13
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 36 7 - 14 November 2014 OUERS: BEGROTINGSVERGADERING VAN 24 OKTOBER 2014: Neem asseblief kennis van die besluite rondom Skoolfonds wat deur ouers tydens hierdie vergadering goedgekeur is. SKOOL: (per leerder) KOSHUIS: (per koshuisleerder) Per jaar: R7 040,00 Per jaar: R10 670, 00 Kwartaal 1: R1 920,00 Kwartaal 1: R2 910,00 Kwartaal 2: R1 920,00 Kwartaal 2: R2 910,00 Kwartaal 3: R1 920,00 Kwartaal 3: R2 910,00 Kwartaal 4: R1 280,00 Kwartaal 4: R1 940,00 Per maand: (oor 11 mnde 1 Jan – 1 Nov) R640,00 Maandbetalers: (Met toestemming van die BL, 1 Jan – 1 Nov) R970,00 Skoolgeld streng vooruitbetaalbaar op die eerste skooldag van elke kwartaal, daarna voor of op die 7de van elke maand. Aansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor 7 Februarie 2015. (Met die nodige dokumentasie) Navrae: Finansiële Assistant Koshuisgelde vir die kwartaal moet vooruitbetaal word op die eerste skooldag van elke kwartaal. Koshuisgelde per mnd afbetaal: Slegs met skriftelike aansoek & toestemming van die Beheerliggaam. Streng vooruitbetaalbaar op die 1ste dag van die maand BUITEMUURS: Die skool se buitemuurs staak ná Dinsdag, 11 November. Swemklub gaan normaal voort. JAARBLAD: [AFSKEURSTROKIE] Ouers wat ‘n Jaarblad van 2014 wil bestel kan die afskeurstrokie invul en saam met die kontant terugstuur na die klasonderwysers. Die Jaarblad kos R100 per eksemplaar. PRYSUITDELING: Ouers word uitgenooi na ons Jaarlikse Prysuitdeling wat plaasvind op Vrydag, 14 November om 9:00 (Juniors) en 10:45 (Seniors). Let asseblief op die volgende reëlings: Alle graad 1 – 3-leerders kry pryse en moet by die Prysuitdeling teenwoordig wees. Hulle kan op daardie dag om 8:00 skool toe kom. Na afloop van die Junior Prysuitdeling mag leerders huis toe gaan. Graad 4 – 7-leerders wat die Junior Prysuitdeling wil bywoon, mag by hulle ouers sit. Alle graad 4 – 7-leerders (ook dorpskinders) wie se ouers nie op daardie dag hier is nie, mag gedurende die Junior Prysuitdeling in die koshuis gaan bly. Julle kom almal om 10:15 skool toe en tree om 10:25 in die vierkant voor die saal aan. Daar sal voldoende toesig vir hulle gereël word. Leerders wat glad nie ‘n prys ontvang nie, hoef nie op daardie dag skool toe te kom nie. Alle leerders moet netjiese skoolklere (somersdrag) met kouse en skoene by die Prysuitdeling aanhê. Daar sal alreeds volgende week gekyk word na die voorkoms van ons leerders. Foto’s sal deur Clivé geneem word en sal agterna bestel kan word.

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB36.docx · Web viewAansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor

  • Upload
    hadung

  • View
    251

  • Download
    14

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB36.docx · Web viewAansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 36 7 - 14 November 2014OUERS:BEGROTINGSVERGADERING VAN 24 OKTOBER 2014: Neem asseblief kennis van die besluite rondom Skoolfonds wat deur ouers tydens hierdie vergadering goedgekeur is. SKOOL: (per leerder) KOSHUIS: (per koshuisleerder)Per jaar: R7 040,00 Per jaar: R10 670,00Kwartaal 1: R1 920,00 Kwartaal 1: R2 910,00Kwartaal 2: R1 920,00 Kwartaal 2: R2 910,00Kwartaal 3: R1 920,00 Kwartaal 3: R2 910,00Kwartaal 4: R1 280,00 Kwartaal 4: R1 940,00Per maand:(oor 11 mnde1 Jan – 1 Nov)

R640,00Maandbetalers:(Met toestemming van die BL,1 Jan – 1 Nov)

R970,00

Skoolgeld streng vooruitbetaalbaar op die eerste skooldag van elke kwartaal, daarna voor of op die 7de van elke maand.

Aansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor 7 Februarie 2015. (Met die nodige dokumentasie) Navrae: Finansiële Assistant

Koshuisgelde vir die kwartaal moet vooruitbetaal word op die eerste skooldag van elke kwartaal.

Koshuisgelde per mnd afbetaal: Slegs met skriftelike aansoek & toestemming van die Beheerliggaam.Streng vooruitbetaalbaar op die 1ste dag van die maand

BUITEMUURS:Die skool se buitemuurs staak ná Dinsdag, 11 November. Swemklub gaan normaal voort.

JAARBLAD: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat ‘n Jaarblad van 2014 wil bestel kan die afskeurstrokie invul en saam met die kontant terugstuur na die klasonderwysers. Die Jaarblad kos R100 per eksemplaar.

PRYSUITDELING: Ouers word uitgenooi na ons Jaarlikse Prysuitdeling wat plaasvind op Vrydag, 14 November om 9:00 (Juniors) en 10:45 (Seniors). Let asseblief op die volgende reëlings:

Alle graad 1 – 3-leerders kry pryse en moet by die Prysuitdeling teenwoordig wees. Hulle kan op daardie dag om 8:00 skool toe kom. Na afloop van die Junior Prysuitdeling mag leerders huis toe gaan.

Graad 4 – 7-leerders wat die Junior Prysuitdeling wil bywoon, mag by hulle ouers sit. Alle graad 4 – 7-leerders (ook dorpskinders) wie se ouers nie op daardie dag hier is nie, mag gedurende die Junior Prysuitdeling in die koshuis gaan bly. Julle kom almal om 10:15 skool toe en tree om 10:25 in die vierkant voor die saal aan. Daar sal voldoende toesig vir hulle gereël word.

Leerders wat glad nie ‘n prys ontvang nie, hoef nie op daardie dag skool toe te kom nie.

Alle leerders moet netjiese skoolklere (somersdrag) met kouse en skoene by die Prysuitdeling aanhê. Daar sal alreeds volgende week gekyk word na die voorkoms van ons leerders.

Foto’s sal deur Clivé geneem word en sal agterna bestel kan word.

KOOR:Die Senior koor moet op Sondag, 9 November om 17:00 by die NG kerk aanmeld en die die Junior koor om 17:30 (by juffrou Rina).

SWEMBADSLEUTELS:Ouers se aandag: Persone wat kwalifiseer om swembadsleutels te koop:

Ouers van ons Laerskool. (Graad R ouers ingesluit) Slegs ouers wat op datum is met hulle skoolfonds (Ook gr. R ouers) Die sleutel mag net gebruik word vir die gesin, m.a.w. pa, ma en

kinders. Geen ander gesinne, partytjies of maats nie. Oud Jakkies wat in die vakansie wil kom oefen. Slegs in Desember

en Januarie. Dit is slegs vir swemmers en nie vir sosiale gebruik nie. Die swemklub oefen in elk geval gedurende die vakansie. Ouers wat die swembadreëls nie nakom nie, sal ongelukkig gevra

word om hulle sleutels in te handig. Hierdie is ‘n voorreg, nie ‘n reg nie.

Die Beheerliggaam behou hom die reg voor om ‘n sleutel op meriete aan ‘n persoon te verskaf of te weier.

AGTERSTALLIGE OUERS:Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende Beheerliggaambesluit:Indien ‘n leerder se skool- en busgeld agterstallig is, mag hy of sy nie aan Lapeza tennis, klubswem of gimnastiekklub deelneem of behoort nie.

JACOBSDAL KLINIEK: [AFSKEURSTROKIE]Suster Madeleine du Toit van Jacobsdal Kliniek kom op Maandag, 17 November na die Kleuterskool om vir die ses jariges die volgende inspuiting te gee:TD-inspuiting: Witseerkeel en Klem-in-die-kaak

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB36.docx · Web viewAansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor

Sy gaan ook vir hulle poliodruppels gee. Indien daar leerders is wat nog nie hierdie inspuiting of poliodruppels gekry het nie, sal sy dit vir hulle kom gee. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en vóór Maandag, 17 November by die klasonderwysers inhandig.

OUERVERENIGING:Lede van die nuwe Ouervereniging het ‘n vergadering op Maandag, 10 November om 7:30 in die biblioteek.

KOSHUIS:Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende:

Geen dagskolier mag ‘n selfoon koshuis toe neem nie. Die sein by die koshuis is nie altyd so goed nie. Indien u nie

antwoord kry op die koshuis se selfoon nie, stuur asseblief ‘n sms.

LEERDERDEELNAME:DOGTERSTENNIS: UITSLAE TEEN DOUGLAS:0/13A wen 4 – 2 0/11B verloor 4 – 2

WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK: [AFSKEURSTROKIE]Die 0/13A, 0/11A en die 0/9A dogterstennisspanne speel op Maandag, 10 November teen Newton op hulle bane. (0/13A en 0/11A by Noordkaap se bane en 0/9A by Newton) Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 10 November na die klasonderwysers terugstuur. Spelers kan om 13:00 verdaag en die bus vertrek om 13:15. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar. Wedstryde begin om 14:30. (Tennisoefening staak na hierdie wedstryde)

KRIEKET:Die 0/13 krieketspan het met 61 lopies teen Staats verloor en met 62 lopies teen Kimberley Gekombineerd.Die 0/13’s speel op Maandag, 10 November teen Newton. Almal ry met die bus en R30 busgeld is vooraf betaalbaar. Die bus vertrek om 15:30 en die wedstryd begin om 17:00.

ATLETIEK:Sterkte aan ons atlete wat op Vrydag, 7 November aan die Jim Fouché Uitnodigingsbyeenkoms gaan deelneem. Almal het inligtingsbriewe ontvang.Ons sluit die voorlopige Sone Atletiekspan by die nuusbrief in, asook ‘n lys van reserwe atlete wat ook die atletiekoefeninge mag bywoon ter wille van ontwikkeling.

SWEM / SWEMBAD:Baie geluk aan Michela Steenkamp wat ‘n vierde en vyfde plek tydens die Vrystaat Swemproewe op Saterdag, 1 November vir 100m en 50m borsslag behaal het.Sterkte aan Theunie en Wessel wat op Saterdag, 8 November as lede van die Noordkaap swemspan aan ‘n Interprovinsiale kompetisie op Sasolburg gaan deelneem.Ouers moet asseblief kennis neem dat die swembad op ‘n Dinsdagoggend vanaf 6:30 tot 13:00 skoongesuig word. Niemand mag in daardie tyd swem nie asseblief.

AMESA WISKUNDE:Geluk aan CJ Marx en Cathrene v Heerden wat silwer sertifikate verwerf het.

KUMON WISKUNDE:Baie geluk aan Anica Ueckermann wat aan die Kumon Wiskunde en Engelse kompetisie deelgeneem het en ‘n eerste plek (Wisk) en tweede plek (Eng) in Afrika behaal het. Ons is baie trots op jou, Anica!

WISKUNDE IN AKSIE:Geluk aan Cecile van Graan wat na die pretdag van Wiskunde in Aksie op Saterdag, 15 November uitgenooi is, na ‘n kompetisie wat deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns geloods is.

SWEMKLUB: (AFSKEURSTROKIE]Ouers wat hulle kinders in die vakansie wil laat oefen moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 10 November na die klasonderwysers terugstuur. Groepindelings moet gemaak word.

LAPEZA TENNIS:Aangesien die afrigters verlede week nie hier was nie, het al die Lapeza ouers R70 krediet op hulle rekeninge. Hierdie geld sal onmiddelik teen u kind se skoolgeldrekening gekrediteer word. Indien u ‘n probleem daarmee het, kan u op Maandag, 10 November by die finansiële kantoor ‘n draai maak en met mev Olwage ‘n reëling tref.

ALGEMEEN:KONSERTFOTO’S:Ouers wat nog konsertfoto’s wil bestel kan direk met Clivé kontak maak. Haar nommer is: 0837083974

KAMMALAND:

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB36.docx · Web viewAansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor

Belangstellendes word uitgenooi na Kammaland se konsert op Vrydag, 7 November om 19:00. Kaartjies is by die deure beskikbaar @ R30 vir volwassenes en R10 vir Laerskoolkinders. Kleuters kan gratis ingaan.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

SKAAPKOP-ETEJACOBSDAL GHOLFKLUB

29 NOVEMBER 201418:30

R150 PER KOPKNIPMES INGESLUIT

KONTANTKROEG

BESPREEK VROEGTYDIG082 524 9031

INBETALINGS: S E KNOETZE, ENB TJEKREK. 52561534292

[VERWYSING: JOU NAAM EN SKAAPKOP]

GEBEDSLYS:Emile Masuret

Tersia Mostert (skoonma)

~~ BLIKKIESKOS ~~

Huis Blydskap is een van die huise by die Kinderhuis in Bloemfontein.

Hulle kry baie swaar en ons wil hulle graag ‘n bietjie help.

Almal wat wil, kan op Maandag, 10 Novemberblikkieskos (soveel soos wat jy wil) saambring skool toe

en in die houer voor die boekstoor plaas.

BAIE DANKIE BY VOORBAAT!

BAIE DANKIEAAN HIERDIE

PERSONE EN

INSTANSIESWAT

BORGEWAS MET

ONS

GHOLFDAGOP

1 NOVEMBER2014

Ons waardeer julle!

KAREEHOF KOSHUIS

Kandirri Game lodge H GeldenhuysSasko J BothaOVK H EsterhuizenSubtropico Kby B & H LandboudiensteGWK Luckhoff HalsteadGM Motors R & R LewendehawePioneer Bayagro - DippiesHinterland Bfn Graintrans vervoerHinterland Pbg GWK Modderrivier1 Stop Promo James Oertel (Jnr)Schalk Fourie GWK KimberleyAbrie Strauss Hein v ZylAndre Hugo NC Farming SuppliesHannes vd Watt Provan DrankwinkelJames Oertel (Snr) Johan DuvenhageVodacom Blue Moon LiquorsR Smith SakataElzabe Marx Superarmature WindingAnnerene v Heerden Albertus VermeulenOppiehoekie slaghuis Aqua Friend

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB36.docx · Web viewAansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN NEWTON (Maandag, 10 November)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

GAAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EN KAN ______ ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: ____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R30

AFSKEURSTROKIE: SWEMKLUB

OUER: _____________________________________

SWEMMER: _________________________________

STEL BELANG OM GEDURENDE DIE VAKANSIESWEM TE OEFEN.

HANDTEKENING VAN OUER:

___________________________

AFSKEURSTROKIE: JAARBLAD 2014 OUER: __________________________________________________

LEERDER: _____________________________________________

GRAAD: _______

WIL GRAAG _____ (AANTAL) JAARBLAD BESTEL

BEDRAG INGESLUIT: R ___________

HANDTEKENING VAN OUER: _____________________________

DATUM: ____________

AFSKEURSTROKIE: JACOBSDAL KLINIEK

OUER: _____________________________________

LEERDER: _________________________________

OUDERDOM: _________ GRAAD: _______

HIERMEE GEE EK TOESTEMMING DAT MY KIND DIE VOLGENDE INSPUITING EN/OF POLIODRUPPELS KRY:

TD-INSPUITING:

POLIODRUPPELS:

HANDTEKENING VAN OUER: ___________________________

KONTAKNOMMER: ________________________

DATUM: ______________________

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB36.docx · Web viewAansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor

VOORLOPIGE SONE ATLETIEKSPAN: 2015Neem asseblief kennis van die volgende:

‘n Atleet moes bo 400 ASAPE-punte hê om te kwalifiseer. Slegs twee atlete per ouderdom / per item word vir die Sone byeenkoms ingeskryf. Nuwe leerders (2015) sal die geleentheid kry om teen huidige leerders deel te neem

om in aanmerking vir die span te kom. ‘n Atleet mag slegs aan vier items deelneem. ‘n Ekstra item kan oorweeg word mits die atleet 380 of meer ASAPE-punte behaal

het en mits hy/sy onder die eerste drie plekke in die item was. Hy/sy mag egter nie ‘n atleet wat ‘n beter plek behaal het, uit die span haal nie.

Reserwes sal aangewys word wat saam met die span oefen totdat inskrywings vir die Sone-byeenkoms in 2015 gedoen word.

OUD: NAAM EN VAN: ITEMS:0/7 Micu Engels 60m 80m

Jannes Krause 60m 80mRiko Swart 60mDylon Scholtz 80m

0/8 Linkie Lesia 60m 80mLeané van Eeden 60m 80mJW Roelofse 60m 80mPhillip Roodt 60m 80m

0/9 Ankia van Schalkwyk 60m 80mCarla Meintjes 60m 80mMarius Etzebeth 60m 80mHanru Krause 60m 80m

0/10 Cayla Da Camara 80m 100m 1200m 70mH VS (deernis)Marlene Smith 100m 1200mAnneline de Wet 70mHSané Wilken GSLeané du Toit GSWessel van Niekerk 80m 100m 70mH VSNico Geldenhuys 80mJuhan Swanepoel 100m 70mHAnsley Naudé 1200mChristopher Beylefeld 1200m

0/11 Chrisna Roelofse 80m 100m 1200m 75mH HSAnke Duvenhage 80mNinke Jacobs 100m 1200m

Miandi Steenkamp 75mH GSCarlien McLachlan GS (afstand dieselfde)Magdelize van Zyl GS (afstand dieselfde)Wikus Wessels 80m 100mWynand Botha 80m 100m 75mH GSTheunie vd Merwe 1200m 75mHJunior van Niekerk GS

0/12 Michela Steenkamp 100m 75mH GS DG SGEvita Kock 100m 150mMarike Brönner 100m (deernis) 150m (deernis)Anri Meades 150m 150mHJomari Lübbe 1200m 150mH SGNicolene Scholtz 75mHCathrene van Heerden GSMirelle Bekker DGJacques du Plooy 100m 150m 75mHRoux Delport 75mHCJ Marx GS DG

0/13 Elisma du Plooy 100m 200m 800m HS VSVerien Hills 100mSuzelle Fourie 200m GSEstelle Schutte 800m 1500mMaroeschka van Zyl GSDanie Botha 100m 200m 80mH 200mHPieter Grobbelaar 100mJonathan Schutte 1500mJason Schutte 1500mWico Oberholzer 80mH (deernis) 200mHLodewyk du Toit DG SG

“Deernis” beteken dat die atleet weens omstandighede by die byeenkoms, weer ‘n geleentheid sal kry om vir die span te kwalifiseer.

Atlete moet kennis neem dat daar by elke oefening presensie gehou gaan word. Verskonings moet vooraf persoonlik

by afrigters gemaak word. Indien ‘n atleet 3 oefeninge sonder ‘n geldige verskoning mis, kan hy/sy uit die span gehaal word.

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB36.docx · Web viewAansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor

RESERWE ATLETE (ONTWIKKELINGSPAN)

ITEM: NAME:

60mEsna Marais, Franco Wiid, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs, Johandri Masuret, Sandri van Niekerk, Ewan Burger, Tiaan le Roux

80m

Divan Thuntsa, Vuyani Moore, Jaun Pretorius, Anneline de Wet, Gudrin Speek, Kayla vd Linden, Ansley Naudé, Ruben van Zyl, Lené Lavarack, Nicolaas vd Walt

100mSuzelle Fourie, Abrie Engels, Bonolo Julies, Kobus Hugo, Anke Duvenhage, Divan Thuntsa, Cayla Da Camara

150m Mirelle Bekker, Kobus Hugo200m Ané Joubert, Abrie Engels, Edmon Naudé

70mH Jaun Pretorius, Anneline de Wet, Zoë-Lee Zondagh

75mH Marieke Brönner, Mirelle Bekker, Anri Meades, Julian Range

80mH Pieter Grobbelaar, Abrie Schutte, Vuyani Saliwe800m Istelle Schutte

1200m Vuyani Moore, Anica Ueckermann, Juhan Swanepoel, Handré Jacobs

1500m Pieter Grobbelaar, Bartus vd MerweDG Jan-Hendrik Esterhuisen, Bryan Da Camara

GSVerien Hills, Fransien Steenkamp, Ané Joubert, Vuyani Moore, Elana le Roux, Phillip Noeth, Rian Steenkamp

HS Wico Oberholzer, Pieter Grobbelaar, Edmon Naudé

VSDanie Botha, Elana le Roux, Anke Duvenhage, Wikus Wessels, Juhan Swanepoel, Nico Geldenhuys

SG Tiffany Joubert

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB36.docx · Web viewAansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL

Aansoeke word ingewag vir ‘n permanente

SPORTORGANISEERDER

AANVANGSDATUM: 12 Januarie 2015

Volledige CV met aansoekbrief inhandig of epos

na [email protected]

NAVRAE:Skoolhoof, mnr PW Tait by

[email protected]

Piet RetiefstraatJACOBSDAL053 5910039

Faks: 053 5910103

Aansoeke sluit: 17 Nov 2014

(‘n Jaarlikse kontrak word gesluit)

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB36.docx · Web viewAansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor
Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB36.docx · Web viewAansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor

Kyk wie het presteer die afgelope eksamen?En dit alles te danke aan Biolink!

Boeta se gemiddelde % vir verlede Bryan se konsentrasie het defnitief verbeter en hy kwartaal het met meer as 5% gestyg fokus makliker op die taak waarmee hy besig is. Hy vandat hy by Biolink is. Hy leer ook doen sy huiswerk in ‘n korter tyd omdat hy meer

op sy eie waar ek altyd by hom moes gefokus is. - Delenesit. Sy algemene houding is baiepositief en hy kan nie wag om indie oggend na tannie Miranda toete gaan nie! - Tanya

Dit was die eerste kwartaal in 2 jaarwat James al sy vakke deur is. Sy punte het met ‘n gemiddeld van20% per vak gestyg. Dit is absoluut wonderlik! - Lara

Spesiale aanbod!!!

Enigeen wat tussen 7 en 14 November hul Biolink-sessies bespreek vir volgende jaar, kan die Tova-toets, ter waarde van R300, gratis kry!!!Maak seker jy maak gebruik van hierdie aanbod – jy sal nooit spyt wees jy het in jou kind belê nie!Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 vir meer inligting!

Kyk uit vir volgende week se

presteerders! Biolink is omtrent trots op elkeen!