en moenies gemaak het, en dat Christus daarteenoor wys dat die mooi lewe van die Paradys juis op die sabbatdag gevier moet word?

Die Here Jesus het inmiddels sy verlossingswerk vir ons gedoen. Hy het juis op ‘n sabbatdag dood in ‘n graf gelê om vir ons die lewe weer te kan oopsluit. Op die eerste dag van ‘n nuwe week het Hy uit die graf opgestaan om vir ons 'n nuwe lewe met God te gaan skenk.Die kerk het al gou begin besef dat daardie opstandingsdag die keerpunt in die geskiedenis geword het: die nuwe Paradys waarna God se volk eeuelank uitgesien het, is deur Christus terugverdien en sal nou ook terugkom!Daarom het die kerk die sabbat op Christus se opstandingsdag begin vier het en nie meer op die laaste dag van die week nie.

Lees:Handelinge 20: 71 Korintiërs 16: 1, 2

Vraag:

48

Weet jy watter sekte vandag steeds Saterdag as die sabbat in ere wil hou?

F. Die opstandingsdag: ’n rusdag.

Ons begin nou elke week met 'n dag rus: 'n dag waarop ons daarby stilstaan dat ons danksy die Here Jesus Christus weer heeltemal God se kinders mag wees. Ons hoef geen slawe te wees nie, ons hoef nie self 'n toekoms opbou nie. Christus het die toekoms klaar vir ons verdien. En God sal dit vir ons gee. Vanuit hierdie rus mag ons die lewe weer aanpak. En die res van die week onthou dat dit nie ons is wat allerhande dinge moet probeer regkry nie: Christus het alles klaar vir ons reggekry!

Sondag 38 HK Vraag 103 Wat gebied God in die vierde gebod?

Antwoord: Ek moet elke dag van my lewe van my bose werke rus en die Here deur sy Gees in my laat werk. So begin ek die ewige sabbat reeds in hierdie lewe.

Daar verskyn deesdae al hoe meer dagboeke met kalenders en jaarbeplanners wat nie met die sondag nie, maar met die maandag as die eerste dag van die werkweek begin.Is dit reg? Is so'n kalender nog wel 'n christelike kalender? Mag ons so ons jaarbeplanning maak?

Vraag:Baie mense praat ook van die Saterdag én die Sondag as die naweek. Is dit 'n regte benaming? Watter benaming sou dalk beter wees?

49

G. Feesdag of verveeldag?

Nou, hoe moet ‘n mens dan op die rusdag ‘rus’?Onthou jy nog die vrae waarmee ons hierdie les begin het?Moet ons heeldag niks doen nie? Ons verveel? Net kerk toe gaan, slaap en boeklees?!Dalk ook nog ‘n katkisasieklas of ‘n Bybelstudie bywoon?

Nee, glad nie. As jy God se bedoeling met die sabbat wil opvolg, word die Sondag 'n besige dag.Jy kan so maklik in 'n groef raak, kortsigtig word en tog weer 'n slaaf van die sonde, van jouself, van jou skoolwerk, jou sport ens. word. Ook Christenen kan sommer weer slawe van hul besigheid en hul eie planne en ideale word. Selfsgesentreerde mense. oe Elke nuwe week laat die HERE ons eers'n dag lank daarmee besig wees dat ons nié so moet wees nie. En leer Hy ons geduldig om ‘n hele dag vol verwondering, soos Adam en Mannin in die Paradys, besig te wees

met Hom, met sy skeppingwerk, met sy verlossingswerk vir ons, met die ander lidmate van ons gemeente, met sy werk in die geskiedenis van sy kerk, met die laaste ontwikkeling in ons kerke, met sy daaglikse sorg vir ons, ensovoorts.

En daar bly daar regtig nie tyd oor om jou te verveel nie!

Vraag:Hoeveel weet jy, en kan jy vir ander mense vertel, oor God en sy werk?Hoeveel weet jy, ten spyte van soveel Bybelklasse, katkisasies, preke steeds nie?

Die Sondag is dié dag om hiermee besig te wees. Sodat die HERE en sy verloste kerk weer al hoe meer die sentrale plek in ons lewe sal inneem.

Vraag: Is dit verkeerd as jou pa op Sondag gou-gou 'n paar

besigheidsoproepe maak of 'n paar documente van sy besigheid deurkyk?

Is dit verkeerd om Sondag met jou huiswerk vir die volgende dag besig te wees?

Wat kan jy doen om daarvoor te sorg dat ook vir jou Ma die Sondag 'n rusdag is?

Wat meer kan ons doen om van die Sondag ‘n feesdag pleks van ‘n verveeldag te maak?

50

H. Huiswerk.

LES 52 - SONDAG 38 (VERVOLG): DIE RUSDAG, ‘N EREDIENSDAG.

A. Kerk toe.

Ons het in die vorige les oor die Vierde Gebod geleer met watter doel die HERE die weeklikse rusdag ingestel het: op dié dag moet ons telkens weer leer om ons hele lewe aan Hom toe te wy.Daar is verskeie maniere om onsself op ‘n Sondag te oefen in 'n lewe tot eer van die HERE: sien die vorige les paragraaf F.

Die belangrikste middel wat die HERE Self ingestel het sodat Hy weer die sentrale plek in ons lewe inneem, is egter die eredienste wat ons op Sondae hou.

Vraag:Wat is die verskil tussen ‘n erediens en ‘n gemeentevergadering, of ‘n vergadering om saam Skrifstudie te doen?

In die liturgie in ons eredienste blyk dit dat hier ‘n ontmoeting en ‘n gesprek tussen die HERE en sy volk plaasvind. Die HERE wil daar met ons praat en ons mag tot Hom praat.

Opdrag:Jy sien hieronder die begin van ‘n skema waarin die gesprek tussen die HERE en sy volk tydens ‘n erediens weergegee word. Kan jy die skema voltooi?

DIE HERE ONS

Votum Groetseën Antwoordlied Wet

51

Kom ons kyk in hierdie les ‘n slag na die onderdele wat elke Sondag in ons eredienste ‘n plek kry.

B. Handdruk.

Voordat die diens begin, word die voorganger deur een van die ouderlinge na die preekstoel gebring waar hy voor die oë van die hele gemeente 'n

handdruk ontvang. Daardie handdruk is 'n sigbare aanduiding dat die voorganger nie eiemagtig nie, maar in opdrag en onder die verantwoordelikheid van die kerkraad die diens sal lei. Wanneer hy sy taak volbring het en weer van die kansel afklim, kry hy opnuut 'n handdruk. Die ouderling gee met dié handdruk te kenne dat die kerkraad instem met die wyse waarop die

voorganger die diens gelei het.

Vraag: Kan jy jou 'n situasie voorstel waarin die ouderling moet weier om die voorganger se hand na die diens te skud?

Die erediens vind plaas onder die verantwoordelikheid van die kerkraad. Die kerkraad roep die gemeente namens die HERE saam, die kerkraad bepaal wie in die diens mag voorgaan, die kerkraad bepaal vir watter doel gekollekteer sal word, die kerkraad moet daarop toesien dat daar nie deur 'n voorganger dwaalleer vanaf die preekstoel gebring word nie.

Lees:Die Formulier vir die bevestiging van ouderlinge.

Wat staan daar oor die taak van die ouderlinge om dwaalleer van die kansel te weer?

Na watter Skrifgedeeltes word daarby verwys?

C. Votum en groetseën.

Die handdruk is nog nie die begin van ‘n erediens nie. Dit is die VOTUM. Daardie Latynse woord beteken Wens, verlange. Ons spreek dan saam die verlange uit dat die HERE in hierdie erediens sy Naam sal waarmaak.

Vraag:Onthou jy nog wat die HERE se naam: in Hebreeus JAHWE, beteken?

52

Ons bely met hierdie wens ook ons afhanklikheid van die HERE. Sonder Hom kan ons niks doen nie.

Die antwoord van die HERE op ons beroep op sy Naam is sy GROETSEËN. Ons hoef nie bang te wees nie: al is Hy ook die groot en gedugte God, ‘n verterende vuur vir die wat geen eerbied en ontsag vir Hom het nie (Hebr. 12: 28, 29), tog groet Hy ons, wat sondaars is,

met “genade en vrede vir julle!”.

Vraag: Daar word meestal deur die voorganger uit twee Skrifgedeeltes gekies om ons namens die HERE te groet. Watter twee?

Daar is Gereformeerde kerke in binne- en buiteland wat ook ‘n ouderling wat met ‘n leespreek in 'n erediens moet voorgaan, toelaat om die seën van die HERE met die bybehorende handgebaar aan die gemeente op te lê. Aangesien Christus se seën nie van die aanwesigheid van ‘n predikant afhanklik is nie, maar van die aanwesigheid van ‘n verantwoordelike kerkraad.

D. Lesing van God se wet.

Na ons ANTWOORDLIED op God se groet volg soggens die lesing van God se WET van die Tien Gebooie. Dis mos die grondwet van God se koninkryk (sien die les oor Sondag 34).

Lees:Sondag 44 vraag en antwoord 115.Watter twee redes is daar waarom die HERE sy Wet telkens aan ons voorhou?

Ons reaksie op God se Wet is opnuut 'n lied, meestal 'n Psalm waarin ons ons skuld bely maar ook dankbaar mag sing van die vergewing van sondes.

Vraag:Kan jy drie Psalmverse of Skrifberymings noem wat as so ‘n reaksie na die Wetslesing sou kon dien?

53

E. Geloofsbelydenis.

Daar is gemeentes wat soggens na die Wetslesing die APOSTOLIESE GELOOFSBELYDENIS opsê. Ander gemeentes gee hierdie geloofsbelydenis van die gemeente ‘n plek in die aanddiens.Vroër het net die voorganger die geloofsbelydenis voorgelees en die gemeente opgewek om dit in hulle harte saam te bely. Deesdae kan ons die woorde van die Twaalf Artikels van die Apostoliese Geloofsbelydenis ook saam as gemeente sing. Dit is 'n groot verbetering! Deur hierdie bekende woorde voel ons verbonde met God se kerk orals in die wêreld en dwarsdeur die eeue.

Vraag:Kyk bietjie in Sondag 7 HK, vraag en antwoord 22. Watter een van die drie byvoeglike naamwoorde wat daar vir ons geloof gebruik word is van toepassing op daardie verbondenheid met God se wêreldwye kerk?

F. Gebed om die verligting deur die Gees.

Voordat ons in die kerk die Bybel oopmaak vir die Skriflesing, vra ons eers in ‘n GEBED om die verligting deur die Heilige Gees. Dié sal ons ore en harte moet oopmaak om Gods se Woord nie net te hoor nie, maar ook te aanvaar en te verstaan. In hierdie gebed word gewoonlik nog nie allerhande voorbiddings gedoen nie, maar slegs ‘n seën oor die verkondiging gevra.

Vraag:Vir watter mense sou in hierdie gebed al wel voorbidding gedoen kon word?

G. Skriflesing en verkondiging.

Na hierdie gebed maak ons die Bybel oop en luister na HERE se Woorde. Eers in de Skrif- en tekslesing en vervolgens, dikwels na eers ‘n antwoordlied, in die verkondiging.‘n Predikant mag sy eie preke hou, ‘n ouderling of ‘n gewone lidmaat wat daarvoor aangewys is mag slegs preke voordra wat

54

deur ‘n predikant geskryf is. Dit beteken nie dat ‘n predikant ‘n hoër ampsdrae as ‘n ouderling is nie. Maar hy het eers ‘n paar eksamens geslaag waarmee hy gewsy het dat hy ‘n betroubare prediker is. As ‘n ouderling dieselfde eksamens slaag, word hij ook toegelaat om sy eie preke te mag hou.

Vraag: In watter artikel van ons Gereformeerde Kerkorde het die

kerke so afgespreek? Hoe noem die Kategismus in Sondag 31 die verkondiging van

God se Woord? Verstaan jy wat daardie metafoor vir ons as luisteraars impliseer?

Na die verkondiging beaam ons die gehoorde Woord van die HERE met 'n amenlied.

H. Dankgebed en voorbidding.

Daarna buig ons weer ons hoofde vir die HERE in gebed. Ons gebed is 'n DANKGEBED op dit wat ons in die preek gehoor het. Maar ons doen ook VOORBIDDING.

Vraag: In die Afrikaanse kerkboek is 'n

voorbeeldgebed opgeneem "vir al die behoeftes van die gelowiges, om gebruik te word op die rusdag na die eerste preek". Vir water sake word in daardie gebed voorbidding gedoen? Noem tenminste 10.

Kan jy nog ander sake ook noem waarvoor ons in ‘n erediens voorbidding sou kon doen?

I. Offergawes.

Die gebede word gevolg deur ons OFFERGAWES. Die kollekte word gewoonlik deur die diakens ingesamel, want die diakonie is een van die belangrike bestemmings vir ons gawes. Nogtans word daar ook vir ander doele gekollekteer.

Vraag:Kan jy andere doele noem?

Een van die doele waarvoor ons gereeld ons gawes gee, is die Opleiding vir predikante. Ons ondersteun studente wat hulle bekwaam om predikant te word. Die belangrikste onderdeel van ons eredienste is mos die

55

verkondiging van God se Woord. Dus moet daar steeds verkondigers wees wat God se Woord aan ons kán verkondig.Dit bedoel die Kategismus ook wanneer daar in Sondag 38 staan"dat die Woordbediening en die skole in stand gehou moet word."

J. Seën.

Ons sluit die erediens af met 'n slotlied waarna die voorganger namens die HERE God se SEËN aan ons saamgee. God sélf wil met ons saamgaan!

Vraag:Watter Skrifwoorde gebruik die voorganger om die seën aan die HERE aan ons te gee?

K. Sakramente.

Die volgorde van 'n erediens soos ons nou bespreek het, betref die normale dienste. Gereeld word daar egter ook sakramente in die diens bedien: die doop en die nagmaal. Dit is, soos ons in Sondag 25 HK geleer het, geen nuwe onderdele in die liturgie nie dog slegs sigbare onderstrepings en waarborge by die verkondigde woord van God. Die beste plek in die diens vir ‘n doopsbediening of ‘n nagmaalviering is daarom ná die verkondiging.

L. Wat kry God? En wat kry ons?

Die hele erediens is 'n middel van God om ons by Hom vas te hou: Hy versterk ons skuldbesef oor ons sondes, Hy vertroos ons met die belofte van die vergewing van ons sondes

deur Jesus Christus, Hy korrigeer ons daaglikse lewenshouding, Hy bemoedig ons in moeite en verdriet en wys ons die pad saam met

Hom vorentoe.

Maar dit is slegs die een kant van die erediens. Die ander kant is dat ons daar voor die HERE se aangesig kom om Hom te eer. God wil ook iets van óns kry.Partymaal hoor jy mense sê: "Ek het vanoggend nie veel aan die diens gehad nie". Dikwels wys so'n opmerking 'n verkeerde houding. Vra ‘n slag vir jouself: "Het die HERE vanoggend iets aan mý gehad?" Het jy kerk toe gekom om Hom daarmee te eer? Het jy eerbiedig en verwonderd sy seëngroet ontvang? Het jy tydens die Wetslesing oor jou sondes nagedink?

56

Was jy bewus van die woorde wat jy gesing het? Het jy geprobeer om met die voorganger sáám te bid? Het jy jouself gedwing om aandagtig na die preek te luister? Het jy jou gawes met liefde geoffer?Het jy God se seën dankbaar saamgeneem toe jy die kerk verlaat het?

Lees:Markus 4: 24-25.Verstaan jy wat Christus ons daar wil leer?

Waarvoor kom ons kerk toe?Die Kategismus sê: “om die Here deur sy Gees in my te laat werk”. Daarmee eer ek Hom die meeste: deur my gewilliglik en bewus te onderwerp aan die werk van die Heilige Gees. Dit vra geen passiewe houding nie, maar 'n aktiewe houding. 'n Houding wat ek op die Sondag moet oefen om dit die res van die week in praktyk te bring.Want die Sondag moet nie 'n ander dag as die res van die week wees nie. Maar die res van die week moet net so word soos ‘n Sondag.

Sondag 38 HK Vraag 103: Wat gebied God in die vierde gebod?

Antwoord: God wil ten eerste dat die Woordbediening en die skole in stand gehou moet word.

Ook moet ek veral op die rusdag ywerig met die gemeente van God saamkom om die Woord van God te hoor, die sakramente te gebruik, die Here openlik aan te roep, en die Christelike liefdegawes te gee.

Ten tweede moet ek elke dag van my lewe van my bose werke rus en die Here deur sy Gees in my laat werk. So begin ek die ewige sabbat reeds in hierdie lewe.

M. Huiswerk.

57

58

LES 53 - SONDAG 39: DIE VIJFDE GEBOD.

A. Geen gesag?

Is daar onderwysers in julle skool wat nie mooi die orde kan handhaaf nie?‘Daardie onnie het eenvoudig net nie gesag nie’, sê ons in so ‘n geval.Terwyl daar ook onderwysers is wat die leerders maklik kan beheer. Daar is nooit probleme met dissipline nie. Hy het gesag, meen ons.Maar is dit regtig so? Is gesag

‘n eienskap wat die een mens het en waaroor ‘n ander ongelukkig nie beskik nie?Is dit feitlik ‘n onnie se eie skuld as jy jou tydens sy klasse brutaal en ongeseglik gedra?

B. Gesag: ‘n opdrag.

Daar is in ons samelewing verskeie gesagsverhoudings. Dit is selfs so dat mense wat gesag oor ander moet uitoefen, terselfdertyd self aan die gesag van weer ander mense onderworpe is.

Vraag:Watter gesagsverhoudings ken jy?Sien: Kolossense 3: 18-4: 1, Romeine 13: 1-2 en Hebreërs 13: 17

Wie of wat gee vir die een mens die reg om oor 'n ander baas te speel?Wie gee vir hulle die reg om jou te bestraf, te beboet of selfs in 'n tronk op te sluit??Is dit omdat hulle die regte eienskappe daarvoor het? Omdat hulle sterker is as jy? Omdat hulle oor meer geld kan beskik as jy? Is dit omdat hulle 'n hele organisasie agter hulle het wat jou kan dwing om hulle te gehoorsaam?

Nee. God se Woord noem maar net een rede waarom die een mens gesag oor 'n ander kan uitoefen: God Self het aan hom of haar dié gesag gegee. Gesag is nie ‘n eienskap of ‘n mag wat ‘n mens van sy eie het nie, maar ‘n opdrag wat jy van God ontvang het.

In die Vyfde Gebod som die HERE nie alle moontlike gesagsverhoudinge op nie. Hy noem net "jou vader en jou moeder". Want in die KIND - OUERS verhouding kan jy dit die duidelikste sien dat dit die HERE is wat die een

59

mens 'n sê oor die ander gee. 'n Kind kies mos nie sy eie ouers nie. Maar die ouers kies ook nie vir daardie kind nie. God géé die kind aan daardie ouers, en die kind is jarelank van die hulp en leiding van sy ouers afhanklik.

Lees:Efesiërs 6: 2.

Daar is Bybelvertalings wat dit so lees: “Dit is ‘n eerste gebed met ‘n belofte: ...“ Maar dié vertaling kan nie reg wees nie. Daar staan mos ook in dte Tweede Gebod al ‘n baie belangrike belofte? Daarom vertaal die NAB: “Dit is ‘n baie belangrike gebod.” Dalk moet ons hierdie Bybelvers so lees: “Dit is ‘n eerste gebod. Met ‘n belofte:...”.En dan bedoel Paulus nie dat die Vyfde Gebod feitlik die Eerste Gebod is nie, maar dat die Vyfde Gebod een van die eerste gebooie is waarmee ‘n mens na sy geboorte gekonfronteer word.

C. Gesag: ‘n middel.

Waarom het die HERE sulke gesagsverhoudinge ingestel?Om dit te kan verstaan, moet ons na die Paradys teruggaan.Toe God die mens 'n plek in sy indrukwekkende skepping gegee het, het die wêreld nog maar aan die begin van sy geskiedenis gestaan. Die skepping moes verder ontsluit, ontwikkel, uitgebou word. In daardie ontwikkeling mog die mens as God se kind en onderkoning 'n hoofrol speel.Daardie enorme onderneming het egter 'n georganiseerde taakverdeling verëis. Daar was mense nodig wat kon leiding gee, opdragte gee. Daar was ook mense nodig wat dié leiding aanvaar en die opdragte uitvoer. Dis dié dat ons Skepper en Vader gesagsverhoudings ingestel het. Aangesien almal egter aan dieselfde doel gewerk het, het dit in 'n hartlike samewerking geskied.

Vraag: Die HERE het ook range en stande in die engelewêreld ingestel. Die een engel moet gehoorsaam aan die ander wees. Kan jy die naam van ‘n engel noem wat deur die HERE tot ‘n aanvoerder oor ander engele aangestel is?

Vraag:Is die gesag wat ander mense oor ons uitoefen, altyd onaangenaam? By watter onderwysers leer jy die meeste? Watter direkteur van ‘n besigheid bereik die beste met sy personeel?

60

D. Rebellie.

Ons leef vandag nie meer in die Paradys nie. Daar het ‘n rebellie in God se skepping uitgebreek. Eers in die engelewêreld, toe die duiwel nie langer God se gesag wou aanvaar nie. Vervolgens ook in die mensewêreld, toe die duiwel Adam en Mannin verlei het om ook God se gesag te verwerp en net soos God te wil wees.Vanaf daardie oomblik is die wêreld vol individualiste wat nie meer saam in 'n geordende samelewing aan die ontplooiing van God se Koninkryk wil werk nie, maar wat elkeen net vir hulleself 'n koninkrykie wil bou.Huwelike breek stukkend, ouers en kinders vervreem van mekaar, werknemers organiseer stakings teen hul werkgewers, leerders viktimiseer onderwysers, diktatuur en opstand dompel lande en volkere in ellende......

Nogtans het God sy wêreld nie losgelaat nie. Hy het sy Seun in hierdie stukkende skepping gegee om ons sondes, ons ongehoorsaamheid en opstandigheid, ons individualisme en magsmisbruik te versoen. Ons Heer Jesus Christus het gekom om God se skeppingswerk te red. Die werk in die wêreld moet aangaan en klaar kom.Christus het Hom daarom tydens sy lewe hier op aarde ook aan gesagsdragers onderwerp. Ook as hulle hul gesag nie goed uitgeoefen het nie.

Lees:Lukas 2: 51 en Johannes 19: 10-11

E. Gesag: ’n blyk van God se genade.

Dit is aan Christus se gehoorsaamheid te danke dat daar ook na die sondeval steeds gesagsverhoudinge in hierdie wêreld is.Hy het na sy opstanding uit die dood alle mag in die hemel en op die aarde ontvang het en die Koning van die konings en die Heer van die here geword.

Lees:Matteüs 28: 18 en Openbaring 19: 16.

En vanaf sy troon in die hemel skakel Hy steeds die gesag van die een mens oor die ander en die gehoorsaamheid van die een aan die ander in om die herskepping van God se wêreld te bereik.

In sy kerk gee Hy ampsdraers om aan sy gemeente leiding te gee. Hy skakel huwelike in waarin die man die hoof is en die vrou die hulp. Hy skakel gesinne in waarin ouers kinders ontvang en grootmaak. Hy skakel onderwysers in om klas te gee, direkteure om daarvoor te sorg dat die proses van ontwikkeling van

God se skepping verder aangaan,

61

amptenare, administrateurs, ministers, presidente en konings in om 'n geordende samelewing daar te stel, regverdige wette uit te vaardig, en misdadigers te straf.

Vraag:Hoeveel maal verwys Paulus na Christus as ons Heer, wanneer hy in Kolossense 3: 18-4: 1 oproep om die gesagsverhoudings te respekteer?

So bou God in Christus aan die voltooiing van sy skeppingsplan. En die blote feit dat daar dus vandag, in 'n sondige wêreld, steeds gesagsstrukture gevind word, moet ons, christene, nie met ergernis en frustrasie nie, maar met dankbaarheid en verwondering vervul. Dit is die bewys van God se goedheid oor ons. Dat bewys dat hierdie wêreld nie in 'n doodloopstraat gekom het nie, maar steeds 'n toekoms het.Vraag:Het jy al ooit jou hemelse Heer gedank vir die gesagsdraers wat Hy aan jou gegee het?

F. Gesagsmisbruik.

Daar is in ons sondige samelewing baie gesagsmisbruik:

mans wat hulle vrouens brutaliseer, ouers wat hulle kinders mishandel, onderwysers wat nie die orde kan handhaaf

nie, of wat 'n behae in lyfstraf het,

direkteure wat hulle soos slawedrywers gedra, amptenare en ministers wat hulself verryk deur vuil

korrupsie, konings en presidente wat wrede diktators geword het, kerklike ampsdraers wat hulleself opwerp as despote.

Moet 'n mens jou ook aan sulke mense onderwerp?! Het God ook sulke mense oor ons gestel?! Ja, ons bely mos in Sondag 10 HK: dat daar in hierdie wêreld niks per toeval gebeur nie, maar dat die HERE alles in sy voorsienigheid lei. Nie net die goeie dinge nie, maar ook die slegte kom uit sy hand.Hy kan sy kerk laat swaarkry onder swak ampsdraers.Hy kan 'n vrou laat sug onder 'n heerssugtige man.Kinders moet soms grootword onder liefdelose ouers.Hy vra in die skool ook gehoorsaamheid aan 'n swak onderwyser of ‘n onnie met sadistiese neigings.God kan werknemers gebuk laat gaan onder die onbegrip en hardheid van hul baas.

62

Die HERE kan 'n hele volk in die hande van wrede tiranne gee.

G. Geen opstand, maar onderwerping.

Ons het van nature steeds die geaardheid van rebelle. Ons is geneig om mense wat hulle gesag misbruik, dadelik te verwerp. Of om hulle selfs met geweld uit hul funksie te verwyder. Ons hemelse Heer wil dit egter nie hê nie.

Lees:Matteüs 26: 52 en 1 Petrus 2: 18-19.

Rewolusie om van magsmisbruik ontslae te raak roep maar net nuwe ellende op. Ons mag en moet ons wél gesagsmisbruik as sulks verwerp. Ons mag op 'n wettige manier protesteer en verandering probeer bewerk.

Vraag: Wat het die apostels in Hand.5: 29 vir die Joodse Raad gesê?

Maar terwyl ons die gesagsMISBRUIK verwerp, moet ons egter aanhou om die gesagsDRAER te eerbiedig. Ons het hom nie aangestel nie.God het. God is ook die een wat eendag rekenskap sal vra. Hy alleen mag dit ook so lei dat ons van 'n slegte gesagsdraer ontslae raak.

Lees:Kolossense 3:25.Wat sal met gesagsdraers gebeur wat hulle gesag misbruik?

Burgers van God se Koninkryk kom nie in opstand teen die mense wat God bo hulle gestel het nie. Hulle bal nie hul vuiste nie maar vou hul hande. Hulle bid vir gesagsdraers. Nie net vir die goeie niem, maar ook vir die slegte.

Lees:1 Timoteus 2: 1-2

Sondag 39 HKVraag 104: Wat eis God in die vyfde gebod?

Antwoord: Dat ek my vader en moeder en almal wat oor my gestel is, alle eer, liefde en trou bewys. Aan hulle goeie leer en tug moet ek my

63

met die verskuldigde gehoorsaamheid onderwerp. Ook moet ek met hulle gebreke geduld hê, omdat God ons deur hulle wil regeer.

Vraag:Op watter maniere kan ons “alle eer, liefde en trou” bewys aan almal wat God oor ons gestel het?

H. Huiswerk.

Lees Paulus se brief aan Filemon en beantwoord die volgende vrae:

1. Wat het die slaaf Onesimus gedoen?

2. Waarom het Onesimus by Paulus baie nuttiger vir sy heer Filemon geword?

3. Waarom wil Paulus Onesimus nie sommer by hom hou nie?

4. Hoe moet Filemon sy slaaf voortaan behandel?

64

LES 54 - SONDAG 40: DIE SESDE GEBOD.

A. Moeilike vrae!In die sesde gebod van sy verbondswet verbied die HERE enige vorm van doodslag:

Impliseer hierdie gebod dus ook dat ons mense wat vreeslik ly as gevolg van 'n ongeneeslike siekte, maar moet laat voorlewe? Mag ons sulke lewens nie deur ‘n genadige inspuiting beëindig nie: eutanasie?

Of wat van liggaamlik en verstandelik gestremde babatjies wat nooit 'n normale lewe sal kan ly nie? Is dit moord as ons sulke kinders 'n lewe vol verdriet bespaar deur hulle betyds 'n sagte dood te laat sterf?

En wat van lewe wat tydens 'n verkragting verwek is?! Moet daardie lewe gebore word? Of is dit vir die moeder en die kind altwee dalk beter om daardie lewe so gou as moontlik weg te neem: aborsie?

En as ons nie mag doodslaan nie, is dit dan reg dat ons polisiemanne oor wapens beskik en ook daarvan mag gebruikmaak?

Mag jy as kind van God wel militêre diensplig vervul of lid van die staande mag word?

En as die HERE enige vorm van doodslag verbied, kan ons dan as christene wel ten gunste van die doodstraf wees? Het die justisie die reg om mense op te hang of te laat doodskiet?

Weet jy wat so snaaks is vir buitestaanders?Dat ons as Gereformeerdes aan die een kant oortuigde teëstanders van genadedood en aborsie is, maar aan die ander kant glad nie probleme met militêre diensplig of doodstraf in bepaalde gevalle het nie. Is dit nie inkonsekwent nie?

B. Gód gee lewe en maak dood.

As ons antwoorde op hierdie moeilike vrae soek, moet ons by God begin. Hy is die Skepper van alle lewe op aarde.

65

Hy het Self vir die mens sy lewensasem in sy neus ingeblaas en hom tot lewe gebring. Hy het die mens na sy beeld en gelykenis geskep, om sy kind te wees op aarde. Hy het die voortplantingsvermoë in die mens gelê om nuwe menselewens te kan verwek en te baar.Maar Hy is ook die God wat op ‘n stadium die dood in die wêreld gebring het.Die dood behoort nie by die lewe nie. Dit is nie die vanselfsprekende keersyde van die lewe nie. Dit is nie 'n natuurlike slytasieproses nie.Die dood is die straf van die God van die lewe vir mense wat hul rug op Hom gedraai het.

Lees:Genesis 2: 16, 17Genesis 3: 18Deuteronomium 23: 39aRomeine 6: 23a

Die wat nie met Hom wil lewe nie, moet sterwe.God het die reg om alle lewe op aarde vir ewig in die dood te laat ondergaan.

Lees: Dordtse Leerreëls, Hoofstuk I, Artikel 1.

Die menselewe hét na die sondeval ook "'n voortdurende sterwe" geword, soos ons Doopsformulier dit in die gebed uitdruk.Nogtans het God nie alle lewe op aarde laat doodgaan nie. Dadelik na die sondeval het Hy die uitsig op 'n herstelde lewe met Hom weer oopgemaak in die ‘moederbelofte’ (Genesis 3: 15).

Vraag: In reaksie op daardie ‘moederbelofte’ het Adam sy vrou "Eva" genoem in plaas van “Mannin”. Wat beteken daardie naam?

God het die mens ook na die sondeval steeds as sy kind bly beskou. En Hy wou vir sy mensekind die onsterflike lewe teruggee. Dis dié dat Hy ons nie toelaat om mekaar dood te maak nie. As Hy die poort na die lewe weer vir ons oopgemaak het, mag ons dié poort nie vir mekaar toemaak nie. Dié reg kom Hom alleen toe!

Lees:Genesis 9: 6

Die HERE het dit direk na die sondvloed gesê: dus nadat Hy sélf bykans alle lewe op aarde deur die water weggespoel het. Hy het die reg gehad om byna alle mense dood te

66

maak, as straf op die sonde. As Hy egter vir Noag-hulle die lewe weer oopmaak, eis Hy ook dat die mense respek vir mekaar se lewe moet hê.

Vraag: Kan jy ander voorbeelde noem dat die HERE derduisende mense vir straf doodgeslaan het?

Nadat die HERE talle Egyptenaars laat sterf het, het Hy vir Israël sy wet gegee met daarin ook die gebod: Jy mag nie doodmaak nie. In allerhande aanvullende bepalings het Hy hierdie gebod gekonkretiseer.

Lees:Exodus 21: 12-27

Uiteindelik het die HERE die ‘moederbelofte’ van lewensherstel waargemaak deur die doodstraf wat ons almal verdien het aan sy Eniggebore Seun te voltrek. ".....sodat ons deur Hom kan lewe." (1 Johannes 4: 9)

Noudat God so ‘n groot offer wou bring om ons aan die lewe te hou, mag ons 'n menselewe nie as waardeloos beskou nie. Indien God die menselewe so lief gehad het, behoort ons dit ook as kosbaar te beskou.

Sondag 40 Vraag 105: Wat eis God in die sesde gebod?

Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad. Ek moet alle wraaksug laat vaar. Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie.

Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer.

67

C. Moet oppassend wees op jou eie lewe.

Kom ons kyk allereers na ons eie lewe. “Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie".Bespreek saam:

Op watter maniere kan ons ons gesondheid in gevaar stel?

Is daar sportsoorte waarmee ‘n mens jouself moedswillig in gevaar begewe?

Wat is jou oordeel oor selfmoord?

D. Soek die lewe ook vir jou medemense.

En hoe moet ons houding teenoor ons naaste wees?

Sondag 40 HK Vraag 106: Praat hierdie gebod net van doodmaak?

Antwoord: Deur doodmaak te verbied leer God ons dat Hy die wortel daarvan, soos afguns, haat, woede en wraaklus, verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord.

Vraag 107: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak soos hierbo gesê is nie?

Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy ons dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself. Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees,

68

alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom en selfs aan ons vyande goed doen.

Die Kategismus neem dit baie breed: dis nie voldoende om nie jou naaste te vermoor nie. Enige kwetsende, beledigende, dreigende houding is in stryd met dit wat die HERE van ons verwag. Moord begin al by afguns, haat, drif, wraaklus.In plaas daarvan moet ons ons naaste liefhê soos onsself. Liefde impliseer dus meer as net aangename gevoelens. Watter mens voel vir ‘n vyand ‘n fladdering op jou maag? Die liefde wat God vra is egter die verlange om ook ons medemens, selfs ons vyand, te laat deel in die lewe wat God weer vir ons oopgemaak het.

Lees:Matteüs 6: 43-48Romeine 12: 20, 21

E. ’n Voorbeeld van christelike liefde.

Daar was eendag ‘n boer in China was rys verbou het. Rys wat tydens die groeiproses met sy wortels in water moet staan. Halfpad die groeiproses kom hy agter dat ‘n deel van sy ryslande opgedroog het. En hy vind uit dat sy buurman een van die damwalletjies wat die water moes keer, deurgesteek het sodat die water na sý ryslande weggevloei het.Hoe sou jy gereageer het?

Hierdie boer het nie hoogs verontwaardig na sy buurman gestap nie, maar ‘n graaf gaan haal en nog ‘n paar gate ekstra in die damwalletjie gesteek. Toen kom sy buurman na hóm toe en het verbaas gevra: “Hoekom het jy dit gedoen??”. Die eenvoudige antwoord was: “Omdat ek ‘n Christen is”. En so het hy die geleentheid gekry om te vertel wie Christus in sy lewe was.

F. Maar wat van die moeilike vrae?

Maar wat maak ons nou met die moeilike vrae waarmee ons hierdie les begin het?Waarom mag ons dan nie die lewe van 'n mens wat ongeneeslik siek is, genadiglik beëindig nie?!

69

Is dit nie barmhartig en liefdevol om 'n meisie wat verkrag is, ‘n aborsie te gee nie?Nee, ons moet die einde van 'n menselewe en ook die begin daarvan in God se hande laat. Siekte, aftakeling, ontluistering kom uit sy hand Hy het ook daarmee sy wyse bedoelings.

Vraag: Watter bedoelings het God met siekte, lyding, stremminge en so meer?

God bepaal die uur van 'n mens se dood.Daar word ook geen nuwe lewe verwek buite sy wil en toelating nie. En met elke nuwe menselewe het Hy sy bedoeling. Hy kan ook kinders wat aanvanklik ongewens is, byvoorbeeld die wat tydens 'n verkragting verwek is, tot belangrike liefdevolle mense en voorgangers in sy kerk maak.Daarom moet ons ons hande van die lewe wat Hy gegee het en nog laat voortlewe afhou.G. Die taak van die owerhede.

Maar mag dan 'n polisieman wel skiet op 'n rower?Mag 'n soldaat wel sy rakette rig op die vyand? Mag 'n laksman die doodstraf voltrek?

Lees:Romeine 12: 17-13: 4

Wat moet ons houding teenoor ons vyande wees? Wie sal dit wreek as ander mense ons seermaak of verontreg? Wie mag vandag reeds die kwaad wreek namens die HERE?

Ons mag nie die reg in eie hande neem en ons op ons vyande te wreek. Die HERE het egter 'n owerheid in diens geneem wat die wraak namens Hom moet voltrek aan mense wat hulleself aan die lewens van ander mense, of selfs van hele volke, vergryp. Daarom mag ‘n polisieman in diens van dien owerheid in noodgevalle sy rewolwer gebruik om ‘n misdadiger te keer.Daarom mag die Staat ‘n weermag in standhou om vyandelike buurvolke buite ons grense te hou.Daarom het die owerheid die reg om, na 'n eerlike ondersoek en regspraak, in bepaalde ernstige gevalle die doodstraf toe te pas.

Ook in dié vreeslike straf bewys God dat Hy die God van die léwe is. Hy verdra dit nie as iemand die lewe wat Hy gegee het en waaraan Hy toekoms gegee het, durf aan te tas nie.

70

H. Huiswerk.

71

LES 55 - SONDAG 41: DIE SEWENDE GEBOD.

A. Manlik en vroulik.

Lees: Psalm 138: 13 - 16.

Die HERE het jou eendag in jou ma se buik gevorm. En Hy het besluit dat jy ‘n seuntjie of ‘n meisie moet wees. Soos Hy reeds by die skepping van die eerste mense besluit het dat daar mans en vroue in sy wêreld moet weest: Genesis 1: 27.Jy is in hierdie jare besig om uit te groei tot 'n man. Of tot 'n vrou. Jou hele liggaam wys al hoe meer jy is ‘n man. Of ‘n vrou.

Vraag:Kan jy behalwe die liggaamlike verskille ook ander dinge noem waarin seuns en meisies/mans en vroue van mekaar verskil?

As jy 'n normale mens is, groei daar in hierdie jare groei ook die geheimsinnige drang in jou om jou man-wees, of jou vrou-wees, te ervaar in 'n ontmoeting met iemand van die ander geslag. Jou liggaam verlang na aanraking deur die ander geslag.Dié begeerte is as sulks nie verkeerd nie. Ons God en Skepper het dié verlange self in jou lewe gelê. Dit behoort by sy skeppingsplan.Daar is vroeër wel in die kerk geleer dat serksualiteit slegs bedoel is om kinders te verwek. Genieting van die geslagsverkeer sou sondig wees.

Vraag:In watter Bybelboek lees ons baie duidelik dat ‘n man en vrou ook van die aantrekkingskrag van mekaar se liggame mag geniet? Dat hulle die liefdespel mag speel?

Daaroor gaan dit in hierdie les: God se bedoeling met die seksuele onderskeid en aantrekkingskrag tussen man en vrou. Dit lyk dalk asof dit in hierdie gebod slegs oor owerspel en egskeiding gaan, maar die Kategismus het tereg die hele gebruik van jou vrou-wees, of man-wees hierby betrek.

B. Geen spel sonder grense nie.

72

Die liefdespel tussen ‘n man en ‘n vrou is geen spel sonder grense nie. Verskeie diere paar met mekaar en verlaat mekaar dan weer. Maar by die mens het die HERE die geslagsverkeer ‘n plek binnen die grense van die huwelik gegee. Eers as ‘n man en ‘n vrou bereid is om hulle lewens blywend aan mekaar te verbind en mekaar trou belowe tot die dood hulle sal skei, mag hulle ook hulle liggame aan mekaar verbind.

Lees:Genesis 2: 24Exodus 22: 161 Korintiërs 7: 2 en 9

Party lidmate in die kerk van Korinthe het geredeneer (1 Korintiërs 6: 13): jou geslagsorgane is 'n ewe natuurlike onderdeel van jou liggaam as bv. Jou maag. Om jou verlange na seks te bevredig (met enigiemand!) is dus ewe natuurlik as om jou lus vir kos te stil.Maar as 'n mens op so'n manier sy geslagsorgane gebruik, dien dit slegs totselfbevrediging. Dit is presies hoe die sonde die mens gemaak het: selfsugtig.En as gevolg van dié sondige instelling word daar vandag op talle maniere misbruik gemaak van die mooie aantrekkingskrag tussen man en vrou.

Vraag:Kan jy ‘n paar voorbeelde van sulke misbruik noem?

Lees:1 Korintiërs 6: 19-20.Waarmee bestry die apostel Paulus die gedagte dat ons liggame gekry het om onsself op allerhande maniere te bevredig?

Waarom het die HERE het die ene mens in twee geslagte geskape, manlik en vroulik? Om saam die bed te deel? Nee, dit omvat baie meer: hulle moet voortaan die hele lewe deel. Toe die HERE aan die man 'n vrou geskenk het, het Adam nie net 'n bedmaat ontvang nie; God het aan hom 'n lewensmaat gegee.

God het die "tempel" van die man en die "tempel" van die vrou so geskape dat daardie twee tempels saamgevoeg kan word tot een groter tempel, met meer moontlikhede. Meer moontlikhede om Hom te eer!Een eers as 'n man en 'n vrou hulle tempels vir die res van hul lewe tot 'n eenheid saamgevoeg het en bereid is om hulle voortaan saam op te offer in die diens aan hul HERE, mag hulle die vreugde van hul een wees ook liggaamlik beleef in die hartstogtelike liefdespel.

C. Nuwe mense, nuwe tempels.

73

Deur die liggaamlike vereniging van man en vrou kan daar kinders verwek en gebore word. Nuwe tempels tot sy eer!. God het daardie twee: geslagsverkeer en bevrugting direk aan mekaar verbind.

Lees: Maleagi 2: 15

Die HERE wou dit uit die staanspoor so hê dat kinders binne die veilige mure van 'n huwelik van ‘n man en ‘n vrou wat mekaar lewenslange trou beloof het, gebore en grootgemaak sal word.Daardie kinders moet as nuwe tempels tot sy eer opgevoed word. Dit kan alleen as vader en moeder self ook hulle lewens tot tempeldiens saamgevoeg het.Wie moet die kinders grootmaak as vader en moeder nie saam daarvoor die verantwoordelikheid wil dra nie?

Vraag:Ken jy voorbeelde van kinders wat nie in ‘n gelukkige huwelik grootgeword het en steeds die gevolge daarvan ondervind?

D. ’n Lewensmaat soek.

Wanneer vir jou die tyd gekom het dat die aantrekkingskrag na die ander geslag begin ontwaak, moet jy vir jou dus 'n lewensmaat soek met wie jy jou hele lewe tot jou dood toe wil deel. En as iemand van die ander geslag toenadering tot jou soek, moet jy in die eerste plek toets of daardie persoon jou soek, as mens, as tempel van God, en nie net die meeste in jou liggaam belangstel nie.

Vraag: Watter vereistes sou jy aan 'n lewensmaat stel?

Lees: Spreuke 31: 30 1 Timoteüs 3:9-10 1 Petrus 3: 3-4

* Waarna moet ‘n man nie eerste kyk as hy ‘n lewensmaat soek nie?

74

* En waarmee moet ‘n vrou nie mans probeer beïndruk nie?

* Waarmee moet ‘n vrou (maar ook ‘n man!) wel die ander geslag se aandag probeer trek?

Lees: Genesis 23: 1-3 Deuteronomium 7:1-6 Nehemia 13: 23-27 2 Korintiërs 6: 14-16

Wat sê hierdie Bybelgedeeltes oor die noodsaak van ‘n geloofseenheid (= 'n kerklike eenheid) vir 'n goeie huwelik? Mag die kerkraad die eis stel om eers as altwee belydende lidmate van Christus se gemeente is verloof te raak?

E. Nie skei nie.

‘n Getroude man en vrou het ‘n twee-eenheid geword. Wat gebeur as ‘n mens twee velle papier wat aan mekaar vasgelym is, weer van mekaar probeer losmaak? Altwee velle sal skeur! Dieselfde ding gebeur as ‘n getroude man en vrou weer van mekaar wil skei: altwee raak ernstig beskadig. En wat van hulle kinders?

Lees:Maleagi 2: 15Leviticus 20:12Watter straf moes egbrekers in die Ou Testament kry?

Wie trou beloof, moet ook trou bly. Want wanneer twee mense hulle tempel tot een saamgevoeg het, veroorsaak 'n verbreking van daardie twee-eenheid 'n puinhoop.Ook as dit blyk dat die twee karakters nie mooi by mekaar pas nie, of as siekte 'n 'n stremming as gevolg van 'n ongeluk die liggaamlike geslagsverkeer onmoontlik maak, moet man en vrou trou bly aan hul beloftes en mekaar in liefde, geduld en vergewingsgesindheid bly soek.

Vraag: Wat leer Psalm 15: 4 m.b.t. huwelikstrou as jou huwelik nie so wonderlik is soos wat jy verwag het nie?

Lees:Matteüs 19: 12

75

Party vertalings het Jesus se woorde hier so weergegee asof Hy praat oor mense wat onbekwaam is om te trou en daarom nie trou nie. Die Direkte Vertaling gee Jesus se woorde letterlik weer: Hy praat hier oor ‘eunugs’, dws manne wie se geslagsorgaan vermink is sodat hulle nie geslagsverkeer kan hê nie. ‘n Seuntjie kan so gebore word. Mense kan op ‘n later tydstip ‘n seun so vermink sodat hy soos ‘n vrou kan bly sing, of man man so vermink sodat hy as ‘n haremoppasser nie met die koning se vrouens kan lol nie. Maar ‘n mens kan ook jouself so ‘vermink’ terwille van die koninkryk van die hemele. Hierdie laaste voorbeeld wat Jesus gebruik is ‘n spreuk wat ons wil laat nadink. Hy bedoel dit nie letterlik nie, maar ons moet hier aan mense dink wie se huwelik nie meer elke dag ‘n vreugde is nie. Sodat die liefdespel ook nie meer nie of nog slegs skaars gespeel word. Moet ‘n mens in so ‘n moeilike situasie liewer maar skei? Nee, want die HERE haar egskeiding. Indien jy ‘n burger van die ryk van die hemele is, sal jy eerder jouself soos ‘n ‘eunug’ gedra: jy verbreek niet jou troubelofte nie maar verdra die moeites in jou huwelik.

F. Alleenlopers.

Nie elke man of vrou vind 'n lewensmaat wat by hom pas nie. Dit kan gebeur dat jy graag wil trou, maar die ware Jakob(a) nooit raakloop nie.Paulus noem ook dit "'n gawe van die Here" (1 Korintiërs 7: 7). Die Here gee dit vir soiemand om ongetroud te bly. Dit kan baie verdriet en stryd met jou verlangens veroorsaak. Maar die Here vra dat ons dié gawe ook positief gebruik.Ook 'n ongetroude persoon kan volop tempeldiens vir Hom verrig.

Vraag:Aan wattter take kan ons dink?

Daar is ook mense -en dit kan lidmate in jou gemeente, dalk selfs wel mede katkisante wees (!!)- wat nooit sal trou nie omdat hulle hul slegs aangetrokke voel tot die eie geslag: hulle is homofiel.Ons moet onderskei tussen homofiel en homoseksueel.Homofiel wil sê: hulle het so ‘n geaardheid.Homoseksueel wil sê: hulle leef dit ook uit, alhoewel die HERE dit in sy Woord verbied.

Lees:Levitikus 20: 13Romeine 1: 25-27

Om alleen te moet bly, sonder 'n lewensmaat, kan 'n moeisame stryd met jou liggaamlike verlangens oplewer. Sondige mense verloor die stryd ook meer as een keer.Maar ook in die huwelik kan so'n stryd voorkom.Vir getroudes en ongetroudes gee die HERE dieselfde Wet.

76

Dié wat volgens die Wet wil lewe, sal egter agterkom dat ook 'n stryd die lewe ryk kan maak! Nood breek nie die wet nie. Die Wet breek wel ons nood.

Sondag 42 HKVraag 108 Wat leer die sewende gebod ons?

Antwoord: Alle onkuisheid is deur God vervloek, en daarom moet ons dit hartgrondig haat. Daarenteen moet ons kuis en ingetoë lewe sowel binne as buite die huwelik.

Vraag 109 Verbied God in hierdie gebod niks meer as net egbreuk en sulke skandes nie?

Antwoord: Omdat beide ons liggaam en siel 'n tempel van die Heilige Gees is, wil God dat ons altwee rein en heilig bewaar. Daarom verbied Hy alle onkuise dade, gebare, woorde, gedagtes, luste en alles wat 'n mens daartoe kan verlei.

G. Huiswerk.

77

LES 56 - SONDAG 42: DIE AGTSTE GEBOD.

A. Ryk! En nou?

Sê nou jy wen sommer R 100 000. Jy’s van die een dag op die ander ryk. Wat gaan jy daarmee maak? Hoe gaan jy dit bestee? Hoe voel jy trouens oor dobbelary en allerhande winkelaksies waarmee ‘n mens groot somme geld kan wen?

B. Hebsug.

Lees:Matteüs 19: 23-24

o Is jy ryk?o Of is jy arm? o Of het jy genoeg om te kan rondkom?

Motiveer jou antwoord.

Waarom werp rykdom so'n hoë drumpel op om in die Koninkryk van God te kan ingaan?Die Here Jesus het eendag 'n gelykenis vertel van 'n ryk man vir wie sy rykdom sy dood geword het.

Lees:Lukas 12: 15-21

Waarom moes daardie man sterwe?! Is dit verkeerd om as boer goeie oeste te kry? Is dit verkeerd om jou besigheid uit te brei? Is dit verkeerd om op 'n bepaalde leeftyd af te tree en

voortaan van jou spaargeld te lewe? Hoe omskryf Christus die sonde van hierdie ryk boer?

78

Kan jy met jou eie woorde sê wat Christus daarmee bedoel?

Watter ander woord gebruik die Here in vs 15 vir die gevaar wat ons almal bedreig? Probeer om ‘n definisie van daardie woord te gee.

Oor hierdie verkeerde houding ten opsigte van geld en besittings gaan dit in die Agste Gebod. Want hierdie verkeerde houding is in God se oë reeds diefstal en dis hierdie verkeerde ingesteldheid waaruit ook dikwels daadwerklike diefstal voortvloei.

Sondag 42 HKVraag 110 Wat verbied God in die agtste gebod?

Antwoord: God verbied nie slegs dié diefstal en roof wat die owerheid straf nie. Maar Hy beskou ook as diefstal al die skelmstreke en liste waardeur ons probeer om ons naaste se besittings in die hande te kry.

Dit kan gebeur met geweld of 'n skyn van reg soos deur vervalsing van gewigte, lengtemaat, inhoudsmaat, goedere, geld, deur woeker of enige middel wat God verbied.

Hy verbied ook alle gierigheid en alle misbruik van sy gawes.

Vraag:Die Kategismus praat van diefstal deur vervalsing van gewigte, lengte-of inhoudsmate ensomeer.Kan jy ‘n paar modernere vorme van dergelike diefstal noem? C. Wortel van alle kwaad.

Die apostel Paulus het ook teen hebsug gewaarsku.

Lees:1 Timoteüs 6: 9-19

Paulus gebruik die woord geldgierigheid. Hy noem dit 'n wortelsonde: uit gierigheid spruit allerlei ander sondes voort.

79

Vraag:Kan jy 'n paar sondes wat uit geldgierigheid voortspruit noem?

Geldgierigheid kan selfs jou geloof heeltemal verstik. Soos die Heer Jesus ook gewaarsku het.

Lees:Markus 4: 19.

Paulus maak die vergelyking met 'n muisvalletjie: dit trek jou onweerstaanbaar aan, maar as jy byt, vermoor dit jou!

D. Mammon.

Geld en besittings kan ‘n afgod vir jou word wat aolgaande die HERE se plek inneem. Die Here Jesus het afgod GELD selfs ‘n naam gegee: MAMMON.Lees: Matteüs 6: 24

Daardie Hebreeuse woord is van dieselfde werkwoord afgelei as die bekende woord AMEN. Ons sou dit kon vertaal met: SEKERHEID.Baie mense beskou geld en besittings mos as 'n veilige fondament onder hulle bestaan. Hulle meen: As jy geld het, het jy ‘n waarborg vir die toekoms.Inderwaarheid is geld en goed juis baie ONSEKER.

Lees:1 Timoteüs 6: 17

Jy kan jou geld en besit sommerso verloor deur inflasie, diefstal, brand, natuurrampe waarteen jy jou nie kan verseker nie ens.Boonop kan jy niks daarvan saamneem in jou graf nie!

Lees:Psalm 49Prediker 5: 9-14Matteüs 6: 19

E. Rijk in God.

Daarom roep die Here ons op om ryk in God se wees. Dit beteken nie dat ons alle geld en goed maar moet weggee of weggooi nie. Maar dat ons dit

80

in ons verbondenheid aan God moet ontvang en daarom ook in sy diens gebruik.

Lees:1 Timoteüs 6: 17-18

Mag ons ook self van ons besittings geniet? In watter opsigte kan jy vrygewig en mededeelsaam wees? Is

jy reeds?

'n Mooie voorbeeld van iemand wat ryk in God was en nie hoogmoedig nie , is koning Dawid. Dawid was baie ryk en sy volk ook. Hy het saam met sy volk solank 'n hele klomp skatte bymekaar gemaak vir die tempel wat sy seun Salomo sal bou.Wanneer wanneer Dawid al daardie skatte sien, dank hy in ‘n publieke gebed sy God.

Lees:1 Kronieke 29:10-16

Hoe tipeer Dawid in vs 14 die gawes wat hy en sy volk kom skenk het?

Van wie het hulle al die skatte ontvang?

Dit mag dalk ‘n sinlose kringloop lyk: ons ontvang skatte uit God se hand om dit weer in God se hand terug te lê. Maar so skakel die HERE die mens in om Hom te vereer.

Vraag:Hoe staan dit in artikel 12 van die Nederlandse Geloofsbelydenis?

In die kerk gee die wat werk en ‘n inkomste het 'n vaste vrywillige bydrae as dankoffer om die kerk in stand te hou. Dit word gebruik vir die lewensonderhoud van die leraars, om die kerkgebou en die pastorie te onderhou, om allerhande aktiwiteite in ons kerkverband moontlik te maak... Aan die een kant is die bydrae vrywillig: jy word nie, soos met die belasting, aangeslaan volgens jou inkomste nie. Jy bepaal self vrywillig die grootte van jou bydrae. Aan die ander kant voel jy geroepe om hierdie vrywillige bydrae as 'n vaste bydrae te skenk. Jy laat dit nie afhang van jou seldsame goeie buie nie, maar gee dit op 'n gereelde basis. Die kerk kan mos nie daarsonder nie

Vraag:In watter vers in 1 Kronieke 29 het Dawid reeds gebid vir so’n váste vrywillige bydrae?

E. Huiswerk.81

LES 57 - SONDAG 42 (VERVOLG): DIAKONIE.

A. Diakens.

Daar is in die kerkraad behalwe die predikant(e) en die ouderlinge ook ‘n klompie diakens. Dis die mans wat tydens die erediens die kollektes insamel.Weet jy wat daardie naam, diaken, beteken?Weet jy wat hulle met die geld wat tydens die kollekte ingesamel word maak?Daaroor gaan dit in hierdie les, as ‘n vervolg op die les oor die Agtste Gebod

B. Vrygewig en mededeelsaam.

Die HERE leer ons in die Agtste Gebod nie alleen wat ons nie mag doen nie: nie steel nie, nie hebsugig en geldgierig wees nie. Hy leer ons ook wat ons wel moet doen:

Sondag 42 HKVraag 111 Maar wat gebied God in hierdie gebod?

Antwoord: Ek moet die belange van my naaste waar ek kan en mag, bevorder en so met hom handel soos ek wil hê dat die mense my moet behandel.

Daarby moet ek ook my werk getrou doen, sodat ek die behoeftiges in hulle nood kan help.

82

Reeds in die Ou Testament het die HERE hierdie kant van die Agtste gebod beklemtoon.

Lees:Deuteronomium 15: 1-11

Is dit wat God in vs 4 en daarna in vs 11 sê nie teenstrydig nie?

Wat sê die HERE oor ons hand en wat oor ons hart?

Die HERE het vir sy volk in die Ou Testament ook geleer hoe om konkreet die hulpbehoewende medemens te help:

Lees: Leviticus 19: 9-10 Leviticus 25: 35-38

Hoe sou ons vandag hulpbehoewende medemense kon help?

As ons dit wat ons van die HERE ontvang, weer weggee in die diens aan die HERE en vir ons arm naastes, sal ons dan nie self verarm nie?

Lees: Deuteronomium 15: 10 Maleagi 3: 10 Psalm 112 Handelinge 20: 33-35

Vraag:Wat word in die Huweliksformulier van die bruidegom gevra met betrekking tot sy ‘diakonale’ verpligting binne die kerk?

C. Soos die Baas is, so die kneg.Toe God se hemelse Seun na die aarde toe gekom en ‘n mens soos ons geword het, het Hy sy hart en sy hand groot oopgemaak vir dié wat in nood verkeer het.

Lees:Markus 10: 45

Die Heer Jesus was daarin die groot voorbeeld vir sy leerlinge.

83

Lees: Markus 10: 42-44 Lukas 22: 24-27 Johannes 13: 1-17

Ons sien dan ook na Christus de opstanding en hemelvaart, as die Heilige Gees op die kerk uitgestort is, dat die eerste Christelike gemeente die voorbeeld van sy Heer nagevolg het.

Lees:Handelinge 4: 32-35

Vraag:Waarom is dit ‘n sinvolle gewoonte om juis as die Heilige Nagmaal gevier word, vir die diakonie te kollekteer?

Omdat die gemeente in Jerusalem vinnig baie groot geword het –van 120 lidmate na meer as 5000- het die apostels vroue, weduwees, ingeskakel wat moes help om die behoeftiges in die gemeente van kos, klere ens. te voorsien.Toe daar egter ‘n struweling ontstaan het, omdat die Hebreeussprekende weduwees al die werk alleen gedoen het en die Griekssprekende weduwees nie ook ingeskakel is nie, het die apostels 7 manne laat kies en hulle aangestel om die onderlinge hulpverlening in die gemeente beter te reël en te stimuleer.‘n Mens sou hierdie 7 manne die eerste diakens kon noem.Ons lees daarna gereëld in die Nuwe Testament van diakens wat in elke gemeente moes toesien op die onderlinge hulpverlening.

D. Diakonale take.

Ons ken steeds sulke ampsdraers.Die werk wat ons weekliks van hulle sien, is dat hulle die kollektes tydens die erediens insamel. Maar dit is nie die enigste taak waarvoor hulle aangestel is nie.

Lees:Die Formulier vir die bevestiging van diakens.

Aan watter vereistes moet ‘n broeder volgens 1 Timoteüs 3: 8, 9, 12 voldoen om as ‘n diaken aangestel te kan word?

Watter take moet ‘n diaken in die gemeente verrig? Is daar ook ‘n taak met betrekking tot mense buite die

gemeente?

84

E. Diakonesse.

Die Christelike kerk het vanaf Pinkster eeulank ook vroulike diakens geken: diakonesse. Dalk het Paulus ook daaraan gedink toe hy in 1 Timoteüs 3: 11, terwyl hy oor die diakens geskryf het, ook die vereistes vir vroue noem. En waarskynlik moet ons ook aan sulke diakonesse dink as Paulus in 1 Timoteüs 5 oor weduwees skryf. Dan gaan dit nie oor weduwees wat hulp benodig nie, maar wat by die hulpverlening in die gemeente ingeskakel kan word.

Lees:1 Timoteüs 5: 9Sou dit nie ‘n snaakse bepaling wees, indien dit bedoel was vir weduwees wat hulp benodig het nie?

Die oorsaak waarom ons in die meeste Gereformeerde Kerke orals in die wêreld geen amptlike diakonesse meer het nie, is waarskynlik dat die manlike diakens ‘n volwaardige plek in die kerkraad naas die ouderlinge ontvang het. As ons nou ook weer amptlik diakonesse sou aanstel, sou hulle dus ook ‘n plek in die kerkraad moet bekom. Maar dit sou in stryd wees met duidleike Skrifgegewens soos 1 Korintiërs 14: 34-35 en 1 Timoteüs 2: 11-13.Daar is Gereformeerde Kerke wat daarom die diakens –hierdie Griekse woord beteken ook slegs: helpers- weer hul oorspronklike plek onder pleks van langs die raad van oudstes (sien 1 Timoteüs 4: 14) teruggegee het, sodat hulle nie meer van die kerkraad deel uitmaak nie. In daardie geval kan die helpers uit mans en vroue bestaan.

F. Huiswerk.

85

LES 58 - SONDAG 43: DIE NEGENDE GEBOD.

A. Die wonder van woorde.

Ken jy mense wat baie doof is en omtrent niks kan hoor van wat hy sê nie?Ken jy mense wat ‘n breinbloeding of ‘n beroerteaanval gehad het, of kanker aan hul stembande, en nou nie meer verstaanbaar kan praat nie?Het jy al ooit 'n slag daaroor nagedink hoe 'n groot wonder dit is dat jy 'n tong het; dat jy kan praat?

Ons kan met ons tong en mond met mekaar kommunikeer.Ons kan in gesprekke gedagtes uitwissel, gevoelens oordra, blydskap en verdriet deel.Ons kan met woorde mekaar vertroos en bemoedig. Ons kan sing. Ons kan ons woorde opskryf.Deur kommunikasie met woorde dra ons kennis aan mekaar oor; die een mens kan ander mense onderrig.Met ons tong en mond loof en prys ons ons God en Skepper.Met menslike woorde word ook God se heilige Woord aan ons deurgegee.Ons tong en ons spraak, ons woordeskat is een van die wonderlike geskenke wat God aan die mens gegee het. Meer as enig ander skepsel kan ons daarmee diepgaande en verrykend kommunikeer.

B. Mooi woorde as leuens.

Vandag word die tong ongelukkig nie meer net gebruik vir dié doel waarvoor die HERE dit bedoel het nie, te wete: tot sy eer en tot heil van ons naaste.

Vraag: Waarmee het die duiwel die mens in die Paradys tot opstand

teen die HERE verlei? Weet jy wat daardie naam: ‘duiwel’ beteken?

Lees:Johannes 8: 43-45

Hoe noem Christus die duiwel? Watter leuens het die duiwel gebruik om die mens tot

ongehoorsaamheid aan God te verlei?

86

Die duiwel "staan nie in (of: by) die waarheid nie", sê Christus. Ons sou ook kon vertaal: hy leef nie in die werklikheid nie. Hy sluit sy oë vir die realiteit dat die wêreld God se wêreld is en dat ons, ook die engele, in alles volslae van Hom afhanklik is, ja, sonder Hom nie kan leef nie.Die duiwel wil God eenkant skuif en maak asof ons ook sonder God kan regkom.Die duiwel leef dus in 'n skynwêreld.En in dié skynwêreld het hy ook die mens betrek. Hy het ook vir die mens geleer om te lewe asof daar geen God is nie.

Lees:Psalm 14: 1 Psalm 73: 2-11Romeine 1: 18- 23

C. Woorde as ’n gevaarlike wapen.

Vir selfgesentreerde en selfsugtige mense wat hulleself in daardie skynwêreld opgesluit het, het juis die spraak nou 'n lewensgevaarlik wapen geword om jouself te handhaaf. Hulle aanvaar geen God bo hulle en geen mens langs hulle nie.

Vraag: Kan jy ‘n paar voorbeelde noem hoe sondige mense probeer

om God op 'n afstand te hou? En hoe hulle probeer hulle naaste as 'n mededinger uit te

skakel? Herken jy iets daarvan ook by jouself?

Opdrag:Soek, ewentueel in groepies, 6 spreuke in die Ou-Testamentiese Spreukeboek wat gaan oor die verwoestende gebruik van die tong en lippe.

D. Woorde as ‘n veldbrand.

Lees:Jakobus 3: 2-12

Jakobus het ons tong met 'n klein vuurtjie vergelyk:

87

een brandende vuurhoutjie wat in agtelosigheid weggegooi word, kan 'n verwoestende bos- of veldbrand veroor-saak.

Een bevel- en daar word 'n oorlog met tallose slagoffers ontketen. Een leuen in die hofsaal- en 'n onskuldige mens word ter dood

veroordeel of vir jare in die tronk gesluit. Een hatelike opmerking- en iemand voel sy lewe lank seergemaak. Hy

onttrek hom miskien selfs van die kerk!

Jakobus wys ook aan hoedat daar by ons, christenen, dikwels 'n teenstrydige gebruik van ons tong is:

God loof in die kerk en 'n paar minute later op die kerkplein ons naaste beswadder.

Saam God se Woord bespreek in die vereniging dog 'n rukkie later buite rusie maak en die lelikste skeldwoorde gebruik.

"Waar die hart van vol is, loop die mond van oor" sê 'n spreekwoord.Dié spreekwoord is eintlik maar net 'n weergawe van 'n woord van ons Here Jesus Christus in Matteüs 12: 34. Dit blyk nog maar alte dikwels dat ons hart nie meer vol van liefde vir God en ons naaste is nie. ‘Ons spraak verraai ons’!

E. Christus, dié Woord van God.

Na so ‘n wêreld vol mense wat hul tong daagliks teen God en hulle naaste misbruik, het God sy eniggebore Seun gestuur. As dié finale Woord van God.

Lees:Johannes 1: 1

Sy belangrikste werk gedurende die 33 jare wat Hy hier op aarde geleef het was nie om wonders te verrig nie. Hy het veral gepráát! Om die mense uit die duiwelse skynwêreld na die waarheid (= werklikheid) terug te roep.

Lees:Matteüs 17: 5Johannes 8: 43-47

Christus het ook onbeskryflik gely onder die leuens en skynheiligheid waarmee Hy aanhoudende hier op aarde gekonfronteer is.

Vraag:Kan jy daarvan voorbeelde noem? F. Christus se Gees en ons tong.

88

Christus het na sy oorwinning op die sonde en die dood sy Heilige Gees aan ons gegee wat ons nou leer om weer in (ooreenstemming met) die waarheid te lewe, sodat ons weer ‘n oog kry vir ons God in die hemel en ons naaste langs ons hier op aarde.

Lees:Johannes 14: 172 Johannes : 1-4

Hy verwyder alle selfsug en liefdeloosheid uit ons hart en lê daarin weer die liefde vir God en ons naaste. Vraag:Met watter middel doen die Heilige Gees dit?

So bewerk die Gees dat ons ook weer met ons tong en spraak God loof en ons naaste bemoedig.

Opdrag:Soek, ewentueel in groepies, 6 spreuke in die Ou-Testamentiese Spreukeboek wat gaan oor die heilsame gebruik van die tong

en lippe.

Lees:1 Timoteüs 3: 15

Hoe word die kerk, die gemeente van die lewende God, hier genoem?

Watter taak het ons dus in die wêreld?

Sondag 43 HK Vraag 112 Wat eis die negende gebod?

Antwoord: Ek mag teen niemand valse getuienis aflê, niemand se woorde verdraai, nie 'n kwaadstoker of lasteraar wees nie, niemand onverhoord en ligtelik help veroordeel nie. Alle vorme van lieg en bedrieg moet ek as die duiwel se eie werke vermy as ek nie die sware toorn van

89

God oor my wil bring nie. In regsake en in alle ander handelinge moet ek die waarheid liefhê en opreg wees in wat ek sê en bely. My naaste se eer en goeie naam moet ek na my vermoë verdedig en bevorder.

G. Noodleuen?

Kom ons in stryd met die Negende Gebod as ons in bepaalde gevalle 'n noodleuen gebruik?

Vraag: Kan jy 2 voorbeelde uit die Bybel noem van mense wat 'n noodleuen gebruik het?

Ons moet onderskei tussen 'n noodleuen en 'n wit leuentjie.

NOODLEUEN: Jy probeer 'n goeie daad wegsteek vir mense met slegte bedoelings.

WIT LEUENTJIE: Jy probeer 'n verkeerde daad wegsteek vir mense met goeie bedoelings.

Vraag: Kan jy ook 2 voorbeelde uit die Bybel noem waarin 'n wit

leuentjie gebruik is? Kan jy 2 situasie bedink waarin jy ‘n noodleuen sou moet

gebruik? Noem ook 2 voorbeelde waarin jy jou met ‘n wit leuentjie

probeer red het.

H. Huiswerk.

90

LES 59 - SONDAG 44: DIE TIENDE GEBOD.

A. ‘n Harttoets.Soms moet mense 'n kardiogram laat maak: 'n hartondersoek waarby 'n apparaat al die bewegings van die hart noukeurig registreer.Dit kan gebeur dat die dokter daarna op 'n nog grondiger ondersoek van die hart besluit en dat daar 'n kameraatjie deur die

slagare na die hart toe geskuif word. Hartkateterisasie.So'n ondersoek kan gerusstellend wees: alles blyk reg te wees en daar is geen rede vir kommer nie. Maar dikwels wys so'n ondersoek uit dat daar 'n groot fout by die hart is. Daar moet dadelik ingegryp word, sodat die hartprobleem nie dodelik word nie!

Die Tiende Gebod van God se verbondswet is ook 'n tipe van ’n kardiogram. Of ’n kateterisasie. Wat toets die hemelse Dokter?

Sondag 44 HKVraag 113 Wat eis die tiende gebod van ons?

Antwoord: Selfs die geringste begeerte of gedagte teen enige gebod van God mag nooit in ons hart opkom nie. Ons moet altyd en hartgrondig vyande van alle sonde wees en 'n begeerte tot alle geregtigheid hê.

Vraag:Wat sal die uitslag van die harttoets by jou wees?

A. Die verskil met die Sewende en Agtste Gebod.

As 'n mens na die bewoordings van die Tiende Gebod sommer luister, lyk dit nie of dit baie van die Sewende en die Agste Gebod verskil nie.

91

Vraag:Wat eis God in daardie gebooie?

Is dit dalk dat die sonde in die voorgaande gebooie met die daad verbied is, terwyl selfs die sondes in gedagtes in die laaste gebod aan die kaak gestel word?Dit kan nie wees nie. Want volgens die verklaring van die Kategismus is ook in die Sewende en die Agtste Gebod reeds die sonde in gedagtes veroordeel.

Vraag: Wat sê die Sewende en die Agtste Gebod oor die sonde in gedagtes?

Wanneer die apostel Paulus die Tiende Gebod aanhaal (Romeine 7: 7 en 13: 9) word, sê hy maar net: "Jy mag nie begeer nie". Alle nadruk lê in die laaste gebod van God se wet blykbaar op ons begeertes.De verskil met die vorige gebooie is egter dat daar verkeerde begeertes is waarmee ons willens en wetens in ons kop rondloop. Dit word in die voorgaande gebooie reeds veroordeel.Daar is egter ook verkeerde begeertes wat teen ons wil in ons kop opkom. Daarop fokus die laaste gebod.

C. Ons hart is ’n vuil bron.

Ons kan ons lewe met 'n rivier vergelyk: o ons woorde en dade is die water daar waar die

rivier al baie breed en kragtig geword het. o Maar as ons stroomopwaarts loop, kom ons by

ons gedagtes en oorlegginge wat ons woorde voorafgaan.

o Daardie gedagtes en oorlegginge vloei egter voort uit die bron van verkeerde begeertes heeltemal aan die begin wat diep in ons lewe weggesteek is.

Lees:Artikel 15 van die Nederlandse Geloofsbelydenis

Jy ken dit mos: dat daar sommer allerhande begeertes en slegte gedagtes in 'n mens se kop begin spook terwyl jy weet dat hulle verkeerd is en wat jy daarom dadelik probeer hokslaan; of dat jy snags sulke snaakse dinge droom dat jy soggens skaam is daaroor?Dis goed dat sulke verkeerde gedagtes en drome jou laat skrik en dat jy dadelik daarteen walgooi. Dit beteken dat jy die sonde nie meer as 'n

92

normale ding aanvaar nie. Jy weet dat jy met sondige gedagtes en dade jou hemelse Vader bedroef.Ja, jy mag bly en dankbaar wees as jy so ‘n afkeer van die sonde gekry het dat jy daarteen stry en die aanval van die duiwel afweer.Nogtans.... die blote feit dat daar sulke slegte goed in jou opkom, wys dat jy die sonde nie volledig onder beheer het nie. Dít word deur die Tiende Gebod van God se wet blootgelê.

Met die Tiende Gebod neem God ons saam na daardie vuil bron, wat in die Bybel meestal eenvoudig ons ‘hart’ genoem word. Daarmee word nie die spier orgaan  wat verantwoordelik is vir die pomp van bloed deur ons liggaam bedoel nie.Ons gebruik die woord ‘hart’ ook as ons ons diepste innerlike wil aandui: die sentrum van ons gedagtes en gevoelens, die oorsprong van ons begeertes en verlangens. Soos ‘n mens kan sê: “Ek het jou lief met my hele hart!” .

Lees:Spreuke 4: 23 Markus 7: 21-23Watter vuiligheid kom daar alles uit die hart van mense?

Sonde is dus nie iets wat van buite-af ons lewe bedreig en wat ‘n mens uit jou lewe kan probeer weghou nie. Die sonde kom van binne-af. Dit gaan dus nie help om in ‘n klooster of op ‘n eiland weg te kruip nie. Al bly jy ook weg van geleenthede waar die sonde jou probeer verlei, maak dit jou regtig nie tot ‘n mens sonder sonde nie.

Vraag:Is Christene wat nie televisie en film kyn nie, nie disko ensomeer toe gaan nie, tog nie beter Christene as dié wat dit wél doen nie?

D. Selfs in die allerheiligstes is daar ’n vuil bron.

Al kan ons kan gelukkig, danksy die hulp van die Heilige Gees, al heelwat vuilwater wat uit daardie giftige fontein in ons lewe opborrel, keer, kry g’n mens daardie bron sélf onder beheer en skoon nie. Die sonde bly aanhoudend onverwags in ons opborrel.

Sondag 44 HKVraag 114 Maar kan dié wat tot God bekeer is hierdie gebooie volmaak gehoorsaam?

Antwoord: Nee,

93

want selfs die allerheiligstes het, solank hulle in hierdie lewe is, nog maar 'n geringe begin van hierdie gehoorsaamheid, maar tog so dat hulle met 'n ernstige voorneme begin om nie alleen volgens sommige nie maar volgens al die gebooie van God te lewe.

Die Kategismus praat van allerheiligstes in wie steeds die vuil bron aanwesig is.

Vraag: Kan jy ‘n paar van sulke mense uit die Bybelse-en

kerkgeskiedenis noem? Kan jy ook voorbeelde noem van sonde wat selfs hulle nie

altyd in hul lewe kon keer nie? Wie van die mense vandag wat jy ken, sou jy baie heilig wou

noem?

Solank as wat ons sondige aard nie volkome uit ons lewe weg is nie, bly ons skuldig staan teenoor God. Mense wat reeds baie heilig leef sou maklik van daardie giftige fontein kon begin vergeet en daarmee op ‘n manier leer saamleef. Maar God se Wet lê ook by hulle die vuil bron van hul begeertes onmiskenbaar bloot. God se harttoets wys dit uit: ook hul hart is nie gesond nie. Ook hulle het ‘n dodelike hartkwaal.

E. Ons benodig ’n hartskenker.

Verstaan jy nou waarom die HERE ons met sy Wet so skrikwekkend aan ons hartkwaal herinner? Wil Hy hê ons moet vol skaamte van Hom af wegvlug?! Ons moet maar daaraan doodgaan?Nee, Hy wil hê ons moet daarmee na die Here Jesus toe vlug!God se Wet, en veral die laaste, samevattende gebod, dryf ons na Christus

se kruis toe om daar vergewing te soek.

Ja, Christus moet ons hartskenker wees! Hy het sy eie hart geskenk om sodoende ons aan die lewe te kan hou. 94

Slegs as ons met ons slegte hart die lewe buite onsself in Christus soek, kan sý hart ons aan die lewe hou.Die Bybel, en daarom ook die Kategismus, sê ons moet by Christus ingelyf word.) Sy Heilige Gees moet ons lewe onlosmaak-lik aan Christus se lewe verbind. Ons hart aan sy hart. Want as God dán ‘n kardiogram van ons neem, sien Hy slegs die hartklop van Christus. En dis ‘n hart wat volmaak vir sy Vader klop. ‘n Hart vol liefde, sonder die geringste begeerte of gedagte teen enige gebod van God. Dus: Sondag 44Vraag 115 Waarom laat God die Tien Gebooie dan so streng aan ons voorhou as niemand dit tog in hierdie lewe kan onderhou nie?

Antwoord: Ten eerste sodat ons gedurende ons hele lewe ons sondige natuur hoe langer hoe beter kan leer ken en met groter verlange na die vergewing van sondes en na die geregtigheid in Christus kan soek.

F. Verwerpingverskynsels.

Nou maar waarom benodig ons dan nou tog nog elk keer weer ‘n harttoets? Waarom hou God daarmee aan om sy wet streng aan ons voor te hou, ook nadat ons ons hart aan Christus gegee het en Hy sy hart aan ons, en ons dus nou in verbondenheid aan Hom voor God mag lewe?

Vraag:Ken jy Christene wat dit vreemd, ja, selfs verkeerd vind dat in ons Gereformeerde Kerke elke Sondagoggend nog die Tien Gebooie voorgelees word?

As iemand van ‘n medemens ‘n skenkershart kry, word sy eie siek hart uitgehaal. Daarvan raak ‘n mens op daardie oomblik vir altyd ontslae. En

95

die skenker leef ook nie meer. Jou lewe is nou wel van sy hárt afhanklik, maar nie meer van homsélf nie.Maar Christus, wat sy hart aan ons geskenk het, is nie dood nie. Ons bly van Hóm afhanklik. En ons het ook nog nie finaal van ons eie hart ontslae geraak nie.

Lees:Dordtse Leerreëls hoofstuk 5 art. 1 en 2

Ons ou hart veroorsaak nog aanhoudend verwerpingsverschynsels tegen Christus se skenkershart. Gevolglik is ons geneig om ons eie hartkwaal gering te skat en die lewe lighartig te benader. Ons is selfs geneig om ons eigen hart weer van Christus s’n los te maak.Dis dié dat God ons met so ’n herhaalde hartkardiogram aanhoudend met ons doodsieke hart konfronteer. Elke keer as ons lewe aan God se gebooie getoets word: deur die preke in die kerk, tydens huisbesoeke deur die ouderlinge, tydens die katkisasieklasse, en ook in ons gesprekke met mekaar, word daar weer 'n harttoets by ons geneem. En so dwing God ons aanhoudend om, soos Sondag 44 dit sê in vraag en antwoord 115, ons sondige aard –ons doodsieke hart sê-maar- hoe langer hoe beter te leer ken en met groter verlange die vergewing van ons sondes bij Christus te soek.

G. Hartversterking.

En nie net dit nie, sê die Kategismus:

Sondag 44 HK Antwoord 115

Ten tweede moet ons ons sonder ophou beywer en God bid om die genade van die Heilige Gees sodat ons altyd meer na die ewebeeld van God vernuwe mag word totdat ons n hierdie lewe die volmaaktheid as doel bereik.

As gevolg van daardie voortdurende harttoetse voorkom die HERE ook dat ons tevrede raak met hoe ons lewe nou is: ‘n lewe met ‘n siek

96

hart. Elke keer as jy weer daarmee gekonfronteer word, groei in jou die begeerte dat jou hart weer heeltemal gesond sal word en net soos Christus se hart sal klop. Dat ook jou hart die ene liefde sal wees en dat daar selfs nie meer die geringste begeerte of gedagte teen enige gebod van God sal opkom nie.

God se aanhoudende harttoetse dwing ons om ywerig die kardiale rehabilitasie te volg wat die Heilige Gees ons aanbied om weer gesond te word.

Vraag:Waarvoor beywer jy jou meer en doen jy meer oefeninge: vir ‘n gesonde liggaam of vir ‘n volmaak gesonde hart voor God?

Die aanhoudende harttoetse deur middel van God se wet is dus nie oorbodig nie. Moet ook niet daardeur moedeloos raak nie. Jy het dit nodig. Dis heilsaam.

Vraag:Kom jy dit in jou lewe agter dat jou hart klaar besig is om weer gesond te word?

H. Huiswerk.

97