32
W ees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. - Josua 1:9 Gebede vir Bemoediging 1

Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang ... for E Afrikaans.pdf · Vandat ek gehoor het ek is MIV positief, sien ... Ek onthou hoe ’n vriendin my vertel het van

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie,

moenie bang wees nie,want Ek, die Here jou God,is by jou oral waar jy gaan.

- Josua 1:9

Gebede vir Bemoediging 1

BewaringLees Johannes 10:1-18

Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors.

— Jesaja 40:11

Ek het deur ’n moeilike tyd gegaan en het moedeloos en bang gevoel. Ek het gedroom dat ek ’n klein kind was en

deur ’n enorme reus van ’n man vasgehou. Hy het my teen sy bors gehou en baie vinnig op ‘n besige sypaadjie gehardloop. Ek het geen vrees gehad nie, maar net ’n gevoel van veiligheid en sekuriteit. Toe ek wakker word, was ek bewus van die volgende woorde na aan my hart: “Veilig in Jesus se arms.” Jesus Christus — groot, kragtig en vol liefde — hou ons stewig vas al gaan ons deur die lewe se woeste storms. Al voel ons bang en moedeloos, hou Jesus ons vas en beskerm ons met Sy lewe. Wanneer ons onsekerheid, pyn, siekte of ander struikelblokke teëkom, onthou: “Jesus Christus, die Een wat groter is as enige probleem, hou my na aan Sy hart. Ek is kosbaar en veilig in Sy arms, waar Hy my vashou in hierdie lewe, veilig, verewig.Gebed: Here Jesus, U het ons so lief dat U ons nooit sal verlaat nie. Ons is te swak om vas te hou, maar U hou ons stewig en veilig vas. Dankie vir U liefde. Amen

Gedagte vir vandagJesus Christus is groter as enigiets wat jy ooit sal teëkom.

Elaine Richardson (Suid-Afrika)

2 Gebede vir Bemoediging

Gebede vir Bemoediging 3

Die Dans gaan voortLees Markus 6:53-56

Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is… want julle het gesterwe, en julle lewe is

saam met Christus verborge in God.— Kolossense 3:2-3

Paar jaar gelede het ons ons seuns, Tim en Fred aan VIGS afgestaan. Tim het op die 21ste Desember 1990 gesterf en Fred die volgende jaar op die 20ste September 1991. ’n Donker en eensame gevoel bly in ons harte. Ons vermoed dat dit nooit sal weggaan nie. Al is dit so, ken ons God se gawe van genesing. Genesing word ervaar deur ons geloof in die krag van Jesus Christus wat die dood oorwin. Die opgestane Here beloof dat omdat Christus lewe, Tim en Fred ook lewe. Na Tim en Fred se dood het ons oor ons ervarings geskryf in ‘n boek getiteld Dancing in a Wheelchair. Ons vertel nog steeds dié verhaal aan ander wat dieselfde beleef. Deur ons storie te ver-tel aan studente van Indië, leraars van Zimbabwe en ouers in ’n klein Amerikaanse dorpie, dra ons mekaar op die hande en vind ons ’n manier om met vertroue en genade aan te hou dans.Gebed: God van liefde en vrede, vul diegene wat lewe met MIV en VIGS met hoop. Omvou hul met ‘n vriendekring wat hulle sal onderhou, vir hulle sal omgee en wie in geloof sal aanhou dans. Amen

Gedagte vir vandagAlle dank aan God wat ons omvou met oneindige sorg.

Biskop Fritz en Etta Mae Mutti (Missouri, V.S.A.)

’n

4 Gebede vir Bemoediging

Die goeie - en slegte daeLees Psalm 23

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie…Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie…U goedheid en

liefde sal my lewe lank by my bly.— Psalm 23:1, 4, 6

Ek lewe nou al vir twee dekades met MIV, dus ken ek swaarkry: longontsteking, gewig- en spierverlies, tamheid,

depressie en om amper 3000 van my vriende deur MIV/VIGS te verloor. Op my goeie dae groet ek die môre met ’n glimlag, dank God vir nog ’n pragtige dag en lewe voluit. Tydens die slegte dae is dit moeilik om te aanvaar dat ek met VIGS lewe. Ek begin daardie dae met ’n eenvoudige gebed: “Here, U weet dat vandag vir my moelik is. Ek het U hulp nodig.” Sodra ek God se arms om my voel, onthou ek Psalm 23. Dan kan ek uit my bed uit opstaan terwyl ek my gunsteling gesang sing “Dan moet ek juig…hoe groot is U!”1

Al mag ek steeds ly en dit vir my moeilik is om deur my werk te kom, kan ek nog steeds glimlag en aangaan met ’n verligte hart.Gebed: Here, mag ek vandag voel hoe U liefdevolle arms my vashou. Mag dit ook so wees vir almal wat ly. Amen

Gedagte vir vandagGod gee krag vir elke dag.

Dave Daniels (Tennessee, V.S.A.)

1 Die oorspronklike lied is getiteld How great Thou Art deur Stuart K. Hine, © 1953, hernu in 1981 Manna Music, Bpk.

Gebede vir Bemoediging 5

Lewende Water vir die wat dors het

Lees Johannes 7:37-39[Jesus het uitgeroep:] As iemand dors het, laat hy na My toe

kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: ‘Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.’

— Johannes 7:37-38

Ons het ’n familievriend gehad wat ’n baie aktiewe en gelukkige dame was. Sy was ’n ma van drie en het ’n baie

energieke en werksame lewe gelei. In haar 40’s het sy begin ly aan tamheid, het duislig gevoel en het probleme ontwikkel met haar balans. Met die verswakking in haar gesondheid is sy toe gediag-noseer met veelvuldige sklerose. Sy was haar lewe lank ’n blymoedige Christen en het almal om haar aangemoedig wat swak en angstig gevoel het. Skielik was sy self swak en na ’n paar jaar was sy beperk tot haar bed en rolstoel. Haar krag was weg, maar sy het geglo dat Jesus haar dors vir die lewe kon les. En nie net vir haar nie. Die mense wat vir haar gaan kuier het by die huis of in die hospitaal, kon in haar ’n sterk geloof sien wat haar ellende en swakheid oorwin het. Hulle het haar altyd verlaat, self vervul met hernude hoop en moed. Mense wat lewe met MIV en VIGS, malaria, tuberkulose en ander ernstige siektes bring baie keer soortgelyke hoop en moed aan ander.Gebed: Here, deurdat U vir my krag gee in my tye van swakheid, mag ek ’n bron van krag wees vir ander mense. Amen

Gedagte vir vandagGee dank met ’n blye hart.

Biskop Rüdiger Minor (Duitsland)

6 Gebede vir Bemoediging

Ons God van hoop,U liefde maak die

onmoontlike moontlik.Wanneer ons skynbaar onmoontlike situasies teëkom,Herinner ons aan U liefdeEn die moontlikhede wat dit bring.

Amen

Gebede vir Bemoediging 7

Luister, so sê die Here wat jou geskep het… Moenie bang wees nie, Ek verlos jou,

Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.As jy deur water moet gaan, is Ek by jou,Deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie;As jy deur vuur moet gaan,Sal dit jou nie skroei nie,Die vlamme sal jou nie brand nie.…Omdat jy vir My kosbaar is,omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet…

— Jesaja 43:1-2, 4

8 Gebede vir Bemoediging

Om dag-vir-dag te leweLees 1 Johannes 4:16-5:5

God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in hom.

—1 Johannes 4:16

Ek gee dank aan God vir God se genade en vir Sy oneindige, ewige liefde. Vandat ek gehoor het ek is MIV positief, sien

ek God as ’n goddelike geneesheer. Nadat my man oorlede is en baie mense om my begin sterf het, was ek verpletterd om alleen te lewe met die stigma om MIV-positief te wees. Ek het dag-na-dag geworstel, maar God het Homself aan my openbaar. Ek het gelydelik geleer om daag-liks op God te vertrou. Ek glo dat God my vertrou om, net soos Job, ’n voorbeeld te wees in hierdie omstandighede. Tot dusver was ek nog nie bedlêend nie, tog ervaar ek dat God se genade werklik vir my ge-noeg is. God gee nie soos die wêreld gee nie en God se optrede is nie soos ons s’n nie. Ek bid gedurig: “Laat U wil altyd geskied in my lewe, nie myne nie.” Dit is belangrik om jouself daagliks aan God se wil te onderwerp.Gebed: Liefdevolle God, help ons om bo alles na U wil te strewe. Maak ons oë oop sodat ons U kan sien. Amen

Thandekile M. (Suid-Afrika)

Gebede vir Bemoediging 9

Ons is nie alleen nieLees Psalm 102

Here, luister tog na my gebed, hoor tog my geroep om hulp! Moet U tog nie van my afsydig

hou nou dat ek in die nood is nie.— Psalm 102:2-3

Ek was bewus van die menige oë wat op my gerig was gedurende ’n besoek aan ’n VIGS en Tuberkulose hospi-

taal. Ek het gewonder wat die mense gedink het. Wat het deur my gedagtes gegaan toe ek die stille en lydende vroue, mans en kinders ontmoet het? Dit was hartseer om die pyn en wanhoop in hulle oë te sien. Wat kon ek doen om hul pyn weg te neem, om hul sorge te verlig? Ek onthou hoe ’n vriendin my vertel het van haar benoud-heid toe haar bure haar nie besoek het na haar man se dood nie. Sy het nie net haar man verloor nie, maar ook baie verhoudings, want mense het nie geweet wat om vir haar te sê of wat om vir haar te doen nie. Ons kan nie ’n persoon terugbring uit die dood nie, maar kan wel vir dié sorg wat agterbly. Ons vind dit makliker om te skuil van die ellende wat ons sien, want ons voel oorweldig. Ons het wel ’n gawe: om lyding te herken, om uit te ryk in vriendskap en besorgdheid, om gehoor te gee ter wille van dié wat nie gehoor word nie.Gebed: Liefdevolle God, mag ons bewus word van U liefde asook die sorg en medelye van mense om ons. Ons is nie alleen nie, want U liefdevolle Gees is met ons. Help ons om in liefde teenwoordig te wees vir ander. Amen

Gedagte vir vandagWanneer ons liefde bewys, verpersoonlik ons God se sorg.

Bonnie J. Messer (Colorado, V.S.A.)

10 Gebede vir Bemoediging

Jesus hou ons sagkens vasLees Johannes 1:1-14

Die Woord het mens geword en onder ons kom woon.— Johannes 1:14

Ek hou baie van die skrifgedeelte wat verwys na Jesus se menswording en hoe Hy tussen ons kom lewe het. Ons

menslikheid het verander, omdat Jesus mens geword het. Jesus is teenwoordig in alle wyse. Wat beteken dit om te sê dat Jesus saam my is wanneer ek wag vir toetsuitslae of ly aan ’n siekte? Ek het myself die vrae afgevra toe ek jare terug met siekte geworstel het. Ek het vir Jesus gevra: “Hoe het U u worsteling hanteer?” In die Skrif het ek gevind dat Jesus gereëld na die Vader gegaan het om te bid, Sy ervarings en sorge te deel en om vrae te vra. Jesus het die liefde van Sy Vader geken en is selfs “my geliefde” (Matteus 17:5) genoem. Jesus het ook na Sy vriende gegaan. Hy het sy lewe met ou- en nuwe vriende gedeel, al het hulle Hom nie altyd verstaan nie en hom selfs somtyds teleurgestel het. Dit het gehelp. Ek het begin bid en luister en stadigaan God se stem gehoor my naam uitroep en vir my sê: “Jy is my ge-liefde”. Ek het myself ook begin beskikbaar stel om ou- en nuwe vriende te vertrou. Deur die wat my aanvaar en vir my omgegee het, was ek bewus van Jesus se teenwoordigheid. Laastens het ek vir Jesus, wat lyding geken het, gevra om my sagkens vas te hou. Hy hou my nog steeds vas, in meer maniere as wat ek ooit kon droom.Gebed: Jesus, U ken ons menslikheid. Ons vra U om ons vas te hou, ons te genees en om ons lief te hê. Amen

Gedagte vir vandagEk is God se geliefde.

Maria Cimperman (Ohio, V.S.A.)

Gebede vir Bemoediging 11

Genade tussen doringsLees 2 Korintiërs 12:5-10

My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.

— 2 Korintiërs 12:9

My ma is na haar stryd teen kanker na die Paradys opg-eneem. Al was die pynmedikasie baie sterk, het sy steeds,

te midde van die pyn, haar bewussyn verloor. Wetend dat sy nie hierdie siekte sal oorleef nie, kon ek aanvoel dat haar nuwe lewe in die hemel naby was. Die apostel Paulus het gepraat van “…’n doring in die vlees” wat aan hom gegee is (2 Korintiërs 12:7). Toe hy vra vir die ver-wydering van die doring, was aan hom gesê: “My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is (2 Korintiërs 12:9). Paulus het geweet dat Christus se krag teenwoordig was in sy lewe, tot in sy swakhede. “Soos’nlelietussendorings,soismylieflingtussendiemei-sies” (Hooglied 2:2). Baie mense lees hierdie vers as Christus se liefdesbelydenis aan sy heiliges. Wanneer ons dieper delf, ontdek ons ’n lydende liefde vir die heiliges, met dorings bekroon, wat in Hom herenig is. ’n Persoon wat deur siekte die dood in die gesig staar is soos ’n lelie tussen die dorings, ’n kind van God, wat die lelie se soete aroma verprei. So ’n persoon is ’n getuie van God se krag wat tot volle werking kom in die swakheid wat siekte bring.Gebed: Here, verander ons swakheid na krag deur U genade, ons dorings na die aroma van Christus. Amen

Gedagte vir vandagGod se genade is, vir almal en in alles, genoeg.

J.C. Park (Korea)

12 Gebede vir Bemoediging

Psalm 23

Die Here is my herder,Ek kom niks kort nie.

Hy laat my rus in groen weivelde.Hy bring my by waters waar daar vrede is.Hy gee my nuwe krag.

Hy lei my op die regte paaieTot die eer van sy Naam.

Selfs al gaan ek deur donker dieptes,Sal ek nie bang wees nie,Want U is by my.In U hande is ek veilig.

U laat my by ’n feesmaal aansit,Terwyl my teëstanders moet toekyk.U onvang my soos ’n eregas,Ek word oorlaai met hartlikheid.U goedheid en liefdeSal my lewe lank by my blyEn ek sal tuis wees in die huis van die HereTot in lengte van dae.

Gebede vir Bemoediging 13

VertroostingLees Markus 3:35-41

“Meneer, gee U dan nie om dat ons vergaan nie?” Toe staan Hy op, bestraf die wind en sê vie die see: “Hou op! Bedaar!”

Die wind het gaan lê en daar het ’n groot stilte gekom.— Markus 4:38-39

Ek het nagedink oor die wêreld se gesukkel met VIGS en het myself al gevra: “Waar kom hierdie siekte vandaan?

Waarom val dit mense aan — ons is God se skepping?” Ek kry nie ’n antwoord nie. Ek kan maar net mediteer, bid en God vra om die mensdom te red. Ek glo dat ons, net soos Christus genes-ing gebring het, ’n kuur vir hierdie siekte sal kry. Ons sal gered word en die wêreld sal van VIGS bevry word. Die disipels het om hulp geroep toe hulle dink hul boot vergaan, maar Jesus het die see sowel as die dissipels kalmeer. Ek het hoop dat Jesus Christus die storm van MIV en VIGS wat ons in die gesig staar, tot bedaring sal bring. Ek voel gerus en juig wanneer ek God se bemoedigende woorde lees. God sal altyd teenwoordig wees met Sy mense.Gebed: Almagtige en alomteenwoordige God, help ons om die pyn in ons harte te oorwin. Leer ons om met hoop te lewe. Amen

Gedagte vir vandagJesus Christus kan die storms van die lewe bedaar,

selfs as daar nie genesing is nie.

Armindo Mapoissa (Mosambiek)

14 Gebede vir Bemoediging

MIV-PositiefLees Psalm 42

Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God! Ja, ek sal weer vir Hom ‘n loflied sing. Hy is

my helper en my God!— Psalm 42:12

Ek is op die 4de Desember 2001 as MIV-positief gediagnoseer. Ek het vuil gevoel. Ek het myself vir my

domheid en sorgeloosheid blameer. Al waaroor ek kon dink was die dood. Ek was depressief en bang om my ouers te vertel oor my MIV-status. Ek het gedink ek word deur MIV vir my sondes gestraf. Dit was toe dat ek besef dat ek met myself en met God vrede moes maak. Nou is ek gelukkig. Ek is nie meer bang om my ouers te vertel oor my MIV-status nie. Ek ag myself as uitverkose, gewillig om op te staan en om ander mense te wys dat as jy op God vertrou, niemand in jou pad kan staan nie.Gebed: Heilige God, ons gee U dank, dat al is ons sondaars, wil U net dit hê wat vir ons goed is en ons nie met siekte straf nie. Dankie vir Jesus, Hy wat ons wys dat U almal liefhet en waardig ag om voor te sterf. Help ons om in hierdie goeie nuus te glo. Amen

Gedagte vir vandagGod is lief vir ons en wil net dit hê wat vir ons goed is.

Vuyelwa M. (Suid-Afrika)

Gebede vir Bemoediging 15

Waar is God?Lees 1 Korintiërs 12:12-20

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.— Filippense 4:13

In drie kort maande het ek Bryan, my genotvolle en talente seun, sien hulpeloos word as gevolg van gewasse op sy brein

wat veroorsaak was deur VIGS. Hierdie seun, wat God geken en met sy gawe van sang geloof het, het mettertyd leweloos gelê en was besig om te sterf. Hierdie aaklige siekte het Bryan van sy spraak, sy mobiliteit, sy liggaamlike funksies en sy glimlag beroof. Soos wat ek langs Bryan se bed sit en sy hand vashou, het ek deur my trane gebid: “Waar is U, o God?” Daar was ’n antwoord. God was in die gerusstellende en liefdevolle woorde van Suster Mary, die hospice kapelaan. God het my vasgehou deur Fran, die gemeenskaplike werker, se druk-kies.Godwasindiefluksehandeenvoetevandieverpleegsterswat na Bryan omgesien het. Hy was in die liefevolle hart van Damon, Bryan se vriend en ’n vrywillige werker by hospice. God het met my gepraat deur die lag en trane van familie en vriende wat kom kuier het en ook in ons Pastoor, Denny, se woorde van versekering. Soos wat ek in hierdie mense se gesigte gekyk het, kon ek Jesussien!Elkeenhetna’nspesifiekenoodomgesien,saamhethulle al my sorge gedra. Hierdie mense was vir my ‘n goeie voor-beeld van die Liggaam van Christus!Gebed: Ons loof U, o God, vir al die maniere waarop U Uself aan ons openbaar. Dankie dat U vir ons lief is en vir ons sorg, veral in tye wanneer ons harte swaar is. Amen

Gedagte vir vandagOns sien God in elke gebaar van liefde en barmhartigheid wat aan

ons bewys word.Kathryn A Sutton (Texas, V.S.A.)

16 Gebede vir Bemoediging

SkrifgidsWoorde van geloof vir tye van lyding.

Baie mense het al in tye van lyding krag gevind in hierdie woorde van geloof uit die Bybel. Gebruik hierdie lys gedurende moeilike tye om ’n Skrifgedeelte te vind vir nadenke.

Wanneer jou laste swaar isMatteus 11:28-30

Wanneer jy besorgd isFilippense 4:6-7; 1 Petrus 5:7

Wanneer jy alleen voelPsalm 121

Wanneer jy skuiling soekPsalm 91

Wanneer jy moed nodig hetJosua 1:9

Wanneer jy hartseer isJohannes 14:27

Wanneer jy bang isPsalm 27:1

Wanneer jy ’n nuwe begin benodigKlaagliedere 3:22-24

Gebede vir Bemoediging 17

Wanneer jy krag benodigJesaja 41:10

Wanneer die pad donker lykPsalm 23:4

Wanneer jy bang is vir die doodJohannes 11:25-26

Wanneer jy vasberaadheid benodigHebreërs 12:1-2

Wanneer jy voel asof jy verdinkPsalm 69:1-3

Wanneer jy nie weet wat om te bid nieRomeine 8:26-27

Wanneer dit voorkom dat Jesus nie by jou is nieLukas 24:13-35

Wanneer jy bang is vir die toekomsJeremia 29:10-11

Wanneer jy God wil dankJesaja 25:1

Wanneer jy ’n Advokaat nodig hetHebreërs 4:15-16

Wanneer jy God se vergifnis nodig hetPsalm 51:1-3; Romeine 8:1

Wanneer jy wil gloMarkus 9:24

18 Gebede vir Bemoediging

Trane van vreugdeLees 2 Korintiërs 2:3-7

Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring.— Psalm 126:5

Ek was grootgemaak om te glo dat huil ’n teken van swakheid is. “’n Man huil nie”, “Moet nooit laat enigeen jou sien huil

nie”. My gunsteling keps het in 2001 gedurende my verblyf in ’n rehabilitasiesentrum vir verslawing verdwyn. Hierdie baie spesiale hoedjie was gesteel! Die ander pasiënte het my help soek en teen laatmiddag was die skuldige gevind en my pet aan my terugbe-sorg. Sommige van die pasiënte het voorgestel dat ek wraak moet neem, ander het my aangemoedig om te vergewe. Voordat ek die persoon kon konfronteer, moes ek vir ’n ruk alleen wees. Ek het na die kapel gegaan en vir die eerste keer in my lewe ’n drang gevoel om te bid. “Here, wat moet ek doen?”. Dit is toe dat dit gebeur — ’n geloofsontwaking. So tussen die trane deur het ek my antwoord ontvang. Ons was almal in hierdie plek om deur die hulp wat ons ontvang, ons verslawings te oorkom. Ek het hierdie man nodig gehad om my te help met my verslawing en ek kon hom ook help. Nog iets het gebeur. Ek het agtergekom dat hierdie nie trane van droefheid was nie, maar trane van vreugde. Ek het nooit geweet dat so ’n wonderlike gevoel moontlik was nie! Dit was ’n gevoel van vreugde wat ek nooit sou geken het as ek nie my gevoelens ingehou het nie.Gebed: Here, dankie vir die gawe van trane. Amen

Gedagte vir vandagLaat ek myself toe om vandag die gawe van emosies te onvang?

Claude Genzel1 (Tennessee, V.S.A.)1 MIV+

Gebede vir Bemoediging 19

Moenie moed verloor nieLees 2 Korintiërs 4:1-18

Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie.Al is ons uiterlik besig om te vergaan,

innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.— 2 Korintiërs 4:16

In sy brief aan die kerk in Korinte, moedig die Apostel Paulus die mense aan om nie moed te verloor nie. Dieselfde God wie

Jesus Christus uit die dood opgewek het is in staat om ons deur enige tyd van lyding te dra. Al mag ons lyding in hierdie wêreld groot wees, kan dit nie vergelyk word met die glorie wat vir ons in die hemel wag nie. Ons het al baie gedurende sendingswerk vir siek mense gebid. Sommige van hierdie mense se siektes sou eindig in die dood. Al was daar mense wie genesing gevind het, was daar ook die wat gesterf het, al het hulle ook geloof gehad. Hierdie ervar-ings het my geleer dat ons aardlikse worsteling ons regmaak vir die glorie wat op ons wag, ’n glorie wat groter is as ons lyding. Ons kan ons aandag deur geloof en hoop rig op die glorie watoponswagindiehemel,alisonsfisieseliggaambesmetmetsiekte.Gebed: Here, ons geneesheer, help ons om te fokus op hoop. U het vir ons ewige heerlikheid voorberei, al is ons liggame deurtrek met siekte. Ons bid en glo dit in Jesus naam. Amen

Gedagte vir vandagVandag bied Jesus Christus aan ons hoop.

Philip Polo (Kenia)

20 Gebede vir Bemoediging

Voorkom nuwe besmettingLees Jesaja 40:1-11

’n Dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed.

— Johannes 10:10

As ’n mediese dokter en professor in Indië, rou ek elke keer wanneer nog iemand besmet word met MIV. Verlede jaar

het byna 5 miljoen mense hierdie siekte opgedoen. Ek vermoed dat God huil, want MIV is voorkombaar. Wêreldwye VIGS is die ergste gesondheidskrisis wat die mensdom in die laaste 700 jaar beleef. Baie mense ontken dit; hulle wil nie openlik of eerlik praat oor hoe hierdie siekte voorkom kan word nie. Soos Jesaja, voel ek somtyds asof ons “roep in die woestyn” en niemand luister na die dringende nood-saaklikheid van opvoeding, voorkoming, sorg en behandeling nie. Die MIV-virus is ’n dief wat lewe steel. In ons plattelandse VIGS pediatriese sentrum fokus ons op die voorkoming van Ma-tot-baba besmetting tydens geboorte. Ons sukkel om antiret-rovale medisyne te kry vir hierdie kinders wat deur die wêreld vergeet is. Ons streef ook om mense op te voed oor hoe hulle besmetting kan voorkom. Jesus het altyd vasberade probeer om mense te leer oor hoe om in oorvloed te lewe. Deur God se hulp moet ons almal aan maniere dink om voorkoming te bevorder, sodat almal “…die lewe kan hê, en dit in oorvloed.”Gebed: Here, gee ons die moed om openlik te praat oor hoe mense MIV besmetting kan voorkom. Amen

Gedagte vir vandagGod wil hê dat alle mense in oorvloed moet lewe.

N.M. Samuel, M.D. (Indië)

Gebede vir Bemoediging 21

Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger

of naakdheid, gevaar of swaard?

Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefhet. Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenwoordige of toekomstige dinge of kragte of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

— Romeine 8:35, 37-39

22 Gebede vir Bemoediging

Jesus kom nabyLees Matteus 11:28-30

Al sou my vader en moeder my verlaat, die Here sal my onder sy sorg neem.

— Psalm 27:10

Vele mense met MIV beweeg weg van God af omdat hulle dink hulle is sondaars en mislukkings. Ek sien my MIV

status as ’n teken van iets wat ek moet doen of verander. My hart se wens is vir ’n wêreldwye geneesmiddel vir MIV en VIGS. Die gemeenskap, vriende en familie diskrimineer somtyds teen en ontmoedig ons wat MIV-positief is. Vriende vermy ons omdat hulle dink dat as hulle saam met ons gesien word, mense sal dink dat hulle ook MIV-positief is. Familie verstoot ons omdat hulle dink dat ons MIV-status die familie se waardigheid benadeel. Ek het tog hoop. God het Suid-Afrika teen Apartheid gered, in tye toe bloed tussen ons mense gevloei het. Ons het vir vrede gedurende die verkiesing gebid en daar was vrede. God is met ons en God se teenwoordingheid verseker wonderwerke. Ons, wat MIV-positief is, kan vergewe, vergeet, ophou vingerwys, en kan ook weier om met geweld te reageer teenoor die wat teen ons diskrimineer en ons verneder. Dit is die Christus-manier.Gebed: Here Jesus Christus, gee aan ons wysheid om op U pad te loop en om eerlik te wees met mense om ons en met onsself. Leer ons om lief te hê sonder om die koste te tel. Amen

Gedagte vir vandagDie weg van Christus is om jou te vereenselwig met mense vir wie

die wêreld vermy.

Mathabo L. (Suid-Afrika)

Gebede vir Bemoediging 23

Die lewe kan vernuwe wordLees Johannes 11:32-44

Daar was ’n ryk man wat…elke dag feestelik en weelderig geleef het. En daar was ’n arm man met die naam Lasarus wat by die deur van die ryk man gelê het in die hoop dat hy van die oorskiet van die ryk man se tafel te ete sou kry. Hy was oortrek

van die swere en selfs die honde het daaraan kom lek.— Lukas 16:19-21

Nog geen teenmiddel bestaan vir MIV of VIGS nie. Daar is wel goeie nuus: daar bestaan nuwe antiretrovirale medi-

kasie wat beteken dat MIV en VIGS nie meer ’n automatiese doodsvonnis is nie. In die Nuwe Testament is daar geskryf oor twee verskillende mense wat Lasarus genoem was. Die een Lasarus was arm, siek, honger en was deur ’n ryk man geïgnoreer. Die ander Lasarus, die broer van Maria en Marta, het gesterf, maar is later deur Jesus opgewek. Hierdie Bybelse verhale herinner ons dat God ons roep om voorstaanders te wees vir wêreldwye toegang tot goedkoop en lewensreddende medisyne asook voedsel vir mense wat lewe met, onder andere MIV en VIGS, malaria en tuberkulose. In Eldoret in Kenia reik dokters twee voorskrifte uit: een vir kos en een vir medikasie. Mense wat eens, soos Lasarus, na aan die dood was, kan nou te danke aan nuwe antiretrovirale medikasie weer beweeg en werk. ’n Voorbeeld hiervan is Rose. Sy het amper gesterf, maar is nou ‘n assistant bestuurder van ’n plaas en, boonop alles, het haar drie kinders nog steeds hul ma. God vra mense wat ryk is om te deel sodat honger gestuit kan word en siek mense genesing kan vind.Gebed: God van die lewe, help ons om voorstaanders te wees vir voedsel en medisyne vir al God se mense. Amen

Gedagte vir vandagSkryf ’n brief wat mense en regerings aanspoor om voedsel en

medisyne te voorsien.Donald E. Messer (Colorado, V.S.A.)

24 Gebede vir Bemoediging

Sien, Luister, VoelLees Markus 1:40-45

Daar kom toe ’n melaatse man na Hom toe wat smekend op sy knieë voor Hom neerval en vir Hom sê: “As U wil, kan U my gesond maak.”… Hy sê toe vir hom: “Ek wil. Word gesond!”

— Markus 1:40-41

In hierdie Skrifgedeelte kry mens die gevoel dat Jesus daarop uit is om alles wat die mensdom dreig, te oorwin. Jesus oefen

sy gesag uit deur te preek en te genees. Jesus het ’n melaatse man genees, ’n persoon wat in Jesus se tyd verstote was. Die melaatse man het van nêrens te vore gekom, voor Jesus gekniel en gesê: “As U wil, kan U my gesond maak.” Alles waarvoor Jesus staan word dan in een pragtige sin opgesom: “Ek wil. Word gesond!” Ons weet nie hoe nie, maar die melaatse man het op een of ander manier geweet dat Jesus hom sou sien, regtig sien en hom soos ’n mens sou behandel en nie soos ’n verworpeling nie. Jesus het na hom geluister, na hom gekyk, hom aangeraak — drie dade wat niemand anders in daardie dae sou waag nie. Ons kan hierop vertrou. Jesus sal aan ons gehoor gee net soos aan die melaatse man. Vandag word Christus se genesende liefde deur ons geopenbaar. Ons reaksie aan mense om ons moet Christus se meegevoel oordra. Dit stel ons in staat om te sien, luister en te voel.Gebed: God wat genees, sien my vandag, hoor my en raak my aan. Amen

Gedagte vir vandagOns is Christus se oë, ore en hande in vandag se wêreld.

Maxie Dunnam (Kentucky, V.S.A.)

Gebede vir Bemoediging 25

Angs en LofLees Psalm 22

Moet tog nie so ver van my af weg bly nie, want die nood is naby en daar is niemand wat help nie…Here — moet tog nie

so ver bly nie, Bron van my krag, help my tog gou!— Psalm 22:12, 20

Huidiglik help ek ’n vriend en lidmaat van ons kerk met sy worsteling met VIGS. Hy is swak en het hulp nodig met tot

sy mees basiese behoeftes. Ons lees talle male saam uit Psalm 22. Hierdie Psalm bring verskillende beelde na vore: pyn en geluk, angs en toejuiging, desperaatheid en hoop. My vriend se lewe word deur hierdie Psalm op so baie maniere beskryf. Hy is verwerp deur mense wat hom spot of wat net hul koppe skud wanneer hulle hom sien. Hy het te doen met angs en pyn, ‘n droogheid in sy mond, gewigsverlies wat so erg is dat mens sy bene kan tel, asook ’n hart wat “soos was geword” het en wegsmelt in hom. Hierdie Psalm besing ook God se beloftes aan hom en aan almal van ons: God ken ons en is ons bron van krag. God is altyd met ons en kyk nie verby ons lyding nie, maar antwoord wanneer ons om hulp roep. Elke keer wat ek en my vriend Psalm 22 saamlees, word ons harte vervul met God se vrede. Ons vertoue kom terug en ons kan voortgaan met ons lewens, wetend dat God saam met ons is.Gebed: Here, U hoor wanneer ons om hulp roep en U gee ons krag in tye van nood. Dankie vir U teenwoordigheid wat vir ons lig en hoop bring in die donkerste nag. Amen

Gedagte vir vandagGod is nooit ver weg nie.

Pascual P. Torres (Honduras)

26 Gebede vir Bemoediging

Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking

en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

— Filippense 4:6-7

Gebede vir Bemoediging 27

Wie sorg vir die wat sorg?Lees 1 Tessalonisense 2:5-8

Ek was…siek, en julle het My verpleeg…— Matteus 25:36

Ons het saam met ’n groep vroue gesit en gesels. Hulle het almal ooreenstemmende stories vertel. Hulle was almal

getrou teenoor hul eggenote, selfs toe die pynlike tekens van VIGS begin kop uitsteek. Hulle families het hulle bygestaan en was behulpsaam. Na hul mans se dood en hul eie diagnosering as MIV+ het dieselfde mense hulle begin vermy en hulle selfs uit hul huise verdryf. Dit is nie ongehoord dat vroue blameer word vir die VIGS wat hul mans se dood veroorsaak het nie, al was hulle nie die bron van die besmetting nie. Hierdie vroue het toe na die Boeddhiste Wat Phrabat Nampu tempel in Noord-Thailand gegaan. Hulle het hier rus en onder-steuning gevind. Hulle het ook hier liefdevolle sorg ontvang toe hulle met die simptomes van VIGS worstel. Hulle het hul families vreeslik gemis. Mens sien alteveel dat mense wat eens gesorg het vir ander geen onderseuning kry wanneer hulle in nood is nie. Die vraag staan: Wie sal sorg vir die wat sorg?Gebed: O Heer, neem asseblief die mense in U arms wat altyd vir ander sorg. Gee aan hulle krag in hul bediening en rus in hul kwelling. Amen

Gedagte vir vandagOnthou die mense wat al vir jou gesorg het.

John Blinn (Colorado, V.S.A.)

28 Gebede vir Bemoediging

God weenLees Jeremia 31:15-17

’n Gekerm word op Rama gehoor, ’n gehuil en groot gejammer: Ragel treur oor haar kinders en wil nie getroos

word nie, omdat hulle nie daar is nie.— Matteus 2:18

So baie kinders word geaffekteer deur MIV en VIGS, malaria en tuberkulose — meer as wat ek kan dink. Wie huil vir

hulle? ’n Vyfjarige dogtertjie in Suid-Afrika moet haar weeshuis verlaat, omdat sy te siek is as gevolg van VIGS om daar te bly. Kinders word hul jonger broers en susters se nuwe ouers. Wie sal vir hulle ouers wees? Wie sal hulle bystaan, opvoed en beskerm teen siekte en teen die lewe se struikelblokke? Wie sal vir hulle ween wanneer hul families en gemeenskappe nie meer bestaan nie? Soveel kinders — meer as wat ek kan tel — het niemand om vir hulle te ween nie, want volle geslagte het uitgesterf. Wat kan ek sê? Hoe kan ek reageer? Ek mag dalk nooit hierdie kinders ontmoet nie. Hulle lewe hul eie lewens en sommige behoort aan ander gelowe, maar hulle is almal my broers en susters, my seuns en dogters. Hulle is God Almagtige se kinders, die God wat ween vir al die kinders.Gebed: Barmhartige God, ons ween saam met U en die hele wêreld. Vertroos almal wat alleen of bang is, mense wat niemand het wat vir hulle huil nie. Mag ons U hart wees wat uitreik na die wat rou. Mag ons U hande wees wat werk en mense wat nog lewe ondersteun. U is die God wat die minste en die verlore ondersteun. Wees asseblief in al die plekke waar U vertroosting en genesing benodig word. Amen.

Gedagte vir vandagOns kan saam met God vertroosting en meegevoel bring aan almal

wat vandag ly.

Beth A. Richardson (Tennessee, V.S.A.)

Gebede vir Bemoediging 29

Om vir ons naaste lief te weesLees Galasiërs 6:1-5

Die liefde doen die naaste geen kwaad aan nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet.

— Romeine 13:10

Ek het onlangs ’n Guatamaalse vrou, Bertha ontmoet. Sy het VIGS. Sy het my vertel hoe mense met MIV en VIGS deur

die gemeenskap verstoot word. “Tot die kerk kan skade veroor-saak in die lewens van mense wat met VIGS lewe” het sy gesê. Sy het my stilletjies vertel van ’n enkel-ouer ma in El Salvador wat vir bemoediging na ’n kerk gegaan het. Nadat die priester na haar storie geluister het, het hy die gemeenskap teen haar gewaarsku. Sy het gevolglik die dorp verlaat. Bertha het my vertel dat baie vroue wat so bestempel word dan eerder selfmoord pleeg. Bertha se storie het my hart gebreek. Ek het my eie optrede begin bevraagteken. Hoe sorg ek as ’n gelowige en volgeling van Jesus Christus vir mense wat lewe met VIGS? Hoe bring ek ver-troosting en hoop aan mense wat siek is en wat sorg benodig? In Galasiërs vertel Paulus dat ons mekaar se laste moet dra, nie om teenoor mekaar te diskrimineer nie. Ons word geroep om met liefde op te tree en om sonder veroordeling Christus se liefde uit te leef.Gebed: Heilige God, skep in ons ’n ontvanklike gees vir al U kinders, om almal in nood te vertroos. Help ons om vir hulle te sorg en U liedfe met hulle te deel. Amen

Gedagte vir vandagGod se lig skyn die sterkste wanneer ons mekaar liefhet.

Linda Bales (Virginia, V.S.A.)

30 Gebede vir Bemoediging

Hoop tydens ’n rampLees Klaagliedere 3

Moet tog nie vir my ’n verskrikking word nie, want U is my toevlug op die dag van rampe.

— Jeremia 17:17

Dit was vir my ’n groot skok toe ek as MIV-positief gediagnoseer was. Ek het toe al geweet wat dit beteken

om aan die ewige hoop vas te klou wat deur geloof in Christus Jesus beskikbaar is. Ek het baie vinnig agtergekom dat om aan die ewige hoop vas te klou gedurende tye van aardlikse lyding is makliker gesê as gedaan. Ek kon myself met die profeet Jeremia vereenselwig, veral toe hy die volgende gebid het: “Waarom is daar nie einde aan my pyn nie, waarom is my wond ongeneeslik en wil nie gesond word nie?” (Jeremia 15:18). Ek het tot soos Jeremia, gebid: “Ek kan nie op U reken nie, net so min as op ’n stroom wat nie stand-houdend is nie.” (Jeremia 15:18). Ek het mettertyd begin besef dat ons inderdaad deur Christus Jesus ’n lewende hoop het asook ’n skuilte teen die rampe wat die lewe bring. Ek kan nog onthou hoe “Die gedagte aan my ellende en my vreemdelikskap is gal en gif vir my” (Klaagliedere 3:19). “Maar dit sal ek ter harte neem en om die rede bly ek hoop: deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot.” (Klaagliedere 3:21-23).Gebed: Dankie Vader dat al maak die gesukkel my moeg, ek nie hoef te sê: “Daar is nie hoop nie”. Dankie dat ons deur U die vernuwing van krag kan ontvang. Amen

Gedagte vir vandagGod is ons enigste bron van hoop gedurende rampspoedige tye.

Frans H. Koekemoer (Suid-Afrika)

Gebede vir Bemoediging 31

Om oor ons vrese te praatLees Psalm 27

Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees? Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?

— Psalm 27:1

Ek het ses jaar gelede ’n operasie ondergaan om ’n gewas op my brein te verwyder. Ek was al drie maal in die hospitaal

as gevolg van die gewas. Hierdie siekte het my verhoed om my pligte as ‘n pastoor van ’n kerk na te kom. Ek was omring deur ’n groot “familie”: my natuurlike familie, die kerk-familie, die gemeenskap en hospitaal-familie. Hulle was almal mense wat in hul verskillende maniere aan my vrese gehoor gegee het en my deur my sorge gehelp het. Ek het vinnig agtergekom dat dit vir my verligting gebring het wanneer ek my sorge met ander deel. Mense wat lewe met MIV en VIGS, malaria, tuberkulose en ander lewensgevaar-like siektes het ook die behoefte om hul sorge te deel. Deur my gevoelens te deel het ek ook ervaar dat dit ander mense gehelp het om met hul gevoelens vrede te maak. In tye van moed kon ek met ander my gevoelens van angs en mismoedigheid deel, terwyl hoop en krag in my en in hulle ontwaak het.Gebed: God van moed, dankie vir die krag van U teen woordigheid in my ver-houdings wat alles kan verander. Mag ons U gesig sien in mense om ons. Amen

Gedagte vir vandagWanneer ons oor ons angs en vrese praat, kan dit krag gee aan ons,

sowel as aan ander.

Gilbert H. Cladwell (New Jersey, V.S.A.)

32 Gebede vir Bemoediging

Wanneer alles verlore isLees Matteus 27:45-50

Ek wil vir God sê: “My Rots, waarom het U my vergeet? Waarom moet ek gebuk gaan onder die smaad van my vyand?

— Psalm 42:10

Daar was tye in my lewe waar ek gevoel het dat mense, asook God my verlaat het. Ek draai gewoonlik na God wanneer

mense my in die steek laat, maar vir jare was my hart en siel ge-broke en het dit vir my gevoel asof God my ook verlaat het. Ek het toe gelees hoe Jesus ook beproef was en wat Hy vir ons onthalwe oorkom het. Net soos ek, het Jesus ook gevoel asof almal Hom verlaat het, tot God. Dit is toe dat ek agterkom dat Jesus saam met my in my wildernis is. Wat my nog meer ver-baas is die feit dat Jesus Christus Homself met ons en ons pyn vereenselwig, al kon Hy in die hemel gebly en sy glorie geniet het. My wildernis-ondervinding het my tot ’n ander punt gebring en dit word genoem in Efesiërs 4:10: “Die Een wat neergedaal het, is ook die Een wat opgevaar het bo alle hemelruimtes uit om alles met Sy teenwoordigheid te vul”. Ek is nog nie uit my wildernis nie, maar hou vas aan Sy belofte: “God is daar; die stad sal nie wankel nie. God sal hom help nog voor die môre kom” (Psalm 46:6).Gebed: Liefdevolle God, dankie vir U teenwoordigheid, selfs gedurende ons donkerste tye. Dankie dat U met ons is al voel ons soms verworpe en al-leen. Amen

Gedagte vir vandag:Selfs in die wildernis verkry ons krag deur die wete dat Christus

verstaan en saam met ons wandel.

Sarah Chee (Singapoer)