8
GEREFORMEERDE KERK WAPADRANT SONDAG 21 AUGUSTUS TEKSGEDEELTE: Spreuke 10: 27-30 TEMA: MAAK TYD SAAM MET GOD Inleiding Tyd is nogal ‘n fassinerende verskynsel as ‘n mens dit ‘n bietjie van nader ondersoek. Almal van ons se hele lewe is onderhewig aan tyd. Tyd is oral en altyd deel van ons lewe. Die ou Romeine het gesê: Tempus fugit – die tyd hardloop weg. En daarmee het hulle gesê: die tyd staan nooit stil nie. Tyd is voortdurend aan die beweeg. Net soos die hemelliggame wat nooit stilstaan nie. Want dit is hoe daar destyds begin is om tyd te meet: deur dit te meet aan die stand van die son. (Eintlik – het ons later uitgevind – is dit nie die son wat om die aarde beweeg nie, maar die aarde wat om die son beweeg...) Van vroeg af is met behulp van skaduwees gekyk hoedat die tyd stukkie-vir-stukkie aanskuif – altyd teen dieselfde pas. Later het die mens vir homself allerhande soorte horlosies gemaak. Op ‘n stadium was dit ‘n uurglas (met sand in). Later het dit al hoe meer gesofistikeerd geword. 1

  · Web viewEn op ‘n manier is die bal nou in ons baan – tyd is nou in ons hande. ... jou ure, jou minute behaaglik langer word omdat jy elke oomblik daarvan iets diep,

  • Upload
    buinhi

  • View
    230

  • Download
    3

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1:   · Web viewEn op ‘n manier is die bal nou in ons baan – tyd is nou in ons hande. ... jou ure, jou minute behaaglik langer word omdat jy elke oomblik daarvan iets diep,

GEREFORMEERDE KERK WAPADRANTSONDAG 21 AUGUSTUS

TEKSGEDEELTE: Spreuke 10: 27-30TEMA: MAAK TYD SAAM MET GOD

InleidingTyd is nogal ‘n fassinerende verskynsel as ‘n mens dit ‘n bietjie van nader ondersoek. Almal van ons se hele lewe is onderhewig aan tyd. Tyd is oral en altyd deel van ons lewe.

Die ou Romeine het gesê: Tempus fugit – die tyd hardloop weg. En daarmee het hulle gesê: die tyd staan nooit stil nie. Tyd is voortdurend aan die beweeg. Net soos die hemelliggame wat nooit stilstaan nie.

Want dit is hoe daar destyds begin is om tyd te meet: deur dit te meet aan die stand van die son. (Eintlik – het ons later uitgevind – is dit nie die son wat om die aarde beweeg nie, maar die aarde wat om die son beweeg...) Van vroeg af is met behulp van skaduwees gekyk hoedat die tyd stukkie-vir-stukkie aanskuif – altyd teen dieselfde pas.

Later het die mens vir homself allerhande soorte horlosies gemaak. Op ‘n stadium was dit ‘n uurglas (met sand in). Later het dit al hoe meer gesofistikeerd geword.

Vandag dra byna almal van ons dit sommer aan ons polse of op ons selfone. Want ons hou nog steeds tred met die tyd wat beweeg, en die grootste deel van ons lewe speel af teen tyd: dis nou só laat, ek het nog soveel tyd, dan moet ek weer aanbeweeg, wat ek moet weer só laat by my volgende afspraak wees...

1

Page 2:   · Web viewEn op ‘n manier is die bal nou in ons baan – tyd is nou in ons hande. ... jou ure, jou minute behaaglik langer word omdat jy elke oomblik daarvan iets diep,

Een van die fassinerende dinge van tyd, is dat dit op verskillende maniere beskou of ervaar kan word – hoewel dit as sodanig altyd dieselfde bly. Tyd beweeg altyd aan teen dieselfde tempo – maar verskillende mense beleef dit verskillend.

Só is daar mense (ek dink die meeste van ons) wat tyd beskou as iets wat lineêr beweeg: die heeltyd vorentoe, en as dit verby jou is, kry jy dit nooit weer terug nie. “Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd...” skryf Paulus vir die Efesiërs (5:16)

Maar vir ander is tyd weer iets wat siklies beweeg: dit kom altyd maar weer terug, amper soos ‘n spiraal wat nooit ophou draai nie. “Wat was, sal weer wees, wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie...” (Prediker 1:9).

Vir party is dit ‘n kombinasie van die twee.

Nou is dit so: die manier waarop jy tyd beskou, die manier waarop jy die tyd wat jy het, gebruik, bepaal uiteindelik hoe jy lewe.

Iemand het eendag gesê: ons het almal ewe veel tyd. Elke oggend begin ons almal met dieselfde hoeveelheid tyd: 24 ure, 1440 minute, 86 400 sekondes. Dis dieselfde hoeveelheid tyd wat mense soos Einstein, Steve Jobs, Moeder Teresa, Calvyn en al die groot geeste van die wêreld ook gehad het. Meer nog: dis dieselfde hoeveelheid tyd wat ons Here Jesus per dag op aarde gehad het.

Wat het hulle met hulle tyd gemaak? Wat maak jy met joune?

2

Page 3:   · Web viewEn op ‘n manier is die bal nou in ons baan – tyd is nou in ons hande. ... jou ure, jou minute behaaglik langer word omdat jy elke oomblik daarvan iets diep,

As gelowiges is dit vir ons belangrik, want uiteindelik gaan dit tog daaroor dat ons iets ordentlik moet maak van ons lewe voor die Here. Hy het ons gemaak. Hy het ons lewe gegee. Hy het ons tyd gegee. Hy het ons geleentheid gegee. En op ‘n manier is die bal nou in ons baan – tyd is nou in ons hande. Ons moet nou iets hiermee doen...

Meer nog: ons Here Jesus het sy hele lewe gegee – sodat ek en jy nou ‘n nuwe lewe kan leef. Hy het die prys betaal sodat ons nou al die begin kan beleef van die heerlike volheid van lewe saam met God. Hy het die pad vir ons oopgebreek.

En dit is net hier waar baie van ons se krisis begin. Op ‘n dag kom ons agter: My lewe jaag verby. Ek het te min tyd. Ek spandeer te min tyd saam met die Here. Ek spandeer te veel tyd aan dinge wat nie ewigheidswaarde het nie. Ek mors my tyd op verkeerde goed. My lewe gaan verby – die tyd wag vir niemand nie. Ek wou nog ‘n klomp dinge saam met die Here doen, maar ek het nie tyd

nie...

Dink ‘n bietjie: Wat het alles die afgelope week in jou lewe gebeur? Wat het jy alles gedoen? Hoeveel daarvan was regtig die moeite werd? Hoeveel daarvan het ewigheidswaarde? Hoeveel daarvan was ‘n bewustelike leef van die nuwe lewe wat Jesus

Christus bewerk het? Hoeveel tyd het jy in hierdie week saam met die Here spandeer? Hoeveel daarvan het jou nader aan die Here gebring – jou verhouding met

Hom dieper laat groei?

Waaraan spandeer jy jou tyd..?

Kom ons lees wat staan daar in Spreuke 10:27-30:Wie die Here dien, lewe lank;wie sonder Hom lewe, se lewensjare is min.Vir die regverdiges lê daar vreugde voor;die goddeloses het geen toekoms nie.Om te leef soos die Here dit wil, is die krag van die opregte;vir dié wat onreg doen, wag daar ondergang.Die regverdige wankel nooit,die goddelose sal nie die land bly bewoon nie.

‘n Besondere perspektief word hier gegee op die waarde van die tyd wat ‘n mens in jou lewe spandeer – met God en sonder Hom:

Wie die Here dien, lewe lank;wie sonder Hom lewe, se lewensjare is min.

3

Page 4:   · Web viewEn op ‘n manier is die bal nou in ons baan – tyd is nou in ons hande. ... jou ure, jou minute behaaglik langer word omdat jy elke oomblik daarvan iets diep,

Op die oog af, is die eerste betekenis hier: ‘n lewe saam met God bring vir jou baie lewensjare, lang lewensjare – jy word oud saam met Hom.

Dit laat ‘n mens dink aan die belofte wat daar by die 5de gebod is (Deuteronomium 5:16):

Eer jou vader en jou moeder, soos die Here jou God jou beveel het, dan sal jy ‘n lang lewe hê en sal dit goed gaan met jou in die land wat die Here jou God vir jou gee.

‘n Lang lewe. ‘n Lewe waarin daar baie tyd verbygegaan het.Teken van die seën van die Here – met die groot vyand, die dood, wat lank moet staan en wag voor dit jou beurt is om uit hierdie lewe in te gaan na die heerlikheid van die Here. Dit is wat jy kan verwag wanneer jy die Here dien...

Maar nou kan hier nog ‘n dieper betekenis opgesluit wees in ons teksgedeelte (Spreuke 10:27). Letterlik staan hier in die Hebreeus:

Die vrees van/ respek vir die Here verleng dae,maar die jare van die bose sal verkort word...

Sien jy dit?As jy boos lewe (sonder God lewe) sal jou jare korter word – jy sal minder tyd hê, lewenslank...As jy respek vir die Here het, sal jou dae langer word.

In die Hebreeuse woord vir dien/respek hê, is ook die betekenis opgesluit van “in verwondering staan” of “aanbid.”

En dan word die prentjie ‘n bietjie anders:As jy verwonderd staan voor die Here, as jy Hom aanbid, beleef jy tyd anders. Dan beleef jy die lewe/ jou lewe anders...

Kan jy nog onthou hoe dit voel wanneer jy met vakansie is (of iets besonder lekker beleef) en die tyd net heeltemal te vinnig verbygaan? (Tempus fugit!)Jy wens jy kan dit stadiger maak, want wat jy beleef is nie iets wat jy wil hê moet verbygaan nie?

Só, sê ons teksgedeelte, is dit wanneer jy regtig die Here ken en Hom dien en aanbid, wanneer jy in verwondering voor Hom staan:

Die tyd gaan vir jou stadiger verby. Jou tyd word vol met ‘n wonderlike belewenis. Dit voel letterlik of jou dag langer word, want wat jy beleef is onbeskryflik.

Dis wat gebeur wanneer ek en jy bewustelik tyd saam met die Here spandeer: ons beleef tyd anders – ons beleef ons hele lewe anders. Dis nie meer asof alles maar net by ons verbyjaag sonder dat ons iets daaraan kan doen nie, nee: nou voel dit of die tyd stadiger verbygaan – want daar is soveel onbeskryflike dinge wat ons saam met die Here beleef.

4

Page 5:   · Web viewEn op ‘n manier is die bal nou in ons baan – tyd is nou in ons hande. ... jou ure, jou minute behaaglik langer word omdat jy elke oomblik daarvan iets diep,

Selfs die slegte dinge, dit wat ons seermaak,dit wat ons bang maak, kry ‘n ander dimensie. Ons beleef dit anders. Want Hy laat dit vir ons ten goede meewerk – en ons begin dit raaksien. Die tyd voel of dit stadiger gaan – en ons geniet dit, selfs al is dit swaar. Ons lewe word vol. Want ons leef dit saam met Hom.

En selfs al gaan jy dan op ‘n jong ouderdom dood, het jy eintlik ‘n vol lewe gehad – met lang dae, ure, minute, want jy het dit op ‘n besondere manier saam met die Here spandeer...

En wat meer is: wanneer jy in jou verhouding met die Here hierdie volheid beleef, spoel dit oor na die ander verhoudings in jou lewe. Iemand wat elke dag bewustelik tyd maak saam met die Here, maak ook bewustelik tyd vir sy/haar geliefdes. Net soos jou verhouding met Hom al dieper groei, groei jou verhouding met jou naby mense ook al dieper. En daarvandaan kring dit wyer uit: jou medegelowiges, kollegas, vriende, huiswerkers, bure...

Is dit nie hoe ek en jy ook wil lewe nie?Met elke dag vol heerlikheid – vol met die onbeskryflike belewenis van die teenwoordigheid van die Here nie – wat letterlik elke oomblik van jou lewe volmaak nie?Met tyd wat voel of dit al stadiger verbygaan – omdat dit iets wonderliks is wat ons saam met die Here beleef elke dag nie?

Dis nie onmoontlik nie! Inteendeel: telkens in die Here se Woord lees ons dat die Here ons oproep om meer tyd met Hom te spandeer. Bewustelik.

Só lees ons gereeld van ons Here Jesus wat bewustelik tyd saam met sy Vader spandeer het. Só lees ons van Maria wat by die voete van Jesus gaan sit het – net om die tyd saam met Hom te spandeer. Só lees ons van Daniël wat 3 maal per dag tyd saam met die Here spandeer het in gebed.

Maar hoe kry ek dit reg?Want daar is baie dinge wat ek moet doen.En ek het net 24 uur elke dag...

Hier is ‘n paar planne: Begin jou dag saam met God. Maak ‘n afspraak met Hom. Hoor wat Hy sê -

lees sy Woord. Oordink dit. Bid daaroor. Praat met Hom oor jou dag wat voorlê.

Dink diep na oor die dinge waaraan jy prioriteit gee in jou lewe. Is dit regtig nodig? Is dit regtig só dat dit die dinge is wat die Here wil hê jy mee moet besig wees? Is dit alles dinge wat jou in staat stel om die heerlike teenwoordigheid van die Here te kan geniet? Of steel dit eintlik die tyd wat jy bewustelik saam met Hom kon spandeer het? Ons het nie altyd volle beheer nie, maar ons het tog nog keuses. Verander wat jy kan.

Maak ‘n opname en kyk waaraan spandeer jy jou tyd per dag. Is dit dalk só dat jy jou tyd mors deur dit te spandeer aan dinge wat nie werklik ewigheidswaarde het nie? Hoeveel tyd spandeer jy voor die TV? Op

5

Page 6:   · Web viewEn op ‘n manier is die bal nou in ons baan – tyd is nou in ons hande. ... jou ure, jou minute behaaglik langer word omdat jy elke oomblik daarvan iets diep,

Facebook? Is dit nie tyd wat jy eerder met jou gesin – saam met die Here – kon spandeer nie?

Werk jy slim? Beplan jy fyn genoeg? Mors jy dalk tyd aan onbenullighede omdat daar nie die regte fokus in jou dagprogram is nie? Wat kan jy doen om meer effektief te werk? (My ervaring is dat jy juis meer effektief kan werk en dit kan volhou, wanneer jy elke dag bewustelik tyd saam met die Here spandeer. Want Hy gee jou sy krag en energie en uithouvermoë vir dit wat jy doen).

Leer om “nee” te kan sê. Jy is nie gemaak om soos ‘n pakdonkie net nog meer take en verantwoordelikhede op te laai nie. Elkeen van ons het beperkinge. Leer wat dit is en trek die lyn wanneer dit nodig word. Ons is nie gemaak om maar net te probeer oorleef van dag tot dag nie. Ons is gemaak om die heerlikheid van die Here se teenwoordigheid in ons lewe elke dag te vier en met vreugde vir die hele wêreld te wys! Om werklik voluit te lewe!

Rus genoeg. Vat gereeld genoeg af. Maak tyd ook vir jou geliefdes. Skryf dit in jou dagprogram in as jy nie anders kan nie. Jy is gemaak om in diep verhoudings te leef: met God, met jou gesin/familie, met jou vriende. Jy is nie ‘n masjien wat net die hele tyd moet produseer nie. Maak tyd om die mooi dinge in die lewe te geniet: die natuur, die kunste, dit wat jou siel diep raak...

Bou grense in jou dag, jou week, jou kwartaal, jou jaar in. En gebruik dit om jou tyd meer effektief te spandeer. Die Here gee jou 24 uur elke dag. Gebruik dit op ‘n wyse manier.

SlotDaar lê vir die meeste van ons nog ‘n steil opdraaende voor in 2016. Ons het baie om te doen – en net soveel tyd.

Jy kan kies: of dit is maar weer (soos altyd!) ‘n malle gejaag, met frustrasie en stres en moeg-word en angstige pogings om te oorleef - tot Desember genadiglik aanbreek!Of jy kan anders begin leef: met ‘n nuwe ingesteldheid – waarin jy jou tyd anders beskou en anders gebruik.

Wil jy graag ‘n lewe hê waarin jou dae, jou ure, jou minute behaaglik langer word omdat jy elke oomblik daarvan iets diep, iets onbeskryflik beleef?

Begin dan vandag en neem beheer. Beplan anders. Leef anders.Begin heel eerste om ordentlik tyd te maak vir die Here. Sodat jy Hom bewustelik kan dien – kan deel maak van elke oomblik van jou hele dag.

Kyk weer mooi na jou program: is dit soos die Here dit van jou wil hê? Is dit soos die nuwe lewe in Christus lyk – in volheid en diepe vreugde – selfs al is daar moeilike tye ook?

6

Page 7:   · Web viewEn op ‘n manier is die bal nou in ons baan – tyd is nou in ons hande. ... jou ure, jou minute behaaglik langer word omdat jy elke oomblik daarvan iets diep,

Jy het – net soos alle ander mense – 24 uur per dag om mee te lewe. Gebruik dit reg en met wysheid. Soos die Here ons leer.Amen.

7