Transcript
Page 1: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

DieDie

TTyyddsskkrriiff vvaann ddiiee CChhrriisstteelliikkee VVeerreenniiggiinngg vvaann SSuuiidd--AAffrriikkaa

LLiiggddrraaeerr

Desember 2016 Nr 245

Page 2: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Voorblad

Indien u ‘n artikel in die Ligdraer wil plaas, kontak die redakteur, br Hermann Havenga, by 084 437 6266of e-pos aan [email protected]

Die Ligdraer is in PDF formaat beskikbaar op die Kerk se webwerf by www.cvsa.co.za

Lukas 2:4 en 5

DDiiee

TTyyddsskkrriiff vvaann ddiiee CChhrriisstteelliikkee VVeerreenniiggiinngg vvaann SSuuiidd--AAffrriikkaa

LLiiggddrraaeerr

Desember 2016 Nr 245

“En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, wat Betlehem genoem word ........saam met Maria, die vrou aan wie hy hom verloof het, wat swanger was.”

Page 3: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

InhoudInhoud1 Kersgroete - Fanie Visagie (leraar)

2 Aanbid in gees en waarheid - Fanie Visagie (leraar)

9 Die beeld wat ons uitdra - Neels Botha

11 My Hemelvader weet - Pinkie Esterhuizen

12 Loof sy grote Naam! - Marieta Havenga

13 Onthou ons nog? - Jan Smit

15 Dagboekinskrywings - Coreen Zwarts

17 Voornemende lidmate

18 Ons orkes - Bettie Rossouw

19 Vlug in ‘n veilige plek - Miemie van Heerden

21 Ons Heer en Meester se verhaal - Louis Nagel

23 Lidmate 80 jaar en ouer

25 Verjaarsdae 70 en ouer

27 Dopelinge

28 Huwelike

29 Algemene inligting

31 Sterfgevalle

32 Spesiale Dienste 2017 en 2018

Page 4: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

KKeerrssggrrooeettee

Ek het in die afgelope tyd so bewus geword van die werk wat oor jare in ons as

individue gedoen is. Ouers, onderwysers en ander opvoeders het 'n baie

groot rol gespeel in ons vorming en geestelike groei. In die kern van ons wese

het iets plaasgevind wat ons nie altyd self opmerk nie, maar dit is die deel van

die Godheid wat ons ontvang het gedurende ons opvoedingsjare.

Moontlik staan menigeen dikwels met leë hande wanneer ons besef dat die

jaar weer eens besig is om verby te snel. Soms is daar so baie dinge wat ons

beplan vir 'n nuwe jaar wat uiteindelik agterweë bly. Ek kan u verseker dat,

teen dié snelle pas spoed ons lewe ook by ons verby. Sal ons nie, as die Here

ons lewe spaar, in die nuwe jaar so 'n bietjie stil word en daadwerklik ons

geestelike lewensstandaard in berekening bring nie? Die meeste van ons

beplanning vir ander aktiwiteite gedurende die jaar, word dikwels om die

spesiale naweke gereël. Wat gaan u en ek in die nuwe jaar vir ons Meester

doen? Hoeveel kan ek as individu, in wie daar so baie deur die jare belê is, vir

my Meester beteken?

Kersfees is om die draai en vir ons is dit 'n baie spesiale geleentheid. Mag die

seën van ons Here saam met elkeen gaan in hierdie feesgety. Ons bede is dat

die Heilige Gees ons almal weer sal kom nuut maak.

'n Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar word u almal toegewens.

Liefdegroete, in die Naam van ons Here Jesus Christus.

Leraar Fanie Visagie

1

Page 5: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

AAaannbbiidd iinn ggeeeess eenn wwaaaarrhheeiidd

Fanie Visagie (leraar)

Iemand het onlangs vir my 'n klompie boeke gestuur en terwyl ek daarna kyk vang my oog die opskrif op een van die boeke: “Wat het van aanbidding geword?” (En aanbidding staan in goue letters.) Dit het my by gebly – ek kon nie wegkom van die gedagte nie. Ek wil met u praat oor die onderwerp van aanbidding en u aanspoor om vir die deel van die jaar wat oorbly saam met my in aanbidding te nader na die troon van genade. My grootvader het gesê die Skepper het in elke mens iets gesit wat maak dat hy wil aanbid. 'n Boesman daar in die woestyn gaan kniel selfs voor 'n stomp, omdat hy iets wil aanbid. Binne-in ons het God ons geskape tot aanbidding. Hy het vir Adam en Eva in die paradys gestel om Hom ondergeskik te wees, en om Hom te vrees en as sy verteenwoordigers sy beeld op aarde te wees. Hy het verskeie kere saam met hulle in die

tuin van Eden, waar Hy hulle gestel, het gaan wandel. Maar die sielemoordenaar het gekom en ons ken die verhaal van die sondeval. Hoe die Skepper in die tuin gaan wandel het en Adam en Eva moes wegkruip – skielik daarvan bewus dat hulle sonde het. Ek lees dat die Here geroep het: “Adam, waar is jy?” En Adam het geantwoord. Die Here vra: “Wat het gemaak dat julle agterkom julle is naak?” Adam sê: “Die vrou wat U my gegee het, sy het vir my 'n vrug gegee waarvan ek nie mag geëet het nie.” En Hy vra vir die vrou en sy sê: “Die slang het vir my die vrug aangebied.” Ek wil net vir 'n oomblik by hierdie gedagte stilstaan: dit is die sondeval wat vir u en my soveel skade berokken het. Ek wil hê u moet by uself stil word en vra hoeveel keer het ons by 'n plek gekom waar ons die skuld op iemand anders pak omdat ons 'n fout gemaak het: Dit

Boodskap van ons leraar op Sondagoggend 30 Oktober 2016

Johannes 4:24: “God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid.”

Fanie Visagie (leraar)

2

Page 6: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

is my ouers… U weet, mense word selfs opgelei in sielkunde om te bepaal wie is die persoon wat nou eintlik die oorsaak is van die probleem in u en my lewe. Ons kan die skuld net soveel keer verplaas as wat ons wil, op die einde van die dag het u en ek 'n ingebore geskapenheid om voor die Skepper te gaan buig en om Hom te aanbid.

Wanneer die profeet Jesaja skryf: “In die sterfjaar van koning Ussia het ek hierdie gesig gesien van die Here wat sit op 'n hoë en verhewe troon.” Kan ek vir u sê daar het baie dae verbygegaan wat hy dit nie gesien het nie. Maar, daar het 'n dag aangebreek waar hy hierdie ontsagwekkende, Goddelike hemelse gesig gehad het, en die grootheid van die God met wie u en ek te doen het. Besef u met wie het ons te doen? Besef u hoe groot is God? Besef u hoe oneindig groot is sy genade en sy alwetendheid en sy vermoë? Die Kerk van vandag het h e e l t e m a l w e g b e w e e g v a n aanbidding af.

Jesaja sien hierdie hemelse gesig en daarna was hy nooit weer dieselfde nie. Ek het my gedagtes laat teruggaan na die beskrywing van dit wat plaasgevind het toe Israel uit Egipte weg is en die tabernakel daar gestel is. Moses het aangestap gekom na hierdie tabernakel toe en die heerlikheid van God het neergedaal soos 'n wolk, en elkeen van die volk het binne-in sy tent se opening gebuig na die aarde toe. Want, as u mooi gaan lees sal u sien dat iewers op die pad het hulle God se heerlikheid besef en

gesien en het hulle vir Moses gesê: “Praat jy met God, want ons is te sondig.” Dierbare broer en suster, dit is iets wat die kind van die Here kort – ons moet die heerlikheid van die Here in ons lewe kan sien en kan ervaar. In Israel, volgens oorlewering by die tradisionele Golgota waar 'n groot kerk nou gebou is, is daar 'n klip waar volgens die beskrywing, die Here Jesus se liggaam neergelê is, en ek het baiemaal gesien hoe die mense, inwoners van Jerusalem, daar verby kom. Sommige met hulle pakkie kos vir die dag (toebroodjies toegedraai in papier), dan kom kniel hulle daar by die klip en soen die klip en vryf daardie pakkie brood oor die klip voordat hulle weer hulle goedjies terug pak en werk toe stap. Terwyl ek vandag daaraan dink toe besef ek daar is nie 'n priester w a t r e k o r d h o u v a n h u l l e teenwoordigheid daardie dag nie, maar dit is vir hulle 'n instelling om elke dag te gaan aanbid as individu. Om daar te gaan kniel, ongeag wat ander mense van hulle dink, ongeag wat ander sal sê, ongeag of daar boek gehou word, maar uitsluitlik om te aanbid. Of hulle dit op die regte manier doen weet ek nie, maar al wat ek weet is die Christendom van vandag het 'n tekort aan aanbidding. U en ek het gewoond geraak aan al die kits dinge waarmee ons te doen kry. Selfs in kerke is dit die leraar wat soos met 'n vragmotor die sleutel moet draai sodat die aanbiddingsproses in beweging kan kom.

Dierbare broer en suster, die Here soek mense wat in gees en in waarheid Hom sal aanbid. As u vandag stil word

3

Page 7: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

en terugkyk in u lewe kan ons sekerlik vir ure praat oor al die dinge wat in 'n mens se lewe gebeur. In die nege maande van swangerskap waarin 'n kind gevorm word in 'n moederskoot gebeur daar sulke groot wonderwerke dat die dag as daardie klein mensie die lig aanskou die grootste wonders plaasgevind het wat ons ooit aan sal kan dink. Dit is die God met wie u en ek te doen het. Dit is die God wat u en my geskape het. Dit is Hy wat vir u en my 'n geleentheid gebied het om op hierdie aarde te kom bestaan, en Hom te kom aanbid. En ons faal daarin! Hoeveel van ons het as ons in ons binnekamer ingaan en die deur toemaak 'n bestellinglysie opgestel? “Here, my kinders maak so... Here, ek het hierdie probleem… Ons het finansiële nood…” En so vra ons vir die Here by hoeveel geleenthede: “Here, ons het U nodig, want dit of dat…”

Daar moet die oomblikke wees waar ons as't ware sê: “Om in U heilige teenwoordigheid in te gaan.” Ek het die laaste tyd baie op my knieë gaan staan en dan sê ek: “Here, vandag wil ek niks vra nie. Ek wil net in die gees my hande na U ophef en vir U die lof en die eer en die dank en die aanbidding toebring wat 'n ou sleg sondaar maar kan toebring, want U grootheid, U Godheid kan ek nie verstaan nie.” U weet, mense hardloop agter baie dinge op die aarde aan. Kerke wat die antwoorde het op al die vrae. Ek het baiemaal gehoor hoe mense praat van die Skepper as Jy en Jou. Dit lyk hulle wil Hom afbring na hulle vlak toe, of hulle wil hulleself ophef na 'n vlak waar jy met God kan redeneer of praat. Ek

wil vir u vandag sê al die verstand van hierdie wêreld, al die wysheid van hierdie wêreld bymekaar gesit kan nie met God redeneer nie. Hy is ewig heilig! Hy is soewerein en daar waar Hy is kan geen mens se oog aanskou nie. Ons het hierdie gesange gesing van mense wat iewers in aanbidding was en wat in sy teenwoordigheid sy heerlikheid begin aanskou het. U kan maar enige mens hier vra. As u by daardie plek gekom het waar die Godheid oor jou neergedaal het is jy nooit weer dieselfde nie. Want daar gebeur iets in 'n sondaar wat so Goddelik is – daardie nuwe geboorte. Die meeste van die werk in die kerk word gedoen deur menslike krag, nie deur Goddelike krag nie, want die Kerk het 'n raamwerk waarin ons onsself meet. Ons het 'n raamwerk waar ons 'n Christen in meet, en as jy nie in daardie raamwerk pas nie dan is jy nie kind van God nie. En dan staan ons en kritiseer ander mense wat nie dieselfde dink en loop en doen soos ons nie, en ons klop onsself op die skouer om te sê ons het ryk en verryk geword, ons het aan niks gebrek nie. Ons is volmaak, ons doen wat die Here wil hê ons moet doen. Ons klere, alles is reg. Maar hier binnekant het ons nog nooit by 'n plek gekom waar ons voor God buig en Hom in gees en in waarheid begin aanbid nie. Dan skrywe die apostel Johannes wanneer hy hierdie gesig het waar hy sê ons het ryk en verryk geword, en ons het aan niks gebrek nie. Hoeveel van ons kan vandag sê ons behoort aan 'n kerk en alles gaan goed? Ons het skatryk geword, ons is geestelik versorg. Baie

4

Page 8: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

kerke bring hulle lidmate tot by graad een of graad twee en daar bly hulle. Geen geestelike groei nie – ons wil hulle so hou totdat Jesus kom. Ek wil vir u vandag sê ons sal moet stil word. Ons sal moet besluit – gaan ons die Here aanbid van hier af vorentoe, of hierdie kerk se deure môre toemaak, al dan nie. Gaan u 'n aanbidder word soos wat die Here wil hê?

Ek het vir u die deeltjie gelees in Openbaring 4:8 – 11. Wanneer Johannes die gesig sien van die Jesus wat sy vriend was, dan is daardie verrukking so groot dat hy sy bewussyn verloor. Hy val soos 'n dooie op die grond neer toe hy die Here in sy heerlikheid aanskou. Toe dieselfde Here vir hom sê: “Kom Ek wil vir jou iets wys” sien hy die genadetroon en hy sien die heerlikheid van God en die heilige wesens en die ouderlinge rondom die troon, en hy sien dit is elke oomblik hulle werk om Hom te aanbid en om lof en eer en heerlikheid aan Hom toe te bring. En elke keer as hulle dit gedoen het val hierdie ouderlinge voor Hom neer en dan gooi hulle hul krone op die grond. Ek het so besef, as die hemelinge Hom so aanbid, hoeveel te meer nie u en ek nie my dierbare broer en suster? Hoeveel te meer nie die Christene vandag, omdat hulle by die plek sal kom waar, ongeag wat die Kerk sê en wat die mense doen, 'n verhouding met die Here op te bou sodat u en ek soos daardie mense by daardie klip kan gaan kniel en sê: “Here, hier is ek, ek wil U vereer vir die mooi dinge in my lewe.”

U kan elkeen terugkyk op u lewenspad.

U wat ouer is kan kyk waar het die Here vir u u kinders gegee, u lewensmaat gegee. Dinge wat vir ons sommer net g e g e e w o r d : g e s o n d h e i d , liggaamskrag tot hier toe. Ek het nou die dag besef die dae gaan sommer maar net verby. Somtyds ondankbaar verby. Maar iewers anderkant al hierdie dinge is 'n ewige God wat vir u en my in stand gehou het tot hiertoe. Wie se genade so groot is dat u en ek dit nooit sal verstaan nie. Kom ons kyk net na die raamwerk waarin die Kerk funksioneer en ons kyk na die Woord van God en ons sien in die loop van die jare het elke kerkgenootskap 'n raamwerk gevorm waarbinne hulle floreer en pas jy nie daar in nie moet jy na 'n volgende een gaan. En so gaan mense van die een uiterste na die ander toe om te soek en te kyk of daar iets is wat hulle kan trek. Die Woord van God sê: “Hy het gekom om te soek en te red hulle wat verlore is.” Hy het sondaars kom nuut maak. Hy het mense uit die modder kom optel. Hy het na hierdie wêreld toe gekom om hulle wat nie moed het nie weer moed te gee, hulle wat vasgevang is in die mag van die hel vry te maak. Dit is die werk wat ons, u en ek, vir ons Here moet doen wanneer ons in daardie teenwoordigheid ingaan, wanneer ons sê: “Here ek vereer U.”

Ek het nie hierdie deel van Jesaja sommer maar net gelees nie. Dit val my op dat hy sê hulle roep uit: “Heilig, heilig, heilig!” Dieselfde as in Openbaring: “Heilig, heilig, heilig!” Vader, Seun en Heilige Gees. Ons Here Jesus was van die skepping van hierdie aarde af daar. Daar het 'n dag

5

Page 9: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

gekom toe God gesê het Ek gaan hierdie Liefling van My stuur sodat die skeiding wat tussen My en die mens gekom het weggevee kan word. Daardie dag toe die Here Jesus aan die kruis sterf en sy bloed gestort is en Hy uitroep: “Dit is volbring!”, toe maak die hemelse deur en die voorhangsel oop. En ons is baiemaal besig om met ons baie dinge die voorhangsel weer toe te werk. Maar God se genade strek oor hierdie aarde en Hy soek hulle wat verlore is om hulle te red. Hy het die mens geskape op so 'n vlak dat Hy sê: “Ek gaan My boodskap aan julle oordra. Julle gaan dit verder dra in die lewe.” Nie engele nie. Nie bo-natuurlike wesens nie. U en ek gaan d i e e v a n g e l i e u i t d r a a a n ' n verloregaande wêreld. Nie in 'n kerkgenootskap nie – mense wat by jou verbyloop en wat op pad is hel toe. Dit is die opdrag van die Woord van God. Ek gee nie om of u van my verskil nie, dit is wat die Woord van die Here sê. U kan maar gaan kyk, gaan oplees as u wil, Pascal wat 'n wyse man was - veral in die wiskundige gebied, het een nag tussen halfelf en halfeen sommer net God se heerlikheid gesien. Hy noem dit heilige vuur. Hy het 'n papiertjie gevat en daarop geskryf en dit opgevou en by hom gedra tot die dag van sy dood toe. Ek kan dit nie woordeliks onthou nie, maar daar staan: “Halfelf tot halfeen: vuur, hemelse vuur van die God.” Nie die God van wysgere en filosowe nie, die God van Abraham, Isak en Jakob, die God van Jesus Christus. Hy het as kind van God gester f omdat hy sy heerlikheid aanskou het.

Ek wil vandag vir u sê as u in u binnekamer ingaan en hierdie dinge waaroor ons so baie belas is so bietjie agtertoe stoot en vir die Here sê: “Here, hier is ek”, gaan u agterkom Hy gaan al hierdie “eie ek” wat in u is wegvat. Die Here kan nie 'n mens gebruik wat dink hy is iets nie. Wanneer jy in die teenwoordigheid van die Here kom dan word jy weergebore. Dan word daar iets nuuts hier binne-in jou gevorm. Dan lyk dit jy kan nie anders as om 'n plek te soek om die Here te vereer en sy Naam groot te maak nie. Dierbare broer en suster, dit is wanneer die kind van die Here by daardie plek kom waar jy agterkom maar hierdie vuur hier binne-in my brand nou anders. Wanneer Israel daardie heerlikheid op die berg sien en daardie plek skud besef hulle hul het nie met mense te doen nie.

Die krag van die Kerk van Christus lê in aanbidding. As u nie bereid is om te aanbid nie gaan u dit nie maak nie. U en ek is gemaak om te aanbid – dit is ons verantwoordelikheid. Maar ons lewe draai om onsself. Ons lewe draai om ons gesinne. “Ons is mos belangrik - vir my is alles belangrik.” Gaan u saam met my in hierdie tyd wat voorlê, die dae na Kerstyd toe, die Here aanbid met alles wat in u is? Die Here sê jy moet die Here jou God liefhê met al jou krag, met al jou verstand, met jou hele wese – dit is aanbidding! As jy daar inkom en sê: “Here, Here hier is ek.” My omstandighede is dalk van so aard dat ek nie verstaan nie. Weet u, daar is baie mense wat sê hulle weet nie waarom hulle geskape is nie. Hulle is so verkeerd, hulle weet nie

6

Page 10: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

hoekom hulle gebore is nie. Kan ek vir u sê: Ons is gebore om God te aanbid en te verheerlik! En as ons dit begin doen, sal al hierdie dinge wat vir ons soos berge lyk skielik verdwyn.

Die Here stap saam met ons deur hierdie krisisse sodat u en ek wenners kan word en kan intree. Het u al ooit 'n kommer in u binneste gehad? Regtige kommer oor siele wat verlore gaan? Pla dit u dat u kind op pad hel toe is, of maak dit nie saak nie? Is u lewe te lekker? Is u voorspoed te veel? Besef u dat as ons so aanhou gaan ons kinders verlore gaan? Ek het nou die dag vir u gesê net een graad uit, ons gaan net so bietjie van die pad af – “ag dit sal nie saak maak nie”- op die ou end kom ons daar aan en sê: “Maar Here, ons was elke Sondag in die kerk. Maar Here, ek het op die kansel gestaan, ek het met u kinders gepraat. Here ek het duiwels uitgedryf.” Hy sê: “Ek het jou nie geken nie.” Broer en suster 2016 het vir my begin met 'n besondere betekenis. Iets hier binne-in my het vir my gesê hier wag 'n spesiale jaar. Ek glo die Here is met my besig in hierdie jaar, maar ook met hierdie Geeswerk, want vir my gaan die lewe nie om myself nie. Vir my gaan die lewe om hierdie mooi Geeswerk wat die Here aan ons toevertrou het. Ek sien nie kans dat ons kinders verlore moet gaan omdat ons hulle probeer paai en sê gaan maar aan op hierdie pad nie.

Waarmee is julle besig kinders? Waarmee hou julle julle besig? Hoe lyk julle lewe? Dit help nie jou pappa en mamma laat jou dinge toe en jy

gaan van een uiterste na die volgende een toe nie. Die Here praat deur sy Gees met ons almal. Dit lyk Hy is so angstig om daardie genade oor ons uit te giet. Vrydag toe ek die kinders trou toe is dit asof ek sien hoe die Here genade gee en genade gee en genade gee, en Hy hou nie op nie – meer as wat u en ek kan gebruik! Hy staan en wag om ons toe te rus, maar Hy soek mense moet Hom aanbid, want dit is hoekom Hy ons geskape het. Kom ons gaan hierdie paar dae wat voorlê na Kerstyd toe in aanbidding met alles wat in ons is. Al kan jy niks anders doen nie, gaan staan net en sê: “Here, hier uit my wese uit wil ek net vandag vir U sê ek het U oneindig lief.” Dit is wanneer jy daardie liefde in jou hart voel, wanneer die teenwoordigheid van die Here in daardie vertrek neerdaal, wanneer jy besig is om te bid en jy kom agter: Hier is die Godheid nou en dit oorskadu my. Daar is geen ander ding op aarde wat wonderliker is as om in God se teenwoordigheid, in sy gemeenskap, net so 'n rukkie te vertoef nie. U kan gaan soek net waar u wil, daar is nie nog so iets nie en dit is tot beskikking van elke een. Nie net predikante, leraars, ouderlinge en diakens nie – dit is tot beskikking van elke een! Hy het nie kom sterf vir my of vir ouderlinge nie, Hy het kom sterf vir elke een wat op aarde wandel.

Hy wil hê ons moet Hom aanbid. Sal u daarop ag gee en hiervandaan elke dag by 'n plek kom en sê: “Here, ek aanbid U. Ek bring aan U die lof, die eer, die dank, alles wat in my is, vir dit wat U vir my gedoen het”, en u sal agter kom hier binne-in u word iets

7

Page 11: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

geopenbaar. Gesangdigters het op plekke gekom waar hulle verder gesien het as die gewone. Hoekom? Want hulle het die Here aanbid. Kom ons begin die Here aanbid. Vergeet al hierdie dinge. Baie dae as ek rondkyk en luister kom ek agter die kerke is deesdae soos opvoerings. Hierdie een kom praat, daardie een kom doen dit, mense stroom daarheen, want dit is 'n wonderlike opvoering – 'n vertoon. Dit is amper soos die weerburo sou voorspel dit gaan reën, maar dan is dit vir 'n oomblik en dit is weg. Geen vastigheid nie. Die kinders van die Here het nie meer vastigheid in hulle lewe nie. Hulle soek sensasie, hulle soek opwekking omdat hulle nie geleer het om te aanbid nie.

Kom ons aanbid die Here met opregtheid en u gaan sien alles in u lewe gaan omdraai. Ek wil net vir u sê moenie die Here aanbid om geluk te vind of om voordeel te trek nie. Aanbid Hom omdat u Hom werklik lief het. Anders, moenie eers die moeite doen nie. Gaan staan op u knieë en sê: “Here, my mamma en pappa het my van kleins af geleer om u te dien en om

U lief te hê. Maar, ek het nie alles mooi verstaan nie en wil van nou af my deel kom doen.” Ek het vanmôre vir die Here hier gesê: “Here Jesus, hoe klein ek mag wees, ek kan nie vergelyk met die heilige wesens en ouderlinge en verlostes (as ek dink aan hulle wat vooruitgegaan het) wat die Here vereer nie. Maar dierbare broer en suster, hierdie eenvoudige ou stemmetjie word ook daar gehoor, Hy weet van my.

Weet u hoe bekommerd is ek oor hierdie Geeswerk? Hoe bekommerd is ek oor ons kinders. Ek sien hoe laat ouers dinge toe, al hoe meer en meer. Hulle gaan hulle voor in die sonde. En o n s v e r w a g d i e H e r e m o e t wonderwerke doen in ons midde. Hy moet sy Gees stuur, maar daar is nie meer aanbidding in ons harte nie. Kom ons word stil, dink daaroor, dit is u keuse. U gaan 'n besluit maak. Dank die Here dat Hy ons die vermoë gegee het om besluite te maak. Kom ons maak 'n besluit om die Here te aanbid in gees en in waarheid en u sal sien die Here gaan vir u en vir my iets spesiaals doen – nog in 2016.

“O soetste uurtjie van gebed,wat my van aardse sorge red;

dit roep my tot die Vaders' troon,waar Hy my nood met antwoord loon;

as ek voor Hom, met angs en pynaan siel en liggaam, kom verskyn;

hoe dikwels het Hy my geredin die soet uurtjie van gebed.”

8

Page 12: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Wetend of onwetend is elke mens op aarde vir iemand anders 'n voorbeeld. Goed of swak. So baie keer het ons al gesien, en kommentaar gelewer op iets wat 'n persoon sou doen of sê. Van kleins af het die meeste ouers dissipline by kinders ingedwing. Kinders leer by ouers hoe om op te tree. Later het die weermag ook sy stempel van goeie maniere op jong rekrute afgedwing. Onthou julle manne nog vakke soos salueer-en-eerbewys, etiket-en-gebruike ens? Meer vir die jongeres - kom ons kyk bietjie na van die daaglikse optredes van goeie maniere, wat by baie al vergete is:

Taalgebruik voor groot mense en dames. Dink ons regtig dit is oulik met swak taa l om aandag te t rek? Spoggerige houdings in ons optredes om belangrik te lyk, en om aandag te trek. Grappe vertel. Die vuil grappe wat voor dames en seniors vertel word, of is dit selfs juis die dames wat dit kwyt raak? Seniors vind dit glad nie oulik nie, inteendeel.

Hoed afhaal by die etenstafel of samekomste. Wil net vir u vertel dat toe oom Kosie Pretorius en oom Tonie Visagie na die bouery van Pretoria se kerk kom kyk het, het hulle toe hul oor

die drumpel van die wordende kerk tree, albei uit eerbied hul hoede afgehaal. Die gebou was toe nog nie eers naby dak-, deur of vensterhoogte nie. Staan u nog op as 'n senior persoon met u praat? Was altyd 'n eer en voorreg wanneer oom Tonie of selfs jou hoof by die werk, met jou praat om dan op te staan. Hoe lel ik is dit wanneer jongmense staan en rook in seniors se geselskap. Selfs in ouers of grootouers se teenwoordigheid behoort nie gerook te word nie. Skandelik onlangs gesien dat 'n kleinseun by sy ouma rook en die blou dampe voor haar die lug inblaas. Wat het van respek geword? Integriteit word reeds ontwikkel waar niemand jou sien nie.

In my tyd het kinders ná die seniors etenstafel toe gegaan. Tye het verander maar dis darem onmanierlik hoe sommige kinders teenoor oueres, dikwels gaste, hulself help met etes. Wat meer is ek hoor hoe daar gekla word omtrent soorte kos wat nie ge-eet word nie omdat hul kieskeurig geword het. Enkele kinders groet altyd eers wanneer mens huisbesoek doen. Daar is 'n tendens dat mense nie meer groet nie, ekself groet baie vreemdes en kom agter die gebruik is uitgedien. Daar bestaan 'n respek vir diegene wat nog

DDiiee bbeeeelldd wwaatt oonnss uuiittddrraa

Fanie Visagie (leraar)Neels Botha

9

Page 13: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

ouer mense groet. Ouers u kan ook maar oplet hoe u teenoor kinders die voorbeeld stel. Kyk 'n kind in die oë, stel belang en vra hoe dit met hom gaan en u sal verbaas wees oor die teenreaksie.

Onthou ons nog om vir dames die laaste sitplek in 'n beperkte ruimte aan te bied. Gesien in Pretoria hoe skoolseuns gemaklik in busse sit terwyl oumense moet staan om plek te kry om saam te pendel. 'n Deur oop te maak en eers die oueres en dames te laat instap by 'n saal, hysbak of bus? As ons op straat of iewers loop weet ons jong here nog om aan die gevaarkant van 'n dame te stap? Onthou dis net met die instap by ons kerk waar die bruidegom aan die bruid se linkerkant is. Na die voltrekking van die huwelik loop 'n man altyd aan sy gade of vriendin se regterkant.

Mans behoort altyd teenoor dames respekvol op te tree, dis nie 'n swakheid om goeie maniere te openbaar deur byvoorbeeld 'n tas of skinkbord by 'n dame te neem nie. In my dae het 'n seun nooit 'n dogter uitgeneem sonder om eers vir die ouers toestemming te vra nie. Daar was jongmanne wat my ook daarmee vereer het, alvorens hul my dogter kon uitneem.

Wat is ons optrede teenoor diere? Het u geweet dat jou optrede teenoor 'n weerlose dier jou integriteit in 'n baie groot mate ontbloot? Kyk ook maar bietjie hoe tree ons op teenoor die p e t r o l j o g g i e , m e d e l i d m a t e , bediendes, arbeiders. Die apostel

Paulus sê vir Filemon: “Ek kan jou beveel, maar ter wille van die liefde pleit ek liewer by jou.”

Deur die jare het ek klein, maar baie belangrike dingetjies geleer. Een aand jare gelede vra oom Tonie my vir eerste gebed en ek kom agter my sakdoek is in die kamer. Broer Petie Duminy wat dit opgemerk het stamp aan my en leen vir my 'n skoon sakdoek. Glo my vry sedertdien dra ek gereeld twee sakdoeke kerk toe, en het al by herhaling aan iemand wat dit nodig gehad het aangebied. Wees daar as iemand jou nodig het, want as jy die een moet wees wat genader word, sal dit nie aan die leraar of 'n ander persoon gebied word nie. 'n Groot kuns wat u gerus kan probeer bemeester is om 'n goeie luisteraar te wees. Weet u hoeveel mense is daar wat net 'n oor soek om na sy of haar probleem te luister? Moenie in iemand se nood summier wegval met jou goeie raad nie, ons het nie altyd oplossings nie. Ons land, ons skole, kerke, tronke sit met strate vol kinders wat geen opvoeding gehad het nie, maar ons dien 'n God wat goeie eienskappe in mense kan vestig.

Wil afsluit om vir u te sê dat ons wel nie almal ewe ryk, talentvol, begaafd ens. is nie, maar leef soos jy is. Elkeen van ons weet iets wat 'n ander nie weet nie. Neem verantwoordelikheid van jou eie lewe, en let op watter beeld of lig jy uitstraal in die donker wêreld. Elkeen gaan sy eie pakkie dra en Jesus het vir ons elkeen aan 'n kruis op Golgota gesterf, 'n huis voorberei, nie met hande gemaak nie, ewig in die hemel.

10

Page 14: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Ek deel graag 'n wonderlike ondervinding wat ek gehad het. Met my konsultasie by Dr Wessels in Pretoria het hy my pertinent daarop gewys dat my voetoperasie baie groot en pynlik gaan wees. Die week voor my vertrek is die lied in my gedagtes en het ek dit deurentyd gesing: “Ek weet my Hemelvader weet daar is storms wat my dreig met leed… Hy weet, en elke storm sal Hy meet.”

Vroeg die oggend wat Elize my sou kom oplaai het ek tien oor vyf wakker geword en dadelik opgestaan vir my stiltetyd. Ek lees toe uit Markus 3 die hele hoofstuk. Gewoonlik lees ek nog 'n hoofstuk, maar ek dink ek sal nou maar bid anders kry ek nie klaar nie. Ek kon nie my Bybel toemaak nie en lees toe Markus 4 ook. Toe ek by vers 35 kom, kom die wonderlike woorde JESUS MAAK DIE STORM STIL. Dit was soos 'n ligstraal uit die hemel! Ons weet Jesus was saam met die dissipels in die skuit en het geslaap. Toe die sterk wind en woeste golwe begin en in die skuit slaan het hulle Jesus wakker gemaak, want hulle was bang. Jesus het die golwe bestraf en die wind het gaan lê. Jesus vra toe “waar is julle geloof?” As ek nie verder gelees het nie het ek die boodskap wat Jesus vir my gehad het gemis. Die trane het geloop en ek het net gesê: “Baie dankie Jesus!”

Ek het nege weke by Willem en Amelia aangesterk. Om pal te lê was 'n storm, maar ek het nooit pyn gehad nie. By die huis moes ek weer leer loop en dit was moeilik. Ek moes in die huis bly - gelukkig het vriendinne altyd kom vra of ek iets nodig het. Na vyf maande kon ek weer motor bestuur. Dit was die hele storm wat Jesus vir my gebring het. Hoe groot is God!! Ek het my geheel en al aan Hom oorgegee. Ek is so dankbaar dat my pad my op negentienjarige ouderdom na die Christelike Vereniging gelei het .

Baie dankie aan ons leraar Fanie Visagie en Fanie Duminy. Ook vir Jacques en Joey en Annie vir al die gebede en besoeke - dis kosbaar. Ook baie dankie aan almal wat my naam in hulle gebede genoem het. Dit word baie waardeer. Aan Willem en Amelia wat my met groot liefde versorg het, en Elize en Pieter toe ek huis toe gekom het wil ek net baie dankie sê. Ek sal altyd onthou hoe lief en dierbaar julle is. Mag God julle ryklik seën. Al die lof en eer aan my Hemelvader.

MMyy HHeemmeellvvaaddeerr wweeeett

Fanie Visagie (leraar)Pinkie Esterhuizen

“Hy weet …, Hy weet …,daar's storms wat my dreig met leed;Hy weet …, Hy weet …,en elke storm sal Hy meet.”

11

Page 15: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Fanie Visagie (leraar)Marieta Havenga

Loof syLoof syggrroottee NNaaaamm!!

Ek wil graag deur middel van die Ligdraer vir elke een wat vir my gebid het en my in die hospitaal besoek het tydens my siekte baie dankie sê.

Oktober verlede jaar het ek ‘n meniscectomie van my knieg ondergaan en ek is die volgende dag ontslaan. Die operasie was ‘n groot sukses. Vier dae later het ek begin siek word wat vir my gevoel het soos longvliesontsteking. My huisarts het my behandel, maar my toestand het egter versleg. Ek is twee dae later na my kinders se huisarts en hy het my dadelik in die Wilmed laat opneem. X-straal plate het gewys dat daar vog op my long is. Die dokter het die vog probeer aftrek maar tot sy verbasing gevind dat dit bloed was. Daar is gevind dat ek ‘n kiem in my longe het wat deur ‘n internis verder behandel is.

Gedurende die twaalf dae wat ek in die hospitaal was, was ek deurentyd bewus van mense wat my in hulle gebede opgedra het. Ek het op ‘n stadium begin moedeloos raak aangesien die toestand nie wou opklaar nie. Die jongmense het dan ook by geleentheid vir my kom sing en onder andere lied 191: “Omdat Hy leef sien ek kans vir môre, omdat Hy leef verdwyn my vrees. Hou vas aan Hom Hy is ons anker, as storms dreig ons wil verswelg, kyk op na Hom ons trou bewaarder, die lewe is die moeite werd want Jesus leef!” Dit was of ek opnuut moed gekry het.

Die Here het vir my wonderlik deur die siekte gedra, en ek het nou volkome herstel. Aan Hom kom toe al die dank en lof en eer.

“Aan U alleen sy dank en ere –laat dit my lus, my lied hier bly!

Vergeet, my siel, dan nooit die Here,want nooit vergeet die Here my.”

12

Page 16: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Dis Kerstyd en ek moet weer begin dig,terwyl ek rondkrap is geen woorde in sig!En tog weet ek dit is amper tyd vir fees -

ek moet begin skryf: Kersfees sal dit wees!

Nou vra ek Vader vir daardie bietjie wysheid -soms vergeet ons as mense van die tyd.

“U” Seun is vir ons sondes hierheen gestuur -Hy moes vir ons sondes die straf kom verduur.

Dan dink ek aan die Kersliedjies wat ons sing,en al die geskenke en groot etes wat ons bring.Het ons dalk vergeet van Jesus onse Redder, van onse Vader die allergrootste Skepper?

Hierdie verhaal lees ons elke jaar weer oor,en die liedjies word gesing in die kerk se koor.

En tog is daar baie wat werklik nie weet waarom -hulle weet nie eers dat Jesus weer terug gaan kom!

Is ons harte regtig vol van barmhartigheid?Of gaan dit vandag oor die geskenke en die jolyt?So baie mense wêreldwyd sterf van die honger -

dit is asof ons as mens ons nie daaroor bekommer.

ONTHOU ONS NOG?

13

Page 17: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Nou vra ek my Heer maak my weer barmhartig,sodat ek kan help om ander se elende te kan verlig.

Maak my hart ook sag met u wonder medisyne -ek wil ander vandag help met hul hongerpyne.

Maak my sterk sodat ek u dag kan geniet.Hierdie dag van U moet wees sonder verdriet.U dag is vir ons gegee om weer te kan onthou,

om dit wat U vermag het verder te kan bou.

Ek vra Heer maak hierdie paar blinde oë oop.Vandag wil ek vir ander ook gee van u hoop.

Vader, U kan my vat en heeltemal op gebruik -ek wil vir altyd in diens wees van u koninkryk!

U Naam moet nog elke dag in ons kan bestaan.Ek sal U elke dag volg waar U ookal gaan.

Help dat ons elke dag nog vir U gebede kan stuur,Baie dankie dat ons steeds U geboorte kan vier!

Jan Smit

14

Page 18: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Beste leser, oorspronklik was die derde dagboekinskrywing van 27 Julie my getuienis, maar soos ek terugblaai en my vorige inskrywings lees, het ek besef dat my getuienis is nie net 'n getuienis nie, maar 'n storie met episodes.

7 April 2016Ek het nie gedink vanaand sal 'n dagboekinskrywing bykry nie, maar hier sit ek. En hoekom? Want ek het 'n g e l o f t e a f g e l ê d a t e k d i t s a l dokumenteer elke keer wanneer ek die teksvers ontvang: “Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie.” Ek het vir die Here gevra dat Hy die vers sal gee as bevestiging dat Hy by my is. Om hierdie inskrywing nog interressanter te maak, kom ek skryf die volgende koringkorrel teksvers wat ek trek neer: “Ek is by jou... Ek help en red jou” (Jer. 15.20). Here, U is wonderbaar!

Die Here het die boodskap op so 'n wonderlike manier bevestig. Soms gee Hy 'n klomp verse uit dieselfde hoofstuk uit die Bybel en soms gee Hy dieselfde boodskap uit verskeie dele van die Bybel. Dit is so bevestiging van sy almag!

5 Junie 2016Ek het vanaand die teksvers getrek: Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie (Jos. 1.5). Ek het God nodig en ek kry swaar met my man wat weg werk. Maar steeds verstaan ek nie hoekom ek vanaand die teksvers ontvang nie. Ek sal maar die paragraaf lees en kyk wat God vir my probeer sê.

God sê Hy gaan vir my grond gee. Vers 3: Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit sal ek gee aan julle... Vers 5: Niemand sal voor jou standhou al die dae van jou lewe nie; soos ek met Moses gewees het, sal Ek met jou wees. Ek sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie. Maar ek moet ook iets doen, vers 8: Hierdie wetboek mag nie uit jou mond wyk nie, maar bepeins dit dag en nag, sodat jy nougeset kan handel volgens alles wat daarin geskrywe staan, want dan sal jy in jou weë voorspoedig wees en dan sal jy moet goeie gevolg handel. Vers 9: Het ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie, want die Here jou God is met jou oral waar jy heengaan.

Die volgende koringkorrels teksverse sluit amper aan by die eersgenoemde.

DDaaggbbooeekk-- iinnsskkrryywwiinnggss

Coreen Zwarts

15

Page 19: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Skep moed. Begin met die werk, want Ek is by julle (Hag. 2.4) – God bevestig Hy is by my, soos ooreengekom. Vers 8: Aan My behoort die silver en aan My die goud, spreek die Here van die l e ë r s k a r e . D i e t o e k o m s t i g e heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre en op hierdie plek sal Ek vrede gee.

27 Julie 2016Ek trek gisteraand drie teksverse. Twee van die drie is uit Mattheus 24, die profetiese rede. Ek dink toe by myself, die Here gaan iets tot my spreek.

Dit het so gebeur dat my suster saam met my iets stuur vir die behoeftiges by die kerk waar ek Bybelstudie doen. Die waarheid is dat ek lanklaas Bybelstudie bygewoon het, want ek kry myself jammer omdat ek alleen moet gaan, en ek voel daarby nog s k u l d i g o o k o m d i e v i e r b e e n kindertjies heeldag alleen te los. Eerlikwaar, eintlik het ek na die Bybelstudie verlang. Ek het my geestelike kos gemis. Ek was sterwend honger! Ek kry toe die weekl ikse whatsapp boodskap: Bybelstudie bespreking – Tekens van die tye. Sowaar is die hoofstuk onder bespreking Mattheus 24. Dit is met ander woorde die dag nadat God die boodskap vir my gegee het. Aan die einde van die Bybelstudie sluit Pastoor af deur 'n vraag te stel: Is jou lampie vol wanneer Jesus op die wolke verskyn? Ek het 'n sommetjie in my kop gemaak en dit met die boodskap gerekonsilieer. Ek het daar gesê: “Jammer Here. Ek is jammer vir my

sorgeloosheid en my sonde. Ek gee hier weer my hart vir U. Vergewe my asseblief.”

Die hele verloop van die bogenoemde was vir my nogal indrukwekkend hoe die Here seker maak ek hoor die boodskap en die gevolg daarvan, en ek het myself voorgeneem om dit met 'n paar vriende en familie te deel, maar nie om 'n getuienis te skryf nie. Ek kom toe by die huis en besluit om weer met die Here te praat en my eie Bybelstudie te hou. Ek trek toe die eerste koringkorrel: Heb. 13.8. Ek herken toe nie eers waarmee ek besig is nie, maar toe ek die paragraaf lees, besef ek dit is die boodskap waarvan ek belowe het om dit te dokumenteer as ek dit ontvang. Ek kom by my vers en dit lees: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Ek moes toe opstaan, my Bybeldagboek gaan haal en dit dokumenteer. Dit het toe uitgeloop op hierdie getuienis. Dit is seker maar 'n baie klein getuienis, maar dit wys hoe kragtig is die Here om op so manier met my te praat. Hy doen dit eintlik baie.

Op 29 April vra ek vir die Here om hulp: Ek betaal baie duur huur by my kantoor, maar wat kan ek daaromtrent doen? Ek vra toe vir die Here of moet ek vanaf die huis begin werk. Ek vra toe vir 'n skrif en ontvang Jesaja 54. Hier is 'n paar uittreksels daaruit: Jubel onvrugbare, wat nie gebaar het nie. Die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude. Maak die plek van jou tent wyd en laat hulle die doeke van jou tentwoning oopspan. Verhinder dit nie. Jy sal regs en links

16

Page 20: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

uitbreek. Jy sal nie beskaamd staan nie en aan die smaad van jou weduweeskap (ek wat alleen is) nie meer dink nie. Vir 'n klein oomblik het Ek jou verlaat, maar met groot ontferminge sal Ek jou vergader. Soos Ek gesweer het dat die waters van Noag nie meer oor die aarde sou gaan nie, so het Ek gesweer dat Ek nie op jou toornig sal wees of jou sal dreig nie. Elke wapen wat teen jou gesmee word sal niks uitrig nie en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg sal jy weerlê. Wel, nodeloos om te sê was dit genoeg bevestiging om te bly net waar ek is. Die begin van Julie gaan kuier ek by 'n vriendin, wat 'n evangelis is. Sy sê God w y s v i r h a a r i n d i e G e e s ' n

swangerskap. Dit lui toe nie dadelik 'n klokkie nie, maar 'n paar dae later praat ek weer met God en Hy maak daar my oë oop. Ek is die onvrugbare vrou wat nou swanger i s ! D ie t yd he t aangebreek vir die belofte van Jes. 54 om vervul te word. Onthou die is nie 'n vleeslike swangerskap nie. Net daarna loop ek die oulikste kantoorspasie raak. En leser, glo dit, die huur bedrag is presies dit wat ek vir God gesê het die bedrag is wat my sal pas. En die kantoor is nie minderwaardig en tussen êrens en nêrens nie. Dit is goeie kantoorspasie met baie voete. Ons trek einde van Julie in die nuwe kantore in. Hoe groot en almagtig is ons God nie.

Ons leraar is van voorneme om weer met ons voornemende lidmate in Middelburg by broer Jaco en suster Ilse Pretorius se hotel bymekaar te kom.

Daar word beplan om DV op Vrydag, 9 Desember 2016 vanaf die kerksaal in Klerksdorp te vertrek en sal weer Sondag 11 Desember 2016 terug wees.

Almal wat begerig is om Kersfees lidmaat te word, asook diegene wat gedurende die jaar lid geword het, word saam genooi na Middelburg, waar almal saam sal kuier en die Kerk se reëls breedvoerig bespreek gaan word.

Dit word beklemtoon dat daar geen kostes aan verbonde is nie.

Indien u belangstel om saam te gaan, moet u br Johann Rossouw kontak by 072 101 1169 sodat die nodige reëlings getref kan word.

VVoooorrnneemmeennddee lliiddmmaattee

17

Page 21: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Ek skryf hierdie artikel uit liefde vir ons orkes. Die orkes beteken vir my baie en vul partykeer 'n leemte in my hart. Dis waarlik 'n groot aanwins vir die gemeente. Ek glo nie ons besef wat dit regtig vir die Geeswerk beteken nie. Die beste van alles is daar ontbreek nooit iemand om die leiding te neem nie. As die een wegval is daar weer een deur die Heilige Gees voorsien.

Dit is baie jare wat die orkes daar is, en ek glo dat daar altyd een sal wees. Al drie my kinders het ook op 'n tyd in die orkes gespeel – waarvoor ek baie dankbaar is. Maar, soos genoem kom en gaan die lede weens omstandighede. Ons sien die wat daarmee begin het is al oorlede, en andere het die leisels opgetel en voortgegaan met die werk. Ander wat nog lewe is al oumense, en het die stokkie oorgegee. Dit is seker nou reeds die vierde geslag, en nog kom daar steeds by. Ek voel ons behoort meer vir ons orkeslede te bid. Ons sien maar as die klok lui is hulle op hulle pos. Partykeer vroeg in die oggend en laat in die aand.

Net so ook die wat die orrel speel – daar sal nooit iemand ontbreek nie. Een Woensdagaand 'n rukkie gelede was daar nie iemand agter die orrel toe die klok lui nie. Suster Marinda Scholtz het opgestaan uit die bank en agter die orrel gaan inskuif – dit was hoe die Gees in haar hart werk. Daarom weet ek verseker dat daar altyd iemand sal wees. Ons moet hul net meer ondersteun en meer vir hulle bid. Hulle het dit nodig, en dit is 'n groot werk waarmee hulle besig is, al besef hulle dit nie.

Fanie Visagie (leraar)Bettie Rossouw

OOnnss OOrrkkeess

18

Page 22: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

As ons om ons kyk sien ons net donkerheid wat oor ons land toesak. Aardbewings, oorstromings, oorloë en gerugte van oorloë… Die een nasie staan teen die ander op. Nêrens is daar meer vrede nie. Die woorde van die gesangversie sê: “Waar berg ek my, waar vlug ek heen…” Die enigste skuilplek is by die Allerhoogste. As ons in Hom geborge is dan alleen is ons veilig. Jesus het belowe om ons nie te begewe of te verlaat nie. Dit is hierdie donker tyd waarvan ons ontslape voorganger, oom Faan Visagie gepraat het. Daarom het hy 'n beroep gedoen dat ons Maandag-aande moet bid vir die oordele.

Dierbare broers en susters, ons moet gehoor gee aan hierdie versoek om te bid vir die toestand in ons land. As ons mense net wil besef in watter benarde toestand ons land verkeer dan glo ek sou die kerk vol gewees het op 'n Maandagaand. Oom Faan het gesê ons sal al biddende onder die oordele ingaan. Ons is reeds daar. Watter tekens moet nog verskyn dat mense die erns van die tyd sal insien? Ek glo dit is deur al die jare van gebede dat die Here ons nog genadig is. Ons is

nie beter as hulle wat in 'n oomblik die ewigheid ingeslinger word nie. Wat van ons kinders wat miskien nog nie op die rots Jesus geanker is nie? Dit maan ons nog steeds om ernstig vir hulle in te tree.

Oom Faan het gesê “jou kinders is my kinders, en my kinders is jou kinders, so ons moet bid sonder ophou.” Ons het 'n verantwoordelikheid om ernstig vir mekaar te bid. As dit al is wat ons vir mekaar kan doen, dan is dit duisend maal die moeite werd as daar een siel tot bekering kom. As ons gehoorsaam is en ons doen wat Jesus van ons verwag, en ons neem vir Jesus C h r i s t u s a a n a s o n s e n i g s t e Saligmaker enVerlosser dan sal Hy vir ons die pad oopmaak. Hy het reeds beloof dat as ons doen wat Hy gebied, ons die ewige lewe sal beërf. Daardie ryk erfenis wat vir elke kind van God beskore is.

Die Bybel waarsku ons gedurig teen die duiwel wat tussen ons en God wil kom. Die duiwel wat altyd daarop uit is om mense se siele te verstrik. Dierbare broers en susters, wees nugter en waak, want julle teëstander,

VVlluugg iinn ‘‘nn vveeiilliiggee pplleekk

Miemie van Heerden

19

Page 23: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

die duiwel, loop rond soos 'n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Satan wil self koning wees, hy wil oor alles heers. Dis wat hy gesê het: “Ek wil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God. My gelykstel met die Allerhoogste” (Jes 14:13).

So het die duiwel driekeer probeer om vir Jesus te versoek, maar het nie in sy doel geslaag nie. Gelukkig het Jesus met sy kosbare bloed aan die kruis op Golgota al ons skuld betaal. Deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop, maar die Here het ons almal se sonde op Hom laat kom (Jes 53:56).

Dierbare broers en susters, ons moet gehoorsaam wees aan die roepstem van die Here. Ons moet luister wat daar van die kansel af gepraat word, en ons moet doen wat van ons verwag word. Die Here nooi elkeen van ons: “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is, Ek gee rus.” Op hierdie oomblik klop Hy nog steeds aan die deur van ons harte. “Kyk Ek staan by

die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.” Almal wat hulle harte vir Jesus oopgemaak het is gereed as die Bruidegom skielik en onverwags sou kom. Vir hulle word die deur van die bruilofsaal oopgemaak en hulle word ingelaat voordat die deur gesluit word, m a a r d i e w a t h u l l e h a r t e n i e oopgemaak het nie en dus nie gereed is as die bruidegom kom nie, sal uitgesluit word. En as hulle dan klop en roep: “Meneer, maak vir ons oop, sal die bruidegom aan hulle sê: 'Gaan weg'” (Mat 25:12).

Dit bring ons by 'n baie persoonlike vraag: Is ek al gereed? Het ek al my hart vir die Here Jesus oopgemaak? Dierbare broers en susters, ons moet ag gee in die tyd waarin ons vandag lewe. Is daar nog tyd om die roepstem van Jesus te verontagsaam? Die Wo o r d s ê n o u . N o u i s d i e welaangename tyd. “Vandag as julle my stem hoor verhard nie julle harte nie.” Môre kan dit dalk vir ewig te laat wees.

20

Page 24: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

ONS HEER EN MEESTER SE VERHAAL

21

Page 25: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Louis Nagel

22

Page 26: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Vir die lidmate in ons Geeswerk is dit voorwaar 'n trots en voorreg om hulde te bring aan hierdie groep senior mense. Hulle is inderdaad ons geestelike steunpilare waarteen mens nog so dikwels kan leun, want hul gebede se waarde is ver bo korale en kan nie bepaal of bereken word nie.

1 Jan Kriel 01-07-1918 992 Annatjie Jonker 07-11-1922 953 Martie Nel 09-03-1923 944 Poppie Duminy 13-08-1923 945 Rina Ebersohn 17-01-1924 936 Ems Duminy 15-05-1924 937 Duifie Brand 08-05-1925 928 Miem Swart 06-11-1925 929 Petie Pretorius 28-02-1926 9110 Bettie Rossouw 21-01-1927 9011 Kosie Fourie 14-03-1927 9012 Marie Stehlik 06-05-1927 9013 Frans Blom 02-06-1928 8914 Miemie van Heerden 16-09-1928 8915 Kitty Steyn 28-04-1929 8816 Baba Kriel 07-03-1930 8717 Dorie Strydom 05-05-1930 8718 Annatjie Myburgh 28-11-1930 8719 Drienie le Grange 26-07-1931 8620 Sonny Vermeulen 11-09-1931 8621 Sannie le Grange 12-09-1931 8622 Ben Roos 30-09-1931 8623 Katy Fourie 29-04-1932 8524 Jackie le Grange 06-07-1932 8525 Sannie Lindeque 19-07-1932 8526 Nellie Strydom 08-09-1932 8527 Delene Coetzee 18-09-1932 85

LLiiddmmaattee8800 jjaaaarr eenn oouueerr

23

Page 27: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

28 Dinie Strydom 05-04-1933 8429 Ria Labuschagné 24-06-1933 8430 Kitty Kriel 15-07-1933 8431 Caroline Visagie 27-07-1933 8432 Doris Linde 30-10-1933 8433 Dina Visagie 06-03-1934 8334 Marie van den Berg 07-03-1934 8335 Sarie van Rensburg 14-06-1934 8336 Maggie Rossouw 18-08-1934 8337 Ella Vermeulen 03-09-1934 8338 Hettie Botha 12-10-1934 8339 Joey le Grange 01-12-1934 8340 Dora Barnard 06-12-1934 8341 Breggie van Rensburg 24-12-1934 8342 Dawie Pretorius 08-01-1935 8243 Annatjie Swanepoel 14-02-1935 8244 Brechtje Labuschagné 06-03-1935 8245 Annatjie Roos 19-04-1936 8146 Lienie van Rensburg 11-05-1936 8147 Bessie Labuschagne 15-06-1936 8148 Engela Roos 11-07-1936 8149 Joan le Grange 07-12-1936 8150 Baba Schutte 26-01-1937 8051 Baba Vermeulen 05-03-1937 8052 Joey van der Watt 31-03-1937 8053 Boetie Jordan 11-08-1937 8054 Ria Pretorius 22-08-1937 8055 Fanie Rossouw 09-09-1937 80

Elkeen van ons se opregte voorreg om ook vir hulle met groot trots en liefde te bid. Ons is inderwaarheid verplig om vir hulle in te tree met groot oorgawe, want hulle het die hitte van die stryd gedra. Dis hierdie steunpilare waarna die apostel Paulus in 2 Tim.4;7 verwys as:

“Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig;

ek het die geloof behou.”

24

Page 28: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

3 Douw Barnard Klerksdorp 8 Dawie Pretorius Klerksdorp 11 Hottie Rossouw Leeudoringstad 12 Neels Botha Klerksdorp 14 Marie Swanepoel (Roos) Klerksdorp 16 Corrie Kriel (Van der Merwe) Vryburg Roelie Swanepoel Vanderbijlpark 17 Rina Ebersohn (Labuschagnè) Klerksdorp 18 Willem Strydom Klerksdorp 21 Bettie Rossouw (Labuschagnè) Klerksdorp Marie le Grange (van Loggerenberg) Klerksdorp 22 Tienie Botha (Marais) Klerksdorp 25 Thinus Barnard Pretoria 25 Bessie Naudé (Swanepoel) Klerksdorp 26 Baba Schutte (Smith) Barberspan 26 Marie Swanepoel (Strydom) Klerksdorp

4 Nellie Fouché (Viljoen) Klerksdorp Susan Pretorius (Van der Merwe) Pretoria 13 Louwtjie Botha Klerksdorp 14 Annatjie Swanepoel (Fouché) Klerksdorp Dries du Toit Klerksdorp 16 Liefie van Rensburg (Koch) Lichtenburg 17 Francina Marè (Van Rensburg) Klerksdorp 20 Santjie Rossouw (Barnard) Wolmaransstad 22 Lenie Roos (Nel) Pretoria 24 Kotie Snyman (Pretorius) Pretoria 28 Petie Pretorius Klerksdorp 28 Fanie Visagie Klerksdorp

++

Januarie

Februarie

VVeerrjjaaaarrssddaaee 7700

25

Page 29: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Maart

April3 Hettie Lubbe (Spies) Hendrina 5 Dinie Strydom (Van der Linde) Klerksdorp 8 Bettie Barnard (Flemming) Pretoria 11 Tillie van Zyl (Oosthuizen) Stilfontein 13 Pieter Rossouw Klerksdorp 16 Tabitha Strydom (Brittz) Klerksdorp 19 Annatjie Roos (Stopforth) Klerksdorp 20 Susan Rossouw (Fouchè) Klerksdorp 22 Marietjie van Rensburg (Zimmerman) Klerksdorp 23 Corrie Botha (Pieterse) Klerksdorp Anna Jordan (Pieterse) Gansbaai 24 Jannie Roos Pretoria 26 Kola Oberholzer Standerton 28 Kitty Steyn (Vermeulen) Louis Trichardt 29 Katy Fourie (Craucamp) Vryburg

1 Hennie Kraft Vryburg 4 Koos Oberholzer Vereeniging 5 Baba Vermeulen (Delaport) Klerksdorp Willie Bindemann Klerksdorp 6 Dina Visagie (Pypers) Klerksdorp Petro Botha (Spies) Klerksdorp 7 Baba Kriel (Visser) Vanderbijlpark Martie Nieuwoudt (Strydom) Klerksdorp Marie van den Berg (Botes) Vereeniging 9 Martie Nel (Minnaar) Klerksdorp Giep Strydom Vryburg 13 Peet Pretorius Pretoria Attie Havenga Klerksdorp 14 Kosie Fourie Straatsdrift 17 Attie Duminy Klerksdorp 18 Tonie Smit Vryburg 19 Miems Swanepoel (Pretorius) Klerksdorp 23 Hannatjie Visagie (Ferreira) Klerksdorp 31 Joey van der Watt (Roos) Potchefstroom Santjie Coetzee (Rossouw) Leeudoringstad

26

Page 30: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Henry Kraft Christo en Cindy Vryburg 22/03/2015

Lené Kraft Christo en Cindy Vryburg 22/03/2015

Janke Roos Sakkie en Hermien Pretoria 31/07/2016

Pippa Jevon Bernard en Gernine Baviaanskrans 09/09/2016

Fanie Roos Francois en Melandie Ebenhaezer 08/10/2016

Wilmien Strydom Pierre-Errik en Lerina Ebenhaezer 08/10/2016

DDooppeelliinnggee

27

Page 31: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

HHuuwweelliikkee

28

Max Linde en Rolandie Havengais op 28 Oktober 2016deur ons leraar in die

huwelik bevestig

Page 32: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

AAllggeemmeennee IInnlliiggttiinnggFinansiële ondersteuningDie Kerk se bankbesonderhede is as volg:

Christelike Vereniging van Suid-Afrika

ABSA bank (Tjekrekening) ABSA bank (Tjekrekening)Klerksdorp Pretoria Rekeningnommer 30 3023 0018 Rekeningnommer 40 5155 4280

HulpfondsABSA bank - Klerksdorp Rekeningnommer 93 0363 8806

Kerkkantoor (Klerebank en Museum)

Nina le GrangeTelefoon 018 462 2381Faks 086 551 0019 Selfoon 083 630 8148E-Pos adres [email protected] Posbus 330, Klerksdorp, 2570Kantoorure: Maandag en Donderdag 08:00 - 12:00

Adresveranderinge‘n Vriendelike versoek aan al ons lidmate om, wanneer u adres of kontakbesonderhede verander, ons so gou moontlik daarvan in kennis te stel.

Sodoende bly ons rekords op datum en kan ons u Ligdraer korrek versend en ook by u huisbesoek doen wanneer ons in u omgewing is. U kan die nuwe besonderhede aan enige van ons evangeliste verskaf, of dit e-pos na [email protected]

29

Page 33: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

Kontaknommers

Leraar Fanie Visagie 018 462 1282 082 324 3248Evangelis Neels Botha 082 562 5628Evangelis Fanie Duminy 082 823 4861Evangelis Kosie Roos 076 486 6568 Evangelis Fanie Visagie 082 331 0432

Baviaanskrans S 27°20’58.08” O 26°26’06.84”

Bloempark S 26°44’00.77” O 27°44’02.14”

Ebenhaezer S 26°34’13.82” O 24°30’11.86”

Klerksdorp S 26°52’27.70” O 26°39’04.06”

Leeudoringstad S 27°14’13.45” O 26°14’42.90”

Pretoria S 25°52’31.92” O 28°05’49.73”

Vryburg S 26°56’50.10” O 24°43’09.30”

GPS Koördinate van kerkterreine

Klankopnames

Alle Jongelingsverenigings, verskeidenheid van musiek en sang asook die boodskappe op Sondae in Klerksdorp sowel as tydens spesiale dienste is beskikbaar teen die volgende pryse (versendingskoste uitgesluit):

R20 per CD R40 per MP3 CDR50 per CD in argief (10 jaar en ouer) asook alle spesiale Cd’sR80 per 8GB geheuestokkie en die laai daarvan beloop R30 per GB. Kontak vir br Gert Strydom persoonlik by 083 654 4949 of 018 462 6833 om aan te dui watter opnames u op die geheuestokkie wil laat stoor.

CD bestellings en betalings kan ook gedoen word by die kerkkantoor.

30

Page 34: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

LizzieBlom

1926.05.032016.08.26

AnnaVan Wyk1927.01.012016.07.21

Leon

Swart1981.11.052016.11.02

FennieVan der Merwe

1926.10.012016.10.06

Alida

Van Vuuren1947.03.302016.08.08

Dirkie Blom

1931.12.072016.08.02

JanSwanepoel

1942.01.092016.07.29

SStteerrffggeevvaallllee

31

Page 35: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit

dienste

2018Baviaanskrans9 tot 11 Februarie

Pretoria9 tot 11 Maart

Ebenhaezer29 Maart tot 1 April

Bloempark20 tot 22 April

Klerksdorp11 tot 20 Mei

Pretoria3 tot 5 Augustus

Baviaanskrans7 tot 9 September

Ebenhaezer5 tot 7 Oktober

Bloempark9 tot 11 November

Klerksdorp17 tot 26 Desember

2017Pretoria10 tot 12 Februarie

Baviaanskrans10 tot 12 Maart

Ebenhaezer13 tot 16 April

Bloempark5 tot 7 Mei

Klerksdorp26 Mei tot 4 Junie

Pretoria11 tot 13 Augustus

Baviaanskrans8 tot 10 September

Ebenhaezer6 tot 8 Oktober

Bloempark10 tot 12 November

Klerksdorp17 tot 26 Desember

SSppeessiiaallee DDiieennssttee

32

Page 36: Nr 245 Ligdraer - cvsa.co.za Des 2016.pdf · Desember 2016 Nr 245 “En Josef het ook opgegaan van Galiléa, uit die stad Násaret, na Judéa, na die stad van Dawid, ... wat hy dit