9
Jaarbrief Koshuisbrief van Hoërskool Outshoorn Koshuise Geagte Ouers Namens die Koshuisraad en –bestuur ons opregte dank teenoor elke ouer vir die goeie gesindheid waarin ons met mekaar kan omgaan, vir u ondersteuning en aanmoediging. Dankie dat probleme in die gees van wedersydse respek en samewerking in belang van u kinders opgelos kan word. Ons moedig direkte kommunikasie met die Superintendente en Koshuismoeders aan ten einde enige misverstande en disinformasie uit die weg te ruim. Opregte dank ook teenoor die koshuispersoneel sonder wie ons kinders se verblyf en versorging nie moontlik kon wees nie. Kontak gerus die Superintendente of koshuismoeders by die volgende nommers: Pinehurst Meisieskoshuis: Superindendent : Mnr. Gerrit Rudolph 082 854 0832 Huismoeder : Me. Ida Schmitt 082 374 4434 Huis Archer Seunskoshuis: Superintendent : Mnr. Christo Serfontein 076 154 5715 Huismoeder : Me. Susan vd Walt 082 390 6070 Neem asseblief kennis van die volgende belangrike sake: 1. Kredietwet. Sien asb meegaande inligtingstuk aangaande die implikasies van die NASIONALE KREDIETWET op alle rekeningpligtiges. Let asb veral op dat koshuisgeld streng vooruitbetaalbaar is. Debietorders loop dus reeds op 15 Januarie. Alle direkte

storage.googleapis.com  · Web viewOuers moet asb dringend kennis neem van ‘n besluit van die skool se beheerliggaam dat koshuisleerders hul plek in die koshuise verbeur indien

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: storage.googleapis.com  · Web viewOuers moet asb dringend kennis neem van ‘n besluit van die skool se beheerliggaam dat koshuisleerders hul plek in die koshuise verbeur indien

JaarbriefKoshuisbrief van Hoërskool Outshoorn Koshuise

Geagte Ouers

Namens die Koshuisraad en –bestuur ons opregte dank teenoor elke ouer vir die goeie gesindheid waarin ons met mekaar kan omgaan, vir u ondersteuning en aanmoediging. Dankie dat probleme in die gees van wedersydse respek en samewerking in belang van u kinders opgelos kan word. Ons moedig direkte kommunikasie met die Superintendente en Koshuismoeders aan ten einde enige misverstande en disinformasie uit die weg te ruim.

Opregte dank ook teenoor die koshuispersoneel sonder wie ons kinders se verblyf en versorging nie moontlik kon wees nie.

Kontak gerus die Superintendente of koshuismoeders by die volgende nommers:

Pinehurst Meisieskoshuis:

Superindendent : Mnr. Gerrit Rudolph 082 854 0832Huismoeder : Me. Ida Schmitt 082 374 4434

Huis Archer Seunskoshuis:

Superintendent : Mnr. Christo Serfontein 076 154 5715Huismoeder : Me. Susan vd Walt 082 390 6070

Neem asseblief kennis van die volgende belangrike sake:

1. Kredietwet.

Sien asb meegaande inligtingstuk aangaande die implikasies van die NASIONALE KREDIETWET op alle rekeningpligtiges. Let asb veral op dat koshuisgeld streng vooruitbetaalbaar is. Debietorders loop dus reeds op 15 Januarie. Alle direkte kontant- en internetbetalings moet ook reeds in Januarie plaasvind

Page 2: storage.googleapis.com  · Web viewOuers moet asb dringend kennis neem van ‘n besluit van die skool se beheerliggaam dat koshuisleerders hul plek in die koshuise verbeur indien

2. Losiesgelde.

Ouers moet asb dringend kennis neem van ‘n besluit van die skool se beheerliggaam dat koshuisleerders hul plek in die koshuise verbeur indien koshuis- EN / OF skoolgeld agterstallig raak.

3. Betaling per debietorder

Ons wil baie sterk aanbeveel dat u u kind se losies per debietorder betaal (sien opsies van betaalwyses) aangesien dit die volgende voordele inhou:

Dit is ‘ n baie maklike en moeitevrye manier van betaal. Geen tjeks word aanvaar nie. Die risiko verbonde aan die hantering van kontant word uitgeskakel. U debietorderaanvraag is beskerm teen bedrog, aangesien dit via die internet

aangevra word. Dit verbeter die koshuie se kontantvloei en pas gemakliker in by die kontantvloei van

ouers wat van ‘n maandelikse salarisinkomste afhanklik is. U hoef sleg ‘n eenmalige debietordermagtiging te teken wat geldig bly vir die volle duur

van u kind se verblyf in die koshuis. U kan die debietordermagtiging te enige tyd kanselleer of wysig deur dit skriftelik onder

ons aandag te bring. U betaling sal altyd betyds wees – wat voordele vir die koshuis inhou.

4. Opsies van betaalwyses

Ouers van graad 12-leerders moet asb let op ‘n besluit van die Skoolbeheerliggaam dat hulle volle koshuisrekening vereffen moet wees teen die einde van die DERDE skoolkwartaal. Indien die volle rekening nie op die genoemde datum vereffen is nie, mag die betrokke leerder nie vir die vierde kwartaal terugkeer na die koshuis nie. Ouers wat maandeliks betaal, moet dus 9 betalings (Jan – Sept) maak en diegene wat per kwartaal betaal, moet 3 betalings – soos op die datums hieronder uiteengesit – maak. Daar sal geen korting vir enige gr 12-leerder toegestaan word nie. Alle ouers moet dus die volle rekening vir die jaar betaal. Alle agterstallige gelde sal op die eerste skooldag van die vierde skoolkwartaal aan ons skuldinvorderaars oorhandig word wat tot gevolg sal hê dat die wanbetaler geswartlys word.

U kan uit die onderstaande opsies kies watter betaalwyse u die beste pas:

4.1 MAANDELIKS PER DEBIETORDER Voorwaardes : 4.1.1 Betaling geskied in 10 gelyke betalings – die eerste op 15 Januarie en die laaste op

15 Oktober ( Ouers van gr 12-leerders moet 9 betalings maak (sien nota bo-aan hierdie bladsy)

4.1.2 Betaling geskied op die vyftiende dag van elke maand 4.1.3 Indien u debietorder afgewys word, moet u voor die 15e van die betrokke maand per

EFT of kontant betaal.

4.2 VIER KWARTAALBETALINGS (PER EFT OF DEBIETORDER) Voorwaardes :4.2.1 Betalings geskied in vier paaiemente.4.2.2 Betaling moet geskied voor of op die volgende datums: 15 Januarie 15 April 15 Julie

Page 3: storage.googleapis.com  · Web viewOuers moet asb dringend kennis neem van ‘n besluit van die skool se beheerliggaam dat koshuisleerders hul plek in die koshuise verbeur indien

15 Oktober

Ouers van gr. 12-leerders se betalings moet op die eerste van 3 datums gedoen word (sien nota bo-aan die bladsy)

Debietorders word outomaties oorgedra van die een jaar na die vogende (tensy u anders reël).

4.3 SELF PER MAAND Voorwaardes :4.3.1 Betaling gekied in 10 gelyke paaiemente – die eerste paaiment op 15 Januarie en die

laaste op 15 Oktober.4.3.2 Betaling geskied per elektroniese navraaag (EFT) of kontant op die vyftiende dag van

elke maand.

4.4 JAARLIKS Voorwaardes : Betaling geskied voor of op 15 Februarie van elke jaar per EFT of kontant. LW : Hou asb by gekose opsie.

Indien u kontantvloeiprobleme ondervind en nie op ‘n spesifieke datum kan betaal nie, moet u asb VOORAF’n skriftelike ooreenkoms vir die betaling van die agterstallige geld tref. Rekeninge word oorhandig aan ons prokureurs, indien dit op 90 dae te staan kom. Indien ‘n rekening oorhandig word, verbeur die betrokke leerder sy / haar losies met onmiddellike effek. Daar sal dan van die rekenpligtige verwag word om heraansoek te doen vir losies. Die aansoek sal slegs oorweegword indien die rekening op datum gebring word en ‘n nuwe betalingsooreenkoms met die rekenpligtige gesluit is.

5. Koshuisnaweke

Twee tuiskoshuisnaweke per kwartaal word vasgestel, waartydens die koshuis sluit. Alle leerders moet die koshuis gedurende hierdie naweke verlaat Die koshuis sal om 16:00 gesluit word op die Vrydagmiddag en op die Sondag om 16:00 oopgesluit word.

Die laaste maaltyd word Vrydagmiddag in die vorm van ‘n kospakkie bedien en dan eers weer op Maandagoggend.

EERSTE KWARTAAL: 11 Januarie – 31 Maarto 10 – 12 Februarieo 03 – 05 Maart

TWEEDE KWARTAAL : 18 April – 30 Junieo 19 – 21 Meio 15 – 18 Junie

DERDE KWARTAAL : 24 Julie – 29 Septembero 11 – 13 Augustuso 08 – 10 September

VIERDE KWARTAAL : 09 Oktober – 06 Desembero 27 – 29 Oktober

Page 4: storage.googleapis.com  · Web viewOuers moet asb dringend kennis neem van ‘n besluit van die skool se beheerliggaam dat koshuisleerders hul plek in die koshuise verbeur indien

o 17 – 19 November

6. Selfone

Selfone verskaf toenemend probleme. Dit is egter ‘n probleem wat ons probeerbestuur. Indien u u kind skakel, dra asb sorg dat u dit slegs in sy / haar vrye tyd doenen nie tydens studie-, stilte-, etenstye of na ligte-uit nie. Oortreding van hierdie toegewing sal daartoe lei dat die oortreder die nodige straf volgens die strafproseduresal ontvang. Selfone en skootrekenaars word op eie risiko aangehou. Die koshuis aanvaar geen aanspreeklikheid in die geval van diefstal nie.

7. Naweekverlof

7.1 Weeklikse kosgangers :

Indien u kind elke naweek huis toe gaan, verlaat hy / sy die koshuis elke Vrydag direk na skool en keer terug op Sondagaand voor 20:00 of op Maandagoggend voor 07:00.

Indien u kind op ‘n spesifieke naweek wil inbly, is hy / sy welkom om dit te doen en geld alle naweekreëlings ook vir hom / haar.

7.2 Leerders wat inbly oor naweke :

Hierdie leerders moet tuisnaweke die koshuis verlaat. Skriftelike toestemming vir leeders om oor naweke uit te gaan vanaf die ouers moet die

onderskeie koshuismoeders bereik voor 14:00 op die Woensdag wat die geleentheid voorafgaan en moet die naam en van, adres en telefoonnommers bevat van die gasouers waar u kind die naweek gaan deurbring. Die skrywe moet deur u as ouer onderteken wees.

Gedurende die naweke is u kind dus die verantwoordelikheid van die gasouers. Ons beveel dit sterk aan dat u telefonies met u kind se gasouers in verbinding tree om die naweekreëlings te bevestig voordat u verlof by die koshuis daarvoor vra.

Dit staan u as ouer egter vry om u kind op enige tydstip by die koshuis te kom oplaai indien u Oudtshoorn besoek. U moet asb net te alle tye u kind persoonlikk by die onderskeie koshuismoeders of Superintendente uitteken voordat die koshuis verlaat mag word.

7.3 Verlof om dorp toe te gaan :

Leerders mag Maandae om 15:00 dorp toe gaan slegs om ‘n spesifieke taak te te verrig en met spesiale toestemming van die huismoeder of diensdoende personeellid.

Woensdae mag die leerders vanaf 15:00 tot 17:20 dorp toe gaan. Nie voor die tyd nie. Saterdae mag leerders wat inbly tot 11:30 dorp toe gaan met die nodige toestemming.

8. Verlaat van koshuis gedurende die week.

Groot ontwrigting word veroorsaak deur ouers wat hul kinders op enige weeksdag sonder verlof uit die koshuis neem, dit word ten sterkste ontmoedig.

Die Superintendente en koshuismoeders aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige leerder wat die koshuis sonder verlof verlaat nie.

Ouers moet skriftelik per e-pos ‘n versoek aan die koshuis rig indien ‘n ander persoon u kind uitteken uit die koshuis. Die kontaknommer van die ouer sowel as die ander persoon moet verskaf word. Die koshuis sal dan die ouer gedurende kantoorure kontak om die e-pos te bevestig.

Page 5: storage.googleapis.com  · Web viewOuers moet asb dringend kennis neem van ‘n besluit van die skool se beheerliggaam dat koshuisleerders hul plek in die koshuise verbeur indien

9. Siekte

Indien u u kind weens siekte huistoe neem, moet u die onderskeie koshuismoeders in kennis stel van u voorneme voordat u kind die koshuis verlaat.

Indien u kind siek word terwyl hy /sy tuis is, moet hy / sy eers gesond word voordat hy / sy terugkom koshuis toe. Stel asb onmiddelik die koshuismoeders in kennis van die situasie.

10. Partytjies / Funksies op weeksdae.

Geen kosganger sal toegelaat wprd om op weeksdae partytjies of ander funksies, behalwe skoolfunksies, by te woon nie.

11. Elektriese apparaat.

Studeerlampies is ‘n voorvereiste vir leerders wat in hul kamers studeer. Geen ketels, strykysters, verwarmers of elektriese komberse is toelaatbaar nie. Slegs haardroërs, haartange, waaiers, CD-spelers (1 per kamer), klein yskassie (1 per

kamer) word toegelaat. LW : GEEN verwarmers hetsy waaierverwarmer, met oop elemente of ‘n oop

hittebron, of elektriese komberse word toeglaat nie. Ketels, mikrogolfoonde en yskaste is beskikbaar in die gange vir die gebruik van die

leerders.

12. Losiesgelde.

Baie dankie aan elke ouer wat sy / haar finansiële verpligting teenoor die Koshuise getrou nakom.

Ons word ongelukkig genoodsaak om rekenpligtiges aan invorderaars te oorhandig aangesien hulle na herhaalde beroepe in gebreke bly om hul agterstallige rekeninge te verrefen. Hierdie leerders sal nie toegelaat word om na die koshuis terug te keer nie.

13. Dissiplinêrestelsel.

Elke leerder ontvang die gedragskode asook die dissiplinêrestelsel van die Koshuise. U kan dit ook van die webtuiste aftrek.

Die Superintendent van elke koshuis aanvaar verantwoordelikheid vir die leerders se dissipline.

14. Vestiging van ‘n akademiese kultuur in die Koshuise.

Akademiese prestasie van ons leerders is vir ons ononderhandelbaar, Geen ontwrigting van en tydens studietye sal toegelaat word nie.

Mak elke jaar in die Koshuise van Hoërskool Outhoorn vir u kind ‘n spesiale jaar wees en dat die vriendskapsbande wat hier gevorm word, almal tot ‘n hegte familie sal saambind.

Page 6: storage.googleapis.com  · Web viewOuers moet asb dringend kennis neem van ‘n besluit van die skool se beheerliggaam dat koshuisleerders hul plek in die koshuise verbeur indien