7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 10 17 - 24 Maart 2017 OUERS: INSIDENTSTATISTIEK: Ouers moet asseblief die Insidentstatistiek, wat by die nuusbrief ingesluit is, baie goed bestudeer. SPORT- EN OPVOEDKUNDIGETOER: Toerkinders het weer ‘n toerinligtingsbrief ontvang om seker te maak wat hulle alles moet saamneem. Hulle ontvang ook ‘n voorlopige toerprogram. BAIE DANKIE vir die produkte wat reeds ingehandig is. Ons waardeer dit baie! Heelwat ouers het egter nog nie hulle beloofde produkte gestuur nie en dit beteken dat die personeel alles verder moet aankoop. (Wat ongelukkig die toerprys opstoot) NB: Alle toergeld, borgvorms, mediese vorms, sakgeld en produkte moet op Woensdag, 22 Maart by die skool ingehandig word. JAKKIES SPORTDAG: [AFSKEURSTROKIES] Ouers word vriendelik uitgenooi na ons RUGBY- EN NETBALDAG wat op Saterdag, 25 Maart plaasvind. Heerlike verversings sal die hele dag te koop aangebied word. Braaivleisvure sal Saterdagmiddag om 16:00 aangesteek word en ouers is welkom om ‘n vleisie en bykosse saam te bring en lekker saam met ons te kom kuier. Bring asseblief ook eie kampstoele, drinkgoed en eetgerei. Indien u belangstel om ‘n vleisbraaipakkie @ R40 (steakie en worsie) te bestel, kan u die afskeurstrokie invul en op Woensdag, 22 Maart saam met die korrekte kontant by die klasonderwysers inhandig. ‘n Voorlopige rugby- en netbalprogram word by die nuusbrief ingesluit. (Dit kan nog in volgende week verander!) KOM GENIET DIE DAG SAAM MET ONS. Ouers van ons skool wat belangstel om Vrydag- en/of Saterdagaand in die koshuis oor te bly, kan die afskeurstrokie invul en op Woensdag, 22 Maart by die klasonderwysers inhandig. U moet u eie beddegoed bring! (Koshuis is Vrydagaand oop vir koshuiskinders.) Dit is GRAAD 5-OUERS se beurt om groot asseblief bestanddele te skenk vir die Sportdag se verversings. Die Ouerleierkomitee benodig die volgende: EIERS SMEER MARGARIEN KOEKMEEL KANEEL Gee die bestanddele asseblief op Woensdag, 22 Maart by die boekstoor in. Baie dankie by voorbaat! LEERDERVEILIGHEID: Toestemming is van die Beheerliggaam ontvang om die heining aan die bokant van Piet Retiefstraat te verstewig en te versterk om die toeloop in die straat tussen die skool en koshuis te probeer stopsit. Ongeveer 8 panele “Devils fork” en lemmetjiesdraad word benodig. Enige ouer wat ‘n bydra in hierdie verband kan maak (in watter vorm ook al) kan Danie Noeth of mnr Tait kontak. HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Graad 4 – 6 leerders kan huiswerkboeke vir die tweede kwartaal met die afskeurstrokie by hulle klasonderwysers bestel @ R25 elk. GRAAD 1 OUERS: Elke graad 1 leerder het ‘n FARR inligtingsbrief ontvang. Dit gaan oor ‘n navorsingsprojek wat die skool saam met

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers word vriendelik uitgenooi na ons . RUGBY- EN NETBALDAG. wat op Saterdag, 25 Maart plaasvind. Heerlike verversings. sal die hele dag te

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers word vriendelik uitgenooi na ons . RUGBY- EN NETBALDAG. wat op Saterdag, 25 Maart plaasvind. Heerlike verversings. sal die hele dag te

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 10 17 - 24 Maart 2017OUERS:INSIDENTSTATISTIEK:Ouers moet asseblief die Insidentstatistiek, wat by die nuusbrief ingesluit is, baie goed bestudeer.

SPORT- EN OPVOEDKUNDIGETOER:Toerkinders het weer ‘n toerinligtingsbrief ontvang om seker te maak wat hulle alles moet saamneem. Hulle ontvang ook ‘n voorlopige toerprogram.BAIE DANKIE vir die produkte wat reeds ingehandig is. Ons waardeer dit baie! Heelwat ouers het egter nog nie hulle beloofde produkte gestuur nie en dit beteken dat die personeel alles verder moet aankoop. (Wat ongelukkig die toerprys opstoot)NB: Alle toergeld, borgvorms, mediese vorms, sakgeld en produkte moet op Woensdag, 22 Maart by die skool ingehandig word.

JAKKIES SPORTDAG: [AFSKEURSTROKIES]Ouers word vriendelik uitgenooi na ons RUGBY- EN NETBALDAG wat op Saterdag, 25 Maart plaasvind. Heerlike verversings sal die hele dag te koop aangebied word. Braaivleisvure sal Saterdagmiddag om 16:00 aangesteek word en ouers is welkom om ‘n vleisie en bykosse saam te bring en lekker saam met ons te kom kuier. Bring asseblief ook eie kampstoele, drinkgoed en eetgerei.Indien u belangstel om ‘n vleisbraaipakkie @ R40 (steakie en worsie) te bestel, kan u die afskeurstrokie invul en op Woensdag, 22 Maart saam met die korrekte kontant by die klasonderwysers inhandig. ‘n Voorlopige rugby- en netbalprogram word by die nuusbrief ingesluit. (Dit kan nog in volgende week verander!)KOM GENIET DIE DAG SAAM MET ONS. Ouers van ons skool wat belangstel om Vrydag- en/of Saterdagaand in die koshuis oor te bly, kan die afskeurstrokie invul en op Woensdag, 22 Maart by die klasonderwysers inhandig. U moet u eie beddegoed bring! (Koshuis is Vrydagaand oop vir koshuiskinders.)

Dit is GRAAD 5-OUERS se beurt om groot asseblief bestanddele te skenk vir die Sportdag se verversings.Die Ouerleierkomitee benodig die volgende:

EIERS SMEER MARGARIEN KOEKMEEL KANEEL

Gee die bestanddele asseblief op Woensdag, 22 Maart by die boekstoor in.Baie dankie by voorbaat!

LEERDERVEILIGHEID:Toestemming is van die Beheerliggaam ontvang om die heining aan die bokant van Piet Retiefstraat te verstewig en te versterk om die toeloop in die straat tussen die skool en koshuis te probeer stopsit. Ongeveer 8 panele “Devils fork” en lemmetjiesdraad word benodig. Enige ouer wat ‘n bydra in hierdie verband kan maak (in watter vorm ook al) kan Danie Noeth of mnr Tait kontak.

HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Graad 4 – 6 leerders kan huiswerkboeke vir die tweede kwartaal met die afskeurstrokie by hulle klasonderwysers bestel @ R25 elk.

GRAAD 1 OUERS:Elke graad 1 leerder het ‘n FARR inligtingsbrief ontvang. Dit gaan oor ‘n navorsingsprojek wat die skool saam met hierdie instansie loods. Ouers moet dit asseblief mooi bestudeer en bladsy 3 en 4 volledig invul en op Woensdag, 22 Maart na die klasonderwyser terugstuur.Ondersoeke sal tussen 8 en 12 Mei plaasvind en ouers is welkom om dit ook by te woon. Ondersoeke is uitwendig, geen leerder hoef te ontklee nie en geen naalde of medikasie is betrokke nie. Ouers kan vrae of bekommernisse op die antwoordblad byskryf as hulle wil. Vir enige navrae kan u Charlene kontak by: 0823358893

MUNTLEGGING:Leerders moet asseblief onthou om hulle munte bymekaar te kry vir Donderdag, 23 Maart se muntlegging ten bate van die Kankervereniging.

LEERDERDEELNAME:VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE:Baie geluk aan Wessel van Niekerk wat vir die Vrystaat Swemspan gekies is en op 9 – 13 April aan die SA Swemkampioenskappe in Polokwane gaan deelneem.

VRYSTAAT ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE:Baie geluk aan Wessel van Niekerk en Hanru Krause wat goed presteer het met die Vrystaat Atletiekkampioenskappe:Wessel: 2de plek 75mHHanru: 5de plek 1200m Wessel van Niekerk is in die Vrystaat Atletiekspan opgeneem wat op 23 en 24 Maart aan die SA Atletiekkampioenskappe in Potchefstroom deelneem.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers word vriendelik uitgenooi na ons . RUGBY- EN NETBALDAG. wat op Saterdag, 25 Maart plaasvind. Heerlike verversings. sal die hele dag te

NETBAL:Geen netbaloefening vir enige spanne op Donderdag, 23 Maart nie.

RUGBY:Uitslae van die vriendskaplike wedstryde teen Eureka0/13B verloor 29 – 5, 0/11A verloor 10 – 0 en 0/13A wen 14 – 5.

TENNISAKADEMIE:Ruan Venter beplan om vanaf die tweede kwartaal ‘n Tennisakademie op die been te bring wat hy op ‘n Maandag vanaf 17:00 op ons tennisbane gaan aanbied. Spreiligte gaan op een tennisbaan opgerig word en ouers en leerders wat belangstel om professionele tennisafrigting te ontvang, kan Ruan kontak by: 0828295553

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan al die kinders wat die Jakkies Opwaarts Sentrum ondersteun het met hulle koekieverkoping. Hulle het ‘n pragtige bedrag van R2 316.10 ingesamel.

Maandag, 20 Maart is ‘n skoolvakansiedag en Dinsdag, 21 Maart ‘n openbare vakansiedag. Bly gesond sodat ons almal voltallig is vir ons Sportdag en toer wat voorlê. Geniet die lekker langnaweek.

SKOOL GAAN NORMAAL VOORT in die toerweek. Die gr 6 en 7 leerders wat oorbly doen hersiening en kry ekstra akademiese hulp.

.............................PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Juffrou Karin Page (siek)Juffrou Rozanne Meyer (siek)Charmaine Vorster (operasie)

Magda van der Watt (nekoperasie)Al ons siek kinders

ONS LAND

NUTSMANKareehof Koshuis

Aansoeke word ingewag vir ‘n Nutsman om by die Koshuis algemene

instandhoudingswerk te verrig.

Vergoeding sal op ‘n faktuurbasisplaasvind.

Aansoeke sluit op:Vrydag, 24 Maart 2017

Navrae: Pieter Groenewald0823226945

STRANDHUIS TE HUUR:TERGNIET

Slaap 8 personeBinne seisoen: R2000 per dag

April vakansie beskikbaarKontak:

Theuns Schutte – 082 465 0442

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers word vriendelik uitgenooi na ons . RUGBY- EN NETBALDAG. wat op Saterdag, 25 Maart plaasvind. Heerlike verversings. sal die hele dag te

RUGBYPROGRAM:

TYD: SPANNE:08:00 - 08:25 Futurum 0/9 A vs Newton 0/9 B

08:25 - 08:50 Jacobsdal 0/9 A vs Douglas 0/9 A

08:50 - 09:25 Futurum 0/11 A vs Newton 0/11 B

09:25 - 10:00 Jacobsdal 0/11 A vs Douglas 0/11 A

10:00 - 10:25 Futurum 0/7 A vs Douglas 0/7 A

10:25 - 11:00 Jacobsdal 0/13 A vs Futurum 0/13 A

11:00 - 11:25 Jacobsdal 0/9 A vs Futurum 0/9 A

11:25 - 11:50 Douglas 0/9 A vs Newton 0/9 B

11:50 - 12:25 Jacobsdal 0/11 A vs Futurum 0/11 A

12:25 - 13:00 Douglas 0/11 A vs Newton 0/11 B

13:00 - 13:25 Jacobsdal 0/7 A vs Futurum 0/7 A

13:25 - 14:10 Newton 0/13 B vs Futurum 0/13 A

14:10 - 14:35 Futurum 0/9 A vs Douglas 0/9 A

14:35 - 15:10 Futurum 0/11 A vs Douglas 0/11 A

15:10 - 15:35 Douglas 0/7 A vs Jacobsdal 0/7 A

15:35 - 16:00 Newton 0/9 B vs Jacobsdal 0/9 A

16:00 - 16:35 Newton 0/11 B vs Jacobsdal 0/11 A

16:35 - 17:20 Newton 0/13 B vs Jacobsdal 0/13 A

AFSKEURSTROKIE: KOSHUISVERBLYF - SPORTDAG (Vrydag- en Saterdagaand, 24 en 25 Maart)

OUERS: ________________________________________

PROGRAMME IS VOORLOPIG EN KAN MOONTLIK NOG VERANDER!

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers word vriendelik uitgenooi na ons . RUGBY- EN NETBALDAG. wat op Saterdag, 25 Maart plaasvind. Heerlike verversings. sal die hele dag te

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK KWARTAAL 2 (R25) (Graad 4 – 6)

AFSKEURSTROKIE: KOSHUISVERBLYF - SPORTDAG (Vrydag- en Saterdagaand, 24 en 25 Maart)

OUERS: ________________________________________

AFSKEURSTROKIE: BRAAIPAKKIES - SPORTDAG (Saterdag 25 Maart)

OUERS: ________________________________________

LEERDERS: _____________________________________

GRAAG WIL ONS BRAAIPAKKIES @ R40 ELK BESTEL:

AANTAL BRAAIPAKKIES: ________

TOTALE BEDRAG: R__________

HANDTEKENING: ____________________________ONTHOU: EIE DRINKGOED, BYKOSSE EN EETGEREI!

Bring asseblief julle leë 2L koeldrankbottels

vir juffrou Elza!

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers word vriendelik uitgenooi na ons . RUGBY- EN NETBALDAG. wat op Saterdag, 25 Maart plaasvind. Heerlike verversings. sal die hele dag te

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK KWARTAAL 2 (R25) (Graad 4 – 6)

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers word vriendelik uitgenooi na ons . RUGBY- EN NETBALDAG. wat op Saterdag, 25 Maart plaasvind. Heerlike verversings. sal die hele dag te