48
P ARADOKS Goeiemôre, vriende. Dis ’n voorreg om vanmôre weer hier te wees. En, nou, hulle het vir my gesê hulle het ’n spesiale byeenkoms gehad, en het ’n bietjie notule gehou. En hulle wou hê ek moes na daardie notule kom luister, waarvan, of ek iets daarvoor of daarteen te sê gehad het, in verband met, het gesê daar was iets in verband met onderhoude, hulle het ’n bietjie probleme gehad. Ek dink dis baie goed, soos dit is. Ek aanvaar dit. Dit gee my dan ’n kans, dat ek kan. 2 Daar is soveel, ek skat daar is om en by seshonderd op waglyste, tans, sien, van spesiale onderhoude. En ek is moreel verplig om my woord te hou, om by elkeen te bly totdat ons van God hoor, vir daardie persoon, sien. En dan as jy dit doen, kan jy een persoon net daar op die waglys hê vir, of miskien saam met daardie een persoon, vir twee of drie weke vir daardie een persoon wag, sien, totdat ons werklik van God hoor; kom saam, bid saam, gaan terug, gaan uiteen; kom weer saam, bid saam, totdat ons as SO SPREEK DIE HERE vir daardie persoon het. Wel, in daardie tyd, sien, hierdie ander dinge. 3 Op hierdie manier, soos ek dit verstaan, reg, dat elkeen hulle versoeke sal uitskryf, wat hulle ook al is, en dit net vir my inhandig. En my dit laat kry, en my dan oor hierdie versoek laat bid, dan kan ek hierdie mense laat kom na waar…Is dit, is dit hoe dit was? [Broer Neville sê: “Amen.”—Red.] Nou, dit, dis goed. Sien, en dan sou ek miskien, terwyl ek met hierdie een persoon wag, honderd, tweehonderd mense kon kry, net in hierdie een, hierdie groep net hier, waar ek op een wag. Want, op daardie manier, sal dit my dan ’n kans gee om sover te kom om meer mense te sien. Ek—ek hou regtig daarvan. Wie ook al daardie idee gekry het, wel, ek dink dis baie goed. Dis goed. 4 En so, nou, dit was soort van ’n groot week vir my gewees, hierdie laaste paar weke. Ek—ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan. 5 Maar, ek dink, voor ons die diens begin, dink ek, ek… En een wat ek ken, ek het ’n kleinseun hier êrens in die gebou, en miskien…As hy ’n Branham is, is hy onordelik, hardloop hier êrens rond, miskien, so hy’s—hy’s die een wat hierdie onderrigting behoort te ontvang, so hy’s hier êrens rond. Ek dink daar is ’n toewydingsdiens, en vir ander moeders wat hulle kleintjies het. Wel, as Broer Teddy, dink ek is dit, na die klavier sal kom, en ons gaan ons bekende ou toewydingsdiens sing, van babas: Bring Hulle In. 6 Nou, baie mense, in baie kerke, hulle besprinkel die babas. En ons probeer om net die strekking van die Bybel te volg, net

AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

  • Upload
    others

  • View
    10

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS

Goeiemôre, vriende. Dis ’n voorreg om vanmôre weer hier te wees. En, nou, hulle het vir my gesê hulle het ’n spesiale byeenkoms gehad, en het ’n bietjie notule gehou. En hulle wou hê ek moes na daardie notule kom luister, waarvan, of ek iets daarvoor of daarteen te sê gehad het, in verband met, het gesê daar was iets in verband met onderhoude, hulle het ’n bietjie probleme gehad. Ek dink dis baie goed, soos dit is. Ek aanvaar dit. Dit gee my dan ’n kans, dat ek kan.2 Daar is soveel, ek skat daar is om en by seshonderd op waglyste, tans, sien, van spesiale onderhoude. En ek is moreel verplig om my woord te hou, om by elkeen te bly totdat ons van God hoor, vir daardie persoon, sien. En dan as jy dit doen, kan jy een persoon net daar op die waglys hê vir, of miskien saam met daardie een persoon, vir twee of drie weke vir daardie een persoon wag, sien, totdat ons werklik van God hoor; kom saam, bid saam, gaan terug, gaan uiteen; kom weer saam, bid saam, totdat ons as SO SPREEK DIE HERE vir daardie persoon het. Wel, in daardie tyd, sien, hierdie ander dinge.3 Op hierdie manier, soos ek dit verstaan, reg, dat elkeen hulle versoeke sal uitskryf, wat hulle ook al is, en dit net vir my inhandig. En my dit laat kry, en my dan oor hierdie versoek laat bid, dan kan ek hierdie mense laat kom na waar…Is dit, is dit hoe dit was? [Broer Neville sê: “Amen.”—Red.] Nou, dit, dis goed. Sien, en dan sou ek miskien, terwyl ek met hierdie een persoon wag, honderd, tweehonderd mense kon kry, net in hierdie een, hierdie groep net hier, waar ek op een wag. Want, op daardie manier, sal dit my dan ’n kans gee om sover te kom om meer mense te sien. Ek—ek hou regtig daarvan. Wie ook al daardie idee gekry het, wel, ek dink dis baie goed. Dis goed.4 En so, nou, dit was soort van ’n groot week vir my gewees, hierdie laaste paar weke. Ek—ek was daar voor ons Here, soos julle verstaan.5 Maar, ek dink, voor ons die diens begin, dink ek, ek…En een wat ek ken, ek het ’n kleinseun hier êrens in die gebou, en miskien…As hy ’n Branham is, is hy onordelik, hardloop hier êrens rond, miskien, so hy’s—hy’s die een wat hierdie onderrigting behoort te ontvang, so hy’s hier êrens rond. Ek dink daar is ’n toewydingsdiens, en vir ander moeders wat hulle kleintjies het. Wel, as Broer Teddy, dink ek is dit, na die klavier sal kom, en ons gaan ons bekende ou toewydingsdiens sing, van babas: Bring Hulle In.6 Nou, baie mense, in baie kerke, hulle besprinkel die babas. En ons probeer om net die strekking van die Bybel te volg, net

Page 2: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

2 DIE GESPROKE WOORD

so goed as ek maar weet om Dit te volg. Nou, daar is geen plek in die Bybel waar hulle ooit ’n volwassene besprinkel het nie, laat staan nog ’n baba. En nêrens was daar ooit besprinkeling ooit deur God verordineer, ’n baba of volwassene nie.7 Maar daar is, in die Bybel, waar hulle kindertjies na Jesus toe gebring het, en Hy Sy hande opgelig en hulle op die kleintjies gelê het, en hulle geseën het, en gesê het: “Laat die kindertjies na My toe kom.” Nou dis ons—ons manier van dit hier te doen. En nou, as Sy diensknegte, bring ons hulle net voor—voor God, in gebed; en as daar enigeen hier is wat jou babatjie het wat nog nie toegewy is nie.8 Ons glo nie in doop, in enige vorm, van daardie babatjies nie. Want, hulle het geen sonde nie. “Hulle word in sonde gebore, gevorm in ongeregtigheid, kom na die wêreld en vertel leuens,” maar hulle het niks om hulle van te bekeer nie. En doop is tot bekering en vergifnis van sonde. So, hulle baba het niks om van te bekeer nie; en toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy alle sonde gereinig. En nou wanneer ons oud genoeg word om te weet dat ons berou moet hê oor wat ons gedoen het, dan het ons, en besef dat Christus vir ons gesterf het, (Daardie babatjie kan dit nie besef, dat Christus vir hom gesterf het nie.) maar wanneer ons oud genoeg is om te besef dat Christus vir ons gesterf het, en dan word ons—word ons dan gedoop tot Sy dood en opgewek tot Sy opstanding. As die Here wil, volgende Sondag kom ek daarby, as die Here…as God wil.9 Nou, daarom, bring ons hulle en dra hulle op. Enige moeders, enige kerk, enige geloof, enige kleur, wat ook al, ons wy alle kindertjies aan die Here Jesus Christus toe.10 Nou, Broer Teddy, as jy ons dit sal laat sing: Bring Hulle In, as jy sal. Goed, laat ons nou almal saam.

Bring hulle in, bring…in,Bring hulle…Bring hulle in, bring hulle in,…

11 In die visioen wat ek gehad het, net na die weggaan van my moeder, is dit wat ek gelei het, die liedjie, is Bring Hulle In, wanneer die kindertjies, dit sal bring. Sal jy kom, Broer Neville?12 Ek ken hierdie seun. Billy sê: “Jy moet hom nie laat val nie. Jy moet hom nie laat val nie.” Hy…Dit is William Branham, daar staan drie van ons hier bymekaar, William Branham’s, drie geslagte, drie name. Kyk my vanmôre deur. Daar’s iets aan hom, wat soort van onskuldig lyk, seun. En hy’s William Paul, Junior. En so is ons dankbaar, ek is vanmôre, om aan die Here Jesus te gee, uit die arms van sy vader (my seun), die kleinseun, vir ’n lewe van diens; mag daar seëninge op die vader en moeder rus.

Page 3: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 3

Laat ons ons hoofde buig.13 Ons Genadige, Hemelse Vader, ek weet ek het ver op die pad gevorder, wanneer ek my kleinseun in my hande hou.14 Maar ek dink aan Jakob, toe hy sy kleinkinders tussen sy knieë laat staan het, toe hy ’n ou man was, Efraim en Menasse; het daardie kinders geseën, en het aan hulle die geestelike seëninge oorgedra wat selfs tot op hierdie dag voortduur. Hoe hy sy hande gekruis het van die een, na die ander, die seën van die Jode na die Heidene geneem het, in die kruis. Laat die God van die Hemel nou naby wees.15 Hierdie kleinseun wat U my gegee het, Here, deur my seun en my skoondogter. Ek dink daaraan dat sy onvrugbaar was, om geen kinders groot te maak nie, en daardie dag daar gekom het van Yakima, Washington, toe sy gehuil het, en gesê het: “Ek wens ek kon ’n baba hê.”16 U Gees het in die motor gekom, en ek het daar gesê: “Jy sal dit hê.” En vandag hou ek hierdie mooi seuntjie in my hande; U gesproke Woord, U belofte.17 Nou, Here, in die eenvoud van ons dade, plaas ons hierdie baba, in die geloof, in die hande van die Here Jesus; sodat Hy, synde hier in die vorm van die Heilige Gees, die baba in Sy arms en Sy sorg sal neem, en hom deur die lewe sal lei. Gee dit gesondheid en krag, ’n lang lewe, as U talm. En mag die baba vir U verheerliking gebruik word. Mag die Krag van die lewende God op die kind rus. As hy lewe om ’n man te word, en Jesus talm, mag hy die Evangelie verkondig. Die Krag van God wat hom vir sy moeder en vader gegee het, mag Dit nooit van hom af weggaan nie.18 Seën sy pa en sy moeder. Laat hulle grootgemaak word, hierdie…Laat hy hierdie baba in die Christelike atmosfeer grootmaak. Dat, alle moontlike menslike opleiding wat hulle kan gee, hierdie baba dit sal hê.19 Nou, klein Billy Paul Branham, Junior, ek gee jou aan die Almagtige God, in toewyding, in die Naam van Jesus Christus. Amen.20 Daar is iets aan babatjies, wat, dink ek, so mooi is!21 Ek onthou Loyce, sy het gehuil en haar hande gewring. Sy is regtig senuweeagtig. Loyce het deur groot beproewinge heen gekom, net ’n Kentucky meisietjie wat ’n bra harde lewe gehad het. En sy…Een nag, het Jesus aan haar verskyn, in die koue gestaan. En sy het gekom, aangehardloop huis toe, om en by middernag, sy en Billy, nadat hulle getroud is. En hulle…daar langs die opvoubed daar, het ek my arm om haar gesit en haar na die Here Jesus gelei.22 Sy wou so graag babas gehad het. Hulle was al verskeie jare getroud. En het eendag daar van Yakima af gekom, sy

Page 4: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

4 DIE GESPROKE WOORD

was soort van aan die huil. Dit was ’n…Die Heilige Gees het ingekom en vir haar vertel van ’n vroulike probleem wat sy gehad het, het die rede genoem dat sy nie enige babas kon hê nie. Toe het die Heilige Gees weer gekom, en daardie vroulike probleem vervloek en haar die seën gegee. Ek het hom nou net toegewy. Daar’s ’n…23 Ek het ’n paar dingetjies hier uitgeskryf, wat ek eers wil sê, voor ons die teks lees. Eerste, is toekomstige byeenkomste, het ek geskryf. Dit is volgende Sondag, as die Here wil. Ek weet dit word ysig en sleg op die paaie.24 En ons het hier mense wat gekom het van Georgia, en Alabama, en Florida, en Ohio, en Illinois. En—en hierdie groepie mense is saamgestel van oral af.25 Sommige mense vertel my, sê: “Ek het daar by jou kerk verbygegaan, Billy, soggens daar. Daar’s nommerplate hier van oral oor die land.” Ek sê: “Ja.”26 Een hier en daar, dis hoe ek dink die Bruid sal wees. “Twee op ’n land; en Ek sal een neem, een agterlaat,” sovoorts. En ek—ek wil nie hê die mense moet op daardie ysige paaie ry nie.27 En ek weet dat ek, ook, dat nou net na Kersfees, sal ek—sal ek weggaan, in die veld in, as die Here wil. Ek het omtrent vyftien verskillende dienste nou gereël.28 En ek wil aankondig, op volgende Sondag, as die Here wil, wil ek oor ’n baie uitstaande Boodskap, vir my, leer. Ek het, hierdie week en die week van tevore, gestudeer oor Bybel-geskiedenis. En ek wil praat oor die onderwerp Christendom Versus Heidendom, so, of Afgodery; volgende Sondag.29 En dan is die volgende Sondag Ou Kersdag, volgende Sondag; en Sondag, oor ’n week, bedoel ek, verskoon my. Sondag, oor ’n week, is Ou Kersdag. Nou as ek bekend maak vir ’n Boodskap, en hulle, party van my liewe vriende om van Alabama en Mississippi en Georgia, en daarrond, sal die kindertjies sekerlik baie teleurgesteld wees op Kersaand. En as die Here my dit op die hart lê om die Kersfeesboodskap aan die kerk te bring, dan sal ek, as God wil, ek belowe elkeen wat van buite die stad is, sien, ek sal self vir julle die band stuur, sien. So julle sal nie julle kleintjies op Kersaand, Ou Kersaand, hoef uit te laat nie. En dan sal ek—sal ek julle die band stuur, met my komplimente, sien, van die byeenkoms. En onthou dit net.30 Nog iets, weet julle, jy—jy kan nie verwag almal moet alles glo wat jy sê nie. Dit werk net—werk net nie so nie.31 Ek het vanoggend vergeet, het vinnig weggehaas, om hierheen te kom. Ek het toevallig opgekyk…Broer Woods het

Page 5: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 5

my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens hier te begin, vir my om in te kom. En hulle het vir my gesê, Billy het my gisteraand gebel, en gesê hulle wou my vanmôre hier hê, om hierdie notule gelees te hoor van die laaste vergadering.32 Ek wou ’n geskiedenis bring, net om iets te probeer regstel wat ek gesê het. Maak nie saak hoe duidelik jy dit probeer maak nie, daar is steeds iemand wat dit nie begryp nie. Dis oor altare in die kerk. Sien? Iemand het gesê: “Broer Branham glo nie in ’n altaar in ’n kerk nie.” Ek glo wel in ’n altaar by die kerk. Sien? Maar altare was nie die plek waar mense kom bid het nie. Daar is nooit ’n altaaroproep gemaak, te enige tyd, in die Bybel nie. Daar is nie so-iets nie.33 En ek wil aan julle meedeel, ek sal volgende Sondag, in die geskiedenis van die vroeë kerk, dat die rede is daar was geen altare in die kerk nie. Want, om plat neer te val by ’n altaar, is ’n heidense vorm van aanbidding, en is glad nie ’n Christelike idee nie. Nou, ek sal daaroor praat, ook, volgende Sondag. Maar daar was geen altare in die vroeë kerk nie, om ’n altaaroproep te maak nie. Daar was niks behalwe net ’n leë vertrek nie. Dis al. Geen kruis nie, geen niks nie, niks in die vertrek nie, behalwe net ’n plat vloer. Die mense was die—die Pinksterkerk in die vroeë dae, soos ek aan julle van baie verskillende geskiedskrywers sal meedeel, volgende Sondag, as die Here wil. En ek wil dit aan julle meedeel uit Ironside se Early Pilgrim Church, en uit Hislop se Two Babilons, uit Pre-Nicene Fathers, The Nicene Council, o, soveel van hulle, Hazeltine se geskrifte oor die vroeë kerk, en verskillendes, julle sien. Om vir julle te wys dat nêrens…34 Selfs in Ierland, waar ek besoek afgelê het, in die kerk wat die Katolieke ’n Katolieke heilige noem, Sint Patrick, maar was absoluut nie ’n greintjie geskiedenis êrens wat dit sê nie. Daardie Sint Patrick was niks anders as ’n protesteerder teen die Roomse kerk nie. Daar is nêrens. Niemand kan met enige geskiedenis voor die dag kom wat dit sal toon, dat hy ’n Katoliek was nie. Hy, sy, al sy skole was in Noord-Ierland. Dan toe hierdie Katolieke keiser in Engeland ingekom het, het hy tienduisend van Sint Patrick se mense doodgemaak. En die kerk staan vandag nog daar, sy skole, almal in Noord-Engeland.35 En waar julle hoor daar word gesê: “Sint Patrick het al die slange uit Ierland uitgejaag,” weet julle wat dit was, die geskiedkundige feite daaroor? Hy het in pinkster geglo, wat Krag gehad het om slange op te tel, slange te vat. En dis waarom dit gesê is, dit begin het.36 En Petrus wat gekruisig is, kop na onder, in Rome, daar’s nie in die martelaarsgeskiedenis nie. En ek het elkeen deursoek,

Page 6: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

6 DIE GESPROKE WOORD

oral, en die geskiedskrywers gelees, alles waarvan ek weet, en daar is nie een Skrifgedeelte wat gesê het of Paulus of Petrus is ooit in Rome doodgemaak nie. Dis dogmas. Dis sommer deur die eerste Roomse kerk begin, en dis nie die Waarheid nie. Sien? Daar is ’n hele klomp. Ek sal volgende Sondag daarby kom.37 Dan ’n ander ding waarvan ek soveel gehoor het. Iemand het vir my gesê, ’n grootuitstaande prediker, hy het gesê: “Broer Branham, waarom los jy nie daardie vroue uit nie?” Hy het gesê: “Weet jy, mense beskou jou as ’n profeet. Waarom leer jy hulle nie hoë geestelike dinge nie?” Daardie man mag teenwoordig wees. As dit so is, wil ek hê jy moet dit begryp, broer. “Waarom leer jy hulle nie hoë geestelike dinge, waar jy klim en laat hulle daar klim nie; in plaas van hulle te vertel van nie hulle hare te sny, en om nie die soort rokke te dra nie?”38 As jy hier is, of die band hoor, broer. As ek hulle nie uit die kindertuin kan uitkry nie, hoe gaan ek hulle algebra leer? Hulle het nie die ordentlikheid en sedelike moraliteit, om selfs hulle hare te laat uitgroei, en rokke soos dames te dra nie, hoe gaan jy hulle geestelike dinge leer? Sien? Reg. Ken nie die eerste, ken nie ABC nie. En hulle iets hoogs probeer leer, hulle ’n kollege-opvoeding gee, wanneer hulle nie ABC ken nie? Laat eers die ABC leer, en dan sal ons—sal ons daarnatoe oorgaan.39 Nou, verlede week het julle ’n—’n groot man hier in die preekstoel gehad, om my plek in te neem. Dit was Broer William Booth-Clibborn, wat bekend is, onder al die predikers, as die prins van predikers; groot man, groot, groot prediker. Eerlik, hy is een van die beste wat daar in die lande is, oral. Die man kan die Evangelie in sewe verskillende tale verkondig, so julle kan julle voorstel wat hy is. En hy is ’n volle Evangelie prediker.40 Hy was die een wat by my gestaan het in daardie debat met die sewe Kerk van Christus-predikers daardie keer. En as daar ooit mense was vir wie ek jammer gekry het, was dit daardie manne nadat hy met hulle klaar was. Ek—ek het nog nooit so-iets in my lewe gehoor nie. Hulle het selfs opgestaan en begin wegstap. Hy het hulle by die deur ontmoet, het gesê: “Ek het gedink julle wou oor Goddelike genesing praat.”41 En hy is egter so reguit, sommer so vreeslik reguit. Hy het sommer enigiets genoem wat hy kon, tot “ignoramusse” en alles; julle weet. So, hy, hy is regtig reguit, en dis al ding van hom. As jy net daardie kennis met ’n bietjie liefde temper, sou dit anders wees, julle sien. En hy—hy is dalk hier. Ja, maar ek—ek bedoel dit, weet julle, soó, as hy maar net regtig sagmoedig daaromtrent sou wees. Maar, o, goeiste, hy’s ’n Engelsman, en hy kan sommer retig so opgewerk raak.42 Maar hy het hulle by die deur ontmoet, en sy vinger in hulle gesig gedruk, gesê: “Pak julle hom ooit weer aan,” dit was ek, het gesê: “ek sal julle voor die publiek ontmasker, en

Page 7: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 7

ek sal regtig ’n klomp donkies van julle maak,” het hy gesê. Uh-huh. En ek het nog nooit weer van hulle gehoor nie, sien. Ja, ek blameer hulle nie. Ek sou ook wegbly. Uh-huh. Ja, want jy sal nooit ’n woord sydelings inkry, by Broer Booth nie.43 ’n Wonderlike prediker, goeie man, goeie Christen, rein, morele man, sover ek enigiets van hom af weet, en het hom vir jare geken. Ek het sy band te hore gekry, wat hy vir julle gepreek het oor hoe heilig en hoog God is, en hoe ons in sonde gebore is; en wat sou ’n mens ooit kon doen wat sou bring, God sou kon sê wat om te doen. Sien? En dis, was regtig wonderlik.44 Nou die rede dat ek toe weg was, ek het ’n week van vas en gebed gehad, wat my gelei het om ’n besluit te neem.45 En ek het ’n skakelaartjie, veronderstel om hier êrens te wees, wat sensor, sensor wat ek nie wil hê nie. O, hier is ons. Hier is dit. Wat ek op band wil hê, en wat julle nie op band wil hê nie. So, broers, as julle band ’n bietjie deurmekaar is, wel, moenie…Julle kan daardie stuk uitsny. Nou, maar daarbinne, op die manier, soveel wat opneem, toe Broer Mercier en hulle die enigstes gehad het wat, kon opneem, wel, sou ek hulle hul daar laat uitsensor voordat ek hulle laat uitgaan. Maar met dié, enigeen kan hulle nou opneem, sien julle, enigeen wat hulle wil opneem kan hulle opneem. En so moet ek—ek hulle self sensor, met hierdie skakelaar net hier, wat ek nie wil sê nie, op die bande laat uitgaan nie.46 Want, daar is party dinge wat ek vir julle almal hier kan sê, wat ek sekerlik nie sou wou hê moet na die mense uitgaan nie. Want, laat hulle alleen. As die blinde die blindes lei, val hulle almal in die sloot, in elk geval, julle sien. So, gee hulle maar nie aanstoot nie. Soos Jesus gesê het: “Moenie daardie Fariseërs aanstoot gee nie.” Het gesê: “As hulle ’n bietjie wil hê, as hulle ’n bietjie belastinggeld wil hê, gaan heen en gooi die hoek in die see, en vat die eerste vis, en haal die muntstuk uit sy mond uit, en gaan betaal hulle.” Het gesê: “Moenie, moenie hulle aanstoot gee nie, laat hulle maar net alleen.”47 Maar my hele lewe lank, vandat ek ’n klein seuntjie was, het ek…Die Here het my altyd visioene gegee, waarmee ons hier by die kerk bekend is en, ek is seker, in die land waar hierdie bande sal heengaan ook, met visioene. En met hierdie oop Bybel voor my, en God voor Wie ek staan, ek het nooit van een van hulle geweet wat faal nie. Hulle was altyd perfek.48 En ek het ’n visioen gehad ’n paar weke gelede, nou omtrent drie weke gelede, hierdie komende Dinsdag; wat my op my knieë gedryf het, en in die wildernis uit, om te vas en te bid. En ek het (siende dat dit koud is) swaar geïnsoleerde onderklere aangetrek, sodat ek…om op jagtogte te gebruik, sodat ek nie sou verkluim, daarrond, in my grot en in die bosse nie. En ek het daarheen gegaan, nie…

Page 8: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

8 DIE GESPROKE WOORD

49 Iemand het gesê: “Wel, Broer Branham, het jy soontoe gegaan om te soek? Jy behoort daarheen te gegaan het om ’n visioen van die Here te soek.”50 Ek het gesê: “Nee, jy gaan nie…Jy doen dit nie so nie. Jy kan nie iets uit God trek nie.”51 Sien, dis waarom mense bly sê, met onderhoude, sê: “Vra die Here. Bly net daarby! Bly net daarby!”52 Ek het ’n woord van die Here gehad om na Broer Neville te neem, oor profetering oor elkeen wat hier na hierdie altaar toe kom. God het vir hom gesê, hom regtig aangespreek daaroor, sien. Moet dit nie doen nie, jy sal hom in die vlees uitstoot en dan sal jy ’n valse profeet hê. Sien? Sien, laat hom doen net soos die Gees hom lei om te doen. Sien?53 Moenie, moenie iets uit God probeer trek nie, want jy kan dit nie doen nie. Hy sal net spreek…Soos Biléam, die huurling profeet, gesê het: “Ek kan net spreek wat God in my mond plaas. Andersins, kan ek dit nie sê nie.”54 En dis dieselfde ding, ek hou van die stelsel wat hulle nou het, sodat ek kan uitvind wat, presies wat die Here gedoen wil hê. Dis baie goed.55 Maar Jesus het na die wildernis gegaan, om te vas, nadat die Heilige Gees op Hom gekom het. “Johannes het getuig, die Gees van God op Hom gesien kom.” En Hy is vervul met die Krag van God, God in Hom, en toe het Hy in die wildernis ingegaan om te vas, daarna. Nie voor dit, vir die Heilige Gees om op Hom te kom nie, maar Hy het ingegaan en gevas nadat die Heilige Gees op Hom gekom het. Sien?56 En nou, in die visioen, kan ek dit sê. Ek het dit eenkeer genoem. Ek wou dit van die band afsny, maar ek dink ek sal dit maar laat opbly. Ek…57 Dit was omtrent drie-uur in die oggend, veronderstel ek. Ek het al opgestaan, en ek het gekyk waar, voor my, en ek het daar na die Jordaan toe gegaan. Het gelyk of ek op die kaart van Palestina staan, en ek het daar na die Jordaan toe gekom. En dit was asof ek die lied kon hoor: “Ek gaan nou na die Jordaan toe,” iemand het dit gesing. En soos ek die rivier genader het, het ek omgekyk en gesien waarlangs ek gekom het, en ek was twee derdes van die pad daar, na die Jordaan toe. En ek het oor die Jordaan gekyk, en ek het gesê: “O, prys God, net aan die oorkant is waar al die beloftes lê! Elke belofte lê in die beloofde Land.”58 En toe het ek tot verhaal gekom. En ek het gedink: “Kon ek moontlik…kon dit wees dat ek aan die droom was, want dis nag?” Sien, ’n visioen is iets wat jy sien met jou oë oop, net soos ’n droom, jy kyk reg daarna. En jy’s—jy’s bewus daarvan dat jy staan soos hier op die platvorm, en jy—jy staan hier, maar tog lyk jy of jy in ’n droom is. Daar’s…Jy kan dit nie

Page 9: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 9

verduidelik nie, daar’s geen manier om dit te doen nie. Sien, dis God se werke. En God se weë is onverklaarbaar. Hulle moet in die geloof aanvaar word.59 Toe, terwyl ek ’n bietjie daar sit, langs hierdie stoel, toe, ewe skielik, hier kom dit weer terug. Toe het ek dan geweet dat dit ’n visioen was. En toe, toe ek weer in die visioen gekom het, het dit gelyk asof ek opgetel is en op ’n—’n hoofpad, ’n smal hoofpad, sit, met een of ander broer. Ek het nooit geweet wie die broer was nie. Ek het rondgekyk. Ek het gesê: “Nou is ek seker en weet dit is ’n visioen, die Here God is hier.” En het gelyk asof almal bang was. Ek het gesê: “Waarvoor is almal so bang?”60 En ’n stem het gekom en gesê: “Daar is soveel gevaar deesdae. Daar’s ’n groot aaklige ding wat die dood is as dit jou tref.”61 En ek het die onkruid gehoor platgedruk word, en ek het gekyk, en hier het ’n yslike monster van ’n slang deur die onkruid gekruip gekom. Ek het gedink: “Nou, wetende dit is ’n visioen, dan sal ek sien wat hierdie—hierdie dier of hierdie gedierte is.” En hy het op die hoofpad opgekruip. En sodra ek hom gesien het, het ek geweet dit is ’n mamba. Nou, ’n mamba is ’n Afrika-slang, wat die dodelikste byt het van alle dinge wat daar is. Daar’s niks so giftig soos ’n mamba nie. En die slang, natuurlik, verteenwoordig sonde, dood. Sien? En daar is die…Ons het in hierdie land, die ratelslang, en die koperkop, en die katoenbek-mokassin, baie van daardie slange, wat, as jou gesondheid swak is en een sou jou byt, sal dit jou dalk doodmaak, maar as jy nie hulp van een of ander aard onverwyld gekry het nie.62 En dan—dan gaan ons na Afrika en Indië, en ons kry die kobra. Daar’s ’n swart kobra, hy’s ’n slegte slang, hy’t ook ’n dodelike byt. En daar’s ’n geel kobra, wat veel erger as hy is. En die geel kobra, die pasiënt sterf so ’n verskriklike dood, hy sterf van versmoring. Dit—dit verlam die asemhalingstelsel. En hulle—hulle kan nie asemhaal nie, maak net hulle mond oop en snak, en probeer, en sterf so. En dit was die soort slang wat op ’n nerf na vir Billy Paul gekry het, toe ons die slang raakgeloop het, in Afrika.63 En dan—dan kom die mamba, hy’s die dood. Net toe hy…Hy’s so vinnig, jy kan hom nie sien nie. Hy gaan oor die toppe van die onkruid en dryf homself voort met die agterpunt van sy stert. Net: “whoosh,” en hy’s weg! Tref jou in die gesig, gewoonlik. Staan hoog op en pik hard. En, wanneer hy jou pik, het jy net ’n paar asemteue voor jy daarmee heen is. Word regtig…Dit verlam jou nie net nie, kom in die bloedstroom, tas senuwees aan, alles, jy sterf sommer binne net ’n paar sekondes. Daardie naturelleseuns en spoorsnyers, as jy kan: “Mamba,” sê, en stamp hulle hulle koppe teen mekaar, skree, want dis—dis die dood sommer binne ’n paar sekondes, sien, as een jou pik.

Page 10: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

10 DIE GESPROKE WOORD

64 En hier was hy, op die hoofpad. Ek het gedink: “Wel, hier is dit.” Toe het ek na hom gekyk. En hy het kwaad na my gekyk, en hy het sy tong gelek, en hier kom hy. Maar toe hy sommer naby my gekom het…Hy het vinnig nadergekom, en het toe stadiger en stadiger geraak, en net gesidder en gestop, en toe het iets hom teruggehou. Hy kon my nie byt nie. En hy sou omdraai aan die anderkant en my probeer benader van hierdie kant. En toe staan hy agteruit en kry ’n aanloop, en swiep reguit na my toe, raak stadiger en stadiger en stadiger, en toe tot stilstand, en toe bewe hy so en beweeg terug. Hy kon my nie pik nie.65 Toe het hy omgedraai en na my vriend gekyk, en weg was hy agter my vriend aan. En ek het my vriend sommer hoog in die lug sien spring, en bo-oor hom en bo-oor hom en bo-oor hom, het probeer, en die ding het na hom gepik. Ek het gedink: “O, as dit hom ooit tref, sal dit oombliklike dood wees. Geen wonder almal is so bang nie, want as hierdie ding jou raakpik, is dit ’n oombliklike dood.” En—en dit het net so na hom gepik, en ek het my hande in die lug gegooi, ek het gesê: “O God, wees my broer genadig!” Ek het gesê: “As daardie slang hom ooit raakpik, sal dit hom doodmaak.”66 En net toe het die slang na my toe gedraai toe ek dit gesê het, en weer na my gekyk. En ’n Stem het van bo my af gekom, en gesê: “Jy is krag gegee om hom te bind, die ergste, of enige.” En ek het gesê: “Wel, God, wat moet ek doen?”67 Hy het gesê: “Daar is een ding wat jy moet doen, jy moet meer opreg wees. Sien, jy moet meer opreg wees.”68 Ek het gesê: “Wel, God, vergewe my vir my onopregtheid, en laat my opregtheid hê.” En toe ek weer my hande na Hom ophef, het daar ’n groot Iets oor my gekom, my net opgelig, gevoel asof my hele liggaam met Iets gelaai is.69 En ek het na die slang gekyk. En toe het hy na my toe begin aankom, en hy kon dit nog nie doen nie. En ek het gesê: “Satan, in die Naam van die Here Jesus Christus, bind ek jou.” En die slang, ’n blou rook het uit hom uitgevlieg, en hy het opgekrul en daardie teken gemaak soos ’n S, hoofletter S agterstevoor gemaak, ’n en teken. [&—Red.] En beteken “bind hierdie een of enigiets onder hom,” want hy was die ergste. Blou rook het uit hom uitgeval, en sy stert het homself om sy kop doodgewurg, toe hy hierdie agterstevoor S, daardie en teken, (soos ’n verbinding, julle sien), het hom doodgewurg. En die broer was vry.70 En ek het daarheen gegaan en hom platgetrap. Ek het gesê: “Nou, ek moet hieroor uitvind, want dis visioen.” En ek het op die—op die ding geslaan, en hy het so gedraai, gelyk soos ’n handvatsel, na die glashandvatsel aan ’n beker, en dit sommer soliede kristal laat word. En ek het gesê: “Dink daaraan, hoe gou! Daardie blou rook was lewe. En alles het hom verlaat, al die elemente, en is in glas verander.”

Page 11: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 11

71 En net toe het ’n Stem weer gekom, en gesê: “Jy kan hom ontbind ook.”72 Toe het gesê: “Dan, Satan, sodat ek kan weet, ontbind ek jou.” En toe dit gedoen is, het hy weer lewendig begin word, gewriemel. En ek het gesê: “Ek bind jou weer, in die Naam van Jesus Christus.” En toe dit gedoen is, het die blou rook weer uit hom uitgevlieg, en het hy homself net weer terug gewurg en in kristal verander.73 En toe, toe hy dit gedoen het, het daardie Stem gesê: “Nou moet jy meer opreg wees as wat jy is, om dit te doen.” Toe het dit my verlaat, en het ek in die kamer gestaan.74 ’n Paar oomblikke, ek het ’n wekker hoor afgaan, en my vrou het…wat opstaan. Die kinders, julle weet hoe dit is, skat ek, by julle huis, een: “Wat gaan ek vandag aantrek, mamma? Waar, waar is my boeke? En wat het ek gemaak?” Julle weet. Julle, net soos in enige huis, jy kan jouself nie hoor dink nie, skaars, soos wat hulle almal gelyk probeer klaarmaak.75 En—en toe het ek weggeglip na die studeerkamer toe, en op my knieë neergesak, en ek het gesê: “Here Jesus, ek weet hierdie dinge nie. En wat moet ek doen? En die kinders gaan my roep om hulle skool toe te neem oor ’n paar minute. Wat moet ek doen?” En ek het rondgekyk, en my Bybel het daar gelê, en ek het gesê; “Here, as U my sal vergewe…” Ek glo nie daarin om sommer net die Skrif oop te slaan, en iets uit die Bybel te neem en dit te sê nie, maar, daar is tye dat wanneer God jou deur so-iets kan vertroos. En ek het gesê: “Here, in hierdie noodgeval sommer nou, voor U Gees my verlaat. En ek—ek weet nie wat om te doen nie. Die kinders sal nog ’n uur neem, voor hulle weg sal wees. Sal U my net wys? As dit iets is wat U aan my probeer tuisbring het, Hemelse Vader, laat my dan weet.”76 En ek het hierdie Bybel gevat en dit sommer so oopgeblaai, en my duim het by I Korinthiërs, die 5de hoofstuk, die 8ste vers gelê, toe iets lees min of meer so. “Wanneer jy kom…” Ek het beplan om te vas, vir die Here. Ek het Hom gesê ek sou uitgaan en vas. Gesê: “Wanneer jy na hierdie fees kom…” Waar, ’n vas na die liggaam is ’n fees met die Here. Ons weet dit. “So wanneer jy na hierdie fees kom, moenie kom met ou suurdeeg of die suurdeeg van kwaadwilligheid nie, ensovoorts; maar kom met die ongesuurde brode van opregtheid en waarheid,” presies net wat Hy vir my in die visioen gesê het. “Kom…” God is my plegtige Regter. “Kom met die ongesuurde brood van opregtheid en waarheid,” dit is die Woord. Toe het ek gesien wat Hy bedoel het. Soos Hy…77 Jare gelede, toe ek die Bybel sien neerdaal het, ek het dit net hier neergeskryf, neerdaal het; en ’n hand het uit die Hemel gekom en daar na Josua gewys, en die eerste nege verse gelees, en daar gestop. Dit is, Josua het na die woestyn toe

Page 12: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

12 DIE GESPROKE WOORD

gekom, maar het nooit…hy was gereed om…Toe hy naby die Jordaan gekom het, het God hom uitgeroep, gesê: “Hierdie dag sal Ek jou voor die volk begin groot maak.” En toe het hy die kinders van Israel oor die Jordaan geneem, na die land waar…vir hulle gegee, onder hulle verdeel, die beloofde Land.78 Ek het na die bosse gegaan, en gebid en gebid en gevas. En, nou, het ek teruggegaan na daardie boom waar ek ontmoet het, waar daardie eekhorings was, waarvan julle in ander Boodskappe gehoor het, sien, waar daardie eekhorings was. En het daar gestaan, teen omtrent drie- of vieruur in die môre, nadat ek deur die struikgewas gestrompel het met die bietjie lig wat ek kon sien, om by die boom te kom, het vroeg gekom omdat ek daarheen gelei is. En toe het ek Hom ontmoet. God, help my om altyd opreg te lewe!79 Ek gaan nou my teks lees. Ek het vanmôre as teks geneem, hier êrens neergeskryf (o, hier is dit), Josua, in die Boek Josua, die 10de hoofstuk. Vir julle wat agter my aan gaan lees, of, die 10de hoofstuk en die 12de vers. En ek het net een uur.80 En dan, dink ek, ek is nie seker nie, maar ek dink Billy het gesê hy het vanmôre gebedskaarte uitgegee. Het gesê: “Daar was nie baie nie, maar net ’n paar mense wat wou hê daar moet vir hulle gebid word.” En enigeen met gebedskaarte, steek nou jou hand op. Dis reg. Wel, in orde, dis mooi. Goed. Nou die 12de vers van die 10de hoofstuk van Josua.81 En nou, onthou nou, in die toekoms, volgende Sondag wil ek praat oor Christendom Versus Afgodery. En dan sal ek julle dan sê, van of die Here voortlei vir die Kersboodskap, of nie. Dit lyk asof ek ’n boodskap op my hart het vir die mense, op Kersfees. En dan sal ek julle dan sê.82 Begin nou lees by die 12de vers van die, 10de hoofstuk van Josua.

Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in Gibeon, en maan, in die dal van Ajalon!

Toe staan die son stil en bly die maan staan totdat die volk hulle gewreek het op hul vyand. Staan dit nie geskrywe in die Boek van die Opregte nie? En die son het bly staan in die middel van die hemel en het hom nie gehaas om onder te gaan nie, omtrent ’n volle dag.

Luister nou.En daar was geen dag soos hierdie een, voor…en na

hom, dat die HERE na die stem van ’n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry.

Daarop het Josua, en die hele Israel met hom saam, na die laer van Gilgal teruggekeer.

Page 13: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 13

83 Mag God Sy seën aan Sy Woord toevoeg. Nou ek wil graag hê, as dit die wil van die Here is, dat julle vir ’n paar minute met my vertoef. Ek wil ’n onderwerp neem, vreemd, raar; by die lees van so ’n Skrif. En ek wil julle aandag en—en gebed hê gedurende hierdie tyd. Ek wil die onderwerp neem, van een woord: Paradoks.84 En, eers, wil ek miskien verduidelik wat ’n paradoks is. In Webster se woordeboek, staan dat ’n paradoks beteken “iets wat ongelooflik maar waar is.” Dit is ’n paradoks. Iets wat byna heeltemal buite die rede lê, kon nie so wees nie, maar is tog, dis ’n paradoks. Nou ek wil ’n paar minute by hierdie woorde stilstaan, ’n paradoks.85 Nou ons het baie dinge waarna ons as paradoks sou kon verwys. Een ding waarna ek graag wil verwys, is, hierdie wêreld self is ’n paradoks. Sy staan is ’n paradoks.86 Gisteraand het ek met my dogter gepraat, Rebekah, wat in die hoërskool is. En ek het die Skrif hier bestudeer, en—en het haar vertel van die lees van hierdie—hierdie vers hier. En sy het gesê: “Pappa, Josua het eintlik die aarde laat stilstaan, het hy nie?” Ek het gesê: “Ek weet nie wat hy laat stilstaan het nie. Hy het die son laat stilstaan.”87 Sy het gesê: “Hy kon nie die son laat stilstaan het nie, want die son beweeg nie.”88 Ek het gesê: “Die weerkaatsing daarvan beweeg egter oor die aarde, en hy het dit laat stilstaan.” Sy het gesê: “Wel, dan het God die wêreld laat stilstaan.”89 Ek het gesê: “Dan, vir die agnostikus, wat gebeur as die wêreld sou stilstaan en sy gravitasie verloor? Dit sou deur die ruimte skiet soos ’n—’n ster, en missiele daarvan sou vir ’n honderd biljoen jaar in die ruimte val.”90 Maar die Bybel het gesê, dat: “Die son het stilgestaan, en sy plek behou vir ’n hele dag.” Ek glo dit. Ek glo dit. Dis onredelik en ongelooflik, maar dis die Waarheid.91 Kom sê dan vir my, watter is die bokant van die wêreld, die Noordpool of die Suidpool? Hoe weet jy, as jy in die ruimte is? Julle sê: “Die Suidpool is daar, onder ons.” Hulle dink die Noordpool is daar, onder hulle. Sien?92 Dit staan daar in die ruimte, in ’n sirkeltjie lug, en dit draai ’n duisend-en-iets myl per uur. Want, daar’s vier-en-twintig of vyf-en-twintigduisend myl daaromheen, en dit draai om in vier-en-twintig uur, so dit laat dit meer as ’n duisend myl per uur beweeg. En dit mis nooit, tref presies. Waar dit—waar dit op die ewenaar is, waar dit ombeweeg, is dit nooit ’n minuut uit nie; perfek in tyd, staan in die lug. As dit nie ’n paradoks is nie,

Page 14: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

14 DIE GESPROKE WOORD

weet ek nie wat een is nie. Hoedat dit al die Hemelse stelsels is, hoe hulle so gereël is, so perfek; sodat, in jare wat moet kom, twintig en dertig jaar van nou af, die wetenskap die koms van die verduistering van die son en die maan, wat verbykom, kan sien. En vir jou kan sê, tot op die oomblik, wanneer hulle sal verbykom en wanneer die verduistering sal begin.93 Maak nie saak hoe ’n goeie horlosie ons het nie, een met die presisie…Ek het hier een wat vir my in Switserland gegee is, as ’n geskenk, toe ek daar was. Die waarde is omtrent driehonderd dollar, in Amerikaanse geld. Dit is vir my gegee. Daar is nie ’n week nie, of dit moet reggesit word; alle horlosies, niks wat die mens kan maak is so perfek nie. Dit sal, oor ’n paar jaar, sal dit uitgeslyt en daarmee heen wees. Soos dit ouer word, sal dit die hele tyd swakker word. Die juwele sal afslyt. Die akkuraatheid daarvan sal dit verlaat. Daar’s niks daar wat deur die mens tot stand gebring of opgerig, of deur die mens geslyp kan word, wat perfek kan bly nie.94 Maar hierdie wêreld bly perfek! Wat beheer dit? Wel, julle sê: “Ek weet nie wat dit beheer, wat dit in sy plek hou nie.” Dit is waarlik ’n paradoks. Dis, jy kan nie beskryf hoe God dit doen nie, maar Hy doen dit. So, dis die vernaamste ding, dat Hy dit doen. En ons weet dat dit so is.95 Dis ongelooflik hoedat jy ’n bal in die lug kan spin, dit sal nie een volledige omwenteling op dieselfde plek maak nie.96 Ek het gedink, hier nie lank gelede nie, toe ek in die woestyn was. En een van hierdie klein ou springkaktussies wat die suur in jou bloed reg na jou toe aantrek, een van daardie kêrels, het op my gespring. En jy kan dit nie aftrek nie, jy moet iets vat en dit afskraap. En dit het klein hakies daaraan. En maak nie saak hoe goed jy ’n naald skerpmaak nie, ’n naald sal aan die punt stomp wees; ’n perfekte skerpheid van ’n naald kan so perfek wees soos jy dit kan kry, maar dit sal stomp wees, teen een van daardie springkaktusse. En tog is dit self ’n blaar, styf opgerol. Hoe kan dit wees dat die natuur ’n blaar stywer en skerper, aan die punt, kan oprol, as wat ’n fyn masjien een kan slyp? En, tog, reg tot op die end van daardie punt is klein vishoek-hakies, soos dit, klein hakies om dit te hou, en om dit vas te hou soos dit voortgaan. O, ’n paradoks, reg, vir die wetenskap. Dis ongelooflik, maar dis waar.97 Ek wil hê iemand moet dit verduidelik. Ek kan julle nie presies die myle sê, of hoeveel myl die wetenskap sê dat die maan van die aarde af is nie. Maar hoe kan daardie maan, sal ek sê, wat miljoene en miljoene myle van die aarde af staan, en tog daardie gety van die see beheer. Wat doen dit? Hoe kan dit gedoen word? Dis ’n paradoks, maar tog kyk ons en sien dit word gedoen. Dit gebeur. Die maan beheer die getye. Wanneer die maan so uitswaai, van die aarde af, gaan die gety daarmee

Page 15: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 15

saam. En God het die maan oor die getye gestel, en die grense vasgestel. En hulle kan nie daardie grens oorsteek waar God ’n lyn getrek het, en gesê het: “See, jy kan so naby kom, maar jy kan die res daarvan nie vat nie, want Ek stel ’n wag oor jou,” nie.98 Daardie maan, miljoene myle van die aarde af, roep na daardie see, en dit stel sy grense en beheer dit. Ongelooflik! Wat is op daardie maan? Waar, net ’n paar myl van die aarde af, alle gravitasie, alle lug, alles anders, padgee, uitgaan in die ruimte waar daar nie eens lug is nie, vir miljoene en miljoene en vermenigvuldigde miljoene myle. En, tog, dit beheer dit! Sê: “Jy kan so ver gaan, maar jy kan nie verder gaan nie, want ek is die wag van God. Ek is die waghond wat hier sit, en jy kan nie hierdie grense oorskry nie.” Verduidelik dit. Dis ’n paradoks, hoedat God dit doen, maar tog doen Hy dit. Dit kan nie verduidelik word nie.99 Ons het wintertyd, sneeu op die grond, koue, grond vries. ’n Saadjie, en in daardie saadjie is ’n kiem van lewe, en daardie saadjie sal vries en oopbars, en die pulp sal daaruit loop. En daardie kiem van lewe sal in die stof lê, in ’n gevriesde ysplaat wat enige lewe sou doodmaak. Hoe word dit bewaar, en kom dan weer in die lentetyd? Sou dit nie kon verduidelik nie, sou ons? Dis ’n paradoks.100 Ons neem Hebreërs, die 11de hoofstuk en die 3de vers, ons verstaan daar dat die Bybel sê, Paulus wat praat, dat: “Die wêreld is gevorm en inmekaargesit deur die Woord van God,” ’n paradoks, dat ’n—’n Woord kon spreek en uit daardie Woord materiële dinge sou—sou vorm: “Sodat dinge wat gesien word, gemaak is van onsigbare dinge.” Dinge wat ons sien, is die gesproke Woord van God. Die aarde is die Woord van God. Die bome is ’n Woord van God. Waarom sal ons bang wees om Een te vertrou wat so ’n Woord gegee het, met sulke Krag en outoriteit? Waarom sal ons bang wees om daardie Woord vir onsself toe te eien en Dit op onsself toe te pas? Dit toon waar ons geval het, in ongeloof. Die Woord, God se Woord, ’n paradoks! Waarlik, ’n paradoks, God se Woord.101 Ook, wil ek net vinnig op ’n paradoks wys, en dis toe God Abraham geroep het en vir hom gesê het, toe hy honderd jaar oud was; en Sara negentig was, veertig jaar verby die tyd van die menopouse vir haar. En Abraham wie se lewe so goed soos dood was; en Sara, wat van die begin af onvrugbaar was, en haar baarmoeder so goed soos dood. En tog het God gesê dat Hy, deur hulle, ’n kind sou bring. Dis ’n paradoks. Vra die dokter of ’n vrou, honderd jaar oud, ’n baba kan grootmaak, ’n baba kan hê. Dis onmoontlik, dis ongelooflik, maar sy het dit gedoen omdat God gesê het sy sou dit doen.102 Dis ’n ongelooflike ding, om te dink dat ’n man kon sit met sy rug na ’n tent gekeer, ’n vreemdeling met stof op Sy klere, en vir ’n vrou sê, wat agter in die tent was, waaraan sy gedink het. ’n Paradoks, ongelooflik, maar tog is dit waar.

Page 16: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

16 DIE GESPROKE WOORD

103 Dit was ongelooflik, toe Abraham vir Isak na die top van die berg geneem het, sy eniggebore seun, en hom bo na die top van die berg geneem het, om hom as ’n offerhande op te offer. En toe hy by die top van die berg gekom het, en Isak op die hout laat lê het, en gereed was om sy lewe te neem. En toe hy sy hand laat sak het, het Iets sy hand gevang! En daar was ’n ram aan sy horings vasgehaak, in die wildernis, bo-op die berg. ’n Paradoks! Waar het die ram vandaan gekom? Hoe kon dit honderd myl van die beskawing wees, sonder om doodgemaak te word; met leeus en—en jakalse, en wilde honde, en ondiere, en goed? Waar het dit vandaan gekom? Hoe het dit daar gekom, en bo-op die berg waar daar geen water is nie? Hoekom was dit nie daar toe hy die klippe opgetel het nie? Hy het die Naam Jehovah-Jireh gegee: “die Here het Self ’n offerhande voorsien.” Ongelooflik, maar tog is dit so waar, want Hy, is Jehovah-Jireh. Ongelooflike dinge vir ons kennis en wetenskap, maar tog is dit waar! ’n Groot paradoks!104 Dit was ’n paradoks, en sal dit wees, toe Jesus, Markus 11:22, 23; toe Hy gesê het: “As jy vir hierdie berg sê: ‘Word verskuif,’ en in jou hart nie twyfel nie, maar glo dat wat jy gesê het, sal gebeur, kan jy kry wat jy gesê het.” Dis ongelooflik, maar dis waar. Dis ’n paradoks.105 Kan ek hier onderbreek om te sê, daar ver in daardie bosse, gesit langs daardie boom daardie oggend, geen eekhorings in die bosse nie, maar toe het ’n Stem gepraat en gesê: “Sê waar hulle sal wees”!106 En daar, so help my, as ek sterf voor ek hierdie boodskap klaarmaak, met my vinger na ’n kaaltak, okkerneuthoutboom gewys, gesê: “Hy sal net daar sit,” en daar was hy! Ongelooflik, maar waar! Hy het gesê: “Waar sal die volgende een wees?”107 Ek het gesê: “Daar in daardie klomp polle goed,” en ek het nog nie my vinger weggevat nie en daar was hy! “Waar sal die volgende een wees?”108 “Daar op daardie uitsteeksel daar oor daardie veld.” En daar was hy! Dis ongelooflik.109 Ek het my vrou gevra, nou die oggend. Ek het gesê: “Skat, het ek my verstand verloor? Word ek ’n mal man? Wat is die probleem met my? Waarom sê ek die dinge wat ek sê? Waarvoor doen ek die dinge wat ek doen? Wat laat my dit doen?” Ek hou van mense, en skeur hulle tog sommer uitmekaar. En ek vas en bid om daarvan ontslae te raak; en hoe meer ek vas en bid, hoe erger word dit. Ongelooflik, maar dis waar! Dis waar.110 Ek het ’n vrou nou net haar hand sien opsteek, agter in die gebou, die Here geprys. Dit was Hattie Wright, wat daar sit. Wanneer, sy het twee seuns gehad, as hulle my sal verskoon as

Page 17: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 17

ek dit sê, afvalliges, seuns van die wêreld. Daardie vroutjie het daardie dag daar gesit, ’n weduwee. En ek het gesê: “Hattie, die Here God…jy het ’n regte ding gesê. Hy het daardie eekhorings voorsien. Hy’s Jehovah-Jireh.”111 Sy het gesê: “Dis niks anders as die waarheid van God nie!” O, sy het die regte ding gesê! Dit lyk ongelooflik dat ’n menslike wese ’n woord kon spreek…112 Soos Broer Booth vir julle gesê het. So onrein en vuil soos ons is, Wie is Hy wat daar oorkant anderkant die maan en sterre, en alle ruimte en tyd en Ewigheid sit? Soos Booth selfs dit gesê het, en ek het dieselfde ding nou die dag gelees, het Irenaeus gelees, dat selfs die Engele in Sy oë onrein is. Wie is ons?113 Maar ’n vrou het die regte ding gesê, wat die hart van Jehova aanroep! Het gesê: “Vra haar wat sy wil hê, en gee dit dan vir haar.” Amen. Ongelooflik, maar waar! Nou net hier en in ons midde is sigbare bewys, sy het gevra dat haar seuns se siele Christene sal wees. God het haar haar begeerte gegee. Ongelooflik! Dit was meer van ’n wonderwerk as om ’n siek persoon te genees. Dis om ’n mens se lewe, sy siel, liggaam, en alles wat hy is, te verander. Dit het sy samestelling verander. Ongelooflik, maar waar! Dit was ’n paradoks. Ons sien dit oral.114 Paradoks in Noag se tyd. Toe, Noag, ’n man, net ’n gewone man, hy het ’n profeet geword, of was ’n profeet van die Here, het miskien geboer. God het vir hom gesê: “Maak gereed vir ’n reën wat uit die Hemel sal kom,” toe daar geen reën was nie. Daar was nog nooit enige reën gewees nie. Daar is geen manier om reën daarbo te kry nie. Dit het nog nooit op die aarde gereën nie. Daar was geen seë, daar was geen waters nie, maar tog het God hom aangesê om ’n ark te bou vir die redding van sy huis. En God het die reën laat afkom! Dit was ’n paradoks. Onwetenskaplik, maar (wat?) dit was ’n paradoks, in elk geval. Ja.115 Dit was ’n paradoks toe die Hebreeuse kinders wat besluit het hulle sal by God se Woord bly, ongeag wat gebeur, dat die koning die oond gebou het sewe maal warmer as wat dit ooit verhit is, en daardie manne daarin gegooi het. Toe, die intense hitte van die—van die oond die manne doodgemaak het wat saam met hulle met die loopplank opgeloop het, na die bek van die oond; hulle het gesterf. Maar tog het daardie manne in daardie oond geloop, miskien vir drie ure. Daar sou nie eens meer stof van hulle wees nie, want die menslike lewe wat in hulle was sou omgekom het. As dit een menslike lewe uitgewis het, deur na daaraan te kom, wat sou dit aan ’n ander menslike lewe doen? Maar hulle het hulle daarin gegooi, en laat ons sê drie ure, kon vyf gewees het.116 Hy kon middagete gaan eet het, en teruggekom het, gesê het: “Maak die oonddeur oop. Daar sal nie eens meer stof van daardie kêrels oor wees nie!” Maar toe hy die deur oopgemaak

Page 18: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

18 DIE GESPROKE WOORD

het, was hulle daar, ongeskonde, het in die vuur rondgeloop. Ongelooflik, maar waar! Waarom? Hy het gesê: “Hoeveel het julle ingesit?” Hulle het gesê: “Ons het drie ingesit.”117 Hy het gesê: “Ek sien vier.” Dis wat die paradoks gemaak het. “En daardie Een lyk soos die seun van die gode.” Hy was nie ’n seun van die gode nie; Hy was die Seun van God! Hulle was heidene. O, God in Sy groot Woord!118 Daar het ’n tyd gekom toe God se leër lafhartig geword het en bang was vir ’n man, en teen die kant van ’n heuwel gestaan het. Toe hulle een man wat drie maal enige van hulle se grootte was, teen die hang van die heuwel laat staan het, en laat sê het: “Nou julle vertrou op ’n regte God, sê julle. Kom een van julle kêrels uit en veg teen my, en ons sal nie—sal nie enige bloed vergiet nie.” Die vyand van God het die kerk van God teen die heuwelhang teruggedruk, en hulle het dit maar gevat! Hulle was bang. Hulle was lafaards.119 En in die kamp het ’n klein kêreltjie ingekom, klein skaapvelletjie om hom gedraai, ’n herder se mantel; die kleinste man in die hele leër, en nie eens ’n soldaat nie. Maar dit was ’n paradoks, toe God daardie een man geneem het, daardie een onbekommerde kêreltjie. Die Bybel het gesê hy was klein. Daardie een mannetjie het die hele leër, die vyand, beveg! Dit was ’n paradoks. Lyk asof God daardie groot, marsjerende leër genoeg moed sou kon gegee het om te gaan veg. Hulle was diensknegte van God, waarom nie die stryd van God gaan veg nie? Dis God se vyand, vat dit! Lyk asof Hy hulle moed sou kon gegee het. Maar God het een klein indiwidu geneem.120 En onthou, ’n ander paradoks, hy het nooit ’n swaard gevat nie. Saul het sy harnas vir hom probeer aantrek, het ’n swaard in sy hand probeer sit. Die arme kêreltjie kon dit nie vashou nie. En hy het ’n slingervel gevat, ’n stukkie rubber of ’n stukkie leer, met twee stukke tou daarom gedraai. En hy het die hele leër van die vyand verslaan, en hulle op vlug laat slaan. Dit was ’n paradoks, hoedat een seuntjie ’n leër kon laat hardloop.121 Dis ’n paradoks. Sekerlik. God doen dit. Hy’s net vol daarvan. Sekerlik, Hy is. Dis wat Hy doen. Dis Sy manier om dit te doen. Ja, meneer. Dit was ’n paradoks.122 Toe Egipte ’n groot leër gehad het wat hulle gehad het, is die hele wêreld verower. Hulle het elke nasie aan hulle onderwerp. En toe God besluit het om daardie leër te vernietig, daardie nasie is vernietig, het dit gelyk of Hy een of ander Amoritiese leër sou moes laat opstaan, of een of ander groot leër êrens, en hulle soontoe sou moes stuur met hulle beter toerusting; of ’n konsolidasie van al die denominasies sou moes saamstel, om af te gaan en saam te veg, sodat hy volle samewerking sou kry. Maar, God het ’n paradoks gebruik! Hy

Page 19: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 19

het ’n ou man gevat, tagtig jaar oud, en het nooit ’n swaard in sy hand geplaas nie, maar ’n ou krom staf, wat Egipte op die bodem van die dooie see laat sink het. Ongelooflik, wat God kan doen, maar dis hoe Hy dit doen. Hy gebruik paradoks om dit te doen. Sien, Hy bring dit tot ’n paradoks, ’n krom staf van ’n herder in plaas van ’n marsjerende leër, om ’n—’n nasie wat die wêreld regeer het, te verslaan.123 O, al waarop God nou wag, glo ek. Rusland beteken niks vir God nie. Hy wil een man hê. Hy hoef nie groot organisasies te hê nie. Hy hoef nie groot denominasies te hê nie. Hy wil een man hê in wie Hy Sy Gees kan ontvou! Dit sal die res daarvan vertel, daar sal nog ’n paradoks wees; totdat Hy iemand volkome oorgegee kan kry, wat dit sal doen. Dis die manier waarop God Sy werk doen, Hy gebruik paradoks.124 Dit was ’n paradoks toe ’n groot soldaat van die…van God, met die naam van Jósafat, in die poorte gestaan het, met ’n afvallige man met die naam van Agab, en gesê het: “Voor ons na hierdie geveg gaan, is dit nie ’n goeie ding as ons die Here raadpleeg nie?” Nou, as daardie man se hart honger is, om die wil van God te ken, moet daar êrens ’n wil van God wees.125 Daar is nie altyd in die grootte van die raad veiligheid nie. Agab sê: “Ek het al my predikers. Hulle is almal profete. Ek sal hulle hierheen ontbied. En jy weet, as ek vierhonderd profete laat kom, sal ons die Woord van die Here vind.” Nie altyd kry jy dit nie, nie altyd nie.126 As dit nie volgens die Woord is nie, bly dan weg daarvan af. Ek gee nie om hoeveel daar is nie. Bly by daardie Woord! God kan nie daardie Woord terugtrek nie.127 Nou, hy het hulle almal daarheen laat kom, en hulle het almal eenstemmig geprofeteer, dat: “Die Here met hulle was. Trek op!”128 Maar tog was daar iets wat nie reg was nie. En daardie man van God het geweet dit was nie reg nie. Hy het gesê: “Het jy nie nog een nie? Net ’n ander een, êrens nie?” “O,” het gesê: “ons het een, maar ek haat hom.” Het gesê: “Moenie dat die koning so sê nie.”129 God het een ongeletterde seun, ’n klein renegaat vir die nasie, gekies, ’n veragte en verwerpte, om Sy boodskap na die hongeriges van hart te bring. In plaas van die, al die denominasies saam wat uit een mond eenstemmig praat, het God een persoon gebring. ’n Paradoks, maar die man het die Waarheid gehad. En dit is bewys as die Waarheid, want hy was saam met die Woord. Dit was ’n paradoks, presies.130 Nou sê julle: “Jy bedoel jy verskil van al hierdie en daardie, en daardie?” As dit nie volgens die Woord is nie, verskil ek daarvan. Dis reg. God se Woord sal nooit faal nie.

Page 20: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

20 DIE GESPROKE WOORD

131 Gepraat met ’n priester, nie lank gelede nie, hy het gesê: “Mnr. Branham, jy probeer om ’n punt uit ’n Bybel te argumenteer.” Het gesê: “Ons glo die kerk, niks anders nie. Ons glo die kerk, wat die kerk sê. God is in Sy kerk.”132 Ek het gesê: “God is in Sy Woord. En Hy is die Woord.” Dis reg, die Woord!133 Dis waarom Miga die Woord geneem het. En God het ’n paradoks gebruik om elke denominasie beskaamd te maak, en het die Woord van die dienskneg van God tot vervulling laat kom; een man, verag, verwerp, gehaat! Wat? Gehaat deur sy eie mense. Nou, hy was nie ’n kommunis nie, of hy was nie iets anders nie. Laat ons sê hy was pinkster, en die Pinkstergroepe het hom gehaat. Hulle het nie van hom gehou nie. Hulle het niks met hom te doen gehad nie. Maar hy het die Woord van God gehad. God het ’n paradoks daaruit gemaak.134 “Waarom sou Hy nie, as al hierdie ander kêrels profete en predikers, ensovoorts, is, waarom kan daar nie, in hierdie hele groot groep iets beter besluit word as een persoon nie? Lyk onredelik dat God eerder een man se Woord reg sal maak, as die res van hulle.”135 Want, daardie man se woord was God se Woord. Dis waarom God die ding laat gebeur het, omdat die man by God se Woord was. Die ander het ’n leuen geprofeteer. Ja, dit was ’n paradoks toe God een kêreltjie se Woord geneem, en dit waar gemaak het, omdat dit Sy Woord was. God moet by Sy Woord staan, nie die raad se woord nie. Maar, God se Woord, dis by wie Hy staan.136 Hy het Miga geneem in plaas van ’n goed-opgeleide skool van predikers, bekende manne. Niks teen hulle nie, hulle was groot manne. Hulle was manne wat geglo het, nie in ’n ander God nie, hulle het in dieselfde God geglo waarin Miga geglo het. Maar hulle het opgetree asof hulle Daarin geglo het, maar wou nie Sy Woord aanvaar nie. Want, hulle wou gewild wees. Hulle wou in guns wees by die koning. En hulle blindheid het die ware Woord van God oorgesien. Hoe kon God seën wat Hy vervloek het?137 Julle dames en mans, beide, moenie dink dat ek hierdie doen om snaaks te wees nie. Ek doen dit om eerlik te wees. Dis die rede. Hoe kan ek sê dat: “Vroue behoort hul…goed, laat hulle hul hare afknip, en sulke dinge; hulle klere dra, dit het niks Daarmee te doen nie”? God se Woord sê dit het! Sy is skandelik en skandalig solank sy dit doen, en God sal nooit met haar handel nie. Ek gee nie om hoeveel sy in tale spreek, of rondspring of skree nie, sy het nêrens met God gekom, tot dusver nie. Dis die Woord van die Here.138 Manne, julle wat nie julle eie huis kan regeer nie, en dan probeer om predikers en diakens te wees? Hoe kan jy geskik wees om ’n prediker in die preekstoel te wees, om die Kerk van die lewende God te lei, en hulle erfenis vir hulle te verdeel?

Page 21: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 21

Wanneer jy meer dink aan jou maaltydkaartjie en die kollekte wat inkom, as wat jy doen van die Woord van God, en skaam is om dit voor die vroue te sê, bang jy sal nie gewild wees nie. Mag God jou sondige siel genadig wees!139 Spreek die Woord van God, in Waarheid! Johannes het gesê: “Die byl lê teen die wortel van die boom.” En die byl is die Woord van God. “Elke boom wat nie die regte vrugte voortbring nie, kap dit af, en werp dit in die vuur.” God, bring vir ons nog ’n paradoks!140 Waarom het God vir Johannes die Doper geneem, van wie ek pas gepraat het, in plaas van Sy goed-opgeleide priesters van daardie dag? Hy het ’n man geneem wat nooit ’n dag in sy lewe na ’n skool toe gegaan het nie. So, ons verstaan dat Johannes in die wildernis ingegaan het, op die ouderdom van nege jaar, en alleen was met God.141 ’n Paar dae gelede, met die lees oor die Niceense Raad. Dit was lank na die dood van die laaste apostel, Johannes. Toe daardie manne daarheen gekom het na daardie Nicaea Raad, het party van daardie ou broeders die res van hulle in die verleentheid gestel. Hulle het daar gekom, geklee in skaapvelle; by daardie gemantelde keisers, soos Konstantyn en die biskoppe van Rome. Ou skaapvelle om hulle gedraai, en het in die wildernis geleef, van kruie, maar hulle was profete van die Here. Die klein kerk, die Griekse kant, het voortgegaan; die Romeinse kant het agteruitgegaan. Maar dit toon, as jy toegee, kan jy nie ’n dienskneg van Christus wees nie.142 Johannes. In daardie dag, was die kerk baie ortodoks, hulle het die priesters gehad, die goed-opgeleide manne. Maar God het die man gekies wat glad geen geleerdheid gehad het nie, en het hom uit die wildernis uitgeneem, met ’n stuk skaapvel om hom gedraai, en sy wangbaarde wat wegstaan, sy hare wat oor sy nek hang. Geen preekstoel om van te preek nie. Geen kerk om hom uit te nooi nie. Maar hy het waarskynlik in die modder gestaan, halfpad tot by sy knieë, en gepreek: “Die Koninkryk van God is op hande!” God het daardie man gekies.143 Toe Jesus gesê het: “Wie het julle uitgegaan om te sien, ’n man wat by al die skole kan praat, ’n man wat welgekleed is, ensovoorts?” Hy het gesê: “Hulle is in konings se paleise.” Gesê: “Wat het julle gaan sien, ’n profeet?” Hy het gesê: “Meer as ’n profeet. Dit is hy van wie die profeet gespreek het wat sou kom: ‘Ek stuur My boodskapper voor My aangesig.’” Hy was die—die engel van die verbond. Hy was die—die groot voorloper.144 Maar, dit was ’n paradoks, hoe dit gekom het. Waarom het hy nie daar na daardie groot skool by Jerusalem gekom nie? Waarom het Hy nie gekom na Kajafas, die hoëpriester, nie? Waarom het Hy nie gekom na van daardie groot, opgeleide manne, wat van kindsbeen af opgelei is nie, en hulle vaders is

Page 22: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

22 DIE GESPROKE WOORD

voor hulle opgelei, en hulle vaders voor hulle, vir geslag na geslag na geslag, opgelei en geskool, goed, hoogbeskaafd, geleerd? En kies dan ’n ou man daar in die wildernis, wat nooit vir ’n dag in sy lewe opleiding ontvang het nie, en plaas hom daar by die Jordaan, en het gesê: “Dit, dit is hy.” ’n Paradoks, presies. Ongelooflik, maar tog was dit waar. God het dit gedoen.145 Die maagdelike geboorte van ons Here, ongelooflik, vir ’n vrou om ’n kind voort te bring sonder om ’n man te ken. God het dit gedoen. God het dit gedoen. Sien, dis ’n paradoks. Het ’n ou vroutjie daar geneem, ’n ou meisietjie, verloof aan ’n man van omtrent vyf-en-veertig jaar, sy was self omtrent sestien of agtien, en verloof aan hierdie man wat ’n wewenaar was, met vier kinders. En het toe hierdie vrou geneem en haar met die Heilige Gees oorskadu, en in haar skoot die liggaam verwek waarin die Almagtige God getabernakel het. ’n Paradoks!146 Hoedat die Hemel Hom nie kan bevat nie! Die aarde is Sy voetstoel, die Hemele is Sy troon, en kon tog die volheid van die Godheid liggaamlik bring, en Dit in ’n Man beliggaam. O! Wanneer jy honderde biljoene myle ver in die eons van tyd kan meet, en God nooit meet nie; en tog het ’n klein baba, wat in ’n krip lê, die volheid van Sy Liggaam—Sy Liggaam bevat. Jehova! ’n Paradoks! Daardie groot God, Wat daar oorkant sit, om ’n honderd miljoen sonne wat op planete skyn, te beheer, Wat nooit begin en nooit geëindig het nie, en Homself sou beliggaam in ’n bemiste stal!147 En dan gaan ons uit en dans en drink, en gaan tekere, in ’n viering! Dis nie ’n viering nie; dis ’n aanbidding! Ons vier Kersfees. Hoedat God dit gedoen het, sodat Hy kon sterf, om die plek van ’n sondaar in te neem.148 Dit was ’n paradoks toe ’n klein, krulkop seuntjie, klein hangskouer-kêreltjie, hy was waarskynlik nie vyf voet lank nie; en hy het sewe lokke gehad wat om sy kop afhang, ’n klein verwyfde outjie. En hy was op pad eendag, om vir sy meisie te gaan kuier, en ’n leeu het teen hom gebrul.149 Het enigiemand ooit ’n regte leeu hoor brul? Julle het waarskynlik, in hierdie hokke en dinge hierrond. Maar ek wil vir julle sê, hulle miaau dan maar net. Julle moet ’n wilde een regtig hoor brul. Die klippe sal van die heuwel afval, ’n halfmyl ver; klippies sal teen die heuwel afrol, dit vibreer net die grond so. Waar daardie brul vandaan kom, weet ek nie.150 O, ek het een gesien, eendag, hy het sy kop laat sak, ’n groot ou geelmaanhaar-leeu het vir ’n swarte gebrul, want, ’n swartmaanhaar, want hy het ’n stuk vleis opgetel. Hy het dit daar laat lê, en hy het so te sê gesê: “Nou los jy dit uit, ek gaan af om water te drink.” En hy het afgegaan om die water op te lek. Toe hy terugkom het hierdie swartmaanhaar daaraan gelek. Die ou pappa het net gaan staan, sy kop laat sak, en hy

Page 23: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 23

het ’n gebrul gelos, en, ek sê, dat die klippe van die heuwel afgerol het. O, goeiste! Hy sou die stad skud, as hy hier so gebrul het. ’n Gebrul van die leeu, o, hy is boosaardig!151 En daardie brul het teen hierdie klein krulkoppie, sal ons hom noem, opgeklink, en iets het gebeur. Daardie kleintjie stap nader en kry hom aan die bek beet, en sit een hand so en een so, nie senuweeagtig nie, en skeur hom sommer uitmekaar en laat hom daar lê. Dis ’n paradoks. Wat het dit veroorsaak? As julle na die voorlesing net daarvoor sal oplet: “En,” die voegwoord: “die Gees, van die Here het oor hom gekom.” Dis wat die verskil gemaak het. En hy het die leeu verslaan.152 Toe het ’n paar Filistyne eendag agter hom aangekom. Hy was ongewapen. Daar was ’n duisend van hulle. Hulle het lang spiese en groot skilde gehad, en dis soos ’n deur voor jou, so, die skilde. Dink nou net aan ’n groot, yslike brons skild, oral voor jou, met helms van brons op, groot harnasse van brons, en oral oor die skene en alles, van brons; groot, yslike lang spiese, so lank soos hulle…tot daar by daardie paal, miskien vyftien, twintig voet lank. Groot brons punte so aan hulle, vlymskerp. En hulle het hierdie klein krulkoppie gekry wat daar van Palestina af gekom het, om een of ander vriendin van hom daar te besoek. So hulle het gesê: “Daar is daardie kêreltjie. Laat ons hom gaan vat!” Een man kon hom aan die punt van daardie spies gevat het, hom sommer opgetel en ’n bietjie geskud het, en hy sou sommer tot by sy hand afgeval het, tot by die handvatsel aan die spies. Wel, hy’s maar net ’n klein outjie.153 Party mense, die kunstenaars, probeer Simson teken met—met skouers waarmee hy nie in hierdie tabernakel sou kon loop nie. Wel, dit sou geen verborgenheid wees, die man van daardie grootte nie. Simson was net ’n klein ou dingetjie, maar die Gees van die Here is dit wat groot was. Sien? Hy neem die…Dit—dit—dis om die Skrif te onteer, om te sê hy was ’n man van daardie grootte.154 God neem altyd die dwase en onkundige dinge soos dit, om Sy Werk mee te doen, julle sien. Hy neem iets wat niks is nie.155 So hierdie kêreltjie het daar gestaan, en ewe skielik het hierdie Filistyne hier gekom en hom omsingel, om hom dood te maak. En hy het die kakebeen gevat van ’n esel wat ’n ruk daar gelê het, een, ’n klein donkie s’n, het die kakebeen van daardie esel opgetel. En die Gees van die Here het oor hom gekom. En daar was ’n paradoks, hoedat hy, met die kakebeen van ’n esel, deur daardie halfduim-dik helm oor die bokant van die kop, platgeslaan het met die kakebeen van ’n esel! Wel, ten eerste, daardie ou droë kakebeen wat daar lê, die eerste hou wat hy daarmee sou slaan, sou dit in ’n duisende stukke gespat het, oor die bokant van een van

Page 24: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

24 DIE GESPROKE WOORD

daardie helms of daardie groot skilde. Toe, ’n duisend op hom afstorm, en hy elkeen van hulle doodslaan. Paradoks! Dit was toe die Gees van God oor hom gekom het.156 O, as ons net kakebene in die hand van God kon wees, sou daar nog ’n paradoks wees. Ja, dit was.157 Dit was ’n paradoks toe Jesus, ons Here, vyf broodjies en twee vissies geneem het, en hulle gebreek het, en vyfduisend mense gevoed het. En mandjiesvol oorskiet opgeneem is, klein bietjies wat party van hulle nie…Hulle sou vier of vyf visse by hierdie tafel neersit, en vier of vyf brode neersit, en dan hierheen gaan en vier of vyf brode neersit. En party van hulle kon dit nie eens alles opeet nie, het hulle sommer daar laat lê. So hulle het hulle opgetel, mandjiesvol van hulle. O! Sien? Hoe het Hy dit gedoen? Dis ongelooflik dat ’n Man vyf broodjies en twee vissies kon vat, en vyfduisend voed, en sewe mandjies vol kon optel, oorskiet. Dis ongelooflik, maar Hy het dit gedoen. Waarom? Dit was God. Dit was ’n paradoks. Dis ongelooflik, maar Hy het dit gedoen.158 Dit was ongelooflik, en nooit tevore of daarna, op ’n stormagtige see, en die golwe so hoog dat dit die skip aan die sink was, toe ’n Man oor daardie golwe aangestap kom. Ek kan sommer sien elke keer dat die—die yslike groot witkap om Hom kom, bars dit net en val na die bodem neer, en Hy loop net voort, net of Hy op ’n stuk beton is. Loop op die see, tydens ’n storm! Laat die wetenskap daardie een verklaar. Wat het Hom daarbo gehou? Wat het Hom op daardie see gehou, wanneer dit net daar ’n halfmyl diep is? Toe daardie groot golwe, baie maal groter as hierdie tabernakel, gebreek het, wel, wel, dit het die bootjie gevul en vol water gemaak. Dit was binne en buite nat, en dit was aan die sink, die maspale het afgebreek, en die roeispane was weg, en alle hoop om gered te word, was weg. En hier kom Iemand op die water aangeloop! ’n Paradoks, gewis, ongelooflik, kan nie verduidelik word nie, maar Hy het dit gedoen. O, ja, Hy het dit gedoen, op die water aangeloop gekom. Dis ongelooflik dat hierdie selfde Een…

O God, ek hoop dit sink in!159 Ongelooflik, ’n regte paradoks, dat hierdie selfde Een, Jesus van Násaret, ’n klomp onkundige vissermanne sou kies vir Sy Kerk, in plaas van die goed-opgeleide priesters en denominasies van die dag. Hoedat ’n God wat alle wysheid gehad het, wat op die waters kon loop, wat water in wyn kon verander, wat vyf broodjies kon neem en vyfduisend mense kon voed, en sewe mandjies vol oorskiet kon opneem! Hoedat daardie selfde Een, die God wat oorkant in die Ewigheid sit, wat so helder is dat die sonne hulle gesig van Hom verberg; die einste poel van wysheid en reinheid, en van insig en kennis, Opperste van die opperstes! En Hy sou kom na ’n plek waar ’n groot organisasie van kerke almal saamgekom het en al hulle

Page 25: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 25

manne opgelei het, en Hy sou heengaan en ’n klomp vuil, stink vissermanne optel wat nie eens hulle eie naam kon skryf nie, en daardie soort man kies om die Kerk in orde te kry as Sy Bruid. Eienaardige ding, is dit nie? Lyk asof Hy, ten minste, iemand wat opgelei was, sou geneem het.160 Hy’s die Opleier. Hy’s die Een wat dit doen. Eienaardig dat Hy dit gedoen het. In plaas van kerkmense te neem, het Hy vissermanne geneem om dit te doen. Baie raar, maar dis hoe Hy dit doen. Dis waar. Dis ’n regte paradoks.161 Toe God ’n klomp onkundiges geneem het, soos ons hulle vandag sou noem, “holy-rollers,” arm, aan hierdie wêreld se goed, en die Heilige Gees op hulle uitgestort het, in die bo-kamer; in plaas van Dit uit te stort op die Sanhédrin Raad, waar al die teoloë gesit het, waar al die groot manne was, waar die hoof van al die kerke, waar dié wat studeer het in die Skrifte, en ’n groot skool gevorm het, goed opgelei, en gewag het op die komende Messias, en geweet het dat hulle die een sou wees wat sou uitstap en Hom ontmoet, en sê: “Messias, U het neergedaal asof op ’n vliegtuig se vlerke, U het hier op die tempeltreetjies gaan sit, ons het U uit die Hemel sien neerdaal, uit die goue gange van die Hemel. Ons is nou almal opgelei en gereed om te gaan werk. Ons het ons opleiding, ons het ons Baccalaureus Artium, ons het ons Ph.D., LL.D., en al dié. Ons is volledig opgelei. Hier staan ons, tienduisend sterk. Ons is gereed vir U. Komaan! Ons wag, roep: ‘Kom!’”162 Maar in plaas daarvan, gaan Hy heen en kry ’n klomp mense wat, kon skaars hulle regterhand van links onderskei. Dis reg. En het hulle in die bo-kamer gesit, en Sy Gees uitgestort, O God, op ’n klomp mense soos dié. In plaas van die Sanhedrin Raad te neem, het Hy vissermanne geneem. Is dit nie eienaardig dat Hy nie hulle geleerdheid gebruik het nie? Dit het God behaag.163 Dit skyn God te behaag om Sy eie Kerk ’n paradoks te maak. Dieselfde ding wat Hy juis nou doen, maak ’n paradoks van Sy Kerk, gaan al die groot hoogdrawendes verby, en al hierdie goed daar wat sogenaamde kerk is. En Hy sal…enigeen wat Hy in Sy hand kan kry, dit sal hulle oë oopmaak en laat sien wat Waarheid is, en dit toets met die Woord van God in die tyd waarin ons lewe, en hulle in die Liggaam inplaas. ’n Paradoks! God kies sulkes. Hy maak Sy Kerk ’n paradoks, rare mense, vreemde mense.164 Hulle almal daarbo in die bo-kamer, het daar uitgekom en in ander tale gepraat, gesteier soos dronk mense, gesteier en aangegaan. Vroue, Sy Eie—Eie moeder en hulle almal in die bo-kamer, het daar uitgekom, iets gebabbel sodat niemand kon verstaan wat hulle doen, aanvanklik nie. Hulle het gesplete tonge gehad wat op hulle sit. Gesplete beteken “geskei.” Niemand het verstaan wat hulle aan die doen was nie. Hulle het daarrond gebabbel, en opgetree asof hulle dronk is.

Page 26: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

26 DIE GESPROKE WOORD

165 En daar het ’n klomp mense gestaan wat opgelei was, studente van die Evangelie, teoloë, maar God het gekies (God) om hulle in hulle onkunde te laat bly sit, met hulle hoogsbeskaafd en geleerdheid, en het hierheen gekom en hierdie klomp kêrels opgetel wat nie hulle ABC geken het nie, en Sy Gees op hulle uitgestort, ’n paradoks uit hulle gemaak. Ja, God doen dit, Hy doen dit vir Sy eie doel. Hy maak Sy Kerk ’n paradoks. Ek glo in hulle. Ek glo dit!166 So help my, God, ek glo die Woord! “Laat elke mens se woord ’n leuen wees, en Hierdie die Waarheid wees.” Wat hierdie Woord sê gedoen moet word, laat ons dit doen soos hierdie Woord sê dit gedoen moet word; maak nie saak hoe snaaks dit lyk, of hoe raar jy word, of so-iets nie. Bly by die Woord. Word jy genoem oud-modies, word jy genoem dit, dat, of die ander, wat gee jy in elk geval om? Bly by hierdie Woord! Dit is Dit, die Waarheid. Moenie aanvaar wat iemand anders sê nie. Bewaar wat die Woord sê.167 Hier ’n ruk gelede, ’n predikersvriend…Ek het dit pas vertel gehoor. Ek glo dit. Een warm agtermiddag daar in Georgia, het hy by hierdie…’n apteker gekuier. Hierdie ou apteker was ’n goeie ou Christenbroer, vol van die Gees van God. En hy het gesê: “Kom in en sit, en kom ons drink ’n—’n Coke.” Hulle het daar gesit, hulle Coke gedrink. Hy het gesê: “Ek wil vir jou iets sê, en jy sal dit waarskynlik nie glo nie.” “Wel, laat ons dit eers hoor,” het die prediker gesê.168 Hy het gesê: “Ek het altyd vir God my bes probeer doen.” Hy was ’n diaken in ’n kerk. Hy het gesê: “Ek het altyd probeer om volgens my roeping te leef, en te doen dit wat reg is.” Hy het gesê: “Ek het nooit enigeen verkul nie. Ek het altyd vir my Here getuig, oral waar ek kon.” En het gesê: “Ek moet…My middels hier,” het gesê: “ek het die heel beste klas, wat gekoop kon word, probeer aanhou. Ek het nooit enigiemand te veel gevra nie. Ek het probeer om alles wat reg is, te doen, wat ek geweet het hoe om te maak, om die Here te dien.” Hy het gesê: “Ek gaan jou vertel wat gebeur het.”169 Het gesê: “My seun wat studeer om ook ’n apteker te word, om my op te volg, hy was eendag daar in die voorkant van die gebou.” En het gesê: “Dit was gedurende die tyd van die depressie.” Het gesê: “’n Vroutjie het by die—die deur ingestap,” en het gesê: “jy kon sien wat haar probleem was. En sy sou moeder word. En haar man, en albei van hulle, armoedig geklee.” Het gesê: “Hulle het die voorskrif na my seun toe gegee,” en het gesê: “om dit te laat opmaak, want die vrou het hierdie sekere ding wat die dokter vir haar voorgeskryf het, nodig gehad. En het gesê, hy het gesê: ‘Dit sal soveel wees, so-en-so,’ toe die—die aanstaande vader vra: ‘Hoeveel sal dit wees?’ ‘So-en-so.’ Hy het gesê: ‘Meneer, ek sal nie in staat wees om die voorskrif te vervul, of opgemaak, te kry nie,’ het hy gesê: ‘want ek het geen geld nie.’”

Page 27: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 27

170 Wel, hy het gesê: “My seun het gesê: ‘Gaan reg daar met die straat af, net ’n halwe blok, of ’n blok, en draai links, en jy sal sien waar die—die plek is waar hulle liefdadigheid het. En jy gaan daar na die distriksraad en hulle sal jou miskien die geld gee om…of ’n bestelvorm, dat hulle vir hierdie voorskrif sal betaal, want (dit moet) die vrou moet die—die—die medisyne sonder versuim hê.’” En het gesê: “Hy het uit die plek uitgegaan, begin loop.”171 En gesê hy het na sy seun geluister. “En iets het gesê: ‘O nee, moet dit nie doen nie.’ Het gesê: ‘Daardie vrou het dit nodig.’” Het gesê, hy het toe begin dink: “‘Daardie lang tou mense daaronder! Dis swaar vir ’n gesonde man om in die tou te staan, wat nog van ’n moeder in daardie toestand.’”172 Het gesê: “Ek het vir my seun gesê: ‘Gaan, roep hulle, sê hulle moet terugkom.’” Hy het gesê: “En ek het deur toe gestorm, en gesê: ‘Kom terug! Kom terug!’ Hulle het teruggekom. En ek het vir my seun gesê: ‘Maak dit op. Daar’s geen koste nie.’”173 En het gesê: “My seun het my die voorskrif gegee, en ek het heengegaan en het dit laat opmaak, en het dit opgemaak so goed ek kon. En het dit uitgebring om dit vir die vrou te gee, en vir haar te sê dat: ‘Daar sou geen koste hiervoor wees nie. Dit was in orde, want sy het dit baie nodig gehad, en—en ek sou daarsonder klaarkom, so, die geld daarvoor.’”174 Het toe gesê: “Ek het net begin om die medisyne in haar hand te gee. En, toe ek het, het ek na die hand gekyk. Dit was vol littekens.” Het gesê: “Ek het opgekyk, en ek was besig om dit in Jesus se hand te sit.” Het gesê: “Ek het toe geleer, dat die Skrifte, wat dit beteken: ‘Insoverre julle dit gedoen het aan die geringstes van hulle, My kleintjies.’”175 Het gesê: “Glo jy dit?” het hierdie kêrel vir my gesê. Wel, sekerlik, ek glo dit. Dit was ’n paradoks, ongelooflik, maar dis waar.176 Wat van die groot Sint Martin, van Tours, Frankryk. Toe hy, as ’n soldaat, een nag in ’n koue, donker straat afgekom het, en daar was ’n…In hierdie koue, donker straat het ’n ou boemelaar gelê, in die straat gelê, aan die verkluim. Sy bloed het in sy are gevries. En Martin, toe nog nie ’n Christen nie. En enigeen wat Bybelgeskiedenis gelees het, weet van Sint Martin. Die historikus wat nou die dag sy kaart probeer kry het, dis die een wat ek vir die—vir die derde kerkeeu gekies het, Sint Martin, want hy het tekens gehad wat gevolg het. En Sint Martin het afgekyk voor…hy was ’n soldaat, en daar het hierdie ou man gelê, in die straat gelê, aan die verkluim. En hy het gekyk, en hy het een jas gehad; sonder die jas sou hy verkluim. Hy het sy mes gevat en die jas in twee gesny, en die boemelaar daarin toegedraai. Het die ander helfte om homself gesit, en het voortgestap.

Page 28: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

28 DIE GESPROKE WOORD

177 Daardie nag, toe hy in sy kamer gekom het, en gaan sit het, het hy Iemand in die kamer hoor inkom. Hy het gekyk, hier het Jesus gekom, toegedraai in daardie stuk jas. Dit was, sy roeping na die bediening.178 Hy het ’n heilige geword. Hy het in tale gespreek. Sy skool is opgelei. Hy het sy mense reg met die Woord van God opgelei. Hy het nie omgegee wat die Eerste Kerk van Rome of enigeen van hulle gesê het nie. Hy het net by die Woord van God gebly. Hy het hulle geleer; in tale gespreek, en die hande op die siekes gelê. Hulle het die dooies opgewek. Hulle het duiwels uitgedryf. Een man, sy vriend, is doodgemaak, en hy het gegaan en sy liggaam oor hom laat lê, (gevra of hy hom paar minute kon sien), hy en sy maat het saam uitgeloop gekom. Waarom? Dit was ’n paradoks. Sekerlik, God het dit gedoen.179 Ek glo in paradoks. Ja, meneer. Ek glo. Ek glo in hulle, met my hele hart.180 Dit was ’n paradoks toe, al die slim manne wat daar in die wêreld was, en God die sleutel tot die Koninkryk geplaas het in die hande van die een wat beskou is as “die onkundige en die ongeletterde.” Dis reg. Een van die slimste manne in die wêreld, in daardie dag, was Kajafas, die hoëpriester, ander was die keisers en die konings, en die groot manne van die aarde, soos presidente ensovoorts, al hierdie groot manne.181 En wat is die belangrikste ding in die wêreld? Is God se Kerk! God het die aarde gemaak, Hy het dit met ’n doel gemaak: om ’n kerk daaruit te neem, ’n Bruid. En dis die belangrikste taak in die wêreld.182 En die slimste manne wat Hy gehad het was keisers en konings, en leiers en monarge, hoëpriesters en kerkmanne. Hy kon enigeen van hulle gevat het. Maar dit was ’n paradoks toe Hy ’n man geroep het wat nie eens sy eie naam kon skryf nie, en gesê het: “Ek sal jou die sleutels tot die Koninkryk gee. Wat jy ook al bind op aarde, Ek sal dit in die Hemel bind. Wat jy op aarde losmaak, Ek sal dit in die Hemel losmaak.”183 Sê, ek het net daaraan gedink oor daardie visioen: “Wat jy losmaak of bind.”184 “Wat jy op aarde bind, sal Ek in die Hemel bind. Wat jy op aarde losmaak, sal Ek in die Hemel losmaak.” Ja, Hy het dit nie aan ’n geleerde hoëpriester, Kajafas, gegee nie, maar aan ’n onkundige visserman. Waarlik ’n paradoks!185 Ons sien Paulus, ’n ou haakneus Joodjie, op sy pad daarheen, arrogant, gaan daarheen om daardie mense te vang wat daardie geraas maak, en uitroep, dinge; gooi hulle in die tronk, maak amok in die Kerk; het Stéfanus gestenig, was getuie daarvan, en het hulle jasse vasgehou. Hy—hy was ’n verskrikking. Hoe kon God ooit so ’n man kies?

Page 29: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 29

186 En, kyk, die biskoppe, al die apostels, hulle het gesê: “Ons sal ’n keuse maak, iemand om Judas se plek in te neem.” En wie kies hulle? Hulle het Matthias gekies. Matthias, meen ek word dit genoem. Matthias, ja. Matthias, hulle het hom gekies deur die lot te werp, en hy het nooit een ding gedoen nie. Hy was skynbaar ’n regverdige man. En God het die humeurigste, gemeenste man wat daar in die land was, gekies om sy plek in te neem. Paradoks! Dis wat God doen. Paradoks!187 Dit was ’n paradoks toe hierdie goddelose, hooghartige, humeurige, gemene, verwerplike Jood daar op sy pad was, eendag, na ’n stad, om die Christene gevange te neem en hulle in die tronk te sit, en hy toe, eensklaps, neergeslaan is. En toe hy opgekyk het, het daardie Vuurkolom daar gestaan, en ’n Stem het gekom, gesê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?” Dit was ’n paradoks toe hy Dit kon sien, en die res van hulle Dit nie kon sien nie. Sien?188 Iemand het gesê: “O, ek sien Dit nie. Daar is nie so-iets daar nie; ja, jy sien dit nie. Dis verkeerd.” Oor hierdie vandag, sê hulle dit: “Ek glo nie so-iets nie.” Nee, beslis nie. Sekerlik nie. Maar daar is daar, diegene daar wat Dit wel sien. Sekerlik, as jy nie kan nie, is jy blind, jy kan Dit nie sien nie.189 ’n Kêrel het vir my gesê, ’n ruk gelede, was verskeie jare gelede, het gesê: “Nou, as ek in jou pad is…” Hy het gesê: “Nou, Paulus het ’n man met blindheid geslaan.” Het gesê: “As ek van die duiwel is,” het gesê: “slaan jy my met blindheid.”190 Ek het gesê: “Dit hoef nie noodwendig gedoen te word nie. Jy’s reeds blind. Sien, jy’s alreeds blind. Jy’t die ergste vorm van blindheid, sien.” Ek het gesê: “Anna, in die tempel, kon verder sien as wat jy kan sien. En sy was blind, fisies.” Hy was blind, geestelik. Sekerlik. Dit was ’n paradoks.191 Dit was ’n paradoks toe God sogenaamde kettery gemaak het…Al hierdie lawaai, en geroep, en geprys van God, en praat in tale, en mense wat verag en verwerp is, en idiote en ketters genoem word; dis ’n paradoks wanneer God, die groot Vader van almal, die Vader van ons Here Jesus Christus, wat ’n klomp “ketters” gekies het om verlossing na Sy Kerk te bring, in plaas van goed-opgeleide geestelike, teologiese stelsel. Dis ’n paradoks.192 Nie lank gelede nie, was ek in ’n stad in Washington, of, ek dink dit was Oregon. En daar het ’n—’n verslaggewer gekom, twee verslaggewertjies, het sigarette in hulle hand gehad. Hulle het ingekom. Hulle sou oor my verslag doen, en, seker, regtig goed, julle weet. En hulle het aangegaan, die een ding en die ander ding gesê. En hy, het gesê: “En, en is jy ’n holy-roller?”193 Ek het gesê: “Nee.” Ek het gesê: “Ek het nie, nooit gerol nie. Maar,” het ek gesê: “ek—ek skat as Hy vir my sou sê om te rol, sou ek.”

Page 30: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

30 DIE GESPROKE WOORD

194 En ek het so voortgegaan, so gepraat, julle weet. En sy het aangegaan, en sy het gesê: “Tsk, tsk, tsk, tsk,” o, aangegaan. Ek het gesê: “Laat ek jou net iets sê, dametjie, jy kan enigiets skryf wat jy wil. Jy’s ’n Katoliek.”195 Sy het gesê: “Dis reg.” Het gesê: “Hoe het jy geweet ek is ’n Katoliek?”196 Ek het gesê: “Wel, net soos ek daardie ander dinge op die platvorm weet, sien.” Ek het gesê: “Jy’s ’n Katoliek. En gaan jy maar voort en skryf dit neer, maar ek waarsku jou sommer nou; binne dertig dae van nou af, skryf jy dit op, en jy sal langs ’n pad lê, met jou keel gesny deur die glas van jou eie motor, sal om genade skree, en jy sal baie kere aan my dink.” Sy het gesê: “Is jy nie Iers nie?” “Ja.” “Was jou mense Katoliek?” Ek het gesê: “Miskien voor my.”197 Gesê: “Wat sal jou moeder dink oor sulke, oor jou wat optree op die manier…”198 Ek het gesê: “Ek het haar gedoop in die Naam van Jesus Christus. En sy het die Heilige Gees ontvang. Uh-huh. Ja.”199 En ek het gesê: “Nou, as jy so wil aangaan, dan sal ek jou naam vat en jy vat my naam. Dan as dit dan nie so is, na dertig dae nie, skryf jy daaroor in die koerant dat ek ’n valse profeet is. Gaan jy nou voort en skryf dit.”200 Sy het gesê: “Wel, ek sal dit haat om te dink, wanneer ek in die Hemel gekom het, dat ’n klomp ignoramusse, soos wat hier by daardie byeenkoms is, die Hemel sal regeer.”201 Ek het gesê: “Jy sal nie baie probleme hê nie.” Ek het gesê: “Moenie dink Hy…” Het gesê: “Ek wil nie.” “As jy, tensy jy van jou plan en jou weë verander, sal jy, in elk geval, nie Daar wees nie, sien.” Ek het gesê: “Want, hulle sal Daar wees. God het dit gekies.”202 Dis ’n paradoks, dat God die dwase geneem het, sien, daardie dinge. Hy, God, het gekies om verlossing na die wêreld te bring deur só ’n klomp, ’n paradoks, geheel en al verskillend van hulle hoog-opgeleide en gepoleerde geleerdes, en teoloë en dinge. God het dit net verbygegaan. Neem een of ander klein ignoramus en laat hom opstaan, en plaas Sy Boodskap in hom, soos Hy met Johannes gedoen het, party van die res van hulle, Petrus-hulle, het hulle uitgestuur en die Evangelie verkondig, en Sy Kerk ingebring; en het hulle gered, en bring hulle terug na die aarde toe, en dis al wat daaraan is, sien. En laat net al hierdie gepoleerde goed staan. O, goeiste, dit is sekerlik iets! Ek sou…

Page 31: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 31

203 God, wanneer God die onkundige en ongeletterde gekies het, in plaas van die opvoeding en geleerde, as Sy Bruid! Kan julle julle voorstel ’n man, wat sy bruid kies, sou neem…’n man met die hoogste, hoogste, allerhoogste kragte.204 Ek het ’n ietsie hier wat ek wou sê, maar ek gaan nie die tyd hê om dit te sê nie, oor ’n klein gelykenis wat ek eenkeer gesien het. Maar ek sal dit nie kan sê nie. Ek het dit hier aangeteken gehad, maar ek het nie tyd daarvoor nie.205 Maar, God het Sy Bruid uit ’n klomp mense soos daardie gekies. Nou, sê enigiemand dat dit nie so is nie, dan glo jy nie jou Bybel nie. Dis presies reg. Lees jou Bybel, dis presies wat.206 Dit was ’n regte paradoks toe God die dwaasheid van geïnspireerde prediking gekies het in plaas van hoog-gepoleerde teologie. ’n Man wat nie weet nie, kwalik, gebruik “hit, hain’t, tote, fetch, carry”, al sulke woorde soos dit, en—en alle soort van—van dinge sê buite sy grammatika, en ongrammatikaal, en wat nog alles soos dit. En God het dit gekies in plaas van die groot geleerde gepoleerde te neem, wat werklik die woorde kan uitspreek en dit net reg kan sê. Maar dit het God behaag om die dwaasheid van geïnspireerde prediking te neem, ’n klein ou ploegseuntjie wat nie sy ABC ken nie, en neem daardie man en wen siele deur hom. Wanneer, bedrieërs, blink gepoleer, sommer lei, die blindes wat die blindes lei. ’n Regte paradoks!207 O, die Woord is so vol daarvan. Baie verbande hier, of tekse, wat ek sal moet—moet oorslaan.208 Dis waar dat die groot kerk skyn en skitter, met gepoleerde teologie, terwyl die Koninkryk gloei met nederigheid, die armes en nederiges. Die Evangelie skyn nie, Dit gloei. Gekkegoud skyn; ware goud gloei. Daar’s ’n verskil tussen ’n gloed en ’n skyn. Ons weet dit. Terwyl die groot kerk skitter en skyn met blindgevryfde geleerdes, mooi kerkbanke, kruis oor die hele muur, en die hoogste en mooiste strukture en geboue, en groot dinge wat uittoring, alles van dié aard, gloei die klein Koninkryk, daar in ’n stegie soos hier, êrens, met die Glorie van God, gevul met die nederiges van hart, sien, God wat in hulle werk, die siekes genees, en die dooies opwek, en duiwels uitdryf, ensovoorts soos dit; laat hulle sommer net daar verbygaan.209 Daar was ’n groot predikersvergadering. Moet dit nie vergeet nie. Daar was ’n groot predikersvergadering hier ’n ruk gelede, in ’n sekere stad, waar ’n paar mense hiervandaan by die vergadering was. En hulle het ’n sekere man gehad, wat sou…O, hy was ’n teoloog: “hy het die boodskap vir die dag, vir die mense gehad.” En hy het twee of drie weke lank daaraan gestudeer. Dit is in orde. En toe hy op die platvorm opgestap het, nie ’n kreukel aan sy klere nie, goeiste, met die allerbeste aan, julle weet, het daar opgestap en sy bors

Page 32: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

32 DIE GESPROKE WOORD

uitgestoot en al sy—sy materiaal uitgestal vir sy boodskap. En hy het werklik ’n uurlange boodskap gepreek wat nie aangeraak kon word, intellektueel nie. O, hoe het hy sy bors uitgestoot, en die Naam LL. Doktor So-en-so, van ’n sekere groot skool, gedra het. Dit was so blinkgevryf en geleerd, dat hy so ’n meesterstuk na die mense gebring het, van sielkunde en dinge. Het gesê: “Dit is wonderlik.”210 Maar die Christene wat daar gesit het, net soos by die Niceense Raad, dit het die Gees net bedroef. O, dit was ’n meesterstuk, beslis. Ja, meneer. Dit was so gepoleerd as kon kom. Maar die werklike Geesvervulde mense, net: “Huh?” Dit het net nie gegaan met…Daar was geen Gees daar om dit te ondersteun nie.211 So toe hy afgekom het, het hy sy kop laat hang, hy het gesien dit het nie reg oorgekom nie. Hy was van ’n ander skool; en hy was by pinkstermense. So toe hy van die platvorm afgekom het, het sy vere gehang. Het daar begin deurstap, met al sy goed onder sy arm, so, daar deur die vergadering geloop.212 Daar het ’n wyse ou heilige wat daar aan die regterkant gesit het, na ’n ander man oorgebuk, en gesê: “As hy opgegaan het soos hy afgekom het, sou hy afgekom het soos wat hy opgegaan het.” Dis die ding. As hy nederig opgegaan het, sou hy waarskynlik vervul met die Heerlikheid afgekom het. As hy opgegaan het soos hy afgekom het, sou hy afgekom het soos wat hy opgegaan het. Dis reg. ’n Paradoks!213 Luister, ter afsluiting nou, net vir ’n oomblik voor die gebedsry. Ek wil nog ’n woord, dalk twee, oor paradoks sê.214 Die ou profete se visioene is steeds ’n paradoks. Dis onaangeraak. Wie kan sê dat ’n man, vierduisend jaar gelede, kon praat van die perdlose voertuie wat deur die breë weë stamp, teen mekaar. Die Ou Testamentiese profete, hoe hulle dinge kon voorsien en dit voorspel, opgehef deur die Krag van God, wat dit gesien het ver in die jare wat kom, en dit voorspel het met die akkuraatheid van volmaaktheid. Verduidelik dit! Dis ’n paradoks. O!215 Nog een, ek wil julle ’n kleintjie gee, onbelangrik. Maar, my bekering was ’n paradoks. Ek sê dit met liefde en respek. My ouers is al heen. My moeder se mense was almal sondaars, strikspanners, jagters, en bergmense. My vader se mense is almal dronkaards, smokkelaars, dobbelaars, rewolwerskieters, wat mekaar doodmaak, byna almal van hulle is dood met hulle skoene aan. Daar was nie ’n greintjie godsdiens, in elk geval, aan ons nie. En hoe het God…wat was Dit wat daar in daardie ou houthuisie daarbo ingekom het daardie oggend, wat julle afgebeeld sien daar op daardie muur? Wat? Dis heeltemal anders.

Page 33: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 33

216 As jy ’n graankorrel in die grond sit, sal dit ’n graankorrel voortbring. Sit jy mielies in die grond, sal dit mielies voortbring. Sit jy ’n kankerroos in die grond, sal dit ’n kankerroos voortbring.217 Maar hierdie is ’n paradoks! Elkeen van julle kan dieselfde ding oor julleself sê. Ons kan almal aan ’n paradoks dink in wat gebeur het.218 Hier is nog ’n paradoks. Hoe kan ek, wat byna dertig jaar gepreek het, steeds daardie gedagte vrees om Oorkant toe te gaan? Hoe kon dit wees? Nadat ek gepreek het vandat ek ’n seuntjie was, en nou hier ’n man van twee-en-vyftig jaar oud, en dan dink aan vrees…Ek—ek het nie…Ek het geweet ek is gered. Maar, het gevrees by die gedagte…Maar die liefde van God het, een oggend, in my kamer neergedaal, het my opgetel, en my na ’n Plek toe geneem waar die verlostes was. Inderdaad ’n paradoks!219 Ek wil julle iets vra. Ek mag dit nou dalk hier afsny. Ek wil julle iets vra. [Leë kol op band—Red.] Wat is Dit daar op daardie prent daar? Waar het Dit vandaan gekom? Waarvoor is Dit hier? Die wetenskap kan Dit nie ontken nie. Wat is Dit in die byeenkoms, wat daar staan en die mense fynkam, en vir hulle sê: “Destyds, wat jy gedoen het. Jy’s hier vir hierdie doel. Jy’s hier daarvoor”? Dis ongelooflik vir die wetenskaplike verstand.220 Nou, ons ken telepatie. Telepatie is, sê iets, soos jy sê iets en ek kan dieselfde ding sê, sien, of, ek lees jou gedagtes, dit gebeur net daar. Maar wanneer jy sien dat Dit dinge sê wat daar ver oorkant sal gebeur, sluit dit telepatie uit.221 Dis ongelooflik dat God, in hierdie laaste dae, soos Hy beloof het Hy sou doen, so-iets sou doen. Maar dis waar, dis ’n paradoks! Dieselfde God wat altyd paradoks gehad het en hulle gewys het, Hy’s dieselfde God vandag, omdat Hy Sy Woord hou. Die wetenskap kan Dit nie ontken nie, daar is Dit op die meganiese kamera. Dis ’n paradoks, God!222 Wat is Dit? In—in Eksodus, die 13de hoofstuk, lees ons dat God die kinders van Israel gegee het, wat ’n tipe was van die kerk vandag; soos hulle natuurlikerwys gereis het, reis ons in die Gees. Volgende Sondag neem ons nou dit. Onthou, dis alles daaroor, sien. Nou, hoedat—dat waar hulle is, op die grond langs gegaan het, materieël, so, en God met hulle was; is die Kerk gesetel met Christus, in Hemelse Plekke, in die geestelike ruimtes, aan die voortgaan met al die dominiums onder ons voete. Halleluja! Ja, meneer. En hulle het ’n Vuurkolom gehad, ’n Lig wat hulle gevolg het. Waar hierdie Lig ookal gegaan het, het hulle daardie Lig gevolg. Duisende jare het verbygegaan, honderde en honderde jare het verbygegaan, en Dis steeds lewend. ’n Paradoks! Dieselfde gister…Vervul die Skrif, Dis hier as ’n getuie; nie oor ons nie, maar omdat God Dit belowe het, dat Jesus Christus dieselfde is gister, vandag, en

Page 34: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

34 DIE GESPROKE WOORD

vir altyd. Dit was die Een wat Moses geag het, die rykdomme van Christus, of die smaad van Christus groter rykdom as die skatte van Egipte. En wat was die Christus wat Hom voorafgegaan het? ’n Lig, ’n Vuurkolom.223 Hy het gesê: “Ek kom van God en ek keer terug na God.” Hy het. “’n Klein tydjie en die wêreld sal My nie meer sien nie, tog sal julle My sien; want Ek sal met julle wees, selfs in julle, tot aan die einde van die wêreld.” Reg tot daar by die einde van die wêreld, Hy sou daar ook wees. Hier is ons!224 Na Sy dood, begrafnis, en opstanding, het Paulus Hom op die pad daar na Damaskus ontmoet, was Hy terug as daardie Vuurkolom.225 Byna tweeduisend jaar is sedertdien verby, en hier is Hy! Nie tussen die denominasies nie, nie ’n klomp blinkgevryfde geleerdes van die dag nie, maar ’n klomp armes en nederiges. ’n Paradoks! ’n Paradoks! Vir dié wat Hom liefhet, in Hom glo, duisende oor die wêreld heen wat in Hom geglo het, is dit om Sy belofte van beide Nuwe en Ou Testament te vervul. Dis wat dit is. Maar dis ’n paradoks.226 Dit was ’n paradoks toe God belowe het om die Koninkryk aan ’n klein kuddetjie te gee, in plaas van ’n groot georganiseerde kerk. “Vrees nie, klein kuddetjie, dis julle Vader se goeie wil om julle die Koninkryk te gee.” Dit sal—Dis ’n paradoks. Dis ’n paradoks.227 Dit sal ’n regte paradoks wees, een van hierdie dae, wanneer Jesus kom; en die dooies in Christus sal opstaan. Hierdie sterflike neem onsterflikheid aan, en die wegraping van die Kerk kom.228 In hierdie Kerstye, wanneer mense inkopies doen, en dans, en drink, en iets vier waarvan hulle niks weet nie, asof hulle Washington of Lincoln se verjaarsdag gevier het, en nie aanbid die…Hulle het God nogsteeds in ’n krip.229 Wanneer, God nie in ’n krip is nie. Hy het uit die dood opgestaan, en lewe vir ewig, lewe onder ons, bewys Homself, as dieselfde God wat die Niceense vaders gedra het, en het deur die tye heen gekom sedert die Pinksterdag. Dieselfde God wat Paulus op die pad na Damaskus ontmoet het; hy was ’n sendeling na die Heiden, en ’n boodskapper van God, aan die Heidene. Die Heidene se Boodskap het begin met ’n besoek van die Vuurkolom, en dit eindig op dieselfde manier.230 Die Heidense koninkryk het begin, die koninkryk van die wêreld, wat die wêreld is, het begin met ’n teregwysing van ’n Hemelse taal, in die dae van Koning Nebukadnésar; eindig dieselfde ding, as die Heilige Gees uitgestort op die Heidense kerk, van die laaste dae, om die Heidense nasies weer met ’n handskrif teen die muur tereg te wys. Die handskrif teen die

Page 35: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 35

muur, dat, God Sy Kerk voorberei het, Hy Sy mense gereed gemaak het, Hy Sy plek gereed gemaak het, en hulle op Hom wag om te kom.231 En daardie wegraping! “Wanneer die basuin van God sal weerklink, en die dooies in Christus sal opstaan, sal ons wat lewe en oorbly hulle wat slaap nie hinder nie. Want die basuin van God sal weerklink, die dooies in Christus sal opstaan; en ons sal saam met hulle opgeraap word, om die Here in die lug te ontmoet.” ’n Paradoks, een van hierdie môres, wanneer die grafte oopgaan en die dooies uitstap; wanneer diegene wat lewend is, in ’n oomblik, in ’n oogwink, verander sal word, en opgaan in die lug om Hom te ontmoet.232 Die hele ding is ’n paradoks, God wat tussen Sy mense beweeg. Glo julle dit? [Gemeente sê: “Amen!”—Red.] Laat ons ons hoofde buig vir ’n woord van gebed.233 God, vir meer as ’n uur nou, en omtrent ’n uur en tien minute, het ons hier gestaan en praat oor verbygegane en huidige gebeure, van hoe die Heilige Gees hulle verdeel het, Here, soos die Woord van God so genadiglik gedoen het; getoon dat die einste God van die Hemel, Wat in die ou dae geleef het, in dieselfde vorm en op dieselfde wyse, vandag leef. Dieselfde wonders, en dieselfde Krag wat op die profete van ouds was, wat op die Kerk was met Pinkster, op die, Hanna was; en op Agabus, die profete van die Nuwe Testament in daardie dag, wat selfs vir Paulus reggehelp het. En Paulus het in die moeilikheid beland deur nie na Agabus te luister nie, want Agabus…Hoewel hy ’n apostel was, Paulus was, maar Agabus het die Woord van die Here gehad, en hy het hom gewaarsku om nie daarheen te gaan nie. Maar Paulus was vasbeslote om te gaan, en toe het hy in die moeilikheid beland. En, Vader, ons kom altyd in die moeilikheid as ons die Woord van God nie gehoorsaam nie.234 Ons sien dat die einste God wat daar met daardie broers was, vandag dieselfde God is. Ons sien Hom in elke manifestasie. En dit is ’n paradoks, Here. Die wêreld kyk, en skud hulle kop, en sê: “Daar is niks Daaraan nie.” Die gelowige aanvaar Dit en omhels Dit, en weet dat Dit die lewende God is.235 O Vader, ons bid vanmôre, dat as daar iemand onder ons sou wees wat nog nie ’n gelowige was nie, dat hierdie die uur sal wees wat hulle sal glo. O God, skenk dit sommer nou in die hart van elke persoon wat hier is, wat Christus nie as hulle Verlosser ken nie, dat hierdie die uur sal wees dat daar ’n paradoks voor hulle sal wees; dat ’n vuil ellendige sondaar (van nature ’n sondaar, gebore in die wêreld in sonde, gevorm in ongeregtigheid, na die wêreld gekom met leuentaal, deur vuilheid) verander kan word en gemaak word in die geregtigheid van die Seun van God. Skenk, Here, dit, dat daardie groot paradoks sal plaasvind in die harte van

Page 36: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

36 DIE GESPROKE WOORD

almal hier vanmôre wat U nie ken as hulle Verlosser en hulle komende Koning nie, en gereed sal wees om U te ontmoet met die laaste basuin as dit vandag sou weerklink.236 Dan wil ons ook bid, Here, dat U diegene hier sal onthou wat siek en beproef is. O God, vandag bid ons dat U elke persoon sal genees wat siek of beproef is. Laat hulle weet dat God steeds paradoks teweeg bring vir elkeen wat Sy Woord in vervulling sal laat gaan.237 Ons weet Sy Woord is ’n paradoks. Wanneer Dit iets so onwerklik, vir die wêreld, belowe, iets waarvoor hulle nie kan voorskryf nie, dis—dis iets bo hulle kennis en—en begrip. Maar wanneer ’n eenvoudige hart daardie Woord neem en Dit in die dieptes van sy wese laat insink, dan bring daardie Woord die lewende feite van daardie belofte na vore.238 O, hoe dank ons U hiervoor, dat daar eenvoudige mense is wat hierdie Boodskap glo. Ons soek nie na ’n koninkryk na waar daardie atoomtydperke sal regeer nie, maar ons soek na ’n Koninkryk wat Christus sal regeer in die krag en majesteit, van vrede en heerlikheid, op die aarde; nie waar ons ons voete sal druk op motorkar, versnellerpedale, of deur die lug vlieg met straalvliegtuie nie; maar waar ons sal sit rondom die Troon van die lewende God, o, en Hom aanskou, en die Een sien Wat vir ons oortredinge deurboor is en vir ons ongeregtigheid verbrysel is, die straf van ons vrede op Hom, en deur Wie se wonde daar vir ons genesing gekom het. Ons hartsbegeerte, Here, vandat die groot paradoks na ons gekom het, dat ons Hom sal bereik en saam met Hom sal sit op daardie dag. Skenk dit, Here. Ons vra dit in Jesus se Naam.239 En terwyl ons ons hoofde geboë het. Ek wonder, in die gehoor vanmôre, of iemand graag in gebed onthou wil word, en sê: “Here God, ek steek my hand na U op”? “En, Broer Branham, jy gaan kyk en my hand sien, en bid vir my, dat ’n groot paradoks in my hart sal plaasvind, dat wanneer ek Christus sal ontmoet in die doop van die Gees en die krag van Sy opstanding.” God seën julle, ieder, en elkeen. Dis goed. “Dat ek God sal ontmoet.” En mag God met julle wees. “Ek sal Hom ontmoet, en ’n groot paradoks sal in my lewe plaasvind, en ek sal met Sy Krag vervul word en Sy heerlikheid, en die goedheid en genade van Hom wat vir ewig en ewig lewe. En eendag sal ek ingesluit word in daardie paradoks wat kom. Iets wat as…”240 Die stof van daardie profete lê oorkant in die aarde. Toe die stof van die martelare wat deur leeus opgevreet is, en met die mis van die leeus oor die stof versprei is, en oral oor die aarde, maar tog sal Christus daardie liggaam weer opwek. Dit toon dat Hy die opstanding is.241 Toe Hy ’n bietjie modder uit Sy hande geneem het en dit op die oë van ’n man wat nooit oë gehad het nie, gesit het, het

Page 37: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 37

getoon daardie man is uit die stof van die aarde gemaak, en hy het teruggekeer met oogappels en kon die Skepper sien wat hom gemaak het.242 As God nie bedoel het om die dooies op te wek nie, waarom het Hy dan vlees geword soos ons, en teruggegaan na die stof, en Homself weer opgewek? Waarom het Hy Homself opgewek as daar geen opstanding van die dooies is nie? O, laat ons nie kinders wees nie, maar laat ons manne en vroue in die Gees wees, God met ons hele hart glo.243 Sal daar nou nog een wees, voor ons begin bid? God seën jou, en jou, my broer, en jou. Ja.244 Ons Hemelse Vader, ons bring nou na U toe diegene wat hulle hande opgesteek het. Op een of ander manier, het die Heilige Gees Sy weg daar tot in hulle harte gebaan, hulle daar vertel: “Julle is nie hier net om te eet en drink, en—en te slaap, en op te staan en te werk; en dan terug te gaan, te eet en drink en weer te slaap nie. Julle is hier om seuns en dogters van God te wees. Julle is hier om julle posisie en plek in Christus te neem. En Ek is vanmôre hier om julle te roep,” sou die Heilige Gees vir hulle lewe sê.245 Vader, met gebed, die enigste wapen waarvan ek weet, bied ek hulle vir U aan. En ek—ek daag die vyand uit wat hulle van U sou weghou. Ek plaas, deur geloof, die Bloed van Jesus Christus tussen die vyand en hulle, wat hulle sou weerhou van hierdie heerlike ondervinding van hierdie groot paradoks, om die Heilige Gees te ontvang en die Ewige Lewe te hê. Want ons besef dis die enigste—enigste ding wat daar is, die enigste oplossing wat vir ons gegee is, vir die Ewige Lewe, is om God se Lewe in ons te hê, dan is dit die Ewige Lewe in ons. Skenk dit, Here, dat dit met elkeen sal gebeur wat hulle hande opgesteek het. En miskien hulle wat nie die moed gehad het om hulle hande op te steek nie, skenk dit aan hulle, ook. Nou, Vader, hulle is U s’n. Ek bied hulle vir U aan, in die Naam van Jesus Christus.246 En nou waar die gebedsry gevorm gaan word, Vader, weet ek nie wie hierheen sal kom nie. Maar gee ons nog ’n paradoks vanmôre, Here. Mag ’n groot misterieuse Krag van God afbeweeg en iets doen soos U belowe het. En dit sal my eerste keer wees, Here, sedert die ontmoeting van U nou die dag. Ek bid nou dat U die versoeke van die mense sal toestaan, deur Jesus se Naam. Amen.247 Nou, ek sou wou hê dat almal net wil gaan sit, as julle kan, net vir ’n oomblik.248 Nou, enigeen wat ’n gebedskaart het. Billy het vanmôre hierheen gekom, soos hy belowe het hy sou, en het hier gebedskaarte uitgegee vir ’n paar mense. Hy het gesê daar was nie juis baie nie. Sal julle julle hande opsteek, diegene wat het

Page 38: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

38 DIE GESPROKE WOORD

’n gebedskaarte het. Goed. Ek wonder of julle net julle plek sal inneem en net hierlangs sal staan, diegene wat gebedskaarte het. Waar, Billy, waar is jy? O, goed. Staan net hierlangs.249 Nou, almal nou in gebed. Ons kom voor ons Here God. Laat ons nou daardie lied sing saam met die musiek, as julle sal, terwyl Suster Arnold daar speel. Almal nou saam, so saggies.

Glo net, glo net,Alle dinge is moontlik, glo net;Glo net, glo net,Alle dinge is moontlik, glo net.

[Broer Branham begin neurie Glo net—Red.]Alle dinge is moontlik, glo net;Glo net, glo net,Alle dinge is moontlik, glo net.

250 [Broer Branham begin neurie Glo net, en lees dan Markus 11:21-24—Red.]

…Petrus het onthou en vir Hom gesê: Rabbi, kyk, die vyeboom wat U vervloek het, is verdroog.

Jesus antwoord en sê vir hom: Julle moet geloof in God hê.

Want, voorwaar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir hierdie berg sê: Hef jou op en werp jou in die see - en nie in sy hart twyfel nie, maar glo dat wat hy sê sal gebeur - hy sal verkry net wat hy sê.

Daarom sê Ek vir julle, dat: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry.

251 Jesus het gesê, eenkeer toe hulle nie kon verstaan dat Hy was Wie Hy was nie, het Hy gesê: “As julle in My nie kan glo nie, glo die werke wat Ek doen. En as Ek nie die werke van My Vader doen nie, moet dan nie in My glo nie. Maar as Ek die werke van My Vader doen, glo julle dan die werke.”252 Ek het pas klaargemaak, vanmôre, met die bring van die Boodskap van—van ’n Paradoks. ’n Paradoks is iets wat, dis onredelik, maar dis—dis eintlik ongelooflik, sê Webster, maar dis waar. Iets wat ongelooflik is, dis, jy kan dit nie verstaan nie, dis net ’n verborgenheid.253 Jesus het die werke van Sy Vader gedoen omdat die Vader in Hom was. Dit is waarom die werke gedoen is, omdat die Vader in die Seun was. Glo julle dit? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Dat, in Hom, Hy was die geïnkarneerde God. Glo julle dit? [“Amen.”] Dat, God die Vader, wat die Vader van Jesus Christus is, die Groot Gees gewoon het (in die volheid van Sy Krag) in Jesus Christus, wat die Tabernakel van God was, tot vlees gemaak is en gewoon het op aarde, die Woord

Page 39: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 39

verteenwoordig het. Jesus was die Woord. Die Bybel het so gesê, Johannes, die 1ste hoofstuk. En die Woord was onsigbaar. Nou luister mooi. Die Woord was onsigbaar totdat Dit vlees geword het, en toe het die Woord sigbaar geword.254 En het deur Sy offerdood by Gólgota, en Sy opstanding, Sy Kerk posisioneel in daardie sfeer geplaas, dat dieselfde onsigbare God in die indiwidu kon inkom en die Woord sigbaar maak. O, goeiste! Ek—ek wens my kerk kon dit begryp. As julle kon sien, vriende, die onsigbare God sigbaar gemaak!

Luister nou. Laat ons dit nou weer bestudeer.255 Ek wou dikwels in ’n kerk inkom, ek het verlang om dit te sien, skat ek, waar ek kon instap by die agterdeur, voordeur, waar dit ook al was, oor ’n gehoor kon kyk en ’n volmaakte kerk sien, alles in orde. Sonde sou nie daar kon bly nie; nee, die Gees sou dit vertel, julle sien. Dit sou net nie kon bly nie. Soos Anannias en Saffira, jy—jy sou dit net nie kon doen nie. Daar sal geen sonde in daardie—daardie groep wees nie. Nee, meneer. Sien, die Gees vertel dit gou, net so. [Broer Branham klap sy vingers vier maal vinnig—Red.] Maak nie saak wat dit is nie, hoe gering, dit sou gedoen word. Vroue en mans daar sien sit onder die Krag van die Heilige Gees, die Gees van God wat volmaak beweeg, dit teweeg te bring. Iemand het iets verkeerd gedoen in die gemeente, kon nie, hulle sou…Hulle sou nie kon nie, dit sou…Hulle kom gou, bely dit voor hulle. Die Gees het dit beetgekry, om dit te bely, albei. Hulle kom, vertel dit, want hulle weet net daar dit gaan vertel word. Dis reg. Dis die Kerk van die lewende God. Hoe het my ou, arme ou hart, noudat dit oud word, hoe het ek verlang om te staan en ’n kerk te sien soos dit. Ek mag dalk nog. Ek hoop so. Volmaakte werke van God, sonder sonde, nou, dit sou kon verstaan.256 Nou hier staan ’n groep mense om voor gebid te word. Nou, ons besef, as hierdie Skrif waar is…En die God van die Hemel, Wie ’n eekhoring kon skep, ’n ram kon skep, die son vir ’n hele dag kon laat stilstaan, vier-en-twintig uur, wat die vuur vir drie uur kon verhoed om mense in ’n oond te brand, Hy kon die mond van leeus toestop, wat die dooies kon opwek, op water kon loop, broodjies kon neem en vyfduisend kon voed, dis God. Dis die Woord wat vlees geword het in menslike wesens. Verstaan almal dit nou? Nou hierdie selfde God het belowe dat hierdie dinge weer in die laaste dae sou voorkom, maar Hy kan dit nie doen voordat daar iemand is met wie Hy hulle kan verrig, en op verrig nie. Sien julle wat ek bedoel? Nou laat ons dit glo, uitdruklik, met ons hele hart, dat dit so gaan wees.257 Nou hier staan ’n groep mense, die meeste van hulle ken ek. Ek dink…Ek—ek—ek dink nie, hierdie eerste vrou hier voor, hierdie meisie, ek dink nie ek ken haar nie. Ek ken Broer Way; en die suster, die volgende daar, Broer Roberson se…

Page 40: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

40 DIE GESPROKE WOORD

of Border se vrou. En ek ken nie die volgende man nie. Ek behoort die volgende vrou te ken; ek weet nie, ek dink nie. Ek doen. Ja, ek ken haar. En die volgende, die man wat daar staan, as ek dit nie mis het nie, is dit Broer Daulton se seun. En, daar langs die ry af, ken ek prakties almal daarin.258 Ek het geen idee wie is…die mense is, waar hulle vandaan kom nie. Maar nou, wat hulle nou benodig, is gebed. Party van hulle, natuurlik, is te ver, hulle kan nie begryp presies net wat dit is nie.259 Nou sal elkeen van julle ’n oomblik hiernatoe kyk, elkeen van julle in die gebedsry. As ek julle kon help, sou ek dit gedoen het. Sien? En ek is hier om julle te help. Maar die enigste manier waarop ek ooit in staat sal wees om dit te doen, om te herstel wat Satan aan julle gedoen het, is vir julle om my te glo. As julle my net sal glo, met julle hele hart, sal dit gedoen word.260 Nou dit was altyd, in my bediening, dit sou visioene veroorsaak. Visioene sou opduik, en ek kon die mense sê waarvoor hulle daar was. En, julle, hoeveel het dit gedoen gesien? O, julle almal, sien. Dis reg. Ja, ek kan dit nog altyd doen. O, dit kan steeds gedoen word. Sekerlik. Ja. Dis reg.261 Maar ons kom nou by iets groter as dit. Ons styg daarbo uit. Sien? Ons kom by daardie gesproke Woord. En Satan sal dit moet doen. Dit sal hom vasknoop; as ek julle dit net kan laat glo. Julle moenie twyfel nie.262 Hier, as julle wil weet of ek julle die waarheid vertel, of die Heilige Gees hier is. Ek weet wat, daardie meisie, met daardie meisie verkeerd is. Ek ken haar nie, maar ek weet wat is verkeerd. [’n Suster sê: “Sekerlik. Duiwel-besete. Duiwel-besetenheid.”—Red.] Dis presies reg. En hy beveg my net, net so hard as hy kan, maar hy sal dit gewonne moet gee. Glo jy dit net. Moet jy net nie daaraan twyfel nie, suster. [“Ja, Here. Twyfel nie daaraan nie.”] Moenie daaraan twyfel nie. Dis in orde, suster. Jy, jy gaan…Alles sal regkom.263 Hier is ’n gekleurde man wat na my kyk, wat daar in die ry staan. Ek ken jou nie, maar God ken jou. As ek jou sou sê wat jou probleem is, sal jy glo ek is Sy profeet? Sal jy? Jy’s nie hier vir jouself nie. Daardie kind in die hospitaal sal gesond word as jy dit sal glo. Glo jy dit met jou hele hart? Gaan dan, gaan terug na jou sitplek toe. Ek verklaar die Krag van God oor die kind, die duiwel moet dit loslaat.264 Klein Daulton wat na my kyk, jy’s hier oor daardie baba. Daardie baba het iets met sy naeltjie verkeerd. Het hy nie? Gaan terug na jou sitplek toe, en glo dit, en dit sal sommer regkom.265 Ek kyk na ’n ander vrou wat daar sit, dis Mev. Stricker. Mev. Stricker, ek het in maande nie met jou gepraat nie. Ek het geen idee waarom jy hier is nie. Glo jy God kan vir my sê wat jou probleem is? Sal dit julle almal…?…van julle

Page 41: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 41

glo? Jy’s hier oor daardie kind wat iets met sy been verkeerd het. Dan, bid jy vir ’n vriend in Afrika. Dis presies reg. Dis SO SPREEK DIE HERE. Nou as dit reg is, Mev. Stricker, steek jou hand op. Sien?266 Hy’s hier, sien. Maar daardie—daardie bediening sal altyd wees, maar hier kom ’n ander een. Glo julle nou! Julle moenie twyfel nie. Nie een van julle moet twyfel nie. Wanneer ek my hande op julle lê en vra dat dit gedoen word, gaan dit gedoen word. Al ding, dis net soos om God se Woord te aanvaar. Al ding, as jy Dit nie glo nie, sal dit nie. As jy Dit wel glo, moet dit gebeur. Want, iets het nou die nag daarbo gebeur, en ek weet die einste God wat kon skep, kan dit doen. Goed.267 Ek wil hê almal moet julle hoofde buig. Almal in gebed. [Broer Branham verlaat die preekstoel, om vir diegene in die gebedsry te bid—Red.] Nou, liewe suster, daardie duiwel besef nie…?… Jou duiwel, wat Sharon, hierdie lieflike meisietjie gebind het!268 Die God, Wat my nou die nag die visioen gegee het, van daardie duiwel wat gebind word, en gesê het: “In opregtheid, kan jy hom bind.” En met opregtheid in my hart vir hierdie kind, kom ek, Here, om genade en guns van U te vra, vir haar.269 Satan, ek bind jou. In die Naam van Jesus Christus, verlaat hierdie kind. Haar verstand en die redenasie sal na haar terugkeer, normaal. So is die Woord gespreek, so sal dit geskied in die Naam van Jesus Christus.270 Here God, vir my Broer Way, mag die Krag van Jesus Christus die krag van die duiwel bind wat my broer bind. En maak hom vry, in die Naam van Jesus Christus.271 God, hierdie arme vroutjie sal soos die eerste een hier wees, binne ’n paar weke, as iets nie vir haar gedoen word nie. Sy is die vrou van my broer, Broer Roy. Here Jesus, gee my nou krag. U Wat die visioen gegee het, U het nog nooit gefaal nie. Dit het nog nooit gefaal nie.272 Jou gees van die duiwel, wat my suster gebind het, ek bind jou. In die Naam van Jesus Christus, gaan jy weg. Dit is gespreek, so laat dit geskied! Reg.273 In die Naam van die Here Jesus, verlos ons suster van haar probleme. In die Naam van Christus Wat belowe het, en die belofte gegee het: “As julle vir hierdie berg sê.” Laat dit geskied, Here.274 Op hierdie vrou, voel die salwing van die Heilige Gees in die vertrek. Ek lê my hande op, in die Naam van Jesus Christus, vir haar genesing. In die…Mag dit geskied, want dit is gespreek. Amen.

Page 42: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

42 DIE GESPROKE WOORD

275 Op hierdie dogtertjie, JoAnn, U het in my gedagte geplaas ’n voorbeeld van ’n Christelike dogtertjie. Ek verlos haar vanmôre van hierdie bose ding. In die Naam van Jesus Christus, mag haar versoek toegestaan word.276 Here God, op hierdie, die metgesel van my geliefde broer, Suster Thoms, lê ek my hand. Daardie bose een wat haar wil bind; mag hy gebind word. In die Naam van Jesus Christus, mag sy vry wees.277 Op my suster, lê my hand op. In die Naam van Jesus Christus, die Seun van God, mag die krag van die vyand gebind word. En my suster, dat sy sal vry wees, van vandag af.278 Op my broer, lê ek my hande, volgens God se Woord. Mag die duiwel wat wil skaad en hinder, van hom af weggaan. In die Naam van Jesus Christus. Amen.279 Vir my suster se versoek, bid ek dat U dit sal toestaan, Here. Soos ek my hande op haar lê, in die Naam van Jesus Christus, laat dit geskied. Amen.280 Vir my suster, Vader, soos ek my hande op haar lê. In die Naam van Jesus Christus, laat haar versoek toegestaan word. Amen.281 Deur eenvoudige geloof, Here, al is dit—dit ’n paradoks, om my hande op broers te lê. In die Naam van die Here Jesus, laat sy versoek toegestaan word.282 Op my Suster Way, wat genadig was teenoor hulle wat genade nodig gehad het. En daar staan geskrywe: “Hulle sal genade ontvang.” Mag die genades waarvoor sy vanmôre vra, aan haar toegestaan word, in die Naam van Jesus Christus. Amen.283 Here, hierdie moedertjie met die gebroke hart, in die wete wat haar versoek is, O Ewige God, laat dit vandag aan haar toegestaan word. In die Naam van Jesus Christus. Amen.284 Vader God, aan my suster, ek lê my hande op haar, soos deur die Heilige Gees opgedra, en deur ’n visioen nou die nag. Mag haar versoek toegestaan word, in die Naam van Jesus Christus. Amen.285 Hemelse Vader, soos hierdie suster hier naderbeweeg om haar plek in te neem, vir hande om haar opgelê te word. Staan haar versoek toe, O God. In die Naam van Jesus Christus, mag dit geskied.286 Hemelse Vader, soos ek dit vashou, my suster se hand, mag die Krag van Jesus Christus haar versoek toestaan. Amen.287 Here Jesus, soos ek hierdie suster se hand neem, en die sakdoek waaraan sy vashou, mag haar versoek toegestaan word. In die Naam van Jesus Christus, skenk dit, Here. Amen.

Page 43: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 43

288 Vader God, in die Naam van die Here Jesus, mag ons suster se versoek toegestaan word vir haar. Wat sy vra, mag sy dit ontvang. In die Naam van Jesus Christus.

Glo net, glo net,Alle dinge is moontlik, glo net;Glo maar net, glo net,Alle dinge is moontlik, glo net.

289 Nou, net voor verdaging, mag ek net nog een oomblik of twee, van julle tyd kry. ’n Paradoks, God het dit uitgevoer. Net hier in ons teenwoordigheid, is ’n paradoks gemaak. Want net toe ek na daardie gebedsry begin oorgaan het, het Iets my net opgetel, presies net soos Hy gesê het dit sou maak. Sien, ’n paradoks! Sien?290 En toe die Gees so op my was, kon ek teen die ry af kyk en daardie dinge sien wat daardie mense wou hê, sien. So, ten minste drie of vier van hulle, of iets, dat dit ’n bevestiging kon wees, getuie, dat God nooit ’n gawe neem wat ’n ware gawe is nie. Hy voeg net daaraan toe, bly net steeds hoër en hoër bou.291 Nou ek glo, met my hele hart, dat julle genees is. Amen. Ek glo dit met alles wat in my is. Ek—ek glo dit.292 Nou, Jesus het julle uitgenooi om tot verlossing te kom. As julle sou kom, sal julle Dit kry, want Hy het dit belowe. Hy het dit belowe, laat ons dit nou nie betwyfel nie. Maar laat ons dit met ons hele hart glo. Nou, moenie daarvoor veg nie, weet net dat dit gedoen moet word. Dit moet gedoen word. Jesus het gesê: “Spreek hierdie Woord. Moenie twyfel nie.” Sien? En Hy was die einste Een.293 En daardie visioene, sover ek weet, met my hele hart, nie een keer het hulle gefaal nie, nie een keer nie. En Hy het gesê, nou die nag, en (daardie) daardie visioen wat ek julle vertel het, voor God voor Wie ek staan, dit is waar, sien. Hy het daardie slang gebind gesien. Hy het gesê: “Jy sal meer opreg moet wees.”294 Dis waarna ek strewe, is meer opregtheid. En elkeen wat vanmôre aangekom het, het ek probeer dink: “As dit my moeder was, (vir daardie vroue), as dit my suster was wat daaragter sit, as dit my vrou was wat daaragter sit, of een van my kinders wat daaragter sit, wat as dit hulle was?” Het probeer om myself in hulle posisie te plaas, om opreg te wees. En as julle opgelet het, die einste…295 Nou dit kom toevallig by my op. Nou die dag, toe ek in Kalifornië was, en daar by daardie Sakemanne se ontbyt staan. Ek dink ek het dit hier. Ek is baie seker. Ek het net ’n rukkie gelede daarna gekyk, ’n profesie wat gegee is. Hier is dit, net hier. Dit is gegee, na ’n harde preek gestaan en preek is. En mense is hier vanmôre; Broer Roy Borders, vir een, wat daar

Page 44: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

44 DIE GESPROKE WOORD

was, skat ek, waar Roy ook al is, was, ja, sit hier; was daar toe dit plaasgevind het, en baie ander wat daar was. Toe, ’n seun wat ’n Baptis is, dit was Jane Russell se neef, die filmster; enigiets kan na daardie ontbyt kom wat wil kom. En toe ek klaar was met praat, het die seun nadergeloop en sy arms om my gesit, en dit gesê.296 Toe ek van die een platvorm afgekom het, af, na ’n ander een, om met die gemeente te praat, wat, etlike honderde was teenwoordig. En ek het op ’n—’n uitsending gepraat wat die volgende aand om nege-uur na die nasie uitgesaai is. Dit is toe opgeneem. En toe hierdie…Ek het op hierdie volgende vlak afgetree, om nog ’n slag te praat, met hierdie mense hier. En een van die groot denominasies het een van hulle groot manne gehad, wat daar gestaan het, en teen die Boodskap beswaar gemaak het, sien, deur te sê…297 Ek het gepraat oor waar ek daar in Phoenix was, ’n paar dae tevore, en verskeie verskillende vrugte aan een boom sien groei het. Ek het aan ’n lemoenboom gesien, het pomelo’s, suurlemoene, en ek skat naartjies en tangelo’s en al daardie verskillende dinge gedra, want dis ’n sitrusboom. Maar ek het gesê: “Elke jaar blom dit en bring nuwe vrugte voort. Maar daar is net daardie oorspronklike takke; wanneer dit bri-…wanneer die regte boom self nog ’n tak voortbring, dra dit dieselfde soort vrugte wat dit in die boom is. Maar hierdie ander bome dra hulle vrugte, alhoewel hulle lewe van die—die lewe van hierdie boom.” Ek het gesê: “Dis soos organisasies wat in die Wynstok geplaas word. Jesus het gesê: ‘Ek is die Wynstok.’ En elke slag wat daardie Wynstok ’n tak voortbring, sal dit net soos die Wingerdstok wees. Sien, Dit sal dieselfde vrugte hê.”298 Wel, hierdie groot prediker van die grootste Pinkster organisasie wat ons gehad het, het daar gestaan, en Daarteen beswaar gehad, sien, gesê dat ek dit nie so bedoel het nie.299 Maar ek het teruggekom en gesê: “Ek bedoel dit wel so, sien. Ek het akkuraat gepraat! Ek trek niks terug nie.”300 Nou die dag toe ek oor daardie altare gepraat het, nie geweet het nie, dit nooit in die geskiedenis gesien het nie. Ek het nog nooit iets gesê, van die platvorm af, onder inspirasie, wat ek ooit moes terugtrek nie. Nou julle kan daardie Saad van die Slang, of wat julle ook al wil, noem, wat daardie Boodskappe ook al was, of Die Groot Hoer, waarteen so baie geskop is. Kom net, en sal julle nie met die Skrif na my toe kom, daarmee, sien, kyk of dit reg is nie.301 Hierdie man het daar nadergekom, sy arms om my gesit, en wou sê…Hy het gesê: “Broer Branham, nou nie om oneerbiedig te wees nie, maar dit kon die 23ste hoofstuk van Openbaring gewees het. Jy weet, nog ’n Boek bygevoeg. Natuurlik,” het hy gesê: “dit sou nie reg wees nie, natuurlik

Page 45: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 45

nie, ons is nie veronderstel om enigiets Daaraan toe te voeg nie.” En net toe hy dit begin sê, het hy in tale begin spreek. En die seun het nie geweet wat spreek in tale beteken nie.302 En sodra hy dit gedoen het; reg voor my was ’n Franse vrou, van Louisiana, sy het gesê: “Dit het geen interpretasie nodig gehad nie. Dit was suiwer Frans.” En ’n man hier het opgestaan en gesê: “Dis reg.”303 En daar ver aan die agterkant was die tolk vir die V.N., het sy naam gegee, was nooit tevore daar nie. Hy het gesê: “Korrek. Dis reg.”304 En hier is wat hulle bymekaar gekry het. En elkeen van hulle het dieselfde ding gehad toe hulle bymekaar gekom het, elkeen van dié wat die interpretasie gegee het, presies.305 En hierdie Fransman, die tweede een hier, hy het dit uitgeskryf, want hy het notule van die byeenkoms geneem. Hier is wat hy geskryf het. “Ek, Victor Le Doux, is ’n Fransman, volbloed, wedergebore Christen, vervul met die Heilige Gees. Ek woon te North Kingstraat 809, Los Angeles 46, besoek Bethel Temple, Arnie Vick is ons pastoor;” ’n Pinksteprediker, grootste Pinksterkerk in Los Angeles. “’n Vertaling van ’n profesie oor Broer Branham, gegee deur Danny Henry, in Frans, die 11de Februarie 1961, by die Volle Evangelie Sakemanne se ontbyt; ’n ware vertaling van die profesie.” Al drie van hulle het gesê dit is dit.

Omdat jy die smal weg gekies het…306 Sien, net teenoor, ek sou op jou eie moes loop, sien. Ek kan dit verstaan. Moses moes ook sy keuse maak. Sien? Hy hoef dit nie te gedoen het nie, maar hy het dit gedoen. Sien? “Die moeiliker weg; jy…” Sien?

Omdat jy die smal weg gekies het, die moeiliker weg; het jy gemaak…het jy na jou eie keuse geloop.

307 Met ander woorde, ek hoef dit nie te gedoen het nie. Ek kan inskakel, saam met hulle gaan as ek wil. Maar ek het gebly by die…wil by die Woord bly.

Jy het die korrekte en presiese besluit gekies, en dit is MY WEG.

308 As julle sal oplet, dis beklemtoon en onderstreep. As julle oplet, dis in Frans geskryf, hierdie; in Frans gespreek, werkwoord voor die bywoord, sien.

Vanweë hierdie grootse besluit, wag daar ’n groot deel van die Hemel op jou.

309 Nou, dis wat ek gewonder het. Wanneer ek doodgaan, sal dit wees? Toe het ek daaraan gedink: “Die Hemel word nie daar in verskillende dele vir ons verdeel nie; Hemel is die Koninkryk van die Hemel wat in ons is, waarvoor mens wag.” Sien? Nou kyk.

Page 46: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

46 DIE GESPROKE WOORD

Watter glorieryke besluit het jy geneem!Dit op sigself is dit wat die ontsaglike oorwinning sal

gee en laat gebeur in die liefde Goddelik.310 Hmm. Sien, ons sou dit sê: “In die ontsaglike oorwinning in die Goddelike liefde,” maar in Frans sou dit wees “liefde Goddelik.” Net soos Duits of enige ander, sien, hulle het die…hulle plaas die werkwoord voor die bywoord.311 Sien julle nou wat naderkom na die Jordaan beteken het? Ons is nou hieronder. Laat ons nou oorgaan. Laat ons ophou speel. Laat ons nou oorkant toe gaan, want dit behoort alles aan ons. Dis alles ons s’n. Daardie visioene het nog nooit gefaal nie. Hulle kan nie faal nie, want hulle kom van God. Ek glo dit met alles wat in my is. Ons is nie die huurling wat terug in die woestyn in sal hardloop nie. Ons sal die Jordaan oorsteek, die skeiding. God breek vir ons die Seëls wat agter op die Boek is! Laat ons nou hierdie groot plek binnegaan, want Josua het vir die mense hulle erfdeel verdeel wat God vir hulle nagelaat het.312 En as julle opgelet het na daardie Hebreeuse moeders, toe hulle in barensnood was en geboorte geskenk het aan daardie aartsvaders. Ek sal daarby uitkom, een van hierdie dae, as die Here wil. En geboorte gegee het aan daardie aartsvaders; toe sy hulle naam gesê het, in barensnood, het sy hulle ook posisioneel geplaas in hulle plek in die koninkryk. O, goeiste!313 Inspirasie is—is ’n paradoks. Sien, jy—jy kan dit net nie begryp nie. Maar dis geïnspireerd, en God skuif dit reg op sy plek, net—net op die uur wanneer jy dit nie dink nie.314 Nou, as dit nie regtig sneeu nie, en ons kan, as die Here wil, wil ek volgende Sondag praat oor die onderwerp van Christendom versus Heidense Aanbidding. En as jy kan, bring jou papier, wat jy ook al wil, vir die Boodskap. Die boodskappe sal vanaand weer wees, broer…een van die broers hier, veronderstel ek, sal dit bring. Ek wou bly, maar ek weet baie van die mense sal bly, en daar’s weer sneeu hierdie namiddag voorspel, om die paaie te bedek, van Georgia af en verskillende plekke. So ek…As die Here wil, sal volgende Sondag wees, ek wou dieselfde Boodskap vanaand bring, maar ek sal dit tot volgende Sondag uitstel en dan skuif. God sy met julle.315 Ek glo dat Jesus Christus die Seun van die lewende God is, gebore uit ’n maagd, ontvang is, God in ’n baarmoeder, ’n tabernakel waarin Hy kon inwoon. Ek glo dat, in Christus, Hy die geïnkarneerde God is. Hy is God wat vlees geword het. Toe die Vader God in Jesus Christus ingekom het, was Hy die volheid van die Godheid liggaamlik, in Hom woon al die volheid. God die Vader het die Woorde gespreek. Jesus het gesê: “Dis nie Ek wat spreek nie, maar My Vader wat in My woon, Hy spreek.” Daarom op daardie basis, Hy wat vlees geword het sodat Hy kon sterf, God wat die boete betaal het

Page 47: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

PARADOKS 47

vir die menslike ras, om te verlos en na vore te bring, en—en te kom, die dinge byeen te bring wat Sy Eie skepping in die val verloor het, Hy het dit met Sy Eie lewe teruggekoop.316 Dan, ter verlossing van hierdie mense, sodat Sy Evangelie verder kon gaan: “Die werke wat Ek doen, sal julle ook doen. Meer as dit sal julle doen, want Ek gaan na die Vader. ’n Klein tydjie, en die wêreld sal My nie meer sien nie; tog sal julle My sien; want Ek sal met julle wees, selfs in julle, tot aan die einde van die wêreld.” Nou is ons daar by die endtyd. Christus het teruggekeer in Sy vorm van die Heilige Gees, in die volheid van Sy Krag, in die Kerk in, om Homself te manifesteer. Dis eenvoudig. Dis eenvoudige mense.317 As daar iemand hier sou wees wat gelukkig genoeg mag wees om ’n goeie opvoeding te hê, en miskien na ’n groot kerk gaan, moenie dat die eenvoud van hierdie arm klas mense jou laat struikel nie. Sien? Dit, dis nie dit nie. “Die gewone mense het graag na Hom geluister.” Sien, dis die gewone mense.318 Nou daar is—daar is klasse van mense. Daar is sommige wat net nie omgee nie, net enige soort lewe lei, hulle is daarbuite op die strate, ensovoorts. Dis nie hulle wat na Hom geluister het nie. En daardie klassieke soort, hulle was nie diegene wat na Hom geluister het nie. Dit was die—die tussen-in klas, die gewone mense, dié wat arm is, maar tog rein en ordentlik wil lewe, en vir God wil lewe, dis hulle wat na Hom luister.319 So, mag ek en jy daardie mense wees wat in hierdie dag na Hom sal luister, want ek glo waarlik dat een van die grootste dinge wat ooit in die wêreld aangebreek het, nou aan die aanbreek is. Amen. God seën julle. Nou sal ek die diens aan Broer Neville oorlaat.

PARADOKS AFR61-1210(Paradox)

Hierdie Boodskap deur Broer William Marrion Branham, oorspronklik gelewer in Engels op Sondagoggend, 10 Desember 1961, by die Branham Tabernakel in Jeffersonville, Indiana, V.S.A., is geneem vanaf ’n magnetiese bandopname en onverkort gedruk in Engels. Hierdie Afrikaanse vertaling is gedruk en versprei deur Voice Of God Recordings.

AFRIKAANS

©2014 VGR, ALL RIGHTS RESERVED

VOICE OF GOD RECORDINGS, SOUTH AFRICA OFFICE58 DISA ROAD, ADMIRAL’S PARK, GORDON’S BAY 7140 WESTERN CAPE

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org

Page 48: AFR61-1210 Paradoks VGRdownload.branham.org/pdf/AFR/AFR61-1210 Paradox VGR.pdf · PARADOKS 5 my vrou-hulle hierheen gebring. Ek—ek het opgekyk, en dit was byna tyd om die diens

Kopiereg kennisgewing

Alle regte voorbehou. Hierdie boek mag gedruk word op ‘n tuisrekenaar vir persoonlike gebruik of om uitgegee te word, gratis, as ‘n middle om die Evangelie van Jesus Christus te versprei. Hierdie boek kan nie verkoop word, op groot skaal gereproduseer word, op ‘n webtuiste geplaas word, in ‘n opsoekstelsel geberg word, vertaal word in ander tale, of gebruik word om fondse in te samel, sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Voice Of God Recordings®, nie.

Vir meer inligting of vir ander beskikbare material, kontak asseblief:

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org