32
Jaargang 19 Nr. 9 022-913 1796 Piketberg se koerant vir Piketberg se mense... Lees binne Twi tree uit na 27jaar...p6 Heike Nuwe toerisme- beampte...p10 Silver Threads Klub...p14 Oupa en Ouma Len- tetee...p18 VLV Eendekuil...p22 Matriekafskeid...p24 Eisteddfod...pp25 & 27 Wiskunde Uitdaging wenners...p26 Jet SA Maths...p28 www.piketberg.com R2,00 Oktober 2012 AUTO ELECTRICAL SPECIALIST ONE STOP MOTOR PART SHOP PIKETBERG 022 913 1939 022 913 2404 Alle korrespondensie aan [email protected] GEDRUK DEUR PIKETBERG DRUKKERS BK (022) 9131679 / 9131890 Piketberg se Vier Wiskunde Manne SMS Jou NAAM, WINKEL se naam en die EENMALIGE NOMMER op jou betaalstrokie (bv #0000) na 32692 . Elke betaalstrokie tel as ‘n inskrywing vir die weeklikse trekking van SPAR KOOPBEWYSE asook vir die FINALE trekking! Sluitingsdatum: 7 Oktober 2012 Tydens die Weskus Onderwys Distrik Wiskunde Uitdaging is vier van Piketberg se leerders aangewys as wenners in hulle kategorieë. Kategorie B wenners is PHS‟ers Johan du Toit (gr 5), Harry Roux (gr 7) en Dewald van Deventer (gr 6). Voor is kate- gorie C wenner Nic Visagie (gr 4) van Steynville Primêr. Foto: Sanet Ackerman In die finale rondte van die Weskus Onder- wys Distrik Wiskunde Uitdaging het die wenners uit elkeen van die vyf Kringe op Piketberg teen mekaar te staan gekom. 124 Skole vanaf Atlantis in die Suide tot Bitterfontein in die Noorde, het deel- geneem. Die eindrondte is deur 131 leer- ders van Gr 1 tot 7 uitgespook. Die deelne- mende skole het in drie kategorieë deel- geneem. Kategorie A vir landelike skole, Kategorie B vir kleiner skole en Kategorie C vir groter skole. Nog foto‟s op p26

2012 October

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: 2012 October

1

Jaargang 19 Nr. 9 022-913 1796

Piketberg se koerant

vir Piketberg se

mense...

Lees binne Twi tree uit na 27jaar...p6 Heike Nuwe toerisme-beampte...p10 Silver Threads Klub...p14 Oupa en Ouma Len-tetee...p18 VLV Eendekuil...p22 Matriekafskeid...p24 Eisteddfod...pp25 & 27 Wiskunde Uitdaging wenners...p26 Jet SA Maths...p28

www.piketberg.com

R2,00 Oktober 2012

A U T O E L E C T R IC A L S P E C IA L IS T

O N E S T O P M O T O R P A R T S H O P

P IK E T B E R G

0 2 2 9 1 3 1 9 3 9

0 2 2 9 1 3 2 4 0 4

Alle korrespondensie aan [email protected] GEDRUK DEUR PIKETBERG DRUKKERS BK (022) 9131679 / 9131890

Piketberg se Vier Wiskunde Manne

SMS Jou NAAM, WINKEL se naam en die EENMALIGE NOMMER

op jou betaalstrokie (bv #0000) na 32692. Elke betaalstrokie tel as ‘n inskrywing vir die weeklikse

trekking van SPAR KOOPBEWYSE asook vir die

FINALE trekking! Sluitingsdatum: 7 Oktober 2012

Tydens die Weskus Onderwys Distrik Wiskunde Uitdaging is vier van Piketberg se leerders aangewys as wenners in hulle kategorieë. Kategorie B wenners is PHS‟ers Johan du Toit (gr 5), Harry Roux (gr 7) en Dewald van Deventer (gr 6). Voor is kate-

gorie C wenner Nic Visagie (gr 4) van Steynville Primêr. Foto: Sanet Ackerman

In die finale rondte van die Weskus Onder-wys Distrik Wiskunde Uitdaging het die wenners uit elkeen van die vyf Kringe op Piketberg teen mekaar te staan gekom. 124 Skole vanaf Atlantis in die Suide tot Bitterfontein in die Noorde, het deel-

geneem. Die eindrondte is deur 131 leer- ders van Gr 1 tot 7 uitgespook. Die deelne-mende skole het in drie kategorieë deel-geneem. Kategorie A vir landelike skole, Kategorie B vir kleiner skole en Kategorie C vir groter skole. Nog foto‟s op p26

Page 2: 2012 October

2

Redaksioneel

Skakel met Margaret Smit om in te teken op Die Piketberger teen R95 vir 11 uitgawes (Mei tot April)

per pos in RSA en R145 per jaar vir 11 uitgawes na die buiteland.

(Nuwe intekentariewe vanaf April.)

Redaksie ([email protected])

Redakteur: Kenneth Smit

Mede-redakteur, berigte en foto‟s: Marietha Goosen 022-913 1796;

Advertensiebestuur-

der: Margaret Smit 022-913 1777

Uitleg: Barbie Breunissen en

Kenneth Smit

Redaksioneel geborg deur Dr. Herold Truter

Volblad: R435 Halfblad: R295

Kwartblad: R195 Agsteblad: R130 Ander groottes op aanvraag.

Barbie Breunissen Margaret Smit

Kenneth Smit Marietha Goosen

Kyk nuut na die ou dinge Dis toe ek Die Burger-50 jaar gelede se stukkie lees op Saterdag 8 September, dat ek die inspirasie kry vir my kolom. Dit lees: Skoolkomitee herkies: Daar was

gister baie belangstelling vir die skoolkomiteeverki-esing van die Hoërskool Jan Malan op Koringberg. Die ou komitee is onveranderd herkies vir die vol-gende drie jaar met die name wat daarop volg—almal manlik. Ek dag, maar kyk so vir ons buurdorp, skool en al! Ek dink terug aan skoolkomiteelede en ander voorvatters in die dorp en kerk uit my kinderjare en grootwordjare, mense by wie ek bepaalde dinge geleer het. Deesdae voel dinge tog ‗n bietjie anders, mense skuif, verhuis, ver-sit...huiwerig om wortel te skiet, betrokke te raak, of jouself bloot te stel—te bang om foute te maak, om te wankel, om teleur te stel. Ons het begin glo die wêreld gaan jou nie kans gee nie. Net een verkeerde tree, uitlat-ing of daad en dis verby. Maar dis nie heeltemal waar nie. Baie dinge is nog dieselfde: Redelinghuys hou steeds Sondae namiddae wyksdienste, hulle hou steeds die heerlikste wyksbasaars twee keer per jaar (steak braais, ―high teas‖, verkopings, etes - sewe verskillende geleen-thede nou weer vanaf Oktobermaand), die Bully Beef blik-kie en die skoenpolitoerblikkie het steeds hul bekoorlike oopskroef meganisme, wat my gefassineer het soos die vulstasie se petroljoggie wat behendig die ruit gewas het met die rubber skrapertjie. Wiskunde bestaan steeds uit dieselfde syfers, die Lente begin steeds op 1 September, base het steeds sekretaresses nodig, geskenke maak harte steeds bly, Oupas en Oumas se tyd is nog lank nie uitgedien nie, musiek en sport is steeds deel van mens-

27 jaar onderdele ondervinding waarvan 14 jaar John Deere is. Iets dergliks is ook welkom.

Kontak Niek 084 783 4512

20 jaar bankondervinding. ‗n Ontvangste of verkope betrekking. Goed met hantering van kontant.

Adelaide 084 783 4512

Senior/Intermediêre Reiskonsultant—Piketberg Vereistes— *Minimum 3 jaar Galileo ondervinding in

reisagentskap *Rekenaarvaardig *Tweetalig *Reisondervinding

Salaris onderhandelbaar E-pos CV na [email protected]

Betrekking Aangebied

Betrekkings Gesoek

wees...Lees oor al hierdie dinge in ons koerant en kom tot die besef dat God, wat was en is en sal wees, steeds op dieselfde manier skep en ons aanmoedig om nuut te kyk na die ou dinge.

Marietha

BADISA vier „n Positiewe Jaar

Marlene Erasmus

(Voorsitter BADISA

Piketberg) ontvang „n

donasie van Felicity Roux van Henbase.

Ursula van Heerden (BADISA Bellville), ds Michael van Heerden (Gasspreker), Marlene Erasmus

(Voorsitter BADISA Piketberg) en Pharin Carolus (BADISA Piketberg). Foto‟s: Martin Goosen

Halfdag huishulp, 3 dae per week. Moet kan stryk en kook.

Geen naweke. Kontak asb 082 780 8698

Page 3: 2012 October

3

Vriendelike diens gewaarborg

Sweets Mania

Die lekkerste Lekkergoed

R 34.99 R 8.89

Bar One 24 x 21g

My eerste

CD is beskikbaar by

Kerkstraat 5 Piketberg

022 - 913 3903

Page 4: 2012 October

4

Klere vir die vrou met eksklusiewe

smaak

Winkel 022-913 2418

022-942 1787

Riana Smit 022-942 1787

082 921 1977

Gesonde Hoenderrepies 4 hoenderborsies, in dun repies gesny Sout na smaak 2 eierwitte 4 snye volgraanbrood, verwerk tot fyn krummels 45ml (3 e) fyn gerasperde parmesaankaas 15ml (1 e) olie 15ml (1 e) droë pietersielie Voorverhit oond tot 200°C en voer ‗n bakplaat met foelie uit. Druk hoenderrepies droog en geur met sout. Klits eierwitte tot skuimerig. Meng broodkrummels, kaas, olie en pietersielie goed en gooi dit uit in ‗n bord. Doop hoenderrepies in eierwit en rol dan in krummelmengsel. Pak op bakplaat en oondrooster vir 7 minute aan elke kant tot goudbruin en deurgaar. Lewer 5 porsies.

Kekkel & Kraai

Langstraat 79

Piketberg

022-913 2297

deur Jannie Lategan

Private waarneming deur die lense van my oë na buite

Hoe lyk die mens en sy optrede daarbuite, wanneer hy nie bewus is daarvan dat ek en jy, besig is om hom dop te hou vanuit ons eie waarnemingsvermoë nie? Almal se lense is op die wêreld daar buite gerig. Sommige sien waarskynlik niks raak nie. Ander kan weer dit wat hy sien en waarneem omskep in karaktervolle woorde of dit net ignoreer. Ons sien die positiewe en die mooi. Die veld-blommetjie wat in aantog na die Lente, besig is om te ontdooi uit sy winterslaap en sy vlerkies oopsprei om al-mal saam een kleurryke tapyt te vorm. So ongelooflik mooi in talle skakerings denkbaar. Daar is straks ‗n spin-nerak in ons fokusveld, waar ‗n spinnekop die ragfyn rak spin...sò tragies dat hy besig is om ‗n wip te stel vir sy prooi. Daar is die by, wat die soetste nektaar kom haal by dieselfde blom waar die spinnekop sy dodelike gif kom haal. Die mooiste sonsopkoms moet gesien word in die glinster dagbreek oomblikke. Kyk dan rondom jou en sien die laaste doudruppels van die Winter wat in ‗n reënboog spel van kleur getint is, en gelukkig dartel in sy eie glorie. Sien ons nog die mier loop. Sien ons sy produktiewe leef-styl. Die bymekaarmaak van kos en slaapgoed vir die nes wat iewers wag. Het ons dalk die Hadida in vlug misgekyk wat in die aand oor jou tuin vlieg en in ‗n kras geluid ―goeie nag‖ uitroep of straks sê hy dankie dat hy vandag daar in jou tuin met sy snawel kon rond vroetel en vreet. Sien ons die verflenterde bedelaar en bosslaper raak wat in die laat aand nog op sy tog is van vullisdrom tot vullis-drom om te kyk of daar iets is om eet. Sien ons die vullis besmette strate op ‗n laat Vrydag- en Saterdagmiddag nog raak, terwyl skoonmakers besig is om die vullis te versamel. Is ons ernstig nadenkend daaroor dat iemand anders my vullis moet optel wat ek so ongeërg en sor-geloos net weggesmyt het. Waar lê ons medelye...by die wat straks net ‗n kontrakwerker op ‗n plaas is en uit ‗n verre streek kom, waar daar straks mank gegaan word aan ‗n opvoedingspeil...of is dit dalk ons eie mense, u en ek, wat onnadenkend net die papiere met ―Spesiale Aan-biedinge” daarop net so neergooi? Soms wonder ons of hierdie advertensiemedium nie, maar net nog ‗n futiele poging is om afslagpryse te probeer adverteer en die doel daarvan egter misloop nie. Maak ons oogkontak met die persoon in aantog na jou in sy motor of op straat? Groet ons mekaar nog in ‗n flietende oomblik? Of kyk ons juis anderpad? Die spreuk: ―Wat die oog nie sien, doen die hart nie kwaad nie!‖, kan nie meer geld nie, want elkeen kan nie net in sy eie kokon terugtrek en onbetrokke wees by Kerk en samelewing nie. Dis Protea-tyd! Sien ons daardie argitektonies geweefde draadjies wat in harmonie met kleur byeenkom, om die pragtigste blom te vorm. Sien ons die Pronk-ertjie, die Gesiggie en die talle Lente- blommetjies nog raak en verfris dit ons bedroefde gees…of is dit maar net nog ‗n kameraskoot wat later afgevee word. Sien ons nog mense hartlik en uitbundig lag? So ‗n kosbare natuurlike en totale verniet geneesmiddel wat ons net eenvoudig ignoreer? Om talente en le-wenskwaliteite met ander te deel, vul elke gewer met oorgawe. Steek ons nog ‗n kersie aan in ‗n donker wêreld Vervolg op p22

Nuwe somervoorraad beskikbaar.

Nuwe Froggies, Tshonga en Green Cross Somerskoene!

Page 5: 2012 October

5

Page 6: 2012 October

6

Kombuis en slaapkamer eenhede. Koffietafels, kanttafeltjies T.V. Kaste (Platskerm) Rakkies, kassies Restourasie van meubels Dekor Items, domes Geskenke, pragtige lint

Christo en Linda van Schalkwyk

Twi tree uit Twi Smit, musiekjuffrou by PHS van 1965 -1985, het in 1985 begin om Woensdae by Huis AJ Liebenberg die be-jaardes te begelei met samesang. Een week gewyde liedere en een week ― lekkers ing -liedjies.‖ Sy onthou hoe kore van die omlig-gende ouetehuise elke jaar Paarl toe gegaan het vir ‗n koorfees en die lekker aarbeie en room wat hulle agterna gekry het om te eet. Sy het Huis AJ Liebenberg se koor afgerig en was bevoor-reg om vir Michiel Hanekom (Martjie Hanekom se broer) en Willem Esterhuizen as Viool- en Basviool-spelers te hê. Nou het sy na 27 jaar ―afgetree‖ en sing net elke Woensdag lekker saam. Baie dankie, tannie Twi, vir soveel jare se vrywillige diens. Almal het oor die jare sò lief geword vir tannie!

Twi Smit het na 27 jaar as begeleier van Huis AJ

Liebenberg se inwoners afgetree.

Berig: Elna Strauss Foto: Marietha Goosen

Die volgende Piketberger verskyn op 25 Oktober 2012. Berigte en

advertensies moet ons bereik teen Dinsdag 16 Oktober 2012 om 17:00

Woensdae & Donderdae: 08:00 - 14:00 / 18:00 - 21:00

Vrydae & Saterdae: 08:00 - 15:00 / 18:00 - 21:00

Sondae: 08:00 – 14:00

Maandae & Dinsdae:

Gesluit (Ons kan wel groepbe-

sprekings aanvaar indien vooraf met ons

gereël is)

Cornberg Café Restaurant ure (die kroeg bly saans effens later oop):

Besprekings: 022 423 8386 / 072 256 8151 [email protected]

Daar word geseê: ―A change is as good as a holiday.‖ Noudat ek en Wesley in die restaurantbedryf is, is 'n vakansie nie in die dagboek aangeteken nie. Hoe sê jy egter vir jou moeë lyf en verstand dat jy maar vir 'n onbepaalde tyd so moet voortstoom? As 'n verandering dan net so goed is soos 'n vakansie, was 'n verandering ons enigste oploss-ing. Ons kon egter nie kies wat die verandering sou wees nie. Ons moes twee weke gelede ons liewe, lawwe hondekind wegstuur, omdat sy nie by die restau-rantlewe kon aanpas nie. Die verwyt om jou hond weg te stuur, nadat jy haar in daardie posisie ge-plaas het, is enorm. Enige diereliefhebber sal verstaan hoe seer dit is om die lyfie, wat jy van babadae afvertroetel het, in 'n ander se hande oor te gee. Is dit dan nou die verandering wat ons in die plek van 'n vakansie benodig het?

Nog 'n lessie geleer; ons word almal groot. Ons moet almal leer dat die lewe soms opofferinge van jou verwag en dat jy moet leer om te buig sonder om te breek. Gelukkig is daar goeie nuus indien jy al jou keuses aan die Here opdra, want Hy het die ma-nier om dinge op wonderbaarlike maniere te laat uitwerk. Ons hondekind het maatjies gemaak en sy is nou dolgelukkig in haar nuwe tuiste. Sy het ruimte vir speel en geleenthede wat ons haar nie kon bied nie. Weereens het die Here ons oor hierdie hekkie gelig. Ons ouerharte kniel in dankbaarheid!

Page 7: 2012 October

7

PLUS A FREE 330ML FRUTMORE JUICE

FOR ONLY

R23.00

HAM,CHEESE & TOMATO CHICMAYO & CHEESE

EGG,BACON & CHEESE FILLET & CHIPS

RUSSIAN & CHIPS RIB & CHIPS

STRIPS & CHIPS

Tel: 022 913 1092

Freshly made BUSTA GATSBY‟S

Page 8: 2012 October

8

VLV Finansies

022-913 2646

WEN ELKE DAG PRYSE

10 EENHEID KONTRAK

5 EENHEID KONTRAK

MAANDELIKS ETE BY SPUR

DANKIE VIR U VOLGEHOUE

ONDERSTEUNING

Ewige Trou

Praktika het onlangs „n leierskapkursus (Leadership in the workplace) by Trawal aangebied. Hier verskyn

werknemers van Trawal, Kuruman en so ver as Lesotho, Zimbabwe en Oos-Kaap. As gevolg van toenemende groei in die behoefte om opleiding in

Engels aan te bied het Praktika reeds die “gewilde” kursusse vertaal. Skakel gerus met die Praktika kantoor en gee u behoeftes deur. Foto verskaf

Leierskapkursusse aangebied

Dup Meubels Wenner Dup Meubels wens A Visagie van Eendekuil geluk met die Sunbeam Slowcooker wat hy gewen het in ons gelukkige trekking kompetisie. Die vol- gende kompetisie strek vanaf 1/10/12 tot 30/11/12 met ‗n Nr 9 swartpot as prys. Kwalifiseer met enige aan- kope van R500 en meer.

Scholtz en Renée Ros-souw is getroud op Renée se verjaarsdag, 25 Augus-

tus in die NG Kerk Koringberg.

Foto: Elizma Hayman

Ester Booysen, ABSA Areabestuurder het die VLV toegespreek (links

op foto). By haar is Martie du Toit, Riana Richter en

Nicolette Smit (Takbestuurder ABSA

Piketberg). Foto: Dinette Lochner

Bar will open on 21 September

Page 9: 2012 October

9

om klein ondernemers hierin by te staan. Meer inligting daaroor kan gelees word op die firma se webtuiste by WWW.WAARDESKEPPER.COM. Kyk ook na die artikel Belastingbeplanning: ‘n Baie winsgewende belegging en die bydraes oor die belastingvoordele van trusts wat in die Waardeskepper Kroniek se uitgawes van Oktober 2008 en Junie 2010 verskyn.

MEDIESE PRAKTISYNS

Drs Smit & Morrison

Hoofstraat 60 Main Street PIKETBERG

7320

022-913 1172 alle ure / all hours

022 913 1907

Besigheidsure / Business Hours Ma - Vry 08:00 - 17:30 Mo - Fri

Sat 08:00 - 13:00

Alison se Swemskool R260 vir 8 lesse

1ste kursus 10 - 21 Desember 2012 2de kursus 4 - 15 Januarie 2013

Kontak Alison Muller by 073 229 2855

Kleinsakekorporasies nou aantrekliker vir

belastingbesparing Geleenthede word egter grootliks onderbenut

“Die nuwe belastingskale vir kleinsakekorporasies (KSK‟s), tesame met sekere bepalings van die pas ingestelde dividendebelasting, maak KSK‟s as „n be-lastingbeplanningsmeganisme nou aantrekliker, veral in samehang met 'n trust.” So sê Frikkie Strauss van FJS Finansiële Dienste op Piketberg. Volgens hom bestaan daar ongelukkig groot onkunde oor die belasting-voordele van KSK‘s en trusts, met die gevolg dat die be-lastingbeplanningsgeleenthede hiervan grootliks onderbe-nut word en mense te veel belasting betaal. Daar is by-voorbeeld baie min boere en professionele mense wat besef dat dit ook op hulle van toepassing is. ―KSK‘s is enkele jare gelede in Suid-Afrika se belasting-wetgewing ingevoer as deel van ‗n wêreldwye tendens om entrepreneurskap en ekonomiese ontwikkeling te bevorder en bied tans die gunstigste belastingbedeling vir klein ondernemings in Suid-Afrika,‖ sê hy. 'n Onder-neming met 'n jaarlikse omset onder R14 miljoen en wat aan sekere ander vereistes voldoen, word tans soos volg belas: Geen belasting op die eerste R63 000, 7% op R63 000 tot R350 000 en 28% daarbo. Daarteenoor word individue belas op 'n glyskaal tussen 18% en 40%, ander maatskappye en beslote korporasies teen 28% en trusts teen 40% van die eerste rand af. ―Prakties kan die lae belastingskale vir KSK‘s soos volg geïllustreer word: Op 'n netto inkomste van R350 000 sal ‗n KSK tans ±R20 000 (6%), 'n individu R69 000 (20%), 'n ander maatskappy of BK R98 000 (28%) en 'n trust R140 000 (40%) betaal. Met vindingryke beplanning kan 'n KSK se belastinglas tot so min as R14 000 (4%) wees.‖ KSK‘s geniet volgens Frikkie ook gunstige slytasietoe-laes. Algemene toerusting kan binne drie jaar afgeskryf word en vervaardigingstoerusting binne een jaar. Be-halwe belastingbesparingsvoordele kan dit ook aanmerk-like kontantvloeivoordele meebring. As 'n mens 'n trust in samehang met 'n KSK het, kan belastingbesparings eksponensieel toeneem en alle belastingaanspreeklikheid geëlimineer word. KSK‘s is besonder geskik vir familie-ondernemings met verskillende vertakkings. Die vertakkings kan byvoorbeeld in verskillende maatskappye met individuele familielede as aandeelhouers bedryf word, en sodoende verdere be-lastingdoeltreffendheid meebring. Die verhoging van dividendebelasting van 10% tot 15% op winste wat as dividende of debietleningsrekeninge geneem word, is – soos vir alle maatskappye – ook nega-tief vir KSK‘s. Die wyse waarop dit belas word, is egter baie gunstiger as by die bedeling vir Sekondêre Belasting op Maatskappye (SBM). Dividendebelasting word slegs gehef op die geagte rente op debietleningsrekeninge, teen die Kommissaris se amptelike rentekoers. Behalwe dat dit ná die onlangse koersverlaging, slegs 6% beloop, bied dié nuwe reëling baie meer beplanningsruimte as die ou SBM-bedeling. Ten einde die belastingvoordele van KSK‘s optimaal te benut, moet kundige en vernuftige beplanning plaasvind binne die raamwerk van die algemene finansiële beplan-ning en bestuur van 'n sakeonderneming. FJS Finansiële Dienste het 'n spesifieke professionele produk: Belast-ing- en Finansplan vir Klein Ondernemers ontwikkel

Benodig Vrywilligers! asook

Skenkings van hondekos, katkos, speelgoed

of ...borg ‘n sterilisasie!

Kontakbesonderhede: Minette: 079 249 1535

Beryl-Ann: 071 828 7952 [email protected] Standard Bank Piketberg

Rek: 08 333 458 0

Hierdie advertensie word geborg deur Sam en Berenice

Scheepers

Page 10: 2012 October

10

Fokus op…

Ons Omliggende Dorpe

Fokusblad Volgende maand fokus ons op

Motors Adverteer u produk of diens wat u verskaf.

Skakel gerus vir Margaret Smit 022 913 1777

Goedverwacht Toerisme is tans besig met die reël van Erfenisvieringe vir die gemeenskap. Ons het ‗n ryk slawe geskiedenis wat dateer uit 1810. Die laaste slavin se graf is in ons begrafplaas en dit is waar ons dan gewoonlik ons erfenisvieringe sentreer – met ‗n seremonie in die vorm van ‗n kranslegging. Die plaaslike blaasorkes en die primêre skoolkinders gaan optree by die geleentheid. Daarna het ons ‗n musiekprogram waar ons plaaslike blaasorkes, Saldanha se orkes en ‗n jayryband uit Kaap-stad ons gaan vermaak. Verder het ons plaaslike groot-mense/bejaardes aan die woord met die vertel van ou stories, raaisels en rate uit die verlede. Die museum sal ook begin lewe kry in die vorm van de-monstrasies waar die kolestrykyster stryk en karringmelk gemaak word met karring. Al die gebeure vind plaas 22 September 2012 op die Kof-

fieshop terrein. Ons beplan stalletjies en disko vir die Vry-

dag en Saterdagaand sal die verrigtinge afsluit.

Goedverwacht Erfenisvieringe 22 September 2012

Heike ou hand in Toerisme Heike Oelbüttel is die nuwe ge-sig in Piketberg Toerisme se kantoor in die Sinagoge in Kerk-straat. Dit vat nie lank om uit te vind dat Heike 'n passie vir haar werk het en haar absoluut tuis ge-maak het nie. Selfs toe die ont-moeting met haar gereël word om 16:40, wat toe natuurlik tot na 17:00 duur, merk sy gerusstellend op: "I'm not a clock watcher". Met 'n borrelende geaardheid, vlot in drie tale, Afrikaans, Engels, Duits, en boonop verlief op die omgewing waarin Piketberg en omliggende dorpe geleë is, is sy bes-lis die eerste uitvoerproduk wat toeriste mee te doen het. Sy hanteer elke navraag, elke oproep, elke ontmoeting soos 'n mens 'n potensiële besoeker aan Piketberg en omgewing behoort te hanteer, sodat hy terugkom en vol-gende keer net meer vriende en familie saambring. Na 28 jaar in die bedryf het Heike sekere beginsels reeds gesnap en oor en oor beproef - met dié verskil dat die beroep altyd nuut bly. Haar kleurryke loopbaan in die To-erismebedryf kan ons vir dae aaneen besig hou, maar Die Piketberger se onderhoudstyd en koerantspasie maak net voorsiening vir so vier hoogtepunte in haar loopbaan - ons noem hulle "crash course", "lekker gesel-lig hare-loslaat", "interessant" en "cherry op die koek be-ste ooit"! Vir "crash course" moes sy oorsese boere op 'n Tuinroete toer neem na oa Bredasdorp en daarvoor moes sy 'n BKB-blitskursus volg om alles van skaapwol te leer. Die "lekker gesellige hare-loslaat" toer was vir ouerige Suid-Afrikaners wat gaan blomme kyk het in Namak-waland, die "interessante" uitdaging was die reël van die "Chairman" en sy vrou se doen en late tussen George en Kaapstad tydens die President's Cup gholftoernooi by Fan Court, George. Die sekuriteit was geweldig streng, niemand mag ooit geweet het wat hulle bewegings is nie en vroulief se behoeftes het elke twee ure verander. Vir die "cherry op die koek beste ooit"-program moet jy jou gordel vastrek om by te bly....100 buitelandse toeriste land in Kaapstad. 50 reis na Pretoria met die Rovos Rail en die ander 50 reis op dieselfde manier, net via Durban. Die groep ontmoet in Pretoria en verdeel in twee groepe na Maun in Botswana en Livingston in Zambië. (....klink al meer na 'n raaisel of woordsom...) Die Maun groep gaan tuis in verskillende lodges vir drie nagte en daarna via Kasane, na die Royal Livingston hotel vir vyf nagte, waar-tydens hulle ook per privaat vliegtuig vlieg. Die Livingston groep verdeel in twee groepe na Livingston en Chobe. (....dis nie al nie.....) Terselfdertyd vlieg 100 ander toeriste na Livingston en volg dieselfde reisplan, net in "reverse"! Dis asof Heike weer daar is en onthou hoe sy als uit haar kop uit geken het - syfers, bedrae, kamernommers, vlugnommers… Ag, en net 'n laaste verhaaltjie. Die Brit-ish Travel Agency gee opdrag dat 5 000 toeriste op dieselfde oggend vier verskillende hotelle in Sun City moet verlaat om elkeen betyds hulle spesifieke vlug te haal - dit word "Mass Departure" genoem. Dink jou in in 5 000 mense, bagasie, taal, huurmotors, paspoorte, vlugnommers, verkeer, ongesteldhede, adrenalien…

Heike se werksbybel is TV Bulpin se "Discovering Southern Africa" - en van Piketberg en die res van die

Bergrivierstreek is daar nog baie om te "discover", sê sy. Berig en foto: Marietha Goosen

Maandag - Donderdag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 17:00 Vrydag: 08:30 - 13:00 en 14:00 - 15:30

The 2012 Peter Thomas Ride 1000 Miles – 10 Days – 1 Goal

"Riding for a cure”

Any cyclists is welcome to ride with from Porterville to Piketberg

The start point and time will be advised in the next Piketberger

If you are interested in taking part, please email [email protected]

See more of Peter‘s challenge on http://www.giste2e.net/html/2012/challenge.html

Page 11: 2012 October

11

OVK hou Vrouedag Die Onafhanklike Verkiesings Kommissie (OVK) olv Ells-forth Booyse, het 'n Vrouedag aangebied. Na die geleent-heid is Nie Winsgewende Organisasies (NGO) se vroue uitgenooi.

Vrouedag Goedverwacht

Magrieta Booyse besig om 'n gedig voor te dra. Foto‘s: Marietha Goosen

Al-Zene Adams, Lamisha Adams en Nicole Galant by Elsabie Booyse wat die koortjie afgerig het.

Marietjie de Kock, links in die middel, was die spreker by Goedver-wacht se Vrouedag-

vieringe.

Foto‘s: Erika Kretschmer

Page 12: 2012 October

12

Wat Sê Die Reg?

OPLEIDING MENSLIKE HULPBRONNE ADMINISTRASIE WERWING, KEURING EN PLASING ARBEIDSVERHOUDINGE

Hofstraat 1 Posbus 365 Piketberg

7320

022-913 2933 Faks: 022-913 2959

Dave Ferguson 083 306 2572 E-pos [email protected]

Deur Christelle de Villliers

Onderhoud... Ma, Pa en die Kind(ers)

Hierdie onderwerp word aldag be-spreek onder geskeide ouers, oumas en oupas, die familie wat gedurig moet

instaan, en ja – ook prokureurs. Wat beteken die woord onderhoud? Dit is die plig wat geplaas word op ‗n party(e) om bystand te verleen aan ‗n ander party(e) binne die raamwerk van verblyf, kos, klere, mediese versorging en ander lewensnoodsaaklike goe-dere, in lyn met die party(e) se sosiale stand, lewenstyl en finasiële posisie. Op wie rus daar „n plig om te onderhou? Enige per-sone wat in ‗n verhouding met mekaar staan (byvoor-beeld getroude pare); persone wat geskei is; en persone wat gesamentlik ‗n kind(ers) het. Met ander woorde, par-tye wat getroud is moet mekaar wedersyds (in gesinsver-band) onderhou en partye wat geskei is kan beveel word dat die een party die ander onderhou en dan ook kinders. Hoekom kry net party vrouens onderhoud na eg-skeiding en ander nie? Die Hof kyk na die behoefte van onderhoud, en indien die vrou byvoorbeeld haar eie werk het en haarself kan versorg sonder haar man se hulp, sal die Hof nie sommer ‗n onderhoudsbevel in die guns van die vrou gelas nie. Maar, indien die vrou wel ‗n behoefte het op onderhoud en die man kan dit nie bekostig nie, dan sal die Hof ook nie die bevel gelas nie. Die faktore word as ‗n geheel beoordeel (bekostigbaarheid, vooruitsig op rehabilitasie in die arbeidsmark, behoeftes van elke party ens). Kinders en onderhoud: Minderjarige kinders het ‗n reg op onderhoud. Die probleem kom in wanneer ouers skei. Watter ouer is dan verantwoordelik om onderhoud te betaal? Volgens die Gemenereg, is die onderhoudsplig op albei die ouers (pro rata natuurlik), en die Hof kyk daarom na albei ouers se finansiële posisie in lyn met die behoeftes van die kind. Die Egskeidingswet bepaal dat die Hof nie ‗n egskeidingsbevel mag uitreik alvorens die welstand van die kind(ers) ondersoek is nie. Die Hof sal altyd probeer om die status quo te handhaaf, byvoor-beeld, indien die kinders die afgelope paar jaar in ‗n privaatskool was, sal die Hof, indien dit bekostigbaar is vir die ouers, gelas (deur ‗n Familie Advokaat verslag) dat dit so moet bly om die kinders nie te ontwrig nie. Maar, in-dien ‗n ouer nie ‗n privaatskool kan bekostig nie, sal die Hof dit in ag neem en terug val op die beginsels en be-tekenis van onderhoud. As een van die ouers nie onder-houd kan betaal nie, word daar hoër op in die rangorde beweeg – die Hof kyk dan of ouma/oupa kan betaal. Ont-hou altyd – die Hooggeregshof is die oppervoog van kinders en dit gaan alles oor die beste belang van die kind! Elke Hof het ‗n onderhoudsbeampte vir navrae.

Yskas, Vrieskas &

Lugverkoeling (voertuig en residensieël)

Herstel,

Installasie en Hergas

Kontak:

Henk Pieters 071 583 6164

E.mail [email protected]

Neem Kennis

Vanaf 7 Oktober 2012 verander die NG Kerk

Piketberg se Sondag oggenddienstye en

begin om 09:00

Salomie

Klereontwerp en maak,

Dekor, Materiaal

33 Kerkstraat, Piketberg

(oorkant museum)

Kontak Salomie 082 967 0768

Page 13: 2012 October

13

Page 14: 2012 October

14

Minimax Vervoer

Ons vervoer enigiets van trekkers, implemente, beams, bins, palette, stene, kafbale, meubels, sement,

losmaat asook bourommel en vullisverwydering.

Te huur vir bestuursoefenlesse en uitpassering (kode10 /C1)

Deelvragte ook beskikbaar 1x 8 ton trok en

Ligter voertuig met sleepwa

André Yardley 079 994 5435

Silver Threads Klub vir Bejaardes

Die Silver Threads Klub vir Bejaardes op Piketberg het vir hulleself sommer vroeg in die Lente 'n Vier Seisoene Hoededag gehou. Om die geleentheid nog meer feestlik te maak, het hulle besluit dis "everybody's birthday" dag!

Die Somer vriendinne is voor Lena Daniëls, Sanna Damon en Catherine Visagie.

Agter is Naomi Benjamin en Sophia Carolus.

Vrolik in Lente geklee is voor Fransina Somers en agter Anne Engelbrecht, Anna Dirks en Sophia Monk.

Aan die Wintertafel sit voor Christina Zoutman, E Rickers, Elizabeth Brink en Janetta Swarts. Agter is

Janetta Vraagom, Hendrik Swarts en Margrieta Karolus.

Foto‘s: Marietha Goosen

Huis AJ Nuwe Hoof

Marie de Villiers wat al 22 jaar die sekretaresse/admin beampte van Huis AJ Lie-benberg is, is aangestel as nuwe hoof in die plek van Heinrich Grundlingh wat weens gesondheidsredes bedank het. Berig: Elna Strauss Foto: Marietha Goosen

Voor aan die Herfstafel is Maria Adams, Gerty Paulse, Johanna Koordom en Maureen Julius. Agter is He-

lena Smit, Elsa Taylor, Niklaas en Mary du Toit. Mary is die Voorsitter van die Silver Threads Klub.

Page 15: 2012 October

15

Kaap Agri bederf Eenheidsklas

Dit was 'n onvergeetlike dag in die kinders se lewe. Hulle het vir Vlooi gaan kyk en die teater ondervind-

ing was vir hulle wonderlik. Daarna is hulle ook bederf met „n MacDonalds-ete en 'n roomys langs

Seepunt se strand. Foto: Adele Cruywagen

Ou tydskrifte is baie waardevol in die klaskamer. Indien u hiermee kan help,

kontak asb Hendrien van Lill 072 423 1444

Page 16: 2012 October

16

Oupa se sekretaresse

-magdaleen van zyl-

Oupa het ‗n garage gehad. Dit was ‗n garage waar mens als kon kry: olie, tyres, koeldrank, diesel, ‗n mechanic en gesels. Soggens, as die ryp nog dik-wit

op die gras lê, loop oupa en sy kosblik oor die pad na sy garage toe. Die garage was rooi en wit geverf met ‗n reusagtige nagemaakte tyre voor by die petrolpompe en ‗n bordjie, wat ook rooi-en-wit was, wat aan die binnekant van die glasdeur gehang het en waarop daar ‗open‘ aan die een kant, en aan die anderkant, ‗closed‘ geskryf was. As ons by oupa en ouma kuier en ek saam met oupa ga-rage toe gaan, mag ek, as dit etenstyd is, die bordjie op ‗closed‖ draai. Dit het my soos ‗n grootmens laat voel, al was ek net ag. As oupa met die mechanic gaan gesels, mag ek op sy draai-stoel sit en op sy optelmasjientjie tik, en natuurlik mag ek die draaistoel op en af laat gaan. Dit was ‗n wonderwêreld van eienaardige reuke en interes-sante karakters. Teetyd bring ant‘ Emma vir oupa tee op ‗n blink stainless-steel skinkbord met bypassende melk-beker en suikerpot wat ook stainless-steel is en sulke dikkerige geel-oranje-bruin koppies. Partykeer is daar harde gemmerkoekies by wat mens in jou tee kan doop. Ant‘ Emma was seker wat ‗n mens by ‗n ander werkplek ‗n sekretaresse sou noem, maar by oupa se werk het sy ‗n klomp goed gedoen: sy het die tee gebring - tien-uur en half vier - sy‘t rekeninge in verskillende kleure lêers gesit, sy‘t nogal baie op die foon gepraat en partykeer het sy vir iemand geskree wat ek nie gesien het nie, ene Herklaas. ―Herklaas! Daar‘s iemand by die pompe!‖ Of, ―Herklaas, iemand het ‗n lek…‖ Onsigbare Herklaas het definitief ge-reageer op haar geskree, want die saak is darem opge-los. Ant‘ Emma het soms blikke olie oopgemaak vir mense wat olie in hul karre wou gooi. Sy‘t so ‗n snaakse oopmaker gebruik - iets wat ek nog nooit gesien het nie, maar wat Noag se vrou dalk ook gebruik het. Dit was oud, taai-bruin aangelaai en kon ‗n blik blitsig oopmaak. Dan moes Ant‘ Emma ook heel dikwels goed vir oupa soek wat op sy deurmekaar lessenaar net soek geraak het, soos sy snuifblikkie of sy vulpen. Partykeer voor ons huis toe gestap het vir middagete, was dit altyd vir my lekker as oupa nog eers vinnig met die mechanic wou gesels, want dan kon ek sien wat Ant‘ Emma in haar waspapier gepak het. Partykeer het sy roereier-toebroodjies gehad, partykeer polonie-broodjies en eenkeer koue beesboud-skywe van die vorige dag se ete. Soms as sy die was-papier so oopvou, ruik dit vir my nie heeltemal so lekker nie, maar ek sê niks. Ant‘ Emma was al ouerig, vermoed ek, maar sy‘t nogal baie make-up gedra. Partymaal het ek by haar lessenaar gaan sit op so ‗n oranjerige plastiek-stoel en na haar gesit en kyk terwyl sy met die rekeninge werk. Haar hare was vol haarnaalde en nogal hard gespuit met iets—dit het nooit deurmekaar geraak nie. Haar gesig – en nekvel het ‗n oranje-pienk poeier oor ge-had met ‗n donkerder pienk poeier op haar wange. Par-tykeer was haar lippe helder pienk en partykeer was dit oranje. Sy het gepraat van haar ‗coral lipstick‘. Ek dink nie ouma het so baie van Ant‘ Emma gehou nie - sy‘t altyd gesê Ant‘ Emma is te ‗gedoen‘ vir ‗n vrou van haar jare en dat as oorlee‘ Johannes haar nou sou sien, hy ‗n tweede dood sou sterf aan ‗n beroerte. Maar ouma moes darem ook erken, dat as dit nie vir Ant‘ Emma was nie, oupa wraggies nie die vaagste benul sou gehad het wat

by sy boekhouding of êrens anders in die garage aan-gaan nie, want oupa het met al die klante gesels, oor hul kinders, siektes, hul kleinkinders, hul skandes en skades of partykeer sommer ander mense s‘n. Dan sê Ant‘ Emma hulle moenie skinder nie, maar las dan altyd ‗n sin of twee by want sy sê oupa se feite is nie altyd korrek nie. Ant‘ Emma was oupa se regterhand, linkerhand, tikster, boekhouer, olieblik-oopmaker en gewete—kortom: ‗n sek-retaresse duisend.

Huis AJ Liebenberg Lentetee Huis AJ Liebenberg het 'n Lentetee ge-hou op 5 Septem-ber. Op die foto is Riaan Koch wat die inwoners kom ver-maak het met sy pop, Ricardo. Sy bewonderaar is Karin Greeff. Baie dankie aan die borge vir die dag: Michiel Visser, An-natjie Hougaard en Nossie Visser. Baie dankie ook aan Winnie Grobbelaar wat die blomme gedoen het en Elna Calitz met haar span wat gesorg het vir die mooimaak van die tafels en die heerlike eetgoed. Foto verskaf

Page 17: 2012 October

17

4U VERVOER

vir die vervoer van bousand, klippe, stene, sement, implemente, palette, vrugte en groente, veevoere, lewende hawe, koring, sement, kunsmis, rommel …

6 ton en 8 ton platbak vragmotors

2 X 6 m³ tipper, en ligter voertuie

Nou beskikbaar:

Tuinsand en plaas-

mis teen

billike pryse

Voldoende transito dekking. Vooraf

bespreking noodsaaklik.

Kontak Fourie Lötz vir 'n kwotasie

082 660 2470 022-913 3984

VIR KWALITEIT EN GOEIE PRYSE

EK KAN SPOG MET DIE WORS

Digger Loader werk

Uitgrawe van grond en sand

Skakel Adam 078 148 1771 of

Fourie Lötz 082 660 2470

022-913 3984

Ons verwerk ook vleis en wild wat by „n goedgekeurde

abattoir geslag is

Swartland Honey Farm

Kloofstraat Piketberg Vrugte boere, vir u bestuiwings behoeftes, is ons tot u diens.

Skakel Kolie Lötz by 082 921 4697

DA gee Winter Warmte

Elke DA-kiesafdelingshoof in die Bergrivierstreek het 'n kombers geskenk aan 'n gewaardeerde DA-lid. Alta Rossouw, Kiesafdelingshoof, Bergrivier het 'n prag-tige blou kombers met die DA-embleem op, gegee aan Andries Mostert, oudste ingeskrewe DA-lid in Wyk 6: Redelinghuys-tak. Op die foto is Lorraine

Botha, Gemeenskap Bedryf Bestuurder Bergrivier, Alta Rossouw, Andries Mostert en sy vrou, Elsa

Mostert. Foto: Marietha Goosen

Quintelene Fortein van Bergsig, Eendekuil het die laslappie kombers binne slegs 6 weke gemaak. Dis

haar eerste poging en beslis 'n pragstuk. Foto verskaf

Klavierstemmer

Stem, herstel, koop, verkoop en restoureer klaviere.

‘n Klavier moet minstens 1 keer per jaar gestem word.

Kontak Wessel de Beer 023 232 0422 of 082 704 3276

Opgelei te Worcester.

Laslappie Pragstuk

Nasionale Braaidag 24 September 2012

Page 18: 2012 October

18

Oupa en Ouma Lentetee Op 3 September is 'n baie geslaagde Oupa en Ouma Lentetee aangebied deur die Laerskool VRL. Oupas en Oumas het van ver gekom om die geleentheid by te woon. 'n Baie besonderse program van koorsang, voordrag en spreekkoor, het die teedrinkery vooraf-gegaan.

Dayle Julius saam met Ouma Margie Julius.

Surita Weideman by Ouma Anita Weideman van Moorreesburg.

Ilze-Mari Coetzee saam met Ouma Marlene en Oupa Ronnie Miell van Worcester en Ouma Maatje Coetzee

van Piketberg.

Lené Nelson saam met Ouma Marie en Oupa Toeloet Nelson van Piketberg, vroeër van Springbok.

Lyk meer na 'n reünie - Piketberg en Aurora vrien- dinne wat hulle Oumaskap vier op Piketberg:

Dina Paxton, Beatie Kotze, Esther Thiart, Hilda Minnie, Elsabie Smith, Chrissie van der Westhuizen

en Bessie Brand.

Die niggies Isabel Lausberg en Sumari Hanekom by hulle Ouma Lettie en Oupa Chris Lausberg. Regs op die foto is Isabel se ander ouma Isabel van Niekerk.

Trecia Smit by haar tweeling kleinseuns, Barend en Bendert Smit. Trecia het in 1948 vir een jaar skoolgehou by PHS toe sy

vir Frikkie Smit ontmoet en haar op Smitsvlei gevestig het.

Jordan Pedersen se Oupa en Ouma

Foto's: Marietha Goosen

Huis AJ Liebenberg Vleismark

27 Oktober 2012

Page 19: 2012 October

19

Page 20: 2012 October

20

Goud vir Sang Ensemble

Die Coetzee Ateljee Eisteddfod Die Coetzee Ateljee het weer uitstekend gevaar by die Wes-Boland Eistedd-fod. Baie geluk aan An-gelique de Villiers wat die wisseltrofee verower het vir Gevorderde Kuns Gr 7, 8 en 9. Die Coetzee Atel-jee spog ook met 5 Cum Laude's, 32 Goud, 9 Sil-wer en 4 Brons presta-sies. As gevolg van die groot aantal leerders wat deelgeneem het, sluit ons nie name in nie en is u welkom om hierdie kuns-werke met onderskeie leerders op facebook on-der Coetzee Ateljee te gaan besigtig.

Broodjies vir Geskenkies PHS se Laerskool VRL het een Maandag broodjies ver-koop sodat hulle die vier kantoordames by PHS kon bederf op Sekretaressedag. Elkeen het 'n Salon behan-deling ge-skenkbewys ontvang vir hulle harde werk.

Anicia van Rooyen en Barend Smit by Esmé Loubser, die sport organiseerder.

Janét Stander en Jac Goosen by Riana Smit, admini-stratiewe beampte en die skoolhoof se sekretaresse.

Glenda Dietrich en Harry Roux by Lindie Jordaan, administratiewe beampte.

Melissa Beck en Bendert Smit by Henriëtte Olivier, algemene kantoor assistent.

Foto‘s: Margaret Weideman

PHS se Sang Ensemble olv Alison Muller het Goud verwerf by die onlangse Wes-Boland Eisteddfod.

Hulle is agter Lylani van Lill, Lilani Dippenaar, John Eksteen, Johmine Croeser en Ané Venter. Voor is

Claudia Burger, Retha Eksteen, Michelle Langenho-ven en Annina Bester. Charnill Kok was afwesig ty-

dens die fotosessie. Foto: Marietha Goosen

Angelique de Villiers Foto verskaf

Page 21: 2012 October

21

Spur en WKOD leer Eenheidsleerders

Twee leerders van die Eenheidsklas by Steynville Primêr, Ianette Wiese en Madre Cloete, neem deel aan die er-varings gerigte werkprogram van die Wes-Kaap Onder-wys Departement in samewerking met Piketberg Spur. Die bestuur van Spur het ingewillig om die leerders die nodige werkservaring te gee deur hul twee dae van elke week in te neem om die besigheid te leer ken. Albei die leerders is baie opgewonde oor die besondere geleent-heid. Foto en berig: Adele Cruywagen

Flukse tannies brei serpe vir Eenheidsklas

Die Eenheidsklas spog met hul veelkleurige serpe. Hulle is versot daarop en dra dit nog elke dag skool-

toe. Met al die kleure lyk hulle al klaar soos die Lente. Hulle bedank al die flukse tannies wat met

soveel liefde gebrei het. Foto: Adele Cruywagen

Herwin Het jy „n deurskynende plastieksak?

Page 22: 2012 October

22

ACVV Sekretaressedag

Op 5 September het die ACVV 'n groep dames met 'n heerlike ontbyt by Tillies bederf om Sekretaressedag te vier. ACVV bedank graag die volgende borge vir hul by-drae: Praktika (hoofborg), Boland Superspar, Salon Sanet, Ina Kotze, Jaco en Helga Kotze, Riesie Kotze, Japie le Roux, Albert Basson (SAD), Intaba en Finesse Tydskrif. Asook Zelda Schroeder (vorder donasies in namens ACVV).

Jannie se pen ….vervolg van p4 wat ons soms wil verswelg…en bly ons positief in ons denke. Vanuit die privaatheid van ons eie lewe, kan daar ongelooflike waarnemings gemaak word en ons moet die masker afhaal of die vaalkol op ons lens skoonmaak, wat ons uitsig belemmer. Ons moet in die Gees van Lente weer kan sing: ―Love is in the air!‖ Die spontane aan-steeklike lag moet ons lewens uitkyk deur ons lense ver-ruim. Ons moet eenvoudig die ingeboude wyehoek lense van ons lewe gebruik en veral ons syvisie. Mag elkeen, na die koue van die Winter, uitkyk na buite en die talle mooi daar raaksien, die bottende wingerdstomp, die wui-wende en belowende koringland en ook hulde en dank bring aan die landbouer wat nog voedsel op die tafel sit. Mag die lewe ons uitdaag om met skoon lense vanuit die uitkykskerm, soos die voëlkykers, iets raaksien, dit in-neem, vaslê en vra: ―Wat kan ek daaraan toevoeg of ten goede verander.‖

In Junie is `n lewende pasgebore baba by die stortings-terrein by Piketberg gevind. Die baba seun was toege-draai in `n swartsak en volgens alle aanduidings was hy twee dae oud. Die plaaslike Departement van Welsyn moes inderhaas pleegouers vir die baba vind terwyl die polisie `n ondersoek ingestel het. Anreeta Rall het verskeie organisasies in Piketberg ge-kontak. Wikus Nel van die Landbou Vereniging en Pro-duksie Bestuurder van Mouton‘s Valley het vir Alex Shoko, een van die arbeidskontrakteurs op Mouton‘s Val-ley, genader oor moontlike pleegsorg vir die baba. Alex en sy vrou Thabita het met ope arms die geleentheid ver-welkom om na die baba om te sien. Die gemeenskap het saamgetrek en kos en baba beno-digdhede bymekaar gemaak en geskenk aan die Shoko- familie om te help met sy sorg. Die Shoko-familie is van Zimbabwe, maar woon al die afgelope vier jaar op Mouton‘s Valley. Alex het die baba Josef hernoem na aanleiding van die Bybel verhaal van Josef wat deur sy familie verwerp is en daarna deur vreemdelinge versorg is. Op 3 September 2012 het die hof besluit om Josef in die sorg van `n familielid te plaas. Sy Ouma van die Oos- Kaap het hom kom haal en die Shoko-familie moes, met baie harsteer, afskeid neem van hulle Josef. Alex en Thabita bedank almal vir hul hulp, ondersteuning en donasies.

Beker wenner

Elmarie Cumpsty

oorhandig die beker en sertifikaat aan

Jolene Mouton. Haar gehekelde onder-baadjie het „n 2de

plek verower tydens die kongres te

Hartenbos.

Elmarie Cumpsty (Voorsitter VLV Eendekuil), Chris Richter (fabriekseienaar), Willem van Niekerk

(bestuurder) en Nellie Mouton (sameroeper Landbou).

Alex en Thabita Shoko, by baba Josef in sy ouma se arms. Berig en foto verskaf

Baba Josef by sy Ouma

VLV Nuus Eendekuil Nellie Mouton, sameroeper van Landbou & Tuinbou het die lede op ‗n uitstappie na Chris Richter, plaaslike boer en eienaar van ‗n fabriek waar aartappelskyfies vervaar-dig word vir Woolworths, geneem. Willem van Niekerk, bestuurder van die fabriek deel al die moets en moenies met die dames, Woolworths stel baie hoë standaarde vir die vervaardiging vir enige produk. Al die aartappels wat by die fabriek gelewer word, word eers deur ‗n proses getoets om te bepaal of die aartappels nie siektes het nie. ‗n Begeleide toer deur die fabriek het die dames laat besef om met ander oë na ‗n pakkie skyfies te kyk.

Berig en foto‘s verskaf

Page 23: 2012 October

23

Page 24: 2012 October

24

Nedbank bederf Lena

Die personeel van Ned-bank Piketberg het vir Lena Afrikaner "aange-neem" vir die matriekaf-skeid. Sy is 10 uur die oggend geneem na Marlene en Milly wat haar hare gedoen het. Daarna is sy uitgeneem vir ete by Kochelmanders. Om 3 uur die middag het René van Keyah haar grimering gedoen. Die personeel het allerhande "roompies" geskenk wat sy kon ge-bruik om haarself te tro-etel nadat sy by Erika Bredenkamp se huis ge-bad het. Sy het ook nuwe skoene en onderklere gekry. Sy het 'n pragtige skepping aangetrek wat deur Alida's geborg is. Spar het eetgoed geborg e n W i n k e l s h o e k Wynkelders het sjam-

John Eksteen en Ané Venter.

Lena Afrikaner en haar metgesel Johnwin Jafta.

Derde geslag vriende by die Matriekafskeid. Carla Bester (regs) het vir Benjamin van Heerden na sy Ma-triekafskeid vergesel. Benjamin se ouma, Jane (links) en Carla se ouma is al vriende vir 47 jaar. Benjamin se ma, Sylvia en Carla se ma, Letitia (naaslinks) is al

lewenslange vriende. Die mooi vriendskap gaan steeds voort. Foto verskaf

Charity Abrahams en haar metgesel.

StStylvolle Matriekafskeid

Elsabe Klaase, links.

Foto‟s verskaf

Klein wêreld vir Jani Jani (gedoop Janette) Truter het Hennie Botha in De-sember 2011 op Stilbaai ontmoet. Toe haar ouma Janette Immelman vra, wie haar na haar matriekafskeid vergesel, het sy geantwoord, Hennie Botha, wat ook op Stilbaai/Jongensfontein vakansie hou. Ouma het laggend gesê dat sy ‗n ―boyfriend‖ Hennie Botha gehad het, wat in Paarl Gimnasium was toe sy in La Rochelle was, maar hy het eintlik van Carnarvon gekom. Jani het verbaas geant-woord dat haar ―date‖ ook in Gim is en ook van Carnar-

von af kom. Ouma het ‗n ou foto gaan uitgrawe van toe sy 50 jaar gelede vir Hennie Botha snr na sy matriekafskeid vergesel het met Gim se 100jarige bestaan. Dit was toe al die tyd Hen-nie Botha jnr se oupa! Die kersie op die koek is dat Jani se pa, Herold en Hennie jnr se pa, Piet, 30jaar gelede saam in matriek was in Gim – feite waarvan dié twee salig onbewus was, met hul ontmoeting op Stilbaai. Foto en berig verskaf

panje voorsien wat die personeel saam met Lena en haar metgesel geniet het. Daarna is sy na die matriekafskeid geneem deur Johnwin Jafta met 'n silwer Mercedes Benz, geborg deur Johnny Jafta. Die borge is gereël deur die personeel en ons wil graag al die borge, Marlene en Milly, René van Keyah, Alida's, Spar, Winkelshoek en Johnny Jafta hartlik bedank, want met hul samewerking was dit vir ons moontlik om hierdie dag vir Lena baie spesiaal te maak. Ek is baie trots op my personeel wat saam gewerk het om 'n verskil te maak op 'n baie belangrike dag in Lena se lewe. Berig en foto verskaf deur Mienie Scholtz, takbestuurder Nedbank, Piketberg

Page 25: 2012 October

25

Amandi Ungerer by haar Gr R's wat by die Wes-Boland Eisteddfod opgetree het. Agter is Lené Nelson

en Dayle Julius wat Goud behaal het. Jandré Truter en Surita Weideman het Silwer behaal en so ook

voor, Izabella Olsen, GP Rossouw en Edith Oldroyd.

PHS Wes-Boland Eisteddfod vir Voordrag

Jani Hougaard se Gr 3's wat Goud gekry het, is Si-moné van Deventer en Isabel Lausberg.

Hanlie Kleynhans met haar Gr 1's wat Cum Laude behaal het, links op die foto Jéhan Brink, Jacques Loubser en Annette Bruwer. Regs is Smit Jacobs, Jéan Wium en Leandri Kotzé wat Goud behaal het.

Jéhan is ook as Trofeewenner aangewys.

Susan de Vries met haar Gr E‟s Jay-Will Swart (Cum

Laude) en Jade Wilson en Kacey Wessels(Goud).

Hester Stapelberg met haar Gr 2's wat almal Goud behaal het. Agter is Jana Truter, Elné Burger, Mari

Gerber, Pamela Booys, Leoni Coetzee en Renate Co-etzee. Voor is Kassler Zinzombe, Stian van der

Westhuizen, Juan Nelson en Marlize Crous. By Gisela Lambrechts is Ayden

Vries wat Goud behaal het.

Iza Schreuder met haar Gr 3's wat Cum Laude (CL) en Goud behaal het. Agter is Nicole Steyn (CL), Anelma

Grobler (CL), Pieter Bruwer (CL), Carma Rossouw (CL), Janco Joubert en Bea Pieters. Voor is Vernelle

van Zyl, Carli Bassett (CL), Jandré de Jager en Renay Esau. Pieter is ook as Trofeewenner aangewys.

Foto‘s: Marietha Goosen

Geniet die skool-vakansie saam met jou kinders

Page 26: 2012 October

26

John en Lilani sing Swanesang Sedert John Eksteen en Lilani Dippenaar se Trippe Trappe jare wat in 1997 begin het, en hulle hele P H S - s k o o l l o o p b a a n daarna, is dié twee al aan die sing! Na vele optredes by 'n verskeidenheid van geleenthede en ook by kon-serte, troues en funksies, kan hulle terugkyk op 'n genotvolle sangloopbaan met uitstekende prestasies. Albei is nou Matriek en het pas by hulle laaste Eistedd-fod gesing. Wat skool be-tref, was dit hulle swane-sang, maar dit sou wonder-lik wees as hulle voortgaan om hulle talent te ontwikkel. By hulle verskyn hulle huidige sang onderwyseres, Ali-son Müller.

Weskus Onderwys Distrik Wiskunde Uitdaging

Op Dinsdag 11 September het die finale rondte van die Weskus Onderwys Distrik Wiskunde Uitdaging plaasge-vind. Elke Kring in die Weskus Distrik het hulle eie uit-dunne gehou en die wenners het op Piketberg teen mekaar te staan gekom. 124 Skole vanaf Atlantis in die Suide tot Bitterfontein in die Noorde, het deelgeneem. Die eindrondte is deur 131 leerders van Gr 1 tot 7 uitgespook. Die deelnemende skole het in drie kategorieë deel-geneem. Kategorie A vir landelike skole, Kategorie B vir kleiner skole en Kategorie C vir groter skole.

Kring Koordineerders saam met André Lambrechts, Distriks Kurrikulum Adviseur vir Wiskunde. Hulle is Celestine Goliath Kring 1, Margaret Weideman Kring 2, Marlene Spamer Kring 3, Carina Brink Kring 4 en

Bernadette Smit Kring 5.

Kategorie B wenners is Gr 1 Schalk Meintjies L/S Saldanha, Gr 2 Nienke Smit L/S Dirkie Uys, Gr 3

Christiaan Bester L/S Dirkie Uys, Gr 4 Armandt van Dyk H/S Lutzville, Gr 5 Johan du Toit H/S Piketberg,

Gr 6 Dewald van Deventer H/S Piketberg en Gr 7 Harry Roux H/S Piketberg.

Kategorie A wenners is Gr 1 Wesley Jantjies L/S Paardekop, Gr 3 Gaylian van Rooyen Naasdrift

Primêr, Gr 4 Joruhan de Witt HP Williams, Gr 5 Henry Louw HP Williams, Gr 6 Joanique Claasen en

Gr 7 Zig-Lynn Losper Steenbergs Cove Primêr. Gr 2 wenner Ruwayne Smith van Leipoldtville was nie

teenwoordig tydens die fotosessie nie.

Kategorie C wenners is Gr 1 Carlyn Ellis Eden Primêr, Gr 2 Nic Visagie Steynville Primêr, Gr 3 William Hartney St Thomas Primêr en André Pienaar L/S Saldanha, Gr 4 Albert Bester L/S Swartland, Gr 5

Henk Fourie L/S Vredendal, Gr 6 Rihan Rypping L/S Vredendal en Gr 7 Jana Lotz L/S Vredendal.

Foto‘s: Marietha Goosen

Baie geluk aan Ora Turner van Piketberg Drukkers, met die geboorte

van haar en Wilfred se seuntjie, Zavier. Ora werk elke maand aan Die Piketberger. Dankie aan Vivian wat met hierdie uitgawe ingestaan het.

Page 27: 2012 October

27

Goud vir Sang by Wes-Boland Eisteddfod

Trinity Sang Eksamen

Klavier se Klawers kletter by Wes-Boland Eisteddfod

PHS se Sang leerders olv Alison Müller wat Goud ver-werf het by die Wes-Boland Eisteddfod is John Ek-steen, Ané Venter, Maria Visser, Annina Bester en Alan Willemse. Le-More Muller was afwesig tydens

die fotosessie. Foto: Marietha Goosen

John Eksteen, Ané Venter en Annina Bester het uit-stekend gevaar in die Trinity Sang Eksamen. John het 88% verwerf en die twee meisies 91%. Hulle word af-

gerig deur Alison Müller. Foto: Marietha Goosen

Klavier leerders olv Alison Müller het puik prestasies behaal by die onlangse Wes-Boland Eisteddfod. Die

afdeling waaraan hulle deelgeneem het en die presta-sies, Goud-G of Cum Laude-CL behaal, sal in hakies verskyn. Agter is Levona Roberts (Solo A - G), Adri-

ana Visser (Konsertprogram - CL), Lize-Mari Carstens (Konsertprogram - G), Diané Ungerer (Solo A - G,

Solo B - G), Maria Visser (Solo A - G, Solo B - G), Joh-mine Croeser (Solo A - G, Solo B - CL, Duet - CL) en

Retha Eksteen (Solo A - CL, Trio - CL). Voor is Shanda Whitfield (Solo A - G, Solo B - G), Carike Wig-

gins (Konsertprogram - G, Duet - CL, Trio - CL) en Andrea Kotzé (Solo A - G, Trio - CL).

Foto: Marietha Goosen

Residensiële Fasiliteit

vir Ouer persone :

Huis AJ Liebenberg, Piketberg

Aansoeke word ingewag vir ’n voldag-pos vir die

volgende betrekking:

AMINISTRATIEWE POS Pligte behels o.a.

* Boekhouding

* Opstel van begroting

* Salarisadministrasie

* Alle administratiewe pligte, insluitend byhou van

Notules

* Bemarking en fondsinsameling

Posvereistes

* Rekenaarvaardig met kennis en ervaring van:

Pastel, Payroll, Word, Excel, Easyfile en E-filing

* Tweetalig : Afrikaans en Engels

* Geldige rybewys

Aanbeveling

* Toegewyde persoon met liefde vir bejaardes en

goeie menseverhoudinge

Navrae * Hoof - Tel. No. 022 9131228 / 0835077268

* Stuur volledige CV aan faksnommer:

022 9131687 of Epos : ajlte-

[email protected]

Diensaanvaarding * So spoedig moontlik

Sluitingsdatum * 25 September 2012

Skopboks Broers

Tinus en Wickus Bronkhorst het saam met die SA span van 7 tot 16 September aan die WAKO Junior World Championships deelgeneem. Dit is gehou in

Bratislava, Slovakia. Foto verskaf

Page 28: 2012 October

28

Jet SA Maths Challenge 42 PHS-leerders het deelgeneem aan die finale rondte van die Jet SA Maths Challenge, wat op Moorreesburg gehou is. Jet, soos in die klerewinkelgroep, loods hierdie landswye projek vir Gr 4—7 leerders, wat individueel of in pare aan Wiskunde probleemoplossing blootgestel word. Die leerders op die foto‘s het sertifikate ontvang.

Marieke Wessels by Gr 4 wenners agter Hagan Lu-dick, Bosman Rossouw, Johan du Toit, Janke van

Schalkwyk, Angus Duncan en Macey Naidoo. Voor is Albert Grobler, Werner van Rossen en Ruby Oldroyd.

Agter is Hughen Esau, Koos Bothma, Dewald van De-venter, Herold Truter, Anke Schreuder, Jurie Hane-

kom, Lizaan Smit, Daniël Brand en Ané Theron. Voor is Freddie Visser, Margaret Weideman, Martin-Louw Saayman en Willem Wiggins. Foto’s: Sanet Ackerman

Margaret Weideman met Gr 7-wenners Christof Smith, Carla O‟Connell en Jac Goosen. Nicola Coet-

zee was afwesig, maar het saam met Christof geskryf.

PIKETBERG, PORTERVILLE en EENDEKUIL

TELEFOONGIDS (2e Versie)

Soos u seker reeds weet, het ons begin met die adverten-sie verkope vir ‗n nuwe uitgawe van die Lions Tele-

foongids. Ons hoop om dit gereed te hê en uit te gee teen die eerste kwartaal van 2013, of vroeër indien

moontlik. Die advertensies verkoop tot dusver redelik goed, en ons sê dankie daarvoor.

As u ‗n advertensie in die 2008 Gids gehad het, sal ons u kontak i.v.m. ‗n advertensie in die nuwe Gids, as ons dit nie reeds gedoen het nie. Indien u ‗n nuwe advertensie wil plaas, kontak ons asb, verkieslik per e-pos of faks, of

anders per telefoon. Ons werk van die 2011/2012 Telkom Gids as ‗n basis. Indien u besonderhede daarin foutief is (en daar is baie foute), of as u net ‗n selfoon het en die

nommer in ons Gids wil hê, kontak ons asb, verkieslik per e-pos of faks, of anders per telefoon.

Kontakbesonderhede: E-pos: [email protected] Faks: 086 518 7078 Selfoon: Johan: 083 236 7556

Joan: 084 466 4269

PIKETBERG LIONSKLUB

Olywe 220g en 3kg kaas ingelê Olyfolie 500ml, 750ml en 5 liter

Ekstra suiwer gemaak van die beste gehalte olywe

Ons is elke laaste Saterdag van die maand by die Piket-bo-Berg plaasmark en hierdie jaar by die Zebrafees.

Kontak Hannalie Bosman Sel 072 263 1290

Page 29: 2012 October

29

Boland Ritmiese Gimnastiek

Gimnaste van Piketberg het op 8 September deelgeneem aan die Boland-kompetisie gehou te Strand.

Jade Wilson, Elne Burger, Pamela Booys en Mia Oberholtzer het goud verower vir hul groep dans op

Level 4 standaard.

Van agter na voor is Lara Visser brons, Elne Burger brons, Renate Coetzee silwer, Pamela Booys goud,

Marlize Crous brons, Annyda Janse brons en Sumari Hanekom silwer.

Elsje Basson goud, Jana

Bruwer brons en Annette Bruwer brons.

Foto‘s:

Tina Piek

Kerkstraat 45, Piketberg (langs Sweets Mania)

022 913 3212 Annelize Myburgh

Woensdae en Vrydae oop tot 17:30

2013 Dagbeplanners en Almanakke

The Sticker Family

Hekelgare

Page 30: 2012 October

30

Page 31: 2012 October

31

Bring slegs u ID

Dokument en

ontvang 5%

afslag op u

inkopies.

Sigarette, Lugtyd en promosie-items uitgesluit.

Page 32: 2012 October

32

Moenie gaan waar daar reeds ‘n pad is, lei

eerder waar daar geen pad is en laat ‘n

spoor. - Ralph Waldo

Hier oorhandig Marietjie Pedro (Winkel-bestuurder) pryse vir veskeie kategoriëe van die skoukoningin

kompetisie aan Yolanda Botha (Organiseerder).

Piketberg Christenskool het weer ‘n pannekoek-stalletjie gehad by die Piketberg Landbou en Blommeskou.

Hester Hagen oorhandig ‘n koopbewys ter waarde van R300 aan Deidrè Swartz as bydrae vanaf Boland

Superspar.

Tanya Jankielsohn (Mede-eienaar) oorhandig ‘n koop-bewys ter waarde van R450 aan Elna Calitz as bydrae vir

Huis AJ Liebenberg se Markdag in volgende maand.

Hester Hagen (Bestuurder) oorhandig vleis en groente aan Mnr. P. Matthews en leerlinge as bydrae

vir sop by hul jeugkamp.